Oranje Quilters`s Guild Newsletter August 2018

Page 1

Oranje Kwiltersgilde Oranje Quilters` Guild Since 1989 Nuusbrief Augustus 2018/ Newsletter August 2018

Kwilt gemaak deur Marianne le Roux 1


Bestuur 2018

Voorsitter: Mariëtte Venter 0823373699 Onder Voorsitter: Marianne Le Roux 02808262128 Sekretaresse: Christa Gouws 083 542 5709 Tesourier: Riana Nel 08256202776 SAQG Verteenwoordiger: Mariëtte Venter Skou Verteenwoordiger: Iessie Steenberg 084 733 8639 Reisende Uitstalling: Iessie Steenberg 084 733 8639 Nuusbrief/Blog/fb: Frances vd Walt 0788034019 Media: Nelia Venter 0824606326 Fotograaf: Lynette Eloff 083 973 8161 Koffiemandjie: Lenie Lourens 082 438 5191 Groepleidsters: Friendshipgroep - Frances vd Walt 078 803 4019 Goedharte – Du Maurier Weiss 083 4071545 Gouedrade - Marie Coetzee 083 448 6921 Kwetter Kwilters - Lenie Lourens 082 438 5191 Stukkie vir Stukkie Kreatiewe Lappies( Smithfield) - Lee Minnie 082 453 4155 LHParkies - Lettie Rhené 082 466 2986 Needles & Pins – Nelia Venter 0824606326 Quiltmakers - Lynette Eloff 083 973 8161 Tolbosse Stukkies - Christa Gouws 083 542 5709 Rotary Cutters - Wilna Geel 084 462 1212 Sterre –Iessie Steenberg 084 733 8639 Tolbosse 082 337 3699 Uile – Sonja Stroebel 082 460 7956

BELANGRIKE DATUMS KWILT ARTIKEL GROEPIE NUUS 2


UIT DIE VOORSITTER SE PEN… Liewe lappiesmaters,

Wat 'n voorreg om nog eenkeer hierdie brief aan julle te rig. Dit is 'n absolute voorreg om te dien en ook hier by Oranje Gilde is dit nodig dat ons dien. Queen Latifah sê "I don't want to be a supermodel, I want to be a role model". Ons kan daarna streef.

Kersfees knipoog al vir ons soos die jaar verby snel en daar moet nog so baie lekker dinge by Oranje gebeur. Smithfield se Patchjol lê voor en ons Lente - stikdag gaan 'n absolute fees wees. Moet niks mis nie!!!!!

Daar gaan baie voorbereiding en tyd in sulke dae - kom ons ondersteun elke poging wat die dames aanwend om kwilt nog lekkerder te maak.

Ons het ook 3 uitreikprojekte tot November en jy kan by enige een jou deel doen. Ons brei mussies en kousies vir babas, ons gee ons ou ( nie verslete) lakens, handdoeke en komberse vir Choc - huis, asook nie - bederfbare kosse of toiletware. Die kinders in hierdie huis is almal kankerpasiëntjies en kom meestal van die platteland. Dan brei ons teddiebere of maak hulle van flennie of “fleecy” vir kinders wat Kersfees in die hospitaal is. WOW!...hier is iets vir almal. Hoe sê Nike? JUST DO IT!

Die SAQG vergadering in Pinelands in die Kaap was inspirerend en ek hoop ons gaan baie van die nuwe planne aangryp en uitvoer. ONTHOU - wees jy die verskil wat jy hier wil sien.

Maak 'n mooi kwilt hierdie kwartaal en onthou 2019 se fees is om die draai. Begin knip en stik.

Groete Mariëtte 082 337 3699 mariettev2912@gmail.com

3


Vroetelkwilte…

...50 vroetelkwilte is gedurende die Mei Algemene Vergadering aan Sanet Strydom van Alzheimer`s Vrystaat ( 051 522 4894) oorhandig.

Uile se nuus… Adie Botha se man is die afgelope tyd oorlede. Ons harte gaan uit na haar en haar familie. Elita Grimsley se pa is ook oorlede. Aan haar en haar familie ook ons innige simpatie. Die Uile het hierdie jaar begin met ‘n boekrak- kwilt. Tannie Estie het besluit om die New York Beauty aan te pak. Hopelik sal ons tydens die volgende vergadering kan spog met ons handewerk. Van ons kant af wil ons net baie dankie sê vir Oranje Kwiltersgilde vir al die lekker projekte en kursusse wat aan ons gebied word. Ons geniet elke kuier en kursus baie. Gedurende die winter is ons minder aktief, maar geesdrif vir kwiltwerk is nie minder nie. Warm kwiltgroete

4


5


Friendshipgroep… Ons kom elke 2de Vrydag van `n nuwe maand in die Bernina – werkslokaal bymekaar.

Martie Botha het namens ons groep `n mooi “vroetelkwiltjie” gemaak. Dankie vir jou tyd, Martie!

Estelle werk aan heksagone. Pragtig, Estelle! Ons kan nie wag om die eindproduk te sien! Sy het ook haar 2de “crazy patch” – beertjie voltooi. Die mooiste borduurwerk!

Elaine se handwerkblikkie het die mooiste Japansese vouwerk in!

Frances is besig met Boro – werk. ( `n onderbaadjie) Sy het ook haar “Afro Dizzy” voltooi.

Anna Raubenheimer se pragtige loper met die mooiste “Sue Prins”– randjie! Die krale – en borduurwerk bo – op die appliekwerk is pragtig! Welgedaan Anna!

6


Marlisa se hekelpen werk oortyd! Hierdie is een van haar oulike poppe wat sy gehekel het. Daarbenewens het sy ook hierdie oulike mandjie gemaak gedurende die klas wat Mariëtte met die laaste Algemene Vergadering aangebied het. Sy en Amanda het ook gedurende Mei `n hekel – “retreat” bygewoon.

Maxie is net so bedrywig met die hekelpen. Sy bied klasse gedurende `n Vrydagoggend by Bernina aan. Intussen het sy ook `n klas bygewoon en geleer om die mooiste “teëltjies” te hekel.

Clarensfees het nie agterweë gebly. Sanet, Mari, Amanda en Elaine het die fees bygewoon. Soos gewoonlik was dit baie lekker en het hulle baie geïnspireerd terug gekom.

Hierdie is Sanet se “vanishing 9 parch” – oorspronklike klas aangebied deur Paul Schutte.

Dit is nie altyd moontlik om tyd aan kwiltwerk te spandeer soos jy graag sou wou, maar nogtans probeer die res van die groep om tussen ander verpligtinge deur tog by hul handwerk uit te kom. Maar verseker geniet die Friendshippers ons groepiedag en word daar behoorlik gekuier! Warm kwiltgroete van al die Friendshippers.

7


Gouedrade…

Al is dit `n yskoue winter bly die Gouedrade se harte warm en word daar gereeld op die “whats-app” -groepie geskerts, gelag en raad gedeel. Ons kwilt dalk nou nie almal saans na werk en Saterdae soos wat ons doelwitte in Januarie 2018 was nie. Tog spandeer ons almal die een Saterdag „n maand wat ons bymekaar kom, tyd aan UFO‟s en ander naaldwerk items. In die wintermaande gaan hekel en breiwerk baie beter af….terwyl Rita, Louisa en Petro eerder die warmer dele van ons land en buurlande gaan opsoek het, en hulle elkeen in Julie op toer is na die Wildtuin,Botswana en Namibië. Met die Gouedrade se byeenkoms in Junie het Rita & Petro ons touwys gemaak oor „n interessante “craft” - projek. Hulle het ons gewys om servette te gebruik en dit op karton vas te stryk en so kaartjies te maak. Daar is ook onder mekaar raad uitgedeel om servette op lap vas te stryk en so meer. Kwilters is mos “Crafters” en ons kan mos planne maak…

Patchjol!!!

Carina: 072 199 1162

8


Fabric art … with appliqué, heat transfer, fabric collage, and more… Visit: clothpaperscissors.com for more ideas.

*Using prompts to spark your design by Robin Olsen

Uitreksel uit CPS-Freemium-FabricArt tips deur 4 Freestyle Mixed-media Stitch Projects presented by: clothpaperscissors.com ©interweave Press llc

9


Kwetter Kwilters…

In die hartjie van die winter het ek eindelik tot die ontdekking gekom dat daar in my `n onoorwinlike somer is. Albert Camus. Die goeie nuus vir die Kwetters is dat Rene se liggaam goed reageer op die chemo wat sy nou ontvang. Ons wens haar sterkte toe, en glo God sal haar styf vashou in hierdie moeilike tyd. Ons wil ook weer vir Mariëtte Coetzee terug verwelkom in ons groep. Ons is bly dat sy nou weer tyd vir haar stokperdjie gaan kry. Klink of Marietjie die enigste een is wat die koue trotseer het en twee lente kwilte gemaak het.

Amy het ook haar “I Spy with my little eye” - kwiltjie gekry. (Foto geplaas met toestemming.)

So tussen Ester se kuier en rondry het sy ook haar Boro - lappies klaar gemaak.

10


Magriet sukkel nog baie met haar rug en sal weer `n operasie moet ondergaan. Kwilt is nou vir haar baie moeilik. Op die oomblik is dit vir haar beter om te brei. Lenie werk nog steeds aan die “whole cloth” wat sy met die hand kwilt, so dit gaan nog lank neem. Sommige van die Kwetters het oorlog teen afvallappies verklaar en maak nou piepklein blokkies op die blokhuis patroon. Hoop almal het vakansie geniet en hou julle warm vir die winter. Groete

Biltongsop

…hierdie is `n Friendshiplid se resep. ½ kop margarien 2 blokkies vleisekstrak 2 teelepels swartpeper ½ teelepel neutmuskaat ½ teelepel fyn koljander 1 koppie koekmeel 2 koppies melk 6 koppies kookwater 1 koppie gerasperde kaas 200 gram fyn biltong 100gram bloukaas 1. Smelt margarien in kastrol. 2. Krummel vleisekstrakblokkies by en voeg speserye by. 3. Meng die meel by bg. 4. Voeg melk stadig by meelmengsel en roer aanhoudend tot begin verdik. Prut vir `n kort tydjie. 5. Verwyder van hitte en voeg gerasperde kaas en 100 gram biltong by. 6. Hou warm tot jy wil bedien. 7. Met bediening – krummel bloukaas oor en res van die fyn biltong.

11


History of quilting https://en.wikipedia.org/wiki/History_of_quilting

Europe In Europe quilting appears to have been introduced by Crusaders in the 12th century (Colby 1971), in particular in the form of the aketon or gambeson, a quilted garment worn under armour which later developed into the doublet. One of the earliest existing decorative works is the Tristan quilt, made around 1360. M Sicily, and as one of the earliest surviving quilts in the world, at least two sections survive at the V&A Museum (London) and in Bargello palace (Florence). Another of the Tristan and Isolde story is held in a private collection.

Russia Russia holds the ancient example in existence. It is a linen carpet found in a Mongolian cave, and now kept at the Saint Petersburg department of the Russian Academy of Sciences, Archaeology Section.

United Kingdom (and Tasmania)[ The National Gallery of Australia has a three metre by three metre quilt known as the Rajah Quilt. It was created by about 30 convict women as they were transported from Woolwich to Hobart in 1841. The quilt was rediscovered in Scotland in 1989. It is a medallion quilt with Broderie perse at its centre.

United States Quilt making was common in the late 17th century and early years of the 18th. Most women were busy spinning, weaving and sewing in order to clothe their family. Commercial blankets or woven coverlets were a more economical bedcovering for most people. Only the wealthy had the leisure time for quilt making so Colonial quilting was done by only a few. Obviously quilts were not made of left over scraps or worn clothing as a humble bedcovering during this period. Instead they were decorative items that displayed the fine needlework of the maker such as the Baltimore album quilts. Whole cloth quilts, broderie perse and medallion quilts were the styles of quilts made during the early 19th century. ***According to the Wall Street Journal there are an estimated twenty-one million quilters in the United States.

12


Needles & Pins….. Ons vergader elke 3de Saterdag van die maand by Christine Von Wielligh.

Uit ‘n koue Bloemfontein, warm truie, “boots” en jasse. Ons rittel en beef, maar bewe maak maer, so glo ek. Energie word mos so verbruik! Ek lees nou die dag in ‘n vroue tydskrif; jou lyf vir Desember word gevorm in die winter! Ons klomp van Needles & Pins het ‘n woelige twee maande agter die blad. Hoofsaaklik vakansie en kunstefees….! Ons werk darem getrou aan ons omgee woordeboekie en verder kry ons vingers koud en doen ons beplanning vir wanneer die aarde weer warmer word. Wou nie vra nie, maar ek is seker hulle hekel voor die vuur. In ons eerste nuusbrief vir die jaar het ek in die algemeen vertel wat ons almal doen. Nou het ek spasie om te vertel oor elkeen se persoonlikheid; net sodat julle weet wat hou ons bymekaar vir amper 20 jaar!. Nelia die leier van ons groepie, is die ingenieur soos Marianne dit al opgesom het. Sy sal ‘n lappie uitwerk, meet en pas sodat hy presies pas. Nie dat ander die som verstaan nie... Marianne is ons kreatiewe siel en kom altyd met die beste idees. Sy kan altyd ‘n haas uit die hoed trek. Magda is ons geestelike inspirasie. Sy kan ook kleure en patrone so goed bymekaar voeg, dat dit die beste in ‘n kwilt uitbring. Ilze hou ons fyn dop! Sy kan enige liggaamlike skeet of siekte ontleed. Sy hou ons liggaamlike welstand instand… en ons koppe! Lorene is die makietie-kat. Sy sorg vir hanepoot, stapskoene en ‘n rugsak. Sy herinner ons telkemale dat werk nie alles is nie. Doretha laat altyd ons koppe in skaamte sak. Sy laat werk na plesier lyk en daai hande is altyd besig, al is dit op ‘n bus of in ‘n geselskap, en voor jy sê ”Jack Robinson” is daai kwilt klaar. En as jy die werk nie klaar kry nie dan lag jy dit klaar. Christene is ons hoofmeisie. Haar ketel kook altyd - altyd daar vir raad. Haar laaie het ook altyd ‘n lappie, patroon of kantjie in om vir iemand te gee. Anneli is ons nuutste vriendin, wat ons opbeur met haar geselsies, wat ons ongelukkig weer die einde van die jaar gaan verlaat. Sy tree af en gaan op Lesoba bly naby Clarens. En dan is daar Estelle met haar gunsteling resepte: Blitsvinnige sagopoeding 1 blik kondensmelk, 1 koppie gespoelde sagopoeding, 2 koppies melk, knypie sout en 1 teelepel vanielje geursel. Meng in bak geskik vir mikrogolf. Mikrogolf soos volg: stel 3 min. en roer; Stel 5 min. en roer; stel 5 min. en roer, stel 5 min. en roer totdat ogies deurskynend is. Hierdie poeding stol dadelik. Bedien met appelkooskonfyt .

… warm groete tot volgende kwartaal.

One who sleeps under a quilt is comforted by love!!! 13


Dagboek asb… Vergaderings vir 2018!!! 1 September Lente Stikdag 20 September Patchjol – Smithfield 3 November Uile/Kreatiewe Lappies 2019… Februarie Gouedrade / Rotary Cutters Mei Friendship / Quiltmakers Augustus Kwetter Kwilters / Stukkie-vir-Stukkie November Sterre / Langenhovenparkies 2020 Februarie Needles & Pins

14


Quilting Abbreviations You Need to Know… Common Quilting Abbreviations – BOM: Block of the Month BSK: Basic Sewing Kit DSM: Domestic Sewing Machine FMQ: Free Motion Quilting FQ: Fat Quarter FW: Feather Weight HST: Half-Square Triangle LAQ: Long Arm Quilting LQS: Local Quilt Shop PhD: Projects Half Done PP: Paper Piecing QAL: Quilt Along QAYG: Quilt As You Go QST: Quarter-Square Triangle RST: Right Sides Together SA: Seam Allowance SID: Stitch in Ditch SOG: Straight of Grain TBQ: To Be Quilted UFO: Unfinished Object WIP: Work in Progress WOF: Width of Fabric WST: Wrong Sides Together

Just for Fun… BDNQ: Bad Day, Not Quilting FART: Fabric Accumulation Road Trip FOB: Fear of Binding HIPS: Hundreds of Ideas Piling Skyward HSY: Haven’t Started Yet PIGS: Projects in Grocery Sacks SABLE: Stash Accumulation Beyond Life Expectancy SQUID: Sewing a Quilt Until I Die TGIF: Thank God It’s Finished WOMBAT: Waste of Money, Batting, and Time WIWMI: Wish It Would Make Itself http://www.allpeoplequilt.com www.ShopMartingale.com

15


Nuus van die Sterre… In ons groep is ons besig om ‘n muurbehangsel te maak gedurende hierdie jaar.

Ons het besluit om ‘n New York Beauty aan te pak. Die laaste deel oor die geskiedenis van die New York Beauty maak dit ‘n patroon wat elke kwilter wil aanpak.

In die 1930’s is die Crysler Gebou gebou en die merkwaardige kroon- ornamentele gedeeltes van die gebou, saam met die Statue of Liberty se kroon, het die naam van die New York Beauty kwilte gevestig om te bly. In die 1990’s het Karen Stone en Jean Wells begin om papierfondasie patrone vir die New York Beauty te ontwerp. Die kleurvolle blokke het ook begin om ‘n kenmerkende deel van die patroon te vorm. Die verskeie publikasies van die patroon het ook ‘n rol gespeel in die vestiging van die naam New York Beauty. (Wonky World)

`n Vriend is `n seldsame boek waarvan net een eksemplaar gedruk is. 16


Basiese kunsbeginsels word nie net in kuns beoefen soos bv `n skildery nie, maar ook by die maak van kwilte en veral sogenaamde “kunskwilte� ( quilt art or textile art). Selfs by tradisionele kwiltwerk speel dit ook `n rol bv. die gebruik van kleur wat `n groot rol speel vir `n baie treffende kwilt. Lees meer daaroor by: https://study.com/academy/lesson/what-are-the-principles-of-artdefinition-examples.html

https://www.getty.edu/education/teachers/building_lessons/principles_design.pdf.

17


Stukkies…

Rotary Cutters…

Stukkies probeer twee maal per maand om op ‘n Saterdagmiddag bymekaar te kom.

Die Rotary Cutters is almal nog flink besig met hulle Mystery o.l.v. Sonja Snyman wat besig is om einde se kant toe te staan. Die laaste leidraad het hulle bietjie onkant gevang met 72 blokke wat van so amper 500 parte aanmekaar gesit moes word om dan 6.5” blokke te vorm. Alle naattoelatings word ook oopgestryk, so dit hou almal goed besig.

Die kwartaal het behoorlik verby gevlieg! Baie van ons lede het rondgery en gekuier en kwilttyd was maar min. Muriel het ‘n draai in die hospitaal gemaak, maar gelukkig is sy nou weer flink op die been. Charlotte het tydens een van ons Saterdagmiddagbyeenkomste gewys hoe om naaldvilt te doen. Daar was heelwat belangstelling en ons hoop om in die toekoms iets daarvan te wys. Elke lid is besig met haar eie projek. Margaret se drasak is voltooi en sy is ook besig om haar “Blooming 9 Patch” -kwilt met die hand te kwilt. Foto’s aangeheg. Martina is nog besig met haar kathuisies en is ook besig om ‘n kindertruitjie vir ‘n uitreik te brei. Felicity het intussen aan haar “Wild Roosters & Chicks” begin werk, ‘n kursus wat Mari Strydom aangebied het. Ons sien uit na die eindresultaat. Johanna het ‘n tafelloper gemaak en is ook besig om dit met die hand te kwilt. Charlotte en Christa het ook Kantha - werk gedoen. Aletta het begin met ‘n “Rag” - kwilt.

18

Wat lief en leed aanbetref is Angelina se nuutse kleinseun intussen gebore. Hanlie het ‘n skouer operasie ondergaan en is nog besig om aan te sterk. Magda was ook onder die mes, maar is goed aan die herstel.


Christa het Quilt-in-Clarens bygewoon en Susan Sittig se kursus “Houses and Trees” gedoen. Dit was baie lekker en interessant. In die verlede het Stukkies verjaarsdaglappies vir elke lid gegee. Hierdie jaar het ons op iets heeltemal anders besluit, nl: “The Giving Plate”

“The Giving Plate: This plate shall have no owner for its journey, never ends, it travels in a circle of family and friends. It carries love from home to home for everyone to share. The food that’s placed upon it, was made with love and care. So please enjoy what’s on the plate, and fill it up again, then pass along the love it holds to your family and friends”. Hierdie bord sirkuleer nou tussen die Stukkies saam met ‘n klein omgee geskenkie. Stukkies se werk…

Margaret se drasak

Margaret se Blooming 9 Patch

Charlotte - Kantha

19


*Quiltmaker Magazine … vir meer idees besoek by www.quiltmaker.com

20


Quiltmakers… “one yard of fabric like one cookie is never enough” – Anon Ons dames van die Quiltmakers het goed gedoen met die skou inskrywings. Ons het 15 inskrywings gehad waarvan ons soos volg gedoen het:

Prentjie muurbehangsel – 3de Nici Smit Organiese vorm muurbehangsel – 1ste Ria Labuschagne

Tema – kwilt – 1ste Nici Smith Dimensione – kwilt – Mara Swanepoel Baie geluk aan julle, dames! Ons is behoorlik trots op julle. Nici en Tammy het die Clarens Kwiltfees bygewoon en die behoorlik geniet.

Nici se voetstoeltjie.

21


Dankie ook aan al ons dames vir die vroetellappies wat julle gemaak het.

Nici is besig om `n toekomstige kwilter te skep met haar dogtertjie, Nieke, hier saam met haar, wat die Alg. Verg. bygewoon het. (Hier is sy saam met Nici en Marianne en langsaan sit sy op Tammy se skoot.)

Lynette se “pelmet” - kwilt is ook uiteiendelik klaar – na 2 jaar as `n ufo!!!

22


`n laaste woord… ( `n uitreksel uit “The Quilt of life - A patchwork of Devotional Thoughts“ deur Mary Tatem)

“Eksodus 35:35 Die Here het aan hulle die vaardigheid gegee om al die werk van `n vakman te verrig: om te ontwerp, om blou, pers en bloedrooi wolstof en linne te borduur en om te weef. Hierdie manne kan enige werk doen en ontwerpe maak.” “We all enjoy decorating our home as an expression of our personalities. Handmade items make our home unique to us. God gave directions for elaborate decorations for the tabernacle and, later, the temple when it was built. The finest artisans did the engraving, weaving and embroidering for the tabernacle furnishings. God understood the need for beauty in die human soul. Our homes are refuge from the world, its pressures and confusion. The most important decoration we can provide for our homes is the presence of peace. By visiting the tabernacle, the Israelis found the peace of God. By daily visiting with God in Bible reading and prayer, we bring peace to our souls, which causes an atmosphere of serenity for those living in our home. When we decorate our homes with items that remind us of God, we will encourage our minds consider God and the peace only He can supply.

GOD`S PATTERN

God encourages us to use our talents to create beauty for ourselves and for others.”

23


ALGEMENE VERGADERING - Mei 2018 Gasspreker: Danio Janeke ( Cut) – Kuns Elemente & die oorhandiging van vroetelkwilte aan Sanet Strydom van Alzheimer`s Vrystaat, asook Bloemskouwenners. Foto`s - Lynette Eloff

24


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.