Die Tuinier Tydskrif Januarie 2011

Page 1

Jou gunsteling tuinmaaktydskrif

tuinier die

JANUARIE 2011

Vir almal wat lief is vir tuinmaak

Plat beursies,

maar supertuiniers

in Caledon Selfdoen

• Rustieke buitestort • Oulike vuurpit

R22.95 ANDER LANDE

R20.13 Uitgslt. BTW

Op die rak 20 Desember 2010 tot 17 Januarie 2011

SUID-AFRIKA

Pot jou

ranktamaties Detoks met tuinkruie Hoe om waterslim rose te kweek

Plantsterre Tanya, Anna en Gerald se keuses


JANUARIE 2011

Inhoud 27

ARTIKELS

Supertuine met beperkte hulpbronne Emma, Annie en Louise se Caledon-tuintjies

34

Plantsterre van 2010 Ons tuiniers vertel van laasjaar se gunstelinge

38 50

Dagboek van ‘n Kaapse tuinier Tuinmaak in kleigrond

JOU LEEFPLEK MOOI 59

DDS Rustieke buitestort

62

DDS met sement ‘n Stylvolle vuurpit

65

Glas in die tuin Kunstige detail met glas

TUINMARK 70

Die Tuinier se biblioteek Nuwe boeke om aan te skaf

Tuindagboek en streeksgids vir Januarie

72

Nuus, produkte en pasellas

75

Steggiestukkies

11

Brieweblad

76

Kleinadvertensies

12

Maantuinmaak en jou maankalender

14

Plantprofiel BERBERIS thunbergii f. atropurpurea ‘Golden Ring’

80

Kruiwastorie Nuwejaarsvoornemens

17

In die tuin saam met Tanya “Kyk net my Supertunias!”

42

Inheems met Jenny Dean Die begin van ‘n radikale plan

44

Kweek kruie Detoksresepte uit jou kruietuin

46

Kombuistuin Hoe om tamaties in potte te kweek

49

Tuinspeserye Kardemom

52

Rosesorg vir Januarie Somersnoei

53

Jou Troeteldiere Komaan, neem ‘n hondjie aan

54

Koi en watertuinmaak Trek veilig met jou koi

2

Welkom

6

GEREELDE ARTIKELS

Uitgewer Lonehill Trading (Pty) Ltd Redakteur Tanya Visser Assistentredakteur Anna Celliers Besturende Direkteur Kevin Beaumont Besturende redakteur (Redaksionele navrae) Wendy Moulton 031 764 0593 wendy@dietuinier.co.za Hoofvertaler Henriette Treurnicht Teksredakteur (Afrikaans) Eunia Barnard Teksredakteur (Engels) Desiree Collett van Rooyen Ontwerpdirekteur Ruth Brophy

Roosstrategieë Hoe om waterslim rose te kweek

MAAK

Grafiese-/Webbladontwerp Tanya Campher Fotografie Geoff Redman, David van den Bergh DDS-kundige Garth Demmer Advertensie Jonathan Gouws 031 764 0593 jonathan@dietuinier.co.za Advertensie/Geklassifiseerdes Mokete Maepa 031 764 0593 mokete@thegardener.co.za Produksie-assistent/ Steggiestukkies advertensies Rusty Croft 031 764 0593 rustyc@dietuinier.co.za

RONDRITS, KOMPETISIES EN PROMOSIES 10

Groen afsprake

68

Teken in op Die Tuinier 25% afslag op jou subskripsie vir 2011 plus ‘n gratis oormaak DVD uit die The Gardener TV-reeks te wen.

Subskripsies RNA 011 473 8700 subs@RNAD.co.za Kantoororganiseerder (Navrae) Kim van Rooyen 031 764 0593 kim@dietuinier.co.za Artikelskrywers Alice Spenser-Higgs, Angela Beckx, Anna Celliers, Di-Di Hoffman, Gerald Schofield, Glynne Anderson, Kevin Beaumont, Louis van Aswegen, Ilona Thorndike, Jenny Dean, Ludwig Taschner, Margaret Roberts, Ruth Brophy, Tanya Visser, Wendy Moulton.

Hoofkantoor Haygarthweg 3, Kloof Posbus 29244, Maytime 3624 Telefoon (031) 764 0593 Faks (031) 764 1148 e-pos: info@dietuinier.co.za

Alle werk in hierdie tydskrif is onderhewig aan kopieregte. Alle reprodukies word ten sterkste verbied. Die Tuinier sal nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige weglatings of foute nie. Slegs goedgekeurde artikels kan geplaas word. Die Tuinier is verkrygbaar by alle toonaangewende supermarkte en kwekerye.


Welkom

A

s jou vakansiesonbruin begin ligter raak, mag ek dalk sê dat jy dalk nie genoeg tyd in jou tuin bestee nie? Hoewel myne net ‘n boeresonbruin is (net op my arms!), is dit heel indrukwekkend en het onlangs aansienlik verdonker na ‘n uiters terapeutiese tydjie in my tuin. Ek spook rond in ‘n nuwe stuk tuin en verskuif klippe, werk die grond om en plant alkante van ‘n paadjie – blommende meerjariges, grondbedekkers wat geleidelik hul pad na die rande sal vind, pragtige grasse en Inkalelies. Dit was ‘n stuk tuin wat ek nog nie beplant het nie hoofsaaklik omdat ek voortdurend van gedagte verander het oor wat ek moet plant. (Ja, ek het ook daardie dilemma.) Toe ek egter dink aan wat ek graag ter herinnering aan my ma in die tuin wil doen, het alles duidelik geword. Ek het besef dat net die skouspelagtigste paadjie goed genoeg sou wees. Ek moes een maak met ‘n weelde van kleur aan albei kante wat my toevou en my uitnooi om al die mooi hoekies en teksture te verken, een waardeur ek stadig kan kuier en langs die pad kan stop om na te dink en asem te skep. Hierdie tuin is nog in sy kinderskoene, maar is reeds my terapie, my plek van nadenke. Ek weet my ma hou daarvan en ek gesels baie met haar in sy vertroostende omhelsing. Wat jou rede ook al is om uit te gaan en ‘n nuwe stukkie tuin aan te pak of net ‘n bestaande stukkie ‘n bietjie op te knap, dit sal vervullend wees. En as jy nie genoeg idees het nie, kan die inhoud van hierdie uitgawe jou beslis inspireer. Kyk ‘n bietjie na ons artikel “Supertuine met beperkte hulpbronne” om die wonderlikste tuine te sien wat Anna Celliers in Caledon besoek het. Die drie tuiniers – Anna, Emma en Louise – het ‘n paar groot lesse om vir ons te leer, waaronder om te benut wat jy het en vindingryk te wees. Dis werklik inspirerend om te sien wat hulle reggekry het. Saam met Ludwig se gereelde rosesorgbladsy bied ons jou hierdie maand ook ‘n ongewone kykie op rosekweekstrategieë deur die goeie mense van Rand Water. Hulle sê vir ons hoe om rosekweek en tuinmaak waterslim te kombineer – wat wonderlike nuus is vir almal wat gedink het die twee is onversoenbaar. Kyk beslis ook na ons Builder’s‑DDS. Dis my gunsteling! Garth wys jou hoe om ‘n buitestort te maak, en is sy tydsberekening nie in die kol nie! Kan daar op warm dae wanneer jy vol tuingrond is, ‘n beter manier wees om af te koel en skoon te kom? Dit is nou weer die tyd om aan die jaar vorentoe te begin dink. Of ons nou daarvan hou of nie, ons het tog almal voornemens, en selfs wanneer ons vir niemand anders sê wat ons onsself belowe het nie, raak ons baie teleurgesteld as ons dit verbreek. Vanjaar gaan ek dit dus eenvoudig hou: om meer lief te hê en meer tuin te maak en dikwels te stop om aan die rose te ruik. Lekker tuinmaak!

NS

Ons eie Anna is nou ‘n OUMA! Welkom aan Björn Daniel Vrey en die warmste gelukwensings aan sy ouers, Jana en André Vrey, en aan sy grootouers. Klein Björn het die breedste glimlagte wat jy jou kan voorstel op die gesigte van die Celliers- en Vrey-familie gebring. (En ek hoor Anna sê hy kon op twee weke al blomkleure herken, dus gaan hy beslis ‘n tuinier wees!)

1. Die uwe tydens die skiet van die 8ste uitgawe van The Gardener vir The Home Channel (DSTV, channel 182). 2. Ons asemrowende stalletjie by die Good Food and Wine Show, Durban. Daar was ongelooflike spesiale aanbiedinge vir intekenaars en almal het ‘n hond uit ‘n bos uit gekook! 3. Björn Daniel Vrey het op 12 November 2010 sy opwagting gemaak tot die groot vreugde van sy ouers en grootouers en almal wat die Celliers- en Vrey-familie ken en vir hulle lief is.

Tanya geklee deur: Groen Kampioen

OP DIE VOORBLAD

Die pragtige hibriede van die inheemse KALANCHOE blossfeldiana is ‘n slim keuse as jy kleurvolle potplante in die huis en op die stoep wil hê. Hulle hou van goeie lig, selfs direkte son, maar nie van baie water nie. Om die blomseisoen lank te rek, is ‘n tweeweeklikse voeding met vloeibare misstof aan te bevole.

Besoek ons op:

w w w.d i e t u i n i e r.c o. z a

GRATIS: ‘n Kalender met 12 lieflike foto’s, gekies om die hart van elke tuinier te laat warm klop, kan gratis van ons webwerf afgelaai word. Besoek www.dietuinier. co.za/2011kalender


JANUARIE TUINDAGBOEK Mooi daar buite

Take

Tuin

Vir blommekrag heelsomer moet jy ‘n klompie JUSTICIA brandegeana – die outydse garnaalbos – plant. Die garnaalbos is immergroen en sal in enige grond groei. Dit moet gereeld water kry en liggies teruggesny word om bosagtige groei en baie meer blomme aan te moedig. Die garnaalagtige blomme van J. brandegeana is ‘n ongewone roesbruin terwyl dié van J. brandegeana ‘Chartreuse’ lemmetjiegroen is. Albei is uitstekende vullerplante vir gemengde randakkers en jy kan daarop reken dat dit 1 m x 70 cm sal word.

Plant nou Gee kleur aan die skaduplekke in jou tuin met helder loof. Soek nie veel verder nie as die vertroude ou josefskleed – SOLENOSTEMON scutellarioides. Die moderne variëteite is te kry in ‘n wye verskeidenheid van kleure, waaronder lemmetjiegroen, maroen, rooi-pienk, roesoranje en donkerboergonje, en hulle het die pragtigste blaarmerke en vorms. Hul beste kenmerk is hul gewilligheid om te groei en helder te gloei in lig tot betreklike diep skadu. Sommige soorte verdra oggendson, maar het dan baie meer water nodig as hul bure in die skadu. Gee hulle grond met baie kompos in, gereelde water, ‘n goeie deklaag, knyp hulle af en toe ‘n bietjie terug en geniet die rykheid van hul juwelige kleure.

Jou grasperk Maak minstens twee maal per week diep nat. Indien dit nodig is, voed met stadig vrystellende misstof en sorg dat jy voor en na voeding baie water gee. Moenie bemes as die weer droog bly en water skaars is nie. Hou dop vir grasperkruspes. Om uit te vind of daar is, laat ‘n nat sak of stuk ou tapyt oornag op die grasperk lê. As daar ruspes is, sal van hulle die volgende oggend aan die onderkant vasklou. Om hulle te verwyder moet jy die hele grasperk behandel – verkieslik met ‘n organiese spuitstof.

Kombuistuinmaak JUSTICIA brandegeana ‘Chartreuse’

6 l www.dietuinier.co.za SOLENOSTEMON scutellarioides.

As jy nou basiliekruidsaad saai, sal jou oes aanhou tot diep in die herfs. Nadat jy dit liggies benat het, bedek die saadkissie met ‘n glasplaat en plaas dit op ‘n warm plek in die skadu om ontkieming aan te help. Sodra die plante buite in die tuin of in potte mooi groot is, moet jy die lote uitknyp om bosagtige plante te verseker wat lank dra. Onthou die gewone groen basiliekruid is ‘n jaarplant wat in koue weer doodgaan. As jy tans ‘n goeie drag basiliekruid het, kan jy van die blare bevries vir latere gebruik. Om dit te doen, oes en was die blare, kap dit fyn, sit dit in ‘n ysbakkie en maak vol met water. Gekapte basiliekruid kan ook in olyfolie bevries word. Behalwe dat die aromatiese blare van die lourierboom – LAURUS nobilis – vir kook gebruik word, kan die boom self in ‘n pragtige hoofstamboom vir ‘n groot vat of houer gesnoei word. Dit is ‘n geharde plant wat van ‘n sonkolletjie hou, maar moet in die winter teen ryp beskerm word.

LAURUS nobilis


Plae, peste en kopsere Die teenwoordigheid van miere kan ook aandui dat daar plant-, dop- en witluise in die buurt is omdat miere voed op die heuningdou wat peste afskei. Miere gedy in droë sanderige grondtoestande. Om dus baie organiese materiaal by tuinbeddings te voeg, sal help om hulle te verdryf deur die grond meer vog te laat behou. Ander rate sluit in om miershope met ‘n geskikte miergif te bestuif, en sommige tuiniers glo in ‘n mengsel van versiersuiker en boraks. Bestuif vensterbanke met babapoeier om miertjies te ontmoedig om in die huis in te kom.

Doendinge Pronkridderspoorsaad wat in Januarie in saadkissies gesaai word, sal in Maart reg wees om uit te plant om in November te blom, met nog ‘n drag in die herfs. Wanneer ridderspore se eerste drag verby is, moet hulle teruggesny word om ‘n tweede rondte blomme aan te moedig. Plaas terselfdertyd ‘n laag vars kompos om hulle en gee op grondvlak water. (Water op hul blare moedig siektes aan.) Snoei yl petunias liggies terug. Voed hulle tweeweekliks met ‘n blaarmisstof om nog ‘n drag blomme aan te moedig. Maak hangmandjies vol met die nuwe reekse van meerjarige petunias. Hou die mandjies in volson, gee daagliks water en voed hulle elke twee of drie weke met ‘n vloeibare misstof. As jy groot struike in ‘n klein tuintjie wil kweek, snoei hulle as hoofstambome. Sny al die onderste sytakke weg, laat net die hoofstam bly en vorm die kroon in ‘n digte bal. Baie ou hibiskusse en viburnums wat so gesnoei is, het al nuwe lewe gekry. Jy kan alle soorte pragtige somermeerjariges om hul stamme plant. Binnenshuise varings hou van vogtigheid, veral in warm weer. Plaas dus jou varingpotte in bakke met gruis, hou die gruis klam en spuit die blare gereeld met lou water. Wees versigtig met die grond in die potte. Dit moet net klam gehou word, nie papnat nie, en moet nooit toelaat dat die onderkante van die potte in water staan nie. Stut dahlias en ander hooggroeiende plante en hou aan om ou blomknoppe te verwyder. Onthou dat dahlias dikwels water moet kry. Gooi ‘n dik deklaag kompos om te keer dat die grond om hulle uitdroog. Voed hulle ook gereeld met ‘n vloeibare misstof aangesien hulle maar hongerig is. Pluk die pragtige blomme vroeg soggens en sny die stamme teen ‘n hoek af aangesien dit maak dat hulle meer water in die vaas kan opneem. Hou die vaas op ‘n koel plek uit direkte sonlig uit. Verwyder dooie koppe by krismisrose deur die stamme terug te sny tot by twee gesonde botsels. As jy nie die uitgeblomde blomme gaan droog nie, versprei hulle en die stamsnoeisels onderom die plante as deklaag. Voed hulle weer, hetsy met ‘n algemene ASPLENIUN nidus misstof of een wat spesiaal geformuleer is om die blomme óf pienk óf blou te hou.

www.dietuinier.co.za l 7


JANUARIE TUINDAGBOEK

In jou

streek

Somerreënval – gematig Gebruik die as van houtvure (nie die as van brikette of houtskool nie) om as deklaag te gooi om hostas en ander sagte skaduliewende plante waarvoor slakke lief is. Slakke hou nie daarvan om oor as te seil nie en verkas liewers in ‘n ander rigting. Houtas is ‘n uitstekende bron van potas, wat boonop baie blomme sal aanmoedig. Koop ‘n paar van die lieflike aronskelkhibriede wat in kwekerysakkies of as kleurvolle potplante te kry is en plant hulle oor in houers met goeie gehalte potgrond wat maklik dreineer. Die beste groeiplek vir hulle is in volson of ligte skadu. As daar pylstertmotruspes is (wat die blare van aronskelke vreet), sal hulle snags te sien wees. Daar is nooit baie van hierdie ruspes nie, dus kan hulle met die hand verwyder word.

Somerreënval – subtropies

Skaf kleurvolle plante soos hierdie aronskelkhibriede aan.

Maak baie steggies – hulle sal maklik wortelskiet in die warm en vogtige toestande. As die muskietbevolking in jou tuin die hoogte inskiet, soek na plekke waar hulle dalk uitbroei. Kyk of daar staande water in verstopte geute of dreins, verwaarloosde voëlbaddens, houers en ou bande is. (Dalk daardie ou buitebandswaai onder die boom?) Spuit plante wat baie water versamel, soos bromelia-agtiges, gereeld skoon met ‘n sterk straal water. Voed vrugtebome soos avokado’s, mango’s, papajas en piesangs met ‘n algemene misstof.

Winterreënval Somersnoei rose om nog ‘n drag aan te moedig en verwyder onderstokgroei. Kyk dat stamrose goed gestut is. Bind druiwelote vas en knip die loof liggies om meer son en lugbeweging toe te laat. Snoei laventelplante wat ophou blom het liggies om ‘n herfsdrag aan te moedig. Snoei hulle in ronde balle met ‘n breë basis om sonlig toe te laat om die hele plant te bereik (terwyl plante wat net bo-op plat gesnoei word, kaal en langbenige onderkante tot gevolg kan hê).

Droë binneland

Snoei laventels om ‘n herfsdrag aan te moedig.

Hou plante (veral die jonges) goed nat met ‘n goeie deklaag. Maak halfryphoutsteggies van saliehout (buddlejas) en viburnums. Begin om lentejaarplante te saai wat lank vat om volwasse te word. Dit sluit in Yslandse papawers, vilette, primulas en asblomme. Saai die saad in saadkissies en hou hulle klam en koel op ‘n skaduplek. Jy kan steeds plante saai wat gou blom soos afrikaners, jakobregoppe en heuningblommetjies. Moenie die blare natmaak as dit warm is en die beskikbare water brak is nie omdat die hoë soutgehalte die blare kan brand.

Maak seker jou bromelia-agtiges is nie ‘n broeiplek vir muskiete nie.

8 l www.dietuinier.co.za


DDS

Dit is wonderlik om in die somerhitte na ‘n oggend in die tuin onder ‘n koue stort af te spoel. Die geweefde latwerkpanele bied aan hierdie rustieke buitestort ‘n mate van privaatheid en smelt mooi saam met die tuinomgewing. Maak hierdie projek een naweek binne vier uur klaar nadat jy vinnig afgeglip het na jou plaaslike Builders toe vir die materiaal.

Buitelug STORT www.dietuinier.co.za I 59


WAT JY NODIG HET VAN

MATERIAAL 2 x geweefde latwerkpanele (2100 mm x 800 mm) 2 x ankerpale (68 x 68 x 2300 mm, mahonie) 6 x Hilti-skroewe (008) 18 voldraadhoutskroewe (04 x 60) 5 kg sement 1 sak bousand 24 x keistene onkruidbeheerdoek (±1 m2) 1 x betonplaveisteen (groot) 3 meter koperpyp (toevoerpyp) 1 x 15 mm-oorpaselmboog 1 x 15 mm-kraanklep 1 x stortkop en ‑arm kabelbinders

2a

2b

2c

3

4

5

GEREEDSKAP ‘n Maatband, pypsnyer, kombinasieof skroefsleutel, waterpas, 08 mmbetonboorpunt, elektriese hamerboor, skroewedraaier en ‘n potlood Sommige produkte is dalk nie by Builders Trade Depot te kry nie.

1

Stap 1

Die plek moet gelyk wees met ‘n stewige muur waaraan een van die panele vasgeheg kan word. Trek ‘n vertikale streep op die muur waar die paneelraam moet vaskom.

Stap 2

Boor ses eweredig gespasieerde gate in die raam aan die een kant van die paneel. Hou die paneel teen die streep op die muur en maak ses merke op die muur om met die gate in die raam ooreen te stem. Boor gate op hierdie ses plekke in die muur en gebruik Hilti-skroewe om die paneel aan die muur vas te heg.

Stap 3

Noudat die paneel op sy plek is, plaas een paal teen sy buiterand. Grawe ‘n gat ongeveer 200 mm diep waar die paal op die grond kom en sit die paal in die gat (pas die diepte aan om te verseker dat die paal en paneel bo gelyk is). Hou die paal tydelik met bakstene op sy plek en heg dit met ses houtskroewe aan die paneel vas.

Stap 4

Plaas die tweede paneel ewewydig met die muur teen die paal en gelyk met die bokant van die paal om ‘n L-vorm te maak. Heg dit met ses houtskroewe aan die paal vas. 60 I www.dietuinier.co.za

Stap 5 Stap 6

Plaas die tweede paal teen die oop kant van die tweede paneel en herhaal die proses in stap 3. Maak ‘n stywe betonmengsel van vier dele klip, twee dele sand, een deel sement en water. Verwyder die bakstene wat die pale vashou, maak die gate vol betonmengsel en kompakteer dit om die pale sodat hulle vas is, en maak dan die beton bo-op gelyk. Laat dit droog word en bedek met bogrond.

Stap 7

Begin om ‘n stywe mengsel van twee dele sand, een deel sement en water te maak vir die “stortvloer”. Plaas ‘n laag van die mengsel aan drie kante (behalwe teen die muur) en lê ‘n enkele ry keistene daarop. Sny die onkruidbeheerdoek sodat dit presies in die ruimte tussen die keistene inpas en lê dit in die ruimte.

Stap 8

Plaas die plaveisteen in die middel van die ruimte op die doek. Vul om die plaveisteen op met klippies. Die stuk met die klippies verskaf die dreinering (die stort is nie bedoel om lank te loop nie, dus is eenvoudige dreinering al wat nodig is).

Stap 9

As jou stort naby die hoofwatertoevoer is en jy is vaardig om die verlangde loodgieterswerk te doen, lê ‘n waterpyp daarvandaan aan, anders is ‘n tuinslang wat met die naaste kraan verbind is net so goed. Die toevoerpyp moet ongeveer 110 cm hoog vertikaal in die middel aan die buitekant van die paneel die naaste aan die muur oploop. Sny die pyp, heg die kraanklep daaraan vas, steek die kraanhandvatsel deur die geweefde paneel en monteer dan die oorblywende pyp, verleng dit tot net bo die bokant van die paneel. Gebruik kabelbinders om die toevoerpyp op sy plek te hou.

BU LB IN E frut es ce ns


Staan ‘n kans om ‘N BUILDERS GESKENKBEWYS

6a

6b

7a

TER WAARDE VAN

R2500 te

WEN 7b

8a

8b

*SMS 9a

Stap 10

Heg met behulp van die elmbooglas die stortarm aan die toevoerpyp vas en heg dan die stortkop aan die arm vas. Heg dan die seepbakkie en handdoekhaak aan die muur vas. Plant laastens ‘n plaat BULBINE frutescens om die buitekant van die stort. Teen dié tyd behoort jy seker ook al natgesweet te wees, dus is dit die perfekte tyd om jou handewerk uit te toets. (Onthou net om eers ‘n handdoek te kry.)

9b

10

HELP BOU AAN AFRIKA

Builders Warehouse is die leier in huisverbetering. Alles wat jy enigsins vir huisverbetering kan nodig kry, is onder een dak, en elke winkel het ‘n toegewyde boutoonbank en kwotasieafdeling.

Builders Express is die gesinstuin-en-

BUILDERS na 37291 en jou volgende Builders aankope kan dalk met komplimente van ons wees! Kompetisie geldig tot en met 16 Januarie 2010 *Normale SMS tariewe en voorwaardes geld

DDS-sentrum en lewer ‘n diens aan alle tuinmaak- en DDS-entoesiaste.

Builders Trade Depot hou ‘n volledige reeks boumateriaal aan en lewer ‘n diens aan groot kontrakteurs. Vir meer inligting oor die produkte wat Builders verskaf en goeie raad oor amper enige DDS-tuinprojek gaan na www.builders.co.za of bel die klantesorglyn: 0860 BUILDERS/284533. www.dietuinier.co.za I 61


Aan die begin van ‘n nuwe jaar kyk ons terug na die een wat verby is, en vra mekaar altyd die groot vraag: “Watter plante, oud of nuut, het in 2010 jou hart gesteel?”

Ons plantsterre van 2010 A

l het Moeder Natuur vir meer as genoeg fantastiese natuurlike plantspesies gesorg om ons vir ewig besig te hou, sal daar immer ‘nuwe’ hibriede van ou gunstelinge of modeplante in kwekerye verskyn – dis nou maar een maal deel van die menslike natuur, want kwekers sit selde stil. Hulle woel en werfskaf, en teel en kruis met groot sorg aan nuwe-generasie plante wat tuiniers net móét uittoets. Party word tydlose ikone wat hier is om te bly en steeds by die miljoene verkoop, soos die ‘Iceberg’-roos. Ander gryp ons verbeelding tydelik aan, maar dan vergeet ons weer van hulle en soek iets nuuts en meer opwindend. Hier is ons plantsterre van 2010:

Deur Die Tuinier se tuiniers

CORDYLINE australis ‘Southern Splendour’

CORDYLINE australis ‘Southern Splendour’ 34 I www.dietuinier.co.za

Toeka toe ons nog groentjies in ‘n kwekery was, was die doodgewone CORDYLINE australis die eerste plant wat ons sou aanbeveel as ‘n taai fokus- of houerplant met goeie struktuur. Menige voorstedelike tuin dwarsoor die land spog nogsteeds met reusegroen palmlelies met hulle hoog vertakte klein krone vol lintvormige blare en growwe grys bas wat ‘n stewige hoofstam bedek. Dié ou tawwe tienies het droogte, vloede, bittere koue en swaar ryp sonder pyne oorleef. Peste en plae het nooit veel hond haar-af gemaak nie. Katte was nog altyd lief om hulle as ‘n krappaal in te span, met die gevolg dat nuwe sytakke met nog blaarkrone gedurig uit die hoofstam ontspruit het. As dit nie gebeur het nie, het party sluwe tuiniers met ‘n skerp broodmes kepe in die lui stam wat nie na wense wou vertak nie, ingekap. (Dis ‘n ou truuk!) Moderne planttelers moes besluit het dat dié ou gunsteling begin stoom verloor en vernuwing nodig het en onlangs is die mooiste en kleurvolste nuwe soorte met ‘n meer betaamlike grootte bekend gestel. Dit pas pragtig in klein tuine en potte in – perfekte loofplante wat heeljaar die fort hou! Tussen die nuutste variëteite sal jy ons sterplant, C. australis ‘Southern Splendour’ vind. Die agtergrond van die smal blare wat in ‘n digte roset gerangskik is, is ‘n donker bronsgroen. Helderpienk strepe op die midrib en op die rande van die blare, maak daarvan ‘n pronkende loofstruik wat die oog van die mees siniese plantsnob sal vang. Die volwasse grootte is ongeveer 2 m x 1 m.


Nog nuwes: • C. australis ‘Sunrise’– blare met ‘n breë rooipienk midrib en pienk rande. • C. banksii ‘Electric Pienk’ – skokpienk rande gee ‘n baie tropiese voorkoms. ‘n Regte ou kleintjie (1 m x 1 m) wat ideaal is vir potte op balkonne. • C. banksii x pumulio var. ‘Red Fountain’ – ‘n dwerg polvormige plant met glansende robyn/ boergonje smal blare wat terug buig om ‘n ronde bal te vorm. Groot ritse klein stervormige bloospienk blommetjies in die laatlente en somer. • C. terminalis ‘Caruba Black’ – Breë glansende amperswart blare en ‘n natuurlik-meerstammige groeiwyse. Slegs geskik vir ligte skaduwee en beskutte plekke. Perfekte patioplant.

CORDYLINE ‘Red Fountain’ in houers

SEDUM spurium ‘Bronze Carpet’

‘Bronze Carpet’ is ‘n welige immergroen grondbedekker met vlesige gekartelde blaartjies in ‘n donker koperrooi kleur. Dis ‘n ideale plant vir rotstuine, potte, keermure en sukkulente hangmandjies. Klein stervormige sagtepienk blommetjies verskyn in die lente. Hierdie is ‘n maklik-kweekbare plant mits jy komposryke grond wat baie goed dreineer kan verskaf. Gereelde water (nie te veel nie, dis darem ‘n vetplant) is ook ‘n vereiste. Plant in volson.

SALVIA leucantha

As jy ‘n sagte plekkie het vir ‘n losbandige spreidende struik met bleekwit sytakkies vol wilgeragtige gepunte blare wat vaalgroen bo is en wollerig en silwerwit aan die onderkante, is die Mexikaanse bossalie met sy amper windverwaaide voorkoms net vir jou gemaak. ‘n Mens raak sommer verlief wanneer die kruidagtige struik na die winter weer begin uitloop uit die kaal stamme – dis veronderstel om semi-bladwisselend te wees, maar koue en baie reën kan dit heeltemal kaal maak. Wanneer die eerste lang ritse wit blommetjies toegevou in verwelige helderpers of laventelblou skutblare in die lente verskyn, sal jy jou hart heeltemal verloor. Hierdie ou gunsteling, is ‘n taai windbestande struik wat deur die somer lustig aanhou groei en bloei om sy volle blomfase in die herfs te bereik. Dis net voor winter wanneer jy daaraan sal moet begin dink om die snoeiskêr in te lê, want dan sal hy al kwaai uitgegroei het en begin rus. S. leucantha is nie ‘n plant vir koue tuine waar kwaai ryp voorkom nie, dit verkies warm en droë mediterreense of subtropiese klimate. Dit aard goed in sanderige goed dreinerende grond en kan periodes van droogte hanteer. Die baie blomritse wat hoog bokant die loof uitgroei maak van hierdie plant ‘n uitstaande keuse in ‘n gemengde struikbedding en uiters visueel in die landskap. www.dietuinier.co.za I 35


RHUS crenata (rosyntjiebos of duinekraaibessie) PHORMIUM ‘Margaret Jones’

Tuiniers sal uiters hartseer wees as vlasse ooit uit die mode moet gaan. Waar sal ons ‘n beter struktuur- en kontrasplant vind om tussen ander te plant; gehard óf semi-gevoelig, immergroen en langslewend en sonder nuk en gril groei en aldag ewe mooi en grasieus in ‘n tuin lyk? Tussen al die nuwer variëteite (eintlik te veel!) het ons ‘n nuwe vrystelling, ‘Margaret Jones’ gekies. Sy gaan die liefling van blomkunstenaars word met haar guitige gestreepte roesrooi blare met helderkoper rande. Die plant is polvormig en word ongeveer 1 m hoog en 60 cm breed.

Dit is een van die mooiste en mees onderskatte inheemse plante wat ingespan kan word vir vele tuingebruike. Die pragtige immergroen struike hou van volson, is semigehard (verduur ligte ryp), vinniggroeiend en kan gesnoei word in pragtige heinings, vormboompies en enige ander siersnoeivorm. Volwasse grootte: 3 x 3 m. “Ek het ‘n vierkantige beddingtjie voor my stoep gemaak en ‘n lae formele heining van R. crenata aangeplant. Die spasie tussen-in is gevul met vier redelike groot, wit tuinpotte waarin syzigium-balpoompies en bloedrooi begonias groei. Op grondvlak tussen die potte groei RHAGODIA hastata (soutbos) met sy wilde grys loof wat bokant die formele rosyntjiebosheining uittroon. Ek put elke dag plesier uit die plantkombinasie!” – Anna.

HYDRANGEA macrophylla ‘Endless Summer’

HYDRANGEA macrophylla ‘Endless Summer’ ‘Blushing Bride’ 36 I www.dietuinier.co.za

As daar nou ‘n man is met ‘n sagte plekkie vir ‘n krismisroos, dan is dit onse Gerald. Hy sê hy kan net nie glo dat ‘n mens deesdae ‘n wit, pienk of blou hydrangea kan koop wat herhaaldelik in die somer en tot in die herfs sal blom nie. Om hierdie eindelose somerplesier te geniet soos die hibriednaam ‘Endless Summer’ belowe, hoef jy net baie komposryke leemgrond wat goed dreineer te verskaf, plus oggendson en middagskaduwee, gereelde water en ‘n maandelikse voeding met ‘n misstof wat ryk is aan kalium. Moenie vergeet van ‘n afkoelende en beskermende deklaag van organiese materiaal om die wortels nie, en pluk gereeld die dooie blomme af. Die plante sal elke drie tot vier jaar ‘n deeglike wintersnoei nodig hê.

HYDRANGEA macrophylla ‘Endless Sum mer ’ ‘Blushin g Bride’


ARISTIDA junciformis en STIPA tenuissima ‘Pony Tails’

A. junciformis (Ngongoni-steekgras) is nie ‘n gunsteling onder die boeregemeenskap nie. Dis hard en onsmaaklik om as veevoer te gebruik. Die gras neem gewoonlik oor in versteurde areas en oorbeweide gebiede. Maar vir ‘n tuinier wat dol is oor alle grasse is dit ‘n baie sierlike grassoort wat in enige grond groei en veral handig is om steil walle te stabiliseer waar ander plante soms swaar trek. Die pragtige STIPA tenuissima ‘Pony Tails’ wat beweging skep in die geringste bries is ewe eens begeerlik. Veral as dit in ‘n massa in ‘n beheerde landskap soos in ‘n groot tuin geplant word. Dit is boonop koorsmooi en baie dramaties as dit tussen meerjariges met fyn blomme aan lang stele geplant word. Grastuine is hoogmode omdat dit laesorg en baie waterslim is. Baie veldgrasse in ‘n tuin lok ook voëls met die oorvloed saad wat hulle maak. STIPA tenuissima ‘Pony Tails’

ARISTIDA junciformis (Ngongoni-steekgras)

ALOE ‘Erik the Red’ AGAPANTHUS africanus ‘Peter Pan’

‘n Liefhebber van agapante sal nooit verveeld raak met al die lieflike variëteite van hierdie inheemse meerjarige wat deesdae in kwekerye aangebied word nie. Maar, soms is dit die betroubare ou gunstelinge waaraan jy al goed gewoond is, waarvan jy miskien die meeste hou. Die plate en plate AGAPANTHUS africanus ‘Peter Pan’ in Tanya se tuin wat ‘n massa hemelsblou blomme aan slanke stele net voor Kersfees verskaf het, het ons almal se asems weggeslaan. Die res van ons was grasgroen van jaloesie.

Ons het een Saterdagmiddag in ‘n klein kwekery gesien hoe ‘n kliёnt wat opsoek was na iets spesiaals vir mooi tuinpotte, verlief geraak het op ‘n hele ry nuut afgelewerde ‘Erik the Red’ wat glorieryk in blom gestaan het. Hy kon die groot aalwynhibriede met hulle bloedrooi blomme wat in die laatwinter verskyn net nie weerstaan nie en het almal gekoop. ‘Erik the Red’ is deel van ‘n moderne reeks hibriedaalwyne wat as Sunbird Aloes bemark word. Daar is ‘n verskeidenheid aalwyne in die reeks wat van klein, medium tot baie groot spesimenplante wissel. Hulle maak ongelooflik baie blomme op verskillende tye van die jaar en die kleurereeks is eenvoudig ongelooflik – nie wat ons van ‘n gewone veldaalwyn sou verwag nie. Staal jouself teen die begeertesonde as jy hulle teëkom - jy gaan hulle eenvoudig nie kan weerstaan nie!


TEKENINENWEN

DVD-series

As jy voor 17 Januarie 2011 inteken of jou intekening hernu, wen jy beslis al die pad! Jy maak seker dat jy die volgende 12 uitgawes van Die Tuinier teen ‘n ruim afslag op die omslagprys ontvang PLUS jy ontvang ‘n DVD uit die TVreeks, The Gardener. *Slegs in Engels beskikbaar

‘n Intekening op Die Tuinier kos net R220 en koop ‘n jaar se leesplesier saam met die bykomende voordele van gratis aflewering en om nooit ‘n uitgawe mis te loop nie.

Die DVD wat ons gekies het om jou mee te beloon, is die tweede in ons reeks Garden Makeovers, dit duur net langer as ‘n uur en bevat die volgende: • Maak ‘n tuinbedding, leiklippilare en keisteenomranding. • Herstruktureer ‘n ingangstuin, snoei vormplante en beheer slakke. • Maak ‘n tuinbedding met lae mure, rig ‘n traliewerk op en beplant die bedding • ‘n Binnehof-oormaak

VEELS GELUK aan hierdie gelukkige intekenaars wat die wenners is van die pryse vir “Teken in en wen” wat in Oktober 2010 geadverteer is. Hulle ontvang elkeen ‘n Ciso Koordlose Snoeiskêr van Bosch: A Roos, Proteapark; A Greyling, Linden; M Thomas, Sherwood; R Pietersen, Bethlehem; L Bensch, Tzaneen; W Kool, Lynnwoodrif; D Brown, Nigel; S Pride, Bellevue; W Odendaal, Faunapark; R Machado, Garsfontein-Oos; J Purdon, George en I Glatz, Kaapstad.

Bel (011) 473 8700 met jou kredietkaartbesonderhede of SMS ‘Subs DT’ na 41939 (R2/sms) en ons sal jou bel

68 I68 www.dietuinier.co.za I www.thegardener.co.za

• Lê ‘n paadjie met houtpale en gruis. Die volledige reeks bestaan tans uit 19 DVD’s wat almal beeldmateriaal bevat wat tevore in die TV-reeks The Gardener op die Home Channel uitgesaai is. Die DVD’s kan bestel word teen R120 per DVD, wat posgeld en verpakking insluit. Vir ‘n lys van al die DVD’s wat te kry is of enige ander besonderhede, bel David by 031 764 0593, e-pos david@thegardener.co.za of besoek www.thegardener.co.za/dvd.html.

Pos ‘n tjek met jou naam, posadres en telefoonnommer na RNA SUBS, Posbus 725, Maraisburg, 1700

Debietorder opsie: Bel (011) 473 8700 en betaal net R48 elke 3 maande

Deponeer jou betaling by Teken in op Die Tuinier en jy FNB Corporate Jhb, Kode kan een Engelssprekende 25 50 05 00, rekeningnr. vriend benoem wat drie 62104927259 en faks ‘n kopie opeenvolgende uitgawes met al jou besonderhede van The Gardener na (011) 474 5479 heeltemal gratis sal kry.

Hernu vir R207 en bespaar 25% op die omslagprys. Senior burgers betaal slegs R193 en bespaar 30%. Laat asseblief vier weke toe vir die verwerking van bestellings en ses weke vir jou DVD. Let asseblief daarop dat die DVD nie vir kontant geruil kan word nie en nie vir ‘n ander DVD omgeruil kan word nie. Alle plaaslike pryse sluit BTW in. ‘n Jaarlikse intekening vir oorsese intekenaars kos R678 en vir intekenaars in die res van Afrika R578. Alle pryse is geldig tot 17 Januarie 2011.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.