Issuu on Google+

ProAgri tegnologie vir die boer technology for the farmer

Mei / May 2011 Nr / No 136 ISSN 1042–1558

FAW: Die taai trok

Bestry swamme sĂł

So bespaar ons energie

Waarna mik jagters?

John Deere: Die droom wat werk Winterlek

|

Werfnuus

|

Veilings

|

Wildsiektes

AgriTrader

FLEX COMBINING

Contact: Jurie Swart Louis van der Merwe Shaun Fourie

4

021-907-8025 / 083-375-8840 021-907-8000 / 072-626-8409 021-907-8021 / 082-803-1014

ProAgri 136 – Mei / May 2011

FD70 FLEXDRAPER® HEADER

Performance you won’t believe unless you see it Experience productivity jumps as high as 40% or more

www.proagri.co.za

In hierdie uitgawe Voorblad

Redakteursbrief ampo Oesdag bly ’n groot gebeurtenis op die landboukalender en dit was vir my ’n voorreg om met die mense in die maatskappye oor wie ons berig, te gesels en sommer ’n klomp van ons lesers te ontmoet. Net soos die strategiese besluite wat Graan SA moes neem oor sy toekomstige setel, sal die organiseerders van Nampo egter ook oor ’n paar dinge moet besin. Dit kos die maatskappye wat hulle toerusting soontoe aanry derduisende rand elke jaar. Dit is belangrik dat hulle as vennote van Nampo gesien word en dat daar na hulle voorstelle geluister word. Die vakansiedag wat die regering vir sy verkiesing uitgeroep het, het ook tot ’n groot toestroming van mense gelei wat sekerlik wys dat Nampo as ’n toonvenster vir landbou aan die algemene publiek gebruik kan word. Indien Nampo in hierdie rigting wil groei, sal daar net ernstig plan gemaak moet word met die toegangsroetes, die hekbeheer, die parkeerterreine en die infrastruktuur op die terrein self! (Ek dink daar is ’n paar dames wat nou nog in die ry staan!) Ondertussen vertrou ons dat die fokus op landbou sal bly en dat Nampo in die eerste instansie die plek sal bly waarheen kommersiële boere kan gaan om inligting te kry en te kyk hoe lyk die produkte wat hulle wil koop. In hierdie uitgawe kan u met ’n paar van dié produkte, veral van die voertuie, kennis maak. Ons gee ook interessante wenke oor kragbesparing en winterlekke en maak selfs ’n draai in die jagveld. Maak seker daai roer is reg!

John Deere is aangewys as adverteerder van die jaar. In Junie gaan ons by ’n boer kuier wat op die advertensies gereageer het om uit te vind wat sy John Deeretoerusting vir hom beteken.

N

Meganisasie 6 Greenfields: Tegnologie beïndruk boere

6

Rubrieke 25 AgriKyk & Lees 25 Werfnuus 26 AgriLag

10

17

Copyright © 2011. All rights reserved. No material, text or photo graphs may be reproduced, copied or in any other way transmitted without the written consent of the publisher. Opinions expressed are not necessarily those of the publisher or of the editor. We recognise all trademarks and logos as the sole property of their respective owners. ProAgri shall not be liable for any errors or for any actions in reliance thereon.

www.proagri.co.za

Agentskappe Carmel Ann Singh > 079-515-8708 carmel@smartpublishing.co.za Bemarkers Anelda Strauss > 083-748-3413 anelda@smartpublishing.co.za Mabel Schmahl > 082-563-4427 mabel@proagri.co.za Uitleg & grafika Esta van Niekerk esta@proagri.co.za

19

Handelsnuus 27 AgriGids 29 GeneGids 31 Veilings 33 Ontmoet ’n koei duisend Nuus 34 Coena is onskuldig!

Webredakteur Coenraad Rall > 083-973-3297 coenraad@proagri.co.za Senior bemarker Stefan van Wyk > 082-381-7563 stefan@agritrader.co.za

Wild & Jag 19 Isuzu maak wildkyk lekker en veilig 20 Wild – ’n passie vir jag 21 Wild – meer as net biltong Veeboerdery 22 Die lekkerte van lek is wins 23 Goeie kos lewer goeie vleis

Tel/fax: 012-362-2732 1218 Arcadia st, Hatfield, Pta www.smartpublishing.co.za

Redakteur Annemarie Joubert > 082-320-3642 annemarie@proagri.co.za

Gewasproduksie 15 Acanto gee swamme op gars gas Voertuie 16 FAW belê in betroubaarheid en boere 17 Boere sê hallo vir Tata

MASS MEDIA SPECIALISTS

Die ProAgri-span

Inhoudsopgawe / Contents

Hulpbronbestuur 7 Boere kan reken op Shell 9 So spaar ons energie 10 Kyk na ons grond (3)

SMARTPUBLISHING

Taalversorging Mediadienste Rekeninge & intekening Paula MacMavis > 012-362-6390 paula@proagri.co.za

22

Gedruktemediabestuurder Suzanne Rall suzanne@smartpublishing.co.za Sakebestuurder George Grobler george@smartpublishing.co.za

34 ProAgri 136 – Mei / May 2011

5

Meganisasie

Greenfields Agricultural Holdings:

Nuttige tegnologie beïndruk boere y kon duidelik by Nampo sien hoe elke boer se gesig ophelder wanneer hy Greenfields se uitstalling bekyk, bevoel en bespreek. Dit is ook geen wonder nie, want Greenfields-produkte is almal toonbeelde van nuttige, vernuftige tegnologieoplossings. Boonop is Greenfields se werktuie bekostigbaar, maklik om te gebruik, duursaam en rotsvas gerugsteun deur noukeurige naverkoopdiens en blitsige onderdelebeskikbaarheid. Foton-trekkers was een van die gewilde aandagtrekkers. Sedert die eerste Foton in 2006 voet aan wal gesit het in Suid-Afrika, het hierdie betroubare, maar bekostigbare kalant al hoe meer respek by boere verwerf. Foton strewe daarna dat jou trekker lewenslank ’n nuttige belegging moet wees. Die prys is waarlik waarde vir

J

Ooskaap, Weskaap, Noordkaap: Derek Nicolle 083-798-0056 KwaZulu/Natal, Ooskaap: Charlie Harper 082-385-6415 Gauteng, Limpopo, Mpumalanga, Vrystaat, Noordwes: Glen Clark 082-804-8045

Greenfields se Greenwrap is sterker, taaier, digter en duursamer as gewone baalplastiek. 6

ProAgri 136 – Mei / May 2011

Die Foton B90 is ’n gedugte klein rondebaler met drie digtheidsverstellings. Met hom kan jy in boorde en selfs tussen mielierye baal. geld; Foton is ontwerp en gebou om jou net die beste diens te gee; die naverkoopdiens mik daarna dat jou Foton jou nooit in die steek sal laat nie; en onderdele is wyd en vinnig beskikbaar – en ’n derde goedkoper as wat enigiemand anders bied. Foton-trekkers is gewaarborg vir twee jaar of 1 800 uur en daar is verskeie opsies van verlengde waarborge en diensplanne beskikbaar. Greenfields strewe om die beste diens te bied, om die laagste eienaarskoste te bewerkstellig, om die boer van betroubare en duursame masjiene te voorsien, om die minimum staantyd toe te laat en om ’n hoë herverkoopwaarde te verseker. Daarvoor het Foton-dienssentrums hoogs opgeleide tegnici wat aan die voorpunt van die tegnologie bly. Foton se klein rondebalertjies het groot aandag by Nampo geniet. Dit is perfek vir saaiboere wat ook ’n klompie vee aanhou en vir kleinhoeweboere, sodat hulle teen ’n lae koste voortreflike bale kan maak, ook op plekke waar jy voorheen nie kon bykom nie, soos in wingerde en boorde en tussen mielierye. Die Foton B70 en B90 se klein ronde bale hanteer maklik sonder die spesiale toerusting wat vir groot ronde bale nodig is, maar met al die voordele van ’n ronde baal, soos dat dit waterbestand is en buite geberg kan word. Die B70 maak bale van 61 x 70 cm en die B90 bale van 90 x 100 cm. Spesiale aanbiedinge van ’n baler, ’n trekker, ’n swaailemsnyer en ’n hark is beskikbaar om jou eensklaps tot hooiboer te verhef. Die B70 is al vroeër bekend gestel, maar boere kon die B90 vir die eerste keer by Nampo sien. Sy aaneenlopenderollerontwerp verseker beter samepersing, vorm en digtheid van bale.

Hy het drie digtheidverstellings en ook drie keuses van hoeveel baaltou jy om elke baal wil draai. Die B90 het sy eie hidrouliese stelsel wat van die kragaftakker af werk, sodat jy nie pype aan die trekker se stelsel hoef te koppel nie. Hy pas aan die trekker se driepuntstelsel sodat hy maklik in klein plekkies kan draai, sodat die kragaftakkeras veiliger is en sodat hy maklik op die pad vervoer kan word. Die B90 se opteller is 90 cm wyd en hy baal en bind soos ’n droom. Die stelsel word beskerm deur breekboute en ’n glipkoppelaar en dit is maklik en goedkoop om hom te onderhou. Vir die groot voerboer het Greenfields natuurlik die gewilde McHale-balers, wat ook lewendige aandag by Nampo getrek het. McHale is ook die vervaardigers van doeltreffende baaltoedraaiers, en Greenfields het pas die sterk, skeurtrae Greenwrap-toedraaimateriaal, spesiaal vir toestande in die Suidelike Halfrond, bekend gestel. As jy nou die beste bale met die beste trekkers, balers en toedraaiers gemaak het, moet jy dit nog net op die beste manier vir jou vee voer, en daarvoor het Greenfields die gewilde Siloking-voermengers. Siloking span verskeie tegnologiese briljanthede, soos horisontale awegare, in om die mees homogene voer met die regte struktuur te bied. As ’n boer ’n Siloking-menger aanhou, weet hy Greenfields sal sorg dat sy beeste nooit staan en bulk vir hulle kos nie. As jy so ongelukkig was om Greenfields se uitstalling by Nampo mis te loop, is alles darem nie verlore nie. Besoek www.fotontractors.co.za of www.greenagri.co.za vir meer inligting www.proagri.co.za

Hulpbronbestuur

Boere kan reken op Shell

Die Shell-gebou op die Nampoterrein is ’n bekende baken en dien ook as uitsaaistasie. et die eerste NAMPO-skou wat in 1967 op die plaas Donkerhoek, buite Bloemfontein plaasgevind het, was een van die agt borge, die oliemaatskappy, Shell. Hierdie eerste skou is net deur 200 boere bygewoon, maar sewe jaar later toe die skou groot genoeg geword het om na sy eie terrein te verskuif, was Shell steeds daar. Die Shell-lokaal, vanwaar daar ook oor die terrein uitgesaai word, was die tweede gebou wat opgerig is en deur Shell aan die Oesdagkomitee geskenk is. “Ons het ons vertroue in landbou gestel en ons loop die pad saam met die boere,” sê mnr Anton Niemann, hoofbestuurder: Kommersiële Brandstof. Shell is immers al 109 jaar in SuidAfrika en die landbougemeenskap koop ongeveer 20% van die maatskappy se brandstof. Ook wat Shell se uitmuntende reeks smeermiddels betref, het die landbou ’n groot markaandeel. “Eintlik praat ons net van die boere self en nie eers van al die sekondêre bedrywe wat verder af in die voorsieningsketting ons produkte gebruik nie,” sê Anton. Die maatskappy se sakemodel is onlangs verander sodat boere meer doeltreffend bedien kan word. Die verspreiding en verkope word deur agentskappe hanteer sodat elke boer vinnig en doeltreffend bedien kan word.

M

www.proagri.co.za

Geen boer kan bekostig dat sy stroper of trekker op die land bly staan omdat daar nie vinnig brandstof gekry kan word nie en as ’n baler ’n bietjie ghries kort, moet dit byderhand wees! Shell se waardeproposisie gaan nie net oor die beskikbaarheid van produkte nie, maar ook oor die gehalte. Anton sê: “Ons sal altyd aanhou met navorsing om te sorg dat ons aan boere net die beste produkte lewer wat tot skoner verbranding en meer doeltreffende smering lei, sodat boere geld kan spaar.” Shell se Diesel Extra met sy bymiddels wat sorg dat elke druppeltjie diesel doeltreffend verbruik word, jou enjin skoon gehou word en hervullling bespoedig word deurdat dit nie skuim nie, het ’n omwenteling in die mark teweeg gebring. “Dit gaan nie net oor besparing nie, maar ook oor die beskerming van die omgewing,” sê Anton. Hy sê Shell het baie respek vir die omgewing en is ernstig oor veiligheid. Wêreldwyd word Shell as ’n oliemaatskappy beskou wat maatstawwe stel vir verantwoordelike optrede. “Ons vlak van maatskaplike verantwoordelikheid is van die hoogste in die wêreld.” Dit is ook waarom Shell die moratorium wat die Suid-Afrikaanse regering op eksplorasie-aansoeke in die Karoo gestel het, verwelkom. Die maatskappy sê in ’n verklaring ter wille van energiesekuriteit behoort die regering ’n wye verskeidenheid van partye te betrek by die studies wat onderneem word om te verseker dat die land ’n gebalanseerde besluit kan neem of skaliegasbronne verantwoordelik ontgin kan word en of natuurlike gas ’n groter rol in Suid-Afrika se toekomstige energiemengsel moet speel. “Daarom respekteer ons die besluit om ’n moratorium op aansoeke te plaas en verwelkom ons die studies wat onderneem gaan word. “Shell wil graag beklemtoon dat ons oortuig is dat ons enige potensiële skalie-

gasbronne in Suid-Afrika veilig en verantwoordelik kan ontgin, soos ons dit elders in die wêreld gedoen het.” Anton voeg by: “Boere moet verstaan dat ons hulle vrae en besware baie ernstig opneem. Ons het 6 300 bydraes met vrae en kommentaar van verskeie belanghebbendes ontvang, wat aangespreek is in ons Omgewingsbestuursplan wat aan PASA voorgele is.” Die maatskappy het van die begin af die regte prosedure gevolg en sal voortgaan om dit in openbare belang te doen. Die feit is dat Suid-Afrika meer energie en skoner energie nodig het en indien die gasvoorraad in die Karoo in hierdie behoefte kan voorsien, sal die regering vroeër of later toestemming moet gee vir die ontginning daarvan. In hierdie stadium is niemand nog seker hoeveel gas daar werklik is nie, want nie een van die maatskappye wat belangstel om toetsgate te boor, het al toestemming gekry om voort te gaan nie. Anton sê die nasionale debat wat ontstaan het, gaan verseker dat genoeg

Anton Niemann, wat Shell se kommersiële-brandstofafdeling bestuur, sê landbou lê hom na aan die hart – hy het immers op ’n plaas grootgeword. druk op die regering en maatskappye geplaas word om die regte besluite te neem. Ondertussen gaan Shell voort om sy bande met boerdery te versterk en ook iets terug te gee aan sy verspreiders en klante. Shell is die enigste brandstof- en oliemaatskappy wat ’n vennoot van Agribonus is en daardie noodsaaklike aankope van diesel en smeermiddels beteken punte in die boer se sak. In terme van Agribonus se stelsel beteken dit bonustyd! Vir meer inligting oor die punte wat dieselaankope kan verdien, besoek www.agribonus.co.za. Boere wat al die feite oor die ontginning van skaliegas in die Karoo wil hê, kan die volgende webwerf besoek: www.shell.co.za/karoo. ProAgri 136 – Mei / May 2011

7

Hulpbronbestuur

So spaar ons energie deur Alida Verwoerd

Van rou tot gaar in 20 minute! Dit is hoe lank dit Alida Verwoerd se sonstoof neem om ’n potjie rys te kook.

a die afgelope paar jaar se wipplankry in die beurtkrag-pretpark, is wenke vir kragbesparing of alternatiewe kragopwekking deesdae volop. Daar is dié waarvan ons almal weet (en nee, om bloot 'n kragopwekker te installeer is nie die oplossing nie. Dis hard op die sak en harder op die ore...) en dan is daar die meer tegniese, dalk duurder, moontlik langertermynoplossings. Waterverwarmers afskakel op sekere tye van die dag, hulle isoleer met ’n waterverwarmerkombers, uitprop van selfoonlaaiers en ander elektriese toebehore wat bystandkrag verbruik, afskakel van ligte wat onnodig brand, ’n tydskakelaar op die swembadpomp – dis goed om hieraan herinner te word, maar as ons werklik ’n verskil aan kragverbruik wil begin maak, sal ons dieper moet kyk, fyner moet beplan en beter ingeligte keuses moet maak. Ons kom uit ’n era waar elektrisiteit volop en goedkoop was – ’n stand van sake wat deesdae drasties verander het. Of jy Eskom-krag of alternatiewe krag gaan gebruik, spaar gaan jy moet spaar. Alternatiewe krag is ’n duur opsie en daarom is dit belangrik om die omskakeling daarna reg te benader. ’n Kopskuif is nodig. Die natuur bied onbeperkte bronne soos sonlig en wind, maar dit verg geld van jou kant af om dié bronne in te span – en wie van ons het onbeperkte toegang daartoe? Dit is dus van uiterste belang om energiedoeltreffende toestelle te gebruik en besparing ’n lewenswyse te maak. Maar moenie probeer spaar deur minderwaardige produkte aan te koop nie. Dit kan later ’n geval van “goedkoop koop is duur koop” word.

N

www.proagri.co.za

Vir die wat op Eskom se krag moet reken, is daar verskeie produkte wat krag bespaar deur òf die inspanning van ’n alternatiewe kragbron (soos ’n sonstoof/-oond) òf die meer doeltreffende verbruik van elektrisiteit. Induksiestowe is ’n goeie voorbeeld van laasgenoemde. ’n Induksiestoof gebruik die helfte soveel krag as ’n gewone stoof en kook water twee keer gouer as enige elektriese ketel. Pasop, dit beteken ook dat jou kos twee keer so gou gaan aanbrand! Nog ’n baie bevredigende kragbespaarder is die hooikis-kookmetode soos ons voorouers lank gelede gebruik het. ’n Hooikis word gemaak met enige groot houer (’n koelhouer werk besonder goed) en ’n slaapsak of kombers. Bring jou kos tot kookpunt op die stoof, draai die kastrol ordentlik toe in die slaapsak, sit die spulletjie in die koelhouer en maak toe. Teen vanaand het jy ’n gaar maaltyd. ’n Kooksak is ’n hooikis gemaak van materiaal, opgestop met polistireenballetjies. LUD-ligte (liguitstraaldiode) is waarskynlik een van die mees kostedoeltreffende, kragbesparende produkte op die mark. Jy kan jaarliks honderde rande se elektrisiteit bespaar. Vir kleinhoewe- en plaasbewoners is daar waterpompe wat met sonkrag werk. Daar is steeds twee hoofmaniere waarop sonkrag ingespan word. Die een manier is om die lig en warmte regstreeks te gebruik, soos in sonkrag-oondjies of sonwaterverwarmers. Die ander is om sonlig in elektrisiteit om te skakel. Spesiale toestelle, genaamd sonselle of fotovoltaïese selle, vang sonstrale op en verander hulle regstreeks in elektrisiteit. Sonselle word reeds grootskaals aangewend om energie te verskaf aan satelliete wat om die aarde wentel. Danksy sonselle het ons dus onder meer satelliet-TV en

betroubare weervoorspellings. Fotovoltaïese selle (FV-selle) bring tans ook krag na huise in dele van Afrika en Suid-Amerika waar daar geen kragnetwerk vir beligting, yskaste, waterpompe en kommunikasietoestelle is nie. Fotovoltaïese opwekking is waarskynlik die beste pad vir die toekoms, maar ongelukkig het dit tans nog veral twee nadele. Die een probleem is dat die son nie altyd skyn soos hy “moet” nie en die ander is dat die toerusting tans nog baie duur is. Hoewel die koste onder meer danksy verskerpte bewusmaking reeds baie gedaal het, is fotovoltaïese kragopwekking steeds duur om aan te bring, maar mettertyd kan dit baie goedkoper word. Die groot Amerikaanse uitvinder, Thomas Edison (1847-1931), het vroeg reeds voorspel: “Nie slegs sal atoomkrag beskikbaar gestel word nie, maar eendag sal ons die styging en daling van die getye inspan en die strale van die son inkerker.” Moenie die Kragdag op 2 Julie by Diamantvallei naby Pretoria misloop nie. Dit hou dalk net vir jou die sleutel tot krag- en geldbesparing. Praat met Alida Verwoerd by 012-736-2154 vir meer inligting.

ProAgri 136 – Mei / May 2011

9

Hulpbronbestuur

Kyk na ons grond (3)

Is geenbewerking ’n oplossing? deur JP le Roux

n die twee vorige artikels is die belangrikheid van grondtipe vir die keuse van bewerking bespreek en ook hoe grondbewerkingnavorsing uitgeloop het op grondbewerkingaanbevelings vir verskillende grondtipes. In hierdie laaste artikel word daar naderby gekyk na geenbewerking omdat dit voorgehou word as ’n oplossing, veral vir die hoë koste van graanproduksie. Daar is al baie geskryf oor die voordele wat verminderde en geenbewerking vir die landbou inhou. Die verbetering van grondstruktuur, beter vogindringing en natuurlik ook dat dit goedkoper is as konvensionele bewerking, is maar enkele standpunte wat gehuldig word. Met die huidige stygende brandstofpryse, gryp boere maklik daarna ter wille van die aansienlike brandstofbesparing, maar dit behoort nie die enigste oorweging te wees nie. As jy oorweeg om na geenbewerking oor te slaan, moet jy beslis ook besin oor alle ander faktore voordat die stap gedoen word. Die volgende faktore speel ’n rol by die besluit.

I

• • • •

Grondtipe. Beperkende lae. Die pH van die grond. Korrekte toerusting, soos doeltreffende spuittoerusting en ’n

geenbewerkingsplanter. • Wees bedag op vermeerdering van onkruid, siektes en insekte. • Hoeveelheid materiaal wat op lande gelaat moet word. Grondtipe In die keuse van enige bewerking, maar veral by die besluit om geenbewerking toe te pas, is kennis van grond uiters belangrik. Dit sal elke boer baat om sy kennis oor grond op te knap, nie net om keuses van bewerking te kan maak nie, maar ook vir ander besluite soos die toediening van onkruiddoder en indringingsvermoë van water met besproeiing. Dit word algemeen aanvaar dat geenbewerking beter werk en groot sukses behaal op swaarder grond. Dit beteken nie dat die stelsel nie suksesvol op ligte of sandgrond toegepas kan word nie, maar die boer moet hier meer bedag wees op verdigting wat na ’n jaar of drie kan intree. Die maak van profielgate sal die boer help om so ’n probleem betyds reg te stel. Beperkende lae Dit is ontwrigtend om ’n jaar nadat die stelsel in werking gestel is, te besef dat daar ’n keerlaag of beperkende laag voorkom. Voordat daar met die stelsel begin word, behoort alle keerlae met ’n diepbewerking opgehef te word.

Geenbewerkingstelsels werk beter op swaarder grond. Op sandgrond moet verdigting opgehef word. 10

ProAgri 136 – Mei / May 2011

Wanneer beperkende lae opgehef moet word, is dit veral belangrik om presies vas te stel hoe diep hierdie lae voorkom sodat ’n werktuig gekies kan word wat die grond diep genoeg kan indring en dat die tande so gespasieer is dat keerlae volledig opgebreek word. Grondsuurheid Voordat daar met die stelsel begin word, moet die grond skeikundig ontleed word en indien nodig moet die pH-vlakke reggestel word. Grondsuurheid is ongetwyfeld een van die belangrikste produksiebeperkende faktore by graanproduksie. Suurheid onderdruk nie net gewasgroei en opbrengs nie, maar kan ook die grond totaal onproduktief maak deur giftige elemente wat in die grond vrygestel word en wortelgroei beperk. Hierdie probleem kos boere jaarliks miljoene rande aan opbrengsverlies. Hoe ernstig is die versuringsprobleem? Dit word landwyd en wêreldwyd aanvaar dat die grond-pH-waardes, die maatstaf vir die meting van grondsuurheid, só reggestel behoort te word dat dit vir graangewasverbouing minstens tussen 4,5 en 5,0 pH (KCI) of 5,5 en 6,0 pH (H2O) moet val. By pH-waardes laer as 4,5 pH (KCI) of 5,5 pH (H2O) kan ernstige probleme op suurgrond begin voorkom; veral omdat KCI-pH-dalings van 4,5 tot 4,2 of H2O-pH-dalings van 5,5 tot 5,2 in 'n enkel seisoen kan voorkom. Dit geld veral by goed gedreineerde hoë-potensiaal grond waar goeie oeste met hoë stikstofbemesting behaal word. Gedurende die 1980/81-seisoen het 51% van die 20 000 grondmonsters wat by OTK se laboratorium ontleed is, ’n pH (KCI) laer as 4,5 gehad. Hierdie grond het dus onmiddellik ’n bekalkingsprogram nodig gehad. Die toestande het vanaf 1981 tot 1994 nie veel in die Oostelike Hoëveld verander nie, want 48% van die monsters wat toe ontleed is se pH (KCI) was nog steeds laer as 4,5. Die jaarlikse gegewens oor kalkverkope wys uit dat die toestand sedert 1994 nie veel verbeter het nie. In die onlangse opname is vasgestel dat ongeveer 75% van die grond in die Oos-Vrystaat ’n pH (KCI) van 4,5 of laer het. Na raming bestaan ongeveer 365 000 ha in die Oos-Vrystaat en www.proagri.co.za

praktyke kan sorg vir verbeterde grondbedekking. Dit skakel dus van die oorsake van erosie uit en is nie net ’n behandeling van erosiesimptome nie. Reënvalintensiteit en duurte, grondtekstuur en -bewerking en veral helling speel ook ’n rol, maar dit is heeltemal ondergeskik aan dié van stoppelbedekking. Resultate In verskeie proewe dwarsdeur die Republiek is ongeveer 1 800 perseelresultate ingewin en verwerk. Die resultate dui daarop dat grondbedekking ’n baie belangrike rol speel by die bekamping van grondverliese en afloop.

Om verdigtingslae doeltreffend op te hef, moet ’n skeurtandwerktuig gebruik word waarvan die tande diep genoeg indring en reg gespasieer is.

134 000 in ander koringgebiede van Suid-Afrika uit suur grond. Swak voedingstofopname Die nadele van grondsuurheid lê in ’n groot mate in die vaslegging van voedingstowwe. Die meeste voedingstowwe soos stikstof, kalium, swael, kalsium, magnesium en molibdeen word minder toeganklik wanneer suurtoestande toeneem. Omdat kalk se beweging in grond stadig of selfs gering is, behoort die pH van grond wat na geenbewerking oorgeskakel word, reggestel te word voor daar met die stelsel begin word. As grond se pH reggestel is, kan dit besparings aan bemesting teweeg bring. Wanneer kalk aangekoop word, maak seker dat dit van ’n betroubare bron afkomstig is met ’n hoë fynheid en neutraliseringswaarde. Gehalte van spuittoerusting Die sukses van ’n geenbewerkingstelsel hang baie af van die doeltreffende beheer van onkruid en plae. Daarom is die aanskaf van ’n goeie spuit en veral die korrekte kalibrering daarvan onontbeerlik vir sukses. Geenbewerkingplanter Net soos met die keuse van ’n spuit, moet daar verkieslik vanuit die staanspoor met die regte planter begin word. Die planter moet swaar genoeg wees om behoorlik deur die materiaal te sny, die saad op die regte diepte in die grond te plaas en vas te trap sodat goeie saad-grond kontak bewerkstellig word. Die planter moet ook in staat wees om die kunsmis op die regte diepte en naby genoeg aan die saad te plaas. So word verseker dat daar ’n goeie stand op die land is. Daar is heelwat geenbewerkingplanters op die mark wat reeds suksesvol in die stelsel gebruik word. www.proagri.co.za

Wees bedag op probleme Dit is bekend dat veral gras met verminderde bewerking op landerye toeneem. Gelukkig is daar vandag goeie onkruiddoders beskikbaar wat hierdie indringing kan beheer. Die toestande wat deur ’n geenbewerkingstelsel geskep word kan, in sekere weersomstandighede, bydra tot vemeerdering van kopvrot. Kultivars wat meer bestand is teen kopvrot, moet dus oorweeg word.

Ten slotte Wanneer ’n geenbewerkingstelsel oorweeg word, behoort al die voordele wat so ’n stelsel inhou oorweeg te word en nie net brandstofbesparing nie. Daar is ander maniere om brandstof op plase te bespaar soos deur behoorlike instandhouding van toerusting en die bestuur van dieselverbruik. Met ’n deeglike ontleding van ’n boer se huidige bewerkingstelsel kan daar ook sekere aksies uitgeskakel word, terwyl die samevoeging van ander ook ’n besparing kan meebring. Eers as al hierdie opsies oorweeg is, kan die besluit geneem word om na ’n geenbewerkingstelsel oor te skakel. Boere word egter aangeraai om voldoende kennis van die stelsel in te win, te let op die aanwysers wat hierbo genoem is en met persone te praat wat ondervinding van die stelsel het of self ook proewe gedoen het.

Hoeveel materiaal moet op lande gelaat word? Daar is diegene wat verkies dat gestroopte lande by geenbewerkingstelsels glad nie bewei moet word nie. Daar is egter ook die gebiede in ons land waar vee nie maklik oorwinter sonder om op gestroopte lande te wei nie. Die skrywer se aanbeveling op grond van heelwat proewe, is dat indien daar met oorleg bewei word, daar nog genoeg materiaal oorbly om die stelsel behoorlik te laat werk. Voordele van materiaal op lande Geenbewerking het aanvanklik ontstaan om erosie teen te werk en om grondvog te bewaar. Dit verhoog vogindringing en verminder afloop en verdamping van water, wat die grootste oorsaak van vogverlies in die eerste helfte van ’n seisoen is. Gevolglik is meer grondwater in die grondprofiel beskikbaar vir hoër oesopbrengste in laereënval gebiede. Faktore wat ’n rol speel by grondverliese en afloop Wanneer grondverlies en afloop van water op bewerkte landerye ter sprake kom, is die belangrikste faktor bedekking in die vorm van stoppels op die grond. Verminderde bewerkings-

’n Geenbewerkingplanter moet hoog genoeg wees om oor plantmateriaal te beweeg en swaar genoeg om daardeur te sny en saad en kunsmis op presies die regte diepte te plaas. ProAgri 136 – Mei / May 2011

11

Gewasproduksie

Acanto gee swamme op gars gas in die eerste week van AuAcanto® 250 SC is in die swamdodergustus. Dit laat genoeg tyd toe voor oestyd in die midgroepkode 11 en sy aktiewe bestanddel van Oktober dat daar deel is picoxystrobin (strobulirien). geen residu op die plante agterbly nie. Die gebruiksaanwysings van Acanto bepaal dat sing nie, maar deel van ’n totale daar 60 dae tussen die laaste bestuursprogram wat afgestem is op toediening en oestyd moet verbewaring. Juis as gevolg van die loop. herhalende probleem van droogtes in Gideon se gars word aan Suiddie Bredasdorp-omgewing is boere soos Afrikaanse Brouerye verkoop, Gideon baie gesteld op die beskerming wat ook streng vereistes stel met van grondvog en daarom word betrekking tot residue. bewaringsbewerking toegepas. Gideon sê vandat hy Acanto so Stoppels en kaf word as ’n deklaag drie jaar gelede begin gebruik op die lande agtergelaat en spesiale het, kan hy die verskil op sy toerusting vir minimumbewerking word plante en in sy sak agterkom. gebruik. Gideon sê dit is so dat gars oor “Die weer is ’n baie groot faktor die algemeen meer droogtebestand as hier in ons omgewing en ons byvoorbeeld koring is, veral in sy later sukkel maar met droogte. stadia, maar die beskerming van grondAcanto gee die gars ’n wenkans, vog gee vir die plante net ’n beter kans want as ’n mens die plant en dit beteken immers ’n beter oes. gesond hou, bly dit groen en hoe ’n Deel van die bestuursprogram is langer dit groen bly voor die ook wisselboupraktyke met lande wat natuurlike rypwordproses intree, vir ’n paar jaar tussen aanplantings vir hoe beter die opbrengs en weiding en dan lusern gebruik word. Dit gehalte.” help sommer ook om die indringerHy praat van ’n verbetering grasprobleem te bestuur. van minstens 120 kg/hektaar in Interessant genoeg beveel DuPont Netvlek op gars kan groot skade aan oeste die oes, tot selfs ’n halfton meer. ook in sy gebruiksaanwysings aan dat veroorsaak, maar die siekte kan voorkom word Dit beteken dat die middel somboere ’n geïntegreerde swamdoderprodeur ’n bestuursprogram met DuPont se Acanto mer gou vir homself betaal. gram gebruik wat chemiese, te volg. ’n Boer kan ook nie die gevaar verbouings- en biologiese beheermaatvan swamme ligtelik opneem reëls insluit. Dit alles help om weeree wat, ek kyk nie eers links of nie. Gideon sê: “Swamme vat jou oes stand teen bepaalde middels te regs as dit kom by swamdoder vir weg; hy maak jou plante baie siek. Jy voorkom. my gars nie – ek vra net vir Acanto van haal dalk ’n oes af, maar dis nie gehalte “Vanjaar,” sê Gideon, “het ons ’n DuPont.” Aan die woord is Gideon nie. Ek moes een jaar ’n hele land afsdroomaanplantingseisoen gehad, want Albertyn van Nooitgedacht Trust by taan vir veevoer en dit gaan nie weer ons het net na die Paasnaweek omtrent Bredasdorp. gebeur nie.” vyftig millimeter reën gehad. Dit was ’n Acanto® 250 SC in kombinasie met Viking en DuPont se plaaslike agent, goeie begin en oral ontkiem die Capitan® 250 EW, is netvlek se moses. Con Neethling, vertel dat hulle verlede wintergewasse, maar die langtermynDit word ook gebruik vir die voorkoming jaar ’n bietjie voorraadprobleme gehad voorspellings lyk nie baie belowend nie.” van blaarvlek, bruinroes en poeieragtige het: “Ons het vir Gideon ’n paar alterHy sê: “Die natuur is nie onder ons skimmel op gars. natiewe aangebied, maar hy het net beheer nie, dit is waarom ’n swambeGideon plant so tussen 500 en 600 gesê ons moet maar die vliegtuig stuur, heerprogram so belangrik is. Ons moet hektaar gars per jaar en dit maak 40% hy is bereid om ’n week te wag!” bestuur wat ons kan bestuur.” van sy totale aanplantings uit. Die ander Tyd speel ’n groot rol in Nooitgedacht gewasse wat hy plant is koring, hawer Trust se bestuursprogram, want as die Vir meer inligting oor die doeltreffende en kanola. Hy sê gars is ’n hoërisikogars in sy blomstadium begin siek word gebruik van die swamdoder, kontak gewas en daarom moet ’n mens se as gevolg van swamme, is dit eintlik te DuPont se hoofkantoor by 011-218bestuursprogram behoorlik in plek wees. laat om iets te doen. “Jy moes hom voor 8600 of Jim Mcdermott by Die Acanto spuit hy voorkomend in daardie tyd gekeer het,” sê Gideon. 082-565-8897. die eerste week van Julie en as opvolg Spuitmiddels is ook nie ’n kitsoplos-

“N

www.proagri.co.za

ProAgri 136 – Mei / May 2011

15

Vervoer

FAW belê in betroubaarheid en boere

Eugene van der Berg sê FAW wil met die nuwe 16.240 FL-trok boere help om hulle vars produkte vinnig en veilig by die mark te kry. oere weet wat hulle wil hê en wat hulle nodig het, veral as dit kom by die vervoer van hulle beleggings – en beeste is ’n belegging. ’n Maatskappy wat in hierdie mark betrokke wil raak, moet dus maar kennis neem van wat die boere te sê het. Een maatskappy wat hierdie les ter harte neem, is FAW Suid-Afrika. Eugene van der Berg van FAW vertel dat hulle met die ontwikkeling van die 8-tonner (Model 16.240FL) ag geslaan het op die behoeftes van boere wat gesteld is op ruimte, ’n lang wielbasis en maksimum gebruik van die vooras. Dan is daar nog baie spesifieke vereistes om die op- en aflaai van die kosbare lewende vrag te vergemaklik en natuurlik soek elke boer perdekrag. Die 179 kW-enjin (240 pk) met sy 8-spoed ratkas verseker dat nuwe Fluks Aan’t Werk-lorrie met gemak 12 tot 15 beeste bult op en bult af kan vervoer. Met ’n laaibak wat 7,9 meter lank is en ‘n wielbasis van 6,6 meter, beteken dit dat die beeste nog in groot gerief ook kan reis. Eugene sê: “Dit is nie net die beeste wat gerieflik moet wees nie. Ons wil hê die bestuurder moet ook gemaklik reis en daarom is elke kajuit met lugversorging toegerus. ’n Gemaklike bestuurder dra by tot ’n veilige rit.” Die 8-tonner is nie net vir die vervoer van beeste geskik nie. FAW maak ook

B

16

ProAgri 136 - Mei / May 2011

vragmotors wat perfek is om in ander sektore van die landbou ’n buiging te maak, soos met die vervoer van vars produkte. Eugene sê hy is dankbaar om agter te kom dat boere al hoe meer vertroue in die Sjinese produk begin toon, wat homself darem nou al 18 jaar in die land bewys het. Hy self was baie beïndruk toe hy die hoofaanleg in Sjina besoek het en die vlak van tegnologie wat hulle inspan, gesien het. Hy sê dit voel amper of jy in ’n hospitaal staan, so klinies en skoon is dit! ‘n Hele paar van die bekende Duitse motorvervaardigers maak ook van die fabriek gebruik in hulle vervaardigingsproses. Eugene sê: “Om ’n swak produk te probeer verkoop, werk nie. Die mark neem besluite op grond van spesifikasies en ’n goeie rekord.” Volgens Eugene het hy al van ’n paar snaakse goed gehoor wat roekelose of slapende bestuurders met FAW-trokke aangevang het, maar hy weet nie van een onderstel wat in die proses gebuig is nie. Internasionaal vervaardig FAW 2,6-miljoen voertuie per jaar. In SuidAfrika is daar ’n monteeraanleg by Spartan, maar die maatskappy gaan eersdaags nog ’n aanleg in die Oos-Kaap open. FAW Suid-Afrika sal dan in staat wees om 5 000 voertuie per jaar in die mark te stoot, sodat dit ook

aan die groeiende verwagtinge van uitvoere na die res van Afrika sal voldoen. Eugene sê Angola het byvoorbeeld onlangs 1 400 voertuie op een slag bestel – en hulle stuurwiele moes almal na die linkerkant omgebou word. Al die onderdele van die vragmotors kom van Sjina af, maar in Suid-Afrika het die SABS ook bepaalde bykomende vereistes vir die plaaslike omstandighede gestel, soos die aanbring van sluitweerremme. FAW is trots op sy uitgebreide handelaarsnetwerk en dienssentrums wat landwyd langs al die hoofroetes geplaas is. Eugene sê daai storie dat buitelandse maatskappye nie plaaslike ondersteuning bied of onderdele aanhou nie, is sommer ’n ouvroustorie. Onafhanklike toetsing het aangedui dat die maatskappy met ’n 98% beskikbaarheid van onderdele spog. Daarby is daar ’n 24-uur nooddiensnommer, sodat onderdele onmiddellik beskikbaar gestel kan word. FAW se mense besef dat betroubaarheid vir die boer baie belangrik is, veral wanneer diere vervoer word. Geen boer wil met ’n vrag beeste langs die pad bly staan nie, veral nie oornag nie. En vir FAW hang hulle goeie naam van die betroubaarheid van hulle trokke af, sê Eugene. Vir enige verkoopsnavrae, skakel 011-392-1530 en vir diens of onderdele skakel 011-394-1111.

Die twee dames is wel nie van Sjinese oorsprong nie, maar Yolanda Keynel en Izette van Jaarsveld het seker gemaak dat al die boere by Nampo na FAW se beestrok kom kyk. www.proagri.co.za

Vervoer aie boere het hierdie jaar by Nampo die geleentheid gebruik om met die enkelkajuit Tata Xenon XXL te gaan bladskud. Sy dubbelkajuit-boetie is reeds ’n ou bekende op vele plase. Die 2,2 liter turbo diesel bakkie is ’n pragtige, flukse staatmaker wat meer as sy deel tot jou boerdery bydra – dit is ’n stoere bakkie wat baie gee en min vra. Die Xenon XXL se platbakontwerp bied sinvolle, ten volle benutbare laairuimte vir enigiets wat die boer wil vervoer. Jy kan volgens die aard van jou boerdery se vervoerbehoefte kies of jy hom met ’n blote platbak wil hê of met ’n valkantplatbak, stewige Die Tata Xenon XXL met sy keuse van platbak, valkantplatbak, veetralies of toegeboude veetralies of ’n toegeboude vragruimte is selfs groot en sterk genoeg om ’n opgeskote trekker aan te ry! vragruimte. En as jy hom volgelaai het, kan jy op sy stewige verseker graag hulle veiligheid met die beskikbaarheid van onderdele maak onderstel en veerstelsel reken om die sake soos vragvoelende sluitweervan die Xenon ook ’n gewilde vlootvoervrag soos ’n man te dra. remme, doeltreffende ruitveërs, fromtuig. Vra maar vir Frank Hornsby van Die Xenon XXL het ook die langste melsones voor, kantbotsstawe en ’n Tempest Car Hire waarom die Xenonwielbasis in sy klas, naamlik 3 150 mm. sentralesluitstelsel. Die Xenon XXL het bakkies so ’n groot deel van sy ligte Sy sestienduimwiele stap maklik oor ’n A-gradering by die Suid-Afrikaanse kommersiële voertuigvloot swak paaie en stryk die sinkplaat uit die Versekeringsvereniging. uitmaak… pad. Asof dit alles nie genoeg is nie, kry Sy 2,2 liter drukbuisinspuitingenjin jy saam met jou Tata XXL ’n diensplan Die Tata Xenon XXL is meer as ’n met sy tussenverkoelde aanjaer lewer ’n vir 5 jaar of 90 000 km, ’n waarborg en bakkie; dit is ’n betroubare sakeallemintige 103 kW teen 4 000 opm en roeswaarborg vir 3 jaar of 100 000 km, vennoot wat help om die boer se laste 320 Nm wringkrag tussen 1 700 en padbystandsdiens vir 3 jaar ongeag die te dra. As jy wil uitvind wie die 2 700 opm, sodat jy en jou vrag teen aantal kilometer en ’n wakker handehandelaar naaste aan jou is, praat met geen skuinste sal stuit nie. laarsnetwerk wat regoor die land, ook Christo Engelbrecht by 082-709-2076 Die vyfspoedratkas met sy sinvolle in Botswana en Namibië, gereed staan of christoe@tatasa.co.za, ratverspreiding verseker ’n kragtige om jou die beste of Francois Griessel by 082-753-6633. kruipspoed vir rywerk op die plaas, diens te bied. Daar maar ook ’n vyfde rat wat as snelrat is 52 handelaars dien om ’n brandstofverbruik van met dienskamers gemiddeld 12,4 km per liter te verseker, landwyd. volgens die tevrede Tata-eienaar, Frans Tata se Vermaas, van Canvas and Tent. betroubaarheid en Die Tata Xenon het ook baie goed presteer in die taai en objektiewe brandstofverbruiktoets van die Total “Economy run” deur die dubbelkajuitafdeling met ’n verbruik van 8,1 liter/100 km te wen.

B

Boere sê hallo vir Tata

Alles wat jy nodig het Alhoewel die Xenon XXL ’n geen-nonsens werkeselbakkie is, bied hy tog aan die bestuurder en passasier die gerief van gemaklike sitplekke, ’n smukspieëltjie aan die een sonskerm en ’n kaarthouer aan die ander een, ’n kragstuur, ’n lugversorger met stuifmeelfilter, koeldrankhouers, ’n gawe klankstelsel, sigaretaanstekersok sodat jy jou selfoon kan laai, jou GPS kan gebruik of ’n kollig kan inprop as jy in die nag iets iewers op die plaas moet gaan doen en gerieflike kopstutte. Die Xenon XXL bestuur lekker en maklik en sy groot truspieëls en helder ligte verseker dat jy dag en nag oral baie goed kan sien. Tata waardeer sy eienaars en www.proagri.co.za

Boere wat by Nampo gaan hallo sê het vir die Tata Xenon, kon ook kennis maak met dié omgeboude dubbelkajuit wat net reg is om die boendoes aan te durf. Die stewige kappie met sy bykomende noodwiel en brandstof-/waterkan smeek vir ’n bietjie kampeertyd. ProAgri 136 - Mei / May 2011

17

18

ProAgri 136 – Mei / May2011

www.proagri.co.za

Wild & jag

Isuzu maak wildkyk lekker en veilig ie hele wêreld praat daarvan: ’n hoogtepunt in enige toeris se lewe is ’n wildkykrit in Suid-Afrika. Nou het Isuzu Vragmotors Suid-Afrika hierdie lekkerkry tot nuwe hoogtes gevoer met sy goedgekeurde wildkykvoertuig op ’n 4x4 Isuzu NPS 300-vragmotoronderstel. Wildkyk kan ’n waagstuk wees as jy nie die regte voertuig daarvoor het nie. Daar is mense wat vir bakkies en trokkies en selfs vierwielmotorfietsies ’n galery sitplekke opsit en dan die wildkykpaaie daarmee aandurf. As so ’n aangepaste voertuig sou omslaan of op enige ander manier mense beseer, dan is groot eise die eienaar se voorland, want versekering dek nie die aanpassings nie. Nie so met Isuzu se wildkyker nie – hy is spesiaal vir wildkyk vervaardig en daarvoor goedgekeur met NaTisnommer en al. Wildkyk met hom is nie ’n wanaanwending waarvoor versekering nie voorsiening maak nie. Boonop voldoen die voertuig aan elke moontlike veiligheidstandaard vir die taak waarvoor dit ontwerp is. Elkeen van die 19 gerieflike sitplekke is die beste sitplek met die beste uitsig, genoeg beenuitskopruimte en met ’n skootgordel sodat jy nie dalk onverwags

D

iewers agterbly nie. Die sitplekke is twee-twee gerangskik om ’n ruim paadjie van 405 mm tussen die rye te laat. Daar is mos altyd iemand wat darem ’n bietjie meer wil beweeg as om net breed te glimlag. Met sy vloer wat 975 mm hoog is, sit jy lekker hoog om bo-oor die gras te sien waar die leeus lê. Die seildak bied verkwikkende koelte en is 1,9 m hoog sodat niemand ooit vasgedruk word of benoud voel nie. Nie eers die voorspoedigste 19 toeriste en hulle verversings saam kan ooit die wildkyker se 3 000 kg loonvragvermoë beproef nie, sodat hy altyd rats genoeg en veilig genoeg vir die taak sal wees. Summiere stopkrag word verseker deur die vakuum-hidrouliese remstelsel, wat ’n enjinuitlaatrem insluit. ’n Beperkteglipewenaar sorg dat albei agterwiele vanself vastrap sodra een in sand of modder begin glip, en die vyfspoedratkas verseker dat jy altyd die beste, mees ekonomiese enjinkrag vir enige spoed het – ook kruipspoed wat so nodig vir wildkyk is. Daartoe dra sy gedugte wringkrag van 404 Nm teen 1 500 opm by. Die NPS 300 se turbo-interverkoelde, elektronies beheerde dieselenjin loop

sag sodat jy nie al die wild op loop jaag voor jy hulle kan sien nie. Hy werk ewe doeltreffend op enige hoogte bo seespieël en sy uitlaatgasse voldoen aan Euro 2-standaarde. Die uiters hoë drukbuisinspuiting verseker skoon ontbranding, brandstofekonomie en minder uitlaatgasbesoedeling. “Dis die eerste wildkykvoertuig wat Isuzu aandurf,” sê Craig Uren, Isuzu Vragmotors Suid-Afrika se hoofbedryfsbestuurder, maar ons het saam met ons vennote in die bak- en busboubedryf baie moeite gedoen om te verseker dat dit presies aan die wildboer, die toergids en die toeris se behoeftes voldoen.” Isuzu-vragmotors het die beste waarborg in hulle klas – twee jaar met onbeperkte afstand en ’n driejaarwaarborg teen roes. Daar is 37 Isuzu-vragmotorhandelaars in Suid-Afrika. Vir meer inligting oor watter een die naaste aan jou is, sowel as oor Isuzu Vragmotors se ander produkte vir die boer, praat met Hanlie du Preez gedurende kantoorure by 011-563-4125, 072-9425511, na-ure of e-pos hanlie.dupreez@gm.com.

Watter wilde dier sal nie sy beste voetjie voorsit as hy met so ’n netjiese, gerieflike, doeltreffende wildkykvoertuig benader word nie? Isuzu se wildkykvoertuig bied gerieflike sitplek aan 19 mense en is ten volle goedgekeur as volwaardige wildkykvoertuig. www.proagri.co.za

ProAgri 136 – Mei / May2011 19

Wild & jag Werksgeleenthede word aan duisende verskaf en jagters kan met reg trots wees op die bydrae wat hulle tot die landsekonomie en tot bewaring maak. Daar is baie geldige en wetenskaplik verantwoordbare argumente wat aangevoer kan word oor die rol wat jag speel om die toekoms van die kommersiële wildbedryf te help verseker. Daar is ook die groter prentjie waarby onder andere wildboere ingesluit is. Die toekoms van jag en die toekoms van die wildbedryf is onlosmaaklik aan mekaar verbind en dit maak dus sin dat die groter wildgemeenskap (wat sowel jagters as wildboere insluit) nou met mekaar moet saamwerk. Die groot uitdaging vir almal is om indiwiduele belange ondergeskik te maak aan die groter prentjie, naamlik om ’n sterk en gesonde wildbedryf te vestig waarin die wildboer en die jagter mekaar se behoeftes verstaan en waar almal onderling na mekaar se belange omsien. Prof Pieter van Niekerk, skrywer van die artikel, het hierdie eland in Namibië platgetrek Ongelukkig is daar diegene wat nadat hy hom met behulp van ’n Boesman-spoorsnyer te voet gevolg het. verby die feite probeer kyk en poog om met emosioie lang wag vir die jagseisoen om nele argumente die Prof Pieter van Niekerk is verbonde aan die aan te breek, is verby. Hoe het ons publiek teen jag op Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit in Port nie die dae afgetel en ons voorbereite sweep. Aan ons Elizabeth as professor in die Departement van Landdings gedoen nie? Ek weet dat ’n mens vriende wat jag nie bou en Wildbestuur. Hy is ook die nasionale voorsitregdeur die jaar kan jag op plase met altyd so mooi vervoldoende omheining, maar winter bly ter van CHASA, ’n jagterskonfederasie waarby 22 staan nie, wil ek maar die eintlike jagtyd. jagters-liggame geaffilieer is. CHASA verteengraag ’n paar Voorbereiding sluit alles in vanaf belangrike vrae woordig, saam met ander jagtersorganisasies, die gewere nagaan, ammunisie laai, messe stel: Wie sou u belange van jagters tot op die hoogste vlak. Vir slyp, skoene betyds koop om uit te trap aanstel om Suidmeer inligting oor die organisasie, besoek gerus voor die jagseisoen tot fiks raak en les Afrika se wild op te www.chasa.co.za bes selfs ophou rook! Al hierdie bedrypas en te versorg? wighede het een gemene deler, naamlik Is daar iemand met vriende, ons geniet die opwinding ’n opgewondenheid en ’n tinteling en beter gekwalifiseer daarvoor as die van die agtervolging van die dier, ons uitsien na wat aan die kom is. jagter? Is daar iemand met ’n groter geniet dit om wild te sien, ons geniet Jagters se beheptheid met jag slaan liefde vir wild of wat meer genot uit die kampvuur en die stories wat daar nie-jagters dikwels totaal dronk. Ek het wild put as die jagter? Is daar iemand vertel word en ons geniet nog soveel begrip daarvoor dat nie almal hierdie wat meer te verloor het as wild nie meer verskillende dinge wat met die jag passie deel nie en dit daarom ook nie bewaar word nie as die jagter? Is daar verband hou. Ons moet nooit toelaat altyd verstaan nie. Wat egter tragies is, iemand wat meer bydra tot die dat iemand ons hieroor laat skuldig voel is dat hierdie passie dikwels totaal bewaring van wild as die jagter? nie. verkeerd vertolk word. Dikwels word dit Aan my mede-jagters die volgende: Jagters is bereid om vir hierdie gesien as ’n bloeddorstige beheptheid Sorg dat ons as jagters so optree dat ontspanningsaktiwiteit te betaal. Dit met doodmaak. Die jagter word in daar geen twyfel kan bestaan oor wat stimuleer juis bewaring, aangesien die hierdie proses die meedoënlose agterdie antwoorde op die vrae in die geld wat jagters bestee aan grondeievolger van ’n weerlose slagoffer wat ten vorige paragraaf is nie. Geniet u jag naars die ekonomiese motivering alle koste doodgemaak moet word. Hoe en jag met trots. verskaf om hulle wild te bewaar. jagters nog so vermetel kan wees om Aan die grondeienaars wat Verder ondersteun die geld wat met trots te jag, is totaal onbegryplik. jaggeleenthede aan ons beskikbaar jagters aan wapens, ammunisie, gidse, Die feite is egter dat jag ’n totale en stel, die volgende: Dankie vir die jaglisensies en verblyf bestee, ’n komplekse ondervinding met baie geleenthede wat u aan jagters bied enorme bedryf waarvan kundiges die aspekte is, waarvan die jag van die dier om die natuur en die jagervaring te jaarlikse omset op meer as R7-miljard slegs een element is. geniet. Dankie vir die bydrae wat u beraam. Waarom jag ons? Daar word baie maak tot bewaring van wild en Navorsing toon dat meer as 55% van redes hiervoor aangevoer, maar ons jag daarom ook tot die eeue oue praktyk die inkomste van die wildbedryf uit jag in die eerste plek omdat dit vir ons van jag. Ons as jagters beskou u as afkomstig is – dus sonder die jagbedryf lekker is. Ons geniet dit om in die gewaardeerde sal daar ook geen wildbedryf wees nie. natuur te wees, ons geniet die samesyn vennote.

’n Passie vir jag!

D

Adverteer u gaste- of jagplaas in ons spesialis-tydskrif Stay.Play.Eat

Skakel Renier van Vuuren by 082-555-6866 20

ProAgri 136 – Mei / May 2011

www.proagri.co.za

Wild & jag

Wild - meer as net biltong deur Carina Kleynhans

ie dae is verby dat ons net biltong en droëwors van wildsvleis gemaak het. Wildsvleis het baie gewild geraak en is ’n gunsteling op die meeste top restourante se spyskaarte. Die veelsydigheid van wildsvleis is hiervoor verantwoordelik en dan is dit natuurlik ook ’n keurgereg vir buitelandse besoekers. Die gesondheidsvoordele dra verder by tot die gewildheid van wildsvleis. Die lae cholesterolvlakke en vetinhoud is veral gesog onder die gesondheidsbewustes. Om wildsvleis suksesvol voor te berei, is ’n paar faktore belangrik. Die eerste is die jagproses. Die skootplasing moet verkieslik so wees dat so min as moontlik vleis beskadig word. Makliker gesê as gedaan! Indien dit nie moontlik is nie, moet daar minstens probeer word om die sagter snitte (gedeeltes uit die agterste deel van die dier) te beskerm. Daarna moet die karkas so gou en so goed as moontlik uitbloei. Voordat die dier geskiet word, is die spiere gewoonlik sag, behalwe wanneer die dier in spanning verkeer. Nadat die dier geskiet is begin rigor mortis intree, wat die verstywing van die spiere behels. In groot diere is die proses stadiger en duur ook langer as in kleiner spesies. Indien die karkas vir een tot twee dae in ’n koelkas (2 tot 4ºC) gehang word, sal die vleis begin sagter word soos die rigor mortis-proses eindig. Indien die vleis langer gehang word, sal dit begin ryp word. Die karkas kan vir ’n verdere 3 tot 5 dae in die koelkas hang om goed ryp te word. Die rypwordingsproses kos natuurlik geld, as gevolg van die verlies van vog – tot 20% – en ook die verkoelingskoste. Dit is egter steeds die moeite werd, omdat die sagtheid van die vleis verhoog word en die sappigheid en geur verbeter. Met die gaarmaak van wildsvleis is

D

www.proagri.co.za

daar verskeie doelwitte. Sekere metodes plaas die klem op die verwydering van die “wilde smaak”, terwyl ander meer gerig is op die verhoging van sagtheid en sappigheid en ook om droogheid te voorkom. Wildsvleis is oorspronklik vir lang tye gemarineer in mengsels van asyn en wyn. Die rede hiervoor was om die vleis sagter te maak en om die “wilde smaak” uit te skakel. As vleis ryp genoeg gemaak is, sal dit sag wees sonder om te veel suur by te voeg. Die nuutste neiging is om wildsvleis te marineer in natuurlike joghurt of karringmelk waarby ’n paar jenewerbessies, lourierblare, peperkorrels, uieringe en wortelskywe gevoeg is. Voordat die vleis gaargemaak word, word dit eers skoongevee. ’n Ander metode is om die vleis met gesmelte botter te bedek, waarin gekneusde jenewerbessies en peperkorrels gemeng is. Avokado-olie of olyfolie kan ook op dieselfde manier gebruik word. Andersins kan die vleis ook vir ’n paar uur in ’n mengsel van olyfolie, balsamiese asyn en knoffel geweek word om die geur daarvan te verbeter. Die gaarmaakmetodes wat vir wildsvleis gebruik word, is soortgelyk aan dié van bees- en skaapvleis. Die taaiste snitte (waar die meeste beweging plaasvind) word langer gaargemaak deur die gebruik van klamhitte. Hierdie is snitte soos die nek, blad en skenkels. Die vleis word eers in warm olie geseël en daarna word die verhitte vloeistof bygevoeg. Enige vloeistof kan gebruik word. Wyn, bier, vleisaftreksel en vrugtesap is gewoonlik die suksesvolste. Appelsap werk veral goed saam met vlakvark. Sagter vleissnitte word met droëhittemetodes, soos rooster, oondbraai en braai, gaargemaak. Fillet, kruisskyf, T-been en boud kan op een van hierdie maniere gaargemaak word. Die belangrikste is om nie die vleis oorgaar te maak nie, omdat dit dan droog sal wees. Wildsvleis kan maar pienk bedien

word sodat daar nog genoeg vleissappe teenwoordig is. Om te verseker dat die vleis nie te droog is nie, kan ekstra vet bygevoeg word in die vorm van ’n bedruipmengsel. Die vleis kan ook met stukkies vet wat in kruie gerol is gestop word, of bedek word met vet of spekvleis. ’n Sprinbokboudjie is baie lekker wanneer dit in ’n vetterige lamsrib toegerol word en dan oor baie stadige kole gerooster word. Bygeregte Bygeregte verbeter die geur van die wildsvleis. Soet- en suurkombinasies werk goed, soos vrugte wat gekook word in wynasyn wat gegeur is met suiker en mosterd. Perskes gebak in muskadel is ook ’n goeie keuse. Sous kan gebruik word om die vleis ryker te maak. Daar is ook geleenthede om ekonomiese voordeel uit wildsvleis te trek. Kosmarkte is deesdae baie gewild in die stede. Spesiale wildsvleisgeregte kan by hierdie kosmarkte bemark word. Met al die nuwe idees en resepte geskik vir wildsvleis kan dit verseker nie meer net gebruik word vir biltong en droëwors nie. Vir wildsvleisdemonstrasies en -praatjies skakel dr Carina Kleynhans (Departement van Gasvryheidsbestuur) Tshwane Universiteit van Tegnologie by 012-382-6503 of 082-857-0789.

ProAgri 136 – Mei / May 2011

21

Veeboerdery

Die lekkerte van lek is wins aie is al oor lek gesê, gedoen en geskryf. Nou waarom skryf ons alweer daaroor? Lek word in ons land op baie plase nie tot hulle volle potensiaal benut nie. Baie mense dink jy piep ’n dier op met lek, maar daar is ook dié wat dink jy kan veld vervang deur lek te gee. Daar is talle verskillende sienings oor lek, maar ek dink die twee belangrikste vrae is: • Waarom gee ek lek, en • Watter lek moet ek vir watter dier gee?

B

Gee ek lek omdat my pa gesê het ’n mens moet dit gee, of is dit dalk die koöperasie-stoorman wat sê dat hierdie lek die meeste verkoop, of is dit daardie mooi meisie by die koöperasiekasregister wat sê dit is die goedkoopste en oom Jan koop dit ook? Nee almal sê hierdie lek werk die goedkoopste want sy inname is die laagste. Wag, die buurman het gesê dit werk vir hom. Ek wil hiermee vir u vra: Gaan sit en dink aan die besluit wat een van die grootste uitwerkings het op die winsgewendheid van u bees-, bok- of skaapboerdery. U is nie ’n bees-, skaap- of bokboer wat vleis aan die publiek verkoop nie. U is ’n veldgrasboer wat ’n dier moet

22

ProAgri 136 – Mei / May 2011

deur Minnei le Roux

is dit koeie wat weer bul moet vat, gaan u veldvoorbereiding (“backgrounding”) doen met speenkalwers, gaan u hulle op die veld afrond? Minnei le Roux van Brennco kan gekontak word by Na gelang van die 015-516-0133, 082-566-6900 of antwoord moet u stratemleroux@brenmill.co.za. Praat ook met Jacques gies onderhoudslek of by 083-661-3974. produksielek gee, want die koeie het goed of sleg gebruik as fabriek om vleis te produseer deur die winter gekom. vir die verbruiker. Die lek wat u gee en die hoeveelheid Soos ons almal weet, in ’n fabriek is is ’n bestuursfunksie; dit het ’n daar verskillende grondstowwe nodig om regstreekse invloed op die winsgewenddie finale produk te lewer. Lek is deel heid van u bedryf. van grondstowwe wat u saam met gras Brennco het ’n volledige reeks lekke wat geformuleer is vir verskillende toestande en veldtipes en ons sal u bystaan met raad om van u veebedryf ’n winsgewende besigheid te maak.

en die dier nodig het om ’n goeie gehalte produk te lewer wat die verbruiker wil koop. Die veld gee nie alles wat nodig is om die dier ten beste te laat presteer nie en lek is daar om hierdie tekorte aan te vul. Die tipe en hoeveelheid lek wat ’n dier moet kry, word deur u as die fabrieksbestuurder bepaal. Die tyd van die jaar, die tipe dier, die seisoen wat agter die rug is en die veldsamestelling is van die faktore wat ’n rol speel in die besluit van watter tipe lek ek gaan aankoop. Dan moet u ook nou besluit wat u van die verskillende diere verwag,

Sigbare bewyse van die resultate van Brennco se produkte sal te sien wees by Bristow Bonsmaras se veiling op 10 Julie 2011. Kontak Gavin by 015-516-2259, 083-264-3890 of gbristow@xnets.co.za vir meer inligting.

www.proagri.co.za

Veeboerdery

Goeie kos lewer goeie vleis ir ’n Romagnola-bulletjie wat na verwagting die skaal op 10 maande so na 500 kg toe behoort te trek, is net die beste kos goed genoeg – kos wat woema gee sodat dit in vleis omgesit kan word. Dail van Rensburg van Rensbou Beestelers naby Delareyville glo dit is noodsaaklik dat sy beeste aanvullend tot hulle ruvoer, ’n gebalanseerde lekaanvulling kry wat aan al hulle behoeftes voldoen. Hy het so ’n paar jaar gelede sy lekke en aanvullings by KK Animal Nutrition begin koop en is nog glad nie spyt nie. Die fosfaat-spoormineraal aanvulling en voergraad ureum voldoen aan al die behoeftes van die verskillende boerderyafdelings van Rensbou. Op die plaas is daar drie verskillende stoete, naamlik Rogmanola, Santa Gertrudis en ’n Afrika-beestipe, Ankole. Daar is ook ’n voerkraal vir speenkalwers. Dail sê: “Een van die groot voordele van KK Animal Nutrition se produkte is dat ek dit, saam met hulle selfmeng resepte, kan gebruik om my eie lekke en voere na gelang van behoefte en seisoen te meng.” Vir die stoetbeeste word winter- en somerlekke gemeng en vir die speenkalwers word produkte in ’n konsentraat ingemeng. Die finale mengsel word aangepas by die beskikbare ruvoer sodat die beeste genoeg voedingstowwe inkry. Volgens Dail is die produkte wat hy ontvang, altyd van dieselfde voorspelbare gehalte.

V

Cecile Guest van KK Animal Nutrition sê daar het ’n verkeerde persepsie ontstaan dat fosfaat-aanvulling nie in die winter werk nie. Sy sê dit hoef nie altyd in dieselfde hoeveelhede gegee te word nie, maar dit moet in gedagte gehou word dat diere selfs in die winter fosfaat benodig vir mikrobewerking sowel as vir normale liggaamsfunksies en om dreinering van P uit die skelet te beperk. Die aanvulling van fosfaat saam met proteïen en energie in ’n gebalanseerde, rumenstimulerende lek, is dus nog steeds noodsaaklik gedurende die winter. Sy sê Suid-Afrikaanse gronde en weidings is oor die algemeen arm aan beskikbare fosfor en daarom is fosfaatbyvoeding noodsaaklik vir die bevordering van groei en reproduksie. As gevolg van seisoenale skommelings moet aanvullings op die veld voorsiening maak vir: 1. Die aanvulling van mineraaltekorte deur die jaar. 2. Die aanvulling van proteïentekorte sodat die beeste in staat is om beskikbare droëseisoenweiding meer doeltreffend te benut. 3. Die aanvulling van proteïen- en energietekorte in kritieke stadia van die vleisbees se produksiefase wanneer daar te min van albei in die veld beskikbaar is. (Produkgids: KK Animal Nutrition) Cecile sê KK Animal Nutrition se voedingkundiges kan boere bystaan om ’n gebalanseerde voerprogram uit te werk.

Dit is net goeie kos en goeie genetika wat van ’n bul so ’n bielie kan maak, sê die trotse teler, Dail van Rensburg, hier by sy uitstalling by Nampo. www.proagri.co.za

Dail beaam dit: “KKAN se gebiedsverteenwoordiger is baie kundig en help my om my mengsels te verfyn. Die feit dat ek self meng, beteken dat ek geld kan spaar.” Hy meet die doeltreffendheid van die aanvullings nie net in groeitempo en voeromset nie, maar ook in vrugbaarheid. Om vrugbaar te wees, moet ’n koei gesond wees. Die gemiddelde tussenkalfperiode van sy Romagnola-kudde is byvoorbeeld 380 dae. Die kudde spog ook met ’n GDT van 2,369 kg en ’n voeromset van 5,02. Sy voerprogram is deel van ’n totale bestuursprogram wat met die ondersteuning van goeie genetika ’n wenresep bied. Die fosfaataanvulling wat hy graag gebruik, staan bekend as Kimtrafos 12 Grandé. Dit is ’n fosfaat-spoormineraal-konsentraat met ’n kenmerkende melassereuk- en smaak wat verseker dat die beeste graag daaraan smul. Benewens die fosfaat, bevat dit ook al die belangrikste spoorminerale in die regte verhouding tot fosfaat. Die voergraad ureum wat Dail gebruik is ’n ekonomiese plaasvervanger vir natuurlike proteïene in die beeste se rantsoene. Die fyn korreltjies sorg dat die ureum nie uitsak in die mengsels nie. KK Animal Nutrition se netjiese produkgids verduidelik ook baie mooi hoe die ureum gebruik moet word en watter voorsorgmaatreëls getref moet word om ureumvergiftiging te voorkom. Dail sê baie boere het op Nampo by sy 4-jaar oue Romagnola-bul kom stilstaan om die bielie van 1 150 kg te bewonder en hom die kuns af te vra. “Ek sê vir hulle dit is eenvoudig: goeie vleisgenetika, ’n goeie bestuursprogram en goeie kos.” Gee jou beeste hierdie winter die beste kos en hulle sal jou die beste prestasie gee. Skakel Cecile Guest by 082-8528362 om uit te vind waar jou naaste verteenwoordiger is. ProAgri 136 – Mei / May 2011

23

SENTER 360

Passievol oor spilpunte! By SENTER 360 is spilpunte vir ons ‘n passie. Juis daarom bou ons nie net ‘n sterk en taai struktuur nie, maar ons bestee ook heelwat tyd en aandag aan die klein besonderhede wat ’n groot verskil in jou alledaagse lewe kan maak.

STRUKTURELE STABILITEIT SENTER 360 benut vakwerkysters van pyp wat ligter as die algemeen gebruikte hoekysters is. ‘n SENTER 360 het sodoende twee stelle vakwerkysters meer per toring wat sorg dat die struktuur ontseend sterk is en buitengewone weerstand teen stormwinde kan bied. Langer basisbalke 4,5 m (5,8 m vir die hoë-profiel masjiene), toringstue, stabiliseringstawe en diagonale dra by tot dié uitsonderlike standvasgheid.

INNOVERENDE BEHEERPANEEL REEKS Die beginsel van eenvoudige modulêre ontwerp word ook op ons beheerpaneelreeks toegepas. Die basiese beheerpaneel, met direkte millimeter toedieningsverstelling, kan teen ‘n minimale koste deur verskillende vlakke van outomasering en kommunikasie opgradeer word.

“LAASTE SPUIT” OPLOSSING Die laaste spuit is geneig om verstop te raak. Ons het egter met ‘n innoverende dog eenvoudige oplossing vorendag gekom wat die laaste spuit deurlopend skoonhou. SENTER 360 spilpunte word standaard toegerus met die drukgereguleerde Senninger I-Wob sproeier wat op hangpype gemonteer is. Dit verseker uitstekende waterverspreiding in selfs die uiterste klimaatstoestande.

SWAARDIENS RATKAS EN MOTORS Die aandrywing van die SENTER 360 spilpunt bestaan uit ’n standaard swaardiens wielratkas, met ’n gras opsionele vyf jaar waarborg wat deur die UMC “Power Saver” motorratkas -kombinasie aangedryf word. * Termes en voorwaardes geld Tel: +27(18) 469-1331 • E-pos: info@senter360.co.za • www.senter360.co.za

24

ProAgri 136 – Mei / May 2011

www.proagri.co.za

Lekkerlees

Agrikyk & Lees A guide to animal diseases in South Africa: Game deur Pamela en Peter Oberem ISBN: 978-1-920217-16-7 Uitgewer: Briza ie boek wat deur die baie bekende Oberem-veeartsegpaar geskryf is, is die eerste volledige gids oor wildsiektes wat in Suid-Afrika spesifiek vir wildsplaaseienaars, wildbewaarders en ander mense betrokke by die bestuur en hantering van wild bedoel is. Dit is nie gemik op veeartse nie. Die boek bevat 190 foto’s, sketse, kaarte en uitbeeldings van die lewensiklus van parasiete. A guide to animal diseases in South Africa: Game hanteer die meeste algemene siektes en parasiete wat soogdierspesies in die natuur of op wildsplase aantas. Daar is inleidende hoofstukke oor die meeste soogdierspesies wat deur wildboere aangehou word, die belang van ’n gesonde ekosisteem en die bestuur van wildsplase, met verwysing na die invloed wat dit op die gesondheid van die wildlewe het, asook die bestuur van “probleemdiere” en die grootmaak van diere wat wees gelaat is. Die afdeling oor siektes word voorafgegaan deur ’n bespreking van sekere algemene nie-aansteeklike toestande soos voedingsprobleme en trauma. Die oorsake, simptome, behandeling en beheermaatreëls van spesifieke siektes word dan in afsonderlike hoofstukke hanteer. Daar word ook heelwat aandag gegee aan die uitwerking van parasiete op verskillende spesies en die maatreëls wat getref kan word om te voorkom dat weerstand teen beheermiddels by parasiete opbou. Die boek het ook ’n afdeling oor die vergiftiging van wild, hetsy deur inheemse en indringerplante of deur chemikalieë. Dit is ’n pragtige volkleurpublikasie van 144 bladsye met ’n sagte omslag en sal beslis ’n aanwins wees vir enige wildboer of persoon wat met die bewaring van wild te doen het. A guide to animal diseases in South Africa: Game kan teen R240 (posgeld uitgesluit) by Kejafa Knowledge Works bestel word. Bestel by kejafa@mweb.co.za of by 011-025-4388. Een gelukkige besoeker aan ProAgri se bakkiesblad (facebook-bladsy) kan die pragtige boek wen. Volg net die aanwysings hieronder:

D

Wen!! A guide to animal diseases in South Africa: Game Al wat jy hoef te doen: Kry ProAgri op Facebook en “Laaik” ons Prystrekking vind op 15 Junie plaas en die wenner sal per Bakkiesblad laat weet word. www.proagri.co.za

Werfnuus www.proagri.co.za ProAgri spog met ’n pragtige vars webwerf propvol nuus en foto’s. Besoek gerus ons werf of volg die skakels om spesifieke artikels en berigte te lees: Regter lewer uitspraak in die “ander” Skiet die Boer-saak Regter Leon Halgryn het uitspraak gelewer dat “skiet die Boer” nie net haatspraak is nie, maar aanhitsing tot moord. Hy het ook die ANC se toetrede tot die saak verbied: http://bit.ly/aanhits Graan SA trek stad toe Die hoofbestuur van Graan SA het na intense debatvoering eenparig besluit om ʼn groot deel van die personeelkorps van Bothaville na Pretoria te verskuif: http://bit.ly/nastad Nuwe grondeise is vergesog Die landboubedryf is die afgelope 17 jaar reeds ernstig geknou deur die voortslepende grondeiseproses. Nou skep gerugte dat nuwe eise toegelaat gaan word opnuut onsekerheid, het Agri SA gesê: http://bit.ly/k34U3j Kynoch brei sy vermoë uit om vloeibare kunsmis te lewer Goeie nuus vir saaiboere op die Hoëveld is dat Kynoch se vloeibare kunsmis voortaan net oor die bult gaan wees. Dit is te danke aan ’n kooptransaksie waarby Sasol se Endicott-aanleg aangekoop word: http://bit.ly/Kynoch Landbounavorsing moet verbeter Landbounavorsing in Suid-Afrika het regtig baie agteruit gegaan, sê prof Herman van Schalkwyk, rektor van die Potchefstroom-kampus van die Noordwes Universiteit en ’n vooraanstaande landbou-ekonoom: http://bit.ly/navors Liggingsdifferensiaal verlaag, maar steeds omstrede Die Johannesburgse Effektebeurs (JSE) het aangekondig dat die aanvanklike aanpassings aan die mielie-differensiaal verlaag is nadat sekere inligting van silo’s bygewerk is: http://bit.ly/differensiaal Varsprodukte: Red die wêreld met volhoubaarheid Produksieruimte, vars drinkwater en energiebronne word wêreldwyd al hoe skaarser, maar mense wat wil eet en drink – en die afval waarmee hulle die aarde belas - word al hoe meer: http://bit.ly/varsproduk Regering skep onsekerheid oor grond Teenstrydige berigte oor die uitbreiding van die grondeiseproses het boere opnuut in onsekerheid gedompel. Die minister Gugile Nkwinti, het glo op ‘n werksessie gesê hy gaan aanbeveel dat die proses heropen word: http://bit.ly/onseker ProAgri 136 – Mei / May 2011

25

Lekkerlees Dit laat ’n mens dink...

agrilag

Die boer woon ’n sinodesitting by. “Julle het toesprake en besprekings oor hoe om mense so ver te kry om julle dienste by te woon,” sê hy. “Wel, ek nog nie van ’n enkele keer gehoor dat boere by ’n boerevergadering wonder hoe hulle die beeste by die krip deur Dom Boer gaan kry nie. Ons gee hulle maar net elke keer die beste voer wat ons kan.” Regtig gehoor! Ek is so vies vir die poskantoor wat die posgeld knaend opskuif. Hoekom druk hulle nie net kleiner seëls nie? Ek bêre my geld onder my matras. Dit gee my iets om op terug te val. My buurman sê ry om sentimentele redes met daardie ou flenterbakkie. Hy is baie geheg aan die geld wat ’n nuwe een hom sou kos. Die nare waarheid Piet Streicher skryf hy het nou vir hom ’n hiëna gekoop. Nou is daar darem iemand wat vir sy grappies lag. Adam is besig om vir die diere name te gee. “Hierdie een,” sê hy vir Eva, “is die renoster.” “Hoekom renoster?” vra Eva. “Want hy lyk soos ’n renoster, Dommie.” Boervrou: “My hoenders wil nie lê nie.” Landbouvoorligter: “Kap hulle pote af dan kan hulle nie anders as om te lê nie.” “Hoekom laat jy jou baba op so ’n hoë bed slaap?” “Vir sy veiligheid – ons kan dadelik hoor as hy afval.” Toornige vader: “Hoekom het jy my dogter gisteraand in daardie donker hoekie vasgedruk en gesoen?” Jong man: “Noudat ek haar in die daglig sien, wonder ek self...” Eksamenwysheid Pythagoras is iets waarmee ’n mens vlieë spuit.

Vraag: “Gee die trappe van vergelyking van hoog, groot en baie.” Antwoord: “Hoog, hoër, hoogste; groot, groter, grootste; en enner enste; baie, baieder, baieste.” Heila Greyling van Bloemfontein slaan vir haarself ’n musiekpiering van Thys, die Bosveldklong, los met die volgende storie: Die boer gaan koöperasie toe en vra iets wat sy bul sal help om sy werk met meer toewyding te doen. Die koöperasie-klerk krap op die medisynerak rond en gee hom ’n pil. Die boer vra of daar ook iets is wat sal help vir sy swembad wat baie vuil is. Die klerk krap op ’n ander rak rond en gee hom nog ’n pil. Op pad huis toe raak die pille deurmekaar. ’n Paar uur later bel die boer die koöperasie benoud: “Kom help! My bul is blou en die Creepy jaag die koeie in die veld rond!”

26

ProAgri 136 – Mei / May 2011

www.proagri.co.za

AgriTrader

Advertensiediens vir die boer Advertising service for the farmer

60 000 eksemplare na aktiewe kommersiÍle boere landswyd AgriTrader is ʼn uitstekende bemarkingsmeganisme om kopers en verkopers van lewendehawe, trekkers, voertuie, werktuie, en alle ander landboutoerusng by mekaar uit te bring. Veeveilingsadvertensies in AgriTrader lok wye reaksie uit, probeer dit gerus. Vir die bekosgbaarste advertensietariewe in Suid-Afrika, skakel: Stefan van Wyk Marlien vd Westhuizen

(Bloemfontein) (Pretoria)

082-381-7563 | 051-446-0789 012-362-2730

stefan@agritrader.co.za marlien@smartpublishing.co.za

AgriGids

www.proagri.co.za

ProAgri 136 – Mei / May 2011

27

AgriGids 28

ProAgri 136 – Mei / May 2011

www.proagri.co.za

AgriGids

www.proagri.co.za

ProAgri 136 – Mei / May 2011

29

GeneGids 30

ProAgri 136 – Mei / May 2011

www.proagri.co.za

GeneGids

Brangus Brangus Cattle Breeders Society PO Box 12465 Brandhof 9324 Tel: 051-444-1144 Fax: 051-444-5070 info@brangus.org.za www.brangus.org.za

Veilings

Dinsdag, 14 Junie 2011 - 11:00 te “Daniëlskraal”, Makwassie

30

Bulle

30

Verse

20

Koeie

dragtig of met kalwers

Onder beskerming van die Charolais Beestelersgenootskap

Kontak: Andre Smit: 083-227-2723 www.proagri.co.za

BESIGTIGING: 10:00 LIGTE MIDDAGETE: 13:00 VEILING: 13:30 ETE NA AFLOOP VAN VEILING BESPREKING VIR VEILING / ETE IS VERPLIGTEND BY MICHELLE DE KLERK: 021-883-9042 / ADMIN@EXACTAFRICA.COM NAVRAE: PRINSVLEI ANGUSSE: DIRK GILIOMEE - 083-302-5575 RHEBOKSPLAAT: GIELIE GELDENHUYS - 082-460-6327 NICELLE ANGUS: NICO OLIVIER - 082-881-9119 KOÖRDINEERDER: ANDRÉ KALLIS - 082-571-2630 AFSLAER : BRENDON LEER

ProAgri 136 – Mei / May 2011

31

Veilings

Thiele Estates

6 Julie 2011 - Vryheid Veiling 27 Julie 2011 - Ermelo Veiling

Navrae: Carl Thiele 082-944-0480 32

ProAgri 136 – Mei / May 2011

www.proagri.co.za

Rasnuus

Ontmoet ’n koei duisend! TW0066, die Hereford Elite-koei van die jaar, is nie net vrugbaar nie; haar melkproduksie vergelyk goed met dié van ’n suiwer melkkoei. Hierdie oorvloed gee haar kalwers ’n groot voorsprong. latdoorn se Kalil Zipper TW0066 is nie sommer net ’n koei nie. Dié pragtige Hereford-koei spog met ’n stamboom en prestasielys langer as jou voorarm! Sy is een van daardie klein elite groepie koeie wat met ’n Farmer’s Weekly LNR Elite Koei-toekenning kan spog. Sy is pas aangewys as die beste produserende koei in die Hereford-ras vir 2011. Haar eienaar, Wessel Wessels van die Ventersburg-distrik in die Vrystaat, vertel met trots dat TW0066 agt kalwers in tien jaar gehad het. Sy het ’n gemiddelde tussenkalfperiode van 369 dae. En dis nie sommer sulke kalwers nie. Die gemiddelde speenmassa van die kalwers is 247 kg en sy spog met ’n doeltreffendheidsindeks van 114. Dit sal glad nie verbasend wees as haar dogters ook op die elite-pad beland nie; dit is voorwaar in hulle gene! TW0066 se ouma aan vaderskants het immers in 1999 ook die toekenning verower. Sy het na 12 kalwers in 15 jaar afgetree. Aan moederskant het TW0066 se ouma 11 kalwers in 12 jaar gehad en haar eie ma het self gespog met 9 kalwers in 12 jaar. Dit is die sewende Farmers’ Weekly-

P

www.proagri.co.za

toekenning wat die Platdoorn-kudde ontvang en die derde een in ’n ry. Die kudde self is gereeld op die finalistelysie in die Vrystaat vir die LNR se prestasietoetskudde. In 2005 het Wessel ook ’n Bayer Platinum-toekenning ontvang vir een van sy bulle. “Dit is lekker om toekennings te ontvang, want dit ondersteun jou op jou pad vorentoe, maar toekennings is nie die doel van my teelprogram nie,” sê Wessel. “My teeldoelwitte is baie eenvoudig – ek wil koeie hê wat elke jaar kalf, want dit is op die ou end wat die vleisbeesbedryf in die land nodig het.” Die diere moet ook aanpasbaar wees sodat hulle oral kan presteer. Wessel vertel dat van die dogters uit sy kudde wat in ander stoeterye opgeneem is, ook al verskeie prestasies behaal het. Hy boer ekstensief in die Ventersburg-omgewing op die Vrystaat se soet rooigras en vul net sy beeste se voer aan met proteïenlek in die winter en fosfaatlek in die somer. Van sy diere het al na heel ander omgewings geskuif en sommer gou aangepas. Die Platdoorn-kudde is in 1960 deur sy ouers begin en Wessel het sedert 1991 die bestuur oorgeneem.

Hy is baie ernstig oor sy witgesigbeeste en sê dit is belangrik dat daar nie verkeerde inligting versprei word soos dat Herefords geneig is om seer oë of oogkanker te kry nie. ”Kyk hoe oud word my koeie en hoe presteer hulle... Daar is mos nie ’n manier dat hulle dit kan regkry as iets soos oogkanker ’n probleem is nie.” Hy sê die soort van verkeerde negatiewe persepsie doen die ras skade aan en dit is belangrik dat dit reggestel word. Herefords is te veel werd vir die vleisbedryf in Suid-Afrika om onder stories te ly. Boere wat graag genetika uit hierdie presterende kudde wil bekom, moet maar solank ’n kringetjie om die volgende datums op die kalender trek: Op 27 Julie sal Wessel vier bulle beskikbaar stel vir die Ermelobulveiling en by die nasionale Hereford-veiling in Bloemfontein op 12 Augustus sal daar 3 dragtige koeie met kalwers aangebied word. Een van die koeie is ’n dogter van TW0066. Ondertussen gaan TW0066 ongestoord voort met dit wat sy die beste doen – sy is weer dragtig! ProAgri 136 – Mei / May 2011

33

Nuus

Onskuldig!

“Wat my betref, eindig hierdie storie nie by my onskuldigbevinding nie. Die mense wat die vals inligting verskaf het en daarvolgens teen my opgetree het, het my naam en my onderneming geweldige skade berokken en hulle moet aan die man gebring word.” – Coena Smith, wildvanger en -handelaar. Opgekookte spul liegstories van voor tot agter. Dis hoe die bekende wildvanger en eienaar van Waterberg Game Dealers, mnr Coena Smith, die aanklag van handel in renosterhoring teen hom beskryf. Duidelik stem die landdros met hom saam, want hy is in die plaaslike streekhof onskuldig bevind en vrygespreek. Trouens in sy uitspraak wat sowat anderhalf uur geduur het, het waarnemende streeklanddros Tinus Boonzaaier die staat se getuies as ongeloofwaardig bestempel. Volgens mnr Smith wemel die hele saak van leuens. Dit spruit blykbaar uit valse inligting wat iemand aan die polisie gegee het dat mnr Smith renosterhoring onwettig in sy besit het en/of daarmee handel dryf. “Dié informant skuil tot vandag toe agter naamloosheid en die polisie weier om die bron van die inligting bekend te maak,” sê mnr Smith. “Op grond van die lasbrief was daar onregmatig op die helikopters se logboeke beslag gelê wat die helikopters vir vier maande op die grond gehou het om my besigheid te probeer breek,” sê mnr Smith. Hy sê dit is ’n geweldige vernedering vir ’n onskuldige persoon om soos ’n misdadiger behandel te word en boonop het sy onderneming miljoene rande skade gely as gevolg van die “onregmatige arrestasie” en

’n

34

ProAgri 136 – Mei / May 2011

woording geroep word. Lasterwetgewing verhoed my in hierdie stadium om meer daaroor te sê, maar ek kan dink wat ek wil.” Die polisie se optrede teen mnr Smith is ook verdag en optrede teen hulle word ook oorweeg. Daar is ook media wat reggestaan het om mnr Smith te veroordeel voordat die hof uitspraak gelewer het. Met hulle is daar ook ’n appeltjie te skil. En terwyl Coena Smith nou soos ’n onstuitbare swartrenoster op die oorlogspad is, het hy sommer ook ’n ietsie te sê oor die hele renosterhoringbedryf: “Dit lyk nie of iemand gaan regkry om die Oosterlinge te oortuig dat renosterhoring geen medisinale waarde het nie. Hulle gaan aanhou om dit te probeer bekom totdat daar nie ’n enkele renoster oor is nie. “Daar is groot getalle renosterhorings beskikbaar wat as gevolg van kortsigtige wetgewing nie verkoop mag word nie. As die verkoop van renosterhoring gewettig word, gaan daardie horing die mark oorstroom en sake vir die stropers en onwettige handelaars baie moeilik maak. “As renosterhoring wettig verkoop kan word, is daar ook ’n baie goeie rede vir wildboere om met renosters te boer. Dit sal die renoster se voortbestaan verseker. “Ongelukkig is daar te veel groot kokkedore en geld by onwettige renosterhoring betrokke en hulle geniet te veel vryheid om op die swartmark wins te maak.” Maar terwyl handel in renosterhoring onwettig is, het hy niks daarmee te doen nie, soos nou immers ook in die hof bewys is, verklaar mnr Smith: “Waterberg Game Dealers speel ’n belangrike rol in die wildbedryf en ons lewer die beste professionele diens wat ons kan in die vang, vervoer en bemarking van wild.

“opgekookte saak”. “Renosterstropery is ’n saak wat die emosies laat opvlam en enigeen wat van enige misdaad in verband met renosters verdink word, is ’n gebrandmerkte man. Van my kliënte het my steeds getrou ondersteun, maar ander kon nie anders as om ander planne te maak nie,” vertel mnr Smith. “Ek het begrip daarvoor, want ’n verbintenis met iemand wat van renostermisdaad verdink word, kon hulle sake met ander partye benadeel het. Dis net deur die genade van die Vader dat die saak my nie geheel uitgeroei het nie.” Na sy onskuldigbevinding is Waterberg Game Dealers besig om stelselmatig weer sy regmatige plek in die bedryf in te neem, “want ons is steeds van die kundigste en bekwaamste mense in die bedryf en ons is steeds daarop ingestem om net die beste diens te lewer”. Wat mnr Smith betref, is sy onskuldigbevinding nie die einde van die saak nie. “My naam en my bedryf het geweldig Foto: Bennie van Zyl skade gely en die lafaard Coena Smith is soos ’n onstuitbare swartrenoster op die wat die liegstorie begin oorlogspad nadat “’n naamlose lafaard” hom valslik van het moet nou gevind handel in renosterhoring beskuldig het. word en tot verant-

www.proagri.co.za

Veilings

Weska Dohne’s bied op 14 Julie 2011 om 12:00, sy 5de produksieveiling aan te Karsrivier, Bredasdorp

Ons bied 90 ramme aan Ons visie is om te teel vir: • • • • • •

Hoë vrugbaarheid Groeivermoë Nie-selektiewe vreetgewoontes Hoë drakrag aanpasbaarheid Wolproduksiepotensiaal (5-6%) 20-21 mikron

Teelbeleid: Benewens Weska Dohne’s se top seleksieprogram, word die beste 10 ooie in die stoet geïdentifiseer op grond van reproduksie, produksie en raseienskappe. Hierdie ooie word met top saad bevrug om embrios te spoel. Hierdeur word genetiese vordering bespoedig. Navrae: Boeta Wessels:

JW8.575 is een van die stoetvaars van die Weska stoet.

082-927-8320 028-425-1016 082-927-8328 082-452-7757 082-313-0247 082-823-0673

Kosie Wessels: Vaughn Collier: Des Kinghorn: Pieter du Plessis:

PO Box 1044 Hilton 3245 Tel: 033-394-3428 / Fax: 086-511-5923 Email: liane@laprop.co.za

For sale BY PRIVATE TENDER 1116 ha Summer grain, Irrigation & Beef breeding farms

2 contiguous farms held in 4 subdivisions

SEVEN OAKS, UMVOTI (GREYTOWN) AREA

FARM 1 20 ha timber 150 ha kikuyu pasture 330 ha arable dryland 83 ha veld 8 ha dams 591 ha TOTAL

FARM 2 5 ha timber 160 ha kikuyu pasture 70 ha arable dryland 80 ha arable (irrigable) 120 ha centre pivot irrigation 75 ha veld 15 ha dams 525 ha TOTAL

Excellent productive mixed use farms, very good water, new pivots, river frontage. Farm 2 is suitable for a 500 cow dairy. 215 ha registered irrigation rights. SOLE MANDATE.

Liane Aadnesgaard: 082-894-8158

“Refer to TENDER tab on www.laprop.co.za for more info.” www.proagri.co.za

ProAgri 136 – Mei / May 2011

35

Oljaco Game Dealers • Pyl wild vir enting, behandeling en navorsing • Koop en verkoop wild • Vervoer en hervestig wild • Wildplaasontwikkeling • Voer wild uit • Vang wild • Tel wild

Coena Smith 014-755-3626 of / 082-388-2740 of e-pos gamedealers@mweb.co.za 082-388-2741 / 082-388-2742 / 082-388-2743 / 082-388-2744 of faks: 086-510-6889


ProAgri 136, Mei 2011