ProAgri SA 289

Page 1

ProAgri

Pioneer stel nuwe P1225PWgeelmieliebaster bekend

Veeboere: Wees op die uitkyk vir hierdie siektes

/ Free
Gratis
www.proagri.co.za www.agri4all.com No / Nr 289 ISSN 1042 - 1558
tegnologie vir die boer technology for the farmer
met Kverneland
Skep ‘n droomsaadbed

“Die reën sal kom – bly net glo” is die bemoedigende woorde van boer tot boer die afgelope maand. Die onlangse uiterse hitte wat ons in die land ervaar is ongekend vir baie en skep ook kommer onder boere en die landboubedryf.

Die knellende droogte in die land maak homself op wrede maniere voelbaar. Met groot hartseer moet ons toesien hoe medeboere teen die droogte veg. Droogte is daardie iets waaraan ՚n mens niks aan kan doen nie. Jy kan nie net ՚n aan- en afknoppie druk nie.

Die hart van ՚n boer is taai, maar hoe lank kan taai hou? Boere stoei heeltyd oor die rede: Is dit ՚n straf? Is dit ՚n natuurverskynsel?

Wanneer ons deur die provinsies ry, is dit hartverskeurend om die droë en dorre lande mielies, sojabone, sonneblom so te sien. Verlep en verwaarloos, waar ՚n mens ook opnuut besef dat water lewe is.

By ՚n onlangse boeredag in Chrissiesmeer, het een van die boere genoem dat moed opgee en hoop verloor nie deel van die Suid-Afrikaanse boer se DNS is nie. Die boer vertel as hy moedeloos word, gaan kyk hy na sy beeste wat darem nog in goeie kondisie is,

Inhoudsopgawe / Contents

Voorbladartikel 2.

S ó skep Kverneland 'n droomsaadbed

maar as hy terugry verby die mielies en sojabone is daar weer ՚n hol kol op sy maag.

Die geloof van ՚n boer is nie ՚n mosterdsaad nie; dit is ՚n droë land, ‘n stofgeploegde voor vol geloofspitte terwyl daar terselfdertyd geen wolk in sig is nie. Die geloof van ՚n boer, sy voorgeslag en sy nageslag.

Ons dink in besonder aan ons boere deur hierdie moeilike tyd van droogte.

In ons voorbladstorie hierdie maand kyk ons na die Kverneland Enduro Pro grondbewerkingsreeks, wat vir enige boer ՚n droomsaadbed kan skep. Ons loer in by Tradestuff, die troue Fendt- en Massey-handelaar in Noord-Wes waar hulle teruggee aan hulle getroue klante. Ons kuier ook by ՚n komkommerboer tussen Magaliesberg en Hekpoort en het ՚n paar gefokusde dieregesondheidsartikels en waarvoor veeboere moet uitkyk hierdie komende maande.

Geniet hierdie volgepakte, insiggewende uitgawe en laat weet ons gerus waarmee julle besig is – ons kom kuier graag!

ProAgri-groete!

Bianca Henning bianca@proagri.co.za

5.

Tegnuus: Die nuutste in landboutegnologie van regoor die wêreld

Kry die veiligste passassiersvoertuig laat opdraandes soos afdraandes voel met die nuwe Toyota Landcruiser 70-reeks

Tradestuff tot jou diens!

Rovic vat g'n strooi wanneer dit kom by strooiwerk

Nuwe P1225PW-geelmieliebaster benut water wys

Our crop protection solutions are at the heart of agriculture Van rank na rak, die Leysgonies sorg vir vars komkommers

Groente produksie: Maak die maan 'n vennoot

Veldbestuur, veldbrand, plantopvolging, soet-en suurveld en veldherwinning

Swartwattelbome: Ekonomies of 'n bedreiging?

Maak jou eie kompos-deklaag vir jou tuin

Turksvyfees vier vrugte an kultuur

Volg raad en wees gereed, waarsku minister

Wildsvleisbedryf word met nuwe o ë bekyk

Dieresiektes: Besmetlike misgeboorte Varkpes breek opnuut uit in suid-kaap Pasop nou vir longontsteking by beeste Holistiese bestuur slaan wurmbesmetting hok

Kragtige en doeltreffende werkverrigting is sinoniem met Kverneland se reeks Endurogrondbewerkers. Lees meer op bladsy 2 oor Kverneland se Enduro Pro, wat die antwoord op enige boer se grondbewerking is.

ProAgri

Posbus

Die Wilgers, Pretoria 079-515-8708

www.proagri.co.za

ProAgri

Redakteur tydskrif en aanlyn

Bianca Henning >

Verslaggewers

Maryna Steyn >

082-326-2572 bianca@proagri.co.za

Natasha Pretorius >

Ashleigh Schubert >

Benine Ackermann >

Spesialisskrywer

Annemarie Bremner >

Bemarkingsbestuurder

Diane Grobler >

Bemarkers

Xander Pieterse >

Johan Swartz >

Tiny Smith >

Lynette van Tonder >

Evette Liebenberg >

082-261-9177 maryna@proagri.co.za 083-468-2653 natasha@proagri.co.za 071-585-9422 ashleigh@proagri.co.za 073-105-6938 benine@proagri.co.za 082-320-3642 annemarie@proagri.co.za 082-555-6866 diane@proagri.co.za 062-391-6507 xander@proagri.co.za 071-599-9417 johan@proagri.co.za 082-698-3353 tiny@proagri.co.za 074-694-4422 lynette@proagri.co.za 071-891-4441 evette@proagri.co.za

Skeppende bestuurder

Michelle Kruger >

084-416-1780 michelle@proagri.co.za

Uitleg en ontwerp

Anja Oosthuizen & Jamie-Lee Tromp Kliëntverhoudingsbestuurder

Carin Swartz >

Navrae

Engela Botha >

Rekeninge

Ronel Schluter >

084-233-0123 carin@proagri.co.za

073-663-1234 engela@proagri.co.za 084-088-0123 accounts@proagri.co.za

Verspreiding en intekening

Nita Volmer-van Zyl >

079-515-8708 nita@proagri.co.za

Sakebestuurder

George Grobler

Op ons voorblad
2 9 32 44
Meganisasie
9. 11. 12. 15. Gewasproduksie 17. 19. 20. 23. 26. 29. 30. 32. 34. Vee en wild 37. 41. 44. 47. 50.
72707, Lynnwoodrif / Rossouwstraat 577
Copyright © 2024. All rights reserved. No material, text or photographs may be reproduced, copied or in any other way transmitted without the written consent of the publisher. Opinions expressed are not necessarily those of the publisher or of the editor. We recognise all trademarks and logos as the sole property of their respective owners. ProAgri shall not be liable for any errors or for any actions in reliance thereon.

Só skep Kverneland ՚ n droomsaadbed

Die diepste droom van enige saadkorrel of -pit is ՚n eenvormige, snoesige saadbed waarin hy in knus kontak met die grond kan ontkiem en sy wortels behaaglik kan uitstrek om volle gebruik van voedingstowwe in die goeie grond te maak sodat hy tot ՚n geil gesonde plant kan ontwikkel wat vir die boer hope wins in die sak besorg.

So ՚n perfekte saadbed is wat Jupidex se Kverneland Enduro Pro vir die boer skep – vinnig, flink en bekostigbaar. Of jy vlak of diep wil bewerk, Enduro is steeds jou antwoord en boonop geniet jy die toegewyde ondersteuning van Jupidex se kundiges en rotsvaste na-verkoopdiens wat jou immer doel-treffend en voorspoedig aan die boer hou. Boonop kry hierdie werktuig ook 'n 24-maande waarborg nes ander Kverneland werktuie. Dit is mos nou diens!

Hierdie waarborg is geldig vanaf die afleweringsdatum en is slegs beskikbaar op produkte wat na 2022 vervaardig is. Om te verseker jou werktuig bly onder waarborg, moet dit op eenjarige ouderdom geïnspek teer word. Die inspeksie bevestig dat jy mooi na jou Kverneland-toerusting omsien en en dat enige probleem wat opduik 'n fabrieksfout is wat Jupidex sal noop om spoedig op te tree om dit reg te stel.

Kverneland se ploeë en ander toerusting het geen bekendstelling by SuidAfrikaanse boere nodig nie en bied boere sommer van die wegspring af ’n belangrike voordeel omdat Kverneland se toerusting uit unieke staal vervaardig word, en deur 'n gepatenteerde koolstofinduksieverhardingsproses gaan.

Kragtige en doeltreffende werkverrigting is sinoniem met Kverneland se Enduro-grondbewerkingsreeks.

Die Enduro Pro neem doetreffendheid en tydbesparing na die volgende vlak met sy hoëspoed bewerking asook die eenmalige verstelling en die verskeidenheid bewerkings wat op een slag gedoen word.

Die Enduro Pro werk tot 35 cm diep

en het ՚n dubbelparallelo-gramrollerskakeling wat in die ry hidroulies verstel kan word om die werkdiepte te verander.

Hierdie grondbewerkers is geskik vir ՚n wye reeks toestande, veral vir stoppelbewerking en vir bewaringsbewerking, om jou grondstruktuur te bevorder en grondvog te bewaar.

www.proagri.co.za 2 ProAgri Suid-Afrika 289
Voorbladartikel

Hoë gehalte grondbewerking en werkverrigting teen hoë snelhede

Die uitdaging om doeltreffend in lang en digte plantreste te werk is deeglik in ag geneem met die ontwerp van die Enduro-reeks om optimale grondbewerking en die beste vermenging te verseker.

Die Enduro-modelle se 320 mmboutvlerke verseker eweredige snywerk oor die hele werkwydte, selfs wanneer die masjien vir vlak werk verstel word. Dit is beskikbaar met die Knock-on-opsie, wat beteken dat die punte woerts-warts met ՚n gewone hamer vervang kan word.

Die unieke Triflex-ontwerp van die tande.

Die grondvryhoogte is 870 mm en die tussenbalkspasiëring (eerste, tweede en derde ry tande) is 750 mm uit mekaar geplaas om blokkasievrye werking in verskillende toestande (mielies, sonneblom, koring, kanolastoppels of ander groot gewasse) te verseker. Die Enduro Pro se tande is tussen 275 mm en 285 mm uitmekaar geplaas en so aan die raamwerk gemonteer om egalige grondvloei te verseker.

1. Bewerking van die grond

Die Kverneland Enduro Pro bied ՚n konfigurasie van drie rye verspringende

tande aan ՚n gemonteerde of sleepbare raam. Dit bied lekker vermenging en afronding van die grond sonder die risiko van verstopping.

Die toets lê in die tand: Nuwe Triflexfunksie vir verbeterde indringing en vermenging

Een van die grootste voordele van Kverneland se Triflex-tande is die feit dat die ratse, elastiese hol tand sy pad deur die grond oopvibreer om beter bewerking teen ’n laer koste en 'n hoër spoed te bewerkstellig. Die veerkragtige tand kan 7 cm van kant tot kant meegee om verby versperrings soos klippe te spring met 'n outomatiese wegbreek van 700 kg. Die veerkragtigheid van die tand absorbeer ook skokke.

Die tweede voordeel is die unieke en spesiale ontwerp van die tande, wat twee werksones tot gevolg het. Van die punt van die tand tot by die eerste hoek is slegs 33 grade, wat goeie indringing en losmaak verseker. Die tweede sone het 'n hoek van 73 grade wat doeltreffende en homogene vermenging van die bogrond bied sonder om kluite na die oppervlak te lig.

2. Gelykmaak van die grond met die skottels

Die Kverneland Enduro Pro bied die opsie tussen gelykmaakskare of gelykmaakskottels. Die Enduro Pro se tweede parallelogram in die gelykmaakstelsel verseker ՚n konstante werkhoek, selfs wanneer die diepte aangepas word. As alternatief vir die agterste dubbelroller op die Pro-weergawe kan 'n drievoudige vingerhark gemonteer word of 'n volgende hark saam met die rollers aan die agterkant van die werktuig gekoppel word om die grond netjies gelyk te maak en om onkruidontwikkeling te stuit.

3. Herkonsolideer jou grond

Die laaste stap van grondvoorbereiding is herkonsolidasie van jou grond, wat in eerlike Afrikaans beteken om die grond lekker ferm vas te trap sonder om dit te verdig. ՚n Vlak, weerbestande saadbed is die geheim tot die finale afronding –wat uitloging van kunsmis verminder en jou grondvog bewaar. Die dubbelrollers wat agterna kom, verseker ՚n konstante werkdiepte, en daar is ook ՚n wye reeks rollers beskikbaar om aan elke boer se behoeftes en vereistes te voldoen.

Enduro Pro T-sleepmodel

Benewens die driepuntgemonteerde modelle, bied Kverneland ook sleepmodelle. Die Enduro Pro T sleepmodel het 'n werkwydte van 4 tot 5 meter. Die sleepmodelle is 3-ry, sleepbare en opvoubare grondbewerkers. Die sleepbare Enduro voldoen aan die behoeftes van kommersiële mediumgrootte boerderye. Die tande is ongeveer 280 mm uit mekaar gespasieer met ՚n hoë onderbalkvryhoogte van 870 mm, wat goeie grondvermenging tot gevolg het sonder die risiko van verstoppings.

Soos met al Kverneland se toerusting, is die verstellings eenvoudig. Die dieptebeheerwiele tesame met die verstelbare agterrollers vers eker ՚n egalige werkdiepte en hou die tande sekuur op koers deur die grond.

Twee verskillende rame is beskikbaar. Die langer weergawe (+450 mm) kan ook met Actipress Twin- of Double Cage-agterrollers toegerus word.

Kom kyk self vanjaar by NA MPO na die indrukwekkende reeks Kvernelandgrondbewerkers en ander toerusting.

Kverneland maak boer pure plesier, want met Kverneland weet jy jy gee jou saad die beste kans om die beste opbrengs te lewer. Boonop kan jy jaar na jaar reken op Kverneland se ongelooflik streng gehaltebeheer en toerusting en Jupidex se flink span handelaars se skitterende kundigheid en diens.

As jy meer wil weet oor Kverneland se reeks werktuie vir alle toepassings, kontak Jupidex by (+27)33386-3574 of stuur ՚n e-pos na info@ jupidex.co.za, of besoek hulle webwerf by www.jupidex.co.za.

www.proagri.co.za ProAgri South Africa 289 3 Voorbladartikel
Die Enduro Pro werk so: Eerstens maak die tande die grond los, daarna maak die skottels die grond gelyk en laastens word die rollers ingespan om die grond lekker ferm en kluitvry vas te trap – en dit alles in een flink bewerking. Die sleepbare Kverneland Enduro Pro-T in aksie.

WWW.ULTRANEXUS.CO.ZA

AMOLED

HIGH CONTRAST HD AMOLED DISPLAY

COMPLETELY WATERPROOF IPX7

VARIABLE MAGNIFICATION

IPX

Tegnuus: Die nuutste in landboutegnologie van regoor die wêreld

Tortuga AgTech

wen

Landbourobot

van die Jaar 2024-toekenning

Verlede maand het ons die top vyf mededingers in die Landbourobot van die Jaar-kompetisie wat deur Future Farming aangebied word gewys. Die paneel beoordelaars het die Tortuga AgTech-aarbei- en tafeldruif-oesrobot as die wenner aangewys. Die robot is hoofsaaklik ontwerp vir oes, maar kan ook data vir voorspellings insamel, plante met UV-C-lig behandel en snoei.

Die finaliste is volgens hierdie kriteria beoordeel:

• Oorspronklikheid/tegniese deurbraak

• Uitvoerbaarheid/markgereedheid

• Potensiaal om 'n impak op mense se lewe te hê

• Aanvaarding deur boere, en • Volhoubaarheid

Een van die hoofredes waarom die beoordelaars Tortuga AgTech as wenner gekies het, is die feit dat die oesrobot ՚n oplossing bied vir een

Die Future Farming Landbourobot van die Jaar 2024 is die Tortuga AgTech-aarbei- en tafeldruif-oesrobot.

van die belangrikste uitdagings wat boere in die gesig staar: die tekort aan bekostigbare en geskoolde arbeid. Die paneel was ook beïndruk deur die robot se vermoë om verskeie soorte vrugte met 'n enkele masjien te oes.

Hierdie werktuig omskep ՚n droom van ՚n paar jaar gelede in 'n werklikheid. Dit demonstreer hoe landbourobots oplossings in die toekoms kan bied, voorspellings ՚n werklikheid kan maak en ander begeester om die moontlikhede

te ondersoek. Dit is hoogs prakties, aangebied op 'n dienskontrakbasis teen 'n koste gelykstaande aan huurarbeid.

Die werklike waarde daarvan lê nie in arbeidsbesparing nie, maar in die verskaffing van 'n oplossing vir die bedryf se arbeidskrisis. Boonop is dit veelsydig aangesien dit nie net gewasse oes en vervoer nie, maar dit ook met UV-lig behandel, plante snoei en noodsaaklike data aanteken. (Bron: Future Farming)

www.proagri.co.za ProAgri South Africa 289 5
Meganisasie
Die Tortuga AgTech kan oes, data versamel, plante behandel en snoei. (Foto's: Tortuga)

Willem Scholtz, Brits: “My voergewasse word op kleinerige lande op verskillende plekke geplant en die beweegbaarheid van die Ocmis maak alles makliker. Ek haak hom agter die trekker en sleep hom tot waar hy nodig is.”

Christiaan Pistorius van Magaliesburg sê: Ek kan drie kruipspuite koop vir een spilpunt se prys en dan kan ek dit makliker op verskillende plekke aanwend. Daarby benodig my kanon 65 000 liter water per uur teenoor die spilpunt se 110 000 liter vir amper dieselfde werk.”

Jason Coleman-Miles van Klerksdorp sê sy twee Rainmakers het al die pyn uit besproeiing gehaal.

Irrigation Unlimited versprei ook die plaaslike selfaangedrewe spuite van Rotrix.

www.proagri.co.za 6 ProAgri Suid-Afrika 289
Kontak ons by: 012-736-2121/2103/2526 Tobie van den Heever 082-658-6054 tobie@iunlimited.co.za www.iunlimited.co.za

Die Digital Workbench Tipard 1800 is deur die meerderheid van die publiek aangewys as hulle gunsteling. (Foto: Mark Pasveer)

Nuwe intelligente kolspuitstelsel

'n Nuwe, intelligente spuitstelsel vir gebruik in uie-, preie- en wortellande is van stapel laat loop ná suksesvolle samewerking tussen Techneat Engineering en Tillett and Hague Technology Limited.

Weed Wizard is 'n trekkeraangedrewe, voorgemonteerde, 3-bed, 6-meter wye voubalk wat 'n intelligente spuitstelsel insluit.

Die driekamerastelsel identifiseer onkruid soos die werktuig beweeg en hoëspoed, smal straalspuitpunte wat elke 100 mm oor die volle breedte van die spuitbalk gespasieer is, pas 'n smal plat waaiersproei op elke onkruid toe. Elke kamera volg 'n enkelbedding en word reg bo die gewasry gemonteer, wat die werktuig die beste moontlike oorhoofse aansig van die onkruidvoorkoms gee.

Teen 'n werkspoed van 5 km/u kan elke spuitkop verskeie kere in 'n kwessie van milli-sekondes reageer om te verseker dat geen geteikende onkruid gemis word nie. Die spuitbalk word ook doelbewus op 'n hoogte van net 50 cm bo grondvlak gestel, wat die masjien baie minder vatbaar maak vir die wegwaai van spuitstof in winderige toestande, veral in kombinasie met die plat waaierspuitpunte.

Die Weed Wizard is beskikbaar in tenkgroottes van 650 of 250 liter, werk

in normale dagligtoestande en benodig nie infrarooi tegnologie nie.

"Dit gee dit 'n beduidende voordeel omdat dit nie 'n skerm benodig om enige deel van die spuit te bedek om donker toestande te handhaaf nie. Die gebruik van 'n skerm kan die gewas maklik tydens operasie beskadig," sê Tom Neat, Techneat Engineering se besturende direkteur.

'n Sywaartse stabiliseringstelsel ondersteun ook die akkuraatheid van die Weed Wizard deur te verseker dat die spuitbalk altyd 'n stabiele posisie oor die gewas handhaaf, selfs al kan die trekker dit nie doen nie as gevolg van ongelyke grond.

Die nuwe stelsel bied verskillende instellings, wat die operateur in staat stel om vooraf die minimum onkruidgrootte en die hoeveelheid spuitstof wat op elke teikenonkruid toegedien word te verstel om oortoediening te verminder. Die operateur kan ook die gesigsveld van die masjien aanpas om 'n groei-stelsel met een, twee of drie beddings te weerspieël.

Nick Tillett, direkteur en medestigter van Tillett and Hague Technology wat die Weed Wizard se spuitsagteware-stelsel ontwerp het, beskou die intelligensie en betroubaarheid van die stelsel as die sleutels tot die sukses daarvan.

Hy sê: "Die kolspuitsagteware meet gelyktydig die voorwaartse spoed van die trekker en oordeel die visuele data van elke kamera deur rekenaaralgoritmes te gebruik om onkruid te identifiseer op grond van 'n kombinasie van faktore, insluitend die plante se posisie relatief tot gewasrye, grootte, vorm en kleur.

"Hoewel die stelsel oorspronklik ontwerp is om opskietaartappels te teiken, is dit sedertdien ontwikkel om alle soorte breëblaaronkruide te herken. Sodra 'n onkruid op die skerm geïdentifiseer is, besluit die algoritme watter spuitpunte aangeskakel moet word, en vir hoe lank, om die regte hoeveelheid onkruiddoder aan elke geteikende onkruid te lewer met minimum oorsproei.

"Die stelsel is ten volle outomaties, so sodra die operateur die spuit ingestel het, sal dit onkruid teiken met 'n baie hoë mate van akkuraatheid wat

CNH belê in kunsmatige

intelligensiebeeldvertolking

kontak met die gewas verminder.

“Op die sagtewarelisensiëring is daar geen jaarlikse of hernuwingsfooie om te betaal nie en enige opgrade-rings word sonder koste aan die gebruiker gestuur," sluit hy af. (Bron: www. aafarmer.co.uk)

CNH Venture het hulle landboutegnologie-oplossings vir boere uitgebrei deur 'n minderheidsbelang in Bem Agro, 'n jong Brasiliaanse maatskappy en bestaande verskaffer aan CNH, te bekom.

Bem Agro gebruik kusmatige intelligensie (KI) om enige tipe lugveldbeeld wat deur vliegtuie, hommeltuie en satelliete geneem is, in landboukundige karteringsverslae om te skakel. Hierdie verslae verskaf belangrike inligting wat boere in staat stel om beter besluite te neem oor die optimalisering van veldbedrywighede, die toekenning van hulpbronne en die verhoging van opbrengs. Algehele verbeterde masjienprestasie, groter produktiwiteit en verlaagde bedryfskoste word ook behaal deur hierdie tegnologie te gebruik.

In suikerriet-, graan- en vesellande, waar boere moeilik kan sien, verskaf Bem Agro se kaarte riglyne vir koersregstelling en vermindering van gewasskade. Hulle onkruidkartering bepaal spesifieke gebiede wat gespuit moet word, wat onkruiddodergebruik tot die minimum beperk.

Hierdie belegging volg op meer as vyf jaar se suksesvolle kommersiële vennootskap met Bem Agro. CNH gebruik tans hulle karteringsoplossings in Case IH- en New Holland-handelsmerke se Connected Platforms vir suikerrietstropers, trekkers en spuite in Brasilië, Indonesië en Thailand. Saam met Bem Agro beoog CNH om hulle huidige en toekomstige presisietegnologie-oplossings se reikwydte aansienlik te vergroot. (Bron: World-Agritech.com)

www.proagri.co.za ProAgri South Africa 289 7 Meganisasie
Die Weed Wizard identifiseer en teiken onkruid in groentelande.

Kry die veiligste passasiersvoertuig

As jy nog nie weet dat die Mahindra XUV300 as een van die veiligste motors in Afrika benoem is nie, dan is dit nou die tyd om jou ore te spits. Dié besonderse prestasie is in 2021 aangekondig en het reeds gelei tot talle verkope van die motor.

Die XUV300 word erken as die motor met die hoogste vyfster-veiligheidsgradering deur Global NCAP (New Car Assessment Programme). Hierdie is ՚n projek wat begin is om die veiligheid van motors wêreldwyd te verseker en vervaardigers by te staan met die verbetering van gehalte motorveiligheid. Tussen al die motors vir die Afrikamark is dié Mahindra-sportnutsvoertuig dus die uitblinker!

Wat meer is, die XUV300 spog boonop met ՚n vierster-kinderveiligheidsgradering. Die veiligheid van kinders as passasiers word afsonderlik beoordeel. Dit behels ՚n toets wat kyk na die beperkingstelsel (gordels en vasmaakpunte) in die voertuig wanneer die voertuig ՚n kop- of sybotsing beleef. Dan word daar ook gekyk na die model se vermoë om verskillende karstoeltjies van verskeie groottes te akkommodeer. Mahindra noem dit ISOFIX-karstoeltjiemonterings. Laastens kyk die toets na die voorsiening wat die voertuig as ՚n geheel maak vir die veilige vervoer van kinders.

Mahindra is toegewyd aan veiligheid

Die Indiese vervaardiger het bewys dat hulle toegewyd is aan die verskaffing van gehalte voertuie wat veiligheid bevorder. Die Mahindra XUV300 het die beste resultate getoon teenoor mededingers met betrekking tot die sy-impak van ՚n botsing. Met hierdie uitslae was ՚n nuwe maatstaf gestel vir voertuie in die Suid-Afrikaanse, maar ook Afrika-mark. Volgens Rajesh Gupta, die uitvoerende hoof van Mahindra Suid-Afrika, is die vyfster-gradering van die Global NCAP die hoogste vorm van erkenning van veiligheid wat die model kon kry. “Wanneer die voertuig se passiewe veiligheid saam met sy werksverrigting, uitstekende padvermoë en dinamiese stuurvernuf oorweeg word, is dit duidelik die perfekte sportnutsvoertuig vir Suid-Afrikaanse gesinne.

“Boonop bied ons ook ongeëwenaarde waarde ten opsigte van styl, werksverrigting en bykomstige kenmerke.”

Wat maak die Mahindra XUV300 veilig?

Die hoofveiligheidskenmerke waarmee die XUV300 spog is die sewe lugsakke, insluitend knie-lugsakke wat die bestuurder se knieë beskerm tydens ՚n kopteenkop botsing. Die ander lugsakke is dub -

bel lugsakke wat voor in die voertuig is, sylugsakke en gordynlugsakke wat insittendes teen glasstukke van die vensters beskerm.

Verder is daar skyfremme op elk van die vier wiele, sensors aan die voorkant om te help met parkering, asook spesiale truspieëltjies wat die bestuurder se siglyn verbeter.

Die motor het ՚n ingeboude elektroniese stabiliseringsprogram wat die Dynamic Steering Torque-kenmerk bevat.

Vir die bestuurder se gerief is daar toerusting wat sorg dat die motor nie terugrol nie en ook help met die wegtrek teen skuinstes. Temperatuuren druksensors op die bande verseker dat jy ook altyd die regte lugdruk in die bande het. Die lugremme het elektroniese remkragverspreiding.

Misligte voor en agter maak in gevaarlike weersomstandighede die rit ook veiliger.

Moet dan ook nie jou veiligheidsgordelkennisgewing vergeet nie…

Toetsbestuur ՚n Mahindra XUV300 ligte sportnutsvoertuig by Mahindra Alberton vaandag. Bespreek by https://www.mahindraalberton.co.za/book-a-test-drive/ of skakel (+27)87-803-1108.

www.proagri.co.za ProAgri South Africa 289 9
Meganisasie

THE NEW LAND CRUISER 70 SERIES

STILL THE MASTER

Introducing the new Land Cruiser 70 Series. Equipped with a new rugged grille and bumper with a black finish, refined styling, improved safety* and convenience features* and LED fog lamps, the new Land Cruiser 70 Series has been upgraded to suit the present-day, while retaining the durability and reliability that have made it the master of Africa for so many years.

When it comes to performance, the new Land Cruiser 70 Series delivers incredible power throughout the range, which now has a more fuel-efficient, 2.8 ℓ turbo-diesel model added to the line-up.

No matter the task or the terrain, the new Land Cruiser 70 Series is Still the Master.

*Available on selected models

Laat opdraandes soos afdraandes voel met die nuwe Toyota Land Cruiser 70-reeks

deur Ashleigh Schubert

As ek sê “boer”, dink jy outomaties… Toyota Land Cruiser! In Suid-Afrika is “bakkie” sinoniem met boer. Of jy nou grondpaaie of spitsverkeer in die gesig staar, maak hierdie voertuig die rit nie net makliker nie, maar ook lekkerder. En, met die daaglikse uitdaging van grondpaaie en slaggate, het jy ՚n kragtige Toyota Land Cruiser 70-reeksmodel nodig om jou weg deur ons land te baan.

Glenn Cromptom, vise-president van bemarking by Toyota South Afrika Motors (TSAM), stem saam met hierdie stelling. Hy sê die Land Cruiser 70-reeks kan ՚n wye verskeidenheid klante bevoordeel. Kopers kan kies en keur tussen die enkelkajuit, dubbelkajuit en stasiewa.

“Die toevoeging van ՚n nuwe dryfstelsel sal nie net die aanloklikheid van die Land Cruiser 70-reeks na ՚n groter gehoor uitbrei nie, maar ons klante ook die keuse bied tussen die wringkragryke, viersilinder-outomatiese en die beproefde V8-handrat-modelle.”

Die Toyota Land Cruiser 70-reeks is nou die beste nog! Hierdie voertuig is ná die nuwe opgraderings die definisie van styl en krag. Die opgegradeerde tegnologie, gekombineer met doelgerigte stylveranderinge binne en buite, laat dit behoorlik voel asof jy in ՚n luukse voertuig ry. Dié voertuig is egter rateltaai en geen uitdaging is ՚n probleem vir die kragtige Toyota Land Cruiser 70-reeks nie.

Meesterlik op die pad en in die veld! Die Land Cruiser 70-reeks pronk met ՚n keuse van ՚n 4,0-liter-petrol-, 4,2- en 4,5-liter-diesel- of ՚n 2,8-literturbodiesel-viersilinderenjin wat ՚n kragtige 150 kW teen 3 400 opm. en 500 Nm wringkrag vanaf 1 600 tot 2 800 opm. bied.

Die beste moontlike werkverrigting in moeilike toestande is ՚n gegewe in ՚n Land Cruiser en die nuwe 70-reeks staan nie terug vir harde werk nie. Dié voertuie bly deurgaans koel en het ՚n remsleepvermoë van ՚n stewige 3 500 kg.

Veldry is pure plesier in die nuwe Land Cruiser, te danke aan die voor- en agtersluitewenaars, wat deurgaans die regte hoeveelheid vastrapkrag verseker. Die reeks is ook toegerus met ՚n deeltydse 4x4-stelsel met ՚n laestrek-ratkas, duursame asse en kronkelvere voor.

Die vere maak die voël

Die Land Cruiser 70-reeks se retrostilering is duidelik deur vorige modelle geïnspireer en is maklik herkenbaar as deel van dié legendariese voertuig. Die nuwe estetiese opgraderings laat die Land Cruisers gewis kop en skouers bo die ander uittroon.

՚n Breë buffer, swart modderskerms en donkergrys 16”-allooisierwiele rond die Land Cruiser 70-reeks-modelle se opgedateerde, dog sterk en klassieke voorkoms, af en dra by tot die voertuig se gevoel van stabiliteit en krag. Die Toyota-naam, met sy belofte van gehalte en betroubaarheid, staan trots bo die driegleuf-verkoelingsopening geskryf.

Binne die kajuit het al die nuwe Land Cruisers van die 70-reeks ՚n bêreplek met ՚n deksel tussen die voorste sitplekke en dit, saam met die bekerhouers vir jou boeretroos en verskeie kleiner kompartemente, verseker dat jy bêreplek vir alles het.

Die nuwe inligtingvermaakskerm bied Bluetooth-koppeling, asook Apple CarPlay, Android Auto, navigasie en meer. Insittendes kan ook die gerief van lugversorging en elektries beheerde vensters geniet. Die VX-modelle sluit ook ՚n manjifieke Rockford Fosgateklankstelsel in.

Die leersitplekke van die Land Cruiserstasiewa is luuks en duursaam, terwyl die tweede ry sitplekke vorentoe kan vou om die laairuimte te vergroot en by te dra tot die praktiese gebruik van die voertuig. Die ander weergawes se sitplekke is oorgetrek met ՚n duursame grys materiaal wat perfek is vir passasiers wat altyd aan’t rondrits is.

Die Land Cruisers speel in ՚n japtrap klaar met steil opdraandes en die viersilinder-weergawes het boonop afdraandebystandbeheer, wat die remme outomaties reguleer. Die Land Cruiser-stasiewa het ՚n tru-kamera wat help wanneer jy in klein ruimtes moet beweeg. Ander bykomstighede wat bygevoeg kan word, sluit onder meer ՚n yskas en Wi-Fi in.

՚n Spektrum kleure laat jou Land Cruiser by jou styl pas. Kies uit ivoorwit, satynsilwer metaal, sandbeige, grafietgrys metaal, robyn metaal en donkerblou.

Alle Land Cruiser 70-reeks-modelle word aangebied met ՚n 3-jaar/100 000 km-waarborg en ՚n opsionele 100 000 km-diensplan.

Die nuwe Toyota Land Cruiser 70-reeks is kragtig en luuks.

www.proagri.co.za ProAgri South Africa 289 11 Meganisasie
Besoek die Toyota Land Cruiser webtuiste by www. toyota.co.za vir nog inligting.

tot jou diens!

AGCO-handelaar in Noordwes gee terug aan boere

Enige gesoute boer verstaan hierdie baie goed: Dit help nie jy koop ՚n trekker van hoë gehalte, maar daar is nie agterna naverkopediens nie. Tradestuff in Noordwes verstaan dit ook en dit is wat sorg dat Tradestuff se getroue klante altyd terugkom vir nuwe toerusting.

“Diens, diens, diens,” sê Rudi Barnard, eienaar en bestuurder van Tradestuff in Hartbeesfontein. Dit is die kern van hulle onderneming. Hy en sy vrou, Lindie, het die handelaarskap in 2005 begin nadat hulle albei hulle werk verloor het. So uit die hartseer is die goeie ook gebore en hulle het nog nie een dag teruggekyk nie.

Hulle verskaf ՚n verskeidenheid landbouwerktuie, trekkers en ander los goedere. Tradestuff was van die begin af ՚n Massey Ferguson-handelaar, maar hulle het eers onlangs, in 2021, ook die Fendt-agentskap bygekry na ՚n streng keuringsproses.

Rudi sê dit is maklik om MF en Fendt te ondersteun, want hy ontvang al die nodige rugsteun vanaf AGCO, die handelsname se moedermaatskappy. “Hetsy prysondersteuning of iets anders, die ouens bring hulle kant en dit maak dat ons daardie selfde ondersteuning aan ons boere kan gee.”

As ՚n dankie-sêgebaar het Tradestuff ՚n spesiale geleentheid aangebied om hulle dankbaarheid aan hulle klante te wys. Dit is op 15 Februarie by die handelaar se perseel gehou met ՚n vertoning deur Juanita du Plessis om die uitgesoekte genooides te vermaak en lekker kos om die aand pragtig af te rond.

“Ons het ongelooflike ondersteuning gekry van ons klante die afgelope paar jaar, veral verlede jaar,” vertel hy. “So hierdie geleentheid is uitsluitlik om hulle te bedank.”

ProAgri het tydens die dinee met vier van die boere gesels om te hoor wat vir hulle uitstaan met betrekking tot Tradestuff.

Koos Steyn van Johandri Trust Boerdery, Ottosdal Koos Steyn boer naby Ottosdal met mielies, sonneblom en vee. Sy Fendttrekkers word hoofsaaklik vir grondbewerking gebruik, maar hy sê daar is niks wat die trekker eintlik nie doen nie.

“Ons het Fendt- en Challenger-trekkers,” verduidelik hy. ”Die afgelope seisoen het ons ook ՚n paar MF-trekkers aangeskaf. Die tegnologie in die Fendt is baie goed en dit is lig op brandstof. Boonop kry ons verskriklike goeie diens by Tradestuff.”

Vir Koos is diensondersteuning van die uiterse belang. “’n Trekker is net so goed soos sy naverkopediens,” sê hy. “Jy kan die beste produk hê, maar as jy hom nie kan regmaak nie, dan beteken dit vir jou niks nie."

Die pad wat hy met Tradestuff loop is ook vir hom ՚n plesier. “Ons kry puik diens, enige dag of nag. Jy kan bel, hulle help jou en maak seker jou trekker loop.”

Louis Coetzee van MushledowVoerkraal, Koster

By Mushlendow-Voerkraal is Louis Coetzee trots op sy vloot Massey Fergusons. Die voerkraal is die hoofboerdery, maar daar is ook ՚n aanvullende saaigedeelte.

Louis-hulle het verskeie MF-modelle: MF6485’s, ՚n MF6713 wat donkiewerk doen soos mis strooi, ՚n MF7614, ՚n MF7615 en selfs ՚n MF7720 S vir swaar voerkarre sleep voordat dit saaiery toe gaan. Daar is ook ՚n MF8737 vir plantwerk en ՚n MF8727 S vir kalkstrooi. Laastens is daar ook verskeie ouer modelle om te help met allerhande take op die plaas. “Aanvanklik het ek in die boerdery die Massey Ferguson’s geërf, maar met al die ure wat die trekkers per week werk, is die som om Massey's aan te koop meer as die moeite werd,” verklaar hy.

“Ons werk baie ure, so brandstof is ՚n groot jaarlikse uitgawe. Ons moet gebruik maak van die fabrikaat met die beste brandstofverbruik. Dit is hoe ons by die Massey’s geëindig het,” brei Louis uit.

“Wanneer ons ooit probleme ervaar het met enige trekkers was Tradestuff nog altyd bereid om na die tafel te kom en daarom is dit vir ons die

www.proagri.co.za 12 ProAgri Suid-Afrika 289 Meganisasie
Tradestuff is die trotse verspreider van Massey Ferguson en Fendt in Noordwes. Rudi Barnard, eienaar van Tradestuff, en Koos Steyn, boer van Ottosdal. Louis Coetzee van MushlendowVoerkrale voel bederf met die gehalte diens wat hy by Tradestuff ontvang.

moeite werd om by hulle ons trekkers te laat versien. Rudi-hulle versien die trekkers elke 4 000 uur. Ek kan hom Sondagaand bel en sê ek het ՚n probleem met ՚n trekker en eerste ding Maandagoggend stryk hulle die probleem uit,” getuig hy. “Indien hulle dit nie self kan regstel nie is daar rugsteun van AGCO vir elke uitdaging.”

Louis noem dat Tradestuff selfs toegewyd omsien na mense in die omliggende gebiede van Koster wat by hom tweedehandse trekkers gekoop het.

Eben Venter, Sannieshof

Eben het ՚n saaiboerdery waar sy Fendt-trekkers wat hy by Tradestuff aankoop handig te pas kom.

“Ons stap al ՚n geruime tydjie ՚n pad saam met oom Rudi,” vertel hy. “Hulle dienslewering is uitstekend. Hulle kyk werklik na hulle mense. Jy kan verseker wees dit is nie ՚n kwessie van jy koop die trekker en hulle vergeet van jou nie. Hulle is daar en gee altyd vir jou goeie raad oor hoe om die trekkers

Danie en Carel Erasmus, pa en seun van Delareyville, skroom nie om op Tradestuff se knoppie te druk as daar ՚n probleem ontstaan nie – die span los

Tradestuff het die Fendt-agentskap in 2021 verkry.

As Tradestuff nie onmiddellik ՚n onderdeel beskikbaar het nie, dan maak hulle vir jou ՚n plan!

ten volle te benut.”

Oor sy lojaliteit aan die handelsnaam antwoord hy bloot: “Dit is Fendt. Jy stap in ՚n familie van kundige mense in wat gereed is om jou te help.”

Danie en Carel Erasmus van Dawilka Boerdery, tussen Ottosdal en Delareyville

Massey Ferguson kom nou al ՚n lang pad met die Erasmus-gesin. Sedert Danie se pa begin boer het was die MFhandelsnaam deel van die boerdery, en nou vandat sy seun ook intensief betrokke is, leef die naam steeds voort.

Daar is verskeie trekkers uit dié stal wat hulle saaiboerdery met sojabone, mielies en sonneblomme moontlik maak. Een van hierdie is die MF 8737 waarmee die geenbewerkingsplanter gesleep word. Dan het hulle ook onlangs ՚n 530R-hoogloopspuit aangeskaf.

“Dit is ՚n familietradisie wat so met

die jare kom. En alhoewel daar tussendeur ander fabrikate was wat ook goeie diens gelewer het, bly Massey Ferguson ՚n betroubare naam.”

Danie prys die diens wat hy by Tradestuff ontvang. “Selfs al sou hulle nie ՚n onderdeel beskikbaar hê nie, maak hulle vir jou ՚n plan. Ons het dit self beleef toe ons ՚n splinternuwe spuit aanskaf waarvan die onderdele nog nie so vrylik beskikbaar was nie. Toe ons teëspoed optel was die span gretig om te help.” In ՚n japtrap was Danie en Carel se probleem opgelos.

Spanwerk maak alles moontlik

Volgens Rudi is die sukses en goeie naam wat die handelaar oor die laaste twee dekades gebou het te danke aan die toegewyde personeellede. "Geen taak is te groot of te klein vir enige iemand nie," lig hy uit.

Dit is ook danksy die harde werk en toewyding van die Tradestuff-span dat die aand so noukeurig beplan en suksesvol was. Terwyl gaste die vertoning geniet het was personeellede besig om die smullekker aandete voor te berei en voor te sit.

“Ons wil aan almal geluk sê met die afloop van hierdie seisoen en baie sterkte met die volgende een,” sluit Rudi af.

Vir verkope en ondersteuning van Massey Ferguson- en Fendt-toerusting in Noordwes, kontak die Tradestuff-span by (+27)18-4310062 of besoek hulle webtuiste by https://mftradestuff.co.za/.

www.proagri.co.za ProAgri South Africa 289 13 Meganisasie
enige probleem in 'n japtrap op. Eben Venter, die trotse eienaar van verskeie Fendt-trekkers.

Rovic vat g’n strooi wanneer dit kom by strooiwerk

Stewig, sterk, stabiel, veelsydig, betroubaar, duursaam en strooi sonder sukkel! Dit is Rovic Leers se RSM 10-14 Synco-strooier. Daarvan getuig boere wat onlangs die voortreflike strooier by Chrissiesmeer-boeredag in aksie gesien het.

Melissa Jonker, Rovic Leers-verteenwoordiger, vertel meer van die strooier: “Die strooier dra lag-lag ՚n totale vrag van 14 ton op sy as en het ՚n totale kapasiteit van 10 kubieke meter. Dit is waar die 10 – 14 in sy naam vandaan kom. Wanneer hy leeg is, weeg hy 3 300 kg. Hierdie strooier kan gips, korrelkunsmis, mis of kalk strooi.

“Binne-in die strooier se bak is die tweeling-voerkettings wat afsonderlik beheer kan word met hidroulies aangedrewe ratkaste. Die hidrouliese stelsel dryf ook die twee skywe wat die kunsmis strooi afsonderlik aan,” sê Melissa.

Dit is duidelik dat die strooier van voor tot agter netjies en noukeurig ontwerp is om die boer jare en jare lank te beste te dien. “Alle werkende dele wat in aanraking met die materiaal kom, is van vlekvrye staal vervaardig, insluitend die skywe met hulle werpers,” verduidelik Melissa.

“Die hidrouliese pype van die strooier is netjies en veilig in ՚n staalkanaal weggesteek sodat daar geen los pype is wat kan vashaak nie,” vertel sy.

Die strooier het ՚n inspeksie venstertjie aan die voorkant, wat die operateur in staat stel om die bak deurlopend dop te hou tydens werk. Daar is ook ՚n

Rubberbuste tussen die strooier se onderstel en disselboom absorbeer skokke en vergemaklik die rygenot vir die operateur.

leertjie aan die voorkant van die strooier sodat die operateur veilig en sonder sukkel kan opklim om in die bak te kyk.

Melissa vertel ook: “Die bokant van die bak het staal tralies, wat 7 cm uitmekaar gespasieer is om te verhoed dat groot klippe of ander ongewenste materiaal in die bak beland.”

“Rubberbuste tussen die strooier se onderstel en disselboom absorbeer skokke en vergemaklik die rygenot vir die operateur” verduidelik Melissa. Sy voeg by: “Voor aan die trekstang is ook ՚n balk wat verhoed dat die masjien heen en weer skud.”

Die strooier is as standaard toegerus met Topcon ECU. Te danke daaraan is daar twee instellings wat die operateur kan gebruik, naamlik die vragwaarneming- en konstante toediening. Opsioneel op die strooier is ՚n weegskaal asook Raven en GreenStar.

Toegevoegde kenmerke is die bande wat geruil word vir werk- en padrydoeleindes wat saam met standaard ruilgereedskap kom, asook wielblokke en ՚n gereedskapskas vir enige gereedskap wat die operateur op die land mag nodig hê.

Die tweeling-voerkettings in die bak voer die materiaal wat gestrooi moet word sagkens maar onverbiddelik na die strooiskywe.

Alle komponente aan die agterkant van die strooier is van vlekvrye staal gemaak sodat kunsmis dit nie kan vreet nie. Agter aan die strooier is ook die unieke en gepatenteerde Rovic Leers-ontwerpte klipskeier om te verseker dat ongewenste materiaal, nie die strooier se rotasie skywe beskadig nie, maar eerder met die staalkurwe afgly.

Die bo-aansig van die bak, toegemaak met staaltralies om klippe en ander vreemde materiaal uit te hou.

As jy wil strooi sonder sukkel, kontak Rovic vandag nog by 011-396-6200 of besoek hulle webtuiste by www.rovicleers.co.za.

www.proagri.co.za ProAgri South Africa 289 15
Meganisasie

SMARTAND VERSATILE

VALTRABH154

THESTRONGCHOICE

3SPEEDPOWERSHIFT

170L/MINHYDRAULICFLOW. 7,8TONLIFTCAPACITY. LONGWHEELBASEANDHEAVYCONSTRUCTION.

VALTRAA134H

THESMARTCHOICE

16/16POWERSHUTTLE

TRANSMISSIONWITHAUTO4 SPEEDPOWERSHIFT.

GUIDANCEREADY

AUTONEUTRAL

BOTHLOWFUELCONSUMPTION COMMONRAIL AGCOPOWERENGINE

UNBEATABLEPRICES

Pioneer verstaan mielies en water: Nuwe P1225PW-geelmieliebaster benut water wys

Hierdie artikel handel oor ՚n paar belangrike punte rakende die waterverbruik van mielies deur die loop van die plant se ontwikkelingstadia. Dit is ՚n belangrike aspek van besproeiing- en droëlandbasters wat soms agterweë bly. Gewaswaterverbruik, ook bekend as evapotranspirasie of ET, bestaan uit twee komponente: grondverdamping (E); en gewastranspirasie (T). Mielies is die sensitiefste vir watertekorte vanaf blom deur die graanvulstadium. Hierdie aspekte word kortliks verduidelik.

Evapotranspirasie

Verdamping: Vroeg in die groeiseisoen vind waterverliese uit die grond hoofsaaklik plaas by wyse van verdamping vanaf die grondoppervlakte. Soos die gewas groei en meer blaaroppervlakte skadu oor die grond vorm, neem verdamping af namate transpirasie toeneem.

Transpirasie: Tydens die proses van transpirasie neem plante water uit die grond op en vervoer dit na die blare. Klein openinge in die blare (stomata) laat waterdamp van die plant na die atmosfeer beweeg, wat die plant afkoel. Die tempo van transpirasie hang af van klimaatstoestande, hoofsaaklik lugtemperatuur, wind, humiditeit en sonstraling. Die tempo van transpirasie neem toe met hoër lugtemperature, meer sonstraling en windspoed. Hoë humiditeitsvlakke verminder transpirasie deur die verskil in waterpotensiaal tussen die blaarlugruim en die omringende lug te verminder.

Evapotranspirasie gedurende die groeiseisoen: Verdamping maak dikwels 20 tot 30%, en transpirasie 70 tot 80%, van totale ET oor die loop van ՚n groeiseisoen uit (Kranz et al, 2008). Totale ET oor die loop van die groeiseisoen hang van plaaslike klimaatstoestande en die relatiewe volwassenheid van die plant af. Langer, relatiewe volwassenheidsbasters sal deur die loop van die groeiseisoen meer water benodig (Figuur 1).

Onder droogtespanningstoestande kan wateronttrekking uit dieper lae toeneem namate water naby die bokant van die grondprofiel uitgeput raak (Irmak en Rudnick, 2014). Die impak van waterstremming op mieliegraanopbrengste wissel na gelang van die plant se groeistadium (Figuur 2).

Mielies is relatief onsensitief vir watertekorte tydens die vroeë vegetatiewe groeistadiums, aangesien die vraag na water dan relatief laag is. Plante kan regdeur die grootste deel van die vegetatiewe tydperk by waterstremming aanpas om die impak daarvan op graanopbrengs te verminder. Mielies is egter baie meer sensitief

Pluimontwikkeling

vir waterstremming vanaf blom deur graanvulling.

P1225PW in 'n neutedop: Hierdie is ՚n nuwe tegnologietoevoeging van PowerCore™ tot die P1225platform. In hierdie stadium is dit ՚n uitstekende besproeiingsplatform met stabiele opbrengspotensiaal vir die oostelike en westelike produksiestreke. Dit is ՚n opwindende kortgroeiseisoen, geel besproeiingsplatform wat met groot omsigtigheid saam met die P1513- en P1975-platforms in ՚n pakket op droëland aangewend kan word.

P1225 en P1225PW is hoë-potensiaalbasters met uitstekende aanpasbaarheid en stabiliteit, wat koeler omstandighede beter as die P1197platform kan hanteer. Dit kom baie sterk op en lewer ՚n baie sterk saailing. Verder beskik die platform oor goeie agronomiese eienskappe vir ՚n besproeiingsbaster. Dit kan vroeg geplant word en is ook geskik vir laat aanplantings.

Die platform is enkelkoppig en kan met optimale toestande goed kompenseer. Dit is ՚n medium oopraamplant met ՚n langer blaarvorm en beskik oor uitstekende graan met ՚n hoë skepelmassa.

Nog ՚n goeie eienskap is dat dit in alle grondtipes en rywydtes presteer. Dit het ook ՚n tipe groenbly-eienskap. Hierdie platform het goeie blare vir ՚n besproeiingsbaster, maar ՚n bespuitingsprogram moet steeds gevolg word. Die platform is aangepas vir enige plantbevolking, maar nie te hoog nie. Besproei verkieslik tussen 65 000 en 75 000 plante/ha, afhangend van rywydte.

P1225 en P1225PW lyk na ՚n platform wat oor baie goeie waterverbruik en waterverbruiksdoeltreffendheid beskik. Dit is belangrik dat hedendaagse mieliebasters oor die vermoë beskik om goed graan te produseer vir elke millimeter water wat dit verbruik, veral gegewe die impak van hoë elektrisiteit- en waterpryse tesame met veranderende klimaatstoestande.

www.proagri.co.za ProAgri South Africa 289 17
Figuur 1: Daaglikse gemiddelde mieliewaterverbruik vir verskillende groeiseisoenbasters.
meer inligting, kontak Pioneer by info.rsa@ pioneer.com of besoek www.pioneer.com/za
Figuur 2: Vatbaarheid vir waterspanning by mielies (Sudar et al, 1981).
Vir
Maksimum vegetatiewe groeitempo Baard Kopontwikkeling
Persentasie potensiële opbrengsverlies wanneer droogte gedurende hierdie tydperk voorkom
Gewasproduksie
Opbrengs vatbaarheid (%)

Pixxaro® 266 EC

An emulsion concentrate herbicide for pre-plant burndown of broadleaf weeds on fallow lands and selective early post-emergence control of broadleaf weeds in wheat and barley.

Quelex™ 200 WG

A water dispersible granule herbicide for early post-emergence broadleaf weed control in wheat in the Western Cape and

summer rainfall region.

Tarzec® 320 WG

A water dispersible granule herbicide for selective, early post-emergence control of broadleaf weeds and some annual grasses in wheat in the Western Cape and irrigated areas in the summer rainfall region.

www.proagri.co.za 18 ProAgri Suid-Afrika 289 Maximize Your Wheat Yield
Arylex® Active Visit us at corteva.co.za
Potential With
HERBICIDES
the
Experience Unrivaled Freedom To Rotate Crops Low Use Rates Resulting In Low Environmental Load Effective PostEmergence Control An Innovative Growth Regulator Herbicide Which Attacks Weeds From Within, Stopping Plant Growth & Results In Cell Death FOR MORE INFORMATION CONTACT THE REGISTRATION HOLDER: Corteva Agriscience RSA (Pty) Ltd · Reg. No. 1991/003030/07 • Paarl +27 (0) 21 003 8259 • Centurion +27 (0) 12 683 5700 • 2nd Floor, Building A, Lakefield Office Park, 272 West Avenue, Centurion, 0157, Gauteng, Republic of South Africa. OUR CROP PROTECTION PRODUCTS ARE AT THE HEART OF AGRICULTURE ALWAYS USE ACCORDING TO LABEL RECOMMENDATIONS: Pixxaro® 266 EC contains Arylex® (16.25 g a.e./L) and fluroxypyr (250 g a.e./L) | Reg. No. L11191 | Act No. 36 of 1947 • Quelex™ 200 WG contains Arylex® (100 g/kg) and florasulam (100 g/kg) | Reg. No. L10759 | Act No. 36 of 1947 • Tarzec® 320 WG contains Arylex® (70 g/kg) and Pyroxsulam (250 g/kg) | Reg. No. L10760 | Act No. 36 of 1947 TM ® Trademarks of Corteva Agriscience and it’s affiliated companies. © 2024 Corteva. HAZARD STATEMENT(S) FOR PIXXARO® 266 EC May cause an allergic skin reaction. Causes serious eye damage. May cause respiratory irritation. Very toxic to aquatic life with long lasting effects. DANGER HAZARD STATEMENT(S) FOR QUELEX™ 200 WG Causes serious eye irritation. May cause cancer. Very toxic to aquatic life with long lasting effects. DANGER HAZARD STATEMENT(S) FOR TARZEC® 320 WG May be harmful if swallowed. Causes serious eye irritation.Very toxic to aquatic life with long lasting effects. WARNING

Corteva Agriscience crop protection:

Our crop protection solutions are at the heart of agriculture

Crop protection products from Corteva Agriscience give you the power to fight insects, diseases, and weeds. Find the right crop protection technology to maximise your hectares.

We aspire to work alongside you, our farmers, as you strive to produce the food society demands, in the safe and responsible way everyone needs.

Different crops have different demands. Whatever you cultivate, we support your success with the seed, crop protection and digital farming technology to meet the changing needs of your crops and your operation. As a company focused on sustainable crop protection solutions, we share this responsibility. Our core focus lies in:

• Improving the way crops are grown.

• Increasing the health and safety of the food that we consume.

• Reducing the environmental impact of food production processes.

We also understand the challenges our farmers face when aiming to achieve these goals in a profitable, successful, and sustainable manner. With the climate changing, pests multiplying and resistance increasing, it is understandable that many of our farmers need to change and adapt. By choosing to incorporate crop protection solutions that strive to best serve the industry, the environment, and the people of our world as a whole - this adaption can be made easier.

With that being said, when it comes to the control of weeds on winter grains, we at Corteva Agriscience have created the Arylex Portfolio. This product offering which features Arylex Active is designed to maximise your wheat yields.

It is an innovative growth regulator herbicide which attacks weeds from within, stopping plant growth and resulting in cell death. This enables you to experience unrivalled freedom to rotate crops, low usage rates resulting in low environmental load, and effective post-emergence control.

The Arylex Portfolio includes:

Pixxaro266 EC (Reg. No. L11191) is an emulsion concentrate herbicide for preplant burndown of broadleaf weeds on fallow lands and selective early postemergence control of broadleaf weeds in wheat and barley.

Quelex 200 WG (Reg. No. L10759) is a water dispersible granule herbicide

for early post-emergence broadleaf weed control in wheat in the Western Cape and the summer rainfall region.

Tarzec 320 WG (Reg. No. L10760) is a water dispersible granule herbicide for selective, early post-emergence control of broadleaf weeds and some annual grasses in wheat in the Western Cape and irrigated areas in the summer rainfall region.

At Corteva Agriscience, our future focused approach to crop protection places us at the very heart of agriculture; from soil to table, we strive to assist our farmers in producing only the best. We equip you with the right products, for the right crops, at the right time to achieve the best possible outcomes. We are continuously evolving our crop protection portfolio by adding more natural, safe, and sustainable solutions to our product offering.

Additionally, our research, innovation and investment are targeted toward the most important new actives and mixtures—with an unrivalled pipeline of new launches on the horizon. Our farmers are afforded a wide range of options to address an extensive array of pests and crops with multiple modes of action, and sustainable innovation criteria.

Drawing on our expertise and experience, we have the capacity and knowledge required to advise our farmers as to which crop protection products and seed varieties work best alongside each other, whilst providing digital tools to

Produce healthier and higher quality crops, which are better defended against weeds with Corteva.

determine how and where to apply crop protection solutions in the field.

When you partner with Corteva as your crop protection technology partner, you will have effective products that the market demands today, and the sustainable solutions that will optimise profitability for tomorrow at your fingertips. With our support, you will be empowered to produce healthier and higher quality crops, better defended against disease and pests, protected in ways that are more environmentally friendly today, while anticipating society’s needs tomorrow. Our innovations are focused on the future of agriculture, to make a difference for farmers today and in the years to come. Together, we will grow progress for agriculture and society, enriching the lives of those who produce and those who consume.

www.proagri.co.za ProAgri South Africa 289 19 Gewasproduksie

Van rank na rak, die Leysgonies sorg vir vars komkommers

Tussen die pragtige koppies van die Magaliesberg by Hekpoort, lê Ferdie en Charmaine Leygonie se komkommerboerdery. Vandag lewer hierdie boerdery heel jaar suksesvolle oeste, maar vir dié paartjie wat met min kennis die Klein Krans Boerdery begin het, was dit ՚n taai leerproses. Ferdie het eers vir ՚n jaar saam met ՚n vriend met komkommers probeer boer in dieselfde omgewing, maar min kennis en faktore buite hulle beheer het veroorsaak dat die boerdery nie kon voortgaan nie.

Die begin van Klein Krans Boerdery en die komkommers

In 2005 het die paartjie besluit hulle wil hulle eie komkommerboerdery begin. Hulle het ՚n stuk grond gekoop wat net ՚n bouvallige huis en geen lopende water gehad het nie. Charmaine se enigste vereiste was dat die plaas ՚n mooi uitsig moes hê tussen die berge in die Hekpoort-omgewing.

Albei het nog voltyds gewerk, Ferdie vir Johannesburg se stadsraad en Charmaine vir Randwater. Hulle het begin met twee kweekhuise en in die aande en naweke hulle tyd aan die boerdery gewy.

Teen 2012 het Ferdie besef dat hy voltyds moet gaan boer. Hy het aanvanklik elke sent wins teruggeploeg in die boerdery en kon teen daardie tyd nog tonnels byvoeg. Jare gelede, toe hy en sy vriend die eerste keer met komkommers geboer het, het hy kontak gemaak met ՚n pakhuis in Turffontein. Hy wou nie ՚n markboer wees nie, omdat die pryse baie wisselvallig is en het daarin geslaan om ՚n ooreenkoms met die pakhuis aan te gaan.

Vandag lewer hy aan vyf pakhuise en regstreeks aan klante en vat net so 10% tot 15% van sy komkommers varsproduktemark toe.

Geen vermorsing by dié boerdery “Ons gooi nooit ՚n komkommer weg nie,” vertel Charmaine trots. Die paartjie maak seker dat alle afval weer vir iets anders gebruik kan word. Hulle plant hulle komkommers in denneskaafsels omdat dit nie tannien bevat nie. Die skaafsels word dan weer later gebruik om kompos te maak.

Water word ook nie vermors nie. Al hulle tonnels het plastiek op die vloere wat die loogwater van hulle drupbesproeiing opvang. Dit word dan weer gebruik om die tuin nat te maak en hulle ander groente nat te spuit.

Die komkommers wat nie aan die standaarde by die pakhuise voldoen nie, word mark toe gevat.

Die as van die steenkool wat hulle vir

Van die plaas na die rak, Klein Krans Boerdery maak seker hulle lewer net die beste komkommers.

verhitting gebruik, word ingespan om paaie mee te maak.

Komkommers is nie goedkoop nie

Ferdie vertel dat komkommerboerdery nie ՚n maklike boerdery is nie. Benewens die boerdery se uitdagings soos hoë insetkostes is daar ook wisselvallige markpryse.

Hy het uitgewerk dat die insetkoste per komkommer verlede jaar R5,68 was.

Die boerdery se kunsmis word ingevoer en die swak rand maak dit baie duur. Komkommers hou ook nie van koue nie en moet bo 12 grade Celsius gehou word, dus moet hulle in die winter die tonnels verhit. Ferdie-hulle gebruik so 600 ton steenkool per jaar om die komkommers snoesig te hou.

“Dan is daar nog die verpakking, bokse, diesel, onderhoud, kragrekening en plantsakkies. Die prys hou nie tred met die insette nie.

Gewasproduksie

Om ՚n komkommer te laat groei is maklik; die uitdaging is om ՚n siektevrye, sterk plant te kweek en maksimum oes van hom af te verkry,” vertel hy.

Daar is ook die kwessie van parasiete en ander peste en Ferdie verduidelik dat die peste wat van ander boerderye af ՚n nuwe heenkome soek wanneer daar geoes is, sy komkommers ook aanval. Daarom moet hulle die komkommers mooi dophou en hulle het selfs blomme geplant wat help om die peste weg te hou.

Heel jaar komkommers

Hulle kweek regdeur die jaar komkommers en werk op ՚n oessiklus van 11 weke. Teen die vierde of vyfde week kan hulle reeds begin om van die jong plante af te oes. Hulle het drie groeisiklusse per jaar.

Na ՚n oes word alles uit die kweekhuis verwyder en die kweekhuis word gesteriliseer sodat hulle die volgende plante kan inbring. Hy vertel dat hulle nie die luuksheid het om gras onder hulle voete te laat groei nie. Daarom oes hulle byvoorbeeld op ՚n Maandag en plant weer die Donderdag.

Die boerdery gebruik geënte plante met ՚n pampoenvariëteit as ՚n onderstok. Hierdie is ook ՚n duur proses en een komkommerplant kan tot R15 kos. Hulle oes so om en by 21 komkommers per plant.

Die drie hoofsoorte komkommers waarmee hulle boer is Engelse komkommers, Meditereense komkommers en agurkies. Hulle plante ook verskillende kultivars.

“Die perfekte groeityd vir komkom-

Die komkommerplante na twee weke se groei.

mers is so laat September wanneer die dae nie te warm is nie maar die nagte bietjie warmer is. Die vog in die lug is ook dan nog nie so kwaai nie,” verduidelik Ferdie.

Nie net komkommers op hierdie plaas nie

Benewens komkommers boer die Leygonies ook met rooikool, blomkool, brokkoli, spinasie en sprietuie. Met vanjaar se hitte het die groente maar bietjie gesukkel.

Hulle wil ook nou met soetrissies probeer boer, iets wat Ferdie in die verlede ook probeer het maar nie tyd gekry het om uit te brei nie. Hy het reeds een van sy kweekhuise ingerig vir soetrissies.

Lekker slaap

Ferdie is nie die enigste sakebrein op die plaas nie en die kunstige Charmaine het oor die jare hulle plaashuis in ՚n meesterstuk omskep. Hulle het ook ՚n gastehuis, The Open House, wat sy bestuur en met die verskeie trouplase in die omgewing is hulle ՚n gesogte oornaghawe.

In die min vrye tyd wat hulle kry, hou Charmaine haarself besig met kuns en Ferdie voer Japanese koi-visse in en boer ook met eksotiese vinke. Hy het onlangs ook begin om modeltreine te bou en het selfs ՚n kleinskaalse model van die Klein Krans Boerdery gebou. Daar is ook drie pragperde en vier besige honde om die paartjie geselskap te hou.

Watertand lekker komkommers

Wanneer jy by die Leygonies gaan kuier kan jy verseker weet dat jy komkommer op sy beste sal proe. Charmaine vertel dat hulle die lekkerste komkommerresepte het, en selfs die honde eet komkommer.

Hier op hulle stukkie paradys vertel Ferdie, wat op ՚n plaas grootgeword het, dat sy droom nog altyd was om

Net ՚n bietjie liefde en aandag en oor ՚n paar weke is hierdie nuwe komkommerplante reg om vrugte te dra.

terug te keer grond toe en sy eie boerdery te hê.

“My droom om te boer het waar geword. As ek aan enige iemand raad kan gee sal dit wees om jou droom te lewe.”

www.proagri.co.za ProAgri South Africa 289 21
Gewasproduksie
Ferdie en Charmaine Leygonie op hulle pragtige komkommerplaas.

Head office: 45 Brabazon Road, Isando Gauteng I marketing@faw.co.za

Head office: 45 Brabazon marketing@faw.co.za

deur

Groenteproduksie: Maak die maan ’n vennoot

Die wysheid van die oumense beloon vandag nog steeds die wyse jongmense.

Een so ՚n wyse jongmens is Gaye Boshoff van Honeymoon Farm in die Harkervillebos tussen Knysna en Plettenbergbaai in die Suid-Kaap. Sy beoefen die eeue oue praktyk van plant volgens die fases van die maan al jare lank. Met behulp van die tegniek het sy ’n stuk aarde wat totaal uitgeput is deur die bloekomplantasie, in ’n lushof omskep.

Gaye is ’n grafiese kunstenaar en haar man, Pieter, is die eienaar van Treepro wat naas siviele werk ook uitheemse indringerplante bestry. Hulle het twee kinders, Isabella (17) en Tristan (15).

Wat beteken dit om saam met die fases van die maan tuin te maak?

Gaye het in 2017 besluit om ’n maankalender te ontwerp wat aandui tydens watter fases van die maan groente geplant moet word.

“Dis eintlik eenvoudig,” verduidelik Gaye. “Wanneer die maan tussen volmaan en nuwemaan kwyn, plant jy wortelgewasse; as die maan tussen nuwemaan en die volgende volmaan groei, plant jy gewasse wat bo die grond vrug dra.”

Net soos wat die maan die getye van die see beïnvloed, het dit ’n uitwerking op die vog in die grond. Wanneer die maan voller raak word die grondvog na die oppervlak getrek. Dan plant jy sade van plante wat bo die grond vrug dra. Wanneer die maan verder van die aarde af beweeg en die swaartekrag afneem, sak die vog terug in die aarde en dan plant jy gewasse wat onder die grond eetbare groente vorm.

Voordat Gaye Pieter ontmoet het,

Groente word volgens die fases van die maan, maar ook volgens die seisoene en die klimaat, geplant.

het sy baie tyd op die plaas Berg en Dal by Ladismith in die Klein-Karoo deurgebring. Daar het sy meer geleer van permakultuur, wat verwys na die uitleg van ’n tuin volgens die manier wat dit in ’n natuurlike ekostelsel sou voorkom. Dié tuine is aangeplant volgens die fases van die maan.

“Ek het gehou van die eenvoudige vloei wat die plantsiklus in ’n tuin teweegbring en met die kalender wou ek fokus op die eenvoudige praktiese toepassing van die beginsels. Dit is nie ’n vaste reël nie, maar eerder ’n riglyn wat deur enigiemand toegepas kan word om ’n gesonde groeisiklus in jou tuin te bewerkstelling.”

Na heelwat navorsing het sy die Moonbloom-maankalender ontwerp. “Ek wou ’n maankalender saamstel wat maklik is om te volg. Die kalender neem die klimaatsomstandighede in ag en sluit metgeselplante in, maar die grond bly die belangrikste komponent.”

Maankalender

Die kalender gee maand vir maand ’n lys van plante wat gesaai, uitgeplant of geplant moet word. Dit wys ook watter tuintake afgehandel moet word.

Nuwemaan tot eerste kwartier

Hierdie fase is geskik vir die plant van gewasse wat hulle sade buite die vrug dra. Dit is ook die beste tyd om plante waarvan die blare, blomme en stingels geëet word te saai of uit te plant en te saai.

Eerste kwartier tot volmaan

Hierdie is die beste tyd om saad te plant vir produkte waarvan die sade of vrugte geëet word.

Volmaan tot laaste kwartier

Soos wat die maan kwyn, kan plante waarvan die bolle, wortels of knolle geëet word geplant word. Dit is ook ’n goeie tyd om sierplante of meerjarige plante wat vrugte dra te plant.

Laaste kwartier tot nuwemaan

Wanneer die maan kwyn, groei die wortels, knolle en bolle die beste. Dit is nie ’n goeie tyd om saad te saai nie.

www.proagri.co.za ProAgri South Africa 289 23
Tisha Steyn
Tristan, Isabella, Pieter en Gaye Boshoff van Honeymoon Farm by Harkerville tussen Knysna en Plettenbergbaai.
Gewasproduksie

LAAT JOU GELD VERDER GROEI.

Bevorder kontantvloei en sien jou kapitaal groei.

PRIMA -8.5% * FINANSIERING

POWER BOOST COMMON RAILENJIN (157 TOT 178 kW), 600-UURDIENSINTERVALLE

18X6 FPS POWER COMMANDTRANSMISSIE MET KRUIPRAT (225 M/UUR)

*Bepalings en voorwaardes geld. Gestruktureerde betaalopsies beskikbaar. Onderhewig aan finansieringsgoedkeuring. Installasie- en diensfooie kan van toepassing wees. Aanbod geldig op die T7060-trekker, solank voorraad hou. BFW.

T7060TREKKER

PLM-SISTEEM GEMONTEER VANAF DIE FABRIEK (RTX SEIN OPSIONEEL) INTELIVIEW® IV EN ISOBUS

Kontak jou New Holland-handelaar vandag of skakel:

Eduan Booyens (071 871 8163) - Noordwes, Vrystaat, Gauteng en Limpopo Paul de Korte (064 752 1613) - KwaZulu-Natal en Mpumalanga Quintus Smit (082 524 7397) - Wes-Kaap, Noord-Kaap en Oos-Kaap

RUIM KAJUIT MET 360 GRADEUITSIG EN ‘N LAE KLANKDIGTHEID VAN 69.6 dB

150 L/MINGESLOTEBAANHIDROULIESE

SISTEEM MET 3 VOLLEDIGE VERSTELBARE KOPPELINGS

ENKEL- (710/60R42) OF DUBBELWIEL- (20.8R42) MICHELIN-BANDE

2-jaar/2 000-uurwaarborg ingesluit.

www.proagri.co.za 24 ProAgri Suid-Afrika 289 Gewasproduksie
Tindrum 24/029R Volg ons op www.newholland.com/za

Klimaatsones en mikroklimate

Klimaatsones verwys na die algemene, gemiddelde weerstoestande kenmer kend van ’n gebied. Dit sluit gemiddelde temperatuur, lugdruk, humiditeit en reënval, sonlig, wolkbedekking en windtoestande in. ’n Mikroklimaat is ’n kleiner gebied binne die groter klimaatsone en het sy eie unieke klimaat.

Metgeselplante

Volgens die beginsel word groente, kruie en blomplante naby of ver van mekaar af geplant, afhangend van die voordele wat dit inhou, soos bestuiwing, plaagbeheer of ’n geskikte habitat vir voordelige insekte, die beste benutting van die beskikbare ruimte en om beter oeste te verseker.

Toepassing

Gaye, wat in Kemptonpark en Pretoria grootgeword het en aan Pretoria Girls High gematrikuleer het, het Grafiese Ontwerp by die Technikon Witwatersrand studeer.

Later het sy na Sedgefield in die SuidKaap verhuis en het Pieter in Knysna ontmoet terwyl sy ’n eko-reeks gemaak het.

Hulle het die plaas in die bloekombos by Harkerville tussen Knysna en Plettenbergbaai in 2001 bekom en dit Honeymoon Farm genoem omdat hulle hulle wittebrood hier deurgebring het. “Toe ek Pieter ontmoet het, was ek betower deur bye; met die tuinmaak volgens die maangetye is die naam nou meer gepas as ooit!”

Permakultuur en maanfases

Pieter het van die bloekombome uitgehaal om plek te maak om die huis en tuin, wat Gaye volgens permakultuurbeginsels uitgelê en volgens die fases van die maan beplant het.

Die gebied val binne die Wes-Kaapse winterreënvalstreek en reënwater word in tenks opgegaar. ’n Ou gruisgat in ’n leegte het met afloopwater begin opvul nadat van die dors bloekoms daar naby verwyder is. Nog damme is gebou. Met die opgegaarde water word die yslike tuin met behulp van swaartekrag besproei.

Die klimaat is gematig, maar dit kan in die somer baie warm en droog raak.

Tuinmaak op ’n plek waar ’n bloekombos eens gestaan het, het vele uitdagings. Min biodiversiteit was oor. Die grond moes van nuuts af opgebou word met nuwe bogrond en baie kompos. Werfhoenders, eende en ganse doen hulle bes om insekte te bekamp terwyl hulle mis die aarde voed.

As ma wou Gaye graag vir haar kinders gesonde kos kweek. “My vriendinne het almal tuin gemaak en ek het baie by hulle geleer. Ons het ook ’n groep wat net voor die winter- of somerplanttyd saad onder mekaar uitruil en ek het ook baie by dié groep geleer.”

Sy gebruik die riglyne van haar maankalender wanneer sy haar eie uitgebreide tuin beplan, tensy “daar ’n plant is wat dadelik geplant moet word voor dit doodgaan …”.

Met verloop van jare is die tuin in ’n lushof omskep met groot bome en ruie plantegroei. “Die tuin groei nogal wild – buiten die geelwortels is niks in rye geplant nie!”

Haar tuin is ook so diervriendelik as kan kom en onlangs is ’n massiewe kweekhuis van 200 vierkante meter en met ’n vier meter hoë dak opgerig om die bobbejane uit te hou. “Ek wil nie met die bobbejane baklei nie ...”

In die welige tuin groei meerjarige kruie soos roosmaryn en basiliekruid wat ’n tuiste vir nuttige insekte skep maar onwelkome gaste weghou. Met die hout wat Pieter herwin word beddings gebou waarin baie van die groente en kruie groei – van meerjarige kruie soos roosmaryn tot gemmer wat saam met sitroensuur geplant word, tot eenjariges soos eiervrug wat saam met smeerwortel (comfrey) en duisendblad ( yarrow) groei, tamaties wat gedy langs eenjarige basiliekruid, aspersies naas soet- en brandrissies. En oral is eetbare blomme soos koringblomme en komkommerkruid (borage) wat hulleself hersaai. Koljander en roket plant ook self voort. Daar is ook borrie, en die olifantknoffel gaan net aan: “Ek het jare laas knoffel gekoop!”

Sy deel die oorvloedige oes van groente en kruie met haar en Pieter se personeel, en wat oorbly deel sy uit by saaduitruildae.

Bye

Aanvanklik het hulle veertig byekorwe gehad, maar die meeste is in ՚n brand vernietig wat ook hulle huis in puin gelê het. Nou staan die tien korwe wat oor is op ’n sleepwa. ’n Fynbosplaas waar onder meer proteas gekweek word, en die oorblywende bloekombome op die plaas verskaf oorvloedig voeding vir die bye. “Ons kry genoeg heuning vir ons eie gebruik en verkoop soms daarvan aan besoekers wat belangstel.” Byebrood (‘n mengsel van heuning en stuifmeel wat bye berei as voedsel vir jongbye) word verskaf aan ’n buitelandse koper, terwyl die was elders gesmelt en in wasvelle vir die rame gegiet word.

Werksessie

Die volgende werksessie word op Saterdag 17 Maart op Honeymoon Farm gehou. Daar is plek vir net tien persone. Die tema is “Voordelige plante vir jou en jou groentetuin”. Die koste is R350 per persoon en dit duur van 10:00 tot 13:00. Vars sap uit die tuin en ligte southappies word ingesluit.

Bronverwysings

Boeckmann, C. (2024) A Guide to Gardening by the Moon. Almanac

https://www.almanac.com/content/planting-by-the-moon

Gety (g.d.) Wikipedia

https://af.wikipedia.org/wiki/ Gety

Gillette, B. (2022) Planting by the Moon: What Is Moon Phase Gardening? The Spruce https:// www.thespruce.com/moonphase-gardening-5219263

Koen, J. (2021) Getye. Weet https://weet.co.za/skoolwerk/ getye/

Kontak Gaye by 082537-7225 of gaye@ honeymoonfarm.co.za of besoek die webtuiste by https://www. honeymoonfarm.co.za/

www.proagri.co.za ProAgri South Africa 289 25 Gewasproduksie
Gemmer word geoes en gedroog. Gaye kweek haar eie knoffel en het jare laas knoffel gekoop.

Grasse van Suid-Afrika deel 2:

Veldbestuur, veldbrand, plantopvolging, soet- en suurveld en veldherwinning

deur Ashleigh Schubert

Gras is goeie aanduiders van veldtoestand. Dit is vanselfsprekend dat gras ՚n belangrike rol in veldbestuur speel. Dit word ook gebruik om weidingskapasiteit en ekologiese status te bepaal, aangesien die weidingswaarde van verskillende grassoorte verskil.

Weidingskapasiteit is die aantal grasvreters wat op ՚n stuk veld kan wei sonder dat die veld agteruitgaan. Grasse word gegroepeer volgens hoe hulle op verskillende vlakke van beweiding reageer. Dit word ekologiese status genoem.

Wanneer ՚n stuk grond bewei word, kan dit daartoe lei dat die hoeveelheid gras toeneem of afneem. Hiervolgens kan grasse in vyf groepe ingedeel word:

• Afnemers: Dit is wanneer gras volop groei in ՚n goeie veld, maar afneem wanneer dit oorbewei word. Hierdie tipe gras lok gewoonlik grasvretende diere.

• Toenemer 1: In hierdie kategorie val grassoorte wat in onderbenutte veld voorkom. Die gras is sterk en onsmaaklik.

• Toenemer 2: Hierdie tipe gras kom voor in oorbeweide veld en neem toe wanneer oorbeweiding plaasvind.

• Toenemer 3: Gras wat in hierdie groep val, groei in oorbeweide veld. Dit is onsmaaklik en groei dig. Soos wat ander, smaakliker gras afneem met oorbeweiding, neem hierdie grasse oor.

• Indringers: Dít sluit in alle grasse wat nie inheems is aan die gebied waar dit groei nie.

Die vraag is dan nou hoe die toestand van ՚n veld bepaal moet word. Loop in die veld en identifiseer elke paar tree die gras. Om ՚n persentasie te bereken,

is dit die maklikste as jy die gras op 100 punte identifiseer. Werk dan uit hoeveel persent van die gras is in elk van die bogenoemde groepe. Dit word dan gebruik om te bepaal of die totale veld oorbewei, onderbewei of gesond is.

Veldbrande

Veldbrande kan báie goed of báie sleg wees. Dit kan gebruik word vir veldbestuur, maar as dit onverantwoordelik of verkeerd gebruik word, kan dit baie slegte nagevolge hê.

Veldbrande is goed, selfs partykeer noodsaaklik, om ՚n veld gesond te hou. Dit is veral die geval in veld wat onderbewei is. Die brande word gebruik om van ou, opgehoopte organiese materiaal ontslae te raak en om seker te maak bosindringing vind nie plaas nie.

Die ideale tyd om jou veld te brand, is net na die eerste reën van die seisoen. As jy te vroeg brand, kan die wind al die waardevolle voedingstowwe, wat dan in die vorm van as is, wegwaai. Die gras sal verder verswak as dit te lank sonder water moet klaarkom. Moenie buite seisoen brand om groen weiding te kry nie. Moet ook nooit ՚n veld wat in ՚n swak toestand is of wat in ՚n laereënvalgebied is brand nie.

As jy ՚n veldbrand stig om van oortollige organiese materiaal ontslae te raak, is dit die beste om dit op ՚n koel dag te doen. Dit verseker dat die vuur nie te warm is en te veel skade aan graspolle veroorsaak nie.

՚n Warm vuur is egter nodig as jy brand om van indringers ontslae te raak. Brand dan op ՚n warm dag met lae humiditeit.

Baie warm vure op winderige dae is gevaarlik, aangesien die vuur gou buite beheer kan raak.

Ná ՚n veldbrand moet die gras rus totdat dit minstens 100 mm lank gegroei het. Wees versigtig vir oorbeweiding, aangesien die nuwe gras ekstra smaaklik vir grasvreters is.

Plantopvolging

Plantopvolging is die opeenvolging van plante in ՚n gebied, waar die plantegroei met elke geslag verbeter. Dit word gebruik om te poog om die hele veld met plantegroei te bedek.

՚n Nuwe plantgemeenskap wat beter aangepas is by die omgewing vorm wanneer daar iets soos ՚n veldbrand plaasvind. Hierdie vooruitgang vind plaas tot ՚n klimaksgemeenskap gevestig is. As daar op hierdie punt weer ՚n versteuring soos ՚n veldbrand plaasvind, keer die gras terug na die oorspronklike toestand (pionierstadium).

Daar is drie stadiums wat plaasvind tydens plantopvolging:

Die pionierstadium

Die pionierstadium is die stadium waar eenjarige plante gehard is en onder uiterste toestande kan groei. Dit is gewoonlik plante met goeie saadverspreidingsvermoë. Soos wat die eenjarige plante die groeitoestande van die veld verbeter, begin meerjarige grasse groei. Die meerjarige grasse is sterker en druk uiteindelik die eenjarige grasse uit.

Die subklimaksstadium

Ná die pionierstadium volg die subklimaksstadium. Plante wat in hierdie stadium groei is dig en beskerm die grond. Daar is meer vog beskikbaar en meer organiese materiaal op die grondoppervlak. Grasse wat in die subklimaksstadium groei leef gewoonlik twee tot vyf jaar. Soos dié groeistadium sy einde bereik, neem klimaksgrasse oor.

Gewasproduksie

Die klimaksstadium

Tydens hierdie stadium groei meerjarige grasse. Dit is grasse wat sterk is en aangepas is by normale groeitoestande. Solank die toestande dieselfde bly, hou die grasse aan groei. Meerjarige grasse is so sterk dat dit selfs wind-, son- en verspoelingbestand is.

Hoe lank ՚n groeistadium is, hang af van reënval, bogrondverlies, weidingsdruk, beweiding en brand.

Soet- en suurveld

Glo dit of nie, maar grasvreters kan ook lekkerbekke wees! Soet- en suurveld verwys na hoe smaaklik gras vir die vreter is. Soetgras verwys na smaaklike gras en suurgras na ՚n onsmaaklik veld.

Suurveld

Suurveld kom voor in gebiede met hoë reenval en koue winters. Die baie reën oor ՚n lang tydperk veroorsaak dat die grond arm is, ՚n lae pH het, ՚n tekort aan voedingstowwe het en dus onsmaaklik is. Tydens droë seisoene word voedingstowwe uit die plant se blare onttrek en in die wortels geberg. In wintertye is die gras dus nog armer aan voedingstowwe en ekstra onsmaaklik.

Suurveld kom gewoonlik voor in hoogliggende gebiede met swaar ryp. Dit kan matige oorbeweiding verdra en grasbedekking is goed. Die herstel van smaaklike grasse is baie stadig.

Soetveld

Soetveld kom voor in gebiede met lae reënval en matige winters. Omdat die reënval laer is, verloor die grond nie soveel voedingswaarde nie en is meer vrugbaar. Die gras wat daar groei is dus vol voedingswaarde en smaaklik vir die vreters. Die gras is selfs deur die winter smaaklik, omdat die voedingswaarde nie onttrek word om in die wortels geberg te word nie.

Lae gebiede met byna geen ryp nie is perfek vir soetveld. Omdat die klimaat droër is en grondbedekking yl is, is die gras sensitief vir oorbeweiding. Die weiding wat dit produseer is min, maar van baie goeie gehalte.

Gemengde veld

Gemengde veld kan voorkom en bevat kenmerke van sowel soet- as suurveld. In hierdie velde kom soetgras voor in gebiede wat meer beskut is en suurgras in die oop gebiede.

Veldherwinning

Veldherwinning gaan daaroor om verswakte veld te herwin deur die natuur by te staan. Om veldherwinning doeltreffend te maak, moet dit bygestaan word met verbeterde weidingspraktyke. Veldagteruitgang in Suid-Afrika sluit gewoonlik in kaal kolle, erosieslote en bosindringing.

Kaal kolle

Kaal kolle, ՚n verlies aan bogrond en ՚n harde grondkors is alles kenmerke van ՚n verswakte veld. Om hierdie probleem te oorkom, moet ‘n mens die harde kors van die grond breek, waterindringing verhoog en so plantegroei verbeter. Dit kan op verskeie maniere gedoen word. Van die metodes wat gebruik kan word is om ՚n tandploeg te gebruik om die bogrond te breek, kontoerlyne van klippe te maak om die afloop van reënwater te vertraag, takke op kaal kolle te pak om saailinge te beskerm teen elemente, en diere met hoewe te gebruik om die grondkors te breek.

Erosieslote (dongas)

Erosie kan verminder word deur gebruik te maak van erosieslote. Om dit te doen, kan ՚n mens gebruik maak van klippe, klipmandjies, bande, stompe en beton. Die doel van erosieslote is om

die water stadiger te laat vloei en om plantegroei in slote te bevorder.

Bosindringing

Bosindringing vind plaas as gevolg van oorbeweiding, te min veldbrande en te min blaarvreters. As gevolg van hierdie wantoestande oorleef meer jong bome en die hoeveelheid saad wat geproduseer word neem toe. Die beste manier om bosindringing te bekamp, is deur fisies plante te verwyder of deur chemikalieë.

Grasse is besonder doeltreffend in veldherwinning. Dit help byvoorbeeld om die bogrond gou te stabiliseer. Dit verbeter ook die grond deur smaaklike grasse te vervang waar dit verlore gegaan het deur oorbeweiding. Strooi saad van grasse wat plaaslik voorkom en ՚n mengsel van grassade om die kans op langtermyn sukses te verbeter.

Veldbrande word gebruik om van ou, opgehoopte organiese materiaal ontslae te raak en om seker te maak bosindringing vind nie plaas nie.

Bron: Van Oudtshoorn, F. (2012). Gids tot Grasse van suider-Afrika. (3de uitgawe). Briza Publikasies.

Frits van Oudtshoorn is ‘n weidingskonsultant en kan gekontak word by 078-228-0008 of frits@alut.co.za.

10% AFSLAG

www.proagri.co.za ProAgri South Africa 289 27 Gewasproduksie
Indien jy belangstel om meer oor die grasse van SuiderAfrika te leer, kan jy Frits se boek teen 10% afslag koop by Briza Books, Soutpansbergweg 121, Riviera, Pretoria. Indien jy die afslag wil benut en aanlyn koop, kan jy via marketing@briza.co.za bestel. ProAgri01 Afslag is van toepassing vir twee maande vanaf die publikasiedatum van hierdie tydskrif. Kode vir koepon:
KOEPON
www.proagri.co.za 28 ProAgri Suid-Afrika 289 Gewasproduksie ZA-V – A world of precision Mounted spreader I 1,700 ℓ - 2,000 ℓ I 10 m – 36 m ISOBUS, cell technology (Profis) and border spreading makes it a state-of-the-art fertiliser spreader in its class. THE F50/150/4 FALCON SLASHER A Falcon Slasher is built to last and is capable of coping with the tough conditions unique to Africa info@falconequipment.co.za | www.falconequipment.co.za Tel: +27 (0) 33 330 4764 All Amazone implements imported by AmaTron 4 ISOBUS terminal For more info scan here. myAMAZONE for more performance www.amazone.net/myAMAZONE for Innovation | amazone.net Falcon_ProAgriAgri4All.indd 1 2023/10/31 09:30 DESIGNED TO SERVE ALL YOUR DEWATERING NEEDS GODWIN BD150 RELIABLE DURABLE IMPELLER SELF-PRIMING Find out how we can solve water together.

Swartwattelbome: Ekonomies of ‘n bedreiging?

As jy mooi moet gaan dink oor swartwattelbome het jy seker al honderde kere met hulle in kontak gekom. Maar het jy geweet die boom met sy lowergroen blare en donsige blomme is eintlik ՚n indringerplant in so groot mate dat dit ՚n probleem vir Suid-Afrikaanse landskappe kan inhou.

Hoe lyk die swartwattel?

Die swartwattel (Acacia Meansii ) is ՚n immergroenboom wat gewoonlik tussen 5 en 10 meter hoog groei, maar ook tot 30 m hoog kan word. Ander name vir swartwattel is ook swartbasboom, basboom, wattel, looiwattel en blikwortelboom.

Die boom het donker v-vormige olyfgroen blare wat in ՚n ry lê en dra ligtegeel of roomkleurige ronde, donsige blomme in Augustus en September. Die boom dra dun donkerbruin peule gevul met swart saad met liggeel saadstele. Dit kan maklik uitgeken word aan die peule en saad wat onder die bome opgaar of die ou bas aan die bome.

Swartwattel is die eerste keer in die 19de eeu in Suid-Afrika ingebring en kom oorspronklik van die suid-ooste van Australië en Tasmanië af. Die boom is aanvanklik geplant vir beskutting vir vee, vuurmaakhout en pale vir heinings. Die ontdekking dat die bas in die leerbedryf gebruik kan word, het tot groot aanplantings gelei.

Oor die jare het baie boere swartwattelplantasies aangeplant omdat die hout ook uitgevoer kon word. Maar dié plantasies is soms net agtergelaat en die bome het mettertyd begin oorneem.

Hoekom is die bome ՚ n probleem?

Die bome het oor die jare hoofsaaklik

՚n probleem geword in die Wes-Kaap, Oos-Kaap, KwaZulu-Natal, Mpumalanga en Gauteng.

Dit is ՚n kategorie-2-indringerplant wat graslande oorneem en inheemse plante oorheers. Dit lei tot minder weiding vir wilde diere en vee.

Swartwattel is ՚n onkruid op die plaas. Die boom ding mee teen ander gewasse vir voedingstowwe en lig.

Dit kan die plantegroei van graslande tot bebosde gebiede oorheers. Omdat die swartwattel in digte ruigtes groei, vervang dit ander inheemse plante vinnig. Die bome onderdruk ook groei rondom hulle en eis baie water.

Hulle kom hoofsaaklik langs paaie, slote en riviere voor en kan gronderosie en oorstromings veroorsaak.

Sommige van die sade kan 50 tot 80 jaar lank kiemkragtig bly en ontkiem nie dadelik nie, maar hoop op onder die bome.

Die sade se ontkieming kan deur vuur aangespoor word. ՚n Veldbrand kan dus die sade laat ontkiem, ander plante rondom vernietig en die ideale groeiomstandighede vir die swartwattelbome bied om oor te neem.

Omdat swartwattelbome ingevoer is, is daar nie baie natuurlik vyande vir dié bome nie en kan hulle floreer in amper enige omstandighede.

Foto: www.invasives.org.za

Kategorie-2-plantspesie

Enige iemand wat ՚n kategorie-2-plantspesie wil plant benodig ՚n permit van die Departement van Bosbou, Visserye en Omgewing sake.

՚n Kategorie-2-indringerplant is een wat gebruik kan word om inkomste te verdien, maar steeds ՚n indringerplant is. Dus kan die bome geplant word, maar streng maatreëls moet toegepas word om te verhoed dat dit versprei.

Swartwattelbome het ligte balvormige, donsige blomme. Foto: www. invasives.org.za

Die swartwattel se hout kan gebruik word vir vuurmaakhout en die bas is ՚n bron van tannien wat in die leerbedryf gebruik word. Van die hout word ook gebruik vir balke.

Benewens die ekonomiese voordele wat hierdie bome inhou, bly hulle ՚n bedreiging vir inheemse Suid-Afrikaanse plante.

Om van hierdie bome ontslae te raak verg tyd en mannekrag en hoewel jonger bome uitgetrek of uitgegrawe kan word, moet ouer bome wat afgekap word met chemikalieë behandel word anders loop dit weer uit.

The black wattle was first brought to South Africa in the 19th century.

https://www.gondwanacf.org/black-wattleeradication/#:~:text=Black%20 wattle%20is%20one%20of,on%20 reducing%20catchment%20 water%20yields.

https://keys.lucidcentral.org/keys/ v3/eafrinet/weeds/key/weeds/Media/Html/Acacia_mearnsii_(Black_ Wattle).htm

https://www.citizen.co.za/ highway-mail/news-headlines/2017/05/28/know-your-alieninvasive-plant-black-wattle/

https://invasives.org.za/factsheet/black-wattle/ chrome-extension://efaidnbmnnnibpcajpcglclefindmkaj/https://www. arc.agric.za/arc-ppri/Leaflets%20 Library/Swartwattel.pdf

www.proagri.co.za ProAgri South Africa 289 29
Die peule van die swartwattelbome. Foto: www.invasives.org.za Die bas van ՚n jong swartwattelboom.
Gewasproduksie

Groentetuin vir beginners deel 9:

Maak jou eie kompos-deklaag vir jou tuin

deur Tisha Steyn

Die vorige hoofstuk het gehandel oor die maak en gebruik van kompos. Daar is ook ander maniere om die grond op ՚n organiese manier te beskerm en verryk sonder om chemiese middels wat sleg vir jou gesondheid en die omgewing is te gebruik.

Die gebruik van ՚n deklaag wat bo-op die grond tussen die plante gestrooi word is een van die beginsels van bewaringslandbou en kan met groot vrug ook in ՚n groentetuin gebruik word. Bewaringslandbou is ՚n volhoubare landboumetode wat gebruik word om met laer insetkoste die grondgesondheid te verbeter wat tot ՚n beter opbrengs kan lei.

Wat is ՚n deklaag?

՚n Deklaag is ՚n laag organiese of nieorganiese materiaal op die oppervlak van die bedding tussen die plante. Organiese materiaal werk die beste omdat dit met verloop van tyd vergaan en die grond verryk. Nie-organiese bedekking het voordele, maar ook nadele omdat dit duur is en selde bioafbreekbaar is.

Watter voordele hou ՚n deklaag in?

• ՚n Organiese deklaag hoef nie duur te wees nie, want jy kan enige natuurlike materiaal gebruik wat stadig afbreek.

• Namate die deklaag afbreek, voed dit die mikrobes in die grond wat nodig is vir gesonde plantontwikkeling.

• Dit verbeter ook die tekstuur van die grond sodat dit ՚n beter waterhouvermoë het en stadig dreineer.

• Die beskerm die bogrond sodat dit nie tydens ՚n swaar reënbui verspoel nie.

• Die deklaag beperk die groei van onkruid wat met groenteplante om water en voedingstowwe meeding.

• Gesonde grond lei tot gesonde plante wat meer weerstand teen droogte, maar ook teen peste en plae bied.

Watter materiaal is geskik as ՚n deklaag?

Kompos is ՚n uitstekende deklaag, want dit breek stelselmatig af en verryk die grond, beskerm die voginhoud en verskaf voedingstowwe.

Houtagtige materiaal soos stukkies boombas of houtskaafsels is nuttig rondom meerjarige plante soos vrugtebome, bessies, rabarber en meerjarige kruie soos roosmaryn. Dit is ook geskik vir paadjies tussen beddings omdat dit stadig afbreek.

Dennenaalde is geskik omdat dit liggewig en maklik hanteerbaar is en in oorvloed beskikbaar is as jy ՚n denneboom in jou tuin of in ՚n park naby jou huis het. Indien die grond te alkalies is, kan dennenaalde die suurinhoud (pH) verlaag. Dit is veral geskik rondom plante soos bloubessies wat suurder grond verkies.

Karton sonder glansdrukwerk of plakband is ՚n uitstekende deklaag. Dit is beter as koerantpapier wat kan wegwaai. Plaas die karton op die bedding en sny openinge vir die plante om deur te groei. Die karton hou die grond koel en behou grondvog, terwyl dit keer dat onkruid opkom. Die karton verhoed ook dat skadelike bakterieë in die grond op die plant beland wanneer die plante natgespuit word.

As jy ՚n bedding wil maak waar gras of onkruid groei kan jy grond omwoel en ՚n laag karton daarop neersit. Die gras en onkruid vrek. Gooi ՚n dik laag tuingrond en kompos bo-op die karton en plant jou groente daarin.

Strooi is ՚n gewilde deklaag wat sorg dat die grond daaronder warmer in die winter en koeler in die somer is. ՚n Laag strooi hou aarbeie, komkommers en pampoene weg van die grond. Dit beskerm ook grondvog omdat dit verdamping voorkom.

Wanneer dit droog is en strooi skaars is, kan strooi wat vir veevoer gebruik word nogal duur wees.

Dit is belangrik om te weet wat die oorsprong van die organiese deklaag

is, anders kan dit onkruidsaad, siektes of chemiese insek- en onkruiddoder in jou organiese tuin bring.

Dit is belangrik om te besef dat vars grassnysels eers bietjie moet uitdroog voordat jy dit oor jou beddings strooi. Met vars grassnysels vol saad kan jy vir jouself ՚n liederlike lat pluk, want daardie saad loop uit en voor jy jou oë uitvee, groei die gras geil in jou groentebeddings.

Nat grassnysels vorm ՚n dik laag wat nie water deurlaat nie en geneig is om aan die onderkant te muf. Fyn houtsaagsels wat so saamkoek veroorsaak dieselfde probleem.

Herfsblare wat net so heel oor ՚n bedding gestrooi word vorm ook ՚n ondeurdringbare laag wat baie stadig afbreek, maar as jy moeite doen om die blare op te kap, kan dit ՚n wonderlike molm vorm wat met groot vrug as deklaag gebruik kan word.

Die harde doppe van okkerneute, haselneute of amandels, asook perskeen appelkoospitte maak ՚n goeie deklaag wat ook op tuinpaadjies gebruik kan word. Swaarder neutdoppe kan net so heel gebruik word en sal nie so maklik deur die wind weggewaai word soos grondboontjiedoppe nie, maar laasgenoemde is ՚n gawe toevoeging tot jou komposhoop.

Takke van gesnoeide vrugtebome wat opgesnipper is werk ook goed. Enige ander dooie plantmateriaal soos wingerdlote wat afgesnoei is, rooibostee of selfs druiwedoppe kan gebruik word.

Nie-organiese materiaal

Landskapmateriaal word van geweefde polipropileen gemaak en kan as deklaag op die bedding uitgerol word. Dit is water- en lugdeurlaatbaar, help om grondvog te behou en beskerm die plantwortels teen hoë temperature. Die materiaal is gewoonlik gewaarborg om ՚n paar jaar te hou en is ՚n goeie belegging wanneer jy ՚n bedding met meerjarige plante, soos bessies, wil beskerm.

www.proagri.co.za 30 ProAgri Suid-Afrika 289
Gewasproduksie

՚n Deklaag van houtskaafsels is ideaal vir jou groentetuin, mits die hout onbehandeld is. (Bron: Pixabay)

Opgekapte herfsblare is geskik vir ՚n deklaag, maar dit het nog meer waarde as dit toegelaat word om oor ՚n tydperk te vermolm. (Bron: Pixabay)

՚n Nie-organiese deklaag soos landbouplastiek verhoed dat onkruid tussen die plante opkom. (Bron: Pixabay)

Strooi is ՚n gawe deklaag, maar maak seker jy weet waar die strooi vandaan kom, anders kan jy dalk onwetend onkruidsaad in jou tuin inwerk. (Bron: Pixabay)

Dennenaalde as deklaag het die vermoë om die suurgehalte van die grond te verander. (Bron: Pixabay)

Harde neutedoppe is geskikte deklaag wat ook in tuinpaadjies gebruik kan word. (Bron: Pixabay)

Feitlik enige materiaal kan as deklaag gebruik word mits dit organies is. As jy baie seeskulpe het, kan jy dit as ՚n fraaie deklaag gebruik. (Bron: Pixabay)

Stukkies boombas is geskik as ՚n deklaag, maar dit kan ook skuiling bied vir slakke wat in die nag jou groente kan verniel. (Bron: Pixabay)

Gesnoeide lote wat opgekap word is ՚n goeie deklaag wat mettertyd vergaan en die grond verryk. (Bron: Pixabay)

Landbouplastiek dien dieselfde doel en kan ook in die tuin gebruik word. Hou in gedagte dat die grond onder veral swart plastiek baie warm kan word en voordelige organismes kan doodmaak. Trek die plastiek oor die bedding en sny gate daarin vir die plante soos boontjies, pampoen, komkommers en spanspek. Maak seker die plastiek bly in posisie deur die kante met klippe vas te pak of met ՚n lagie grond te bevestig sodat dit nie wegwaai nie. Dis belangrik dat die besproeiingspunte onder die plastiek by die plante se wortels is. Ongelukkig is hierdie tipe plastiek nie noodwendig bio-afbreekbaar nie.

Hoeveel deklaag is nodig?

Deklaag van sowat 5 cm sal die grond teen uitdroging beskerm, terwyl ՚n laag van 10 tot 15 cm sal keer dat onkruid opkom. Namate die deklaag vergaan moet jy ՚n nuwe laag byvoeg.

Wanneer moet ՚n deklaag gestrooi word?

Die beste tyd om ՚n deklaag te strooi is in die lente wanneer die dae al lekker warm is. Trek enige bossies wat wel opgekom het uit en werk die ou deklaag in voordat jy ՚n nuwe laag strooi. ՚n Deklaag in herfs sal jou meerjarige plante se wortels teen koue beskerm.

Bronverwysings

Anthony, D. (2014) Enigeen kan groente kweek. Metz Press

ISBN: 978-1-928201-12-0

Can You Compost Nut and Seed Shells? (2023) Bountiful Garden

https://www.bountifulgardener.com/canyou-compost-nut-and-seed-shells/ Deklaag. Southafrica.co.za https:// southafrica.co.za/af/deklaag.html

Hassani, N. (2023) Best mulch options for your vegetable garden: Choose your mulch type according to crops and season The Spruce

https://www.thespruce.com/best-mulchfor-vegetable-garden-7553260?hid=34 d06207baa2685efc586861255e9c0bcf6 957c2&did=11020588-20231129&utm_ source=thespruce&utm_

medium=email&utm_campaign=thespruce-gardens_newsletter&utm_conten t=112923&lctg=34d06207baa2685efc58 6861255e9c0bcf6957c2

Iannotti, M. (2021) What is mulch? How to use 8 types in you garden. The Spruce

https://www.thespruce.com/what-ismulch-1402413

Mulch (Wikipedia) https://en.wikipedia. org/wiki/Mulch

Schoeman, Y. (2020) Bewaringslandbou - 'n Innoverende oplossing vir aardverwarming. Scenario

https://www.scenario.co.za/en-ZA/ News/Article/View/bewaringslandbou--%27n-innoverende-oplossing-vir-aardverwarming

www.proagri.co.za ProAgri South Africa 289 31 Gewasproduksie
՚n Deklaag in jou groentebeddings hou talle voordele in. (Bron: Pixabay)

Turksvyfees vier vrugte en kultuur

Feesvier en plesier is in ons Boerevolk se bloed. Daarom is dit nie verbasend dat sowat 3 000 mense die onlangse Turksvyfees by die Pioniersmuseum bygewoon het nie.

Die Turksvyfees bestaan al meer as drie dekades, maar het na die draai van die vorige dekade effens doodgeloop. “Ons het in 2019 besluit om dit te laat herleef, maar COVID-19 het ՚n stok in ons speke gesteek,” vertel Pierre du Preez, organiseerder van die Turksvyfees. “Ons moes toe wag tot 2022 om die fees weer te kon hou.

“Vanjaar se Turksvyfees is vir die eerste keer by die Pioniersmuseum gehou. Voorheen is dit altyd by Willem Prinsloo Landboumuseum buite Rayton gehou,” sê hy. Die rede vir die skuif is om dit meer toeganklik te maak vir besoekers. “Mense het gekla dat Willem Prinsloo te ver is.” Die sukses van die 2024-fees het bewys die skuif was die moeite werd. “Dit is waarskynlik dat ons dit weer volgende jaar by die Pioniersmuseum sal hou,” sê hy.

Hoekom is turksvye die kern van die fees?

Die doel van die fees is om mense meer bewus te maak van die veelsydige plant. (Lees meer op ProagriMedia.com in ons reeks Fruit production part 4: Prickly pears as jy graag self die plant wil verbou).

“Die turksvye het voeding- en gesondheidsvoordele vir mens en dier. Honderd persent van die plant kan

gebruik word,” sê Pierre. “Die vrug is nie net lekker en sappig nie, maar ook baie gesond vanweë sy lae glukemiese indeks en hoë veselinhoud. Die blare (blaaie in turksvytaal) is uitstekende veevoer vanweë die hoë water- en veselinhoud. Die plant aard ook goed in alle weersomstandighede, is redelik bestand teen peste en het sy eie diefstalafweerder in die klein doringtjies. Die diere gee eintlik glad nie om vir die klein doringtjies nie, maar dit kan ՚n mens nogal irriteer!

“Die sade word gepars vir ՚n baie suiwer vitamine E-olie van ՚n hoë gehalte, wat veral in velprodukte gebruik word. In lande soos Meksiko verbou hulle die plante spesifiek sodat peste soos cochineal daarop kan teer. Die cochineal word dan ge-oes om ՚n pragtige rooi kleursel te maak. Elders word daar sintetiese leer van die plantvesels gemaak, waarvan daar al handsakke en motorsitplekke gemaak is.

Pierre vertel dat hulle tydens die fees graag met boere gesels en idees uitruil. “Vir voornemende boere sal ons hopelik binnekort ՚n beginnerspakkie kan bied wat een hektaar se plantmateriaal, een jaar se gifstof en ՚n handleiding insluit.”

Alles wat jy moet weet van die Turksvyfees

Die Turksvyfees is ՚n pretdag met kosen ander stalletjies, boeremusiek, volkspele en kindervermaak. “Een van die top-5 deelnemers van die TV-program,

www.proagri.co.za 32 ProAgri Suid-Afrika 289 Gewasproduksie
Besoekers aan die Turksvyfees kon lafenis vind by die biertent.

Die Kontrak, Leo Sonskyn, het ook opgetree en die mense vermaak met sy fantastiese stem,” voeg Piere by. Buiten die vrugte was daar turksvykonfyt, -olie, -sap en -jenewer om te proe en te koop.

“Ons probeer ook om elke jaar turksvyboere en kundiges teenwoordig te hê om mense se vrae te beantwoord of om demonstrasies aan te bied. Die Soetdoring-voortrekkerkommando het vanjaar die pretloop en die boeresport aangebied.

“Daar was ongeveer 90 stalletjies by vanjaar se fees. Slegs twee boere het vrugte verkoop. Ons kon net 1 100 kissies bymekaar kry vir die fees, wat heeltemal te min was. Die laaste kissie is teen 11:45 verkoop. Ons gaan hard probeer om minstens 2 000 kissies te kry vir die volgende fees, dis tog waaroor dit gaan!”

Ten spyte van die fees se sukses is daar egter ՚n paar uitdagings ook … “Nieteenstaande die honderde turksvyboere in SA, sukkel ons elke jaar

om genoeg turksvye vir die fees te bekom. Verskillende klimaatstreke en verskillende variante het ՚n invloed op die aanbod. Die kwekers in Limpopo en Noordwes oes Desember-Januarie en het omtrent geen voorraad oor teen die tyd dat dit feestyd is nie. Die kwekers in die Laeveld, aan die ander kant, oes weer bietjie later, en begin eers einde Februarie te oes. Vir die kwekers uit die Vrystaat is die afstand te groot om die vrugte bekostigbaar te kan verkoop. Meeste van die vrugte op die fees kom uit Nigel en Pretoria,” verduidelik Pierre.

Die FEES in Turksvyfees

By die feesvieringe was daar ook ՚n groot verskeidenheid wegneemkosstalletjies, ՚n biertuin, vellies, juweliersware, tafeldoeke, konfyt, verkoelingshanddoeke, speelgoed, bombrode, souse, om maar ՚n paar te noem. Pierre verklaar dat een van die hoogtepunte elke jaar die Bostu Boerboele-area is waar mense boerboele

van nader kan bekyk of koop. “Hulle het beslis van die mooiste boerboele wat ek al gesien het en ek verkyk my elke jaar aan die yslike grootte van die honde!”

Oor die verbintenis met die Pioniersmuseum verduidelik hy dat dit ՚n logiese stap was. “Ons het ՚n sterk kulturele inslag met die fees, met volkspele, boeremusiek, boeresport, broodbak en sweepklap. Dit is daarom gepas om die fees by die Pioniersmuseum en Willem Prinsloo te kon hou, waar mense kan leer hoe hulle voorvaders geleef het.”

Pierre reken dat die fees in die toekoms hopelik dieselfde sal bly, maar met ՚n tikkie vernuwing elke jaar. “Ons wil volgende jaar vir mense wys hoe turksvye gebruik word in die hernubareenergiesektor, waar die plantmateriaal omskep word in bio-diesel. Ons het ook ons byekorwe tussen die turksvye gesit om hopelik volgende jaar heelwat turksvyheuning te hê. Wie weet, dalk is die turksvyheuning al gereed vir die komende Heuning- en Byefees?” sluit hy af.

Uitstallers en boere wat betrokke wil raak kan ons kontak deur die webwerf se kontakvorm op www. turksvyfees.co.za of e-pos aan info@turksvyfees.co.za.

www.proagri.co.za ProAgri South Africa 289 33 Gewasproduksie
Die Turskvyfees is vanjaar vir die eerste keer by die Pioniersmuseum gehou. Die Boereworsbroers-boereorkes het gesorg vir vermaak. Top 5 deelnemer van die TV-program, Die Kontrak, Leo Sonskyn, het ook opgetree. Die Bostu-uitstalling se boerboele was weer ՚n groot trekpleister. Al die kissies turksvye was teen twaalfuur uitverkoop.

Brande:

Volg raad en wees gereed, waarsku minister.

Die verwoestende veldbrande wat die afgelope ruk in die Wes-Kaap gewoed het, het dr Ivan Meyer, die minister van Landbou in die provinsie, genoop om ՚n ernstige waarskuwing aan boere te rig om maatreëls te tref om hulle eie en die lewe van hulle werkers en vee, hulle oeste en infrastruktuur teen veldbrande te beskerm.

Sedert 1 Desember verlede jaar tot 31 Januarie vanjaar het daar reeds 6 429 veldbrande voorgekom en na raming is 103 262 hektaar verwoes. Die presiese omvang van die skade is nog nie bepaal nie.

Die provinsie se begroting van R19miljoen vir die bekamping van veldbrande is opgebruik en Anton Bredell, Wes-Kaapse minister van Plaaslike Regering, Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning, het die nasionale rampbestuursentrum genader om die veldbrande as nasionale ramp te verklaar. Indien dit gebeur, kan bykomende geld vir die doel beskikbaar gemaak word. “Ons sal aanhou om brandbestryding te doen al word die brande nie as ramp verklaar nie,” gee Wouter Kriel, Anton se woordvoerder, die versekering.

Ivan sê hy is bekommerd oor die boere en hulle werkers wat aan strawwe klimaatstoestande blootgestel word. “Klimaatsverandering het ՚n dramatiese uitwerking op ons weerpatrone en uiterste toestande hou gevaar in vir ons werkers en produsente. Ek doen ՚n beroep op almal in die landbousektor om die nodige stappe te doen om die invloed van hierdie ekstreme hittetoestande en brande te beperk.”

Hy raai boere aan om ag te slaan op tydige waarskuwings wat deur die nasionale regering in samewerking met die Suid-Afrikaanse Weerdiens verskaf word.

Slaan ag op waarskuwings

Ashia Petersen, direkteur: Volhoubare Hulpbronbenutting en -bestuur van die Wes-Kaapse Landboudepartment, verskaf die volgende raad ingeval toestande vir brandgevaar voorspel word.

Wees gereed

Wanneer die brandseisoen sy piek bereik, is dit noodsaaklik om geen oop vure toe te laat nie. Dit is belangrik om brandbeheerkomitee saam te stel wat ՚n alarmstelsel, brandbestrydingspanne en ՚n brandplan het om die uitwerking

Die Wes-Kaapse regering het in November 2023 ՚n samewerkings-ooreenkoms met die Universiteit van Stellenbosch se Skool vir Klimaatstudie onderteken. Agter: Anton Bredell (Wes-Kaapse minister van Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning), prof Sibusiso Moyo (adjunkvisekanselier van Navorsing, Innovasie en Nagraadse Studies, US), dr Ivan Meyer (WesKaapse minister van Landbou); Voor: Gerhard Gerber (departementshoof, Departement van Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning), prof Louise Warnich, (dekaan, Wetenskap), dr Mogale Sebopetsa (departementshoof, Departement van Landbou). (Bron: Verskaf)

van die brand te beperk. Dit is baie belangrik om die kontakbesonderhede van die naaste brand- en nooddienseenheid byderhand te hê.

Landbougemeenskappe moet brandbeskermingsverenigings skep wat veldbrande kan voorkom en beheer soos vereis deur die Nasionale Wet op Velden Bosbrande Nr 101 van 1998.

Die Wet op Brandweerdienste verskaf riglyne vir die stig, koördinasie en standaardisering van brandweerdienste.

Versorg jou vee

Wanneer ՚n brand uitbreek, moet boere hulle vee uit die weiveld na die veiligheid van ՚n omgeploegde land verskuif.

Indien daar nie genoeg water beskikbaar is nie, kan sand of grond op die vuur gegooi word om die vlamme te blus.

Maak seker daar is nie brandbare materiaal in die brandbaan wat die vlamme kan versprei nie.

Beperk hittespanning

Volgens Ashia kan diere hittespanning beleef wanneer dit uitermate warm is en die diere nie genoegsaam kan afkoel nie. Dit kan die diere se gesondheid en produksie beïnvloed en uiteindelik ook ՚n uitwerking op reproduksie hê.

Sy raai vee- en saaiboere aan om:

• die diere wat die vatbaarste vir hittespanning is te identifiseer

• ՚n aksieplan gereed te hê om hittespanning te behandel

• sorg vir genoeg drinkwater

• skuif die voedingstyd na laatmiddag of vroegaand

• verskaf skaduwee indien moontlik – dit help as daar ՚n luggie trek

• koel die grond af waarop die vee staan of lê deur hooi te strooi

• beheer vlieë so goed as moontlik

• moenie die beeste aan aktiwiteit blootstel op die hitte van die dag nie

• neem kennis van kort- en langtermyn weervoorspellings en hou ՚n afskrif van die temperatuur/humiditeit-indekskaart byderhand

• verseker vee en oeste teen geldelike verliese weens hittespanning

• beperk verdamping van water deur vroegoggend te besproei

• kies hitte- en droogtebestande oeste wat vir die gebied waar jy boer geskik is

• gebruik ՚n deklaag om verdamping te beperk.

www.proagri.co.za 34 ProAgri Suid-Afrika 289
Gewasproduksie

Klimaatsverandering ՚n werklikheid Volgens Ivan erken die Wes-Kaapse Landboudepartement die uitwerking van klimaatsverandering en rampe op die landbou.

“Die toename in intensiteit en voorkoms van rampe noop die Departement om te fokus op vermindering van risiko’s en op strategieë wat die uitwerking kan versag. Die Departement sal voortgaan om nou saam te werk met die distrik- en provinsiale rampbestuursentrums en georganiseerde landbou om te verseker dat boere die nodige ondersteuning kry wanneer hulle deur rampe getref word.”

Die Wes-Kaap as landboustreek word al geruime tyd deur droogtes, oorstromings en swaar haelstorms, asook veldbrande, geteister. In die lig hiervan het hy die Wes-Kaapse kabinet versoek om klimaatsverandering as ՚n saak van dringendheid en ՚n prioriteit permanent op hulle agenda te plaas.

Volgens Ivan is klimaatsverandering lankal nie meer ՚n mite nie; dit is iets wat reeds gebeur. “՚n Paar jaar terug was ek op ՚n Droogtetoer deur die Klein-Karoo op ՚n plaas waar dit sewe jaar laas gereën het – ek het gesien hoe die boer se vee vrek lê op die plaas.” Maar nie net diere ly nie; verlede jaar het ses plaaswerkers in die Noord-Kaap gesterf weens blootstelling aan uiterste hitte.

“Die boere ervaar klimaatsverandering in die verskuiwing in klimaatspatrone wanneer daar nie water vir hulle vee of landerye is nie. Landbou en die hele waardeketting, wat verwerking insluit, is afhanklik van watersekerheid. Ons sien sekere goed net nie meer op winkelrakke nie ...”

Die Landboudepartement ՚n interministeriële komitee aangestel wat help om klimaatslim planne te maak in ՚n poging om die krisis die hoof te bied.

Die Klimaatslim Strategie is reeds in 2016 bekend gestel en bied ՚n padkaart vir die landbousektor – die Departement en die boere – waarvolgens meer veerkragtig teen klimaatsverandering opgetree kan word. Die planne sluit ook opgedateerde klimaatsdata in wat rolspelers in die landbou kan help om ingeligte besluite te neem.

Bewaringslandbou

“Ons moet toenemend fokus op bewaringslandbou,” sê Ivan. “Daar moet op goeie waterbestuur en ekologiese infrastruktuur gefokus word en ons moet planne beraam om die landbousektor teen klimaatsverandering en die geldelike uitwerking daarvan te beskerm.”

In Julie en weer in September 2023 het swaar reën in verskeie streke van die Wes-Kaap miljoene rand se skade aan rivierinfrastrukture, oeste en ook verlies van grond veroorsaak.

“Die Wes-Kaapse regering het aansoek gedoen dat die vloedskade deur die nasionale regering as ՚n ramptoestand geklassifiseer word. Uiteindelik is R114-miljoen van die meer as R700miljoen waarvoor aansoek gedoen is, deur middel van die Nasionale Rampbestuursdepartement deur die Nasionale Tesourie aan die Wes-Kaap toegeken.” Die bykomende geld sal help dat herstelwerk aan infrastruktuur wat reeds deur die Departement en met die boere se hulp gedoen is voortgesit kan word.

Skool vir Klimaatstudie

As deel van die Wes-Kaapse regering se voortgesette verbintenis om ՚n sterk klimaatbestande toekoms vir die provinsie te verseker, het die Departemente van Landbou en van Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning in November verlede jaar ՚n memorandum van ooreenkoms met die Skool vir Klimaatstudie van die Universiteit Stellenbosch onderteken.

Die Skool, wat in 2021 tot stand gekom het, werk saam met die universiteit se verskillende departemente, die regering en die private sektor om ՚n oorgang na ՚n klimaatbestande samelewing en ՚n volhoubare laekoolstofekonomie te bewerkstellig.

Volgens Ivan en Anton, medeleiers van klimaatsveranderingbestuur in die Wes-Kaap, getuig die ondertekening van dié ooreenkoms van die WesKaapse regering se strewe na veerkragtigheid teen klimaatsverandering.

“Droogtes, vloede en hittegolwe sal meer gereeld word, en hierdie tendense beklemtoon die behoefte aan ՚n gekoördineerde reaksie van die regering, tersiêre instellings, die private sektor en die hele samelewing om die impak van klimaatsverandering te versag,” het Ivan tydens die ondertekening gesê.

Anton het beklemtoon dat die

In September 2023 is groot skade deur swaar reën en oorstromings in groot dele van die Wes-Kaap aangerig. (Bron: Verskaf)

ooreenkoms ՚n bemagtigende platform sal bied om plaaslike en internasionale navorsings- en kapasiteitsbougeleenthede (insluitend gesamentlike projekte) na te streef om die kennisbasis oor klimaatsverandering in die Wes-Kaap te bou.

Mediterreense Landbouforum

Ivan is ook trots om aan te kondig dat sy departement saam met Kalifornië en drie ander lidlande in die Mediterreense streek tydens COP28 in Desember in Dubai ՚n ooreenkoms vir ՚n Mediterreense Landbouforum onderteken het. “Die vyf gebiede wat deel vorm van die Mediterreense streek sal kundigheid uitruil wat kan bydra tot wêreld-voedselsekerheid.”

9de Wêreldkonferensie oor Bewaringslandbou

Hy is ook trots daarop om aan te kondig dat die 9de Wêreldkonferensie oor Bewaringslandbou later vanjaar in Kaapstad aangebied word.

Die omvang van die skade wat vanjaar deur veldbrande in die WesKaapse Wynland veroorsaak is, is nog nie bepaal nie. (Bron: Verskaf)

Bronverwysings

Dr Ivan Meyer oor Klimaatsverandering. Grootplaas

https://www.youtube.com/watch?v=AFDjUF5wQB4

Steenkamp, E. (2021) Stephanie Midgley joins the Smartagri team. Hortgro

https://www.hortgro.co.za/news/stephanie-midgley-joins-the-smartagri-team/ Redaksie (2024) Nog ՚n moeilike nag van brandbestryding agter die rug (2024) Netwerk24

https://www.netwerk24.com/netwerk24/nuus/aktueel/nog-n-moeilike-nag-van-brandbestrydingagter-die-rug-20240201

www.proagri.co.za ProAgri South Africa 289 35 Gewasproduksie
Sedert 1 Desember verlede jaar tot 31 Januarie vanjaar het daar reeds 6 429 veldbrande voorgekom en na raming is 103 262 hektaar verwoes. (Bron: Olifantsberg Landbouvereniging Facebook)
The images displayed are for illustration purposes only and may not be an exact representation of the products and or prizes. #ShellLeadingTheWayForward Lead the way Forward and stand a chance to Win Weekly Prizes: Shell V plus card loaded with R2000 Monthly Prizes: Essential farming voucher worth R10,000 Grand Prize: 1 of 2 Mapping Drones How to Enter 1. Buy any of Spirax S3T, Spirax TXM, Gadus S2V or Rimula R4X product 2. Scan the QR code or visit the URL 3. Enter your details 4. Upload your slip Promo valid from 1 March - 30 June 2024. T&Cs apply. www.shellagricnationalpromotion.co.za

Wildsvleisbedryf word met nuwe oe bekyk

Nuwe, begerige oë kyk na die wildbedryf in die land vir werkskepping en voedselsekerheid vir agtergeblewe gemeenskappe, veral in landelike gebiede.

Barbara Creecy, minister van Bosbou, Visserye en Omgewingsake, se Wildsvleisstrategie is op 8 November 2023 in die Staatskoerant gepubliseer nadat dit op 27 September deur die kabinet goedgekeur is.

Barbara Creecy, minister van Bosbou, Visserye en Omgewingsake, se Wildsvleisstrategie is op 8 November 2023 in die Staatskoerant gepubliseer waarin sy uiteensit hoe sy die wildsvleisbedryf wil formaliseer en transformeer. (Bron: Verskaf)

Die doel van die strategie is om die wildsvleisbedryf formele status te gee en te transformeer ter wille van voedselsekerheid en werksgeleenthede, inklusiewe sosio-ekonomiese groei, asook die volhoubare benutting van die biodiversiteit terwyl omgewingsrisiko’s beperk word.

Suid-Afrika gee die pas aan met die produksie van wildsvleis en die minister wil die ekonomiese geleenthede wat die bedryf bied benut om teen die einde van 2030 minstens 202 666 volhoubare werksgeleenthede in die bedryf te skep.

Die strategie sal die samewerking

Wildgetalle het nog nie die vlak van voor COVID-19 bereik nie en daar is ’n tekort aan sekere wildsoorte soos rooibokke. (Bron: Pixabay)

van al drie regeringsvlakke, gemeenskappe, nie-regeringsorganisasies en die private sektor, plaaslike en internasionale beleggers, asook akademiese en navorsingsinstansies betrek.

Sy glo deur hierdie vennootskappe kan die wildsvleisstrategie-aspekte soos armoede, soönotiese siektes en klimaatverandering tot voordeel van al die land se inwoners aanspreek.

Die formalisering van die bedryf sal daartoe lei dat meer wildsvleis as die huidige 10% op winkelrakke te koop aangebied word. Dit sal ’n bykomende bron van proteïen bied naas byvoorbeeld ingevoerde hoenderprodukte.

Wildsvleis kan help om die proteïenbehoefte aan te vul wat nou in ’n mate deur ingevoerde hoendervleis gedoen word. (Bron: Pixabay)

Dit sal ook geleenthede skep vir klein- en mediumgroot sakeondernemings en ’n bykomende inkomstestroom vir bestaande wildsboere bied.

Volgens die minister word die potensiaal van die wildsvleisbedryf nie naastenby ten volle benut nie omdat daar nie ’n formele stelsel in plek is vir die produksie, slag en verwerking, verspreiding en bemarking daarvan nie.

Volgens die konsepdokument wat vir die publiek se kommentaar beskikbaar gestel is, is die wildsvleisbedryf tans hoofsaaklik ’n byproduk van die jagbedryf wat op ’n informele en gefragmenteerde wyse bedryf word. Daar is baie min voorheen benadeelde persone betrokke.

Die minister meen daar is baie gemeenskapsgrond wat geskik is vir vlaktewild wat gebruik kan word.

Sewe stappe

Richard York, uitvoerende hoof van Wildlife Ranching South Africa (WRSA), het die wildsvleisstrategie in 2022 verwelkom toe die publiek die geleentheid gekry het om daarop kommentaar te lewer. Hy meen die sewe stappe om die strategie te verwesenlik is ’n tree in die regte rigting om die bedryf meer mededingend en aantrekliker vir beleggers te maak.

Hy meen die belangrikste aspek is die wildsraad wat in die vooruitsig gestel

www.proagri.co.za ProAgri South Africa 289 37 Vee en Wild
deur Tisha Steyn

Navigating the fields with excellent lubricants to keep the wheels turning.

www.proagri.co.za 38 ProAgri Suid-Afrika 289 Guidelines TotalEnergies Authorized Distributor Charte TotalEnergies RAYTON
012 734 5332/ 4064
van Dyk: 082 568 2266 Address: 1039 Treurnicht Street, Rayton, Gauteng, South Africa
014 596 7663
van Rensburg: 083 798 9889 Address: 22 Bosch Street, East End, Rustenburg, South Africa www.lubeforce.co.za Heavy Duty Transport Cars Motorcycles Mining Agriculture HARVESTING GROWTH
Office:
Jurie
RUSTENBURG Office:
Ruan
In agriculture, where fuel costs can be a substantial part of the budget, every drop counts. Explore how precision lubrication contributes to improved fuel efficiency, helping farmers reduce operational costs while maintaining the power needed to navigate vast fields.

Die wildsvleisbedryf is tans ’n byproduk van die jagbedryf.

(Bron: Pixabay)

word en wat hopelik ook die probleme wat die wildbedryf ervaar kan aanspreek.

Die sewe doelwitte wat teen 2030 verwesenlik moet wees sluit in:

• Die uitbreiding van wildsvleisproduksie van 59 184 ton per jaar in 2022 tot 100 000 ton per jaar;

• ’n Toename van 10% tot 85% in die nakoming van regulasies wat wildsvleis vir menslike gebruik geskik maak;

• ’n Toename in die aantal voorheen benadeelde persone, insluitend vroue en jeugdige wildboere en ander rolspelers in die wildsvleisbedryf van 4% tot 25%;

• Die skep van 10% per jaar meer werksgeleenthede in die bedryf;

• Die verskuiwing van die informele wildsvleisbedryf as byproduk van jag tot kommersiële wildsvleisproduksie, verwerking en bemarking deur dertig groot produksieeenhede, vyf groot ondernemings wat vir die oes verantwoordelik kan wees, en nog tien ondernemings wat by die verwerking betrokke is;

• Een miljoen hektaar grond in die besit van gemeenskappe wat toegespits is op wildsvleisproduksie en die gepaardgaande waardekettings; en

• ’n Wildsvleisbedryf wat deur verbruikersbehoeftes gedryf word. Hy meen mentorskap en opleiding vir jong wildboere sal die deurslag gee om verandering te weeg te bring. Maar om die nodige kennis oor te dra gebeur nie oornag nie en dit duur tussen drie en vyf jaar om ’n wildsplaas behoorlik aan die gang te kry.

Ander kwessies

Wilddiefstal en onwettige jag is een van die kwessies wat aangespreek sal moet word. Gemeenskappe sal moet verstaan dat die gebruik van strikke om wild mee te vang en jag met honde

Tans word net sebra-, volstruis- en krokodilvleis uitgevoer. (Bron: Pixabay)

onwettig is en dat die praktyke die bedryf skade aanrig.

Dieresiektes, en veral bek-en-klouseer, lê die uitvoer van wildsvleis na talle lande aan bande en slegs vol struis-, sebra- en krokodilvleis word tans na die Europese Unie, Sjina en die Verenigde Arabiese Emirate uitgevoer.

Befondsing kan ’n probleem wees omdat finansiële instansies lugtig is om vir nuwe ondernemings geld te leen.

Toegang tot geskikte grond, gebrek aan infrastruktuur, leemtes in die wetgewing en ’n gebrek aan akkurate inligting oor die mark vir wildsvleis kan ook die proses bemoeilik.

Te min wild

Die grootste probleem is dat daar tans nie genoeg bosveldwild is om eers aan die jagbedryf se behoeftes te voldoen nie. Die tekort jaag die pryse op.

Johan du Toit, direkteur van African Wildlife Auctions (AWA) wat die meeste wild in die land verkoop, meen wildgetalle het nog nie weer gegroei tot die vlak voor COVID-19 nie. AWA verkoop tussen 1 500 en 2 000 stuks wild uit hulle veilingsbomas by Vaalwater in Limpopo.

As gevolg van die tekort raak dit al duurder vir biltongjagters: ’n rooibokooi wat in 2023 R1 200 gekos het, gaan vanjaar R2 200 kos – en dit vir ’n dier wat maar 25 kilogram vleis uitslag.

Hy meen die vraag na wildsvleis dryf ook die pryse op namate al hoe meer vleisverwerkers wildboere nader vir diere soos sebras, kameelperde en swartwildebeeste en waarvoor hulle bereid is om tot R30 per kilogram te betaal. Volgens hom het ’n sebra se prys wat die afgelope twee dekades tussen R3 500 en R4 000 gewissel het, in 2023 gestyg na tot R7 000.

’n Kameelperd kan vir sowat R18 000 op ’n veiling gekoop word, waarvan sowat 25% aan vangkoste en kommissie betaal word, wat die boer met R12 000 wins laat. Dit is meer lonend om die

kameelperd aan ’n vleisverwerkingsaanleg te verkoop wat hom sowat R24 000 in die sak sal bring.

Volgens Johan du Toit bestaan daar reeds ’n goed gevestigde wildsvleiswaardeketting wat deur die gesondheidsdepartement gereguleer word deur inspeksies van die vleis en die slag- en verwerkingsaanlegte.

Bronverwysings

Creecy publishes Game Meat Strategy for SA (2023) Bizcommunity

https://www.bizcommunity. com/Article/196/650/243698.

html#:~:text=Creecy%20publishes%20Game%20Meat%20Strategy%20for%20SA%2013,was%20approved%20by%20Cabinet%20on%20 27%20September%202023.

Consultation on the draft game meat strategy for South Africa (2022) Gazette Number: 47024

https://www.wrsa.co.za/wp-content/ uploads/2022/08/Game-Meat-Strategy-Comments_Final.pdf

Forestry, Fisheries and the Environment publishes draft Game Meat Strategy for public comment 18 Jul 2022

https://www.gov.za/news/mediastatements/forestry-fisheries-and-environment-publishes-draft-game-meatstrategy-public

Growing the game meat industry

https://www.dffe.gov.za/sites/default/ files/docs/gamemeatstrategyofsouthafrica_crr.section2growingtheindustry. pdf

Karombo, T. (2023) Game meat to transform SA supermarkets: Is that a buffalo, ostrich, impala or crocodile on the menu? IOL

https://www.iol.co.za/business-report/ economy/game-meat-to-transformsa-supermarkets-is-that-a-buffalo-ostrich-impala-or-crocodileon-the-menu-f156e40c-e0fc4b17-98ec-6689e680b099

Manoko, T. (2022) SA’s game meat strategy is a real crowd-pleaser. Food for Mzansi

https://www.foodformzansi.co.za/sasgame-meat-strategy-is-a-real-crowdpleaser/

Raats, J. (2024) Wildpryse galop op vraag na jagdiere. Landbou.com

https://www.landbou.com/landbou/ bedrywe/wild/wildpryse-galop-opvraag-na-jagdiere-20240115

Publication of the game meat stragegy for South Africa for implementation

https://www.dffe.gov.za/mediareleases/creecy_gamemeatstrategy2023publication

www.proagri.co.za ProAgri South Africa 289 39 Vee en Wild

Inyati Drilling is opgewonde om ons baanbreker boortegnieke saam met die nuutste hommeltuig-tegnologie ten toon te stel.

Kom kyk eerstehands hoe ons die bedryf met doeltre endheid en akkuraatheid verander. Moenie die opwindende geleentheid misloop om ons boormasjien en hommeltuig te kom kyk nie. Ontdek die toekoms van waterbrone identi seer!

012 940

sales@inyatigroup.co.za

www.inyatigroup.co.za

www.proagri.co.za 40 ProAgri Suid-Afrika 289 Vee en Wild
0507
CMY

Dieresiektes: Besmetlike misgeboorte (BM ook bekend as brusellose)

Deur biesmelk met geboorte in te neem kan diere 'n passiewe immuniteit teen besmetlike misgeboorte opbou wat besmetting deur melkinname tot op vier tot ses maande kan beperk. (Bron: Pixabay)

Besmetlike misgeboorte bly ’n groot probleem in die land en volgens die Ruvasa-verslag kom dit tans in Mpumalanga, Noordwes, Vrystaat, Gauteng, Oos-Kaap en Noord-Kaap voor. Ruvasa is die Herkouer-veterinêre Vereniging van Suid-Afrika wat bestaan uit veeartse wat alle dieresiektes landwyd aanmeld.

Volgens dr. Faffa Malan, bestuurder van Ruvasa, word ’n hele beeskudde as besmet beskou selfs al toets net een bees positief vir die siekte. So ’n besmette kudde moet deur ’n veearts van kant gemaak word.

Faffa sê as elke boer verantwoordelikheid daarvoor neem om sy kudde in te ent soos wat die wet vereis, sal die omvang van die probleem afneem. Hy meen boere wil nie weet of hulle kudde besmet is nie eerder as om kwarantyn en die koste in die oë te kyk.

Wet

Besmetlike misgeboorte is ’n beheerde dieresiekte volgens die Dieresiektewet, 1984 (Wet 35 van 1984). Dit is ’n kroniese siekte waarvoor daar geen behandeling in beeste is nie en dit is ’n kuddesiekte – as een dier besmet is, word die hele kudde as potensieel besmet beskou.

Besmetlike misgeboorte is ’n beheerde dieresiekte volgens die Diere siektewet, 1984 (Wet 35 van 1984) en diere moet daarteen ingeënt word. (Bron: Pixabay)

Dit beteken dat dit die eienaar van die diere se verantwoordelikheid is om te sorg dat sy diere gesond is en hulle kan op grond van dié wet en die Verbruikers beskermingswet, 2008 (Wet 68 van 2008) vervolg word indien hulle nalaat om die verspreiding van besmetlike misgeboorte te beheer.

Besmetlike misgeboorte kan na mense oorgedra word wanneer ongepasteuriseerde melk of kaas van besmette koeie ingeneem word. (Bron: Pixabay)

Die siekte is van groot ekonomiese belang omdat dit soos blits onder ’n kudde versprei, ’n sogenaamde ‘storm’ van aborsies kan veroorsaak wat melkproduksie laat afneem en tot ’n langer tussenkalfperiode lei. Dit is duur om te beheer en dit is boonop oordraagbaar na mense.

Streng beheer deur behoorlike biosekerheidsmaatreëls is dus noodsaaklik om verspreiding te voorkom.

Wat is besmetlike misgeboorte?

Besmetlike misgeboorte (BM) of brusellose is ’n hoogs aansteeklike siekte wat veral onder dragtige koeie voorkom en deur die bakterie Brucella abortus veroorsaak word.

Dit lei tot ’n ontstekingsreaksie in die plasenta wat lei tot ’n aborsie en behoue nageboortes wat lei tot ’n verlies aan potensiële kalwers.

Die behoue nageboortes lei tot baarmoederontsteking, wat weer lei

www.proagri.co.za ProAgri South Africa 289 41 Vee en Wild
deur Tisha Steyn
Vee en Wild Crates Crates VIRGIN WHITE RECYCLED BLACK REMOVABLE DIVIDERS CRATE LID Optional extras VIRGIN RED RECYCLED BLACK VIRGIN RED RECYCLED BLACK VIRGIN RED RECYCLED BLACK JHB Tractor Spares stocks a range of replacement parts for : FORD, FIAT, NH, and MF tractors. We stock a comprehensive range of replacement parts for FORD, FIAT, NEW HOLLAND, CASE and MASSEY FERGUSON tractors which includes: Paint and decals Engine spares Gearbox spares Diffs and hydraulic lifts We also stock spares for TLB’s, including: Rear axles Crown wheel and pinions Complete diffs and brakes 0116156421 | 0116772100 info@jhbtractorspares.co.za 0664024322 www.jhbtractorspares.co.za 32 Davies road, Malvern East, Germiston WE STOCK THE RIGHT TRACTOR PART AT THE RIGHT PRICE, AT THE RIGHT TIME!

tot moeilike herbevrugting, asook ontsteking van die testes en ander geslagskliere in bulle en gevolglike verlaagde vrugbaarheid.

Besmette verse en koeie kan aborteer, hulle melk- en aanwasproduksie kan daal weens verlengde tussenkalfperiodes, nageboortes wat vassit en baarmoederontsteking

Besmetlike misgeboorte is ’n kroniese siekte waarvoor geen behandeling in beeste bestaan nie. (Bron: Pixabay)

Oordraging

Die belangrikste metode van oordraging is wanneer besmette koeie normaalweg kalf of aborteer, aangesien hierdie prosesse miljoene bakterieë in die omgewing vrylaat, wat maklik ander diere kan besmet.

’n Besmette koei aborteer gewoonlik net een keer, maar die besmetting bly sluimer en wanneer die koei ’n verskalf het, is daar ’n 15 tot 25% moontlikheid dat sy ook deur die besmette vrugvloeistof of biesmelk besmet kan word.

Koeie en verse wat besmet is lyk gewoonlik gesond, maar indien hulle in die kudde bly kan die besmetting versprei en tot voortgesette verliese lei.

Verse wat gebore is uit besmette koeie toets dikwels negatief voordat hulle kalf en toets eers positief na hulle eerste kalwers.

Akute uitbrekings van die siekte volg nadat vatbare kuddes aan besmet like misgeboorte blootgestel is en 30% tot 40% van die ongeënte vroulike diere tussen die vyfde maand en einde van dragtigheid aborteer.

Wanneer die siekte by die kudde gevestig raak, neem dit ’n kroniese vorm aan, minder aborsies kom voor en die simptoom kom slegs by aanvullingsdiere voor.

Verspreiding

Die bakterie is sen sitief vir pasteurisasie-temperature en die oorlewing daarvan buite die gasheer is afhanklik van omgewingstoestande. Dit is sensitief vir suur en alkaliese omgewings, maar kan lank in ongepasteuriseerde kaas oorleef.

Die bakterie kan in gunstige toestande tot drie maan de op weiding oorleef en tot agt maande in ’n mistenk op ’n melkplaas.

Die bakterie kan ook deur die

afloopwater van besmette naburige plase versprei word.

Roofdiere soos rondloperhonde, jakkalse en selfs kraaie kan besmette geaborteerde fetusse en nageboortes na ander plase aandra. Vlieë wat op besmette materiaal voed kan ook die bakterie ver sprei wanneer dit om diere se slymvliese gaan sit.

Immuniteit en inenting Deur biesmelk met geboorte in te neem kan diere 'n passiewe immuniteit teen besmetlike misgeboorte opbou wat besmetting deur melkinname tot op vier tot ses maande kan beperk.

Inenting help o m die kudde teen die siekte te beskerm, verminder die verspreiding en die aantal aborsies.

Inenting of natuurlike besmetting kan tot verkreë immuniteit lei wat ook as relatiewe immuniteit bekend staan, maar wat nie volledige immuniteit veroorsaak nie. Opvolginentings is noodsaaklik om die immuniteit te verhoog.

Die belangrikste metode van oordraging is wanneer besmette koeie normaalweg kalf of aborteer, want hierdie prosesse laat miljoene bakterieë in die omgewing vry wat ander diere kan besmet. (Bron: Pixabay)

Entstof

Dit is verpligtend deur die Wet om alle verse eenmalig tussen ouderdom vier en agt maande teen besmetlike misgeboorte te ent, met S19 of met RB51 (Tabel 2 van die Dieresiekteregulasies).

S19 entstof mag slegs vir verskalwers van vier tot agt maande oud gebruik word, want indien dit op ’n latere ouderdom gebruik word, kan die dier voortdurend positief toets wat die ware siektestatus kan verwar.

RB51 entstof mag in nie-dragtige koeie van enige ouderdom gebruik word want dit sal nie positiewe toets resultate lewer nie.

Bulle moet nie met S19 of RB51 ingeënt word nie aangesien hulle steriel mag raak.

Soönose

Besmetlike misgeboorte is ’n dierverwekte menssiekte (soönose), wat beteken dat dit na mense oorgedra kan word – ’n besmetting raak dus die gesondheid van al mal op die plaas.

Mense word besmet deur rou, onge -

pasteuriseerde melk van besmette koeie te drink. Dit word ook oorgedra deur direkte kont ak met besmette lewende diere, hulle uit- en afskeidings en hulle asemhaling, wanneer ’n besmette koei geslag word, of wanneer besmette kalwingsmateriaal en geaborteerde fetusse hanteer word.

Besm etlike misgeboorte onder mense staan bekend as maltakoors. Die simptome sluit hoë koors, erge sweet, hoofpyn, massaverlies, geswelde gewrigte en selfs depressie in. Dit kan ook lei tot ernstiger toestande soos artritis, hartbinnevliesontsteking (endokarditis) en harsingvliesontsteking (meningitis). Indien dit nie behandel word nie, kan dit lei tot kroniesemoegheidsindroom.

Vleis van besmette diere wat by goedgekeurde abattoirs geslag word is veilig vir menslike gebruik.

Biosekerheid

Wanneer jy beeste inkoop moet jy aandring op inentingsrekords en uitslae van kuddetoetse wat onlangs op die plaas van oorsprong gedoen is.

Die verkoper moet kan bewys dat die beeste ingeënt is, dat die kudde van oorsprong negatief vir brusellose getoets het en dat die toetse oor ’n tydperk negatief getoets het.

Hou alle diere wat nuut aangekoop is afsonderlik aan om te toets vir verskeie siektes, om inentings te doen en om teen interne en eksterne parasiete te behandel.

Hou verse wat nuut aangekoop is afsonderlik van die res van die kudde tot nadat hulle gekalf het en vir besmetlike misgeboorte getoets kan word.

Kontak die naaste staatsveearts of jou private veearts vir meer besonderhede.

Brusellosebestuurskomitee van die Nasionale Dieregesondheidsforum. (2022)

https://www.boerhier.co.za/wat-jymoet-weet-van-beesbrusellose/

Du Toit, H., Kruger-Rall, N. (2005) Die bestryding van brusellose by beeste. Noordwes Nuus, Jaargang 37, Januarie/Februarie 2005. NWK Bpk.

https://www.landbou.com/landbou/ Bedrywe/Diere/die-bestryding-vanbrucellose-by-beeste-20170914

Van Burick, N. (2024) Ruvasa: Bek-enklou onder die knie, maar... Landbou. com https://www.landbou.com/landbou/bedrywe/diere/ruvasa-bek-enklou-onder-die-knie-maar-20240126

www.proagri.co.za ProAgri South Africa 289 43 Vee en Wild

Varkpes breek opnuut uit in Suid-Kaap

Nuwe uitbraak van Afrika-varkpes (AFS) onder varke van kleinboere het in die omgewing van George in die Suid-Kaap voorgekom.

Volgens ՚n mediaverklaring van die Wes-Kaapse Landboudepartement is dit die vierde uitbraak in die gebied sedert 2022. Die siekte het in 2022 en weer in 2023 by Kwanonqaba by Mosselbaai voorgekom, waar dit onder beheer gebring is. Dit het in 2022 ook in Thembalethu by George voorgekom waar dit steeds ՚n bedreiging vir kommersiële varkboere inhou.

In die jongste voorval het 45 varke van die siekte gevrek, maar daar is nog 250 varke in die woonbuurt. Die gebied is onder kwarantyn geplaas en lede van die gemeenskap word ernstig gemaan om nie varke of varkvleisprodukte uit die gebied te verwyder nie om te keer dat dit verder versprei.

Daar is geen behandeling of entstof teen die siekte wat mak en wilde varke aantas nie. Al genade is baie streng biosekerheidsmaatreëls, wat insluit dat karkasse veilig hanteer moet word en dat varke op hok gehou moet word om te keer dat snuffelende varke besmette afval eet en die virus opdoen. Die belangrikste is om nie besmette varke of varke wat in aanraking met besmette varke was te verskuif nie. Volgens ՚n boer van die omgewing is dit die praktyk om siek varke bloot na ՚n ander woonbuurt te verskuif.

Mense wat varke hanteer moet voor en na blootstelling hulle hande, klere, skoene en toerusting ontsmet om te keer dat hulle die virus na ander varke oordra.

Voorts moet enige afvalkos wat varkvleis bevat deeglik

gaargemaak word voordat dit aan varke gevoer word, en boere moet slegs varke by betroubare agente wat gesertifiseerde siektevrye varke verskaf aankoop.

Volgens die senior staatsveearts op George het die siekte nie na twee kommersiële varkboerderye in die omgewing versprei nie. Die siekte tas nie mense of ander diere aan nie en varke wat onder beheerde toestande by slagpale geslag is, is veilig vir menslike gebruik. Dit geld ook vir varkvleis en varkprodukte op winkelrakke.

Simptome by besmette varke sluit moeilike asemhaling en rooi vel op die vark se pens en ore in. Die agterbene gee mee en die vark verloor eetlus. Soms kan daar bloed in die mis of braking voorkom.

Die uitbraak is die nuutste wat landwyd aangemeld word. In 2023 het die siekte altesaam 278 keer voorgekom, waarvan 116 steeds bestry word en 162 opgelos is. Die meeste voorvalle het in Gauteng (91) voorgekom, gevolg deur die Wes-Kaap (53), Oos-Kaap (45), die Vrystaat (40), Mpumalanga (26), Noordwes (17), KwaZulu-Natal (4) en een elk in die Noord-Kaap en Limpopo.

Voorkoms wêreldwyd

Afrika-varkpes is ՚n hoogs aansteeklike, hemoragiese siekte (bloedingsiekte) wat dodelik is vir mak of wilde varke. Die varke lyk op die oog af gesond maar kan in ՚n oogwink van die siekte vrek.

Die siekte kom wydverspreid in Afrika suid van die Sahara

voor waar dit van wilde varke, soos vlakvarke, deur middel van sagtedopbosluise (Ornithodoros moubata) versprei word. Die siekte tas ander lede van die Suidae-familie aan, insluitend vlakvarke (Phacochoerus aethiopicus), bosvarke (Potamochoerus porcus) en Europese wildevarke (Sus scrofa ferus).

Tot in 1957 is Afrika-varkpes beskou as ՚n siekte wat slegs in Sub-Sahara Afrika voorkom, maar toe dit in daardie jaar in Portugal voorkom nadat afvalkos van ՚n lugredery vir varke naby Lissabon gevoer is, is die valse hoop vernietig. In Portugal en Spanje, waar AFS endemies was, is dit versprei deur Ornithodorus erraticus

In 1960 het daar weer ՚n uitbraak voorgekom en tot in die middel 1990's het die besmetting voortgeduur. Dit het in 1978 na Malta versprei, in 1964, 1967 en 1977 in Frankryk uitgebreek, gevolg deur België in 1985 en die volgende jaar in die Nederlande. In hierdie lande is die siekte bekamp deur uitslagting. AFS is steeds endemies in Sardinië sedert dit in 1978 daar uitgebreek het. Gedurende die 1970’s en ’80’s het dit ook na die Karibiese Eilande en Brasilië in SuidAmerika versprei.

Die siekte het in 2007 vanaf Afrika na Georgië in Oos-Europa versprei, vanwaar dit na die westelike dele van Rusland, Armenië, Azerbaijan, die Oekraine, Belarus, Litoue, Letland, Poland en Estland versprei het. In 2018 het dit na Sjina en buurlande Mongolië, Kambodja, Laos, Viëtnam, die Fillipyne, Noord- en SuidKorea, Mianmar, Timor-Leste en Papua Nieu-Guinee versprei.

Dit het ook verder weswaarts in Europa versprei en varke in Roemenië, Serwië, Slowake, Bulgarye en Griekeland besmet. Dit het ook na wilde varke in België en die Tsjeggiese Republiek versprei. Miljoene varke is vernietig in die proses om die siekte te probeer stuit.

՚n
Vee en Wild

Oorsaak en uitwerking

Afrika-varkpes word veroorsaak deur die Asfivirus wat tot die familie Asdarviridae behoort.

Gewoonlik word die boonste lugweë besmet waar die virus in die mangels en limfnodes wat die kop en nek dreineer vermenigvuldig. Die besmetting versprei gou deur die bloedstroom na die weefsel. Die bloedstollingsvermoë word aangetas wat lei tot hemoragiese letsels. Die virus word deur die boonste lugweë uitgeskei en is in alle uitskeidings, ook in bloederige uitskeidings soos mis en braaksel, teenwoordig.

Die virus is hoogs weerstandig, selfs teen vriestemperature en kan maande lank teen kamertemperatuur en selfs teen 4 °C aansteeklik bly. Die virus in liggaamsvloeistowwe word binne ՚n

Bloeding kom in die limfnodes en in die weefsel voor. (Bron: Dr CAL Oura)

՚n Tipiese simptoom van varkpes is onderhuidse bloeding onder die maag. (Bron: Dr CAL Oura)

Die hemoragiese virussiekte veroorsaak bloeding onder die dun vel van die ore. (Bron: Dr C A L Oura)

halfuur teen 60 °C gedeaktiveer, maar in onverwerkte varkvleis kan dit weke tot maande lank lewensvatbaar bly en dan slegs deur verhitting teen 70 °C vir 30 minute onaktief gemaak word.

Wanneer die mak of wilde varke eers deur die virus besmet is, dra hulle dit oor aan vatbare varke weens direkte kontak of nadat hulle onverwerkte varkprodukte gevreet het. As varke eers besmet is, kan hulle oor en oor besmet raak.

Die liggaamsvloeistof van besmette varke is hoogs aansteeklik en kan tot ՚n maand na besmetting steeds oorgedra word. Die bloed van besmette diere is tot ses weke lank aansteeklik.

Die inkubasie duur drie tot sewe dae, waarna die besmette vark ՚n hoë koors van tot 42 C het, gevolg deur verlies aan eetlus, rukkerige beweging en die vark gaan lê. Die vel op die maag en ore verkleur rooi en bloed vloei uit die neus en anus. Die varke mag ook sukkel om asem te haal, braak of indien dragtig, aborteer.

Varke kan gesond lyk of kronies siek raak. In sommige gevalle raak die varke uitgeteer, die gewrigte swel op en die dier haal moeilik asem. Hoe erger die besmetting, hoe meer akuut is die voorkoms.

Laboratoriumtoetse is noodsaaklik om die siekte betyds te diagnoseer en suksesvol te beheer.

Die voorkoming en beheer van ASF word bemoeilik deur die virus wat in vars en sommige verwerkte varkvleisprodukte versprei word, die moontlike voortslepende besmetting van sommige varke, die reservoirs van die virus in wilde varke en sagte bosluise in sekere wêrelddele en verwarring met simptome van klassieke varkpes (hog cholera).

Voorkoming

Voorkoming berus daarop dat geen besmette varke of hulle vleis in ՚n gebied wat vry is van die siekte ingebring word nie.

Waar wilde varke voorkom is dit feitlik onmoontlik om die siklus tussen sagte bosluise en die varke te verbreek, maar met bykomende maatreëls kan suksesvol in Afrika met mak varke geboer word. Voer varke net gekookte voedselreste of verkieslik kommersiële varkkos, hou die varke op hok binne dubbele heinings en ogiesdraad waarvan ՚n gedeelte onder die grond is om te voorkom dat wilde varke onderdeur die heining grawe, en beperk besmetting deur bosluise.

In lande soos die VSA wat vry is van ASF-besmetting is dit verbode om vir varke kos te voer wat van skepe of vliegtuie van internasionale roetes af kom.

In sommige lande soos die Fillipyne word sogenaamde ‘skildwag-varke’ in ՚n gebied waar AFS voorgekom het, volgens streng protokol na 90 dae ingebring as voorloper tot die hervestiging van varke in die gebied. As die Skildwag-varke oorleef, kan hervestiging voortgaan.

Altesaam 278 uitbrake van Afrikavarkpes (ASF) het sedert 2022 in die land voorgekom, die meeste daarvan in Gauteng, met die tweede meeste in die Wes-Kaap.

Varkpes kom voor in die Suidae- of varkfamilie en het ook na Europese wildevarke in België en die Tsjeggiese Republiek versprei.

Agri dept distributes “sentinel” pigs as prelude to repopulation. (2021)

https://www.da.gov.ph/agri-deptdistributes-sentinel-pigs-as-prelude-to-repopulation/

Oura, C. (2022) African Swine Fever. BVetMed, PhD, School of Veterinary Medicine, Faculty of Medical Sciences, University of the West Indies

Reviewed/Revised Aug 2020 | Modified Oct 2022

https://www.msdvetmanual.com/ generalized-conditions/africanswine-fever/african-swine-fever

Van der Spuy, M. (2024) Afrikavarkpes by George: 45 varke vrek tot dusver. Landbou.com

https://www.landbou.com/landbou/nuus/afrika-varkpes-bygeorge-45-varke-vrek-tot-dusver-20240219

African swine fever outbreak and surveillance update report (31 January 2024) https://mail.google. com/mail/u/0/#inbox?projector=1

Varkboere in die Wes-Kaap word gemaan om die naaste staatsveearts onverwyld te kontak indien AFS vermoed word. https://www. elsenburg.com/veterinary-services/ animal-health-and-disease-control/.

www.proagri.co.za ProAgri South Africa 289 45
Vee en Wild

L

www.proagri.co.za 46 ProAgri Suid-Afrika 289 Vee en Wild w w w . a l z u . c o . z a 0 1 3 2 4 9 8 9 0 0
A V A I L A B L E A T A L Z U F E E D S B R A N C H E S
u p p l e m e n t s f o r S u c c e s s
I C K B L O C K S
S

Dieresiektes: Pasop nou vir longontsteking by beeste

Longontsteking in beeste, bekend as bees-respiratoriese siektekompleks (BRS), kom tans in al nege provinsies van Suid-Afrika voor. So sê die jongste verslag van veeartse aan die Herkouer Veterinêre Vereniging van Suid-Afrika (RuVASA).

Die longontsteking dui op brongopneumonie, wat ontsteking van die lugweg en boonste gedeeltes van die longe behels.

BRS word deur verskeie omgewingen gesondheidsfaktore veroorsaak en dit begin gewoonlik met ՚n spanningsvoorval. 'n Bees wat oor ՚n lang tydperk spanning ondergaan het, se liggaam skei ՚n oormaat kortisol vry wat die immuunstelsel onderdruk. Dit skep ՚n gunstige klimaat vir verskeie virale en bakteriese patogene.

Voedingstekorte, uiterste weersomstandighede en erge stof, hantering en vervoer, asook nuwe omgewings, dra by tot spanning by beeste. Prosedures soos inenting, brandmerk en onthoring, asook enige beserings of onderliggende siektetoestande maak die diere meer vatbaar vir besmetting.

Bakteriese besmetting in die longe lei meestal tot volskaalse longontsteking en as die diere nie vroeg in die akute fase van BRS behandel word nie, kan dit lei tot vrekte of permanente longletsels. Beeste wat behandeling ontvang het ՚n goeie kans op herstel.

Die siekte moet betyds gediagnoseer en geïdentifiseer word sodat antibiotika tydig gebruik kan word. Vroeë tekens van die siekte is diere wat stadiger beweeg, waarvan die kop en ore hang en die eetlus gedemp is. Ander simptome sluit koors, hoes, vinnige en moeilike asemhaling, depressie, asook ՚n verandering in neusafskeiding van die normale helder en loperig tot taaierige bleekwit tot geel in.

Die aantal voorvalle en duur van die siekte sal bepaal of ՚n koei voor die eerste laktasie uitgeskot moet word omdat sy nie voldoende bies of melk kan produseer nie. Die karkas gaan ook ՚n swak gradering kry.

Verspreiding

Hierdie tipe respiratoriese virusse en bakterieë versprei meestal deur direkte, nabye kontak tussen diere, maar mense, vlieë en besmette voorwerpe kan ook daartoe bydra.

Voorkoming en behandeling

Voorkoming is beter as behandeling en dit behels dat spanning beperk moet word. Die boer moet deurentyd let op die simptome sodat die patogeen gou geïdentifiseer en die dier met ՚n gepaste entstof ingeënt kan word.

Om BRS te voorkom is goeie biesbestuur noodsaaklik. Die hele kudde moet met entstof wat by die plaas se

Warm, klam toestande lei tot meer bosluise en steekvlieë wat hartwater en rooiwater veroorsaak. (Bron: Pixabay)

patogeenverskeidenheid pas, ingeënt word. Die koeie en hulle kalwers moet ingeënt word omdat die passiewe oordrag van immuniteit deur die koei se bies aan die kalf oorgedra word.

Dit is noodsaaklik dat beeste met longontsteking met antibiotika en ՚n anti-inflammatoriese middel behandel word. Verskeie geregistreerde produkte is beskikbaar; raadpleeg jou veearts.

Inenting

Inenting met ՚n doeltreffende entstof met die geïnaktiveerde leukotoksien wat deur die belangrikste bakterie uitgeskei word, is belangrik. Leukotoksien vernietig die witbloedselle en onderdruk die immuunstelsel en weerstand teen die siekte, wat tot ontsteking en longskade lei.

www.proagri.co.za ProAgri South Africa 289 47
deur Tisha Steyn
Vee en Wild
Henry Meyer van Mosselbaai sê veral sy jong beeste is geneig om longontsteking te kry weens stof wat hulle inasem wanneer hulle huis toe stap. (Bron: Pixabay).
www.proagri.co.za 48 ProAgri Suid-Afrika 289 IT’S YOUR NOZZLE-BY-NOZZLE ADVANTAGE. It’s Nozzle-by-nozzle control. Consistent coverage across any terrain. Increased productivity and speed. Industry leading visibility www.agleader.com Jaco van der Merwe 082 738 0718 jaco@agtechtechnology.co.za Jaco Hamman 082 762 1669 www.ppfagri.co.za VERSATILITY, PRECISION, PERFORMANCE. Scan this QR code or visit www.manitou.com for more information. End-to-End Solutions: Sales Services Training Parts

Koeie en hulle kalwers moet teen BRS ingeënt word. (Bron: Pixabay)

Hoewel inenting nie die siekte kan voorkom nie, kan dit help om weerstand daarteen te verhoog om longskade te beperk.

Inentings aan die begin van die winter sal die immuunstelsel heraktiveer sodat meer teenliggaampies in die bloed sirkuleer.

Bespreek met jou veearts watter entings vir jou kudde geskik sal wees. Monsters wat tydens ՚n nadoodse ondersoek geneem is kan by ՚n laboratorium ontleed word sodat die korrekte entstof en antibiotikum voorgeskryf kan word.

Daar is verskeie antibiotika oor die toonbank beskikbaar wat die groei van bakterieë kan onderdruk, maar dit is dalk beter as jou veearts ՚n middel voorskryf indien jy longontsteking vermoed. Die veearts kan ook geskikte anti-inflammatoriese middels voorskryf om die koors en ontsteking en dus longskade te verminder en die herstel versnel.

Aanvullende voeding

Vitamien A-aanvulling, wat die slymvliese gesond hou, is noodsaaklik in die droë maande wanneer groen gras en betakaroteen nie vrylik beskikbaar is nie. Seleen is belangrik vir ՚n gesonde immuunstelsel.

Bestuur

Die korrekte bestuur van aanleidende faktore en die gebruik van die korrekte entstowwe en medisyne kan help om die dier se weerstand te verhoog.

Tydige behandeling vir vinnige herstel sluit in:

• Verwyder siek diere uit die groep

• Behandel met antibiotika en antiinflammatoriese middels

• Vra die veearts watter middels die geskikste is

• Verskaf vars water, genoeg kos en koelte

Gevalle van varkpes het weer onder informele boere se varke in agterplase in dig bewoonde gebiede in die Suid-Kaap voorgekom. (Bron: Pixabay)

Bestuurspraktyke vir die voorkoming van bakteriële longontsteking:

• Ent drie tot vier weke voor spanningstoestande teen primêre siekteveroorsakende virale patogene

• Hanteer diere rustig en met sorg

• Voorkom oorbevolkte krale

• Verskaf genoeg skoon drinkwater

• Verskaf voldoende voeding

• Probeer stowwerige toestande beperk

• Voorsien skuiling teen wind

Ander siektes

Volgens RuVASA kom verskeie ander siektes ook voor.

Bosluis- en steekvlieggetalle het toegeneem weens hoër temperature en vogtigheid. Dit lei tot siektes soos Afrika- en Asiatiese rooiwater, hartwater en anaplasmose, asook knopvelsiekte, drie-dae-stywesiekte en bloutong. Daar is nou entstof teen bloutong beskikbaar.

Interne parasiete is aangemeld in gebiede waar hoë reënval voorgekom het. Dit sluit draadwurmbesmetting in wat teen meeste wurmmiddels weerstandig is.

Bultoetse dui daarop dat trigomoniase en vibriose steeds ՚n probleem is en lei tot swak bevrugtingsyfers.

Suid-Kaap

Henry Meyer, ՚n melkboer van Mosselbaai en Agri Wes-Kaap se gebiedsbestuurder in die Suid-Kaap, sê dit is uiters warm en bedompig in die gebied met temperature wat bedags rondom 35 °C boer.

“In die nag is dit nat en die mis klaar eers teen 10:00 soggens op. Die warm, klam toestande het die bosluisbevolking laat ontplof wat lei tot ՚n toename in hartwater en rooiwater en ons het ՚n paar diere daaraan afgestaan.”

Volgens hom ervaar sy diere erge hittespanning. “Die koeie staan in die koelte en ons spuit hulle nat, maar

hulle bekke hang oop van die hitte. Hulle gebruik baie energie om af te koel en produksie val dramaties as dit so warm is.”

Veral sy jong beeste is geneig om longontsteking te kry weens die stof. “Wanneer hulle huis toe loop, loop die agterste derde van hulle in die voorstes se stof. Dit dra by tot die ontwikkeling van longontsteking en ander longsiektes.”

Varkpes

Volgens Henry het daar weer gevalle van varkpes onder informele boere se varke in agterplase in dig bewoonde gebiede voorgekom. “Die staat sukkel om die nodige voorkoming- en beheermaatreëls toe te pas, want die mense luister net nie. As varkpes in Plettenbergbaai se woonbuurtes voorkom, laai die informele boere die varke en verskuif hulle net al met die kus langs na ՚n ander dorp tot by Mosselbaai. So skuif dié boere net die probleem, tot die hele lot varke vrek en dan is hulle baie jammer vir hulleself, maar hulle leer nie.”

Veldbrande

Verliese weens ՚n tekort aan proteïen en energie is aangeteken. Dit kom voor in gebiede waar baie weiveld deur veldbrande vernietig is. Boere moet seker maak dat genoeg proteïen en energie in byvoeding beskikbaar is, want swak voer lei tot swak kondisie en dan is die diere nie bestand teen siektes nie.

Boere word aangeraai om tydig met die hulp van ՚n veearts bestuursprogramme ten opsigte van inentings, voeding en teling op te stel en op te dateer.

Biosekerheid

Biosekerheidsmaatreëls moet ook deurlopend onderhou word ten opsigte van bek-en-klouseer, snotsiekte, brusellose, trichomoniase en kriptosporidiose.

Ferreira, H. (g.d.) Basiese oorsig van longontsteking in vee. Virbac https://za.virbac.com/home/ every-health-care/pagecontent/ every-advices/cattle--diseaserelated-articles/basiese-oorsig-vanlongontsteking-in-vee.html

Kyk uit vir dié siektes RPO Bulletin https://rpobulletin. co.za/?p=4559&goal=0_3d27b5f1ee39165bd8ac-14945521

Nortjé,C. (2020) Bees respiratoriese siekte: Bekamp dit só (2020) Veeplaas https://agriorbit.com/bekamp-beesrespiratoriese-siekte-so/

www.proagri.co.za ProAgri South Africa 289 49 Vee en Wild

bestuur slaan

Holistiese wurmbesmetting hok

Weerstand teen wurmmiddels is een van die toestande wat veeboere die meeste vrees. Maar daar is raad. ’n Holistiese, goed geïntegreerde program vir die voorkoming en behandeling van inwendige parasiete kan weerstandigheid teen middels die hoof te bied.

Volgens die Herkouerveterinêre Vereniging van Suid-Afrika (RuVasa) se maandelikse verslag moet boere teen die begin van herfs veral op die uitkyk wees vir klostridiale siektes, soos sponssiekte, bloednier, lamsiekte, ensoötiese aborsie, rooiderm, bloedderm, E.coli, klem-in-die-kaak en longontsteking. Design Biologix het pas ’n nuwe entstof, Ovivax, vir longontsteking in skape en bokke bekend gestel.

Wees op die uitkyk vir oogsiektes, absesse en vrotpootjie, koksidiose en kriptosporidiose, asook haarwurm, rondewurm en knoppieswurm.

Daar is goeie entstowwe beskikbaar en ’n boer kan in samewerking met ’n veearts ’n deurdagte inentingsprogram saamstel wat wurmbesmetting kan hokslaan.

Kudde- en weidingbestuur

Goeie bestuur is die sleutel tot suksesvolle wurmbestuur. Dit sluit die

skeiding van die klasse, verdeling van weiding, en afwisseling van gashere in. Dit sluit ook die bestuur van die kudde, gebruik van vee-genetika, meting van parasiet-besmetting en die aanwending van middels vir optimale beheer in.

Verdeling in groepe of klasse

Die verskillende groepe diere in die kudde verskil in vatbaarheid en verdraagsaamheid vir parasiete. Die verskillende klasse of groepe sluit in nie-dragtige diere, dragtige en

Dragtige en lakterende volwasse diere en suip- en pasgespeende lammers en kalwers is die kwesbaarste vir wurmbesmetting.

www.proagri.co.za 50 ProAgri Suid-Afrika 289
Vee en Wild

swaardragtige diere, lakterende diere, suip- en pas gespeende kalwers, kalwers van een tot twee jaar oud, en vervangingsverse in.

Dragtige en lakterende volwasse diere en suip- en pasgespeende lammers en kalwers is die kwesbaarste vir wurmbesmetting.

Deur die vee in verskillende groepe te deel wat afsonderlik wei en bestuur word, kan na hulle besondere behoeftes omgesien word. Indien die kudde nie in die verskillende groepe opgedeel word nie, sal die hele kudde volgens die mees vatbare diere behandel moet word, wat onnodig en duur is.

Verdeling van weiding

Weiding wat in kampe verdeel is maak parasietbestuur meer prakties en ekonomies. Indien nie, moet alle vee of hulle vatbaar vir parasiete is of nie, behandel word om te voorkom dat meer diere besmet word.

Wanneer weidingskampe toegelaat word om te rus verbeter dit die weiding terwyl dit die parasiete benadeel omdat die gashere verwyder is. Die rusperiode hang af van die klimaat, die weer en die wurmspesies wat voorkom, maar 'n tydperk van drie maande het ’n uitwerking op die parasiete.

Wurmlarwes oorleef beter in vogtige toestande, en nat weiding langs vleie en strome moet oordeelkundig gebruik word om blootstelling aan wurms te verminder.

Afwisseling van gashere

Dieselfde groep wurmsoorte parasiteer op skape en bokke, terwyl beeste, perde en volstruis e gewoonlik nie vir hierdie groep vatbaar is nie. Skape en beeste kan dus saam gebruik word om wurmlarwes te beheer deur beeste voor of direk na beweiding deur skape op die weiding te plaas.

Beheer gras

Plekke waar gras welig groei, soos langs vleie en strome en waar waterlekkasies voorkom, word druk bewei en gevolglik is daar meer besmette mis wat tot hoër wurmladings lei. Herstel waterlekkasies om te voorkom dat gras op een plek welig groei. Verwyder ook die gras in en rondom krale waar skape of bokke oornag want veral die skape vreet snags en neem dus ’n groot klomp larwes in.

Voeding

Gesonde diere is meer weerstandig teen parasiete en hulle gesondheid hang af van die standaard van voeding. Proteïen is die belangrikste voedingstof en ‘n aanvulling kan beter gesondheid verseker. Dit is belangrik om te bepaal watter aanvulling en hoeveel om vir elke groep diere te gee. Maak gebruik van kundiges.

Kwarantyn en behandeling

Of jy daarvan hou of nie, diere wat pas gekoop is, bring parasiete saam en besmet jou plaas met ongewenste vreemdelinge wat jy van voor af moet bestry. Hou nuwe vee ten minste 28 dae in kwarantyn in krale sonder gras of op ’n sementvloer en behandel hulle met verskillende wurmmiddels. Eiertellings na ’n week of tien dae sal aandui watter parasiete jy geërf het en dit kan in oorleg met jou veearts behandel word voordat dit die res van jou kudde besmet.

Selekteer vir weerstandigheid en verdraagsaamheid

Diere kan deur middel van genetiese seleksie uitgesoek word om meer weerstand teen parasietbesmetting te bied. Sommige diere kan weerstandigheid ontwikkel en kan op grond van laer wurmeiertellings in mis geselekteer word, terwyl die wat meer vatbaar is, soos aangedui deur hoër eiertellings, uitgeskot word.

Diere kan ook hoër verdraagsaamheid teenoor wurmbesmetting erf, wat

www.proagri.co.za ProAgri South Africa 289 51 Vee en Wild
Die verskillende groepe diere in die kudde verskil in vatbaarheid en verdraagsaamheid vir parasiete. Design Biologix het pas ’n nuwe entstof, Ovivax, vir longontsteking in skape en bokke bekend gestel.

4 operations in one pass

A wide range of points available

Every tool can be used independently

Made out of high-quality Swedish steel

Packers for all soil conditions available

www.proagri.co.za 52 ProAgri Suid-Afrika 289 Vee en Wild MULTIPURPOSE CULTIVATOR Unmatched Performance TopDown 300-900 3-9m >150hp 30cm 27cm Together we make you an even more successful farmer +27 21 907 8000 | Info@vitamech.co.za | 13 Pinotage Street, Saxenburg Park 1, Blackheath, Cape Town

hulle in staat stel om sonder noemenswaardige verlaging in produksie besmetting te weerstaan. Die diere kan ook vir hulle oorerflike verdraagsaamheid selekteer word.

Meet om te weet

Maar om te weet of diere weerstandig of verdraagsaam is, moet ’n vorm van meting toegepas word. Die FAMACHA©stelsel toets die dier vir bloedarmoede, wat ’n aanduiding van wurmbesmetting is, met behulp van ’n kleurkaart waarteen die boer self die kleur van die dier se oog kan meet.

Met gereelde kondisietellings bykomend tot FAMACHA-evaluerings kan diere wat hoogs vatbaar vir parasiete is, soos bankrotwurm, bruinmaagwurm en knoppieswurm, ook geïdentifiseer, behandel en uitgeskot word.

Miseiertelling

Die miseiertelling (MET) kan maandeliks of tweemaandeliks gedoen word deur vas te stel hoeveel en watter tipe wurmeiers in die mis van tien tot twintig diere per groep of kudde teenwoordig is. Dit sal help bepaal watter middels gebruik moet word.

Dit moet elke jaar of twee opgevolg word met ’n miseiertelling-reduksietoets (METRED) wat sal aantoon hoe weerstandig van die parasiete teen die middels is.

Waarneming

Die oplettende boer kan volgens tipiese simptome van wurmbesmetting en die kondisie van sy diere ’n goeie aanduiding kry van watter wurms teenwoordig is.

Kwakkeel (’n sakkie onder die keel) kan dui op haarwurm, lewerslakwurm of peervormige slakwurmbesmetting. Vuil broek is ’n teken van diarree en dikwels dus ook van oormatig vatbare diere en moet soos in die geval van FAMACHA en kondisietelling gereeld geëvalueer en aangetaste diere behandel word.

Nadoodse ondersoeke kan groot waarde hê om te bepaal watter wurmsoorte die dier besmet het en in watter mate die dier besmet was. Dit kan jou en jou veearts help om te bepaal watter parasiete teenwoordig is en watter die grootste geldelike skade veroorsaak het.

Wurmmiddels

Wurmmiddels werk net reg as dit korrek aangewend word en as die middel die vermoë het om die parasiete te dood. Dit is belangrik om te bepaal watter interneparasietsoorte oorwegend op die plaas voorkom, anders gooi jy geld in die water met jou raaiwerk.

As jy die parasiete in volgorde van ekonomiese belang gerangskik het en as jy weet of die parasiet vir wurmmiddels vatbaar is, kan jy met die hulp van jou veearts besluit watter middel en watter dosering geskik is.

Dis sinneloos om te veel middel vir die hele kudde toe te dien. Jy mors ook jou geld as jy oordoseer of die hele kudde onnodig doseer, want dit lei daartoe dat weerstandige parasiete oorleef. Gebruik eerder noodsaaklike, geteikende dosering vir diere wat besmet is. Indien 20% of meer diere in ’n groep teen die wurms uitsak, moet almal maar behandel word.

Wanneer om te doseer

Dit is ook belangrik waar en wanneer jy die diere doseer. Daar is twee benaderings: doseer eers en skuif dan na ’n ander kamp, of skuif eers en doseer dan.

Doseer en bly

Indien alle vee gedoseer word moet hulle verkieslik ná dosering in dieselfde kamp of weiding bly om te voorkom dat die weerstandige parasiete wat die dosering oorleef het, die nuwe kamp/

Bronverwysings

weiding besmet. Hou die diere minstens drie weke op dieselfde weiding sodat hulle weer vatbare larwes kan inneem wat dan na die nuwe weiding geskuif word.

Indien die gedoseerde diere binne ’n maand na ander weiding geskuif word moet jy verkieslik nie ’n langwerkende middel gebruik nie, want dit sal voorkom dat die diere voor die verskuiwing met vatbare wurms herbesmet raak.

Verskuif eers en doseer later Doseer diere verkieslik na verskuiwing, maar wag eers totdat ongeselekteerde wurms op die nuwe weiding gevestig raak. Indien van die diere ten tyde van die verskuiwing aan kliniese wurmbesmetting ly, kan hulle wel gedoseer word, mits die nie-anemiese diere met rooi slymvliese ongedoseer gelaat word om ongeselekteerde wurms op die nuwe weidings te vestig.

Bath, G., Van Wyk, J., Malan, F. (2013) Holistiese bestuur van interne parasiete by beeste, skape en bokke – ’n moet vir elke plaas (GraanSA)

https://www.grainsa.co.za/holistiese-bestuur-van-interne-parasiete-bybeeste-skape-en-bokke-n-moet-vir-elke-plaas

Van Rooyen, C. (2024) Waak teen dié veesiektes gedurende herfs. Landbou. com

https://www.landbou.com/landbou/bedrywe/diere/waak-teen-die-veesiektesgedurende-herfs-20240212

www.proagri.co.za ProAgri South Africa 289 53 Vee en Wild
PAS OP TREKKER 3-PUNT | VOORSIEN MET DRYFAS, STAAL KABEL EN PLATBAND | VERVAARDIG VAN HO Ë GEHALTE STAAL Erich | 082 415 1441 | oryxtrader@gmail.com http:www.youtube.com/watch?v=kTQKU7pYR2Q Meganiese Boom Skudder | Mechanical Tree Shaker FITS TO TRACTOR 3-POINT | SUPPLIED WITH DRIVEAXLE, STEEL CABLE AND WEBBING SLING | MANUFACTURED FROM HEAVY DUTY STEEL SAVE LABOUR & TIME this fruit harvesting season

Vervaardigers van:

• Betonmure

• Beton pallisadeheinings

• Bees- en skaapdrinkkrippe

• Bees- en skaapvoerbakke

• Kuilvoerbunkers

54 ProAgri Suid-Afrika 289
www.demeyerbeton.co.za
/
084-250-3846
Navrae: 056-515-3847
Dawie:
ProAgri South Africa 289 55 Eugene - 082 556 1808 | eugene@kagimatruck.co.za Johandre - 060 992 2898 | johandre@kagimatrucks.co.za Heinrich - 076 499 3482 | heinrich@kagimatruck.co.za www.kagimatrucks.co.za We BUY & SELL QUALITY used trucks, trailers & earthmoving equipment Choose your next quality used Truck or Trailer with us! Valuations Buying
www.proagri.co.za RHINO 300 4X4 HEAVY DUTY AGRICULTURAL IRRIGATOR CLUBMAN/ FARMER 100 LIGHT DUTY AGRICULTURAL IRRIGATOR Mobile irrigation systems to irrigate Africa SPORTSMAN/ CROPMAKER 120 LIGHT DUTY AGRICULTURAL IRRIGATOR CANE MASTER 300 Choose from our wide variety! RAINMAKER 200 4X4 HEAVY DUTY AGRICULTURAL IRRIGATOR GREENKEEPER/ FARMER 200 LIGHT DUTY AGRICULTURAL IRRIGATOR

THE S700 COMBINE SERIES

MAKE THE RIGHT CHOICE FOR THE FUTURE

Be sure to make an informed decision on your long term investment.

SEAMLESS PRECISION

JDLink™ provides easy machine and agronomic data flow into the Operations Centre.

Machine-specific activations: AutoTrac™, RowSense™, Machine Sync, In-field Data Sharing.

Wireless Data Transfer Remote Display Access (RDA) enables viewing machine performance from anywhere via the MyOperations™ App.

INCREASED PRODUCTIVITY

Effective feeding, threshing, and separation designs.

Single-rotor design: single crop flow consumes less power.

TriStream™ rotor design maximises fuel efficiency by up to 20%.

Variable stream rotors maximise throughput, and smoother crop flow provides high fuel efficiency.

ULTIMATE COMFORT

The largest and best-in-class cab volume.

Best-in-class night visibility with LED lighting.

More convenience from the cab with platform tilt, precision residue, and easy crop changeover.

Contact your nearest dealer today.

*Terms and conditions apply. (Available at https://www.deere.africa/en/)

ACTIVE VISION CAMERAS

View grain quality in near-real-time with ActiveVision cameras. Working in conjunction with Combine Advisor ™, you can have confidence that the system is adjusting even as on-the-go conditions change.

https://www.deere.africa/en/ I africa@johndeere.com I Customer care: 0800 983 821 JohnDeereAME JohnDeere JohnDeereAfrica

» » » »
» » » » » »

Ons mieliekultivars is ontwerp met die plaaslike produsent in gedagte. Ons seleksie is gemik op nasionale geografiese liggings sowel as besproeiings- en kuilvoergefokusde saadprodukte. Maak jou keuse uit ‘n wye reeks van wit-en geelmieliesaadbasters.

™ ® SM Handelsmerke en diensmerke van Corteva Agriscience en sy geaffilieerde maatskappye en geregistreerde lisensiehouers. © 2024 Corteva.
ons webtuiste
Besoek
ONS IS SLIM MIELIES
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.