Orania Voorgrond Mei 2008

Page 1

VOORGROND Junie 2008 2/4 Orania, die nuwe werklikheid

Hoekom is Orania oranje?

Orania Beweging twintig jaar later

Orania Beweging beding korting vir lede

Oranet

Kuberruimtes vir Orania

Konferensie: Nuwe antwoorde vir nuwe tye


REDAkSIONELEiNLiGTiNG Redakteur: Lida Strydom

Posadres: Posbus 27, Orania, 8752

Medewerkers: Frans de Klerk Annatjie Joubert Anna Maria Laäs Eleanor Lombard Dr. John Strydom Nikke Strydom

Om aan te sluit by die Orania Beweging: Tel: 086 111 2520 Kantoornommer: Tel: 053 207 0062

“In Diepte”- Redakteur: Dr. Jakes Möller “In Diepte”- Medewerkers: Prof. CWH Boshoff Johan Deckmyn Voorbladfoto: Stigtingsdagvieringe, Orania Lida Strydom Taalversorging: Francois de Vos

K ULTURELE VAkANSIEDAE IN ORANiA

27 Februarie - Majubadag 6 April - Stigtingsdag 31 Mei - Bittereinderdag 14 Augustus - Taaldag 10 Oktober - Heldedag 16 Desember - Geloftedag

BELANGRIkE

TELEFooNNoMMERS Inligtingskantoor: ........... 053 207 0062 Orania Dorpskantoor:.... 053 207 0063/4 Orania CVO-skool: ....... 053 207 0177 Volkskool Orania: .......... 053 207 0161 Orania Groeifonds: . ...... 053 207 0082 Helpsaamfonds: ............. 053 207 0062

Vonkpos: inligting@orania.co.za of oraniabeweging@orania.co.za Webwerf: www.orania.co.za Internetgesprekgroep: Word deel van die Oraniagesprek: oraniagesprek-subscribe@yahoogroups.com VOORGROND word uitgegee deur die Orania Beweging

VERBLYF iN ORANiA 1. Afsaal (oornagkamers) 053 207 0199 2. Carpe Diem (gastehuis) 053 207 0000 3. Hayes Tuishuis (oornagwoonstel) 053 2070038 4. Herberg Oranje (gastehuis) 053 207 0070 5. Aan die Oewer-woonwapark (woonwaen tentstaanplekke asook chalets) 053 207 0118 6. Boskamp (chalet) 083 388 1433 7. Die Ou Melkplaas (gastehuis) 084 491 1947 8. Sagte Tye (luukse selfsorgakkommodasie) 082 975 8132 9. Juckers-Hoff Selfsorgakkommodasie 083 600 1780


REDAKTEURSPERSPEKTiEF In Orania droom ons en ons droom groot! Reeds in die vyftigerjare het sommige visioenêre leiers al die gedagte uitgespreek dat apartheid as ’n baie onregverdige stelsel nooit sou werk nie en dat ’n regverdige alternatief gevind moes word. Twintig jaar gelede is die Orania Beweging a.g.v daardie denke in die lewe geroep. Nou bestaan Orania reeds vir sewentien jaar! Vir sewentien jaar is ons ’n realiteit, maak ons planne en groei ons, stadig maar seker! Agter die Orania waarin ons vandag soveel vreugde vind, lê visionêre denke. Ons is dankbaar vir leiers soos prof. Carel Boshoff en dr. Chris Jooste wat as’t ware om die draai kon sien en voorspel het wat in die toekoms met die Afrikaner sou gebeur. Daarom is Orania tot stand gebring: om ’n heenkome te bied vir die Afrikaner vir wie vryheid steeds veel beteken. Verseker was daar tandekryprobleme. Maar dit is wonderlik om elke keer unieke oplossings te vind en proaktief op te tree, want Oraniërs het probleme sien kom, Lida Strydom lank voor 1994! Ons het egter gekies om iets Redakteur daaraan te doen en nie te wag vir enige iemand anders om vir ons lot verantwoordelikheid te Ek weet dit nou. Elke man gee sy lewe vir dit waarin hy glo. Elke vrou gee haar lewe vir neem nie. Tree vir versigtige tree pak ons die pad na wat sy glo. Somtyds glo mense in min of niks, die oprigting van ’n vrye Afrikanerstaat aan. hulle wy dus hulle lewens aan min of niks... In die geskiedenis van ’n volk is twintig jaar Jeanne D’Arc onbeduidend, maar oor die afgelope twintig jaar kan daar wel vordering vermeld word, soos u duidelik sal lees in prof. Carel Boshoff se skrywe in In Diepte. Ons werk goed saam met die provinsiale en nasionale regering en ons verwag nie dat dit in die toekoms gaan verander nie. Verskeie akademici hou Orania voor as ’n kosbare model van gemeenskapsbemagtiging en plaaslike selfstandige ekonomiese ontwikkeling. Ons ontvang besoeke van akademici van dwarsoor die wêreld omdat Orania ’n model is wat werk! Dit is so ’n voorreg om trots te kan wees op hierdie taak waarmee ons daagliks besig is. Dit is ’n voorreg om deel te wees van ’n doelgedrewe gemeenskap wat in afhanklikheid van ons Skepper daagliks aan ’n toekoms werk. Dis so heerlik om te weet: Daar is werk om te doen! Kom, kom help en bou saam, ons het elke Afrikaner nodig! Tot volgende keer. Lida Strydom Redakteur

Voorbladfoto Stigtingsdag, 6 April, is vanjaar weer op verbeeldingryke wyse gevier. ‘n Tablo, geskryf deur Anje Boshoff, is op ‘n strandjie aan die Oranjerivier opgevoer. Jan van Riebeeck en sy gevolg het per vlot die baaitjie binnegevaar en is toe deur matrose aan wal geroei. Herrie die Strandloper het die geselskap met groot nuuskierigheid ingewag. Hy is nie teleurgestel nie, want toe die “Drommedaris” se kiste uiteindelik afgelaai is, is man en muis omgekoop met gemmerkoekies. Nadat koffie aan al die teenwoordiges op die strand bedien is, is opnuut in groot samehorigheid besluit dat Orania die nuwe tuiste vir Afrikaners is.


’N ooRSiG DEUR FRANS DE KLERK, UiTVoERENDE HooF VAN DiE oRANiA BEWEGiNG

Orania, die nuwe werklikheid

D

ie Orania Beweging, wat sy ontstaan in 1988 as die Afrikanervryheidstigting onder die visionêre leierskap van prof. Carel Boshoff gehad het, vier vanjaar sy twintigste bestaansjaar. Verskeie van die Afrikaner se politieke en kulturele instellings wat destyds die botoon gevoer het, bestaan nie meer vandag nie. Baie ander het hulle aktiwiteite drasties afgeskaal en ervaar kwynende ledetalle.

Verskeie van die Afrikaner se politieke en kulturele instellings wat destyds die botoon gevoer het, bestaan nie meer vandag nie.

Die Orania Beweging het egter die toets van die tyd deurstaan. Nie net is die Beweging reeds 20 jaar oud nie, maar ondervind ’n groei in ledetal van meer as 20% per jaar die afgelope paar jaar en ervaar deurlopende opskaling van sy aktiwiteite. In Orania self, waar die Beweging se ideale praktiese gestalte vind, het die tempo van ontwikkeling versnel. ’n Vervalle konstruksiedorp in 1991 het plek gemaak vir ’n lewende Afrikanergemeenskap. Groeiende besoekersgetalle en toenemende belangstelling in Orania deur mede-Afrikaners is ’n duidelike bewys dat die dorp en die ideale waarvoor hy staan, ’n toekomsgerigte antwoord bied vir die Afrikaner se oorlewing in Suid-Afrika. Die bekenstelling van die Afrikanervryheidstigting se plan vir Afrikanervestiging in die Noord-Kaap in 1989, is nie met baie geesdrif begroet nie. Baie het daarmee die spot gedryf. Vandag het alle ander politieke paaie doodgeloop en net die Orania Beweging het oorgebly met ’n konkrete plan vir Afrikanervryheid. Soos die Afrikanervryheidstigting nie in 1989 geswig het onder populistiese druk nie, en sy plan en strategie op ’n oorwoë en beredeneerde grondslag gevestig het, so moet die Orania Beweging ook in die toekoms sy planne en strategieë formuleer sonder dat korttermynoorwegings sy visie inperk. Die uitgangspunte van die Afrikanervryheidstigting van twintig jaar gelede is vandag nog presies dieselfde. Die Franse filosoof, Auguste Comte, het teen die middel van die negentiende eeu geskryf: “Demografie is lotsbestemming” (H Giliomee: Die Afrikaners, p539). Die voorbeelde van volke wat op die langtermyn staande kon bly teen ’n getalle-oorwig is min. Dit is weens hierdie werklikheid dat Orania gekies is as vestigingspunt vir Afrikaners, in ’n deel van die land wat demografies vriendelik is. Die taak van Afrikaners vir wie die voortbestaan van die Afrikaner in Suid-Afrika na aan die hart lê, is om Orania, binne die raamwerk van die huidige grondwet en op die grondslag van eie arbeid, uit te bou tot ’n selfstandige stad. ’n Stad met sy eie universiteit, tientalle skole en ander opvoedkundige instellings en huisvesting vir duisende Afrikaners. ’n Stad met pleine, eetplekke en teaters vir feeste en ’n Stad waar sosiale verkeer, ’n stad waar elke oop stukkie grond gebruik word vir voedselverbouing, ’n stad met ’n kinders weer in hoë tegnologie en nywerheidsektor gerugsteun deur uitvoer en ’n suksesvolle finansiële dienstebedryf wat wêreldwyd dienste kan lewer en meeding. ’n Stad die strate kan waar kinders weer in die strate kan fietsry en speel, waar mense in die aand kan gaan slaap met deure en fietsry en speel


’N ooRSiG DEUR FRANS DE KLERK, UiTVoERENDE HooF VAN DiE oRANiA BEWEGiNG vensters oop en waar daar enige tyd en enige plek Afrikaans gepraat kan word sonder enige beperking. Om hierdie droom werklikheid te maak is daar twee aangeleenthede wat van wesenlike belang is. In die eerste plek moet die ondersteuningsbasis van die Orania Beweging sterk uitgebou word. Groeiende ondersteuning sal ook nodige hulpbronne voorsien vir ontwikkeling en groei. Dit sal ook Orania se boodskap wyer uitdra om meer aktiviste betrokke te kry en Afrikaners in Orania te vestig. ’n Sterk Orania Beweging sal deurlopende gesprek en onderhandeling met die regering, meningsvormers en buitelandse diplomate moontlik maak. Dit sal ’n geleentheid bied om die redelikheid van die Orania-gedagte oor te dra en te beding vir tyd en ruimte vir ontwikkeling. In die tweede plek moet die instellings in Orania versterk word om groeiende vestiging moontlik te maak. Instellings wat die nodige kulturele, maatskaplike en ekonomiese ruimte skep waarbinne ontwikkeling kan gedy. Hier word daar byvoorbeeld gedink aan die dorpsraad vir die voorsiening van infrastruktuur, die skole vir die voorsiening van hoë standaard onderwys, die plaaslike gemeenskapsbank vir die voorsiening van ontwikkelingskapitaal en ontwikkelingskorporasies vir nywerheids- en landbou-ontwikkeling sowel as gronduitbreiding. Orania beskik oor die nodige kritiese massa om ’n volgende fase van groei binne te gaan. Sy instellings is gevestig en onder goeie bestuur. Die groot uitdaging lê daarin om nie nou in ’n gemaksone te verval en slegs op die onmiddellike te fokus nie. Kapitaal moet gewerf word, instellings moet uitgebou word en nuwe ondersteuners moet gewerf word. ’n Nuwe fase van ontwikkeling en vestiging gaan nie vanself gebeur nie, maar moet gedryf en goed bestuur word.

Groeiende ontwikkeling en Die groot vestiging sal ook lei tot groeiende uitdaging lê selfstandigheid. Dit sal Orania in staat stel om meer dinge self daarin om te doen. Orania se vermoë om nie nou in ’n te beding vir selfbeskikking is direk afhanklik van sy vlak van gemaksone te selfstandigheid. Die mate van verval nie. de facto selfbeskikking waaroor Orania tans beskik, is ’n direkte gevolg sy vermoë om selfstandig te handel. Waar die Afrikanervryheidstigting met sy stigting sterk gefokus het op die eindpunt van Afrikanervryheid in ’n eie staat, is die taak van die Orania Beweging vandag om op die wegspring te fokus. Op ontwikkeling en vestiging waarvan die resultaat sal lei tot ’n eie staat vir Afrikaners. Vryheid en ’n eie staat sal nie vir Afrikaners gegee word nie, hulle sal dit self moet verwerf. Wanneer daar dus op ’n kollektiewe grondslag ’n nuwe werklikheid geskep is, kan beding word vir de jure erkenning. Frans de Klerk


SiMBoLE

Hoekom is Orania oranje?

Wanneer ’n kleur lank genoeg met ’n idee geassosieer word, word die kleur ’n simbool

Oranje is ’n kleur wat aandag afdwing. Dit kry mense aan die dink en aan die praat. Oranje kombineer die energie van rooi en die vrolikheid van geel. Dit verteenwoordig geesdrif, kreatiwiteit, vasberadenheid en sukses. Dit is ’n sosiale kleur wat insluit eerder as uitsluit. Volgens prof. Wilhelm Verwoerd word daar in die heraldiek slegs vyf kleure en twee metale, naamlik rooi, blou, groen, pers en swart, en silwer en goud erken. Oranje is ’n variant van rooi, nie ’n aparte kleur nie.

Heraldiese kleure het nie betekenisse nie, hoewel daar dikwels betekenisse aan toegedig word. Oranje is ook ’n kleur met ’n geskiedenis. “Oranje-blanje-blou” was die kleure van die “Prinsevlag” in Holland en dit word algemeen aanvaar dat Van Riebeeck hierdie vlag in 1652 aan die Kaap gehys het. Oor die “Prinsevlag” skryf F.G. Brownell soos volg in sy boek Nasionale en Provinsiale Simbole (1993): “Die oranje, wit en blou kleure het op die voorgrond getree tydens die vryheidsoorlog waarin veral die noordelike provinsies van Nederland onder aanvoering van die Prins van Oranje teen die Spaanse besetting en oorheersing van hul land geveg het. Die oranje, wit en blou-driekleur is teen ongeveer 1572 aangeneem

deur die Watergeuse, die bynaam wat gegee is aan die vryheidsvloot van die provinsie van Seeland.” Die vlag het ’n duidelike boodskap van vryheid en bevryding uitgedra wat ook in Suid-Afrikaanse verband toepaslik sou wees. Toe die State-generaal van Nederland later in stryd met die Prins van Oranje gekom het, het die Nederlandse vlag teruggekeer na die rooi, wit en blou van die “Statenvlag”. Die Nederlandse vlag is ook die oudste nasionale vlag in Europa en sedert die Beleg van Alkmaar in 1574 as sodanig aanvaar. C.D. van Zyl skryf in ’n verslag: ”Wanneer ’n mens aan ’n kleur dink, dink ’n mens nie aan die kleur alleen nie, maar aan die kleur in verhouding tot iets wat bekend is. Wanneer ’n kleur lank genoeg met ’n idee geassosieer word, word die kleur ’n simbool.” Genoeg rede dus om die kleur oranje as simbolies van “vryheid” te beskou, al het dit niks te doen met heraldiek nie. Orania en oranje is sinoniem, want dis die kleur waarmee Oraniërs aan die wêreld wys wie hulle is. Oranje is deel van Orania se unieke identiteit. Dit is ook toenemend die kleur wat mense kan dra om hulle ondersteuning aan Orania te kenne te gee. Groepe Oraniërs in oranje geklee,wat saamstaan om ’n saak te verdedig, vorm ’n unieke visuele beeld. Tydens feeste op Orania dra Oraniërs oranje om hulle solidariteit en vryheidstrewe uit te beeld. Oranje is die kleur waarmee blydskap op Orania gevier word. Op feesdae en met verjaarsdae of wanneer die familie of geliefde gaste kom kuier, word ’n oranje wimpel by huise vertoon. So deel die gemeenskap in die vreugde van die gesin, so word daar ook nieverbaal gekommunikeer en ervaar mense dat hulle deel is van die groter geheel.


TEGNoLoGiE

Oranet: Kuberruimtes vir Orania ORANET, die kort woord vir Orania Internetdienste, laat my met ’n tinteling van opgewondenheid. Ek skuif reg op my stoel, want ’n mens moet gemaklik sit as jy lekker wil gesels. Notules van so ver terug as Januarie 2005 het my weer laat besef hoe lank dit neem om aan ’n droom te bou. Die gedagte om ’n eie internetdiens, soortgelyk aan @lantic, Iafrica of MWeb aan Orania te verskaf het by Bernard Vorster en Francois Joubert begin. Bernard, eienaar van die internetdiensverskaffingslisensie, kyknou.net, het reeds intekenaars landswyd sowel as oorsee gehad. Die groot verskil tussen hierdie diens en die groot uitheemse reuse is: dit is met Afrikanerinisiatief opgerig, dra die Afrikaner se voortbestaan op die hart en praat met jou in Afrikaans. Francois, sakeman en ingenieur, het dadelik die moontlikhede raakgesien wat ’n eie bekostigbare internetdiens aan alle inwoners van Orania kan bied. Sedertdien het ’n kundige wat spesialiseer in netwerke, Dirk van der Walt, ook bygekom. Dirk doen instandhouding sommer so vanuit sy sitkamer in Pretoria. Die gewone man in Orania sal wil weet: wat beteken ORANET vir my? Die antwoord: moderne infrastruktuur, besigheid- en persoonlike ontwikkelingsgeleenthede. Oranet kan gesien word as deel van Orania se permanente infrastruktuur soos paaie, die swembad en straatligte. Interne en eksterne kommunikasie is moontlik vir elkeen op die dorp deur die gebruik van internet, e-pos of telefoon. Telefoonkommunikasie op ’n datalyn sluit die welbekende ’Skype’ in. Inwoners, besoekers of mediapersoneel kan enige plek binne Orania koordlose internetkommunkasie ontvang. Tweedens bied ORANET aan inwoners die geleentheid tot selfontwikkeling. Geleenthede vir besigheidsdoeleindes is legio. Kennis is beskikbaar oor bestaande produkte, kompeterende markte en daaglikse nuusgebeure. E-poskommunikasie

vir sake- of private doeleindes is vandag feitlik onontbeerlik. Webwerfregistrasie, ontwikkeling en huisvesting op ORANET se bedieners in Orania is deel van die diens. ’n Intranet, soortgelyk aan dié van ’n kantoornetwerk, bied verdere moontlikhede. Omdat ORANET ’n 24x7-diens bied en ’n geslote gemeenskap bedien, kan inligting gedeel word. Geriewe om drukwerk, tikwerk of taalversorging te doen is nou makliker en toegang kan gegee word aan persone wat dit wil deel. Dieselfde kan tussen kantoor en huis gedoen word, indien dringende sake aandag na-ure vereis. ORANET se webwerf, www.oranet.co.za maak voorsiening vir ’n forum waardeur die gemeenskap saamgebind en kommunikasie in die dorp vergemaklik kan word. Sake en dienste van belang word vertoon,terwyl niewinsgewende instellings ’n gratis bladsy kan bekom. ORANET praat net Afrikaans en maak navrae by ’n Engelsprekende, Afrikaner-miskennende buitewêreld onnodig, terwyl rekenaarsteun intern deur verskeie onafhanklike kundiges gebied word. Geleentheid word ook aan Orania Uitwoners gegee om by ORANET aan te sluit. Uiteraard sal Uitwoners van ’n eksterne datadiens (bv. ADSL-lyn of telefoonmodem) gebruik moet maak om toegang te verkry. Hierdeur kan Uitwoners help bou aan Orania se ekonomie wat weer verdere ontwikkeling tot gevolg het. Indien ORANET se geriewe tot volle potensiaal ontwikkel word, kan Orania tereg spog en as een van die mees ontwikkelde plattelandse gemeenskappe bekend staan. Annatjie Joubert


oRANiANUUS

Orania Rivier Spa in wording Op die wal van die Oranjerivier, in die oewerpark van Orania, het André Coetsee vir my die grond gewys wat ek kon koop vir die bou van ’n spa. Ek was betower deur die nabyheid aan die rivier, die lug en die lig, die klanke, die reuk van die oewerplante. Die idee het ontstaan in Andorra, ’n klein onafhanklike die boute wat in die fondasie ingegiet is moet pas Europese staat wat ek en my ma, Anna Boshoff, in die gate van die staalstruktuur. Al 72 pas perfek! besoek het. Een van die aantreklikhede daar is die Die spoelklippe uit die rivierbedding hoër op teen Caldea Spa. Behoort Orania nie ook ’n spa te hê nie, die rivier kan ingepak word. vra ons toe. So kan Orania se rustigheid Intussen besoek die werkspan en veiligheid mos bekendgestel en beleef spa’s vir vergelyking, ondergaan Die eerste word. masserings, met en sonder warm Die oewerterrein het die vraag besprekings is al klippe, toedraaibehandelings, reflekbeantwoord. Christiaan van Zyl, die siologie, gesigsbehandelings, voetbegemaak! briljante argitek van Orania, is aangestel Die bedryf begin handelings, handbehandelings … Ons om ’n gebou te ontwerp. Kliënte moes besluit dat slegs pynlose behandelings ’n werklikheid ’n gevoel van welgeluksaligheid ervaar en op ons keusekaart sal verskyn – geen word. die behandelings moes dit intensifiseer. vorm van marteling nie! Zani Jooste moes ’n tuin skep wat die Die gebou vorder met rasse skrede. kompleks laat uitstrek. Die dekke oor die Oranjerivier voldoen aan alle Die eerste sleutelelement van die spa is die Muur verwagtings. Laatmiddag, as die Uur van Betowering van Verkwikking. Volgepak met rivierklippe aanbreek, word jou gedagtes weggevoer as jy oor waaroor water spoel, moet die verdamping koel die breë rivier en horisonne uitkyk. maak as dit warm is en die glaspanele moet hitte Op 29 Maart kan ons terreinvergadering in die gebou bewaar en uitstraal as dit koud is. ’n Wonderlike hou. Die terapiekamers en stoomkamer begin vorm idee, maar ’n siviele ingenieur moes die ontwerp aanneem. Die eerste besprekings is al gemaak! Die doen – dis ’n swaar struktuur vir oewergrond. Die bedryf begin ’n werklikheid word. Karin Coetsee, eerste ingenieur reageer toe: bou ’n ander muur of binnekort voltydse bestuurder, werk reeds aan kry ’n ander perseel. Nimmer as te nooit ’n ander produkreekse, besprekingstelsels en bekendstelling. perseel nie. Christiaan lê sonder geesdrif plan B Quelene Horn word opgelei om kundig te kan inval voor. Wat van ’n ander ingenieur? Cas Kempff in sodra die deure oopmaak. Bloemfontein dink in terme van “hoe”, nie “of” nie. Hy doen die ontwerp. André en sy span gooi As alles volgens plan verloop, is ons teen die ’n gewapende betonfondasie, Willie Schoeman bou middel van Junie 2008 klaar. Kom ervaar binnekort die staalraam by sy fabriek in Nigel en galvaniseer welgeluksaligheid by die Orania Rivier Spa! Anna Maria Laäs die komponente, Koos Janse van Rensburg ry dit aan Orania toe. Spanningsvolle oomblikke volg wanneer


SKAKELiNG

Besoek aan Fort Hare Dit is reeds algemeen bekend dat die rol van gemeenskappe in die groter RSA vir Orania van groot belang is. ’n Vennoot is onlangs in die Universiteit van Fort Hare gevind toe die universiteit die dekaan van die Fakulteit Wetenskap en Landbou, prof. Jan Raats, na Orania gestuur het vir ’n besoek. Prof. Raats, ’n boorling van die Oos-Vrystaat, het hom voorgeneem om ’n fakulteit van praktiese betekenis vir sy teikengebied te ontwikkel. Die Oos-Kaap bestaan grootliks uit klein plattelandse gemeenskappe en dit het dus sy fokuspunt geword. Juis hierdie gemeenskaplike studiegebiede het hom aan Orania gekoppel en oor die naweek van 9 Maart 2008 het ses verteenwoordigers van Orania die Alice-kampus van Fort Hare besoek. Die doel van die besoek was om eerstehandse inligting in te win oor projekte wat die Universiteit aanpak om plaaslike ekonomiese ontwikkeling te bevorder. Besoek is onder meer gebring aan ’n moderne melkery wat met die ondersteuning van plaaslike boere opgerig is, sowel as aan ’n eenheid vir trekdierstudies. ’n Projek wat

V.l.n.r. prof. Raats, prof. Tom, dr. Opperman en prof. Boshoff. die Oraniërs baie interessant gevind het, was die sogenaamde Agri-parkmodel. Met hierdie projek word saailinge gekweek en groente verbou wat dan weer vir die mark verwerk en gedroog word. Hierdeur word die risiko van oorproduksie en die beperkte rakleeftyd van vars groente uitgeskakel. Samesprekings is met die visekanselier, prof. Mvuyo Tom, en die dekaan, prof. Raats, gevoer waartydens raakpunte beklemtoon en verdere samewerking in die vooruitsig gestel is. Daarna het die Orania-afvaardiging op uitnodiging saam met die rektor middagete geniet. Dit is interessant om te verneem dat die rektor van die Universiteit van Fort Hare tydens sy matriekskooljaar in wiskunde onderrig is deur Orania se huidige burgemeester, dr. Manie Opperman en dat die rektor van Wits in dieselfde klas was. Voorwaar uitsonderlik! John Strydom

Die trekperd word gedemonstreer.


oRANiANUUS

Sien jou Vrydagaand by die mark! By die aandmark word vrolik handel gedryf. Daar word gekuier en gekoop, gesels en geëet, gelag en geloer... Dis die plek waarheen oud en jonk, groot en klein bring wát hulle ookal het om te verkoop. Solank die produk op Orania gekweek, geteel, uitgebroei, gemaak, berei of geproduseer is, is dit welkom op die mark. Verleidelike stroopsoet perskes word aangebied, én appelkose én druiwe. Daar is ook kraakvars groente, tuisgemaakte kase en jogurt, gemsbokpasteie, ingelegde groenvye en geelperskes, pekanneute, boerbrode, gemmerbier en druiwesap, roosterkoeke en gebraaide worsies, koeksisters en pannekoek, selfs unieke Orania-kuns en donsduvets. In die agtergrond hoor ’n mens dikwels die musiek van die OkeR blaasorkes of ’n trekklavier in harmonie met ’n saaglem. Jillende kleuters vermaak hulleself en met taai handjies leer hulle die fynere kunsies van handeldryf. Orania strewe parmantig na selfstandigheid. Met die kragtige idee van lokalisme wat hierby ingeroer word, is die mark tot voordeel van die ganse gemeenskap. Die doel is om ’n mark te skep vir plaaslike produkte en dus só ’n plaaslike vraag te skep. Op hierdie slim en lekker manier word Orania se ekonomie aan die brand gestoot. Soos altyd doen Orania ’n bietjie meer en word slegs Ora’s, Orania se eie geldeenheid, op die mark aanvaar. Om kopers en besoekers tegemoet te kom bedryf die plaaslike kredietunie, OSK, ’n stalletjie by die aandmark waar rande vir Ora’s geruil kan word.

10

Die heel eerste groente van die seisoen is spesiaal gepluk vir die onlangse opening van Orania se nuwe aandmark. Op die inisiatief van die Orania Landbouvereniging word die mark sedert November 2007, op Vrydae om 18:00, voor die Orania Dorpskantoor gehou.

Die vraag na Ora’s is so groot dat dit al opgeraak het en inderhaas moes méér gehaal word. Om met Ora’s te betaal laat ’n mens nie alleen jou bors uitstoot van trots omdat jou dorp sy eie geldeenheid het nie. Dis ook groeihormone vir die ekonomie want die geld bly plaaslik sirkuleer en ekonome vertel dat hoe meer kere geld in ’n gemeenskap sirkuleer, hoe waardevoller is dit vir die plaaslike ekonomie. Skelms sal nie veel met Ora’s buite Orania kan koop nie, dus is dit ook ’n baie veilige betaalmiddel. Terwyl kleurvolle Ora’s in die handel sirkuleer, verdien die rande wat hulle rugsteun, rente in die bank. ’n Uitstekende manier om ’n neseier vir gemeenskapsprojekte bymekaar te maak. Die aandmark is dié plek waar almal Vrydagaande wil wees. Dis waar Oraniërs winskopies vind en subtiel spog met hulle eie produkte. Dis die plek waarheen inwoners stroom om te koop en te verkoop, te luister en lekker te lag en ook te weet enige produk is welkom, al is dit net ’n paar bottergeel suurlemoene van ’n jong boompie in jou agtererf. Dis waar die ontmoeting met die gemeenskap plaasvind en mense deel het aan die groter geheel waaraan hulle behoort. Die bonus? Agterna kan elkeen hulle Ora’s tel en die wins vier, want die wins lê nie net in die geld wat verdien word nie, maar ook in die hegtheid van die mense, die genoeg omgee om self verantwoordelikheid te neem. Die genoeg omgee om sélf te werk aan ’n droom. Dis mos wen-wen!


oRANiANUUS

Die Karoo word Groen! As ’n mens of ’n projek gemeet word aan wat hy doen, of nie hoef te doen nie, maar in elk geval doen, dan staan Projek Groen Karoo op die medaljeparade. Dawid Malan het met die hulp van die Wes-Randse Orania-ondersteuners lank reeds eienaarskap geneem van hierdie gawe idee en het reeds vele koeltebome in Orania laat aanplant. Sy droom is ’n laning groen bome van Orania tot minstens elke naaste buurdorp, maar verkieslik dwarsdeur die voorgestelde Volkstaatgebied. Daar is tot dusver reeds Ø17500 deur Projek Groen Karoo geskenk vir die aanplanting van bome op verskillende terreine in Orania, wat onder meer bome by die Gemeenskapsaal, op sypaadjies en by die skouterrein insluit. Die projek word in

VF Plus se jaarlikse jeugsaamtrek Die VF Plus het onlangs sy jaarlikse jeugsaamtrek in Orania gehou en dit het weereens ’n positiewe uitwerking op die betrokke partye gehad. Vir die VF Plus is daar vele voordele: Orania is sentraal geleë en het die nodige infrastruktuur. Maar die hoofrede is egter die feit dat Orania die verwesenliking van hul missie is, nl. om vryheid vir die Afrikaner binne ’n Volkstaatgebied te verkry. Deur Orania te ervaar gee gestalte aan ’n prentjie wat so baie keer deur filosowe en teoretici uitgestippel word, maar nooit self beleef is nie. Wat finansies betref staan Orania aan die wenkant. Daar is ongeveer Ø32 600 in die dorp bestee. Dit is gelykstaande aan die maandelikse omset van ’n gemiddelde Orania-winkel. Belangriker egter as die finansies is dat Orania wye blootstelling geniet tydens so ’n kamp. Dit is ongeveer gelykstaande aan die blootstelling wat die dorp in vyf weke deur besoekers kry, met een verskil: waar besoekers Orania soms as ’n interessante dorpie ervaar, soortgelyk aan Hanover of Graaff-Reinet, kom kyk die gemiddelde VF Plus-student uit ’n meer ingeligte oogpunt, verstaan hulle dat Orania meer is as net die

samewerking met Orania se dorpsraad aangepak. Buig die boompie... Inheemse bome word verkies met Karee en Soetdoring die gunstelinge. Stel jou voor: ’n staproete van hier tot in Vanderkloof, heelpad in die koelte! Skakel gerus vir Dawid Malan by 083 234 6678 of John Strydom by 082 975 8132 vir inligting.

Jeugplesier

dorp waarna hy lýk, dat Orania ’n dorp met ’n doel is, ’n dorp wat nog ’n rewolusie in die geskiedenis van die Afrikaner gaan teweegbring. Dit opsigself beteken al baie, maar daar is meer. Die meerderheid van die studente is jeugleiers, wat meebring dat hulle ’n groot invloed op hulle onderskeie omgewings het. As ons hierdie nuwe geslag leiers oor Orania positief kan kry, sal ons definitief die vrugte daarvan pluk. Ons hoop om nog baie sulke geleenthede te kan aanbied. Op Orania. Nikke Strydom

11


LEDEVooRDELE

Orania Beweging beding voordele vir lede Die Orania Beweging het so pas tot voordeel van sy lede ’n nuwe ooreenkoms met die Aan-die-Oewerpark sowel as die nuwe Orania Rivier Spa gesluit. Hiervolgens kan lede van die Orania Beweging tien persent korting kry op verblyf en dienste wat deur die betrokke instellings aangebied word. Verder sal sowel Orania Rivier Spa as Aan-die-Oewerpark van tyd tot tyd spesiale aanbiedings net vir lede van die Orania Beweging bied. Die ooreenkoms is geldig van 1 Junie 2008 tot 31 Mei 2010. Bouwerk is pas voltooi aan die Spa en die landskapsargitek, Zani Jooste en haar span het begin met die verfraaiing van die omgewing. Die groot opening van die spoginstelling sal in September plaasvind. Die vlotvaarte op die Oranjerivier wat André Coetsee van die Oewerpark aanbied, is ’n item wat elke besoeker aan Orania op sy lysie van moet-doen dinge kan plaas. Dis interessant om diegene wat van so ’n vlotvaart af terugkom, se gesigsuitdrukking en lyftaal dop te hou... Vlotvaarte is beskikbaar vir tussen tien en twintig persone. Die Orania Beweging bied jaarliks in samewerking met die Aandie-Oewerpark ’n vakansieprogram tydens die Desembervakansie aan. Beplanning vir vanjaar se program het reeds begin en studente onder leiding van James Kemp het ook al laat weet dat hulle beskikbaar is om met vanjaar se besondere program te help. Al hoe meer rede om hierdie jaar op Orania te kom uitspan. Besluit egter gou want besprekings stroom reeds in!

12


IN DiEPTE

Die politieke realiteit van meerderheidsbesetting Kosovo, ’n streek in die Balkan, het eensydig onafhanklikheid verklaar vanaf Serwië in Februarie 2008. Die Republiek van Kosovo het dadelik erkenning van die VSA en verskeie Europese lande verkry. Ander state weier egter om erkenning aan Kosovo te verleen, onder andere Rusland, Spanje en Griekeland. Dit is uit vrees dat dit die seperatistiese bewegings in hul eie gebiede sal aanmoedig. Dr. Jakes Möller - Redakteur In Diepte Die streek het ’n bevolking van sowat 2 miljoen, waarvan 90% etniese Albaniërs is en 5% Serwiërs. Hierdie Serwiese minderheid woon grotendeels in die noorde. Kosovo het as agtergrond gedien vir die eeue-oue en meestal problematiese wisselwerking tussen Serwiërs en Albaniërs. Die streek was die sentrum van die Serwiese ryk tot in die 14de eeu en word deur Serwiërs as die geboorteplek van hulle staat beskou. Met die verloop van eeue het die etniese balans egter in die guns van die Albaniërs verskuif. Gedurende die 20ste eeu was Serwiërs en Albaniërs in ’n voortdurende stryd om beheer van Kosovo. In 1974 verkry Kosovo die status van ’n outonome provinsie in die destydse Joegoeslawië. Slobodan Milosevic, president van Joegoeslawië in 1989, herroep egter hierdie outonomie. In die laat 1990’s volg die uitgerekte militêre konflik en etniese suiwering van Albaniërs in Kosovo. Serwiese magte word uitgedryf in 1999, waarna die VN bestuur van die provinsie oorneem met die uiteindelike onafhanklikheidsverklaring in 2008. ’n Onlangse verklaring deur die ministers van buitelandse sake van verskeie Europese lande stel onder meer die volgende: “Ons lande het besluit om Kosovo se onafhanklikheid te erken weens ons oortuiging dat dit die beste keuse is vir Kosovo en die streek, gegewe ’n situasie waar die status quo onvolhoubaar is en ’n ooreenkoms

tussen Belgrado en Pristina (hoofstede van Serwië en Kosovo onderskeidelik) onbereikbaar is. Dit reflekteer die politieke realiteite ná die gebeure van die 1990’s en dit verleen erkenning aan die aspirasies van die oorweldigende meerderheid van Kosovo se bevolking. “ Die toetrede tot ’n eenheidstaat hier te lande is ’n geskiedkundige vergissing waarvoor Afrikaners nou die prys betaal. ’n Uiteindelike opvolgskikking en ander politieke bestel is ’n voorvereiste indien die Afrikaner die nuwe Suid-Afrika wil oorleef, andersins is permanente oorheersing en gedwonge inlywing onvermydelik. Soos wat die geskiedenis in Kosovo en SuidAfrika aandui, lei ’n gebied waar ’n groep ’n meerderheid vorm tot politieke realiteite wat nie geïgnoreer kan word nie. Afrikaners moes hierdie les op die harde manier leer. Sal ons daarin slaag om hierdie beginsel tot ons voordeel te gebruik in die tweede rondte? In hierdie uitgawe plaas ons ’n onderhoud met Johan Deckmyn van Vlaams Belang. Die Belgiese politiek beleef tans ’n besonder onstuimige fase waar die vorming van ’n federale regering eers na uitgerekte onderhandeling kon plaasvind weens verskille tussen die Vlaamse en Frankofonepartye ten opsigte van die afwenteling van magte na die Vlaamse en Waalse streke. Tweedens bied prof. Carel Boshoff ’n terugblik op die geskiedenis van die Afrikanervryheidstigting.

13


IN DiEPTE

Lesersmening Ds. Bertie de Lange van die Koördinerende Afrikanerraad in Bloemfontein, skryf na aanleiding van “Afrikaners en die staat” deur Danie Goosen: Wat ’n verrassing om die artikel te lees. Die enigste oplossing vir die toekoms van die Afrikaner word deur ’n voorman van die FAK uitgespel. Die plan vir die toekoms sal natuurlik wees die verdere “skepping van dorpe en stedelike ruimtes waarbinne op selfstandige wyse inhoud aan die lewe gegee kan word.” Dit sal noodwendig aanstuur op die uitvoering van Art. 235 van die grondwet. Oneffektiewe regering in Suid-Afrika dwing ons om opnuut hieroor te dink. Intussen is ander minderhede ons in dié verband ver vooruit. Die San beskik reeds oor leiers wat

namens hulle praat, asook sewe plase wat deur die regering aan hulle toegeken is. Die Khoi neem tans stappe om hulle regte en grondgebied op te eis. Die swart stamme beskik oor hulle eie kapteinstelsels wat hul kommunale gronde beheer. Contralesa is ’n voorbeeld hiervan. Vir diegene wat nie die reg kan uitoefen om in selfstandige dorpe en stede te woon nie, bestaan ’n tweede keuse, naamlik Art. 185 van die grondwet. Dit verleen aan ons die reg om ons kultuur, taal en godsdiens te bedryf en verteenwoordig te word deur ’n “federale raad”, soos die FAK dit noem. Langs hierdie weg kan die Afrikaner sy eie toekoms skep. (Brief verkort – Red.)

Die Afrikanervryheidstigting (AVSTIG) 20 jaar AVSTIG is in 1988 opgerig. Op 3 Maart 1988 word dié brief aan die volgende 12 lede gestuur: Hiermee word u vriendelik uitgenooi na die eerste vergadering van die Stigting: Afrikanervryheid op Maandag 21 Maart 1988 om 7:30, Kessellaar 55, Brummeria. U teenwoordigheid sal hoog waardeer word: Aan dr. C.J. Jooste, prof. J.J. Henning, dr. W.L. Grant, mnr. M.R. Marais, prof. A.D. Pont, mnr. D.J. Viljoen, dr. C.A. Verwoerd, mnr. A.O. Laäs, dr. M.N. Hermann, mnr. J.M. Neethling, mnr. A. Van der Berg. Dr. Hermann het gevra om voorlopig verskoon te word en Anna Boshoff en ek het bygekom. Die Suid-Afrikaanse Buro vir Rasseaangeleenthede (SABRA) wat in 1948 gestig is, was ’n wetenskaplike navorsingsliggaam wat met rigtinggewende studie denke geformuleer en leiding gegee het oor die ontwikkeling van volkeverhoudinge in Suid-Afrika. Dit was ’n niepolitieke liggaam maar het sy denke gerig op die geografiese ordening en staatkundige selfbeskikking vir swart volke om naas en saam met die blanke volk ’n gemenebes van volke in Suidelike Afrika te vorm. Die BSL-lande

14

(Botswana, Swaziland en Lesotho) is ook in ag geneem. Sabra leef vandag voort as EPOG. Om praktiese uitvoering aan voorstelle te inisieer is Die Oranjewerkers in 1980 gestig wat hom sou toelê op arbeidselfstandigheid en die stigting van Afrikanergroeipunte. Die Oranjewerkers het Morgenzon in die Oos-Transvaal as groeipunt gekies omdat dit in die nywerheidsgebied van Transvaal geleë was, en in die nabyheid van die markte.


IN DiEPTE AVSTIG Vervolg Met die groeiende besef dat ’n blanke Op trek na ons Eie het die implikasie gehad dat die minderheidsregering oor die hele Suid-Afrika nie toekoms van die Afrikaner opnuut geskep moes volhoubaar is nie, dat grootskaalse verskuiwing word. Daarvoor was die afbakening van ’n eie van gemeenskappe nie meer haalbaar is nie en dat grondgebied die kardinale vereiste. Reeds is al Afrikanergroeipunte in die hoogs geïndustrialiseerde besef dat volkseie arbeid ’n voorwaarde was en ’n gebiede in digte bevolkingskonsentrasies en met gemeenskapsekonomie opgebou moes word. algemene arbeidsvermenging op niks Talle vergaderings, berade en ondersoeke kan uitloop nie, is oor die vestiging van Op die ou end is het gevolg tot daar besluit is dat vestiging Afrikanergroeipunte herbesin. Praktiese dit die getalle wat in die ylbevolkte en onderontwikkelde voorstelle en beplanning in alternatiewe Noordwes-Kaap voorkeur moes geniet. heers – hoog of gebiede wat nie deur bevolkingsdruk en laag, arm of ryk, Hierdie besluit is deur die Hoofbestuur ekonomiese eise onwerkbaar gemaak van die Afrikanervolkswag in 1990 in swart of wit...” word nie, het dringend noodsaaklik Bloemfontein ondersteun. geword. Die Afrikanervolk, hoewel Nou moes daar op grense en groeipunte besluit ’n politieke mag in Suid-Afrika met opkomende word en vestiging en ontwikkeling moes beplan ekonomiese vermoëns en ’n militêre mag om mee rekening te hou, moes langtermyneise en die word. ’n Liggaam wat vir die omvattende ordening internasionale druk van post-kolonialisme in ag van gedagtes verantwoordelikheid aanvaar, moes tot stand kom. Die Afrikanervryheidstigting is neem. tot ’n staatsvormende liggaam omskep met ’n Dr. H.F. Verwoerd het reeds in 1959 gesê: “Dit Burgervergadering, ’n Burgerraad en ’n Uitvoerende (leierskap in ’n demokrasie) is in die hande van die Raad. AVSTIG het ’n ledevereniging geword en al getalle, soos wat elkeen weet wat ’n studie gemaak die lede het die Burgervergadering gevorm. Die het van enige nasie se geskiedenis. Op die ou end oprigterslede van AVSTIG is op 30 vasgestel, wat is dit die getalle wat heers – hoog of laag, arm of hulleself aanvul as lede wegval. ’n Bykomende 30 ryk, swart of wit...” (Verwoerd aan die Woord, gekose lede het die Burgerraad gevorm. ’n President p. 262). Afrikaners was oor die hele land versprei, en ’n Eerste en Tweede Visepresidente is deur die met nêrens ’n gebied waar hulle eers by benadering Burgerraad gekies en die President het met verslag ’n selfstandige meerderheid kon vorm nie. Die aan die Burgerraad ’n Uitvoerende Raad aangestel bevolkingsverhouding van Suid-Afrika was 2.5 miljoen wat vir bepaalde take in die vorme van portefeuljes Afrikaners teenoor 40 miljoen swartes waarvan die verantwoordelik was. grootste gedeelte reeds buite die tuislande en in die stedelike gebiede gewoon het. Op trek na ons Eie het die implikasie gehad Met hierdie feite voor hande is die Vryheidstigting dat die toekoms van die Afrikaner opnuut opgerig met die doel om vir selfbeskikking van geskep moes word. Afrikaners in ’n eie grondgebied te werk. Die aandrang tot ’n eie bestemming is versterk deur Nadat die grondwet van AVSTIG in 1993 aanvaar is, die feestelike herdenking van die Groot Trek 150 is die volgende lede vir die UR aangewys: C.W.H. jaar gelede. Hierdie landswye beweging wat deur Boshoff (President), ds. G.J.J. Van Rensburg (Eerste die Afrikanervolkswag van 1986-1988 gereël is, Onderpresident en voorsitter van die Komitee het as wekroep Op Trek na ons Eie gehad. Dertien van bestuur, organisasie en geldsake), mev. Kobie simboliese waens en bykans net soveel ossewaens Gouws (Tweede Onderpresident, Toerisme), mev. het van 10 Oktober tot 16 Desember 1988 vanuit Anna Boshoff (Onderwys), dr. Chris Jooste (Arbeid), die uithoeke van die land by haas elke dorp op pad na mnr. Dirk Viljoen (Grense en Groeipunte), dr. Ben Pretoria aangedoen. Die byeenkomste het bruisende de Klerk (Landbou), dr. Stef Nel (Gesondheid), geesdrif opgewek sodat daar van 9-16 Desember mnr. Frans Jacobs ( Ekonomiese ontwikkeling), mnr. tussen sestig- en tagtigduisend feesgangers by Carel Boshoff (iv) (Staatkundige Ontwikkeling) en Donkerhoek buite Pretoria saamgetrek het. mnr. Danie van Rensburg (Sekretaris).

15


IN DiEPTE AVSTIG Vervolg Die Noordwes-Korridor Sedert die stigting van AVSTIG is die aandag gevestig op die Noordwes-Kaap met sy yl bevolking en onderontwikkelde ekonomie. Indien stedelike gebiede soos Kimberley en Upington en die tradisionele vestiging van die bruin mense van die Noord-Kaap uitgesluit word, het hierdie gebied minder as 2 persone/km2. Tot sy voordeel geld dat die grootste rivier in Suid-Afrika hierdeur vloei en dat die Oranjerivierskema juis in dié tyd voltooi is, met dr. Verwoerd wat (as Eerste Minister) vir die skema verantwoordelik was. Die gebied tussen die Oranjerivier en die Weskus in die omgewing van Groenriviermond en Elandsbaai bied ’n lug- en seeweg uit Suid-Afrika. In breë trekke is die gebied afgebaken en bekend gestel. Op 13 April 1991 is Orania in die openbaar aan Afrikaners bekend gestel en die aankope van huise, erwe en sakegeboue kon begin. Nou moes groeipunte in die gebied bepaal word. In 1990 verskyn ’n klein advertensie in Die Landbouweekblad dat die verlate konstruksiedorp, Orania,deur die Departement van Waterwese op tender aangebied word. Groot opgewondenheid ontstaan en na ’n paar besoeke aan die uitgestorwe dorp word dit aan die einde van 1990 deur ’n groep AVSTIG-lede gekoop. Anna Boshoff het ’n belangrike bydrae gelewer deur die werwing van aandeelhouers wat elk R25 000 per eenheid moes lewer om R1.6 miljoen as koopsom op te maak. Op 1 Maart 1991 is die dorp aan die maatskappy Orania Bestuursdienste (deur AVSTIG gestig) oorgedra nadat die departement enkele inwoners wat nog in die bruindorp gewoon het, vergoed en hervestig het. Op 13 April 1991 is Orania in die openbaar aan Afrikaners bekend gestel en die aankope van huise, erwe en sakegeboue kon begin. Die Van den Berg-gesin het as eiendomsmakelaars opgetree. Die eerste direksie van OBD was prof. C.W.H. Boshoff (voorsitter), mnr. A. van den Berg (sekretaris), mnr. F. Cornelius, prof. J. Henning, dr. J.K. Bosch, mnr. A. Van Dyk, mev. A. Boshoff, dr. W.J. Schoeman en mnr. H. Bootha. Orania is by die Kaapse Provinsiale Administrasie as ’n ontwikkelende plaas geregistreer. Die dorp is deur

16

OBD as ’n aandeleblokskema aan aandeelhouers verkoop, terwyl hy self as ontwikkelaar opgetree het. Die direksie van die aandeleblokmaatskappy tree toe as dorpsbestuur op. Die eerste direksie was mnr. A. van den Berg (voorsitter), mnr. R. Steyn (sekretaris), mnr. D. van Rensburg, dr. G. Nel, mnr. D. Alberts, mnr. P.J.J. Laubscher, mnr. D. Jacobs en mnr. F. Botes. Mnr. Renus Steyn was die eerste voltydse dorpsbestuurder. Selfwerksaamheid is toegepas en binne enkele maande is die infrastruktuur herstel en het een na die ander herstelde huis uit die vervalle dorp herrys. Die plaas Vluytjeskraal 272, 2300ha groot, is in November 1991 aangekoop en die ingenieur, mnr. Ben Seyffert, het die besproeiingsplan ontwerp. Ook dit is eiehandig voltooi, alhoewel Vluytjeskraal 272 Edms. Bpk., wat die ontwikkeling geloods het, gewurg het onder rentekoerse wat tot 25% gestyg het. Alle inkomste uit verkope van huise, standplase en hoewes moes gebruik word om die dorp se openbare geriewe te herstel en die dienste in stand te hou. Geen direkteursgelde is ooit aan persone uitbetaal nie. Van die R25 000 wat aanvanklik deur lede van AVSTIG bygedra is, was R2 500 vir ’n aandeel en R22 500 ’n lening wat terugbetaalbaar was. Minister Vali Moosa en die Korridor In 1994 is die Volkstaatraad deur die Parlement aangestel om die instelling van ’n volkstaat vir Afrikaners te ondersoek. Voorleggings is aangevra en AVSTIG het ’n gemotiveerde voorstel ingedien met die NoordwesKaapgebied as basis. Die Eerste Tussentydse SelfwerkVerslag van die Volkstaatraad het in Mei saamheid is 1995 verskyn en die volgende voorstelle is toegepas en gemaak: 1. ’n Volkstaat met Pretoria as kern binne enkele en die gebied oos en maande is die wes van Pretoria as deel daarvan (vgl. p. infrastruktuur 30-36). 2. Outonome gebiede wat hoë herstel. Afrikanerkonsentrasies


IN DiEPTE AVSTIG Vervolg buite die Volkstaatgebied behandel (vgl. p. 37-46) Netwerk van ondersteuners binne en buite Orania, en 3. Die Noord-Kaapstreekbenadering soos deur asook in die buiteland, het dit geheel selfonderAVSTIG voorgestel (vgl. p. 47-50). Die Verslag is houdend gemaak. Uit sy geledere is herhaalde aan die Minister van Grondwetlike Ontwikkeling, buitelandse besoeke aan simpatieke gemeenskappe mnr. Vali Moosa oorhandig en op ’n program van in Vlaandere, Nederland en Engeland gebring. SATV het die minister en mnr. Johan Wingard, Skakelwerk het hom gunstige toegang gegee tot voorsitter van die Volkstaatraad, die voorstel die openbare media en positiewe verhoudings is bespreek. Die minister was baie uitgesproke in sy geskep met leiers van korporatiewe instellings. ’n verwerping van die Pretoria-voorstel en het dit ’n Aantal hoogstaande konferensies oor onder andere “concoction” genoem. Op 4 Januarie 1998 maak Art. 235 van die grondwet en die politiek van selfstanhy ’n openbare verklaring dat “the pursuit on the digheid, is gehou terwyl die Burgervergaderings part of the Freedom Front and other Afrikaners to sprekers van gehalte trek. strive towards the development of a Die jongste suksesvolle onderneming particular region in the country (the Met die agtergrond van die Orania Beweging is die North West Corridor) as a home for van 20 jaar het die Helpsaamfonds wat as ’n Art. Afrikaner culture and language within Orania Beweging een 21-maatskappy bedryf word en the framework of the constitution van die lewenskragtigste waaruit ondersteuning gebied and Bill of Rights, is in government’s verenigings in word aan die skole van Orania, view indeed a legitimate pursuit.” Afrikanergeledere die Orania Maatskaplike Raad, geword. Dit blyk wel deeglik dat die kabinet die Elimhuisvesting vir werkende die voorstel van AVSTIG oorweeg jongmense en ander ondersteunde en aanvaarbaar gevind het. Dat dit nie onmiddellik behuising, en verder aan ad hoc-gevalle van aangegryp en daarop gereageer is nie, moet behoefte. toegeskryf word aan die verdeeldheid wat in die By die Burgervergadering van 2007 het prof. Boshoff geledere van die Volkstaatraad, sowel as by lede uitgetree as president en is ’n nuwe Uitvoerende van die Vryheidsfront en ander Volkstaatonder- Raad aangewys met mnr. Carel Boshoff(iv) as steuners geheers het. Daarmee is ’n gulde kans President, mnr. Frans de Klerk as Eerste- en verspeel om dit met positiewe voorstelle op te dr. Manie Opperman as Tweede Visepresident en volg. Intussen is AVSTIG se hoofkantoor na Orania die volgende UR-lede: mnr. C.W. Naude, mev. E. verskuif en het Orania ’n steeds groter rol in die Lombard, mnr. P.R.P. Potgieter, mnr. J.F. van der bevordering van Afrikanerselfbeskikking gespeel. Merwe, mej. M.M. Winterbach, mnr. W.C. Botha, Mnr. Frans de Klerk wat Uitvoerende Hoof van OBD mnr. F.D. Joubert, dr. P.W.A. Mulder, mev. H.C. van was, het ook die Uitvoerende Hoof van AVSTIG Zyl, mnr. F.E. Terblanche en mnr. J.W. du Plessis. geword, wat al meer bekend geword het as ’n Gereelde nuusbrief, (ook elektronies), die tydskrif Die jongste die Orania Beweging. Voorgrond en persskakeling word onderhou.

suksesvolle onderneming van die Orania Beweging is die Helpsaamfonds.

Amptelik is dit die Orania Beweging van die Afrikanervryheidstigting wat kortweg die Orania Beweging genoem word. Met die agtergrond van 20 jaar het die Orania Beweging een van die lewenskragtigste verenigings in Afrikanergeledere geword. ’n

By die Burgervergadering van 2007 het prof. Boshoff uitgetree. ’n Span kundige en bekwame personeellede behartig die administrasie, ledediens, ledewerwing en inligting. Hulle is mnr. Frans de Klerk as Uitvoerende Hoof, mev. Coraine Oosthuizen (ledediens), mev. Elize Ungerer (publikasies), mev. Sonette Jacobs (ontvangsdame), mevv. Eleanor Lombard en Lida Strydom, (inligting), mnr. Hennie Pelzer en mev. Riekie de Jager (belsentrum) en mnr. Ebert

17


IN DiEPTE AVSTIG Vervolg Terblanche (rekenmeester en ouditeur). Die Orania Beweging word in sy eie kantoorblok gehuisves en beskik oor alle moderne kommunikasiegeriewe. Slotopmerkings Die saadjie wat in 1988 geplant is, het ’n boom geword. AVSTIG kan met dankbaarheid terugkyk op die genadige bevestiging van sy ondernemings deur die Almagtige Vader wat sy hand daaroor gehou het. Die Orania Beweging is ’n gevestigde organisasie. Orania, met ’n lewenskragtige en dinamiese inwonertal van oor die 700, met ’n jeugdige gemiddelde ouderdom van 35 jaar, bedryf meer as tagtig kleiner en groter ondernemings. Instellings soos OBD, VAB, die Christelike Volkseie skole, die Orania Koördinerende Onderwysraad en die

Johan Deckmyn is ’n streekvoorsitter van die politieke party Vlaams Belang in Vlaandere en dien as Vlaamse Volksverteenwoordiger in die parlement. Johan is ’n vennoot en kommersiële direkteur in ’n informatikaonderneming in Gent. Hy tree op as spreker, met spesifieke verwysing na die Vlaamse en Europese perspektief, by die konferensie oor identiteitspolitiek in Augustus 2007 in Orania.

18

Onderwystrust, die Orania Maatskaplike Raad, Orania Tuisverplegingsvereniging, die finansiële instelling OSK met sy eie geldstelsel, die Orania Groeifonds, die Orania Landbouvereniging met ’n moderne besproeiingstelsel en besproeiingsraad, die gevestigde landboubedrywe en die aandmark, die kultuuralmanak en Kunsteraad, die Kultuurhistoriese museum en argief, die Verwoerd Gedenkmuseum, die Helpsaamfonds, Radio Orania, hulporganisasies soos die Orania Ontwikkelingsforum, Orania Groeikrag, die Orania Verteenwoordigende Raad, sport- en ontspanningsgeriewe, die Toerismeraad, die Oewerpark en ’n Gemeenskapsaal vorm almal saam die veelkleurige legkaart wat ons die Orania Beweging noem – die eerste groeipunt op pad na Afrikanervryheid. Prof .C.W.H. Boshoff

Diepte gesprek met Johan Deckmyn Voorgrond Waarom bestaan Vlaams Belang (VB)? Deckmyn Eerstens om te streef na ’n onafhanklike Vlaamse staat. Binne die vorige politieke konstellasies het ons nie die moontlikheid gehad om op ’n konsekwente manier die onafhanklikheidstandpunt uit dra nie. VB het ontstaan uit die Volksunie, ’n nasionalistiese party wat federalisties van aard was, maar bereid was tot kompromie deur toe te tree tot ’n Belgiese regering. In 1977 is die Vlaams Blok gestig uit protes teen die kompromisbereidheid van die Volksunie. Vlaams Blok, wat later in Vlaams Belang verander is, wou ’n Vlaamse koers bly volg met as strewe ’n onafhanklike Vlaandere. In die begin was onafhanklikheid ’n konsep wat egter weinig sukses had.

Voorgrond Hoe verskil Nieuwe Vlaamse Alliantie (NVA) van Vlaams Belang? Indien mens die manifeste vergelyk, bied beide aan dat hulle ’n onafhanklike Vlaandere nastreef. Deckmyn Inderdaad is verskeie van die standpunte dieselfde. Die verskil is weereens die kompromiebereidheid van NVA wat die Belgiese politiek betref. Vlaamse onafhanklikheid is vir VB eenvoudig nie onderhandelbaar nie en daarin gaan die VB veel verder as die NVA. Voorgrond Wat is die VB se beskouing van die multikulturele samelewing? Deckmyn Ons standpunt in hierdie opsig verskil van die ander partye. Daar is natuurlik ’n multikulturele realiteit deurdat mense van verskillende kulture hulle in


IN DiEPTE ons land vestig. Ons is van mening dat immigrante hulle moet aanpas by ons kultuur. ’n Multikulturele staat met botsende belange is ’n resep vir konflik. Die linkse eenheidsdenke van ’n raslose, geslaglose, uniforme mens wat vroeër gepropageer is, het uiteindelik nie moontlik geblyk met die toenemende immigrasie nie. Om maatskaplike kohesie te bewaar het linksgesindes die “multikulturele staat” begin nastreef. Ek glo wel in ’n multikulturele Europa, waar verskillende Europese kulture naas mekaar bestaan. Voorgrond Wat beskou jy as ’n tipiese Vlaamse kultuureienskap, miskien in die romantiese sin van die woord? Deckmyn Vlaminge identifiseer hulself sterk met die stryd vir onafhanklikheid teen die Franse, soos eerste verwoord deur die “Leeuw van Vlaanderen” deur Hendrik Conscience. Die staat België is ’n historiese ongeluk en dus sonder werklike bestaansreg. Dit het in 1830 tot stand gekom weens geopolitieke oorwegings, onder druk van die toenmalige groot magte. ’n Vlaming het geen nasionale Belgiese gevoel nie, behalwe nou as die Belgiese sokkerspan ’n oorwinning behaal! Voorgrond Is identiteitspolitiek ’n resep vir konflik en geweld? Deckmyn Enige politieke agenda het al in die verlede en kan ook in die toekoms tot geweld lei: Geopolitiek, ekonomiese politiek, liberale, marxistiese en ook identiteitspolitiek. Die kwessie is eerder die metodes wat jy bereid is om in te span om jou oogmerke te bewerkstellig. Daar is vreedsame sowel as gewelddadige modelle. Vergelyk byvoorbeeld die konflik in Joegoeslawië met die vreedsame “fluweelrevolusie” in Tsjeggoslowakye. Dit is die tipiese taktiek van teenstanders van identiteitspolitiek om dit tot sinoniem met konflik in die samelewing te verklaar. Myns insiens is die geweld in Joegoeslawië nie weens die beoefening van identiteitspolitiek nie maar wel weens onderdrukking van identiteitsbewussyn onder die kommunistiese regime. Voorgrond Wat is die huidige stand van identiteitspolitiek in Europa? Is die verwerping van die Europese grondwet

deur Nederlandse en Franse kiesers ’n teken van hernieude identiteitsbewussyn? Deckmyn Wat my betref, weerspieël dit die algemene stemming van die Europese bevolking. Verskeie ander Europese lande het sodanige referendums eerder vermy! In wese dink ek nie dat kiesers teen die grondwet as sodanig gestem het nie. Verskeie kiesers is waarskynlik nie vertroud met die inhoud van die Europese grondwet nie en hier gaan dit dus eerder oor die aanvoeling: “Hoe staan ek teenoor Europa?” Twee faktore beïnvloed hierdie stemming: enersyds voel mense verwyderd van hierdie supranasionale instelling wat besluite neem waarmee hulle nie akkoord gaan nie en andersyds verset Europeërs hulle teen die toetrede van Turkye en potensieel 75 miljoen moslems tot die Europese Unie. Intuïtief voel mense dus aan: Dít is nie die Europa wat ons wil hê nie. Voorgrond Wat is jou indruk van Suid-Afrikaanse politiek? Deckmyn Optimisme sowel as pessimisme. Met die oorweldigende meerderheid wat die ANC het, berus besluitnemingsmag in effek uitsluitlik by hulle. Dit vind ek nie demokraties nie. My ervaring in Orania was positief. Dit is wel heel kleinskalig maar die pionierswil om ’n nuwe samelewing te vestig is daar. Ek herinner my dat ek in 1992 vir die eerste maal met prof. Carel Boshoff gesels het, wat die konsep van Orania aan my uitgelê het. Die teorie het my aangespreek maar ek het gewonder of dit verwesenlikbaar was. Nou is hier ’n gemeenskap in Orania wat as basis vir die toekoms kan dien. Voorgrond Watter raad kan jy uit jou ervaring gee aan Afrikaners wat identiteitspolitiek bedryf? Deckmyn Jy moet opstaan vir jou regte en voluit vir jouself gaan. Wees jouself en streef na soveel outonomie as moontlik. In Suid-Afrika is dit natuurlik moeilik omdat Afrikaners ’n klein minderheid is. In Vlaandere is die idee van onafhanklikheid aanvanklik afgelag; mense het hulself nie eens verwerdig om daarop te antwoord nie. Nou word dit as ’n geldige argument beskou wat met bedagte teenargumente beantwoord moet word deur diegene wat dit nie steun nie.

19


SiEN JoU iN AUGUSTUS iN oRANiA Dit is ’n voorreg om elke lid van die Orania Beweging hartlik uit te nooi na die twintigste jaarlikse Burgervergadering en die konferensie: Nuwe antwoorde vir nuwe tye. As ’n ledeorganisasie is elke lid se persoonlike betrokkenheid noodsaaklik sodat ons van Orania die reus kan maak waaroor ons droom. Dis uiteraard gewens dat lede van die Orania Beweging die unieke aard van Orania gereeld ervaar en op die hoogte kom van wat in Orania gebeur en in watter rigting beweeg word. Terselfdertyd is dit ’n goeie geleentheid om te kom kyk watter eiendomme op Orania beskikbaar is en hoe instellings, soos skole, op Orania funksioneer. Tydens die Burgervergadering word daar verslag gedoen oor die werksaamhede van die Orania Beweging die afgelope jaar. Daar word ook oor finansiële sake verslag gedoen. Veranderde omstandighede en nuwe kennis en insig verplig ons om nuwe aanwysings te vind vir die ontwikkelingspad wat Orania moet volg. Tydens die konferensie met as tema: Nuwe antwoorde vir nuwe tye, besin ons opnuut oor die pad vorentoe. Natuurlik is alles nie net werk nie en ons wil graag ons lede ook op sosiale vlak van nader leer ken. Vanjaar het ons rede om fees te vier, want dis Orania Beweging se twintigste bestaansjaar! Ons nooi u hartlik uit na ’n dinee Saterdagaand waar ons gesellig saam sal verkeer en deur plaaslike kunstenaars vermaak sal word. Ons sluit die naweek af met ’n gesamentlike kerkdiens Sondagoggend in die Gemeenskapsaal.

Program 8-10 Augustus 2008, Orania Burgervergadering: 14:00 Vrydag 8 Augustus, Orania Gemeenskapsaal Konferensie: Nuwe antwoorde vir nuwe tye: 09:00 Saterdag 9 Augustus, Orania Gemeenskapsaal Dinee: Orania Beweging 20 jaar 19:00 vir 19:30 Saterdag 9 Augustus Orania Gemeenskapsaal Gesamentlike kerkdiens: 09:00 Sondag 10 Augustus Orania Gemeenskapsaal Kollekte ten bate van die Helpsaamfonds Registreer asseblief voor: Vrydag 25 Julie 2008 op ingeslote registrasievorm Vir enige navrae skakel: 053-207 0062 Of stuur ’n vonkpos na: oraniabeweging@orania.co.za

Ons wil u graag hier ontmoet!

Sakelys

Burgervergadering van die Orania Beweging Vrydag 8 Augustus 2008

Orania Gemeenskapsaal 14:00 14:15 14:30 15:15

20

Registrasie Opening en konstituering Inleiding deur die President Mnr. Carel Boshoff iv Goedkeuring van notule: 10 Augustus 2007

15:20 16:00

Jaarverslag, finansiële state en bespreking van die werksaamhede van die Orania Beweging Afsluiting Registrasiefooi vir Burgervergadering: Ø25.00


NUWE ANTWooRDE ViR NUWE TYE ’n Konferensie aangebied deur die Orania Beweging Saterdag 9 Augustus 2008

In die woorde van prof. Danie Goosen ontvang ’n gemeenskap sy geskiedenis nie as ’n ontmagtigende ramp of noodlot nie, maar as ’n geskenk. As ’n teengeskenk behoort die gemeenskap dan deelnemend en demokraties by sy eie toekoms betrokke te raak. Watter wonderlike uitnodiging tot die toekoms is dit nie!

Natuurlik moet ons leer uit die geskiedenis, maar gewapen met nuwe kennis kan ons nou opwindende antwoorde vir die toekoms vind. Beplanning moet saam met bestaande en beskikbare kennis die nuwe pad aandui en die gemeenskap van Orania al meer bemagtig in sy strewe na ’n vrye Afrikanerstaat. Terselfdertyd moet die wil en die opbou vanuit die gemeenskap plaasvind. Terwyl die gemeenskap die toon aangee, moet die gemeenskap ook bemagtig word met toepaslike instrumente en instellings. Ons posisie in Afrika en in die wêreld vereis dat ons strategies te werk sal gaan met die ontwikkeling wat ons vir Orania beplan. Hierin moet veral die waarde van ons mense verreken word, want sonder mense sou hierdie streek waarin ons vryheid wil vind, net maar nog ’n deel van die dorre Karoo wees. Afrikaners kan nie meer die luuksheid bekostig om as ’n aantal losse individue te bestaan nie. Om daardie keuse te maak sal beteken om verswelg te word in ’n wêreldkultuur wat vir ware Afrikaners min sin inhou. Net soos dit van Oraniërs ’n paradigmaskuif geverg het om selfwerksaamheid as ’n leefwyse te aanvaar, so sal Oraniërs en voornemende Oraniërs ’n kopskuif moet maak om teen die verbruikerskultuur van die wêreld in ’n volhoubare en verantwoordelike bestaanwyse te kies. Die uitdaging lê daarin om ’n nuwe, verbeeldingryke werklikheid op die grond te skep. Hiervoor is holistiese beplanning en ’n geïntegreerde ontwikkelingsplan noodsaaklik. Die waarborg of die gevaar lê nie in die landspolitiek nie, maar in onsself en ons vermoë om ons ondersteuningsbasis te mobiliseer en betrokke te kry. Ons het ons vriende nodig en uit eie geledere moet ons dan sinvolle oplossings vind vir die geskenk van gemeenskapsgeskiedenis wat ons in nou ontvangs moet neem.

Program

Saterdag 9 Augustus 2008 - Orania Gemeenskapsaal 09:00 Registrasie 09:15 Opening – Mnr. Hennie Conradie 09:30 Inleier tot die gesprek Daarheen is ons op pad – Mnr. Carel Boshoff(iv) 10:00 ’n Verantwoordelike en sorgsame gemeenskap is ’n lewende gemeenskap Gemeenskap en omgewing: Twee kante van dieselfde munt – Mev. Lida Strydom Om te belê in dit wat nie ’n monetêre opbrengs lewer nie – Mnr. Frans de Klerk Repliek - Dr. Dirk Hermann 11:15 Tee 11:30 ’n Selfstandige gemeenskap neem verantwoordelikheid vir sy eie toekoms Strategiese oorwegings vir die ekonomiese ontwikkeling van Orania – Mnr. Hannes du Preez Gemeenskapsinstellings en instrumente: Die boustene van ’n selfstandige gemeenskap – Mnr. Ebert Terblanche Repliek – Prof. Ronald Mears 12:45 Afsluiting Registrasiefooi: Ø100.00 per persoon. Lede van die Orania Beweging registreer teen Ø50.00 per persoon.

21


NUWE ANTWooRDE ViR NUWE TYE ’n Konferensie aangebied deur die Orania Beweging

Meer oor die sprekers

Saterdag 9 Augustus 2008

Carel Boshoff (iv) Carel Boshoff (iv) is op 24 Junie 1963 in Pretoria gebore. Hy verwerf die grade B.A. (Teologie), B.A. (Honneurs) (Wysbegeerte) en M.A. (Kultuurgeskiedenis) oor die kultuurhistoriese prosa van NP van Wyk Louw. Hy het verskeie poste beklee, waaronder verteenwoordiger van die Afrikanervryheidstigting by die Kemptonpark-onderhandelinge, voorsitter van die Orania Verteenwoordigende Raad en lid van die Volkstaatraad. Carel is tans voorsitter van EPOG, direksielid van die FAK, lid van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns en president van die Orania Beweging. Hy is getroud met Anje, ‘n letterkundige en goudsmid. Hulle het drie seuns en ‘n dogter.

Lida Strydom Lida Strydom is gebore in Vryheid, Kwazulu-Natal. Sy matrikuleer aan die Hoërskool Vryheid en verwerf die graad B. Agric. in 1983 en H.O.D. (UOVS) die daaropvolgende jaar. Sy raak na ‘n aantal jare in die onderwys betrokke by verskeie sakeondernemings. Sy is getroud met John en hulle het drie kinders. Die gesin en hulle skaaphonde woon vanaf 1995 in Orania. Belangstellings: gemeenskapsontwikkeling en permakultuur.

Frans de Klerk Frans de Klerk is op 20 Julie 1968 in Durban gebore. Hy slaag matriek in 1986 aan die Hoërskool Empangeni en voltooi sy militêre diensplig in 1988. Hy vestig hom gedurende Desember 1993 in Orania en word aangestel as rekenmeester by die Orania Dorpsraad. In 1995 verwerf hy die graad Baccalaureus Commercii Honorus (Finansiële Bestuur) aan die Universiteit van Pretoria. Sedert November 2001 is Frans die Uitvoerende Hoof van die Orania Beweging. Sy eggenote, Roelien, is ‘n goudsmid in Orania en die egpaar het vier kinders.

Dr. Dirk Hermann Dirk Hermann is in 1972 gebore. In 1993 verwerf hy‘n graad in die regte en daarna drie nagraadse kwalifikasies in industriële sielkunde, sosiologie en arbeidsreg. Sy meestersgraad oor die invloed van regstellende aksie op nieaangewese groepe word cum laude aan hom toegeken. Hy het pas sy Ph.D. oor dieselfde onderwerp voltooi. In 1995 en 1996 was hy studenteraadsvoorsitter en hy het ook die raadsmedalje van die PUK vir akademiese prestasies en gemeenskapsontwikkeling verower. Hy is verder vir ses lank maande intensief opgelei in arbeidsverhoudinge in die VSA en het reeds 3 boeke oor regstellende aksie en verwante sake geskryf. Tans is hy Adjunk Uitvoerende Hoof van Solidariteit. Dirk is getroud met Elsha en hulle is die ouers van drie dogters.

22


NUWE ANTWooRDE ViR NUWE TYE ’n Konferensie aangebied deur die Orania Beweging

Meer oor die sprekers

Saterdag 9 Augustus 2008

Hannes du Preez Hannes du Preez is op 17 Julie 1962 in Fochville gebore. Hy matrikuleer aan die Hoër Volkskool te Potchefstroom en verwerf die graad M.Com aan die PU. vir CHO. 1986 met lof . Die nagraadse Diploma in Finansiële Beplanning word deur die UOVS aan hom toegeken. In 2005 word hy geakkrediteer as ‘n geregistreerde finansiële beplanner (CFP®). Na verskeie ander poste in finansiële bestuur, word hy in 1999 aangestel as Hoofbeleggingsbeampte by Rand Aksepbank Batebestuur. Hy bestuur daar bates ter waarde van R140 miljard en R15 miljard daarvan staan onder sy persoonlike bestuur. Hy dien op verskeie direksies, o.a. ook in die buiteland op Jersey. Na ‘n tydperk as privaatbatebestuurder by Value Portfolio verhuis hy in 2007 na Orania waar hy Prima Batebestuur (Edms) Bpk stig waarvan hy die eienaar en uitvoerende direkteur is. Hannes is getroud met Sandra en die gevolg daarvan is drie kinders. Hy het nasionale kleure in vlieghengel verwerf.

Ebert Terblanche Ebert Terblanche is op 16 Augustus 1982 in Pretoria gebore . Hy matrikuleer aan die Hoërskool Wilgerivier in Frankfort. Hy kom vir die eerste keer met Orania in aanraking tydens ‘n ATKV Jeugberaad in Barkly-Wes. Hy verwerf in 2003 die graad B.Com. Rekenkundige Wetenskappe aan die Universiteit van Pretoria en in 2004 verwerf hy die graad B.Compt. (Hons) en ‘n Sertifikaat in Teorie vir Rekeningkunde aan Unisa. Hy begin in dieselfde jaar ook sy klerkskap by Meintjies, Vermooten en Vennote in Pretoria. In 2006 slaag hy sy finale kwalifiserende eksamen as GR(SA) en werk tot Junie 2007 by Ernst en Young in Johannesburg, waar hy onder andere ervaring opdoen by niewinsorganisasies soos die Reach for a Dream Foundation. In Julie 2007 begin Ebert ‘n eie rekenmeesterspraktyk in Orania. In 2008 werk hy vir drie maande in Amsterdam by die internasionale bank ABN Amro.

Prof. Ronald Mears Ronald Mears is op 25 Julie 1946 gebore. Hy matrikuleer aan die Hoërskool Carletonville en verwerf in 1991 ‘n Ph. D. in Ekonomie aan die Vista Universiteit. Hy doen uitgebreide navorsing oor verstedeliking, migrasie, werkskepping, volhoubare ontwikkeling, sowel as oor plaaslike ekonomiese ontwikkeling. Sy navorsing is in verkeie artikels in vakkundige tydskrifte, nasionaal en internasionaal, gepubliseer. As konsultant en navorser dien prof. Mears in verskeie liggame, hy is ook betrokke by verskeie organisasies en in verskeie gemeenskappe. Van belang is veral sy navorsing oor volhoubare gemeenskapsekonomie. Hy is tans professor in Ekonomie aan die Universiteit van Johannesburg. Prof. Mears is getroud en het drie dogters. Sy belangstellings sluit in musiek en tuinmaak en hy geniet die natuur.

23


Jaarverslag van die Orania Beweging vir die jaar 1 April 2007 tot 31 Maart 2008 1. Inleiding

kan inderdaad beskou word as ’n relevante hoofstroomorganisasie en Orania word beskou as ’n rigtinggewende deelnemer vir die oplossing wat in Suid-Afrika gevind moet word.

Die instellings wat ’n volk of ’n gemeenskap tot stand bring, is ’n aanduiding van die oortuigings van daardie groep. As so ’n instelling se ledetal stabiel groei, is dit ’n duidelike bewys dat die instelling vertroue wek en dat die publiek aanklank vind by die rigting wat deur die instelling aangedui word. Hierdie norm geld ook vir die Orania Beweging. Die Beweging moet deurlopend sorg dat sy boodskap ’n antwoord bied op die eietydse vraagstukke van sy mense. Die volgehoue groei van die Orania Beweging dui daarop dat ’n groterwordende deel van die Afrikanervolk die Oraniaplan aanvaar en wil deelneem aan die plan wat die Orania Beweging voorstaan. Die Orania Beweging

Groei in ledetal van die Orania Beweging.

Mrt. 04 Mrt. 05 Mrt. 06 Mrt. 07 Mrt. 08

2. Kantoor en administrasie

Die Orania Beweging is die voorloper om die idee onder Afrikaners te versprei en die algemene publiek bewus te maak van die plan om weer ’n eie, vrye grondgebied te bekom waar ons trots in vryheid kan leef en ons kinders kan opvoed tot volwaardige burgers van die land wat aan hulle behoort. As ’n ledeorganisasie is die diens wat deur die personeel van die Orania Beweging gelewer word, van deurslaggewende belang. ’n Uitvoerende Hoof met ’n toegewyde administratiewe personeel maak van die Orania Beweging ’n dinamiese en suksesvolle instelling wat doelgerig werk om die ideaal van ’n vrye Afrikanerstaat te verwesenlik. Veel dank is verskuldig aan mevv. Coraine Oosthuizen en Elize Ungerer vir wie geen moeite ooit te groot is nie en wat sorg dat kantoorroetines glad verloop. Die administratiewe korps is met die aanstelling van mev. Sanet Buitendag by ontvangs en mev. Magriet de Villiers as rekenkundige beampte,

24

versterk. Mnr. Ebert Terblanche het hom as ouditeur in Orania gevestig en is in ’n finansiële hoedanigheid betrokke by die kantoor. Die afgelope jaar is afskeid geneem van mnr. Sebastiaan Biehl, wat groot sukses behaal het as ledewerwer, sowel as mnr. Roelf Stols wat besondere diens gelewer het as administratiewe beampte. Die Orania Beweging is aan beide here veel dank verskuldig vir volgehoue bekwame diens.

3. Die Belsentrum

Onder die geesdriftige leiding van mev. Riekie de Jager is die werksaamhede van die belsentrum uitgebrei. Haar vrolike en professionele aanslag lewer ’n noemenswaardige bydrae tot die ledetal wat steeds bly styg. Ledewerwing op hierdie wyse is ’n doeltreffende en ekonomiese metode. Die sukses wat deur die belsentrum behaal is, veronderstel die uitbreiding daarvan.


Jaarverslag van die Orania Beweging vir die jaar 1 April 2007 tot 31 Maart 2008 4. Besture

Prof. Carel Boshoff verdien opregte dank vir ’n leeftyd van toewyding aan die Afrikanervolk. Na negentien jaar diens het hy besluit om uit te tree as president van die Orania Beweging. Om hom in woorde te bedank vir wat hy tydens sy dienstydperk bereik het, kan nooit genoeg wees nie. Orania staan egter as ’n monument vir sy verbeeldingryke plan om ’n nuwe heenkome vir Afrikaners te skep. Die ywer waarmee hy oor die jare aan Orania gewerk het, bly steeds ’n inspirasie vir elkeen wat by die kern van die nuwe staat betrokke is. Die Orania Beweging het met leedwese kennis geneem van die afsterwe van mev. Anna Boshoff. Mev. Boshoff sal onthou word as iemand wat die taak om Orania te ontwikkel met groot geesdrif aangepak het en altyd beskikbaar was as daar werk was wat in belang van die volk gedoen moes word. Sy het dikwels die laaste werk gedoen as al die ander helpers reeds huis toe was. As ’n baie geliefde persoon wat op vele terreine ’n bydrae gelewer het, word haar heengaan diep betreur. Die jaarlikse Burgervergadering van die Orania Beweging het op 10 Augustus plaasgevind en vyf en twintig Burgerraadslede is per stembrief verkies. Die Burgerraad bestaan uit vier en twintig oprigterslede en vyf en twintig verkose lede. Die verkiesing van die Buregerraad vind op ’n tweejaarlikse basis plaas. Na die verkiesing is dit dan die taak van die Burgerraad om ’n Praesidium bestaande uit ’n president en twee visepresidente aan te wys. Hierna benoem die president die Uitvoerende Raad. Die Praesidium wat pas uitgetree het, was prof. Carel Boshoff (President), mnr. Carel Boshoff(iv) (Eerste Visepresident) en mnr. Frans de Klerk (Tweede Visepresident). Mnr. Carel Boshoff(iv) is as die nuwe President verkies met mnr. Frans de Klerk as Eerste Visepresident en dr. Manie Opperman as Tweede Visepresident.

5. Die Konferensie oor Identiteitspolitiek

’n Baanbrekerkonferensie oor Identiteitspolitiek is op 11 Augustus op Orania gehou. Identiteitspolitiek is van wesenlike belang vir die Oraniagemeenskap, maar ook vir Suid-Afrika met sy samestelling van verskillende etniese groeperinge. In identiteitspolitiek word van die standpunt af uitgegaan dat mense alreeds tot ’n gemeenskap, taal, tradisie en geloof behoort. Hulle deel ook ’n gesamentlike geskiedenis en toekomsvisie. Daarom is dit noodsaaklik dat hierdie groepsbehoeftes polities aangespreek word. Verskeie nasionale en internasionale sprekers is na die konferensie uitgenooi. Op hierdie konferensie kon lig gewerp word op die werkwyse wat die Orania Beweging in die toekoms moet volg en watter faktore werklik van belang is. Die rigtinggewende konferensie is afgesluit met ’n STOP DIE MOORDE-musiekkonsert, wat op sigself iets van die toestande in die nuwe SuidAfrika sê en wat baie goed bygewoon is deur sowel die plaaslike gemeenskap as ondersteuners van Orania.

“Wie het gesê elke geslag neem verantwoordelikheid vir sy eie tyd? Hierdie is ons tyd.” Carel Boshoff(iv) Orania en die derde Afrikaner

25


Jaarverslag van die Orania Beweging vir die jaar 1 April 2007 tot 31 Maart 2008 Die Nuwe Uitvoerende Raad Praesidium:

Mnr. Frans de Klerk: Eerste Visepresident, handel

Mnr. Carel Boshoff(iv): President

Lede

Mev. Eleanor Lombard: Openbare skakeling

Dr. Pieter Mulder: Mnr. Prinsloo Potgieter: Mnr. Francois Staatkundige Joubert: Staatkundige ontwikkeling en Nywerheidsontwikkeling en verteenwoordiging/ ontwikkeling verteenwoordiging Ondernemerskap en ontwikkeling

Lede

Mnr. Kobus van der Merwe: Infrastruktuur 26

Dr. Manie Opperman: Tweede Visepresident, behuising

Mev. Hester van Zyl: Ekobou en bewaring

Mnr. Willem Botha: Onderwys

gekoĂ–pteer

Mnr. Ebert Terblanche: Kapitaalvorming

Mnr. Willie du Plessis: Arbeid

Mnr. Charles Naudè: Landbou


Jaarverslag van die Orania Beweging vir die jaar 1 April 2007 tot 31 Maart 2008 6. Inligting en skakeling

Dit is in Orania se aard om as ’n gemeenskap na ander gemeenskappe uit te reik en in gesprek te tree. Skakeltoere is deur die President, mnr. Carel Boshoff(iv) en die Eerste Visepresident, mnr. Frans de Klerk, na Gauteng en Kaapstad onderneem. Daar is op korporatiewe skakeling gefokus. Suksesvolle skakeling het plaasgevind en na aanleiding van hierdie ontmoetings het die Orania Beweging skenkings van korporatiewe instellings ontvang. Buitelandse skakeling het plaasgevind met die besoeke van mnr. Marcel Bas, ’n Nederlandse taal- en kultuurkundige, en mnr. Johan Deckmyn van Vlaandere, wat onder meer ook ’n Vlaamse parlementslid is. Goeie verhoudings wat oor die lang termyn met sleutelpersoneel van RSG opgebou is, het goeie radioblootstelling tot gevolg gehad. Mnre. Marcel Bas en Frans de Klerk het op uitnodiging van Renske Jacobs van RSG aan ’n inbelprogram deelgeneem. Mnre. Johan Deckmyn en Frans de Klerk het ’n gesamentlike onderhoud aan Radio

Pretoria toegestaan. Freek Robinson van RSG se Praatsaam het mnr. Frans de Klerk en me. Brigitte McKay van Eersterus genooi om aan sy program oor gemeenskapsontwikkeling deel te neem. Orania kry deurlopend blootstelling op Radio Pretoria waar die tweeweeklikse Oraniagleuf steeds gewild bly. Die hoofstroommedia behandel Orania toenemend meer regverdig en hou Orania voor as ’n model wat werk. Bydraes van mnr. Frans de Klerk is in Beeld, Burger en Volksblad gepubliseer en het gunstige kommentaar ontlok. Volksblad het ’n bydrae van mnr. Carel Boshoff (iv) gepubliseer, sowel as verskeie bydraes van mev. Eleanor Lombard. Mev. Lombard het die inligtingsbeen van die Orania Beweging van die grond af opgebou en die verskeie fasette met groot geesdrif hanteer. Vir hierdie toegewyde diens wil die Orania Beweging haar opreg bedank. Mev. Lida Strydom is as Inligtingsbeampte aangestel om mev. Lombard se las te verlig.

7. Toerisme

’n Besigtigingstoer van Orania bly steeds een van die beste metodes om belangstellendes van Orania se geloofwaardigheid te oortuig. Die gedagte dat ’n toer van Orania mense se perspektiewe verander het, word dikwels deur besoekers uitgespreek. Mev. Riekie de Jager en dr. John Strydom dra in ’n groot mate by tot die sukses van hierdie toere en hulle word bedank vir die wyse waarop hulle besoekers hanteer en dat hulle selfs op ongemaklike tye en op kort kennisgewing beskikbaar is. Toenemend meer besoekers sien Orania as ’n bestemming en die aantal toergroepe wat Orania besoek, is ook besig om geleidelik te styg. Gastehuise rapporteer goeie besettingsyfers.

27


Jaarverslag van die Orania Beweging vir die jaar 1 April 2007 tot 31 Maart 2008 8. Ontwikkeling in Orania

Orania is ’n gevestigde gemeenskap met volhoubare strukture en tans word ’n positiewe groeifase beleef. Oor ’n tydperk van 3½ jaar het die inwonertal met 25% toegeneem. Hoewel die toekomstige Orania ’n nog baie groter grondgebied nodig het, is 380 ha grond die afgelope jaar deur die Kambro Korporasie aangekoop as deel van Orania se grondgebied. Die eiendomsmark is lewendig en enorme prysstygings van tot 500% vir ’n erf is gerapporteer. Eiendomme word toenemend al meer teen markverwante pryse verhandel. Die gemiddelde inkomstegroei van die Vluytjeskraal Aandeleblok het met 22,6 % toegeneem vir die finansiële boekjaar geëindig 29 Februarie 2008. Die Helpsaamfonds is as ’n geloofwaardige instelling in Orania gevestig en het verskeie projekte suksesvol deurgevoer. Sodoende is die lot van Afrikaners in nood verlig of kon tot opheffing bygedra word. Die gesubsidieerde behuisingsprojek wat in samewerking met die Groeifonds aangepak is, het verskeie nuwe

9. Geldsake

Die Orania Beweging kon sy inkomste hierdie jaar met 25% opstoot en vir die eerste keer in sy geskiedenis het die Beweging se inkomste Ø1 miljoen oorskry. Hierdie reële groei in inkomste gee aan die Beweging die nodige beweegruimte om aan sy doelstellings praktiese beslag te gee. Die Beweging kon die jaar op ’n positiewe noot afsluit met ’n oorskot van Ø33 000. Die balansstaat van die Beweging is ook gesond met die kapitaalfonds wat hierdie jaar Ø500 000 oorskry het. Skuld van Ø14 000 op die langtermynlening is ook die afgelope jaar gedelg en dit het die lening op Ø138 000 op jaareinde te staan gebring. Soos gemeld in die vorige jaarverslag, is daar besluit om die Helpsaamfonds as ’n afsonderlike artikel 21-maatskappy te registreer; derhalwe verskyn die finansiële besonderhede van die Helpsaamfonds nie meer in die balansstaat van die Orania Beweging nie.

28

tuinwoonstelle tot gevolg gehad. Op hierdie wyse kon jong Afrikaners wat in Orania werksaam is, huisvesting bekom wat hulle in staat stel om in Orania aan te bly en ’n bydrae te lewer. Die Kleingeluk besigheidsentrum is ’n projek wat deur die gemeenskap van Kleingeluk geïnisieer is en gedeeltelik deur die Helpsaamfonds befonds is. Verskeie inwoners van Kleingeluk is deur hierdie ontwikkeling bemagtig en minstens ses werksgeleenthede is geskep. Die Helpsaamfonds, wat deur die Orania Beweging geadministreer word, het aan beide die skole op Orania finansiële skenkings gemaak om sodoende die las van skoolfonds op ouers wat dit nie kan bekostig nie, te verlig. Vir Projek Gousblom het die plaaslike argitek, Christiaan van Zyl, reeds die opdrag gekry om agt nuwe huise te ontwerp. Hierdie projek sal tot gevolg hê dat tien Afrikanergesinne wat nie andersins ’n heenkome sou hê nie, hulle in Orania kan vestig en so ’n bydrae kan lewer tot die uitbouing van die nuwe Afrikanerstaat. Opgesomde finansiële inligting word met hierdie jaarverslag beskikbaar gestel (lees aanhangsel A en B). Volledige geouditeerde state is vir alle lede ter insae beskikbaar by die kantoor van die Orania Beweging.


Jaarverslag van die Orania Beweging vir die jaar 1 April 2007 tot 31 Maart 2008 10. Die pad vorentoe

Oorhoofs gesien is die sake van die Orania Beweging kerngesond. ’n Stewige basis is gelê en daar is reeds baie werk gedoen. Dit is egter die verantwoordelikheid van elke lid van die Orania Beweging om te help om die fakkel vorentoe te dra. Toenemende betrokkenheid van lede, op welke grondslag hulle ookal ’n bydrae kan lewer, is van kardinale belang. So kan ons as Afrikanervolk in dankbaarheid en in groot afhanklikheid van ons Hemelse Vader saam die toekoms met vertroue aanpak.

_______________ CWH Boshoff(iv) President

________________ FJD de Klerk Eerste Visepresident

_______________ H Opperman Tweede Visepresident

DineeDineeDineeDineeDineeDinee Orania Beweging 20jaar Ons plaas vanjaar twintig kersies op Orania Beweging se koek! Van ’n nederige begin het AVSTIG en die Orania Beweging gegroei tot ’n gerekende nasionale organisasie met talle vriende in die buiteland. Om twintig jaar lank positief te groei en nou beskou te word as ’n meningsvormende Afrikanerinstelling, gee voldoende rede om dit vrolik en dankbaar te vier. Tydens die geleentheid tree prof. Carel Boshoff op as spreker en sal hy ons DV trakteer op ’n verhaal van Afrikanervryheid en –visie wat twintig jaar gelede begin het. Prof. Boshoff is een van weinige Afrikaners wat steeds by die beginsels staan wat hy twintig jaar gelede voorgehou het en wie se plan vir Afrikanervryheid die toets van die tyd deurstaan het. Ons spog graag met wat Orania bied en vanjaar gaan die Koffieketel van die Orania CVO-skool ons tydens hierdie geleentheid bederf met ’n heerlike driegangmaaltyd. In dieselfde gees word ’n musiekkonsert onder leiding van Esmien Kruger aangebied en sal van ons plaaslike talentvolle kunstenaars aan u voorgestel word. Dit sal vir ons ’n voorreg wees as u deel is van hierdie herdenking. Kom ons vier dit dankbaar saam! Datum: Saterdag, 9 Augustus 2008 Tyd: 19:00 vir 19:30 Plek: Orania Gemeenskapsaal

Koste: Ø60.00 Rsvp: voor Vrydag 25 Julie 2008

29


Jaarverslag van die Orania Beweging vir die jaar 1 April 2007 tot 31 Maart 2008 Aangangsel A Inkomstestaat vir jaar tot 31 Maart 2008 Inkomste Administratiewe dienste gelewer Huur ontvang Donasies ontvang Wins op drukwerk en algemene verkope Rente en dividende Wins met verkoop van bates Ledegeld ontvang

2008 Ă˜

2007 Ă˜

170,000 23,000 135,000 73,000 12,000 1,000 592,000 1006,000

121,000 22,000 73,000 48,000 18,000 50,000 472,000 804,000

Uitgawes Inligting en skakeling Administrasie Onderhoud: Geboue en toerusting Reis en verblyf Rente betaal Waardevermindering Ontwikkelingsbydraes Personeeluitgawes Werwingskoste

193,000 136,000 34,000 85,000 16,000 18,000 24,000 382,000 85,000 973,000

127,000 83,000 26,000 39,000 15,000 23,000 24,000 291,000 58,000 686,000

Behoue inkomste vir die jaar Behoue inkomste begin van die jaar Behoue inkomste aan die einde van die jaar

33,000 118,000 480,000 362,000 513,000 480,000

30


Jaarverslag van die Orania Beweging vir die jaar 1 April 2007 tot 31 Maart 2008 Aangangsel B Balansstaat op 31 Maart 2008 2008 Ø

2007 Ø

513,000 - 2,000 40,000 25,000 138,000 718,000

480,000 160,000 3,000 15,000 23,000 152,000 833,000

381,000 110,000 65,000

360,000 51,000 65,000

16,000 17,000 28,000 10,000 91,000 718,000

14,000 17,000 88,000 10,000 228,000 833,000

Kapitaal en laste Kapitaalfonds Helpsaamfonds Ander fondse Krediteure Vooruit ontvangde inkomste Langtermynlenings Bates Geboue Meubels en toerusting Genoteerde beleggings teen kosprys (Markwaarde 2008: Ø181,000; 2007:Ø139,000) Ongenoteerde beleggings teen kosprys Bank Debiteure Voorraad Geldmarkfondse

Onthou Orania se Wetenskapfees: 1 - 4 Oktober 2008 Vir navrae of om hulp aan te bied skakel Francois Joubert by 082 4535 869. Of stuur ’n e-pos aan: fjoubert@oranet.co.za

31


ei d Aan er Oew

Vir navrae of bespreking skakel AndrĂŠ of Karin Coetsee by

053 207 0118

Volop skaduryke kampeerplekke en woonwastaanplekke met kragpunte Goed toegeruste ablusieblok BreĂŤ rivier vir watersport Braaiplekke en braaihout Volledig toegeruste chalets Visvangplekke Veiligheid Vlotvaarte

bod le aan a i s e p S rania aan O -lede: ging Bewe fslag * 10% a

*Aanbod geldig van 1 Junie 2008 tot 31 Mei 2010


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.