Orania Voorgrond Mei 2018

Page 1

Vrugte van eie arbeid

Junie 2018

30 jaar: Ons skep ’n toekoms vir ons mense!


Erwe in Orania “Karoosig” erwe: Woon en woonstel erwe: Slegs 17 van 47 “woon en woonstelerwe “nog beskikbaar. Pryse wissel vanaf R156 000 na R454 000. Erwe, Orania Sentraal en -Wes 5 erwe . Vanaf ± 500m2 to 680m2. Vanaf R510 000 tot R680 000 ohb. “IN DIE BOORD” erwe Slegs een erf nog beskikbaar. R 400 000 ohb. BESIGHEIDS ERWE 1 Besigheidserf in Orania Wes: Hoek erf ±20 000m2 aanliggend aan hoofpad en bestaande besigheid. R 1 700 000 ohb. Slegs 1 erf.

Oewer eiendomme

Gevestigde Pekaneut-hoewe met 2 hektaar waterreg. Lewer reeds goeie jaarlikse opbrengs. R 2,800,000

2 ha dorpshoewe met ruim Semi Dubbelverdieping huis 3 slkamers, 2 badk, ruim leef/ontspannings area. Voldoende onderdakparkering en stoorkamers. Volledige Sonkrag installasie met gedeeltelike gas rugsteuning. Volkome onafhanklik van dorpsraadkrag. “ Kikuju kitsgrasperk” kwekery asook lusernverbouiing en kampe vir perde op hoewe. R5 000 000

Nywerheids- en Besigheidsaandeleblokke

Feitlik voltooide Drieslaapkamerhuis: In die Boord op 600m2 erf POA. Volledig-toegeruste Tweeslaapkamerhuis, 2 badkamers,ruim leef-areas, koelkamer ens. met aparte selfsorg vakansiewoonstel. Pragtige natuurskoon en tuin op 0.8 ha perseel. POA. Vakansiehuise in die Oewerpark Interessante 3 vlak vakansiehuis met 3 volledig toegeruste vakansie wooneenhede naby Spa en Restaurant. POA. 2 Tweeslaapkamer-eenhede, 1½ badk, woonarea en kombuis met lugreëling. Braaiers op stoepe . Meubels en toerusting ingesluit. R 1,640,000 en R 1,500,000 onderskeidelik.

Ruim onderdakperseel met oorhoofse kraan. Tans sweis werkswinkel/ fabriek. Plus fabrieksruimte waarin tans houtwerk-werkswinkel bedryf word. Stoor-ruimtes vir voorraad en gereedskap. Toesighouerswoonstel asook restaurant/kuierplek wat verhuur word. 3 Fase elektriese aansluiting. R 4,300,000. BESIGHEIDSPERSEEL in kern van Besigheids- en Industriele Gebied. Perseelgrootte van ongeveer 5200m2. met Gebou van ongeveer 800m2 met 640m2 besigheids/ werkswinkel en stoorareas plus 3 slaapkamer, 2 badkamer wooneenheid van 160m2 .” R 4 400 000

Hoewes in Orania

3 Slaapkamerhuis met d/motor-huis, woonstel, groot erf in groot-dorp. POA.

½ ha hoewes met landbouwaterregte. Konsolidasies moontlik. R675 ,000 ohb

Halfhektaarhoewe met landbouwaterreg in Orania Wes. Ideal vir wysiging vir onderverdeling in woonerwe. R 1 080 000. (prys van verskuifbare stoorruimte op hoewe onderhandelbaar)

Huise in Orania

Vierslaapkamerhuis met 2 ruim badkamers, Instapkaste in slaapkamers, instep linnekas, spens, waskamer, studeerkamer/kantoor, klaslokaal en stoorruimte. Hierdie huis is op ‘n dorpshoewe, ongeveer 1ha groot met 0.8 ha waterreg geleë. R 2,550,000.

‘n Lieflike, ruim gesinswoning met pragtige tuinwoontstel en dubbelmotorhuis met kantoor en toesluitgarage. Die huis en tuinwoontstel was etlike jare as gastehuis bedryf. ‘n Bynaplaasatmosfeer met landelike uitsig op Orania-koppie, koring-en mielielande en naburige plaasopstalle. Doen die beste vir jou en jou gesin en kom woon hier.. R3,150,000 ohb. Luukse tweeslaapkamerhuise in Karoosig. Nuwe luukse tweeslaapkamerhuise met groot motorhuis en afdak , solar en munisipale elekttisiteitstoevoer. Grasperk en Plavering ingesluit.

R 1,270,000

Luukse ruim 4 slaapkamerhuis met 3 badk, studeerkamer, leefareas, d/motorhuis en afdak. Sonwaterverwarmingstelsel goed toegeruste kombuis. Plaveisel en goedbeplande tuin. Siersteenomheining met tralies. Onbelemmerde uitsig oor dorp, Oranjeriviervallei en Karoo. R 3,622,500

Kleingeluk: 2 Slaapkamerhuis met afdak en 1 ½ badkamer. R 580,000

2 Woonstelle in A blok in afskeidingproses. Skakel ons vir nadere besonderhede.

Hoewe in VLU 272 landbougebied en huis in Karoosig ook beskikbaar. Nader ons vir besonderhede.

Kobus van der Merwe 061 511 3059 orania@seeff.com | www.seeff.com



Redaksionele Inligting Belangrike Telefoonnommers Orania Beweging 053 207 0062 Inligtingskantoor 053 207 0004 Orania Dorpskantoor 053 207 0063/4 Orania Groeifonds 053 207 0062 053 207 0062 Helpsaamfonds CVO-skool Orania 053 207 0177 Volkskool Orania 053 207 0161

Orania Kulturele Vakansiedae

Uitvoerende Hoof en Redakteur Jaco Kleynhans

27 Februarie 6 April 31 Mei 14 Augustus 10 Oktober 16 Desember

Medewerkers Carel Boshoff (iv) Sebastiaan Biehl Joost Strydom Ester le Roux

Majubadag Stigtingsdag Bittereinderdag Taaldag Heldedag Geloftedag

Vliegveld-koördinate Suid: 29° en 48,619’ / Oos: 24° en 23,755’ Hoogte bo seespieël: 3870 vt. / Rigtings: 02x20 Baan: Lengte: 1200 m Breedte: 30 m Brandstof beskikbaar: skakel Abraham – 082 524 9013 Skakel André vooraf – sel 082 464 1786

Gratis Begeleide Toere per afspraak Reël by 053 207 0004 (Kantoorure)

Verblyf in Orania Die volgende verblyfplekke bied 10% afslag vir lede van die Orania Beweging. Ondersteun hulle asseblief:  Aan-die-Oewer (Woonwa- en tentstaanplekke asook chalets) - 053 207 0118  Orania Oewerhotel (Luuks) - 053 207 0016  Eko Gastehuis (Gastehuis) - 084 404 1904 Die Orania  Klipdrift (Gastehuis) – 083 324 5631 Rivier Spa bied ook 10% afslag aan  Adam se Uitspanning - 082 560 3889 lede van die Orania Ander verblyf in Orania Beweging.  Die Ou Melkplaas (Gastehuis) - 084 491 1947  Juckers-Hoff Selfsorgakkommodasie (Selfsorg) - 083 600 1780  Boskamp (Chalets) - 083 388 1433  Rivierpark (Woonwa- en tentstaanplekke) - 083 225 8199  Rotsvas (Selfsorg) - 079 523 5808  Huis Isabella (Selfsorg) – 079 283 0016  Olyfpark (Selfsorg) – 082 573 4575  Orania Bed en Ontbyt (Gastehuis) – 081 839 2094  Orania Herberg (Selfsorg) - 084 670 5782  Nie-so-plaas (Selfsorg) - 076 013 6901

Voorblad

Foto’s Ester le Roux Joost Strydom Claudette Buys Posadres Posbus 27, Orania, 8752 Kantoornommer 053 207 0062 Faksnommer 086 693 5385 Sluit aan by die Orania Beweging Tel: 053 207 0062 Vonkpos inligting@orania.co.za Webwerf www.orania.co.za www.oraniablog.co.za VOORGROND word uitgegee deur die Orania Beweging Uitleg en Drukwerk: SwiftPrint, Kimberley. 053 839 2900 Ф = Die Ora is Orania se plaaslike geldeenheid

Orania is trots op ons landbousektor wat volledig met eie arbeid bedryf word. Vanjaar se olyfoes was ’n groot sukses. Lees meer daarvan in hierdie uitgawe van Voorgrond.

Erflating: Laat ‘n lewende monument na

Enige iemand wat graag ‘n nalatenskap aan die Orania Beweging of die Helpsaamfonds wil doen, is welkom om Jaco Kleynhans te skakel by 083 3245 631, of stuur ’n e-pos aan jaco@orania.co.za.

4

|

Voorgrond

Sluit aan by die Orania Beweging se groepe op Facebook en Twitter



Boodskap van die Uitvoerende Hoof

Droom en hoop

vir ’n vry Orania

Die Amerikaanse historikus James West Davidson skryf in sy boek “A little history of the United States” dat geskiedenis iets is wat gemaak word deur mense wat die verloop van gebeure deur hulle aksies verander en gevolglik vir altyd onthou word.

6

|

Voorgrond

Om geskiedenis te maak deur dit te leef is volgens Davidson opwindend, noodsaaklik en soms selfs gevaarlik. “The greatest of those who do are often honored, sometimes denounced, always remembered.” Sedert die Afrikanervryheidstigting dertig jaar gelede deur prof Carel Boshoff gestig is en die idee van Afrikanerselfbeskikking in die Noordwes-Kaap in ‘n ou en vervalle konstruksiekamp in die dorre Bo-Karoo gestalte begin kry het, het die pioniers van ons strewe soms die nodige erkenning, maar ook baie keer die veroordeling en selfs bespotting van opposisie gekry. Vandag, dertig jaar later, is dit egter noodsaaklik dat ons seker maak dat die pioniers van ons beweging vir hul visionêre werk onthou word. Ons kan begin deur in Orania en by die Orania

Beweging (voorheen die Afrikanervryheidstigting) ons grootste pionier, prof Carel Boshoff en sy nalatenskap te herdenk en te vier. Hiervoor gaan die Orania Beweging hom beywer vir ‘n stadsplein wat ons stigter se naam sal dra, ’n standbeeld van hom en ook ’n herontdekking van sy skryfwerk, denke en drome vir ’n volkstaat in die Noordwes-Kaap. Wat aan die hand van Davidson se definisie die Orania-pioniers werklik uitsonderlik maak, is die wese waarop die gaping tussen idee en werklikheid deur hulle oorbrug is. Teen die 1980’s was Afrikaners in ’n doodloopstraat. Ons mense het ’n goeie lewe gelei, maar die tekens was duidelik genoeg dat dit nie vir altyd kon bly voortbestaan nie. Baie Afrikaners en Afrikanergroepe het allerhande planne oor


ons toekoms begin maak. Van die meeste hiervan het daar nooit enigiets gekom nie. Hoewel Orania vandag nog klein is, is Orania ’n gevestigde werklikheid waar die idees van leiers soos prof Boshoff daagliks gestalte kry. Terwyl pioniers onthou en herdenk moet word, is die beste manier om hul idees en drome lewendig te hou, sekerlik om die werk waarmee hulle begin het, voort te sit en dit verder uit te bou. Dertig jaar na die stigting van die Orania Beweging is dit nodig om vandag en hier die regte dinge te doen ten einde te verseker dat die Orania van vandag tot die vrye Afrikanerstaat van môre uitgebou kan word. In sy boek oor die geskiedenis van die Verenigde State van Amerika, vertel Davidson hoe ’n volk wat uit diverse individue bymekaar gekom het, saam ’n revolusie teen Brittanje kon voer en hul weg kon oopveg tot onafhanklikheid. Die vraag was egter altyd daar: Kon hierdie eenheid in stand gehou word? Kort na die verklaring van onafhanklikheid het die Amerikaanse kongres die leuse van hierdie nuwe land bekend gestel: E pluribus unum - Uit baie, een. Die Afrikaner is ook vandag erg versplinter. Kyk ’n mens na wie dit is wat elke dag in Orania aankom om hier ’n lewe te kom maak, beleef jy die interne diversiteit wat uit nood meegebring is. Soos daardie dromers wat New York op skepe binnegevaar het, sien ons mense met ’n gesamentlike droom, maar ’n diverse agtergrond. Ja, Afrikaners is almal Afrikaners en ons taal, kultuur, geloof en geskiedenis snoer ons saam. Ons is egter ook deesdae uiters verdeeld in ons toepassing van die basiese dinge soos geloof en kultuur en verskille op sosiale en ekonomiese terrein skep ook

unieke nuwe uitdagings. Slegs taal, geloof en kultuur is nie genoeg om ons in die toekoms te bly saambind nie. In Orania is wie ons is die noodsaaklike vertrekpunt, maar sonder ’n gedeelde droom en visie is ons projek gedoem. Orania en sy instellings moet waak teen ’n situasie waar ons strewe na vinniger en meer effektiewe ontwikkeling ons vermoë om idealiste en dromers te wees stukkie vir stukkie vernietig. Is dit nie maar wat met die Afrikaners van die 1970’s en 1980’s gebeur het nie? Ons sukses het ons vermoë om saam te droom vernietig. Is dit nie ook wat tans in Amerika gebeur nie? Die Amerika wat uit een droom tot die grootste en magtigste land opgebou is, is besig om homself vandag weer uit mekaar te skeur. Of so lyk dit toenemend van buite. Thomas Jefferson, die derde president van die VSA, was anders as sy twee voorgangers, George Washington en John Adams, ’n ewige optimis. Nadat hy president geword het, skryf hy: “I steer my bark with Hope in the head leaving Fear astern.” Die Afrikanerleiers van vandag kan iets hieruit leer. Indien ons te veel op vrees gaan fokus gaan ons, ons vermoë om te bly hoop en droom verloor. Vrees kan ’n volk help mobiliseer, maar vrees kan geen volk na ’n beter toekoms lei nie. Hoop kan dit wel doen. In Orania moet ons vandag, dertig jaar na die stigting van die Afrikanervryheidstigting, hoop vind in ons vermoë om steeds by ons ideale te bly staan. Indien elke Oraniër vandag verby obsessiewe eie belange en gespanne vrese vir wat om elke draai ons kan verslind, kan kyk, kan ons deur ons gedeelde droom en visie van Afrikanerselfbeskikking in die Noordwes-Kaap ons pioniers se wense ’n werklikheid maak.

Voorgrond

|

7


Orania Beweging op

30 jaar Feesvier en besin

deur Sebastiaan Biehl

Formele funksie ter viering van Orania Beweging se 30ste bestaansjaar

Op 21 Maart 1988 is die Afrikanervryheidstigting (ook Stigting Afrikanervryheid) aan die huis van prof Carel en mev Anna Boshoff in Brummeria, Pretoria gestig.

8

|

Voorgrond

Presies 30 jaar later, op 21 Maart 2018, is die geleentheid luisterryk deur die Orania Beweging gevier. By die Banketsaal was ‘n formele funksie met ‘n toespraak deur Carel Boshoff waarin hy terug gekyk het oor die afgelope 30 jaar. Die stigters van die Vryheidstigting in 1988 het min of meer voorsien wat sou gebeur en daarom die volkstaat as antwoord gestel, terwyl ander óf sinies en moedeloos óf naïef optimisties was oor die Suid-Afrika wat sou kom. Intussen het dit duidelik geword dat daar eintlik net twee keuses is, naamlik selfbeskikking of die dood. Tussenin-opsies soos ekonomiese of kulturele handhawing sonder politieke mag is nie meer moontlik nie


nadat ook die laaste illusie dat Suid-Afrika ‘n land vir al sy inwoners is, waar almal sy toekoms self kan uitwerk, op 27 Februarie vanjaar aan flarde geruk is. As Afrikaners kan ons nie voortgaan om te doen wat ons altyd doen nie, maar moet met avontuurlus die ongewone doen, wat ons juis in Orania doen. Dit kan en moet egter nie net in ‘n dorp nie, maar ook in streekperspektief en met die oog op ons mense se omstandighede gedoen word. Daarna was daar verskeie heildronke op die Orania Beweging, die dorp Orania, die gemeenskap en die idee van Orania. Die bekende pianis Benjamin Fourie het daarna ‘n uitvoering van klavierwerke van onder andere Beethoven en Chopin gegee. Benjamin Fourie is ongelukkig sedertdien oorlede en dit was een van sy laaste openbare optredes. Die genooide gaste was almal mense wat al ‘n lang pad saam met die Orania Beweging kom. Daar is aan hulle, en almal wat met Orania se strewe vereenselwig, geleentheid gegee om die Vryheidsmanifes van die derde Afrikaner te onderteken, waarmee weer opnuut die verbintenis met die vryheidsideaal bevestig

was en is juis ‘n antwoord op die onvermydelike magsoorname deur ‘n swart meerderheidsregering met ‘n sosialistiese beleid. Die Orania Beweging het nooit die illusie aangehang dat die Mandela-era met die boodskap van versoening en die verwagting van talle Afrikaners dat dinge op grondvlak onveranderd gaan bly, vir altyd sal aanhou nie. In die Mbekiera was daar ‘n minder versoenende boodskap, maar merkwaardige ekonomiese groei, sodat die hoop bestaan het dat Suid-Afrika sy “einde van die geskiedenis” bereik waar materiële belange maak dat SPESIALE BURGERRAAD politiek en die verlede in SITTING OOR GRONDONTEIENING SONDER die agtergrond tree. Juis dit was die implisiete boodskap VERGOEDING van die DA en die rede vir ‘n Maand na die vreugdevolle hulle groot aanhang onder viering was daar ‘n spesiale Afrikaners. Met die einde van Burgerraad vergadering op 21 die verlammende ZumaApril met ‘n versomberende era was daar hoop dat daar tema, naamlik die dreigende onder president Ramaphosa grondonteiening sonder ‘n terugkeer tot ‘n Mandelavergoeding. Verskeie era van ekonomiese groei burgerraadslede, ook van en beter rasseverhoudinge buite Orania, het die saak sou wees. Reeds met die druk bespreek na ‘n inleiding ANC se konferensie in deur die president, Carel Desember verlede jaar was Boshoff. grondonteiening hoog op die Die beoogde agenda, en op 27 Februarie grondonteiening sonder vanjaar is alle illusie deur vergoeding is wel iets wat ‘n parlementsmosie vir die Orania Beweging nie grondonteiening sonder heeltemal onkant betrap nie, vergoeding, wat met breë want die hele volkstaatidee steun aanvaar is, weggevee. word. Daar was ook keurige kaas en wyn en daar is heerlik saamgekuier in ‘n mooi omgewing.

Voorgrond

|

9


Dit gaan nie net oor die ekonomiese implikasies van so ‘n dwase besluit nie, maar ook oor die boodskap dat blankes in die algemeen en Afrikaners in die besonder as gronddiewe en koloniale setlaars gebrandmerk word. Dit bring ons weer terug by die logika van die volkstaatstrewe van die begin af: Suid-Afrika kan nie meer die Afrikaner se tuiste wees nie want, ons word soos vreemdelinge hanteer en is

10

|

Voorgrond

hier op genade. Juis daarom moet ons ons eie realiteit skep en die grootste vorm van selfregering bereik. Wat Orania spesifiek betref is daar 9 terreine geïdentifiseer waarop die grondkwessie en die moontlike bedreiging vir Orania beantwoord sal word. Die Orania Beweging glo nog altyd aan ‘n proaktiewe benadering en om konflikte te voorkom. Skakeling met sowel ander Afrikanerorganisasies asook

gemeenskapsorganisasies van ander groepe, die belangegroepe in die omgewing van Orania, regeringsinstansies en ons vriende in die buiteland, ‘n voorlegging aan die parlementêre komitee wat die grondwetwysigings ondersoek en ‘n konferensie oor selfbeskikking en gemeenskapsontwikkeling is van die stappe vorentoe.


Vryheidsmanifes van die Derde Afrikaner In afhanklike erkentlikheid van die drie-enige God wat oor die lot van volke en nasies beskik en wat ons geskiedenis in sy hande hou; wetende dat daar ‘n noue verband tussen ons herkoms en ons toekoms bestaan; en met ‘n diepe besef van die verantwoordelikheid om te voldoen aan die eise wat ons volk se voortbestaan en welstand toenemend aan ons stel – Verklaar ons dat ons: • mede-Afrikaners in ‘n gees van eenheid en samehang opsoek; • wederkerigheid en erkenning met al die ander volke en gemeenskappe met wie ons bestaan verweef is, nastreef; en • ons eie selfstandigheid op elke vlak en binne elke verband waartoe ons in staat is, wil bevorder. Met die oog daarop beywer ons ons vir ‘n deelnemende gemeenskapslewe wat: • gekenmerk word deur selfwerksaamheid en volkseie arbeid, • gebou is op volhoubare ekonomiese verhoudings en verantwoordelikheid jeens die omgewing, • uitdrukking vind in eie instellings, en • teregkom in ‘n gebied onder ons eie beheer. Ons koester die vordering wat reeds in Orania gemaak is welwetende dat: • Orania as bewys dien dat Afrikaners nie in hulle huidige stand van onderhorigheid hoef te berus nie; • Orania alleen nog te klein is om die Afrikanervolk se geestelike en materiële nood te verlig en dat wesenlike toevoegings van ondersteuning, deelname en verbintenis tot die uitbreiding van die Orania-gedagte nodig is. Ons streef ‘n staatkundige bedeling na wat op die beginsels van outonomie, deelname en subsidiariteit gebou is, ingevolge waarvan ons op elke gegewe tydstip die toepaslikste vorm en vlak van selfbeskikking in verhouding tot ander tersaaklike staatseenhede kan opneem. Daarom roep ons elke vryheidsgesinde en republikeinse Afrikaner op om: • hierdie manifes te onderskryf, • die Orania-gedagte voor oë te hou, en • op elke moontlike wyse aan die verwerkliking daarvan deel te neem, sodat ons met oortuiging hande kan vat en sê: “Vryheid in ons tyd!”

Naam: Orania 21 Maart 2018

President: Mnr. Carel Boshoff


Die geskiedenis van ons organisasie Toe Orania in 1991 gekoop is, was dit die eerste praktiese stap in die verwesenliking van ‘n ideaal wat al vir meer as 20 jaar bedink is, naamlik ‘n eie gebied oftewel volkstaat vir die Afrikaners.

12

|

Voorgrond

deur Sebastiaan Biehl

Eerste versigtige tree in rigting volkstaat (1960’s en 1970’s) Daar is geen duidelike datum om te bepaal wanneer die idee van ‘n Afrikaner-volkstaat die eerste keer genoem is nie. Dit het wel ontstaan binne die dampkringe van die Suid-Afrikaanse Buro van Rasse-Aangeleenthede (SABRA), wat in 1948 gestig is en territoriale skeiding op grond van rasse en volkere gesteun het en navorsing daar rondom gedoen het. Meeste latere voordenkers en voorvatters van die volkstaat-idee was lede van SABRA. Dr Chris Jooste, prominente lid en later direkteur van SABRA van 1968 tot 1982, was een van die eerstes wat behalwe vir tuislande vir die verskillende swart volke ook die moontlikheid van ‘n volkstaat vir blankes (wat destyds as ‘n volk behandel is) teenoor Eerste Minister dr Verwoerd, wat SABRA gesteun het, genoem het. Al die aandag was egter op die ontwikkeling van die verskillende swart tuislande (selfs ‘n bruin en Indiërtuisland is bespreek) en Suid-Afrika was sonder die tuislande by implikasie die “blankes se land”, met die Afrikaner as die prominente deel. In die tyd van Eerste Minister BJ Vorster, waar die geweldige swart bevolkingstoename en die groeiende onrus sekere mense laat wonder het oor die volhoubaarheid van “aparte ontwikkeling”, is ‘n “blanke tuisland” reeds in die vroeë 1970’s as ‘n alternatief genoem indien die tuislandbeleid sou misluk, deur niemand minder nie as dr Gerrit Viljoen, SABRA-lid, voorste akademikus en later minister onder PW Botha. SABRA en veral dr Jooste het die idee in die laat 1970’s meer openlik verkondig en daar is in 1977 met ‘n memorandum oor “Projek Oranje” in-diepte navorsing oor die moontlikheid van blanke groeipunte bekend gestel.


In sekere kerngedeeltes van Suid-Afrika, onder andere in die gebied waar Orania vandag geleë is, sou blankes gekonsentreerd vestig ten einde ʼn soort hartland te vorm. Pleks van blankes is later toenemend van Afrikaners gepraat. Die breuk met die regering, eerste praktiese stappe en die stigting van AVSTIG (1980’s) In 1980 is die eerste organisasie wat die idee van “Projek Oranje” in praktyk wou uitvoer, die Vereniging van Oranjewerkers (VOW), gestig. Baie van hulle beginsels het ooreengestem met die van die latere

Afrikanervryheidstigting. Alhoewel VOW nog vaag was oor die gebied en nie ‘n Afrikanerstaat van Suid-Afrika wou afskei nie, het hulle wel die idee van konsentrasie in sekere demografies gunstige kerngebiede, soos deur Projek Oranje voorgestel, nagestreef. Hulle het ook die eerste keer volkseie arbeid as voorvereiste verkondig en in verskeie dorpe binne die aangewese gebiede (soos Morgenzon en Philippolis) toegepas. Dr Jooste en ander uit SABRA was ook leiers binne VOW. Hy, prof Carel Boshoff en ander het toe al gepleit vir ‘n tuisland in die yl bevolkte noordwestelike

Kaapland en dele van die Oranje-Vrystaat, maar binne die VOW was die meeste lede aanhangers van ‘n konsentrasie in die OosTransvaal, waar Afrikaners reeds groot getalle gehad het, maar nog steeds ‘n minderheid was en nooit die getalleresies sou kon wen nie. Boonop was dit ‘n ekonomies sterk ontwikkelde en daarom ook sterk geïntegreerde gebied. Die tuislandbeleid het in die 1980’s sy straalkrag verloor en meer en meer, met korrupte en onbekwame tuislandleiers en – administrasie, ‘n verleentheid geword. Terwyl dr Verwoerd oortuig was

Voorgrond

|

13


van die werkbaarheid en regverdigbaarheid van tuislande en mnr Vorster Verwoerd se beleid ten minste uiterlik voortgesit het, het mnr Botha na alle aanduidings nie meer werklik daaraan geglo nie. Daar was geen regeringsteun vir dit wat VOW verkondig en gedoen het nie en min steun van Afrikaners op grondvlak, selfs nie in die aangewese gebiede nie. Trouens, dit was in daardie tyd, die vroeë 1980’s, waar daar ‘n breuk was tussen SABRA (en verwante organisasies) wat vir territoriale selfbeskikking gestaan het, en die NPregering onder PW Botha, wat meer en meer in die rigting van een onverdeelde Suid-Afrika gewerk het (veral met die 1984 grondwet). Prof Boshoff, destyds voorsitter van die Afrikaner Broederbond en van SABRA (1972-2002) en ook voorsitter van die nuutgestigte Afrikaner Volkswag, was een van diegene wat uit die gevestigde orde na die politieke woestyn beweeg het om nie sy oortuigings en ideale prys te gee nie. SABRA was afhanklik van regeringsbefondsing en dit is gestaak, omdat hulle toenemend in opposisie tot die NP-regering was en die 1984 grondwet, wat afstand gedoen het van

14

|

Voorgrond

die uiteindelike doel van territoriale opdeling, verwerp het. SABRA moes op eie fondswerwing staatmaak. 1984 was ‘n beslissende jaar, want SABRA en die NPregering was nie meer deel van dieselfde kring nie. Wat vroeër ten minste implisiete regeringsbeleid was, het nou vir die regering ‘n struikelblok geraak. Dit was die tyd waar Afrikaners op talle vlakke geskeur het, polities, godsdienstig, op onderwysen kultuurgebied. SABRA was egter ‘n dinkskrum, nie ‘n massabeweging wat populêre steun kon monster nie. Dit was daarom dat die Afrikaner Volkswag in 1984 gestig is, om volksgesinde Afrikaners op die gebied van hulle kultuur en veral rondom die 150ste herdenking van die Groot Trek te verenig. “Op trek na ons eie” was die leuse en die boodskap was dat die herdenking nie net oor die verlede gaan nie, maar dat die trek van die Voortrekkers na vryheid en soeke na ‘n eie staat in die binneland in die verlede onder die huidige omstandighede die trek na ‘n eie Afrikanertuisland sou wees. Prof Boshoff is tot voorsitter van die Volkswag verkies. Nie almal binne Volkswag was noodwendig volkstaters nie, maar die sentiment van die eie toekoms en die afkeur vir

die rigting van die regering het sterk geloop. Dit was ook in daardie tyd waar talle publikasies uit die kringe van VOW, SABRA en Volkswag, wat ‘n eie gebied of tuisland bepleit het, die lig gesien het. Tussen 1986 en 1988 het talle herdenkingsgeleenthede plaasgevind, met die hoogtepunt by Donkerhoek naby Pretoria op 16 Desember 1988, waar volksgesinde Afrikaners saamgesnoer is en daar ‘n gevoel van ‘n lotsbestemming en ‘n nuwe strewe na ‘n groot ideaal sonder die verbruikte NP was. Die emosionele opwelling van die Groot Trek 150 herdenking moes egter nou gebruik word vir ʼn doel. Die mobilisering van groot getalle Afrikaners rondom die Groot Trek het direk gelei tot die stigting van die Afrikanervryheidstigting (AVSTIG) in Maart 1988, ook onder leiding van prof Carel en mev Anna Boshoff. Terwyl SABRA veral teoreties van aard was, en Volkswag kultuur-polities, het AVSTIG die onomwonde doel nagestreef om die volkstaat werklikheid te laat word deur ontwikkeling van ‘n yl bevolkte gebied in die Noordwes-Kaap. AVSTIG was egter vir eers ʼn avantgardeorganisasie met enkele, maar baie sterk volkstaatgesinde lede, en Volkswag was die “volksorganisasie” wie se


lede die volkstaatideaal in beginsel gesteun het. Later is met “Spansaam” ʼn oorgangsreëling getref, waar ʼn lid van een organisasie lid van al drie (SABRA, Volkswag, AVSTIG) geword het, met toenemende fokus op AVSTIG. In Junie 1988 het AVSTIG sy plan vir ‘n Volkstaat bekend gestel. Die droë en yl bevolkte Noordwes-Kaapland en dele van die Suid-Vrystaat is as volkstaat voorgestel, sonder enige groot stad of tuisland of myn, ʼn groot feitlik leë gebied wat met sowat 500 000 Afrikaners ʼn stewige meerderheid sou hê. Dit was gebaseer op navorsing van veral dr Jooste en Dirk Viljoen.

Volkseie arbeid was een van die ononderhandelbare vereistes vir die volkstaat. Die model van die besetting en ontwikkeling van Palestina deur die Jode was daarby ʼn voorbeeld en ʼn inspirasie. Die plan het op die stadium min geesdrif in die media of onder die gemiddelde Afrikaner ontlok aangesien die media veral die NP-lyn gevolg het, maar dit is tog deur sekeres as ‘n moontlike uitweg uit die doodloopstraat van geweld en konflik gesien. AVSTIG het voortgegaan om sy plan met al sy aspekte te bemark. Daar is in die tyd ook besoeke aan die aangewese gebied gebring om te kyk na ‘n geskikte plek om ‘n

praktiese begin te maak. Die aankoop van Orania. Die volkstaat-ideaal word praktyk. ‘n Lid van AVSTIG het in Augustus 1990 op ‘n advertensie in die Landbou Weekblad afgekom wat aangekondig het dat die staat ‘n hele dorp in die Noord-Kaap, Orania, met ‘n oppervlakte van 483 hektaar, te koop aanbied. Dit was geleë in die volkstaatgebied wat AVSTIG voorgestel het. Prof Boshoff het dadelik die bestuurslede van AVSTIG bymekaargekry en sommer die volgende oggend het hulle die lang pad van Pretoria aangepak om ‘n verkennende besoek

Orania Motors en Afsaal 1991

Voorgrond

|

15


aan Orania te bring en te ondersoek of die dorp geskik was as ‘n volkstaatgroeipunt. Alhoewel die plek vervalle en verniel was, het prof Boshoff en sy ondersteuners wel die potensiaal raakgesien en besef hoeveel infrastruktuur nog steeds daar was wat andersins ten duurste weer opgerig sou moes word. Op pad terug is besluit om die koop te waag en om ‘n tender in te sit op die veiling. Prof Boshoff het prof Gerrit Viljoen, Minister vir Grondwetlike Ontwikkeling in die NPkabinet en ‘n kennis uit die dae van gemeenskaplike betrokkenheid by SABRA, geskakel om te hoor of die regering ‘n beginselbeswaar met die stigting van ‘n volkstaatgroeipunt sou hê. Volgens prof Viljoen sou die regering niks doen om so ‘n volkstaatgroeipunt te keer nie. Die bedrag van R620 000 is bymekaargemaak veral deur die onverpoosde werwing van Anna Boshoff en ‘n tender is ingesit. Die bedrag was egter te min en die bod is toegestaan aan ‘n man van Johannesburg wat tot 31 Januarie 1991 tyd gehad het om die som te betaal. Die noodlot het dit egter beskik dat die volkstaters ‘n tweede kans sou kry omdat die voornemende koper nie sy verpligtinge kon nakom nie.

16

|

Voorgrond

Nou moes vinnig besluit word. Uit sowat 1500 lede en ondersteuners van Volkswag, AVSTIG en die volkstaatgedagte is mense geïdentifiseer en gekontak om deur middel van aandele van R25 000 elk in die projek te belê. Dit was aandelekapitaal wat rentevry geleen is en terugbetaal sal word is namate die aandeelblokke in Orania verkoop is. Alle aanvanklike bydraers vir die aankoop van Orania het mettertyd hulle insetkapitaal sonder rente terug ontvang. Die venster van geleentheid vir die aankoop van Orania was net vir ‘n baie kort tydperk oop en dat alles reg geloop het, was ‘n klein wonderwerk. ‘n Paar dae voor die sperdatum vir die tender is die bedrae in ‘n trustrekening inbetaal en is die ooreenkoms beklink. Vir die bedrag van R1.6 miljoen is die aanvanklike koper se verpligtinge oorgeneem en is Orania van die Departement van Waterwese met al die verbeteringe en toerusting gekoop en geregistreer in die naam van Orania Bestuursdienste Eiendoms Beperk (OBD). Teen 31 Januarie 1991 sou OBD oorneem en die Departement alles ontruim. Weens allerhande struikelblokke

en voete sleep van die Departement is die datum egter verskuif na 31 Maart. Net daarna, op 13 April, was die amptelike bekendstelling aan alle voornemende inwoners asook aan die media, ʼn geleentheid wat jaarliks as Orania se stigtingsdag gevier word. Kort na die aankoop van Orania is ook die omliggende plaas Vluytjeskraal 272 gekoop. AVSTIG het hom gekonstitueer soos ‘n toekomstige Afrikanerregering, met ‘n jaarlikse Burgervergadering waar alle lede asook belangstellendes sake rondom die volkstaat kon bespreek, asook ‘n Burgerraad wat deur die lede verkies is en ‘n soort “volksraad” was, en die Uitvoerende Raad met portefeuljes, ‘n soort volksregering en die President as voorsitter. Vergaderings het in die Gemeenskapsaal van Orania plaasgevind, maar met die veronderstelling dat Orania net die eerste groeipunt in ‘n groter toekomstige volkstaat was. *Die verhaal van die Afrikanervryheidstigting (Orania Beweging) se rol na die aankoop van Orania tot vandag sal in die volgende uitgawe van Voorgrond gepubliseer word.


Orania Beweging

Uitvoerende Raad

Die Orania Beweging se Uitvoerende Raad is die liggaam wat toesig hou oor die organisasie se werksaamhede. Die huidige Uitvoerende Raadslede is:

Carel Boshoff | President

Francois Joubert Adjunk-president

Lucas van der Merwe

Hester van Zyl

Gerrie Tomlinson

Jaco Kleynhans

Voorgrond

|

17


Orania Beweging beplan

groot uitbreidings

Die Orania Beweging het onlangs die Afsaal-gebou aangrensend aan ons hoofkantoor in Orania teen ’n koste van R 2 miljoen aangekoop.

18

|

Voorgrond

Saam met ons filiale is ’n groot erf reg oorkant ons gebou teen ’n koste van R1 miljoen aangekoop. Met hierdie grond- en geboueuitbreidings beplan die Orania Beweging om ’n groter impak in die beeld van Orania se aankomsgebied, sowel as die stedelike ontwikkeling van Orania te maak. Die uitbreidings by die Orania Beweging hou egter ook verband met die organisasie se basiese bestaansrede om

deur Jaco Kleynhans

as staatstigtende liggaam die nodige stappe te neem om die Afrikaner se vryheid te herstel en hierdie uitbreidings sal ook in diens staan van ons organisasie se doelwitte om die nodige instellings te ontwikkel en vestiging moontlik te maak wat ons nader aan vryheid kan bring. Die Afsaal-gebou is ’n bekende baken in Orania en oor baie jare het verskillende eienaars restaurante en


kafees in die gebou bedryf terwyl ander dele van die gebou as oornagkamers, kantore en winkels ingespan is. Tans huisves die gebou ’n restaurant, eiendomsagentskap, privaat verblyf, gesondheidswinkel en die kantoor van ’n bekende ontwikkelaar in Orania. ’n Omvattende plan is oor die afgelope paar maande saamgestel vir die herontwikkeling van die gebou en die omliggende grond. Ekstra grond om die Afsaal-gebou is deur die Orania Beweging aangekoop en in samewerking met die Orania Dorpsraad sal daar binnekort met die inrig van nuwe parkeerplekke begin

word. Dit sal opgevolg word deur ’n projek om die gebou se buitekant oor te doen en die ruimtes om die gebou vir restaurant- en openbare oopruimtes in te rig. Die grond wat oorkant die Orania Beweging se kantoorkompleks geleë is, is binne ’n nuwe maatskappy, Orania Beweging Eiendomme, aangekoop en daar word intensiewe

ontwikkeling van twee- en drieverdiepinggeboue vir verblyf, kleinsake en kultuuraktiwiteite beplan. Die Orania Beweging werk tans aan ’n strategie om die versnelde verwesenliking van sy doelwitte moontlik te maak en die uitbreiding van die organisasie se voetspoor binne en buite Orania is deel hiervan.

Voorgrond

|

19


Steve Hofmeyr knip die lint om Huppelkind se nuwe sentrum te open

Dagsorgsentrum open in nuwe gebou Met die besoek van Steve Hofmeyr op Orania, 12 Mei 2018, het Huppelkind Dagsorgsentrum die geleentheid benut om hom te taak met die lintknip-seremonie vir die opening van hul nuwe Dagsorgsentrum.

20

|

Voorgrond

deur Ester le Roux

Onder luide toejuiging is nog ‘n groot mylpaal op Orania seremonieel gevier, naamlik die voltooiing van die eerste fase van ‘n R4 000 000 gebouekompleks op die CVO-skool se terrein, om die snelgroeiende getal peuters en kleuters van dagsorgfasiliteite te voorsien. Vir Esna Schumann, die hoof, was dit ‘n droom en haar droom het groter geraak as wat sy ooit kon dink, gesels sy. Sy het ‘n passie vir kinders en het bly vashou aan haar droom – deur moeilike omstandighede in die beginjare - om ‘n volwaardige Dagsorgsentrum tot stand te bring. ‘n Paar jaar gelede, toe die Orania Maatskaplike Raad so ‘n sentrum geopen het in ‘n woonhuis, is sy aangestel as die Hoof en is haar droom verwesenlik. Die afgelope maand of twee het die groot trek na die voltooide Dagsorgsentrum op die CVO-skoolterrein plaasgevind en met Steve se besoek het sy ‘n opedag vir die publiek gehou om die sentrum te kom besigtig Sy het nou 60 kinders in die sentrum, waarvan sowat 10 ook vanuit die omgewing buite Orania is. Elf personeellede staan haar by en die sentrum is oop van halfagt soggens tot vyfuur namiddae. Hulle gee ook ontbyt en middagete met verversings tussen etenstye en ook die personeel kry ‘n ligte middagete. ‘n Volledig toegeruste kombuis maak die voorbereiding van maaltye nou baie gerieflik. In die verskillende afdelings is ook kleiner kombuise, byvoorbeeld


in die afdeling vir babas vanaf drie maande tot een jaar – die ‘slaapkousies en wieliewalies’ - die afdeling van een- tot tweejariges, die ‘rondomtalies’ ensovoorts. Die speelplek is ruim en maak voorsiening vir ‘n yslike groot sandput. Orals is vensters en kameras sodat ‘n oog gehou kan word oor die kinders en bedrywighede. Die mure is fraai en vrolik geverf, met skilderye, prente, bedjies, tafeltjies en kassies wat die atmosfeer so huislik as moontlik vir die kinders maak. Daar is ook ‘n pragtige saal wat vir onthaal of vir buitemuurse aktiwiteite gehuur kan word, al is die Dagsorgsentrum aan die gang. Dit is reeds op gereelde basis verhuur aan Monkeynastics en daar word beplan om dit ook vir balletklasse te verhuur. Dorpsaktiwiteite - soos opvoerings gedurende die Taalweek in Augustus - kan ook nou daar aangebied word. By die ingang van Huppelkind word nog ‘n mooi kunsprojek beplan wat deur Cornelia Holm gedoen word. Die eerste groot glansgeleentheid in die saal is juis haar jaarlikse kunsuitstalling op 26 Mei, ten bate van Huppelkind. Esna het twee jaar gelede vir Cornelia genader om haar

met haar kuns te betrek by Huppelkind. Dit het daarop uitgeloop dat Huppelkind ‘n jaarlikse uitstalling van haar skilderye reël en dat ‘n persentasie van die opbrengs ten bate van Huppelkind aangewend word om oorhoofse bedryfsuitgawes te dek. Elke jaar word rondom ‘n spesifieke tema gewerk en vanjaar beeld dit verskillende deugde of waardes uit rondom karakterontwikkeling van die kind. Die sewe waardes/ deugde sentreer rondom: omgee, betroubaarheid, verantwoordelikheid, regverdigheid, respek, eienaarskap en integriteit. In Huppelkind gaan dit nie net om ‘n versorgingsplek vir die kleuter nie, maar daar word ook ‘n vroeë kinderontwikkelingsprogram gevolg wat die kinders voorberei om skoolryp te word.

Die sentrum help ook ouers wat net vir die dag versorging soek vir hulle kinders, soos gedurende oriëntering van nuwe inwoners. Ouers betaal 100% skoolgeld oor elf maande. Daar is wel ruimte vir diegene wat voel dat hulle ondersteuning wil verleen, wat teen R1 500 per maand aan die projek “Borg ‘n kind se geluk” kan deelneem. Verdienstelike ouers word uit hierdie fondse gehelp. Soms vat dit ‘n maand of drie vir ouers om hul voete te vind op Orania en hulle word dan in daardie tydperk bygestaan. Dit word egter nie op ‘n permanente basis gedoen nie. Sy herinner net weer dat Huppelkind nie onder CVO-skool ressorteer nie, maar onder Orania Maatskaplike Raad wat die gebou huur by die CVO-skool. Belangstellendes kan Esna kontak by selnommer 082 472 0637.

Die nuwe Huppelkindsentrum op Orania CVO-skool se terrein.

Voorgrond

|

21


Meer as net ‘n

olyfboerdery

Wanneer jy by die hek inkom en ‘n vriendelike Labrador jou stertswaaiend tegemoet kom, weet jy sommer – hierdie gaan ‘n goeie besoek wees! Dieper in die erf onder die skaduweeboom is vrouens besig om olywe te sorteer. Kratte en houers staan oral vol pers- en groen olywe.

22

|

Voorgrond

deur Ester le Roux

Daar word vir jou ‘n stoel nader getrek en so tussen die sorteerdery en die gesels, die rustige dreuning van die olyfpers op die agtergrond, Cornelia Jooste se vriendelike glimlag en die reuk van olywe in hul verskillende stadiums, gaan ‘n nuwe wêreld vir jou oop! Tussendeur kom laai Anton Enslin, die bestuurder van hul boord en sy helpers, kratte olywe uit die boord af. Die olyf het ‘n noue Bybelse konnotasie en so ‘n boom kan vir duisende jare sy vrug lewer. Vir Cornelia en haar familie staan hul boutique-olyfboerdery in die teken hiervan – vir hul eie familie, Orania en vir die hele Afrikanervolk. Sy vertel hoe haar ouers, prof en mev Josef Henning in die negentigerjare – tydens sy ampstyd in die Noord-Kaap Wetgewer – die welige olyfbome op sypaadjies en in die tuine van Kimberley opgemerk het. Hulle het olywe begin pluk en inmaak en net voor die eeudraai besluit om sowat 1000 olyfbome aan te plant op hulle landbouhoewe op Orania – hoofsaaklik mission en frantoia. In 2007 het hulle vir die eerste keer olywe begin pluk. Dokter Gawie Nel, Orania se eerste voltydse tandarts, het na hul olyfboerdery gekyk, want die Hennings het weer in Pretoria gevestig toe hul ampstyd verstreke was by die wetgewer. Vir die uitgebreide Henningfamilie word dit van toe af tradisie om jaarliks in April olywe te kom oes in Orania. Klein en groot help dan en deur die jare leer hulle alles van olyfboerdery en vestig markte vir vars olywe, ingelegde olywe en olyfolie. In 2011 was die oes sowat sewe ton en in 2012, twintig ton. Die olywe is van hoë gehalte en hulle lewer die olywe


aanvanklik aan markte op Hartswater, Bloemfontein en Pretoria. Daar was ook minder goeie oesjare en baie uitdagings deur die jare om die olyfboord met die vereiste kundigheid in stand te hou, veral toe dokter Gawie weens gesondheidsprobleme nie meer in beheer van die boord kon wees nie. In 2013 skaf hulle hul eie olyfpersmasjien aan. Sy vertel hoe ‘n groot hoogtepunt en vreugde dit was vir die familie om in Maart/ April 2013 opleiding te kon ontvang om met die masjien te werk. Sedertdien neem hul olyfboerdery die wending dat dit meer fokus op die bemarking van olyfolie. Hierdie jaar, vertel Cornelia,

was die familie net vir die langnaweek in April hier om te help en het sy vir die eerste keer die olyfsorteerdery en -oliepers grotendeels op haar skouers gehad, saam met helpers uit die gemeenskap. Haar grootste vrees was dat die masjien sou breek, maar gelukkig het sy geen probleme hierdie jaar gehad nie. Alhoewel die bome, volgens kenners, ongeveer 16 ton olywe gemiddeld moet lewer, oes hulle hierdie jaar 40 ton, vertel sy oorstelp. Hulle moes groot hoeveelhede kratte aankoop en twee groot verkoelingsmasjiene aanskaf vir die olie – elk hou 1100 liter olie. Olyfbome lewer siklies groter en minder groot oeste

Anton Enslin

maar sy praat met groot lof van Anton Enslin en sy vrou wat vir twee jaar noual die olyfboord bestuur. Anton Enslin, op sy beurt, praat met entoesiasme oor die suksesvolle oes vanjaar en die versorging van die

Van links na regs: voor Tobie Myburgh, Botha Enslin, Dirk Haasbroek Agter: AJ Visser, Franco Albertus, Reinardt van den Berg, Martin Jacobs, Anton Enslin, Arno Matthysen, Christiaan Pretorius

Voorgrond

|

23


boord oor die tweejaartydperk. Sy vrou en kinders – wat tuisskoolonderrig ontvang – is onmisbaar vir hom en nou betrokke in die olyfboord se versorging. Hy benadruk hoe krities belangrik dit is om venstertye te benut vir kunsmis, snoei en watervoorsiening. Hy praat ook met groot lof van sy oesspan van 9 naskoolse jongmanne, van elders, wat hierdie jaar hul gewig kom ingooi het hier op Orania. Verlede jaar het hulle sowat 300 aansoeke ontvang, vertel Anton en hierdie jaar oor die 1500! Hy prys die kinders se harde werk en entoesiasme – ook hul goeie samewerking met mnr Coffee, wat toesig hou oor die plukkery. Wanneer een van hulle siek is, vertel

24

|

Voorgrond

hy, kompenseer die ander en hulle oes gemiddeld tussen 1,1 en 1,2 ton olywe per dag. So leer die jongmanne Orania ken en vind gesonde interaksie plaas om dieper deugde te versterk, gesels Anton, terwyl hul kennis opdoen oor olyfboerdery en leer om met die plukmasjiene en voertuie te werk. Hulle werk hard om einde Mei klaar te maak, want die oesspan moet in die tweede week van Junie aanskuif na die pekanneutoes wat volgende aan die beurt is – daar kom darem nog drie plukkers by. Die tipe boutiqueolyfboerdery van die Henning-familie pas Orania se gemeenskapsingesteldheid soos ‘n handskoen - ‘n kleiner lokale boerdery wat die dieper heil van die

arbeidsaamheid meervoudig in ‘n familie en gemeenskap terugsit. Mens kan nie anders as om bewus te word van die hartlike gees van samewerking tussen die werkendes nie. Sowel by Cornelia as Anton kry mens die gevoel dat dit gaan om meer as net die olyfboord wat versorg moet word en die olyfoes wat moet af. Dit gaan om die groter Christelike roeping om die aarde te bewerk en te bewoon op ‘n verantwoordelike manier, sodat arbeidsvreugde en hartlike samewerking met ‘n medemens die oes van geestelike heil kan inbring vir die betrokkenes en ‘n nageslag. Sy vertel hoe hul familie op ‘n heel unieke manier mekaar leer ken het en gesins- en familiebande


Vlnr: Corneli Jooste (dogter van Cornelia en Gerhard), Gerhard Jooste, Cornelia Jooste (dogter van prof Henning)

verstewig het in hul saamwerk gedurende oestyd deur die jare en dat hulle dit vir niks sou wou verruil nie! Cornelia het groot drome om die boerdery uit te brei en nog afdelings in te bring, soos byvoorbeeld seep,

masseerolie, medisinale produkte, tapenades, gedroogde olywe, brikette vir vuurmaak ens. Haar familie doen dit nou net op klein skaal vir eie gebruik. Hou gerus hul bedrywighede dop op hul webblad by die skakel:

http/www.noordkaapolywe. co.za. Om olywe of olyfolie te bekom of vir meer inligting rondom die olyfboerdery, skakel Cornelia by selnommer 082 903 1427 of Anton by 072 966 6711.

Vlnr: Prof Josef Henning, Jasper Jooste, Debbie Jooste, Gerhard Jooste (seun, dogter en man van Cornelia)

Voorgrond

|

25


Nuusbrokkies BEGAAFDE PIANIS TE RUSTE GELÊ

Huldeblyk aan Benjamin Fourie (gebore 5 Mei 1961 oorlede 30 April 2018) Orania se gemeenskap het met leedwese kennis geneem van die heengaan van Benjamin Fourie, een van Suid-Afrika se mees begaafde pianiste. Hy is op Bethulie te ruste gelê op 12 Mei 2018. Carel Boshoff, president van die Orania Beweging het die teraardebestelling bygewoon. Sedert hy hom ongeveer twintig jaar gelede op Bethulie gevestig het, was hy nou betrokke by Orania met klavierkonserte en

26

|

Voorgrond

-uitvoerings wat OKeR (Orania Kunsteraad) aangebied het. In sy uitvoerings het hy gekonsentreer op moderne Afrikaanse komponiste se werk, soos Ettiene van Rensburg. Hy het veral deur sy huiskonserte ‘n besondere bydrae gelewer tot die ontwikkeling van die Afrikaanse gehoor en hom onderskei in werk van komponiste wat gekenmerk was deur ‘n besondere moeilikheidsgraad en wat ‘n besondere tegniese benadering vereis het. In ‘n konserwatiewe sin het hy ‘n sterk volksgevoel en sin vir identiteit gehad. Hy was in lopende korrespondensie met Carel, oor die moontlikheid om hom op Orania te vestig en voltyds by OKeR betrokke te raak. Hy is deur sy familie versorg tydens ‘n siekbed van ongeveer drie weke. Orania is dank verskuldig aan sy broer, Willem Fourie, vir die skakeling met Orania gedurende hierdie tyd oor sy gesondheid. Ook wil OKeR en

deur Ester le Roux & Joost Strydom

Orania hiermee dank betuig vir die pragtige vleuelklavier wat hy aan OKeR bemaak het. Hy sal onthou word vir die besondere hartsgevoel wat hy vir Orania gehad het, sy puik klavieruitvoerings en dat hy deur sy majestueuse vleuelklavier vir OKeR en Orania vir die eerste keer op ‘n peil gestel het om reg te laat geskied aan kwaliteitklavieruitvoerings - soos wat hy gelewer het! Wat ‘n groot eer!

VRYHEIDSFRONT PLUS-TAK REORGANISEER Die Vryheidsfront Plus-tak op Orania het onlangs hul jaarlikse reorganisasievergadering gehad. Doktor Wynand Boshoff, die NoordKaapse Partyleier en VF+verteenwoordiger op die Munisipale Raad in Kimberley was die gasspreker. Daar was ‘n goeie opkoms en lewendige deelname aan besprekings oor die pad vorentoe - ook uit die hoek van Orania oor die beste


die ANC of EFF teen te staan in sake wat ons nadelig kan raak, het Boshoff gesê. Die VF+ se beleid sluit ‘n tiende provinsie in, maar het soveel moontlik stemme daarvoor nodig om bedingingsmag strategie om deur die VF+ ons te versterk. Strategieë soos hofgedinge kan tyd koop om volkstrewe te bevorder. Hy het onder andere gesê dat die Afrikaner te mobiliseer dit ‘n intellektuele sowel as ‘n om daadwerklik saam te staan rondom die beste hartsaak is om te besin hoe strategie. Naas ondersteuning om in volksverband voort te bestaan, want die gety het vir en/of trek na Orania en van ons gedraai en as ons nie aan Solidariteit en sy filiale, moet ons gaan stem vir die VF+ bepaalde vereistes voldoen om in volle krag ‘n radikale vir voortbestaan nie, sal ons poging aan te wend tot die volk oor ‘n paar geslagte uitgesterf wees. Ons sal moet Afrikanervolk se voortbestaan in Suid-Afrika. Ons het ‘n paar werk aan ‘n toekoms en die jaar terug twee lede in die Vryheidsfront plus se rol is Noord-Kaap Wetgewer gehad om die diplomatieke diens – ons kan dit weer doen, het vir die Afrikaner te wees wat toegang het tot plekke waar dr Wynand Boshoff gesê. belangrike besluite geneem Die nuwe bestuur is, word – as ons nie daar is nie, voorsitter: Jan Joubert, weet hulle nie van ons nie. ondervoorsitter: Pieter Die VF+ se dryfkrag agter Krige, sekretaresse: Lianda die Transnetpensioenarisse, Krige, jeuglid: Martin Smit, binne die hof maar ook in die addisionele lede: Pieter Kotze parlement, het byvoorbeeld en Abram Pretorius ‘n deurslaggewende verskil RADIO ORANIA 95,5MHZ TIEN gemaak. Transnet word nou JAAR OP DIE LUG gedwing om met die sowat 40 000 pensioenarisse wat Radio Orania was op 12 April weens die stroping van hul vanjaar tien jaar op die lug – pensioenfonds verarm het, ‘n lang tyd as in ag geneem te skik. word dat die stasie vrywillig beman word. Dit is feestelik Met ons stem bemagtig gevier in die ateljee, oor ons ons in ‘n proporsionele verjaarsdagkoek en koffie, stelsel om ‘n verskil te maak wanneer ons saam met ander terwyl staaltjies oor die beginjare en die verloop van partye opsies oorweeg om

Nuusbrokkies

die stasie uitgesaai is. Die Radio Orania-familie is ‘n hegte familie van getroue luisteraars, ondersteuners, omroepers en tegnici. Reëndae en onweer het deur die jare nie gekeer dat vrywilligers opdaag om hul beurt te neem om die gemeenskap van nuus, aktuele sake, godsdiens-, letterkunde-, wetenskap-, gesels- en vermaakprogramme vanuit die radiostasie te voorsien nie. Sedert Radio Orania in April 2008 sy eerste uitsending geloods het, is dit ’n gelisensieerde Gemeenskapsradiostasie wat steeds ononderbroke uitsaai danksy groot opofferings van vrywillige klankingenieurs, omroepers en direksielede. Omroepers en tegnici se ouderdomme het oor die jare gewissel van 13 tot oor die 80 jaar. Puik programme word aangebied en met groot klem

Voorgrond

|

27


Om teleurstelling te voorkom, bespreek vroegtydig! Orania Oewerhotel: 053 207 0016 Orania Rivier Spa: 071 673 9705 Oewerrestaurant: 053 207 0243 Oewerchalets: 053 207 0118 Faks: 086 625 2221, navrae@oewerpark.co.za


Aan-die-Oewer

ORANIA Die vakansieoord met verblyf en aktiwiteite vir elke smaak www.aan-die-oewer.com


Nuusbrokkies

op suiwer Afrikaans en op kulturele programme rondom eie fees- en vakansiedae. Die stasie het ‘n reikwydte van ongeveer 50 km rondom Orania. Drie vrywilligers by Radio Orania het al loopbane in die rigting van joernalistiek en radiowese gevolg. Joanelle Everson en Joost Strydom het joernalistiek gaan studeer en Janine van der Heever werk reeds etlike jare by Pretoria FM.

Aan die begin van die jaar is Annetjie Joubert voltyds as stasiebeheer-amptenaar aangestel. Ons wens vir haar voorspoed toe en bedank haar voorganger, Hester van Zyl, wat haar uitstekend van haar taak gekwyt het.

30

|

Voorgrond

Vir navrae of ondersteuning stuur gerus ‘n e-pos aan radioorania@oranet.co.za

beide aan die deelnemers en organiseerders!

VASBYT

Die AVS-o/21 Bokkietoernooi was vanjaar weereens ‘n groot sukses. Hierdie geleentheid het ses rugby- en netbalunies van regoor Suid-Afrika in Orania byeengebring vir vyf dae van klipharde sport en lekker saamkuier. Keurders woon ook hierdie toernooi by, wat beteken dat spelers wat hulself onderskei die geleentheid mag hê om internasionaal te gaan deelneem. Die toernooi het oor Paasnaweek plaasgevind en met Goeie Vrydag en Sondag as Christelike dae, het die sport net op Donderdag, Saterdag en Maandag plaasgevind. Wes-Transvaal het as wenners van die rugbytoernooi uit die stryd getree, terwyl Stellaland die netbaltrofee huis toe geneem het. ʼn Koshuis in Bloemfontein, Mannerheim, is as die naaswenners van die rugbytoernooi aangewys en die Noord-Vrystaat Unie het die tweede plek in die netbaltoernooi opgeneem. Wes-Transvaal het ook met die geesbeker vir die toernooi

Vanjaar het atlete vir die derde keer hulle staal kom wys by die Bo-Karoo Vasbyt in Orania. Hierdie klippekou wedren het vanjaar beide drawwers en fietsryers die geleentheid gegee om deel te neem. Vasbyters en liglopers het onderskeidelik 100 km en 55 km in vier dae afgelê, terwyl die fietsers 200 km vir die Vasbyters en 115 km vir die ligtrappers moes kafdraf. Hierdie geleentheid, wat deur Helpende Hand georganiseer word, het oor die afgelope drie jaar bekend geword as ‘n gesinswedren met ‘n vriendelike, saamkuier atmosfeer. Die uitmergelende wedren het vanjaar twee Oraniërs in die eerste plek gesien, beide in fietsrykategorieë. WJ Nel, ‘n Orania skolier, het die ligtrap ope-afdeling gewen, terwyl Erika Kotze die eerste dame per fiets oor die wenstreep was by die Vasbyt. Baie geluk,

BOKKIETOERNOOI


weggestap! Kwotavrye Afrikanersport, net hier in Orania!

BOERSPITUS

en hope ander aktiwiteite. Na afloop van al die pret is die naweek afgesluit met ‘n paar lammers op die spit. Dit is wonderlik om te sien hoe hierdie kultuurtradisie van buite in Orania kom vestig!

VANDERKLOOFDAM LOOP OOR Die Gariep- en Vanderkloofdamme wat stroomop van Orania in die Oranjerivier is, sorg dat die Oranjerivier ‘n standhoudende en reëlmatige vloei het en Pret, plesier en kultuur! maak so landbou-aktiwiteit AfriForum het vanjaar vir in die omgewing moontlik. die tweede jaar in ʼn ry hulle Ten spyte daarvan dat Boerspitus (Boeresport, sommige dele van die spitbraai en Cantus) in land nog baie droog is, is Orania aangebied. Hierdie Suid-Afrika onlangs met geleentheid lok studente goeie reën geseën en baie van verskillende instellings damme wat onder druk van regoor Suid-Afrika na was, is weer deeglik gevul. Orania vir ʼn propvol naweek. Die Vanderkloofdam, wat Vanjaar het net minder as 100 slegs 40 km van Orania af is, studente hierdie geleentheid het die hoogste wal in die bygewoon. Die geleentheid land (108 m). Die dam was het afgeskop met die onlangs 102.1 % vol wat vir ‘n Cantus, wat ‘n tradisionele baie skouspelagtige oorloop aand van saamsing, kuier gesorg het. en studentepret uit ons stamlande is. By die Cantus is plaaslik gebroude bier van hoë gehalte geniet. Saterdagoggend is vroeg afgeskop met die (uiters kompeterende!) Boeresport. Die Voorlaaiers, Sweepslae, Assegaaie en vele ander spanne het mekaar aangevat Baie Oraniërs het hierna in sakspring, eiergooi, toutrek gaan kyk en die Orania

Nuusbrokkies

Beweging het die inwoners van Karoosig Ouetehuis ook per bus gevat om dit te gaan geniet. Orania gee om vir sy bejaardes!

ORANIA BEWEGING SE BURGERRAAD VERGADER

Aprilmaand het die Orania Beweging se Burgerraad ‘n spesiale vergadering gehou, met die gebeure van 27 Februarie 2018 as vertrekpunt. Die kontroversie rondom voorgestelde grondonteiening sonder vergoeding word deur die Orania Beweging in ‘n baie ernstige lig beskou en daarom neem ons ook die verantwoordelikheid op om as rolspeler binne hierdie debat op te tree. Carel Boshoff (iv), president van die Orania Beweging, het die vergadering geopen met sewe punte rondom die rol van die Orania Beweging binne breër Afrikanerverband. Dit het gestrek van skakeling (plaaslik en internasionaal)

Voorgrond

|

31


Nuusbrokkies

tot veiligheid en politieke uitdagings. Mnr Flip Buys, uitvoerende voorsitter van Solidariteit, het insette gelewer oor die Solidariteit Beweging se strategie in die huidige milieu. Jaco Kleynhans het as uitvoerende hoof van die Orania Beweging op sy beurt die huidige internasionale skakelingstrategie vanuit die Orania Beweging se kantore, ook met ons vriende in Europa, verduidelik.

huisves. Dit maak deel wat ons saak help bou en uit van die groter Orania Afrikaners ondersteun! Kampusontwikkeling waar NUWE TEGNOLOGIE VIR OVD geriewe soos behuising en klaskamers opgerig word. Die projek beloop R8 miljoen en strek oor ‘n tydperk van vyf jaar.

JACO NEEM SKENKING VAN VLAANDERE IN ONTVANGS

STUDENTEBEHUISING BREEK GROND IN ORANIA

Daar heers tans baie opgewondenheid in Orania rondom ontwikkeling in tersiêre opleiding. Orania se tegniese sentrum trek al vir ‘n geruime tyd aandag terwyl ander instellings tans ook goed aan die ontwikkel is. Onlangs is die eerste grond gebreek vir studentebehuising in Orania. Hierdie behuisingkompleks sal 22 studente binne stapafstand van verskillende opleidingsinstansies kan

32

|

Voorgrond

Kontrakteurs het vroeg vanjaar heelwat nuwe infrastruktuur vir Orania Orania het vriende regoor die Veiligheid geïnstalleer, wêreld wat vir ons goud werd onder andere ‘n nuwe is. Politici, meningsvormers, radiomas. Die oprigting Suid-Afrikaners in die van hierdie 26 meter hoë buiteland, selfs vriende toring vestig radio antennas in Rusland en Taiwan! en ander tegnologie Ons het veral langtermyn wat kommunikasie vir vriendskappe met inwoners veiligheidsdoeleindes baie van Suid-Tirool en ook vergemaklik. Die doel is Vlaandere. Jaco Kleynhans, om in samewerking met uitvoerende hoof van die die SAPD, plaaslike boere Orania Beweging, is pas terug en ander gemeenskapvan ʼn Europese besoek waar veiligheidrolspelers die hele hy onder andere vriende omgewing te beveilig en in Vlaandere besoek het. misdaad te bekamp. Tydens hierdie geleentheid is daar ʼn skenking van 1400 Euro (ongeveer R20 860) aan Orania gemaak. Ons waardeer elke internasionale rolspeler


Die son sak na ’n harde dag se werk by Gannabos Ontwikkeling.

Stadbouerstories

deur Joost Strydom

As jy iets van Orania wil weet, enige iets, gaan gesels met die Almal ken die bekende bouers. Hulle ken die warm somers en bibberkoue winters, verhaal van die drie hulle ken Orania se arbeidsbeleid, hulle verstaan wat dit beteken om self skouer aan die wiel te sit. Hulle leef Orania. werkers wat deur ‘n Hulle messel aan Orania. Hulle is die bouers van die Orania reisiger gevra word stad. waarmee hulle dan En hulle is besig. Tans is daar soveel konstruksie projekte in Orania aan die besig is? Een het hom gang dat dit ‘n uitdaging is om by te bly. Selfs Oraniërs wat nie eers ’n antwoord elke dag die dorp deurry merk nog soms verbaas op hoe vinnig hier tot dakhoogte gevorder is. Daar is ‘n ongelooflike verwerdig nie en net aanvraag in die konstruksie bedryf. Behalwe vir woonhuise, is aanhou kruiwa stoot, hier ʼn paar projekte waaroor die leser dalk net so opgewonde soos ek kan word! ‘n ander het hom bitsig toegesnou dat dit dan ORANIA SPAAR EN KREDIET Orania se eie koöperatiewe bank is besig om ‘n splinternuwe duidelik is dat hy besig baadjie aan te trek. Orania Spaar en Krediet (OSK) het vir jare is om stene te messel. vanuit ʼn groot woonhuis, wat baie jare gelede aangekoop is, gefunksioneer, maar dié bank het nou sy kinderskoene Maar die derde werker Christiaan van Zyl, die plaaslike argitek, moes baie het hom met ‘n lied in die ontgroei. oorspronklik te werk gaan om die bank operasioneel te hou terwyl die nuwe gebou basies bo-oor die oue opgerig hart geantwoord: “Kan Die uitdaging was om die bestaande infrastruktuur jy nie sien nie! Ek bou ‘n word. te vervang met ʼn gebou met ‘n korporatiewe voorkoms. Die konstruksie is hanteer deur eerstens ʼn staalstruktuur en dak katedraal!”

Voorgrond

|

33


‘n sterk privaatsektor. Prima Batebestuur is ‘n voorbeeld van so ‘n professionele diens in Orania wat uitstekend presteer. Hierdie firma is goed gevestig en presteer in so ‘n mate dat hulle onlangs kon begin met konstruksie aan ʼn supermoderne, dubbelverdieping kantoorkompleks. Volgens die argitek staan die ontwerp in ‘n baie kontemporêre, moderne styl en word so gestruktureer dat daar op ‘n latere stadium nog uitgebrei kan word om sodoende saam met die firma te groei. Hannes du Preez, aan wie die firma behoort, verduidelik dat die hele uitleg van die nuwe gebou, stelsels, personeel, HORISON NYWERHEIDSPARK PRIMA BATEBESTUUR en ontwerp alles rolspelers is om die bestuur van tussen Horison Nywerheidspark is ‘n Professionele dienste in R2 en R2,5 Miljard se bates ontwikkeling sentraal geleë in Orania is tans besig om van Orania, wat fokus op die skep krag tot krag te gaan- ‘n teken so doeltreffend en maklik as van nywerheid infrastruktuur van ‘n gesonde ekonomie en moontlik vir hulle te maak.

op te rig wat beklee kon word, waarna die brandmure en interne konstruksie begin het. Volgens Christiaan is daar tydens die ontwerp van die gebou baie spesifiek gefokus op ‘n langtermyn aanslag, sodat dit nie net ‘n nuwe tuiste vir die bank self bied nie, maar eerder ‘n totale finansiële instelling kan huisves. Hierdie 900 m2 nuwe gebou bied kantoorruimte vir moontlike aparte boedel- en leningsfasiliteite, finansiële konsultasie en heelwat meer. Privaat, veilige internetgebruikspasie vir kliënte met aanlynbankdienste en ‘n eie OTM word ook beplan.

oor ‘n breë spektrum. Hierdie ontwikkeling inkorporeer bestaande geboue in ‘n heel nuut ontwerpte omgewing met ‘n holistiese aanslag. Die nuutgeboude konstruksie bestaan uit ongeveer 1328 m2 se geboue wat 14 individuele stoorareas, handel en klein nywerhede (wat ‘n supermark en ‘n distilleerder insluit) en selfs professionele dienste soos ‘n prokureursfirma bevat. Die ontwikkeling, wat deur RVS Ontwikkeling en Orania Groeikrag hanteer word, bied ‘n hele nuwe byenes van bedrywighede wat Orania se ekonomiese sektor sal versterk.

’n Voorstelling van die gebou wat tans vir Prima Batebestuur ontwikkel word.

34

|

Voorgrond


Argitekvoorstelling van die OSK-gebou wat tans in aanbou is.

Die konstruksie van die nuwe kantoorgeboue het onlangs afgeskop en die verwagting is dat dit baie vroeg in 2019 kant-en-klaar, intrek-gereed behoort te wees. Konstruksie projekte in Orania is groter, beter en vinniger as ooit. Projekte soos Gannabos behuising het onlangs ‘n letterlike nuwe hoogtepunt bereik deur die Kleine Reuse vlag te hys op die nok van die derde verdieping se dak: ‘n volle 10.53 m hoog! Huppelkind Dagsorgsentrum se moderne en reuse nuwe tuiste staan as monument vir die waarde wat Orania aan ons kinders heg, terwyl die uitbreiding van strukture by Stokkiesdraai Avontuurpark weer die sterk groei in toerisme- en dienstesektore verteenwoordig. Intussen groei woonhuise soos paddastoele op, van

ontwikkeling by die Oewer tot in Kleingeluk, van Karoosig tot Orania-Wes kan enige een sien: Orania het reuse momentum in die konstruksiebedryf losgemaak.

Met hulle troffels, hamers, grawe en kruiwaens in die hande, kan jy die bouende manne en vroue van Orania gaan vra, en hulle sal jou antwoord: Ons bou ‘n stad! Gannabos 10.53 m bo grondvlak!

Voorgrond

|

35


Kenniswerkers:

Orania se vragskepe

Mense vra gereeld: “Hoe wil julle dan selfbeskikking in die Noord-Kaap bemark? Geen selfstandige ekonomie kan sonder ‘n hawe met handelroetes funksioneer nie!”

36

|

Voorgrond

deur Joost Strydom

Alhoewel die waarde hiervan nie ontken kan word nie, is dit wel waar dat tegnologie baie van hierdie afstande verkort. In Orania is daar ‘n groep entrepreneurs wat die tegnologiese landskap uitkoop. Mense wat hulle spesialisvaardighede verkoop, hulle arbeid uitvoer. Vir Orania se ekonomie is hulle skepe op die ongekarteerde wêreldwye web. Orania se groeiende ekonomie is ‘n entrepreneur se droom, maar die nugterdenkende besigheidseienaar besef ook dat ‘n groter afsetgebied van baie belang is. ‘n Kenniswerker is ‘n Oraniër wat hom- of haarself in ‘n spesifieke rigting gespesialiseer het en nou daardie vaardigheid aan ‘n mark buite Orania verkoop. Arbeid vloei uit Orania uit, geld vloei in die Orania ekonomie in! Quintin Diederichs het in 2010 na Orania getrek na verskeie besoeke wat hom opgewonde gemaak het oor die Orania idee. Hierdie besigheidsman van Pretoria het teen daardie tyd alreeds vir ses jaar in ‘n rigting gewerk waarvoor hy ‘n besondere voorliefde het: golf. Quintin het in 2004 ‘n reuse geleentheid gesien in die mark van SuidAfrikaanse golftoerisme. Die bedryf was in daardie tyd nog in sy kinderskoene en ‘n onontwikkelde bedryf bied baie geleenthede en vinnige groei vir ‘n entrepreneur. Quintin het die internasionale mark baie vinnig op loop geneem met sy Golf2Africa toeroperateurskap. Hy het blitsvinnig met groot hotelgroepe soos Sun International, Legacy en Protea kontrakte gesluit wat hom tot vandag nog met uitstekende


diens bedien. Deur hierdie jarelange verhouding kan die operateur goeie afslag beding vir die kliënte. Golf2Africa bied vir toeriste, veral uit Noord-Amerika, Europa, Australië en Kanada, die geleentheid om met een sentrale kantoor te skakel vir die reël van ‘n volle toerpakket, met 24 uur bystand, toergidse en reisreëlings. Met bestemmings soos Leopard Creek, Sun City en Pinnacle Point, fokus die besigheid veral op Gholftoerisme, maar sluit ook Safari’s, wyntoere en ander bestemmings in. Quintin bestuur die hele besigheid vanuit ‘n kantoor in Orania, van waar hy deur internet en telefoon met kliënte, vryskut toergidse, verblyf en vervoer en vele meer kan kommunikeer. “My afsetgebied is wêreldwyd, nie gebiedsgebonde nie” verduidelik Quintin. “Ek het Orania gekies en dit was net tot my voordeel”. Volgens Quintin het hy as nuweling in Orania dadelik besigheidsgeleenthede hier raakgesien in die jong ekonomie. “Ek het geensins nodig gehad om my salaris te sny ter wille van my verhuising na Orania nie, inteendeel Orania het my nuwe geleenthede gebied wat my beter af gelaat het”. Quintin verduidelik dat hy

Voorgrond

|

37


hier sy inkomste kanaliseer in nuwe besighede: Ou Karooplaas Winkelsentrum, Drommedaris Toeroperateurs en Karoosig Gastehuis. Al hierdie besighede is gebore uit die oorspronklike wegspring deur uitgevoerde kennis. “Orania soek Afrikaners hier! Hier word ons bemagtig”, volgens Quintin is Orania die plek vir besigheid sonder boeie. Orania bied geleenthede en Orania Spaar en Krediet (OSK) bied finansieringsgeleenthede wat geen ander kommersiële bank bied nie. Volgens Quintin, as ‘n mens die arbeidtekort en klimaat van Orania kan oorleef, kan jy met

‘n goeie internetkoppeling en ‘n kop vir besigheid die wêreld oorwin vanuit Orania! Dawie van Niekerk se programmeringsvaardigheid lê dalk in ‘n heel ander veld, maar geskoei op dieselfde beginsels. Dawie, sy vrou en twee dogters het bykans 12 jaar gelede kennis gemaak met Orania en baie vinnig besluit dat hulle hiervan ‘n tuiste wil maak. As programmeerder was Dawie wel in die tegnologiese industrie, maar sy werksomstandighede was geensins van afstandgebaseerde aard nie. Dawie maak deel van ‘n span uit wat vir Business Engineering Systems

stelsels bou. Hierdie maatskappy fokus veral op die integrasie van dokumente in werksvloeiprosesse. Hulle kliëntebasis is veral munisipaliteite, maar ook die privaatsektor maak van hulle gebruik. In hierdie omgewing het Dawie as deel van ‘n uiters gespesialiseerde span funksioneer wat byvoegings (‘add ins’) van die groter stelsel programmeer. Dawie se vrou en kinders het hulself vinnig in Orania gevestig, terwyl hy in Pretoria agtergebly het, totdat hy besluit het om die voorstel aan sy afdelingshoof te maak dat hy vanuit Orania ewe doeltreffend sy werk sou kon doen! Dit is nie Dawie van Niekerk op sy pos vanuit die gemak van sy eie erf.

38

|

Voorgrond


standaardpraktyk by hierdie maatskappy nie, maar om ‘n gesoute programmeerder se vaardigheid en ervaring prys te gee was nie die moeite werd nie en die idee is aanvaar met die voorwaarde dat Dawie elke drie maande die afstand sou aflê en kantoor toe kom om seker te maak alles verloop steeds

glad. Dinge het so goed verloop dat drie maande later ses geword het, en nog later elke jaar of twee. Dawie kan sy werk volledig deur ‘n internetverbinding en met sy selfoon doen. Die ‘wolk’ maak data maklik toeganklik en oproepe, Skype for bussiness en selfs WhatsApp vergemaklik

kommunikasie. Dawie noem wel dat hy nie dieselfde toegang tot kursusse het as sy stadsgebaseerde kollegas nie, maar dat die frustrerende ure in verkeer, veiligheidsrisiko’s en ander stadsdinge wat hy uitsny die ruiling meer as bevredigend maak!

hulle ken van laatnagte en staan nie terug vir harde bene kou nie. Daarom kon hulle in ‘n rekordtyd hul werkswinkel die suksesvolste paneelklopper in die omgewing maak. ‘n Familielid wat vir Fransua ‘n paar munte se kriptogeld as Kersgeskenk gegee het, het egter hulle

lewe blitsvinnig verander! “Die hele familie het munte vir Kersfees gekry, myne was ongeveer R4500 werd, die waarde het in vier dae tot R20 000 geklim en ek kon my oë nie glo nie!” Verduidelik Fransua. “As groentjie het ek natuurlik geen idee gehad hoe om die handel te hanteer

Een van Fransua se onlangse verhandelings het 315% wins opgelewer.

Kriptogeldeenhede het die konvensionele ekonomie wêreldwyd in sy fondamente geskud en saam met hierdie effense verwarring doen menige geleenthede hulself voor vir die wakker entrepreneur. Fransua en Melanie Botha kán met hulle hande werk,

Voorgrond

|

39


nie en ek het weer alles verloor, maar die gogga het gebyt!” Fransua het elke oomblik van sy aftyd in hierdie besigheid gegooi en alles geleer wat hy oor kriptogeldeenhede in die hande kon kry. “Ek sien my oorspronklike insetkoste, waarvan ek gereeld my vingers verbrand het met tienduisende Rande, as skoolfonds” lag hy. “In enige rigting waarin jy wil gaan studeer moet jy besef jy moet tyd en geld belê.” Volgens Fransua het hy meer as 100 boeke oor die bedryf gelees, en honderde en honderde video’s oor die onderwerp gekyk. “Ek het eenvoudig nie opgegee nie, ek wóú ‘n sukses hiervan maak. As ‘n besigheidsman wat die waarde van geld per arbeid verstaan eers hierdie tipe opbrengste sien, is daar geen terugdraai nie.” Hy is nou al van 2017 af hiermee besig en leer nog steeds. Volgens Fransua is die leerkurwe ongelooflik hoog en hy is soms meer as 20 ure op ‘n dag besig om te leer.

“In hierdie bedryf moet jy ‘n aptyt hê vir twee dinge: leer en risiko’s neem” brei hy uit. “Van slaap kan jy vergeet! Die bedrywigste tyd vir handel is tussen 00:00 en 03:00 snags, ek slaap gewoonlik so van 05:00 tot 08:00 soggens”. Fransua beklemtoon dat ‘n mens dit steeds soos ‘n voltydse besigheid, gekombineer met voltydse studies, moet hanteer. “’n Mens kan ‘n baie basiese salaris hiervan maak as jy met ongeveer R20 000 begin, gegewe dat jy ‘n baie goeie begrip en insig van die bedryf het”. Fransua het onlangs 314 % vermenigvuldiging vanuit ‘n sy insette in ‘n kleiner ‘coin’ gehad. “Dit maak dit moontlik om die wêreld te sien, terwyl jy jou hele besigheid van ‘n tablet of skootrekenaar bestuur, ons basis sal egter altyd in Orania bly!” Paul Maritz het hom onlangs in Orania gevestig, sy werk hier word verseker deur ‘n goeie internetverbinding. Paul is ‘n spesialis bemarker

vir besighede wat aanlyn direkte werwing van dienste doen en sodoende die middelman uitsny. Dit is moontlik omdat baie van die transaksies juis deur kripto verhandeling plaasvind. Paul, en ander soos hy, staan aanlyn bekend as ‘bounty hunters’, hulle doen baie direkte bemarking en werwing vir oorsese maatskappye. Maatskappye soos die Israeliese ‘Wemark’, ‘Stock photograpy’webwerwe, en maatskappye wat handel in goud, munte en diamante maak van sy dienste gebruik. Paul het ook sy eie webwerf: https:// cryptocoinupdates.com waar hy ‘n verskeidenheid van dienste bied, alles moontlik gemaak deur sogenaamde blokskakeltegnologie. Ook Paul, soos die ander, kan kies waar hy in die wêreld wil woon. Orania as taal- en kultuurtuiste is vir hom genoegsame rede om dié keuse te maak. “Ek kanaliseer die vloei van buitelandse valuta in Orania se ekonomie!”

Die aanlyn wêreld is vol ongekaarteerde waters. Die entrepreneurs wat hierdie handelsroetes gaan verken het iets van ‘n pionierspersoonlikheid. Juis daarom pas hulle dalk so perfek in Orania in. Nietemin kan niemand Orania daarvan beskuldig dat ons afgesny is nie, ons het ons hawe gevind.

40

|

Voorgrond


Graad 11-klas besoek vyf

Europese lande

Amsterdam se gragte, Keukenhof se tulpe, witgesneeude Alpe en die gondolas van Venesië is slegs enkele van die wêreldbekende besienswaardighede wat deel was van Orania CVOskool se Graad 11-toer deur Europa.

deur Jaco Kleynhans

Die toer het leerlinge egter meer as net die besigtiging van bekende Europese bakens gebied. Ware Europese kultuur is in Nederland, Vlaandere (België), Duitsland, Oostenryk en Suid-Tirool (Italië) ervaar en goeie vriende is weer opgesoek en nuwe vriende is gemaak. Die idee vir die toer het by twee ouerpare, Willie en Yolanda Nel en Pieter en Marlene van Wyk begin toe hulle reeds aan die begin van 2017 die idee gekry het om in 2018 vir die Graad 11-klas ’n oorsese toer te reël. Ek het self by die reëlings betrokke geraak en met die samewerking van entoesiastiese leerlinge en ouers was dit gou duidelik dat ’n ongelooflike toer aangebied sou word. Op Sondag 25 Maart het ’n groep van 21 persone, insluitende 15 leerlinge, met die lieflike KLM-lugdiens uit Johannesburg na Amsterdam vertrek. Die reëlings van geboortesertifikate, paspoorte, visums en natuurlik al die logistiek van verblyf, vervoer, afsprake

Voorgrond

|

41


Cara Tomlinson in Madurodam.

en aktiwiteite wat die vertrek voorafgegaan het, was uitdagend, maar het almal juis te meer na die toer laat uitsien. Elke dag van die toer was propvol aktiwiteite met die eerste dag as geen uitsondering. Na aankoms op Schiphol Lughawe om 10:20 is daar direk per trein na Amsterdam gereis waar ’n groot vriend van Orania en bekende Nederlandse parlementslid ons ontvang het en vir vier ure per fiets deur die pragtige hoofstad van Nederland geneem het. Die dag is afgesluit met ’n ysige, maar lieflike skemerbesoek aan die museumdorpie Zaanse Schans. Dag twee het begin met ’n besoek aan die grootste tulpetuin in die wêreld, Keukenhof. Daarna het ons gereis na Madurodam in Den Haag waar miniatuurgeboue en besienswaardighede van

Chantelle van Wyk in Madurodam.

42

|

Voorgrond

Yolanda Nel, Willie Nel, Jaco Kleynhans, Pieter van Wyk en Marlene van Wyk het die toer georganiseer en as toerouers opgetree.

regoor Nederland beskou kan word. Die dag se program is afgesluit het ’n insiggewende besoek aan die Nederlandse Parlement. Die derde dag het afgeskop met ontbyt in die NoordHollandse stadjie Edam, waarna ons ’n Christelikegereformeerde hoërskool in Staphorst besoek het. Na ’n gasvrye ontvangs by die skool is die bekende dorpskerk in Staphorst ook besoek. Die dag se aktiwiteite is afgesluit met ’n besoek aan Friesland en die bekende Afsluitdyk. Na Nederland was Vlaandere aan die beurt waar die groep ’n wonderlike rondleiding deur Antwerpen gekry het met ’n besonderse ontvangs in die plaaslike katedraal wat verseker ’n hoogtepunt was. Besoeke aan Brugge en Gent het die toerlede ook blootstelling aan hierdie pragtige Vlaamse stede en hul ryk geskiedenis gegee.


Rilene van Staden en MarieLouise de Nysschen in Gent.

Met fietse deur Amsterdam.

In ’n grot in Italië.

Met fietse deur Amsterdam.

Van die leerlinge in Gent.

Die Nel-gesin voor ’n kasteel in Gent.

Voorgrond

|

43


Goeie vriende van Orania is Antwerpen, Brugge en Gent het besonder baie moeite gedoen om die besoek aan Vlaandere onvergeetlik te maak. Volgende op die program was besoeke aan München in Duitsland en Innsbrück in Oostenryk. In Innsbrück het ’n plaaslike politikus die groep op ’n rondleiding deur die pragtige Tiroolse stad geneem. Die treinrit vanaf Innsbrück na Bozen in Suid-Tirool was ’n pragtige ervaring met die mooi Alpelandskap wat meeste van die tyd die trein omring het. Oraniërs is bekend vir ons besonderse verhouding met Suid-Tirool - daardie unieke Tiroolse provinsie van Italië waar die mense Duits praat en tot en met die einde van die Eerste Wêreldoorlog nog deel van Oostenryk was. Orania het goeie vriende in Suid-Tirool en die volgende ses dae was gevul met besonderse hoogtepunte. ’n Baie avontuurlike besoek

aan grotte in die Italiaanse provinsie Trento het die eerste dag van ons besoek ingelei. Daarna het ons die lieflike Haderburg Kasteel besoek en is die dag afgesluit met ’n tradisionele Tiroolse aand gevul met lekker kos, musiek en geselskap. Oor die volgende paar dae het die toergroep hoog in die Alpe in die sneeu gespeel, ’n goeie besoek aan die Suid-Tiroolse Parlement kon meemaak, nog besonderse kastele besoek en heerlik saam met vriende gekuier. Die tweede laaste dag van die toer is afgesluit met ’n besoek aan die waterstad, Venesië waar die Paleis van die Heersers, die bekende St Marks-plein, die Rialtobrug en ander besienswaardighede besoek is. Die laaste dag van die Europa-toer het bestaan uit ’n besoek aan die oustad van Verona waarna die groep vanaf Milan na Amsterdam gevlieg het om daar weer ’n vlug terug na Suid-Afrika te

kry. Hierdie toer het jonk en oud se horisonne verbreed en almal was dit eens dat die toer vir lank in elkeen van ons se geheue vars vol poskaartfoto’s van die lieflike moederkontinent, ons eie Europa sal wees. Orania CVO-skool beplan om in die toekoms weer sulke toere vir leerlinge aan te bied. Die Orania Beweging sal gedurende September en Oktober 2019 ’n Europese studietoer aanbied. Slegs twintig plekke is beskikbaar waarvan byna tien reeds opgeneem is. Stuur ’n e-pos na jaco@orania.co.za indien jy wil saamgaan.

By ’n beeld van Abraham Kuyper in die Nederlandse Parlement. Vier van ons leerlinge in Keukenhof.

Kuier saam met Tirolers in Schlanders.

44

|

Voorgrond


Voorgrond

|

45


Bakens op ons pad

Arbeid adel

die vrug van selfwerksaamheid deur Ester le Roux

“Arbeidsetiek is die DNA van Orania” hoor ek ons Dorpsbestuurder se stem by ‘n vergadering waar ons die praktyk van selfwerksaamheid in Orania bespreek. Ek kyk by die venster uit. Hier op Orania gaan die dae verby – een mooier en meer vol poësie as die ander!

46

|

Voorgrond

Beleë en gekoesterd lê die omgewing soos ‘n natros en ‘die jaar word ryp in goue akkerblare, in wingerd wat verbruin, en witter lig wat daglank van die nuwe wind en klare son deurspoel word’, hoor ek Van Wyk Louw saampraat. Wat ‘n heerlike seisoen! Om fluks en vlytig te wees is ‘n deug waarvan die voordele dieper as veldiep lê, dieper as wat die oog kan sien. Daarom is dit een van die sewe deugde wat in die Christelike tradisie van geslag tot geslag oorgedra moet word. “Werk behoort liefde te wees wat gestalte gekry het”, skryf J van der Berg in Ook die Klein Dingetjies, “want diegene wat met liefde werk - al is die werk hoe nederig en gering - vind hul loon in die besef van hulle dieper verband met alle wesenlike dinge wat in die groot plan dien. Ja - dit vernuwe die gees om weer sy identiteit te vind na die Beeltenis van God! Oraniërs verstaan vandag baie goed dat vryheid ook arbeidsvryheid omskryf, en dit sluit in dat ‘n praktyk van gebrek aan selfwerksaamheid in ons kultuur gebreek moet word. Ek sien hoe ons mense in die vergadering hul koppe knik soos hulle die praktyk van die selfwerksaamheidsbeginsel uitpluis. Beskikbare vreemde arbeid het ons posisie grootliks versleg en daar is algemene instemming dat die yl verspreiding van ons klein Afrikanervolk oor ‘n uitgestrekte Suid-Afrika, tussen ‘n oorwig ander kulture, ons kultuur uiters kwesbaar gemaak het. Ons betaal daagliks die prys/verlies van ons kultuur en taal, ons werk en ons vryheid. Met die oog op kulturele oorlewing is dit noodsaaklik dat Oraniërs hierdie deug moet bemeester en aan jongmense en


hul kinders oordra. ‘n Heel gemeenskap funksioneer waar saam gewerk word met ‘n werksetiek wat ‘n plek vir almal het en lede in staat stel om kundigheid aan te leer en vaardighede te verbeter wat nog nodig mag wees. Binne die trajek van ‘n gemeenskapsingesteldheid pluk ‘n gemeenskap en die nageslag die vrug van deugdelikheid. ‘Oor sy wonde druppel die salf van eie gom’ dig Totius oor die platgetrapte doringboompie. Die motief van selfwerksaamheid, as ‘n sterk kulturele waarde rondom die siening van ‘n heel gemeenskap, is toegevoegde waarde vir die gemeenskap. Soewereiniteit in eie kring word versterk deur kundigheid en bekwaamheid wat oor ‘n wye veld ontwikkel word en beskikbaar is. Deur die beoefening van hierdie deug word die Christelike tradisie ook weer bemagtig met gesag wat nodig is vir ‘n jonger geslag om dit te kan internaliseer. Inderdaad – selfwerksaamheid bemagtig ons in ons strewe na ‘n ‘kultuurhawe’ vir die Afrikaner en as deugdelike oefening bring dit heil en versterk ook die Christendom. Om die beginsel van selfwerksaamheid te vestig is deur die jare hoë eise gestel. Dit het die gemeenskap voor

een van hul grootste kulturele uitdagings te staan gebring. In die beginjare moes maar verlief geneem word met die frustrasies van substandaard arbeid, omdat die mannekrag en vaardighede ontbreek het, maar vandag gaan dit baie beter. Bo-Karoo Opleidingsentrum, wat al ‘n jaar of drie aan die gang is, konsentreer op kursusse waar inwoners opleiding ontvang om Rooi seëls, N-sertifikate en verwante opleiding, in veral die bouen konstruksiebedryf, te kry. Met die eerste sooi gespit vir ‘n studentekoshuis wat van regoor die land hul op Orania wil verder bekwaam, is daar nie keer dat Orania ‘n uitnemende sentrum vir tersiêre onderrig en opvoeding word nie die vrug van hulle wat die eerste rolbossie uitgepluk het, ‘n doringplant uitgetrek het of ‘n dakplaat vasgeslaan het van die skool! Hoe lekker is dit nie om te sien hoe seuns en dogters van die negentigerjare - die beginjare - vandag die gemeenskap help opbou deur hul eie suksesvolle bou-, elektrieseof loodgieterbedryf! Soos Orania groei, vermeerder die druk om die aanbod van dienste te verbeter en soos ons vermoë groei vestig ons ‘n bepaalde kultuur. Ons versterk die

kultuur deur gesprekvoering. Ons gesels daaroor. Ons redeneer daaroor. Ons kla daaroor. Ons spog oor ons pogings. Ons vind nuwe maniere van doen. Ons maak grappies oor ons minder suksesvolle pogings en ons gryp mekaar soms voor die bors. Ons voed ons dorp op - ons nuwe inwoners en opgroeiende jongmense - oor die hoekoms en waaroms van selfwerksaamheid. So maak die byvoordele van arbeidsdeug ons deel. Ons vind nuwe identiteit in die selfwerksaamheidsbeginsel waarmee ons ons gemeenskap ‘laat werk’. Ons voel nodig. Ons voel ons het ‘n plek om vol te staan. Ons kyk met nuwe oë na onsself en na ander en sien die heldemoed as die son steek, as die sweet tap. Snobisme oor sekere tipe werk vir ‘n sekere klas word uitgerangeer. Salarisgapings krimp tussen geskoolde en ongeskoolde arbeid. Ons dra by tot ons streek en ons land se ekonomie deur ‘n dorp wat met ‘n gesonde werksetiek die wiele laat draai en sy plek in die ranglys van volke en state eendag weer volledig wil inneem. Ons voel dat ons ‘n belangrike rat is in ‘n groter geheel – groter as onsself, deur die aarde te bewoon en bewerk tot eer van God. So versterk ons ons geloof die

Voorgrond

|

47


vryheid om dit te mag doen, ons beskeie pogings sal volg. Selfwerksaamheid hou ons wapenrusting blink! Flip Buys, van Solidariteit, sê altyd: ‘bid asof alles van God afhang, maar werk asof alles van jouself afhang!’ Hierdie jaar het ‘n oproep aan jong skoolverlaterseuns en -dogters van elders, om te kom help olywe en pekanneute oes, meer as 1500 aansoekers opgelewer! Dit is die soort rekrute wat ons in Orania se verdedigingsmag wil hê. Dit is die stryd wat ons stry. ‘Hy wie se sweet die grond benat sal die aarde beërf’ lui ‘n spreuk en ‘n ander een: ‘dit is die sooie van die ploegvoor wat die ploegskaar blink hou’. Om Christelike deugde te slyp is die wapenrusting wat sin maak, wat voorspoed en vrede bring - die roes spruit uit die ledigheid en die verwaarlosing. Op die konstruksiepersele, verby die Poskantoor op pad na die Grootdorp, neem silhoeëtte van huise daagliks meer vorm aan teen die sonsopkoms. Om die draai vorder Orastad Ontwikkelaars en Bouers se meenthuisprojek al hoër teen die koppie op - ‘n wielmerk of twee teen die randsteen vertel van oë wat te lank geluier het op die bedrywige bouperseel. Maggies, die manne kan werk! Fleurig op die oog lê Gaby se tuinuitleg

48

|

Voorgrond

rondom die voltooide huise – sy ken van mooi plante kies wat aard in die karoo-klimaat en die koeler herfsweer help verseker. Die olyfboorde hang swaar aan vetronde olywe - hierdie jaar ‘n rekordoes! Anton en sy span jongmanne pluk van douvoordag frantoias vir olyfolie en calamatas en missions vir inlê. Regoor Volkskool loop die oliepers van Cornelia. As jy durf inloer maak sy jou sit onder die boom tussen die sorteerders en kan jy die doel van jou koms oor ‘n emmer olywe verduidelik - die blinkgladdes kom in hierdie skottel, word verduidelik, en die met merkies kom in daardie een.

Volgende aan die oesbeurt is die pekanneute wat vinnig ryp word in die herfsson en tussen die kopstukke en skerts word daar aangedruk met die werk! Die goudgeel olie wat uit die pers tap raak vir my kosbare, Bybelse olie waarin mildelike seën opgesluit lê. Geld kan dit nie koop nie! Net my rooier wange verklap dat my hart uit volle bors die Arbeidslied sing – ‘n lied wat ons vir ons manne toegesing het met die opening van die pypleiding in die beginjare - Oranjerivierwater wat aan die wortels lê van hierdie rekordoes olywe!

Arbeidslied Orania, dorp van ons harte jy bring terug ons eer en ons faam want mannemoed lankal vergete herleef met volkstaatbou saam So blink vloei die magtig’ Oranje nog blinker ons vryheid daarvoor want hartseer en smart is vergange as arbeid en vryheid bekoor Te arbei dit adel mos altyd dit maak weer ons harte so bly want water laat saad wat gesterf het eenmaal in lente gedy Ons sing nou ‘n lied vir ons manne ons bring uit ons harte hul dank want sweet en vereelte grof hande teken die kaart van ons land Net miskien inspireer ons ook ander om van hul swaarde ploegskare te smee en van hul spiese snoeiskêre.


T

SP

G

IN

UI

ADAM SE

ANN

WINTERSAANBOD Junie

20%g afsla

tot

Augustus 2018

Maar die volgende is ingesluit! Gerieflike ingerigte ossewa Knetterende kampvuur Skitterende sterrehemel Snoesige gansdonsduvet Warmwaterbottels Stoere Boerelewe Knarsvars sonsopkoms

Nog 10% a fsl vir Or ag Beweg ania ing Pryse lede. va R575 p naf er wa

Navrae: Hester van Zyl 082 560 3889 adamuitspanning@gmail.com


Artion Winkelweb

help tuisondernemers

Orania (en ander plekke) het talle talentvolle mense wat kunstig en handvaardig is. Dink maar aan die tannie wat doilies hikkel of die lekkerste beskuit bak, die oom wat tuinornamente vervaardig, of die jong vrou wat kussings en klere maak.

50

|

Voorgrond

deur Sebastiaan Biehl

Almal wil dit graag verkoop om ‘n ekstra inkomste te verdien, maar winkels het reeds hulle verskaffers en om self ‘n winkel oop te maak is iets wat geld, tyd en ondervinding vereis. Iemand wat goed is daarmee om dinge te maak is nie noodwendig ook ‘n goeie bemarker nie. Winkelspasie is in Orania ook beperk en die klein volumes verkope regverdig nie altyd ‘n eie winkel nie. Sarel en Yolandi Roets, bekende ondernemerspaar wat al vir ‘n


aantal jare die Stokkiesdraai Winkelsentrum en Avontuurpark in Orania bedryf, het nou met die idee van ‘n winkelweb (in Engels bekend as hub) vorendag gekom om aan die behoefte vir die bemarking van tuisondernemers se produkte te voorsien. Aanvanklik wou Sarel talle klein winkeltjies bymekaar bou, amper soos by ‘n basaar, maar dit sou nog steeds beteken dat elke tuisondernemer moet vervaardig en bemark en tyd by die winkel moet deurbring, of

ORANIA BETONWERKE

• Randstene

Jannie – 082 573 4575

• Betonmure

Johan – 073 423 4126

• Stapelblokke (Stumbelblocs) • Boustene en maxi’s • Plaveiselstene

jannie@lwo.co.za

5%

Afslagn die

e va aan ledBeweging Orania

iemand moet aanstel om te verkoop. Sarel en Yolandi het toe op die beter idee van ‘n winkelweb met die naam Artion besluit, waar al die tuisondernemers in een groot winkel van 165 m² saam hulle produkte kan bemark. Elke vervaardiger huur teen billike pryse ‘n verkoopspasie, verskaf self die produkte en sorg dat die rak vol bly. Hoeveel jy wil uitstal hang van jouself af. Yolandi bestuur die winkel, hanteer die verkope en die administrasie. Artion dra die oorhoofse koste en vra geen kommissie op die verkoop van die produkte nie, net die huur vir die rakspasie. Die verkopers kry hulle geld soos die produkte verkoop. Yolandi keur wel elke produk op gehalte. Die fokus is op handgemaakte produkte uit Orania, alhoewel dit nie in alle gevalle moontlik is nie. So vêr is daar al skryfbehoeftes, Christelike boeke, dekor, geskenke, eetgoed en musiekprodukte wat by Artion Winkelweb verkoop word. Tuisondernemers kry nie net geleentheid tot billike bemarking nie, hulle raak ook vertroud met die bestuur van ‘n besigheid en word gehelp om hulle ondernemersvaardighede te ontwikkel. Artion winkelweb voeg waarde toe tot Stokkiesdraai, wat ‘n gesinsvriendelike kuieren ontspanningspark is met ‘n restaurant en kroeg, juwelemakery, klerewinkel, ramery, brouery, konferensiesentrum, wandelpaadjies en ‘n klein dieretuin.

Voorgrond

|

51


Agtergrond

Om mieliepap te maak, is op die oog af nie moeilik nie; net drie bestanddele: water, sout en mieliemeel. En tog is alle mieliepap nie lekker nie. Klonterigheid (die beginnersprobleem) buite rekening gelaat, is daar eintlik net een ding wat verkeerd kan wees en dis die sout – te min of te veel. Of dit slappap, stywepap of krummelpap is en of dit nou perfek lyk waar dit daar staan en stoom, te veel of te min sout kan tot teleurstelling lei.

Idealisme Nou vra iemand my – laat ek hom maar ’n wetenskaplike noem – hoe mens weet as jou pap te veel sout in het. En hy vra dit nie soos een wat wil weet nie, hy vra soos een wat wil sê, dus luister ek. Hy sê: jy proe dit … hy bedoel as jy die sout kan proe, is dit te veel. Ek vra toe of sy reël nie ’n bietjie subjektief is nie en hy sê: ja

52

|

Voorgrond

Carel Boshoff

natuurlik, maar ’n mens se mieliepapsmaak ís ’n subjektiewe saak. Hy het onlangs vir ’n week by mense gebly wat te veel sout in hulle pap gooi en wat dit so ongemaklik maak, is dat hulle dit nie proe nie. Daarmee het hy kennelik ’n paar groot lewensvrae aangesny, veral as mens geweet het dat dit sy skoonfamilie is by wie hy gekuier het. Maar verhoudingsvrae en relatiwiteit daar gelaat, is die punt waarop ek afstuur die volgende: mens kan sout nie juis as die “geheime bestanddeel” van mieliepap beskryf nie, maar tog is daar ’n geheimenis in die gebruik daarvan opgesluit.


*

Om onder die opskrif van Idealisme met ’n mieliepapstorie te begin, skep sekerlik die verwagting dat daar ’n eenvoudige en onteenseglike toepassing sal volg, ’n soort lessie van die storie. “Sout is goed en selfs noodsaaklik, maar nie te veel op ’n slag nie – en so is dit met idealisme ook …” Dit is nie waarop ek afstuur nie, hoewel dit seker ’n belangrike aanknopingspunt bevat. ’n Punt wat vooruit verreken moet word as mens, soos ek dit verderaan sal doen, ’n pleidooi vir idealisme wil lewer. Daar is tog soveel praktiese werklikhede wat nie geïgnoreer kan word nie en almal weet dat die soort dromery wat voeling met die werklikheid verloor, nie ver kom as dit in werking gestel word nie. My toepassing van die storie is eerder dit, dat daar in die suksesvolle mengsel van idealisme en werklikheidsbesef ook ’n geheimenis skuil, iets wat nie in resepte en formules opgesluit lê nie, maar waaroor ons onder moeilike omstandighede dieper behoort te dink. “Moeilike omstandighede” – en die meeste mense sal saamstem dat Afrikaners hulle tans in moeilike omstandighede bevind – is eintlik net ’n ander manier om na ongunstige en

onwenslike werklikhede te verwys. Enige mens met ’n sin vir selfstandigheid, of dit nou polities, ekonomies, emosioneel of andersins is, voel soms deur sekere werklikhede vasgekeer en neem hom of haar voor om dit te verander, al is dit die laaste ding wat hulle doen! Soms vang mense in sulke tye dwaashede aan, soms styg hulle tot nuwe hoogtes of kondig hulle planne die begin van iets nuuts en groots aan. Maar waar lê die verskil tussen die een en die ander, tussen die een wat onder moeilike omstandighede ondergaan en die een wat onder moeilike omstandighede nuwe hoogtes bereik? Dit is duidelik ’n kwessie van verandering én werklikheid – nie nét verandering nie en nie nét die behoud van bestaande werklikhede nie, want aan beide kan mens ondergaan terwyl ’n goeie balans tussen veranderingswil en werklikheidsbesef die sleutel tot sukses hou. Maar hoe vind mens dié goeie balans?

*

Daar is geen resep vir goeie oordeel en gesonde verstand nie, en tog vaar party mense daarmee beter as ander en vaar

Agtergrond

dieselfde mense partykeer beter as ander. Ek is seker dat enigeen wat van ander se suksesse en mislukking probeer leer, iets daaruit sal wys word. Daarom dat gevallestudies in sommige vakke tot op die hoogste vlak so ’n belangrike plek in die leerplanne inneem. Voordat ek my egter op ’n waardevolle bron uit die tradisie beroep, wil ek ’n eenvoudige definisie gee van wat ek met idealisme bedoel – dalk so eenvoudig dat dit kon gebly het, maar ek dink tog dat dit iets bevat wat ons maklik en tot ons nadeel uit die oog verloor. Wat ek oor idealisme te sê het, sê alreeds ook iets oor die mens en hoe ons die mens kan of moet beskou. Dit is dat, vanuit menslike hoek, die werklikheid aan die een kant altyd alreeds gegewe is, maar aan die ander kant ook altyd alreeds ’n veranderlike en veranderbare gegewe is. Dit mag nou baie filosofies klink, maar ons ervaar dit elke dag: daar staan as’t ware elke oggend ’n werklikheid vir ons klaar, een wat om sy eie redes en “van binne” kan verander (dink maar aan die weer), maar ook deur my – meestal nie alleen nie – verander word (dink maar aan die bouperseel waar ek dalk my brood verdien).

Voorgrond

|

53


Fokus ons nou op die deel van die werklikheid wat ek vandag (of vanjaar, of gedurende my lewe) gaan verander, ontstaan die vraag: Hoe en aan die hand waarvan gaan ek dit verander? Aan die hand van niks anders nie as ’n idee, ’n denkbeeld van hoe die werklikheid vir my of vir ons beter kan word as wat dit tans is. Só beskou is idealisme niks anders nie as die oortuiging dat idees aan ons werklikheid betekenis gee en aan ons verandering daarvan rigting gee. Hoewel hierdie oortuiging oordryf kan word en ’n mens dalk jou aandeel aan of die moontlikhede van ’n nuwe werklikheid kan oorskat, is ek van mening dat ons mense vandag eerder die teenoorgestelde risiko loop. Ons loop die gevaar om die rol wat ons elkeen apart, maar veral saam kan speel in die daarstelling van ’n beter werklikheid as die een wat ons ontvang het, te onderskat. Ons Afrikaners in Suid-Afrika berus te maklik, pas te maklik aan by omstandighede wat ons lankal weet ons nie behoort te aanvaar nie. Ons loop die risiko om ons idealisme te verloor.

*

Dit help egter nie om bloot ’n beroep op meer idealisme te doen,

54

|

Voorgrond

maar geen rigtingwysers te gee vir die wat en die hoe daarvan nie. Om by die hoe te begin, gaan dit oor die verskil tussen mislukking en sukses, want selfs ’n goeie plan wat verkeerd aangepak word, stuur op mislukking af terwyl ’n ou konserwatiewe spreekwoord lui “moenie

dat die perfekte tussen jou en die beste staan nie”. Die beste raad waarvan ek weet as mens ’n goeie idealis wil wees, sluit by die klassieke deugde wat deur skrywers soos Jozef Pieper en Alistair MacIntyre vir ons era toepaslik gemaak is.

Ek noem dit maar, want om aan hierdie ontdekking – só word dit beskryf – reg te laat geskied, kan ’n lewenstaak wees. En as ek die vier kardinale deugde (weer) noem, sal dit onmiddellik duidelik wees dat elkeen op ’n besondere manier sal help om ons idealisme op vrugbare weë te lei. - Die moeder van die deug is verstandigheid, daardeur word nie net ons handelinge nie, maar ook ons vertolking van die ander deugde gelei. - Die tweede deug is dapperheid waarsonder geen onderneming wat die moeite werd is, aangepak kan word nie; daarsonder staar ons ons net teen die struikelblokke wat die gegewe werklikheid opwerp, vas. - Die derde deug is matigheid waarsonder ons gevaar loop om ons eie denkkrag of doenkrag te oorskat; om planne te bedink asof ons gode is en nie mense nie. - Die vierde deug is geregtigheid waarsonder ons verhouding met ander sal skeefloop omdat die tydelike voordeel van selfbegunstiging ten koste van ander vir ons as mense so ’n onweerstaanbare versoeking verteenwoordig. Die Afrikanervryheidstigting het 30 jaar gelede as ’n ideebeweging ontstaan en ten diepste is dit juis wat die Orania Beweging vandag nog is: ’n uitdrukking van idealisme. Die wat van ons idealisme is kort en klaar: vryheid in ’n eie gebied onder ’n eie owerheid en met eie arbeid verwerf. Daaraan toets ons elke gegewe werklikheid en verander ons dit planmatig en na ons vermoë sodat elkeen wat hiermee gemoeid was eendag sal sê “my lewe was betekenisvol”.


SELFSORGAKKOMMODASIE OP DIE OEWER VAN DIE ORANJERIVIER

Eko-vriendelike Tenthuis - R250 per persoon per nag

*Ten volle toegeruste kombuis *Buitestort *Kaggel *Braaigeriewe *Visvanggeriewe 1 Dubbelbed 1 Enkelbed 1 Uittrekbank (Dubbelbed) Kontak Felicity Kruger: 083 332 5458 Ilze Kruger: 084 016 1219 of besoek www.raaswatergasteplaas.co.za

Voorgrond

|

55


ORANIA,

Uitleg en drukwerk: SwiftPrint, Kimberley 053 839 2900

HIER KOM ONS TUIS

OR A N IA

D O R P SR A A D

dienslewering ie oe g r u de ng ga it u Groei en voor Olienhoutrylaan 1

Tel: 053 207 0063/4 Faks: 086 531 7129

Posbus 115 Orania 8752 e-pos: dorpskantoor@oranet.co.za


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.