Die Tuinier Maart

Page 1

ALLES OOR PLANTE IN Jou gunsteling tuinmaaktydskrif

tuinier die

Vir almal wat lief is vir tuinmaak

MAART 2011

SUID-AFRIKA

Sitroenverbena goeie neusplesier

TUIMELAARS PLANTE VIR WEGSTEEK R22.95 ANDER LANDE

R20.13 Uitgslt. BTW Op die rak 14 Februarie tot 14 Maart 2011

Hoe om:

• ’n groentetuin te beplan • kiwivrugte te kweek • jou balkontuin ‘groen’ te maak

Oes en bêre jou kruie vir die maer maande

Nuwe Variëteite: • Swart Petunias • Soetpatats - 'Sweet Caroline' • Sedums vir herfsvreugde


Inhoud Maart 2011 tuinsaam toe... met jou 06 12 13 14 19

51 52 54

Tuindagboek vir Maart

Tuinspeserye CAPSICUM annuum (Paprika) Kaapse tuinjoernaal Nuwe lewe vir ‘n ou heining

Brieweblad Ons antwoord jou vrae Maankalender en oop tuine Plantprofiel ALOYSIA triphylla (sitroenverbena)

In die tuin saam met Tanya Vernuftige ploegwerk, nuwe vetkruie en ornamentele patats

Natuurtuin 10 inheemse Voëlplante vir klein tuine

60

Rosesorg vir Maart Spesiaal : Roostendense oor vier dekades

28 32 38 42 44

maak

jou leefplek mooi

57 65 68 70

Watertuinmaak Drievlakwaterfokuspunt – vinnig en maklik DDS met hout Deftige kas vir herwinningsgoed

DDS met PPC • Sementvoëlbad • Muurteksture Vinnige DDS Balkontuin met houding

tuinmark

Tuinontwerp ‘n Praktiese plaastuin in Bedford Tuimelaars Oorhangplante wat wegsteek

76

Produkte en pasellas

Euphorbias (nabome) Bome van lewe

ekstras

Vrugtemandjie Kweek kiwivrugte

Inheems met Jenny Dean Koebaai somer - ‘n nostalgiese terugblik

46 48

Kweek kruie Tyd vir oes en bêre

Groen afsprake Troeteldiere ‘Liefdesbyte’

Kombuistuin Ons groentetuin is in sy beplanningsfase

Uitgewer Lonehill Trading (Pty) Ltd Redakteur Tanya Visser Assistentredakteur Anna Celliers Besturende Direkteur Kevin Beaumont Besturende redakteur (Redaksionele navrae) Wendy Moulton 031 764 0593 wendy@dietuinier.co.za Hoofvertaler Henriette Treurnicht Teksredakteur (Afrikaans) Eunia Barnard Teksredakteur (Engels) Desiree Collett van Rooyen Ontwerpdirekteur Ruth Brophy

10 59 74 84

Teken in op Die Tuinier ‘n Tuinplantbak van Home Organics te wen Kruiwastorie “Antie, ek wil ook ‘n plant hê”

Grafiese-/Webbladontwerp Tanya Campher Fotografie Geoff Redman, David van den Bergh DDS-kundige Garth Demmer Advertensie Jonathan Gouws 031 764 0593 jonathan@dietuinier.co.za Advertensie/Geklassifiseerdes Mokete Maepa 031 764 0593 mokete@thegardener.co.za Produksie-assistent/ Steggiestukkies advertensies Rusty Croft 031 764 0593 rustyc@dietuinier.co.za

Subskripsies RNA 011 473 8700 subs@RNAD.co.za Kantoororganiseerder (Navrae) Kim van Rooyen 031 764 0593 kim@dietuinier.co.za Artikelskrywers Alice Spenser-Higgs, Angela Beckx, Anna Celliers, Di-Di Hoffman, Gerald Schofield, Glynne Anderson, Graham Duncan, Ian Sharp, Kevin Beaumont, Louis van Aswegen, Ilona Thorndike, Jenny Dean, Ludwig Taschner, Malcolm Hepplewhite, Margaret Roberts, Ruth Brophy, Tanya Visser, Wendy Moulton.

Hoofkantoor Haygarthweg 3, Kloof Posbus 29244, Maytime 3624 Telefoon (031) 764 0593 Faks (031) 764 1148 e-pos: info@dietuinier.co.za

Alle werk in hierdie tydskrif is onderhewig aan kopieregte. Alle reprodukies word ten sterkste verbied. Die Tuinier sal nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige weglatings of foute nie. Slegs goedgekeurde artikels kan geplaas word. Die Tuinier is verkrygbaar by alle toonaangewende supermarkte en kwekerye.


welkom

B

aie lesers het die afgelope tyd met uiterste weerstoestande te doen gehad en op sommige plekke duur dit steeds voort. Terwyl ek hier skryf, is sommige tuiniers steeds aan die opdroog en soek na hul plante onder lae modder en slik, terwyl ander weer elke druppel gryswater moet spaar om hul tuine aan die lewe te hou. Vir diegene van ons wat nie direk met hierdie werklikhede te kampe het nie, is dit onwerklik dat soveel probleme reg hier in ons land ervaar word. Ek skat dis waar dat ‘n mens se persepsie jou werklikheid is en dus lewe elkeen van ons wat nie beïnvloed word nie maar voort in sy of haar wêreld waar die weer goed is, daar genoeg, maar nie te veel water beskikbaar is nie en ons tuine aanhou gedy. En terwyl ek tans een van hierdie gelukkige tuiniers is, wil ek stilstaan en dink aan diegene vir wie die werklikheid baie anders is. As jy ‘n tuinier is wat uitdagings in die gesig staar wat oorweldigend is of lyk, waar die einde aan die ellende nog glad nie in sig is nie en waar die herstel van jou tuin steeds ‘n droom in die verte is, bied ek jou my aanmoediging en ‘n voorstel dat jy probeer om die situasie tot jou voordeel te benut. Hoe op aarde kan ek iets goeds hierin probeer vind, wonder jy. Wel, daar was dalk iets in jou tuin waarvan jy nie gehou het nie, wat net nie reg gelyk het nie. Gebruik dit dus as ‘n geleentheid om te droom en te beplan en begin dan die proses om daardie plekke te vernuwe. Miskien is dit om plek te maak vir daardie ongelooflike komposhoop waarvan jy gelees het (wat Die Tuinier al vir jare lank aanbeveel). Miskien is dit om seker te maak dat as jou beddings eers herstel is, jy hulle met ‘n goeie organiese deklaag bedek. Onthou om in albei gevalle snoeisels of ou gevalle blare en dooie takke te versamel. Dit sal uitstekend wees vir kompos, of ‘n deklaag as dit deur ‘n kerwer verwerk is (bedel, leen of koop een, as jy kan). Trouens, wanneer ‘n mens na ‘n tuinramp van amper enige aard opruim, is min goed nuttiger as ‘n kerwer, dus is dit dalk die eerste ding om te koop. Ek moet bieg dat kerwers een van my gunstelingkatoeters is – in so ‘n mate dat familielede besoekers waarsku om van my af weg te bly wanneer ek een gebruik omdat alles of almal om my in my entoesiasme die gevaar loop om ingedruk en opgekerf te word.

op die voorblad Hierdie foto van ‘n olyfsuikerbekkie (wyfie) is geneem op die plaas Norwood naby Bedford in die Oos-Kaap. Op bl.28 kan jy meer lees van hierdie werkende plaastuin.

En nou, omdat mense wat met ‘n tuinkrisis te doen het ‘n rukkie van daardie werklikheid moet ontsnap, en al die ander steeds ‘n bietjie inspirasie nodig het, het ons hierdie uitgawe volgepak met nuttige inligting. Saam met al die ander goed, wys ons jou ‘n inspirerende plaastuin naby Bedford en ons bring jou Ian Sharp se artikel oor die baie voortreflikhede van nabome (Euphorbia-spesies). Vanweë hul giftige lateks het hulle ‘n slegte naam, en ons vergeet van die bydrae tot tuinontwerp wat hul skouspelagtige vorm kan lewer en besef nie die ongelooflike rol wat hulle speel om insekte en insekvretende voëls te voed nie. En van die voed van voëls gepraat, in Malcolm Hepplewhite se artikel fokus ons op tien van die beste plante (vir klein tuintjies) wat voëls lok. As een van jou “missies” vir 2011 is om meer geveerde vriende aan te moedig om na jou tuin te kom, dan is Ian en Malcolm se artikels reg in die kol. En as nog een van jou “missies” is om meer vir die planeet te doen, en veral as jy ‘n DDS-entoesias is, is daar ‘n mooi herwinningseenheid om te maak om te verseker jou gesin herwin stylvol. Geniet die laaste van die lang aande, mooi loop en lekker tuinmaak.

Tanya en Garth geklee deur: Groen Kampioen

w w w.d i et u i n i e r.c o. z a

PS: Kom loer gerus by ons in by Hobby-X. Die besonderhede verskyn in hierdie uitgawe.


MAART TUINDAGBOEK Plant nou

Tuin

Take

Roosplante blom vir die vale in Maart. Brei dus die lys variëteite in jou tuin uit deur ‘n paar nuwes te plant. Wat van die roos ‘The Gardener’? Sy pragtige blomme met perske, pienk en geel strepe word aan ‘n 2 tot 3 m hoë, groeikragtige struik met welige donkergroen loof gedra. Dit vaar uitstekend in die roostuin, as hoë struik in ‘n gemengde bedding, as sekuriteitsheining en in houers. Dit sal hierdie maand beslis die aandag trek met sy trosse spoggerige floribundablomme. As jou kwekery dit nie in voorraad het nie, vra die bestuurder om dit by Malanseuns Pleasure Plants te bestel. Plant vanjaar sierkool (BRASSICA oleracea) in die tuin. Dit sal die blombeddings opvrolik met sy baie kleurkombinasies en is beslis ‘n wenner in groepsaanplantings en houers. Saai die saad hierdie maand al, maar wag nog ‘n bietjie met die uitplant van die saailinge en nog langer met uitgegroeide plante wat by kwekerye te kry is. Hou die saailingkissies op ‘n skaduplek en hou aan om hulle te benat totdat jy reg is om hulle op ‘n sonnige plek uit te plant in grond met baie kompos in.

Jou grasperk Versterk die wortels en stingels van die grasperkgras voor die winter aanbreek deur ‘n kaliumryke misstof toe te dien en dit dan goed te benat sodat dit kan insak. Hou aan om die gras te sny.

Kombuistuinmaak Dis tyd om sopgroente te plant vir die wintermaande. Saai wortels, kool, spinasie, spinasiebeet, seldery, rape, preie, andyvie en witwortels – almal is goeie sop- en stowegeregbestanddele. Vernuwe of vermeerder die voorraad in die kruietuin met nuwe saailinge. Beproef ‘n paar van die baie nuwe blaarslaaivariëteite. Plant hulle in houers of direk in die groentetuin vir vars blare hierdie seisoen – jy kan selfs blaarslaaisop maak wanneer dit kouer raak (dis heerlik). Moenie in die versoeking kom om pampoene te gou te oes nie. Wag tot hulle ryp is en sny hulle dan af met nog ‘n stukkie rank aan. As jy nog nie self groente kweek nie, kyk na hierdie maand se kombuistuinartikel. Ons gaan jou maand vir maand wys hoe om ‘n groente-en-kruietuin van meet af aan te beplan. Hierdie maand gaan dit alles oor inspirasie The Gardener- Roos

BRASSICA oleracea

Rosetoer na Italië en Bulgar ye Pluk ‘n dag lank rose vir Damasseense roosolie in Bulgarye en ruik die snuisterye van Italië. Datums: 26 Mei – 7 Junie 2011 Sien www.roseweb.co.za vir meer besonderhede.

6 l www.dietuinier.co.za


Plae, peste en kopsere Die sipresluis kan ‘n ernstige plaag in die tuin wees, soms so erg dat dit hele takke van besmette konifere laat terugsterf. Infestasies van hierdie insekte bereik ‘n hoogtepunt van Maart tot Augustus en nie noodwendig net op nuwe groei nie, maar ook op die hooftakke en stamme. Hou konifere dop om probleme vroeg raak te sien. Meridian (Reg-nr. L7824) van Protek, ‘n enkeldosisinsekdoder met die aktiewe bestanddeel tiametoksaam met sistemiese, kontak-, en maagwerking, is geregistreer vir die beheer van sipresluis. Dien die dosis om die boom op die grond toe. As ‘n konifeer as gevolg van sipresluis kwaai teruggesterf het, is dit die beste om dit te vervang omdat dit waarskynlik nie gered sal word deur insekdoder toe te dien nie.

Doendinge

Sipresluis kan ‘n tuin soos dié verwoes – hou jou oë hierdie maand wawyd oop en reageer dadelik. Beproef ‘n paar van die nuwe blaarslaaivariëteite in jou kombuistuin.

Begin om saad vir hierdie pragstukke te saai.

Die herfsplantseisoen is amper hier. Gebruik dus die tyd in Maart om ‘n laag kompos in al die tuinbeddings te versprei om hulle vir die nuwe plante voor te berei. In plaas van wag, plant liewer nou nuwe bome en struike. Hulle sal tyd hê om te vestig terwyl ons nog milde weer het. Voeg ‘n paar grawe vol kompos asook baie beenmeel of superfosfaat in elke plantgat by. Dit is nou ‘n goeie tyd om jong bome of struike wat op die verkeerde plek geplant is te verskuif. Saai of plant saailinge van blommende jaarplante in Maart. Dit sluit in papawers, vilette, linaria, nemesia, somerviooltjies, gousblomme, leeubekkies, koringblomme, vingerhoedjies, lupine, kappertjies, asters, ridderspore, dianthus en gesiggies. Besluit waar om jou winterblommende bolle te plant en bestel of koop hulle by die kwekery. Plant hulle later in die herfs. Dit is nog te warm om hulle nou al te plant. Verdeel agapante en plant hulle oor. Berei aarbeibeddings voor deur ‘n bietjie goed verrotte kraalmis, suur kompos en algemene misstof in te werk. Benat die beddings goed en laat hulle rus tot April. Voed vrugtebome en druiwestokke vandeesmaand. Snoei of vorm laatsomerstruike nou om hulle netjies te hou, en sny heinings terug en maak hulle skoon. Maak seker herfsblare verstop nie jou waterfokuspunte en visdam as hulle begin afval nie. www.dietuinier.co.za l 7


MAART TUINDAGBOEK

In jou

streek

Somerreënval – gematig Gee al die blombeddings weer ‘n deklaag na die somerreën. Sodra die somerreën verby is, benat weer meer met die hand of stel besproeiingstelsels om meer water toe te dien om te vergoed vir die afname in reënval. Maak steggies van somerblommende plante soos fuchsias, pelargoniums en magrietbosse.

Somerreënval – subtropies Saai saad van winterblommende beddingplante soos gesiggies, tuinviooltjies en primulas in saailingkissies. Hou die kissies op ‘n koel skaduplek en benat gereeld – hou hulle klam. Hulle het koel nagtemperature nodig om te groei. Moet dus nie saailinge uitplant voor die toestande gunstig is nie. Benat kamelias en asaleas gedurende droë tye om te keer dat hulle hul knoppe afgooi. Tropiese vrugtebome soos papajas, mango’s en piesangs sal baat by ‘n goeie dosis misstof.

Winterreënval Dis tyd om somerblommende meerjariges soos laventels, salies en magrietbosse te snoei. Benut die proses om steggies te maak en meer plante te vermeerder vir die volgende seisoen. Besoek plaaslike tuinsentrums en belê in ‘n paar endemiese struike en bosse: Wees op die uitkyk na erikas, boegoes en proteas. Bou ‘n voorraad misstof op vir die hele tuin. Sodra dit na reën lyk, haas jou tuin toe en versprei dit oral.

Droë binneland Terwyl jy die laaste van die somerkruie oes (sien Alice se artikel oor die oes en bewaar van kruie in hierdie uitgawe), benut ook die tyd om ‘n paar roosmarynsteggies te maak. Madeliefiebosse gee kleur aan die tuin en houers – hulle behoort mooi te lyk in die tuinsentrums en is beslis die geld werd om huis toe te neem. Verdeel hierdie maand irisse, daglelies en agapante.

Skaars Plante Te Koop Wes-Kaap Die Skaarsplantmark 2011 in die WesKaap word op Saterdag 26 Maart van 9:30 tot 16:30 gehou in die idilliese omgewing van Rustenberg Wines in Idasvallei, Stellenbosch. Vyf en twintig spesialiskwekers bied plante te koop aan. Daar is spesiale afslag op Rustenberg-wyne en jy kan ook tee onder die eike geniet. Vir aanwysings kyk na die kaart by www.rustenberg.co.za. Toegangsgeld is R10. Navrae: 078 021 2101.

RHODODENDRON vireya

Pretoria Die jaarlikse Autumn Rare Plant Sale vind van Vrydag 4 Maart tot Sondag 6 Maart plaas by Petal Faire Nursery, Allcockstraat 131, Colbyn, Pretoria. Spesialiskwekers deel hul passie met ander versamelaars en tuiniers en verkoop ‘n verskeidenheid van plante wat nie geredelik by tuinsentrums te kry is nie. Tee en skons word in die teetuin bedien. Tye: 10:00 tot 17:00 (Vr. en Sa.), 9:00 tot 14:00 (So.) Toegangsgeld: R5 Bel: Leoné Williams by 082 482 0257, e-pos: leone@petalfaire.co.za of besoek www.petalfaire.co.za. 8 l www.dietuinier.co.za


PLANTPROFIEL

ALOYSIA triphylla Sitroenverbena Deur Gerald Schofield

S

itroenverbena is ‘n gewilde struik wat so lank gelede as 1794 uit Chili en Argentinië aan tuinbou in die Weste bekend gestel is. Dit word steeds op groot skaal as tuinstruik en medisinale en kulinêre kruid gekweek. Botaniese name wat aan die plant gegee is, sluit in Aloysia citriodora en Lippia citriodora, maar ALOYSIA triphylla is tans die voorkeurnaam. ALOYSIA triphylla groei vinnig en het sterk aromatiese, suurlemoengeurige loof – dit word hoofsaaklik om hierdie geurige eienskappe gekweek. Dit het ‘n nogal yl groeiwyse en kan tot drie meter hoog en ewe wyd word as dit toegelaat word om onbeteueld te groei. Die blare is smal, word tot 10 cm lank en word in kranse van drie of vier al met die stingels langs gedra. Die piepklein blommetjies word van laatlente tot in die somer in eindstandige pluime gedra, is wit, laventel of lila en is nie besonder aanskoulik nie. Sitroenverbena is bladwisselend en raak heeltemal rustend gedurende die winter. Die nuwe groei verskyn in die lente wanneer die temperature styg en die dae langer word. In uiterste koue klimaatstreke kan lentekoue nuwe groei vertraag en dan loop dit eers in die vroeë somer uit. Hierdie nuttige tuinstruik groei maklik en verkies volson en goed gedreineerde grond. Die gereelde uitknyp en snoei van nuwe groeipunte help om die struike deur die groeiseisoen kompak en bosagtig te hou. Snoei ou, houterige plante in die lente straf terug om gesonde nuwe groei van onder af aan te moedig. Dien ‘n gebalanseerde tuinmisstof gereeld van die lente tot die herfs toe om te help om die loof welig te hou. Kweek sitroenverbena in struik en kruietuine, en in potte en houers op patio’s en ander plekke wat dikwels besoek word waar die geurige loof aangeraak en gereeld geoes kan word. Looftakkies is doeltreffend as natuurlike lugverfrisser. Hou dit in vase binnenshuis om die luggehalte te verbeter. Die loof word op groot skaal in potpourri’s gebruik. Sitroenverbena-olie was gewild in perfumerie. Die blare word ook gebruik in kruietees, pluimveevulsels en slaaie en om jellies en somerdranke te geur.

Sitroenverbena is ‘n uiters nuttige en veelsydige struik wat maklik groei in die meeste gebiede van Suid-Afrika. Dit is die moeite werd om dit in elke tuin te hê al is dit net om aan te raak en te streel na ‘n moeilike dag by die werk – die ryk en kenmerkende geur van die blare is lieflik en strelend.

Gematigde somerreën of Hoëveldstreke Goeie keuse, maar koue kan dit gedurende strawwe winters beskadig. Subtropiese somerreënstreke Dit aard goed. As die struik te vinnig groei, knyp dit gereeld uit en snoei soms vir netheid. Winterreënstreke Aard goed maar vereis ekstra water gedurende die droë somers. Beskerm dit teen sterk winde aangesien die takke breekbaar kan wees. Droë, dorre streke Kweek op beskutte plekke en beskerm veral teen kwaai winterkoue. Lei gereeld nat.


‘n Praktiese plaastuin net buite Bedford

Deur Lindsay Gray

D

ie interessante werktuin op die plaas Norwood, net veertien kilometer buite Bedford in die Oos-Kaap, het verlede jaar in Oktober sy debuut gemaak by die Bedford Tuinfees. Anne Knox, vroueboer en mede-eienaar, is onversetlik dat haar tuin geen skoutuin is nie. “Ons tuin is baie beslis deel van ‘n werkende plaas,” sê sy. “Die tuin is verdeel in verskillende gebiede wat by ons boerdery en ons gesin se behoeftes pas.” Anne en haar man, Brian, ‘n siviele ingenieur, het agt jaar gelede na Norwood getrek. Anne is in die omgewing op een van die oorspronklike 1820-Setlaarplase net ander kant Adelaide gebore en met die jare het sy ‘n lewendige belangstelling in boerdery ontwikkel. Sy en Brian het in ander dele van die land gewoon. Toe hul huis tragies afbrand, het hulle dit as teken beskou om terug te trek na die bekende landstreek sodat Anne met haar boerderybelangstelling kan voortgaan. Die eiendom van 3 000 hektaar dra ‘n kudde vleisbeeste asook ‘n kudde boerbokke wat ‘n onderneming is wat Anne met haar personeel deel. “Ek het nie baie tyd om tuin te maak nie,” verklaar sy. “Wanneer ek ‘n bietjie vrye tyd het, kry ek my personeel bymekaar en ons doen wat gedoen moet word.”

28 I www.dietuinier.co.za

Die terrein van die plaas Norwood was eens ‘n militêre buitepos wat die Britse soldate in 1852 gebruik het om die Kowievallei tydens die Vyfde Grensoorlog te bewaak. Anne se gastekothuis en die blok stalle, nog met die oorspronklike skietgate, was toe die offisierskwartiere. Die huis se pragtige klipwerk is herwin uit ‘n massiewe muur wat die buitepos omring het. ‘n Laning olyfbome (OLEA europaea subs. africana) wat op ‘n ronde waterfokuspunt met ‘n spekboomheining (CRASSULA ovata) uitloop, begroet besoekers aan Norwood. In die somer is die voorkant van die huis ‘n skouspelagtige vertoning van rose in die ligste pienke en robynrooi waartoe die rose Pearl of Bedfordview en Red Simplicity bydra. Die aangrensende uitgestrekte, welige grasperk en netjiese beddings wat in die omliggende veld verdwyn, komplementeer die koloniale argitektuur van die huis. Anne verduidelik dit was ‘n verwaarloosde tennisbaan toe hulle daar aankom. Sy het die oorspronklike klipmuur langs die pad wat van die agterkant van die huis daarheen lei, herstel en vandag lewer die Iceberg-hoofstamrose ‘n manjifieke vertoning daar. Die tuin agter die huis het ‘n gruisoppervlak en is beplant met inheemse struike en aalwyne. Dit is Anne se “werktuin” waar daar ‘n aanhoudende beweging van personeel, voertuie en perde is met die stalle direk oorkant die huis. ‘n Lieflike groentetuin met ‘n waterstroompie langsaan wat ook as drinkplek vir die perde dien, skei die huis van die stalle. Anne verklaar dat sy ‘n groentetuin sonder nonsies verlang, dus kweek sy hoofsaaklik blaargroente soos spinasie, blaarslaai en roket en ander kruie.


TUINONTWERP

www.dietuinier.co.za I 29


Dié formele tuin lei ‘n mens deur ‘n klipboog wat met rose versier is in ‘n rustige informele gebied in waar die gras lank onder die bome groei en veldblomme in die somer verskyn. Dit is waar die gesin besluit het om hul swembad te plaas, asook die somerhuisie wat Anne se twee seuns liefderik Nguni Lounge noem vanweë die twee Nguni-velle op die vloer. “Ek wou ‘n lang smal swembad hê waarin ek lengtes kon swem,” deel Anne vertroulik mee. Haar man het egter ander planne gehad en vandag geniet hulle ‘n rotspoel wat beplant is met grasse en bome wat op hul plaas aangetref word wat dit met die omliggende landskap laat saamsmelt. Anne se trots is die ou doppruim (PAPPEA capensis) wat sy en haar personeel uit die veld oorgeplant het en wat gedy op sy nuwe plek. Die pragtige hek in die Oosterse styl op die sentrale as van die klipboog is indrukwekkend agter die swembad. Om die eentonigheid te verbreek van die heining wat die immer honger koedoes uithou, het Anne ‘n ontwerp vir die hek gekies wat sy “uitspattig” noem wat vir interessantheid dieselfde ryk rooi as hul dak geverf is. Sy sê laggend dat dit nooit bedoel was om Oosters te lyk nie. Met haar geennonsies-benadering en ‘n paar eenvoudige beginsels het Anne dit reggekry om tuinmaak maklik te hou. In die lente kry al die rose ‘n ruim voeding van ou bokmis, superfosfaat, beenmeel en organiese misstof. Vroeg in Desember gee sy dit ‘n tweede ruim porsie mis. Die rose word aan die begin van die seisoen gespuit met ‘n mengsel van kontakinsekdoder en sistemiese swamdoder. Anne voer aan dat as ‘n mens die rose skoon hou as hulle in die lente begin groei, lyk dit of die plante die res van die somer

30 I www.dietuinier.co.za

siektebestand is. Die dooie roosblomme word gereeld afgebreek. Die tuin word besproei uit ‘n dam agter die plaas wat oppervlakafloopwater van Norwoodberg opgaar. Vore lei water van die dam in ‘n reservoir op die plaas in en die besproeiingstelsel werk daarvandaan. Anne is onversetlik dat sy filosofies gekant is teen die gebruik van ondergrondse water om haar tuin te besproei. Verskeie stelle tafels en stoele staan verspreid onder die bome in die tuin sodat Anne en Brian laatmiddag buite in die rustige omgewing kan sit en ‘n skemerkelkie geniet. “Ek is dol op ons landskap,” sê sy. “Landskappe en ruimtes is die dinge wat my bui die beste beïnvloed.” Baie dankie aan Anne en Brian Knox vir hul gasvryheid en om Lindsay Gray en fotograaf Geoff Redman toe te laat om Norwood se plaastuin met die lesers van Die Tuinier te deel.


www.dietuinier.co.za I 31


Euphorbias: Bome van lewe Deur Ian Sharp

Nabome en kandelaarbome wat hoofsaaklik gedurende die droĂŤ wintertyd blom, is ‘n ryk voedselbron vir insekte wanneer ander bronne beperk is. 38 I www.dietuinier.co.za


E

k werk as ekoloog en is bevoorreg om die wondere van die natuur eerstehands te beleef. Soms gebeur daar iets wat my heeltemal verstom en wat ek graag met ander wil deel. Een so ‘n gebeurtenis vind plaas wanneer verskeie inheemse Euphorbia‑spesies in die vroegwinter blom as voedselbronne in tuine oor die algemeen maar skaars is vir insekte. Kom ek vertel jou die storie van die fassinerende gawe van Euphorbias. Ek het aanvanklik van die Euphorbias bewus geraak toe ek aan die Suid-Afrikaanse Skoenlapperbewaringassessering deelgeneem het. Dit is moeilik om skoenlappers in die winter te kry omdat voedselbronne skaars is en die meeste spesies dan oorwinter, maar die onweerstaanbare blomme van die Euphorbias lok hulle en ‘n menigte ander insekte. Die bydrae wat hierdie bome lewer om ‘n verskeidenheid van groepe insekte te voed, is verstommend. Dit is vanselfsprekend duideliker in die warmer klimaatstreke van ons land soos die Laeveldstreek. Die boom wat as die naboom bekend is, word selde as tuinplant oorweeg vanweë die giftigheid van die melksap wat dit geredelik afskei as dit beskadig word. Daar word vermeld dat hierdie melksap die oë kan beskadig en erge velirritasie en ‑inflammasie kan veroorsaak. Heuning wat van die blomme gemaak word, word noorsheuning genoem en laat die mond brand, wat vererger word as water gedrink word. Ongeag die giftigheid, as ‘n plant voedsel kan verskaf soos nektar vir insekte, vrugte vir voëls of loof wat ruspes vreet (soos by die skoenlapper‑ of motlewensiklus), moet ons beslis alles in ons vermoë doen om dit by ons tuine in te sluit. Wanneer so ‘n plant giftige melksap het, moet ‘n mens natuurlik altyd versigtig wees en handskoene en ‘n veiligheidsbril dra as daarmee of daarnaby gewerk word, en moet diegene wat die tuin gebruik of daarin werk, opgevoed word oor die eienskappe van die plant. Nabome kan ‘n indrukwekkende bydrae tot die tuinstruktuur lewer veral as hulle saam met aalwyne en ander sukkulente geplant word. Keuses sluit in EUPHORBIA ingens, die statige gewone

naboom, E. cooperi, die statige Transvaalse kandelaarboom, en E. grandialata, ‘n skurwe, doringagtige naboom. Hulle kan ook gebruik word saam met ander bome soos die kiepersol en doringboom, of spesies wat vroeg in die lente blom soos die koraalboom, ERYTHRINA lysistemon, en die drolpeer, DOMBEYA rotundifolia. Wanneer ‘n mens na ‘n naboom toe aankom, raak jy bewus van ‘n verskeidenheid van klanke baie soos dié wat in ‘n woelige stadstraat ontstaan en die effek hiervan saam met die gesig van ‘n horde insekte is nogal skouspelagtig. Die soet geur van die blomme word op die windjie gedra en dra by tot die sintuiglike prikkel. ‘n Verskeidenheid van insekgroepe ding mee om die wintergawe wat die blommende bome bied. Van perdebye, vlieë en miere tot skoenlappers, motte en kewers kom almal in groot getalle aan met zoemende groot spinnekopjagters wat eerste gehoor en dartelende skoenlappers wat eerste gesien word. ‘n Menigte skoenlappers soos die Afrikaanse melkbosskoenlapper en blouasook geelgesiggies word dikwels aangetref. Ander skoenlapperbesoekers sluit dikwels in die kleinoranjerooitjie, bontbloutjie, appelkoosspelertjie, Trimen-se-saffier, gewone na-aper, bosrooivlerkie en leliegrasvegter. Dagvlieënde motte gee ook kleur, maar teen skemeraand verskyn die pylstertmot en ondersoek die blomme met sy lang roltong vir nektar. Die ratelende vlerkslae van die baie spinnekopjagters trek ‘n mens se aandag, maar hulle is nie die enigste wespes daar nie. Parasietwespes (Ichneumonidae) met hul lang eierbore en die lewendige groen koekoekwespes is maklik om raak te sien. Die messelaarwespes met hul treffende geel patrone en ander papier- en kleiwespes voed bedrywig op blom na blom. Vlieë is volop veral die vorstelike brommer en sy verwant, die Europese groen brommer, wat almal gewoonlik by ‘n karkas verwag word en nie aan die voed op die nektar van blomme nie. Gewone huisvlieë lê ook besoek af asook die groot grys vleisbrommers.

‘n Suidelike bontwolpootjie voed op die melksap wat die vrugte uitskei. www.dietuinier.co.za I 39


Sweefvlieë wat bye naboots en bont brommers gons ook rond. Heuningbye versamel vlytig stuifmeel en nektar om die berugte noorsheuning te maak. Alleenlopers soos klein sweetbytjies en groot houtkapperbye dra by tot die verskeidenheid van bevoordeeldes wat die blommende nabome ondersteun. Soos verwag kan word, kruip roofinsekte ook êrens weg. Goed gekamoefleerde spinnekoppe lê en wag by die welriekende blomme terwyl bekruipende hottentotsgotte bo-op die blomtakke patrolleer. As ‘n mens fyn kyk, sien jy dalk ‘n roofwants of twee raak wat die blomtakke fynkam vir moontlike prooi. ‘n Swerm klein miertjies van die neste onder die naboom keer niksvermoedende prooi vas. In immer toenemende getalle byt hulle aan die groot insekte vas en onderwerp

dit stelselmatig voor hulle dit nes toe dra. Die insekaktiwiteit verdwyn stadigaan namate die nektarproduserende blomme in die volgende stadium van die voortplantingsiklus ingaan. Die blomme maak stadigaan plek vir die kenmerkende driehoekige vrugte. Al die vreters sal tot die volgende winterseisoen moet wag om weer aan die gawe van die blomme te kan meedoen. Die storie het egter ‘n kinkel. Piepklein druppeltjies melksap verskyn aan die ontwikkelende vrugte voor dit ryp word en lok ’n enkele begunstigde. Die klein suidelike bontwolpootskoenlappertjies word nou heeldag gesien waar hulle op die melksap voed, net om aan te beweeg wanneer die splitvrugte begin oopbars en die saad uitskiet.

Nabome kan ongelooflike struktuur aan ‘n tuin verleen as dit saam met aalwyne en ander sukkulente geplant word

40 I www.dietuinier.co.za


www.dietuinier.co.za I 41


TEKENINENWEN

Home Organic se geligte houertuinplantbakke maak die kweek van groente en kruie prakties, maklik, opwindend en pret vir die hele gesin. Teken in of hernu jou intekening op The Gardener of Die Tuinier teen 14 Maart 2011 en jy word ingesluit by die trekking om ’n Home Organic Tuinplantbak te wen. Home Organic Tuinplantbak

Die tuinplantbakke is te kry met vier groot groeihouers wat van die grond gelig en gestut word deur ‘n houtstruktuur wat natuurlik lyk. Die hout is behandel om te keer dat goggas dit vreet. Omdat die eenheid gelig is, kan molle en ander grawers nie by die groente uitkom nie. Dit beteken ook minder buk en vuil knieë. Die planthouers het dreineergate om oortollige water te laat uitloop, terwyl dit steeds ‘n klein bietjie water behou. Hierdie tuinplantbakke is ideaal vir die kweek van ‘n wye verskeidenheid ‘n Intekening op van groente en kruie wat wissel van blaarslaai Die Tuinier kos net tot basiliekruid, boontjies, eiervrugte, tamaties en veel meer. R220 en koop ‘n jaar se

leesplesier saam met die bykomende voordele van gratis aflewering en om nooit ‘n uitgawe mis te loop nie.

Veels geluk aan Ahmed en Selma Dinat wat ons intekenprys vir November 2010 gewen het. Van nou af sal hulle die grasperk sny met ‘n fantastiese MTD175grasperktrekker ter waarde van minstens R22 000, verskaf deur Creative Equipment.

Om telefonies in te teken bel (011) 473 8700 weeksdae tussen 8:00 en 16:00 met jou kredietkaartbesonderhede.

74 I www.dietuinier.co.za

Sodra jy jou Home Organic Tuinplantbak het, gooi net ‘n goeie mengsel van potgrond en kompos in elke houer, saai jou saad en druk jou saailinge in en jy is aan die gang. Home Organic het ‘n reeks produkte wat landswyd en in buurlande afgelewer kan word. Besoek www.homeorganic.co.za of bel 079 048 4232 vir meer besonderhede.

Pos ‘n tjek met jou naam, van, posadres en telefoonnommer na RNA SUBS, Posbus 725, Maraisburg, 1700

Bel (011) 473 8700 weeksdae tussen 8:00 en 16:00 met jou bankbesonderhede en betaal elke drie maande net R48.

Deponeer betalings by FNB Corporate Jhb, Kode 25 50 05 00, rekeningnr. 62104927259 gebruik jou van as verwysing en faks jou besonderhede na (086) 713 3344

Teken in op Die Tuinier en jy kan een Engelssprekende vriend benoem wat drie opeenvolgende uitgawes van The Gardener heeltemal gratis sal kry.

In RSA kos ‘n jaarlikse intekening (12 uitgawes) net R220, en ‘n hernuwing R207. Senior burgers (63 jaar en ouer) betaal net R193 vir nuwe intekenings en hernuwings en bespaar 30% op die omslagprys. Laat asseblief vier weke toe vir die verwerking van bestellings. Alle plaaslike pryse sluit BTW in. ‘n Jaarlikse intekening vir oorsese intekenaars kos R678 en vir intekenaars in die res van Afrika R578. Alle pryse is geldig tot 14 Maart 2011.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.