Orania voorgrond 2016 4/6

Page 1

Voorgrond UITBREIDING VAN INFRASTRUKTUUR: Ons maak reg vir eerste 10 000 KOMMUNIKASIE- EN INLIGTINGSTEGNOLOGIE: So beweeg Orania vorentoe AALWYNE IN DIE KAROO: `n Kykie na Orania se aloe’s 2016 Uitgawe 4

ORAN A


Orania GROEI Belê vandag in jou toekoms Huise en gedienste erwe beskikbaar GASTEHUIS TE KOOP Ysterklip- en Netklipkompleks Die eiendom bestaan uit twee lae onderhoud,siersteengeboue op een erf en bied ‘n panoramiese uitsig van 180 grade oor die boomryke Orania waar ‘n mens jou verwonder aan al die verskillende kleure groen in die Karoo. Die eiendom is geleë in `n stil en rustige omgewing. Dit is uitstekend geleë tov die bestaande aftree- en versorgingseenheid.Dit is binne stapafstand van winkels en dienspunte. HUISE TE KOOP • Drie Slaapkamerhuis met drie badkamers en ruim woonvertrekke. Die huis word vir ‘n selfsorg gastehuis aangewend. Hoekerf, wat ongeveer 1700 vk meter groot is. Beskik ook oor ‘n eenslaapkamerwoonstel met motorafdak wat permanent verhuur word. • Huis met drie slaapkamers en twee badkamers. Beskik oor `n moderne kombuis met baie pakplek, een badkamer met stort, hoekbad, wasbak en toilet en spasie en aansluitingspunt vir wasmasjien. ERWE TE KOOP Groot aantal erwe in twee nuwe woongebiede in Orania vrygestel. Die woongebiede staan bekend as “Karoosig” wat sentraal hoogliggend geleë is en “ In die Boord“, geleë in die oewer naby die Oranjerivier.

Kobus van der Merwe 072 547 2157 orania@seeff.com | www.seeff.com


Ontspanne en luukse selfsorgeenhede langs die Oranjerivier * 1 slaapkamer met dubbelbed en en-suite badkamer (stort) en * 1 slaapkamer met 2 enkelbeddens en aparte badkamer (bad). * Kombuis – ten volle toegerus. * Lugversorging * Eie braaigeriewe * Onder dak parkeerarea * DSTV (Gastehuis pakket)

Slegs R945 per nag Besoek www.oranjesig.co.za of skakel 082 480 7657


Redaksionele Inligting Belangrike Telefoonnommers

Orania Beweging 053 207 0062 Inligtingskantoor 053 207 0004 Orania Dorpskantoor 053 207 0063/4 Orania Groeifonds 053 207 0062 Helpsaamfonds 053 207 0062 CVO-skool Orania 053 207 0177 Volkskool Orania 053 207 0161

Vliegveld-koördinate

Suid: 29° en 48,619’ / Oos: 24° en 23,755’ Hoogte bo seespieël: 3870 vt. / Rigtings: 02x20 Baan: Lengte: 1200 m Breedte: 30 m Gruisoppervlakte Skakel vooraf 053 207 0064

Orania Kulturele Vakansiedae 27 Februarie 6 April 31 Mei 14 Augustus 10 Oktober 16 Desember

Majubadag Stigtingsdag Bittereinderdag Taaldag Heldedag Geloftedag

Gratis Begeleide Toere per afspraak Reël by 053 207 0004 (Kantoorure)

Medewerkers Carel Boshoff (iv) Sebastiaan Biehl Joost Strydom Foto’s James Kemp Joost Strydom

Kantoornommer 053 207 0062

Die volgende verblyfplekke bied 10% afslag vir lede van die Orania Beweging. Ondersteun hulle asseblief:  Aan-die-Oewer (Woonwa- en tentstaanplekke asook chalets) - 053 207 0118  Oranje-Sig (Selfsorg) - 082 480 7657 Oewerhotel (Luuks) - 053 207 0016  Eko Gastehuis (Gastehuis) - 084 404 1904  Klipdrift Gastehuis (Selfsorg) - 072 347 5250

Redakteur James Kemp

Posadres Posbus 27, Orania, 8752

Verblyf in Orania

 Orania

Uitvoerende Hoof Jaco Kleynhans

Die Orania Rivier Spa bied ook 10% afslag aan lede van die Orania Beweging.

Ander verblyf in Orania  Die Ou Melkplaas (Gastehuis) - 084 491 1947  Juckers-Hoff Selfsorgakkommodasie (Selfsorg) - 083 600 1780  Boskamp (Chalets) - 083 388 1433  Carpe Diem (Selfsorg) - 082 705 2348  Rivierpark (Woonwa- en tentstaanplekke) - 083 225 8199  Rotsvas (Selfsorg) - 079 523 5808

Voorblad

Faksnommer 086 693 5385 Sluit aan by die Orania Beweging Tel: 053 207 0062 Vonkpos oraniabeweging@orania.co.za Webwerf www.orania.co.za www.oraniablog.co.za VOORGROND word uitgegee deur die Orania Beweging Ф = Die Ora is Orania se plaaslike geldeenheid

Die voorbladfoto is geneem deur Joost Strydom. Dié by is besig om `n aalwyn te bestuif.

Erflating: Laat ‘n lewende monument na

Enige iemand wat graag ‘n nalatenskap aan die Orania Beweging of die Helpsaamfonds wil doen, is welkom om Jaco Kleynhans te skakel by 083 3245 631, of stuur ’n e-pos aan jaco@orania.co.za.

4

|

Voorgrond

Sluit aan by die Orania Beweging se groepe op Facebook en Twitter



Boodskap van die Redakteur

Ekonomiese ontwikkeling en

entrepreneurskap In hierdie uitgawe van die Voorgrond word daar in meer as een artikel na Orania se groei verwys. Ons het al dikwels berig oor die gesonde bevolkingsgroei wat Orania die laaste aantal jare handhaaf en die uitdagings wat daarmee gepaard gaan. Dit verwys onder meer na die uitbreiding van infrastruktuur soos riolering en elektrisiteitsvoorsiening. Dit is belangrik om in gedagte te hou dat die uitdagings op geen stadium as `n doodloopstraat gesien word nie maar bloot die simptome van `n groeiende gemeenskap.

6

|

Voorgrond

James Kemp

Vordering sedert die aankondiging van die ekonomiese ontwikkelingsplan Gedurende Mei vanjaar is Orania se ekonomiese ontwikkelingsplan bekendgestel en daar is aangekondig dat daar oor die volgende vyf jaar R180-miljoen bestee sal word om Orania van `n dorp tot `n stad te laat groei. In diĂŠ uitgawe van Voorgrond kyk ons na wat sedert die groot aankondiging bereik is. Die fokus val baie sterk op behuisingsprojekte om die bestaande bottelnek aan te spreek maar daar is ook ander vordering gemaak wat nie in die artikel vermeld word nie. Een voorbeeld is die infrastruktuur wat daargestel is om Orania se toerismebedryf uit te brei. Die Desembervakansie lĂŞ voor die deur en besoekers van regoor die land gaan hier kom uitspan. Met die opgradering van basiese infrastruktuur en die uitbreiding van


betroubare internetdiensverkaffing is die tafel gedek vir entrepreneurs om munt te slaan uit dié toerisme trekpleister.

daar is verskeie voorbeelde binne Orania, wat `n geleentheid sien en vra: “Hoe kan ek dit benut?”

`n Stad van entrepreneurs “Julle moet” teenoor “ek kan” Orania gaan `n stad word. Dit gaan tyd, moeite en fyn beplanning verg maar hierdie Besoekers, inwoners en ondersteuners van Orania gemeenskap sal `n stad word. Intussen beleef sal gereeld na `n geleentheid verwys en sê: “Julle Orania `n gesonde groeikoers en ontstaan daar moet dit oprig.” Dit kan strek van uitbreiding van al meer geleenthede vir entrepreneurs. Dié vakansiegeriewe na `n sekere soort winkel wat sakemanne wat in Orania kom belê kan vir kort. Die ‘julle’ waarna daar dikwels verwys word hulself `n winsgewende toekoms verseker en is die Orania Dorpsraad of bepaalde instellings. in die proses `n bydrae tot werkskepping lewer. Wat ons moet onthou is dat Afrikaners vir baie Afrikaners gaan egter moet besef dat ons nie van jare in `n beskermde omgewing geleef het waar die die Dorpsraad of ander owerhede kan verwag Nasionale Party “gesorg” het. Daar was inderdaad om die ondernemings op die been te bring nie. entrepreneurs en suksesvolle sakemanne, maar Daar berus wel `n verantwoordelikheid op die `n groot deel van die Afrikanerwerkerskorps Dorpsraad om infrastruktuur uit te brei, dienste was in die staatsdiens. Die koms van wetgewing te lewer en te sorg vir basiese instandhouding. soos regstellende aksie het egter daartoe gelei dat Die skep van werksgeleenthede en die oprigting heelwat Afrikaners moeilik `n loopbaan binne `n van sakeondernemings is in die hande van ons bestaande maatskappy of onderneming kon begin entrepreneurs. en self iets op die been moes bring. Dit is hulle, en - James Kemp is die bemarkings- en kommunikasiebestuurder van die Orania Beweging

Lus vir ‘n wegbreek na Orania? Ons klein strooibaalgastehuis is geleë op ‘n hoewe naby die Oranjerivier tussen groot bome en bosse. Die hoewe word omring deur stap- en fietsrypaadjies en daar is ‘n ryk voëllewe. Orania se rotsgravures is ook minder as 100 meter vanaf die gastehuis. Die gastehuis het al die luukshede soos ‘n koninggrootte bed, verhitting en verkoeling, ‘n ruim stoep, skottelgoedwasser, DSTV en vele meer. Dit is perfek vir paartjies of individue wat in ‘n rustige omgewing wil kom ontspan.

Klipdrift Gastehuis

Skakel Magdaleen by 072 347 5250 vir besprekings. 10% afslag aan lede van die Orania Beweging.

Voorgrond

|

7


Groot uitbreiding in internetdiensverskaffing

Die ontwikkeling wat Orania tans beleef, tesame met al hoe meer professionele mense wat hulself hier kom vestig bied baie nuwe geleenthede. Aangesien Orania se ekonomiese stelsel ʼn vryemarkmodel is, word gesonde kompetisie aangewakker en entrepreneurskap aangemoedig.

8

|

Voorgrond

deur Joost Strydom

Dit beteken dat Orania instellings, dienste en besighede toenemend professioneel raak in so `n wyse dat ons glad nie hoef terug te staan vir die res van Suid-Afrika nie. Om die waarheid te sê, Orania se alternatiewe invalshoek wat dinge soos arbeidskwessies betref beteken dat ons dikwels baie meer innoverend moet wees. Afrikaners is bekend daarvoor dat hulle graag spesialiseer en ook oor die wêreld versprei is juis as gevolg hiervan. In sterk teenstelling hiermee is dit gereeld die geval dat Afrikaners wat ander stede vir Orania verruil uitgedaag word om bietjie meer te diversifiseer ter wille van ekonomiese sukses. Wanneer daar ʼn punt bereik word dat Afrikaners hulle spesialiskennis en arbeid kan “uitvoer” verander die prentjie egter drasties. Vinnige en betroubare internet word ʼn byna noodbelangrike platform in die ekonomiese omgewing. Goeie internetdienste maak dit dan ook moontlik vir spesialiste om in Orania te vestig en sodoende hulle arbeid “uit te voer” na kliënte enige plek in die wêreld. Die Orania Dorpskantoor skep konstant kapasiteit vir inwoners om te omskep in geleenthede en innoverende entrepreneurskap. Daar is onlangs daarin geslaag om die hoeveelheid hardelyn Telkom internetkoppelings te versesvoudig van wat dit vyf jaar gelede was. Die skamele 32 ADSL lyne wat in die dorp beskikbaar was, het intussen 200 geword wat ook vir internetdiensverskaffers baie nuwe potensiaal gee om mee te werk. Daar is tans vier internetdiensverskaffers wat dienste hier lewer en dus het Oraniërs ʼn wye keuse. Groot dele van die dorp word ook al reeds gedek met hoëspoed ‘WiFi’ koordlose internet. Een verskaffer, NCWNETONLINE, het onlangs hulle negende antennatoring in Orania opgerig terwyl ʼn ander, Ligspoed Internetdienste, gratis basiese internet aanbied vir enige belangstellendes. Laasgenoemde dek ook ʼn groot deel van die dorp met toerusting wat slegs van sonkrag af funksioneer, ʼn tipiese Orania alternatief en volhoubare manier om uitdagings aan te pak. In ʼn skamele vyf jaar het Orania gevorder van baie basiese infrastruktuur na ʼn heelwat meer gesofistikeerde, betroubare en diverse reeks internet opsies. Van toeka se 4mb-internetlyne na 40mb-lyne vandag. Verder is hoëspoed LTE en 3G van sellulêre netwerke af beskikbaar na verbeterde infrastruktuur aangebring is. “Die Dorpskantoor poog om deur hierdie opgraderings ontwikkeling te stimuleer. Dit lei tot meer doeltreffende werksverrigting in Orania en is tot almal se voordeel,” verduidelik Theunie Kruger van die Dorpskantoor. In die eeu van inligting en hoë spoed kitskommunikasie bly Orania nie agter nie. Uitdagings word met nuwe oplossings aangepak en help om groei te bewerkstellig.


Verbeterings by Elim

deur Pieter Krige

Dr Danie Langner open ons stadskonferensie met verwysing na Raka, leegheid, niks. Dat God se skeppingsopdrag aan die mens, die kultuuropdrag; om die aarde te bewoon en te bewerk, as teëwig teenoor die leegheid staan. Ons bevind onsself in ’n tydperk en land met ’n sterk dualistiese karakter: Lig teenoor duisternis, chaos teenoor orde, bou teenoor afbreek, leegheid teenoor substansie. Die oplossing vir die leegheid wat die moderne mens plaag, is kultuur. Erfenis, taal, leefstyl, ideologie. ’n Vol en ryke kultuur verbreek die leegheid en grysheid van die nihilistiese tydperk en Orania is by uitstek ’n kultuurdorp, ’n kultuurgemeenskap wat vinnig groei na die Afrikaner se kultuurstad. Orania streef om in gehoorsaamheid aan die kultuuropdrag die aarde te bewoon en te bewerk, nie te breek en te verbrand nie. Ons bou, ons bou aan erwe wat vir ons kinders en hul kinders bewaar sal bly. Ons bou aan ’n volhoubare oplossing vir die leegheid wat ook ons mense soms plaag, die gryse sinneloosheid van ’n bestaan, teenoor ’n vol lewe binne en omring deur ’n ryke erfenis, vol kultuur en ’n opwindende en volhoubare toekoms. Gousblom Ontwikkeling, in samewerking met die Helpsaamfonds het die afgelope 3 maande Elim woonstelle se blok B opgegradeer vanaf 5 enkel kamers met gemeenskaplike ablusie, na 8 woonstelle met eie geriewe. Ons het ook 5 nuwe wooneenhede geskep waar nog vyf Oraniërs saam met ons teen die leegheid en die chaos en die Raka kan kom

bou. Dit vergroot die kapasiteit van Elim na 42 eenhede, 42 manne wat met hul bloed en sweet hul kultuuropdrag binne ons strewe na vryheid kan kom uitleef. Ons is verder ook besig om die hele Elim skema op te gradeer en te verbeter. Ons verf alles oor, doen die geriewe oor, skep vir die manne nuwe ontspanningsgeriewe in die saal en buite in die tuin. Ons skuif die vlagpaal om meer sigbaar te wees. En bo Elim, by hierdie tuiste vir die hande wat ons stad bou, wapper die Klein Reus, moue opgerol, as simbool van ons bou teen die leegheid. Soms vra mense my: “Hoekom Orania?” Vriende, familie, kennisse, almal wonder “Hoekom Orania?”. Omdat elke steen wat hier gelê word, elke sloot wat gegrou word, elke huis wat opgerig word, elke kleinhandelaar of industrie wat oopmaak, ons vryer maak. Orania se vryheid groei eksponensieel elke dag, ons word groter, ons word meer selfstandig, ons word meer selfregerend want ander en andersdenkendes bepaal nie ons lot nie. “Hoekom Orania?” “Want nêrens anders!”

Voorgrond

|

9


Tweede uitgawe van Rede binnekort beskikbaar Die tweede uitgawe van die tydksrif Rede verskyn binnekort. Die eerste uitgawe, wat gehandel het oor denkende leierskap, word opgevolg met `n uitgawe wat ondersoek instel na `n ryk en vol bestaan. gesin, kerk, gemeenskap en talle ander assosiasies moenie die probleem in ons lewe wees nie, maar eerder die oplossing vir ons probleme. Om dit positief te stel kan ons sê dat ons, ons verhoudinge en verbintenisse as katalisators in ons strewe na ’n ryk en vol bestaan moet beskou. Wanneer ons vry kan wees vir iets en iemand en saam met iets en iemand, juis dan vind ons die sleutel tot ’n volhoubare bestaan van geluk, welstand en innerlike vrede.”

REDE Oktober 2016 | Vol 2

Ve r s ta n d i g h e i d Geregtigheid Insig

Tema’s soos musiek, gemeenskap, kos en `n Christelike begronding word in dié uitgawe ondersoek. Rede is `n indiepte publikasie vir denkende Afrikaners wat oor ons wese, verlede en toekoms lees, besin en debatteer. Carel Boshoff, Danie Goosen en Johann Rossouw is van die bekende skrywers wat elk `n artikel tot die jongste uitgawe bydra. Jaco Kleynhans, redakteur van Rede, verduidelik die tema as volg: “Om ’n ryk en vol bestaan te kan voer, moet die mens weer glo in die waarde van verhoudinge. Die huwelik,

‘N RYK EN VOL BESTAAN

REDE|i

Stuur `n e-pos na melissa@orania.co.za om op die tydskrif in te teken. R100 vir twee uitgawes of R200 vir ses uitgawes

10

|

Voorgrond



So vorder die ekonomiese ontwikkelingsplan

deur James Kemp

Daar was groot opgewondenheid toe die ekonomiese ontwikkelingsplan op 31 Mei vanjaar aangekondig was. Ingevolge dié plan sal daar oor die volgende vyf jaar R180-miljoen in Orania se ontwikkeling belê word. Dié belegging sal ook die groei van `n dorp na `n stad moontlik maak. Dit is nou `n paar maande later en Frans de Klerk, uitvoerende hoof van die Dorpsraad, vertel trots van die vordering wat reeds gemaak is en hoe die grootste bottelnek, behuising, reeds aangespreek word. In Robynlaan is `n groot hoeveelheid erwe reeds gediens en verkoop en daar word nou gewerk aan projekte in Kleingeluk wat verdere werkersbehuising sal voorsien. Die 10 persent bevolkingsgroei wat Orania tans beleef kan net volgehou word as die behuisingstekort aangespreek word. Daar vorm dit ook `n belangrike deel van die ekonomiese ontwikkelingsplan. Orania word `n toenemend gewilde gasheer vir groot geleenthede. Op skolevlak is daar sport- en kultuurgeleenthede wat hier aangebied word en studentegroepe van AfriForum besoek Orania op `n gereelde basis. Een van die grootste geleenthede wat tans op Orania aangebied word is die jaarlikse o/21-toernooi van Afrikaner Volkseie Sport. Om daardie rede word die opgradering en uitbreiding van gemeenskapsgeriewe en sportfasiliteite aangepak. Dit sluit ook in meerdoelige slaapplek vir besoekende groepe. Daar is ook groot vordering gemaak met die uitbreiding van Orania se institusionele vermoëns wat insluit die uitbreiding van kantoorruimte en veiligheidstrukture. Die eerste ambagsmanne word ook tans opgelei om hulle vermoëns in die boubedryf te verbeter. Die ekonomiese ontwikkelingsplan gaan tot reuse groei bydra oor die volgende vyf jaar en die eerste tekens daarvan is reeds sigbaar.

12

|

Voorgrond

Die 10 persent bevolkingsgroei wat Orania tans beleef kan net volgehou word as die behuisingstekort aangespreek word.

AVS se o/21-toernooi is een van die groot geleenthede wat jaarliks op Orania aangebied word.


Welkom nuwe inwoners! Dr Kobie Venter het saam met sy skuif van Secunda na Orania, ook ʼn professionele verandering gemaak. Dr Kobie, ʼn voormalige chemiese ingenieur, het besluit om sy kennis van energie aan te wend om Orania meer energievolhoubaar en energiedoeltreffend te belyn. Die eerste stap is die Orania Pendeldiens wat hy tot stand gebring het, Orania se eie openbare vervoer. Baie welkom dr Kobie!

Kobus Lourens is die nuwe hoof van Orania Veiligheid. Kobus is ʼn opgeleide paramedikus en het ook ʼn agtergrond in die SAP. Kobus het al verskeie mediese- en veiligheidsuitdagings in Orania met groot sukses hanteer. Hartlike welkom, maar ook sterkte aan Kobus, sy vrou Dedré en hulle seuns Ruan (10) en Rudi (6).

deur Joost Strydom

Die van Heerdens is van Orania se nuutste inwoners! André van Heerden is die nuwe hoof van Orania Dorpskantoor se afdeling vir ingenieursdienste. Baie welkom aan André, Chantel en hulle drie kinders Janno (5), Liezé (3) en Hendro (1).

Voorgrond

|

13


Oranianuus

deur James Kemp

Magersfontein, o Magersfontein!

gesien word, baie beïndruk met die Boere se gebruik van loopgrawe en wou dit self ook op die proef stel. Die toergidse van môre

Tydens die afgelope Heldedagvieringe het `n groep Oraniërs Magersfontein besoek. 10 Oktober is een van die kulturele vakansiedae wat in Orania herdenk word. Tydens dié besoek is daar meer geleer oor die gebruik van blokhuise, die verloop van die Anglo-Boereoorlog, en die rolle van generaals Koos de la Rey en Piet Cronjé tydens die oorlog. Die kinders was, soos op onderstaande foto

Micaela Mostert, ʼn toerisme leerder van Volkskool Orania vergesel Hennie Pelzer, een van Orania se toergidse, terwyl hy besoekers op ʼn Orania toer neem. Volkskool werk plaaslike toerisme by hulle sillabus in om die leerders ʼn praktiese insig te gee tot wat die bedryf behels. So groei Orania!

Dit is belangrik dat nuwe inwoners goed ingelig is oor hoe Orania funksioneer. Tydens oriëntering kry inwoners al die nodige inligting oor die Ora, die geskiedenis van Orania, hoe die gemeenskap deur die grondwet beskerm word en hoe om te werk te gaan as die media jou nader. Waar oriëntering altyd

14

|

Voorgrond


kwartaalliks aangebied is, word dit nou maandeliks in `n stampvol ouditorium aangebied met bykomende aandsessies vir diegene wat dit nie in die dag kan bywoon nie. Besoekers te ysterperd

`n Hele paar motorfietsklubs het al besoek aan Orania afgelê. Onlangs het `n groep dokters van Bloemfontein wat aan die klub ‘Docs on wheels’ verbonde is Orania besoek en is deur die toergids, Theunie Kruger deur die dorp geneem. Theunie het al verskeie motorfietsgroepe op toer geneem en span self ook `n ysterperd in om die toer meer gerieflik te maak.

ORION

Laat die koeksister blink!

Die onthulling van die Koeksistermonument 13 jaar gelede. Die Koeksistermonument is vanjaar 13 jaar gelede onthul. Dié monument verteenwoordig die baie belangrike rol wat vroulike innovering in die ontwikkeling in die Afrikaner se geskiedenis gespeel het. `n Paar jongmense het onlangs besluit dat dit tyd is om die koeksister mooi skoon te maak en blink te poleer. Die toekoms van ons erfenis lê in die hande van die jeug.

Trots op ons erfenis!

HARDEWARE

• Boumateriale

Alle boere, bouers en doen-dit-self • Verf mense, kom stel u • Sny van glas volgens behoeftes en ons u spesifikasie het dit of kry dit • Gas asook hervullings • Gereedskap

• Tuinbenodighede • Landboutoerusting

Oop Maandag tot Saterdag

Orania (langs OK)

teen die beste pryse!

Tracey of Dawie

053 207 0228 of info@orionhw.co.za

Poolse letterkundige besoek Orania Prof Jerzy Koch is `n Poolse letterkundige wat jare gelede `n belangstelling in Afrikaans ontwikkel het. Hy het al verskeie boeke oor Afrikaanse letterkunde geskryf en selfs van Ingrid Jonker se gedigte na Pools vertaal. Tydens `n onlangse besoek van prof Koch het hy Orania se argief en die twee skole besoek. Op die foto is hy besig om leerlinge van Orania CVO-skool meer te vertel van Pole en die belangstelling in Afrikaans wat daar voorkom. Die hele praatjie is in Afrikaans gelewer!

Voorgrond

|

15


Om teleurstelling te voorkom, bespreek vroegtydig! Orania Oewerhotel: 053 207 0016 Orania Rivier Spa: 071 673 9705 Oewerrestaurant: 053 207 0243 Oewerchalets: 053 207 0118 Faks: 086 625 2221, navrae@oewerpark.co.za


Aan-die-Oewer

ORANIA Die vakansieoord met verblyf en aktiwiteite vir elke smaak www.aan-die-oewer.com


Die aalwyn

en die Karoo

Aloe hereroensis in volle blom in een van Orania se klipperige randjies. Die verdelende takke met die rooskleurige blomme is duidelik sigbaar.

Suid-Afrika se prag is wyd bekend, divers met groen berge, pragtige strande en digte bos. Die Karoo is egter ʼn ander tipe mooi. Die Karoo is nie ʼn meisie wat jou asem wegslaan nie, die Karoo is ʼn trouvrou. Die tipe mooi wat jy aan geheg raak vir die res van jou lewe. Die hardheid van vlaktes vol driedorings, ʼn mistige sonsopkoms in die yskoue winter, hittegolwe wat bo die koppies se ysterklipplate sidder in die snikhete somerson. Sien, die wonderprag van die Karoo is die feit dat in die middel van hierdie onherbergsaamheid, in hierdie semi-woestyn, plante nog kans sien om die elemente die stryd aan te sê, net om jou te bederf met ʼn bietjie mooi.

18

|

Voorgrond

Aalwyne is ʼn interessante kombinasie van gehard en pragtig. Die dorre vlaktes word kleurvol ingekleur met hierdie plante se groen, geel en rooi. Hulle floreer in die klipperige randjies in en om Orania, pas self aan by hulle direkte omgewing se miniklimaat en is tevrede met baie min. Hier kom vyf primêre spesies aalwyne voor, maar met inter-spesie kruisings is daar ʼn hele klomp unieke plante wat lei tot pragtige variasies in blom, grootte, kleur en meer. Om die vyf spesies wat inheems aan Orania is te onderskei is nie te moeilik met ʼn bietjie leiding van ʼn kenner af nie, dit raak egter besonder interessant wanneer mens die eienskappe van ʼn kruising kan bekyk en die ouers kan herken. Spesies soos Aloe hereroensis en Aloe variegata plant voort met saad, maar ook deur aanhoudend te verdeel van die moederplant af, wat lei


deur Joost Strydom

tot plante wat baie styf rug-teenrug groei en mekaar meestal so skuins druk dat die blare naaste aan die grond skerp krul om boontoe te groei. Aloe hereroensis kan ook herken word deur ʼn baie unieke reeks vlekkies: aan die buitekant van die blare is daar rye en rye klein H-figuurtjies in ʼn ligte kleur, terwyl die binnekant vol fyn strepies is. Die hereroensis kan ook maklik geïdentifiseer word aan sy verdelende takke, elk met ʼn blom in die tipiese plat bloeiwyse. Gepraat van verdeling: Aloe grandidentata, of die Karoobontaalwyn, is ʼn ander plant

Clyde Marais by twee Aloe broomii-plante, in sy hand hou hy ʼn Aloe Variegata plant wat deur ystervarke uitgegrawe is. Clyde gaan hierdie plant probeer red.

wat met lote onder die grond aanhoudend verdeel en herverdeel, totdat ʼn hele kolonie uit een plant gevorm het. Wat my persoonlik beïndruk van grandidentata is sy ongelooflike vermoë om aan te pas. Twee kolonies minder as tien meter uit mekaar uit lyk totaal en al verskillend, bloot omdat die een in die son staan en ander groot dele van die dag in die skaduwee. Die plante wat baie son kry, het kort breë blare en gooi die blaarpunte weg om vogreserwes te spaar. Hulle blomme is ook heelwat yler om nie onnodig reserwes te mors

nie. Die skaduplant vorm lang maerder blare en blom welig. Dit is nie noodwendig dat die een plant floreer en die ander nie, dit is bloot ʼn lewensnoodsaaklike aanpassing by mikroklimaatsverskille en beide plant uitstekend voort. Beide grandidentata en hereroensis kruis gereeld met Aloe claviflora. Ook bekend as die Kanonaalwyn, trek claviflora veral aandag met sy ikoniese en asemrowende blom. Die 45˚ helling waarteen die blom gewoonlik leun, tesame met die helder geel en rooi kleure van die blom wat lyk soos ʼn kanon wat vuur, het hom sy informele

Voorgrond

|

19


naam besorg. Die blare neig in die lengte na ʼn driehoekige, driedimensionele vorm met ʼn derde ry dorings. Hierdie plant is, in tipiese Karoo styl, gehard genoeg om met baie min water in te oorleef en sal dus versuip as dit te veel water kry, nie dat die Karoo sommer “te veel reën” kry nie! Aloe broomii – of “Broom se aalwyn” se stam staan op tussen 1.0m en 1.5m kop en skouers bo die ander aalwyne uit. Dit is die grootste en langste aalwyn wat hier voorkom en kan maklik uitgeken word aan sy grootte en ook die lang reguit blom met ʼn slangagtige voorkoms. Te danke aan broomii se suikersoet nektar, is die blom ʼn gunsteling onder bye, miere en voëltjies wat almal bydra tot die bestuiwingsproses. Die blare vorm ʼn perfekte roset en die plant is gehard en stewig. Daar is ook ʼn klompie gebruike vir die meer tradisionele boere. Selfs net ʼn teelepel gekookte sap van die blare kan aan ʼn perd gevoer word, dit maak die perd se bloed blykbaar so bitter dat luise spontaan ʼn ander gasheer gaan soek! Dieselfde sap kan ook gebruik word as ontsmetmiddel of om skape se ore te behandel. Laaste maar nie die minste nie, is die hardekwas, skaam Aloe variegata of “die Kanniedood.” Hierdie aalwyn is deel van ʼn familie dwergaalwyne, waarvan die plant nie meer as 250mm hoog word nie. Die variegata hou nie van te veel water nie en floreer dus op klipperige rante en in grond met goeie dreinering. Die plant word soms gevind onder ʼn grootter bos of grasveld

20

|

Voorgrond

Hier groei twee Aloe grandidentata kolonies tien meter uit mekaar uit onderskeidelik in die son en skadu. Let op die skaduplant se langer, maerder blare wat ook ligter van kleur is. Dit lyk byna soos verskillende spesies!

wat beskerming kan bied. Die variegata kruisbestuif glad nie met ander aalwynspesies nie en word hier net in sy oorspronklike spesieverband gevind. “ ʼn Stadsjapie mag dalk dink die Karoo is dor en lewensloos, maar ʼn kenner sal homself kom vergaap aan ons wonderlike, diverse en pragtige klomp plantspesies!” sê Clyde Marais, ʼn plaaslike plantkundige en aalwynentoesias.

“Ons ryke aalwyndiversiteit, tesame met al die ander pragtige Karooplantjies is net weereens ʼn bewys dat God ʼn natuurliefhebber is. Hy het só ʼn pragtige natuur geskep vir ons om te waardeer.” Hier in die Karoo met al sy harde prag, in die randjiesveld se blou, die reuk van aalwyn, tolbos en kambro, so belowe Coenie: “As jy jou hart verloor, in die Karoo sal jy hom vind...”


Ratsbrand `n Egte Orania-onderneming Ratsbrand, die vrug van Ampie Venter se vindingrykheid en prof Carel Boshoff se ondersteuning, is ’n egte Orania-onderneming. Dit het begin met ’n unieke patent van ’n elektriese brandyster om grootvee mee te merk, gedryf deur ’n gewone bakkiebattery, en sluit tans variasies op dié tema, sowel as ’n hele paar ander produkte in. Ratsbrand se toerusting word nou al op plase landswyd aangetref. Die onderneming het in oom Ampie se motorhuis begin en het baie gebaat by Koos le Grange se ingenieursinset, maar sou nie kommersieël geslaag het as dit nie vir prof Boshoff se kapitale belegging op ’n kritieke tydstip was nie. Na sy dood het sy seuns Carel en Wynand Boshoff, wat op Orania woon, sy helfte van die destydse vennootskap geërf, en het Willem, nog ’n seun wat in Pretoria woon, en Anje Boshoff oom Ampie se aandeel oorgeneem om daarvan ’n ware familiesaak te maak. Ywerige bemarking, onder andere by die jaarlikse NAMPO oesfees, het die onderneming, wat intussen as ’n maatskappy geregistreer is, tot nuwe hoogtes gevoer en die produkreeks is uitgebrei en verfyn. Danksy Willie en Esmari Immelman se tegniese en administratiewe betrokkenheid het Ratsbrand sy kinderskoene ontgroei en beskik hy tans oor ’n wesenlike markaandeel in sy veld. Ratsbrand word uit Die Waenhuis op Vluytjeskraal

Landgoed bedryf en, buiten vir enkele prosesse wat uitgekontrakteer word, vind die vervaardiging daar plaas. Die nuutste verbetering van die brandysters het met afwerking te doen: ’n helder oranje poeierlaagverf wat mens aan deftige kombuisware kan laat dink!

BOER SONDER SUKKEL

www.ratsbrand.co.za

Plaaslik vervaardig. Landswyd bemark. Oorspronklik, arbeidsbesparend en afgerond. Toepaslike tegnologie: vernuwend, maar eenvoudig.

Willie Immelman in die werkswinkel.

’n Vaandeldraer vir Orania Voorgrond

|

21


Orania Beweging stel

deur Joost Strydom

geskiedkundige rugbyspan saam

Die geskiedenis van die Afrikaner is nog jonk, maar was bedrywig genoeg om baie te eis wat leierskap betref. Afrikanerleiers moes manne wees wat strategies kon dink, ʼn vars spel speel (wat die opposisie keer op keer onkant kon vang) en hardebaard genoeg wees om die wilde en onvoorspelbare losgemaal van lewe op die donker kontinent te kon oorheers. Geskiedenis is allermins ʼn dooie ding en ʼn volk wat sy geskiedenis aan die volgende geslag wil oordra moet weet hoe om dit lewendig te hou. Kampvuurstories, gesegdes uit die volksmond en kulturele gebruike wat onderhou word dra die geskiedenis baie verder as ʼn standerd sewe geskiedenisboek, dit is nou as ons nie eers praat van die afwesigheid van Afrikanergeskiedenis in die sillabus nie. In ʼn rugbywedstryd word die trui wat jy aanhet ʼn simbool van jou span, die spangees en trots. Daar is natuurlik baie ooreenkomste tussen goeie tradisionele hardlooprugby en die pad wat ons voorvaders deur Afrika moes oopkerf: gewelddadig, uitdagend, die fataliteit van ʼn verdeelde span en duidelike visie wat praktiese taktiek moet word. Die Orania Beweging het besluit om die geskiedenis vars aan te bied, in ʼn formaat wat almal goed verstaan, en so draf die Ou Bokke terug op die politieke speelveld. Die span bestaan uit Afrikanerrolspelers wat geleef het tussen 1619 en 2011 en dek dus die oorgrote deel van Afrikanergeskiedenis. Dié span sluit onder meer in Generaal Koos de la Rey op senter en spankaptein, generaal Pretorius op heelagter en Paul Kruger op loskopstut. Daar is verskeie redes vir die projek. Eerstens bied dit twee prominente dele van ons

22

|

Voorgrond

geskiedenis, naamlik die helde van gister en rugby as kultuursport, vanuit ʼn nuwe hoek aan. Verder poog die Orania Beweging om die groot name van gister weer relevant te maak deur nuuskierigheid te kweek onder mense wat dalk nie al die spelers in die span ken nie. James Kemp, `n woordvoerder van die Orania Beweging verduidelik: “Ons sal graag wil sien dat diegene wat die spanfoto bestudeer moeite doen om meer oor die spelers te gaan oplees. As jy byvoorbeeld sien dat Hans Strijdom slot speel moet jy wonder waarom sy spanmaats hom as Die Leeu van die Noorde aanspreek.” Laastens is hierdie projek ʼn bietjie tong-in-die-kies kommentaar op die huidige stand van Suid-Afrika se politiek en sport. Ons sien daagliks dat sportspanne nie op meriete gekies word nie, maar eerder dikteer word vanuit ʼn transformasieagenda wat deur die regering van die dag bepaal word. Die politiek? Wel, dit is eintlik maar presies dieselfde geval. As mens so na die Ou Bokke kyk weet ons die Afrikaner se geskiedenis is dalk soms ʼn storie van spanmaats wat maar moeilik was met mekaar. Soms was dinge maar verdeeld, maar ons weet ook daar is ʼn hele paar groot tokse wat ons nou moet volstaan. Ons voorgeslagte het groot dinge gedoen, maar nou is die bal in ons hande en dit is ʼn vuurwarmskrum op die 5-meter.


Jeugberade bou leierskap

deur James Kemp

Orania se tweede jeugberaad is onlangs aangebied waar die tema van stadsbou onder bespreking was. Alhoewel die deelnemers aan dié beraad, almal leerlinge in grade tien tot twaalf, nog te jonk is om onmiddellik `n sitplek by die Dorpsraad in te neem is dit hulle wat vorentoe aan die stuur van sake sal staan. Tydens die eerste jeugberaad is daar gevra: “Wat is die Afrikaner se rol in Afrika?” Daar is ook gevra of Afrikaners enigsins `n rol en `n plek in Afrika het. Die deelnemers het sterk standpunt ingeneem dat Afrikaners wel `n rol het om te speel en wel daarop geregtig is om die kontinent hulle tuiste te noem. Dit is ook baie uitdruklik uitgewys dat Afrikaners se bestaan in Afrika nie in isolasie gevoer kan word nie en dat skakeling met ander gemeenskappe, soos tans gebeur, voortgesit en uitgebou moet word. Tydens die tweede beraad was daar vyf groepsbesprekings. Tydens die eerste vier moes die onderskeie groepe terugvoer gee oor wat nodig is om as `n stad geklassifiseer te word, hoe sien verskillende generasies `n stad, watter reëls moet daar in `n stad voorkom en hoe kan tegnologie aangewend word. Die deelnemers is deurgaans die geleentheid gegee om hulle eie standpunte te vorm en dit te verdedig. Die onderskeie groepe het ook geleentheid gekry om die ander se standpunte uit te daag en daaroor debat te

Skoliere verduidelik hoe hulle die bou van `n stad sal benader.

voer. Veral oor die vraagstuk wat gehandel het oor reëls in `n stad het daar uiteenlopende standpunte oor watter mate van regulering moet voorkom. Nadat die vier bovermelde vraagstukke bespreek is moes die groepe verduidelik hoe hulle stad sal lyk en funksioneer. Die belangrikheid van volhoubare energie en `n sterk maatskaplike besef het in al die groepe na vore gekom. Dit was wel opvallend dat daar nie in dié stadium konsensus tussen al die deelnemers gaan wees oor hoe die stad van more gaan lyk nie. Soos dit goeie Afrikaners betaam word daar vasgeklou aan eie standpunte maar in die proses word gesonde debat bevorder en gedagtes geprikkel. So word vandag se jongmense nou reeds toegerus om more se vraagstukke te hanteer.

Voorgrond

|

23


Verwoerd se dood 50 jaar gelede

deur Sebastiaan Biehl

50

jaar gelede, op 6 September 1966, om 14:15, het dramatiese gebeure in die Volksraad (die destydse parlement) in Kaapstad plaasgevind. Die sessie na etenstyd is ingelui en die parlementslede het die raadsaal binnegekom.

Die eerste minister, dr HF Verwoerd, het na sy lessenaar toe gestap, hier en daar lede gegroet en gaan sit. Net daarna, nog voor die sitting begin het, het ʼn parlementsbode, Dimitrio Tsafendas, na Verwoerd toe gestap en hom vinnig agtereenvolgend vier keer met ‘n dolk gesteek. Lede wat naby was het met Tsafendas gestoei en hom oorweldig en een lid wat ‘n dokter was het noodhulp probeer toepas. Maar dit was te laat. Dr Verwoerd is met sy aankoms by die hospitaal dood verklaar. Sy vrou was tydens die vooral op pad na die galery toe, maar gelukkig het iemand haar

gekeer om die toneel nie te moes aanskou nie. Toe die nuusberig van Verwoerd se dood die land tref kon mense dit nie glo nie. Dit is geen oordrywing om te sê dat die hele land in skok was, nie net die Afrikaners of die aanhangers van Verwoerd nie. So iets het nog nooit in Suid-Afrika gebeur nie. Almal wat in daardie tyd gelewe het, kan die oomblik onthou toe die noodberig oor die radio gekom het of mense die verskriklike nuus vir mekaar oorgedra het. Talle het gehuil en die land het stilgestaan. Suid-Afrika sou nooit weer dieselfde wees nie. Die Afrikanervolk was in sy hart getref. Niemand kon die volk se strewe beter verwoord en verteenwoordig as dr Verwoerd, en die mense het hom blindelings vertrou. Die verwagting was dat Verwoerd, nadat hy die groot ideaal van ‘n republiek al 5 jaar gelede voltooi het, en ‘n ander projek, die saambinding van Afrikaners en Engelssprekendes tot een blanke Suid-Afrikaanse volk goed gevorder het, hy die moeilikste en grootste ideaal sou verwesenlik: om Suid-Afrika territoriaal so te orden dat daar ‘n langtermyn toekoms vir die blankes was en dat gelyktydig die aspirasies van swartmense om

Dr Verwoerd in gesprek met Leabua Jonothan, voormalige eerste minister van Lesotho.

24

|

Voorgrond


hulle self te regeer vervul kon word. Die Transkei het 2 jaar tevore, in 1963, selfbestuur gekry en net ʼn paar dae voor die moord het Verwoerd juis samesprekings met die leier van Lesotho, Leabua Jonathan, gevoer en daar is verwag dat ʼn rigtinggewende aankondiging oor Suid-Afrika se beleid teenoor Afrika binnekort sou volg. Die groot vraag hoekom Tsafendas, wat eintlik ʼn niemand was, die moord gepleeg het, wie agter hom gesit het (indien wel) en hoe hy met sy twyfelagtige rekord en boonop nog as buitelander as bode aangestel kon word, is tot vandag toe onopgelos. Daar is allerhande teorieë en verduidelikings, maar dit sal egter ʼn raaisel bly en soos die tyd aanstap, sal die spore net verder verwaai. Wat vir ons as Afrikaners egter belangrik is, is dat ons Verwoerd se nalatenskap en hom as leier, en as mens, moet onthou. Ten spyte van die tekortkominge van die beleid van aparte ontwikkeling het Verwoerd ʼn plan gehad hoe om ʼn uiters komplekse samelewing soos Suid-Afrika te orden en om langtermyn vrede en stabiliteit vir al sy inwoners te skep. Dit is nie toevallig dat mense wat in sy tyd geleef het dit as die goue era onthou waar Suid-Afrika in elke opsig sterk en voorspoedig was en die Afrikaners in beheer was. Suid-Afrika was in talle opsigte goed op dreef en die toekoms het belowend gelyk. Verwoerd se opvolger BJ Vorster kon nog vir ‘n paar jaar op Verwoerd se stoom voortgaan, maar vanaf die middel 1970’s het dinge begin agteruitgaan. Terwyl Verwoerd ‘n visionêr was wat die groot prentjie kon raaksien, was al sy opvolgers ten beste taktici wat veldsale kon wen, maar nie die oorlog nie. Die “oorlog” (wat onder Verwoerd juis nie-militêr geveg is nie)

was die vryheid en voorspoed van die Afrikaners en ander witmense in Afrika, in vrede met hulle swart bure. Niemand in sy kabinet kon Verwoerd se skoene volstaan nie. Iemand wat sy visie gedeel en in die konteks van sy tyd omtrent 20 jaar later probeer toegepas het was prof Carel Boshoff, maar met ‘n vyandige staat en tydsgees was dit ‘n baie moeilike taak. Daar is ʼn spesifieke band tussen Orania en Verwoerd. Dr Verwoerd het Orania nooit gesien nie, maar die geweldige Oranjerivierwaterskema wat dr Verwoerd van stapel gestuur het, het die konstruksiedorp Orania veroorsaak, en, nog belangriker, het dit moontlik gemaak dat die droë Karoo tot ʼn vestigingsgebied vir Afrikaners kan ontwikkel, iets wat min mense in sy leeftyd raakgesien het. Daar is aanduidings dat Verwoerd so iets beoog het met die Oranjerivierskema. Sy vrou Betsie het in Orania die laaste jare van haar lewe deurgebring en sy dogter Anna en skoonseun prof Carel Boshoff word met reg as die stigters van Orania, die eerste volkstaatgroeipunt, beskou. Die leierseienskappe en versiendheid van Verwoerd het beslis vir Carel en Anna Boshoff beїnvloed en geïnspireer. Daarom is dit ook net reg dat dr Verwoerd in Orania deur die Verwoerdmuseum en verskeie borsbeelde geëer word. Nie omdat hy, soos tot vervelens toe deur mense wat min van hom weet herhaal word, die “vader van apartheid” sou gewees het nie, maar omdat hy aan die langtermyn voortbestaan en groei van die Afrikanervolk in Afrika en in vrede met ander volke geglo het en daarvoor planne gemaak het, net soos die mense wat Orania en die volkstaat vandag bou.

So het die media oor die dood van dr Verwoerd berig.

Voorgrond

|

25


Hoe evalueer ek beleggingsmoontlikhede? – Deel 4

deur Prima Batebestuur

Beleggers is geneig om beleggingsmoontlikhede te evalueer op grond van historiese opbrengsprestasie oor die korttermyn. Aangesien historiese opbrengs, veral oor die korttermyn, nie ’n waarborg is van toekomstige opbrengs nie, is dit nodig om beleggingsbesluite op meer konkrete beginsels te baseer. In hierdie uitgawe gee ons leiding oor kwalitatiewe faktore wat beleggers in ag moet neem wanneer hulle beleggingsgeleenthede evalueer. Kompeterende voordele Kompeterende voordele bepaal of ’n besigheid volhoubaar sy kompetisie kan uitpresteer oor die langtermyn. Bekende voorbeelde van maatskappye met uitstekende kompeterende voordele is CocaCola en SABMiller. Deur die gevestigde handelsmerke hou hulle ’n groot markaandeel wat baie moeilik deur kompeterende besighede bedreig sal word. Hindernisse tot toetrede loop hand aan hand met kompeterende voordele. Hoe moeiliker dit is vir kompeterende besighede om tot die mark toe te tree, hoe groter is die kanse vir bestaande besighede om kompeterende voordele te behou. Informasie Tegnologie (IT) is ’n goeie voorbeeld van ’n ekonomiese sektor met feitlik geen hindernisse tot toetrede nie, waar besighede moeilik kompeterende voordele kry en behou oor die langtermyn. Terwyl beleggers duur betaal vir genoteerde IT-maatskappye is jong afgestudeerde IT-graduandi in hul motorhuise besig om die

26

|

Voorgrond

volgende groot e-handel- of sosiale media platform te ontwikkel wat die wêreld aan die gons gaan hê. Bestuur Die bestuur van ’n besigheid speel ’n baie belangrike rol in die kwaliteit en volhoubaarheid daarvan. Bestuur moet bekwaam en eerlik wees en hulle ingesteldheid het ’n groot impak op die besigheid. Bestuur wat in tye van goeie verdienste en kontantvloei geld spandeer om die besigheid uit te brei bo hulle langtermyn volhoubare vermoë, plaas ’n besigheid onder baie druk in tye wanneer dit minder goed gaan. Bestuur wat egter in tye van goeie kontantvloei skuld afbetaal en kontant spaar om aan te wend wanneer goeie geleenthede voorkom of om die besigheid te buffer in moeilike tye, verlaag baie van die risiko vir beleggers. Deursigtigheid Beleggers moenie wonder waarin hulle geld belê word nie, hulle moet wéét. Die onderliggende bates moet duidelik geïdentifiseer kan word en inligting rakende die aard en werking van die onderliggende bates moet vrylik beskikbaar wees. Verstaanbaarheid Dit is uiters belangrik dat beleggers die aard van hulle beleggings verstaan, die bron van die opbrengs en die risiko’s wat daarmee gepaardgaan sodat hulle presies weet waarvoor hulle hul inlaat. Daar is byvoorbeeld ’n baie groot verskil tussen die aard, die bron van die opbrengs en die risiko’s verbonde aan ’n langtermyn aandeleportefeulje en ’n belegging wat deur ’n valuta spekulant bestuur word. Indien u nie die werking van ’n belegging verstaan nie, moet u dit liefs vermy. Volhoubaarheid Daar is talle voorbeelde van beleggers wat baie geld verloor het in beleggings waarvan die advertensies woorde soos “lae risiko”, “veilig” en “gewaarborg” gebruik het saam met die belofte van hoë opbrengste. Beleggers moet verstaan waar die opbrengs van die belegging vandaan kom om te evalueer of dit volhoubaar is. Indien


’n maatskappy kredietwaardig is, behoort ’n bank daaraan finansiering te verskaf teen ’n rentekoers van ongeveer 10.5% p.j. Indien ’n maatskappy bereid is om vir beleggers 24% p.j. opbrengs te gee, kan die vraag gevra word “waarom betaal hulle meer as dubbeld die bank uitleenkoers vir finansiering?” As ’n maatskappy nie kwalifiseer vir finansiering by ’n bank nie, is dit omdat die bank dit sien as ’n hoë risiko. As die bank onseker is of hulle hul geld gaan terugkry teen 10.5% rente per jaar, hoe seker kan ’n belegger wees dat 24% opbrengs per jaar volhoubaar is? Bekostigbaarheid Die fooie wat op beleggings gehef word, is ’n belangrike faktor om in ag te neem aangesien dit ’n groot effek op die opbrengs kan hê. Beleggers moet presies weet watter fooie word op hulle beleggings gehef en moet seker maak dat hulle die effek van die fooie verstaan.

Diversifikasie Diversifikasie van beleggings is noodsaaklik. Onvoldoende diversifikasie het baie beleggers al duur te staan gekom. Daar is geen rede om al die eiers in een mandjie te sit nie, selfs nie in ’n lae risiko, veilige of gewaarborgde belegging nie. Die feit is alle beleggings het risiko’s en beleggers moet tussen risiko’s diversifiseer om hulself te beskerm. Prima vertrou dat ons met die reeks artikels vir beleggers ’n aantal bruikbare riglyne kon gee om u te help om beleggingsmoontlikhede te evalueer ten einde swak kwaliteit beleggings te vermy. Sou beleggers belangstel dat Prima Batebestuur hul beleggings bestuur, kan hulle ons kontak by admin@ primabatebestuur.co.za of 053 207 0106.

Grootopverskeidenheid Orania Beweging se webwinkel Die webwinkel van die Orania Beweging beskik oor `n wye verskeidenheid boeke, dvd’s en klere. Die verskillende boeke sluit in geskiedenis, jeug en romans. Gewilde skrywers soos Deon Meyer se boeke is ook daar beskikbaar. Daar is ook boeke oor Orania wat alles van politiek, toekomsvisie en rotsgravures behandel. Dvd’s oor die avonture van Heidi, Trompie en ander gewilde karakters uit baie van ons lesers se kinderjare is gewilde verkopers.

Besoek www.oraniawinkel.co.za om die produkte te besigtig of bestellings te plaas.

Voorgrond

|

27


Agtergrond OG A RA T ENRI G A ROND

Orania en Afrikaners se onderwys

Carel Boshoff

Suid-Afrikaanse onderwys is vinnig besig om te word wat dit is: ’n instrument vir transformasie van die samelewing in die hande van die staat. Dit is immers wêreldwyd die rede waarom die regerings van moderne state onderwys vir hulle rekening neem. Gemeenskapsonderwys, daarenteen, word toenemend belangrik vir minderheidsvolke in veelvolkige state, veral as nasiebou die staatsideologie is. Hieronder kyk ons eers oorsigtelik na die vraag van onderwys en dan na ons eie situasie. Moderne verstedelikte en industriële samelewings, sê maar Westerse state die afgelope 200 jaar, vereis dat die breë bevolking kan lees, skryf en somme maak. Hulle moet ook inskakel by groepsroetines en -dissipline sodat groot getalle mense vir ’n gemeenskaplike doel kan saamwerk. Dit is wat die moderne beeld van orde onderlê en moderne state se sukses het daarvan afgehang of hulle dié kultuur kan vestig. Daarom geniet onderwys in ontwikkelende lande wat slaag soveel aandag terwyl ontwikkelende lande wat misluk, meestal juis op die onderwysterrein misluk. Dit is duidelik dat die regerings van ontwikkelende lande, vroeër sowel as tans, alle belang by die onderwys wat voorsien word, het. Om die waarheid te sê, hulle neem die verantwoordelikheid daarvoor omdat niemand anders vir die skaal en koste van massaonderwys opgewasse is nie. Selfs die Afrikaners se geskiedenis van suksesvolle modernisering sou

28

|

Voorgrond

sonder suksesvolle staatskole ondenkbaar gewees het en die huidige poging om die breë Suid-Afrikaanse bevolking te moderniseer, misluk ooglopend omdat die mensontwikkeling wat daarvoor nodig is nie deur disfunksionele skole voorsien kan word nie. Afrikaners het onbeskaamd van die staat wat ons in die twintigste eeu opgebou het, se hulpbronne gebruik gemaak om ons mense vir die eise wat die nuwe samelewing sou stel, voor te berei. Voortreflike skole is nie net in stedelike sentrums of vir gegoede ouers voorsien nie, maar enorme beleggings is in die opleiding van onderwysers en die daarstelling van geriewe gemaak. Daardeur is verseker dat Afrikanerkinders oor die hele land en teen ’n bekostigbare bydrae vir die toekoms voorberei is. Die mate waartoe gepoog is om dieselfde vir swart kinders te doen, verdien vermelding, al word dit selde erken. Die punt is egter dat die momentum van goeie Afrikaanse staatskole tot lank in die nuwe staatkundige bedeling voortgestu het, ten spyte van talle pogings van owerheidsweë om sulke skole se taal- en toelatingsbeleid te ondermyn. Dit is ook verstaanbaar dat baie ouers nie met langtermynoplossings wou eksperimenteer terwyl daar op die korttermyn nog geen groot probleem is nie, met die gevolg dat alle moontlike weë en middele beproef is om beheer oor “openbare skole”, soos staatskole eufomisties in Suid-Afrika se grondwet genoem word, te behou. Die feit is egter dat die nuwe regering op beide nasionale en provinsiale vlak, nie in ons sukses om hulle transformasie-agenda te weerstaan, berus het nie. Hulle jongste en deurslaggewendste oorwinning was die onlangse uitspraak van die Suid-Afrika se grondwethof ten gunste van die Gautengse LUR vir Onderwys, Panyaza Lesufi. Dit het bepaal dat die reg om leerders by skole toe te laat nie by die skole se verkose beheerliggame berus nie, maar by die betrokke staatsdepartement.


AGTERGROND Dit is dan ook sonder verwyl opgeneem en die uitwerking daarvan gaan so gou as volgende jaar sigbaar word in skole wat tot nou toe nog hulle historiese karakter behou het. Nou is dit nie ’n verrassing nie dat mense wat hulle oor die afgelope jare op selfstandigheid eerder as afhanklikheid van die staat toegelê het, ook in hierdie opsigte gereed is om die ander wettige alternatief, naamlik onafhanklike skole, te beproef. Dít, naas ’n groeiende getal ouers wat persoonlik en by wyse van tuisskoolling en afstandleer hulle Verbondsbelofte nakom eerder as uitkontrakteer. Maar daarop kom ons later terug. Eers is dit belangrik om te sê dat skole soos ons dit geken het, die bo-bou op die onderbou van staatsvoorsiening was. Dit is reeds hierbo toegelig. Die belangrike punt is dat, as dié onderbou weggeval het, die bo-bou nie dieselfde kan bly nie. Dit help ook nie om net ’n plaasvervanger vir die verlore onderbou te probeer vind nie, dit is eenvoudig te duur. Dit is juis waar die persepsie vandaan kom dat privaatskole vir die gewone gesin onbekostigbaar is. Dit is egter nie die einde van die storie nie, want skole soos ons hulle die afgelope eeu of wat in Suid-Afrika leer ken het, is nie die enigste vorm wat skoling kan aanneem nie. Daar is talle ander opsies oop vir gesinne en gemeenskappe wat nie maar net aanvaar wat van owerheidsweë vir hulle opgedis word nie. En dit is waar die werk wat alreeds op Orania gedoen word, ter sprake kom. Volkskool Orania, wat in 1991 gestig is, en Orania CVO-skool die jaar daarna,

is twee voorbeelde van hoe ’n gemeenskap op eie stoom na sy onderwysbehoeftes kan omsien. Hoewel dit beslis nie maklik is nie, is dit dus moontlik – maar kom ons bekyk dit van naderby. Volkskool se geskiedenis getuig daarvan dat vernuwing moontlik is, maar dat verandering nie sonder meer verwelkom word nie. Daarom dat, kort nadat Volkskool met ’n alternatiewe stelsel vorendag gekom het, die behoefte aan die konvensionele stelsel sterk genoeg na vore gekom het dat nog ’n skool in die lewe geroep is. Soos mens in ’n klein gemeenskap te wagte kan wees, het die saambestaan van twee skole (en soms meer!) in Orania ook tot kompetisie en spanning gelei, maar dit is mettertyd te bowe gekom en vandag is Orania die trotse tuiste van twee voortreflike instellings waartussen inwoners kan kies. Die eerste voorwaarde vir die sukses van hierdie onafanklike skole is natuurlik die wil en verbintenis van ouers wat geografies genoegsaam gekonsentreerd is om dit moontlik te maak. Die tweede voorwaarde is dat die instellings hulle uitgawes en inkomste met mekaar moes versoen, ’n dikwels pynlike proses waarvan die besonderhede oor jare gestrek het en tot verskeie oorspronklike strategieë bygedra het. In die CVO-skool se geval het dit die vestiging van ’n streekskool wat deur baie kinders uit die omgewing besoek word, behels. In Volkskool se geval het die skool se plaaslike werkswyse hom gemaklik tot die aanbied van afstandleer geleen en kon leerders van buite Orania op dié wyse betrek word. In beide gevalle het

dit gehelp om die nodige skaal vir volhoubaarheid te nader. Ons ervaar tans ’n groot toename in belangstelling, maar besef dat plaaslike oplossings vir baie Afrikaners nodig is waar hulle hul bevind. In beide landelike én stedelike gebiede is tuisskole aan die orde van die dag en Orania lewer reeds dienste aan heelwat sulke inisiatiewe. Die nuwe verwikkelinge ten opsigte van openbare skole sal dié tendens na verwagting versterk. Dit word natuurlik nie net deur praktiese oorwegings nie, maar ook deur bepaalde oortuigings ondersteun en is ’n goeie voorbeeld van hoe ’n nuwe bo-bou op die onderbou van ’n verspreide kultuurgemeenskap met beperkte hulpbronne, kan lyk. Dit sluit natuurlik nie uit dat plaaslike gemeenskappe wat oor, sê maar 250 kinders binne bereik beskik, ’n onafhanklike skool op die patroon van Orania CVO-skool kan vestig nie. Belangrike ervaring is al in die verband opgedoen en sal met vrymoedigheid gedeel word. Albei skole in Orania het die afgelope jare baie geleer en is steeds besig om te verbeter en nuwe inisiatiewe van stapel te stuur. Sommige daarvan slaag beter as ander, maar die planne raak nooit op nie. Daarom glo ons dat Orania se baanbrekerswerk ten opsigte van Afrikanerkinders se toekomstige onderwys van groot waarde is. Skool- en ander opleiding is reeds op verskillende maniere ’n belangrike uitvoerproduk van ons gemeenskap en dit gaan in die toekoms steeds meer so wees.

Voorgrond

|

29


#mySTAD

Beste lid van die Orania Beweging. Met die Helpsaamfonds se #myStad projek gaan 75 nuwe wooneenhede gebou word. Stuur `n e-pos na pieter@orania.co.za om uit te vind hoe jy betrokke kan raak.

Pêrel Villas word van die plan af ontwikkel. Bou in fases en voeg later by volgens jou behoefte of finansiële vermoë. Twee-of drie slaapkamers, motorafdak of motorhuis. Volledig afgewerk en voltooi, ingesluit bouplanne, krag-en water aansluiting, konsultante kommissie. Oordragkoste en hereregte uitgesluit. ‘n Kompakte en bekostigbare huis met hoë standaard afwerking wat in fases uitgebou kan word. Begin met ‘n twee slaapkamer huis van 100m², grond en eerste vloer, en ‘n dubbelmotorafdak van 40 m2 vanaf R750 000, omskep die eerste vloer later in ‘n 3de slaapkamer met eie badkamer en voeg ‘n dubbelmotorhuis met pakkamer by.

ondersteun die Orania ontwikkelingsplan

30

|

Voorgrond


Tel: 053 207 0046

Maandae - Saterdae: 06:30 – 20:00 | Sondae: 12:00 – 16:00

Trots deel van ,n opwindende Orania-belewenis

93 petrol en 50 ppm diesel Groot geriefswinkel Visgerei en –benodigdhede Onderdele OTM Diens met `n glimlag!

IN DIESELFDE SENTRUM: |Orania Beweging Inligtingskantoor |Goedjies-gat |Blink Stefaans |Klawer Kombuise |Snoffelsbande |Senbel

Al die eer aan God Drie-Enig!


ORANIA DORPSRAAD ORANIA:

VOORSIEN IN GROOT VRAAG ONS SKEP ONS EIE TOEKOMS NA NUWE ERWE UITVOERENDE HOOF: FRANS DE KLERK

MAATSKAPPYSEKRETARIS EN KORPORATIEWE DIENSTE: THEUNIE KRUGER HOOF: BEPLANNING EN ONTWIKKELING – CHRISTO CONRADIE HOOF: GEMEENSKAPSDIENSTE – LIDA STRYDOM HOOF: VEILIGHEID – KOBUS LOURENS INLIGTING-EN SKAKELBEAMPTE, HOOF: REGSPRAAK: GAWIE SNYMAN HOOF: INGENIEURSDIENSTE – ANDRÉ VAN HEERDEN

• • • •

Die ontwikkeling verloop presies volgens beplanning Erwe is beskikbaar by die Robynlaan en Karoosig-ontwikkelings Sakpaspryse wissel tussen R144 000 en R420 000 Eksklusiewe erwe met ‘n panoramiese uitsig oor die Oranjerivierravyn is beskibaar Vir meer inligting tree in verbinding met Christo Conradie by christo@orania.co.za

OORRAANNI A IA

Uitleg en drukwerk: SwiftPrint, Kimberley 053 839 2900

Tans word dienste by 66 nuwe erwe geïnstalleer.

DD OO RR P SR P SR AA A DD

t erekr!k! a ww w t a it w e t it li e a ip a ip is n is n u u M M ‘n‘n Olienhoutrylaan 1 Olienhoutrylaan 1

Tel: 053 207 0063/4 Tel: 053 207 0063/4 Faks: 086 Faks:531 0867129 531 7129

Posbus 115 Orania 8752 Posbus 115 Orania 8752 e-pos: dorpskantoor@oranet.co.za e-pos: dorpskantoor@oranet.co.za


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.