Kleinfonteinnuus sept 2013 vir web

Page 1

K L E I N F O N T E I N B O E R E B E LANGE KOÖPERATIEF BP

September 2013

K

www.kleinfontein.net

Kleinfonteinnuus Kleinfontein prof verlig wêreld se pyn ’n Gesondheidsproduk, Humex K, wat deur Kleinfonteiner, Connie Medlen, help ontwikkel is, is die afgelope twee maande landswyd op die rakke van Dischem, Clicks en ander apteke beskikbaar.

H

umex K is ’n anti-inflammatoriese middel, wat die vrystelling van pro-inflammatoriese produkte tydens ’n inflammatoriese reaksie, bv in gewrigte, verhoed.

“Witbloedselle is onontbeerlik in ’n mens se immuunsisteem, maar as daar enige skade aan die liggaam is, soos wat dikwels voorkom as mens ouer word, val die witbloedselle die beskadigde selle aan en veroorsaak inflammasie. Byvoorbeeld, in osteoartritis kan hierdie inflammasie baie pynlik wees en hierdie middel help onder meer hiervoor,” verduidelik Connie, wat ’n doktorsgraad in Immunologie het en ook ’n direkteur van Kleinfontein Boerebelange Koöperatief is. Volgens haar kan selfs mense wat aan allergieë lei, daarby baat vind. Connie het reeds verskeie radio-onderhoude oor Humex K gedoen en haar naam verskyn ook baie pertinent op die verpakking. Sy is ook in ’n reeks tydskrifadvertensies te sien. Sy vertel entoesiasties van die jarelange proewe wat sy en haar nagraadse studente by die Universiteit van Pretoria op die middel gedoen het. “Waaroor ek veral opgewonde is, is dat hierdie middel, wat van bruinkool (ligniet) vervaardig word, glad nie toksies is nie en dus geen newe-effekte het nie. Dit gaan nie skade wat reeds aangerig is herstel nie, maar sal wel verdere skade verhoed en dus mense se lewenskwaliteit verbeter. Dis altyd lekker vir ’n navorser om te weet jy maak ’n verskil in mense se lewens,” sê sy.

Onthou van Kleinfontein se groot verjaardagpartytjie

K

leinfontein is vanjaar ’n hele 21 jaar oud en ons gaan groot makietie hou. Op 25 Oktober is daar ’n heerlike revue in die Gemeenskapsaal. Hou die plakkate en Gemeenskapsnuus dop vir meer besonderhede. Nooi jou vriende en familie en kom vier saam ons mondigwording.

Lees meer oor Humex K by http: //www.natrx.co.za/ product/humex-k/


“Buy a donkey, Kleinfontein”

D

ie Spaanse joernalis, Jaime, was so bietjie mosterd na die maal. Hy en ’n vryskut Afrikaanse kameraman het Kleinfontein eers laat in Augustus kom verfilm vir ’n TV stasie in Meksiko. Jaime bly al drie jaar in Suid-Afrika en hy was baie trots op die paar Afrikaanse woorde wat hy ken: “Lekker” en “baie dankie”. Iemand het hom geleer jy sê “buy a donkey” en dit beteken dan “baie dankie” in Afrikaans. Ek dink nie Jaime het besef dat dié “donkiebrug” se “dônkie” presies klink soos deftige Afrikaners in die ooste van Pretoria praat nie. Hulle praat mos van pô en mô se strôndhuis. Hy was ook die een wat opgemerk het dat daar eintlik net een groep in SuidAfrika is wat ’n plek soos Kleinfontein aan die gang kon kry en hou. “Julle is baie selfgenoegsaam,” het hy gesê. En die Afrikaanse kameraman het, toe ek sê hy moet die armer én die ryker dele van Kleinfontein afneem, stilletjies in Af-

Redaksie REDAKTEUR: Marisa Haasbroek MEDEWERKERS: Álet Erasmus, Marietjie Fourie, Ria Pretorius ADVERTENSIES: Elisabeth Malan FOTO’S: Flipper Fotografie, Estelle Cronjé, Charel Bezuidenhout. Die Redaksie behou die reg voor om artikels af te keur, te redigeer of te verkort. Stuur enige bydraes asseblief aan marisa@kleinfontein. net rikaans vir my gesê: “Toe maar, ek is aan julle kant!” Ek wil vir al die Kleinfonteiners wat ek so baie keer nadergehark het vir onderhoude met die media “buy a donkey” sê. Daar was Dries en Annatjie Oncke, Elise Smit, Armand van Jaarsveld en Dina de Jager, om maar net ’n paar te noem. “Buy a donkey”, julle. Julle was waardige ambassadeurs vir Kleinfontein en ek is trots om julle my mense te kon noem. Ek is aan julle kant, hoor!

Marisa

Dr Deon Lombard MB Ch B MED Reg Unisa Pr 1401017 MP0314579

RAYMED MEDIESE SENTRUM Treurnichstraat 1, Rayton Posbus 382, Rayton, 1001 Tel (012) 734-4161/2 Faks (012) 734-4741 Selfoon 079-206-9393 Epos drdeon@gpmg.co.za

NOODNOMMERS Cullinan Nood (012) 734-2890 Wilgers Nood (012) 807-8285 NETCARE 082 911 ER NOOD 084-124

SPREEKURE Maandag – Donderdag 09:00 tot 17:30 Vrydae 09:00 tot 15:00 Saterdae 08:00 tot 11:00 Sondae en vakansiedae gesluit (Gebruik noodnommers asb)


antwoorde van

1.

Ek het Kleinfontein toe gekom . . .

Johan: . . . toe ek en my vrou uit die stad wou kom. Ons het op Kleinfontein kom besoek aflê en ek het vir my vrou gekyk en sy vir my en ons het net daar besluit hier wil ons bly. Andries: . . . nadat ek en my vrou geruime tyd al die strewe gehad het om na ’n volkseie woongebied te verhuis en toe ons persoonlike omstandighede dit toegelaat het, het ons ons woning in Pretoria verkoop en na Kleinfontein verhuis. Ons keuse het op Kleinfontein, en nie Orania nie, geval omdat al ons belange asook meeste van ons vriende en familie hier in die Noorde gevestig is.

2.

My vrou is . . .

Johan: . . . Ceciel. Sy is ’n Spreuke 31 vrou so uit die hand van God. Andries: . . . Marietjie. Sy is ’n opgeleide dieetkundige en het jarelank in die HF Verwoerd Hospitaal en later in haar eie private praktyk gepraktiseer. Sy was die eintlike dryfveer dat ons sonder verdere versuim na Kleinfontein moes kom.

3.

My kinders is . . . Johan: . . . Almal getroud met Boeremanne

nuwe

Direkteure

Kleinfontein spog sedert 17 Augustus met twee nuwe direkteure, Johan Nel (regs) en Andries Breytenbach (links). met mooi kinders en hulle begeer om ook op Kleinfontein te bly. Andries: . . . drie dogters en ’n seun. Marianne, die oudste, is adjunk-stasiebestuurder by Radio Pretoria. Nita is ’n huisvrou en gee ook wiskunde-klasse by ’n private skool. Lize-Marie is ’n vioolonderwyseres en Hendrik is ’n predikant, wat tans nagraads aan die Universiteit van Tübingen in Duitsland studeer.

4.

Ek is opgelei as . . .

Johan: . . . ’n leraar. Tans staan ek aan die hoof van opleiding by ’n Bybelkollege op Rayton. Ek beskou myself as ’n dienskneg in die hand van ons Meester en Koning, Jesus. Andries: . . . infanterie-offisier, geskiedenisnavorser, en algemeneen inligtingstegnologiebestuurder.

5.

Om ’n Afrikaner te wees, beteken . . .

Johan: . . . om deel te wees van

Wat maak jy, Petrus?

A

lmal wonder waarmee Petrus van der Schyff steeds so woel by die Uit en Tuis Winkelsentrum. Daar gaan ’n nuwe gebou kom, verduidelik Hannes Conradie, eienaar van dié sentrum. “Die nuwe gebou gaan ongeveer 200 m2 vloerspasie hê. Die Koöperasie gaan oortrek en opgradeer en sal ook sy eie badkamers hê.

God se volk en saam te kan stry vir die waarheid en om volkseenheid te bewerkstellig. Andries: . . . ek is as ’n Boer/ Afrikaner gebore en beskou dit as my plig om ons volk se geskiedenis, waardes en -strewes te koester en my vir die verwesenliking van ons volksideale te beywer.

6.

As ek onmiddellik net één ding op Kleinfontein kon verander, sou ek . . . Johan: . . . alle negatiwiteit wegvat en vir almal sê: kom ons werk saam as kinders van die Here. Andries: . . . die getwis tussen die faksies wou bylê sodat ons saam skouer aan die wiel kan sit om Kleinfontein vinnig en doeltreffend uit te bou.

7.

My visie vir Kleinfontein is . . .

Johan: . . . om ’n bydrae te maak in die geestelike groei van Kleinfontein. Andries: . . . dat dit, saam met ander dele van ons land wat dieselfde strewe koester, uitgebou sal word tot ’n volwaardige tuiste vir ons volk, soos deur N.P. van Wyk Louw beskryf in Die Dieper Reg: afsonderlik en trots en vry!

Verder beoog ek ’n paar klei-ner persele wat vir kantore of klein ondernemings gebruik kan word. My vrou Elsie en ’n vriendin wat landskapuitleg doen, beplan ’n mooi tuin,” sê Hannes. Voorlopig gaan die nuwe gebou net eers tot op vloerhoogte gebou word, sodat Petrus die plaveisel dadelik kan klaarmaak. Dus spoedig meer parkeerplek en minder stof. KLEINFONTEINNUUS 3


Jesus in jou huis Lukas 19:1-10; Vs. 5 “Ek moet vandag in jou huis tuisgaan.”

M

iskien ervaar jy dat God ver buite jou lewe staan. Dis nie waar nie, Hy het Immanuel geword: God met ons. Deur sy Woord en Gees kom Hy in ons lewe en maak van ons, nes Saggeus, nuwe mense. Ook vir jóú sê Hy: Ek moet vandag in jou huis tuisgaan.

1.

Jy moet daarna verlang. Saggeus het gesmag om Jesus te ontmoet. Die verlange na Hom moet in jou leef as jy Sy krag en liefde wil ervaar. Ps 42:3 sê: Soos ’n wildsbok smag na waterstrome, smag my siel na U, o God.

2.

Jy moet wérk maak daarvan. Saggeus het Jesus nie ‘toevallig’ ontmoet nie. Hy het Hom doelbewus gaan opsoek. Soms moet ons ons lewensgejaag onderbreek om weer in die reine met God te kom. Deur sy profeet Hosea sê Hy: Dis nou die tyd om na my wil te vra sodat Ek kan kom

en weldade oor julle uitgiet.

oordenking

Geen verskonings. Saggeus kon Jesus weens die skare se gedrang nie sien nie, maar toe hardloop hy vooruit en klim in ’n wildevyeboom, hy móét vir Jesus sien. Ons het baie verskonings. God sê: Kyk, nou is die regte tyd, nou is dit die dag van redding (2 Kor.6:2).

Ds Nico Steenberg het hierdie keer vir die oordenking gesorg. Hy is van die NG Kerk

3.

4.

Jy kan Jesus net ontmoet waar Hy is: in sy Woord, in sy Kerk (erediens), in jou binnekamer. Waar daar twee of drie is, daar is Ek in julle midde, sê Jesus.

hou. Jesus breek nie jou deur af nie. Hy roep jou op jou naam—en jy kan Hom innooi of wegjaag.

7.

Moenie uitstel nie. Dit was Saggeus se laaste kans. Jesus was op pad na Jerusalem waar Hy gekruisig sou word. Hy sou nie weer deur Jerigo gaan nie. Vandag is dalk ook jou laaste kans.

Maak reg. Saggeus het mense uitgebuit en afgepers, maar hy het berou. Voorheen was hy inhalig, nou is hy vrygewig. “Vandag het daar redding vir hierdie huis gekom,” sê Jesus – die mooiste woorde in dié verhaal. Saggeus se huisgenote deel in sy verlossing.

Maak jou deur oop. Saggeus het Jesus met blydskap ontvang. Openbaring 3:20 sê: Kyk Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan en saam met hom feesmaal

Jesus soek nie oornagplek nie, maar woonplek, nie ’n gastehuis nie, maar ’n woonhuis. As Jesus in jou huis kom bly, word alles nuut: jou huwelik , jou gesin, jou verhoudings. Wil jy nie vandag vir Jesus in jou huis nooi nie?

5. 6.


Op 1 Augustus het Kleinfontein spesiaal dankie gesê aan vier van sy veteraan-ontwikkelaars van links Piet Janssens, Francois Malan, Niël de Beer en Jan Boer. Elkeen het ’n spesiale oorkonde ontvang. Die volgende dag het Gert du Plessis, wat tans baie siek is, ook syne by sy huis gekry.

Piet

Janssens word deur die mense van Kleinfontein geken as iemand wat dag en nag, somer en winter op sy pos was om te help met elektriese instandhoudings- en ontwikkelingswerk. “Ons gaan dié elektriese tegnikus moeilik vervang,” het Pieter du Preez, voorsitter van die Dagbestuur tydens Piet se afskeidgeleentheid gesê. Piet het op sy beurt vertel hoe gereeld Kleinfonteiners vir hom en die werkers drinkgoed aangedra het as hulle in die nag of in die koue moes werk. Piet het besluit dat hy en sy vrou Corrie voortaan by sy kinders in Pretoria gaan bly.

Gert

du Plessis het vir baie jare Kleinfontein se watertoetse met nougesetheid uitgevoer. Sy professionele agtergrond het verseker dat die gehalte van die inligting wat hy verskaf het, so noukeurig was dat dit sonder huiwering net so deur die konsultante vir formalisering aanvaar is. Gert is ’n man van vele talente wat ook graag klavier speel en skilder. Kleinfonteiners neem met spyt kennis dat sy gesondheid so verswak het dat hy nie langer die watertoetse kan behartig nie.

veterane vereer

Niël

de Beer het as een van Kleinfontein se pioniers sedert die aanvangsjare geen inspanning of ongerief in belang van Kleinfontein gespaar nie. In geldwaarde kan die dienste wat hy gratis as siviele ingenieur vir die gemeenskap gegee het, nie bereken word nie. Vandag nog tref ’n mens Niël steeds iewers aan die woel en werskaf op Kleinfontein aan en is hy dié staatmaker in Kleinfontein se formaliseringsaksie.

Francois

Malan is nie alleen ’n gekwalifiseerde ingenieur nie, maar ook ’n natuurliefhebber wat in ’n afgeleë woestyn navorsing gedoen het.

Bo oorhandig Jan Groenewald sy oorkonde aan Gert du Plessis, terwyl Marietjie Fourie toekyk, en onder aan Piet Janssens.

Vir etlike jare nou al is Kleinfontein bevoorreg om sy professionele kennis en ervaring te kon bekom. Op sy stil manier lewer hy gratis diens van onberekenbare geldelike waarde aan Kleinfontein.

vroeër vanjaar negentig jaar en tydens dié verjaarsdagviering in Die Koöperasie Koffiewinkel, het sy kinders vir hom ’n gedrukte kopie van sy outobiografie as geskenk gegee.

Jan

Jan het vir jare sy professionele kennis en ervaring gratis tot voordeel van Kleinfontein aangewend, en hy is tans nog gereeld in die beplanningskantoor te sien.

Boer is in die buiteland opgelei as stadsen streeksbeplanner, het jarelange ondervinding van dorpsbeplanning en het ’n onskatbare bydrae tot Kleinfontein gemaak. Jan was

KLEINFONTEINNUUS 5



T

Sy kan die dag en datum wat sy vir Boet ontmoet het nog goed onthou – 9 Mei 1948, by ’n Sondagskoolpiekniek by Fonteinedal in Pretoria.

’n Sin vir humor hou hulle al 60 jaar saam

Boet het na-uurs by Tukkies studeer en sy graad in Sielkunde behaal, maar hy het sy lewe lank by die Departement van Finansies gewerk waar hy uiteindelik ’n hoë pos beklee het. Nicoline was ’n skoolsekretaresse. Hulle het twee dogters en ’n seun.

wou baie graag nog boetie of ’n sussie hê en hy vertel toe mooi vir sy juffrou dat sy mam-ma ’n baba gaan hê. Pouse wens die juffrou ’n verbaasde Nicoline geluk. Sy moes toe mooi verduidelik dat dit pure wensdenkery van haar seun was,” vertel Boet.

“Toe ons seun in graad een was, het hy net een sussie gehad wat agtien maande jonger as hy is. Hy

Tien jaar later, toe Ouboet sestien jaar oud is, het daar wel vir hom nog ’n sussie opgedaag. Toe Nicolene vir die hoof sê dat ’n nuweling op pad is, kondig hy dit terstond oor die interkom aan. ’n Graad een seuntjie het die middag by die huis gaan vertel “dat die oujongnooitannie wat in die kantoor werk ’n babatjie gaan hê”. Die Pretoriusse lag lekker oor dié storie en vertel dat hul laatlam,

oe Boet en Nicoline in 1953 getroud is, was geld skaars en hulle is vir hul wittebrood na Isingogostrand in Natal, waar hulle ’n tent opgeslaan het. “Dit het geweldig gereën en die tent het soos ’n sif gelek. Na drie dae het ons moed opgegee en huis toe gekom,” vertel Nicoline.

Boet en Nicoline Pretorius, wat in Kiewietlaan woon, kon op 5 September hulle diamantbruilof vier . . . al het hulle wittebrood sestig jaar gelede letterlik uitgereën. Lize, op die ou end die hele skool se klein liefling was. Boet en Nicoline is geliefde en staatmaker-Kleinfonteiners. Dit was ook Boet wat gereël het dat die kerkklok waarmee Kleinfontein so spog sy staanplek op die dorp kry. Marietjie Fourie Foto’s op dié bladsy: Flipper fotografie

Die Diepraams se houer raak net nie leeg

W

im en Selma Diepraam, inwoners van die Hoewes, het in Junie saam met die Kleinfontein bus Orania toe gery vir die rugby- en netbalwedstryd daar. Op pad soontoe het

hulle beroemde wit houer, soos die spreekwoordelike weduwee se kruik, nooit leeg geraak het nie. Almal in die bus se monde het gewater as Wim die wit houer van die bagasierak skuins bokant sy kop afgehaal het. Daar was worsies van Uitkyk af, vleisrolletjies en die lekkerste toebroodjies in. En die Diepraams was nie suinig om te deel nie. Benewens hul kleinseun Werner het ons ander net so lekker saamgeëet. Orania het ons ook goed bederf. In die koshuis waar ons tuisgegaan

het, was tee, koffie, koekies en beskuit dag en nag beskikbaar. Vir die pad terug het Aliena Beyers en haar span vir die heerlikste kospakkies vir elkeen gesorg, maar kan jy glo, Wim en Selma se wit houer het steeds lekkernye opgelewer. Die Orania besoek was kort, maar die kuier met medeKleinfonteiners het dit soos ’n vakansie laat voel. Volgende keer maak ons Erasmusse weer so . . . mits die wit houer saamgaan. Álet Erasmus

KLEINFONTEINNUUS 7



MARICA TOOR MET FOTO’S

Foto: Flipper fotografie

’n Man van vele talente Hennie Westerman speel skaak, kweek orgideë en weet alles van wyn af. Hy is ook geneesheer, homeopaat en is boonop kundig in akupunktuur. Hy en sy vrou Marina besoek Kleinfontein elke laaste Donderdag van die maand vir konsultasies.

D

r Westerman het in 1975 sy mediese graad aan Tukkies verwerf. Sedert 1977 is hy Algemene praktisyn en Distriksgeneesheer op Bronkhortspruit. In 1982 behaal hy ’n Meestersgraad in Huisartskunde . “Ek is in wese maar ’n student,” vertel hy. Hy het in Frankryk ook as homeopaat gekwalifiseer en in die Kaap as enoloog (’n kenner van wynmakery). Hy het ook ’n kursus in akupunktuur voltooi. Tussendeur speel hy skaak, kweek orgideë en versprei as aktiewe Gideon ook Bybels. Hou die Gemeenskapsnuus dop vir die datums waarop dr Westerman Kleinfontein se Sorgsentrum besoek. Skakel 013 932 3162 en maak vooraf ’n afspraak. Marietjie Fourie

“M

y spesialiteit is die restourasie van ou foto’s. Ek het onlangs vir my ouma ’n ou swart en wit foto op die rekenaar heringekleur en dit toe laat uitdruk. Dis tydrowende werk, maar baie bevredigend,” praat die grafiese ontwerper Marica Loock oor haar werk. Sy rits die name af van duur en moeilike rekenaarprogramme waarmee sy kan werk en noem terloops dat sy ook webwerwe ontwerp. Haar eie webwerf, loockaudiovisueleprojekte.co.za/, is die afgelope drie weke weer op die lug en sy begin al weer navrae kry. “Maar mens begin eers bestellings kry nadat daar omtrent so tweeduisend keer op jou webwerf ingeloer is,” sê sy met gesag. Marica studeer deeltyds grafiese ontwerp. Marica en haar man, Adam woon nou al vier jaar op die Kleinfontein Hoewes. Hulle het twee blinkoog kinders, Heinrich (3) en Juanine (18 maande). Vir haar en Adam se troue het Marica ’n stilfilmuitnodiging op laserskyf gesit en dit na al die gaste gestuur. Sy het ook bekendheid verwerf toe sy vir die VVK ’n reuse fotocollage gemaak het, wat aan Paul Kruger geskenk is. Die collage van haar en haar gesin hierbo is ook haar handewerk. KLEINFONTEINNUUS 9


Gebak op bestelling

 Gemengde Kleinkoekies sonder 

vulsels @ R 58 per kg Vrugtekoekbrode in foelie verpak @ R 95 per kg

Skakel of sms Ria Pieterse by 082 698 2465

A FLAIR FOR HAIR Heleen Materiaalwinkel Hannetjie en Bets (012) 734-4751 Winkel 8 Rayton Park Plaza

Irene Groenewald

Gesluit op Dinsdae

083 228 8572 Koop of verkoop, ek loop die pad saam met u

Ons bou vir jou toekoms Meer as 15 jaar ondervinding in residensiële konstruksie

DE WET CILLIERS Tel (012) 940-0220 Sel 072-345-3086 Epos bou@kleinfontein.net

Vir die instandhouding van huisbedrading Nuwe installasies en fout -nasporing Installasietoetsing vir die uitreiking van sertifikate

Uitroepfooi: R100

BEN MOOLMAN

072 243 4297 012 802 1111

ETIENNE SMIT 084 775 5990 KLEINFONTEIN BOUBESTUUR BK

HOOGLAND ELEKTRIES

EIENDOMME

Rayton Village Sentrum no 10 Rayton Tel 012 734 4743


Skool kry ’n museum

Jan Beyers is tans kliphard aan die werk om vir CVO Kleinfontein ’n museum te bou. Dit is moontlik gemaak deur ’n erflating van Martin Pretorius, ’n oud-onderwyser van die skool. Op die sketse verskyn ’n argiteksvoorstelling van die museum. “Die museum gaan grootliks ’n onderwysmuseum wees waar onderwysstudente byvoorbeeld vergelykende studies oor vakinhoud sal kan doen. Ons hoop om die FAK te betrek om te help met die uitsoek en kategorisering van die uitstalmateriaal,” vertel Thinus Mulder, die hoof.

om die t gehelp amwerk e h l a Alm . Die ra g te dra ebou word be e le e ji t g u e o k k b li li e k e k g orspron . Die oorspron nis, o ie d n m va ke eu se bete die mus hou vir elf van historie et boumas m gebou is dit opgerig is u Weern o ie aanges komstig van die erhoogte. f a kk teriaal ke op Voortre k a magbar

As jy Kleinfonteinnuus in volkleur wil lees, gaan na www.kleinfontein. net, klik op die Kultuur en Sport oortjie bo-aan die bladsy en kies dan KLEINFONTEINNUUS 11 die uitgawe wat jy wil lees.


Foto’s: Flipper fotografie

Wag ’n Bietjie kry gebaande weë

B

y Wag ’n Bietjie wou van die aangrensende eienaars graag ’n paadjie tussen hulle rye huise hê. Dit sou stap vergemaklik en ook tot nut wees as die susters van die Sorgsentrum in die aand uitgeroep word. Hulle het almal bygedra tot ’n paadjie. Maar na sewe jaar was ’n nuwe paadjie nodig. Weer het die groepie saamgestaan en die nodige geld bymekaar gemaak. Jan Boer het ’n deeglik gestruktureerde paadjie beplan en geteken, maar toe word hy siek en De Wet Cilliers stem in om die paadjie te bou. So lyk die nuwe pragpad nou. Marietjie Fourie

Kom kuier saam by ou Boere-slagvelde

D

ie Kultuurkomitee bied as deel van sy Krugerdagvieringe op Saterdag 12 Oktober ’n uitstappie aan na Boereslagvelde in die Bronkhorstspruitomgewing. Voordat die gevegsterreine besoek word, gaan Kolonel Chris van Wyk ’n praatjie aanbied oor die operasionele beweging van die Boere. Almal vertrek om 08:00 vanaf die Gemeenskapsaal in hul eie voertuie, maar saamrygeleenthede sal so ver as moontlik gereël word. Verrigtinge begin om 09:00 by die APK Bronkhorstspruit en om 12:30 kom almal weer by dié terrein byeen vir ’n bring en braai. Pap, sous en slaai word voorsien, maar elkeen sorg vir sy eie vleis en drinkgoed. Skakel 012 802 1688 of 082 809 5900 of 012 803 1500 vir meer besonderhede. Onthou om die volgende saam te neem:

 Hoed & sonskerm

• Stewige stapskoene

 Kierie & opvoustoel • Water & koeldrank

Plakkaat ontwerp deur Charel Bezuidenhout

 Bosluis-afweermiddel 12 KLEINFONTEINNUUS


Boom, boomer, boomste

A Uit volle bors

O

p die koudste Saterdagoggend nog hierdie winter was daar ’n saamsinggeleentheid in die saal. Goed gepantser teen die koue het almal onder leiding van Tersia Knobel hartlik gesing: Al Debbo se Hasie, Blink vosperd, As ek moeg word vir die lewe in die stad . . . Toe kleintyd se Hallelujas gesing is soos Sondae na kerk om die klavier of traporreltjie, is baie van ons, jare teruggevoer. Die Hoogland is ons woning was weer ’n heerlike uiting van optimisme. Aai, dit was lekker om so saam te sing. Ons maak DV weer so op Saterdag 14 Desember as deel van ons Geloftedagviering. Dankie vir die reël hiervan, Christa van den Berg. Marietjie Fourie

gt jaar gelede het Jan Boer ter wille van privaatheid, sipresbome tussen van die huise by Wag ’n Bietjie aangeplant. Sy buurman Jopie Fourie het ook so gemaak en gou was daar meer as twintig van dié bome. Onlangs het dié bome se takke begin rank en Jan het gereël dat twee werkers die bome korter kom saag, omdat ’n sterk wind die té hoë bome kon ontwortel. Die hele taak het sowat twee uur geneem en nou is die bome se toppe weer gelyk met die huise se stoepdakke. Die voëlvolkie vind dit steeds ’n heerlike kuierplek: dit wip heen en weer en kwetter en rinkink in die takkies, party het selfs nessies begin bou. Johan Oosthuizen sê die boompies is ’n heerlike beskutting en Lea Schulze sê dit voel of sy in die paradys is met die sagte groen takke hier voor haar wat saggies in die wind ruis. Marietjie Fourie

Roelie laat nie gras onder sy voete groei nie

D

ie afgelope winter het Roelie Cronjé gras op die Kleinfontein Hoewes afgemaai vir ’n vale. “Ek het brandpaaie gesny, maar ook hele hoewes,” sê hy. Roelie vra R160 per uur om dié werk te doen. Dit sluit die diesel in. Dit neem gemiddeld sewe uur om ’n hele hoewe te sny. Daar is ’n paar dinge wat die lewe vir hom en sy Fiat trekkertjie moeilik maak, sê hy: draad wat rondlê, veral doringdraad, boomstompe wat nie kort genoeg afgesny is nie en klippe. “Ek vra altyd vir die eienaars van die hoewes om tog maar vooraf seker te maak dat die drie euwels verwyder is voordat ek opdaag,” sê hy. Tans help Roelie vir Leoné Kruger om die gras van die hoewes kort te hou, omdat dit die bestryding van pompoms makliker maak. Foto: Estelle Cronjé Skakel Roelie by 082 413 9239 as jy jou gras wil laat sny.

KLEINFONTEINNUUS 13


1.

Wat is op die oomblik vir jou die lekkerste?

Mara Prinsloo: Die feit dat my seun Frans my in alles bystaan. Ella Greeff: Om te kan gesels. Jan Boer: Dat ek ’n kind van die Here is en by Hom geborge mag wees. Willemien Wierenga: Om rustig en vreedsaam op Kleinfontein te woon.

Ons bied u:  Posdiens  Bindwerk  Fotostate  Rekenaaruitdrukke  Lamineerwerk  Internetkafee  Openbare telefoon  Stuur van eposse  Karwassery  Voorheen geliefde klere en boeke  Video’s te huur  Video’s op DVD  Langspeelplate op CD VERLENGDE WINKELURE : Maandag tot Vrydag 8:00 – 16:00 012 940 1921 Uit en Tuis Winkelsentrum, Kleinfontein

Willie Albrecht: Om na my oggendgodsdiens en koffie, in die tuin te werk, smiddae boek te lees en in die aand na my aandgodsdiens lekker te kan gaan rus.

2.

Wat sou jy graag wou hê?

Mara: Die lewe saam met my oorlede man, Joggie . Ella: Ek sou graag my kinders by my wou hê. Jan: Dat die Here ons verlos van ’n moeitevolle lewe want ons kragte word uitgeblus. Willemien: Ek is volkome tevrede met die toestand waarin ek nou is. Willie: Dat my oorlede vrou nog by my kon wees en ons die tyd saam kon geniet.

3.

Wat is nou vir jou die belangrikste?

Mara: Om my kontak met my Hemelse Vader te behou. Ella: As ek net weer kan loop. Jan: Dat die lewe wat ons nog elke dag ontvang steeds sinvol mag wees. Willemien: Om gesond te mag bly. Willie: Om so naby my Hemelse Vader te leef dat ek gereed sal wees as ek geroep word.

4.

Wat is jou mooiste herinnering?

Mara: My huwelik.

Ella: Die dag toe Hannes my gevra het om met hom te trou. Jan: Die ontmoeting en troue met Sjaan en later met Cecilia. Willemien: Toe ek in 1946 met my

Op 90 is God en geliefdes die belangrikste Marietjie Fourie het vir vyf van Wag ’n Bietjie se negentigers plus gevra om ’n paar vrae te beantwoord: liefste, beste, dierbare man getroud is. Willie: Die 67 jaar wat ek en my oorlede vrou gelukkig saam was.

5.

Wat is jou gunsteling kos?

Mara: Hoendervleis met aartappel en groente. Ella: Lekker mieliepap. Jan: Indonesiese pikante Nassie (’n soort rysgereg). Willemien: Bobotie. Willie: Skaapbredie met groente.

6.

Wat is jou gunsteling musiek? Mara: Klassieke orrel. Ella: Boeremusiek. Jan: Kerkorrel met trompet, fluit en harp, ook netjiese Boeremusiek. Willemien: Ek hou van melodieuse musiek. Willie: Mooi Boeremusiek en liedjies uit vergange se dae.

7.

Wat sal jy graag vir jou kinders wil sê ?

Mara: Julle ken die pad wat Ma en Pa vir julle van kleins af geleer het,volg dit na. Ella: Dat hulle sterk in hul geloof KLEINFONTEINNUUS moet staan.

14


Ella Greeff

Mara Prinsloo

Willie Albrecht

Willemien Wierenga

Jan Boer Foto’s van negentigers: Flipper fotografie

Jan: Dat hul eerste die Koninkryk van God moet soek en in Sy vrese lewe. Willemien: Dieselfde wat ek elke Sondag oor die telefoon vir hulle sê en dit is dat ek hulle van die geboorte af nog iedere dag so baie baie liefhet. Willie: Dankie vir wat julle deur die jare vir ons gedoen het en die plesier wat julle ons gee.

8.

Wat laat jou lekker lag?

Mara: Party mense se gesegdes. Ella: Om met my skoonseun te korswil. Jan: God se humor in die Bybel en ’n goeie gesonde grap sonder leedvermaak. Willemien: Fyn goeie humor (soos Toon Hermans s’n) Willie: As my kinders my vertel van die kleinkinders se kattekwaad.

9.

Wat maak jou hartseer ?

Mara: Dat ek my huisie waar ek so lekker gebly het moes verlaat. Ella: As ek sien iemand kry swaar. Jan: Dat gelowige Afrikaners vandag moet sug onder’n roofgierige heidense regering en hul grootste vyande en teenstanders gevind word onder ons eie sg.vrome volksgeledere.

musiek en boeremusiek op Radio Pretoria. Jan: Erediensuitsendings, goeie kerkmusiek en kore en Boeremusiek op Radio Pretoria. Willemien: Daar is heelwat mooi leersame programme op Radio Pretoria. Willie: Godsdiensprogramme wat uitgesaai word saam met gewyde musiek op Radio Pretoria.

Willemien: Die vreeslike agteruitgang van ons pragtige land. Willie: As ’n geliefde oorlede is en daar spesiale dae is wat herdenk word.

10.

Watter radioprogram is vir jou die mooiste? Mara: Sondagoggende se program op RSG “Loof die Here” Ella: Saterdagaande se mooi

KLEINFONTEINNUUS 15


ROELF KRUGER GROEP 24 h Insleepdiens tot 5 ton

RAYTON 012 734 5462/3

Skakel ons vir ons spesiale aanbiedinge Die regte onderdeel teen die regte prys Weeksdae van 07:00 tot 17:30 Saterdae van 07:00 tot 14:00

• Roelf

082 374 5279 Raymond 072 038 0603 •

Rayton BANDEKENNERS / NADER AAN JOU

Treurnichstraat 1026, Rayton, Tel: 012 734 5007 /34 • 082 922 2502

Roelf Kruger Motorherstelwerk Rayton T: 012 734 5002 T: 012 734 4025 F: 012 734 5104 S: 082 374 7281 E: sprayton@websurf.co.za Koppelaar oordoen Suspensie Alle groot herstelwerk

Diagnostiese Diens: Shaun Kruger

“ALL ROAD HAZARD” 155/80R13 R 470 165/80R13 R 500 175/70R13 R 595 175/65R14 R 600 175/70R14 R 790 185/60R14 R 695 185/65R14 R 750 185/65R15 R 745 195/65R15 R 790 205/55R16 R 890

“STANDAARD WAARDE” 155/80R13 R 445 165/80R13 R 480 175/70R13 R 545 175/60R14 R 560 185/60R14 R 680 185/65R14 R 690 195/50R15 R 670 195/60R16 R 860 205/55R16 R 800 205/40R17 R 780

4x4 BANDE 215R15 245/75R15 245/70R16 265/65R17

LIGTE KOMMERSIEEL 195R14CV2000 R 800 205/75R14WSW R 980 205/75R15WSW R 990 195/70R15 R 790

R 1150 R 1380 R 1450 R 2000

Bepalings en voorwaardes geld, pryse sluit BTW in Opsit en balansering ingesluit Wielsporing teen R200 TROK- EN TREKKERBANDE TEEN BEKOSTIGBARE PRYSE


Die redakteur behou die reg voor om briewe na goeddunke te redigeer.

Gebruik die kitsbank

A

bsa het ons in kennis gestel dat die benutting van die OTM hier in die sentrum redelik ver tekort skiet. Hul verwagting is 3 000 transaksies per maand en hierdie OTM toon gemiddeld maar 900 transaksies. Ons is bewus dat daar op ’n stadium probleme was met die sleu-

telbord, spesifiek waar die taal- en rekeningkeuse probleme verskaf het, maar dit is reggestel. Ons doen ’n beroep op almal om meer van die OTM gebruik te maak. KSKK Bestuur

(Hierdie oproep is in ’n nuusbrief aan lede van KSKK gemaak, maar aangesien die Kleinfontein kitsbank ’n gerieflike bate vir die

hele Kleinfontein is, word dit graag hier herhaal. RED).

My wenslysie vir die nuwe bussie

E

k het in die Gemeenskapsnuus verneem van die bussie wat Kleinfontein wil bekom. Ek dink dis ’n baie goeie idee en ek sal graag van dié diens gebruik wil maak. Nou wil ek net graag weet:

 Gaan die bussie gereelde roetes ry op vasgestelde dae en tye teen ’n vasgestelde tarief?

 Word daar bepaalde opklimpunte in Kleinfontein beplan sodat die bussie almal kan bereik?

 Sal die bussie moontlik ook

Ek sal vertel hoe hard Kleinfonteiners werk

E

buiten Rayton ook na die inkopiesentrum in Hazeldene gaan, waar daar so ’n lekker Dischem apteek is?

k is ’n gebore Kolonialer, maar sedert my jeug is my hartklop dié van ’n Boere-Afrikaner. Ek is selfs ’n Bloubul-ondersteuner. Ek het altyd die soet drome gehad van ’n plek of gebied wat deur behoudende Afrikaners bewoon word en die liberalisme minimaal is.

En dis omtrent my hele wenslysie vir die bussie-projek.

Op gevorderde ouderdom van 85 jaar het ek in Kleinfontein so ’n plek ontdek. Ongelukkig na slegs ’n kort verblyf moes ek Kleinfontein as gevolg van familiedruk (bekommernis en verlange na Pa) weer binnekort verlaat.

Dankie, dit gaan goed met my seuntjie

Ek wil hiermee al die Kleinfonteiners hartlik bedank vir al die liefde en ondersteuning wat ek deurgaans van almal ontvang het. Waar ek my ook al mag bevind, sal ek met lof getuig van die hardwerkende Afrikaners alhier. Veral oor hul selfwerksaamheid. My bede is dat ons Hemelse Vader se genade groot oor ons volk sal wees en ons sal bevry van die knellende juk ons tans opgelê. Corneels van Rooyen

(Op die foto is die getroue pannekoekbakkers juis weer aan die woeker. Hulle is van links Erika Nel, Isabel Venter, Marie le Roux, Chris Els en Pop Schoeman. Voor sit Elisabeth Malan. — RED).

Nuuskierige Kleinfonteiner

Ek wil graag vir al die Kleinfonteiners wat bygedra het dat ek my seun kon besoek nadat ’n hond hom aangeval het, baie dankie sê. Dit gaan goed met my seun en hy lyk al baie beter as toe hy net aangeval is. Westley Oosthuizen KLEINFONTEINNUUS 17


Bekostigbare gesondheidsorg vir almal Kliniekdienste:  Immunisering  Bloeddruktoetse  Gesinsbeplanning  Cholesteroltoetse  Bloedsuikerlesings  Vitamiene-inspuitings  Babagesondheidskliniek  Uithaal van steke  Swangerskapondersteuning  Algemene ondersoeke  Vooraftoetse vir Discovery Vitality

RAYTON APTEEK

CULLINAN APTEEK

Raymedsentrum, Treurnichstraat, Rayton Tel: (012) 734 4800 Faks: (012) 734 5647 Weeksdae: 08:00 — 19:00 Saterdae: 08:00 — 13:00 en 17:30 —18:30 Sondae en vakansiedae: 10:00 —12:00 en 17:30 —18:30

Oaklaan 112, Cullinan

Na-ure noodnommer: 083 302 5918

Tel: (012) 734 0557 Faks: (012) 734 1624 Weeksdae: 08:00 — 18:00 Saterdae: 08:00 — 13:00 Sondae en vakansiedae: 11:00 —12:00


Boekwurms, kom lees gerus saam aan ons interessante boeke

A

lmal is hartlik welkom om die nuwe Leserskring se byeenkomste elke laaste Woensdag van die maand by Houtkapperlaan 2 by

te woon. Die volgende boeke is al bespreek:

Marietjie Fourie het dié boeke behandel. Baie van die lede het reeds van dié boeke gelees. Die Leserskring het gevoel dat dié boeke met vrug gelees kan word solank as wat dit die leser terugbring na die Bybel.

 Die glasblasers deur

 Kroniek van die kamp-

Daphne du Maurier Silja van der Merwe het hierdie historiese roman wat tydens die Franse Rewolusie afspeel, behandel.

 Die tweede Rebellie deur

FW Quass Lood van der Merwe het dié boek bespreek. Dit handel onder meer oor die Ossewabrandwag. Baie van die lede het dié tyd nog self beleef en die boek het ’n lewendige bespreking uitgelok.

 Die Bybelfiksie van

Francine Rivers

kinders deur HS van Blerk Elisabeth Malan het die roman deur een van Afrikaans se bekendste skrywers behandel. Van Blerk het baie arm groot geword, soos wat blyk uit sy outobiografie “Dé, wêreld, hier’s vir jou ’n kind”. As rebel was hy ses jaar in die tronk, waar hy sy skryftalent ontdek het. Hy het uiteindelik veertig boeke geskryf. Kroniek van die Kampkinders is ’n aangrypende boek wat handel oor die lot van drie kampkinders na die oorlog. Van Blerk se realistiese skryftrant bring die leser midde-in die ellende van daardie

DIS HEERLIKE LENTE

Die RVB se jaarlikse lenteloop is op 7 September gehou en Flipper Fotografie was daar.

KLEINFONTEINNUUS 19


Ons hou jou aan die praat internet

epos

faks na epos en epos na faks

bekostigbare telefoondiens: plaaslik, landswyd en internasionaal 

Uiters billike pakkette spesiaal vir Kleinfonteiners, vanaf slegs R250 per maand vir 3 GB se op– en aflaaidata. Groter pakkette is beskikbaar.

Kleinfonteiners op die Wipronet telefoonstelsel kan mekaar gratis skakel

Hulplyn waar jong Afrikaners wat weet waarvan hulle praat, jou help

Wipronet, Kleinfontein se eie internetverskaffer, verskaf ook internetdienste aan ’n wye omgewing om Kleinfontein, en het van die vinnigste internetspoed in die land

Skakel ons gerus by 012 940 0222 of op ons gratis nommer 6000. Meer inligting is beskikbaar by www.wipronet.co.za


IN MEMORIAM Ons maak met die leedwese die afsterwe bekend van die volgende twee Kleinfonteiners:

D

is September en ons almal WIL die lente voel, al moet ons nog so nou en dan dik truie aantrek. Kleinfontein is en bly die plek waar ek die mooiste sonsondergang kan en wil aanskou! By die Koöperasie, wat nou net mooi ses jaar oud is, is daar baie dinge aan die gang. Soos die nuwe gesiggie met die regop, pienk hare en die groot glimlag wat altyd wil help. Sy is Riekie en sy kom van Port Elizabeth af en saam met tannie Ruth woeker sy nou in Die Koöperasie. Riekie geniet dit om kos te maak en haar leuse is: “As dit nie op die rak of spyskaart is nie, vra, en ek kyk wat ek kan doen.” Baie dankie aan Ebenette en Tyla vir hulle harde werk en toegewyde diens in die tyd wat hulle deel van Die Koöperasie was. Ebenette werk

nou by Excalibur, op die ander hoek, en Tyla by Kitty Hawk. Sterkte en voorspoed, ook met die studies, Tyla. Soos gewoonlik is daar verskeie produkte op ons rakke beskikbaar en as dit nie daar is nie, maak ons dit op bestelling of vra een van die lede om dit te maak. Vrydae kuier die Stoepsitters. Verlede Vrydag het ek gesien hoe ver kan een blikkie Sprite gaan! Abé, jy kan maar, hoor. Almal mis net vir Hannes wat nou in Malawi is. Ons kook steeds op ’n Vrydag. Bestel voor elfuur op ’n Vrydag by Riekie. Jy kan jou eie bord kom afgee en dan skep sy in en jy kom haal dit. Of ons kan jou bedien en dan hoef jy nie skottelgoed te was nie . . . Aan almal wat verjaar het – Gods rykste seën. Almal wat siek of hartseer is – Die Here is u Herder. Koöperasiegroete!

FRIKKIE KLAASSEN

F

rikkie is op 21 Augustus oorlede. Hy was 88 jaar oud en het in Wag ’n Bietjie gewoon. Alle simpatie aan sy vrou, Anna en sy kinders. “’n Mens kan Frikkie beskryf as iemand wat met onwankelbare geloofsvertroue sy roeping vervul het,” het Jan Groenewald op sy begrafnis gesê.

MARIUS GREYLING

M

arius was een van KBK se werkers en hy is op 18 Junie oorlede. Sy medewerkers mis hom veral oor sy sin vir humor. “As ons wou moedeloos raak oor ’n pyp wat gebars het, was Marius altyd die een wat die grap daarvan ingesien het en almal aan die lag gekry het oor die water so hoog spuit of omdat ons almal nat geword het,” vertel Hansie Breedt, een van sy kollegas. KLEINFONTEINNUUS 21


Gaan smul ’n slag aan die Minimark se roomys van Uitkyk Vleismark af,” sê hy. Hy verkoop tans heelhoenders teen net R29.99 per kg. In Desember wil hy gebraaide skyfies met of vis of worsies begin verkoop.

A

s jy lanklaas by die Kleinfontein Minimark ingeloer het, gaan jy aangenaam verras wees. Die rakke is vol, die diens goed en die nuwe eienaar, Deon van der Westhuizen vol planne. “Dit gaan baie goed met die Minimark,” beaam hy. Deon en sy vrou Tinka bestuur die Minimark nou vier maande. Hy vertel van die billike, maar lekker roomys wat hy aanhou. Ook van sy plan om voortaan meer vleis aan te hou. “A-graad, alles reguit

Oop Maandae tot Vrydae 07:00 tot 19:00 Saterdae 08:00 tot 18:00 Melk, kaas, brood, koerante, tydskrifte, koeldrank, vrugtesap, roomys, pasteie, vleis, biltong, droëwors, ys, lekkergoed, koekies, beskuit, batterye, kruideniersware, elektriese ware en benodigdhede, sigarette, medisinale middels, skoonmaakmiddels, braaibenodigdhede en nog baie meer.

“Ons vra bietjie duurder as groter supermarkte, maar as jy brandstofkoste byreken, baat dit om by ons te koop. En ons hou ’n groot verskeidenheid van produkte aan.” Beide Tinka en Deon het jarelange ondervinding in kleinhandel. Tinka is tans nog areabestuurder van Foshini en besoek gereeld takke van dié klerewinkelgroep so ver as Warmbad. Deon het vir lank as streeksbestuurder by Edgars gewerk en daarna sy eie onderneming as winkelinrigter gehad. Die Van der Westhuizens woon al elf jaar op die Hoewes.

“As jy ’n spesiale versoek het, kom sien my by die Minimark en ek maak ’n plan. Of los ’n boodskap by Shanene, ons vriendelike winkelassistent,” nooi Deon. “My beleid is: gehalte produkte en puik kliëntediens.”

KLEINFONTEIN MINIMARK Onder nuwe bestuur

Van ons mense, vir ons mense

“Baie dankie aan almal wat ons so getrou ondersteun. Hoe meer u by ons koop hoe meer kan ons u bied. Uit en Tuis Winkelsentrum Tel 012 940 0059 Mandjie vir mandjie vergelyk ons goed met groter winkels. En onthou ons spaar u brandstof en tyd.” Deon van der Westhuizen 22 KLEINFONTEINNUUS


Uit Álet se Kleinfonteinkombuis:

E

planne met pampoen

k het die afgelope tyd baie geskryf en opgelees oor resepte van vervloë dae. Van die resepte wat uitstaan, is beskuit, melktert, melksnysels, bobotie en sop. ’n Resep wat ook heel dikwels opduik, is pampoenkoekies. As bygereg, geurig afgerond met kaneelsuiker is dit altyd ’n wenner! Die lekkerstes is die laaste paar wat onderin die opdienbak so in die kaneelsuikersousie lê. Die pampoenkoekie-resep het ek by my ma, Rina van Wyk gekry. Nog ’n lekker pampoenresep is my skoonma Celia Erasmus se pampoenmoes, wat verrassend genoeg met brood gekombineer word. Die ander pampoenmoesresep kom uit “Voortrekker-resepte – Tradisionele Suid-Afrikaanse Geregte”, in Desember 1949 uitgereik met die komplimente van die Shell-maatskappy. Miemie Deale het dié boek vir my geleen.

PAMPOENMOES (1): Bestanddele: Vroeë pampoen (groot murg van groente), opgekook in bietjie water gegeur met sout, witbrood, botter, kaneelsuiker. Metode:

PAMPOENKOEKIES: Bestanddele: 2 kop gaar pampoen, 1 ekstragroot eier, 2 t bakpoeier, knippie sout, 4 e koekmeelblom, kaneelsuiker om oor te strooi Metode:

Kook die pampoen tot sag en dreineer. (Die pampoen het self ook baie vog.)

Meng alles saam en bak in vlak olie in ’n pan tot goudbruin aan weerskante.

Plaas snye bottergesmeerde witbrood onderin ’n vlekvryestaalbak en skep van die gaar pampoen boop. Strooi kaneelsuiker oor, plaas ’n lagie gesmeerde brood bo-op en strooi kaneelsuiker oor. As daar nog pampoen is, bou nog ’n laag.

Skep uit in opskepbak en bestrooi met kaneelsuiker.

Bak die pampoen in ’n voorverhitte oond van 180°C tot goudbruin (so ongeveer 25 – 30 min) Pak die boonste laag brood in driehoeke vir ’n mooi voorkoms. Dié moes is lekkerder as nagereg.

PAMPOENMOES (2): Bestanddele: Vroeë pampoen, brood, botter, stukkies pypkaneel, suiker, sout na smaak. Metode: Sny pampoen en brood in blokkies. Sit ’n laag pampoen, brood en stukkies botter in, strooi suiker oor en voeg dan stukkies pypkaneel by. Hou so aan totdat al die bestanddele in die kastrol is. Voeg nou ’n bietjie kookwater by en stowe eenkant op die stoof.Net voor die pampoenmoes opgedis moet word, laat dit onderaan effens bruinbraai. Roer deur en dis op. KLEINFONTEINNUUS 23


Stuur ’n epos na bestuur@uitkykvleismark.co.za om in te teken op ’n nuusbrief wat al Uitkyk se spesiale aanbiedinge bevat.

24 KLEINFONTEINNUUS


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.