DistrictMail 16 May 2013

Page 2

2 Distrikspos Huishulp se appèl verwerp

Nuus News

16 Mei, 2013

ILLANA FRANTZ Nicoleen Williams (40), die vrou wat drie jaar tronkstraf opgelê is nadat sy twee ringe ter waarde van R219 000 gesteel het, het die afgelope Maandag ’n aansoek om verlof tot appèl teen haar vonnis ingedien. Die DistriksPos het verlede week berig hoe Williams ’n werk as huishulp by ’n bejaarde vrou van die Strand aanvaar het. Sy het Dinsdag 9, Vrydag 12 en Saterdag 13 April by die vrou gewerk. Die volgende dag (Sondag) het die vrou besef dat twee van haar ringe, wat antieke erfstukke is, weg is. Sy het die polisie ontbied, met die vermoede dat haar nuwe huishulp dalk hiervoor verantwoordelik kon wees. Die vrou het die huishulp weer op Maandag (15 April) laat kom, waarna sy die polisie weer ontbied het. Die polisiebeamptes het die huishulp ondervra en sy het skuld beken. Regshulp Zaida de Jager het namens Williams in die Strand-landdroshof opgetree. Sy het onder meer die volgende redes vir die appèlaansoek aangevoer; drie jaar gevangenisstraf is ’n skok vir Williams wat ’n eerste oortreder met twee minderjarige kinders is, en dat Williams uit die staanspoor skuldig gepleit het en nie die hof se tyd gemors het nie. De Jager is ook van mening dat ’n ander landdros Williams ’n ligter vonnis sou gegee

het. Clement Abrahams vir die staat het hierop reageer en gesê dat Williams die ringe gesteel het omdat die klaer nie vir haar ekstra geld wou gegee het nie. “Die waarde van die ringe is ’n groot bedrag en net omdat dit teruggevind is, beteken nie dat dit nie gebeur het nie. Daar is baie sake op die hofrol waar werknemers van hul werkgewers steel en in dié geval gee dit ’n slegte reputasie aan ander huishulpe,” het hy gesê. Hy het bygevoeg dat daar geen reël is wat sê dat ’n eerste oortreder nie direkte tronkstraf opgelê mag word nie. Tydens die hofverrigtinge het Williams met ’n Bybel in haar hand in die beskuldigde bank gestaan en net voor haar uitgestaar. In haar uitspraak het landdros Karen Scheepers gesê dat die klaer Williams vertrou het om haar huis skoon te maak, maar dat sy die klaer se vertroue verbreek het toe sy die ringe gesteel het. “Die hof het meer as twee keer oor die vonnis gedink. Daar is baie bejaarde, afgetrede mense in die Strand en mense moet veilig voel om ’n huishulp aan te stel. “Die erns van die misdryf is groot en ek sien geen ander gepaste vonnis nie.” Scheepers het Williams se aansoek om verlof tot appèl teen haar vonnis van die hand gewys.

GONE IN THE BLAZE: A home in Mariners Way, Gordon’s Bay burnt down around 09:38 on Tuesday morning. According to Theo Layne, spokesperson for the City of Cape Town’s Fire and Rescue Services, a total of 14 firefighters responded to the incident where they found wood and iron structures alight. Firefighters battled with the blaze for approximately 33 minutes before extinguishing it. No injuries or fatalities were reported.

Under the gavel /Voor die regsbank Neighbour stabbed

Zolisa Somphali (44) appeared in the Strand Magistrate’s Court this past Monday after he allegedly stabbed his neighbour. According to the charge sheet, the accused stabbed his neighbour three times in the head and shoulder on Friday 26 April. He was arrested on 11 May and during his last court appearance this past Monday was released on R500 bail. He was however warned not to interfere with the complainant and the matter was postponed to 30 May for mediation.

Ammunisie in besit

’n Vrou (29) word van die onwettige besit van ammunisie aangekla nadat 19 patrone na bewering in haar besit gevind is. Tydens haar verskyning Maandag in die Strand-landdroshof, het Monique Solomons van Broadlands Park beweer dat sy slegs die patrone vir ’n vriend van haar gestoor het. Hy het dit glo drie weke terug aan haar gegee. Dié vriend was ook in die hof en landdros Karen Scheepers het hom na vore geroep. Hy het ook beweer dat iemand anders die koeëls aan hom gegee het om te hou. Borgtog van R500 is aan Solomons toegestaan en sy maak weer haar volgende hof-

verskyning op 21 Mei.

‘Drug smuggler’

Abraham Petersen (35), the man who was arrested for attempting to smuggle drugs into the Strand Magistrate’s Court on Friday 3 May, made his second court appearance on Monday 13 May. Last week the DistrictMail reported how security officials at the court found two parcels of dagga on the accused. He was then taken to the Strand police station where he was subjected to a second search where 10 mandrax tablets and one small bag of tik was discovered on him. The value of the drugs is estimated at R1 000. Magistrate Karen Scheepers granted the accused R3 000 bail and the case was postponed to 14 August, awaiting the results of the laboratory report.

In hof vir diefstal

Reginald Sylvester (29), Craig Fortuin (25) en Manvill Follmer staan tereg op ’n aanklag van diefstal. Luidens die klagstaat het hulle op 10 Mei sigarette ter waarde van R3 000 by ’n woning in Nautilusstraat, Strand gesteel. Clement Abrahams vir die staat het borgtog teengestaan. Die saak is tot 20 Mei vir ’n aansoek om borgtog uitgestel.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.