Orania - Rede vol 3

Page 1

Ve r s ta n d i g h e i d Geregtigheid Insig

REDE Mei 2017 | Vol 3

KRUISTOG

922 JAAR VAN RIDDERS



REDE is ‘n indieptepublikasie vir denkende Afrikaners wat oor ons wese, verlede en toekoms lees, besin en debatteer. Redakteur: Jaco Kleynhans Inhoudredakteur: Pieter Krige Taalversorging: Orania Beweging Coraine Oosthuizen

Teken in op REDE

Medewerkers

VOORBLAD

Mnr Ernst Roets – Adjunk-uitvoerende hoof, AfriForum

Karl Friedrich Lessing se Der letzte Kreuzfahrer of die “Terugkeer van die Kruisvaarder” (1835) is tans op besigtiging by die Landesmuseum, Bonn, Duitsland. Die skildery beeld ’n bejaarde ridder op sy perd uit tydens sy terugkeer van die Heilige Land. Met ons keuse van ’n tema vir hierdie uitgawe het Lessing se vertolking van ’n kruisvaarder dadelik tot ons gespreek. Die aangrypende stuk neem mens op ’n gedagtevlug en ek wil nie u vlug met my eie idees besoedel nie. Laat die kuns tot u hart spreek.

Mnr James Kemp – Adjunk-uitvoerende hoof, Orania Beweging Mnr Pieter Krige – Adjunk-uitvoerende hoof, Orania Beweging Dr Jacobus de Bruyn – Navorser by NWU en predikant, NG Kerk Bergville Mnr Marcel Bas – Redakteur van De Roepstem en outeur by LitNet

Stuur ‘n e-pos na melissa@orania.co.za vir ’n inskrywingsvorm. Intekening kos R100 vir 2 uitgawes, R160 vir 4 en R200 vir 6. Maak ’n inbetaling aan Orania Beweging, Absa, Tjekrekening, Rekeningnommer 2630143015. Verwysing REDE en u naam en van.

Prof Koos Malan – Professor in Publiekreg aan die UP Mnr Jaco Kleynhans – Uitvoerende hoof, Orania Beweging Mnr Sebastiaan Biehl – Navorser, Orania Beweging Mev Anje Boshoff – Hoof, Volkskool Orania Mnr Victor Correia – Dosent by AROS Mnr Joost Strydom – Kommunikasiepraktisyn, Orania Beweging REDE word uitgegee deur die Orania Beweging en sy navorsingsfiliaal EPOG. Ondersteun asseblief beide organisasies. Die menings en standpunte van die medewerkers is nie noodwendig die mening en standpunt van REDE nie Besoek www.orania.co.za vir meer inligting.

EPOG

Aswoensdag Ester le Roux Met die terugstap voel-voel ek aan die askruis teen my voorkop en my oog gly deur die somber lug tot waar die rivier se kronkels wegraak in die son se laaste lig Môreoggend, weet ek, sal die mis weer optrek wat die rivierloop duidelik uitkarteer en ek sal dit volg, soos Virgilius wat die lope van riviere kon onthou hom helder herinner het aan die Oorsprong van alle dinge vir Dante deur die bare van Purgatorio kon uitlei toe hy verdwaald was in die woud Toe ek ingaan is dit nie die muskietplaag wat my bybly nie maar die seën van ‘n reënseisoen en in die maanverligte rietgrasvelde heilig-mooi, in mineurtoon die klein inferno’s in die aandwind

REDE|01


Laat ons

soos Benediktus van Nursia weer Rome verlaat

Redakteur Jaco Kleynhans

Die kruistog van die een-en-twintigste eeu behels eerstens die nederige aanvaarding van verlies – verlies aan mag, grondgebied, instellings, demografiese en geografiese dominansie. Kan die huidige kulturele verval in die Weste met die agteruitgang en uiteindelik verval van die Romeinse Ryk vergelyk word? Hoewel geen twee historiese periodes sekerlik ooit as identies beskou kan word nie, is daar toenemend rede om sekere parallelle tussen die verval van die Romeinse Ryk, die gevolglike Donker Tydperk van die Vroeë Middeleeue en die huidige kulturele verval van die Weste te trek.

‘n post-Christelike era funksioneer en dat massa-immigrasie, lae bevolkingsaanwas en die verlies aan kultuurtrots Westerse lande ryp maak vir geleidelike oorname, in besonder uit die Midde-Ooste en Afrika. Met die val van die Romeinse Ryk het genoeg Christene besef dat die behoud van hul geloof en kultuur belangriker is as die beskerming van die Ryk, dat groot dade van behoud die Christelike geloof deur die Donker Eeue gelei en tot die moderne Christendom in Europa aanleiding gegee het.

Verval in die Weste word vandag steeds grootliks onderskat. Wanneer Alain de Benoist in Frankryk, Thierry Baudet in Skrywers soos Dreher en Esolen beweer dat Nederland of Patrick Buchanan in die die Weste nader aan sy Donker Eeue is as VSA, soos baie ander skrywers in Westerse wat ons noodwendig besef. Daar is genoeg Benediktus van Nursia lande, boeke skryf oor die toenemende rede om te glo dat die sekularisering, kulturele vervreemding van hul eie mense kulturele agteruitgang, demografiese in hul eie lande weens massa-immigrasie, sekularisering verval, toename in diversiteit en botsing van gelowe en en die demografiese ineenstorting van Europese volkere, kulture in Westerse lande tot enorme uitdagings in die dan word hulle steeds as regse alarmiste verguis. Die toekoms aanleiding kan gee. antwoord is altyd dat mense in Westerse lande steeds Die bedreiging vir die Westerse beskawing kom nie net die rykste, veiligste, gelukkigste mense op aarde is. Hoe van buite nie, maar word gedryf deur links-liberale magte kan regse lawaaimakers dan nou beweer dat die Weste wat veroorsaak dat Christelike fotograwe en bakkers binnekort sal ondergaan? reeds in plekke soos die VSA en Kanada vervolg word Die realiteit is egter dat nie geld of geluk die voortbestaan wanneer hulle weier om by geleenthede, soos troues van van ’n volk kan verseker nie. Volkere se behoud het persone van dieselfde geslag, op te tree. Die geforseerde nog altyd afgehang van demografiese volhoubaarheid sekularisering van skole en ander openbare instellings en en die vermoë om geloof, kultuur en taal as natuurlike ruimtes is reeds sover gevorder in talle Westerse lande dat grensafbakende meganismes in te span. die gom wat nasies bymekaar hou byna afwesig is. In ‘n redaksionele kommentaar op 10 Maart waarsku die redakteurs van Washington Post teen sogenaamde Christen-alarmiste wat vrees eerder as hoop saai. Daar word veral verwys na twee skrywers, Rod Dreher en Anthony Esolen. Dié twee skrywers se nuutste publikasies, The Benedict Option en Out of the Ashes stel beide voor dat die Christelik-Westerse beskawing nie binne huidige Westerse samelewings sal oorleef nie. Beide skrywers wys duidelik op die getuienis dat die Westerse wêreld reeds in

02|REDE

Dit is nie asof hierdie veranderinge sonder teenstand plaasvind nie. Westerse volkere is stadig maar seker besig om teen die globalisme te begin draai en om ’n soort oppervlakkige, desperate en populistiese nuwe nasionalisme aan te hang. Donald Trump het tydens verlede jaar se Amerikaanse presidentsverkiesing ‘n hoër stempersentasie onder die mees konserwatiewe Christene gekry as George W. Bush, John McCain en Mitt Romney in 2000, 2004, 2008 en 2012. Dit alles ten


spyte daarvan dat Trump nie juis ‘n wafferse rekord van kerkbywoning en Christelike lewenswaardes het nie. Tydens ‘n toespraak by die Christelike Liberty University, kon hy nie eers die naam van ’n Bybelboek korrek uitspreek nie. Kan konserwatiewe Christene in die VSA werklik hul hoop op Trump plaas om die afgelope paar dekades se privatisering van geloof en die gevolglike sekularisering van die openbare instelling en ruimte nou skielik te stuit? Volgens Dreher, Esolen en talle ander skrywers is dit reeds te laat. ‘n Alternatiewe benadering is dus nou nodig.

onder liberales en minderheidsgroepe wesenlik laer. Die taal-, kultuur- en geloofsdiversiteit is in talle Amerikaanse stede reeds so groot dat skooldistrikte dit byna onmoontlik vind om basiese onderrig en kultuur- en geloofsruimtes aan alle leerlinge te bied. Die argument dat Amerika altyd ‘n land van immigrante was is hier nie geldig nie. Vandag se immigrante, anders as die Iere, Britte, Duitsers en Italianers van die agtiende en negentiende eeu stel nie in integrasie belang nie. Engels, Christenskap en Westerse kultuur en tradisies is nie vir hulle belangrik nie. Dit is in baie gevalle eerder die dinge wat hulle die meeste van hul nuwe land haat. Vandag se Derdewêreldse immigrante reis na Amerika om behoeftes veel laer op Maslow se hiërargie te bevredig as die Westerse immigrante van die eerste en tweede migrasiegolwe.

Wat toenemend duidelik is, is dat die einde van ‘n Christelike-Westerse beskawing binne enkele dekades moontlik is. Sonder geloofs- en kulturele onderskeid en fondasies kan ’n demografies tanende bevolking eenvoudig nie die mas opkom teen die toenemend gevestigde sekulêre magte wat skerp klem plaas op die Die Christendom in die VSA het vir lank statisties goed individu as verbruiker nie. Voorts sal verouderende gelyk weens die aankoms van Katolieke immigrante uit gesekulariseerde Westerse volkere moeilik kan staande bly teen die demografiese- en kulturele teenpool van meestal Meksiko en Sentraal-Amerika. Deesdae is dit egter mense Moslemimmigrante. In Duitsland is die gemiddelde uit die Midde-Ooste, Noord- en Wes-Afrika en die Ooste ouderdom van Moslems meer as 10 jaar jonger as dié van wat die Islam, Boeddhisme en Hindu-gelowe in verskeie die oorspronklike Duitse bevolking. Die Amerikaanse stede skerp laat groei. bevolkingsaanwas onder immigrante is Wat toenemend Die argument van assimilasie binne ‘n regoor die Westerse wêreld wesenlik hoër duidelik is, is dat die breë Christelik-Westerse kultuur, wat deur as die bevolkingsaanwas van Westerlinge. immigrante as aantreklik beskou sou word, einde van ‘n ChristelikeJy kan maar net in die strate van Brussel, het reeds in Europa misluk en dit is besig Amsterdam, Parys en Frankfurt gaan stap Westerse beskawing om klaaglik in die VSA te misluk. Europa, om te sien wie die meeste kinders het. binne enkele dekades Amerika, Australië, Nieu-Seeland en ander Die vergelyking tussen die vervallende moontlik is. Westerse beskawings is besig om op ‘n Romeinse Ryk en die tanende Christelikonstuitbare wyse in diverse post-Christelik Westerse beskawing van vandag bied en post-Westerse samelewings omskep te nie twee absolute gelykes nie, maar kan ook nie as word. voorbeelde wat glad nie parallel loop, afgemaak word Weens die unieke aard van die huidige aanslag, is nie. Die Amerikaanse Ryk van vandag gaan een of eenvoudige Kruistogte soos uitgevoer deur die Christen ander tyd tot ‘n val kom. Die inval deur Derdewêreldse kruisvaarders van eeue gelede lankal nie meer ‘n opsie immigrante gepaardgaande met interne ontevredenheid nie. Die kruistog van die een-en-twintigste eeu behels en ‘n groterwordende verdeeldheid kan nie onbepaald voortgaan nie. Steun vir afskeiding neem toe in beide eerstens die nederige aanvaarding van verlies – verlies regse en linkse streke van Amerika. Die mense in Los aan mag, grondgebied, instellings, demografiese en Angeles wil so min ‘n eenheid met die mynwerkers van geografiese dominansie. Kentucky en Wes-Virginië vorm soos wat die oliewerkers Die verval van die Wes-Romeinse Ryk is nie bloot van Texas en Mormone van Utah ‘n eenheid met die gedryf deur ekonomiese magte nie, maar eerder deur die akademici van Massachusetts en die hippies van Vermont verlies aan samebindende faktore. Vandag se Westerse wil vorm. Die nate wat Westerse lande bymekaar hou samelewing beskik ook nie meer oor die samebindende is besig om los te kom en dit hou meer geleenthede as visie en waardes wat genoeg mense sal dryf om vir die bedreigings in as wat die meeste mense vandag besef. behoud van die goeie, hul lewens te gee nie. Soos in Europa lê die antwoord op die vraag oor die Juis daarom is Dreher se Benediktus Opsie uiters relevant. voortbestaan van die Christelik-Westerse beskawing Toe die monnik Benediktus van Nursia rondom die jaar in die ontleding van demografiese veranderinge. Die 500 Rome verlaat het en ‘n afgesonderde gemeenskap Trump-oorwinning van 2016 het ‘n valse hoop by van monnike tot stand gebring het, het hy in nederigheid konserwatiewes in die VSA geskep dat hulle nog deur die verlies van die verval van die Wes-Romeinse Ryk politieke beheer demografiese veranderinge en die verlies aanvaar. Oor die volgende paar jaar sou hy 20 soortgelyke aan kultuur en geloof kan stuit. Die waarheid is egter gemeenskappe tot stand bring. Sy stel reëls vir monnike is dat die Trump-oorwinning ‘n uitsonderlike gebeurtenis met tyd so wyd regdeur Wes-Europa in gebruik geneem, was. Trump het gewen weens ‘n skerp afname in dat hy vandag as een van die invloedrykste persone in Obama-kiesers wat na die stembus gegaan het. Terwyl die behoud van die Christendom deur die Middeleeue konserwatiewe blankes in sommige dele van die VSA in rekordgetalle gaan stem het, was die stempersentasie bestempel word.

REDE|03


Benediktus vanNursia en Skolastika

MacIntyre wys daarop dat persone soos die Heilige Benediktus, wat hulle in die vroeë Middeleeue in Christelike gemeenskappe gaan afsonder het, nie meer die beskerming van die Ryk as voorvereiste vir die voortbestaan van die beskawing en morele waardes wat hulle aangehang het, beskou het nie. Deur die totstandkoming van nuwe gemeenskappe en uiteindelik die suiwer konsentrasie van beskawing, kultuur en geloof in hierdie gemeenskappe kon die Christendom uiteindelik weer sy vlerke sprei en die bepalende faktor van beskawingspeil en kultuur in Europa word. Die moderne Benediktus Opsie lyk effens anders as dié van die Vroeë Middeleeue. Soos Dreher dit stel: “We may not (yet) be at the point where Christians are forbidden to buy and sell in general without state approval, but we are on the brink of entire areas of commercial and professional life being off-limits to believers whose consciences will not allow them to burn incense to the gods of our age.” Die Christelik-Westerse beskawing se grootste bedreiging is nie in Iran, Sirië of Afganistan nie. Die

04|REDE

grootste bedreiging lê in die soort samelewing wat deur links-liberale politici sedert die einde van die Tweede Wêreldoorlog in die naam van gelykheid, menseregte en teen-diskriminasie daargestel is. Daar is goeie rede om te verwys na die talle gemeenskappe van Amish, Mennonites en ander geloofsgroepe, wat reeds hulself binne eie gemeenskappe georganiseer het. Soveel te meer is daar die toename in Christelike privaatonderwys en kerkgemeenskappe, wat toenemend nie net meer kerk is nie, maar ook skool, hospitaal, maatskaplike organisasie en selfs kultuurklub. In Amerika en Nederland is daar ’n duidelike Bybelgordel van oorwegend Christelike gemeenskappe. In SuidAfrika organiseer talle Christengroepe, ook Afrikaners, hulself toenemend binne Christelike skool- en kerkgemeenskappe. Nog ’n belangrike kwessie om in ag te neem is die rol van Oos-Europa en selfs Rusland. In lande soos Roemenië, Bulgarye en Georgië staan die Ortodokse Kerk baie sterk en is daar bykans geen sekularisering wat plaasvind nie. In Pole is die Katolieke Kerk sterker as in ’n baie lang tyd.


Mont-Saint-Michel, die eiland gemeenskap van Normandië, Frankryk wat as voorblad van Dreher se boek dien. Dan is daar ook die groei van die Christendom in Afrika en die Ooste wat hoop bied. Die realiteit is egter dat die toename van Christene in Suid-Korea en China niks gaan beteken vir die behoud van die Christelik-Westerse beskawing en sy kulture, tradisies en tale nie. Oos-Europa is belangrik, maar gaan homself beskerm en gaan nie probeer om die Weste, wat tans meestal op hom neersien, te red nie. In Nederland vrees die Christelike skole vir die dag wanneer ’n regering aan bewind gaan kom wat staatsbefondsing van hierdie skole tot ’n einde sal bring. Druk word regoor die Bybelgordel in Nederland reeds op ondernemings geplaas om op Sondae oop te wees. In Amerika is die talle hofsake wat Christene oor die afgelope paar jaar ’n bloedneus gegee het en wat Christelike fotograwe, bakkers en bloemiste bestraf het weens hul weiering om aan gay-troues deel te neem, genoeg bewys dat die ontwikkeling van instellings en gemeenskappe wat van die goedheid van die staat afhanklik is, nie volhoubaar is nie. Die sekulêre staat in die Weste sal weens demografiese verandering toenemend gedwing word om teen die Christenminderheid op te tree. Dit is waar die Benediktus Opsie wat Dreher in sy boek beskryf, inkom. Dreher se advies is dat konserwatiewes moet ophou om sandsakke teen die vloed te pak. Ons moet eerder leer hoe om ’n ark te bou. Volgens Dreher is die ark nodig

vir die vloed wat naby is. Die vloed sal egter nie van permanente aard wees nie, omdat ook hierdie Donker Eeue tot ’n einde sal kom en ons dan reg moet wees om weer die Christelik-Westerse samelewing, wat in die later Middeleeue tot stand gekom het en vir eeue tot die suksesvolste beskawing wat die wêreld nog gesien het, uitgebou is, te herstel. Die kruistog wat voorlê behels dat ons ons verlies moet aanvaar, realisties oor ons toekoms binne ’n vervallende Westerse wêreld moet wees en daarom aan oplossings buite hierdie bestel moet dink. Soos wat Benediktus van Nursia aanvaar het dat die Romeinse Ryk tot ’n val sou kom, moet ons aanvaar dat die Weste se tyd vir nou verby is. Iets mooi en selfs beter kan egter daaruit gebou word indien ons nou arke bou waar ons dit wat vir ons kosbaar is in beskerming kan neem. Hierdie uitgawe van REDE het ’n harde, maar relevante tema. Ons beskawing het nog altyd staande gebly weens kruisvaarders wat soms met geweld, maar ook meer gereeld met visie, intellek, innovasie en wysheid ons waardes, kultuurgoed, geloof en beskawingspeil in beskerming geneem het en vir ’n volgende generasie binne ’n nuwe bestel aangegee het, om daarmee te handel. Ons taak is groot om die werk van 922 jaar van kruistogte voort te sit. Ek glo elke leser sal die verskeidenheid artikels in hierdie uitgawe van REDE intellektueel bemagtigend vind en dat dit tot gesprek en uiteindelik rede aanleiding sal gee. REDE

REDE|05


Moet

Suid-Af rika misluk?

Ernst Roets

Waar daardie breekpunt presies lê, is ‘n saak wat oop is vir bespiegeling, maar ek is bereid om my kanse te waag en te sê dat ons redelik naby aan daardie punt is.

Jacob Zuma, staatspresident van Suid-Afrika. In sy boek, David and Goliath: Underdogs, Misfits and the Art of Battling Giants, neem Malcolm Gladwell lesse uit die verlede om vas te stel wat die spreekwoordelike Dawid moet doen wanneer hy teen ‘n oormag, oftewel die spreekwoordelike Goliat te staan kom. Gladwell skryf dat ‘n studie van die afgelope 200 jaar se oorloë bevind het dat die kant wat duidelik die oormag gehad het (Goliat), net 71,5% van die tyd gewen het. Hierdie oorloë is toe verder ontleed. Navorsers het gaan uitwerk in watter van hierdie oorloë die spreekwoordelike Dawid op ‘n unieke of onkonvensionele manier terug baklei het. Dit is waar dinge interessant raak. Ons leer uit die geskiedenis dat in die oorloë waar Dawid met ‘n onverwagte strategie terug geveg het, hy nie net 28,5% van die tyd gewen het nie, maar sy kans op sukses het geklim tot by 63,6%!

06|REDE

Dawid en Goliat, Alkmaar-museum, Nederland. Hoewel daar sekere politieke kommentators en ’n paar individue in die media-elite is wat dit met mag en mening ontken, is Afrikaners vandag ook in ’n stryd geworstel. Op die mees elementêre vlak is dit die klassieke stryd om idees, maar die stryd is meer omvangryk as dit. ’n Bepalende faktor of hierdie stryd gewen sal word is ook in organiseringsvermoë gesetel, oftewel, die vermoë om ’n alternatief tot die bestaande, dreigende orde te bou. In albei hierdie loopgrawe (die stryd om idees en die vermoë om ’n nuwe werklikheid te bou) is Afrikaners reeds met ’n onkonvensionele teenstrategie besig. Die eienaardigheid van hierdie strategie is eintlik besonder merkwaardig. Dit is iets wat ons voorgeslagte nooit sou kon indink nie.


Die kern van hierdie onkonvensionele strategie is dat ons denke ten opsigte van die staat bykans ’n 180 grade draai gemaak het en dat ons nou presies die teenoorgestelde oor die staat dink as voorheen. Daar is al baie kritiek oor die ou Suid-Afrikaanse bedeling uitgespreek. Baie daarvan is geldig en baie daarvan is eintlik maar net politieke retoriek. Kritiek wat minder gereeld uitgespreek word, maar verseker geldig is, is die totale afhanklikheid wat die wit minderheidsregering onder Afrikaners van die staat geskep het. Die staat het op bykans elke faset van die lewe vir sy burgers gesorg. Staatshospitale, staatsveiligheid, die staatsdiens, staatsondernemings en publieke vervoer was alles van uitnemende gehalte. Dit was nie eers nodig vir ouers om vir hulle kinders godsdiens, geskiedenis of morele waardes te leer nie, want die staatskole het daarvoor gesorg. Die gevolg van die enorme staat was dat dit nie vir mense nodig was om besorgd te raak oor hierdie kwessies nie, want ouboet, die Staat, was daar om te sorg. Met die nuwe bedeling is daar steeds ’n sterk, gesentraliseerde staat, maar skielik het hierdie staat ’n omkeer gemaak en totaal vyandig geword. Dit het nou wel ’n dekade of wat geneem, maar in breë trekke was dit nie so moeilik vir baie Afrikaners om hulle siening oor die staat te verander nie. Waar ons voorheen byna blindelings van die staat afhanklik was, is ons strategie nou een van eie instellings, onafhanklikheid en selfdoen. Die vraag wat egter beantwoord moet word is wat nou eintlik beter vir Afrikaners is: ’n suksesvolle, welvarende nuwe Suid-Afrika of ’n mislukte staat wat ineenstort? Vir die doel van die oefening is die vraag nie hier noodwendig wat beter vir Afrikaners se individuele welvaart is nie, maar eerder wat beter is vir Afrikaners om hierdie strategie van eie instellings, onafhanklikheid en selfdoen suksesvol deur te voer. Vir die doel van die oefening aanvaar ons ook dat ’n suksesvolle staat tot ’n beter lewe sal lei. Dit lyk of daar ’n taamlike debat hieroor bestaan. Die argumente aan albei kante is ook al taamlik deurgetrap: Die eerste groep (kom ons noem hulle die pragmatiste) gebruik graag die slagspreuk: “As hierdie skip sink, sink ons almal.” Die argument is dat, of ons dit nou wil erken of nie, ons in die nuwe Suid-Afrika is en dat as die staat ineenstort, ons ook die slagoffers daarvan sal wees. Daarom

moet ons doen wat ons kan om te verhoed dat dit gebeur. Die tweede groep (kom ons noem hulle die idealiste) gebruik gereeld die woorde: “Dit gaan nog nie sleg genoeg met ons nie.” Die argument is dat baie mense nog onder ’n illusie oor die sogenaamde reënboognasie verkeer en dat mense se oë eers sal oopgaan wanneer alles werklik ineenstort. Wanneer ons hierdie punt bereik sal ons mense op groot skaal kan mobiliseer om aan ’n alternatief te bou. Die vraag is dus: As ons ’n strategie van eie instellings, onafhanklikheid en selfdoen suksesvol wil deurvoer, wat is nou eintlik beter vir ons? Die antwoord is nie een van hierdie twee argumente nie, maar eerder ’n kombinasie van die twee. En let wel, ons kyk nie hier na ander faktore as bloot wat vereis word om die strategie wat ek hierbo genoem het suksesvol uit te voer nie. Die rede waarom dit nie so eenvoudig is nie, is omdat daar verskillende veranderlikes ter sprake is. Die een groot veranderlike is ons wil om vir onsself ‘n toekoms te skep. As ons die plan nie wil uitvoer nie, dan help dit nie eers ons praat daaroor nie. Die idealiste is in hierdie opsig reg. Hoe groter die mate is waarin die mislukkende staat ons persoonlike lewens bedreig, hoe groter die wil om ’n alternatief te skep. Ons kan dit as ’n lyngrafiek met ’n opwaartse kurwe voorstel:

Die tweede groot veranderlike is vermoë. Hier werk dit andersom. Hoe meer die staat misluk en hoe meer die ekonomie in duie stort, hoe meer ons krepeer, hoe moeiliker raak dit vir ons om enige plan tot uitvoering te bring, maak nie saak hoe graag ons wil nie. Dit is hierdie veranderlike waaraan die pragmatiste kleef. Dit is nie prakties om enige plan tot uitvoering te bring as jy nie die vermoë het om dit te doen nie. In hierdie geval is die grafiek dus ’n afwaartse kurwe.

REDE|07


appelkar omgooi. Andersom: Hoe beter dit met die nuwe Suid-Afrika gaan, hoe meer bereid-enbevoeg word ons, maar totdat dit so goed gaan dat ons die wil verloor en dan raak die hele plan in elk geval irrelevant.

Met ander woorde, hoe meer suksesvol die staat, hoe meer kan ons, maar hoe minder wil ons; Hoe meer die staat misluk, hoe meer wil ons, maar hoe minder kan ons. Die antwoord lê dus nie by een van die twee ekstreme nie. Die twee veranderlikes moet eerder saamgegooi word. Kom ons noem die lyn op die grafiek nou “bereid-en-bevoeg” eerder as om slegs op een van die twee te fokus. Skielik is dit nie meer ’n eenvoudige lyngrafiek wat op of af loop nie, dit word eerder ’n omgekeerde U-kurwe. Met ander woorde, ons kombinasie van bereid-enbevoeg word al hoe groter, namate die bedeling ineenstort, maar dit neem dan weer af wanneer ’n bepaalde keerpunt verbygesteek word. Dit is soos om kinders groot te maak, om terug te keer na Malcolm Gladwell. Gladwell vra die vraag of meer of minder geld dit vir ouers makliker of moeiliker maak om kinders goed groot te maak. Die antwoord is dat geen geld dit byna onmoontlik maak, maar dat onbeperkte geld dit net so ’n onhebbelike taak maak. Hoe meer geld ’n mens het, hoe makliker is dit dus om kinders groot te maak, aangesien mens aan hulle behoeftes kan voorsien, maar wanneer ’n mens by ’n bepaalde punt verby gaan, raak dit al hoe moeiliker, want dan begin mens die risiko loop dat jou kinders hoogmoedig, wanaangepas en minagtend raak. Dit word dus makliker om kinders groot te maak, hoe meer geld jy het totdat dit by ’n bepaalde punt verbygaan, daarna raak dit weer moeiliker. So is dit ook in hierdie geval. Mens kan dit na beide kante toe verwoord. Hoe slegter dit met die nuwe Suid-Afrika gaan, hoe meer bevoeg-en-bereid is ons om ’n alternatief te skep, maar tot by ’n sekere punt, dan begin die praktiese struikelblokke die

08|REDE

As die staat dus perfek funksioneer soos wat die pragmatiste dit wil hê, dan is dit nie nodig om die plan uit te voer nie, omdat niemand ’n behoefte daaraan sal hê nie (ten minste in teorie). Aan die ander kant, as die staat geheel en al in duie stort soos die idealiste dit wil hê, dan sal dit in elk geval onmoontlik wees om die plan uit te voer.

Waar daardie breekpunt presies lê is ‘n saak wat oop is vir bespiegeling, maar ek is bereid om my kanse te waag en te sê dat ons redelik naby aan daardie punt is. As Suid-Afrika deur graderingsagentskappe afgegradeer word en die ekonomie begin in duie stort, sal ons weliswaar meer mense kry wat die wil het om in te spring en help om ‘n alternatief te skep, maar ons vermoë om dit te laat realiseer sal ernstig gekortwiek word. Die regte antwoord op hierdie debat is dus dat, indien ons die strategie wil uitvoer, ons moet ophou debatteer oor óf dit beter of slegter moet gaan en aan die werk moet spring om die plan uit te voer, want maak nie saak na watter kant van die grafiek ons beweeg nie, daar sal faktore intree wat dit vir ons makliker maak namate ander faktore dit vir ons moeiliker maak. Die antwoord is dus nie om die land te “maak werk” sommer net ter wille van die genot wat ons daaruit put nie, maar om die bestaande werklikhede positief te beïnvloed in so verre ons kan, maar terselfdertyd met meer entoesiasme aan ‘n alternatief te bou. REDE


Die Eerste Kruistog, die laaste stuiptrekking – en ’n opvolgerbeskawing?

So beskou is die tekens van identiteitspolitiek en sogenaamde populisme in Wes-Europa, die VSA, en Suid-Afrika (en enkele ander plekke), laaste stuiptrekkings, en tegelyk, na my mening, die eerste politieke tekens van ʼn opvolgerbeskawing wat sy ontkiemingskrisis op die bouvalle van die eertydse Westerse beskawing beleef.

1

Die vestiging

Vanuit die oogpunt van die latere Verligting was die kruistogte, meer bepaald die suksesvolle eerste Kruistog, ʼn ekstremistiese uitbarsting van godsdienstige aggressie teen die Islam – ʼn episode van ongekende irrasionele dwaasheid. Die dwaasheidsoordeel verteenwoordig ʼn oppervlakkige en gevolglik wesenlik verkeerde beoordeling van wat veral die eerste Kruistog inderdaad was. Hierdie Kruistog is in 1099 met die vestiging van ʼn Christelik (Rooms)-Frankiese koninkrykie rondom Jerusalem voltrek, wat vir nagenoeg honderd jaar bestaan het, voordat dit uiteindelik voor die Moslem-oormag onder aanvoering van Saladin moes swig. Die eerste Kruistog was ʼn eerste massiewe (waarskynlik buitensporige) uitdrukking buite die domein van die Wes-Europese beskawing – meer korrek Westerse Christendom – van Westerse Christendom se identiteit, selfvertroue, daadkrag en sin van historiese geroepenheid. Die eerste Kruistog het die vraag of daar hoegenaamd ʼn Westers-Christelike beskawing kon wees, beslissend bevestigend beantwoord. Dit was nie bloot die

Koos Malan

agterplaas van die Christelike ortodoksie (wat later Oostelike Christendom sou word) met sy kern in Konstantinopel nie. Dit was eiesoortig met sy sentra weliswaar in Rome maar ook op etlike ander plekke in Noordwes-Europa en dit was ʼn Westerse Christendom wat hom juis teenoor die Islam opgestel het. Presies dit, is wat die eerste Kruistog gewelddadig gedemonstreer het. Die eerste Kruistog het finaal getoon dat die bewerige Westerse Christendom van die voorafgaande eeu en meer, toe nie ʼn infantiele dood gesterf het nie, maar daarin geslaag het om sy ontstaan- en eerste bestaankrisisse te bowe te kom. Westerse Christendom, so het die eerste Kruistog gewys, was hier om te bly, selfs lank nadat die Rooms-Frankiese koninkrykie – die produk van die eerste Kruistog – verswelg is. In sy eerste onsekere bestaanstydvak het die, toe nog slegs moontlik ontluikende, Christelike Weste op die rand van ʼn infantiele heengaan gehuiwer. Die Moslem-aanslag het bykans die hele Spanje ingepalm. Karel Martell se leër kon die aanslag van die Moslems – die kalifaat van Umayyad onder Abdul Rahman Al Ghafiqi – eers honderde kilometer

REDE|09


diep in die huidige Frankryk, by die slag van Tours, op 25 Oktober 732 stuit. Die Islam kalifaat in suiden sentraal Spanje het egter nog vir honderde jare bestaan en het eers finaal in 1492, in dieselfde jaar as wat Columbus die Amerikas bereik het, tot ʼn einde gekom. In die agste eeu en nog vir lank daarna was die Middellandse See – ʼn eertydse Romeinse meer – ʼn Arabiese-Moslem meer. Op die hakke van die Moslem-aanslag het die Noorse verwoesting gevolg. Dit het Wes-Europa vir lank verrinneweer en sy mense geterroriseer. Uiteindelik het die ridderdom die beskerming verskaf en ʼn minimumgraad van orde gewaarborg. Die ridderdom was die een kant – basies die fisiese kant – van die beleerde Wes-Europese Christendom se antwoord op sy uitdagings. Die ander kant was die geestelikes – die priesterdom en monnikedom, wat die geestelike – die godsdienstige en intellektuele – kant van die antwoord was. Gesamentlik is dit versinnebeeld in die kasteel, die katedraal en die klooster; en gesamentlik het dit die godsdienstigmorele en intellektuele, asook die politiek-militêre grondslag vir die Westers-Christelike beskawing gelê. Die eerste Kruistog was die beslissende aanduiding dat Westerse Christendom sy ontstaanskrisisse oorleef het en homself as beskawing op die toneel van die geskiedenis aangekondig het. In die eeue daarna was Westerse Christendom herhaaldelik in groot gevaar, soos toe die Mongoolse hordes van Genghis Kahn in 1242 Europa diep binnegedring het en erger nog, toe die Turke die Westerse Christendom vanaf die tweede helfte van die sestiende eeu bedreig het. Die Weste was egter militêr en polities sterk genoeg om die teenslae die hoof te bied en so sterk te word dat dit uiteindelik die mees gedugte beskawing op aarde geword het. Meer wesenlik as sy politieke en militêre vermoë, was dat Westerse Christendom ʼn samehangende identiteit verwerf het – ʼn helder sin van waar hy vandaan kom, wat hy was en waarheen hy op pad was. Dit is in die aanloop tot die eerste Kruistog en in die eeue daarna, met die dertiende eeu as ʼn soort reflekterende hoogtepunt, dat hierdie identiteitsin ontwikkel het en die rigting na die toekoms aangedui het. Die wortels – dit waaruit Westerse Christendom gestam het – was drieledig. Athene, Jerusalem en Rome: die Griekse filosofiese tradisie, die Christelike godsdiens en die Romeinse regstradisie soos ontvang, gekultiveer en voortgesit deur die

10|REDE

gemeenskappe van Wes-Europa. Dit is die dinge wat die Westerse identiteit afgebaken het, wat die Weste besonders, verskillend en anders gemaak het as dit wat nie binne die Weste val nie. Dit is die dinge wat gekoester en beskerm moes word, waarvoor oorlog gemaak moes word wanneer dit bedreig word. Sonder die samehangende identiteit kon daar nie ʼn Westerse Christendom wees nie en as dit verval, kom die Weste tot ʼn einde. Westerse Christendom kan natuurlik nie in sy volle omvang oor enkele bladsye beskryf word nie. Behalwe sy eiesoortige wortels en wesenlike identiteit, waarop reeds gewys is, kan enkele verdere tersaaklike opmerkings oor sy eienskappe gemaak word. Dit is eienskappe wat hom van ander beskawings, meer bepaald ook Oostelike Christendom onderskei het. Die Weste is wesenlik konstitusioneel en nie absolutisties nie. Dit is in die murg van die Weste om gesag tussen ʼn verskeidenheid van gesagsentra te verdeel en te sorg dat hierdie sentra mekaar wedersyds in ewewig en in bedwang hou en tot orde roep, sodat geen gesagsentrum absoluut is en bevry van (absolved from) die remme en teenwigte van teenmag absoluut kon raak en kon maak wat hy wil nie. Sodoende word tot vryheid en geregtigheid bygedra. Die beskerming van eiendom en die klassieke Westerse regsbeginsel dat vorste gesag uitoefen maar nie eienaar is van die gebied waaroor hulle gesag uitoefen nie, herlei hierheen terug. Die ontstaansbaken van Westerse konstitusionalisme dateer terug na enkele dekades onmiddellik voor die eerste Kruistog, gedurende die sogenaamde pouslike rewolusie (die investituurstryd) toe die gesag formeel tussen die geestelik-kerklike en wêreldlike-keiserlike gesag verdeel is. Dit is in 1222 by die Konkordaat van Worms geformaliseer. Dit was in die dae voor die moderne begrip, konstitusionalisme, deel van ons leksikon geword het, maar as ʼn grootskaalse verdeling van gesag en wedersydse remme en teenmagte, was dit, sê regshistorikus Harold Berman tereg, ʼn eersterangse konstitusionele reëling. Daar was ʼn Westerse-Christelike geheel maar dit was ʼn konstitusionele geheel, nie ʼn absolutistiese een nie. Dit was ʼn interne gebalanseerde geheel, ʼn rykskerklike wêreldgeheel soos die regshistorikus Ernst Böckenförde dit beskryf het, waarin ryk en kerk saam bestaan het maar mekaar tegelyk in ewewig gehou het. Westerse konstitusionalisme strek egter veel verder as dit, want wêreldlike gesag – die een sy van die


rykskerklike geheel – het nie uitsluitlik by die keiser berus nie. Die keiser, was ʼn keiser in rade, ʼn keiser wat hom teenoor sy raadgewers moes verantwoord en met inagneming van die bestaande reg soos vervat in die volksgewoontes moes regeer. Van nog groter belang is dat politieke gesag in ʼn verskeidenheid van plaaslike prinsdomme, hertogdomme, republiekies – mettertyd veral stedelik – versprei was. En elkeen hiervan moes in ooreenstemming met die bestaande reg – die gewoontes van die gemeenskappe – regeer word. Van absolutisme was daar geen sprake nie. Om die Westerse Christendom van die Middeleeue as absolutisties en outoritêr te beskryf, is daarom soos idee-historikus, RW Carlyle opgemerk het, eenvoudig onsin. Natuurlik was daar dikwels magsvergrype en regskendings deur vergrypende potentate. Dit was egter nie die reël nie maar die uitsondering op die konstitusionele kultuur van beperkte regering en regering volgens die reg. Konstitusionele regering kenteken ʼn belangrike onderskeid tussen die Westerse Christendom in teenstelling met die Midde-Ooste en ortodokse (oostelike) Christendom van Konstantinopel en later van Moskou, wat juis nie konstitusioneel nie, maar absolutisties was. Toe absolutisme in veral die sestiende eeu op die voorgrond getree het, was dit dus nie ʼn uitdrukking van tipies Westerse opvatting nie maar ʼn uitsondering op en ʼn vergryp daarteen. En toe die Jakobyne, en latere fasciste en nasionaal-sosialiste, totalitêre ordes

gestig het, het hulle nie, soos die nasionaal-sosialiste graag sou wou aanvoer, die Westerse beskawing in beskerming geneem nie. Inteendeel, hulle het hulself daaraan vergryp. Die Westerse sin vir verskeidenheid het ook tot uitdrukking gekom in die veelheid van kulture en tale wat dit omvat het. Ofskoon Latyn die samebindende taal van geleerdheid was, soos dit in die kerk, klooster en universiteit beoefen is, het honderde kultuur- en taalgemeenskappe sonder enige druk van homogenisering ʼn vrye bestaan geniet. Die magsverspreiding van die Westers-Christelike konstitusionele praktyke en die taal-en kulturele verskeidenheid het egter nie die oorhoofse Westerse beskawing nadelig geraak nie. Die drie basiese eienskappe – versinnebeeld in Athene, Jerusalem en Rome – was deurlopend die gom vir ʼn samehangende beskawingsidentiteit. In die aanvangstydvak van die Westers-Christelike beskawing het hierdie gemeenskaplike beskawingsidentiteit tot uitdrukking gekom in die primitiewe werksverdeling, naamlik van werkers, krygers en denkers/ aanbidders. Later is verskeidenheid binne die oorhoofse beskawingseenheid beliggaam in die katedrale, kloosters en universiteite wat nie nasionale of staatlike nie maar deurlopend Westers-Christelike instellings was, wat die gemeenskaplikheid van die Westers-Christelike mens in stand gehou en gevoed het.

Latynse kaart van Europa.

REDE|11


2

Agteruitgang en heengaan – die self-vergiftiging van die linkse liberalisme

Vandag is die voortbestaan van die WestersChristelike beskawing swaar in die weegskaal. Trouens, dit mag meer korrek wees om te aanvaar dat die beskawing reeds heengegaan het. Dit is die aanname van hierdie bespreking. Daar mag nog ʼn Wes-Europa wees en daar mag nog subkontinente (byvoorbeeld die grootste deel van Noord-Amerika en dele van Suid-Amerika) wees wat oënskynlik iets van die Weste adem. Die samehangende identiteit wat terug na die wortels herlei, het egter so versand dat daar in wese nie meer ʼn Westerse Christendom is nie. So beskou is die tekens van identiteitspolitiek en sogenaamde populisme in Wes-Europa, die VSA, en Suid-Afrika (en enkele ander plekke), laaste stuiptrekkings, en tegelyk, na my mening, die eerste politieke tekens van ʼn opvolgerbeskawing wat sy ontkiemingskrisis op die bouvalle van die eertydse Westerse beskawing beleef. Maar wat het Westerse Christendom toe uiteindelik ten gronde gerig? En wat is die voorwaardes vir die verrysing van ʼn opvolger-beskawing op sy ruïnes. Westerse Christendom is nie fisies vernietig nie. Sy verwoesting was geestelik en selftoegedien. Die bron van sy agteruitgang en vernietiging is die aanvaarding van ʼn ideologie wat onvermydelik tot sy eie selfvernietiging moes lei. Dit is naamlik die links-liberale oortuiging oor die natuurlike gelykheid en fundamentele eendersheid van alle mense, wat tot uitdrukking kom in die ideologie en politiek van individuele universalisme, oftewel indiversalisme.

Vanweë die werking van die linkse liberalisme het Westerse Christendom sy identiteit in beduidende mate verloor. Gevolglik erken die (eertydse) lede van die (eertydse) Westerse Christendom hul beskawing nie meer nie en kan hulle hulself en hulle beskawing nie meer van ander onderskei nie. Aangesien die Weste dus nie meer sy besondere beskawingkwaliteite kan eien nie, verwar hy homself met alle ander mense en beskawings. Hy dink die ander is net soos hyself en kan as gevolg daarvan, ironies genoeg, soos die Franse wysgeer, Pierre Mannent, verduidelik het, ook nie met ander ʼn verhouding aanknoop nie, juis omdat hy die ander, wat hy met homself verwar, nie kan erken en respekteer nie. Vir die linkse liberalisme, is die mensdom nie ʼn verskeidenheid van beskawings met godsdienste, kulture, tale, geskiedenisse en transendente ontsag nie. Inteendeel, daar is slegs een algemene universele godverlate mensdom, wat uitsluitlik uit individue bestaan. Linkse liberalisme se individu is ʼn abstrakte individu. Hy is oral dieselfde en hy is die soewereine beskikker oor sy individuele identiteit. Hy pas oral in want individue is oral wesenlik gelyk, eenders en dieselfde. Die mensdom is dus ʼn universaliteit van individue. Daarom is dit gepas om soos hierbo vermeld, die links-liberale ideologie as individuele universalisme, oftewel as indiversalisme te beskryf. Volgens die indiversalisme is die natuurlike toestand van die mensdom ʼn universele nirvana – ʼn omvattende paradys van eenderse mense wat in spanninglose vrede saam leef. In die natuurlike toestand is alle individue enige plek in die wêreld ewe tuis aangesien daar ten slotte slegs een algemene menslike wêreld bestaan.

Gedurende die twintigste eeu het die Westerse Christendom ook onder die totalitêre nasionalisme Volgens hierdie beskouing is alle verskille en – die Fascisme en nasionaalongelykheid ʼn onnatuursosialisme – deurgeloop, wat like en moreel verfoeilike ʼn sin vir die geheel-identiteit afwyking van en geweldvan Westerse Christendom pleging teen die vermeende verloor het en die nasies natuurlike toestand en van Westerse Christendom téén die eenderse en gelyke wedersyds vyandig teen mensdom. Waar ongelykheid mekaar opgestel het. Hierdie en verskille opduik, moet krag is uitgedien maar dien dit dus as aartsvyand steeds as die verfkwas wat geïdentifiseer en uit die die links-liberales gebruik weg geruim word, sodat die om tekens van herlewing van natuurlike gelyke toestand die Weste aan bande te lê, telkens herstel kan word. deur dit as vêrregs, fascisties Die liberale-feminisme, gereelde betogings binne die Weste teen die tradisionele waardesisteem. en xenofobies te beklad.

12|REDE


Beskawings is eiesoortig. Hulle het onderskeidende kenmerke van godsdiens, kultuur, tale en ʼn besondere identiteitsbewussyn. Aan die hand van beskawings word die grootskaalse verskille tussen mense juis afgebaken. Presies daarom word beskawings – eiesoortige beskawingsidentiteite – wat deur godsdiens, kultuur en taal gekenmerk word, deur linkse liberalisme verafsku, omdat dit die mees diepgewortelde en blywendste betuiging van ongelykheid, verskille, andersheid en eiesoortige identiteit is. Beskawings is ʼn langtermyn-projek om juis verdere vorm aan die besondersheid van die eie beskawing te gee. Dit is ʼn blywende projek om die eie te veredel en om genoegdoening en geluk uit die veredeling te put. Terselfdertyd hou dit uiteraard in dat die eie beskawing hom van die ander beskawings onderskei, enersyds afkeur in hulle kan koester maar tegelyk ook andersyds in verwondering kan staan oor die besondere veredeling van die ander beskawing en agting en respek daarvoor kan koester.

Islam vs Christendom, gereelde konflik binne Europa waar hierdie twee beskawings mekaar ontmoet. Dit is presies om hierdie rede dat die linkse liberalisme beskawing so verafsku, want vir solank daar beskawings is, kan die universele, vormlose, kultuurlose, godsdienslose, raslose, klaslose, geslaglose indiversalisme waarin identiteitlose, beskawingslose individue bandeloos in ʼn enkele universeel globale wêreld kan rondtrek en met mekaar kan omgaan nie realiseer nie. Volgens die linkse liberalisme is alle reëls, standaarde en praktyke, wat die grenslose omgang van gelyke individue aan bande mag lê, ʼn onnatuurlike boosheid. Dit is ʼn vorm van volgehoue geweld. Dit is ʼn uitdrukking van agteruitgang – retrogressie – wat in die pad staan van die gewaande progressie wat die indiversalisme voorgee om te behels. Beskawing behels standaarde om tussen die waardelose en die waardevolle, die verheffende en die banale,

hoogprestasie en wanprestasie, mooi en lelik en goed en kwaad te onderskei. Hierdie maatstawwe is die funksie van opvoeding, en opvoeding kom op sy beurt uit die beskawingstradisie. Vir die Westerse Christendom kom dit uit die Grieks-ChristelikRomeinse tradisie, soos wat deur Westerse Christendom ontvang en verder gekultiveer is. Vir diegene wat hulself as kinders van Westerse Christendom ervaar, is hul beskawing hul kosbaarste erfenis. Dit is wat aan hulle vorm gee en werklik mense maak. Hulle is dankbaar daarvoor. Hulle onderwerp hulle aan die dissiplines daarvan, dit wil sê, die dissiplines wat juis tussen goed en kwaad, waardevol en waardeloos, verheffend en banaal, prestasie en wanprestasie en dergelike ander dinge onderskei. Hulle energie en strewes word aan die hand van hierdie maatstawwe gerig. Hulle vind hul plek en verwerf hul hoedanighede in die ruimtes van hierdie beskawing en speel hul rol – vervul hul Godgegewe roeping – daarbinne. Sodoende word die welstand van die beskawing sowel as die persoonlike geluk van sy opeenvolgende geslagte van erfgename, verwesenlik.

Vir die links-liberale politiek van die indiversalisme is alle standaarde, onderskeide en dissiplines fundamenteel verwerplik, omdat dit die weg na die universele wêreld van individue wil versper met die grense van beskawing en alles wat dit impliseer. Die wortels van die indiversalisme gaan eeue terug, maar die Franse rewolusie is ʼn belangrike baken hiervan. Die rewolusie wou die tradisie uitwis en volledig nuut begin. Dit is versinnebeeld in die instel van ʼn nuwe kalender om ʼn nuwe skoon aanvang — bevry van die las van eertydse beskawing — aan te dui. Die idee van gelykheid het hierin voorop gestaan. Dit was egter nog ver verwyder van die latere en huidige hiper-indiversalisme. Die Marxistiese geloof in gelykheid en sy sug na die klaslose samelewing moes nog eers kom, wat verdere stukrag aan die politiek van indiversalisme gegee het. En die twee wêreldoorloë moes nog eers volg, waarin veral die Westerse wêreld homself fisies verwoes het. Dit het die veld vir die finale toediening van die linkse liberalisme voorberei.

REDE|13


Uitbeelding van die Franse Rewolusie. Die aanvaarding van die VN se Universele Deklarasie van Menseregte, op 10 Desember 1948, was die simbool hiervan. Die klem hiervan is op die algemene, universele mensdom, bestaande uit individue. En let wel dit was ʼn “Westerse” belydenis komende uit die dae vóór dekolonisasie. Kort hierna het die lande wat altyd met die Weste vereenselwig is, sy deure vir almal oopgegooi. Turke het Duitsland, as gasarbeiders ingestroom. Daarna het immigrante van oraloor hulle aankoms in Wes-Europa en Brittanje aangekondig. Dieselfde het met die VSA gebeur. Die VSA het verander van ʼn immigrasiebestemming vir Europeërs na ʼn immigrasiebestemming vir almal – ʼn eertyds nuwe uitbreiding van Westerse Christendom, tot ʼn indiversalistiese ruimte vir almal. In die sewentiger jare het Kanada en Australië ook hulle Europese voorkeur ingestelde immigrasiebeleide verander en hulle deure in beginsel vir almal oopgemaak. Gesamentlik getuig die dinge van die Westerse Christendom se wegstap van sy eiesoortige

14|REDE

beskawingsidentiteit en die verval in ʼn algemene indiversalisme – ’n ruimte vir almal ongeag wie hulle is. Angela Merkel se welkomspolitiek soos uitbasuin in Augustus 2015, geëggo deur die ewe beskawingsbewustelose pous Franciscus verteenwoordig die simboliese hoogtepunt – oftewel laagtepunt – van hierdie linkse liberalisme. Almal kon na Duitsland en na Wes-Europa kom, want niemand verskil per slot van sake van mekaar nie. Almal is maar net individuele mense en almal is dieselfde. As hulle verskille toon, is dit oppervlakkig, toevallig en oplaas van geen betekenis nie. Dit is gewaan, blote skyn. Vanweë die onnatuurlikheid daarvan sal dit spoedig in die niet verdwyn. Daar is nie (meer) ʼn Westerse Christendom nie en daar is ook geen ander beskawing nie. Daar is geen oortuigender aanduiding van die afsterwe van Westerse Christendom as juis die uitsprake van hierdie twee figure nie. Merkel is die


leier van ʼn party wat homself as Christen-demokraties beskryf en sy is die dogter van ʼn Lutheraanse priester. Sy verteenwoordig die klaaglike teenkant van Duitse keisers van die Heilige Romeinse Ryk – die Otto’s, Frederick Barbarossa en selfs die latere Karel V en dergelike ander, by wie daar geen twyfel was oor hulle rol in die Westerse Christendom nie. En pous Franciscus is op sy beurt die beroerde teenkant van groot figure soos Gregorius die Grote (Hildebrand) en dergelike ander groot kerklike figure wie se beskawingsverantwoordelikheid voorop in hulle gemoed was. Merkel en Franciscus, net soos talle ander politieke figure en kerklike figure – Katoliek, Lutheraans en Calvinisties – versinnebeeld die verlies aan identiteit, sin vir beskawingsoorsprong en -rigting. Hulle is die hoofwoordvoerders van ʼn indiversalistiese en identiteit-ontdoende indiversalisme – ʼn gewaande vrye wêreld – maar klaarblyklik nie meer van die Westerse wêreld – Westerse Christendom – nie. In die behandeling van moderne ideologieë, is dit staande praktyk om op die gedetailleerde onderskeide tussen die verskillende “ismes” in te gaan. Dit is egter belangrik om ook op die gemeenskaplikhede te wys, meer bepaald die gemeenskaplikhede tussen, enersyds bepaalde tendense in die liberalisme, waarna ek hier verwys as doktrine liberalisme, en andersyds die eksplisiet linkse strominge, met inbegrip van die Marxisme en neo-Marxistiese strominge. Dit is hierdie twee strominge wat gesamentlik linkse liberalisme uitmaak. Hierdie ideologiese tendense (soos trouens eintlik alle ander moderne ideologieë) het hulle ontstaan in die Weste gehad. Wat die linkse liberalisme egter kenmerk, is die gemeenskaplike geloof in menslike gelykheid en eendersheid, en dus aan die indiversalisme en die gevolglike antibeskawingsgesindheid en meer bepaald hulle gemeenskaplikheid — vyandskap teen die Westerse Christendom. Die rewolusionêre agent van die Marxisme was die proletariaat. Sosiale demokrasie het die proletariaat se rewolusionêre potensiaal egter by wyse van maatskaplike maatreëls uit die weg geruim. Latere stromings in die Marxisme, meer bepaald in die 1960’s en daarná het in opstandige studente ʼn nuwe rewolusionêre agent probeer ontwikkel en dit later uitgebrei na almal, met inbegrip van seksuele minderhede, wat na buite die kultuur-politieke hoofstroom verban is.

Die doktrinêre liberalisme het egter na die Tweede Wêreldoorlog en meer bepaald sedert die sestigerjare, met die aanvang van die postmodernisme, die linkse liberalisme se grootste krag geword. Doktrinêre liberalisme is veral aangevuur deur die politieke klimaat, wat deur die verwoesting van die wêreldoorloë teweeg gebring is. Voortspruitend uit hierdie klimaat moes die wêreld beskou word as ʼn globale versameling van individue en was groepe, gemeenskappe en uiteindelik beskawings, die oerwortel van die kwaad van ongelykheid, aggressie en geweld. Die grootste sondaar van al die beskawings – die grootste kollektiewe krimineel van alle tye – was die Westerse beskawing. Hy het homself en baie ander nie net gedurende die twee wêreldoorloë verrinneweer nie. Veel erger nog, is dat hy, aldus die linkse liberalisme sedert die begin van die sestiende eeu, groot dele van die wêreld onder sy juk geplaas, uitgebuit en uitgeroei het. So het Sampie Terreblanche in sy Western Empires, Christianity, and the Inequalities between the West and the Rest, saam met hordes ander, siedend betoog. En lui die betoog van die linkse liberalisme verder: Die Weste moet tot elke prys finaal van die toneel van die geskiedenis verwyder word, anders sit hy sy verwoestings voort.

3

Die finale anti-Kruistog: linkse liberalisme se vyf aanvalsfronte

Die linkse liberalisme is in vyf strategiese sentra van mag ingegrawe: In die links-liberale politiekburokratiese klas; enkele groot globale mediahuise; enkele globale korporasies, ʼn beduidende deel van die kerklike establishment (sowel Katoliek as Protestants) en die geesteswetenskappe van ʼn aantal universiteite. 3.1. Wat die politiek-burokratiese klas betref, is dit belangrik om te beklemtoon dat dié klas die eertydse liberale, sosialistiese én konserwatiewe partye (ingeslote die Christen Demokrate) omvat. Al hierdie partye is nou bloot sye van ʼn oorhoofse politieke konsensus tussen wie daar nie werklik enige beduidende verskille bestaan nie. Die nuwe sogenaamde populiste is in hierdie situasie allermins ekstreem, vêrregs of selfs regs. Inteendeel, is hulle grotendeels (dikwels onbeholpe) pogings om die plek te vul, wat hierdie partye, veral die konserwatiewes en die Christen Demokrate

REDE|15


(toegelaat vir enkele uitsonderings), gelaat het vanweë hulle aansluiting by die linkse liberalisme. Merkel is die verpersoonliking van hierdie verskynsel. 3.2. Wat betref die enkele globale mediahuise, is dit van belang om waar te neem dat in watter groot Noord-Amerikaanse en Europese stede die mediakonglomerate ook al gevestig is, hulle ideologies homogeen is. Hulle is die prima-aanspraakmakers op die waarde van vryheid van uitdrukking en mediavryheid maar is daarenteen die vurigste beoefenaars van die eenstemmigheid van linkse liberalisme en aggressiewe onderdrukkers van veelstemmigheid. Suid-Afrika se openbare uitsaaier is in die suigstroom hiervan. Die media-elite het egter in onlangse tye onder toenemende druk van ʼn wye tafereel van kleiner mediasentra gekom, wat die ideologiese boodskap van hierdie globale elite, met skynbaar groeiende sukses, teenspreek. Wat die links liberale media-elite ontstellend vind, is dat hy deur ʼn nuwe media establishment teengestaan word. Die Russies gebaseerde Russia Today (RT) is die beste voorbeeld hiervan. Enige kritiese kyker van die kanaal sal opmerk hoe dit ook deur propaganda deurtrek is. Cross talk, die politieke vlagskip-program van RT onder leiding van Peter Lavelle, wat dikwels uitstekende woordvoerders van regoor Europa en die VSA saamtrek, is egter tans die voorste internasionale media-teenvoeter vir die links-liberale media – as’t ware die teenpool van CNN – die verwoede links liberale strydbylswaaier, Christiane Amanpour. 3.3. Die verwydering van gemeenskapsidentiteite en die gepaardgaande verwydering van grense, beteken die ongestoorde beweging van individue – arbeid en kapitaal. Dit sterk gevolglik tot voordeel van dié deel van groot besigheid wat homself as deel van die (universele) gemene globale sakesektor beskou. Hierdie globale sakesektor trek voordeel uit die links-liberale politiek, aangesien dit sy bedrywighede vergemaklik en sy weg na winste oopmaak. Gevolglik werp hierdie deel van die globale sektor hom in en maak dit ʼn integrale deel uit van die links-liberale indiversalistiese politiek teen beskawingsidentiteit. Globale besigheid is gewoonlik heg verbind met die links-liberale politiek-burokratiese klas en hulle geld voorsien

16|REDE

die kapitaal-basis van die links-liberale media. Hierteenoor staan natuurlik die oorgrote res van die sakewêreld, waarin sakelui hulself juis beleef as deel van ʼn bepaalde beskawing en kultuur en hulle uitdruklik of andersins vir die instandhouding daarvan beywer. Laasgenoemde sluit ook sakebedrywighede, maatskappye en vooraanstaande sakelui in wat self by wêreldwye besigheid betrokke is. 3.4. Die universiteitswese, meer bepaald die geesteswetenskappe aan talle staatsondersteunde universiteite in Wes-Europa, die VSA en Brittanje en elders in die wêreld waar daar ʼn Westerse voetspoor is, het hulself sedert veral die sestigerjare van die vorige eeu in toenemende mate by die links-liberale agenda ingewerp. Dit kom tot uitdrukking in hewige anti-Westerse kurrikulum. Die belangrikste element hiervan is die kriminalisering van alles wat met die Westers-Christelike beskawing vereenselwig word. Daarby is inbegryp alles wat met Westerse geskiedenis, kultuur, godsdiens, geleerdheid, kanon, letterkunde, wetenskap en selfs tegniek verbind word. Al die dinge word as deel van Westerse Christendom se misdadige geweld voorgehou. Dit word gevolglik óf heeltemal uit die kurrikulum verwyder, óf dit word die objek van kriminalisering gemaak. Die enorme leemte wat hierdeur gelaat word, word gevul wat Roger Scruton paslik as die nonsense factory van die links-liberales beskryf het. Hierdie nonsense factory is ten slotte intellektueel waardeloos. Dit lei tot geen vorming deur geleerdheid nie. Bowendien is dit ook nie veronderstel om dit te doen nie, want vorming is per slot van sake vorming gemeet aan die standaarde, maatstawwe en dissiplines van ʼn bepaalde beskawing – in die geval die Westers-Christelike beskawing. Die bogfabriek van die anti-Westerse kurrikulum wil juis die teenoorgestelde bewerkstellig naamlik die nuwe standaard van standaardloosheid en nie-verantwoording aan die standaarde, maatstawwe en ideale van beskawing, meer bepaald van die WesterseChristelike beskawing. Die kurrikulum – die Westers geïnspireerde kurrikulum en gepaardgaande standaarde van afronding en geleerdheid skep onderskeide en dit beklemtoon ten slotte verskille en ongelykheid: verskille tussen die Weste en dit wat nie die


Weste is nie, die ongelykheid tussen diegene wat aan die standaarde voldoen en die wat nie kan opweeg nie. Dit mag nie gebeur nie want dit skree teen linkse liberalisme se onverbiddelike gelykheidsgeloof. Die nonsense factory moet die vermeende geweld wat deur hierdie ongelykheid teweeg gebring word uit ontmasker en dit in die naam van gelykheid uit die weg ruim. Almal moet saam en gelyk die vrugte van die nonsense factory – verdomliking – smaak om uiteindelik saam, in algemene onafgerond te deel en saam ewe vyandig teen die beskawing, veral die Westerse beskawing – die prima anti-gelykheidsmisdadiger op te trek.

Daar is tans ʼn wêreldwye links-liberale bogfabriek by talle universiteite, meer bepaald ook in Suid-Afrika, aan die werk. Die operateurs van die fabriek beoefen deur “navorsing” en “onderrig” ʼn anti-Westerse diskoers en lewer so sy bydrae teen die beskawing se geweld wat hy vanweë sy standaarde en ideale pleeg. Hulle bied die skyn-geleerde apologie en hulle is die (skyn)geleerde flank vir die links-liberale saak vir gelykheid deur, vir ingeleerdheid en die verdoeming van Westerse Christendom se geleerdheid.

3.5. Die vyfde falanks van linkse-liberalisme is die links-geliberaliseerde sektore van die kerk. Die links-geliberaliseerde sektore van die kerk het die Christendom aan die hand van linkse liberalisme geherinterpreteer en daarvan ʼn blote geglobaliseerde individueelmorele piëtisme gemaak. Volgens hierdie vertolking het Christelikheid sy eiesoortige karakter prysgegee. Derhalwe is dit nie meer ʼn wesenseienskap van ʼn beskawing, meer bepaald van Westerse Christendom nie. Dit het bloot ʼn algemene indiversalistiese vroomheid geword. Om goed te doen aan ander, beteken hiervolgens dat die onderskeid tussen die self en die ander eers ontken moet word sodat almal in ooreenstemming met voorskrifte van die linkse liberalisme, as eenderse individue beskou en presies dieselfde behandel moet word. Dienooreenkomstig beteken dit ook dat niemand ooreenkomstig sy of haar eiesoortige beskawingsagtergrond gesien moet en dienooreenkomstig verskillend, en as gevolg daarvan juis goed behandel moet word nie. Langs hierdie weg

het Christelikheid sy eiesoortige religieuse karakter opgeoffer en ʼn blote algemene gevoel van vroomheid, jammerhartigheid en beskawingsbewusteloosheid geword. Sodoende het Christelikheid homself tot ʼn blote aspek van linkse liberalisme verklein. Hierdie vyf kragte vanuit die Weste is die anti-Weste se finale antwoord op die Weste se eerste Kruistog. Waar die eerste Kruistog getoon het dat die brose Westerse Christendom van die voorafgaande tydvak toe nie ʼn infantiele dood gesterf het nie, maar daarin geslaag het om sy ontstaanskrisisse te oorkom en homself as ʼn blywend gedugte faktor op die historiese toneel aan te meld, rig linkse liberalisme die Westerse Christendom finaal ten gronde en werp dit alles in die stryd om ʼn opvolgerbeskawing in die kiem te smoor. Anders as in die vroeëre fases van linkse politiek, byvoorbeeld klassieke Marxisme is die rewolusionêre klas nie nou meer die werkersklas nie. Die hoofkomponent van hedendaagse linkse liberalisme se rewolusionêre klas is immigrante van buite die tradisionele territoriale domein van Westerse Christendom. Die immigrante vanuit die Moslemwêreld maak ʼn belangrike deel hiervan uit. Vanuit die perspektief van Westerse Christendom is immigrante vreemd aan Westerse Christendom. Hulle gaan die Westerse Christendom verswelg en Islamiseer en ʼn opvolgbeskawing byvoorbaat in die kiem smoor. Vanuit ʼn links-liberale oogpunt is die immigrante natuurlik nie vreemdelinge nie. Hulle is bloot individue, gelyk en dieselfde as alle ander individue, en kan hulle gevolglik ongestoord binnekom. Die beskawingsfaktor is volkome irrelevant. Dit bestaan trouens glad nie. Die linkse liberalisme voer sy veldtog aan die hand van enkele slagspreuke soos openheid en diversiteit, wat ten slotte bloot ʼn aandrang is dat die Weste homself onherroeplik in ʼn globale indiversalisme moet oplos. In verskeie Europese state, met Duitsland aan die voorpunt het die linkse liberalisme ʼn regseen meer bepaald grondwetlike kleed aangetrek. Konstitusionele waardes, konstitusionele regte – meer bepaald gelykheid – voorsien gevolglik die dekmantel waaronder die linkse liberalisme woeker. Uiteraard het ons natuurlik nie hier met (neutrale) reg te doen nie maar bloot met ʼn strategie om die doeltreffendheid van die links-liberale politiek te verhoog.

REDE|17


Die son wat oor die Weste opkom – opvolgerbeskawing?

4

Opvolgerbeskawing?

Die wesenlike vraag is of daar inderdaad ʼn opvolgerbeskawing aan die ontstaan is, en indien wel, of hy sy ontstaanskrisisse gaan oorleef. Myns insiens kan hierdie vrae bevestigend beantwoord word. Tans beleef ons oraloor ʼn reaksie teen die linkse liberalisme. Dit word verbind met die verskynsel van sogenaamde populisme. Die verkiesing van Donald Trump en Brexit (albei interessant genoeg in die Engelse wêreld) is op die politieke terrein die sigbaarste voorbeelde hiervan. Dit is bemoedigende tekens, net soos die opkoms van populisme elders onder Westerse mense. Dit wys dat daar ʼn stewige lewenskrag teen die vyf kragte van die linkse liberalisme aan die werk is en toon dat hierdie kragte moontlik nie so onoorwinlik is as wat die linkse-liberale oormag in die links-liberale media suggereer nie. Nogtans is hierdie populisme nog grootliks reaksionêr. Dit versinnebeeld ʼn geregverdigde verontwaardiging teen van die kragte van die linkse liberalisme wat hierbo behandel is. Die populistiese reaksie is egter heeltemal ontoereikend. Dit bied nog lank nie ʼn omvattende en samehangende antwoord op die indiversalisme nie. Trouens, die populisme toon nog nie naastenby genoegsame begrip vir die

18|REDE

omvattende anti-beskawingspolitiek van die linkse liberalisme nie. Dienooreenkomstig bied dit ook nie ʼn omvattende beskawingsantwoord op die linkse liberalisme nie en dus ook nie die grondslae van ’n opvolgerbeskawing nie. Gelukkig hoef ons egter nie by populisme te volstaan nie, want lank tevore reeds is daar meta-polities – onder die oppervlak van die daaglikse politiek, naamlik in die breë kultuur en filosofie – enorme werk gedoen om juis hierdie noodsaaklike grondslae te lê. Dit herlei terug na figure soos Edmund Burke. Burke se verdediging van die Westers-Christelike beskawingstradisie teen die rewolusionêre vergrype van die Franse rewolusie, het tegelyk ook die fondasies van ʼn opvolgerbeskawing gelê. Daar is talle ander figure en strominge wat almal intussen meehelp om hierdie grondslae te vestig. Sommige van hierdie figure, byvoorbeeld in die filosofie, staan tans uit as die mees prominente mense in die huidige filosofies-politieke diskoers. Roger Scruton en Pierre Mannent verdien besondere vermelding. Danie Goosen se Gemeenskap en Plek wat in 2015 verskyn het, behels ʼn formidabele Afrikanerbydrae tot die vestiging van hierdie grondslag. Dit is onder andere daarby wat ons kan aanknoop om die grondslae van opvolgerbeskawing te beskryf. Dit verg ʼn omvattende bespreking. Hier word derhalwe slegs by enkele opmerkings volstaan.


4.1. Die eerste en belangrikste is dat die opvolgerbeskawing ʼn sintese tussen ons premoderne en moderne erfenis behoort te beliggaam. Gevolglik bou die opvolgerbeskawing net soos sy voorganger op die erfenis van Christendom, die Griekse denkerfenis en die Romeinse regserfenis soos dit op ons voorvaders afgedwing en ten slotte deur hulle aanvaar, saamgevoeg, gekoester en verder gevoer is. 4.2. Tweedens bou die opvolgbeskawing voort op die moderne Westerse gekoesterde geleerdheid in die algemeen en wetenskap in die besonder. 4.3. Derdens sluit die opvolgerbeskawing aan by die waarde van die individuele persoon. Dit is ʼn spesifiek moderne verskynsel want die klassieke het die denkbeeld van die individu en meer bepaald individuele regte nie geken nie. Die individu, meer bepaald die abstrakte individu, sê Alasdair Macintyre, is na alles ’n moderne ontdekking. Die opvolgbeskawing moet die individuele persoon – die produk van die moderniteit – as ʼn kosbare erfenis ontvang en koester. Ekself het elders betoog dat individuele vryhede en immuniteite wat deur die modern-liberale opvattings van die onlangse eeue opgelewer is, ʼn kosbare wins vanuit die moderniteit behels. Regse strominge in die politiek het dit egter teengestaan en individuele vryhede op talle terreine ongeregverdig aan bande gelê. Dit het byvoorbeeld tot uitdrukking gekom in streng sensuur teen vorme van uitdrukking; maatreëls teen nie-heteroseksuele persone – homoseksueles, lesbiërs en dergelike geslagtelikheidsidentiteite; en geslagsdiskriminasie wat nie net vroue nadelig getref het nie maar die beskawingsgeheel ook skade aangedoen het.

Maatreëls van hierdie aard is persoonlik kwetsend, bowendien – en juis dit is baie belangrik – is beskawings-benadelend. Dit verskaf aan die links-liberales ʼn argument teen en voorsien dit bowendien van ʼn klas van uitgeslotenes waarmee beskawing op grond van bewering van onredelike diskriminasie ondermyn kan word.

Die opvolgerbeskawing moet nie sy flanke vir hierdie soort ondermyning oopmaak nie. Inteendeel, op grond van onderskrywing van die moderne idee van individuele waardigheid behoort hy juis plek in te ruim vir al die eertyds

uitgeslotenes in eie geledere om volledig in die Westers-Christelike opvolgerbeskawing tuis te kom. Hierdie onderskrywing van individuele waardigheid beteken nie die aanvaarding van indiversalisme nie. Inteendeel, hierdie onderskrywing beteken juis die trek van ʼn beskawingsgrens. Dit trek die Westerse Christendom se grens rondom al sy lede sonder uitsluiting van enigiemand; dit verleen aan elkeen ʼn plek en rol en die geleentheid van persoonlike geluk ooreenkomstig sy / haar eienskappe binne beskawingsgrense; en dit bied aan elkeen die geleentheid tot ʼn bydrae binne die wye, maar steeds duidelik afgebakende grense van die beskawing. Ons werk dus nie hier met ʼn algemene abstrakte en beskawinglose individu volgens die voorskrifte van die linkse liberalisme nie. Inteendeel ons werk juis met ʼn sintese van die tradisionele Westerse Christendom en die moderne waardigheid van die individuele persoon in en vir ʼn Westers Christelike opvolgerbeskawing wat die linkse liberalisme terselfdertyd troef. 4.4. Die opvolgerbeskawing behoort nou aansluiting te vind by sy suster-beskawing van sentraal en Oos-Europa, met inbegrip van Rusland, naamlik Oostelike Christendom. Die mense van die Oostelike Christendom is grotendeels Slawies. Hulle deel dit met Westerse Christendom dat hul wortels Christelik, Grieks en Romeins is. Hulle verskil daarin dat Westerse Christendom Katoliek / Protestants is in teenstelling met hoofsaaklik ortodokse Christendom van die Oos-Europese beskawing. Hulle verskil ook daarin dat waar Westerse Christendom ʼn gevestigde konstitusionele tradisie van magsverdeling en -ewewig het, wat sover terug herlei as die Investituurstryd van die laaste kwart van die elfde eeu, die ortodoksie van Oostelike Christendom nooit hierdie konstitusionele tradisie, wat so eie aan Westerse Christendom is, beleef het nie. Die denkbeelde van regsoppergesag, privaat eiendom en die uitdruklike koestering van individuele waardigheid het in die Oostelike Christendom ook nooit soos in die Weste wortel geskiet nie. Tussen Westerse en Oostelike Christendom is daar die hibriede situasies van gemeenskappe met elemente van albei die beskawings. Hongarye

REDE|19


byvoorbeeld is Katoliek en nie Slawies nie maar vind nie net aansluiting by Westerse Christendom nie maar ook by Rusland en Oosterse Christendom. (Die Christelike beskawing het natuurlik nog baie ander uitlopers, soos Ethiopië, waar die Christendom reeds vir tweeduisend jaar ʼn eiesoortige lewe voer. Oostelike Christendom is nie naastenby so fel aan beskawingsdodelike aanslag van die linkse liberalisme as die Weste blootgestel nie. Waar Westerse Christendom dus voor die aanslag van linkse liberalisme geswig het, het Oostelike Christendom die kommunisme oorleef en toon dit vandag gesonde lewenskrag. Westerse Christendom se opvolgerbeskawing gaan hom op sterkte van sy besondere eienskappe, wat pas hierbo vermeld is, in wesenlike opsigte van Oosterse Christendom onderskei. Nogtans is die Westerse en Oostelike Christendom vanweë hulle gemeenskaplike wortels en uitdagings heg verweef en behoort hulle met die erkenning van hulle onderlinge verskille in ʼn blywende inter-beskawingsbondgenootskap op mekaar aangewese te wees. Generaal De Gaulle het dekades gelede hierdie versugting gehad. Daar is tekens onder konserwatiewe Amerikaners van dieselfde begrip

en daar is vooraanstaande persone in die Trumpregering wat die noodsaak van ʼn Westers-Russiese rapprochement – toenadering – insien. Dis ʼn goeie teken. Die links-liberaliste is egter bewus van die implikasies hiervan en stook om die rede ʼn ongekende russofobie aan.

5

Afrikaners?

ʼn Enkele slotopmerking: Afrikaners is ʼn integrale deel van Westerse Christendom. Die heengaan van Westerse Christendom, vanweë die self-vergiftiging van die linkse liberalisme en die krisis gepaard met die ontstaan van ʼn opvolgerbeskawing, is net soveel die krisis van Afrikaners, as wat dit van Westerlinge in Europa, Amerika of Australië of enige plek is waar Westerse Christendom homself gevestig het. Die vergiftiging van linkse liberalisme, aan die hand van die vyf kragte waarna hierbo verwys is, is oral aan die werk. Daar is nêrens heen te vlug waar dit nie aan die werk is nie. Dienooreenkomstig is die grondslaglegging vir die opvolgbeskawing, eweneens oral, oor verskeie kontinente, aan die werk en vind Afrikaners vandag ʼn grondige gemeenskaplikheid by almal waar hulle ook al mag wees in die omvattende projek vir Westerse Christendom se opvolgerbeskawing. REDE

Mag Rede ’n verdere stimulus wees om vir ons volk iets moois tot stand te bring.

DIE AFRIKANER SE HOOP BLY LEEF! MARYNA DE KLERK MAKELAARS BK / BROKERS (CK 1995/000575/23) FDV / FSP NR. 14913

Sam en Maryna de Klerk

20|REDE

NP van Wyk Louwstraat 16 Posbus 25150 LANGENHOVENPARK (BFN) 9330 Tel.: 051-446 1899 Faks: 051-446 3977 Selfoon: 082 785 4845 E-pos: samdeklerk@telkomsa.net

Tel.: 051-446 1899

Faks: 051-446 3977 Selfoon: 082 785 4845

samdeklerk@telkomsa.net


My God, My God! Waarom het U my verlaat?

Goddelike Geweldenaars: ’n Opstandingsverhaal Joost Strydom

Oor skerp swaarde en blink harnasse: die versoeking “Toe neem die duiwel Hom na ʼn baie hoë berg toe, wys Hom al die koninkryke van die wêreld met hulle prag en sê vir Hom: ‘dit alles sal ek vir U gee as U neerval en my aanbid’ ” -Mat 5:8-9 Om geboorte te gee aan geweld moet daar eers verwekking plaasvind. Dit kan op ʼn duisend maniere gebeur, maar meestal is geweld die liefdeskind van ou oortuigings en nuwe vooruitsigte. Jou vooruitsig kan ʼn kommunistiese Utopia, die herinstelling van ʼn ou ryk, ʼn variasie van politieke of ekonomiese vryheid, of ʼn skynbaar heilige demokrasie wees, dit maak nie saak nie. Wat wel die geval is, is dat lank voor die oorlogsdromme begin trommel entoesiastiese krygers reeds hulle swaarde, en nog meer hulle ideologie, begin slyp tot ʼn vlymskerp wapen. Ongetoetste staal blink baie helder, selfs verblindend, in die son van ideologie. Niemand sal ooit van homself glo dat hy onregmatige geweld sal pleeg nie, maar getrou aan die gebroke menslike karakter, is miljoene der miljoene lewens al geneem in die naam van die swastika, of die hamer en sekel, of die sterre en strepe. Met die mandaat van elkeen van daardie simbole het manne van verskillende persoonlike oortuigings, of insigte, al saamgekom en meedoënloos die staal van hulle wapens voorberei om lewens te neem. Daar was dan ook ʼn klomp Jode gereed vir wraak teen die Keiser wat angstig gewag het vir die Seun

van God om die profesieë te vervul en na die aarde te kom. Met toe ore het hulle Sy preke deurgewag om dit op te volg met ‘n sterk bewoorde aanhaling van die fariseërs se wette, of groot afkeur in die Keiser se belasting. Die Volk het nie gewag vir ʼn Messias, eenvoudig geklee op ʼn donkie nie, die volk was angstig om met blink harnas en strydwa, terug te neem wat aan hulle behoort! Om te wil verower in Sy Heilige Naam, is geen ongewone verskyning nie. Om die waarheid te sê, die geskiedenis van die Wêreld lê besaai met lyke wat elk hulle eie god se naam met laaste lewensasem geprewel het. Hierdie narratief is miskien juis geformaliseer, in terme van ons moderne begrip, tydens die oproep tot wapens van Pous Urban II in 1095. In ʼn stryd teen Islamitiese heerskappy het die Pous militêre hulp belowe aan die Keiser van die Oos-Romeinse Ryk, Alexios I Komnenos. Die kolonialisasie van Anatolië deur Turkse immigrante was ʼn ernstige probleem vir die Keiser en hy het dringend versterkings nodig gehad. Die Pous het, in die naam van veilige, ongehinderde reise van Christen Pelgrims na die Heilige plekke in die Ooste, ʼn Heilige Oorlog verklaar. In Junie 1099 is

REDE|21


Jerusalem verower en die Oosterse Christene is van die Moslemheerskappy bevry, ʼn groot politiese oorwinning ook, ʼn verenigde kerk en ʼn immer magtiger Pous. Hierdie was die eerste van nege kruistogte en verskeie ander grootskaalse konflikte tussen Christene en Islam, divers gemotiveer, maar altyd gekenmerk aan geweld. Hierdie skrywe oorweeg die militêre. Lyke ingeryg deur die verlede se strydwaens is net so dood soos dié geëindig deur die moderne selfmoordbom. Ek verwonder my aan die wat ʼn Heilige dood kon sterf. Kruisvaarders, die martelaars van God self.

Die volk het gedoen wat verkeerd was in die oë van die Here: die Vervloeking. “Hulle het die Here hulle God vergeet en die Bäals en gewyde pale gedien. Toe het die Here kwaad geword vir die Israeliete...” Rigters 3:7-8 Op die tweede dag van Augustus 1990 val Irak sy buurstaat Koeweit binne: ʼn daad van ekonomies gemotiveerde oorlog. Hierdie ondeurdagte inval, die swak gemotiveerde en beplande internasionale ingryping en die olie-gemotiveerde, uitgerekte reeks oorloë wat daarop volg, dompel Irak en die breër Midde-Ooste, in verwoeste, ongenaakte puinhoop van konflik. 2003. In ʼn “helder oomblik” van uitstekende Amerikaanse vindingrykheid, kom ʼn pligsbesef: ʼn besef wat deur verskeie presidensiële termyne met een ‘drone-strike’ na die ander afgelewer word: die stelsel wat Barabbas bo Jesus gekies het. Demokrasie! Moslemgemotiveerde geweld floreer op die jarelange anargie. Onbeskryflike wrede dade van geloofsgeweld word die orde van die dag. In 2014 kom hierdie bloedbad tot ‘n hoogtepunt. Roering in die Vatikaan. ʼn Ernstig ontstelde Pous Francis beskryf die massamoorde as doodsondes. “Hierdie geweld, teen die swakkes en kwesbares, is sonde teen God self!” Oortuigings verskil egter. Mohammed, die profeet van Allah, is eenmaal gevra wat die beste daad menslik moontlik is om te bereik. Sy antwoord:

22|REDE

“Om te glo in Allah”. Tweede beste? “Jihad!”, was sy onmiddellike antwoord.[1] Die woord ‘Jihadis’ het die populêre woord in die Westerse retoriek geword om ʼn Islamitiese soldaat, veral in terme van terrorisme, te beskryf. Gewortel in die Arabiese woord jhd, beteken dit egter eenvoudig ‘om te strewe’ (op die pad of vir die saak van Allah). Die woord ‘jihad’ kom 41 keer in die Koran voor, telkens in die konteks van oorlog in die naam van Allah. Dit is egter nie die primêre woord in verwysing na krygskap in Allah se naam nie- daar is verskeie ander woorde wat in hierdie konteks gebruik word.[1] Islamitiese, Jihadgeweld word veral vanuit radikale kringe regverdig deur die kontroversiële “swaardvers”: 9:5 “En wanneer die heilige maande verby is, bring dan die heidene om waar julle hulle ook mag vind, en neem hulle gevangene, beleër hulle, en loer op hulle uit elke hinderlaag. Maar as hulle berou toon en die gebed onderhou en die Zakaat betaal, laat hulle weg dan onverhinderd wees. Voorwaar, Allah is Vergewensgesind, Genadevol” [2] (Die Zakaat is ʼn sondebelasting wat vereis word van nuwe bekeerlinge.) Hoeveel Moslems volg egter hierdie tipe retoriek? Daar is tog ʼn sterk basis van gematigde Moslems wat nie geweld ondersteun of inkoop by hierdie radikale gedagtes nie. Volgens die bekende Amerikaans politieke kommentator en ondersoekende skrywer Ben Shapiro, volg groot persentasies van Moslems, selfs in die Weste, radikale idees. Shapiro definieer radikale idees nie as die direkte uitvoering van terrorisme nie, maar as die ondersteuning van Sharia wetgewing, teregstellings geïnspireer deur geloofsoortuigings en simpatie met groepe soos Hamas en Al Qeada. Hier onder volg die bevolkingtal van Moslems in verskillende lande, gevolg deur die hoeveelheid radikales, volgens Shapiro. [3] • • •

Frankryk – 4,7 Miljoen, 1,6 Miljoen Brittanje 2.8 Miljoen, 2.2 Miljoen VSA – 2.6 Miljoen, 500 000

[Morgan, D. 2010. Essential Islam- A comprensive guide to believe and practice. ABC- CLIO, bl. 87] 2 [Surah 9, Vers 5, Die Heilige Koran in Afrikaans] 3 TheCounterJihadReport.com(2016) Flashback: Shapiro On The Myth Of The Tiny Radical Muslim Minority. (aanlyn) Beskikbaar: https://counterjihadreport.com/tag/ben-shapiro/ besoek op (04/19/2017) 1


In lande soos Afghanistan en Irak is die hoeveelheid geradikaliseerde Moslems heelwat nader aan die totale inwonende Moslembevolking volgens Shapiro. Volgens die aanlyn terreurwaghond TROP is daar meer as 30 000 (dodelike) Islamities gemotiveerde aanvalle wêreldwyd uitgevoer, tussen die 9/11 aanvalle en einde Maart 2017. Tydens Februarie 2017, is Jihad aanvalle verantwoordelik vir 1008 ongevalle en 1345 beseerdes, as gevolg van 116 aanvalle (22 daarvan selfmoordbomme) in 21 lande. [4] Naasteliefde of spoelklippe vir die slingervel: Goddelike regverdiging ‘Maar ek sê vir julle, julle vyande moet julle liefhê.Mat 5: 44 Naasteliefde, ook bekend as die ‘tweede gebod wat hiermee gelykstaan’ staan uit die aard van die saak, redelik sentraal in Christenskap. Indien een opdrag so ongelooflik baie weeg, is daar dan ooit gronde vir geweld vanuit Christelike geledere? Vanuit ʼn agtergrond met geen formele teologiese opleiding nie, voel ek steeds persoonlik oortuig dat ons God marginaliseer as ons ‘naaste’ probeer definieer tot iets wat ons op ʼn aardse wyse by ons eie ‘ingroep’ kan insluit. Wanneer dit egter by die sesde gebod kom, kan ons verby verpiepte passivisme kyk. Daar is verskeie, duidelike opdragte van God af, om die swaard op te neem. Dit dui op ʼn verskil tussen ‘moord’ en die ‘geregverdigde neem van ʼn lewe’. Vanuit my eie subjektiewe wêreldbeskouing, en relevant tot die konteks van hierdie skrywe, kyk ek graag na die volgende: 1. Die reg tot lewe Daar is geen tekort aan Bybelse verwysing na die belang van lewe nie. Groot dele van die Bybel gee opdragte aan gelowiges hoe om in reinheid te lewe en die menslike liggaam as ʼn tempel te sien. (Ter illustrasie Spreuke 24:11: “Red die mense wat onskuldig na die galg toe gesleep word. Hulle sal doodgemaak word as jy nie keer nie.” Daar is meer simboliese en praktiese verwysings na die heiligheid van lewe, teenoor die donkerheid van dood, as wat van belang is om hier in detail te bespreek). TheReligionofPeace.com (nd) List of Islamic Terror Attacks. (aanlyn)Beskikbaar by: https://www.thereligionofpeace.com/ attacks/attacks.aspx?Yr=Last30 Besoek op 4/19/17

4

2. Eiendomsreg Die wetlike reg vir natuurlike persone om voorwerpe te besit en dit te verdedig teen aggressors word op verskeie plekke in die Bybel raakgeloop, selfs morele kwessies daarrondom word aangespreek (Jy mag nie jou naaste se huis begeer nie). Die argument word gereeld gemaak dat die kerk die idee van private eiendom en die regte daarrondom die lig laat sien het. Dit is wel die geval dat St. Thomas Aquinas die eer vir hierdie idee kan neem.[5] Aquinas het die werke van Aristotle hieroor, in die lig van 12de en 13de eeue se Christenskap geïnterpreteer en sodoende opgesom: “Die reg tot privaateiendom is ʼn vereiste vir menslike lewe.” Teologies is Aquinas se werke besonder belangrik, aangesien sy argumentvoering die fondasie gelê het vir Pous Leo XIII se amptelike goedkeuring van die idee van privaat eiendom. Aquinas baseer sy idee veral op ordelikheid, vrede, en goeie sorg van besittings. Eksodus 22:3 “As ’n dief betrap word terwyl hy inbreek en hy word geslaan sodat hy sterwe, sal daar geen skuld vir bloedvergieting teenoor hom wees nie.” Lukas 11:21 “Wanneer ‘n sterk man hom goed bewapen en sy huis bewaak, is al sy besittings veilig.” Hierdie verse moet natuurlik gesien word in terme van selfverdediging en nie voorafbeplande moord nie, soos duidelik uit die Tien Gebooie. Geregverdigde manslag in terme van die SuidAfrikaanse Grondwet het vyf voorvereistes wat daarop dui dat ʼn persoon se eie, of ʼn ander onskuldige se lewe in gevaar is of dat ernstige liggaamlike skade hulle toegedoen sal word. Libertariese denkers verwys na die Nie-Aggressie Beginsel wat geweld regverdig, wanneer eiendom sonder toestemming binnegedring word of lewens bedreig word. Dit was met ʼn gruwelike veragting van die heiligheid van lewe en die reg tot eiendom, dat ISIL in Augustus 2014 Sinjar-stad, deel van die Nineve provinsie in Irak, binnegeval het. Sporadiese pogings deur Koerde om huis en haard te beskerm met kleingeskut, word geantwoord met ISIL se mortiere en 14.5mm kanonne. Ieder en elk wat homself buite bevind word ʼn verminkte oorblyfsel van wat eers ʼn Christelike Koerd was. https://dailytheology.org (2013) A THEOLOGICAL HISTORY OF PRIVATE PROPERTY (aanlyn) Beskikbaar: https://dailytheology.org/2013/04/29/a-theological-history-of-private-property/ Besoek op (04/19/2017)

5

REDE|23


In, wat bekendstaan as die Sinjar massamoord, eindig ISIL die lewens van 5 000 Koerde en Yazidis. Baie van hierdie lewens is geneem deur bloedstollende teregstellings op grond van geloof. Bykans 50 000 mense vlug die berge in om die genadelose skrikbewind te ontsnap. Sonder die beskerming van die Yazidi- en Koerdse vegters, word vroue en meisies van Sinjar ontvoer en as seksslawe verkoop. Die VSA antwoord ISIL met lugaanvalle. Die oorlogspoging aan beide kante is nou in volle swang. Vir die soveelste keer in die geskiedenis van tyd word die Goddelike profesieë bewaarheid: ‘Moenie dink ek het gekom om vrede op die aarde te bring nie. Ek het nie gekom om vrede te bring nie maar die swaard.’- Mat 10: 34 Die slae is byna ritmies: Christene in Sirië en Irak, word hou vir hou spreekwoordelik vasgespyker aan die vervloekte kruishout- sondaars wel, maar ook deeglik bewus van Goddelike afhanklikheid. Sterwend wag hulle vir die woorde: ‘Vandag sal ook jy saam met my in die paradys wees’. Drie kruise op ʼn koppie: een gelowige sondaar kyk met skrefies oë hoe die magshonger keiser se troepe, een kliniese lugaanval na die ander, die ander misdadiger aan sy kruis vasspyker. Kyk tog eerder na die Heilige wat voor jou gekruisig word, as die sondaar hier langs jou.

MY GOD, MY GOD WAAROM HET ONS U VERLAAT! Deus Vult! In hoc signo vinces! (God se wil! In hierdie teken, verower!) ‘En wie nie ʼn swaard het nie, moet van sy klere verkoop en een aanskaf’ -Lukas 22:36 In die kragtigste vorm van Goddelike ingryping in die geskiedenis van tyd, sterf Jesus Christus aan die vervloekte kruishout, ʼn Godsverlate dood. Met hierdie kragtige daad verower die drie-enige God die dood en hel. Dit beteken dat elke persoon op aarde wat Sy pad kies, so ook die dood kan vryspring. Die

24|REDE

dood soos verower deur Hom bied vir ons dieselfde oorwinning: ʼn vreeslose pad na die einde van ons menslike lewe. Dit beteken egter nie ʼn doellose aardse lewe nie. In 2016 draai die gety vir Christelike Irakese en Koerde. Die Islamitiese Staat gaan soek die graf en hulle vind die klip is weggerol. Met vrees in die geweldenaars se harte, ervaar hulle dalk ʼn ruiter op ʼn wit perd wat die woestyn deurtrek. ʼn Ruiter met bloedbevlekte klere, Hy wat met regverdigheid oorlog voer en die Betroubare genoem word. Oë wat soos vuur vlam en ʼn hoof met baie heerserskrone. Die boek Openbaring het ʼn naam vir hierdie ruiter: Die Woord van God. Koning Dawid prys die Here: “Hy leer my hande om oorlog te maak, my arms om selfs die stramste boog te span.” Op 16 Oktober 2016 kondig Haider al-Abadi, eerste minister van Irak, af dat die aanval om die stad Mosul te bevry begin het. Die operasie, genaamd ‘We are coming, Ninieveh’ is ʼn gesamentlike aanslag deur Irakese regeringsmagte, geallieerde burgermagte, Irakese Koerde en internasionale ondersteuningsmagte. Mosul, Irak se tweede hoogs bevolkte stad, is in 2014 deur, tussen 8001500 ISIL millitante beset, waarna versterkings gebou is tot 3 000 – 5 000 ISIL vegters ten tye van die ontsettingsoperasie. Die oorspronklike val van Mosul is veral die gevolg van groot steun vanuit die stad se oorweldigende Sunni-Moslem bevolking. Minderheidsgroepe en gelowe het veral baie sleg van die besetting afgekom en die stadsbevolking het van 2,5 Miljoen na 1.5 Miljoen verminder tydens die ISIL heerskappy. In omliggende dorpies en kleiner stede het meeste inwoners gevlug en was vir twee jaar sonder huis en haard. Dorpe soos Bartella en ook Qaraqosh, in die Nineve Provinsie vertel stories van ondenkbare verwoesting en dood, wat konstant om die draai wag. Die inwoners is destyds vermoor of verjaag, kerke verbrand, vernietig en lidmate verneder. Die herhalende beelde van verkragte en vermorselde kinderlyfies en families verskeur deur selfmoord bomaanvallers en Islamitiese skerpskutters, verswyg in die puin. ISIS is bekend vir die vernietiging van enige Christelike geboue, monumente en geskrifte, maar Bartella het veral kwaai deurgeloop. Christene hier het ʼn ultimatum ontvang: die keuse tussen


bekering na Islam, tesame met ʼn ‘sondebelasting’, of ʼn gewelddadige dood. [6] Die emosies rondom die terugkeer na Bartella, wat eens floreer het en nou in puin lê, is byna ondenkbaar. Die dorp is in Oktober 2016 bevry van die Islamitiese magte en die gemoedere het die hoogste geloop toe die inwoners hulle voormalige kerk bereik. Die kerk is in puin gelê, kruise afgebreek en ʼn beeld van die dissipel Mattheus is vernietig. Die kamers van die kerk is aangetref vol militêre instruksies, opleidingsmateriaal en prente wat die kwesbaarheid van die menslike liggaam aan soldate verduidelik. Die kerkgebou is dan ook die eerste om, uit die puin, nuwe lewe te kry: “Ek gaan hierdie kruis vasmaak op die kerk! Kyk maar vir my, ISIS! Hy gaan terug op my kerk!” Hierdie uitroep van vreugde kom kort na die AK-47s in hierdie dorp se strate stilraak. Beeldmateriaal van France24 wys hoe die Ariese Christene wat eens hier geleef het en nou meestal TheSun.co.uk (22/10/2016) LET FREEDOM RING Bells in Syrian Christian church that fell silent under ISIS once again chime after forces liberate town Beskikbaar by :https://www.thesun. co.uk/news/2027132/bells-in-syrian-christian-church-that-fellsilent-under-isis-once-again-chime-out/ Besoek op 04/19/2017

6

deel van die burgermag uitmaak letterlik op hulle knieë val en in trane uitbars voor die kerk. In die agtergrond lui die kerkklokke vir die eerste keer in twee jaar en ʼn geïmproviseerde houtkruis verrys bo die kerk. Twee manne hou die kruis vas, een hand op ʼn aanvalsgeweer die ander uitgesteek na die hemel. “Geen geloof kan hierdie regverdig nie, hierdie terroriste het geen geloof nie, hierdie is dan die huis van God! Hierdie is tog nie ʼn militêre gebou nie!” weerklink die uitroepe. Ander soen die mure van die kerk terwyl ʼn kerkdiens georganiseer word. Dit is egter eers nou, juis nou, in hierdie herdenkingstyd dat Christene uiteindelik Sinjar terugneem. Op Paassondag. Op die juiste dag van Goddelike oorwinning oor die dood. Op hierdie dag draai ʼn onbekende soldaat, met ʼn vuurwapen oor sy skouer en beweerde trane oor sy wange, die gruwels van die verlede om. In die puin wat eers Sinjar se kerk was, plant ook hy ʼn tuisgemaakte kruis. Dit is die ‘opwekking’ van die tyd voor die Islamitiese Staat. Tog ook baie méér as dit, want voor hierdie opwekking kon plaasvind, het daar baie bloed gevloei. Deus Vult my Koerdse en Irakese broeders. Ons dien dieselfde God en sowaar Hy het opgestaan, Hy het Triomfantlik opgestaan. Deus Vult! REDE

REDE|25


kruistogte Narratiewe

na wat waarheid is

Dit is belangrik om te merk dat dit wat ‘n samelewing as waarheid en realiteit beskou, direk gekoppel word aan die wyse waarop hulle die wêreld beskou, met ander woorde, hulle denkraamwerk

Jacobus de Bruyn

“Stories is my lewe!”

Illustrasie van narratiewe. Die meeste Afrikaanssprekendes onthou sekerlik nog hierdie bogenoemde woorde van die kinderprogram Wielie Walie se Sarel Seemonster. Oor die afgelope 30 na 40 jaar het daar ‘n nuwe navorsingsbeweging in die taalkunde ontwikkel. Hierdie nuwe beweging is bekend as die eksperiantalisme of belewenisleer. Volgens die eksperiantalisme is die opbou en gebruik van ‘n

26|REDE

taal, die gevolg van die mens se behoefte om te kommunikeer en om uitdrukking te gee aan sy denke en die belewenis van sy omgewing. Binne die eksperiantalisme is dit spesifiek die wetenskap van die kognitiewe linguistiek wat daarop toegespits is om na te vors hoedat die mens taal ontwikkel en gebruik om orde te gee aan sy bestaan en omgewing. Volgens hierdie navorsing verteenwoordig woorde konsepte


wat gesetel is in die denkwêreld (denkraamwerk) van die mens. Dus, om die taal en kommunikasie van ‘n gemeenskap ten volle te verstaan, moet eers aandag gegee word aan die denkraamwerk van die gemeenskap. Met ander woorde, hoe ‘n gemeenskap hulself, die wêreld en hulle plek in die wêreld, beskou.

en vermoë het om denkraamwerke en realiteite te skep. Vir verskillende mense bestaan verskillende realiteite, maar of dit nou die realiteit van skool, werk of selfs ‘n vakansiedag is, elkeen van hierdie verskillende realiteite word geskep deur narratiewe. Tereg kan dus gepraat word van die skeppingskrag van narratiewe.

Wat het dit dan met Sarel Seemonster te doen?

Die realiteit van skool word onder andere geskep deur wetgewing en sillabusse. In die lig van kognitiewe linguistiek is wetgewing niks anders as ‘n narratiewe weergawe van wat vir ‘n samelewing aanvaarbaar is al dan nie. Soortgelyk is sillabusse ook narratiewe van wat deur ‘n bepaalde samelewing as belangrik beskou word om hulle kinders te omvorm tot goeie landsburgers. In dieselfde lig word godsdienstige en politieke vakansiedae geskep en omraam deur narratiewe vanuit die geskiedenis. Twee voorbeelde kan genoem word. Op 4 Julie herskep baie Amerikaners hulle identiteit as nasie en die realiteit van hulle onafhanklikheid deur die viering en selfs opvoering van hulle onafhanklikheidsoorlog. Die tweede voorbeeld is die van Kersfees. Tydens die Kersgety herskep die lees van die Kersfeesnarratief vir baie Christene die realiteit van die geboorte van Jesus Christus en herinner dit hulle aan hulle identiteit as gelowiges.

Die antwoord: alles! Volgens die eksperiantalisme bou en beskryf ‘n gemeenskap die realiteit van sy bestaan, sy belewenis van die wêreld, en sy verhouding met sy omgewing, deur die samevoeging van woorde in die vorm van ‘n storie. ‘n Ander woord vir storie, is verhaal, of dan ‘n meer wetenskaplike term is die woord narratief. Elke gemeenskap skep en bou sy eie bestaansrealiteit en denkraamwerk deur die stories wat hulle vertel. Dus, soveel gemeenskappe, soveel stories; soveel denkgroepe, soveel verhale. Tereg beskryf die taalkundige George Lakoff dan die hele lewe, alle kulture en alle wêreldbeskouinge as ‘n narratief. Sarel Seemonster was dus reg, stories is inderdaad die mens se lewe. Narratiewe waarbinne die mens leef Van geboorteuur tot sterwensuur, word die mens gekonfronteer deur letterlik honderde narratiewe. Die doel van elkeen van hierdie narratiewe is onderskeidelik: • • • • •

om denkrame te vorm, om identiteit te skep, om orde te gee aan die samelewing, om te beïnvloed, om “waarhede” óf te bemark óf te verdoesel.

In die lig van hierdie doelstellings van narratiewe, is dit belangrik om in gedagte te hou dat menslike kommunikasie nie sommer maar net die uiter van woorde is nie. Eerder is kommunikasie die doelbewuste keuse en samevoeging van woorde in die vorm van ‘n opgeboude narratief. Dit kan soos volg verduidelik word: Alle woorde is die gevolg van die behoefte om te kommunikeer. Soos reeds in die inleiding genoem, verteenwoordig woorde konsepte wat gekoppel kan word aan menslike denkraamwerke, belewenisse en realiteite. Terselfdertyd is woorde die boustene van taal en narratiewe. Dit is belangrik om te verstaan dat woorde en dus narratiewe, nie net denkraamwerke, belewenisse of realiteite weergee en beskryf nie, maar dat woorde en dus narratiewe ook die krag

Nog voorbeelde van die skeppingskrag van narratiewe is die verkeerswet en liturgiese formules. Feitlik elke dag beleef pendelaars die realiteit van die verkeerswet. Vanuit die belewenis dat geen twee voertuie gelyktydig dieselfde ruimte kan beslaan nie, skep die verkeerswet ‘n veilige realiteitsruimte vir motoriste en voetgangers om in harmonie te verkeer. Liturgiese formules is frases van woorde wat op die terrein van godsdiens en die gereg gebruik word. Hierdie liturgiese formules word onder andere gebruik om voorwerpe en of mense van een realiteit na ‘n ander oor te dra. Só word ‘n dopeling tydens die Christelike godsdiens se doopseremonie, met die formule “ek doop jou in die Naam van die Vader, en die Seun en die Heilige Gees,” getransformeer vanaf iemand buite die geloofsgemeenskap tot iemand binne die geloofsgemeenskap. Alhoewel niks sigbaars gebeur nie is die waarheid van die transformasie vanaf buite na binne, gesetel in die kognitiewe godsdienstige belewenis van dié mense wat dieselfde denkraamwerk deel. Vir Christene is daar dus ‘n realiteitsverskil tussen gedoopte en ongedoopte persone. Dieselfde tipe transformasie vind plaas tydens ‘n huwelikseremonie. Tydens die huwelikseremonie gebruik die huweliksbevestiger die formule: “…hiermee verklaar ek dat persoon A

REDE|27


Narratiewe denkwêreld en persoon B regtens getroud is.” Die realiteitsposisie waarbinne die samelewing die getroude paartjie beskou, verskil dramaties van voor die uitspreek van die huweliksformule en daarna. So byvoorbeeld het die getroude paartjie nou binne die nuwe realiteit van die huwelik, bepaalde verantwoordelikhede teenoor mekaar wat daar nie was voor die huwelik nie. Hierdie nuwe realiteit van die huwelik wat geskep is met die huweliksformule, kan dan slegs weer ongedaan gemaak word deur ‘n egskeidingsformule wat deur ‘n hof uitgespreek kan word. Dit is belangrik om te merk dat dit wat ‘n samelewing as waarheid en realiteit beskou, direk gekoppel word aan die wyse waarop hulle die wêreld beskou, met ander woorde, hulle denkraamwerk. So byvoorbeeld is die realiteit van die huwelik vir die meeste Westerlinge ‘n waarheid wat gesetel is in die verbintenis van een man en een vrou. Die meeste Arabiese- en sekere Afrikagemeenskappe deel egter nie noodwendig hierdie selfde waarheid rondom die huwelik nie. Die rede hiervoor is omdat binne die denkraamwerk van baie Arabiese en Afrika gemeenskappe die realiteit van die huwelik, die waarheid van poligamie kan insluit. In verskillende gemeenskappe sal daar dus verskillende narratiewe vertel word om die verskillende persepsies en dus waarheid van die huwelik te legitimeer. Daar is dus ‘n onlosmaaklike verband en wisselwerking tussen die vertel van narratiewe; die opbou van denkraamwerke en realiteite. As gevolg van hierdie wisselwerking tussen die vertel van narratiewe; die opbou van denkraamwerke en realiteite, is dit wat as waarheid beskou word in ‘n gemeenskap, nooit absoluut vas nie. Inteendeel, dit wat ‘n gemeenskap as waarheid beskou kan in ‘n oogwenk verander deur die aanhoor van eenvoudige narratiewe

28|REDE

soos die van ‘n weervoorspelling, nuusberigte of meer komplekse narratiewe vanuit argeologiese of natuurwetenskaplike kringe. Hier kan ons dink aan die verandering in denkraamwerke wat teweeggebring is deur narratiewe soos dié van Charles Darwin se Origin of Species. Deur die geskiedenis heen is dit so, dat dit wat mense glo, hulle as ‘n realiteit beleef. Vir elke mens is dit wat hy of sy glo die realiteit van hoe die wêreld funksioneer. Die waarheid is dus iets wat mense glo realiteit is. Waarheid word egter geskep deur die vertel van kragtige narratiewe. Hoe dit ook al sy, narratiewe help die mens om sin en orde te gee aan sy omgewing, sodat hy gekultiveerde gemeenskappe kan bou op dit wat hy binne sy raamwerk, as waar beskou. Narratiewe wat oortuig Narratiewe het skeppingskrag, daarom het narratiewe ook oortuigingskrag. Dit is dan veral politici en godsdienstige leiers wat die skeppingskrag van narratiewe benut en selfs uitbuit om mense van hulle eie “waarheid” te oortuig. Vanaf die vroegste tye het mense narratiewe gebruik om mekaar te oortuig of te beïnvloed. Só is narratiewe gebruik om koningshuise se reg om te regeer, te legitimeer; óf, waarom oorlog gemaak moet/mag word; óf waarom sekere gode belangriker was as ander. In die geskiedenis van Israel word die Dawidshuis se reg om te regeer, gelegitimeer deur ‘n verhaal wat vertel dat die God van Israel met Dawid ‘n verbond gesluit het. George W Bush regverdig sy inval in Irak met ‘n narratief van wapens-vanmassa-vernietiging. En soortgelyk vertel die Enuma Elish (Babiloniese skeppingsverhaal) waarom die god Marduk, die koning van die gode mag wees.


In elkeen van hierdie voorbeelde onderskeidelik, is die narratief wat gebruik is, so gestruktureer dat die waarheid van die verhaal óf gekoppel is aan goddelike sanksie, óf vrees, óf goddelike skeppingskrag. Die verteller gebruik dus konsepte of belewenisse van binne die denkraamwerk van sy gehoor, om hulle te oortuig van sy waarheid. Kom ons neem nog ‘n voorbeeld, naamlik die Eerste Golf Oorlog (Augustus 1990 tot Februarie 1991) waar Amerika opgetree het ter beskerming van Koeweit teen Irak. In die moderne Westerse samelewing word geweld teen vroue en kinders sterk afgekeur. In ‘n toespraak bekend as The rape of Kuwait benut president George Bush (sr) juis hierdie geweld teen vroue om die Verenigde State se inval in Irak, te regverdig. Dit volg na aanleiding van ‘n foto waarin ‘n Irakese soldaat ‘n Koeweitse vrou verkrag. Volgens Bush se toespraak is die foto van die soldaat wat die vrou verkrag dan ‘n metafoor van Irak wat Koeweit onregmatig binnegeval het. Enige iemand wat dus ‘n voorstander van vroueregte is, sal dus kan/moet saamstem, dat Amerika die reg het om Irak – as die boelie en verkragter, op sy plek te sit. Inteendeel, dit sou dus eintlik die plig wees van elke Westerse land wat verkragting verafsku, om Irak binne te val. Met hierdie toespraak is sekere waarhede van waarom Irak Koeweit binne geval het, egter verdoesel. So weet min Westerlinge vandag dat Koeweit egter Irak uitgelok het deur Irakese oliepypleidings te vernietig.

Met sy “sterker” narratief het Bush dit egter reggekry om tot die waardesisteem van die Westerse wêreld deur te dring. En sy taktiek was bloot om ‘n konsep soos verkragting met nuwe betekenis te vul en op so ‘n manier sy gehoor te oortuig. Narratiewe wat bots Nie alle narratiewe oortuig egter so maklik soos president Georg Bush se Rape of Kuwait nie. Gewoonlik is daar meer as een oortuigende narratief. Só ‘n situasie met meer as een oortuigende verhaal, lei tot ‘n botsing van narratiewe. Dikwels word ook alternatiewe narratiewe opgestel juis om ander narratiewe teen te staan of uit te daag. In sulke gevalle waar narratiewe as swaarde teenoor mekaar gebruik word om mense te oortuig, word die waarheid gewoonlik ‘n speelbal. Wat is waar? Wat is onwaar? Dit verg daarom dikwels ‘n luister na wat nie gesê word nie – ‘n tipe van lees tussen die lyne om die waarheid te onderskei. As ‘n voorbeeld van botsende narratiewe kan genoem word die narratief van Hillary-Clinton-seepos-skandaal wat staan teenoor Donald-Trumpis-‘n-vroue-molesteerder, in die 2016 Amerikaanse presidentsverkiesing. Noudat die verkiesing verby is en Trump gewen het, kan tereg gevra word: waar is die sogenaamde verdoemende eposse teen Clinton nou? Of: waar is die 12 vroue nou, wat net ‘n week voor die verkiesing steeds daarop aangedring het dat Trump hulle seksueel misbruik het? Selfs nadat die Amerikaanse verkiesing verby is, word narratiewe oor CNN vertel, dat Trump die verkiesing gewen het, omdat die proporsionele verkiesingstelsel van Amerika, deur wit rassiste opgestel is. Natuurlik word die narratief van ‘n eerste swart president – wat deur middel van dieselfde proporsionele verkiesingstelsel as Trump in 2008 aan bewind gekom het, nou opsy geskuif. Trump is ‘n rassis, ‘n narratief wat staan teenoor die narratief dat Trump ‘n rekord aantal Latino-stemme getrek het.

The rape of Kuwait.

Nog ‘n voorbeeld van botsende narratiewe is die narratief van Rusland se sogenaamde anneksasie van Krim-skiereiland op 18 Maart 2014. Die Europese Unie en Amerika beweer dat Rusland nie net die Oekraïne wederregtelik binne geval het nie, maar ook deur die anneksasie van Die Krim, grondgebied van die Oekraïne afgeneem het. Aan die ander kant is daar egter die narratief wat vertel dat Die Krim ‘n outonome territoriale gebied was en is, wat deur ‘n referendum gestem het om deel te wees van die

REDE|29


Russiese Federasie eerder as van die Oekraïne. Daar is egter geen reëls wat stipuleer dat narratiewe altyd waar moet wees, of die volle waarheid moet wees nie. ’n Narratief wat oortuig Narratiewe kan op verskillende wyses opgebou word om mense te oortuig. Hier word net die twee mees algemene kortliks bespreek, naamlik: om elemente uit ‘n ander persoon se denkwêreld oor te neem, maar met nuwe inhoud en betekenis te vul; die verdagmaking van ‘n persoon deur etikettering en beraming (framing) Om elemente uit ‘n ander persoon se denkraamwerk te neem en met nuwe inhoud te vul, is baie algemeen. Regdeur die geskiedenis gebruik godsdienstige en politieke leiers hierdie tipe van narratiewe-tegniek. Só benut talle Bybelskrywers die konseptuele denkwêreld van Israel se buurvolke om byvoorbeeld hulle monoïstiese geloof te verdedig en te verduidelik teenoor ‘n politeïstiese wêreld. Genesis 1 is hiervan ‘n goeie voorbeeld. So neem die skrywer van Genesis 1 waarskynlik die Babiloniese skeppingsverhaal, die Enuma Elish, en vul dit met nuwe inhoud – sodat die narratief uiteindelik uitsluitlik die skeppingsmag en koningskap van die God van Israel, besing en bevestig. Die sogenaamde apologetiese kerkvaders gebruik ook hierdie selfde tegniek in hulle verdediging van die Christelike godsdiens teenoor ‘n Grieks-Romeinse wêreld. President George Bush senior se Rape of Kuwait is ‘n meer kontemporêre voorbeeld van hierdie narratiewe-tegniek. Hiérdie manier van narratiewe opbou om mense te oortuig, verg egter ‘n goeie kennis van hoe die persoon wat oortuig moet/wil word, doen en dink. Bush moes dus verstaan watter emosionele saak vroueregte en die beskerming daarvan vir ‘n Westerse demokratiese samelewing is. Ook moes Bush verstaan wat die psigiese impak daarvan is vir ‘n vrou om deur ‘n groter en sterker man oorrompel te word - alles sodat hy Irak se inval in Koeweit kon vul met die inhoud van ‘n verkragting. Tydens verkiesingsveldtogte word dikwels waargeneem hoedat die bekende simboliese narratief van ‘n stopteken, gevul word met die nuwe inhoud; om ‘n bepaalde kandidaat te stop, deur bloot ‘n bordjie met ‘n naam van die betrokke kandidaat aan die onderkant van die normale stopteken te plaas. Só word die narratief van om verantwoordelik te

30|REDE

wees deur te stop, verleng na ‘n narratief wat mense oproep om verantwoordelik te wees en bepaalde kandidate te stop. Byvoorbeeld: Stop Hillary. Die tweede wyse waarop narratiewe opgebou kan word om mense te oortuig, is deur etikettering. Hierdie tegniek behels dat ‘n persoon of idee omraam word deur ‘n narratief wat van die persoon of idee iets maak wat nie-aanvaarbaar is nie. Tydens hulle konflik om alleen-beheer oor die Romeinse Ryk, gebruik Oktavianus, Markus Antonius se verblyf in Egipte en sy seksuele verhouding met Kleopatra, om Antonius te etiketteer as ‘n nie-Romein en selfs ‘n Egiptenaar. Deur hierdie etikettering van Antonius, slaag Oktavianus daarin om die Romeinse Senaat daarvan te oortuig dat oorlog teen die Egiptenaar die enigste manier is om Rome se veiligheid te verseker. Markus Antonius was baie gewild by die gewone Romeinse bevolking, maar deur hom te skets as ‘n nie-Romein, iemand wat sy gesig verf en voor honde en katte buig en bid, slaag Oktavianus daarin om die populus in Rome teen Antonius te draai. Soortgelyk het Theodor (Teddy) Roosevelt se opponente hom van kruipende kommunisme beskuldig weens sy staatsbeheerde openbare opheffings- en werkverskaffingskemas tydens die Groot Depressie van die 1930’s. Vandag steeds beleef ons hoe woorde soos liberalis, fundamentalis, rassis, seksis, verkramp, ketter en kommunis, rondgeslinger word in alledaagse gesprekke, alles in ‘n poging om die ander mense en hulle standpunte as gevaarlik en verkeerd te omraam. Hoekom slaag hierdie tegniek so dikwels? Omdat die etikettering van ‘n persoon hom/haar van die begin af op die agtervoet plaas in die vertel van hulle narratief. Die etikettering van ‘n persoon deur sy/haar opponent, gee volgens die publieke denkraamwerk reeds aan die geetiketteerde ‘n bepaalde identiteit, nog voordat hy/sy self sy/haar eie narratief vertel het. Die samelewing se belewenis van die geetiketteerde persoon word dus reeds gevorm nog voordat hy/ sy self sy/haar narratief kon stel. Hierdeur kry die opponent dit reg dat die samelewing reeds met ‘n vooropgestelde idee en bevooroordeling na die geetiketteerde luister. Weer is daar egter geen reëls wat bepaal dat hierdie tipe etikettering waar hoef te wees nie. Maar deur sy etikettering kry die opponent dit reg om alles wat iemand sou vertel en sê, verdag te maak. Selfs in só ‘n mate dat dit nie eers nodig geag hoef te word om te luister na wat gesê word nie, want die persoon is mos in elk geval ‘n liberalis/ kommunis/rassis/fundamentalis (of watter etiket ook


al). Hierdie tegniek word natuurlik veral gebruik as ‘n opponent self nie ’n baie oortuigende narratief het om te vertel nie. Dit bring ons by een van die grootste nadele van die strukturalisme, naamlik die onvermoë van mense om te lees, te luister en dus te hoor wat iemand anders sê. Hiermee saam die onvermoë om terug te debatteer op grond van wat ‘n persoon sê. Tipiese strukturalistiese denke wil almal en alles in hanteerbare raampies met etikette plaas. Soveel so dat daar nie gedebatteer kan word alvorens die persoon na wie geluister word, nie eers geëtiketteer word nie. Eers moet vasgestel word waar die persoon vandaan kom, waar hy/sy gestudeer het en onder wie. Ons beleef hierdie optrede in ons tyd in sowel teologiese en politieke debatte. Só word tersiêre instansies teenoor mekaar afgespeel as sus of so en word altyd gekoppel aan een of ander onwaarheid of waarheid in die verlede wat dan as ‘n etiket aan mense gehang word wat daar studeer het. So ‘n etikettering vind dus dikwels plaas nie op grond van wat ‘n persoon sê nie, maar wat mense dink hy/ sy sê. Deur die persoon in ‘n hanteerbare raampie met ‘n etiket te plaas, beteken dan vir baie mense hulle kan reageer teenoor die persoon, sonder om noodwendig na sy argument te luister nie. So beleef ons dan dikwels hoe mense by mekaar verby redeneer en mekaar misverstaan, omdat hulle nie na mekaar se argumente luister nie, maar eerder reageer op die raampies waarbinne hulle mekaar plaas.

Kruistog na die waarheid As mensdom word ons hele bestaan elke dag gevorm en omraam deur narratiewe. Te reg kan gevra word: Hoe weet ek wat waar is? In ‘n wêreld waar narratiewe soos skanse teenoor mekaar opgestel word, kan die soeke na die waarheid inderdaad beskryf word as ‘n kruistog. Die waarheid is nie altyd so maklik bekombaar nie en is grootliks daarvan afhanklik of jy bereid is om enduit daarna te soek; tot in Jerusalem. Dit is natuurlik te sê as jy weet hoe die waarheid lyk waarna jy soek en hoe gemaklik jy met die waarheid, wat jy tans het en ken, is. Die narratiewe wat jy glo en vertel, skep en bou jou identiteit as mens, daarom is ‘n soeke na die waarheid ook ‘n kruistog na ‘n eie identiteit. Die kruistog na die identiteit van ‘n gemeenskap lê dus in die narratiewe wat hy vertel. In ‘n post-1994Suid-Afrika is dit dus vir elke Afrikaner belangrik om hom/haarself af te vra: Wie is ek? Waar pas ek in? Want as jy dit nie self doen nie gaan dit vir jou vertel word; wie en wat jy is en waar jy inpas. Is so ‘n waarheid wie jy wil wees? Jy vra my: Hoe weet jy wat waarheid is? My teenvraag aan jou: Hoe seker is jy van die narratiewe waarbinne jy lewe? Sarel Seemonster was reg. Stories is die mens se lewe, stories is wie jy as mens is. Vertel my jou storie – vertel jý my jóú waarheid. REDE

REDE|31


#mySTAD

75 eenhede vir nog 250 Oraniërs.

Orania groei! Help ons om ’n plek vir ons mense te bou.

Helpsaamfonds Absa, Rekening: 9164504961, Takkode: 632005 32|REDE

053 207 0062 | helpsaam@orania.co.za


Kruistog na die hart

van die mens

Die kuns van oortuiging en die oortuiging deur die kuns

Binne die maalkolk van die hart vermeng die ideologie en die emosie tot so ’n mate dat dit die potensiële energie van die massas ontsluit en wanneer sulke energie op so ’n wyse geaktiveer word, gebeur dinge. Die potensiële energie word kinetiese energie. En ’n beweging begin beweeg.

Pieter Krige

Inleiding “Meer as dit, Christus beveel dit.” Pous Urbanus II In die 1095ste jaar van ons Heer, het die woord vanaf pous Urbanus II uitgegaan: “Alhoewel, O seuns van God, julle ernstiger as voorheen beloof het om die vrede onder julle te behou en die regte van die kerk te bewaar, is daar verdere belangrike werk wat vir julle voorlê. Opnuut aangevuur deur die goddelike, moet julle die krag van jul geregtigheid aanwend tot ’n verdere saak wat julle sowel as God raak. Want jul broeders wat in die Ooste woon, benodig dringend jul bystand. En julle moet spoedig aan hulle die hulp verleen wat jul beloof het. Soos meeste van julle gehoor het, het die Turke en die Arabiere hul aangeval en die gebied van Romania (Die Griekse Ryk) so vêr Wes as die kus van die Mediterreense see en die Hellespont, wat die Arm van St George genoem word, oorgeneem. Hulle okkupeer meer en meer van daardie Christene se grondgebied en het hulle al in sewe veldslae oorwin. Hulle het ’n menigte vermoor en gevange geneem, kerke geplunder en die ryk vernietig. Indien julle toelaat dat hulle met

REDE|33


hierdie onreinheid voortgaan, sal die gehoorsames van God op ’n nóg wyer front deur hulle aangeval word. Om hierdie rede wil ek, eerder Die HERE, julle met erns versoek, as Christus se boodskappers, om dit oraloor bekend te maak en om alle mense, van watter stand of rang ook al, voetsoldate, ridders, arm en ryk te oorreed om bystand te verleen aan daardie Christene en om daardie veragtelike ras binne die grondgebied van ons vriende uit te roei. Ek sê dit vir almal teenwoordig, ek bedoel dit ook vir al die afwesiges om te hoor. Meer as dit, Christus beveel dit.” En met hierdie woorde van Urbanus gryp hy die harte van mense aan en hulle, die gelowiges, ridders, armes, voetsoldate en huursoldate trek op om op ’n gemeenskaplike front die aanslae te verweer en om verlore gebied terug te neem. Daar word gereken dat hierdie eerste ekspedisie na Jerusalem in totaal 700 000 mense gemobiliseer het. Terugskouend kan mens vele indrukke en opinies formuleer oor hierdie, wat later bekend sal staan as die eerste kruistog. Die feit is dat die inspirasie en verkondiging van Urbanus die hart van die mense aangegryp het en hulle vir ’n grootse saak opgesaal het, om uiteindelik die heilige stad uit die hand van die Islam te bevry. Die eintlike vraag wat hierdie stuk geskiedenis by my laat is: Hoekom het die mense met soveel oorgawe reageer; wat het Urbanus reg gedoen sodat hy nie uiteindelik alleen die mure van Jerusalem bestorm het nie? Die hart van die mens Ek wil eerstens aanbied dat ek die hart van die mens met ’n filosofiesgelensde bril aanskou. Die hart van die mens sal ek beskryf as die maalkolk waar, aan die een kant die gedagtewêreld die ideologie, die teologie, die filosofie, die wetenskap, die denke; en aan die ander kant die emosionele, gevoels- en beleweniswêreld, die passie, die oortuiging, die oorgawe ineenstroom om die mens tot inherente aksie te bring. Die hart is die plek waar die oorsaak tot gevolg oorgaan. Die hart is die plek waar die inwerkinge en die interne mekaar ontmoet en die potensiële oorgaan tot die kinetiese. Dit is waarskynlik ’n oorvereenvoudiging, die mens is tog immers ’n meta-wese, maar dit is juis my punt en vraag: Is dit verklaarbaar, selfs voorspelbaar, miskien aanwendbaar? Kan daar gefokus word op die hart van die mens om politieke of religieuse agendas oor te dra, om selfs medewerkers te kry. Ek oordeel dat as die teologie en die politiek nie die hart as die dal van Megiddo vir die stryd om menswees beskou nie, dat so ’n stryd blywend op die agtervoet, selfs aan die verloor, geveg sal word.

34|REDE

Die begin van ’n beweging Binne hierdie gedagtevlug het ek voor drie komponente van ’n beweging te staan gekom: Die ideologie, die medium of voertuig van die ideologie en die ontvanger. Boodskap, metodiek, hoorder. Met die eerste Kruistog was die ideologie die teologie van Urbanus – die oproep tot die gehoorsaamheid aan die goddelike opdrag, die sentiment wat Jerusalem vir die Christene inhou en die kragtige belofte dat daar in Jerusalem vergifnis vir sonde is. Hierdie gewigtige boodskap, het, met die sterk gelade bevrydings- en gehoorsaamheidsretoriek, die hart van prinse en bedelaars aangegryp. Die boodskap was eietyds, verstaanbaar, populisties en misterieus genoeg om die hart en verbeelding aan te gryp; en die swaarde en spiese tot aksie te dryf. ’n Oproep tot gehoorsaamheid met ’n goddelike mandaat en ’n belofte wat die hier en nou transendeer. Ek sou dit waag dat Urbanus se boodskap binne ’n hopelose wêreld hoop gebied het; 700 000 mense gryp dit aan! Die mens kon in ’n sekere sin, deur oorgawe en opoffering sy eie heil bewerkstellig. Ek wil nie die teologie en dogma beoordeel nie, dit is nie die doel van my gedagtevlug nie, ek wil die effektiwiteit van die oproep van die massas beoordeel; om ten minste te poog om dit te verstaan. Die kuns as die boeke vir die leke Die krag van oortuiging. Inbegrip dat die mensdom sedert 1095 aansienlik verander het, wil ek tog tyd in beslag neem om na die sitz im leben van die eerste kruisvaarders te kyk; om te peil hoekom Urbanus se preek getref het. Mens moet iets van die Kerk van daardie tyd verstaan om die mens wat sou inkoop op die ideologie te verstaan, gegewe dat dit binne die bestek van hierdie skrywe kursories gedoen moet word. Eerstens was die 700 000 wat opgeruk het na Jerusalem, in oormag meerderheid van Franse nasionaliteit gewees, dermate die Turke die kruisvaarders Franke genoem het, al was die pelgrimstog vanuit regoor Europa saamgestel. Dit is opmerksaam dat Urbanus self ook ’n Fransman was, dus sou sy boodskap diepste getref het onder sy volksgenote. Met ’n kantnota was daar ’n Anti-pous in Rome gewees en hulle het gewedywer om die erkenning; wat interne struwelinge en posisionering gedryf het. Ek konkludeer dat Urbanus persoonlike belange in die sukses van hierdie kruistog gehad het, omdat dit hom sou legitimeer as die ware Pous.


Tweedens was die teologie van jou eie dade vir jou eie heil in die kern van die kerk te vinde. Dit was dus nie bloot ’n manipulasie van die gewone man nie, maar vanuit ’n opregte oortuiging en geloof in die saak uitgeroep.

ideologie en die emosie tot so ’n mate dat dit die potensiële energie van die massas ontsluit en wanneer sulke energie op so ’n wyse geaktiveer word, gebeur dinge. Die potensiële energie word kinetiese energie. En ’n beweging begin beweeg.

Derdens was die prediker, of dan in besonder die Pous gesien as die spreekbuis van God, dus was sy uitsprake gesien as die woord van God self wat, uiteraard, aan so ’n boodskap gewig gegee het, gewig wat ontkenning van die oproep as ongehoorsaamheid laat weeg het.

Populisme, humanisme en die vakuum van ondeurdagte revolusie

Hierdie volksidentiteit, lojaliteit teenoor vaderland en religieuse sentiment wat millennia aan Jerusalem verbonde is, saam met die gedagte dat jy vir jou eie sondes redding kan bewerkstellig, het binne die hoorder die gesonde grond voorberei vir die saad van die goddelike mandaat om te ontkiem en te groei. En ’n beweging word gebore. Die beeldwerk en kunste, asook die simboliek van die sakramente is al beskryf as die boeke vir die leke. Die leke is dan nie in hierdie konteks negatief bedoel nie, maar om onderskeid tussen die kerklike amptenary en die lidmate te tref, waar die lidmate dan nie binne die kerklike instituut dienste verrig nie, maar wel in die sekulêre wêreld. Die bedoeling was oorspronklik dat die leke as’t ware sekulêre kerkamptenary sou wees. Waar die kerklike amptenary binne tye voor die renaissance meer toegang tot akademiese opleiding gehad het, het hulle ook toegang tot die geskrewe woord gehad. So het die kerk die prediking, beelde, kunswerke en die sakramente kunstig gebruik om die woord aan die gewone lidmaat of die leek te verkondig. Die hoorder was dus afhanklik van die spreker om die woord van God te hoor en binne die kunste, oratories ook, het hul God gevind. Dit is moeilik om te bepaal of Urbanus ’n goeie kunsvaardige orator was, dit is egter duidelik dat sy boodskap tot die hart van die mensdom gespreek het. Sy boodskap was ook eenvoudig genoeg – duidelik genoeg. Daar was ’n pertinente taak toegedeel: Gaan en veg teen die mense wat ons plek, ons mense en ons geloof bedreig. Hy het ook aan sy ideologie die onbetwisbare goddelike mandaat gegee, Deus Vult – God wil dit. Sy boodskap was gewigtig, so gewigtig dat dit ten diepste ewigheidsdinge geraak het. Sy gehoor was ontvanklik omdat die boodskap, die medium en die resultaat belyn was – dit het vir die gehoor sin gemaak. Sy saak het as’t ware hul saak geword. Binne die maalkolk van die hart vermeng die

Waar humanisme grootliks worstel met die vraag na wat die mens eintlik wil hoor en wil hê, met ander woorde die mens as doel, fokus die populisme op die mens as ’n bruikbare middel, soms met tragiese gevolge, maar die mens is die middel tot die doel en die doel is om die populis se ideologie tot uitvoering te bring. Dit is juis hier waar mens die grootse verantwoordelikheid moet besef. Die idealis of denker wat hom wend tot populisme neem ’n tweesnydende swaard uit die skede. Eerstens loop hy die gevaar dat sy strewe om sy idee aan die massas oor te dra, en hulle deur dit te aktiveer, so afgewater aangebied moet word, dat hy uiteindelik ’n massabeweging begin wat die doel totaal mis. Tweedens kan sy idee ook baie maklik verwerp word asof nie van toepassing op die gewone mens. Dit is dan met hierdie swaard wat hy ’n beweging begin. Die gevaar van suiwer populisme is dat die invloei in die hart van die mens, slegs emosioneel van aard is en dit maak so ’n beweging óf vlietend, óf gevaarlik en altyd vakuumformerend. Dit is om hierdie rede dat die boodskap, die rede, die rasionele ewewigtig die emosionele in die hart moet invloei. Dat wanneer die beweging momentum kry, die saak gewigtig in die hart van die massa ook sal weeg. Die dwang van manipulasie en die krag van oorreding Dit is soms ’n papierdun grens waarop mens beweeg. Die kuns van oorreding het immers ten doel om mense saam met jou te neem, die kuns van manipulasie ook. Ongeag wat jou doel is, is dit om andere tot aksie te bring. Die een stoot, die ander een trek. Die een beveel, die ander oorreed. Daar is verskeie metodes van manipulasie. Een voorbeeld is die valse religieuse, ’n ander is die belofte van onbereikbare uitgifte en ’n baie gewilde metode is die daarstel van ’n strooipopbedreiging. Ek wil nie oor al die metodes skryf nie, maar wil vinnig laasgenoemde verduidelik: Die strooipopmetodiek word gewoonlik binne manipulasie ontbloot. “Die vyand is hier, die vyand is nou, kyk die vyand gaan jou oorweldig.” Die

REDE|35


strooipop word beklee met die waarheid, maar die inhoud is die leuen, of ten minste die oordrewe werklikheid. So reageer die mens op ’n bedreiging wat voor die drumpel aangebied word en vrees word geskep. Vrees is ’n kragtige motiveerder tot aksie. Die gevolg van so ’n quasi-werklike aanpor tot aksie is die onafwendbare absolute ontnugtering na afloop van die gebeure. Die burgery is gebruik, soos pionne en hulle kom dit agter, meestal nadat die orator sy doelwitte bereik het, maar hy verloor dan absoluut en permanent die hart van die mens, dermate geen opvolgende orator ooit weer onverdag bejeën word nie. Die eerlikheid en eenvoud van oortuiging het ook die potensiaal om die mens tot aksie te dryf, om die doelwitte te bereik, om ’n beweging te begin. Die onderskeid is egter in die volhoubaarheid en ek sal verduidelik: Die politiek van oortuiging het, inbegrip, die voorvereiste dat die idealis, wat dan oorgaan tot die orator, die blywende inherente oortuiging het dat die ideologie sin maak. Dus vloei die boodskap dan nie bloot vanuit die emotiewe of net die kognitiewe nie, maar dit vloei vanuit die hart. Die oproep is dan as’t ware die hartstaal van die idealis. Die effek is dat die mense, selfs na die saak, steeds vertroue in die opregtheid en die eerbaarheid van die leier sal behou. Die oortuiging skep as’t ware ’n beweging wat momentum sal kan behou, omdat hy mense saam met hom kon neem op hierdie reis na die doel. Ons begin ’n beweging Die kruistog na die hart van die Afrikaner is een wat meermale gefaal het. Die oproep tot aksie in ons geskiedenis het telkemale gely tot diepe interne konflik, soms omdat die ideologieë onbelyn was, soms omdat die boodskap te afgewater was, soms omdat die ideologie te vêr verwyderd van die burgery was en soms omdat dit blatante manipulasie was. Ek sal egter oordeel dat Afrikanerpolitiek te min aandag geskenk het aan die hart van die burgery as die groeiterrein van ’n beweging en om hierdie rede was en is bewegings grootliks gekenmerk deur ’n kerngroepie en ’n handjievol volgelinge. ’n Kenmerk van die Afrikaner is die individualisme wat moontlik aan ons ontstaangeskiedenis te danke is. Hierdie individualisme en selfdenkendheid maak van ons ’n formidabele volk, maar ook ’n volk wat moeilik verenigbaar is. Ons ontstaangeskiedenis is nie veel anders as, as voorbeeld, die ontstaan van Noord-Amerika nie, en selfs vandag nog beleef hulle ook die groot interne verdeeldheid van ’n volk

36|REDE

gebou uit vele dele. Amerika het dit egter vermag om dit tot voordeel aan te wend, waar ons grootliks gefaal het. My eintlike vraag is na die rede dat die konserwatiewe politiek of die regse politiek nie geslaag het om die hart van die mense aan te gryp nie, terwyl die liberale dit juis vermag het. Hierdie tendens is opmerklik binne die Afrikaner, maar ook binne die nie-Afrikaner politiek. Die liberalisme was ons altyd een voor omdat hulle die harte aangegryp het en ’n beweging van die massas gemobiliseer het. Ons bevind ons vandag in ’n nuwe wêreld met nuwe uitdagings. Sedert 1994 het die moed en hoop van die Afrikaner ’n afwentelende spiraal beleef, dermate meeste individue en individuele gesinseenhede se bestaan slegs oor die kleine gaan. Hulle bou ’n muur wat poog om die wêreld wat hul ontnugter buite te hou; en die muur word as’t ware ook die tronk wat hulle binne hou. Kunsvorme as die spreektaal van die hart. As ek eerlik die oploop na die val van die vorige bedeling moet beoordeel, is dit omdat die vorige bedeling, alhoewel hul ideologie myns insiens tot voordeel van die hele Suidelike-Afrika sou wees, gefaal het om hierdie ideologie binne die hart van mense te laat groei. Ek glo ’n bydraende faktor was die feit dat kuns as medium grootliks geïgnoreer was. Ek gaan onderskeid maak tussen die opinie van ’n glanspersoon of kunstenaar oor die politiek en die kunsvorme wat tot die hart van mense kan spreek. Myns insiens het verskeie akteurs en sangers se kritiek op Trump voor die verkiesing, nie tot die hart van mense gespreek nie, maar films soos The Hunger Games, reekse soos Game of Thrones en verskeie anti-gevestigde orde musiek het die harte van ’n generasie aangegryp. Ek glo die opkoms van die huidige anti-establishment beweging en hierdie retoriek, vind vandag uiting binne die kommersiële media in, onder andere, die voorafgenoemde films en reeks, maar ook in vele ander TV- en filmproduksies, omdat die generasie wat nou begin oorneem, die generasie X, grootgeword het met anti-establishment musiek en poësie. Kurt Cobain, Green Day, Linkin Park, The Offspring, Blink 182 en vele ander het ’n generasie gevorm. En hierdie retoriek vind uiting in die kunste wat vandag bemark word en verander die politieke klimaat van die wêreld. Toegewend was die kunstenaars se dryfkrag nie noodwendig konserwatief van aard nie, maar dit het wel die idee van verandering by die stembus laat klink.


Green Day, anti-gevestigde orde kunstenaars van die 90’s Die konserwatiewe politiek het pogings geloods en die resultate is tog vandag sigbaar as mens twintig jaar gelede se jongmense, wat deur produksies soos Skilpadliefde geraak is, se menings peil. Dit het egter nooit die hoofstroom bereik nie. Ook is dit so dat vele van die mentors binne die kunste vanuit ’n tydperk kom waar die kunste ’n liberale agenda gedryf het, dus is daardie invloed steeds sigbaar. Ek oordeel egter dat soos ’n nuwe generasie die mentorsposisies begin inneem dat die ewewig weer meer regs-sentraal en konserwatief kan swaai.

hart van die jongmense te laat groei.

Wat ek egter ook opmerk, is dat ’n beweging nie ’n korttermyn aksie kan wees nie, maar ’n goed uitgewerkte, dog dinamiese, strategie wat oor jare en geslagte heen met die hart van mense besig is. Indien die kunste vandag, met ’n aktiewe poging na die hart van die mens beskou word, glo ek dat musiek so ’n invloed op die huidige tiener kan hê dat ons teen 2026 ’n sterk swaai in die rigting van konserwatisme sal begin sien, mits ons die kunste aktief begin aanwend om ons ideologie binne die

In ’n wêreld waar Bob Dylan die Nobel-prys vir literatuur kry, pleit ek vir aktiewe befondsing en beplanning binne die kunste. Ek pleit vir die leiers om ernstige pogings aan te wend om eerstens kunstenaars te oortuig, sodat die kunstenaars tweedens met hierdie ideologie na die hart van die mens kan gaan. Ek pleit vir ’n konserwatiewe Kunsteskool binne Orania en in 2017 gaan die Orania Kunsteraad ernstig met beplanning rondom hierdie onontbeerlike deel van ons beweging begin.

Die kunste kan as’t ware die medium wees wat deur die politiek van oortuiging aangewend word om die breë-kerk van die volk se hart te bereik. Binne ’n bevolking is die minderheid vêrlinks en vêrregs en die massa, wat die teikengroep vir ’n sterk beweging moet wees, kantel iewers in die middel. Dit verg veel minder oortuiging binne die massa om hulle gedagtes te draai, maar dit verg veel beter en oortuigender ideologieë om hulle tot aksie te bring.

Ek pleit daarvoor, “Meer as dit, Christus beveel dit.”

REDE

REDE|37


Andrew Breitbart

en die kruistog vir gebalanseerde mediadekking

Hy het ook dikwels sy kommer uitgespreek oor die linkse media wat weet hoe om propaganda te bevorder deur onder meer die Hollywood-bedryf daarby te betrek terwyl die konserwatiewe beweging weer gereken het dat hulle opinies kan beïnvloed deur statige politici as die meningsvormers te gebruik.

James Kemp

“Loop reguit na die vuur. Moenie bekommerd wees oor wat hulle jou noem nie. Al daardie dinge word teen jou gesê om jou in jou spore te stuit. Maar as jy aanhou stuur jy `n boodskap aan diegene wat jou ondersteun en wat met jou saamstem. Die boodskap is dat hulle dit ook kan doen.” - Andrew Breitbart Breitbart, pizza en E! Entertainment Dit is die eerste dag van Februarie in 1969. Lyndon B Johnson het tien dae gelede die tuig as Amerikaanse president neergelê en Richard Nixon het by hom oorgeneem. Op die dag word Andrew in Los Angeles, California gebore. Sy geboortesertifikaat dui daarop dat sy biologiese pa `n folk-sanger is. Andrew Breitbart sou hom egter nooit persoonlik leer ken nie. Hy sou na sy aanneemouers, Gerald en Arlene Breitbart, as sy ouers verwys. Gedurende sy

38|REDE

skooldae lewer hy pizza’s af vir sakgeld en na skool voltooi hy `n BA-graad in Amerikaanse studies. Hy begin direk na afloop van sy studies werk – eers by die vermaaklikheidskanaal E! Entertainment en later ook by dieselfde kanaal se aanlyntydskrif. Hy is selfs vir `n kort rukkie werksaam in die filmbedryf. In dié tyd is hy glad nie polities uitgesproke nie en toon `n baie gebrekkige belangstelling in politiek. In 1991 word daar onderhoude gevoer vir die aanstelling van regters in die Amerikaanse


hooggeregshof. `n Jong Andrew Breitbart se belangstelling word skielik geprikkel deur die antwoorde wat die kandidaatregters tydens die onderhoudsproses gee. Spesifiek die antwoorde van regter Clarence Thomas trek sy aandag. Regter Thomas se naam is al saam met die van regter Antonin Scalia genoem as daar na die mees konserwatiewe regters in Amerika se geskiedenis verwys word. Hy begin ook in die tyd na die konserwatiewe radioomroeper, Rush Limbaugh, luister. Breitbart begin kennis neem van verskillende politieke oortuigings en klassifikasies en begin wonder hoe hy homself sal definieer. Hy begin wonder oor standpunte soos aborsie en vuurwapenbesit? Na `n lang selfondersoek het Breitbart homself as `n Reagan conservative begin beskryf – iemand wat aanklank vind by die konserwatiewe beleid van oud-president Ronald Reagan. Breitbart en die Boelies Breitbart het vroeg in sy medialoopbaan begin om `n gereelde rubriek vir die Washington Times te skryf en as `n paneellid deelgeneem aan `n verskeidenheid televisieprogramme. Kort voor lank het Breitbart tot die besef gekom dat die meeste nuusagentskappe, die sogenaamde hoofstroom, nie ruimte bied vir standpunte wat verskil met hul eie nie. Hy het besef dat hy dikwels gebruik word om `n skyn van konserwatiewe verteenwoordiging voor te hou terwyl die koerant of televisieprogram se primêre boodskap na links sou neig. Indien hy egter voorgestel het dat meer konserwatiewe standpunte by publikasies en televisieprogramme ingesluit word het hy die koue skouer gekry - `n venynige skouer. Breitbart het agtergekom dat die hoofstroommedia uiters onverdraagsaam is wanneer dit by pro-konserwatiewe standpunte gekom het. En indien jy te hard daarvoor baklei sal jy gemarginaliseer en met tyd heeltemal uitgeskuif word. Andrew Breitbart het `n nuwe leuse ontwikkel: “Beveg die boelies.” Hy het besluit dat dit sy lewenstaak sal wees om geloofwaardige alternatiewe tot die hoofstroommedia daar te stel. Hy sal nie toelaat dat CNN, die New York Times en ander hoofstroominstellings die publiek se enigste nuusbron is nie. ‘Daar sal alternatiewe wees,’ het hy besluit. Breitbart, The Huffington Post en The Drudge Report Andrew Breitbart het `n reuse bydrae gelewer tot die totstandkoming van twee bekende nuusagentskappe – The Drudge Report en The Huffington Post.

Gedurende die vroeë 1990’s begin Matthew Drudge om e-nuusbriewe uit te stuur wat hoofsaaklik oor gebeure in Hollywood en Washington DC berig. In die tyd ontmoet Drudge vir Breitbart wat `n reuse bydrae lewer om die e-nuusbriewe in `n nuuswebblad te omskep wat as The Drudge Report bekendstaan. Breitbart verseker ook dat die artikels wat op The Drudge Report verskyn hulle weg na ander mediaplatforms vind wat die reikwydte van die berigte drasties verhoog. Dit word ook die eerste nuusagentskap om in 1998 die storie oor die Monica Lewinsky-skandaal te breek. Hy ontmoet ook in daardie tyd vir Arianna Huffington, toe `n lid van die Republikeinse party. Mev Huffington het die behoefte gehad om `n aanlynpublikasie te loods en het besluit om Breitbart se hulp in te roep. Hy het `n deurslaggewende rol gespeel in die oprigting van wat vandag as The Huffington Post bekendstaan. Weens ideologiese verskille tussen homself en die res van die redaksie het Breitbart besluit om homself eerder van die projek te onttrek en op sy eie nuusblaaie te konsentreer. Hy sou jare later by geleentheid spot dat die geld wat hy vir sy aandeel in die oprigting van The Huffington Post gekry het gebruik is om sy kombuis oor te doen. Breitbart en die kortsigtigheid binne die konserwatiewe beweging Alhoewel Andrew Breitbart se stryd hoofsaaklik teen die onverdraagsaamheid van die linkse hoofstroommedia was, het hy ook die gate binne die konserwatiewe beweging raakgesien. Hy het vroeg reeds besef dat die konserwatiewe beweging nie genoeg doen om hulle boodskap oor te dra aan diegene wat nog nie daarmee vertroud was nie. Hy het by geleentheid gesê dat die konserwatiewe beweging dink hulle kan mense se oortuigings verander deur vir die spreekwoordelike koor te preek. “Julle verstaan nie hoe die media werk nie. Die mees doeltreffende wapen is om die vuur te bestry – gaan na die vuur!” het hy die konserwatiewes vermaan. Hy het ook dikwels sy kommer uitgespreek oor die linkse media wat weet hoe om propaganda te bevorder deur onder meer die Hollywood-bedryf daarby te betrek terwyl die konserwatiewe beweging weer gereken het dat hulle opinies kan beïnvloed deur statige politici as die meningsvormers te gebruik. Breitbart was baie omgekrap met die Republikeine wat nie daarin kon slaag (of eintlik `n poging aangewend het nie) om glanspersoonlikhede te gebruik om hulle saak te bevorder nie. Hy sou dikwels met die Republikeinse party se denkwyse

REDE|39


spot deur te sê: “Ons gaan Amerika verander want ons is in die huis van verteenwoordigers – hoe kan julle ons nie vertrou nie?” Hy het ook besef dat belangrike nuusbronne soos die Fox-nuuskanaal en persoonlikhede soos Rush Limbaugh, Sean Hannity, Matthew Drudge en Ann Coulter nie genoeg is om `n groter invloed uit te oefen as, soos hy dit gestel het, die Demokratiese Mediakompleks nie. “Ons leef in `n demokrasie en die rede waarom die konserwatiewe beweging deurlopend verloor is omdat ons glo ons is die elite, die slimste in die omtrek. Ons glo ons gaan na die regte skole en het die regte opinies en die regte vriende en ons kan namens Amerika besluit,” het Breitbart uitgevaar teen die beterweterigheid in konserwatiewe kringe. Hy het besef dat daar niks skort met die konserwatiewe boodskap nie maar dat die fout by die verpakking en verspreiding daarvan lê. Hy het besef dat hy Amerikaners ideologies moet bewapen teen die propagandamasjien wat in daardie stadium reeds baie doeltreffend deur die Demokrate aangewend is. Hy het besef dat hy soveel as moontlik mense moet bewapen met konserwatiewe argumente deur `n leemte te vul wat reeds vir langer as `n geslag bestaan. Hy sou daardie leemte met `n alternatiewe benadering tot mediadekking en die konserwatiewe boodskap moes vul. Breitbart, die Big-blaaie en Breitbart.com In 2005 begin Breitbart om volledig op sy eie mediainstellings te konsentreer. Hy stig Breitbart. com en verskeie ander mediaplatforms wat as die BIG-groepe bekendstaan. Dit sluit in nuusblaaie soos BigGovernment, en BigJournalism. Om te verseker dat sy mediagroep nie slegs vir die sogenaamde koor preek nie bring hy ook `n webblad met die naam BigHollywood op die been. Dit stel hom in staat om belangrike inligting saam met vermaaklikheidsnuus te deel en sodoende `n groter gehoor te bereik. Hy neem deeglik kennis van die tekortkominge binne die bestaande konserwatiewe beweging en verseker dat hierdie nuwe nuusagentskap `n teenvoeter is vir die bestaande hoofstroom sonder om in `n prekerige verkrampte nuusdiens te verval. Konserwatief en aktueel maar terselfdertyd vermaaklik. Breitbart en die Weiner-skandaal Op 27 Mei 2011 geniet Andrew Breitbart aandete saam met sy vrou in `n restaurant. In `n stadium haal hy sy tabletrekenaar uit en sien dat hy `n twitter-boodskap van `n ene Dan Wolfe ontvang het.

40|REDE

Die boodskap bevat `n skermskoot van `n twitterplasing deur `n Demokratiese lid van die Huis van Verteenwoordigers, Anthony Weiner. Die aard van die foto kan ongelukkig nie te deeglik beskryf word in die artikel nie maar daar kan wel gesê word dat dit grafies van aard was. Breitbart besef dadelik dat die eksplisiete foto per abuis deur Weiner op sy twitterblad gedeel is terwyl dit eintlik as `n privaat boodskap aan `n dame (wat nie sy vrou is nie!) gestuur moes word. Die volgende dag word dit op een van Breitbart se nuusblaaie, BigGovernment, gepubliseer. Alhoewel Weiner moet bont staan om die berig aan sy ondersteuners, ander mediainstellings en ook sy vrou te verduidelik, ontaard die situasie baie vinnig in `n heksejag op Andrew Breitbart. Weiner, te bang en skaam om eienaarskap van sy blaps te neem, voer aan dat sy twitter-profiel gekaap is en dat Breitbart daarvoor verantwoordelik is. Dit sou weke neem voor Anthony Weiner erken dat hy vir `n geruime tyd reeds eksplisiete foto’s aan jong vroue stuur en sy verskoning vir Andrew Breitbart aanbied. Die foto sou die einde van Weiner se loopbaan in die Huis van Verteenwoordigers beteken asook `n latere veldtog om die burgemeester van New York te word in die wiele ry. Weiner se verskoning aan Breitbart sou ook nuwe geloofwaardigheid aan Breitbart as nuusman en sy nuusblaaie verleen. Breitbart en rassisme Met die opkoms van die Tea Party-beweging het Breitbart gereeld as spreker opgetree by geleenthede waar die beweging bemark is. In dié tyd is die beweging gereeld van rassisme beskuldig. Een van die voorste vingerwysers was Nancy Pelosi, `n Demokraat in die Huis van Verteenwoordigers. In reaksie op Pelosi se beskuldigings het Breitbart beloof om $100 000 aan die United Negro College Fund te skenk indien enige bewyse van rassisme by geleenthede waar hy as spreker sou optree na vore kom. Daar is dikwels gepoog om Breitbart te diskrediteer deur hom as `n rassis uit te kryt. Selfs in Suid-Afrika word daardie beskuldiging steeds gebruik in `n poging om iemand se geloofwaardigheid af te takel. Breitbart het hom egter nie skuldig gemaak aan rassistiese optrede nie en die skenking was nooit nodig nie. `n Prominente konserwatiewe verslaggewer en hoofredakteur van die nuusagentskap The Daily Wire, Ben Shapiro, het onlangs geskryf dat Andrew Breitbart dikwels standpunt teen rassisme ingeneem het. Shapiro skryf: “Andrew Breitbart het rassisme verafsku. Werklik verafsku. Hy het daarop aangedring dat stories waar ras ter sprake is met die nodige sensitiwiteit hanteer word om enige beskuldigings


van rassisme te vermy.” Breitbart se primêre doel was om joernalistieke grense te verskuif en `n aanval op politieke korrektheid te loods. Hy was ten gunste van robuuste debat. Hy was ten gunste van `n groter mate van konserwatiewe idees in die hoofstroomdebat. Hy was gekant teen rassisme.

nie maar word deur AfriForum saamgestel en versprei. Forum Tydskrif spog met `n oplaag van 180 000 kopieë onder die redakteurskap van gesoute joernalis, Alet Rademeyer. AfriForum het ook onlangs gespog met die totstandkoming van Forum Films. Dié filmmaatskappy het reeds `n dokumentêre rolprent oor die ANC se gewapende stryd, Tainted Heroes vervaardig. Hulle verfilm ook tans aan die gespreksprogram Konteks waarvan daar reeds agt episodes verskyn het. Konteks is `n gespreksprogram wat `n Afrikanerperspektief op aktuele gebeure bied. `n Debatsprogram word ook in die vooruitsig gestel en `n rolprent oor die Tweede Vryheidsoorlog, gebaseer op die boek Begrond deur dr Dirk Hermann, sal ook binnekort verskyn. Die nuuswebwerf Maroela Media het ook uit die Solidariteit Beweging ontstaan. Maroela Media bied `n gratis nuusdiens en het onlangs Netwerk24 in aanlynlesers verbygesteek. Op die radiogolwe kan daar darem met sekerheid gesê word dat Hlaudi Motsoeneng nie beheer oor alle nuusbulletins kan uitoefen nie. Luisteraars het `n alternatief soos Pretoria FM wat tans drie aktualiteitsprogramme per dag in Afrikaans bied – meer as enige ander radiostasie.

Excuse me while I save the world, Breitbart. ’n Vroeë einde Die aand van 29 Februarie 2012 stap Andrew Breitbart deur die strate van Brentwood, `n voorstad in die weste van Los Angeles, California. Hy sak skielik inmekaar en word na die naaste hospitaal gehaas. Kort na middernag word hy dood verklaar. Hierdie stryder vir `n plek vir konserwatiewe waardes in die media blaas sy laaste asem in die Ronald Reagan Mediese Sentrum uit. Hy was 43 jaar oud.

Vanuit Orania word daar nie op die hoofstroommedia gereken wanneer dit by kommunikasie kom nie. Die Orania Beweging se ledetydskrif, Voorgrond en die e-nuusbrief bereik duisende ondersteuners. Verder het die Orania Beweging ook onlangs `n tydskrif Rede (wat u tans in u hande het) geloods wat `n platform bied vir langer in diepte artikels. Daar kan gesê word dat die alternatiewe media die deursnit Afrikaner meer doeltreffend bereik as wat die hoofstroommedia tans doen. Lesse uit die Breitbart-beweging

Die Suid-Afrikaanse alternatief op die hoofstroom

Alhoewel daar verskille is tussen hoe `n SuidAfrikaanse en hoe `n Amerikaanse teikenmark bereik word is daar ongetwyfeld ook raakpunte. Die Amerikaanse popkultuur het `n reuse invloed op die denke van veral jonger Afrikaanssprekendes en spesifiek ook Afrikaners. Daar is dus `n paar lesse te leer uit Andrew Breitbart se loopbaan wat ook plaaslik toegepas kan word.

Die onverdraagsaamheid van Suid-Afrikaanse en meer spesifiek hoofstroom Afrikaanse mediainstellings is wyd bekend. Dit is dus glad nie vreemd dat daar reeds alternatiewe platforms geskep is nie. Die tweede grootste Afrikaanse tydskrif kom nie uit die stal van `n hoofstroommediahuis

Eerstens is dit belangrik om jou instelling se geloofwaardigheid te beskerm. Alhoewel daar talle voorbeelde is van vals nuusberigte wat wyd op sosiale media gedeel word, is dit belangrik om te verseker dat jou nuusblad geloofwaardig bly. Daar kan groot trefkrag kom met `n misleidende opskrif

REDE|41


of `n berig deurtrek met spekulasie maar in die lang duur sal dit jou beeld skade berokken. ’n Prekerige benadering moet vermy word. `n Nuusdiens se primêre doel is om in te lig. Dit is egter onmoontlik om te beweer dat daar vandag nuusinstellings bestaan wat nie `n bepaalde agenda dryf nie – kyk maar na Adriaan Basson se beriggewing oor die sogenaamde Nazi-saluut op die Noordwes Universiteit se Potchefstroomkampus en vele van Pieter du Toit se berigte en meningsartikels. Dit is belangrik dat, in veral meningsartikels, `n bepaalde standpunt ingeneem word. Vermy egter `n aanslag wat die idee kan skep dat jy as skrywer poog om jou standpunt in lesers se kele af te dwing en dat, as hulle nie saam stem nie, hulle `n lot imbesiele is. Stel jou standpunt maar los die preke vir die Sondag wanneer die dominees aan die woord kom.

Moenie wêreldvreemd wees nie. Alhoewel die popkultuur nie `n fokuspunt hoef te wees nie is dit onwys om dit totaal te vermy. Daar is `n rede waarom die Voëlvrytoer jongmense in die tagtigerjare meer doeltreffend bereik het as PW Botha se wysvinger. Daar is `n rede waarom glansblaaie steeds goed verkoop. Gebruik aktuele gebeure as deel van jou beriggewing maar waak ook teen `n verval in oppervlakkigheid. Andrew Breitbart het geweet dat sy politieke oortuigings goed en reg is. Hy het egter ook besef dat almal nie sy standpunt deel nie en dat daardie persone ook bereik moet word. Mag die konserwatiewe beweging onder Afrikaners nooit (weer?) verval in `n prekerige benadering wat slegs diegene bereik wat reeds met hulle saam stem – en selfs dan die risiko loop om ook daardie ondersteuners te vervreem. REDE

Die Kruistogte.

Persepsies en die geskiedenis

Soos altyd in die geskiedenis, is die werklikheid nie eenvoudig swart en wit nie. Die kruistogte is vir die kerk dit wat apartheid vir die Afrikaner is, oftewel dit is die gebruiklike narratief: ʼn ewige skandvlek wat nie uitgewis kan word nie, iets wat diegene wat dit dra, verdoem om vir altyd op die agtervoet te wees en om enige argument in ʼn reeks verskonings te laat eindig. Praat oor al die Afrikaners se prestasies, sy vryheidstrewe, sy geloof en sy offers, en iemand gooi net die woord “apartheid” in en al jou argumente is daarmee heen. Praat oor sendingwerk, oor die Christenskap se bydrae tot ontwikkeling en opheffing van mense, maar sodra iemand “maar wat van kruistogte?”

42|REDE

Sebastiaan Biehl

ingooi is al die moeite verniet en jy kruip skaam terug in jou dop. Die Islam-wêreld gebruik die term “crusader” so gereeld soos wat swart aktiviste “racist” gebruik teen groepe en opinies waarvan hulle nie hou nie, en as hulle geweld teen hulle wil aanblaas. Die logika is die van “ons is te na gekom en veg net terug vir ons regte.” Historici en meningsvormers in die Weste het intussen geheel en al die Islam se narratief oorgeneem: dat die Kruisvaarders brutale aggressors was en die Moslems die arme, vreedsame onderdruktes. Party gaan selfs so vêr om die kruistogte in een lyn te stel met die latere


vernietiging van die Inka- en Aztekeryk in Peru en Meksiko deur die Spanjaarde. Die lyn word selfs deurgetrek na die Holocaust van die Jode. Soos altyd in die geskiedenis, is die werklikheid nie eenvoudig swart en wit nie. Om mee te begin was die Kruistogte ʼn reaksie op die Islam se verowering van die Heilige Land, nie ʼn verowering van die Islam se hartland nie. Vandag word aanvaar dat die hele Midde-Ooste nog altyd deur Moslems bewoon is. Dit is net so verkeerd soos die aanname dat Jan van Riebeeck ʼn oeroue swart beskawing binnegekom en dit vernietig het. Soortgelyk aan Cortes of Pizarro wat die inheemse hoogkulture in Amerika brutaal onderwerp en vernietig het. In die Middeleeue was Islam egter die ekspansiewe wêreldmoondheid en Christelike Europa die bedreigde vasteland wat homself moes verdedig. Die Islam het in om en by 600 na Christus ontstaan in die huidige Saoedi-Arabië, meer spesifiek in die gebied van Mekka en Medina. Daarna het dit vinnig uitgebrei. Teen daardie tyd was die gebied van die huidige Israel, Sirië, Turkye en Libanon, die sogenaamde Levant, al vir eeue deel van die Christendom. Trouens, die Levant is die hartland van die Christendom, nie Europa nie. Die Christendom het vanaf Jerusalem na Rome en ander Europese streke versprei, nie anders om nie. Met dit as uitgangspunt is dit te verstane dat die Christendom geskok was toe Jerusalem en die Heilige Land in 638 na Christus deur die Moslems verower is. Verbeel jou die ontsteltenis as ʼn Christelike weermag Mekka sou verower en plunder. Die Islam-heersers was ook nie die verdraagsame, wyse en beskaafde regeerders soos die nuwerwetse geskiedskrywing hulle vandag uitmaak nie. Hulle het groot getalle Christene gedwing om Moslems te word en die wat geweier het, is óf gedood óf aan streng godsdienstige beperkinge en ʼn spesiale belasting onderwerp. Nie alle regeerders was ewe onderdrukkend nie, maar dit was ʼn swaar juk om ʼn Christen onder Moslembeheer te wees. Die Arabiese beskawing, die opbloei van kuns en literatuur, wat vandag so uitgelig word, het nie beteken dat Christene, Jode en Moslems in harmonie en gelykheid saamgeleef het nie. Dat beskawing nog steeds kan saamgaan met brutaliteit en onderdrukking behoort deur die geskiedenis genoegsaam bewys te wees. Jerusalem was ook die belangrikste bestemming vir die Europese pelgrim wat daar godsdienstige verdieping wou ervaar. Die moontlikheid is hulle ontneem deur die Moslemheersers. Die Christelike wêreld was egter op daardie

stadium met homself besig en die verowering van Jerusalem deur die Islam het nie dadelik tot reaksie gelei nie. Die latere hoof ondersteuners van die kruistogte, die Duitse Ryk (ook bekend as die Heilige Romeinse Ryk), die Frankiese Ryk en Engeland, was nog besig om te vorm en was in interne oorloë gewikkel. (Eers teen om en by 1000 na Christus was hulle gevorm). Dit was die tyd van die “Donker Middeleeue”, die chaotiese toestand wat gevolg het op die uitmekaarbreek van die Romeinse Ryk. Slegs die Bisantynse Ryk was ʼn moondheid, maar dit was eerder ʼn Midde-Oosterse as ‘n Europese mag. Eers om en by 800 na Christus het die Frankiese Ryk van Karel die Grote as die eerste Europese supermoondheid van die Middeleeue ontstaan (waaruit later twee sterk moondhede, Frankryk en die Duitse Ryk oftewel die Heilige Romeinse Ryk van die Duitse Nasie ontstaan het). Die Islamitiese gevaar het aanvanklik veral uit die Weste gekom, waar die Emiraat van Cordoba (in die huidige Spanje geleë) selfs gepoog het om die gebied van die huidige Frankryk te verower. In die beslissende slag by Tours en Poitiers (732 na Christus) is hulle deur Karel Martell verslaan en het nooit weer die Pireneë (die bergreeks wat Spanje en Frankryk skei) oorskry nie. Jerusalem en die Heilige Land het eers weer aandag getrek toe daar in 1077 besonder wrede vervolging van Christene en vernietiging van kerke deur die Turke gepleeg is. Binne die Islam was daar verskeie dinastieë wat om mag meegeding het en Jerusalem was dikwels die plek wat dit moes ontgeld. Dit het die Bisantynse keiser Alexius 12 genoop om pos Urbanus II om hulp te vra. Pous Urbanus II het tydens die konsilie van Clermont in Frankryk in 1095 ʼn emosionele beroep op die ridders van Europa gedoen om hulle vervolgde mede-Christene in Jerusalem en die streek te hulp te snel en om Jerusalem en ander Heilige plekke weer vir die Christendom te bevry. Die eggo van Urbanus se oproep was geweldig. Ridders sowel as gewone mense het hulle besittings verkoop om die deelname aan die kruistog te kon finansier. Die doel was die verdrywing van die aanvallers, nie die verowering van gebiede wat nooit onder Christelike beheer was nie; of die bekering van Moslems nie. Die eerste kruistog is ‘n jaar later, in 1096, geloods. Vier kruisvaarder- leërs is gevorm, onder die leiding van die Franse edelmanne Gottfried van Bouillon, Raymond van Saint-Gilles, Hugh van Vermandois en die Italiaanse edelman Bohemond van Taranto.

REDE|43


Daar was ook ʼn “nie-amptelike” kruistog onder die leiding van die kluisenaar Pieter, wat die armes en selfs kinders opgesweep en vergader het en te voet na die Heilige Land beweeg het. Ongelukkig het hulle op pad allerhande vernietiging agtergelaat. Hulle godsdienstige fanatisme het hulle op die Jode in Europa uitgehaal en hulle het ook nie vir die ridders gewag nie, maar op hulle eie probeer om Jerusalem te bereik. Toe hulle Turkse grondgebied betree het, is hulle deur die Turkse leër heeltemal vernietig.

Pieter die kluisenaar. Die vier aanvoerders se troepe het in Konstantinopel, hoofstad van die Bisantynse Ryk en setel van die Oosterse Christelike Kerk, bymekaar gekom. Saam met die troepe van die Bisantynse Ryk verenig, het hulle ʼn formidabele weermag gevorm. Daar was wel sekere spanning met die Bisantyne oor wie die opperbevel moes hê. In Mei 1097 het die militêre aksie begin en die Seldsjoeke (ʼn Turkse dinastie wat groot dele van Klein-Asië en die Midde-Ooste beset het) se hoofsetel Nicea is verower. Die optog is deur Anatolië (die binneland van die huidige Turkye) voortgesit en die groot stad Antiochië het in die hande van die Kruisvaarders geval en uiteindelik is die groot prys, Jerusalem, in 1099 verower. Ongelukkig het die verowering van Jerusalem gepaard gegaan met ʼn slagting van die Moslembevolking. Na die verowering van Jerusalem is in die bevryde gebied van die Levant verskeie kruisvaarderstate opgerig. Gottfried van Bouillon het homself die regeerder van Jerusalem gemaak en goed regeer. Die ander Christelike state was Edessa, Tripoli en Antiochië. Groot kastele is gebou om die Christelike

44|REDE

bastion in die Nabye Ooste te beskerm. Die eerste kruistog was ʼn volslae sukses. Die ander kruistogte was minder suksesvol en was veral verdedigingsoorloë om die verowerde gebied te behou of om grondgebied wat verlore gegaan het, te herower. Vir sowat 30 jaar was dit redelik rustig in die gebied, maar dan het die Moslems begin met hulle eie Heilige Oorlog om die Kruisvaarderstate uit te wis. In 1144 is Edessa, die mees noordelike Kruisvaarderstaat, deur die Moslems verower. Om Edessa te herwin is die tweede kruistog (11471149) deur pous Eugene III uitgeroep. Die konings van Frankryk en van die Duitse Ryk, Lodewyk VII en Conrad III, het die leiding geneem en het met twee leërs na Anatolië gemarsjeer. Dit was ʼn fout om hulle leërs nie betyds te verenig nie en die Christen-leer is in twee veldslae deur die Seldsjoeke (Turke) vernietig. Die tweede kruistog was ʼn totale mislukking. Die enigste sukses, op ʼn heel ander front, was die verowering van Lissabon op die Iberiese skiereiland deur Kruisvaarders wat op pad na die Heilige Land die Spaanse Christene gehelp het met die Reconquista. Na die neerlaag van die tweede kruistog het die Moslems in die Midde-Ooste die oorhand gekry en die Christene, wat gepoog het om Egipte te verower, daar verslaan. Sodoende versterk, kon hulle onder hulle leier Saladin selfs Jerusalem, die belangrikste kruisvaarderstaat, in 1187 verower. Dit het die Europese magte genoop om die derde kruistog in 1189 te loods. Die keiser van die Duitse Ryk, Frederik Barbarossa, en die konings van Frankryk en Engeland, Filip II en Richard I (beter bekend as Richard Leeuhart) het saamgespan. Die derde kruistog staan daarom ook as die koningskruistog bekend. Frederik Barbarossa het tydens die tog deur ʼn rivier, op pad na die Heilige Land, verdrink en groot dele van sy troepe het in skok en hartseer terug gekeer huis toe, maar Richard I kon Saladin se magte in die slag van Arsuf verslaan en die grootste deel van die koninkryk Jerusalem is herower. Die stad Jerusalem self is nie herower nie, omdat dit met ʼn lang beleg gepaard sou gaan, maar ʼn vredesverdrag is met Saladin in 1192 gesluit wat die koninkryk Jerusalem herstel het en Christene vrye toegang tot die stad Jerusalem en die heilige plekke, wat onder Saladin se beheer gebly het, gegee het. Siprus is ook tydens die derde kruistog verower en het ʼn belangrike vesting vir die kruisvaarders geword. Alhoewel die hoofdoel, die verowering van die stad Jerusalem, nie bereik is nie, was die derde kruistog grootliks ʼn sukses.


kortstondige kruisvaarderstate, waarvan die Latynse Keiserryk met die hoofstad Konstantinopel, wat in 1204 uitgeroep en onder die outoriteit van Rome inbeweeg het, die bekendste was. Venesië, wat die vloot vir die kruisvaarders beskikbaar gestel het, het sekere Griekse eilande as buit gekry. Die oorspronklike Bisantynse Ryk kon sekere gebiede behou en kon van daar, in 1261, Konstantinopel herower en hulle ryk onder Michael VIII Palaiologos herwin. Die Bisantynse Ryk het egter daardeur veel van sy oorspronklike krag ingeboet en die verdeeldheid tussen Westerse en Oosterse Christene het verdiep. Die vierde kruistog was eintlik geen werklike kruistog nie, maar eerder ʼn inter-Christelike oorlog om invloed in die Oostelike Mediterreense streek en beslis ʼn verleentheid vir die Christendom. Pleks om saam te staan teen die gesamentlike Moslem-bedreiging, het hulle hulle kragte teen mekaar gebruik.

Richard die leeuehart. Pous Innocentius III het in 1198 tot ʼn vierde kruistog opgeroep om Jerusalem weer onder Christelike beheer te kry en om in die proses ook Egipte van die Moslems te verower. Egipte was die skakel tussen die westelike en oostelike deel van die Moslemryk en van groot strategiese belang. Die kruisvaarders het hulle egter, op aanstigting van Venesië, laat betrek by interne geskille tussen verskillende aanspraakmakers op die troon in Konstantinopel. Venesië was verantwoordelik vir die vervoer te skip en het daarom ʼn sleutelposisie ingeneem. Vir Venesië het sy eie belange as handelsmetropool voorop gestaan en nie die saak van die Christendom nie. Die kruisvaarders het ʼn ooreenkoms met die Bisantynse prins Alexios Angelos aangegaan en gehelp om hom op die troon te plaas, sou daarvoor finansiële bystand kry en hulle tog na die Heilige Land voortsit. Toe Alexios Angelos egter deur ʼn volksopstand ontsetel, daarna vermoor is en die hele verdrag met die kruisvaarders daardeur nietig was, het hulle Konstantinopel, ʼn Christelike bastion teen die Moslem-bedreiging, geplunder en talle inwoners gedood. Die kruisvaarders het die Oosters-Christelike Bisantynse Ryk opgedeel in

Pous Innocentius III en sy opvolger Honorius III het tot die vyfde kruistog (1216-1221) opgeroep. Die koning van Hongarye, Andreas II, en die Oostenrykse Hertog Leopold VI was die aanvoerders. Die magtige Duitse Keiser, Frederik II, wou aan die kruistog deelneem, maar is deur die pous belet omdat sy onderdanigheid aan die Roomse Kerk twyfelagtig was. Die vyfde kruistog was weer ʼn poging om Egipte te verower waar die magtige Ayyubide-dinastie gesetel was. As Egipte verslaan was, sou die druk op die Christelike state in die Levant aansienlik afneem. Die herowering van Jerusalem was net ʼn indirekte doel. Daar is selfs ʼn verbond met die Seldsjoeke-sultanaat Rum in die binneland van Anatolië gesluit. Rum was ʼn vyand van die Ayyubide-dinastie en hulle sou Sirië aanval om die druk op die Christelike aanvallers in Egipte te verlig. Die Christelike magte het die Egiptiese hawestad Damietta beset en daarna op die hoofstad Kaïro gemarsjeer. Weens gebrekkige versorgingslyne moes die Christelike leër egter terugkeer en is in ʼn nagtelike aanval deur Saladin se generaal, Al-Malik al-Kamil, verslaan. Ook die vyfde kruistog was dus ʼn mislukking. Die sesde kruistog was eerder ʼn onderhandelde skikking sonder veel geweldpleging as ʼn militêre veldtog. Die Duitse Keiser Frederik II was getroud met Yolande van Jerusalem, dogter van die nominale Christelike heerser van die Kruisvaarderstaat Jerusalem en hy het dus ‘n politieke aanspraak op Jerusalem gemaak. Die Pous, Honorius III, het die keer nie tot die kruistog opgeroep nie, maar Frederik II selfs belet om dit te loods. Frederik het

REDE|45


Champagne en Richard van Cornwall). Dit word nie as volwaardige kruistog gereken nie. Daarna het die Moslems egter in 1244 Jerusalem weer verower, in puin gelê en talle Christene gedood. Europa se groot moondhede was teen die tyd weer besig met interne geskille (soos die langdurige stryd tussen pous en keiser) of hulle moes die Mongole afweer en die hernude val van Jerusalem het nie meer die emosies van vroeër ontlok nie.

Saladin homself as verhewe bo die pous beskou en is daarom deur die Katolieke Kerk as ʼn bedreiging gesien. Die pous wou keer dat Frederik status wen as bevryder van die Christene. Frederik het nogtans na Akko, na die verlies van die stad Jerusalem, gevaar. As straf het die pous die kerklike ban op hom uitgespreek, wat beteken dat hy nie meer amptelik as Christen gereken is nie, die ergste sanksie wat die pous kon toepas. Dit het ook gemaak dat die ridders in Akko verdeeld was in hulle lojaliteit aan Frederik II of aan die pous. Omdat Frederik II se leer dus baie verswak was, het hy besef dat hy nie in staat was tot ʼn militêre oorwinning nie. Ook die sultan van Egipte, wat met opstandiges te kampe gehad het, was nie gretig vir ʼn militêre konfrontasie nie. Hy het ingestem tot ʼn verdrag in 1229 wat die vreedsame teruggawe van Jerusalem en ander dorpe wat vir die Christendom belangrik is, soos Bethlehem en Nazareth, bepaal het. Die vredesverdrag was egter net vir 10 jaar geldig. Die sesde kruistog was ʼn sukses, al het dit vir die Christene net 10 jaar van vrede gegee. Dit het egter ook ʼn presedent geskep, wat die pous se monopolie om ʼn kruistog te loods, in praktyk aan konings en hertoë gegee het. Daardeur is die eenheid van die Christendom verswak en het politieke, eerder as geestelike, doelwitte voorop gestaan. Van 1239 tot 1241 (soms word dit as die sewende kruistog gereken) het die kruisvaarders vanuit Jerusalem nog grondgebied tot hulle staat bygevoeg (daarna word as die Baronne se kruistog verwys, weens ʼn betrokkenheid van vooraanstaande Europese adellikes, by name Theobald van

46|REDE

In die sewende kruistog (1248-1254) het Lodewyk IX van Frankryk die leiding geneem en die doelwit was weereens die verowering van Egipte. Dit het talle ooreenkomste met die vyfde kruistog gehad. Die Christene het weereens die hawestad Damietta beset, maar het daar lank vertoef voor hulle op Kaïro gemarsjeer het. In verskeie veldslae is die onderskeie Christelike leërs verslaan en koning Lodewyk is selfs gevange geneem en moes teen ʼn yslike losprys vrygekoop word. Ook die sewende kruistog was ʼn totale mislukking, maar ten spyte daarvan het Lodewyk met ywer voortgegaan en die kruisvaarders se krimpende state help verdedig. In 1270 het Lodewyk die agste kruistog geloods en die hoofdoel was die verowering van Tunis in Noord-Afrika. Kort nadat die kruisvaarders kamp naby Tunis opgeslaan het, het siektes onder hulle gewoed en ook Lodewyk het gesterf. Die kruistog is afgelas nog voor ʼn veldslag plaasgevind het, maar die kruisvaarders kon wel sekere toegewings onderhandel, soos vrye handel met Tunis en verblyfreg vir monnike en priesters. Intussen het die Mongole as nuwe mag na vore getree en ʼn bedreiging vir die Moslems geword. Dit het die kruisvaarderstate ʼn bietjie beweegruimte gegee, alhoewel hulle nog steeds die hoofteiken van die Moslems se heilige oorlog was. Om die oorblywende gebied rondom die stad Akko te beveilig is die negende kruistog uitgeroep. Die Engelse prins Edward, seun van koning Heinrich III, het die leiding geneem. Tripoli is in 1271 deur die Moslems beleer en die kruisvaarderleërs was net betyds om Akko, wat ook bedreig is, te verdedig. Daar was enkele suksesvolle aanvalle van die kruisvaarders op die Moslems, maar hulle was te swak om werklik ʼn deurbraak te maak. Die Christene het ook ʼn tydelike alliansie met die Mongole gesluit, wat die Moslems vanaf die noorde in Sirië aangeval en die druk op die Christelike troepe tydelik verlig het. Edward het ʼn tien jaar lange wapenstilstand in 1272 onderhandel en het, na ʼn aanslag op sy lewe, terug gekeer na Engeland waar hy tot koning gekroon is. Die negende kruistog was onbeslis.


Pous Gregorius IX het in 1274 gepoog om weer ʼn kruistog uit te roep, maar onder die ridders en adellikes was daar nou na soveel mislukkings geen entoesiasme meer nie. In plaas daarvan het die Kruisvaarderstate in interne gevegte betrokke geraak wat hulle verder verswak het. Intussen het die Moslems ten spyte van die wapenstilstandsverdrag pelgrims na die Heilige Land vervolg en afgepers. In 1289 het die Mamelukke Tripoli aangeval en na hewige verliese en heldhaftige weerstand deur die Christene, verower. In 1291 het met Akko die laaste kruisvaardervesting geval en die Christelike inwoners is gedood of slawe gemaak. Die Christene het die kusgebiede van die Levant, na ʼn teenwoordigheid van sowat 200 jaar, ontruim. Net die eilande Siprus en Rhodos het nog eeue lank onder beheer van die Christene gebly. Nagevolge Alhoewel die kruistogte nie ʼn klinkende oorwinning was nie, trouens, die meeste was ʼn mislukking, het dit ʼn Christelike en Westerse oplewing tot gevolg gehad. Die figuur van die edele ridder is deur die kruistogte gevorm en deur die kruistogte is die groot Ridderordes, soos die Johanniterorde, die Duitse Orde en die Tempelorde gestig, wat sowel die naasteliefde in die vorm van die versorging van siekes en behoeftiges as ook die verdediging van die Christelike beskawing op hulle vaandels geskryf

het. Terwyl die Christendom met die kruistogte nie permanent in die Nabye Ooste ʼn vastrapplek kon kry nie en die allerbelangrikste Heilige Land nie kon behou nie, het dit ander soortgelyke Christelike herowerings- en veroweringstogte aangemoedig. Die reconquista, die Christelike herowering van die Iberiese skiereiland van Moslembeheer het vanaf 1130 met nuwe stoom voortgegaan (en is in 1492 afgehandel), en die uitbreiding van die Christelike Duitse Orde na die heidense Baltiese streek het vanaf 1226 begin. Beoordeling Kan ʼn mens die kruistogte regverdig? As die uitgangspunt is dat die Christene die bedreigde groep was en die Moslems die aanvaller, wat histories korrek is, dan het die Christelike Europa geen ander keuse gehad as om die Moslem-bedreiging te stuit nie. Boonop is gruweldade teen Christene en aanvalle op belangrike godsdienstige plekke in die oorsprongland van die Christendom gepleeg. Islam werk nie met invloedsfere en grense nie. Die Midde-Ooste was vir hulle net ʼn mylpaal op pad na Europa, waarvan hulle later groot dele, soos Spanje en die Balkan, verower en vir lank beset het. Dit is ʼn godsdiens met ʼn universele aanspraak sowel as ʼn politieke ideologie. Volgens die Islamitiese logika van die Djihad (Heilige Oorlog) moet die hele wêreld

Die val van Jerusalem, 1099.

REDE|47


militêr onderwerp word om die aardse Islam-ryk, die Kalifaat, op te rig (wat nie beteken dat alle Moslems dit glo of hulle daarvoor beywer nie). Om billik te wees, moet gesê word dat die Christendom in die laat Middeleeue en die Vroeë Nuwe Tydperk (kort voor die begin van die Hervorming) ook toenemend politiek en godsdiens gemeng het en laasgenoemde in diens van eersgenoemde gestel het. Natuurlik was nie alles edel aan die kruistogte nie, al was die beginsel om die Christelike oorsprongland en Jerusalem te herower, veral nadat Christene daar gedood en kerke geskend is, reg. Ongelukkig was veral die latere kruistogte, en spesifiek die vierde kruistog, meer gedryf deur magsbelang as deur ywer vir Christus, en dikwels het Jode en Oosterse Christene ook deurgeloop. Onder die kruisvaarders was mense wat deur vroomheid en offervaardigheid gedryf is, en ander wat minder edele motiewe, soos avontuurlus, gehad het en wat die geleenthede tot plundering aangegryp het. Was die Kruistogte ʼn sukses? Nie op die lang termyn nie, want Jerusalem en die ander Kruisvaarderstate

48|REDE

is later weer aan die Moslems verloor. Nogtans is deur die kruistogte vir die Christelike Europa tyd gekoop, bykans 200 jaar. Pleks om die Moslems in die Europese hartland te moes afweer (soos in Frankryk in 732) is deur die Kruistogte die grens van die Christelike beskawing weer uitgeskuif tot in die Midde-Ooste. Daar kan selfs geredeneer word dat sonder die kruistogte Konstantinopel veel vroeër as 1453 sou val en dat die poort na die hele Europa vir die Moslems oop sou wees binne ʼn tydperk waar Europa nog redelik swak en verdeeld was. Die kruistogte het gehelp om ʼn Christelike eenheid te vorm. Dit het ook die opbloei van Europa tydens die Hoë Middeleeue aangehelp. Per slot van sake is die Kruistogte niks waarvoor ‘n Westerling hoef skaam te wees nie. 1. ʼn Voorbeeld vir die siening is Peter Bilger se Boek “Kreuzzuege-Krieg im Namen Gottes.” 2. Die Bisantynse Ryk was ʼn Christelike Ryk in die gebied van die huidige Balkan en Turkye en is erg bedreig deur die Turke se verowerings. REDE


e

OK R Orania Kunsteraad ’n Filiaal van die Orania Beweging

0532070062 oker@orania.co.za

Kunsvorme van die hartstaal


’n Wen vir Le Pen? Kruistog binne die Franse politiek

Ons het nie tydens die Eerste- en Tweede Wêreldoorlog geveg om ʼn vrye en selfstandige nasie te word, net sodat ons [vandag] nie meer vry kan wees omdat ’n paar leiers dit vir ons besluit het nie! Het jy ʼn Euro-belegging of dalk planne om in Europa vakansie te hou? Let wel dat die verkiesings, wat vanjaar in Europa plaasvind, jou oorsese belegging of vakansieplanne in die afsienbare toekoms kan raak... Veral as Marine le Pen die verkiesing sou wen.

Marine le Pen Haar vyande noem haar die blonde pes. Menigte koerante beskryf haar as vêrregs, maar haar beleid is in sekere opsigte meer links. Sy beskou haarself as die “Anti-Merkel” en noem die EU ʼn “tronk.” Soos Debora van ouds wil sy haar land van ondergang red. Sy loop voor volgens die nuutste meningspeilings en indien sy wen kan die Europese Unie (EU), die Euro en die Shenghen-ooreenkoms iets van die verlede wees. Nou sou jy seker kan vra: “Wie is hierdie ‘Le Pen’, wat is haar planne en hoe gaan dit my raak?” Wat sê die kiesers? Die eerste ronde van die Franse verkiesing vind vanjaar op 23 April plaas, waarna die twee voorste kandidate op 7 Mei dit finaal sal uitspook. Daar word verwag dat Le Pen teen Emmanuel Macron óf

50|REDE

Victor Correia

François Fillon in die tweede ronde te staan sal kom. Die meningspeilings dui aan dat sy omtrent ʼn kwart van die eerste ronde se stemme kan inpalm, met Macron en Fillon kort op haar hakke. Hulle partye sal waarskynlik ʼn spanpoging aanwend om haar in die tweede ronde te blok. Die “blokkery” is reeds te sien in die tweede ronde se meningspeilings en verduidelik waarom haar opponente gemaklik voorloop met ongeveer 60% van die steun. Al is Le Pen nie ʼn gunsteling om die verkiesing te wen nie, moet die statistiek van 2012 met 2017 vergelyk word om te verstaan hoe haar steun gegroei het. Sy het in die vorige verkiesing sowat 18% van die eerste ronde stemme gekry, maar nie verder gevorder nie. Haar steun het intussen tot ongeveer 25% gegroei en dus behoort sy vanjaar die tweede ronde te haal. Dit verteenwoordig ʼn groei van sewe persent oor die afgelope vyf jaar, wat onder andere aan meer vroulike steun as tevore toegeskryf kan word. Waarvoor staan sy? Die hoofrede vir Front Nasional (FN) se groei, is m.i. haar beleid wat die status quo van die EUlidmaatskap uitdaag. Terwyl FN, onder Jean-Marie le Pen, as ʼn protesparty bekend gestaan het, is die party vandag een met toekomsplanne. Haar party staan vir die Franse nasie en gebruik die slagspreuk “au nom du peuple” (in die naam van die mense) vir vanjaar se verkiesingsveldtog. Sy streef na ʼn vrye, veilige, voorspoedige en trotse toekoms vir die Franse nasie. Hier is ’n kort verduideliking oor wat sy daarmee bedoel:


Franse Kultuur op ’n tipies-Franse manier uitgebeeld. Vryheid

Veiligheid

“Frankryk is nou niks meer as net ʼn provinsie van die EU nie,” vermeld Le Pen in ʼn onderhoud met Stuard Reid van Foreign Affairs. “Die EU het vandag sóveel mag dat hulle selfs die demokratiese reg van nasies kan troef.” Frankryk het in 2005 téén die aanvaarding van die Europese konstitusie gestem, maar moes dit teen die wil van die Franse nasie aanvaar. Jean-Claude Juncker (president van die Europese kommissie) verduidelik waarom: “Daar kan geen demokratiese keuse teen Europese verdrae wees nie,” waarop sy ontstemd antwoord: “Ons het nie tydens die Eerste- en Tweede Wêreldoorlog geveg om ʼn vrye en selfstandige nasie te word, net sodat ons [vandag] nie meer vry kan wees omdat ’n paar leiers dit vir ons besluit het nie!” Frankryk moet weer ʼn vrye nasie kan wees, en dit is bitter moeilik om dit te doen binne die huidige EU struktuur, meen ʼn besorgde Le Pen.

Le Pen wil beheer van Frankryk se grense terugneem deur: • uit die Shenghen-ooreenkoms te onttrek; • wettige immigrasie tot ʼn jaarlikse balans van 10000 te beperk; • organisasies wat bande met fundamentalistiese Islamitiese groepe het, te verban; en • ekstremistiese moskees te sluit. Die uitsprake moet in die lig van die onlangse terreuraanvalle in Nice en elders in Europa gesien word. Voorspoed Hoe belangrik grensbeheer en vryheid mag wees, mag die leë beursies vanjaar die hardste by die stembus praat. Frankryk se werkloosheidsyfer van tien persent is tans die tweede hoogste van al die

REDE|51


G7-lande; die Euro is volgens die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) met ses persent oorwaardeer in Frankryk en met 15% onderwaardeer in Duitsland, wat op ʼn reële verskil van 21% neerkom. Dit maak die ekonomiese omgewing waarin Duitsland en ander lande in die Eurosone moet kompeteer baie ongelyk. Dit word bevestig deur die Nobelpryswenner Joseph Stiglitz se onlangse boek The Euro: And Its Threat to the Future of Europe (2016) waarin hy argumenteer dat die Euro ongelykheid tussen Europese lande vererger. Le Pen verduidelik verder: “Eintlik, is die Euro ʼn geldeenheid wat déúr Duitsland vír Duitsland gemaak is. Stelselmatig het Merkel gevoel dat sy die leier van die EU geword het. Sy het haar sienings op ander [lande] afgedwing. Sy dwing haar sienings af in ekonomiese sake, maar ook deur een miljoen immigrante in Duitsland te verwelkom, terwyl sy baie goed geweet het dat Duitsland hulle sal uitsorteer. Sy sou die goeies hou en die res na ander lande binne die EU laat gaan... Die model wat deur Merkel afgedwing is werk sekerlik vir Duitsers, maar dit maak Duitsland se buurlande dood.” Sy verskil skerp met die rigting waarin die EU onder Merkel se invloed beweeg en gaan so ver om haarself die “Anti-Merkel” te noem. ʼn Groot deel van haar verkiesingsmanifes het die herstel van die Franse ekonomie in die oog. Sy wil

die ekonomiese patriotisme bevorder deur produkte wat in Frankryk gemaak word - “made in France” of eerder “fabriqué en France” – doelbewus te ondersteun. Hieruit kan ons verseker iets leer. Trots Sy wil hê dat Franse burgers weer trots op hulle land, sekulêre staat, taal en kultuur moet wees. Hoewel die meningspeilings daarop dui dat dit vir haar moeilik gaan wees om te wen, is sy hoopvol. Die gety is immers besig om wêreldwyd in die guns van meer patriotiese partye te draai. Marine Le Pen se beleid mag in sekere opsigte omstrede wees, maar dit moet teen die agtergrond van ʼn groterwordende ekonomiese en politieke krisis binne Europa gesien word. Haar oplossings mag in die lig hiervan dalk nie so vergesog wees as wat ons mag dink nie. Na die dubbele skok van Brexit en Trump se oorwinning in Amerika, sowel as die meningspeilings wat só verkeerd was in die geval van Trump, kan ons nie die moontlikheid dat Le Pen op die ou end kan seëvier uitskakel nie. Die “hen tussen die hane” mag vanjaar dalk net verras... Indien nie in 2017 nie, gaan sy heel moontlik in 2022 koning(in) kraai. Of Le Pen se narratief tot ’n suksesvolle kruistog binne die Franse politiek sal lei, sal tyd wel leer. REDE

Het jy geweet?

• Sy het op ʼn ouderdom van 13 deelgeneem aan haar eerste verkiesingsveldtog. Haar eerste kiesafdeling is in 1998 ingepalm en in 2011 het sy haar pa (Jean-Marie le Pen) as die nuwe leier van FN opgevolg. • Sy spog met ʼn graad in Regte en het vir ʼn aantal jaar as prokureur gepraktiseer voor sy die politiek betree het. • Sy is as katoliek grootgemaak, is al twee keer geskei en het drie kinders.

Regs of links?

Le Pen moes haar pa in 2015 van die party verban weens sy vêrregse uitlatings. Hoewel sy dit tot ʼn groot mate reg gekry het om van die vêrregse stigma van die party ontslae te raak, bly die liberale pers haar hieroor peper. Dit nieteenstaande dat FN vandag liberale beleid ten opsigte van gay huwelike en aborsie ondersteun. Of iemand regs of links in die politiek is, hang dikwels af van waar jy polities gesproke teenoor iemand staan. Vir die liberale pers sal iemand wat globalisme teëstaan altyd vêrregs wees, terwyl konserwatiewe denkers haar nie noodwendig as vêrregs sal beskou nie.

52|REDE


Die sekulêre staat en gemeenskappe

Kommunitarisme word deur Le Pen as ʼn bedreiging vir die sekulêre staat, wat sy voorstaan, beskou: “Ek dink dat kommunitarisme die saad van konflik tussen gemeenskappe saai, en ek wil nie hê dat my land konflik tussen gemeenskappe in die gesig moet staar nie. Ek herken nét individue. Dit is nét individue wat regte het. Dit is nét individue wat ʼn vrye wil het. Dit is individue wat hulself assimileer. In geen geval is dit gemeenskappe nie!” Om die kersie op die koek te sit, wil sy die volgende sinsnede: “Die Republiek erken nie enige gemeenskappe nie” in die konstitusie laat inskryf. Haar vyandigheid jeens minderheidsgemeenskappe mag vir ons baie vreemd klink, maar Le Pen sê dit hoofsaaklik om Moslem ekstremiste in Frankryk af te skrik en wil poog om minderhede van enige konstitusionele staanplek te ontneem. Kommunitarisme word wel deur haar as ʼn geldige regeringsmodel vir AngloSaksiese lande beskou maar nie vir Frankryk nie.

25 die snykant Op

Vir advies oor Afstandleer, kontak Anje of Sanet by 053 207 0161 of 072 970 7050 of besoek ons webwerf by www.afstandleer.co.za

Word jou beste self! REDE|53


Die kruistog van Afrikaneronderwys

Anje Boshoff

Waarom ’n kruistog? Wat is die betekenis daarvan histories, metafories en in terme van Afrikaneronderwys? ’n Kruistog is die verowering of herowering van iets waarop jy voel dat jy ten diepste aanspraak het, indien nie histories nie, dan logies. In die Middeleeuse kruistogte wou die Christene Jerusalem van die More herwin. Alhoewel dit histories nooit aan hulle behoort het nie, het die christendom van daardie tyd Jerusalem beskou as heilige stad vanweë die kruisigingsgeskiedenis en die geboorte van die kerk onder Petrus en die ander dissipels van Jesus. Histories is dit egter die Jode wat daarop sou kon aanspraak maak. Jesus se eie verhouding met Jerusalem was maar dubbelsinnig. Hy kom Jerusalem binne met ‘n groot intog waar hy deur die mense as koning toegejuig word, maar kort daarna word hy op Golgota gekruisig. Die ridders van die Middeleeue was in ’n sekere sin opgeleide vegters wat gereeld opgeroep is om klein koninkryke of hertogdomme teen mekaar te verdedig of aan te val. In ’n tyd van relatiewe vrede in Europa rondom die elfde eeu, gelyklopend aan toenemende invalle en aggressie van die More uit die Midde-Ooste, veral in Italië, is die energie van hierdie ridders op ‘n nuwe doel gerig toe die Pous om hulp vra. Die tyd was ryp vir ‘n “Heilige oorlog”. Metafories hou ’n “kruistog” altyd verband met iemand, dikwels ’n groep, se groot poging om ’n verhewe doel, iets wat nie deur eie belang oorheers word nie, na te streef. As dit stryd behels (wat histories eie aan ’n kruistog is, maar nie metafories altyd nie), is die stryd teen ’n volkome vyand met “God aan my kant.” ’n Historiese blik op Afrikaneronderwys Onderwys, wat meer is as die blote oordrag van nuttige kennis en meer formele optrede vereis,

54|REDE

wentel rondom geletterdheid. Die res word informeel op die lewensweg oorgedra, byvoorbeeld die jagter wat die jagkuns aan sy seun leer, of die ridder die swaardkuns, of die moeder die kookkuns. Die belang van geletterdheid is histories godsdienstig gedra omdat dit oor tekste van openbaring gaan – dikwels net binne geestelike klasse. In die ou Israel was die geletterdes die Skrifgeleerdes en die Fariseërs. In die Roomse kerk is geskrifte deur monnike oorgeskryf en in kloosters bewaar. Die Gereformeerde Christendom onderskei hom daarin dat hy die Skrifte vir leke-gelowiges wil toeganklik maak. Dit word eers etlike eeue na die kruistogte moontlik, toe die tegnologie so ontwikkel dat die Bybel, en ander boeke, deur die drukkuns vermeerder en versprei kon word. Daarom moet kinders van die verbond leer lees. Om hulle dit te leer, is ’n formele aktiwiteit, waar dit ookal plaasvind, en is die minimum wat in moderne tye as “skool/skoling” beskryf kan word. Met Afrikaners se wortels in die gereformeerde Nederlande, dus Europese protestantisme, is dit gegewe dat ons voorouers hoë waarde aan geletterdheid en skoling sou heg, selfs waar dit maar primitief aangebied sou word. Die Vryburgers aan die Kaap, die Trekkers van die Groot Trek en die Burgers van die twee Boererepublieke het hierdie waarde ten diepste gedeel. Die skoling van kinders is beskou as die reg en verantwoordelikheid van die ouers. Daarom ook dat die motivering dikwels net dit was: jy moet darem die Bybel kan lees. En daarom dat die Bybel dikwels die enigste boek was waaruit leer plaasgevind het. Waar ouers nie self hul kinders verder kon onderrig nie, het hulle soms saamgespan op die plase en ’n Meester laat kom om die kinders te leer “lees, skryf en reken.” Daaruit het


die eerste plaasskooltjies ontstaan wat later in ons Afrikaanse letterkunde en in ons gedeelde geheue ’n groot plek sou inneem.

Tukkies se ou-lettere gebou, Afrikaanse tersiêre onderrig in die begindae Die rampspoedige afloop van die Tweede Vryheidsoorlog lei ’n nuwe era in. Die gety van modernisering het reeds met die ontdekking van goud en diamante oor die republieke begin spoel. Mynbou is ’n industrialiserende, verstedelikende aktiwiteit. Die verlies van plase en die middele tot oorlewing op plase wat deur die oorlog vernietig is, het verstedeliking aangehelp. Daarmee saam het ’n kompetisie om beheer oor die samelewing gegaan. Die Boere het hul vryheid verloor, maar sou daarna nie rus voordat dit stukkie-vir-stukkie weer teruggewen is nie. Slegs vier jaar na die vredesluiting van die oorlog, het Transvaal weer selfbestuur gekry en nog vier jaar later is die Unie gestig. Die Britse militêre verowering word egter gevolg deur ’n poging om die bevolking kultureel te verower en te verengels, wat die reaksie van die CNO-beweging uitlok. Oorspronge van Christelike Nasionale Onderwys lê al vroeër, maar hier volg ’n heldhaftige beweging om skole van die aard daar te stel in stryd met regeringsbeleid en met behulp van eie fondse. Al was die beweging self nie baie omvangryk of suksesvol nie, het dit ’n geweldige en verreikende effek op Afrikaneronderwys en -geskiedenis gehad. Veral in soverre die erkenning van Nederlands as ononderhandelbare deel van selfbestuur vir die republieke en vir Uniewording beskou is, het dit moontlik geword om CNO-onderwys by wyse van politieke mobilisering en met staatshulpbronne na te strewe. Een van die grondleggers van onderwys op ’n Christelik Nasionale grondslag, was die Afrikaanse digter Totius. Totius het sy hele lewe nooit in ’n staatsonderwysinstelling deurgebring nie. Selfs sy universiteitsjare is by die Teologiese skool van die Gereformeerde Kerk op Burgersdorp deurgebring. Daarna het hy by die Vrye Universiteit van Amsterdam gestudeer, waar hy met die

onderwysbeleid van Nederland aan die einde van die 19e eeu kennis gemaak het. In dié tyd het Abraham Kuyper (teoloog en politikus, selfs eerste minister vir ’n kort tydperk) ’n prominente rol in onderwysgeledere gespeel. Hy self kom uit ‘n gereformeerde agtergrond en was ‘n groot politieke figuur in die Nederlandse samelewing wat groot verdelings beleef het. Hierdie verdeeldheid het spesifiek gemanifesteer in die onderwys en Kuyper het ‘n skikking bewerk waarin die staat skole ondersteun wat op ouers se voorkeure gebou is. Daar was drie suile: gereformeerde of katolieke of sekulêre skole het gelyke staatsondersteuning ontvang en ouers kon self kies waar hulle kinders opgevoed word. Die gedagtes wat Totius terug na Suid-Afrika gebring het, was onder andere die idee dat die staat onderwys moet help moontlik maak, maar nie beheer en monopoliseer nie. Dit behels dat die staat betaal vir die onderwys wat die ouers verkies. Nog ’n bekende naam wat uitstaan as ’n mens dink aan die stryd om Afrikaans en Afrikaanse onderwys, is natuurlik dié van Langenhoven. Afrikaners het suksesvol gemoderniseer danksy die taalontwikkeling van Afrikaans wat moedertaalonderwys moontlik gemaak het. Langenhoven, soos vele ander Afrikaners in die tyd, het sy opvoeding in Engels gehad. Ook MER (Maria Elisabeth Rothman of “Tant Miem”) moes haar hele skoolloopbaan en universiteitsopleiding in Engels ondergaan. Hulle was dus goed bekend met die ryk en vrugbare Engelse kultuur, maar het ingesien dat dit nie die breë basis modernisering vir Afrikaners gaan meebring nie. Hulle het ook besluit dat dit nie die beste vir hulle kinders is nie en kon nie in die idee van Engelse onderwys vir Afrikanerkinders berus nie. Hierdie vroeë “kruisvaarders” in Afrikaanse onderwys het meegebring dat Afrikaners oor ’n breë front bemagtig is soos selde gesien in die ontwikkelende wêreld. Afrikaners se voorspoed en sukses is beslis nie in elke opsig op swart arbeid gebou nie, al was dit daarin geweef. Sonder interne ontwikkeling sou Afrikanerarbeiders naas die swartarbeiders onder Engelse beheer gebly het soos die Vlaminge onder die Wale. Jerusalem verower en Jerusalem verloor Mettertyd behaal Afrikaners politieke sukses, dikwels meer met inspraak as met beheer, in die vestiging van skole op CNO-grondslag, selfs universiteite, wat ‘n sleutelrol in suksesvolle opheffing en modernisering speel. Dit word ‘n indrukwekkende stelsel en verbysterende hoogtes word bereik. Herman Giliomee sê: “Die groei van Afrikaans as volle funksionele taal is een van die merkwaardigste

REDE|55


kulturele verskynsels van Suid-Afrika gedurende die twintigste eeu.” Volgens die Duitse taalkundige Heinz Kloss, is Afrikaans die enigste nie-Europese, nie-Asiatiese taal wat gedurende die vorige eeu volle universiteitstatus verwerf het en wat in al die vertakkinge van die lewe en die akademie gebruik kan word. Kloss se stelling word bevestig deur die Frans-Kanadese taalkenner, Jean Laponce, wat sê dat Afrikaans een van net vier tale is, wat in die twintigste eeu ten volle gemoderniseer het. (Flip Buys, Afrikaans op kampusse) Hierdie ontwikkeling van Afrikaans is egter voluit in die staat (al was dit óns staat) gesetel, en mettertyd het ons die instellings saam met staatsbeheer verloor. Een metaforiese voorbeeld hiervan is die Afrikaanse skooltjie van Rietbron in die GrootKaroo, wat kort na Uniewording deur die NG kerk gestig is op CNO-grondslag. Vir bykans ’n halwe eeu het hierdie skooltjie met moeite en opoffering gegroei. In die hoogbloei van die Afrikaner se politieke en nasionalistiese bereik, het die kerk met groot vertroue hierdie kosbare, maar finansieel stremmende bate aan die sterker, vermoënde staat oorgedra. En vir nog vyftig jaar het die skool gegroei en is dit versterk, totdat dit, saam met die res van Suid-Afrika, in 1994 aan ‘n “nuwe staat” oorgedra is en vir Afrikaners verlore geraak het. Daar was egter steeds heldhaftige pogings om die onderwys en ons skole vir Afrikaans te behou. Model C-skole was niks anders as om eie onderwys onder ’n vreemde regering en met staatsbefondsing te behou nie. Dit het vir ’n dekade of twee nie te sleg gewerk nie, maar nader kennelik nou, onder druk van die staatsideologie van transformasie en Afrikanisering, sy einde. So is Jerusalem by wyse van spreke vir Afrikaneronderwys verower en weer verloor – maar nie sonder wins en voordeel nie, ons bevolking het ’n verbysterende ontwikkeling ondergaan, al is die gevolge daarvan beide positief en negatief. Moet Jerusalem herower word? Histories het die kruistogte vir Europa onbedoelde gevolge gehad, wat in ’n volgende era oorgegaan het en die gedagte van verdere kruistogte self op die agtergrond geskuif het. Nuwe handels- en wetenskaplike geleenthede het prosesse op tou gesit wat onder andere die Kerk se monopolie op belangrike aspekte van die samelewing ondermyn het en tot die opkoms van die Renaissance bygedra het. Selfs klassieke Westerse tekste is van die “Mohammedane” (wat die barbaarse Europeërs op kruistogte taamlik langs hulle neuse af bekyk het) herwin. Ontwikkeling wat deur die nawerking van

56|REDE

die kruistogte op tou gesit is, het op ’n stadium verdere kruistogte nie net onmoontlik of onwenslik laat lyk nie, maar eintlik ondenkbaar. Die “kruistog” moes sy toevlug tot metaforiese taal neem. Die onbedoelde gevolge van die verowering van staatsonderwys deur Afrikaners is die skouspelagtige opheffing en ontwikkeling van ‘n bevolking wat dikwels in een geslag van ‘n landelike en agrariese bestaansekonomie tot die hoogste vlakke van moderne kultuur, tegnologie, ontwikkeling en verkeer gevorder het. Dink aan prof Carel Boshoff, wat as kind die ossewa moes inspan om met die wa groente op die dorp te gaan verkoop, en aftree as professor aan die Universiteit van Pretoria en daarna grondlegger van Orania word. Dink aan dr Wally Grant wat deel was van ’n span wetenskaplikes by UKOR wat atoomsplitsing bemeester het. Dink aan Chris Barnard – ’n Afrikaner en die eerste dokter in die wêreld wat ’n hart geslaagd kon oorplant. Dink aan Anton Rupert, NP van Wyk Louw en tallose ander voorbeelde. Die probleem is natuurlik dat dit soveel van ons mense ook toegerus het om te emigreer en vir die volk wat hulle opheffing moontlik gemaak het, verlore te gaan. Vir Afrikaners is dit ’n groot skade, veral as mens hulle nageslag daarby in berekening bring. Dit het ons mense egter ook toegerus met hulpbronne, materieel, intellektueel en geestelik, om dinge te doen wat vir geslagte voor modernisering buite bereik was. Dit stel ons byvoorbeeld in staat om beter as ooit tevore eienaarskap van eie onderwys te neem, by wyse van o.a. onafhanklike skole en tuisskoling. Modernisering en Afrikaners se historiese gehegtheid aan geletterdheid het meegebring dat daar onder ons mense hoë vlakke van kundigheid en gespesialiseerde kennis is, oor ’n breë front. Ons keer terug na die beginsel dat onderwys die reg en verantwoordelikheid van die ouer is. Van daar af is ons ouers betrokke, ons skole christelik gefundeer en gefokus op geletterdheid. Ons geskiedenis het ons geleer om telkens nuwe planne te maak vir hierdie selfde doel, om binne die gemeenskap kundigheid en inisiatief saam te span. Ons mense is inherent selfstandig, hardwerkend, ondernemend en oorspronklik. Die punt is dat die “herowering van Jerusalem,” toegang tot ons “regte” in terme van die SuidAfrikaanse staatsbedeling op kultuureie staatsonderwys nie net onmoontlik geword het nie, maar ook onwenslik, selfs ondenkbaar. Die “herowering van Jerusalem” het hier ook ’n agterhaalde strewe geword.


plaasvind na ondersoekende of deelnemende leer, eerder as passiewe, absorberende leer. Die onderwyser moet dus die houdings en waardes, wat lei tot selfstandige en verantwoordelike leer, gedurig motiveer en kontroleer. Die skool moet sy rol as instelling in die gemeenskap opneem. Leerders is individue, maar as individue ook deel van ’n gemeenskap wat waardes en houdings deel – die moeilik omvatbare idee van “kultuur.” Daar moet dus ’n gedurige wisselwerking tussen skool en gemeenskap wees in terme van kultuurinstellings, politieke werkswyses en -strewes, gewone praktiese maatreëls en selfs sportbeoefening. Die dreigende realiteit binne die onderwys. Hoe lyk die nuwe kruistog vir Afrikaneronderwys? Wat moet wel nou weer verower word? Toepaslike en volhoubare onderwysvoorsiening vir ’n gemeenskap sonder Suid-Afrikaanse staatsondersteuning, maar met die behoefte aan hoë gehalte oordrag van gespesialiseerde kennis, gemeenskapsgerigte houdings en hoogstaande vaardighede. Hoe kan dit voorsien word? Ons moet ‘n paradigmaskuif in ons denke oor onderwys maak ten aansien van minstens die volgende 6 punte. Maar dis in die gees van “bou en behou,” want vir elke punt wat omgekeer word, is daar ook iets wat bevestig word. Die setel van verantwoordelikheid vir die leerproses of leerloopbaan moet stelselmatig suksesvol oorgedra word na die leerder. Wanneer ons leerders besef dat leer by hulle begin en die onderwyser ’n ryk hulpbron en “meester”/begeleier op die pad na kennis en vaardighede is, begin leer aktief plaasvind en nie net passief nie. Daarom ook dat ons die woord “leerder” eerder as “leerling” gebruik. Die Afrikaanse spreekwoord – wat onderwysers dikwels gebruik – “Jy kan die perd tot by die water bring, maar jy kan hom nie maak drink nie,” is miskien ’n bietjie van ’n komiese aanduider van die rolverdeling. Die ontploffing van inligting en inligtingstegnologie moet as bate en nie as bedreiging gesien word nie. Ons moet leerders ook voorberei vir ’n era met nuwe uitdagings en geleenthede wat hulle op ’n verantwoordelike wyse tegemoet kan gaan. Wanneer ons vroeg reeds leer waar die struikelblokke lê en hoe die tegnologie as nuttige bron benut kan word, is dit ‘n versterking in kennis en vaardighede waarmee die wêreld na skool tegemoet gegaan word. Die rol van die onderwyser is steeds dié van mentor en begeleier. Daar moet egter ’n klemverskuiwing

Daar moet ’n drieledige vennootskap ontstaan: onderrig is nie net ‘n verantwoordelikheid oorgedra van onderwyser na skool, met die kind as voorwerp (taalkundig gesproke) nie, maar ‘n samewerking tussen leerder-ouer/begeleier-skool. Opvoeding, veral die oordrag van waardes en houdings, begin by die huis en kan sonder die medewerking van die ouer baie moeilik deur die skool alleen gedoen word. Skaal is ‘n noodsaaklike voorvereiste vir gehalte en kan in die lig van voorgaande verkry word deur saambundeling van belange eerder as unifisering byvoorbeeld in een instelling. Waar skaal nodig is (byvoorbeeld in terme van materiaal of kurrikulumontwikkeling) word dit saam gedoen, waar dit onnodig is (byvoorbeeld by intensiewe of individuele begeleiding), word dit apart gedoen. Daarmee word die volgende bevestig: • Die setel van verantwoordelikheid vir die opvoeding van die opkomende geslag berus by ouers én die gemeenskap. • Kennisgesentreerde, eerder as leerdergesentreerde of vroeër onderwysergesentreerde onderwysmetodes. • Tradisie, mentorskap, rolmodelle deur ontwikkeling van vennootskappe, ook en veral met begeleiers. • Lewensgereedheid as riglyn, eerder as byvoorbeeld eksamengereedheid. • Outonomie en subsidiariteit ook in onderwysaangeleenthede. Afrikaner onderwys het ’n hele paar metaforiese kruistogte agter die rug. Daar lê egter nog baie werk en ’n paar gevegte vir ons voor. As ons egter voor oë hou dat ons “kruistog” gerig is op “’n hoër doel, wat nie deur eie belang oorheers word nie” en die Christelike grondslag waarop Afrikanerskole van die vroegste tye af gebou is, behou en uitbou, is die moontlikhede en avontuur in onderwysontwikkeling veelbelowend. REDE

REDE|57


Die kruistog in die Westerse

Die kruistogte was ‘n reeks ooswaartse, godsdienstige veldtogte wat onderneem was deur Wes-Europeërs. Hulle beskawing het hom in ‘n jeugdige, selfversekerde fase van die lewe in Christus bevind. Hulle wou in die Ooste van die ware geloof getuig en die invloed van die (Westerse) Christendom vergroot. Tans het die Weste weinig godsdienstig te bied, maar sy bekeringsdrang het gebly. Weereens dring die Weste sy eie denkwyse – tans die liberalisme – in ‘n kruistog op aan die Oos-Europeërs. In die Weste is die liberalisme egter besig om die samelewings, en uiteindelik homself, te ondermyn. Terselfdertyd het die gebrek aan liberalisme die sosiale weefsels in Oos-Europa intak gelaat. Wat beteken dit vir die Weste? 58|REDE

beskawing

Marcel Bas Geestelike kruistogte van Wes na Oos In die twaalfde- en dertiende eeu het die noordelike kruistogte plaasgevind. Noordwes-Germaanse ridders het na Noordoos-Europa getrek om daar heidense Slawiese, Baltiese en Fin-Oegriese volkere, dikwels onder dwang, te kersten. Die reeks suidoostelike kruistogte van die elfde-, twaalfde- en dertiende eeu is heelwat bekender. Hulle was aanvanklik gereël om gehoor te gee aan die opdrag van die opgestane Jesus Christus om die Christelike geloof aan die wêreld te bring (Matt 28:16-20), en om besette Christelike (OostersOrtodokse) gebiede van Turkse Moslemoorheersing te bevry. Vol geesdrif het ridders, geestelikes en boere – dikwels bevry van lyfeieneskap – via die Balkan na die verowerde gebiede in Klein-Asië, Palestina en veral Jerusalem gegaan. Die vierde kruistog (1203-1204) het in ‘n katastrofe geëindig. Die oorsake was vroeëre, langdurige mentaliteits- en kultuurverskille tussen Oos en Wes, die Skeuring van 1054 (toe die Oosters-Ortodokse Kerk hom van Rome afgeskei het) en ongelukkige botsings tussen Katolieke en Ortodokses in drie vroeëre kruistogte. Die kruisvaarders het die Balkan geplunder, daar geveg, massaslagtings onder Ortodokse Christene aangerig, hul kerke ontheilig en ‘n Katolieke “Latynse Ryk” gestig. Hulle kon nie Palestina bereik nie, maar in 1204 verower en plunder hulle Konstantinopel, die trotse hoofstad van die Oosters-Ortodokse Bisantynse Ryk. Vir die Weste was die ‘ketterse’ Konstantinopel immers ‘n legitieme teiken.


EU aangesluit. Vir die herstel van hul nasionale onafhanklikheid en beskerming teen Russiese geopolitiek, het hulle by die Westerse NAVO aangesluit.

Ortodokse Christene het latere Katolieke pogings om die Moslems te verdryf (1439-53) afgewys. Hulle het maar liewer die Turkse heerskappy as ‘n ‘genadige bevryding van Latynse oorheersing’ aanvaar. Opeenvolgende kruistogte (1212, 121721, 1229, 1239 en 1343) het die kloof tussen die Ooste en die Weste verder verdiep. Konstantinopel sou nooit weer herstel van 1204 nie, waarna die Ryk eeuelank onder Moslemheerskappy sou sug.

EU-aansluiting het vereis dat kandidaatlidstate die neoliberale waardes – indertyd voorgestel as ‘die demokratiese waardes’ – sou onderskryf. Die EUuitbreiding na lande soos Roemenië, Bulgarye, Pole, Slowakye en Hongarye het sodoende skielik die Wes-Europese liberale waardes – van bo af – tot “Europese waardes” verhef. Die neoliberale oorwinning van die, grootliks Angelsaksiese, Westerse wêreld was voltooi.

Sowel die noordoostelike as die suidoostelike Ortodokse kerk in St. Petersburg, Rusland. kruistogte was nie net pogings tot uitbreiding van geestelike mag nie, maar ook van wêreldse mag. In die kielsog van die militêre onderwerping Volgens die vroeg-twintigste-eeuse geopolitikus van weerspannige volkere, het die Weste in die Halford Mackinder is Rusland (‘n tellurokrasie) die Ooste immers handelsposte gestig en land in besit Angel-Saksiese wêreld (‘n talassokrasie) se oudste geneem. natuurlike konkurrent in die stryd om die beheer oor Eurasië. Die Weste het Rusland as ‘n vennoot Aan die Westerse bevolking was die Christelike gedoog solank die Weste kon beskik oor die Russiese opdrag voorgestel as die ideële legitimering vir mark en hulpbronne, en solank Rusland van sy hierdie magsuitbreiding. geopolitieke belange afgesien het. Dit het gewerk, Huidige ideologiese kruistog van Wes na Oos solank president Boris Jeltsin se rampsalige beleid Vandag het die Weste die opdrag van Christus Rusland swak gehou het. Hy het die land in oorhaas ingeruil vir ‘n sekulêre opdrag: die verspreiding van ‘n geleide ekonomie in neoliberale kapitalisme van die neoliberalisme. Hierdie Westerse gestort en die Russe tot die bedelstaf gebring. Hulle lewensbeskouing het in Europa die hoogtepunt het moreel verval en ryk oligarge het die land en van sy mag bereik binne die uitbreiding van die sy hulpbronne aan die Weste uitverkoop. Intussen oorspronklik Wes-Europese samewerkingsverband kon, in weerwil van die afsprake,[1] die ‘defensiewe’ van die Europese Gemeenskap (EG); die voorloper ooswaartse NAVO-uitbreiding tot by Rusland se van die Europese Unie (EU). staatsgrense voortgaan. ‘Wêreldwye veiligheid’ het sinoniem geword met die veiligheid van die Weste Vanaf die middel van die 20ste eeu tot 1989 het die en ‘n groot kloof tussen Rusland en die EU het oostelike EU-lidstate en Rusland deel uitgemaak ontstaan. van die intimiderende Warskouverdrag – hierdie Russies-oorheerste magsblok was die geopolitieke verwerkliking van die liberalisme se enigste oorgeblewe konkurrent: Die Kommunisme. Die meeste Oos-Europese lande wou na 1989 deel uitmaak van die Westerse liberaal-demokratiese, welvarende samelewings, en het dus by die EG/

Onder president Poetin het Rusland ‘n ander koers ingeslaan; die oligarge was verban en uitwasse van

Op 10 Februarie het die Duitse minister van Buitelandse Sake, Genscher, namens NAVO aan sy Sovjet-kollega Sjevardnadze toegesê dat NAVO hom nie ooswaarts sal uitbrei nie.

1

REDE|59


Wladimir Poetin, Russiese Premier die neoliberalisme was openlik afgekeur. In die 21ste eeu het hierdie tendens hom voortgesit: danksy ‘n kombinasie van antiliberalisme, nasionalisme en herleefde Oosters-Ortodokse Christendom herwin Rusland tans sy politieke en morele bestendigheid en versterk hy sy besonderse posisie tov die Westerse wêreldorde. Daarnaas konstateer die EU-VSA-koalisie dat ook die ander Oos-Europese volkere nog nie liberaal genoeg dink nie: in wese is hulle ook nasionalisties en konserwatief-Christelik. Die Westerse leiers wou in Oos-Europa (insluitende Rusland) ‘n groot onontgonne land sien, ontvanklik vir ‘n nuwe, neoliberale veldtog. Net soos by die Middeleeuse kruistogte is hierdie veldtog sowel ideologies as geopolities (ekonomies) gedrewe. Die inset is die vestiging van ‘n nuwe neoliberale samelewing in Oos-Europa en Rusland, met as doel – dit keer telkens terug in neoliberale projekte – verdere globalisering. Multinasionale maatskappye en oligarge is dikwels aanjaers van globalisering. Globalisering lei immers tot die vereenvoudiging van geldtransaksies, afskaffing van kommissies oor internasionale geldtransaksies en die totstandkoming van ‘n groot

60|REDE

massa verbruikers en goedkoop arbeidskragte. As volkere (byvoorbeeld via popkultuur) heropgevoed kan word om ‘n massa met standaardbehoeftes te word, dan kan multinasionale maatskappye eenvoudiger beheer oor die wêreldmark kry. Hulle beheer dan immers die produksie van gestandaardiseerde middele waarvan die massas afhanklik gemaak is. Plaaslike ‘kompartimentalisering’ van kapitaal, produksie, mag en gesag staan in die pad van hierdie proses omdat dit die indiwidu weerstand verskaf en die afsetmark kompliseer. Dit sou derhalwe ideaal wees as die plaaslike kollektiewe soos die gesin, die familiestam, die boeregemeenskap, die volksgemeenskap, die geloofsgemeenskap en uiteindelik die nasiestaat uitgehol of opgehef sou kon word. Die liberalisme is die polities-ideologiese wegbereider van hierdie proses. Die Weste het dan ook ‘n nuwe kruistog begin om die oostelike EU-burgers en die Russe her op te voed met die liberale hoofbeginsels: indiwidualisme as maat van alle dinge; vooruitgangsgeloof (dit gaan ál beter en vroeër was dit slegter as vandag); geloof in die Weste (Euro-Amerikaanse samelewings is die standaard vir menslikheid); sekularisme (religie


mag geen invloed uitoefen op die maatskappy nie); loskoppeling van huwelik, seks en voortplanting (bv kinders kan netsowel buite gesinne grootgemaak word); prokapitalisme (vryemarkkapitalisme is die beste en ander ekonomiese stelsels moet hervorm of afgeskaf word); demokrasie, wat meer mag vir minderhede (immigrante, LGBT-gemeenskappe, ensovoorts) inhou. Westerse regerings en multimiljardêrs pomp groot somme geld in talle NGO’s wat hierdie heropvoeding moet realiseer, soos die Amerikaanse neoliberale Freedom House, die National Endowment for Democracy,[2] die CIA-organisasie Radio Free Europe, organisasies van George Soros en die Elie Wiesel Instituut. Meer spesifiek probeer hulle om hul teikengroep se geeste ryp te maak vir die ‘ope samelewing’ (d.i. toleransie, inklusiwiteit en immigrasie), multikulturalisme, problematisering van etniese volksoorlewerings en verskeidenheid. Een van die intensiefste veldtogte (vir die aanvaarding van verskeidenheid) beoog ‘n herdefiniëring van die huwelik, die gesin en die geslagte. ‘n LGBT-organisasie soos Accept România ontvang honderdduisende dollars/euro’s van geldskieters soos die Europese Kommissie, die Europese Raad, die Phare Programme van die EU, die , die Open Society Institute New York, die Open Society Institute Budapest, die Soros Foundation Romania, die Soros Foundation Moldova, die Planet Romeo Foundation, die Nederlandse ‘Trut Fonds’, die Nederlandse Ambassade, UNICEF, ensovoorts (heropvoeding is blykbaar van groot belang in ‘n land waar 99,8% van die bevolking godsdienstig is,[3] dus met sterk familiewaardes). Westerse ambassades in die oostelike EU is ook aktief betrokke by die implementering van die LGBT-agenda in hul gasheerlande. Byvoorbeeld, in Roemenië het die huidige Nederlandse ambassadrise verskeie kere gepleit vir die wettiging van die homoseksuele huwelik. Vroeër was sy ambassadeur in die konserwatief-Christelike land Kroasië, waar sy met dreiging van EU-sanksies die LGBT-agenda deurgevoer gekry het. Terselfdertyd het die Amerikaanse ambassadeur in Roemenië Rusland het intussen die National Endowment for Democracy verbied. 3 86,5% van die Roemene is Oosters-Ortodox, 4,6% Katoliek, 5,1% Protestants, 0,2% sonder religie. In ‘n liberale land soos Nederland is 67,8% sonder religie. 2

opgeroep tot ruimhartige ontvangs – en integrasie – van immigrante vanuit Moslemlande. Aan die Westerse bevolking word die neoliberale opdrag voorgestel as die ideële legitimering vir hierdie magsuitbreiding. Nihilistiese inploffing Die Westerse beskawing is magtig en as sulks probeer hy om andere te oorheers. Hy is egter liberaal, en dit is problematies, want as ‘n verskynsel van die moderniteit dra die liberalisme die kiem van nihilisme. Dit beteken eers dat alles wat vir die mens samehang en betekenis vertoon (die kollektief, die verband tussen die transendente en die immanente, singewing, rolverdeling en tradisie) in die moderniteit uitmekaar getrek word. Vervolgens, so stel Danie Goosen in Die Nihilisme (2007), resulteer hierdie disintegrasie in ‘n postmoderne situasie waarin die geskeide, betekenisvolle onderdele nie meer dualisties teenoor mekaar staan nie, maar oor mekaar se grense skuif en implodeer. Dit is volgens Goosen die algehele ‘wêreldverlies’ waarmee die postmoderne Westerse mens van vandag te kampe het. Volgens die Russiese filosoof Aleksandr Dugin gedra liberalisme hom in hierdie proses dan ook as ‘n negatiewe filosofie vir die mens omdat dit altyd na vryheid van iets streef, en nie na vryheid vir iets nie. Dit roep mense hoofsaaklik op tot bestryding van wat as onvry beskou word. Nadat alle ‘onvrye’ verbande afgeskaf is, bly daar net die indiwidu oor totdat ook die indiwidu self uitmekaar getrek moet word om van sy eie ‘onvryheid’ verlos te word. Sulke vryheid word ondraaglik omdat dit tot ’n persoonlike inploffing lei: ‘n leë, ‘sub-indiwiduele’ toestand bly oor. Volgens Dugin was liberalisme ontwerp vir ‘n spesifieke groepe mense (handelaars) in spesifieke dele van die wêreld (die Weste), maar het dit nou ‘n program vir die hele wêreld geword. Nadat fascisme en kommunisme – sy enigste vyande – verdwyn het, het liberalisme vanaf 1991 ge-ontideologiseerd geraak. Liberalisme het die realiteit virtueel gemaak, hom met die realiteit vermeng en was nie langer ‘n politieke ideologie nie. Vanweë sy eie sukses is dit nou heeltemal op sy eie, en begin dit inplof. Ten einde ‘n inhoud te vind, teiken die liberalisme nou die laaste nieliberale – dus nie-indiwidualistiese – verskynsels: seksisme, politieke inkorrekheid, geslagsongelykheid, die nasiestaat, die Kerk, ensovoort. Vir sy voortbestaan as ‘n ideologie het

REDE|61


Thomas Cole se “vernietiging van die Ryk”, deel van die 5 stuk skilderyreeks “Die verloop van die Ryk”. liberalisme, as ‘n negatiewe ideologie, ‘n nuwe vyand nodig. Dit rig hom derhalwe nou buiten die EU via NGO’s, die massamedia en NAVO, op die grootste bolwerk van illiberalisme: Rusland. Ons sien dat die liberalisme sy bestaansrede weereens binne die konteks van ’n ideële kruistog gevind het. Maar vir hoe lank nog? Liberalisme skep naamlik probleme wat nieliberale oplossings verg. Een van die probleme is die Moslemgeloof. Met sy 18,5 miljoen Islamitiese immigrante in Wes-Europa het Islam die vorm aangeneem van ‘n nuwe, kommerwekkende, geestelike kruistog. In teenstelling met die liberale lesse probeer Islamiete om binne Wes-Europa mag te verwerf deur hulle op etnosentriese, kollektivistiese, religieuse en uitsluitende wyses te organiseer. Terselfdertyd is Wes-Europeërs veronderstel om hulleself nie-etnies, indiwidualisties, sekulêr en insluitend te gedra. Die liberalisme sou met behulp van Islam die Westerse beskawing in duie kon laat stort. Indien inheemse Wes-Europeërs egter nog van voornemens is om hul samelewing en kultuur te behou, dan is hulle genoop om hulleself ook as ‘n kollektief – meer etnosentries en dus nie-liberaal – op te stel sodat hulle hul kultuur legitiem kan bevorder as die verkieslike kultuur. Liberalisme skaf homself af as ‘n politieke ideologie omdat dit sy eie lewensonderhoud verbruik terwyl hy sy ‘wêreld’ afskaf. Onder sy eie invloed raak die preliberale oorblyfsels waarop dit as ‘objektiewe’

62|REDE

alternatief vir ‘subjektiewe’ kollektivisme kon groei, verbrokkel. Die sukses, en nie die mislukking van die liberalisme nie, is verantwoordelik vir die huidige situasie in die Weste wat gekenmerk word deur finansiële, demografiese, morele, spirituele en maatskaplike krisisse en gevolglik vertwyfeling, onbehae en woede onder indiwidue. Dit is denkbaar dat die liberale demokrasie weens sy eie sukses sal ingeruil word vir, eufemisties gestel, minder ‘insluitende’ en/of minder ‘objektief ’ geleide politieke stelsels. Die opkoms van die populisme en nasionalisme in die Weste kan ‘n voorbode hiervan wees. Weerstand vanuit die Weste Die Westerse samelewinge word alreeds minder liberaal. Volgens die Amerikaanse teoloog Steve Turley streef sekulêre globalisme na hulle detradisionalisering en denasionalisering. Die laaste tyd het die voortduring van globalistiese beleid egter juis gelei tot retradisionalisering en renasionalisering. Geloof en nasionalisme kry in die Weste gesamentlik ‘n hupstoot, want onder druk van immigrasie, sentralisering en liberale ‘wêreldverlies’ gryp mense terug na hul eie etniese gemeenskap, religie, nasionale simbole en vertroude gebruike. Mense soek weer eenheid en verbondenheid. Hulle stem vir Trump, PVV en Front National omdat hulle sekerheid soek wat die liberalisme nie kan bied nie. Mense kies vir die terugkeer van grense en die


nasiestaat as ‘n vreedsame oplossing vir die riskante gevolge van liberale denasionalisasie en massaimmigrasie. Hulle draai teen die EU en teen die oorlogsugtige anti-Russiese houding van liberale politici. Versoening met Rusland sal die EU verder uitmekaar laat val omdat die Russiese vyandbeeld gebruik was om dié tanende liberale magsblok ‘n bestaansrede te gee en sy interne eenheid te herstel. Die demokratiese nasiestaat se aantrekkingskrag is steeds voldoende om ‘n nasionalistiese ommekeer in Europa tot stand te bring. En in die renasionaliserings- en retradisionaliseringsproses begin die EU-bevolking geestelike ooreenkomste met die Russe vertoon. Hiermee sou die ideologiese kruistogte na die Ooste slegs ‘n deel van die verlede kon word. Weerstand vanuit die Ooste Oos-Europese lande soos Hongarye, Kroasië, Bulgarye, Pole, Slowakye en Serwië het nasionalistiese regerings wat hulle ál meer verset teen die EU-liberalisme. Oos-Europeërs besef dat die EU nie juis demokrasie en welvaart wil bring nie, maar dat dit sy mag oor hulle wil vergroot en dat dit selfs Moslems na hul Christelike lande bring. Die Hongaarse president Orbán se onlangse uitsprake is baie EU-krities en nasionalisties. Hulle is gerig teen EU-sentralisering, Moslemimmigrasie en die Westerse moraal, en hulle roep op tot die behoud van die Christelike identiteit van sy land. Orbán teiken die liberale kruistog van die Weste, wat dekadent is. Hierdie reaksies was te verwagte. Volgens die historikus en politieke wetenskaplike, Hugh SetonWatson, het Europa ou en jong nasiestate. WesEuropese nasiestate is oud: Nederland, Frankryk, Spanje, Groot-Brittanje. Hulle was reeds eeuelank onafhanklik, liberaal en nie meer nasionalisties nie. Die nasiestate in die oostelike EU is jonk: hulle het ontstaan tussen 1848 en 1992 en is nasionalisties. Met hul lang onafhanklikheidstryd nog vars in die geheue sal hulle probeer om hul soewereiniteit te behou. Westerse nasiestate het ‘n fase van burgerlike staatsnasionalisme gehad, terwyl Oos-Europese nasiestate meestal ontstaan het uit romantiese volksnasionalisme. Hul mense het afstand gedoen van die Westerse rasionalisme en krag gevind in die Kerk en die kloosters wat in tye van oorheersing (die Islamitiese Ottomaanse Ryk, die Katolieke Habsburgse Ryk, Die Kommunisme) ‘n reservoir vir spirituele ondersteuning en kulturele identiteit was. Verder het hulle die eie etniese groep en die boerelewe geloof. In die Balkan het nasionalistiese

bewindhebbers die Slawiese Christelike boerekommune – die zadruga – se inheemse aangebore regstelsels en demokrasie as model vir die staat bevorder. Hierdie nasionalisme was geïnspireer deur wat die historikus Keith Hitchins autochthonism noem, terwyl Westerse nasionalisme eerder liberaal, universalisties en ekspansief was. In Rusland het die liberalisme nóg problematieser en meer marginaal gebly. Dit het in die negentiende eeu beperk gebly tot die aristokrasie en die hoogste klasse. Aristokrate het in ‘n luilekkerland gebly, hulle had lyfeienes, maar ook ‘n ‘groot gewete’. Om ‘n liberaal te wees was ‘n manier om beter oor hulself te voel. Die karakter Stepan Verkhovenski, in Dostojevski se roman Demone (The Possessed in Engels), is ‘n voorbeeld van so ’n goedbedoelende, verwesterde aristokraat wat nie besef watter duiwelse kragte hy in sy oogappels ontketen deur hul slegs die vryheid van te bied. Die destyds in Rusland ingevoerde trits Vryheid, Gelykheid, Broederskap van die Franse Rewolusie was dan ook anders opgevat as in Wes-Europa. Vryheid was vir die Russies-Ortodokse mens vryheid vir iets; om ‘n beter mens te word, om in navolging van Christus te lewe. Volgens Dugin is vryheid van te negatief vir die Rus. Dit is te afgrondelik, te leeg. Vryheid… Waarvoor? Slegs ‘n slaaf wil vry van iets wees. Gelykheid was al vanselfsprekend: onder God is almal gelyk. Maar elkeen ken sy eie rol, funksie en plek, soos man en vrou dit ken. Broederskap was opgevat als sobornost’: ‘n broederkapsgevoel wat (Russies-)Ortodokse Christene, as die liggaam van Christus, met mekaar het en waarbinne hulle saamwerk ten koste van indiwidualisme. Sobortnost’ was die basis vir die mir: die Russiese variant van die bogenoemde Slawiese Christelike kommune van lyfeienes. Daar het hulle ‘n redelike mate van outarkie, besit en volksdemokrasie geniet. Eweas in die Balkan het die liberale ontbinding van hierdie boeregemeenskappe tot nuwe slawerny gelei: mense het lenings met woekerrente aangegaan, skulde gekry, was gedwing om die plot te verkoop en die geld het in die hande beland van enkele magtige, deur die staat beskermde instellings, wat hierdeur nog meer mag oor die land sou verkry en mekaar bevoordeel het. Die daaropvolgende kommunisme het die Russe nog verder van die liberalisme weggehou deur antiliberalisme, antikapitalisme en antiindiwidualisme te preek. In teorie was die Sowjetunie internasionalisties, maar die politiek en

REDE|63


die propaganda was duidelik nasionalisties. Die liberale beleid van Jeltsin het die Russe weereens laat kennismaak met die liberalisme – en hulle daarvan genees. Tans vereenselwig die Russe liberalizm met verval, armoede, prostitusie, sedeloosheid, bandeloosheid, oligarge, vernedering en diep nigilizm. Onder Poetin het Rusland sy eiewaarde teruggekry en is die Kerk maatgewend vir die land se nasionale moraal. In die Weste loop kerke leeg. Hulle word boekwinkels of grand café’s: in Rusland is sedert 1991 20 000 kerke geopen en/of gebou. Dit is 3 per dag. Die kontras tussen die Weste en Rusland lê as globalisme versus nasionalisme, materialisme versus Christendom, die liberale orde versus tradisie, en VSA-oorheersing versus multipolariteit en ware verskeidenheid bloot. Honderdduisende arbeidsimmigrante van die oostelike EU, wat van die Weste terugkeer na hul vaderlande, is ook pynlik bewus van die beperkings en dekadensie van die welvarende Weste. Hul eie lande wys soms op ‘n teenoorgestelde tendens: sedert 1989 was daar in Roemenië elke dag ‘n nuwe kerk gebou. Op die oomblik word daar vir 18 erkende denominasies 1578 kerke gebou. In die Weste sien hulle kilheid, selfsugtigheid, los familiebande, uitmekaarvallende gesinne, Islamisering, kleinerwordende verskille tussen man en vrou, gebrek aan spiritualiteit, volksvertellings en etniese besef, asook die volkome kommersialisasie van Kersfees, Pase – en van die lewe. Dit is vir hulle ongemaklik. Hierdeur word inwoners van die Oostelike EU ál meer bewus van die seëninge van geloof, gemeenskap en gesin ten spyte van die gebrek aan materiële welvaart. Daar is dus ‘n eeue oue kloof tussen die materialistiese Weste en die spirituele Ooste. Dit

Tel: 053 207 0016 Epos: navrae@oraniahotel.co.za * 12 Gerieflike Kamers en 2 Luukse Suite * Restaurant * Spa Aanbiedings * Trou Venue & Konferensie fasiliteite *Watersport & Ander Aktiwiteite * Orania Beweging lede kry 10% Afslag * Pensionaris afslag

64|REDE

openbaar hom in verbrokkeling versus eenheid, onderling radikaal afwykende staatkundige en sielkundige ontstaansgeskiedenisse en gevolglik beskawingsverskille wat, by verdere opdringing van die Westerse liberalisme, die Oos-Europeërs sal inspireer tot meer weerstand. Postliberale aftog Net soos gedurende die Middeleeue is die einddoel van die Westerse kruistog enkele magtige instellings se gesentraliseerde vergaring van wêreldse mag. As ons verby die liberalisme kyk, sien ons in die Ooste nie “preliberale” volkere nie, maar mense wat, na eeue se vreemde oorheersing en vertikaal opgedronge ideologieë, bymekaar gebly het. Ondanks alles, maar danksy hulle eeue oue geloof en tradisies het hulle hul wêreld en eenheid behou. Van oudsher af het hulle aardse magte, wat vir hulle sê wat om te dink of te doen, geïgnoreer. Die liberale kruistog dien geen volkere nie, maar ‘n oligargie. Onbeheerbare en onbeheersde liberalisme het die Weste moreel, spiritueel en kultureel verswak. Die bevolking kom in opstand en maatskaplike instellings verloor geloofwaardigheid. As die kruisvaarders self hul lewenskrag aan die liberalisme verloor, is dit verstandig om dit teen ander samelewings se lewenskrag te ontplooi? Pleks daarvan kan die Weste leer van hierdie samelewings; nie deur idees aan hulle op te dring nie, maar deur hul idees ter harte te neem. Hulle beskik nog oor veel volhoubare sosiale en kulturele weefsel: beproefde ‘sosiale kapitaal’ van groot nut vir ‘n toekoms waarin krisisse mekaar opvolg en saamval. Nou het die liberalisme die oostelike lande nog nodig om te kan oorleef, maar hierdie lande het nie die liberalisme nodig nie... en die Weste ook nie. REDE


Afrikaans,

EPOG

die bloed van ons kultuur

heidste

Tegn i

Di

e aktiw es

0532070062

epog@orania.co.za

D i nk

Geloof

Liefde

Speel Werk

l lse

Politiek

lig

Vei

Op

onomie Ek

dig

dk u n voe

el

egstels er

ite ite

Afrikaans voed die sosiale lewe

Taal bind die hele kulturele sisteem aan mekaar


‘n Plek vir ons mense

053 207 0062 oraniabeweging@orania.co.za www.orania.co.za Uitleg en drukwerk deur SwiftPrint, Tel: 053 839 2900, Kimberley


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.