Bulletin Newspaper 26 May 2023

Page 1

www.farnorthbulletin.co.za 072 930 1462 • 064 650 7123 26 May 2023 NEW VERSION
A
OF GOOD NEWS GET THE BEST OF US WITH EXTRA PERKS! CLICK SUBSCRIBE ON THE BULLETIN FACEBOOK PAGE FOR EXCLUSIVE CONTENT. READ INSIDE SPORT
WEEK FULL
www.farnorthbulletin.co.za FREE 26 May 2023 015 306 0198 • 072 930 1462 • 064 650 7123 2
Photo: Joe Dreyer

Personeel | Personnel

Plasies bult spiere op eie turf

Die seuns en meisies hokkiespanne van Merensky Landbou Akademie het onlangs teen die spanne van hule bure, die Hoërskool Ben Vorster, kragte gemeet.

Die meisies se hokkiewedstryde het op die 16de Mei plaasgevind. Die bloues se gees langs die baan veral het al die deelnemende Plasie-spanne aangevoer en hulle het behoorlik ‘n hond uit ‘n bos ge speel om met welverdiende seges beloon te word.

Die O/14A span het hul wedstryd met 2-0 gewen en die Speler van die Wedstryd was aan Amelie Pretorius toegeken. Die O/15A-meisies het ook nie op hul louere gerus nie en hulle het die besoekers ook met 2-0 geklop.

Tel: 015 306 0198 072 930 1462 (Joe)

E-posadresse/E-mail addresses: adinda@farnorthbulletin.co.za

Briewe/Letters: joe@farnorthbulletin.co.za Sport: roelof@farnorthbulletin.co.za

joe@farnorthbulletin.co.za

Kea Kganyago was as die Speler van die Wedstryd aangewys.

Die O/16A-meisies was in ‘n hewige stryd gewikkel, maar die gashere het uiteinde lik met 2-1 die wedstryd beklink met Jané Auret en Koena Malatji die toekenning vir die Speler van die Wedstryd gedeel het.

Die eerste meisiesspan van Merensky het in die hoofwedstryd van die hokkieliga rondte geen genade vir die besoekers getoon nie en het met oorwinning van 2-0 die Rooies terug op hul weg gestuur.

Soveel spelers het uitgestaan en dit was voorwaar ‘n stryd om ‘n speler in die eerste-liga

wedstryd uit te sonder. ‘n Aantal meisies was dus as die Speler van die Wedstryd aangewys, naamlik Lané Kasselman, Lara Leicester, Zoë Malherbe en Larike Joubert.

Op die 24ste Mei het die eerste meisiesspan in ‘n ligawedstryd teen die Hoërskool Pietersburg te staan gekom, terwyl die O/14A en O/16A-spanne op Saterdag die 27ste Mei teen die Pieties kragte sal meet.

Die seunsspanne het op die 19de Mei sake teen Ben Vorster uitgespook. Die O/14A-seuns het met ‘n allemintige telling van 7-0 hul teenstanders die loef afgesteek. Jaimie de Carvalho het vyf van dié doele aangeteken en het welverdiend die toekenning vir die Speler van die Wedstryd ontvang.

Die O/16A het met 1-4 die spit afgebyt en die eerstespanne se wedstryd het met een doel elk gelykop geëindig.

Tzaneen
photos:
Copyright © 2023 Far North Bulletin All rights reserved. No part of this publication (including editorial, artwork and layout) may be reproduced, stored in a retrieval system or be transmitted in any form or by any means, electronic or mechanical, without prior permission by Far North Bulletin.
Nuus & foto’s/News &
Connect with us Visit our website at www.farnorthbulletin.co.za and read the latest news, as well as back copies. Kontak besonderhede Contact Details Kantoor: 015 306 0198 Office: 064 650 7123 Redakteur / Editor Joe Dreyer • 072 930 1462 joe@farnorthbulletin.co.za Ontwerp / Design Tessa Thompson • 079 653 6317 tessa@farnorthbulletin.co.za Joernaliste / Journalists Roelof de Jonge • 078 672 7306 roelof@farnorthbulletin.co.za Admin / Finance Birgitte Mac Gregor • 064 650 7123 admin@farnorthbulletin.co.za www.farnorthbulletin.co.za 26 May 2023 FAR NORTH MEDIA 2 ■
Dewaldt Vosloo 1st team group

Coetzee sluit by Spangenberg aan

Hans Coetzee is ‘n bekende in rugbykringe, en veral onder die skolerugby gemeenskap waar hy menige suksesse by verskeie van die land se top skole in sy loopbaan al bereik het. Sy rugby-CV is ewe indrukwekkend, nie net op skolevlak nie, maar selfs op nasionale vlak.Hy het hom in 1979 by Monnas aangesluit en dadelik sy stempel afgedruk waar hy vir twee dekades lank afgerig het.

Hans Coetzee was sinoniem met Monnas vandat hy die Eerstes in 1983, 1984 (toe hulle die Administrateurbeker gewen het), 1988 tot 1989, 1992 tot 1998, 2000 tot 2007 en 2013 afgerig het.

Hy was aanvanklik ‘n geskiedenisonderwyser, en dit is gepas dat hy ‘n ware rugbyhistorikus is. Statistiek is die kos wat sy honger les. Dit sou nie verregaande wees om te sê dat Hans Coetzee verslaaf aan die sport is nie.

Vir ‘n dekade-lank het Coetzee die Transvaal Craven Week span afgerig, tussen 1998 en 1999 die SA akademie span asook die SA skole span in 2000. In 2008 sluit hy vir vyf jaar by die Leeus Rugby Unie as werwer aan. Tydens sy tydperk by die Leeus het hy by Jake White se Winning Ways maatskappy aangesluit en deel gevorm van die afrigtingspan wat die Leeus Onder 19’s asook die 2009 Curriebeker-span afgerig het. In 2010 vorm hy deel van die Leeus se Super 14 afrigtingspan saam met Johan Ackerman en Dick Müir.

Dit is dan geen wonder dat hy sal hande vat met Frikkie Spangenberg, die Vossies se direkteur van rugby en hoof van sport, wie self met ‘n baie indrukwekkende rugbyloopbaan pronk, en ook ‘n tydlank by Monnas spandeer het.

Hans se konneksie met die Hoërskool Ben Vorster is egter ‘n ironiese sameloop van omstandigehede. Sy skoonseun, Peter Schutte, was die rugby direkteur by die Vossies tot 2021 toe hy Tzaneen vir Durbanville in die Kaap verruil het.

Schutte het as hoofafrigter by die Durbies aangesluit – ‘n pos wat ‘n jaar voor hom, deur sy skoonpa bekleë is. Coetzee is van Durbanville af na HTS Drostdy as hoofafrigter, en in Maart 2022 het hierdie twee skole tydens die Wynberg Boys High rugbyfees kragte gemeet. Drostdy het met 26-0 gewen.

Coetzee het vanjaar as konsultant by die Vossies aan-

gesluit en sal in hierdie kapasiteit die huidige rugby direkteur en hoofafrigter, Frikkie Spangenberg en sy span, bystaan. Sy magdom ervaring en kennis behoort ‘n waardevolle bydra aan die Rooimasjien te lewer en die plaaslike ondersteuners-kringe is reeds aan die gons daaroor.

“Ek is life vir rugby, en veral skolerugby waar ek glo die sport nog werklik mooi en suiwer gespeel word,” het Coetzee aan Bulletin vertel. “Die seuns wat op hierdie vlak speel, kry nog die kans om te hardloop met die bal en drieë in te ryg wat hulle nie so maklik op nasionaal en internasionale vlakke ooit weer sal kry nie. Dit is nog “ou skool” rugby. Ek is opgewonde om saam met Frikkie en die res van die manne ‘n pad te stap en ek glo ons gaan saam ‘n formidibale span maak wat die sport by sal baat. Die Vossies is welombekend vir hul sport en veral hul rugby wat nog altyd van ‘n hoë standaard was. Ek is opgewonde oor wat die toekoms gaan bring.”

Source: www.dwa.gov.za Information updated: 22/05/2023

www.farnorthbulletin.co.za 26 May 2023 FAR NORTH MEDIA 3 Ebenezer 100.3% Merensky 101.9% Dap Naude 90.8% Middel Letaba 5.8% Blyderivierpoort 100.6% Klaserie 100.8% Tours 100.3% Vergelegen 102.6% Magoebaskloof 100.5%
Tzaneen 99.2%
EASTERN
KWAZULU NATAL NORTHERN CAPE FREE STATE LIMPOPO NORTH WEST
MPUMALANGA WESTERN
COMING TO TZANEEN THIS JULY!
CAPE
GAUTENG
CAPE

Ellie besoek Akademie

Tzaneen Privaat Akademie se leerlinge het die afgelope week ‘n besoek vanaf die hoofinspekteur van die DBV, Ellie Potgieter ontvang. Haar besoek aan die skool was egter nie om ‘n verlore hondjie of katjie te redde te snel nie, maar wel om vir ‘n groep jong maats in te lig oor wat presies die DBV is, en ook hoe hulle te werk gaan om seker te maak dat verwaarlose diere die nodig hulp en liefde ontvang wat hulle verdien.

Vroeër in die maand het een van die skool se onderwysers ‘n gesprek tussen twee van die jong seuns op die skool terrein gehoor. Die seuns het bespiegel oor wie en wat die DBV is en een van die maats het aan sy vriend verduidelik dat diere wat deur die DBV opgelaai word, dadelik van kant gemaak word.

Die onderwyseres het toe besluit om vir inspekteur Potgieter na die skool te ontbied sodat die saak reggestel kon word. In ruil vir haar tyd en moeite het die kinders ‘n insamelingsprojek van stapel gestuur en ‘n berg blikkies kos, komberse en ander toebehore is ingesamel.

Potgieter het na haar praatjie ‘n vinnige vrae en antwoorde sessie met die leerlinge ingewerk waarna sy die skool hartlik bedank het vir die skenkings voor sy teruggekeer het. Tzaneen Privaat Akademie bedank al die ouers, onderwysers, leerlinge en instansies wat bygedra het tot hul suksesvolle bewusmakingsveldtog.

FOR ALL YOUR PRINTING

www.farnorthbulletin.co.za 26 May 2023 FAR NORTH MEDIA 5 Smouskous | Classifieds SERVICES VERVOER & VERPAK VAN MEUBELS SKAKEL MELODY VIR KWOTASIE 015 345 1192/ 084 627 0956 076 410 9503 082 851 7139 Epos:troktrek@mweb. co.za www.steynbergmeubelvervoer.com VERVOER/TRANSPORT STEYNBERG TROK & TREKKER TE HUUR STEYNBERG TROK & TREKKER 8, 12, 20, & 32 TON TROKKE & LOWBED TE HUUR. BAIE BILLIKE TARIEWE (TERME & VOORWAARDES GELD) SKAKEL VIR KWOTASIE: 076 410 9503 082 851 7139 015-3451192 084 627 0956 DUVENHAGE MEUBELVERVOER Where’s the fairy Godmother when you need help packing and moving? Bel Marlien vir enige trekke. Groot of klein, naby of ver. Ons doen ook verpakking 083 252 8928. Absolutely Water Verkoop en verhuur van watersuiweraars en dispensers. Heelhuis filtrasie, water bars, industriele suiweraars ens. Diens van alle suiweraars en waterversagters. Danna 083 560 8636 Elsie 083 458 4746 Wisani Burial Society 24 Hour emergency numbers 083 513 4988 helene@wisani.co.za Pest Control Specialists Workplace readiness solutions. Protect yourself, your staff and the health of your customers. 015 307 4065 076 413 9257 Tel: 015 309 9382 • 078 1919 111 info@hobbyprint.co.za
Colour Work
Books, Statements, Receipt Books, Delivery Books, Order Books, Credit Books, etc. Programmes, Wedding Cards, Invitations, School Reports, Certificates, Mark Schedules, Advertising, Pamphlets, Calendars, Business Cards, etc. bulletin©0496hp180119tl
Full
Invoice
■ Joe Dreyer

DeWalt lewer net kolskote op

DeWalt le Roux, ‘n Graad 10 leerder van Merensky Landbou Akademie, is voorwaar ‘n skut wat fyn kan korrel. Hierdie skut het tydens ‘n skietbyeenkoms op Phalaborwa in die O/16-Randslag afdeling met 260.01 punte die eerste plek ingepalm.

Hy het met hierdie prestasie sy Mpumalange-Noord streekskleure in sportskiet verwerf soos toegeken deur die SA Jagters- en Wildbewaringsvereniging.

Op die 15de April het le Roux by die De Grootte Boom skietbaan in Burgersfort se omgewing aan ‘n Intertak Presidentskiet-byeenkoms deelgeneem. Tydens hierdie byeen koms het hy weereens sy kranigheid met ‘n roer gewys deur ‘n eersteplek met 540 punte agter sy naam te skryf.

Hy het ook op die 12de Mei deel geneem aan ‘n Intertak Presidentskiet-geleentheid gaan aanlê en die byeenkoms was deur die Ngwenya Tak naby Nelspruit aangebied. Hier het hy weer met die eersteplek gespog waar hy in die junior-afdeling deelgeneem het.

www.farnorthbulletin.co.za 26 May 2023 FAR NORTH MEDIA 6 EVENTS The Miami Magoebaskloof MTB Challenge will be held on 27 May 2023 at the Westfalia Faerie Glen Tzaneen from 07:30. Enter online at www.entryninja.com(link is external) For more information contact 082 804 0060 or 082 443 3864. The Letaba Nursery Plant Exhibition will be held on 27 May 2023 at the Tzaneen Lifestyle Centre from 08:00 till 15:00. For more information contact 076 163 3281 The SAVF Kleuterskool Golf Day will be held on 26 May 2023 at the Tzaneen Country Club from 11:00 at R1800.00 per four ball. For more information contact Michelle on 071 644 0521 or Mia on 063 827 6374. The Mina’s Neighbourhood Market will be held on the 4th of June 2023. For more information contact 060 331 2681. 26 May 27 May 27 May 4 June LIVE THIS WEEKEND 26 & 27 May 8:00 ON FNBC Live

Rudder troef Gravel Shaker teenstanders

Shani Rudder, ‘n fietsryer van Tzaneen se omgewing, was deel van ‘n groep van 25 plaaslike fikses wat die Gravel Shaker Bergfietswedren by die Sondela Natuurreservaat in die omgewing van Bela-Bela aangedurf het.

Rudder, wie in die afdeling vir senior vroue gery het, was die eerste vrouedeelnemer wie die 110km roete die afgelope Saterdag die 20ste Mei voltoooi het. Sy het in die sewende plek algeheel klaar gemaak. Die hoofwedren was oor ‘n afstand van 160km beslis.

In verlede jaar se Gravel Shaker was Rudder die sesde vroue deelnemer wat die eindstreep bereik het. Vir haar was vanjaar se uitslag ‘n fantasiese uitslag om te behaal.

“My gevoel was dat ek vanjaar se wedren met meer ervaring en voorbereiding aangepak het. Die roete is baie verskillend van Tzaneen se omgewing met sy baie bulte, waar die Gravel Shaker se terrein baie meer plat is wat ‘n anderse benadering verg ten opsigte van voorbereiding.”

Rudder se naaste teenstander wat in die tweedeplek na haar geëindig het, Martie Joubert, het haar nie juis veel ruimte gelaat om te ontspan nie. Rudder se wentyd was 03:58:14 met Joubert slegs enkele sekondes later, met ‘n tyd van 03:58:25, in die tweedeplek.

“Die 110km wedren het in baie koue omstandighede begin, sowat 5 grade Celsius, en ek het die begin baie rustig aangepak. Ek het nieteenstaande ‘n vinnige genoeg pas gehandhaaf om die voorste groep fietsryers in te haal wat probeer wegbreek het.”

Sy het uiteindelik die voortou geneem wat sy op haar pas, ‘n rustige een soos wat Rudder agterna beskryf het, gehandhaaf.

“Sjoe, Martie was ‘n yster! Sy het die laaste ses na sewe kilometer my egter begin inhaal. Die laaste twee kilometer, net voor die ingang van Sondela Reservaat wat ‘n aantal kronkelpadtjies bevat, het Martie my ingehaal en ek moes alles gee om my voortou te behou. Die sekondes waarmee ek gewen het was die laaste bietjie krag wat ek gehad het. My teenstander was weliswaar ‘n yster, sy het hard baklei tot die einde.”

Rudder het ‘n passie vir buiteluglewe, en solank sy tyd op haar bergfiets of padwedrenfiets kan spandeer, is sy in haar element. Rudder het tydens die Covid-19 tydperk begin om bergfiets te ry.

“Ek het veral vir oefening, vir die plesier daarvan sowel as die sosiale aspek

begin om bergfietsry te beoefen. Ek het intussen ook betrokke begin raak met die organisering van oefenritte. Sedertdien het ons nie net meer sosiaal fiets gery nie, maar ook begin om vir wedrenne in te skryf. Ons was 25 plaaslike fietsryers wat die afgelope naweek se wedren by Sondela voltooi het.”

Rudder vertel dat sy eers vanjaar weer besluit het om tyd en leefstyl veranderinge te maak om weer kompiterend aan fietswedrenne deel te neem.

“Dit vat baie tyd en dissipline in beslag om kompiterend deel te neem, veral as mens voltyds moet werk en jy verantwoordelike teenoor familie het. En bonop nog tyd vir oefening moet maak. Daarom is dit vir my belangrik om streng op myself te wees maar terselfdetyd dit geniet wat ek doen. As jy hardewerk nou in sit, gaan alles more makliker wees, ek glo in hierdie standpunt.”

Vir mense wat graag fietsry wil opneem as ‘n sport, is Rudde se raad die volgende:

“Fietsry bestaan 90 persent van die tyd uit oefeninge en 10 persent daarvan bestaan uit wedrenne waaraan mens deelneem. Word deel van gemeenskapsgroepe wat fietsrysessies aanbied.”

“Tussen elke groep is daar fietsryers met jare se ervaringe wat hulle meer as bereid is om met nuwelinge te deel. Daar is fietsryers met by die 20 jaar se kennis en ervaringe. Daag net op en word deel van die fietsrygemeenskap. As jy hierdie raad toepas, is jy verseker op die regte pad om wedrenne in die toekoms aan te pak.

Sy beoog om verder vanjaar aan die opkomende Magoeba Trek sowel as die Ride Joburg (voorheen 94.7 resies genoem) wedrenne deel te neem.

www.farnorthbulletin.co.za 26 May 2023 FAR NORTH MEDIA 7

Ben Vorster het die naweek naelskraap teen Ligbron Akademie in die Noordvaal Skild Liga die knieë gebuig. In een van die mees opwindendste Eerstespanwedstryde wat in die laaste twee jaar op Tzaneen gespeel is, het Ligbron letterlik in die laaste paar sekondes van speeltyd oor die Vossies se doellyn geseil om die wedstryd met ‘n skrale punt (25-26) te wen.

Reënerige toestande op die dag het ‘n mate van frustrasie onder die spelers veroorsaak toe hulle met hanteerfoute gesukkel het weens die nat bal en selfs natter speelveld. Nietemin het die tuisspan die besoekers ‘n harde stryd aangesê en het die telbord ‘n gebalanseerde prentjie van die dag se spel uitgebeeld. Die O/14A-spanne se wedstryd het die dag te midde van die reën, vroeg afgeskop. Ben Vorster se jong buffels het van die afskop af reeds die wedstryd oorheers en teen rustyd ‘n voorsprong van 12-7 gehad om te verdedig. Met hul terugkeer na halftyd het die Liggies hard terug baklei maar kon nie teen die eindfluitjie die mas op kom nie en moes met ‘n nederlaag van 17-12 tevrede wees.

Ligbron se O/14B-span het wel hul gasheer met 27-13 kaf gedraf terwyl die O/15A-span teen Ben Vorster met ‘n telling van 14-29 verloor het. Op hul beurt het Ligbron se O/15B-span hul man gestaan en die Vossies met ‘n soortgelyke telling van 29-12 te klop. Nie een van Ben Vorster se O/16-spanne kon hul wedstryde wen nie met die A-span wat 5-23 verloor het terwyl die B-span met 3-10 gestuit is.

Ben Vorster se Derdespan het redelik

LIGGIES FLIKKER OOR

BUFFELKRAAL

gemaklik met 19-5 geseëvier terwyl die Nyatis (Tweedespan) na ‘n harde stryd met 29-22 as oorwinnaars uit die stryd getreë het.

Die hoogtepunt van die dag was die Eerstespan kragmeting wat skuins na 13:00 voor die hoofpawiljoen afgeskop het. Van die staanspoor af het beide spanne hul beste rugbystewels voorgesit en vir die grootste deel van die eerste helfde kon nie een van die spanne die ander baasraak nie.

Die eerste punte op die telbord was egter vir die Vossies deur die skopskoen van losskakel Divan Spangenberg in die laaste 13 minute na hy ‘n strafskop deur die mikke gestuur het. Ligbron het feitlik dadelik met ‘n drie reg langs die Vossie-pale na ‘n skrum geantwoord. Nog ‘n drie deur die besoekers het die rustydtelling op 13-3 in Ligbron se guns laat hang.

Die tweede helfte het ‘n heeltemal ander Vossie-span egter op die veld gedraf. Ben Vorster het gesorg vir drie verdoelde drieë in net bietjie meer as tien minute wat die skare op die hoofpawiljoen behoorlik die dak laat lig het. Ben Vorster se blitsvinnige agterlyn het die Liggies laat flikker en vir die res van die tweede helfde het dit voorgekom asof die besoekers net geen antwoord vir die aanslag kon bied nie.

Ligbron het wel in die laaste 15 sekondes ‘n pragtige drie in die linkerhoekie gaan druk om

die telling 24-25 te maak met net een skop wat die verskil tussen wen en verloor sou wees. Met die eindfluitjie in die agtergrond het die bal wel deur die pale geseil om die oorwinning vir die besoekers met 25-26 te verseker.

Ben Vorster sal nou vir die volgende vier wedstryde weg van die huis af speel voor plaaslike ondersteuners weer die kans gegun sal word om die Rooies in aksie op eie bodem te besigtig.

Kyk gerus al die dag se wedstryde op ons FNBC Live Youtube-kanaal deur op die skakel hieronder te klik.

SPORT
■ Joe Dreyer
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.