Tygerburger Bellville 9 Mei 2012

Page 15

Promosies/Promotions

TygerBurger Bellville Bladsy 16

Woensdag 9 Mei 2012

Moedersdag Mother’s Day Sondag 13 Mei

Sunday 13 May

Laat moeder uitsonderlik voel met blomme PROMOSIE

Moedersdag is die een dag in ’n jaar wat die geleentheid skep om aan ma’s te bewys hoe baie hulle waardeer word. Daar is straks nie ’n beter manier om jou waardering te toon as deur ’n pragtige bos blomme nie. Sonder om ’n woord te sê, kan jy deur Bunches for Africa ’n besondere boodskap oordra en die moeder in jou lewe op hierdie spesiale dag uitsonderlik laat voel. Rose is wêreldwyd die mees geliefde blom om te gee. Verskillende kleure dra verskillende boodskappe oor. ’n Bos volwasse rose stuur ’n boodskap van dankbaarheid terwyl wit reinheid en eerbied simboliseer. Geel spreek van toewyding en pienk skakerings spreek van genade, donker pienk van dankbaarheid en ligte pienk van vreugdevolheid. Angeliere is waarskynlik die mees tradisionele Moedersdagblom. Laat die die kleurbetekenis jou lei om die regte kombinasies te kies. Pienk verteenwoordig dankbaarheid en liefde, terwyl rooi bewondering verteenwoordig. Wit is tradisioneel ter herinnering aan ’n moeder wat nie meer langer met ons is nie. Sonneblomme en Baberton-daisies is beskikbaar in gemengde bosse of enkelbosse. Hulle is ’n kleurvolle toevoeging tot enige ruiker. Dit dra ’n boodskap van waardering en respek. Baberton-daisies het ’n soortgelyke vreugdevolle boodskap in hul magdom kleure. Tulpe is beskikbaar teen R60 per bos of

R59,50 vir ’n potplant. ’n Ruiker van tulpe is ongetwyfeld ’n geskenk wat enige ma se dag sal opkikker. Tulpe dui op liefde, maar meer spesifiek dui pienk op omgee en rooi vir ware liefde. Geel tulpe, soos hul voorkoms uitbeeld, bring ’n boodskap van blymoedigheid. Viooltjies is beskikbaar van R19,95 elk. Dié plantjie dui op getrouheid en toewyding. ’n Plantjie is ’n blywende herinnering van jou waardering aan ’n besondere moeder se toewyding. Kom kies gerus ’n spesiale mandjie of gestreepte katoenlintjie om die plantjie mee af te rond. ’n Nuwe reeks kreatiewe linte is tans beskikbaar. Lelies is veral ’n geliefde keuse van baie moeders. Dié merkwaardige blom kom voor in ’n aantal verskillende kleure. ’n Wit lelie simboliseer suiwerheid. Die daglelie is ’n Chinese simbool vir moederskap en Calla-lelies beeld skoonheid uit. Die boodskap van ’n Protea is eie aan sy karakter – dit stuur ’n boodskap aan jou moeder wat haar innerlike krag en moedigheid komplimenteer. Dit is die regte keuse om iemand op te beur of te herinner aan jou waardering. Besoek Bunches for Africa, jou een-stop funksie- en dekorwinkel, en bestel jóú spesiale bos blomme vroegtydig. Indien nodig sal hulp verleen word met die keuse van blomme. Bunches for Africa is Saterdag van 07:3014:00 en Sondag om 08:00-12:00 oop. Bestellings kan per telefoon geplaas word by 021 982 3412, 083 900 7009 of aanlyn by www.bunchesforafrica.com.

Maak Ma ster van die dag met laat ontbyt Ek het lieflike herinneringe uit my kinderdae van my ma se gebak: perfek, sag en sponsig, geurig en ryk. Aan die einde van die gang was ’n kas waar die fyngebak in outydse koekblikke gestaan het, my ouma se blik met die koningin van Engeland se kroningsfoto op en die een met Hollandse tulpe op. Keurige sjokoladekoek, Jodetert, ystervarkies, kolwyntjies. My onderwyseresse het altyd my ma se gebak vinnig opgekoop voor dit naby die basaartafel gekom het. Ek dink nie ek sal ooit so ’n goeie bakster soos my ma of ouma wees nie, en noudat my ma nie meer met ons is nie en ek self nie ’n ma is nie, bederf ek maar my suster op Moedersdag! Die perfekte oplossing vir ’n luilekker en gesellige familiekuier op Moedersdag is ’n

laatoggendontbyt, of brunch soos ons dit ken in buffetstyl. Dit gee vir Ma tyd om rustig wakker te word en die ster van die dag te wees. Hou die kos heerlik warm deur asbesverwarmers met foelie oor te trek. Plaas dit plat neer op bakstene en beskerm die oppervlakte van die tafel met koerante. Voorbeelde van disse om te bedien: Maak eiers in ’n muffinpannetjie gaar vir ± 10 minute teen 180ºC. Jy kan ook twee repies spek in die muffinholtes sit en dan die eier bo-op sit en bak; Soutterte, spek en worsies, gebraaide sampioene, uie en tamatie, skelvis en salm, hoenderlewertjies, pasteitjies, roosterbrood, pannekoek en plaatkoekies. ’n Broodtafel met ’n groot verskeidenheid brode, beskuitjies en muffins saam met lekker kase, konfyt, konserf, patee, maas- en roomkaas is ook altyd ’n wenner. Hiermee my geliefkoosde roereierresep: Romerige roereiers met mielies 12 Eiers 1 Eetlepel melk Knippie Aromat 1 Blikkie geroomde mielies 2 Eetlepels botter Klits die eiers, Aromat en melk tot skuimerig. Gebruik ’n groot pan, verkieslik ’n elektriese braaipan en smelt botter oor lae hitte. Hou die hitte laag. Plaas geklitste eiers in pan en wag ’n rukkie tot dit effens begin stol, stoot die mengsel met ’n eierspaan rond, moenie dit roer nie. Voeg dan die geroomde mielies by en roer baie liggies om deurwarm te raak. . Vir meer inligting, bel Louise by 021 591 8391.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.