OKG Nuusbrief November 2017

Page 1

ORANJE KWILTERSGILDE ORANJE QUILTERS`GUILD Since 1989 Bloemfontein & District November 2017 Newsletter/November 2017 Nuusbrief

1


Friendshipgroep - Frances vd Walt 078 803 4019 Goedharte – Du Maurier Weiss 083 4071545 Gouedrade - Marie Coetzee 083 448 6921 Kwetter Kwilters - Lenie Lourens 082 438 5191 Kreatiewe Lappies( Smithfield) - Lee Minnie 082 453 4155 LHParkies - Lettie Rhené 082 466 2986 Needles & Pins – Nelia Venter 0824606326 Quiltmakers - Lynette Eloff 083 973 8161 Stukkie - vir - stukkie - Christa Gouws 083 542 5709 Stukkie vir Stukkie Rotary Cutters - Wilna Geel 084 462 1212 Sterre –Iessie Steenberg 084 733 8639 Tolbosse - Mariëtte Venter 082 460 6362 Tolbosse Uile – Elize Steyn 078 421 5267

BELANGRIKE DATUMS

KWILT ARTIKEL GROEPIE NUUS 2


UIT DIE VOORSITTER SE PEN: Wees gegroet alle lapvriendinne!! So byna aan die einde van die jaar en dit voel of ons sommer net ander dag begin het met 2017! Die winter is verby en ons is in die mooiste, mooiste maand. Ek moet begin deur vir Elize Steyn te komplimenteer met die reël van die Lente Stikdag. 32 kwilters het opgedaag vir die klas en ‘n wonderlike dag beleef saam met Erla Cilliers van Pretoria. Ons is opgewonde om mekaar se kwilte te sien en hoop om dit by Show & Tell te siene te kry. Baie dankie aan die Gilde wat hierdie dag moontlik gemaak het en vir die wonderlike ondersteuning van die lede. Ek wil spesiaal Lenie en Ester van die Kwetter Kwilters se name noem. Hulle het hulp aangebied al het hul nie die kursus gedoen nie. Ons kyk opgewonde uit na die Kwartaal Vergadering wat aangebied word deur Needles & Pins. Hulle groep verras ons altyd met iets nuut. Nog ‘n hoogtepunt in April is altyd die Bloemskou en die nuwe kategorieë is bekend gestel en is hierdie jaar reeds beproef. Dus moedig ek jul aan om met ywer en doelgerigtheid aan die werk te spring vir volgende jaar se skou. Ek hoop jul besoek ons blog en kyk na al ons bedrywighede daar. Frances plaas foto`s van die pas afgelope vergadering – geneem deur Lynette. En dan groet ek op hierdie noot ook al die lede van die Gilde. Ek en my span bedank julle vir jul samewerking. Aan die nuwe voorsitter en haar span wens ons net die beste toe. Geseënde Kersfees en baie voorspoed vir 2018.

3


Patchjol 2017 Smithfield Veels geluk met `n heerlike en baie suksesvolle dag!!! Doe so voort!!!

4


5


Friendshipgroep… Ons kom steeds elke 2de Vrydag van `n nuwe maand in die Bernina – werkslokaal bymekaar. …

time flies

so fast that January seems like yesterday. (Yashvi) …en sommer net so – is die jaar verby! Al werk die meeste van ons nie meer voltyds nie, beteken dit nie dat daar genoeg tyd vir kwilt was nie. Daarvoor is daar te veel ander verpligtinge – veral die oumas word baie besig gehou –eintlik `n groot voorreg! Dus, so tussen alles deur, het elkeen darem `n tydjie ingeruim vir ons geliefde stokperdjie. Trudy is `n gewilde ouma – maar so tussen deur word daar die aan haar “Baby Jane” gekwilt. Maxie het die mooiste babagoed gemaak vir `n nuwe kleindogter. Tog te pragtig! Elaine word ook besig gehou deur die kleinkinders, maar so tussendeur word daar gehekel en aan haar wolkwiltjie gewerk. Anna Gropp maak die mooiste heksagone!!! Bly maar `n mooi en gewilde handwerktegniek. Anna Rautenbach kuier die wêreld vol – maar skeep nie haar kwiltwerk af nie – haar “Cathedral Window” – kussing is amper klaar. Die mooiste bruin skakerings! Marilisa Smit en Martie Botha hou toe ons groep se naam sommer baie hoog, tydens die laaste Alg. Vergadering met `n 1ste en 2de plek met “Show en Tell”. Baie geluk Marlisa, met jou pragtige “fusion” – kwilt. Martie se kwiltjie, waarvan sy gedurende die fees van 2013 `n klas by Griet Lombaard geloop het , het die 3de plek gewen by die die Patchjol. Baie geluk Martie!

6


Amanda werk net Ufo`s – en dis pragtig! `n Nuwe gogga het haar gebyt en daar word nog so tussendeur geweef ook! Hanli se tyd is deesdae min – maar sy werk so tussendeur ook aan `n “Cathedral Window” – kussing. Maureen loer in as daar nie gekuier word nie. Gedurende die winter het sy baie gehekel. Frances werk Ufo`s! – die word net meer en nie minder! Sanet het die “Blooming Ninepatch” – kursus bygewoon en baie geniet. Mari het `n baie groot operasie ondergaan, maar sterk mooi aan – en soos gewoonlik is dit nie iets wat haar terughou, maar net tyd gee vir nog meer mooi idees wat ons saam met haar kan doen. Hou dus maar die spasie dop ! Matertjie, ons is saam met jou bly dat alles goed afgeloop het. Estelle is beslis ons groep se “valedictorian” van 2017 – sy het haar “Dear Jane” – kwilt voltooi!!! Presies soos die oorspronklike! Nou gaan sy dit met die hand kwilt. Baie geluk, Estelle – jy gee beslis `n stywe pas in ons groep aan! Ons is trots op jou.! `n Geseënde Kersfees aan al ons mede - kwilters. Groetnis tot DV 2018!!!

Pinterest: free patterns christmas table runners

7


Resep ‌ ‌lekker vars slaai saam met `n braai gedurende die warm somers -aande!

Raw butternut salad Ingredients 1 orange/naartjie 1 or 2 butternuts (depending on size of salad need 1 tin pineapple pieces and juice 1packet peach jelly powder

Method Grate raw butternut into bowl. Pour pineapple or orange juice into bowl just so that it is not dry. Add in pineapple pieces and chop orange naartjie pieces into salad. Mix up together. Sprinkle 1/2 packet jelly powder over salad and leave for an hour or so, better overnight, for flavours to develop. Delicious and nutricious. 

http://www.food24.com/User-Recipes/Hill-andDale/Raw-butternut-salad-20091027-2 8


Kwetter kwilters‌ Deesdae lyk dit of die Kwetters eerder hekel as kwilt. Maar so deur alles word daar ook aan die lappies gewerk. Die twee nuwe Oumas, Marietjie en Regina hekel net vir die babas. Regina het vir Ninnet die allermooiste dooprok gehekel. Esther het vir ons `n vreeslike lekker hekelpatroon geleer, so daar is al heelwat kombersies gehekel. Martie-Mari, Marietjie, Lenie, Magriet en Esther het `n hele mat gehekel (foto.) Marietjie het die kursus met ons Lentedag gemaak(foto.) Slegs drie van ons was daar en het dit baie geniet. Esther en Lenie het ook Smithfield se Patchjol bygewoon en soos gewoonlik met sakke vol nuwe idees teruggekom. Lenie se harte vriendskapkwilt is ook klaar. Met Magriet gaan dit nie so goed nie. Die penne in die rug is los en moet weer verwyder word. Sy is daagliks in pyn en sal eers so moet leef tot volgende jaar. Dit keer haar nie om besig te bly nie. Sy het ook `n kombers gehekel en vir Arina se dogter `n kwilt gemaak. Die dogter ry perd en die kwilt is gemaak dat sy al haar medaljes op die kwilt kan vassteek en ophang. Om die rand is prente van perde(foto) . Dink darem deur al die vakansie hou en rondloop het ons `n heel produktiewe jaar agter die blad. Mag al die dames van die Gilde `n welverdiende rus geniet tot 2018. Groete van die Kwetters.

9


Langenhovenparkies… Dis lente en met al die tekens van nuwe lewe in die natuur, veral na die wonderlike reën, kan mens nie anders as om ook `n huppel in jou stap te kry nie! Ons lede is besig om heelwat projekte te voltooi en begin alweer beplan vir nuwes! Flolinda het ondanks baie rondrits 3 pragtige sterkwilte gelyktydig gemaak vir 3 van haar kleinseuns. Sy is sowaar `n groot inspirasie vir ons almal en het net weereens bewys dat waar `n wil is, is `n weg. Welgedaan Flolinda, jy is n ster! Elsa se pragtige swart en wit kwilt met turkoois, vir haar seun vorder goed en hy gaan verseker baie trots daarop wees. Ansie se huisiekwilt is op die hond se stert en pragtig! Denise het n UFO van "check" lappies met sterre opgediep en geniet dit nou om daaraan te werk. Tannie Lena het haar pragtige landskapkwilt voltooi en sterk nou aan na `n heupvervanging. Ons vertrou sy gaan een van die dae weer gereed wees vir `n nuwe projek! Ninor het hierdie jaar baie gesondheids probleme gehad en ons hoop en vertrou dat sy spoedig weer sterk genoeg gaan wees om te kwilt. Lettie se huisiekwilt is ook bykans klaar en sy het die appliekwerk baie geniet.

You can’t buy happiness, but you can buy fabric, and that is pretty close. (Anon)

10


Gouedrade (Saterdaggroep)… Ons dink aan die 4 Sussies: Kokkewiet, Petro, Louisa en Breggie wat 'n oom in September verloor het, sterkte vir julle... Bettie is besig met Blommemeisie rokkies en 3 onderbaadjies vir haar seun se troue die 21ste Oktober.... Sterkte en mag God hul verbintenis seën. Corine, sterkte met Phillip se operasies aan sy arm en been. Glo dit sal goed gaan.... Dit gaan goed met ons almal " Spekvet en Gesond ". Meeste van ons is besig met die "UFO'S", wat so ophoop....maar klaar kry, sal ons. Van die klomp is besig met hul “Blooming Nine Patch” - kwilt, en ons ander kan nie wag om die eindresultate te sien. Liefde en seën vir almal....

Sonja Mostert se beginnerskwilt is klaar!!!

11


Needles & Pins….. Ons vergader 1 keer per maand op die derde Saterdag van die maand by : 16 WEG Louwstr, Langenhovenpark om 14h00 tot 17h00.

Die lente breek aan Met ‘n boeppens vol vokale volrond in die vroegoggend voëlgesange. -Verby is die winterkou se ysige verlangeWant met sy bont gebreide blommekombers om jou Oktobermaand in te kleur hang die lente ook sy immer bekende blomgeur oral in die lug om jou op te beur. Sonja Peacock

Die tyd van die jaar met die blommegeur in die lug soos Sonja in haar gedig skryf, raak mens weer lus om dinge te DOEN. In die winter is dit of als so ‘n bietjie “afslack” maar nou word daar weer beplan aan ons deurnag kwiltgeleentheid, die algemene kwiltvergadering en die 2018 kwiltprogram. Deur die jaar het ons verskeie klein werkswinkeltjies gehou en ‘n verskeidenheid kwiltprodukte gemaak. Die dames is ook druk besig om verlede jaar se deurnagprojek te voltooi. Vyf van die dames in ons groepie het die voorreg gehad om die kwiltfees by te woon en kon kom “brag” met hul artikels. Ons het deur die jaar ons beste resepte onder mekaar uitgedeel. Marianne het elke week die resepte met groot genot op haar gesin uitgetoets.

12


Elkeen het ook ‘n pragtige oortreksel gekry vir haar resepteboek op haar verjaarsdag. Ons het ook aan verskeie uitruilprojekte deelgeneem in 2017.

Geluk aan Marianne se seun wat verkies is tot die leerlingraad. Voorspoed Elsa met jou opkomende rug- en heupoperasies.

‘n Geseënde 2018 word jul toegewens !

Dagboek asb… Alg. Vergadering 2018

10 Februarie 2018 13


Quiltmakers‌Quiltmakers vergader elke 2de laaste Saterdagoggend van die maand by Skink-I-kofy, Iessie se huis. Ons dames bly maar besig met al die ufo's. Maar so tussen deur al die ufo's, is van ons besig met kleiner kwiltprojekte. Ons het verlede kwartaal 'n handsak gemaak, met die sak voorop wat op die patroon van Cathedral window patroon gemaak is. Ons is die kwartaal besig om plekmatjies te maak. Baie opgewonde om te sien hoe elkeen sin gaan lyk sodra dit klaar is. Die Quiltmakers en Goue Drade het Augustus se algemene vergadering gehou, wat 'n groot sukses was. Elize Kruis, wat die gasspreker was, het gedemonstreer hoe om foto`s op lap te doen. Na die vergadering het Charlotte gedemontreer hoe om vlinders met stukkies lap te doen. Nici het 'n pragtige pienk vlinder vir haar dogtertjie se kamer gemaak. So ook het van die dames die Lente stikdag, 2 September, bygewoon en met ongelooflike kreatiewe meesterstukke voorendag gekom. Een van ons lede, Alida, het ook 'n prys gewen. Baie geluk Alida. Sodra al my ufo's klaar is gaan ek ook een aanpak. Verder staan ons ook einde van die jaar se kant toe. Wat 'n besige jaar was dit net nie. Maar ons groepie sien uit na 'n lekker afsluiting by The Willows. As ook 'n lekker rustyd oor Desember. Veilig Desember vir almal tot ons mekaar weer in Januarie 2018 sien.

14


Kyk uit vir die volgende

Reisende Uitstalling gedurende April 2018 By Oliewenhuis Bloemfontein. 15


Nuus van die Sterre… Ons groepie werk elke kwartaal aan ‘n nuwe projek. Vir die derde kwartaal het ons elkeen ‘n handsak gemaak en die motivering was om eerstens handgemaakte katedraalvensters onder die knie te kry. Vir die laaste kwartaal maak ons plekmatjies met sterre (ons is mos darem die Sterre Kwilters) en langs die kante plek vir messegoed en servette. Van ons groep se lede het ook deel uitgemaak van die Lente-Stikdag. Dit was ‘n heerlike dag en meeste van die kwilte, wat daar aangepak is, is al klaar. Die lopers is gemaak op die Blooming 9 Patch patroon en aangebied deur Erla Cilliers van Pretoria. Ria, Lulu, Nieka ,Elsie en Ilze se handsakke.

Iessie se loper is gemaak op die Blooming 9 Patch patroon. 16


Stukkie - vir – Stukkie… Ons Stukkkies was baie bedrywig die afgelope kwartaal. Die Mosaïek appliek demonstrasie wat Charlotte na die Augustus-kwartaalvergadering aangebied het, het almal aan die werk laat spring en is skoenlappers en ‘n kat of twee gemaak. Die aanbieding was oop vir alle lede van die Gilde en 27 dames het dit bygewoon. Die Saterdag daarna, het Charlotte vir ons die ‘wavy’ agtergrond laat doen en kussingslope en kwiltjies is gemaak. Sewe van ons groep het die “Patchjol” op Smithfield bygewoon, oa. Annatjie, Felicity, Charlotte, Aletta, Annamarie, Magdaleen en Christa. Dit was ‘n heerlike kuierdag saam met ou bekendes en ons het sommer baie nuwe kwilters ontmoet. Ons het soveel geleer van ons kwilters op die platteland, hulle doen die mooiste werk en het ongelooflike idees!! Annamarie het ook lap ens. daar verkoop, dankie Magdaleen vir jou hulp met die verkope. Tans is elkeen besig met sy eie werkies en probeer ook al die nuwe werk wat ons die afgelope jaar geleer het, af te handel. Charlotte het ‘n baie interessante en mooi drasak gemaak met unieke appliekwerk. Ek is seker sy gaan ook vir ons ‘n klas aanbied. Felicity se hartekwilt is ook voltooi. Dit is baie mooi met die stroke waarmee sy gelas het. Sy het ook ‘n 2de huisielandskap-kwilt gemaak. Ons is baie trots op haar. Annatjie se ‘Crazy patch’ is ook klaar en is pragtig. Sy het in skakerings van blou, pers, turkoois en maroon gewerk. Magdaleen se se hexagoon-kwiltjie is aanmekaar, nou net vir toebroodjie maak en dan die afwerking. Annamarie se ‘Cut-out’ - kwiltjie is ook klaar in heldergeel en groen. Margaret is nog besig met haar beginnerskwiltjie, dit is naby klaar.

17


Johanna, ons nuwe lid, se beginnerskwiltjie is amper klaar en só netjies. Sy het intussen ook haar skoenlapperkwiltjie voltooi, sien foto. Verder het Johanna uit een van die kwilttydskrifte wat by die Augustus - vergadering uitgegee is, ‘n kwilt op haar eie begin maak. Die Lentekwiltdag (B9P) is deur Charlotte, Aletta, Annamarie en Margaret bygewoon. Charlotte het ‘n koningsgrootte ‘Blooming 9 Patch’ kwilt gemaak in skakerings van pienke en groen. Dit is pragtig en wil gedoen wees. Baie geluk Charlotte. Martina is al vir ‘n hele paar weke by die huis en het een middag kom inloer by die groepie. Sy word al hoe sterker en bly deel van ons groepie. Sy het selfs al bietjie met haar naaimasjien gewerk, en die hande sal een van die dae weer ‘n naald kan vashou! Muriel, Margaret en Beatrice bly so stil-stil aan die gang. Christa se slaapkombers se blokke is almal gestik, en moet nou aanmekaargelas word. So spoed die jaar voort en begin ons beplanning vir die laaste paar maande. Baie sterkte aan almal wat lief en leed aanbetref en dankie vir elkeen se bydrae die afgelope jaar. Dit is ‘n fees om deel van hierdie groepie te wees!!!!!

Annatjie se Crazy Patchkwilt. Beatrice se skoenlapperkussing. Johanna se skoenlapperkwiltjie.

Christa se kat.

Aletta se “Blooming 9

18


Patch” kwilt.

Charlotte se Blooming 9 Patchkwilt Charlotte se drasak

Annamarie se ‘Cutout’

Felicity se Skewe huisies.

Rotary Cutters… Die afgelope kwartaal was almal besig met hul eie projekte nadat die handsakprojek by Bernina ten einde geloop het. Sommige lede werk nog aan hul projekte van 2015 en 2016, maar dis mos maar hoe ons kwilters rol! Daar word ook dik stukke beplan aan ‘n groepprojek vir volgende jaar. Ons het besluit om ‘n “mystery quilt” aan te pak. Meer inligting is egter nie beskikbaar nie aangesien dit, wel, ‘n geheim is… Van ons lede was ongesteld met Marietjie van Rensburg en Rika van der Merwe wat beide in die hospitaal was. Marietjie is weer op die been na ‘n gekombineerde galblaas/breuk operasie en Rika het pynblok ontvang vir ‘n senuwee wat vasknyp in die rug. Magda du Plessis verkeer self ook nog in baie pyn met haar rug. Meeste lede is tans besig met verskeie handwerk projekte wat wissel van teddie bere brei tot Keltiese kwiltwerk. Rika het ‘n kwilt gemaak vir haar nuutste kleindogter wat binne die volgende maand haar opwagting gaan maak. Angeline is geïnspireer met Wilna se “Block-A-Day” - kwilt van 2013 se fees en het ook met een begin. Magda vorder goed met haar kralewerk aan die paneel waarmee sy besig is.

19


Uile… Of dit nou winter somer of lente is. Wie gee om???? Kwilters!!!!!! Met elke seisoen kry ons nuwe inspirasie en idees. Die lewe loop maar met ons draaie en kronkels en Lizbe van Wyk is nou by so 'n groot kronkel. Lizbe het 'n dubbele mastektomie gehad en ons bid jou Ons Vader se Seën , liefde en Genade toe en dra ons jou in ons gebede. Adie se man is meer mobiel en hy het waarlik die Genade van die Here ontvang. Ons het weer 'n heerlike projek gehad. Handsakke wat enige vrou se droom is. Maar dit was nie al nie ons het aan die kursus “Blooming 9 Patch” van Erla deelgeneem. Dit was absoluut 'n fees en die mooiste kwilte het daaruit gekom. Annelize en Gerda het ook ander kursusse bygewoon, wat weer vir hulle baie geleer het. En hulle het met ons kom deel en wys. Estie was op 'n blommetoer en alhoewel die blomme bietjie min was het die toer daarvoor opgemaak. Verder was ons klasse soos altyd baie gesellig en leersaam en onder Iessie se wakende oog werk ons bietjie meer as net gesels. Groete

Elize

I DON'T NEED THERAPY I JUST NEED TO SPEND TIME WITH MY SEWING MACHINE. Anon. 20


Veels geluk aan‌

MariĂŤtte Venter Gekose voorsitter vir die tydperk 2018/2019.

21


Tolbosse… Hier by ons is die jaar hopeloos te vinnig onder ons uit! Te min nuwe kwilte het die lig gesien, maar gelukkig het hier 'n paar gebreide en gehekelde komberse na vore getree. Asook pragtige gehekelde lampskerm.

Ons was almal vreeslik in ons skik met die tee -net wat ons ontvang het vir ons verjaardag. Is altyd so 'n spesiale geskenk. Ons het ook 'n nuwe jong en ywerige lid bygekry. Hopelik word kwilt haar passie hier by ons. Welkom Riané ons is bly om jou hier by ons te hê. Dink jy gaan ons dalk inspireer.

Dit voel onwerklik, maar is alweer tyd om almal 'n wonderlike Christusfees toe te wens. Hoop julle rus lekker en het hope nuwe inspirasie vir kwilt in 2018.

Baie dankie aan Iessie en haar span vir julle harde werk. Vir die toesien dat hier lekker dinge gebeur by Oranje kwilters en vir jul inspirasie en toewyding.

Dit was 'n goeie kwiltjaar a.g.v. van julle.

Lampskerm wat Lynette gehekel het. Volgende Nasionale Kwiltfees 16 – 24 Augustus 2019 Johannesburg Aangebied deur Goue Rand Kwilters

22


…`n laaste word

DIE DANS VAN DIE REËN O die dans van ons Suster! Eers oor die bergtop loer sy skelm, en haar oge is skaam; en sy lag saggies. En van ver af wink sy met die een hand; haar armbande blink en haar krale skitter; saggies roep sy. Sy vertel die winde van die dans en sy nooi hulle uit, want die werf is wyd en die bruilof groot. Die grootwild jaag uit die vlakte, hulle dam op die bulttop, wyd rek hulle die neusgate en hulle sluk die wind; en hulle buk, om haar fyn spore op die sand te sien. Die kleinvolk diep onder die grond hoor die sleep van haar voete, en hulle kruip nader en sing saggies: “Ons Suster! Ons Suster! Jy het gekom! Jy het gekom!” En haar krale skud, en haar koperringe blink in die wegraak van die son. Op haar voorkop is die vuurpluim van die berggier; sy trap af van die hoogte; sy sprei die vaalkaros met altwee arms uit; die asem van die wind raak weg. O, die dans van ons Suster! [Uit: Versamelde gedigte – Eugene Marais]

23


24

Alg. Vergadering Augustus 2017


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.