Orania Voorgrond November 2014

Page 1

Voorgrond November 2014

Uitgawe 4/4

ORANIA betree `n nuwe groeifase

Meer steun vanuit EUROPA

Wat sĂŞ die ENTREPRENEURS?

Help bou en VERDIEN `n opbrengs


‘n Belegging wat vir jou en jou nageslag werk! Die Orania Groeifonds bied beleggers die geleentheid om sonder veel moeite in Orania te belê en steeds ‘n billike opbrengs op hul beleggings te verdien. Eenmalige beleggings of debietorders van R200 of meer per maand is welkom.

SwiftPrint 67546

Help Orania groei deur jou rande hier te laat werk en verdien steeds ‘n jaarlikse opbrengs!

Tel: 053 207 0062 E-pos: groeifonds@orania.co.za DIE ORANIA GROEIFONDS IS ‘N VOLFILIAAL VAN DIE ORANIA BEWEGING.


ORANIA IS IN VEILIGE HANDE! Die Departement Regspraak en Veiligheid is verantwoordelik vir • Bemiddeling en arbitrasie • Dissiplinêre verhore • Veiligheid • Gesamentlike Operasiesentrum (GOS) • Ondersoekbeampte • Verkeer en brandweer • Pad- en verkeerstekens

Kobus van der Merwe Hoof van Regspraak en Veiligheid

Die nuwe kantoor van Regspraak en Veiligheid is op 30 September geopen.

OR A N IA

D O R P SR A A D

! k r e w t a w it e t li a ‘n Munisip Olienhoutrylaan 1

Tel: 053 207 0063/4 Faks: 086 531 7129

Posbus 115 Orania 8752 e-pos: dorpskantoor@oranet.co.za


Voorgrond V Redakteur:

Redaksionele Inligting

Belangrike Telefoonnommers Orania Beweging 053 207 0062 Inligtingskantoor 053 207 0004 Orania Dorpskantoor 053 207 0063/4 Orania Groeifonds 053 207 0062 Helpsaamfonds 053 207 0062 CVO-skool Orania 053 207 0177 Volkskool Orania 053 207 0161

Jaco Kleynhans Nuusredakteur: James Kemp Medewerkers: John Strydom Carel Boshoff (iv) Lida Strydom Sebastiaan Biehl

Vliegveld-koördinate Suid: 29° en 48,619’ Oos: 24° en 23,755’ Hoogte bo seespieël: 3870 vt. / Rigtings: 02x20 Baan: Lengte: 1200 m Breedte: 30 m Gruisoppervlakte Skakel vooraf 053 207 0064

Foto’s John Strydom James Kemp Taalversorging: Francois de Vos Posadres: Posbus 27, Orania, 8752 Kantoornommer: 053 207 0062

Verblyf

Faksnommer: 086 693 5385 Sluit aan by die Orania Beweging: Tel: 053 207 0062 Vonkpos: oraniabeweging@orania.co.za

Webwerf: www.orania.co.za www.oraniablog.co.za Internetgespreksgroep: Word deel van die Oraniagesprek: oraniagesprek-subscribe@ yahoogroups.com

Ф = Die Ora is Orania se plaaslike geldeenheid

in Orania

Voorblad Die voorbladfoto wys twee van die dorpsraad se werknemers besig met die elektrisiteitsopgradering op Orania. Die opgradering is een van vele projekte wat deur die Groeifonds gefinansier is. Lees gerus op bl 17 hoe jy in die Groeifonds kan belê, `n opbrengste verdien en help bou aan Orania.

O ra n i a K ul t u r e le v a k a n si e da e 27 Februarie Majubadag 6 April Stigtingsdag 31 Mei Bittereinderdag 14 Augustus Taaldag 10 Oktober Heldedag 16 Desember Geloftedag Gratis Begeleide Toere per afspraak Reël by 053 207 0004 (Kantoorure) of 082 975 8132 (na ure) of 082 411 8998 (na ure)

Erflating: laat ‘n lewende monument na Enige iemand wat graag ‘n nalatenskap aan die Orania Beweging of die Helpsaamfonds wil doen, is welkom om Jaco Kleynhans te skakel by 083 3245 631, of stuur ’n e-pos aan jaco@orania.co.za.

Die volgende verblyfplekke bied 10% afslag vir lede van die Orania Beweging. Ondersteun hulle asseblief:  Aan-die-Oewer (Woonwa- en tentstaanplekke asook chalets)

053 207 0118  Cha-Du-Brie (Gastehuis) 082 349 3411  Oranje-Sig (Selfsorg) 079 514 4901  Ysterklip Akkommodasie (Selfsorg) - 082 975 8132  Orania Oewerhotel (Luuks) - 053 207 0016 Ander verblyf in Orania  Die Ou Melkplaas

ONS HANDE ONS TROTS Talle projekte suksesvol voltooi!

(Gastehuis)

084 491 1947  Hayes Tuishuis

(Oornagwoonstel)

053 207 0038  Juckers-Hoff Selfsorgakkommodasie Sluit aan by die Orania Beweging se groepe op Facebook en Twitter

VOORGROND word uitgegee deur die Orania Beweging

083 600 1780  Boskamp (Chalets) 083 388 1433  Carpe Diem (Selfsorg) - 082 705 2348  Rivierpark Kampeerterrein 083 600 1780

SwiftPrint 70223

4 | November 2014

Ons spesialiseer in:

(Selfsorg)

Die Orania Rivier Spa bied ook 10% afslag aan lede van die Orania Beweging.

   

Bou van nuwe wonings Aanbouings Voorafvervaardigde betonhuise Plaveisel

Skakel vandag nog vir ‘n gratis kwotasie! Johan: 082 737 6325

jwlbeyers@gmail.com


Daar met elke tree... FDV no. 31963

PROFESSIONELE BELEGGINGSBESTUUR

O ns voltooi d i e prentji e • Pensioenfondsprodukte • Aftreebeplanning • Genoteerde aandele • Geldmarkbeleggings Telefoonnommer: 053 207 0106 Faksnommer: 086 510 4486 Jaspisstraat 32, Orania, 8752 E-pos: primabat2@telkomsa.net

• Oorsese beleggings • Kapitaalmarkeffekte • Genoteerde eiendomme • Afgeleide instrumente


Voorgrond

Redakteursperspektief

‘ n Stad h oe f nie net ‘n droom te we e s nie Sedert die Orania Beweging ‘n tyd gelede ‘n strategiese besluit geneem het om die ontwikkeling van Orania tot ‘n stad te prioritiseer, het heelwat interessante gesprekke plaasgevind en inligting tot ons beskikking gekom wat ons help fokus op die hantering van struikelblokke in die proses van stadsbou. Uitdagings waarvan ons goed bewus is, is ons afgeleë ligging, ons klimaat, die beperkte ekonomiese aktiwiteite in ons omgewing en die tekort aan uitgebreide infrastruktuur wat snelle ontwikkeling oor ‘n kort periode moontlik kan maak. Die tekort aan kapitaal en basiese dienste soos mediese dienste wat nog nie volledig gelewer word nie, staan ook tans in die pad van stadsbou in Orania. Ons sterkpunte is ons duidelike visie en droom, asook sterk instellings wat goeie dienste lewer. Ons mense, wat inwoners en uitwoners insluit, is van ons beste bates. Ons droom van Afrikanerselfbeskikking help ons om te fokus en betrek baie van ons mense deur ‘n emosionele band. Orania se ekonomie het die afgelope paar jaar goed gediversifiseer en meer en meer werksgeleenthede word geskep. Vaardigheidsvlakke verbeter toenemend, hoewel vanaf ‘n lae basis, en byna alle werk wat in Orania gedoen moet word, kan vandag deur inwoners gedoen word. ‘n Goeie fondament is geskep. Om Orania in ‘n stad te omskep moet ons eerstens mooi verstaan wat met ‘n stad bedoel word. In Suid-Afrika koppel ons te dikwels die woord “stad” aan ‘n groot metropool met etlike miljoene mense. Stede in Suid-Afrika, soos in die VSA, is oor groot gebiede uitgelê en die werklike, klassieke stadsgevoel is op baie min plekke sigbaar of eerder ervaarbaar. Wanneer ons dus van ‘n stad praat, praat ons van ‘n klassieke Europese stad en nie ‘n megastad nie. So ‘n stad kan 10 000 inwoners hê, maar hopelik 50 000, of dalk selfs eendag 200 000. Die stad funksioneer nie geïsoleerd nie, maar het dikwels gebiede met kleiner dorpies en landbougrond om hom, wat sterk afhanklik is van produkte en dienste wat in die stad gelewer word. Die stad moet ‘n universiteit en ‘n sterk kultuursentrum waar kuns en kultuur bewaar en beoefen word, hê. Die stad moet menseerder as motorvriendelik wees en bewoning moet met sosiale

6 | Augustus 2014

areas vermeng word. Die stad moet `n lewendige sentrum hê. Daar moet ook nie uitgebreide voorstede wees waar inwoners saans wegbreek nie. Die vraag is dus of ons daarin gaan slaag om Orania in so ‘n stad te omskep. Tydens ‘n onlangse besoek aan Nederland het ons die stad Dokkum in Friesland besoek. Dokkum is in een van die mees afgeleë dele van Nederland. Die stad (hul inwoners aanvaar net die term stad!) het 12 600 inwoners en word omring deur plase en enkele klein dorpies. Die afgeleë dele van Nederland verloor steeds voortdurend inwoners na die Randstad, die gebied waar al die groot stede is. In Dokkum is dit egter anders. Hier is huispryse hoog omdat daar ‘n groot vraag na eiendom bestaan. Die stad het 190 winkels en verskeie suksesvolle klein industrieë. Hulle vergelyk ekonomies eintlik met ‘n stad van 20 000 tot 30 000 inwoners. Daar is goeie skole, die kleinste (dog baie goeie) hospitaal in Nederland, pragtige openbare ruimtes en goeie dienslewering. Mense wil in Dokkum woon en ander in ‘n groot radius om die stad wil daar gaan sake doen. Met 12 600 inwoners is Dokkum ook ‘n goed funksionerende stad. Natuurlik kan daar geen direkte vergelyking tussen ‘n stadjie in die noorde van Nederland en Orania in Suid-Afrika getref word nie. Daar is egter baie lesse te leer uit hierdie en talle ander suksesvolle klein stede in Europa en die eerste les is dat dit moontlik is. Orania kan ‘n stad word en dit hoef nie eers oor 50 of 100 jaar te gebeur nie. Ons wil definitief nie by 12 600 inwoners eindig nie en ons droom is eintlik ook oor meer as net ‘n stad. Maar dalk is ‘n droom om Orania binne 5 jaar, of dalk eerder 10 jaar, in ‘n klein Dokkum te omskep glad nie ‘n slegte droom nie.


Voorgrond Die Orania Beweging Helpsaamfonds skep volhoubare oplossings vir Afrikanerarmoede in Orania. Deur aan behoeftige Oraniërs werksgeleenthede en bekostigbare behuising te voorsien en aan hul kinders goeie onderrig te verskaf, word hulle gehelp om hulle selfvertroue en menswaardigheid te herwin. Die Helpsaamfonds doen die volgende: • Verskaf netjiese werkersklasbehuising teen gesubsidieerde koste aan arm Afrikaners. Miljoene rande is al die afgelope aantal jaar in die ontwikkeling van werkersbehuising bestee en al hierdie eiendom word op volhoubare wyses bedryf sodat mense self verantwoordelikheid vir hul verblyf kan neem. • Ondersteun Orania se skole sodat geen kind met `n behoeftige gesin `n reg tot onderrig ontneem word nie. • Ondersteun Orania se Maatskaplike Raad sodat maatskaplike probleme doeltreffend aangespreek word en die gesin as kern van die gemeenskap uitgebou en beskerm kan word. • Ondersteun projekte om mediese dienste in Orania beskikbaar te stel. Vir die Helpsaamfonds gaan dit oor selfstandigheid en volhoubare maatskaplike oplossings. Arm Oraniërs word dus gehelp om weer hul voete te vind en selfstandig te funksioneer terwyl oplossings vir veral die behuisingsnood so geskep word sodat dit volhoubaar bedryf kan word. Die Elim Arbeidsentrum is gedurende die laaste paar jaar in Orania gevestig en daar bly tans 42 mans in hierdie sentrum. Hulle ontvang netjiese, menswaardige verblyf en werk, maar betaal ook vir hul verblyf sodat hulle kan besef dat jy self verantwoordelikheid moet neem vir jou verblyf. Die sentrum is reeds vir ‘n geruime tyd heeltemal vol en desperate jongmans moet byna daagliks weggewys word. Projek Steen vir Steen 2 Gedurende 2009 het die Helpsaamfonds Projek Steen vir Steen geloods waartydens daar sowat R1 miljoen vir die bou van woonstelle by Elim ingesamel is. Nerina Steen vir Steen In 2011 is die Nerina-woonstelle vir behoeftige dames en klein gesinne ter waarde van R1 miljoen voltooi en huisves reeds 16 dames en kinders in pragtige Karoostyl huise. Nuutste projekte: Olienhout – Met hierdie projek word bestaande huise opgegradeer om bekostigbare gesinswoonstelle te skep. Soetdoring – Dit is die grootste projek wat die Helpsaamfonds tot dusver aangepak het. Twaalf gesinswoonstelle word gebou. Die eerste vier is reeds voltooi en gesinne het reeds behuising gekry. Die laaste agt woonstelle sal vroeg in 2015 voltooi word. Word deel van die oplossing! In Orania word maatskaplike probleme nie deur toelaes en die uitdeel van kos en klere, wat mense net afhanklik maak, opgelos nie. In Orania help ons arm Afrikaners om weer selfstandig te kan funksioneer. Help ons om hierdie volhoubare oplossing verder uit te brei deur ‘n skenking aan die Helpsaamfonds te maak. Skenkingsmetodes: • Maak ‘n skenking per kredietkaart of debietorder op ons webtuiste by www.orania.co.za. • Stuur ‘n teksboodskap met die woord HELPSAAM na 35933 en ons skakel jou terug. • Pos ‘n skenking aan Helpsaamfonds, Posbus 27, Orania, 8752. • Maak ‘n inbetaling by ons ABSA-spaarrekening, nommer 9164504961. • Skakel ons by 053 207 0062.

Orania Beweging Helpsaamfonds:

ord

op

two n a e r houba oede l o V ‘n erarm n a k i Afr

Augustus 2014 | 7


Voorgrond

Orania Oewerhotel Kwaliteit raamwerk van: -

skilderye foto’s sertifikate borduurwerk oudhede ... en vele meer!

Pragtige skilderye te koop!

Orania Beweginglede ontvang 10% afslag op alle rame! Yolandi:

079 514 4901

Annerine:

072 382 4084

3 Luukse Suites & 12 Ruim en Stylvolle Kamers Enkelkamers (1 Persoon) Dubbelkamers (2 Persone) Gesinskamers (4 Persone) Granaat-suite (2 Persone) Ghwarriebos-suite (3-4 Persone) Noem-Noem-suite (4 Persone)

R500.00 R800.00 R1000.00 R900.00 R1000.00 R1200.00

Navrae: 053 207 0016 (9:00–18:00) 072 567 4329 (08:00 tot 22:00) navrae@oraniahotel.co.za www.oraniahotel.co.za

bokaroorame@gmail.com

ORANIA BETONWERKE % 5 Afslag

e van die aan ledBeweging Orania

• Randstene

• Betonmure

Jannie – 082 573 4575 Johan – 073 423 4126

• Stapelblokke (Stumbelblocs) • Boustene en maxi’s • Plaveiselstene

8 | November 2014

jannie@lwo.co.za


Rubriek

Voorgrond

Het jy al ‘n boer sien dans? Deur Lida Strydom

Óf het jy al gesien hoe mielies inmekaar draai as die droogtewinde dag na dag genadeloos daaroor waai? Of diere bulkend smag na ‘n druppeltjie water in ‘n droë lopie? Het jy al die klein bietjie badwater emmertjie vir emmertjie uitgedra om jou mees geliefde plantjies net nog één dag aan die lewe te hou?

‘n Gebied met ‘n groot rivier Dit is gelukkig dat Orania teen die Oranjerivier geleë is. Of nee, dit is nie bloot geluk nie, die gebied wat volgens AVSTIG se navorsing Afrikanergebied moes word, is deur navorsing bepaal en water was een van die kritiese oorwegings. Tog, die Oranjerivier loop kragtig en trots hier dig teen ons verby. Ons het in die afgelope 23 jaar al twee magtige vloede oorleef, wat ons laat bewe het oor die krag wat in só ‘n massa rollende water skuil. Tog voel ons veilig in die wete dat daar miljoene kiloliter water vir ons beskikbaar is. So veilig dat mense sê: Plant tog meer grasperke, julle het mos baie water. So veilig dat die krane maar soms oop vergeet word en die water dan met die sementpad af in strome koers kry, terug rivier toe. Volgens ‘n plaaslike berekening loop daar 1kiloliter water per uur uit ‘n oop kraan, indien die kraan vir 24 uur oop vergeet word kan daar uiteindelik sowat 24 kiloliter in die pad afstroom. Die boere wat al langer in die omgewing woon, onthou egter ook van ‘n droogte wat die Gariep- en Vanderkloofdamme in so ‘n mate uitgeput het, dat hulle daardie jaar net die helfte van hulle spilpunte se oppervlakte kon saai en dan ook in rye wat verder uitmekaar gespasieer was. Politiek eis sy tol Die Instituut vir Strategiese Studies se dr Jakkie Cilliers en Steve Hadden het onlangs ‘n referaat gelewer met die titel Parched Prospects: The Emerging Water Crisis. Dié twee manne skree van die dakke af dat Suid-Afrika se water reeds op ‘n reuse skaal oorontgin word. Die vraag na varswater groei teen ‘n wegholkoers en die gewaarborgde lewering kan blykbaar eenvoudig nie kersvashou nie. Dr Cilliers voorspel dat die gaping tussen beskikbaarheid en aanvraag net groter gaan word, dat water ‘n groot beperking op die Nasionale Ontwikkelingsplan gaan plaas, ekonomiese groei sal beperk en Suid-Afrika ook weerloos sal laat in die geval van groot droogtes. Ongelukkig is Eskom, Suid-Afrika se kragvoorsiener, ook in die moeilikheid. Volgens ‘n onderhoud wat onlangs met ‘n kundige oor RSG gevoer is, kan Eskom binne die volgende vyf jaar as gevolg van volgehoue swak bestuur in duie stort. Dit sal rampspoed vir waterbeskikbaarheid in Suid-Afrika tot gevolg hê. Die kort en die lank van die saak is dat ‘n waterkrisis vir Suid-Afrika voorlê en dat die regering nie voldoende planne het om dié krisis te oorkom nie.

Ons sien reeds gedurige langtermynprobleme met watervoorsiening in groot stede. Infrastruktuur word nie onderhou nie. Oraniërs wat vir ‘n dag Kimberley toe gaan om sake te doen en wat dan van sentrum tot sentrum moet ry omdat daar as gevolg van waterprobleme nêrens werkende toilette is nie, weet hoe ongemaklik dit is. Waar staan Orania? Sal Orania ook magteloos staan voor hierdie probleem, of gaan ons betyds werkbare planne maak? Kan boere nou al begin om waterbesparende praktyke soos minimumbewerking in te stel, of gaan hulle wag vir die krisis om eers te kom? Wanneer gaan ons dit ook ‘n verpligte bouregulasie maak dat elke huis ten minste ‘n 10 000 liter-watertenk moet hê om reënwater van ons dakke af op te vang? Een persoon gebruik gemiddeld 150 liter water per dag, waarvan 45 liter gebruik word om ‘n toilet te spoel. ‘n Gesin van vier mense sal dus vir ongeveer 16 dae kan oorleef op 10 000 liter. Daar kan nuut gedink word Die Sweedse ambassade in Delhi se totale oppervlak van 40 000 m² is bedek met ‘n reënwateroessisteem. Volgens hierdie ontwerp ontsnap daar nie ‘n druppeltjie water in die stad se dreineringstelsel nie. Die totale 10,5 miljoen liter word versamel en gestoor. Dit maak die ambassade geheel en al selfvoorsienend ten opsigte van water. Interessant genoeg het dit ook tot gevolg gehad dat die grondwatervlakke met meer as ‘n meter gestyg het. Die boorgate in die gebied het vroeër tydens die piekseisoen in die somer opgedroog. Sedert die oes van reënwater begin het, het dit nog nie weer gebeur nie. In Australië word stormwater na beddings op die sypaadjies gelei, dus word dit sommer outomaties natgegooi. Dié kenners van droogte laat net besproeiing in die nag toe, wanneer verdamping tot die minimum beperk word. In Orania is ons geseën met ‘n werkende munisipaliteit en ‘n infrastruktuur wat goed onderhou word. Ons is egter steeds van Eskom afhanklik. Water kan dus vir Orania ook ‘n beperkende faktor word. Of gaan ons nou reeds voorkomend optree? Sal ons planne maak om die massas water wat in ons stormwaterpype wegloop, op te gaar? Of gaan dit maar voortgaan om onder ons oë te verdwyn? Sal ons boere liewer jubelend dans omdat daar betyds voorsiening gemaak is vir voldoende water, selfs as Suid-Afrika se infrastruktuur faal of as die droogte weer sy mantel genadeloos oor ons kom hang? ‘n Boer maak mos ‘n plan, of hoe?

Augustus 2014 | 9


Voorgrond

Europese skakeltoer

Europese steun vir Orania bereik nuwe hoogtes Deur Jaco Kleynhans

Die Orania Beweging het vroeër vanjaar internasionale skakeling as een van sy belangrikste prioriteite geïdentifiseer. Die organisasie het reeds oor die afgelope paar jaar ‘n sterk netwerk van ondersteuners in ander lande opgebou en daar word beplan om hierop voort te bou. Die sterkste ondersteuning vir Orania is in Europa en vir hierdie rede het ‘n afvaardiging van die Beweging Europa onlangs weer besoek.

10 | November 2014

Jaco Kleynhans (regs) saam met Ingrid en Leopold Scholtz in Delft.

Die Stigting vir Eiendom en Vryheid (Property and Freedom Society) van die bekende libertariese denker, akademikus en skrywer prof Hans-Hermann Hoppe, bied jaarliks ‘n prestigekonferensie oor vryheid, eiendomsreg en verwante sake in Turkye aan. Afgevaardigdes van regoor die wêreld woon jaarliks die konferensie by. Carel Boshoff, President van die Orania Beweging, is vroeër vanjaar uitgenooi om as spreker by die konferensie op te tree. Die konferensie het van 11 tot 16 September in Bodrum, Turkye, plaasgevind. Ek en Carel het Orania by die konferensie verteenwoordig. Die idee van ‘n gemeenskap soos Orania is baie goed ontvang en heelwat nuwe ondersteuners is vir Orania gewerf. Na afloop van die konferensie het ons na WesEuropa vertrek. Ons eerste bestemming was in die sogenaamde ‘Bijbelgordel’ van Nederland. Die Bijbelgordel is ‘n konserwatiewe, Christelike streek in Nederland wat van Zeeland in die suidweste deur dele van Suid Holland, NoordBrabant, Gelderland en Utrecht tot Overijsel en Flevoland aan die Ijselmeer strek. Die Orania Beweging ondersoek tans geleenthede om nouer ekonomiese en politieke skakeling in dié streek te bewerkstellig. Die volgende bestemming was in Kasterlee in Vlaandere, waar die burgemeester, Ward Kennes, ontmoet is. Moontlike samewerking op die terrein van stadsbou word beplan. Kennes is ook ‘n lid van die Vlaamse parlement vir die CD&V-party. Daarna is goeie vriende van Orania in Antwerpen besoek. Rita de Bont is ‘n ou vriend van Orania en sy en haar man, Raymond, het die afvaardiging in hul huis in Mortsel ontvang en ook aan die voorsitter van Vlaams Belang, Gerolf Annemans, bekendgestel. Rita was tot vroeër vanjaar ‘n lid van die Belgiese Federale Parlement. Daarna is Johan Deckmyn in Gent besoek. Hy het ons op ‘n toer deur die stadshuis van Gent geneem. Johan beplan om in die toekoms ook meer betrokke te wees by ambassadeurswerk vir Orania in Europa. Carel Boshoff het ook na Parys gereis om daar ‘n Europese Parlementslid vir die Front National in Frankryk te ontmoet. Dit was ook ‘n belangrike deurbraak vir die Orania Beweging omdat geen samesprekings tussen Afrikaners en Front National in die verlede plaasgevind het nie. Die vergadering met Aymeric Chauprade is moontlik gemaak deur ander goeie kontakte

van die Orania Beweging in Europa. Na die Vlaamse en Franse been van die besoek is die twee Duitse universiteitsdorpe Münster en Paderborn besoek. Carel Boshoff het hier gesprek gevoer met professore oor die werk van die bekende Christelike filosoof Joseph Pieper. Die laaste been van die skakeltoer was in Nederland. Hier is gesprek gevoer met Leopold en Ingrid Scholtz wat lank in Suid-Afrika gewoon het. Leopold is ‘n bekende Afrikaanse skrywer en joernalis en publiseer steeds gereeld. Hulle het nou bande met Suid-Afrikaanse organisasies. Een van die hoogtepunte van die toer was ‘n middagete saam met die leier van Staatkundig Gereformeerde Party, Kees van der Staaij. Nouer samewerking tussen die Afrikaner en Christelike Nederlanders is bespreek en die moontlikheid van die identifisering van susterstede sal verder ondersoek word. Een van die bekendste konserwatiewe denkers van Nederland is Bart-Jan Spruyt en ‘n sinvolle gesprek oor die omstandighede van die Afrikaner is gevoer. Nog ‘n organisasie met ‘n simpatieke oor vir die Afrikaner en Afrikaans is die Nederlands Zuid-Afrikaanse Vereniging. Goeie gesprek is met Peter de Graaff en Lex de Jongh van dié organisasie gevoer. Die Orania Beweging huldig ‘n standpunt dat hy graag met enige persone en organisasies wat sal luister, gesprek voer. Daarom word met verskeie politieke partye gesprekke gevoer. Die organisasie verbind hom egter aan geen politieke party in Europa nie, maar vind goeie vriende vir Orania in soveel as moontlik van daardie partye. Tydens die besoek is ‘n deurbraak gemaak deurdat vir die eerste keer met ‘n parlementslid van die gematigde Christen-Democratisch Appèl gesprek gevoer is. Pieter Omtzigt het met ‘n simpatieke oor geluister en het genoem dat hy sal dink wat gedoen kan word om die Afrikaner se saak beter bekend te maak. Vanjaar se skakeltoer het ook sterk gefokus op ontmoetings met ondersteuners van Orania. Dit was opvallend hoeveel ondersteuners, veral jongmense, belanggestel het om met ons in gesprek te tree. Party van hulle het twee tot drie ure per trein gereis om ons te kon ontmoet. Persone wat Orania al jare ondersteun, is ontmoet maar ook nuwelinge wat onlangs eers van Orania uitgevind het.


Europese skakeltoer

Voorgrond

Een van Orania se jong ondersteuners is Jan Menger van Zeeland wat na Den Haag gereis het om met Carel en Jaco te ontmoet.

‘n Groot vriend van die Afrikaner en van Orania is die Nederlandse politikus, Martin Bosma en ‘n goeie gesprek is met hom gevoer oor hoe Nederlanders by die ontwikkeling van Orania betrek kan word. Bosma het ons op die laaste dag van ons besoek na Friesland geneem en daar het ons gesprek gevoer met ‘n joernalis wat lank in Suid-Afrika gewoon en gewerk het en tans in Nederland woon, waar sy daarop fokus om ‘n databasis van alle plaasaanvalle in SuidAfrika saam te stel.

Die besoek aan Europa was weer eens ‘n groot sukses. Die Orania Beweging het ná die besoek ‘n hele klomp nuwe ondersteuners gewerf, asook bestaande ondersteuners ontmoet wat meer passievol oor Orania as ooit vantevore was. Daar is ook goeie geleenthede op veral politieke en ekonomiese terrein geïdentifiseer en in die komende maande sal die organisasie heelwat werk moet doen om hierdie geleenthede verder te ontgin. Orania het sterk ondersteuning in Europa nodig en die Orania Beweging beplan om meer tyd en energie te spandeer om dit moontlik te maak.

2

3

4

1

Kloksgewys van links: 1. Die burgemeester van Kasterlee, Ward Kennes, het ons in sy tuisdorp ontvang. 2. Jaco Kleynhans en Carel Boshoff het middagete saam met Kees van der Staaij, leier van die Staatkundig Gereformeerde Party in Nederland, geniet. 3. Peter de Graaff (links) het saam met Lex de Jongh die afvaardiging namens die NZAV ontvang. 4. Pieter Omtzigt van die CDA het die afvaardiging in die Tweede Kamer in Nederland ontvang. 5. Johan Deckmyn, ‘n groot Orania-ondersteuner, saam met Carel Boshoff in die stadshuis van Gent.

5

Augustus 2014 | 11


Om teleurstelling te voorkom, bespreek vroegtydig! Orania Oewerhotel: 053 207 0016 Orania Rivier Spa: 071 673 9705 Oewerrestaurant: 053 207 0243 Oewerchalets: 053 207 0118 Faks: 086 625 2221, navrae@oewerpark.co.za


Aan-die-Oewer ORANIA

‘n volkseie ervaring www.aan-die-oewer.com/


Voorgrond

Eie instellings

Lenie Kotze, Orania se maatskaplike werker, in die aftreeoord se tuin.

V

Om v olh oubaar te help Deur James Kemp

Die Orania Maatskaplike Raad is al vir baie jare maatskaplike dienste. Dit sluit in die verspreiding verantwoordelik vir die lewering van maatskaplike van kospakkies en klere, mediese dienste en vervoer. Help ons om `n naam dienste aan die gemeenskap van Orania. Deesdae Alhoewel kos en klere altyd verwelkom word, word vir die dagsorgsentrum kan die OMR ook spog met personeeluitbreiding kontantbydraes verkies omdat spesifieke behoeftes te kies en staan `n kans in die vorm van `n geregistreerde maatskaplike daarmee aangespreek kan word. `n Dieetkundige is om `n geskenkpak ter werker. Lenie Kotze het na haar studies aan die byvoorbeeld genader met die samestelling van die waarde van R300 te Universiteit van die Vrystaat by die staatsdiens kospakkies wat vereis dat spesifieke voedselsoorte as maatskaplike werker aangesluit. Sy was ook aangekoop moet word. wen. Stuur jou voorstel aan privaatinstansies verbonde en het later, in Die gemeenskap van Orania huiwer nie om te gevolg deur jou naam 1986, `n pos as maatskaplike werker by Kovsies help nie. So het die OMR byvoorbeeld besluit en van na 35933. aanvaar. Dit was die eerste keer in Suid-Afrika dat om `n voedingsprojek by CVO-skool aan te pak `n maatskaplike werker by `n tersiêre instelling en danksy ondersteuning uit die gemeenskap aangestel is. In 2008 het sy `n pos by die Noordwes was dit nie nodig om enigiets uit hulle eie begroting aan te koop Universiteit se Potchefstroomkampus aanvaar voor sy gedurende nie. Toekomstige projekte vorder ook fluks en `n dagsorgsentrum Maart vanjaar na Orania verhuis het. vir kinders tussen die ouderdomme van nul en drie jaar open op Hier is sy verantwoordelik vir ondersteuningsdienste 15 Januarie 2015. Belanstellendes kan nou reeds hulle kinders se wat insluit hulpverlening aan mense met persoonlike of plek bespreek deur `n e-pos na toonbank@orania.co.za te stuur. afhanklikheidsprobleme, ouerleiding en noodlediging. Die Daar is ook poste beskikbaar vir persone met `n agtergrond of `n ondersteuningsdienste vir persone met afhanklikheidsprobleme belangstelling in vroeë kinderontwikkeling en CV’s kan na dieselfde word onder leiding van `n berader, Heidi Smit, en ds Schalk Albertyn adres gestuur word. gelewer. Volgens Lenie is een van die grootste uitdagings om vertroue OMR Aftreeoord se matrone, te bewerkstellig voor mense bereid is om jou met hulle Susan Bothma, in die eetlokaal. probleme te nader. “Maar dan, nadat jy jouself bewys het lê die verantwoordelikheid steeds primêr by die hulpbehoewende om self verantwoordelikheid vir sy situasie te neem en te erken dat hy hulp nodig het,” verduidelik sy. Die OMR het in die laaste tyd `n paar groot projekte aangepak. Een daarvan is die OMR-aftreeoord wat op 1 September 2014 sy deure geopen het. By diè aftreeoord word daar daaglikse aktiwiteite vir die inwoners gereël en word hulle van `n maaltyd voorsien. `n Ander projek is die Kleretrommel waar tweedehandse klere verkoop word om geld in te samel vir die lewering van ander

14 | Augustus 2014


Eie grond

Voorgrond

O r a n i a betr e e ` n n uw e g r oe if ase

Di mom e vir die entum vo groei lgende fas voor d e lê Deur James Kemp ie deur Christo Conradie was vir baie jare `n ontwikkelaar in Potchefstroom voor hy in 2012 na Orania verhuis het. Hy is

tans die hoof van beplanning en ontwikkeling by die Dorpsraad. Sy taak is om infrastruktuur te help vestig wat dit vir voornemende intrekkers makliker sal maak om na Orania te verhuis. So word daar ook tans gekyk na `n aansporingspakket vir `n dokter en `n tandarts en die moontlikheid om `n mediese sentrum in Orania te vestig. Daar is ook `n groot behoefte aan industriële erwe en wanneer dit beskikbaar is sal dit lei tot die vestiging van ondernemings en die skep van werksgeleenthede. Verder bestaan daar `n groot behoefte aan residensiële eiendom en om die behoefte aan te spreek is 55 erwe in verskillende prysklasse beskikbaar gestel. Christo wys ook daarop dat die opmerklike groei in die vraag na erwe daartoe lei dat eiendomspryse styg wat eiendom in Orania `n baie goeie belegging maak. Die ontwikkeling van `n stadsplein word ook beplan om vir onder meer landboumaatskappye die geleentheid te gee om korporatiewe streekkantore daar te vestig. Christo wys daarop dat daar die laaste paar jaar op die ontwikkeling van infrastruktuur gekonsentreer is, wat groei vergemaklik. In die komende jaar sal die fokus na fisiese groei verskuif. `n Sosio-ekonomiese studie word ook beplan om voornemende beleggers van die nodige inligting te voorsien. Met die studie sal `n duidelike prentjie geskets word oor die gemiddelde ouderdom, inkomste en behoeftes van Oraniërs. Soos Christo sê: “Die momentum van die volgende groeifase lê voor die deur.” Groot ontwikkeling vir Orania beplan `n Ekolandgoed met `n laedigtheidontwikkeling word vir die platogebied noordoos van die gemeenskapsaal in Orania beplan. Die ontwikkeling sal uit 18 eksklusiewe eenhede bestaan waarvan slegs drie per hektaar ontwikkel sal word. Een van die drie vennote in die ontwikkeling en `n suksesvolle sakeman op Orania, Willie Nel, sê die ontwikkelaars sal ook verantwoordelikheid neem vir die opstel van `n ekologiese bestuursplan om te verseker dat rotsgravures en die natuurskoon bewaar en die omgewing gerehabiliteer word. “Die minimale ontwrigting van die omgewing is `n vereiste,” verduidelik Willie. `n Heining sal ook opgerig word om die aanhouding van kleinwild moontlik te maak. Die ontwikkelingsplan is by die Dorpsraad ingedien, waarna daar geleentheid gegee is vir openbare deelname. Uit `n gemeenskap van meer as 1 000 was daar slegs enkele besware wat elk individueel aandag geniet het tydens `n openbare vergadering. Van diè bekommernisse is ook reeds bevredigend aangespreek, waarop die Dorpsraad die projek in beginsel goedgekeur het in afwagting van ‘n volledige hersoneringsaansoek. Die ontwikkeling vind plaas in `n gebied wat vir meer as 20 jaar braak gelê het en aan toenemende verwaarlosing blootgestel was en nou gerehabiliteer en toeganklik vir die gemeenskap gemaak sal word, soortgelyk aan die wyse waarop die ontwikkeling langs die Oranjerivier die oewer meer toeganklik gemaak het. Dit sluit die ontwikkeling van wandelpaadjies in. In ruil sal die Dorpsraad drie hoewes, ongeveer 90 ha, ontvang waarmee Orania se grondgebied uitgebrei sal word en wat dringend noodsaaklik is vir die vestiging van riool- en rommelverwerkingsaanlegte. Tekort aan behuising stylvol aangespreek Chris Jacobs en sy vrou, Corrie, is al vir baie jare by ontwikkelings betrokke. So het hulle ook opgemerk dat daar op Orania `n tekort aan huureiendom vir die middelklas beskikbaar is, en besluit om `n Karoostylontwikkeling daar te stel. Die meeste van die nege Karoostyleenhede is reeds voltooi en die huurders het reeds ingetrek. Dié twee- en drieslaapkamerhuise lok oorweldigende belangstelling uit en daar is reeds voornemende huurders vir die oorblywende huise. Die Jacobse se raad aan potensiële ontwikkelaars is om prakties te bou, met byvoorbeeld genoeg kragproppe, en genoeg ruimte aan huurders te bied sonder om te groot te bou.

November 2014 | 15


Voorgrond

Eie arbeid

Op o n s p os Deur James Kemp

Lorraine Schmidt help `n inwoner in `n tyd toe die werkers by die meeste ander poskantore staak.

Die afgelope poskantoorstaking het tot groot skade vir verskeie ondernemings gelei. In Orania was die poskantoor, wat al die laaste tien jaar deur Lorraine Schmidt beman word, elke dag oop. Die werklikheid is egter dat Orania, ongeag goeie interne reëlings, nie in isolasie leef nie en dus deur die uitdagings in die res van die land geraak word. Stakings en arbeidsonrus benadeel nie net die werknemer nie maar ook die werkgewer. Na die afgelope staking in die mynbedryf gaan dit werknemers tot 10 jaar neem om verlore salarisse in te haal – ongeag die verhoging waarop ooreengekom is. Verder word daar ook gevra of mynwerkers `n werkplek het om na terug te keer aangesien die mynmaatskappye reuse finansiële terugslae beleef het, beleggersvertroue afgeneem het en internasionale maatskappye Suid-Afrika nie as `n ekonomies vriendelike bestemming beskou nie. Arbeid is een van die hoekstene van Orania. `n Beginsel wat so belangrik is dat dit, in die vorm van die Klein Reus, die kern van Orania se embleem vorm. Juis daarom is dit belangrik dat werkers beskerm word op so `n wyse dat ekonomiese groei in Orania tegelykertyd bevorder word. Dit word onder meer gedoen deur `n billike minimumloon daar te stel, `n bedrag wat die werknemer

16 | Augustus 2014

bemagtig om goed na sy gesin te kyk maar wat vir die werkgewer bekostigbaar is en nie sy onderneming benadeel nie. Verder word alle vorme van arbeid as `n trotse daad bemark. Die persoon wat die gras sny se rol is net so belangrik soos die van die amptenaar by die dorpsraad. Almal is tog daar met dieselfde ideaal en elkeen is nodig om dit te laat realiseer. `n Ander eienskap wat Orania van die res van Suid-Afrika onderskei is die feit dat werkgewer en werknemer geïintegreerd lewe. Elders word goedkoop arbeid na middelklasbuurte ‘ingevoer’ en saans weer huis toe gestuur. Orania is weer `n diverse gemeenskap waar werkgewer en werknemer soms in dieselfde straat bly, hulle kinders in dieselfde skool is, hulle langs mekaar in die kerk sit en in dieselfde ry staan as hulle kruideniersware koop. Die werkgewer is dus direk bewus van die werknemer se omstandighede, moontlike probleme en gesinslewe. Die moontlikheid dat hulle kinders met mekaar bevriend is bestaan ook. Dus bestaan daar `n groter mate van betrokkenheid en empatie. Orania is `n jong gemeenskap wat steeds groei en ontwikkel, maar reeds `n voorbeeld is van hoe arbeidsverhoudinge doeltreffend bestuur kan word.


Voorgrond

ORANIA GROEIFONDS

Help bou en verdien `n opbrengs

ag Indien u gra derhede n so e meer b ifonds oor die Groe r die verlang stuu gevolg i e ro g woord dres na deur u e-posa

35933 Te danke aan die Groeifonds kon Daniël Coetsee se onderneming, DTC Dienssentrum, `n belangrike hupstoot kry.

Deur James Kemp Daar is verskeie ondersteuners wat graag meer wil doen om te help bou aan Orania maar nie tans kans sien om direk in die ekonomie van Orania betrokke te raak nie. Wat dan oorweeg kan word is `n belegging in die Groeifonds waarop jy dividend verdien en help om Orania se ekonomie uit te brei. Die Groeifonds is `n beleggingsfonds wat vir aandeelhouers die gemoedsrus van laerisikobeleggings en `n konserwatiewe beleggingstrategie gee en dit terwyl fondse direk in die ontwikkeling van Orania se ekonomie belê word. Die fokus is om lenings aan klein ondernemings in Orania beskikbaar te stel. Om in die Groeifonds te belê is `n minimum-enkelbedrag van R10 100 nodig vir die uitreik van aandele. Baie beleggers verkies egter om maandeliks per debietorder in die Groeifonds te belê, in welke geval aandele uitgereik word soos wat fondse in die belegger se leningsrekening vir dié doel beskikbaar is. `n Minimum maandelikse

debietorder van R200 word verlang en aandele word jaarliks op 1 Maart in eenhede van 2 000 uitgereik. Dividende word jaarliks op 28 Februarie uitbetaal en aandeelhouers kan kies om hul dividend te herbelê of in kontant te laat uitbetaal. Die voorsitter van die Groeifonds, Frans de Klerk, sê daar is talle tasbare voorbeelde van projekte wat al deur die groeifonds gefinansier is. Voorbeelde sluit in die huidige elektrisiteitsopgradering en Orania Motors. “Dit is `n wen-wen-oplossing. Orania kry fondse waarmee infrastruktuur uitgebrei word en die belegger kry `n opbrengs,” verduidelik Frans. Die Groeifonds, wat al vir meer as 15 jaar bestaan, het verskeie eiendomsontwikkelingsprojekte wat voor die deur lê en is ook `n voertuig om omringende plase aan te koop. Dit bevorder ook Orania se selfstandigheid deur die skep van eie infrastruktuur en versnelde ekonomiese aktiwiteit. Vier nuwe ondernemings kon te danke aan `n Groeifondslening reeds gedurende 2014 in Orania tot stand kom.

November 2014 | 17


Voorgrond

Gemsbok en Cha-Du-Brie Blesbok Chalets Gastehuis

4 beddens per huis R750 per huis per nag

‘n Klipgooi van die rivier af!

Agaatstraat 65, Orania Tel: 053 207 0019 Sel: 082 349 3411

heid y r v s a g e r e o B met styl

Jeanette Pawson- Orania - 082 872 3348 Jeanette_pawson@hotmail.com Elektriese ware, tuingereedskap en speelgoed. Wye verskeidenheid produkte beskikbaar.

Skakel Jeanette Pawson by 082 872 3348

Huis & Tuin Benodighede 082 441 8813 / 082 872 3348

18 | November 2014


Entrepreneurs

Stokkiesdraai

?

Wa t s ê die e n t r e p reneur s Voornemende intrekkers vra dikwels raad oor die vestiging van `n onderneming in Orania. Ons het met `n paar van Orania se entrepreneurs gesels en vir wenke gevra. Deur James Kemp

Voorgrond

Quintin Diederichs bedryf onder meer die Afsaal Restaurant en Klein Parys Boetiek en Klerewinkel. Hy stem saam dat koopkrag eerste in berekening geneem moet word maar voeg dadelik by dat Orania se koopkrag nie onderskat moet word nie. ”Orania se huidige mark, klein soos hy is, is baie divers en die toenemende koopkrag vloei uit talle oorde, onder meer omwoners, toerisme en eksterne afset.” “`n Goeie verhouding met jou kliënte en kennis van hulle behoeftes is van kardinale belang vir `n onderneming se sukses. So sê Sarie Botes wat die afgelope vier jaar Die Hoekie in Kleingeluk bedryf. Die Hoekie is `n kafee wat, volgens verskeie besoekers, spog met die lekkerste vetkoeke in die land.” `n Ontwikkelaar wat tans besig is met die finalisering van Stokkiesdraai Winkelsentrum en Avontuurpark, Sarel Roets, stem saam en voeg by dat `n voornemende entrepreneur behoorlike navorsing moet doen voor hy `n besigheid begin.

Die ou Karooplaas

Entrepreneurskap is `n baie belangrike bestanddeel vir `n gemeenskap se groei. Orania is in die bevoorregte posisie dat verskeie entrepreneurs hulle hier kom vestig het. Hennie Jonk bedryf Skildershoek, wat uit `n winkel en `n kwekery bestaan. Hennie en sy vrou, Wanda, het na Orania verhuis ter wille van hulle kinders se toekoms. Netheid is vir Hennie vreeslik belangrik en hy voel sterk daaroor dat hoe `n onderneming vertoon direk verband hou met sy sukses. “`n Netjiese plek met vriendelike diens sal kliënte lok. Mense praat onder mekaar wat weer tot nuwe kliënte kan lei.” Hennie sê verder dat beskikbare koopkrag een van die eerste dinge is wat oorweeg moet word voor jy `n besigheid begin.

Wat Orania egter anders maak as ander gemeenskappe is dat hier `n strewe na selfbeskikking uitgeleef word. Iets wat volgens Sarel altyd in gedagte gehou moet word. “Alle ondernemings op Orania moet besef dat hulle deel vorm van `n groter idee. `n Onderneming wat swak diens lewer doen nie net homself skade aan nie maar Orania in die geheel.” Orania se basis is selfwerksaamheid wat vir sommige sakemanne aanvanklik `n vreemde gedagte en `n uitdaging kan wees, maar na meer as twintig jaar kan Orania daarvan getuig dat selfwerksaamheid wel moontlik is. Quintin wys daarop dat `n onderneming wat op Orania handel dryf `n baie groter rol vertolk as wat ‘n mens besef. “Deur op Orania handel te dryf is jy direk betrokke by die skepping van `n volkstaat met sy eie Afrikaner-dominante ekonomie. En dit is spesiaal.”

Skildershoek

Augustus 2014 | 19


Voorgrond

Eie instellings

H o e k o m is da ar ‘n V e r w oer dh uis in Ora nia ? Deur Sebastiaan Biehl Daar is feitlik geen artikel van ‘n buitelandse dus nie dat ons dr. Verwoerd se beleid een vir een joernalis wat nie prominent die Verwoerdhuis en onderskryf nie, maar ons is ook nie skaam vir die groot die granietbeeld van dr Verwoerd vertoon nie. Dit rol wat hy gespeel het nie. Hy is net so deel van die is dikwels met ‘n negatiewe bedoeling om te wys Afrikanererfenis soos Andries Pretorius, Paul Kruger, dat “Orania in die verlede leef en die argitek van Christiaan de Wet of Koos de la Rey, om maar enkeles apartheid vereer en daarmee sy haat en minagting te noem. vir die reënboognasie uitdruk” of iets soortgelyks. Sonder om te veel in te gaan in dr. Verwoerd se Waarom is daar ‘n Verwoerdmuseum in Orania? Is dit beleid en sy tyd moet eenvoudig erken word dat hy ’n stelling teen die “nuwe” Suid-Afrika en ‘n “bewys” in sy tyd uiters suksesvol en gewild was onder sy volk dat ons nie vrede maak met die hede nie? Verskeie kunswerke deur Jo en ook deur vele swart mense gerespekteer is. Dit Allermins. Die rede hoekom daar ’n Verwoerdhuis Roos maak deel uit van die was ‘n tyd van voorspoed en relatiewe vrede en alle in Orania is, is in die eerste plek dat dit ‘n historiese gedenkversameling. Onder volksgroepe het daarby gebaat. Die ANC en ander swart nasionalistiese groepe het destyds nie die monument is wat bewaar moet word vir die nageslag en vir diegene wat meer oor dr. Verwoerd dié werke tel `n houtbeeld meerderheid swart mense verteenwoordig nie en was van dr Verwoerd. boonop deurspek met kommuniste wat gestaan het vir wil weet. Ongeag of ‘n mens ‘n bewonderaar van dr. ‘n wêreldrevolusie en die vernietiging van ‘n Westerse Verwoerd is of nie, die feit bly staan dat hy seker die en geordende samelewing. Eers heelwat later het die ANC meer persoon was wat Suid-Afrika in die 20ste eeu die meeste gevorm het en wat nie eenvoudig verswyg kan word nie. Al word alle gematig geword. Om dus die 1960’s te beoordeel aan die hand van Verwoerdbeelde en alle verwysings na hom deur die ANC-regering die huidige siening van menseregte en individualistiese vryhede verwyder, bly sy handskrif in die vorming van die moderne Suid- wat sedert die val van die ystergordyn heers is amper absurd. Afrika nog altyd bestaan. Die belangrikste nalatenskap van dr. Verwoerd vir Orania is natuurlik Die Verwoerdhuis in Orania was van 1992 tot 2000 die woning van die Oranjerivier-Waterskema met sy damme en kanale, waarsonder sy weduwee, mev. Betsie Verwoerd, ‘n merkwaardige persoon in eie hierdie streek nie die oase met die landboumoontlikhede sou wees reg wie se verbintenis met Orania en die Afrikaner se vryheidstrewe wat dit is nie. Sonder die waterskema sou die dorp Orania nie in die ook nie misken moet word nie. Anders as menige vroue van politici, 1960’s gebou geword het nie en sou die tweede stigting in 1991 as wat maar net hulle mans se vroue was, het mev. Verwoerd ook na volkstaatdorp nie moontlik gewees het nie. haar man se tragiese dood voortgegaan op allerhande terreine van Besoekers aan die Verwoerdhuis is elke keer aangegryp. Ouer die Afrikanerkultuur en was betrokke by die Voortrekkers, by SABRA, mense word herinner aan ‘n era wat hulle as besonder voorspoedig die Afrikanervolkswag en Avstig, om maar enkeles te noem. Na haar beleef het en die groot skok wat die sluipmoord op dr. Verwoerd vir vreedsame afsterwe in 2000 op 98-jarige ouderdom het haar klein, die destydse samelewing was. Jonger mense raak geïnteresseerd beskeie maar smaakvolle woning behoue gebly en is die tweede om meer te lees oor ‘n persoon en sy tyd waarvan hulle min weet deel van die huis, die opsigterswoning, omskep in ‘n museum wat en gewoonlik net enkele trefwoorde buite konteks gehoor het. Vir dr. Verwoerd se nalatenskap uitstal. diegene wat navorsing Elke gewese eerste minister of president van ‘n land het gewoonlik ‘n doen oor die era van museum in sy geboortehuis of die huis waar hy die langste gewoon Verwoerd is die museum het. Aangesien dr Verwoerd in Amsterdam, Nederland gebore is en ‘n belangrike bron van in Suid-Afrika weens sy politieke betrokkenheid veel rondgetrek eerstehandse inligting. het en, omdat hy vermoor is, ook nie `n plek vir sy oudag gehad nie, is daar geen plek wat hom leen tot ‘n Verwoerdmuseum nie, behalwe sy weduwee se laaste woonplek. Ander eerste ministers of presidente soos Paul Kruger, Jan Smuts, JG Strijdom, JBM Hertzog Die huis waarin en ander het almal huise wat aan hulle herinner en daar Betsie Verwoerd Die pak klere wat dr Verwoerd word geen ophef van gemaak nie, want dit gedra het toe hy vermoor is. gewoon het. is historiese figure en hulle word as sodanig behandel. Dat Orania Geskenke wat swart stamme aan ‘n Verwoerdmuseum dr Verwoerd gegee het. het, beteken

20 | Augustus 2014


Agtergrond

Voorgrond

D i e O r a nia Be w e ging e n d i e l i ber ta r ie se ide ol ogie Orania se onlangse teenwoordigheid by die Property and Freedom Society (PFS) se negende jaarvergadering in Bodrum, Turkye en die belangstelling wat ons beweging daar uitgelok het, bied ‘n goeie geleentheid om ons verhouding tot die libertariese ideologie te oorweeg. Dit is so omdat die PFS ‘n inisiatief van die toonaangewende libertariese denker, prof Hans-Hermann Hoppe, is en die aanbiedings en besprekings by die geleentheid in die teken van die oorweging en verfyning van die libertariese denkskool gestaan het. In dié verband het prof Hoppe self dikwels leiding gegee en sprekers het hulle van libertariese denkgoed bedien. Nou moet eers vermeld word dat ons prof Hoppe se gaste by die vyand van die vrye mens. Wat meer is, die staat matig hom die reg konferensie was en dat ons met gasvryheid oorlaai is. Die geleentheid aan om wette te maak met behulp waarvan hy my eiendom afneem het in ‘n hotel van sy vrou se familie in die huidige stad Bodrum, – belasting is daarvolgens niks minder as gewettigde diefstal nie. die klassieke Hallicarnassus waar byvoorbeeld die geskiedskrywer Vir hulle sou die wenslike alternatief ‘n wêreld wees waarin elkeen Pericles vandaan kom, plaasgevind en ons het onder andere die alleen besluit oor wat hy besit en dit net vrywillig prysgee of deel geleentheid gehad om die argeologiese terrein van die Bybelse wanneer en insoverre as wat dit sy eie belang bevorder. Voordelige stad Efese te besoek. Dit alles is deur ons ambassadeur in Duitsland, kombinasies van eiebelang sal die beste vir almal teweegbring en Aaron Kahland, bemiddel en ek en Jaco het dit ampshalwe en met die staat word oorbodig verklaar. Daarom dat dit ook as anargomandaat van die Uitvoerende Raad bygewoon. Ons is aan almal wat kapitalisme beskryf word. Vir die een libertariër lê die klem op dit moontlik gemaak het, ook deur tuis die fort te hou, groot dank die afwesigheid van dwang (Hoppe), vir die ander op vrywillige verskuldig! instemming (Leon Louw van die Suid-Afrikaanse Vryemarkstigting Maar terug by die oorspronklike onderwerp: Waarom word hier na wat ook ‘n referaat gelewer het); vir elke aanhanger van die ideologie die libertariese ideologie verwys? Lê daarin nie reeds ‘n negatiewe gaan dit om die mens as vrye individu en die wêreld as domein oordeel opgesluit nie? Nie noodwendig nie, want ideologie kan van besittings. Eiendom en individuele vryheid is die sleutelkodes eenvoudig beteken ‘n samehangende denkraamwerk wat bedoel van die libertariese denkraamwerk en elke handeling moet daarop om rigting aan mense se handeling te gee. Juis dit wil die libertariese afgestem wees om dit te bevorder. denkers graag daarstel – samehangende denke met die oog op In sy uiterste vorm is die libertarisme inderdaad ‘n utopiese ideologie toepaslike optrede, al is daar onderlinge verskil oor presies wat dit met sy klassieke uiteensettiing van die ideale, nie-bestaande wêreld moet behels. Dat ideologieë dikwels van utopiese aard is en ‘n “nuwe in Ayn Rand se roman Atlas shrugged, een van die mees gelese boeke wêreld” in die oog het, bevry van die beperkinge wat die gegewe in die VSA. Die skema is eenvoudig: ‘n slegte werklikheid, naamlik die werklikheid aan sy aanhangers oplê, is ook waar en sal verderaan staat wat voortreflike individue se inisiatief en eiebelang ten gunste oorweeg word. Intussen is dit interessant om te noem dat maklik van die middelmatige massa se algemene belang onderdruk, word helfte van die deelnemers op een of ander stadium (op as’t ware opgeblaas totdat hy bars wanneer die “Atlasse” eg libertariese wyse!) aangevoer het dat hulle eintlik nie besluit om die parasitiese swakkelinge nie langer Die punt is dat libertariërs is nie, maar dit of dat anders. Orania, ten spyte saam te dra nie en hulle eie, goeie werklikheid op die Uit Orania se oogpunt gebeur dit maklik dat mense iets van wat sommige grondslag van individualisme en besit tot stand te bring. Met dié rewolusie breek die goeie toekoms aan. Nogal ‘n mag dink. . . raaksien wat hulle met ‘n bepaalde ideologie verbind – en Orania in sy geheel dan met daardie ideologie wil . . . geen utopiese verrassing as mens gedink het net die linkses werk met begrippe soos rewolusie en utopie! verbind. Die Orania Beweging dra byvoorbeeld by tot projek is nie. Die punt is dat Orania, ten spyte van wat sommige mag gesubsidieerde behuising vir mense wat dit nodig het en dit is ‘n tipiese eienskap van sosialistiese state. Beteken dit nou dat dink en ten spyte van elemente wat hulle raaksien, geen utopiese ons sosialiste is? Of: Orania ondersteun die vrye mark as meganisme projek is nie, maar vierkantig in die werklikheid gesetel is. Ons begin vir die verspreiding van goedere en dienste. Beteken dit nou dat nie by die kontrakterende individu nie, maar by die funksionele slegs rykes welkom is? Of: Orania is ingevolge die Suid-Afrikaanse gemeenskap wat individualiteit hoegenaamd moontlik maak; ons reg ‘n privaatdorp wat na sy eie behoeftes omsien. Beteken dit nou verhouding tot die werklikheid word nie ten diepste deur besit dat Orania ‘n libertariese projek is? Dit is duidelik dat nie een van die gekenmerk nie, maar deur sorg; ons onderwerp nie die gedeelde wêreld aan private belang nie, maar beskerm private belange sodat antwoorde ja is nie, hoewel dit vir sommige so mag lyk. Ons aanvaar dus dat Orania vir libertariërs ‘n uiters interessante ‘n publieke domein daarop gebou kan word; ons glo nie net aan projek kan wees sonder dat ons in ‘n libertariese ideologie hoef onsself en wat ons ín ons omdra nie, maar aan iets groter wat ons in op te gaan. Om dié versigtigheid toe te lig, moet die libertariese staat stel om ons eie beperkings te oortref. Groter as ons elkeen wat individueel van dwang vrygestel kan word, ideologie kortliks omskryf word. Die diepste fondament van die libertariese denke is die vrye, is dit wat ons saam kan doen en wat ons apart nie sou vermag nie; besittende individu. Soos prof Hoppe dit stel: Ek en ek alleen besit groter as ons vryheid om saam glorieryke dinge te doen, is dit wat my liggaam, niemand anders as ekself kan my hand oplig sonder dat ons in staat stel om te weet watter dinge inderdaad as glorieryk ek vrywillig daartoe instem of onder dwang daartoe geforseer word beskou kan word. Dit is die goeie wat gelowige mense van God nie. Dit is vir hom die allesomvattende en onomstootlike grondslag ontvang – en dit plaas ons op ‘n heel ander trajek as die ideologie waarop sy siening van mens en wêreld berus. As ek alleen my hand van libertarisme, selfs al vertoon ons vryheidstrewe heelwat kan oplig, verdien ek alleen ook die vrug van my handewerk en is kenmerke wat boeiende gesprekke met libertariërs moontlik maak. dit vir my alleen om dit vrywillig te deel. Elke vorm van dwang is Carel Boshoff verkeerd en die staat, wat per definisie en altyd van dwang gebruik President Orania Beweging maak om sy belange ten koste van my belange te bevorder, is die

November 2014 | 21


Pragtige staal- en houtprodukte by Kieriehout Smidswinkel Stylvolle raamwerke by Bo-Karoo Rame De Oudemeester Skryfbehoefteen Geskenkwinkel bied `n wye verskeidenheid produkte Kom besigtig die handgemaakte juwele by Oranzi Pop Juwele Karoo Couture verkoop lekker gemaklike klere `n Verskeidenheid luukse produkte is by Tarentaal te kry


Kom toets jou oĂŤ by Orania Oogkundiges Geniet `n smaaklike maaltyd by Die Kraalrestaurant Konferensiesentrum te huur. Skoon ablusiegeriewe.

GeleĂŤ op die hoofpad (R369) noord. Laaste sentrum op linkerkant.


Moderne losstaande twee- en drieslaapkamerhuise van hoogstaande gehalte met motorhuise of motorafdakke. Fasiliteite in beplanning ‘n Klubhuis met die volgende: • Eetsaal • Sitkamer met televisiefasiliteite • Biblioteek • ‘n Mediese fasiliteit word ook nader aan die voltooiing van die hele ontwikkeling in die vooruitsig gestel Eenhede is beskikbaar vanaf R925 000. Navrae: Dr. Willie Schoeman wjs@estella.co.za of 082 490 4937 Carel Boshoff cwhb@estella.co.za

www.estella.co.za


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.