ProAgri SA 283

Page 1

Gratis / Free ProAgri tegnologie vir die boer technology for the farmer www.proagri.co.za www.agri4all.com No / Nr 283 ISSN 1042 - 1558 John Deere Financial as jou landbouvennoot APS se sonpaneeloplossings: Vat so, Eskom! Nuwe avokadokultivar onlangs bekendgestel

Duursaam. Gesertifiseerd. In voorraad.

Duursaam. Gesertifiseerd. In voorraad.

Die volledige PVC-U en PVC-M

Ons verstaan wat vir jou belangrik is in ’n pyp. Met meer as 30 jaar se ervaring in die vervaardiging van PVC, het ons span die kundigheid om die korrekte tipe pyp te spesifiseer, in die gepaste grootte en drukklas vir jou behoeftes.

Ons verstaan wat Met meer as die vervaardiging van die kundigheid om spesifiseer, in die gepaste vir jou behoeftes.

Groot verskeidenheid van voorraad staan gereed vir aflewering. Ons hou die volledige reeks PVC-U en PVC-M pyp in voorraad, in alle algemene diameters (vanaf 20 mm tot 630 mm) en drukklasse (vanaf klas 4 tot klas 25).

Groot verskeidenheid gereed vir aflewering. reeks PVC-U en PVC-M algemene diameters en drukklasse (vanaf

En ons verstaan dat die optimale oplossing ook koste-effektiewe moet wees. Daarom verskaf ons hoë kwaliteit dog bekostigbare pyp en toebehore in industrie-standaard kleure. Kry die perfekte verbinding, elke keer.

En ons verstaan dat ook koste-effektiewe verskaf ons hoë kwaliteit en toebehore in industrie-standaard die perfekte verbinding,

IsoFlo PVC-U reeks. Ekonomies, duursaam, korrosievry en maklik om te installeer. SANS 966-1 gesertifiseerd.

IsoTuff PVC-M reeks. Sterk, skokbestand en koste-effektief. SANS 966-2 gesertifiseerd.

IsoDrain, ons riool & dreineringspyp reeks. Liggewig, ideaal vir druklose toepassings. SANS 791 gesertifiseerd.

IsoFlo PVC-U reeks. Ekonomies, IsoTuff PVC-M reeks. Sterk, skokbestand IsoDrain , ons riool & dreineringspyp

www.proagri.co.za 02 ProAgri Suid-Afrika 283
| +27 21 950 4111
info@agrico.co.za
www.agrico.co.za
|
Die volledige reeks topgehalte PVC-U en PVC-M pyp.

Die nuwe seisoen bring nuwe hoop

September is ’n bitter besige en belangrike maand op die graankalender. Ons kon nie eers behoorlik “dit is heerlike lente” sing nie, toe klop die somer reeds aan ons deur.

Wat landbouproduksie betref, is daar ook ’n klomp vrae wat aan die huidige klimaatsomstandighede gekoppel is. Wat is die werklike omstandighede in die VSA, hoe gaan die verwagte El Niño plaaslike oeste beïnvloed of gaan dit enigsins ’n impak hê?

‘n Hoogtepunt op my jaarkalender tot dusver was ons onlangse besoek aan Duitsland saam met die Jupidex-groep aan Kverneland se Internasionale Presisielandboukongres. Dit is vir my ’n voorreg om dit kortliks hier te deel.

Presisieboerdery word al hoe meer deur boere wêreldwyd toegepas. Na ons besoek kon ek tot die gevolgtrekking kom dat meganisasie ‘n belangriker rol in boerdery moet speel indien ons boere saam met die res van die wêreld mededingend wil bly. Diversifikasie en waardetoevoeging is die finansiële wenresep vir meeste van die plase en gebiede wat ons besoek het.

Daarmee saam besef ek ook dat die wêreldbevolking na verwagting teen 2050 tot negebiljoen sal styg. Om te voldoen aan die vraag wat met hierdie aantal mense verband hou, sal voedselproduksie met 70% moet styg. Gegewe die talle uitdagings wat die landbousektor in die gesig staar, soos klimaatsverandering en stygende produksiekoste, word dit egter

Inhoudsopgawe / Contents

vir boere moeilik om jaar na jaar hulle produksie te handhaaf of op te stoot. Wêreldwyd draai nywerhede na geïntegreerde digitale toerusting wat verhoogde produktiwiteit beloof.

Lees meer oor ons besoek en oor Kverneland se nuwe slim, presisietegnologie.

John Deere Financial is toegewyd aan boere en wil boere help en ondersteun om hulle sake te sien slaag. Lees meer op bladsy 3 oor John Deere Financial se splinternuwe blik op finansiering.

Vir die van julle wat binnekort julle somergroentetuine begin plant, is daar ons reeks oor groentetuine vir beginners met al die nodige wenke, moets en moenies!

Baie sterkte vir die wintergraanboere wat nou met die oesseisoen wat naderom die vrug gaan pluk van hulle harde werk en beplanning. Wat die somergraanboere betref, sterkte met julle beplanning in die aanloop tot ’n nuwe seisoen.

Lekker lees aan ons nuwe uitgawe van ProAgri terwyl jy die reuk van beskuit in die oond en die gekwetter van wilde voëls wat ons vroegoggend begroet geniet. Ons hoor graag van jou. Droom saam vooruit en help so jou eie toekoms bou en verseker – ons onderneem om jou te hoor!

ProAgri-groete!

Bianca Henning bianca@proagri.co.za

Snoei aan kostes hierdie lente met John Deere Financial. Met John Deere Financial se pasgemaakte finansiële oplossings en persoonlike ondersteuning, verkry jy toegang tot die beste werktuie en toerusting op die mark, sodat jy jou boerdery meer doeltreffend kan bestuur.

ProAgri

Posbus 72707, Lynnwoodrif / Rossouwstraat 577

Die Wilgers, Pretoria 079-515-8708

www.proagri.co.za

Copyright © 2023. All rights reserved. No material, text or photographs may be reproduced, copied or in any other way transmitted without the written consent of the publisher. Opinions expressed are not necessarily those of the publisher or of the editor. We recognise all trademarks and logos as the sole property of their respective owners. ProAgri shall not be liable for any errors or for any actions in reliance thereon.

ProAgri

Redakteur tydskrif en aanlyn

Bianca Henning >

Verslaggewers

Maryna Steyn >

Natasha Pansegrouw>

Benine Ackermann >

Spesialisskrywer

Annemarie Bremner >

CNH Industrial se Connect-fasiliteit bring nuwe dimensies na proaktiewe diensondersteuning

Janet Niland boer vooruit met New Holland

Mahindra Alberton nooi boere: Kom kyk na ons gesinsmotors

Jupidex en Kverneland mik hoër, verder, beter Hino SA: The new 700-series now ready for you

Noord-Kaap spog met nuwe Akademie vir Wingerdkunde Nuwe kultivar, nuwe uitvoermark: Avokado’s

KragDag bied nuwe antwoorde vir selfdoen Irrigation Unlimited se Ocmis-kruipspuite is die waterwenner Saam is ons sterker - hoe samewerking met die regte vennote die landbousektor kan help floreer. Nextorch se rateltaai kragflitse laat die donker spat! APS™ – die antwoord tot al jou beurtkrag frustrasies!

Winsgewende skaapboerdery deel 22

LITS-SA: Staat moet almal help

Veesiektes: Kyk nou uit hiervoor …

082-326-2572 bianca@proagri.co.za

082-261-9177

maryna@proagri.co.za

081-736-4236 natasha@proagri.co.za

073-105-6938 benine@proagri.co.za

082-320-3642

annemarie@proagri.co.za

Bemarkingsbestuurder

Diane Grobler >

Bemarkers

Xander Pieterse >

Johan Swartz >

Tiny Smith >

Lynette van Tonder >

082-555-6866 diane@proagri.co.za

062-391-6507 xander@proagri.co.za 071-599-9417

johan@proagri.co.za

082-698-3353 tiny@proagri.co.za

074-694-4422

lynette@proagri.co.za

Skeppende bestuurder

Christiaan Joubert >

Uitleg en ontwerp

072-419-3990

christiaan@proagri.co.za

Michelle Kruger & Jamie-Lee Tromp

Kliëntverhoudingsbestuurder

Carin Swartz >

Navrae

Engela Botha >

Rekeninge

Ronel Schluter >

084-233-0123

carin@proagri.co.za

073-663-1234 engela@proagri.co.za

084-088-0123 accounts@proagri.co.za

Verspreiding en intekening

Nita Volmer-van Zyl >

Sakebestuurder

George Grobler

079-515-8708 nita@proagri.co.za

ons voorblad
Op
11 15 27 37 41 47 Voorbladartikel 3. Meganisasie 5. 11. 15. 16. 21. Gewasproduksie 23. 27. Hulpbronbestuur 35. 37. 39. 41. 45. Vee en Wild 47. 51. 52.
John Deere Financial Puts the Farmer First
“I am excited about the future of farming in South Africa!” Scan the QR code to learn more – WA de Klerk, Driefontein Farm. John Deere Financial empowers you to build your legacy with access to the best equipment. For more information, please contact your John Deere Financial Finance Specialist here: https://www.deere.africa/en/finance/financing/current-offers/ www.deere.africa | africa@johndeere.com | JohnDeereAME John Deere Financial is supported by Absa, an authorised financial services provider and registered credit provider. Reg No. NCRCP7. John
Personalised Financial Solutions so Life can Leap Forward
Deere John Deere Africa & Middle East

For WA de Klerk, farming is more than just business. His farm, Driefontein, is the legacy he inherited from his grandfather and father, and the future he is creating for his children. As John Deere Financial, we are proud to walk a journey with farmers like De Klerk, enabling their dreams and ambitions with the best financial solutions and support.

Mr De Klerk farms with soya beans, maize, and cattle on the Driefontein farm near Hendrina. Since his grandfather’s time on the farm, Mr De Klerk and his family have exclusively used John Deere equipment, knowing that this trusted brand would drive their operations forward. For over 21 years, he has entrusted his dreams to John Deere Financial, and we have striven to realise his business goals.

Enabling expertise

Mr De Klerk is a seasoned agricultural expert, having spent decades alongside his father, learning the tricks of the trade. For optimal results, he uses a crop rotation system to produce 50% soya beans and 50% maize. Not only does this system complement his crops exceptionally well, but it also aids cost savings and the clearing of fields.

As John Deere Financial, it is our goal to enable the expertise of farmers like Mr De Klerk, offering access to exceptional John Deere technology, paired with personal relationships, that help drive success forward.

With dedicated support, Mr De Klerk is able to focus on growing his business, which he believes has a bright future in the country. “I believe the future of grain farmers in South Africa

John Deere Financial Puts the Farmer First

will be safe,” says Mr De Klerk. “I am excited about the future of farming in South Africa!”

He is determined to leave a strong legacy for his family. “I have a daughter, and I have to think about her future,” Mr De Klerk explains. “I don't know what the future will hold for her, but I will invest as much as I possibly can to prosper and expand this farm, doing what I want to do as perfectly as possible.”

From finance to friendship

As John Deere Financial, we are dedicated to providing our clients with the best service, incorporating the latest technology for speed, convenience, and efficiency. At the same time, however, we believe in showing up on the farm in person so that we can understand the unique opportunities of our clients.

This is why the relationship between John Deere Financial and our clients becomes closer to a friendship. When asked about his John Deere Finance Specialist, Marthie Botha, Mr De Klerk speaks with distinct gratitude. Marthie strives to play an integral role in De Klerk’s farming operations, and in turn, he is proud to do business with someone who, in his words, “makes you feel like you are more than just a number”.

It is this one-to-one approach, combined with in-depth understanding and industry expertise, that allows John Deere Financial to truly offer customised solutions that help build a promising future. “Our journey with John Deere Financial has come a long way,” Mr De Klerk says, “and it is a relationship that keeps growing.”

Special promotions put you first

As part of our commitment to support the agriculture industry, John Deere Financial offers special promotions that enable farmers to run their businesses expertly. This time, we are giving you triple the value with a three-part special offer.

First, you can get the 5075E MFWD OOS with 9/3 TSS transmission at a prime interest rate of -9% with a 20% deposit, annual repayments over three years, and VAT back after three months. We also offer free service parts when your order for 5D or 5E 3-cylinder tractor parts are not available from your South African dealer within 24 hours.* And finally, when you purchase a new 5D or 5E 3-cylinder tractor before 31 October 2023, you receive free SETAaccredited operator training!*

You can also revolutionise your harvest operation with affordable financing on the new S440 combine at a prime interest rate of -4% over three yearly payments OR -2,7% over five yearly payments with a 20% deposit, VAT back after three months from contract start date. Offer is valid until 31 October 2023.

John Deere Financial offers farmers more than finance. Get in touch with us today to see how we run so life can leap forward.

Terms and conditions apply: https://www.deere.africa/en/finance/financing/current-offers/

*Terms and conditions apply: https://www.deere.africa/en/ current-offers/promotions/

www.proagri.co.za ProAgri South Africa 283 3 Voorbladartikel
supplied
Article

Guard Your Cereal Crops Against Invasive Weeds And Grasses

KEY ATTRIBUTES & ADVANTAGES

Tank-mix-compatible with glyphosate (refer to label). Provides dependable, broad-spectrum control of grasses and broadleaf weeds as listed on the label including herbicide-resistant species.

Manages weeds that are tolerant or resistant to glyphosate.

Available in a convenient premix formulation designed at the optimum use rate for protecting herbicide-tolerant maize.

Can be used in atrazine-restricted areas for effective weed control.

Effective in all tillage systems.

SureStart® (Reg. No. L10385) is a suspension concentrate herbicide that can be applied as a pre- and early post-emergence control of annual broadleaf weeds and some annual grasses, providing growers with the flexibility to overcome unexpected delays at application.

OUR CROP PROTECTION PRODUCTS ARE AT THE HEART OF AGRICULTURE

www.proagri.co.za 4 ProAgri Suid-Afrika 283 Visit us at corteva.co.za FOR MORE INFORMATION CONTACT THE REGISTRATION HOLDER: Corteva Agriscience RSA (Pty) Ltd · Reg. No. 1997/003030/0 • Paarl +27 (0) 21 003 8259 • Centurion +27 (0) 12 683 5700 • 2nd Floor, Building A, Lakefield Office Park, 272 West Avenue, Centurion, 0157, Gauteng, Republic of South Africa. ALWAYS USE ACCORDING TO LABEL RECOMMENDATIONS: • SureStart® contains acetochlor, clopyralid, flumetsulam and furilazole (Safener) (Harmful) • Reg. No. L10385 | Act No. 36 of 1947 TM ® Trademarks of Corteva Agriscience and its affiliated companies. © 2022 Corteva.
Visit Our Website For More Information

CNH Industrial se Connect-fasiliteit bring nuwe dimensies na proaktiewe diensondersteuning

Boerdery mag nie gaan stilstaan nie, veral nie wanneer jy op die kritieke tye wat die natuur voorskryf moet ploeg, saai of oes nie. Niks beskryf ook ten volle die teleurstelling, frustrasie en geldelike impak van ’n trekker of stroper wat in die middel van sy werk breek nie.

Maar wat as jy dit kon voorsien en keer?

CNH Industrial bied boere nou ’n oplossing wat na die maatskappy se mening ’n rewolusionêre verbetering op proaktiewe ondersteuning en afstandmonitering is. Die kraakvars Connectfasiliteit is gedurende Augustus aan die media bekendgestel met die nuus dat Suid-Afrikaanse kliënte vanuit die Isando-hoofkwartier se Connect-sentrum bestuur sal word.

“Met die eksponensiële toename in die aantal gekoppelde masjiene in die veld, is die behoefte aan gevorderde tegnologie wat hierdie vlote doeltreffend bestuur, belangriker as ooit tevore,” lees die verklaring van CNH Industrial.

Vir CNH Industrial gaan dit daaroor om aan hulle waardevolle klante die tegnologiese middels en ondersteuning te gee sodat die boer sy werk met vreugde – en sonder kopsere –kan voltooi.

“Ons bied ondersteuning aan ons klante regoor die handelsmerke wat hulle gebruik, insluitend Case IH, New Holland en Case Konstruksie,” sê Jacques Taylor, besturende direkteur van CNH Industrial Suid-Afrika. “Die hart van ons gekoppelde dienste is om die klant eerste te plaas, proaktief te wees en ’n uitstekende klante-ervaring te lewer.

“Klante is voortdurend onder druk om hulle doeltreffendheid en produktiwiteit te verhoog en hulle kyk na ons as vervaardigers om maniere te vind om hulle te help om dit te bereik. Ons Connect-sentrum sal ons en ons handelaars in staat stel om vinnig op te tree – amper intyds – wanneer boere probleme het, en hulle te help om die beste uit hulle toerusting te kry,” verduidelik hy.

www.proagri.co.za ProAgri South Africa 283 5 Meganisasie
Jacques Taylor, besturende direkteur van CNH Industrial Suid-Afrika, het die Connect-fasiliteit bekendgestel. deur Maryna Steyn
TO FIND A DEALER NEAR YOU, SEE CONTACT DETAILS BELOW: WWW.ULTRANEXUS.CO.ZA | WHOLESALE@ULTRANEXUS.CO.ZA | 083 559 0001 NEW TELOS XP SERIES TELOS LRF XP50 NEW TELOS XP50 NEW WWW.ULTRANEXUS.CO.ZA AUTHORISED DISTRIBUTOR

Die Connect-fasiliteit werk só Hierdie fasiliteit sal dien as die kern binne ’n netwerk wat bekend sal staan as “Connect Rooms” by Case IHhandelaars en “Intellicentres” by New Holland-handelaars.

Deur middel van voortdurende monitering van die prestasie van die gekoppelde masjiene, kan die stelsel enige probleme wat dalk kan opduik voorkom.

Net soos jy reeds van jou selfoon af kan sien wat met jou trekker of stroper in die land gebeur, so is daar nou ’n meer omvattende stel data wat ook deur die Connect Room-personeel dopgehou word. Hierdie indiwidue is opgeleide tegnici wat saam met die sagteware (wat gebruik maak van kunsmatige intelligensie) intyd kan sien wat presies die werking van die masjiene is.

Moontlike probleme word uitgewys volgens mees kritiek tot lae kritiek sodat die tegnici daarvolgens die sake kan hanteer. Vandaar word moontlike oorsake geïdentifiseer en opgelos. In geval van ’n probleem, word ’n onmiddellike waarskuwing aan die handelaar gestuur, wat proaktief optree om die situasie te bestuur en op te los.

Daar is verskeie maniere waarop hierdie probleme proaktief hanteer kan word:

• Die tegnikus kan die boer afstandhulp verleen deur direk aan die werktuig se skerm te koppel en die bestuurder te lei om instellings maak.

• Die plaaslike handelaar of diensverskaffer kan gekontak word om die plaas met die nodige gereedskap en vervangingsonderdele te besoek.

• Die plaaslike handelaar of diensverskaffer kan gekontak word om die boer in te lig oor die probleem wat met ’n versieningsdiens opgelos kan word.

Deur enige moontlike probleem so gou as moontlik te identifiseer, trek boere en operateurs voordeel omdat ’n onderdeel wat geslyt is of ingee in ’n japtrap reggestel of vervang kan word.

Dit bevorder ook optimale masjiengesondheid wat onderdele langer kan laat hou.

’n Verdere voordeel vir die eienaar van ’n vloot is dat hy of sy kan seker wees van doeltreffende vlootbestuur omdat die hele vloot in stand gehou word sonder om die plaas te verlaat en om voorkomingsinstandhouding rondom roetine-instandhoudingsdienste te beplan.

Met die vermoë wat tegnici toelaat om vanaf die fasiliteit afstanddiagnostiek op die klant se masjien uit te voer, kan hulle optree sonder om eers hulle lessenaars te verlaat.

Die Connect-sentrum bring verslae voort wat insig aan klante bied Danksy die nuwe fasiliteit het boere en operateurs deurgaans belangrike inligting wat hulle in staat stel om te verseker die werktuig sal aanhou om hard en doeltreffend te werk. Drie verslae word verskaf:

• Die maandelikse Masjiengeskiedenisverslag, saamgestel op grond

van die telemetrie- en sensordata wat deur die gekoppelde masjien ingesamel is, gee die klant ’n beter begrip van sy masjien se gebruik en operasionele status, en identifiseer moontlike probleme. Dit stel klante in staat om die goeie gebruik en gesondheid van die werktuig te verseker, wat ook die reswaarde daarvan beskerm.

• Die Masjiensorgverslag wys alle instandhouding, herstel en inspeksie in die lewe van die masjien, wat die naspeurbaarheid van sy hele diensgeskiedenis verseker en ’n deursigtige verhouding met die handelaar skep.

• Die Operasionele Verslag help die klant om te verseker dat sy operateurs die masjiene korrek, doeltreffend en veilig gebruik. Met die bedryfsleutelprestasie-aanwyser en insigte wat deur die verslag verskaf word, kan die klant foute in die operateur se gebruik van die werktuig opspoor of identifiseer en bepaal waar daar ruimte vir verbetering is. Hy kan dan die handelaar raadpleeg oor pasgemaakte operateursopleiding.

CNH Industrial demonstreer hoe die stelsel werk

Tydens die bekendstelling van die Connect-fasiliteit het Esmond Coen, hoof van Landbou-oplossings by CNH Industrial, ’n demonstrasie gelewer van hoe ’n trekker in ’n land werk. Dit het gewys hoe ’n tegnikus vanuit die Connect Room op die trekker se skerm inskakel. Vandaar het Esmond aangedui hoe die operateur onder sy leiding instellings kan maak.

Enige klant van CNH Industrial sal 24/7 toesig ontvang. Die maatskappy beoog om die “Connect Rooms” en “Intellicentres” in 2024 regoor sy handelaarsnetwerk beskikbaar te maak.

New Holland-kliënte se fasiliteit sal bekend staan as “Intellicentres”. Dit maak ook gebruik van dieselfde RTK-netwerk wat vroeër in 2023 verkry is.

Vir meer inligting oor hierdie nuwe tegnologie, besoek die CNH Industrial webtuiste by: https:// www.cnhindustrial.com/.

www.proagri.co.za ProAgri South Africa 283 7 Meganisasie
Die demonstrasie het gewys hoe ’n tegnikus vanuit die Connect Room op die skerm van die trekker kan inskakel.
www.proagri.co.za 8 ProAgri Suid-Afrika 283 Promoting safe quality Solar PV installations Join the Eco Renergy family today and let us help you on your journey towards a sustainable, solar-powered future. Together, we can make a world of difference! Embrace Solar Power. Choose Eco Renergy. GET T H E OF F TIONS. GRID Our Services Include: Residential Solar System Installation Commercial Solar System Installation Solar Panel Maintenance Back-Up Power Solutions Please contact our dedicated team to receive a personalised quote.

days off produce

There are no days off when your produce fuels a nation.

sway control and adaptive your best bakkie forward every

Introducing the new Ranger XL Single Cab, with ultra-smart driving aids like trailer sway control and adaptive load control, and 16-inch alloy wheels built to help you take on any terrain and put your best bakkie forward every day.

Put your best bakkie forward in the new Ranger XL Single Cab.

2014726

Find out more at Ford.co.za
Find out more at Ford.co.za

MIELIES

Ons mieliekultivars is ontwerp met die plaaslike produsent in gedagte. Ons seleksie is gemik op nasionale geografiese liggings sowel as besproeiings- en kuilvoergefokusde saadprodukte. Maak jou keuse uit meer as 48 wit- en geelmieliesaadbasters.

Ons mieliekultivars gemik op nasionale saadprodukte.

www.proagri.co.za 10 ProAgri Suid-Afrika 283
TM ® SM Handelsmerke en diensmerke van Corteva Agriscience en sy geaffilieerde maatskappye. © 2023 Corteva
ONS IS SLIM
Besoek ons webtuiste

Janet Niland boer vooruit met

“Ek is lief vir wat ek doen,” sê Janet Niland van Mooirivier in die Natalse Middellande. Janet boer suksesvol en intensief op 350 hektaar met beeste, groente en saadaartappels –met die bystand van ՚n flukse span New Holland-trekkers.

Haar oupa het die plaas, Stanmore, in die 1920s gekoop en Janet beskou dit as ՚n groot voorreg om terug te wees op die familieplaas waar sy as kind gebaljaar en saam met haar oupa perdgery het. Sy is opgelei as mediese tegnikus, maar toe haar eie kinders begin opgroei, wou sy graag van die huis af werk.

Janet het die geleentheid aangegryp om die plaas by haar broer, wat in 2007 geëmigreer het, te koop en sak en pak soontoe te skuif. Die plaas was vir ՚n hele paar jaar uitverhuur en sy sê dit was ՚n yslike werk om alles weer reg te ruk.

Haar man, Justin, het in daardie stadium nog as veearts in Howick gepraktiseer en sy het die boerdery vrou-alleen aangepak.

“Dit was baie senutergend, want ek het met my beeste wat ons in Howick gehad het ingetrek en moes vinnig plan maak om alles op en aan die gang te kry. Ek was gelukkig om ՚n kontrak te kry om peperwortel te plant en van daar af het ek net nog nooit omgekyk nie.”

Die peperwortel is aangevul met brokkoli, blomkool en ՚n bietjie rooikool in die somer en onlangs is saadaartappels by die gemengde boerdery gevoeg.

Die veekudde het ondertussen uitgebrei tot 300 teelkoeie en die bestuur van weiding en voer is nou ook ՚n groot deel van die boerdery.

Na tien jaar het Justin sy praktyk opgegee en plaas toe geskuif waar hy nou ook hand bysit en veral praktiese navorsing doen. Janet se seun, Daniël, is ook nou betrokke by die boerdery.

Met 60 vroue wat in die groentelande werk wanneer die seisoen besig raak is

die plaas ՚n skouspel van vrouekrag!

Janet vertel dat sy aan die begin bietjie weerstand van die Zoeloe-mans ondervind het om haar gesag te aanvaar, maar die feit dat sy Zoeloe praat soos ՚n boorling het verseker gehelp.

Nog ՚n uitdaging was die meganiese deel van die boerdery. “Ek is gemaklik met die hantering van beeste en groente, maar bewegende onderdele is nie my sterkpunt nie,” spot Janet.

Met die ondersteuning van behulpsame bure en veral van die New Holland-handelaarspan wat gelukkig reg langs haar plaas is, word daar sommer gou kleingeld van die uitdaging gemaak.

New Holland maak die verskil Louis Fourie is die eienaar van Midlands New Holland en hy vertel dat hulle aanvanklik vir Janet gehelp het om ՚n “Smartieboks”-versameling trekkers op die plaas aan die gang te hou, maar soos die boerdery gegroei het, het sy geleidelik oorgeslaan na die betroubare blou werkspan van New Holland.

“Ons kyk mooi na haar, net soos na al ons ander boere in die wye streek, maar met haar intensiewe manier van boer kan sy net eenvoudig geen staantyd van enige trekker bekostig nie.”

Die eerste New Holland wat Janet gekoop het was ՚n TD90 met ՚n droëkoppelaar en 66 kW onder die kap en dit is

spoedig aangevul met nog ՚n TD90. Dié oop trekkers woeker vandag nog op die plaas met algemene sleep-, spuit- en plantwerk.

՚n Ratse klein tweewielaangedrewe TT75 het daarna deel van die span geword. Die klein bielie met sy 55 kWenjin moet nie onderskat word nie; hy het kragstuur, agt vorentoe-en twee truratte, ՚n kragaftakker en kan met gemak sewe ton sleep.

Louis sê dat die aard van Janet se boerdery so drie jaar gelede verander het toe sy begin het om saadaartappels te plant. Meer trekkerkrag was nodig om die grond diep te bewerk en om die aartappels te lig, en ՚n T6070kajuittrekker het by die blouspan aangesluit.

Die sessillinder 104 kW trekker beteken dat sommer baie meer werk gouer gedoen kan word en Louis glo dit gaan Janet help om haar boerdery verder te laat groei.

Die T6070 het ՚n 6,7 liter Fiat Powerenjin met ՚n gedugte hidrouliese vloei van 113 liter per minuut. Vanuit die kajuit het jy baie goeie sig en al die beheerknoppies is gerieflik in die regterarmleuning met ՚n enkele rathefboom vir wisseling tussen ratstrekke (range changes). Daar is vier ratstrekke met 17 vorentoe ratte en 16 truratte.

Sowat twee maande gelede het Janet ook ՚n TD5.110 van 82 kW met ՚n

www.proagri.co.za ProAgri South Africa 283 11 Meganisasie
deur Annemarie Bremner
Janet Niland van Mooirivier en Louis Fourie van Midlands New Holland by Janet se NH T6070 wat die gemengde boerdery na ՚n volgende vlak geneem het. Stanmore se eerste twee TD90’s werk na jare nog elke dag op die plaas.

verminder DIE hooI op jou vurk.

Finansiering beskikbaar

teen Prima -5%

*Bepalings en voorwaardes geld. Gestruktureerde terugbetaling-opsies beskikbaar. Onderhewig aan finansiële status. diensfooie mag van toepassing wees. Aanbod geldig tot 31 desember 2023.

BALErS

Model Afmetings

BB1290-hoëdensiteit-kerwer 900 x 1200 x 1000-3000 mm

BB1290-hoëdensiteit-verpakker 900 x 1200 x 1000-3000 mm

BB1290 PLUS 900 x 1200 x 1000-3000 mm

BB1270 PLUS densiteit 700 x 1200 x 1000-3000 mm (nuut)

Hayliner 275- klein vierkantbaler 360 x 460 x 300-1300 mm (nuut)

BC5060-klein vierkantbaler 360 x 460 x 300-1300 mm

rB150F-ronde bandbaler 900-1500 Ø x 1200 mm

rB150C-ronde bandbaler + kerwer 900-1500 Ø x 1200 mm

roll-Bar 125-rondebaler 1250 Ø x 1200 mm

roll-Bar 125-rondebaler + kerwer 1250 Ø x 1200 mm

rB125-ronde rollerbaler + kerwer 1250 Ø x 1220 mm

Kontak jou new Holland-handelaar vandag of skakel:

Model Afmetings

108m-6-skyf-snyer 2400 mm

210m-8-skyf-sleep-snyer 3160 mm (nuut)

d210-8-skyf-snyer/kneuser 3160 mm

313-8-skyf-snyer/kneuser 4000 mm

316-10-skyf-snyer/kneuser 4950 mm

488-sekelmessnyer/kneuser 2819 mm

eduan Booyens (071 871 8163) - noordwes, vrystaat, Gauteng, Limpopo en mpumalanga

Paul de Korte (064 752 1613) - KwaZulu-natal

Quintus Smit (082 524 7397) - Wes-Kaap, noord-Kaap en Oos-Kaap

www.proagri.co.za 12 ProAgri Suid-Afrika 283
Tindrum 23/161
www.newholland.com/za Volg ons op

laaigraaf voor aangekoop. Die trekker help om kompos en bale vir die beeste te skuif.

Midlands New Holland

Louis het amper agt jaar gelede die handelaarskap begin toe hy gesien het daar is ՚n leemte in die mark. Voor dit was hy ՚n produkbestuurder vir hooitoerusting by New Holland, nadat hy sy merk gemaak het by ՚n New Hollandhandelaarskap by Tarlton aan die WesRand.

Louis sê New Holland se trekkers is net so betroubaar soos die mense van New Holland wat altyd gereed is om boere en handelaars te ondersteun. Hy sê: “By New Holland is ՚n waarborg ՚n waarborg en hulle hardloop nie weg as daar ՚n probleem met ՚n onderdeel of ՚n eenheid is nie.”

Hy sê die maatskappy se stelsels is ook goed ontwikkel om handelaars vinnig te help, wat dit makliker maak om boere vinnig te help.

“Ek glo die belangrikste deel van enige handelsmerk wat jy koop is die

ondersteuningsdiens en ek plaas baie klem daarop. My werkswinkel is die hart van my onderneming en ek het vier voltydse tegnici op die pad om boere te help. Ons probeer ook om boere tegemoet te kom met reiskoste waar ons kan. Ons mikpunt bly om enige trekker binne 20 uur van die aanmelding van ՚n probleem weer aan die werk te kry.”

Nie dat New Holland se trekkers gereeld lol nie. Die trekkers word in Engeland gebou volgens die hoogste standaarde. Louis sê die boere in sy gebied voel gemaklik om die trekkers te gebruik want hulle weet hulle kan maklik tot by tienduisend uur werk sonder enige groot probleme.

Met die groei in sy afsetgebied weet Louis egter hy kan nie op sy louere rus nie. Midlands New Holland het groot planne vir uitbreiding van hulle geriewe en voetspoor, maar sal hou by die beginsel dat daar vir elke 30 trekkers in die veld een tegnikus moet wees. Meer mense word tans opgelei.

Staan op en boer!

Ondertussen is Janet ook altyd op die uitkyk na nuwe geleenthede. Haar raad aan enige boer; man of vrou, lank in die tand of nat agter die ore, is eenvoudig: “Bestuur jou kontantvloei en moenie vasval in skuld nie.”

Sy sê as jy boer is daar net een manier om uitdagings vas te vat en dit is om in die oggend op te staan en die bul by die horings te pak. “Jy kan nie terugsit en sê jy is bietjie moeg vandag nie! Jy moet op en aan die gang wees.

“My familie is my grootste inspirasie. Vir my is dit ՚n eer om die plaas vir my nageslag te bewerk en ek wonder elke dag wie loer oor my skouer, is dit my oupa of my pa? En is hulle tevrede?”

Bewerk en bewaar jou erfenis met New Holland se hulp. Besoek https://newhollandag.co.za/dealer-networkenglish/ om jou naaste handelaar op te spoor. In die Natalse Middeland is Louis Fourie en sy span ook gereed met ՚n blou plan vir jou. Kontak hom by (+27)72-869-5903.

www.proagri.co.za ProAgri South Africa 283 13 Meganisasie
Midlands New Holland by Mooirivier het ՚n blou plan vir elke plaas. Janet Niland is ՚n gelukkige boer solank haar beeste tevrede is.

Mahindra Alberton nooi boere: Kom kyk na ons gesinsmotors

Goeie nuus vir alle wielegebruikers in Suid-Afrika is dat Mahindra ook passasiersvoertuie vir huisgesinne verskaf. Mahindra se reeks bakkies het hulleself al deeglik op plase en elders bewys as geharde werkesels wat kersvashou by enige ander handelsnaam. Nou vind die motorvervaardiger se passasiersvoertuie ook ՚n tuiste by Suid-Afrikaanse gesinne.

Twee van die gewildste Mahindrapassasiersvoertuie is die XUV 300- en die XUV 700-sportsnutvoertuie. Albei hierdie voertuie spreek van veiligheid en tegnologiese gevorderdheid. Boonop kry eienaars ook die voordeel van doeltreffende brandstofverbruik in elke model.

Die XUV 300 vir veelsydigheid in ՚n kompakte baadjie

Die Mahindra XUV300 is ՚n kompakte sportnutsvoertuig (SNV). Hy is lekker hoog met groot wiele sodat jy heerlik in die veld kan rondspeel en in groot gerief en gemak op die grond- of teerpad kan ry. Hierdie voertuig is ideaal vir gesinne (vyf persone) of lewenslustige jong bestuurders.

Mahindra spog met die XUV 300 se klem op veiligheid, ruimte en pret. “Die vervaardiger bewys dat jy ՚n prettige voertuig kan hê en terselfdertyd veilig kan wees,” sê Nico Grobler, hoofbestuurder Raceview Motors in Alberton.

Kenmerke wat XUV 300 so veilig maak, is die sewe lugsakke: Kantgordynlugsakke wat sowel die voorste as agterste insittendes beskerm, voorlugsakke, en kniebeskermingslugsakke om die bestuurder se knieë te beskerm.

“Die groot trekpleister vir baie mense is die 5-ster NCAP-veiligheidsgradering,” vertel hy.

Die XUV 300 is beskikbaar as ՚n 1,2 ℓ

turbo-aangedrewe petrolmodel of 1,5 ℓ turbo-aangedrewe dieselopsie wat albei ongelooflik suinig met brandstof werk.

“Ons klante spog by ons oor hoeveel kilometer hulle met ՚n tenk brandstof ry,” verklaar Floris Grobler, verkoopsbestuurder by Raceview Motors.

Kopers kan beslis na die XUV 300 kyk, want dit word maklik misgekyk. “Baie mense dink nie aan Mahindra wanneer hulle na ՚n klein, vernuftige gesinsvoertuig soek nie. As hulle die naam, Mahindra, hoor, dink hulle dadelik aan die bakkies wat Mahindra beroemd gemaak het. Mahindrabakkies is natuurlik baie gewild onder ons boere omdat hulle weet hulle kan dit nuttig gebruik in hulle boerderye. Wel, as jy in jou boerdery op Mahindra kan staatmaak, dan kan jou gesin ook!” verduidelik Nico. “Die prys is ook mededingend teenoor ander handelsname.”

Die XUV 300 het ՚n standaard-diensplan en waarborg van 150 000 km vir vyf jaar. “As jy hierdie diensplan met ander voertuie in sy klas vergelyk, het meeste ander handelsname nie dieselfde waarde nie; dit is gewoonlik korter diensplanne. Dit wys Mahindra se ingesteldheid van langtermynverhoudings met klante bou,” sê Nico.

Mahindra se XUV 700 is luuks, kragtig en veilig

Die Mahindra XUV 700 is ՚n groter voertuig wat gemaak is vir die bestuurder wat ingestel is op al die luukse tegnologiese bykomstighede en estetiese toevoegings van ՚n groter klas SNV. “Al is hierdie model groter en duurder, bevat dit steeds dieselfde DNS,” vertel Floris.

Die XUV 700 is gebou met intelligente vernuf in gedagte. Hierdie reeks hoëspesifikasievoertuie voertuie

spog met ADAS-vermoëns (Advanced Driver Assistance Systems) wat die bestuurder gevorderde bystand lewer. Kenmerke hiervan sluit onder meer baanhoubystand, noodremme, blindekolopspo-ring, 360 grade kameras en aanpasbare spoedbeheer in.

“Die XUV 700 het ՚n gedugte 149 kWenjin wat 380 Nm wringkrag lewer,” sê Floris. “Dan het dit ook luukshede soos die Sony-klankstelsel wat dié model laat uitstaan.”

Oor die algemeen kan goeie werksverrigting van die voertuig verwag word, net soos met die bakkies. Mahindra se passasiersvoertuie gee niks toe op die vernuf om intelligente tegnologie te bied nie.

www.proagri.co.za ProAgri South Africa 283 15 Meganisasie
Toetsbestuur die XUV 700 vandag by Raceview Motors in Alberton en beleef die gevorderde vernuf en tegnologie wat Mahindra-passasiersvoertuie bied. Skakel Floris Grobler by +2782-338-7538 of besoek https:// www.mahindraalberton.co.za/ om meer uit te vind. Mahindra se XUV 700 en kleinsus, XUV 300, bied bestuurder- en passasiersgemak asook veiligheid en wakker werkverrigting. Nico Grobler, hoofbestuurder, en Floris Grobler, verkoopsbestuurder, van Mahindra Alberton. deur Maryna Steyn

PRESISIEBOERDERY: Jupidex en Kverneland mik hoër, verder, beter

Dietrich Schlüter, vervaardigingbestuurder van Kverneland Soest, Duitsland, saam met Arthur Bezuidenhout, besturende direkteur van Jupidex, en Martin Nordhaus, besturende direkteur van Kverneland-groep vir Duitsland by die Kverneland-fabriek in Soest.

Kverneland is ՚n naam wat soet klink in Suid-Afrikaanse boere se ore. Dit is die naam wat sinoniem geword het met noukeurige, stipte diens en die heel voorste, doeltreffendste landboutegnologie. Jupidex is die trotse verspreider van Kverneland se wêreldstandaard landboutoerusting in SuidAfrika en nou ook in Afrika!

Kverneland lewer oor die jare heen net die beste vakmanskap en uitnemendheid. Ole Gabriel Kverneland het Kverneland in 1879 gestig. Vandag het die Kverneland-groep fabrieke regoor die wêreld, in onder meer Noorweë, Denemarke, Duitsland, Frankryk, Nederland en Italië.

Die ProAgri-span het die wonderlike voorreg gehad om gedurende Augustus 2023 saam met Jupidex en die Kver-

Izél Grobbelaar, bemarkingskoördineerder, en Arthur Bezuidenhout, besturende direkteur van Jupidex tydens die onlangse besoek aan Duitsland.

neland-groep hulle planterfabriek in Duitsland te besoek, asook die Internasionale Presisielandboukongres wat deur Kverneland aangebied was by te woon. Arthur Bezuidenhout, besturende direkteur van Jupidex (Edms) Bpk sê: “Ons wil net die beste bied vir ons boere. Ons moedig boere aan om toenemend gebruik te maak van presisieboerderymetodes, en dit is juis waarom ons betrokke is by hierdie geleenthede; om ons kundigheid op te

Die Rotago 4060 F-krageg saam met die voorgemonteerde F-drillsaadbak vereenvoudig boere se werk en bespaar tyd deur veelvoudige bewerkings tot een te verminder met die dubbeldoelige grondbewerker-planterkombinasie.

www.proagri.co.za 16 ProAgri Suid-Afrika 283
Die PUDAMA Optima SX-presisieplanter plaas kunsmis presies waar die plantjies se wortels dit soek. Met PUDAMA
Meganisasie
Sonder Konvensioneel Pudama-proewe wat uitgevoer is deur die Universiteit van Cologne. (Bron: Dr. Max Bouten)

skerp en boere in Suid-Afrika en Afrika toe te rus met wêreldklas-toerusting wat hulle boerderye vorentoe vat.”

Yasukazu Kamada, president en uitvoerende hoof van Kverneland-groep, het ook die groep se bestaansrede en strewe gedeel: “Ons visie is om 'n toonaangewende verskaffer van intelligente en doeltreffende boerderystelsels te wees wat bydra tot volhoubare landbou wat terselfdertyd aan die wêreld se groeiende bevolking voorsien. Ons missie is om nuwe tegnologie te ontwikkel, en boere te ondersteun.

"Ons wil produkte, stelsels en dienste van meerdere waarde en standaarde aan klante voorsien. Ons produkte en vernuwings lewer ՚n positiewe bydra aan nie net boere oor die hele waardeketting nie, maar ook aan kontrakteurs vir langtermyn sukses.”

Izél Grobbelaar, bemarkingskoördineerder van Jupidex, sê: "Dit is 'n eer om hierdie geleentheid by te woon. Ons is nie net die enigste Afrika-land nie, maar ook die enigste land buite Europa wat die geleentheid bywoon. Dit beteken baie vir ons om landbou vir ons boere na die volgende vlak te neem. Vir ons is dit belangrik om te

Die iXter B18 agtergemonteerde spuit met sy kombinasie iXtra voorgemonteerde tenk.

leer en voortdurend op hoogte te bly van nuwe ontwikkelinge.

“Ons fokus as Jupidex is perfek in ooreenstemming met die missie en visie van Kverneland, veral ten opsigte van die gehalte produkte wat hulle na die mark bring. Ons wil seker maak ons bied boere die beste gehalte en robuuste masjiene vir Afrika-toestande.”

Kverneland se fabriek in Soest GmbH, Duitsland

Die fabriekstoer in Soest was ՚n ware belewenis. Soest is 'n klein dorpie noord van Frankfurt in Duitsland. By dié fabriek vervaardig die Kvernelandgroep hoofsaaklik planters en saaitoerusting.

Die Kverneland-groep het vyf aanlegte in Duitsland: Soest, Klepp, Nieuw Vennep, Les Landes en BCT. Die hoë standaarde van meganisasietegnologie en wat hier bereik word is verstommend! Vanaf die ontwerp, wat voortdurend verbeter en volgens boere se voorkeure verfyn word, tot by die gevorderde fabriekstoerusting en bekwame, toegewyde vakmanne, is Kverneland ’n toonbeeld van die beste materiaal, die hoogste vervaardigingstandaarde en die suiwerste akkuraatheid.

Arthur vertel: "Die fabrieksbesoek was weer vir ons 'n belewenis, om te sien hoe presies en netjies die werktuie vervaardig word. Om na die omvang van die fabriek en die bedry wighede

hier te kyk, asook die gehalte, beheerprosesse en standaarde waarteen hierdie wêreldklasprodukte gebou word, is iets wat werklik vir ons uitgestaan het.

“Dit is vir ons 'n groot eer om te sien en gerusgestel te word met die wete dat ons met die regte mense in die bedryf hande gevat het. Kverneland doen uitstekende werk om te verseker dat klante by die proses betrokke is om te bepaal wat die klante se behoeftes is, en dat dit by die ontwerp en vervaardiging van die produkte ingesluit word. Dit is iets wat ons na ons klante kan terugneem.

"Tegnologie en presisieboerdery word al hoe meer deur boere wêreldwyd toegepas. Wêreldwyd draai nywerhede na geïntegreerde digitale toerusting wat verhoogde produktiwiteit beloof. Tydens die Kverneland kongres is verskeie nuwe presisiewerktuie van wêreldgehalte bekendgestel en ons het die voorreg gehad om dit eerstehands te beleef!"

Lynx, Helios

en Onyx

meganiese onkruidgrondbewerkingstoerusting

Boere is deurlopend onder druk om die gebruik van plaagdoders te verminder, maar ook om opbrengste te verhoog om 'n groeiende bevolking te voed. Die Kverneland-groep het hulle nuwe meganiese onkruidoplossings bekendgestel om boere te help om daardie doelwitte te bereik. Die Lynx, Helios en Onyx meganiese onkruidgrondbewerkingstoerusting vernietig onkruid sonder om jou gewasse te beskadig en help ook om die grond te belug en terselfdertyd die vogvlakke in jou grond te handhaaf.

PUDAMA-presisiekunsmisplasing

PUDAMA is die naam van ՚n tegniek wat presisiekunsmisplasing onder saad tydens plantwerk moontlik maak. Kverneland sê tot 25% minder kunsmis kan gebruik word sonder om opbrengs te beïnvloed. Ja, jy het reg gehoor! Dit is wat PUDAMA vir jou kan doen. In plaas van 'n deurlopende vloei van kunsmis, plaas hierdie stelsel jou kunsmis presies onder die saad, waar dit hoort. Dit help die wortels van die jong plantjie

www.proagri.co.za ProAgri South Africa 283 17 Meganisasie
Die iXter B18 agtergemonteerde spuit met maklik bekombare elektronika aan die kant van die spuit om dit vinnig en doeltreffend te programmeer. Die Kverneland Rotago F-kombinasie is opvoubaar en kan maklik vervoer word met sy ondersteunende wiel.
www.proagri.co.za 18 ProAgri Suid-Afrika 283 Meganisasie RECIPRO SAW BLOWER HEDGE TRIMMER DUH602Z STRING TRIMMER DUR181Z GRASS TRIMMER DUR192L TELESCOPIC POLE HEDGE TRIMMER DUN461W HEDGE TRIMMER DUH523Z GRASS TRIMMER DUR190LZX3 TELESCOPIC POLE HEDGE TRIMMER DUN500W GRASS TRIMMER HEDGE TRIMMER DUH651Z TELESCOPIC POLE SAW DUA301 GRASS TRIMMER DUR368LZ MakitaPowertoolsSA Live Strong Green Grow &

om dadelik die nodige voedingstowwe op te neem.

“Ek dink dit is vir ons belangrik om te verstaan dat landbou met verskeie uitdagings gepaard gaan, veral in Afrika,” sê Arthur. ”Die demonstrasies van Kverneland het bewys dat die nuwe tegnologie die boer help om met minder meer uit te kry. Dit beteken meer wins in die boer se sak.”

ROC RS 1000 Merger

“Kverneland se hooitoerusting sluit nou die nuwe ROC Merger in, waaroor ons baie opgewonde is," sê Arthur. “Met luserngewasse wat al hoe meer in Suid-Afrika en in Afrika verbou word, glo ek dat die ROC Merger die perfekte oplossing vir ons boere sal wees, waar hulle die volledige gewas van die grond kan optel, sonder voedingstofverliese of enige deeltjies van die gewas wat agterbly,” voeg hy by.

Unieke eienskappe van die ROC RS 1000 Merger:

• Nuwe kortgewasoplossing

• Vernuwende rolontwerp

• Doeltreffende werking en swaai in alle gewasvariasies en -toestande

• Spesialis in kuilvoermaak ook

• Mergers sorg vir egalige windrye oor groter gedeeltes van jou lande

• Minder arbeid en minder brandstofverbruik

• Doeltreffend en volhoubaar

Kverneland Rotago F-krageg

Rotago F is Kverneland se nuwe geslag krageg en sy unieke eienskappe sluit in vinnige aanpassings en maklike verstellings. ՚n Eenvormige, gelyke saadbed gee aan elke plantjie die beste kans om te ontwikkel en vergemaklik die oesproses.

Die nuwe Rotago F-krageg is ISOBUS-gereed. Die werkdiepte kan aan die beweeg aangepas word sodat geen tyd verspil word nie, en dit het ՚n nivelleerbalk om te sorg dat die land mooi gelyk is. Die werktuig is van nuuts af ontwerp en is gereed vir alle toekomstige boerderykonsepte en -uitdagings. Die Kverneland Rotago F is in verskeie werkwydtes beskikbaar en vou maklik op om deur hekke te beweeg.

iXter B- en iXtra-spuite met geoutomatiseerde hervulling

Nog ՚n hoogtepunt was die bespreking van die TwinFill iXter B18 agtergemonteerde spuit met sy kombinasie iXtra voorgemonteerde tenk.

TwinFill is nuwe sagteware vir die outomatiese volmaak van die voor- en agtergemonteerde spuit. Die sagteware sorg dat die spuitvloeistof verdeel word en met die regte volume en gelyke konsentrasie na die voor- en agtertenk oorgedra word. TwinFill is veral voordelig vir mediumgrootte akker-

bouers, groenteboere en kontrakteurs in gemengde boerderygebiede. Die operateur kan eenvoudig al die bestanddele in een stap tot die totale vereiste tenkvolume van die twee tenks saam of net die aantal hektaar wat gespuit moet word invoer, sonder om alles twee keer en in verskillende hoeveelhede af te meet en die tenks afsonderlik te vul!

“As ons kyk na die nuwe spuitoplossings wat ons reeds in Suid-Afrika bekendgestel het, kan ons hierdie nuwe produkte met hulle nuwe byvoegings en bykomende kenmerke selfs met meer gemak verkoop,” sê Arthur. “Ek is baie opgewonde oor wat ons tot dusver gesien het, veral met die nuwe presisiespuitoplossings. Dit is baie opwin-dend en ek dink ons is een van baie min maatskappye in Afrika om dit aan ons boere te verskaf.”

Wat hou die toekoms vir Jupidex en Kverneland in?

“Na afloop van die velddemonstrasies is dit duidelik dat Kverneland nie rondspeel nie, veral nie ten opsigte van hulle duursame werktuie nie, en dit is wat ons ook juis wil terugneem na ons klante om hulle taak te vergemaklik en hulle winsgewendheid te verhoog.

“Wanneer jy kyk na die tegnologie wat deesdae vir boere beskikbaar is, dink ek veral in Afrika gebruik ons net 'n klein gedeelte daarvan. Met Europa as wêreldklasleiers en aan die voorpunt van landboutegnologie en vernuwing, glo ek werklik dat dit 'n wonderlike geleentheid vir ons as Jupidex is om hierdie werktuie aan ons Afrika-boere bekend te stel. Ons sien daarna uit om hieraan te bestee en hierdie toerusting teen 2030 in die Afrika-mark te sien floreer,” sê hy.

Sedert 1999 is boere in Suid-Afrika vertroud met Kverneland-toerusting. “Ons het oor die jare heen saam met Kverneland vir ons boere gewys dat ons hier is om te bly. Ons is toegewyd tot die sukses van ons boere. In 2024 vier ons ons 25ste jaar as vennote saam met Kverneland. Dit is ook vir ons 'n groot hoogtepunt om vir ons klante te wys dat ons toegewyd en gereed is om verder in die landboubedryf te belê; nie net in Suid-Afrika nie, maar ook grense na Afrika oor te steek,” sê Arthur.

Jupidex fokus op volhoubaarheid en die toekoms van landbou

Izél verklaar: “Kverneland fokus op doeltreffende, slim en presisietegnologie vir boere en dit is wat ons as Jupi-dex-groep ook na die tafel wil bring. Vir Jupidex is dit baie belangrik om die behoeftes van ons klante te verstaan, veral met Afrika wat nou deel is van ons verspreidingsgebied en deel vorm van ons groter prentjie – om die oplossings vir ons boere op die tafel te hê, hulle te help om meer produktief in die veld te wees en hulle te help om meer wins-gewend te wees. Met die kennis wat beskikbaar is, kan ons boere ook help om meer ingeligte besluite te neem en volhoubaar te boer.

“Vir ons is dit baie belangrik om die inligting wat ons by sulke geleent-hede insamel terug te neem na Afrika en dit aan ons boere te demonstreer deur boere- en demonstrasiedae aan te bied, en ook uitstallingsdae en ekspo’s by te woon om al die vrae wat boere het, te beantwoord,” verduidelik Izél.

“Ons wil dit maak werk vir almal wat wil belê in die Kverneland-handelsnaam en saam met Jupidex as vennoot. Daar wag ՚n groot en nog beter toekoms saam met Kverneland. Ons sien daarna uit om hierdie nuwe toerusting teen die einde van die jaar en vroeg in 2024 aan ons boere bekend te stel,” sluit Arthur af.

Jupidex en Kverneland is toegewyd daartoe om net die beste aan boere te bied. Jupidex verseker dat hulle tegniese spesialiste in die veld op hoogte is van die nuutste tegnologie om boere te adviseer en te ondersteun waar en wanneer nodig. Hou Jupidex se webwerf en sosialemediaplatforms dop vir die bekendstelling van hierdie opwindende nuwe werktuie.

Die Jupidex-groep stel graag die jongste landbou- en veral presisietegnologie aan boere bekend. Besoek hulle webwerf by https://www.jupidex. co.za/ of skakel (+27)33386-3574 vir meer inligting.

www.proagri.co.za ProAgri South Africa 283 19 Meganisasie
Die windrymaker: Die ROC 1000 Merger in aksie. Die Kverneland Onyx meganiese onkruidgrondbewerker in aksie.
www.proagri.co.za Meganisasie

Hino SA: The new 700-series now ready for you

The completion of the 700-Series project was celebrated with a lineoff ceremony at Hino South Africa’s production facility in Prospecton, Durban. This marked the return of Hino to the extra-heavy segment of the South African truck market after a break of two years, so it was an important event for a company that has been selling Hino trucks locally for more than 50 years.

Hino production moved into the current plant in 2013 after having shared a facility with Toyota Hi-Ace minibus production between 1972 and 2012. The new plant has a maximum production capacity of 5 000 trucks a year, with planned output for 2023 set at 3 500 trucks. The plant works a single shift and has a staff complement of 114 people.

The plant now assembles four Hino models and 35 derivatives on a semiknocked down basis. There is one 200-Series, which is in the light commercial vehicle segment (under 3 500 kg GVM), thirteen Series medium trucks, including crew cab models, five 500-Series, 12 Wide Body Hino 500-Series, and now four 700-Series derivatives.

The new facilities and equipment installed for the 700-Series project include chassis assembly dollies, improved chassis alignment equipment, fastening equipment for the improved huck-bolt fastening system used on the 700 chassis and a set-up zone for the radar and cameras required for the pre-collision and lane departure warning equipment, which is standard fitment on this model.

“The Hino 700 project had some major challenges for us, with a major one being that we did not have

hands-on assistance from Hino Motors in Japan due to COVID travel restrictions,” explained Bernett Mlambo, Vice President, Toyota Components Manufacturing (TCM), speaking at the Hino Prospecton plant line-off function.

“We did have the benefit of two of our team members spending time working in the Hino 700 plant in Japan,

so they brought back valuable experience. However, the successful implementation of this project, with all quality targets being met, is a tribute to the efforts of all our staff and the support teams.”

The two team members from the Hino plant in Prospecton who went to Japan were the production team leader and master trainer, and a production engineer. Others involved with the 700 project who accompanied them were two quality control engineers, a project engineer, and a facility engineer.

“We, at Hino Motors in Japan, are most impressed with the way the Prospecton team tackled this project and the successful outcome. Now the challenge is to lift sales of the 700-Series in South Africa from an initial rate of 100 units to 1 000 trucks,” said Nozomu Harada, Hino’s Chief Officer in charge of Total Support.

www.proagri.co.za ProAgri South Africa 283 21
Find out more about the 700Series from your closest Hino dealer.
Article supplied
Meganisasie

Your daily partner

Tailor-made lubricants for agriculture

www.proagri.co.za 22 ProAgri Suid-Afrika 283

Noord-Kaap spog met nuwe Akademie vir Wingerdkunde

Die Vine Academy is die eerste wingerdakademie in die NoordKaap. Die Akademie is ’n inisiatief van die wingerdbedryf met die doel om werknemers in die bedryf op te lei en vir hulle ‘n lewensvatbare loopbaan te skep.

Die Akademie, wat in Junie 2022 as ’n nie-winsgewende organisasie geregistreer is, het amptelik sy deure op 6 Junie vanjaar op Kakamas in die Noord-Kaap geopen.

Die opleiding is gerig op die gemeenskappe van die Oranjerivier en omliggende gebiede waar ’n tekort aan vaardighede en vermoëns in die wingerdbousektor ondervind word.

Alles draai om druiwe

In Suid-Afrika is druiweproduksie vir byna 2,2-miljoen ton met ’n kollektiewe omset van na raming R44,7-miljard verantwoordelik. Druiweproduksie verteenwoordig 8% van Suid-Afrika se jaarlikse landbou-uitsette.

Altesaam 3 500 primêre produsente verteenwoordig die wingerdbedryf en bied 120 000 voltydse werksgeleenthede.

Die wingerdbedryf bestaan hoofsaaklik uit vier waardekettings, naamlik tafeldruiwe, rosyne, wyn en druiwe vir sap.

Die Vine Academy and Model Farm (VAMF) se fokus is gerig op die Oranjerivier, wat 88% van SA se rosyne, 33% van SA se tafeldruiwe en 10% van SA se wyn/sapbedrywe verteenwoordig.

Nuwe geleenthede

“Die doel van die Akademie is om menslike vermoëns en vaardigheids kwessies in ons gemeenskap te ver-

beter, asook om navorsing en ontwikkeling van ’n hoë standaard by ons modelplaas te doen,” sê Jancke Beer, die Vine Academy and Model Farm se bemarkingsbestuurder.

“Ons wil studente onderrig en bemagtig sodat hulle kan uitblink in hulle loopbane en groei as toekomstige leiers wat die ontwikkeling van ’n volhoubare landbousektor internasionaal kan ondersteun.”

Kwalifikasies

Al die kwalifikasies wat aangebied word is deur AgriSETA en die South African Qualifications Authority (SAQA) geakkrediteer. “Ons bied ’n Nasionale

Sertifikaat in Plantproduksie aan vir wingerdbouspesialisasie. Hierdie sertifikaat is gelykstaande aan NQF vlak 4 (eenjaarkursus), asook ’n Nasionale Diploma in Plantproduksie, wat spesialiseer in wingerdbou, wat op NQF vlak 5 (tweejaarkursus) is.”

Vakke sluit onder meer basiese rekenaarvaardighede, kommunikasie, wingerdbou, plantkunde, landboubestuur en -ekonomie in. “Ons bied ook modulêre kortkursusse in rosyneen tafeldruifproduksie vir boere, produksie- en tegniese bestuurders, voormanne of enige belangstellendes wat in die tafeldruif- en rosynebydrywe werk en wat hulle kennis wil opskerp en verbreed.” Hierdie kursusse is gelykstaande aan NQF vlak 6. Op die oomblik is die Universiteit van Stellenbosch besig om hierdie kursusse te akkrediteer.

Studente sal die volgende kwalifikasies kan verwer:

• ’n Nasionale Sertifikaat in Plantproduksie (NQF 4)

• ’n Nasionale Diploma in Plantproduksie (NQF 5)

• ’n Stellenbosch Universiteit-sertifikaat in Rosyne- en Tafeldruifproduksie (NQF 6).

“Enigiemand in besit van ’n matrieksertifikaat of graad 11-rapport en wat ’n liefde vir wingerdbou het, kan aansoek doen om vir die sertifikaat of diploma in te skryf. Enigiemand met ervaring in die tafeldruif- en rosynebedryf kan aansoek doen vir die modulêre kortkursusse.”

Volgens Jancke bestaan verskil

www.proagri.co.za ProAgri South Africa 283 23 Gewasproduksie
Die Vine Academy and Model Farm is in Kakamas in die Noord-Kaap. Die Vine Academy bied verskeie kursusse aan wat daarop gemik is om enigiemand met ’n liefde vir wingerdbou en werknemers in die bedryf op te lei. (Foto’s verskaf) deur Tisha Steyn
www.proagri.co.za 24 ProAgri Suid-Afrika 283

daat is bestuurde, bedryfsverwante navorsing en ontwikkeling, om die bedryf se databasis in stand te hou, die statutêre heffings te administreer ingevolge die regulasies van die Nasionale Landboubemarkingswet (NLBR), en om inligting na kettingdeelnemers te versprei wat waarde tot die bedryf sal toevoeg.

Befondsingsgeleenthede

Die aanvanklike befondsing van die Akademie is deur Kgodiso Development Trust voorsien, wat R12,85-miljoen as sogenaamde gemengde befondsing (blended funding) beskikbaar gestel het. Hiervan is R2,85-m as ’n borg toegestaan, R8-m is rentevry uitgeleen, en nog R2-m is teen prima minus 2% uitgeleen.

Die

van al die stigterslede wapper buite die Vine Academy se hoofkantoor op Kakamas.

lende betaalopsies. “Ons bied studiebeurse aan vir voltydse studente wat die geld eenmalig betaal, andersins is betaalopsies beskikbaar vir studente wat kwartaalliks of maandeliks wil afbetaal.”

Opleiding deur die bedryf vir die bedryf

Tans bied Raisins SA se personeel ondersteuning aan die VAMF. “Ons is besig om die Akademie se organogram te finaliseer, wat sal lei na strategiese aanstellings van bekwame personeel. Ons mik daarna dat die VAMF binnekort op sy eie bene kan staan, met professionele en topgehalte personeel wat die inisiatief kan bestuur en vorentoe vat.” Raisins SA verteenwoordig ongeveer 700 boere. Dit is ’n nie-winsgewende maatskappy waarvan die hoofinkomste uit statutêre heffings, beleggingsinkomste en konsultasieverdienste afkomstig is. Die maatskappy se man-

Verskeie sake-ondernemings in die private sektor het ook betrokke geraak en tot dusver is ongeveer R19-m van veertig borge ingesamel. “Indien

Noord-Kaap se minister van Landbou, Mase Manopole, spreek die gehoor toe tydens die opening van die Akademie op 6 Junie 2023. (Foto: Verskaf)

enigeen betrokke wil raak deur beurse vir studente uit te koop, proewe op die modelplaas te finansier of enige ander geldelike bydrae wil maak, kan hulle my kontak,” sê Jancke.

Bo: Die ontvangsruimte van die Vine Academy se moderne gebou op Kakamas waar aanvanklik slegs tussen 15 en 20 studente ingeneem is.

Doen aansoek

Kontak Jancke Beer in die verband by marketing@vamf.co.za. Die eerste inname vir 2023 was tussen vyftien en twintig studente, maar namate die Akademie uitbrei sal die getalle toeneem.

Aansoek kan gedoen word op die webblad by www.vamf.co.za.

Die personeel, wat tans ook uit Raisins SA-personeel bestaan, is trots op hulle moderne nuwe gebou.

“Die webblad en die aansoekproses is baie verbruikersvriendelik, eenvoudig en tweetalig, maar as enige probleme ervaar word, kan hulle my kontak,” sê Jancke. Kontak Jancke by apply@vamf.co.za.

www.proagri.co.za ProAgri South Africa 283 25 Gewasproduksie
Die Academy and Model Farm is amptelik op 6 Junie vanjaar geopen. vlae

Nuwe kultivar, nuwe uitvoermark:

Avokado’s is op almal se lippe!

• Suid-Afrika kan nou avokado’s na Sjina uitvoer

• Suid-Afrika is die tweede grootste uitvoerder van avokado’s in Afrika

• Nuwe Luna UCR-avokadokultivar is onlangs bekendgestel

Uitvoere na Sjina

Thoko Didiza, Suid-Afrika se minister van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling het op 22 Augustus vanjaar ’n ooreenkoms met Sjina onderteken wat plaaslike avokadoboere in staat sal stel om na die groot mark uit te voer.

Clive Garrett, ZZ2 se bemarkingsbestuurder en voormalige voorsitter van die SA Avokadokwekersvereniging (SAAGA), het in ’n mediaverklaring namens ZZ2 en nog twee groot produsente, Core Fruit en Mission Produce Southern Africa, dié twee lande se regerings gelukgewens met die groot oomblik, en SAAGA bedank vir die bydrae wat die vereniging gelewer het om die regering by te staan om na tien jaar die knoop deur te haak. ZZ2 is ’n megaboerdery in Limpopo en elders in die land, wat onder meer avokado’s produseer.

Clive meen Suid-Afrika kan avokadoproduksie verdriedubbel om meer werkgeleenthede te skep. Die bedryf het ook ondervinding in die uitvoer van vars produkte en is minstens tien dae per skip nader aan Sjina is as Peru, tans die grootste mededinger in Sjina.

Grootste uitvoerder in Afrika

Suid-Afrika is tans die tweede-grootste avokado-uitvoerder in Afrika, met Marokko die grootste. In 2020 is altesaam 47 264 ton avokado’s ter waarde van sowat R1,4-miljoen uitgevoer.

95% hiervan is na Europa verskeep en die res na die Midde-Ooste en ander Suider-Afrikaanse state. Die hoofbestemmings het toe die Nederlande, Verenigde Koninkryk, Rusland, Spanje, Saudi-Arabië en die Verenigde Arabiese Emirate ingesluit.

Die Suid-Afrikaanse regering onderhandel voortdurend vir nuwe markte in Sjina, Japan, Indië en die VSA. Nie net vars avokado’s word uitgevoer nie, maar ook avokado-olie.

Klaarblyklik het die Europese avokadomark meer onlangs stagneer omdat dié mark versadig is. Toegang tot die nuwe markte kan die nodige momentum verskaf om nuwe lewe in die bedryf te blaas en sal die Suid-Afrikaanse avokadobedryf minder afhanklik van Europa as afsetgebied maak.

Freshplaza, ’n internasionale mediaplatform wat daagliks inligting oor die verhandeling van varsprodukte verskaf, het egter op 23 Augustus bekend gemaak dat Sjina kla hulle mark is toegegooi onder avokado’s van swak gehalte uit Peru. Meksiko (47,6%) Nederland (12,3%) en Peru (12,2%) is die drie grootste uitvoerders van avokado’s in die wêreld.

Nuwe avokado bekendgestel

Onlangs is die Luna UCR™-avokado, ’n nuwe variëteit, na ’n jare se navorsing deur die Universiteit van Kalifornië in Riverside (UCR) bekendgestel.

Die nuwe variëteit, wat uit die Hassavokado gekweek is, hou blykbaar voordele in bo die Hass wat tans die wêreld se liefling is.

ZZ2, een van die groot avokadoprodusente in Suid-Afrika, is verheug oor die moontlikheid om na Sjina uit te voer. (Foto: ZZ2)

Luna teenoor Hass

Volgens Mary Lu Arpaia, hoof van die program wat die vrug saam met

www.proagri.co.za ProAgri South Africa 283 27 Gewasproduksie
Die nuwe Luna-variëteit is onlangs deur die Universiteit van Kalifornië in Riverside in die VSA bekendgestel. (Foto: Pixabay) deur Tisha Steyn
OES MET GEMOEDSRUS MET DIE BEDRYF SE LEIDENDE WAARBORG 3 JAAR OF 36 MAANDE / 1200 URE SAFEGUARD WAARBORG VAN TOEPASSING OP DIE VOLGENDE STROPERMODELLE; 4088 150 REEKS 250 REEKS * www.caseih.co.za

kollega Eric Focht gekweek het, is die Luna se tekstuur ietwat anders as dié van Hass. Die Luna se vrugte is ook groter as die van die Hass, waarvan veral ouer bome se vrugte met verdrag al kleiner word.

Anders as die Hass met sy swart skil, verkleur die Luna se groen skil swart sodra die vrug ryp is. Die skil is dikker en gladder as dié van die Hass. Volgens die universiteit het die Luna goeie na-oeseienskappe: dit word goed

ryp en het ’n langer raklewe.

Die Luna is gekweek met die doel om dit meer geskik te maak vir verbouing met water met ’n hoër soutinhoud, hoër temperature en droogte waarvoor die Hass senstitief is. Die Luna is ook meer bestand teen sekere insekte en Phytophtora-wortelvrot, die algemeenste siekte wat wêreldwyd by avokado’s voorkom.

Die Luna se boom is kleiner en het ’n slank, regop groeivorm. Die bome kan nader aan mekaar geplant word, wat ’n groter opbrengs per hektaar kan lewer. Die boom het minder snoeiwerk nodig en die vrugte kan sonder ’n leer geoes word.

Die Universiteit van Kalifornië is die afgelope sewentig jaar besig met die ontwikkeling van avokado’s en het die

beste versamelings kiemplasma van wortel- en bostokke ter wêreld wat in samewerking met verskeie kwekers in die bedryf ontwikkel is.

Volgens Mary Lu neem dit vyftien tot twintig jaar om ’n nuwe avokadovariëteit te ontwikkel. Dit duur tussen drie en vyf jaar vandat die saad (pit) geplant is totdat die boom begin vrugte dra. Sy meen dit is belangrik om nuwe variëteite te ontwikkel om die avokadobedryf in Kalifornië lewensvatbaar te hou.

Die Luna UCR™, wat amptelik bekend is as die BL516, word beskerm onder ’n hangende patent wat op die name van Arpaia en Focht geregistreer word. Hulle het die ontwikkelingswerk van Gray Martin, David Stottlemyer en Bob Bergh voortgesit.

www.proagri.co.za ProAgri South Africa 283 29 Gewasproduksie
Mission Produce het onlangs n vennootskap met ZZ2 aangegaan om nog meer avokado’s in Suid-Afrika te verbou. (Foto: ZZ2) Daar is tans 14 geakkrediteerde avokadokwekerye in Suid-Afrika. (Foto: ZZ2) ZZ2 se avokadoboorde in die Mooketsi-omgewing van Limpopo. (Foto: ZZ2)
www.proagri.co.za

ZZ2 se pakhuis by Mooketsi, waar die boerdery sy oorsprong het. Vandag het ZZ2 talle plase wat ook ander varsprodukte produseer. (Foto: ZZ2)

Onder leiding van Bob Bergh, wat die program om variëteite te verbeter veertig jaar lank gelei het, is variëteite soos die GEM en Lamb Hass bekendgestel.

Die Luna sal in samewerking met Eurosemillas van Spanje, ’n maatskappy wat spesialiseer in die internasionale bemarking van eie gewasvariëteite, versprei word. Die maatskappy het ’n vennootskap met 14 lande aangegaan om die Luna buite die VSA te kweek.

Volgens Clive is die Luna-variëteit is splinternuut, en sover hy weet, nog nie vir kommersiële aanplantings vrygestel nie. Verbruikers sal dus nog ’n ruk moet wag voordat hulle die Luna kan proe.

Luna se plek in Suid-Afrika

Word daar in Suid-Afrika nuwe kultivars ontwikkel en is daar ’n behoefte aan variëteite soos die Luna?

Derek Donkin, hoof-uitvoerende beampte van die Suid-Afrikaanse Avokado-kwekersvereniging (SAAGA), sê die meeste navorsing op avokado’s in Suid-Afrika word deur dié vereniging befonds.

Die navorsing dek talle aspekte wat afhang van die bedryf se behoeftes, en sluit peste, siektes, na-oeshantering en boordpraktyke in. Die werk word gedoen deur organisasies soos universiteite, private navorsers van die groter produsente, en die Landbounavorsingsraad (LNR). Die ontwikkeling van kultivars word meestal deur private instansies soos kwekerye gedoen.

Volgens Derek is daar tans sowat 380 avokadoboere in Suid-Afrika. Die meeste boompies word verskaf

Die nuwe Luna-variëteit, wat nog nie vir verbouing beskikbaar is nie, kan moontlik bydra tot beter bestuiwing, wat kan lei tot groter oeste van ander variëteite en kultivars. (Foto: Pixabay)

deur veertien kwekerye wat deur ANA (Arizona Nursery Association) geakkrediteer is.

Suid-Afrikaanse avokadobedryf ’n Opname in 2023 dui daarop dat daar tans altesaam sowat 19 500 ha avokadobome in Suid-Afrika is. Die meeste aanplantings is in Limpopo (10 168 ha of 54%), waarvan die meeste (45%) in Letaba is. Dit word gevolg deur Mpumalanga met 22% in die omgewing van Nelspruit en Witrivier, Kwazulu-Natal (18%), die Wes-Kaap (5%) en die Oos-Kaap (1%).

Hass-tipe kultivars met donker skille verteenwoordig 65,39% van die avokadoproduksie in Suid-Afrika. Kultivars met groen skille verteenwoordig 34,61% van die aanplantings. Van hulle word Fuerte die tweede meeste in Suid-Afrika aangeplant, gevolg deur Pinkerton (7,80%) en Ryan-kultivars (4,99%).

Die Hass-avokado se skil is donkerpers of swart, terwyl die Luna se groen skil swart verkleur wanneer dit ryp is. (Foto: Pixabay)

www.proagri.co.za ProAgri South Africa 283 31 Gewasproduksie

EENVOUD PRESISIE

Kies die druppelgrootte wat benodig word vir die tipe produk wat jy toedien en jy is reg vir aksie.

Druppelgrootte bly konstant die hele toediening, wat optimale gewasbeskerming verseker.

GERIEFLIKHEID

Minder stres. Jy hoef nie meer druppelgroottes te bereken op grond van druk en spoed nie. DynaJet doen dit vir jou!

KENMERKE:

• Bereik konsekwente druppelgrootte en spuitkwaliteit ongeag die veldtoestande.

• Handhaaf ‘n konstante druppelgrootte oor ‘n wye verskeidenheid spoed en druk sonder om spuitpunte te verander.

• Individuele spuitstuk aan/af skakeling

DOELTREFFENDHEID

Gebruik minder spuitpunte om ‘n groter verskeidenheid spuittoedienings te dek, vir verbeterde produktiwiteit.

• Wye reeks snelhede, drukke en vloeitempo’s sonder om die spuitpuntte verander.

• Beskerm die omgewing deur spuitdrywing te verminder.

• Gevorderde draaikompensasie, eweredige verspreiding oor die balk selfs in skerp koplanddraaie en spilpuntbespuitings.

• Veranderlike tempo per spuitstuk

Vir meer inligting, besoek www.teejet.com

E-pos: info@teejetsa.co.za

www.proagri.co.za
Konsekwente druppelgrootte, spuitgehalte en werkverrigting vereis DynaJet.

Die Hass-variëteit is tans wêreldwyd die gewildste, maar dit is moeilik om die vrugte te oes omdat die boom so groot is. Die Luna se boom is kleiner en meer bome kan per hektaar geplant word. (Foto: Pixabay)

Met al die kultivars en variëteite is dit moontlik om feitlik heeljaar deur avokado’s op die winkelrakke te hê. Avokado’s met groen skille wat nie swart word wanneer dit ryp is nie, naamlik Fuerte, Edranol, Ryan, Reed en Pinkerton, is vanaf Maart tot Oktober beskikbaar, terwyl die avokado’s

Avokado’s is regdeur die jaar beskikbaar.

met donkerpers of swart skille, Hass, Maluma Hass en Lamb Hass, vanaf Maart tot November beskikbaar is.

Derek is nie bekend met die Luna nie en is nie bewus daarvan of Eurosemillas die kultivar aan Suid-Afrika beskikbaar sal stel om te sien hoe dit in plaaslike omstandighede vaar nie.

Indien die kultivar wel in Suid-Afrika beskikbaar gestel word, sal dit positief aanvaar word indien dit meer voordelig is as die bestaande kultivars met betrekking tot hoër opbrengs, weerstand teen siektes, makliker boordbestuur,

hitte- en kouebestandheid, en of verbruikers daarvan hou. “’n Mens sal eers meer oor hierdie aspekte weet as die Luna ekstensief in Suid-Afrika getoets is,” sê Derek.

Bronverwysings

Avocado Exporters and Suppliers In South Africa (2023) Freshela https://www.freshelaexporters.com/avocado/exports/ south-africa#:~:text=South%20 Africa%20is%20currently%20 the%20second%20largest%20 exporter,avocados%20from%20 South%20Africa%20between%20 2011%20and%202020.

Jansen, C. (2023) South African avo growers may, finally, commence Chinese exports. FreshPlaza https:// www.freshplaza.com/europe/article/9553150/south-african-avo-growers-may-finally-commence-chineseexports/?utm_medium=email

SAAGA Industry Tree Census 2023 https://avocado.co.za/wp-content/ uploads/2023/05/SAAGA-IndustryCensus-Report-2023.pdf

Suid-Afrika voer nie net avokado’s uit nie, maar ook avokado-olie.

(Foto: Pixabay)

Too many imported avocados have arrived, affecting market performance. (18 Augustus 2023) FreshPlaza

https://www.freshplaza.com/europe/ article/9551885/too-many-importedavocados-have-arrived-affecting-market-performance/

Workman, W. (2023) Avo exports by country. World’s Top Exports https://www.worldstopexports. com/avocados-exports-bycountry/#google_vignette

ZZ2, Core Fruit, Mission Produce Southern Africa. (Media Release 22 August 2023)

https://www.zz2.co.za/post/press-release-zz2-core-fruit-mission-producesouthern-africa

Roosterbrood en guacamole, ’n gereg van Meksikaanse oorsprong, is oral ’n gewilde en gesonde ontbyt. (Foto: Pixabay)

Kontak SAAGA by 015-3073676/7 of stuur ’n e-pos na info@subtrop.co.za

Besoek SAAGA se webtuiste by https://avocado.co.za/

www.proagri.co.za ProAgri South Africa 283 33 Gewasproduksie
Jan Feb Mrt April Mei Jun Jul Aug Sep Okt Nov Des
www.proagri.co.za 34 ProAgri Suid-Afrika 283 w w w . a l z u . c o . z a 0 1 3 2 4 9 8 9 0 0 L I C K B L O C K S A V A I L A B L E A T A L Z U F E E D S B R A N C H E S S u p p l e m e n t s f o r S u c c e s s
CRANKSHAFTS, CYLINDER HEADS, CAMSHAFTS, FUEL TRANSFER -, WATER- & OIL PUMPS, TENSIONERS, HOUSINGS, TURBOS, 8PK BELTS, FILTERS, & MORE. AGRICULTURE • AUTOMOTIVE • CONSTRUCTION • MINING Instagram @jumanje4u Carradine Varkevisser Office Facebook & 060 525 9943 011 976 1242 / sales@jumanje.co.za Michael: 063 753 6466 carradine@jumanje.co.za 25 YEARS CUMMINS EXPERIENCE FOR YOUR CUMMINS ENGINE COMPONENTS 4/6B series, C series, L8.9 & L9 series, ISB, ISX, ISC, QSB, QSC, QSX, ISF 2.8, ISF 3.8, B3.3, QSB 4.5, and more.
BLOCKS,

KRAGDAG bied nuwe antwoorde vir selfd oen

KragDag is meer as net ՚n blote ekspo; dit is ՚n beweging wat mense aanspoor om saam te werk om ՚n toekoms te skep waar ons nie net oorleef nie, maar waar ons kan floreer.

In die veertiende jaar van sy bestaan konsentreer KragDag sterk op hernubare energie, volhoubare lewe en selfvoorsiening, en word elke jaar nog gewilder.

In Augustus vanjaar het meer as 36 000 mense KragDag op Diamantvallei Landgoed, twintig kilometer oos van Pretoria, bygewoon.

In die lig (of sal ons sê duisternis) van Suid-Afrika se voortslepende energiekrisis, was KragDag se tema vanjaar "Kom ons bou ՚n kragstasie". KragDag het oor vier dae gestrek met 600 stalletjies, ՚n verskeidenheid uitstallings en demonstrasies, werksessies en aanbiedings.

KragDag se wye reeks aanbiedings het gewys hoe mense en groepe ՚n verskil in baie sfere van die samelewing kan maak. Dit was bemoedigend om te sien hoe die kunstenaars, sprekers en praktisyns saamgewerk het om die gehoor te begeester en toe te rus om ՚n positiewe verandering te maak.

KragDag moedig deelnemers aan om hulle belangstellings, talente en planne uit te leef in ՚n gesamentlike poging om die wêreld vir ons almal ՚n leefbaarder en lekkerder plek te maak.

Besprekings van staatsverval en alternatiewe gemeenskappe beklemtoon die waarde van skeppende benaderings tot samelewingsprobleme. Die volhoubare landbou- en veepraktyke wat gedemonstreer is, was ook deurslaggewend om ՚n veiliger toekoms te skep.

Die optredes deur nuwe en opkomende kunstenaars was nie net vermaaklik nie, maar ook ՚n herinnering aan die rol wat kuns kan speel om positiewe maatskaplike verandering teweeg te bring.

Die organiseerders het KragDaggangers in staat gestel om betekenisvolle gesprekke te voer en ervarings

met mekaar te deel. KragDag het die belangstelling en geesdrif van boere laat herleef deur die nuutste en beste oplossings in landbour ten toon te stel. Die ekspo het ontwikkel in ՚n ontmoetingsplek vir diegene wat belangstel om van mekaar te leer en hulle horisonne uit te brei.

Die ekspo brei elke jaar uit in deelname en omvang, en trek nie net boere en kundiges in die bedryf nie, maar ook ondernemers, wetenskaplikes en beleidmakers wat wil help om die groeiende selfvoorsiening- en vernuwingbeweging te bevorder.

KragDag se suksesverhale is kragtige herinneringe dat positiewe verandering moontlik is en dat dit binne elkeen se vermoë is om ՚n beter toekoms te skep.

KragDag moedig hulle besoekers aan om hulle horisonne uit te brei deur hulle bloot te stel aan nuwe konsepte en inligting. Mense van alle vlakke van die samelewing is deur die geleentheid begeester, en werk nou saam om ՚n

verskil in hulle gemeenskappe te maak. Besoekers verlaat KragDag met ՚n hernieude sin vir doelgerigtheid en die vasberadenheid om ՚n verskil in hulle eie lewens en die wêreld as geheel te maak, so die impak van die geleentheid gaan veel verder as die oorspronklike bedoeling.

“KragDag is nie net ՚n jaarlikse gebeurtenis nie; dit is ՚n beweging,” vertel Sone Saunders, oorhoofse koördineerder van KragDag. “՚n Maatskaplike beweging wat hoop om almal te betrek by die skep van ՚n toekoms waarin die mensdom nie net standhou nie, maar floreer.”

Dagboek jou kalender vir 8 tot 10 Augustus, vir Sakeliga KragDag 2024. Besoek www.kragdag.co.za of skakel die kantoor by (+27)87-231-1644 vir meer inligting oor KragDag en hoe jy betrokke kan raak.

www.proagri.co.za ProAgri South Africa 283 35
deur Natasha Pansegrouw
Hulpbronbestuur

BUTTERFLY & WAFER VALVES

CAMLOCK FITTINGS

CLAMPS

COMPRESSION & SADDLES

FITTINGS FOR PVC PIPES

FLANGES & JIS

MALLEABLE FITTINGS

MULTI RANGE FITTINGS

POLY PROP FITTINGS

QUICK COUPLING FITTINGS

QUICK COUPLING ACCESORRIES

RAIN BIRD

VALVES & BRASS FITTINGS

SOLVENT WELD

SOUTHERN CROSS

TRAVELLING IRRIGATORS

TANK CONNECTORS

SIME GUNS

VYRSA

TRAVELLING IRRIGATORS. CHOOSE FROM OUR TRAVELLING QUICK COUPLING PIPES Locally Manufactured FOR YOUR NEAREST DEALER, PTA +27 12 736 2121 | CPT +27 WHOLESALE SUPPLIER A WIDE RANGE OF IRRIGATION IRRIGATION UNLIMITED CHOOSE FROM OUR WIDE RANGE OF TRAVELLING IRRIGATORS. QUICK COUPLING PIPES & FITTINGS Locally Manufactured IRRIGATION & MANURE GUNS High quality range FOR YOUR NEAREST DEALER, CONTACT: Tobie Van Den Heever +27 82 658 6054 PTA +27 12 736 2121 | CPT +27 21 946 1194
Henko Cilliers +27 71 303 8829 www.iunlimited.co.za WHOLESALE SUPPLIER AND DISTRIBUTOR OF A WIDE RANGE OF IRRIGATION PRODUCTS

Besproei sonder sukkel:

bergwater se swaartekragdrukking. Die druk van die water is 14 bar, wat meer as genoeg is vir die Ocmis en vir my besproeiingsbehoeftes. Die water dryf die masjien aan. Die Ocmis-reeks masjiene benodig ongeveer 5 tot 5,5 bar inlaat druk om doeltreffend te funksioneer. Die kruipspuit gebruik die watervloei om die ratkas te dryf en trek die kanonspuit wat aan die groot pyp oor die land gekoppel is in.

“Ek besproei saans, sodat die verdamping minder is,” sê Allan.

Die kruipspuit se spoed kan verstel word: vinnig, middelmatig en stadig. “Ek besproei op die stadigste verstelling, en dit is meer as genoeg. Indien ek meer volume gehad het, kon ek groter

Irrigation Unlimited se Ocmis-kruipspuite is die waterwenner

spuite opgesit het om verder te spuit, maar in hierdie stadium is die stadige spoed meer as genoeg om my lusern vir die beeste lowergroen te hou.

Boere regoor die land praat met groot geesdrif van Irrigation Unlimited se produkte, diens en kundigheid, wat die boer help om elke druppel waarde uit water te put. Allan Retief, boer van Rustenburg-omgewing is een van daardie ingenome boere. Allan boer sedert 1996 voltyds in die Magaliesberge op die plaas Olifantspoort, wat sedert 1884 ՚n familieplaas is.

“Oor die jare heen het ons met ՚n verskeidenheid gewasse geëksperimenteer, van tabak, mielies, koring, sonneblom, maar vir die afgelope dertig tot veertig jaar het ons totaal en al oorbeweeg na ՚n Bonsmara-beesboerdery – sowel stoet (Alpier Bonsmara’s) as ՚n kommersiële vertakking. Ons besproei hoofsaaklik ons lande om te dien as ՚n bron van voer vir die beeste,” vertel Allan.

Irrigation Unlimited se Ocmis-kruipspuite gee boere al die voordele van jare se tegnologiese ontwikkeling in wateraangedrewe besproeiing vanuit Italië, met stelsels wat nommerpas aangepas is vir Suid-Afrikaanse omstandighede.

Sommige van die voordele van die Ocmis-kruipspuit is dat dit maklik na 'n nuwe gebied verskuif kan word en dat hy veelsydig is in sy toepassing om verskillende lande te besproei.

Allan het nadat hy die veelsydige Ocmis-kruipspuit by sy buurman gesien het, onmiddellik besluit dat dit die antwoord is vir sy besproeiingsbehoeftes. Hy het Tobie van den Heever van

Die 75R1/1 Ocmis-kruipspuit op Allan Retief se plaas. Hy werk só: Jy maak jou Ocmis staan langs die land en sleep die pyp waaraan die spuitkarretje vas is na die oorkant van die land. Wanneer jy die watertoevoer oopdraai, stroom die water deur die pyp na die kanonspuit op die karretjie om die land deeglik te benat, en dryf terselfdertyd die groot katrol deur ՚n ratkas aan om die pyp op te rol en die spuitkarretjie stadig in te trek. So besproei hy ՚n breë, lang strook. Daar is verskillende Ocmis-modelle beskikbaar.

Irrigation Unlimited gekontak, wat hom daarna in die regte rigting gelei het.

Allan praat met lof van die waarde wat die Ocmis-kruipspuit tot sy plaas toegevoeg het:

“Ek het in 2012 my 75R1/1 Ocmiskruipspuit tweedehands aangeskaf. Hy was so goed soos nuut, en dit was een van die beste besluite wat ek nog geneem het. Die R1/1-model se pyp is 75 mm dik en 220 meter lank.

“Die rede waarom ek juis op hierdie spuit besluit het, was omdat daar geen elektrisiteit naby my lande is nie. Een van die groot uitdagings hier by ons is ook diefstal, wat my eerder op die kruipspuit laat besluit het in plaas van ՚n spilpunt. Ek het ook nie baie personeel op die plaas nie. Een man en ’n trekker is genoeg om die Ocmis by enige koppelpunt op die plaas staan te maak en te laat werk,” vertel Allan.

“My kruipspuit werk glad nie met enige elektrisiteit nie, net met die

“Van tyd tot tyd moet daar maar onderhoud gedoen word op die kruipspuit, maar dit verg min tyd en moeite. Solank jy die ratte gereeld ghries en die normale onderhoud doen, werk die kruipspuit sonder probleme,” ver-klaar Allan.

Vir Tobie en die naverkopediensspan van Irrigation Unlimited se kundigheid en diens het Allan net lof: “Wanneer ek ՚n probleem met die kruipspuit het, kontak ek vir Tobie en hy is gereed om my by te staan en die probleme tydig op te los, selfs oor naweke help hy telefonies waar moontlik.

“Ek sal die Ocmis-kruipspuit vir enige boer aanbeveel. Ek is baie tevrede met die masjien, en ek is baie beïndruk met die ondersteuning wat ek van die Irrigation Unlimited-span ontvang.”

Die boer is die belangrikste party in die landboubedryf en daarom moet sy belange altyd eerste kom, glo Irrigation Unlimited se mense. Kontak hulle vandag nog om jou Ocmis-kruipspuit aan te skaf. Jou gesaaides sal jou bedank.

Vir meer inligting oor Ocmiskruipspuite, kontak vir Tobie van den Heever by 082-658-6054 of 012-736-2121, of stuur ’n e-pos aan tobie@iunlimited.co.za, of besoek www.iunlimited.co.za.

www.proagri.co.za ProAgri South Africa 283 37 Hulpbronbestuur
Allan Retief, ՚n boer van Olifantpoort naby Rustenburg, is baie tevrede met sy Ocmis-kruipspuit. deur Bianca Henning Volg ons op Facebook

Maak Nedbank Landbou deel van jou volgende groot skuif.

Nedbank Landbou het die kennis en kundigheid om jou te lei deur die geleenthede en uitdagings wat oor jou pad kom. Ons span bied innoverende, gespesialiseerde en volhoubare oplossings om jou landboubesigheid te help groei.

Dink groter. Dink Nedbank Kommersiële Banksake.

Skandeer die QR-kode vir meer inligting.

Nedbank Bpk Reg No 1951/000009/06. Gelisensieerde finansiëlediens- en geregistreerde kredietverskaffer (NKRKV16). B&V’s geld. 34702
Kommersiële Banksake

Ten spyte van die vele uitdagings wat Suid-Afrika se landbouwaardeketting, wat tussen 10% en 12% tot die land se algehele ekonomiese uitset bydra, moet trotseer, bied dit steeds gulde geleenthede.

Te danke aan hoë oespryse en aanvraag asook stewige uitvoeraktiwiteit is die landbousektor een van min wat sedert die Covid-19-pandemie floreer, met landbou-uitvoere wat in 2022 ’n nuwe rekord van $12,8 miljard (R234 miljard) bereik het. Maar meedoënlose Eskom-kragonderbrekings, hoër rentekoerse, swak infrastruktuur, mislukte dienslewering, geopolitieke spanning en die regering se huidige konsepwaterregulasies druk egter die sektor tot op die randjie. Volgens Statistiek SA het landbou-uitset in die eerste kwartaal van 2023 met ’n aansienlike 12,3% gedaal en die jongste Agbiz/NOK-sakevertroue-indeks het die laagste lesing vir die afgelope twee kwartale sedert die tweede kwartaal van 2020 aangeteken.

Hoewel baie van die uitdagings buite die sektor se beheer is en ’n sistematiese benadering en daadwerklike verbintenis van die regering vereis om die ekonomie te herbou, moet rolspelers in die sektor in die tussentyd maniere vind om die kompleksiteite te bestuur wat wel binne hul beheer is.

John Hudson, Hoof van Landbou by Nedbank Kommersiële Banksake sê een moontlike manier is om die regte vennootskappe te sluit – vennootskappe wat hulle kan ondersteun en help groei. ‘Dit is veral belangrik om die regte finansiële vennoot te kies. Een wat landboubesighede met die op- en afdraandes van hierdie uitdagende omgewing kan help en hulle kort- asook langtermyngroeidoelwitte steun.’

‘Nedbank se landbouspesialiste het ’n diepliggende passie vir die landboubedryf, en ons langtermynsiening en verhoudingsbenadering wat op die boer fokus, stel ons in staat om die risikodrywers en versagtingstrategieë van individuele agribesighede ten volle te verstaan en spesifieke kwelpunte en behoeftes aan te spreek. Daarmee saam bied ons ook volhoubaarheidsgerigte oplossings wat op Nedbank se hoofdoel gegrond is – om goed te doen vir individue, families, besighede en die samelewing,’ sê hy.

Hudson voeg by dat Nedbank daartoe verbind is om tot ’n groeiende, mededingende, getransformeerde en klimaatsveerkragtige landbousektor by te dra. Daarom is hulle onder die markleiers wat die finansiering van volhoubare oplossings regoor die hele landbouwaardeketting betref. ‘Deur volhoubare sakepraktyke by groeiplanne in te sluit, kan ons kliënte ’n betekenisvolle impak op die ekonomie en omgewing maak en terselfdertyd mededingend en relevant bly.’

In samewerking met sy talle vennote in volhoubare oplossings het Nedbank bekostigbare finansiering vir ’n spektrum vereistes ontwikkel, wat energiesekuriteit, waterdoeltreffendheid, skadunet- asook afval- en

herwinningsoplossings, grondgesondheid en volhoubaarheidsfinansiering insluit. ‘Ons pasgemaakte volhoubaarheidsfinansiering stel kliënte in staat om strukture te prioritiseer en te implementeer om die doeltreffendheid van hul besighede te verbeter. Ons bied onder andere verlengde betalingstermyne wat ooreenstem met die terugbetalingstydperk van gefinansierde toerusting, kontantvloeineutraliteit waar toekomstige kontantvloeiverbeterings oorweeg word, en geleenthede om vir belastingaansporings te kwalifiseer.’

Afgesien daarvan dat hierdie aspekte groeiende, veerkragtige landboubesighede bevorder, werk Nedbank saam met kliënte om te verseker dat hulle nalatenskap bly voortbestaan vir opeenvolgende generasies. ‘Met die regte finansiering wat by elke kliënt se vereistes en omstandighede pas, hetsy vir diversifikasie-, markuitbreidings-, beleggings, of transformasieen inklusiewe groeidoeleindes, kan ons landboubesighede se groei lei. En met doeltreffende maniere om aan boere se kontantvloeivereistes te voldoen en om op seisoenale en sikliese veranderings te kan reageer, stel ons kliënte in staat om hulle netto wins te beskerm.’

Hudson beklemtoon dat die behoud van ’n nalatenskap ook beteken dat jy jou bates en lewensbestaan teen onverwagse gebeurtenisse moet beskerm.

‘Ons versekeringsopsies vir kliënte en hulle landboubates en -besighede verseker dat hulle nie aan onnodige risiko’s blootgestel word nie, terwyl ons advies-geleide finansiële beplanning kliënte help om beter finansiële besluite te neem en hul toekomstige doelwitte te bereik. Nedbank Private Wealth, byvoorbeeld, maak voorsiening vir kliënte met ’n hoë netto waarde en snoer kliënte se finansiële behoeftes saam deur middel van gespesialiseerde bank- en beleggingsdienste en wêreldwyd geïntegreerde oplossings sodat hulle beide hulle kort- en langtermyndoelwitte kan bereik.’

Volgens Hudson verseker hierdie holistiese benadering, tesame met die volle omvang van tegnologie en die regte vennootskappe, dat Nedbank in die ontwikkelende behoeftes van ons snelveranderende landbousektor kan voorsien. ‘Ons glo dat ons saam meer kan bereik. Daarom werk ons saam met toonaangewende belanghebbendes in die sektor, soos WWF-SA, Agrico, SA PALS, neXgro en Hohm Energy, om insig te kry oor die uitdagings op grondsoolvlak sodat die volle potensiaal van Suid-Afrika se voedselwaardeketting ontsluit kan word.’

Dink groter.

Dink Nedbank Kommersiële Banksake.

E-pos ons by agriculture@nedbank.co.za om meer uit te vind.

www.proagri.co.za ProAgri South Africa 283 39
Hulpbronbestuur
Saam is ons sterker –hoe samewerking met die regte vennote die landbousektor kan help fl oreer.
ULTRA BRIGHT FLASHLIGHTS info@nextorch.co.za | www.nextorch.co.za +27 73 769 2073
5 YEAR WARRANTY
Photo: @Hugh-Daniel-Grobler-Photography

Nextorch se rateltaai kragflitse laat die donker spat!

Niemand kan stry nie – ՚n onmisbare vriend op enige boer se plaas is ՚n goeie, betroubare, taai, sterk flitslig wat die duisternis verdryf om beurtkag te fnuik, te kyk of boewe die opstal bekruip, te sien of jou diere en werktuie nog veilig is, aan trekkers, pompe of ander toerusting te werk en nog duisend-en-een ander take.

Nextorch (Edms) Bpk is in Maart gestig saam Nextorch Internasionaal en is nou die amptelike invoerder en verspreider van die Nextorch-reeks in Afrika.

Die verskeidenheid flitse wat te koop aangebied word, strek oor die volledige spektrum van moontlike behoeftes van elke verbruiker, hetsy sekerheid, kampeer, in en om die huis en ander spesialisvelde, soos die opsporing van vermiste persone/vee. Die beste is dat hulle flitse bekostigbaar en gewaarborg is!

Nextorch-flitse word volgens weermagspesifikasies vervaardig

Alle Nextorch-produkte voldoen aan weermagspesifikasies. Kyk gerus aanlyn waar die Nextorch-flitse deeglik getoets word en selfs uit 'n helikopter gegooi word.

Alle Nextorch-flitse is water- en valbestand tot die hoogste spesifikasie. Algemene waterdigtheidspesifikasies wissel van IPX1 tot IPX8 (Ingress Protection Rating). Nextorch se produkte is geklassifiseer as FL (na IPX8 die hoogste gradering), wat beteken dat dit vir militêre doeleindes gebruik kan word.

Alle flitse word vervaardig van dik

Ons het die P82-langafstandflits deur die toets gesit. Dit kon die gewig van ‘n Land Cruiser-bakkie weerstaan sonder om iets oor te kom.

Nextorch se topgehalte kragflitse. Die P82-langafstandflits (links) en die P81 handflits (regs) is wat enige huishouding benodig.

Nadat die rateltaai P82-flits die Land Cruiser-toets geslaag het, was dit die trekker se beurt. Bo-op en bo-oor die flits, en na die marteling werk die flits nog steeds so voortreflik soos altyd!

aluminium om hulle lig te hou en om te verhoed dat hulle te warm word. Die lense word van polimeer gemaak, nie glas nie, wat die duursaamheid en langlewendheid van die flitse bevorder. Daar is ook geen vry-bewegende dele aan die flitse nie, wat ՚n vereiste is vir weermagklassifisering.

Nextorch doen geen herstelwerk aan flitse nie, sou die flits ophou werk en binne die waarborgvoorwaardes val sal hy bloot vervang word.

P82-langafstandflits

Die P82 is ՚n langafstand-kolligflits vir nagjagdoeleindes en om veediefstal te voorkom. Hierdie flits kan tot 1 km ver skyn! Hierdie langafstandflits is ontwerp met twee verskillende strale, wat gelyktydig skyn — een lang straal vir ver sien, en een breë straal om maklik beweging rondom die hoofstraal te gewaar.

www.proagri.co.za ProAgri South Africa 283 41 Hulpbronbestuur

YOUR GO-TO SINGLE-STAGE PUMP FOR HEAVY-DUTY USE

Built with the highest level of flexibility and modularity, the new Lowara e-NSC series is ideal for transport and a vast array of industrial applications. With efficiency levels that exceed ErP 2015, the e-NSC offers economical pumping solutions for the long term, and will be your go-to pump for all applications.

Find

www.proagri.co.za 42 ProAgri Suid-Afrika 283 Hulpbronbestuur
out how we can solve water together.

Nextorch se P81 handflits is geskik vir alle gewone take in en om die huis.

Nextorch se WL22 pistoollig en -laser word gemonteer op die Picatinny-spoor of enige hegtingspunt aan jou pistool.

Met sy indrukwekkende batterylewe kan die flits op sy hoogste verstelling aanhoudend skyn vir 3,5 uur. Die flits het wolframpunte vir selfverdediging (indien nodig) en om ՚n kar se ruit te breek in ՚n noodgeval. Die flits het ook het ՚n stroboskoopfunksie om ՚n aanvaller in ՚n noodsituasie te disoriënteer. Hierdie flits het ook opsionele ekstras beskikbaar indien jy die flits op jou geweer se teleskoop of kolf sou wou monteer.

P81-handflits

Die P81 is jou alledaagse werkeselflits, geskik vir alledaagse gebruik in en om die huis. Die WL22 straal is breër as die P82 lang-afstand flits s'n om dit meer gebruikersvriendelik te maak op korter afstande en binnenshuise toepassings. Hierdie flits kan vir 2,5 uur aanhoudend skyn op sy maksimum verstelling.

Die flits het ook wolframvoorpunte vir selfverdediging en om ՚n motorkar se ruit in ՚n noodgeval te breek. Die flits het ook het ՚n stroboskoopfunksie om ՚n aanvaller in ՚n noodsituasie te disoriënteer.

WL22 pistoollig en laser

Die WL22 is ՚n pistoolflits/laserkombinasie vir selfverdediging. Hierdie flits word maklik onder aan jou handgeweer gemonteer. Hierdie flits heg aan enige Picatinny-spoor of hegtingspunt aan jou pistool, dus kan hy op enige geweer met ՚n Picatinnyspoor, selfs ՚n jaggeweer gemon-

teer word. Die flits kan met die USBC-laaier gelaai word sonder om dit van die wapen af te haal en laai vol binne een uur.

Die WL22 skyn 100 m ver en is beskikbaar in ՚n opsie van ՚n rooi of groen laser. Die rooi laser is meer toepaslik vir sekerheid of taktiese doeleindes, waar die groen meer geskik vir jag is. Die rooi laser skyn 1 km ver en die groene skyn 2 km ver.

Batterykrag

Nextorch vervaardig hulle eie batterye ter wille van gehalte en langlewendheid. Flitse kan gelaai word met ՚n USB-C-laaier, wat beteken dat jy nie die battery uit die flits hoef te haal om dit te laai nie en dat jy nie enige snaakse laaitoestelle benodig nie. Jy kan sommer die flits in jou bakkie laai met die sigaretaansteker. Die kabeltjie kom as standaard saam met die flits.

Die P81- en P82-flits wys mooi hoe vol die battery is – vier blou liggies wat elk 25% van die totale lading voorstel. Wanneer die flits aangeskakel word, kan die liggies duidelik gesien word. Soos die battery pap word, sal die liggies een vir een afgaan om die lading voor te stel. Wanneer die battery amper pap is, sal die laaste blou liggie rooi flits. Dit is baie belangrik in noodgevalle.

Nextorch hou gereeld aand-demonstrasiebyeenkomste op plase sodat boere die flitse in aksie kan sien. Hierdie byeenkomste word in samewerking met TLU SA, studiegroepe, Afriforum en verskeie ander organisasies aangebied. ՚n Onlangse demonstrasiebyeenkoms wat in samewerking met Afriforum aangebied is, is deur 120 boere bygewoon, wat bewys hoe belangrik lig vir die boer is.

Nextorch nooi ook boere wat demonstrasies wil reël om met hulle te skakel.

Staan ՚n kans om een van drie Nextorch-flitse te wen!

Gedurende September kan jy een van drie Nextorch-flitse wen. Hou ProAgri se Facebookblad dop vir meer inligting. Nextorch bied ook 10% afslag vir enigiemand wat ProAgri noem met ՚n bestelling.

www.proagri.co.za ProAgri South Africa 283 43 Hulpbronbestuur Vir meer inligting oor Nextorch se verskeidenheid kragflitse of indien enigiemand belangstel om ՚n demonstrasie by te woon, kontak vir Werner van der Westhuizen by (+27)73-769-2073, stuur ՚n e-pos na info@nextorch.co.za of besoek hulle webwerf by www. nextorch.co.za.

Sonkrag nou beskikbaar

sonder enige kapitale uitleg!

As u nou nog nie van Sonkrag gebruik gemaak het nie, is dit heel moontlik vir een of meer van die volgende 3 redes:

Dit is net te duur en ek kan dit nie bekostig nie. Ek ken Boere wat baie sonpanele op het, maar dit werk nie as Eskom af is nie, so wat is die punt? U dink dalk nie n sonkrag stelsel sal in u krag behoefte kan voorsien nie, veral as u byvoorbeeld groot pompe het wat baie krag gebruik.

Affordable Power Solutions, een van die grootste, betroubare en gesogte sonkrag installasie maatskappye in Suid Afrika is trots om aan Boere nou die oplossing aan te bied. Om Sonkrag meer bekostigbaar te maak, bied hulle finansiering, huur om te koop opsies en selfs “Krag Koop Ooreenkomste” wat gewoonlik goedkoper uitwerk maandeliks as u huidige Eskom rekening, en nie addisionele uitgawe is nie aangesien u die geld wat in elk geval na Eskom toe sou gaan nou aanwend vir U eie stelsel en sodoende onafhanklik is van hulle, en dit sonder enige kapitale uitleg van u kant af.

Meeste groter Boere het tot nou toe Netwerk Gekoppelde Sonkrag (Grid Tied) stelsels ingesit met die doel om die maandelikse elektrisiteits rekeninge af te bring. Dit het wel die maandelikse rekening grootliks afgebring, maar die nadeel van hierdie stelsels is dat dit slegs werk indien Eskom beskikbaar is, en u dus nie gedurende beurtkrag enigsins krag sal kan gebruik of besproei nie.

www.afordablepowersolutions.co.za

Die Sonkrag stelsels wat Affordable Power Solutions installeer, werk of gesamentlik-, of geheel-en-al afsonderlik van Eskom. Boere wat reeds bestaande Netwerk Gekoppelde stelsels het, kan ook omgeskakel word om sonder Eskom te funksioneer.

Volgens mnr. Ben Janse van Rensburg, Direkteur van Affordable Power Solutions bestaan daar vir een of ander rede onder die meeste Boere die persepsie dat groot pompe van byvoorbeeld 90kw met ‘n aanskakel krag van tot 270 000w nie met sonkrag alleen sal kan werk nie, om nie eers van meer as een van sulke pompe te praat wat gelyktydig moet werk nie.

“Ons het reeds bewys dat dit werk, en ons glo dat ons die oplossing tot voedsel sekerheid vir Suid Afrika bied deur die Boer te bemagtig en die krag krisis te elimineer. Ons bied ook die oplossing vir die voortbestaan van die Boer, sonder krag sal die meeste Boere sekere take soos besproeiing nie kan doen en sodoende inkomste genereer nie”.

Affordable Power Solutions het verskeie ingeneurs beskikbaar wat sal help om u stelsel te beplan, te ontwerp volgens u behoeftes en aan die einde self af te teken.

(+27) 010 746 3758 (24/7 HOTLINE) | (+27) 061 444 4998 | (+27) 010 235 0519 info@affordablepowersolutions.co.za | Unit ZE & 2F, 56 Kelly Rd, Jet Park, Boksburg, 1459

Kommersiële installasie gedoen by Anglo American Platinum-verspreidingsentrum in Rustenburg. Dit is ՚n 350 kW-stelselmet 844 panele op die grond.

Groeiende probleem in SuidAfrika is toegang tot betroubare en bekostigbare elektrisiteit. Dit lei daartoe dat boere en Suid-Afrikaanse burgers noodgedwonge na alternatiewe kragbronne van hernubare energie oorskakel. Sonenergie, asook ander hernubare bronne soos wind- en waterkragopwekking, stel boere in staat om aan te hou werk as daar onderbrekings as gevolg van beurtkrag of kabeldiefstal is, wat verseker dat produktiwiteit nie beïnvloed word nie.

Die impak wat beurtkrag of kragonderbrekings op ՚n boerdery kan hê – veral dié wat vir besproeiing, melkery, pakhuiskoelstelsels en slagplaaskoelkamers van elektrisiteit afhanklik is – kan dié onderneming, asook die ekonomie, hard tref.

die antwoord op al jou beurtkragfrustrasies!

Wat is 'n sonkragstelsel?

՚n Sonkragstelsel word geïnstalleer volgens jou behoeftes – hetsy by jou huis, jou pakhuis, jou pomphuis of enige ander plek. Sonpanele versamel sonenergie en omskep dit in gelykstroomelektrisiteit wat die batterye laai. ՚n Omskakelaar (inverter) skakel die gelykstroom na wisselstroom oor, wat aan die hoofkragtoevoer gekoppel word om elektrisiteit aan die boer se pompe, spilpunte, koelkamers en ander toerusting te voorsien.

APS se alternatieweelektrisiteitoplossings

Affordable Power Solutions (APS)™ is 'n maatskappy in private besit, wat spesialiseer in die ontwerp, verskaf-fing en installering van sonkragstelsels om bekostigbare en volhoubare energieoplossings aan die algemene publiek, klein tot medium ondernemings, kommersiële kliënte en die landbousektor te bied.

Om hoë standaarde te handhaaf, installeer Affordable Power Solutions slegs topgehalte versekeringsgoedgekeurde produkte met lang waarborge en uitstekende naverkopediens.

“Ons streef daarna om die koste van ons produkte so laag as moontlik te hou,” sê Ben Janse van Rensburg, direkteur van Affordable Power Solutions. “Ons glo vas in die krag en poten-siaal van sonenergie as 'n skoon en hernubare kragbron, en ons missie is om dit toeganklik en bekostigbaar vir almal te maak, sonder om gehalte in te boet.”

Betroubare verskaffers

APS hou streng by die Suid-Afrikaanse Fotovoltaïese Bedryfsvereniging (SAPVIA - South African Photovoltaic Industry Association) se standaarde. APS behoort ook aan die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Hernubare en Alternatiewe Energie (SAAEA - Southern African Renewable and Alternative Energy Association) asook die Volhoubareenergievereniging van Suid-Afrika.

APS is ՚n lid van SESSA (Sustainable Energy Society of Southern Africa ) waar sowel die maatskappy as die klante baat vind by die gemoedsrus wat die bemiddeling van die SESSAombudsman kan bied in die geval van 'n dispuut. Daarbenewens word APS ook in die SESSA-gids gelys as 'n betroubare verskaffer wat SESSA se gedragskode nakom.

Die stelsels is maklik om te installeer, verbruikersvriendelik en bied ook ՚n 25 jaar vakmanskapwaarborg. Wil jy raad hê oor watter stelsel om te installeer? Praat met met APS se kundige sonkragtegnikusse en -installeerders oor jou behoeftes.

Vir meer inligting oor APS se produkte en dienste besoek hulle webwerf by https:// affordablepowersolutions. co.za/ of kontak hulle by (+27)61-444-4998 of (+27)10-235-0519 of stuur ՚n e-pos na info@affordablepowersolutions.co.za.

www.proagri.co.za ProAgri South Africa 283 45
՚n
Huisinstallasies gedoen deur APS.
Hulpbronbestuur
Kommersiële installasies gedoen deur APS.

Green Leaf Solar, a division of Green Leaf Importers, aims to power small enterprises and empower various aspects of agricultural operations. Our services entail the installation of complete solar solutions and/or battery backup systems on farms, small holdings, or agricultural facilities to generate electricity.

Die PROfessionele keuse

KimtraPro 20

‘n Klaargemengde fosfaat, sout, spoormineraal en proteïenaanvulling vir herkouers.

• Die fosfaatbron in KimtraPro 20 is Yara Animal Nutrition se Kynofos 21, ‘n hoë kwaliteit MDCP.

• Verryk met die belangrikste spoorminerale.

• Bevat proteïen om groei en produksie van rumenmikrobes te stimuleer vir optimale vertering van gras.

• Bevat hoogs biobeskikbare magnesium in die vorm van Magnesium-fosfaat.

• Bevat melasse-byproduk om smaaklikheid en inname te bevorder.

• In ‘n gerieflike korrelvorm om stof te beperk.

• Geskik vir beeste, skape, bokke en herkouer-wildspesies.

• Beskikbaar in sakgroottes van 50 kg en 25 kg.

Vertrou KimtraPro 20 vir optimale gesondheid, produksie en reproduksie.

www.proagri.co.za 46 ProAgri Suid-Afrika 283
for an agricultural solar expert?
LOOKING
www.greenleafsolar.co.za | admin@greenleafsolar.co.za | 012 809 0313 Unit 1, N4 Gateway Industrial Park, 77 Amatole Street, Pretoria WE KEEP FARMS IN BUSINESS! SHOP ONLINE Yara Animal Nutrition Suid-Afrika (Edms) Bpk. Reg. Nr. 2001/025850/07 KimtraPro 20 - Reg. Nr. V32853. (Alle produkte is geregistreer onder Wet 36 van 1947.) uppe marketing A34669 www.yara.co.za/animal-nutrition/ animal.nutrition.sa@yara.com | Tel: +27 (0)31 910-5100

Baie boere vra die vraag of voeding ՚n invloed het op die reproduksietempo van ooie, en die antwoord is sonder twyfel ja! Meer as 70% van 'n ooikudde se reproduksietempo word deur voeding bepaal.

Waar ՚n skaapvertakking ՚n teelkudde insluit, is die winsgewendheid grootliks afhanklik van die handhawing van ՚n optimale reproduksietempo, dit wil sê ՚n reproduksietempo wat so ՚n groot opbrengs as moontlik vir die insette lewer.

Onvoldoende voeding van lakterende ooie gedurende die eerste twee maande na lam, wat meer as 10% liggaamsmassaverlies tot gevolg het, is waarskynlik een van die belangrikste redes vir ՚n lae lampersentasie onder Suid-Afrikaanse skaapkuddes. Dit blyk dat goeie voeding gedurende laktasie ՚n oordrageffek het wat die daaropvolgende lampersentasie verhoog.

Wat is die invloed van voedingspeil gedurende vroeë laktasie op die daaropvolgende lampersentasie en waarom gee onvoldoende laktasie aanleiding tot ՚n laer reproduksietempo?

Die maksimum potensiële lampersentasie van ՚n kudde ooie is afhanklik van die aantal eiselle (ova) wat geovuleer word en vervolgens bevrug word. Dit neem ongeveer vyf tot ses maande vandat ՚n follikel (eisel) in die eierstokke (ovaria) begin groei en ontwikkel totdat dit gereed is vir ovulasie en bevrugting deur die ram se spermsel.

Indien ՚n ooi dus op ՚n lae voedingspeil is wanneer die follikels begin ontwikkel (180 dae voor paring, met ander woorde die eerste twee maande na lam), kan die ovulasietempo en

gevolglik lampersentasie in die daaropvolgende lamseisoen negatief beïnvloed word.

Onvoldoende voeding gedurende laktasie is heel dikwels die rede hoekom ooie ՚n swak besetting het en minder tweelinge kry, alhoewel hulle met paring in ՚n uitstekende kondisie was.

Die ovulasietempo van ՚n spesifieke ras of genetiese lyn (binne ՚n ras) word uitsluitlik deur faktore bepaal wat tot die paringstyd geld. In hierdie verband is die dieet waaraan die ooie blootgestel word ՚n belangrike faktor, in die besonder gedurende die tydperk tussen die speen van die vorige lammeroes en paring.

Is hoëgehalte groen weiding voldoende vir maksimum biesproduksie?

Sowat 30% van ooie met tweelinge en 10% ooie met enkelinge produseer nie

voldoende bies op groenhawerweiding nie, terwyl 5% van die ooie een uur na geboorte geen melk gehad het nie.

Plaaslike navorsing toon dat die meeste groen weiding ՚n primêre energie- en ՚n sekondêre deurvloeiproteïentekort vir lakterende ooie inhou, omdat ongeveer 70 tot 85% van die proteïen in groen weiding in die grootpens van die skaap afgebreek word.

Groen weiding alleen is dus nie voldoende om in die lakterende ooi se hoë voedingsbehoefte te voorsien nie en indien byvoeding nie voorsien word nie, sal hulle te veel massa verloor wat die daaropvolgende lampersentasie nadelig sal beïnvloed.

Kruipvoeding is ook ՚n belangrike element indien die maksimum groeipotensiaal van die lammers ontsluit wil word. Tweelinglammers se melkinname is ongeveer 70% van dié van enkelinge

www.proagri.co.za ProAgri South Africa 283 47
(Foto: Ille de France genootskap)
Vee en Wild
(Foto: Ille de France genootskap)
FAW Head Office: 45 Brabazon Road, Isando, Gauteng marketing@faw.co.za | www.faw.co.za *Offer subject to Chassis Cab purchase only - Body price excluded - 5th wheel not included - Images for illustrative purposes only SCAN THE QR CODE TO CONTACT US FAW 16.240FD/FT 4X2 TRUCK TRACTOR CHASSIS CAB INCLUDING PTO | 2 YEAR/ UNLIMITED WARRANTY | 6M3 TIPPER BODY AVAILABLE

en hulle moet daarom kruipvoeding ontvang om hulle groeitempo op dieselfde vlak as die van enkelinge te kry.

Watter byvoeding gee die beste biologiese en ekonomiese resultaat?

Om ՚n hoë speenmassa te verseker, asook ՚n hoë lampersentasie met die daaropvolgende lamseisoen, moet ՚n deurvloeiproteïengebaseerde lekmengsel teen 400 tot 500 g/ooi/dag aan lakterende ooie gevoer word.

Indien voldoende hoëgehalte groen weiding nie beskikbaar is nie, moet daar in plaas van ՚n lek, ՚n volledige lammerooirantsoen gevoer word.

Weens die uiters doeltreffende voeromsetting van die jong lam, moet alles moontlik gedoen word om te verseker dat die lam volgens sy maksimum genetiese potensiaal groei.

In hierdie verband is die voorsiening van ՚n kruipvoer ad lib aan sogende lammers vanaf ouderdom tien dae tot ongeveer twee weke na speen, ononderhandelbaar vir winsgewende skaapproduksie.

Lakterende ooie moet droë ruvoer op sappige groenweiding gevoer word, of hulle moet ՚n aangrensende kamp met droë veld bewei om voldoende inname van doeltreffende vesel te verseker.

Wenke

Ooie wat tweelinge soog, moet in aparte kampe gehou word en teen hoër peile gevoer word, omdat hulle 20 tot 40% meer melk produseer as dié wat enkelinge soog.

Om te verseker dat teelooie oor die genetiese vermoë vir meerlingovulasies beskik, moet slegs teelramme gebruik word wie se moeders minstens twee maal meer lammers gespeen het as kere wat sy gelam het.

ProAgri is dankbaar dat 'n legende in die landboubedryf, dr Jasper Coetzee, sy Handleiding vir Winsgewende Skaapboerdery aan die lesers van ProAgri beskikbaar gestel het.

Indien jy meer inligting oor winsgewende skaapboerdery wil bekom, bestel jou Handleiding vir Winsgewende Skaapboerdery vandag nog deur ՚n e-pos te stuur na: mvs@meadowcape.co.za.

Vee en Wild
(Foto: AgriOrbit)

LITS-SA: Staat moet almal help

Die merk van lewendehawe vir identifikasie en naspeurbaarheid is nou ՚n prioriteit, sê Willie Clack, voorsitter van die Lewendehawe-/Vee-identifikasie- en -Naspeubaarheidstelsel SA.

Dit volg op die staat se versuim om te verseker dat die LITS-SA-stelsel ook na kommersiële boere uitgerol word.

Die stelsel wat die afgelope agt jaar deur die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling in samewerking met die private sektor ontwikkel is, is getoets op die diere van kommunale boere in sommige provinsies, insluitend gebiede waar bek-en-klouseer voorkom.

Die toetse het bewys dat die merk van lewendehawe, insluitend vee, varke en volstruise, voordele inhou. Die voordele sluit dieregesondheid en beperking van aanmeldbare dieresiektes in, asook die naspeurbaarheid van onder meer rooivleis in ooreenstemming met internasionale standaarde en vereistes.

Volgens Willie is die stelsel nog nie na kommersiële veeboere in aangewese bestuursgebiede wat aanvanklik identifiseer is, uitgebrei nie. “Hierdie leemte in die toepassing van die stelsel bring die billikheid en omvattende toepassing daarvan in gedrang.”

Willie sê die minister van Landbou het in ՚n gesprek op 30 Maart onderneem dat regeringsamptenare aangestel sal word wat sal toesien dat die stelsel oral toegepas word. Volgens hom het daar nog niks van die beloftes gekom nie. “Dit is kommerwekkend en ons bevraagteken die regering se erns met die toepassing van die stelsel, aangesien

dit die kommunale én kommersiële lewendehawe-sektore kan bedreig.”

Volgens die LITS-SA sakeplan sal die regering kommunale gebiede waar bek-en-klouseer voorkom subsidieer vir oorplaatjies. Toegang tot die LITSSA-stelsel se platform en databasis is gratis vir alle boere.

Volgens Willie het die Biosekuriteittaakspan die toepassing van ՚n voldoende diere-identifikasie en naspeurbaarheidstelsel uitdruklik aanbeveel. “Hierdie dringende aanbeveling spruit voort uit die kritieke behoefte aan maatreëls om uitbrekings van vernietigende dieresiektes proaktief te voorkom en te beheer en om internasionale handel te bevorder deur aan die wêreldmarkte se vereistes vir naspeurbaarheid te voldoen.”

Gegewe die waarde en erns van die saak, word die departement en regeringsverteenwoordigers op die LITS-SA-komitee versoek om die huidige tekortkominge so gou as moontlik op te los. “Indien dit nagelaat word, sal dit die veebedryf benadeel en vooruitgang striem.”

Die LITS-SA is in ooreenstemming met die Wêreldorganisasie vir Dieregesondheid se naspeurbaarheidsriglyne en hulle sanitêre en fitosanitêre maatreëls ontwikkel en die toepassing daarvan is noodsaaklik om aan die Biosekerheidstaakspan se vereistes te voldoen.

Om te verseker dat hulle produkte naspeurbaar is en aan die nodige dieregesondheid en -handelstandaarde voldoen, word veeboere aangeraai om die LITS-stelsel te gebruik eerder as om geld te spandeer op ander stelsels

wat nie aan die nodige standaarde voldoen nie.

Doeltreffende identifikasie en naspeurbaarheid van vee is ՚n integrale deel van die RED Meat Vision 2030 wat ten doel het om Suid-Afika se rooivleisbedryf as ՚n leier op die plaaslike en internasionale mark te plaas. Deur die stelsel te gebruik, kan Suid-Afrika bewys lewer van sy bereidwilligheid om aan die nodige standaarde en riglyne vir dieregesondheid en -handel te voldoen. Dit sal oor die langtermyn bydra tot die sukses van die RED Meat Vision 2030.

“Die suksesvolle toepassing van die stelsel berus egter op die regering se ondersteuning en beskikbaarstelling van hulpbronne om te verseker dat ՚n omvattende stelsel vir almal geld,” sê Willie. “Ons doen ՚n ernstige beroep op die minister om haar woord gestand te doen en die beloftes wat op die vergadering gemaak is, na te kom.”

Hy sê Suid-Afrika moet die geleentheid aangryp om ՚n ongeëwenaarde vee-identifikasie- en naspeurbaarheidstelsel te vestig wat tot voordeel van dieregesondheid en veilige handel sal strek en die land se goeie naam as produsent op internasionale markte sal verseker.

Die uurglas loop leeg. “Ons dring aan daarop dat die LITS-SA-stelsel onverwyld en doeltreffend in die totale lewendehawesektor toegepas word.”

www.proagri.co.za ProAgri South Africa 283 51
Kontak Willie Clack by WClack@ unisa.ac.za vir meer inligting.
Vee en Wild
deur Tisha Steyn

Veesiektes: Kyk nou uit hiervoor …

Bloutong, knopvelsiekte en drie-daestywe-siekte is reeds na die draai van die winter in verskillende provinsies aangemeld. Die jongste verslag van veeartse wat aan die Herkouer Veterinêre Vereniging van Suid-Afrika (RuVASA) behoort, lig die volgende veesiekteneigings uit. Die verslag is in die Rooivleisprodusentevereniging (RPO) se jongste nuusbrief vervat.

Eksterne parasiete

Bloubosluise (Afrika- en Asiatiese bloubosluise) kan Afrika en Asiatiese rooiwater, galsiekte (anaplasmose) en knopvelsiekte oordra. ՚n Veearts kan die weerstandigheid van bloubosluise op jou plaas toets voordat jy bosluiswerende middels aankoop. Bosluise vol bloed word versamel en gebruik vir die toetse. Bontbosluise dra hartwaterparasiete oor. Die bosluise veroorsaak bloedarmoede en skade aan die uier, ore en vel. Dis veral belangrik om die uier te beskerm want bosluise met lang monddele, soos bont- en bontpootbosluise kan onherstelbare skade aan die spene en uier veroorsaak. Skroefwurmbesmetting kom dikwels aan die beskadigde uier voor.

Bosluis-oordraagbare siektes

Asiatiese hartwater, een van die dodelikste siektes onder beeste, is besig om te versprei. Vrektes kom voor wanneer vatbare diere verskuif word na gebiede waar bosluis-oordraagbare

siektes voorkom. Die diere moet op agt maande geënt word. Dit is beter om ՚n veearts te raadpleeg.

Uitbrekings van galsiekte, waarvan steekvlieë die belangrikste draers is, is in sewe provinsies aangemeld. Wanneer dieselfde naald tydens inenting vir meer as een dier gebruik word, kan dit die siekte versprei.

Galsiekte en rooiwater kan deur bloedmonsters onder ՚n mikroskoop bevestig word. Inenting is belangrik om die siektes te voorkom.

Voorsorg is beter as nasorg

• Inenting is noodsaaklik om die siekte te voorkom.

• Vatbare diere moenie na gebiede waar besmette bosluise voorkom geskuif word nie; eweneens moet besmette diere nie na siektevrye gebiede geskuif word nie.

• Wanneer diere aangekoop word, moet die veearts in die gebied waar dit gekoop word EN die veearts in die gebied waarheen die vee geskuif word, geraadpleeg word.

Inenting is belangrik om galsiekte en rooiwater te voorkom. (Bron: Pixabay)

Kalwers wat na geboorte biesmelk ingekry het, het ՚n natuurlike weerstand teen siektes. (Bron: Pixabay)

Afrika-perdesiekte word deur bytende insekte oorgedra en ՚n tekort aan entstof maak dit moeiliker om te beheer. (Bron: Pixabay)

Kalwers wat bies (kolostrum) na geboorte ingekry het, het ՚n natuurlike weerstand teen siektes. (Bron: Pixabay)

Galsiekte (anaplasmose) en rooiwater kan deur bloedmonsters onder ՚n mikroskoop bevestig word. (Bron: Pixabay)

www.proagri.co.za 52 ProAgri Suid-Afrika 283 Vee en Wild

• Moenie dieselfde naald vir meer as een dier gebruik tydens inenting nie, want so kan jy jou eie diere besmet.

Insek-oordraagbare siektes

Vanweë koue weer het siektes wat deur insekte oorgedra word afgeneem, maar sekere gevalle van oordraagbare siektes het steeds voorgekom.

Bloutong het in die Wes-Kaap uitgebreek. Die gebrek aan geregistreerde entstof toe die ooie ingeënt moes word, het tot probleme gelei, maar ՚n nuwe inaktiewe bloutong-entstof is geregistreer en sal hopelik binnekort beskikbaar wees.

Knopvelsiekte, wat deur steekvlieë, ander insekte en sommige bosluise oorgedra word, is in vyf provinsies aangemeld. Die virus kan ook deur ՚n spuitnaald wat vir meer as een dier gebruik word, versprei word.

Verskeie insekte kan siektes oordra en dit is belangrik om die vee voorkomend te behandel en gereeld te dip deur besproeiing of onderdompeling. (Bron: Pixabay)

Weens koue weer het siektes wat deur insekte soos muskiete oorgedra word afgeneem, maar gevalle van oordraagbare siektes het steeds voorgekom. (Bron: Pixabay)

Voorkoming is beter as nasorg en diere moet beskerm word teen vlieënde en geleedpotige insekte wat siektes kan oordra. (Bron: Pixabay)

Behandeling

• Maak seker jou diere is teen gallamsiekte (botulisme) ingeënt, veral wanneer hulle hoendermis gevoer word.

• Maak seker daar is geen karkasse in watertrôe en bale nie.

• Voorkom pika, wat verwys na die neiging om goed te eet wat geen voedingswaarde het nie of selfs skadelik kan wees, deur lekke te voorsien wat fosfor bevat.

Bronverwysings

Ensoötiese aborsie: Aborsies by skape en bokke (2018). Landbou.com

Drie-dae-stywesiekte is in twee provinsies aangemeld. ՚n Lae bevrugtingskoerse is aangemeld in die gebiede waar die siekte algemeen voorkom.

Slenkdalkoors kan die oorsaak van ՚n vlaag aborsies wees. Die siekte is ՚n soönose wat beteken dit kan aan mense oorgedra word. Vermy kontak met besmette materiaal soos bloed en nageboorte. Laat kom die veearts as jy slenkdalkoors vermoed.

Bakteriële siektes

Die meeste bakteriële siektes kan deur inenting voorkom word.

Wanneer uitbrekings van sponssiekte steeds voorkom met die gebruik van ՚n inenting wat Clostridium chauvoei bevat, moet multi-klostridiale inentings gebruik word. ՚n Tweede inenting moet gegee word wanneer die geïnaktiveerde inenting vir die eerste keer toegedien word. Dit is belangrik om die aanwysings op die verpakking te volg.

Wanneer Cryptosporidium/E. Coli- uitbrekings in ՚n gebied voorkom, moet ՚n veearts geraadpleeg word om lam- en kalfverliese te voorkom.

Ensoötiese aborsies word veroorsaak deur die bakterie Chlamydophila

abortus, wat bydra tot verdwynsiekte, wat verwys na die ‘verdwyning’ van fetusse in skape en bokke wat in aftastings dragtig lyk. Voorkomend kan vervangingsooie met die lewende entstof geënt word voordat hulle by die ram geplaas word.

Q-koors word veroorsaak word deur besmetting met die Coxiella burnetiibakterie. Dit kom wêreldwyd en al meer gereeld in Suid-Afrika voor. ՚n Vlaag aborsies onder skape kan ՚n aanduiding daarvan wees. As ՚n soönose hou dit ook gevaar vir mense in.

Bloednier (Clostridium perfringens tipe D – epsilon toxin) veroorsaak die meeste vrektes onder skape. Verskeie faktore kan tot bloednier lei, soos die dermkanaal wat ophou werk weens ՚n skielike verandering in dieet.

Dit kan gebeur wanneer:

• Verskuiwing na weiding of voergewasse soos lusern, groen koring en groen hawer

• ՚n Dieet wat hoog in proteïen is

• Oor-inname van konsentrate

• Ontwurming en of koksidiose-besmetting

• ՚n Skielike verandering in die weer

• Weiding in verlepte grasvelde

https://www.landbou.com/landbou/ kundiges/vra-vir-faffa/Ensootieseaborsie-Aborsies-by-skape-enbokke-20180410

RPO Rooivleis Bulletin Augustus 2023 https://rpobulletin.co.za/?p=4116

Van Rooyen, C. (2021) Let op vir Qkoors. Landbou.com

https://www.landbou.com/landbou/Bedrywe/Diere/let-op-vir-qkoors-20210521

Drie-dae-stywesiekte is in twee provinsies aangemeld. Lae konsepsiekoerse is aangemeld in die gebiede waar die siekte algemeen voorkom. (Bron: Pixabay)

www.proagri.co.za ProAgri South Africa 283 53 Vee en Wild
54 ProAgri Suid-Afrika 283 YOUR ONE S T OP SECURIT Y SHOP ELECTRIC FENCE AND SECURIT Y CENTRES 0861 STAFIX/782349 www.stafix.co.za Ø Electric Fencing Ø Gate Motors Ø Batteries Ø CCTV Ø Garage Door Motors Ø Remotes Ø Intercoms Ø Equestrian Fencing Ø Game Fencing Ø Alarm Systems Ø Roboguard Ø Security Beams CCT V SURVEILLANCE TECHNOLOGY Bethlehem Bloemfontein Cape Town Central Cape Town South Centurion Durban North East London George Gaborone Harare Jet Park Kimberley Klerksdorp Lusaka Mozambique Nelspruit Kya Sand Paarl Pietermaritzburg Pinetown Polokwane Port Elizabeth Potchefstroom Pretoria Rustenburg Somerset West Upington Vanderbijl Park Vryheid Windhoek West Rand
LOCATIONS
STAFIX BRANCH

Vries-brandmerk is ‘n hoogs effektiewe, minimaal-indringende metode om jou beeste permanent te brandmerk. Dit laat geen skade aan die vel nie, wat huidverwante vermorsing en finansiële verliese tot die minimum beperk.

GEBRUIK DIE VRIESBRANDMERK METODE OMDAT JY OMGEE.

VRIESBRANDMERK JOU DIERE

Permanent. Maklik. Minder stres.

Vries-brandmerkmetode is ‘n permanente, minder pynlike manier om jou diere te merk. Dit maak ‘n maklik-sigbare wit merk deur die hare van die dier te verkleur. Dit is minder pynlik vir die dier en dit maak geen oop sere of skade aan die vel nie.

ProAgri South Africa 283 55 PASA27280/LBC Tel: 0861 POLTEK (765835) I 011 866 1240 I www.poltek.co.za e-mail: sales@poltek.co.za I quotes@poltek.co.za I 1456 Bevan Road, Roodekop, Germiston POLTEK®/Custom Moulders® and the POLTEK® logo are all registered trademarks of Custom Moulders®. E&OE POLTEK CRATE DIVISION VIRGIN RED RECYCLED BLACK CRATE STACKS WITH OR WITHOUT LID Optional Optional
SKAKEL ONS OP 078 164 1712 OF BESOEK ONS WEBWERF BY www.dryice.co.za Youtube W a tch ourvideo on howto on BRANDFREEZECATTLE
56 ProAgri Suid-Afrika 283 Tel: +27 10 601 3000 Email: info.msa@manitou-group.com www.manitou.com www.manitou.com control Take DO MORE • 1ha – 4ha Single tower, electric, water or petrol driven center pivots available • 3ha – 100ha+ Electric pivots • 3ha – 100ha+ Solar Grid Tie pivots • 3ha – 10ha Solar standalone pivots YOUR IRRIGATION SOLUTION! Starting at R130 000 Having the strongest structure in the industry Best reliability The best sprinkler packages YOU ALREADY TRUST US FOR... For best service contact us at: +27 (0)18 469 1331 or +27 (0)82 564 5955 www.senter360.co.za
ProAgri South Africa 283 57 Te Huur! 11 kontoermakers beskikbaar. R 1850 Btw ing. Kontak my gerus om jou naam op die lys te sit –Jannie Myburgh 0824170175. Aflewering beskikbaar. +27 23-342-3438 +27 (0) 82-773-7544 | jasper@rotrixafrica.co.za +27(0)79-959-3356 | sales@rotrixafrica.co.za Office - Gauteng: Tobie van den Heever +27 (0)82-658-6054 tobie@iunlimited.co.za RHINO 300 4X4 HEAVY DUTY AGRICULTURAL IRRIGATOR CLUBMAN/ FARMER 100 LIGHT DUTY AGRICULTURAL IRRIGATOR Mobile irrigation systems to irrigate Africa SPORTSMAN/ CROPMAKER 120 LIGHT DUTY AGRICULTURAL IRRIGATOR CANE MASTER 300 Choose from our wide variety! RAINMAKER 200 4X4 HEAVY DUTY AGRICULTURAL IRRIGATOR GREENKEEPER/ FARMER 200 LIGHT DUTY AGRICULTURAL IRRIGATOR Suitable for irrigating most overhead crops | Pastures/maize/wheat/tobacco/vegetables/sugar cane etc.

SPECIALIZING IN EARTH DAMS

We are longstanding earthmoving contractors specialising in the construction, repair and maintenance of earth dams. Will undertake any other earthworks.

Robbie: 083-305-2504

www.ritlee.co.za +27 11 452 3434

We are a dedicated agricultural equipment manufacturer and supplier. sales@ritlee.co.za

17 Mopedi Road Unit B, Sebenza Edenvale Gauteng, South Africa

Office Sales & Spares: Dan: 011 452 3434 dan@ritlee.co.za

KZN & Export: Marc: 084 453 4499 marc@ritlee.co.za

Rest of RSA: John: 073 930 3799 john@ritlee.co.za

58 ProAgri Suid-Afrika 283
225 Ritlee Gravity feed wood chipper & chip grinder through 8, 10, 12, 15, 20mm screen Ritlee TM3 Compost Turner
50 YEARS
FOR OVER
E-mail:
www.gvrobertson.co.za
Robertson CONSTRUCTION (PTY)
info@gvrobertson.co.za
G.S.
LTD
ProAgri South Africa 283 59 Jaco
jaco@agtechtechnology.co.za Jaco
www.ppfagri.co.za IT’S YOUR NOZZLE-BY-NOZZLE ADVANTAGE. It’s Nozzle-by-nozzle control. Consistent coverage across any terrain. Increased productivity and speed Industry leading visibility www.agleader.com HEAVY-DUTY MULCHERS / MOWERS MOWERS +27 11 397 1211 sales@avantsa.co.za EASIER FARM MANAGEMENT with
mulchers ET/M Compact Loaders KX/SSL A.V.T Skid loader NEW www. avantsa.co.za www.
van der Merwe 082 738 0718
Hamman 082 762 1669
technologically advanced hydraulic forestry branch cutters and hydraulic
60 ProAgri Suid-Afrika 283 Convert your generator to LPG/ CNG gas & COMPATIBLE WITH MANY GENERATOR BRANDS LPG Kits for generators & Pumps. Converting Petrol generators to gas with dual function, giving you the option to switch between petrol & gas. +27 79 884 1967 | hello@gasgentechnologies.com. | http://www.gasgentechnologies.com SOUTH AFRICA’S LEADING SUPPLIER OF GENERATOR CONVERSION KITS KEEP ON IRRIGATING THROUGH POWER CUTS! SAVE BIG! SAVE BIG! Cost-reduction & Efficienct | Safe & Durable |EnvironmentallyResponsible Portable water pumps & generators • Galvanised Wire in Coils • Barbed Wire • Diamond Mesh / Chain Link • Roofing & Reinforcing • Droppers & Standards • Hexagonal Wire Netting • Razor Wire • Welded Mesh • Posts • Gates • Field Fence • Wholeview Panel FORFENCINGSOLUTIONS
ProAgri South Africa 283 61 ◊ ◊ ◊ ◊ ◊ ◊ ◊ Effortless waste & raw material removal Easily adapted to fit any forklift Optional extras include castors, lid, extended slides and stacking facilities Different options
6000kg, 5000kg & 4000kg GPS Capable Designed to meet your requirements Jaco Jordaan: 073 087 1466 6 Rattray Street, Worcester, South Africa goldwingengineering@gmail.com
B I N T I P P E R S For more information visit www.goldwingeng.co.za JP Brand: 076 702 3168
available
We custom build our own line of spreaders, bin tippers and excavators.
62 ProAgri Suid-Afrika 283 OF Kontak Reyno Snyman: 082 513 3227 Besoek ook ons Facebook-blad JRS FEED MILLS Self-voerders Pil-masjiene Voermengers Harke Pil-aanlegte Krippe Hammermeule ONS VERVAARDIG MASJIENERIE WAT VIR JOU VEE GEMAAK WORD FOR ALL YOUR CATTLE NEEDS WE OFFER CATTLE HANDLING EQUIPMENT We offer cattle: Tel: +27 728 794 871 | +27 100 230 786 | Email: sales@steeltubeprofiles.co.za Bloempark 2, Vanderpijlpark AH, Gauteng, 1911 | www.steeltubeprofiles.co.za Customised gate & cage manufacturers Delivery nationwide (except WC, EC & KZN) Kraal panels /with feet Bale ring feeder Sorting gates Neck & body clamp set Sliding gates Bale rings Feeders Kraal Sliding gates Loading ramps Weighcrates and many more! Livestock handling equipment: Bloempark 2, Vanderbijlpark AH, Gauteng, 1911 l www.steeltubeprofiles.co.za Tel: +27 728 871 l +27 100 230 786 l Email: sales@steeltubeprofiles.co.za

Water Sampling & Testing Services

Do you trust that your Borehole or other water sources are safe?

Why should you test your borehole water?

What are the benefits of regular testing ?

A simple certified SANS241 Chemistry + Microbiology laboratory water test can put your mind at ease that the water you consume from your borehole, tap or other sources are safe.

We offer convenient sampling at your premises or collection by our couriers. Oguru also offers turnkey solutions to remediate your Water into safe quality drinking Water.

ScaleStop Water Conditioners

The perfect water conditioning system, designed to combat lime scale and hardness. Ideal for Agriculture.

Enthusiastic,

What is required:

Fertile flat soil with irrigation, making it possible to harvest twice per season

Minimum hectarage - 50 hectare

Planting first crop: second week of February. Planting second crop: end of June.

Harvesting June and early October

The farmer should level the fields thoroughly, equipment able to press the soil after/while seeding (Cambridge roller) and own a combine harvester for fine seeds (similar to poppy seeds)

What it will bring:

The income per hectare (double cropping under irrigation): Brut income some $2,400 to $3,520

Direct costs = $ 600 (low investment crop)

Net income some $1,800 to $2,920 (per field per year)

Green fertilizer improving the soil structure and yield of next crops Also possible to get more than 5 ton of hay per hectare.

Dry land cropping can be discussed but not preferred.

ProAgri South Africa 283 63 Wikus Venter | info@h20guru.co.za | 071 564 4665 | www.h2oguru.co.za
SANS241 Drinking Water SANS1657 Bottled
SANS241 Irrigation Water SANS241 Waste/Effluent Water Tipes of tests
offer: Cape Fresh Peonies Rob Holtrop - (+27) 73 134 4487 | holtroprob@gmail.com
Water
we
WANTED WANTED
We need farmers to grow an ancient grain, teff (which can diversify your crop rotation), on a contract basis for an EU based company for export to Europe. professional large-scale farmers!
64 ProAgri Suid-Afrika 283 www.agri4all.com www.proagri.co.za Contact us for full-stack all-inclusive marketing Expand 29 African countries! your business to Diane Grobler +27 (0)82 555 6866 / diane@proagri.co.za
ProAgri South Africa 283 65 15mx30mx4.5m Struktuur R279 000.00 BTW Ingesluit Pryse sluit die volgende in: Oprigting | Alle Boute en Moere | 0.4mm Galv Dak Aflewering word nie by prys ingesluit nie. Termes en voorwaardes geld. Soek jy vir die beste kwaliteit staal strukture? Beskerm jou bates, vee en toerusting teen die weer MAAND WINSKOOP! Master Structures spesialiseer in die vervaardiging en oprigting van enige grootte staal strukture regoor Suid Afrika. Kantoor nommer: 016 004 0439 Selfoon nommer: 072 491 4606 Epos: structures@masterstructures.co.za NET 2 BESKIKBAAR
087 803 1108 www.mahindraalberton.co.za
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.