Orania voorgrond junie 2012

Page 1

Voorgrond Junie 2012 | Uitgawe 2/4

Om kinders groot te maak in Orania Ons erfenis en geskiedenis in Orania Museum Nuwe rugbyklub gestig Olywe ook deel van landboubedryf



redaksionele inligting Redakteur: Jaco Kleynhans Medewerkers: John Strydom Carel Boshoff (iv) Rozanne Diederichs Magdaleen Kleynhans Sarel Roets Celéste van Niekerk Andre Coetsee Nikke Strydom Foto’s Magdaleen Kleynhans Francois de Vos John Strydom Taalversorging: Francois de Vos Posadres: Posbus 27, Orania, 8752 Kantoornommer: 053 207 0062 Faksnommer: 086 693 5385 Sluit aan by die Orania Beweging: Tel: 053 207 0062 Vonkpos: oraniabeweging@orania.co.za Webwerf: www.orania.co.za www.oraniablog.co.za Internetgespreksgroep: Word deel van die Oraniagesprek: oraniagesprek-subscribe@ yahoogroups.com Ф = Die Ora is Orania se plaaslike geldeenheid

Sluit aan by die Orania Beweging se groepe op Facebook en Twitter VOORGROND word uitgegee deur die Orania Beweging

Belangrike Telefoonnommers

O ra n i a Kul t u rel e v a k a n si eda e

Inligtingskantoor: 053 207 0062 CVO-skool Orania: 053 207 0177 Volkskool Orania: 053 207 0161 Orania Groeifonds: 053 207 0082 Helpsaamfonds: 053 207 0062 Orania Dorpskantoor: 053 207 0063/4

27 Februarie 6 April 31 Mei 14 Augustus 10 Oktober 16 Desember

Vliegveldkoördinate

GRATIS BEGELEIDE TOERE per afspraak

Suid: 29° en 48,619’ / Oos: 24° en 23,755’ Hoogte bo seespieël: 3870vt. / Rigtings: 02x20 Baan: Lengte: 1200 m Breedte: 30 m Gruisoppervlakte - Skakel vooraf 053 207 0064

Majubadag Stigtingsdag Bittereinderdag Taaldag Heldedag Geloftedag

Reël by 053 207 0062 (Kantoorure) 084 404 1904 (na ure) of 082 975 8132 (na ure)

Verblyf in Orania Die volgende verblyfplekke bied 10% afslag vir lede van die Orania Beweging. Ondersteun hulle asseblief:

Ander verblyf in Orania  Die Ou Melkplaas (Gastehuis) - 084 491 1947

 Aan-die-Oewer (Woonwa- en tentstaanplekke asook chalets) - 053 207 0118

 Hayes Tuishuis (Oornagwoonstel) - 053 207 0038

 Oranje-Sig (Selfsorg) - 079 514 4901

 Cha-Du-Brie (Gastehuis) - 082 349 3411

 Ysterklip Akkommodasie (Selfsorg) - 082 975 8132  Orania Oewerhotel (Luuks) - 053 207 0016

 Juckers-Hoff Selfsorgakkommodasie - 083 600 1780  Die Eko Gastehuis - 074 583 6517  Boskamp (Chalets) - 083 388 1433  Carpe Diem (Selfsorg) - 082 705 2348

Voorbladfoto

deur Nikke Strydom In Orania word kinders van jongs af geleer dat sukses deur harde werk en deursettingsvermoë bereik word. In Orania werk gesinne saam om te bou aan ‘n groter ideaal. Orania is egter ook ‘n plek waar kinders in veilige omstandighede kan sosialiseer, leer, werk en vir hulself ‘n toekoms skep.

Erflating: laat ‘n lewende monument na Enige iemand wat graag ‘n nalatenskap aan die Orania Beweging of die Helpsaamfonds wil doen, is welkom om Jaco Kleynhans te skakel by 083 3245 631, of stuur ’n e-pos aan jaco@orania.co.za. Junie 2012 |

3


redakteursperspektief

paleokonserwatiewe denke vir Afrikaners nodig In ‘n onlangse artikel in The American Conservative skryf Rod Dreher van ‘n vriend van hom wat ‘n uitstekende werksaanbod in ‘n ander land van die hand gewys het. “He said that the things he learned from being here, and part of this community, were experiences only open to those who cultivated stable lives in community, which implies renouncing the idea that life is better elsewhere…” Dreher argumenteer dat die konsep van ‘n gelukkige, tevrede gemeenskap ondermyn word deur die ideologie van individualisme en verbruikerskapitalisme.

4

|

Voorgrond

Die Afrikaner se voortbestaan word vandag nie eksklusief deur eksterne faktore bedreig nie, maar soveel te meer deur ons eie onvermoë om rondom ‘n sinvolle politieke en ekonomiese denke te verenig. In ons strewe na selfbeskikking sal ons heelwat energie moet wy aan die ontwikkeling van ‘n gepaste politieke en ekonomiese denkrigting. Die populistiese konsepte van sosialisme en laissezfaire-kapitalisme bied geen antwoord op die Afrikaner se unieke uitdagings nie. Daarmee saam ondermyn individualisme, die polities korrekte afdwinging van egalitarisme en die toenemende verval van Afrikanerkultuur enige poging tot selfbeskikking omdat ons mense dink hulle selfverwesenliking deur sosiale aanvaarding en die genot van materiële middele kan bereik. Wat is die uitdagings? Soos genoem beskou ek die grootste uitdagings vir die Afrikaner se voortbestaan as interne eerder as eksterne faktore. Dit sluit in ‘n toenemende individualisme en aanhang van die verbruikerskapitalisme waarna Dreher verwys. Verder is Afrikaners stelselmatig besig om ankers soos hulle geloof, die gesin, moraliteit en natuurlik hul interafhanklikheid van ‘n saamgebinde gemeenskap en sy instellings soos skole, verenigings en politieke instrumente, te verloor. Vir hierdie redes word dit makliker vir Afrikaners om te emigreer, te integreer, of selfs net verder te individualiseer. Hoe kan dit gebeur dat mense met ‘n geskiedenis van meer as 350 jaar net kan oppak en emigreer? Hoe kan dit gebeur dat Afrikaners net kan besluit dat hulle hul kinders Engels wil grootmaak? Hoe kan Afrikaners die bande van hulle geloofs- en kerklewe, die inspirasie van gemeenskap en die fondament van geskiedenis, kultuur en taal net opsê om ook maar net SuidAfrikaners te wees? Die probleem lê myns insiens daarin dat Afrikaners nie ‘n sentrale politieke denke het wat hulle bymekaar hou nie. Afrikaners aanvaar toenemend dat om suksesvol te wees en bo uit te kom juis van hulle verwag om wie hulle is op te sê en ‘n meer aanvaarbare, liberale beeld van hulself te projekteer. Dit is te verstane inaggenome die invloed wat Suid-Afrika se politieke en ekonomiese veranderings die afgelope twintig jaar op Afrikaners gehad het. As Afrikaners nie weet wie hulle is en wat en hoe hulle mag wees nie, sal hulle probeer om soos ander te wees, net om te oorleef. Na die Tweede Wêreldoorlog het Amerika ook voor die vraag van ‘wie sal ons nou vorentoe wees’ gestaan. Amerika se toenemend dominante rol in wêreldpolitiek en toenemende sosialisme in die Amerikaanse regering, het ‘n groep denkers onder leiding van Russell Kirk ‘n informele denkskool tot stand laat kom wat eers as die ‘New Conservatives’ en later as die ‘Traditionalists’ bekend gestaan het. Die denke van hierdie groep het later in die konsep van paleo-konserwatisme as denkraamwerk ontwikkel. Onder leiding van Kirk het hierdie groep die konsepte van die


verligting, egalitarisme (gelykmaking), nuttigheidsleer en rasionalisme verwerp. Vryheid, ‘n fokus op insette, tradisie, geloof en die rol van die gemeenskap is weer na vore gebring. Die Paleo-konserwatiewes verwerp die meerderwaardigheid van die moderne demokrasie waar burgers hul stem slegs by die stembus kan laat hoor. Vandag sien ons in die VSA ‘n nuwe opbloei van paleo-konserwatiewe denke in die Teeparty en hernude pogings om tradisie en die rol van die Christelike geloof, waardes en die gemeenskap in die VSA te herstel. Die paleo-konserwatisme verwerp ook sosialisme en ekstreme laissez-fairekapitalisme. Die sosialisme ondermyn die krag van die gemeenskap om homself deur toenemende lokalisme te versterk, terwyl die markfanatici se hartelose denke, waar die mark meestal bo die belang van die medemens geplaas word, ernstige morele vrae laat. Gedurende die 1940’s het Robert Taft, ‘n

Amerikaanse senator, reeds die grondslag vir ‘n paleo-konserwatiewe denkrigting gelê. “… a system in which the able would realize their practical talents and receive their just rewards, and in which the needy and unfortunate – from out that society’s prosperity – would be provided with a tolerable livelihood, regardless of their inability to provide for themselves.” Party moderne paleo-konserwatiewe denkers predik ook die belangrikheid van lokalisme. In ‘n onderhoud met Jeff Fortenberry, ‘n lid van die Amerikaanse kongres van die deelstaat Nebraska, wat onlangs in The American Conservative gepubliseer is, neem hy sterk standpunt in teen die absolute ekonomiese beginsels wat deur ‘n meerderheid van politici in die twee hoof politieke partye in die VSA gepredik word. Fortenberry gaan voort deur ‘n pleidooi vir die lokalisme te lewer: “We can have systems that are small and local and efficient, or big and unaccountable... I believe in the benefits of localism as a more traditional economic model.”

Wat beteken dit alles vir die Afrikaner? Na my mening moet Afrikaners binne ‘n paleo-konserwatiewe denkskool verenig word. Een waar die fondamente dié van ons geloof, waardes, kultuur, taal, tradisies en geskiedenis is en een waar ons metodes ‘n herontdekking van die krag van gemeenskap en lokalisme vooropstel. Afrikaners wat oor ‘n goeie fondament beskik en oor die vermoë beskik om selfverwesenliking uit hul rol in die gemeenskap eerder as oordrewe individualisme en materialisme te kan put, sal ‘n voortbestaan hê. Orania en Oraniërs moet meer doen om hierdie soort denke aan medeAfrikaners bekend te stel en as alternatief tot individualisme, integrasie en emigrasie aan te bied. Slegs dan sal ons die soort groei in die strewe na selfbeskikking wat ons graag onder ons mense wil sien, begin ervaar. Jaco Kleynhans Uitvoerende Hoof: Orania Beweging

YsterklipGastehuis Gastehuis Ysterklip

Vir ‘n rustige Orania blaaskans in ‘n skoon en goed toegeruste eenheid met ‘n pragtige uitsig. Vanaf R150 per persoon per nag. Alle lede van die Orania Beweging kry deurgaans 10% afslag. Skakel John Strydom by 082 975 8132.


ORANIA - N U U S

Orania Museum: Ons erfenis in geskiedenis en tyd ‘n Amerikaanse kunstenaar het jare gelede die opmerking gemaak dat geskiedenis baie spesifiek verteenwoordigend van iets uit die verlede is, terwyl tyd weer abstrak is, maar dat geskiedenis sowel as tyd in museums afspeel terwyl elke persoon ‘n unieke ervaring kry uit die spanning tussen dié twee konsepte. Jaco Kleynhans het tydens ‘n besoek aan Orania se Kultuurhistoriese Museum besef hoe belangrik geskiedenis en tyd vir die beskerming van die Afrikaner se erfenis is en hoe hierdie twee sake bymekaar kom in dié museum. Die Orania Kultuurhistoriese Museum is vanjaar 18 jaar oud en daar word nog weekliks nuwe items tot die museum se reeds uitgebreide en kosbare versameling gevoeg. Na Orania se stigting in 1991 is daar gou besef dat die dorp as kultuurtuiste vir die Afrikaner oor ‘n behoorlike museum moet beskik. Gedurende 1994 is die museum onder leiding van mnr Fanie Jordaan, die museum se eerste kurator, prof Andries Raath, ‘n bekende Afrikanerhistorikus wat ook ‘n indrukwekkende versameling historiese items aan die museum beskikbaar gestel het, en mnr Felix Lategan wat ‘n versameling historiese wapens aan die museum geskenk het, gestig. Sedertdien het die museum gegroei en sluit dit ‘n wye reeks uitstallings in wat die Afrikaner se geskiedenis sedert die sewentiende eeu aan die Kaap tot meer onlangs uitbeeld. Die museum spog veral met ‘n uitgebreide en groeiende versameling vuurwapens uit die Afrikaner se geskiedenis. Dit sluit in wapens van sover terug as Van Riebeeck se jare, wapens wat by Bloedrivier gebruik is, wapens uit die Eerste en Tweede Vryheidsoorloë en selfs ‘n wapen wat deur Paul Roux in die 1860’s gebruik is om homself op die spoorlyn tussen

6

|

Voorgrond

Kaapstad en Wellington teen rowers wat die Newwies genoem is, te beskerm. Die museum het ook Britse en Belgiese militêre wapens uit die Wêreldoorloë. Die museum se uitstalling van items uit die Anglo Boere-oorlog is indrukwekkend en veral die items en herkonstruksie van omstandighede uit Konsentrasiekampe, is ‘n emosionele ervaring. ‘n Kombers wat Emily Hobhouse aan ‘n Afrikanervrou in ‘n konsentrasiekamp geskenk het, is deel van die uitstalling. Soos wat items uit die Afrikaner se verlede toenemend ontuis in Suid-Afrika se museums en ander bewaarplekke raak, kry hierdie items ‘n waardige tuiste in Orania. Borsbeelde van Afrikanerhelde van die verlede is die afgelope twee dekades toenemend uit bewaar- en uitstalplekke regoor Suid-Afrika verwyder. Die Orania Kultuurhistoriese Museum kon al ‘n goeie versameling van hierdie borsbeelde Bo: Die kombers wat deur Emily bekom. Hobhouse aan ‘n vrou in ‘n Ander uitstallings in die museum sluit konsentrasiekamp geskenk is. in historiese plaasgereedskap wat die pioniersgees van die vroeë boere beklemtoon en hul kreatiewe vermoë om praktiese oplossings vir die uitdagings van 18de en 19de eeuse landbou in Suid-Afrika te skep, bewys. Regs: Een van die uitstallings Die museum het ook ‘n groot versameling vlae, van vuurwapens uit die Anglo‘n baie indrukwekkende skulpversameling, Boereoorlog wat in die Orania items van vroeë en meer onlangse kommando’s Museum besigtig kan word. en talle portrette en skilderye.


ORANIA - N U U S Die afgelope 18 jaar is die Orania Kultuurhistoriese Museum deur besoekers van regoor die wêreld besoek. Die museum se twee getroue kurators, mnre Kokkie de Kock en Dup du Preez, sit tans met die moeilike maar goeie uitdaging van ‘n museum wat te klein raak vir al die items wat voortdurend ontvang word. Daar is ook toenemend ‘n behoefte aan die hulp van kundiges om die museum se uitstallings te help opstel en bestuur. Die gedagte bestaan tans om deur die skep van ‘n groter ondersteuningsgroep met tyd ‘n volwaardige erfenissentrum in Orania te bou. As kultuurgemeenskap moet Orania meer doen om ons erfenis te beskerm en aan meer van ons mense bekend te stel. Die Orania Kultuurhistoriese Museum voeg groot waarde toe tot die oordrag van ‘n verstaan van ons geskiedenis. In net meer as 350 jaar het die Afrikaner ‘n indrukwekkende rekord as volk van formaat opgebou en die konsep van tyd, hoe abstrak ookal, trou mooi met die realiteit van praktiese geskiedenis in Orania se museum.

‘n Besoek aan die museum maak dit vir jou moontlik om ons verlede beter te verstaan en daaruit meer duidelikheid te kry oor hoe ons te werk moet gaan om vir onsself ‘n toekoms in hierdie land te skep. *Die Orania Kultuurhistoriese Museum kan slegs per afspraak besoek word. Skakel vir Kokkie de Kock by 082 923 3376 of vir Dup du Preez by 072 446 4629. Hulle stel die museum graag aan besoekers bekend.

Regs: Items uit konsentrasiekampe wat ook in die museum te sien is.

Junie 2012 |

7


O r a n i a - n uu s

Afrika Giro-toer: Van die paradys tot die woestyn in tien dae Op Donderdag, 19 April 2012 vertrek ‘n groep van 12 girokoptervlieëniers van Potgietersrus af op die ekspedisie van ‘n leeftyd. Swaar gelaai met ekstra brandstof, bagasie, noodvoorraad en 22 baie opgewonde vliegentoesiaste, begin ‘n tien dae-toer oor die mooiste en onherbergsaamste dele van Botswana, Namibië en Zambië. André Coetsee, eienaar van Aan-die-Oewer vakansieoord en entoesiastiese girokoptervlieënier, was deel van die ekspedisie en vertel hoe hy dit ervaar het. Onder die ervare leiding van Roelf Palm, toerleier vir 2012, is daar al maande voor die tyd met die voorafbeplanning begin. Brandstofvoorsiening oor so ‘n lang afstand en oor verskeie landsgrense heen, is een van die grootste uitdagings en die groep moes konstant ongeveer 180 liter ekstra brandstof dra. Al die verblyfbesprekings, indiening van vlugplanne, doeane-vereistes en paspoorte moes ook vooraf gedoen word. In die tien dae wat die toer geduur het, het die groep 52,4 uur gevlieg oor ‘n afstand van ongeveer 10 000 km. Van die 33 landings wat elkeen in die tyd gedoen het, was ‘n hele paar op Internasionale lughawens soos Upington, Maun, Francistown en Livingstone, terwyl ander op kleiner aanloopbane soos Nata, Kasane, Shakawe en Rundu was. Vir die res is elke vlieënier se vernuf tot die uiterste beproef met landings op plaaspaaie, panne en enige ander redelik gelyk stukke grond in die veld, soms op die mees verlate plekke en onder minder gunstige weersomstandighede.

8

|

Voorgrond

Die fantastiese uitsig wat jy het wanneer jy met ‘n girokopter oor suidelike Afrika toer


O r a n i a - n uu s Die natuurskoon van Namibië en Botswana

By Solitaire en Helmeringshause in Namibië het die groep tot groot vermaak en verwondering van die plaaslike inwoners wel buite die dorp geland, maar toe in ‘n lang ry tot by die motorhawe gery om brandstof in te neem. Die feit dat ‘n Girokopter ook gewone 93 oktaan-brandstof kan gebruik, maak dit besonder geskik vir lang vlugte oor afgeleë gebiede waar vliegtuigbrandstof nie beskikbaar is nie. Van Orania tot weer terug op ons dorp, onder alle moontlike weersomstandighede en met ‘n konstante vrag van 290kg, het die rooi Giro 1 257 liter brandstof gebruik, omtrent ‘n derde van wat enige ander ligte vliegtuig of klein helikopter sou gebruik. Die Girokopter bied verder die unieke kombinasie van groter veiligheid, maneuvreerbaarheid en ongeëwenaarde uitsig op die landskap onder jou. Of jy nou op 300 of 3000 voet vlieg, die gevoel van een wees met die natuur is een van die eerste gewaarwordings sodra jy in die lug is. Juis dit het gesorg vir ‘n toer propvol asemrowende natuurtonele en onvergeetlike ervarings. Van die Victoria Waterval tot die maanlandskap van die Kuisebvallei, die Okavango Delta met sy troppe wild en massas water, in teenstelling met Sossusvlei se ongelooflike duinelandskap, die skoonheid van die woestyn se leegheid en die grootsheid van die Visrivier Canyon se loodregte afgronde, het elkeen sprakeloos van verwondering gelaat.

Wat ‘n voorreg om iets so groot te kon beleef en weereens net te kon besef dat die mens maar net ‘n stofdeeltjie in die groot heelal is en dat die natuur waarlik ons Skepper se mooiste kunswerk is. *André bied opwindende vlugte met sy girokopter oor Orania en die omliggende omgewing aan. Skakel Aan-die-Oewer by 053 207 0118 vir meer inligting.

Tyd om brandstof in te neem in Solitaire.

Junie 2012 |

9


ORANIA - N U U S

Orania, meer as ʼn oornagplek deur Sarel Roets

Elkeen wat al die pad tussen Kaapstad en Pretoria gery het, besef die waarde van goeie oornaggeriewe iewers langs die pad. Die eindbestemming is mos gewoonlik iewers langs die kus waar daar nog rus en vrede vir die siel gevind kan word. Jeffreysbaai, Knysna, Mosselbaai, Victoriabaai, Hermanus, en Langebaan is maar enkele van die gewilde bestemmings. Orania is dan dikwels die halfwegstasie voordat die laaste paar honderd kilometer aangepak word. Orania word daarom gewoonlik as deel van die pad gesien, eerder as ʼn eindbestemming in eie reg. Daarmee het ons nie noodwendig ʼn probleem nie. Orania bied ongetwyfeld gerieflike en veilige akkommodasie om ʼn welverdiende vakansie mee af te skop. Maar Orania is ook baie meer as net ʼn halfwegstasie, of ʼn plek waar mens vinnig kan stop op pad na ʼn ander bestemming. Oor die gehalte van die verblyf wat in Orania gevind kan word en die gasvryheid van die dorp en sy mense, is daar al baie geskryf en gepraat, maar wat so dikwels misgekyk word, is die besondere besienswaardighede, reservate en vermaak wat binne die onmiddellike omgewing van Orania gevind kan word. So dikwels hoor ‘n mens van die slagvelde van Natal en die monumente in Pretoria, Bloemfontein en Kaapstad, maar bitter min mense weet van die ongelooflike stuk geskiedenis wat hom in die omgewing van Orania afgespeel het. Die legende van Generaal De la Rey het sy ontstaan gehad in die noordoostelike deel van die Noord-Kaap waar Orania geleë is. Tydens generaal Methuen se opmars na die Boere-Republieke is hy hier deur generaal Cronjé en De la Rey gekonfronteer. Slagvelde soos Belmont, Graspan, Modderrivier, waar De la Rey se seun gesneuwel het en uiteindelik Magersfontein, waar De la Rey se legende gebore is, is maar enkele besonderse plekke in die omgewing. Hier is ook twee netjies gerestoureerde blokhuise wat gesien kan word, ʼn opgeblaaste brug oor die Oranjerivier en natuurlik die konsentrasiekamp by Doornbult. Hierdie konsentrasiekamp is van die bes bewaarde konsentrasiekampe in Suid-Afrika en om saam met tannie Rina Wiid wat die terrein bewaar, daar rond te loop, was een van die mees besondere ervarings van my lewe. Daar besef ‘n mens dat geskiedenis meer is as woorde op papier. Op Doornbult het regte mense gelewe, gely en gesterwe. Afgesien van die kulturele en geskiedkundige waarde van die Orania-omgewing kan ons ook praat van die ongelooflike natuurskoon wat hier gevind word. Suid-Afrika se grootste rivier loop teenaan die dorp verby en die ou PK le Roux-dam, wat deesdae as Vanderkloof bekend staan, is minder as 50 km ver. Met al hierdie baie water kan dit nie anders

10

|

Voorgrond

Die blokhuis by Modderrivier tussen Orania en Kimberley. Daar is ook ‘n blokhuis nader aan Orania by die Oranjerivierstasie.

as dat watersport en natuurlewe in oorvloed beskikbaar is nie. Baie daarvan kan in Orania self geniet word, maar vir dié wat bietjie wyer wil verken, is daar ook die Rolfonteinen Doornkloof-natuurreservate wat aan die Vanderkloofdam grens. Tussen Kimberley en Orania kan daar duidelik gesien word hoe die Kalahari oorgaan in die Bo-Karoo. Net mooi in die middel van hierdie stuk grond vind ons die nuutste nasionale park in Suid-Afrika, genaamd “Mokala”. Hierdie park is ʼn paar kilometer van die N12 geleë en beslaan meer as 20 000 hektaar. Wild is volop in die reservaat en daar kan selfs buffels en renosters gesien word. Orania bied dus baie meer as net goeie en veilige behuising aan mense op pad na die noorde of suide. Orania is beslis ʼn bestemming in eie reg. *Sarel Roets bied toere uit Orania na besienswaardighede in die omgewing aan. Skakel hom by 082 481 0691.


Orania Sport

Nuwe rugbyklub op Orania gestig deur Rozanne Diederichs

Op 14 Maart 2012 het ’n paar rugbyliefhebbende burgers die Orania Rebelle Rugbyklub op die been gebring. Die klub het sedertdien vlam gevat binne die gemeenskap en op 13 April is die eerste inter-Oraniarugbywedstryd voor ’n groot skare ondersteuners gespeel.

Die klub staan bekend as die Orania Rebelle en spog met ’n uitstekende afrigtingspan wat ondersteun word deur ’n toegewyde klubbestuur. Borge het na vore getree om die Rebelle te help met die aankoop van noodsaaklike toerusting en die Dorpsraad het Orania se uitstekende geriewe beskikbaar gestel vir die klub om te benut. Die Rebelle gaan in Junie op toer na Pretoria waar hulle op Kleinfontein gaan meeding om die Volkstaatbeker. Klubpresident, Sarel Roets meen dit is ’n groot prestasie dat die Rebelle in so ’n kort tydperk reeds kompeterende rugby kan speel. “Die feit dat ons reeds twee rugbyspanne op die veld kan sit, spreek boekdele vir die manne se passie vir die sport oor die algemeen en ons klub in besonder,” het Roets gesê. Die Orania Rebelle wil graag soveel moontlik vriendskaplike wedstryde reël teen klubs in sentrale Suid-Afrika. Met Bloemfontein en Kimberley in die omgewing nooi die Rebelle

graag belangstellende klubs uit om met hulle te skakel sodat tuis- en wegwedstryde gereël kan word. “Orania het gedurende die jare 60’s en 70’s, toe die dorp nog deur die Departement van Waterwese bestuur is, een van die sterkste rugbyspanne in die streek gehad. Ons het vandag meer as genoeg talent om weer ’n krag in hierdie streek te word. Deur eenvoudig deel te neem aan kompeterende sport in hierdie streek kan ons Orania, en by implikasie die vryheidsideaal, uiters positief blootstel aan ’n groot aantal Afrikaners in die Noord-Kaap,” sê klubvoorsitter Quintin Diederichs. Tien lede van die klub het in samewerking met die Griekwaland-Wes Rugby-unie die Boksmart-kursus voltooi. Met hulle Boksmartakkreditasie is die Orania Rebelle nou in staat om wedstryde teen enige klub te speel. Vir meer inligting skakel gerus vir Quintin Diederichs by 076 943 2214, of stuur ’n e-pos na rebelle@lief-orania.co.za. Junie 2012 |

11


Om teleurstelling te voorkom, bespreek vroegtydig! Orania Oewerhotel: 053 207 0016 Orania Rivier Spa: 071 673 9705 Karoo Keur Koffieteria: 082 837 3807 Oewerrestaurant: 053 207 0243 Oewerchalets: 053 207 0118 Faks: 086 625 2221, navrae@oewerpark.co.za


Aan-die-Oewer Orania

‘n volkseie ervaring www.oewerpark.co.za


ORANIA - N U U S

Rockfees stel Orania aan jongmense bekend Deur Nikke Strydom

Vir baie mense mag ‘rockfest’ en ‘Orania’ soos direkte teenstellings klink, maar hoe langer ‘n mens daaroor dink, hoe minder klink teenstelling na die perfekte woord om die verhouding tussen hierdie twee fenomene te beskryf.

Die gemiddelde rocker sing nie oor liefdesprobleme en rooirokbokkies en sonskynstrande of algemene kommersiële oppervlakkighede nie. Hulle lirieke is intelligent, bied stof tot nadenke. Hulle spreek probleme in hulle lirieke aan, probleme wat ietwat dieper lê as die laaste soen-in-diemaanlig-nag. Die gemiddelde persoon wat na rock luister, luister daarna, nie oor die strelende musieknote nie, maar oor die woorde. Dis mense wat musiek luister vir meer as net die Orania word gereeld uitgebeeld as ‘die dorp oppervlakkige genot wat dit veronderstel. vir die denkendes’. Mense in Orania dínk by Daarom was die onlangse Rock-op-Oranje implikasie. Mense wat na rockmusiek luister, aan die oewer van die Oranjerivier eintlik iets soos ‘n noodwendige verskynsel, die antwoord ook. op ‘n wanneer- eerder as ‘n as-vraag. Die feit dat daar by die eerste fees reeds sowat 350 mense van regoor die land was en van selfs sover as Nederland, getuig hiervan. Met groot name soos Bouwer Bosch, die Tuindwergies, Bittereinder, Beeskraal en vele ander is daar behoorlik gerock en hare los laat hang, tot in die vroeë oggendure. Die terugvoer was positief, onder kunstenaars sowel as studente. Marinus Claassen en Pieter de Villiers, finalejaarstudente in onderskeidelik Politieke Wetenskap en Elektroniese Ingenieurswese by Tukkies het dit beskryf as “Pragtige wêreld! Die bands en die skare was energiek en mal... dit was ‘n wonderlike geleentheid!” en “’n Unieke

14

|

Voorgrond

ondervinding! Die bands was uitstekend vir ‘n klein-dorpie-rockfees en die infrastruktuur was goed, geen tekortkominge!” Mariska Bothma, honneursstudent in Finansiële Rekeningkunde aan die Puk het die fees ook baie geniet. “Vir ‘n stadsmeisie wat nie gewoond is aan die plattelandse lewe nie, was die rockfees op Orania ‘n belewenis! Ek het baie van die bands gehou, maar die fees was ook ‘n geleentheid om die dorpie self beter te leer ken. Die gasvryheid van die mense op Orania het my skoon tuis laat voel! Ek sal beslis weer gaan!” Die kunstenaars het oor die algemeen ook positiewe terugvoer gegee en was veral beïndruk met die feit dat hulle soos rocksterre behandel is. Hulle was, afgesien van die fees, met Orania ook heel beïndruk. Bouwer Bosch het byvoorbeeld van die verhoog af verskoning gevra vir die feit dat hy vooraf oor Orania bevooroordeeld was en dat Orania meer is as wat hy sou kon dink. Oor hoekom hy hierdie fees gereël het, antwoord Daniël Laäs dat hy dit gedoen het om jongmense uit die res van Suid-Afrika aan die ideaal van Afrikanerselfbeskikking en spesifiek Orania bloot te stel. “Baie jongmense is nuuskierig oor Orania en ek wou ‘n opwindende rede skep om die dorp te sien. En ja, daar sal volgende jaar weer ‘n fees wees. Hierdie jaar was nog net ‘n begin. My doel is om elke jaar groter en beter te gaan.”


O r a n i a - n uu s


O r a n i a - n uu s

Olywe ook deel van Orania se groeiende landboubedryf deur John Strydom Kommersiële olywe se geskiedenis in Suid-Afrika begin eers vroeg in die twintigste eeu en is hoofsaaklik in die Paarlvallei van die Wes-Kaap geleë. Sedert 1995 is daar ook in die Vaalhartsgebied olywe geplant. Daar is na die aanvanklike mislukkings tot 60 verskillende proefkultivars aangeplant. Ontwikkeling is steeds aan die gang met ongeveer 200 000 bome wat tans begin produseer. Frantoio en Coratina (2 Italiaanse kultivars) is tans die dominante olieproduseerders in die Vaalhartsskema en Mission (swart) en Manzanilla (groen) tans die dominante eetkultivars. Die meeste olywe kan vir olie óf inlê gebruik word, maar neig om beter aangepas te wees vir een van die twee gebruike. Sedert die 70’s het eetolywe se produksie in Suid-Afrika dié van olieolywe verbygesteek, en dit is tans nog so. Die Vaalhartseenheid lewer aan van die voorste supermarkte in Suid-Afrika, vervaardig heelparty olyfprodukte en is die enigste verwerker in die gebied rondom Vaalharts. Orania se olyfgeskiedenis is ‘n interessante een. Johan Ferreira en sy span het reeds in 1998 sowat 900 “Mission”-bome op 6 ha vir prof. Jozef Henning geplant. Die saailinge is uit die Kaap verkry en so ook meeste van die advies. Sedert 2004 is die boord deur dr. Gawie Nel bestuur omdat die eienaar nie plaaslik woon nie. Dr. Nel het in Junie 1991 na Orania verhuis (enkele maande na die aankoop van die dorp) toe daar maar 50 inwoners was! Hy het na vele proewe en baie goedbedoelde raad, eindelik begin om die bome net voor die winter met koper te bespuit. Dit inhibeer groei, en saam met behoorlike bemesting (“om hulle met vol pense bed toe te stuur”), veroorsaak dit dan die volgende seisoen ‘n pragtige oes. ‘n Groep Oraniërs het in 2000 besoek afgelê by die dinamiese olyfpionier

16

|

Voorgrond

Ek staan in verwondering oor stories van bestaande olyfbome of broodbome wat “reeds in Christus se tyd” geleef het. Hierdie wonder, saam met olyfolie se gesondheidsprofiel, het vir my kenmerkend van olywe geword.


O r a n i a - n uu s

in die Vaalhartsgebied. Sy storie is interessant: hy moes sy hele aangeplante boord uitkap en oorplant weens foutiewe kultivars, maar het intussen die grootste binnelandse verwerker van olywe geword. Ten spyte van geweldige trauma met ‘n kind wat gesterf het weens kanker, het hy vele nasionale toekennings verwerf met sy passievolle manier van doen. Sy eenvoudige raad is dat ten spyte van Orania se “marginale olyfstatus”, hulle “net gevoer moet word, en hulle sal dra!” Orania se olyfbome het uiteindelik die boodskap gekry en het vanjaar ‘n uitstekende oes, die beste nog, gelewer. Buite Orania staan nog ‘n olyfboord wat nie kommersieel ontgin word nie. Dr. Manie Opperman het intussen ook, na deeglike konsultasie met die Vaalhartsprodusent, verbeterde kultivars op ‘n dorpshoewe in Orania aangeplant wat hopelik binne ‘n jaar sal begin produseer.

Sukses het egter sy eie probleme. Olywe vir inlê kan nie meganies geoes word nie. Dit word gedurende April en Mei letterlik een-een per hand gepluk deur ‘n span getroue werkers uit Orania en versigtig oor 300 km vervoer. Die gekneusde en oorryp olywe word vir olie gepers. Die olywe word tans aan die verwerker in Vaalharts gelewer. Olyfolie se gesondheidseienskappe is nou reeds bo verdenking. Weens ‘n groot omega 9-inhoud is dit stabiel wanneer verhit en dus geskik vir bak, anders as omega 3 en 6 wat skadelik kan word met verhitting. Net so, glo ek, stabiliseer Orania se landbou stadig maar seker met kleiner nisbedrywe.

Dr. Gawie Nel bestuur tans die olyfboord in Orania en het die afgelope paar jaar uitstekende kennis van dié bedryf opgedoen.

Junie 2012 |

17


Nu w e i n t r e k k e r s

Nuwe skoolhoof en sy gesin reeds tuis in Orania Deur Magdaleen Kleynhans

As mense dink dat Orania net ‘n plek vir ‘n klomp afgetrede mense is, of mense wat geen uitkyk op die lewe het nie, maak hulle ‘n groot fout. Oraniërs hoor gereeld vrae van mense soos: Hoe oorleef julle? Hoe maak julle geld? Wat is daar om te doen? Is daar ooit kinders? Die gemiddelde ouderdom van Oraniërs is tans 32. Die skole groei en jong gesinne maak toenemend van Orania ‘n nuwe tuiste. Een so ‘n gesin is Johan en Leoni de Klerk en hulle twee kinders. Christi is drie en klein Drian een jaar oud. Die De Klerks het eers in Brandfort in die Vrystaat gewoon voor hulle hierheen verhuis het. Johan was ‘n adjunkhoof aan die Hoërskool Brandfort en is pas aangestel as die nuwe skoolhoof van Orania CVO-skool. Die skool het die afgelope jaar sterk gegroei en is gelukkig om iemand soos Johan te kon kry wat nou die leisels oorneem. Leoni self is ook ‘n gekwalifiseerde onderwyseres, maar is tans ‘n tuisteskepper. Johan is sedert sy studentedae by Orania betrokke. Hy en Leoni het ook graag hier vakansie kom hou en aangesien sy broer, Frans de Klerk ook hier woon, het dit bygedra dat

18

|

Voorgrond

sterk bande gebou is. Orania is vir baie ouers die ideale plek om ‘n kind groot te maak en vir die De Klerks is dit nie ‘n uitsondering nie. Hulle voel meer gerus en veilig. Jy leef na aan die natuur en jy kan jou Afrikanerwaardes uitleef. Elke dorp het maar sy positiewe en negatiewe dinge. Johan en Leoni voel dat die groei van die dorp oor die afgelope paar jaar ‘n positiewe eienskap is. Hulle is beïndruk met die effektiewe munisipaliteit en die uniekheid van die dorp. Die Ora, Orania se eie geldeenheid, die radiostasie en die manier van herwinning is nie algemeen in ander plekke nie. Hulle voel ook die besonderse mense wat reeds hier woon, is die stukrag van Orania. Wat kort in Orania? Johan en Leoni sal graag ‘n mediese sentrum met ‘n voltydse dokter en

apteek in Orania wil sien. En dit is te verstane as ‘n mens klein kindertjies het! Hulle sal ook graag wil sien dat meer Afrikaners by Orania betrokke raak en dat die dorp se getalle sodoende toeneem. Orania is ook ‘n goeie plek om stokperdjies te beoefen en die dorp se sterreklub, jukskeiklub, pluimbalklub, boekeklub en verskeie ander is altyd vir nuwe intrekkers ‘n groot pluspunt. Johan hou van stap, so dalk het ons binnekort ‘n stapgroep. Verder is hy lief vir houtwerk en natuurlik braai. Leoni doen graag handwerk. Sy sing ook en doen graag aktiwiteite saam met haar kinders. By dit alles is sy ook ‘n gimnastiekafrigter. Saam hou die gesin daarvan om te kampeer en ‘n beter plek as ons eie Oewer sal jy sekerlik nie kry nie. Die De Klerk-gesin is voorwaar ‘n groot aanwins vir Orania en in besonder onderwys in ons dorp.


O ranian R A N I A - IuDuE sN T I T E I T

Daar met elke tree...

Professionele beleggingsbestuur

FDV no. 31963

• Pensioenfondsprodukte • Aftreebeplanning • Genoteerde aandele • Geldmarkbeleggings • Oorsese beleggings Telefoonnommer: 053 207 0106 Faksnommer: 086 510 4486 Jaspisstraat 32, Orania, 8752 E-pos: primabat2@telkomsa.net

• Kapitaalmarkeffekte • Genoteerde eiendomme • Afgeleide instrumente


AKT U EEL

Om kinders groot te maak in Orania

Met Orania wat vanjaar 21 jaar oud is, sien ons toenemend kinders wat in Orania groot geword het volwassenheid betree. Wat maak Orania-kinders anders en wat verg dit om kinders in Orania groot te maak? Celéste van Niekerk, self ma met jong kinders, probeer dié vrae beantwoord.

Om die storie te vertel van kinders wat in Orania groot word, vereis van ons om na verskeie gesinne en hul unieke ervarings te kyk. Die Coetsee-gesin André en Karin Coetsee is die trotse eienaars van Aan-die-Oewer vakansieoord in Orania. Met hulle vyf kinders woon hulle van 1996 af op Orania. In 2001 het hulle hul woonwa en tent op die woeste terrein van die huidige Oewerpark gaan parkeer en het die gesin saam begin om die vakansieoord uit te bou. Karin het hul kinders tuis onderrig en die kinders moes help om die gesin se boerdery

aan die gang te hou, die park se ablusiegeriewe skoon te maak en die groot grasperke te versorg. Met die min hande-arbeid in Orania moes die kinders noodgedwonge help met die opbou van die Oewerpark. Die kinders het besef dat saamwerk baie belangrik is. Hulle het besef dat daar gewerk word aan ‘n groter ideaal. Maar sy noem pertinent dat die kinders oor naweke en saans met die maats uit die dorp gesosialiseer het en dat die seuns regte stoute seunsdinge aangevang het. Die Coetsee’tjies het ook niks gekry as hulle nie daarvoor gewerk het nie. As ‘n kranige motorfietsgesin moes elke kind haar/sy eie motorfiets koop. Hierdie ingesteldheid, tesame met die opbou van die vakansieoord, het ‘n werksywer teweeggebring wat, volgens Karin, moeilik in ‘n stedelike omgewing verkry kon word.

Die Strydom-gesin John en Lida Strydom se kinders Monja, Nikke en Joost was onderskeidelik 6, 5 en 2 toe hulle die “Groot Trek” Orania toe aangepak het. Volgens Lida moes hulle kinders van vroeg af verantwoordelikheid aanvaar vir gesinsprojekte. “So het ons almal saam huis gebou, meer as ‘n duisend bome geplant, besproeiingspype gelê, Kaalvoetkonserte gereël, deelgeneem aan gemeenskapsprojekte, spyseniering gedoen, ‘n winkel bedryf, oeste afgehaal, stories gelees en nog baie meer. Van vroeg af moes hulle leer dat elke keuse ‘n gevolg het. Ons het dit nie vir hulle probeer maklik maak nie, want die lewe is nie maklik nie.” Volgens Lida is die kinders wat van kleintyd af hier is, definitief anders as dié wat later, of in hulle hoërskooljare, hier aangekom het.

Die Coetsee-gesin

20

|

Voorgrond


AKT U EEL Kinders wat hulle eerste moedersmelk hier ingekry het, ervaar hulle identiteit anders. Hulle taal is waarskynlik anders en hulle norme en waardes is dikwels anders. Nikke studeer tans Politieke Wetenskap aan Tukkies en Monja studeer B.Com. GR by die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit. Joost het verlede jaar aan Volkskool Orania gematrikuleer. Lida glo dat as hulle self moes kies, Monja, Nikke en Joost dit nie anders sou wou hê nie. Volgens haar het Orania hulle kinders vlerke gegee.

Liquid, die plastiekeetgerei word sandhoop toe gedra en daar word “kos gemaak” en winkel-winkel gespeel. Sondagmiddae kan hulle nie wag om deur die strate te gaan stap nie. Maar, tussen al die gespeel deur moet die skottelgoedwasser uitgepak word, jy moet jou eie bedjie opmaak en niemand ruim agter jou op as jy op die koffietafel geteken het of in die kamer gespeel het nie, jy moet dit self doen. Jy moet jou eie klere opvou en dit netjies in die kas pak, of in die was gooi en jy moet jou eie badwater uittap en die bad met jou waslap skoonmaak. Die kinders dek die tafel en ons almal werk saam om na ete op te ruim. Bring jou kant en doen jou deel, want dit maak die lewe vir ons almal beter en lekkerder. En, vanaand voor ons gaan slaap lees ons uit die Woord van die Almagtige Vader en bid ons dat ons Hemelse Vader ons sal beskerm met ‘n laer van engele rondom ons, want ons besef deeglik dat ons heil nie van onsself afhang nie. Mense wat pas in Orania kom woon, praat van hulle wittebrood bedoelende dat die leefstyl hier te goed is om waar te wees. Jy dink nie te veel aan die toestande in die res van die land nie, want dit help nie om vry te wees, maar jouself gedurig aan die kettings te herinner nie. Om ons kinders in Orania groot te maak is nie ‘n gegewe nie, dit is ‘n voorreg – ‘n voorreg wat ons vir onsself skep, want ons het die reg om ons toekoms self te skep en ons doen dit ter wille van ons kinders.

Die Strydom-gesin Die Van Niekerk-gesin My en Dawie se oudste twee dogtertjies, Charlotte (4) en Duberé (3) wou nie met hul fietsies tot by die elektriese hek van ons stedelike huis ry nie – hulle was te bang. Die eerste dag waarop ons hier intrek, soek ek hulle en vind hulle op die hoek van die straat! Hulle het die veiligheid en vryheid onmiddellik aangevoel. ‘n Wonderlike verligting spoel oor my as ek besef dis net ek wat nog die “vorige lewe” se angs en onsekerheid in my het. Hoe maak ek my drie kinders anders groot as wat ek dit elders sou doen? Ek leer hulle steeds om links, regs en weer links te kyk voor hulle die straat oorsteek. Ek leer hulle steeds dat hulle nie met vreemde mense moet praat nie. Ek leer hulle steeds dat hulle saam met niemand anders in ‘n motor mag klim nie. Ons is nog nie in die hemel nie. Maar, ons lê somersaande tot wie weet watter tyd van die nag buite op die gras en kyk na satelliete wat verbysnel. Hulle en hul hordes maatjies speel op die sypaadjie tot nadat die son gesak het. Hul grootste nagmerries is oor spinnekoppe en slange. Hulle ervaar geen skeidingsangs nie, want hulle weet hul ma en pa is nooit ver nie. Daar bestaan by hulle geen snobisme nie – almal is maatjies, of hulle ryk is of arm. Hulle groet almal en grootmense eerste. Televisiekyk is nog steeds baie lekker, maar buite speel met maatjies is prioriteit. Hulle “teken” huise met die geel herfsblare op die gras, hulle maak tonnels in die sandhoop vir die hamsters en sukkel weer om hulle daar uit te kry, hulle speel in die hoenderhok met die kuikentjies en babaduifies, hulle spring op die springmat onder die sproeier met my hele bottel Sunlight

Die Van Niekerk-gesin Junie 2012 |

21


Agtergrond

Orania is vryheid “Wat’s in ‘n naam?” is taalkundig gesproke ‘n kostelik dubbelsinnige frase. Enersyds is dit ‘n ooglopende anglisisme, te meer omdat dit William Shakespeare se insig oproep dat ‘n roos ewe lekker sal ruik, wat jy dit ookal noem. Andersyds is dit ‘n onteenseglike aanduiding dat Engels ‘n Germaanse taal is - náby familie van Afrikaans. Dit is egter nie my bedoeling om lesers met taalkundige kwessies besig te hou nie, maar eerder met die inhoud van die frase en wel met betrekking tot die drieledigheid van ons eie vereniging se naam en die geskiedenis daarvan. Ons grondwet bepaal dat ons vereniging die Afrikanervryheidstigting heet, dat dit na Vryheidstigting verkort kan word en dat dit kan handel as die Orania Beweging. Maar waarom is dit so en wat beteken dit? Die vrae regverdig ‘n hele boek, maar kom ons begin deur ‘n paar kort gedagtes daaroor te deel. Eerstens is die Afrikanervryheidstigting die naam waaronder ons vereniging in 1987 gestig is en wat nou nog onveranderd bly staan. Dit is as navorsingsinstelling opgerig en het ondersoeke na die verkieslikste volkstaatgebied vir Afrikaners geloods. Sy ondersoeke het die westelike deel van Suid-Afrika en aanvanklik selfs die suidelike deel van Namibië as demografies haalbaar uitgewys en hom op die pad daarheen geplaas. Hoewel die meeste Afrikaners dit aanvanklik as ‘n té geringe aanspraak beskou het, het die politieke omwenteling wat daarna plaasgevind het en die gevolge daarvan, hierdie insig nog net bevestig. Om die teoretiese plan prakties in werking te stel is die aanvanklike stigting gedurende die vroeë negentigerjare in ‘n ledevereniging omskep - die een waaraan ons almal nou behoort.

22

|

Voorgrond

Die afkorting wat destyds gebruik is, was natuurlik AVSTIG, ‘n akroniem wat by die gedagte van sesessie/afstigting van Suid-Afrika aangesluit het en aan ‘n redelik militante houding onder groot getalle behoudende Afrikaners jeens die moontlikheid van ‘n swart meerderheidsregering uitdrukking gegee het. Dit is eintlik nie verbasend dat die naam dikwels met ‘n -f- in plaas van ‘n -v- gespel is nie. Ten spyte daarvan dat talle Afrikaners gemeen het dat ons op te min aanspraak maak, het dit gou geblyk dat die eise wat werklike afstigting sou stel, vir hulle heeltemal te hoog was en dat hulle liewer onder die nuwe meerderheidsregering in ‘n onverdeelde Suid-Afrika sou inval. Daarmee is AVSTIG as afkorting en handelsnaam in werklikheid agterhaal. Dit is die rede waarom ons in 2001 besluit het om ons grondwet so te wysig dat ons die naam enersyds net tot Vryheidstigting afkort en andersyds ‘n handelsnaam kies wat nie na ‘n afgeleide en ietwat abstrakte aspek soos een moontlike prosedure van staatstigting verwys nie, maar na die konkrete werklikheid van ‘n funksionerende gemeenskap wat met die oog op selfbeskikking in ‘n volkstaat gevestig is. Ons het op Orania Beweging besluit omdat dit nie net na Orania as onbetwisbare werklikheid verwys nie, maar ook na die beweging wat daardeur en daarrondom besig is om tot stand te kom. Beide die konkrete werklikheid as die idealistiese strewe is dus daarin vervat. Maar wat het dit met Shakespeare se roos te doen? Dalk kan mens dit só stel: dat dieselfde soet geur wat vir sommige van die woord “vryheid” uitgaan, vir ander van die naam “Orania” uitgaan. Party mense put hulle inspirasie uit die abstrakte begrip wat hulle in vervulling wil sien gaan, uit die beroep op en strewe na vryheid. Vir hulle is “vryheid” nie ‘n blote konsep nie, dit is ‘n lewende simbool terwyl “Orania” dalk min of meer net ‘n blote plek is. Ander put hulle inspirasie uit die werklikheid van mense wat, sover dit tans moontlik is, reeds hulle vryheid beoefen en dit langs dié weg wil vestig en uitbrei. Vir hulle is “Orania”‘n lewende simbool en wegwyser, ‘n woord swanger aan betekenis, terwyl “vryheid” dalk ‘n oorgebruikte woord uit ‘n vorige era is. Ek loop beide hierdie vertolkings raak in die soms subtiele, soms bombastiese voorkeure van ons lede en ondersteuners. Onder ander omstandighede het “vryheid” en “republiek” reg langs mekaar in ons mense se emosionele register kom lê. In ons tyd sal dit toenemend van “vryheid” en “Orania” ook waar wees. Ek glo nie ons moet tussen die twee simbole probeer kies nie; ons kan met gemak en sukses die Vryheidstigting wees wat ook as die Orania Beweging optree. Carel Boshoff (iv) President van die Orania Beweging


Nywerheidsontwikkeling


Uitleg en drukwerk: SwiftPrint, Kimberley 053 839 2900


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.