Vol 25 No 26_Oos_Faerie Glen

Page 12

12

REKORD OOS VRYDAG 4 NOVEMBER 2011

Hulle fokus om geld te in

Pathways Studio-opleidingsentrum vir volwasse gestremdes bied op 19 November om 09:00 ’n besonderse oggendtee in die NG-kerksaal Garsfontein aan. Die doel van die tee is nie net om geld in te samel nie maar om ook iets spesiaal vir minderbevoorregte gestremde vroue te doen en te beteken. Pathways Studio se vroue sal as gas­ vroue optree en Helena Hettema sal gaste met haar strelende stem en passievolle optrede na ’n ander wêreld wegvoer. Die Pienk Kersfees Oggendtee word ten bate van Pathways Studio aangebied. Eie eet- en breekgoed moet voorsien word. Vir aanlynkaartjies besoek www. wvwntbookings.co.za. Navrae: Evanthe by 082-779-2295.

www.rekord.co.za

Brel en Piaf sing nou in Afrikaans Die bekende Franse chanson-liedere is vertaal en word in produksie aangebied Na die sukses van die Afrikaanse Jacques Brel-kabarette My man, Jacques Brel en Die tere oorlog van die liefde, slaan die Franse chanson-vertalers Naòmi Morgan en Bernard Odendaal hul hand in Afrikaans aan die werk van Édith Piaf. ‘Piaf’ is ’n Franse omgangswoord vir ‘Die mossie’, ’n bynaam wat sy op twintigjarige ouderdom gekry het. Ses van haar chansons, waaronder die immergroen treffers La vie en rose (wat Die blos van rose geword het) en Hymne à l’amour (Loflied op die liefde), is pas vir ’n kabaretproduksie oor Parys as stad van die liefde vertaal. Dit word gekombineer met vertalings van ses Jacques Brel-werke. Onder laasgenoemde tel ’n paar wat die heel eerste keer in Afrikaans te hore sal wees. In die roerende Le Prochain Amour, Nuwe Liefde stel Brel sy erva­ ring van die liefde en verlies daarvan op die voorgrond en die diksie-uitdager La valse à 1000 temps, Die wals in duisendslagmaat oor die maalkolk van musiek en verleiding wat dié stad van die liefde bied. Brel in Afrikaans het al sinoniem met Herman van den Berg geword. Die nuwe vertalings sal aan Jolette Odendaal die geleentheid bied om Piaf in Afrikaans te vestig. Die 12 liedjies oor liefdesverhale uit ’n Brel- en Piaf-perspektief wat teen ’n Paryse agtergrond afspeel, word deur ’n verteller ingelei en deur musici en projeksies van klassieke foto’s van Parys uit die 1950’s geïllustreer. Brel en Piaf: Paryse tweesang word by die Atterbury-teater op 8 November om 20:00 aangebied. Bespreek by Computicket.

Herman van den Berg en Jolette Odendaal sing Piaf.

WEN

Helena Hettema

l Rekord het vyf dubbelkaartjies om weg te gee. SMS die woord FRANS na 36968. SMSe kos R1.50,

gratis SMSe is nie van toepassing nie. Die kompetisie eindig op 6 November om middernag. Wenners sal telefonies in kennis gestel word.

Vermaak vir ieder en elk

Die manne van ADAM is Joe Foster, Reynardt Hugo en Hugo Ludik.

Sangsensasies span hul kragte saam op verhoog Die Ses Snare het geen bekendstelling nodig nie. Hierdie gesogte virtuose lok al sedert 2009 aanhangers wat bly terugkom vir nog. Gedurende 2011 het hul nuwe CD String die lig gesien en hul aanhang verdubbel. Die ses vertolk oorspronklike skeppings en dan ook leenliedjies soos Delilah, Nah Neh Nah, Free Electric Band, Handle me with care en vele meer wat op ’n verstommende wyse aangebied word. Die Ses Snare is Mathys Roets, Blackie Swart, Wouter van de Venter, Leon Ecroignard, Pieter Smith en Thean Kotze. Nou sluit die splinternuwe sangsensasie van die jaar, ADAM, op 3 November by die Snare aan vir ’n eksklusiewe vertoning

by Emperors Palace. ADAM bestaan uit drie talentvolle en aantreklike manne, Hugo Ludik, Reynardt Hugo en Joe Foster. Hul liedjies Liefde Soldaat, Somerlag, Duisend Kerse en Kleurvol pryk al die afgelope ses maande bo-aan Suid-Afrika se grootste radiostasies se treffersparades. Hulle bring iets nuuts na die tafel en met hul energieke vertonings en besonderse talent, het hulle reeds, binne die eerste vyf maande van vrystelling, 10 000 eenhede van hul selfgetitelde album ADAM verkoop en met gemak die Musica-trefferlys se Top 20 betree. Die vertoning vind op 3 November by Emperors Palace om 20:00 plaas. Bespreek by Computicket.

Die Pierneef-teater belowe om tydens November vol pret en plesier te wees met ’n propvol program om besoekers mee te vermaak. Op 2 November sal Adam Tas om 19:00 optree en op 3 November is dit Nadine se beurt met haar Eindeloostoer om 19:00. Nádine se persoonlike aanslag en passie op hierdie album is meer as ooit teenwoordig. In die liedjies wat sy geskryf het, stel sy haar emosies in die lirieke bloot. Eindeloos is gedeeltelik in Swede en België opgeneem en in België vervaardig. Die bekende Suid-Afrikaanse liedjieskrywer, Rudi Claase, het ’n aantal treffers bygedra. Die top liedjieskrywer, David Vervoort, haar ouma en Johan Rautenbach met onder meer die skitterliedjie, Ek haal weer asem, het ook liedjies geskryf. Op 4 November is dit Die Ander Kind met Hannes van Rensburg om 19:00. Die Ander Kind is ’n terugblik op die lewe van ’n man wat suk­kel om in die alledaagse samele­wing aanvaar te word. Dit bevat baie humor, intriges asook die hartsake en hoe om die dood van ’n geliefde te verwerk en hoe om na eksperimente met dwelms weer met die lewe aan te gaan. Op 6 November is dit Onderweg met Jannie du Toit. Dit is sy nuwe musiekkonsert om sy 40-jaar van Afrikaanse musiek te vier. Saam hom op klavier is Clinton Zerf en op die tjello, Susan Mouton, om 19:00. Op 9 November is My pa dink hy’s Elvis met Ben Kruger en Viljee Maritz om 19:00 op die planke. Pa Hennie is ’n Elvis-nabootser en sleep sy teësinnige seun op sy Elvis-toer deur die Karoo saam om geld in te samel vir ma se plastiese chirurgie. Teen die agtergrond van al die ou bekende Elvis-liedjies Nadine gaan die gehoor vermaak tydens haar Eindeloostoer by die Pierneef-teater op 3 November.

ont­knoop die spanning en drama wat die gesin se wanfunksione­ring onderlê. Pa en seun konfronteer hul kwessies met mekaar en met die wêreld - soms agter die skerms en soms voor die gehoor. Kruger se nostalgiese Elvis-uitbeelding laat die voete jeuk terwyl konfrontasies tussen pa en seun pendel tussen komies en hartroe­rend. Kruger verskyn op die kassie in 7de Laan as neef Gert en Maritz word onthou as Gys in Binnelanders. Op 12 November is dit Huldeblyk aan Tolla van der Merwe deur Ernest Botha om 19:00. Chris Chameleon tree op 15 November om 19:00 op. Navrae: 012-329-0709.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.