15 November 2012 Jr / Yr 10 No: 45

Page 20

R165 Incl. VAT 20

OP gepaste wyse is die sportsterre van die Hoërskool Lydenburg vereer op 25 Oktober tydens die 18de Sportprysuitdeling . Die gasspreker vir die aand was mnr. RW Kember, die Puma Rugbyspan se kaptein en wie spog met 'n rugby-CV soos min. Die uitslae was as volg: Veelsydige Sportman en Vrou van die skool. Rohan du Toit: Verteenwoordig die skool op die Interhoër in die 200m en in die aflosse. Hy speel hokkie vir die o/16A span en is ook deel van die Sewe’s hokkie waar hy tweede span speel. Hy speel tennis vir die skool se derde span, vorder tot op sub-streek vlak in landloop. Rohan maak deel uit van die skool se fietsryspan wat die Mpumalanga wenners is wat deurgaan na die SAkampioenskappe toe. Baie geluk Rohan. Mignon Black: Verteenwoordig die skool op die interhoër in die 90 mh, 300mh, verspring, 400m en in die aflosse en behaal in die item twee eerste plekke. Sy speel Netbal vir die o/15A span, verdien ook haar provinsiale kleure in netbal. Sy maak deel uit van die meisieskrieket eerste span, neem in landloop aan die Mpumalanga kampioenskappe deel. Mignon is deel van die fietsryspan wat Mpumalanga wenner was en dring na die SA-Kampioenskappe deur. Sy verteenwoordig ook haar provinsie in fietsry op die byeenkoms as die no.2 fietsryer in MP. Baie geluk Mignon. Herman Jacobs en Kobus Pretorius: Herman verteenwoordig die skool op die interhoër in die 400m, 200m, spiesgooi en in die aflosse, word op interhuis aangewys as die beste o/17 seunsatleet asook die beste 0/17 400m-atleet. Hy speel hokkie vir die skool se eerste span asook Sewe’s hokkie. Hy verwerf sy provinsiale kleure in hokkie en is nou eers o/17, speel vir die skool se eerste krieketspan, dien Herman ook as ’n skeidsregter by die interprovinsiale toernooi vir o/16's en 0/17's. Kobus verteenwoordig die skool op die interhoër in gewigstoot, spiesgooi, en diskus. Hy speel krieket vir die skool se eerste span, rugby vir die o/16A-span. Neem ook deel aan gholf. Kobus speel ook vir die o/16A-span hokkie en is in die B-span van die Sewe’s hokkie. Dan maak hy ook deel uit van die skool se fietsryspan wat die Mpumalanga wenners is wat deur gegaan het na die SA-Kampioenskappe. Hoërskool Lydenburg het die uitstekende prestasie bereik die afgelope jaar deur die Laeveld bergfietsliga weereens oortuigend te wen en tree uit as die Mpumalanga kampioene. Die SA Skole kampioenskappe het in Magaliesburg plaasgevind, waar Mpumalanga 2de eindig. Lydenburg wen hier die geesbeker wat spreek van 'n gesonde span en sportsoort. Mignon Black het die trofee ontvang en is verkies tot die Mpumalangaspan. Sy is die algehele Meisies Fietryer van die Jaar. Kobus Pretorius is die algehele Seuns Fietryer van die Jaar. • In Landloop het nege van die atlete na die MUSSA-byeenkoms deurgedring. Katlego Nawa is die Seuns Landloop atleet van die Jaar. Mareli Hiemstra word verkies tot die Mpumalanga span. Sy neem deel aan die SA-skole byeenkoms en behaal hier 'n 13de plek. Sy neem ook deel aan die klub SA-byeenkoms en behaal hier 'n 11de plek. Voorwaar 'n uitstekende prestasie en verdien haar ere-kleure wat sy met trots kan dra.

15 November 2012

• Soccer: The first boys won the Camp Discovery tournament and the u/16 boys won the Lowveld League. They went through to the play-off's and ended in second place. Most Improved player: Dikoma Remofilwe, Top Goal scorer: Mokoena Sania, Girls soccer player of the year: Toriso Segale. Boys soccer, Most improved o/16 player: Bondo st Maepa; o/16 player of the year: Phumlani Nyalunga; Most improved 1 team player: st st Direto Makua; 1 teams Top goal scorer: Baggio Moraba; 1 team soccer player of the year: Francis Eksteen. Ander sport: Benine Botha: Aangewys as “shadow” skeidsregter vir die Pumas. Chanel Jacobs: Dien as skeidsregter by provinsialetoernooi. Herman Jacobs: Dien as skeidsregter by provinsiale toernooi. Lise-Marie Steyn: Puma-gradeering vir skeidsregter. Wernich Botha: Junior met die meeste punte vir die jaar asook Junior Hengelaar van die jaar. Chané Cronje: Limpopo kleure in Ringbal. Celente Cronje: Limpopo kleure in Ringbal. Zandria Wheeler: Limpopo kleure in Ringbal; Johannie Steenekamp: Koreaanse Krygkuns (drie eerste plekke op SA-kampioenskappe). LiseMarie Steyn: Gauteng-Wes kleure in Aksie-netbal; Bianca Bell: Nasionalekampioenskappe in boogskiet; Naudé Potgieter: Gymkhana/tentpegging(NoordGauteng A-span). Pieter Els: Gymkhana/tentpegging(Noord-Gauteng A-span); Jean Roux: Gymkhana/tentpegging(o/14 Proteaspan verteenwoordig teen Australië); Kyle Westcott: SA-kampioenskappe in karate; Henco Rossouw: SA-kampioenskappe in karate; Christo van der Westhuizen: SA-kampioenskappe in karate; Jaco Faber: SAkampioenskappe in karate; André Nelson: SA-kampioenskappe in karate; Francois Roos: Taekwando blou-tip; Arabelle Treurnicht: “Intermediate Foundation” eksamen van die Dans Acadamy of South Africa geslaag wat n vlak 7 eksamen is Slaag met 70%. Chanel Jacobs: Intermediate Foundation major geslaag met 68%. Michelle Prinsloo: Intermediate Foundation major geslaag met 58%. Elrike van der Linde: Intermediate Foundation major geslaag met 68%. Elsje Engelbrecht: Intermediate Foundation major geslaag met 53%. Etli van der Merwe: Slaag haar Major Preparatory test. Mariska Schoeman: Slaag haar Major Preparatory test. Rian Niewoudt: Neem deel aan die SAkampioenskappe vir roei. Hy haal die semifinale in die 1000m, die B-finaal in die 500m en kom 5de, die B-finaal in die 200m en kom 7de. Ivan Nel: Mpumalanga Laeveld Ringbal. Maclien Wagner: Springbokkleure in Ringtennis. Sportvrou van die jaar: Jada Linström (vir haar negende plek op SA-kampioenskappe in die finaal); Sportman van die jaar: Herman Jacobs (vir sy Mpumalanga o/18 A- Mnr. Otto Schulze, mnr. RW Kember, span). die Puma Rugbyspan se kaptein en skoolhoof mnr. Johan Loots.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.