Laeveld Vol. 3 Issue 8

Page 16

PRODUCT PROFILE

n die Ver onus e iB ig Agr op en r eu te pun oduk dld pr aeve L oop gek

Verpilde, Koolstof verrykte

RESCUE:

Perfek vir tuinbou, wingerdbou, gras- en setperke, vrugteen neutboorde, graan- en rygewasse, inheemse plante en die blombedryf. Bewerkbare landbougrond is wêreldwyd ’n skaars kommoditeit. Van ons vrugbaarste landbougrond word toenemend onbeskikbaar om aan die wêreld se groeiende voedselsekuriteitskrisis te voldoen. Die belangrikste aspek wat aangespreek moet word is rooflandbou wat ’n diepgewortelde kultuur wêreldwyd is. Rooflandbou is die situasie waar boere elke jaar deeglike en goeie bewerkkingspraktyke toepas, altyd volgens aanbeveling bemes, goeie onkruidbeheer toepas, en waar die gewasse netjies in rye of boorde, hektare vol staan. Tog word daar telkens op grondontledings uitgewys dat grondstruktuur swak is en die katioon uitruilvermoë van die grond laag is. Grondsterilisasiemetodes wat gebruik word om skadelike grond-

siektes uit te skakel, elimineer egter ook voordelige organismes. Die somtotaal van die jarelange praktyke is grond wat as dooie, koolstofvrye medium met min mikrobe-aksie sonder struktuur of waterretensievermoë beskryf kan word. Vinnige oplossings is nie meer volhoubaar vir die toestand waarin ons grond huidiglik verkeer nie. Vandag se boerderypraktyke moet daarop gefokus wees om dit waaroor ons beskik, in stand te hou. Grond moet optimaal bestuur word en lewe, koolstof en humus moet teruggeplaas word om aspekte rondom grondvrugbaarheid aan te spreek. Die antwoord is om ’n strategie van 'natuurlike grondoplossings' in plek te stel. In boeretaal beteken dit: Voed die grond sodat die grond die plant kan voed. Galltec se reeks van verpilde hoendermisprodukte met lewen-

Laeveld Agrochem - Saam boer ons vooruit

16 - Spring/Summer 2012 LAEVELD


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.