ProAgri 136, Mei 2011

Page 19

Wild & jag

Isuzu maak wildkyk lekker en veilig ie hele wêreld praat daarvan: ’n hoogtepunt in enige toeris se lewe is ’n wildkykrit in Suid-Afrika. Nou het Isuzu Vragmotors Suid-Afrika hierdie lekkerkry tot nuwe hoogtes gevoer met sy goedgekeurde wildkykvoertuig op ’n 4x4 Isuzu NPS 300-vragmotoronderstel. Wildkyk kan ’n waagstuk wees as jy nie die regte voertuig daarvoor het nie. Daar is mense wat vir bakkies en trokkies en selfs vierwielmotorfietsies ’n galery sitplekke opsit en dan die wildkykpaaie daarmee aandurf. As so ’n aangepaste voertuig sou omslaan of op enige ander manier mense beseer, dan is groot eise die eienaar se voorland, want versekering dek nie die aanpassings nie. Nie so met Isuzu se wildkyker nie – hy is spesiaal vir wildkyk vervaardig en daarvoor goedgekeur met NaTisnommer en al. Wildkyk met hom is nie ’n wanaanwending waarvoor versekering nie voorsiening maak nie. Boonop voldoen die voertuig aan elke moontlike veiligheidstandaard vir die taak waarvoor dit ontwerp is. Elkeen van die 19 gerieflike sitplekke is die beste sitplek met die beste uitsig, genoeg beenuitskopruimte en met ’n skootgordel sodat jy nie dalk onverwags

D

iewers agterbly nie. Die sitplekke is twee-twee gerangskik om ’n ruim paadjie van 405 mm tussen die rye te laat. Daar is mos altyd iemand wat darem ’n bietjie meer wil beweeg as om net breed te glimlag. Met sy vloer wat 975 mm hoog is, sit jy lekker hoog om bo-oor die gras te sien waar die leeus lê. Die seildak bied verkwikkende koelte en is 1,9 m hoog sodat niemand ooit vasgedruk word of benoud voel nie. Nie eers die voorspoedigste 19 toeriste en hulle verversings saam kan ooit die wildkyker se 3 000 kg loonvragvermoë beproef nie, sodat hy altyd rats genoeg en veilig genoeg vir die taak sal wees. Summiere stopkrag word verseker deur die vakuum-hidrouliese remstelsel, wat ’n enjinuitlaatrem insluit. ’n Beperkteglipewenaar sorg dat albei agterwiele vanself vastrap sodra een in sand of modder begin glip, en die vyfspoedratkas verseker dat jy altyd die beste, mees ekonomiese enjinkrag vir enige spoed het – ook kruipspoed wat so nodig vir wildkyk is. Daartoe dra sy gedugte wringkrag van 404 Nm teen 1 500 opm by. Die NPS 300 se turbo-interverkoelde, elektronies beheerde dieselenjin loop

sag sodat jy nie al die wild op loop jaag voor jy hulle kan sien nie. Hy werk ewe doeltreffend op enige hoogte bo seespieël en sy uitlaatgasse voldoen aan Euro 2-standaarde. Die uiters hoë drukbuisinspuiting verseker skoon ontbranding, brandstofekonomie en minder uitlaatgasbesoedeling. “Dis die eerste wildkykvoertuig wat Isuzu aandurf,” sê Craig Uren, Isuzu Vragmotors Suid-Afrika se hoofbedryfsbestuurder, maar ons het saam met ons vennote in die bak- en busboubedryf baie moeite gedoen om te verseker dat dit presies aan die wildboer, die toergids en die toeris se behoeftes voldoen.” Isuzu-vragmotors het die beste waarborg in hulle klas – twee jaar met onbeperkte afstand en ’n driejaarwaarborg teen roes. Daar is 37 Isuzu-vragmotorhandelaars in Suid-Afrika. Vir meer inligting oor watter een die naaste aan jou is, sowel as oor Isuzu Vragmotors se ander produkte vir die boer, praat met Hanlie du Preez gedurende kantoorure by 011-563-4125, 072-9425511, na-ure of e-pos hanlie.dupreez@gm.com.

Watter wilde dier sal nie sy beste voetjie voorsit as hy met so ’n netjiese, gerieflike, doeltreffende wildkykvoertuig benader word nie? Isuzu se wildkykvoertuig bied gerieflike sitplek aan 19 mense en is ten volle goedgekeur as volwaardige wildkykvoertuig. www.proagri.co.za

ProAgri 136 – Mei / May2011 19


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.