Paarl Post 08 December 2011

Page 4

4 . Paarl Post

News · Nuus

Thursday 8 December 2011

Vrou probeer haar kinders, haarself uitwis ’n PLAASLIKE vrou het verlede week eers haar kinders probeer doodmaak, voordat sy die mes op haarself gedraai het. Dié voorval het Donderdagoggend in ’n huis in D’Olivierastraat, langs Bolandpark in Paarl-Oos, plaasgevind. Die vrou het glo haar kinders, ’n tienerdogter en -seun,

bedwelm en hul polse met ’n mes gesny. Hierna het sy haar eie polse gesny, asook haar keel. Haar man van wie sy geskei is, het toevallig kort hierna by die woning aangekom om sy onderhoudsgeld aan haar te betaal, toe hy op die bebloede toneel afgekom het. Hy het sy gewese vrou en twee kinders inderhaas na Paarl Mediclinic geneem. Die vrou, wie se naam nie bekend gemaak mag word nie om haar minderjarige kind te beskerm, is volgens gerugte ’n depressielyer. Die kinders is Vrydag uit die hospitaal ontslaan maar hul ma, wat toevallig ’n verpleegster is, is in ’n ernstige toestand in die noodeenheid van die hopsitaal opgeneem. Sy is steeds in die hospitaal waar haar toestand vandeesweek as ernstig, maar bevredigend beskryf word. ’n Woordvoerder van die polisie, kapt Louise du Plessis, het bevestig dat twee klagtes van poging tot moord teen die vrou ondersoek word. “Die vrou kon weens die erns van haar toestand nog nie ondervra word nie. Ons wag ook vir die resultate van toksikologie-toetse om vas te stel of sy wel die kinders bedwelm het. Hulle sê dat hulle nie bewus is van enige bedwelming nie.”

DOVES. On World Aids Day (1 December) white doves were released at Faure Stadium as part of the day’s activities organised by the Cape Winelands District Municipality and other roleplayers like ACVV, Badisa and the Department of Health. Pic: Liezl Davids

Kleuter uit motor verlos ’n DRIEJARIGE kleuter het verlede week byna gesterf toe hy binne ’n motor toegesluit was. Die voorval het plaasgevind naby die noordelike ingang van Paarl Mall. ’n Motorwag het opgelet dat die baba wakker geword het en met ’n bloedrooi gesig binne die toegesluite motor paniekbevange geraak het. Toe die motorwag besef het dat hy nie toegang tot die motor kon kry nie, het hy sekuriteitsbeamptes van die Mall nader geroep. Hulle kon sien dat die kind erg begin ly het weens die hitte binne-in die motor en hulle het ’n venster gebreek. Die skreeuende kind is uitgehaal en kort hierna het sy ma teruggekom. Polisiebeamptes het op die toneel aangekom en die vrou en kind is na die kantore van die Mall geneem. Die vrou het beweer dat sy slegs ’n paar minute in ’n winkel was en dat sy nie haar kind wou wakker maak nie. Die vrou is op waarskuwing vrygelaat.

KARNAVAL-ATMOSFEER. Die Paarl Liggiesfees het verlede naweek weer duisende mense na Lady Greystraat getrek, waar karnavalatmosfeer geheers het. Drie La Rochelle-leerders het Saterdagaand gaan loer wat by die Liggiesfees se pretpark aangaan. Van links is Micaela Liebenberg, Gitte Sampson en Astrid Plaatjes. Foto: Sieb Sieberhagen


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.