Nuus vir die Kleinfonteiner Winter 2022

Page 1

Junie 2022

1

‘n Droom word waar ………… al neem dit soms tyd! Desember 1988 het dit gereën, en daar was baie modder op hierdie stukkie plaas, Kleinfontein. Dit was veld met twee rye spore wat pad was op pad na jou stukkie veld waar jy jou tent of woonwa sou staanmaak. Tog het daar ‘n droom begin, ‘n droom van ‘n stuk grond wat kon ontwikkel en uitbrei tot ‘n gemeenskap! Daar het ‘n hele paar jaar verloop voordat die

eerste huis opgerig is. Daarna het daar stukkie vir stukkie ‘n gemeenskap ontstaan ………. tot waar ons vandag is! Hier aan die soom van die hoëveld waar altyd ‘n luggie trek, waar ons selfs in die woongebied wildsbokke en voëls uit die veld gewaar, het ons ‘n tuiste geskep. ‘n Kultuurgemeenskap met eie ondernemings, maar ook ‘n

Sorgsentrum vir ons eie mense. Wanneer die stof in Kleinfonteinweg in droë tye gewaai het, of die modder opgespat het in goeie reëntye ………… het nog ‘n droom waar geword! Kleinfonteinweg is grotendeels netjies geplavei!

‘n Droom ontvou met tyd, met die nodige inspanning, maar ook met die oog op ‘n toekoms vir ons nageslag!

Missie van Kleinfontein Om die eiendom in sy besit in ’n leefruimte vir vryheidsliewende lede van die BoereAfrikanervolk te ontwikkel, waar hulle alle fasette van hulle eiesoortige volksbestaan, waarvan hulle Christelike geloof, taal en kultuur, die belangrikste is, vrylik, onbedreig en onverhinderd kan uitleef in ’n plaaslike welvarende ekonomie wat op volkseie arbeid gevestig is.


2

Uit die redakteur se pen - Álet Erasmus Elke drie maande kleur ons vir u ‘n paar bladsye in met foto’s en artikels uit ons omgewing. Dit beland egter nie ongevraagd hier op my lessenaar nie! Dit is altyd ‘n bonus wanneer daar wel ‘n foto of artikel vanuit die gemeenskap my bereik en vir u elkeen sê ek baie dankie! In hierdie uitgawe lees ons verder oor heuning uit ons gemeenskap wat ook te koop is by die Minimark! Hou u ook die tuinvoëls dop? Carel Breytenbach het ‘n geelvlekmossie waargeneem tussen die voëls in sy tuin. By die Sorgsentrum het die inwoners ook ‘n projek begin met saad

wat gesaai is en blombakke wat weer netjies gemaak is met ‘n nuwe laag verf. In Wag ‘n Bietjie het ‘n inwoner die mooiste kwilt gemaak! Dan is daar ook aktiwiteit voor die Uit en Tuis Winkelsentrum waaroor ons ‘n volgende keer gaan berig ……… maar hou daardie plek dop, want dit het iets met buitelugfiksheid te doen ……..beskikbaar vir die gemeenskap! Intussen het die pizzawinkel ‘n heining om gekry met ‘n kleurryke speelraam en swaai vir die kleingoed!

baie dankie aan elke adverteerder wat deel uitmaak van die publikasie en ook aan u die leser wat ons adverteerders ondersteun!

Nuus vir die Kleinfonteiner sê soos altyd

REDAKSIESPAN: REDAKTEUR: Álet Erasmus ADVERTENSIES: Elisabeth Malan (083 486 5040/eamalan@kleinfontein.net) BLADUITLEG: René Pietersen FOTO’S: Álet Erasmus, Dannie de Beer Die Redaksie behou die reg voor om artikels af te keur, te redigeer of te verkort. Stuur enige bydraes asseblief aan alete@kleinfontein.net

Advertensietariewe vir 2021 Volblad — R300 1/2 blad — R150 1/4 blad — R80 1/8 blad — R50

Jy kan Nuus vir die Kleinfonteiner in volkleur lees by www.issuu.com. Tik Kleinfontein in die soekvenster en kies die uitgawe. Volg ons ook op Facebook by Kleinfontein se Afrikaners en op Twitter by @Kleinfontein-KBK

Ondersteun ons adverteerders en maak melding daarvan dat u hulle inligting in die Nuus vir die Kleinfonteiner gekry het.


3

Oordenking: KYK, Ek leef! Lees: Openb 1:10 – 18 “Moenie vrees nie; Ek is die eerste en die laaste, en die lewende; en Ek was dood en kyk, Ek leef tot in ewigheid. Amen.” Watter betekenis hou die opstanding van Christus vir u en my in? 1.

2.

Dit is die Goddelike bekragtiging van die Christen se hoop op ‘n lewe ná die dood. Die Here Jesus het dit aan Sy dissipels verkondig vòòr Sy dood (Joh. 14:2 3). Sy opstanding het die 3. waarheid van daardie woorde bevestig en bewys dat Hy in der waarheid die opstanding en die lewe was. Dit is die bewys van die Godheid van Jesus, en bevestig al die profesieë aangaande Hom en al

die aansprake wat Hy gemaak het. Dit is die bewys dat Jesus die seun van God is (Rom. 1:4). Dit is die bewys dat Hy waarlik ons Saligmaker is en dat ons deur Sy bloedvergifnis van al ons sondes ontvang (vlg Rom 10:9). Dit beteken dat ons ‘n lewende, nie ‘n dooie, Jesus aanbid nie. Wanneer ons dink hoe ons gehandel, gevoel, selfs gespreek het toe pyn, siekte, droefheid of moelikhede ons getref het, lyk dit asof ons ‘n magtelose, ‘n dooie, gebroke, oorwonne

Christus volg en bely, wat nie in staat is om ons te help nie! Die opstanding van Christus verseker ons dat Hy lewe en daarom gemagtig is om ons onder elke omstandigheid te help. (Matt 28:18). Hou dit gedurig ingedagte!

Ons dank U, Here, vir die lesse en die troos wat ons uit U opstanding kan put. Leer ons om te lewe soos mense wat saam met U opgewek is tot ‘n nuwe lewe!

‘n Spesiale herdenking! Op hul troudag, 30 Maart 1957

Charles en Rykie Niehaus, was die 30ste Maart 65 jaar getroud! Hulle ontmoet in Koster, word oor die jare wat volg twee seuns en ‘n dogter ryker wat die gesin verder aanvul met vier kleinkinders en vier agterkleinkinders. Charles het later van tyd geboer in Carolina omgewing waar hy melk aan ‘n wye gebied voorsien het. Daarna verhuis hulle na Groblersdal waar hy vir nog 44 jaar boer voordat hulle na Kleinfontein verhuis in 2017. Baie geluk en seënwense met dié besonderse mylpaal in jul lewe!


4

Ter Nagedagtenis Piet Meyer (21 Maart 1949 - 30 Maart 2022)

Ons innige meegevoel aan Anita en familie met die heengaan van ‘n wederhelf, Pa en Oupa. Die laaste paar weke voor sy afsterwe, kon hy tuis versorg word waaroor Anita baie dankbaar is. Sy wil dan ook in besonder die mediese dokter en verpleegspan (Pretoria Palliative Care) bedank wat haar die laaste drie weke daagliks bygestaan het met sy versorging.

PAASFEES 2022 – SORGSENTRUM - Betsie Steyn Foto’s: Ina Prinsloo en Sue Herholdt

Op ‘n koue, nat en trietsige Sondagmôre – 17 April 2022 – is ‘n Nagmaalsdiens vir die Inwoners van die Sorgsentrum en ‘n paar ander besoekers gehou wat die harte sommer warm laat klop het. In die knusse, intieme atmosfeer het ds. Attie Bezuidenhout weer ‘n treffende en bondige diens gehou. Sy kragtige boodskap was uit 1 Petr. 2:20-25 wat gehandel het oor dood en lewe, offerande en die Paaslam en verál ons mense se gehoorsaamheid aan Hom. Met die hulp van suster Ina Prinsloo – wat spesiaal moeite daarmee gedoen het - is aan elke inwoner ‘n eie kelkie uitgedeel. Dié glasies is elkeen se eie, met naam en al daarop, wat gewoonlik vir hul medikasie gebruik word. Ander persone en personeel is met kelkies bedien wat ds. Attie

met behulp van die NG Kerk Rayton bekom het. Gepaste Paasliedere is ook gesing, waaraan almal hartlik meegedoen het. Ds. Attie het ook – nadat almal Nagmaal in die eetsaal gebruik het – saam met Suster Ina en van die versorgers die klompie bedlêende pasiënte in die siekeboeg ook besoek. Daar het ds. by élke bed gaan staan en brood en wyn aan hulle bedien. Almal was skoon aangedaan en al die moeite is opreg waardeer. Verdere waardering was vir die feit dat ds. Attie ongesteld was en geleidelik herstel het en bereid was om die diens te hou. Dit het ‘n warm samehorigheidsgevoel onder die teenwoordiges meegebring, want vir almal was die diens op Paas Sondag kosbaar.

Ds. Attie bedien nagmaal aan ds. Lood en tannie Silja van der Merwe, terwyl ander inwoners ook reg sit vir hul beurt.


5

Die inwoners het heerlik gesmul aan lekker vars paasbolletjies, spesiaal geskenk deur Tannie Marie Mans en Kenneth Bester se kinders.

Issie van Zyl (in die middel) se seun Johann en vrou Carla, het ook kom kuier en saam Nagmaal gebruik – links agter op die foto. Dit was vir Issie van besondere waarde. Hier sit hulle saam met van die ander inwoners.

Suster Ina en haar personeel het weer bygestaan om die Nagmaalviering spesiaal te maak. V.l.n.r.: Hanna (versorger), Suster Ina, Ds. Attie, Jackie (voor en agter haar) Sue (kombuispersoneel), Chalien (versorger), agter haar Elma (skoonmaker) en Sue-Anne (Jackie se dogter) wat kom hand bysit het..


6

BRIEWE Dankie Datonet!

weens omstandighede buite my beheer – nie dadelik die Ek het probleem ondervind installasie- en maandfooi met ‘n “buite”-internet betaal nie en weer het Tobie diensverskaffer en iemand het en Daniël hul menslikheid my aanbeveel om by Datonet bewys deur vir my uitstel te aan te klop vir ‘n kwotasie. So gee met ‘n sperdatum later in gedink, so gedoen. ‘n Baie die maand. Dit is intussen billike en ‘beter’ kwotasie is gedoen, waaroor ek baie bly verskaf wat met ope arms is. Sjoe, as daar nou een aangeneem is. Toe kom die mens is wat dankbaar is, is dit twee manne, Aart en Wian, om ek! Ek kan hulle aanbeveel – die installasie te doen. Watter hulle is goed en met die diens pragtige jong manne: wat ek nou van hulle kry, gaan vriendelik, hulpvaardig, flink en dit sommer baie beter met my. baie knap! Ek het egter –

Nie net hul tariewe nie, maar ook die diens en netwerk wat hulle verskaf, is uitstekend! Toe ek eenkeer ‘n klein probleempie (weens onkunde!) gehad en hulle gebel het, was dit binne minute opgelos deur die vriendelike manne. Baie dankie Datonet, ek sal julle oral aanbeveel, ek kan net met lof praat! Groete en dankie, Betsie

LESERSKRING - Elizabeth Malan Opmerking van die samesteller: “ Geen resensie word gevra nie.”_ So lui Sagmoedige Neelsie se versoek in baie van sy boeke. Die boek wat aan die beurt gekom het 23 Februarie, was: Die Beste Spookstories van C J Langenhoven ‘n Keuse deur Danie Botha; geillustreer deur Angus McBride (1ste uitgawe)

Dit is dan die rede waarom Isabella besluit het dat sy die verhale nie gaan toelig nie. Verduidelikings kan juis die leesgenot verminder. Uit Die Wandelende Geraamte en ander Verskynings het Isabella du Plessis gekies om “Die Vrou voor die Hek” voor te hou aan die teenwoordiges.

Danie Botha groepeer die verhale in drie groepe nl. Uit a) Geeste op Aarde b) Aan Stille Waters en c) Die Wandelende Geraamte en ander Verskynings

Op die 30 Maart, het Korsies van Growwe Brood deur P H Nortjè aan die beurt gekom.

P H Nortjè het in sy bekende jeugboeke oor sy wêreld van die Baviaanskloof in die Winterhoek berge geskryf. In Korsies van Growwe Brood, ‘n outobiografie, word die waarheid vertel. Hy vertel hoe hy as kleuter met ‘n blinde eend geboer en sy liefdesteleurstelling in sub A. En dan verbreek hy sy stilswye oor ‘n belangrike deel van sy lewe, sy loopbaan as onderwysman. Van hardekwas gimnastiekonderwysertjie op Douglas tot dosent en waarnemende rektor aan die


7

Wellington se Onderwyskollege. Dis pitkos vir almal wat hulle skooldae wil herleef. Hy vertel nie saai en chronologies nie, sy herinneringe loop loslit heen en weer in die tyd. Dis lekker gesels in ‘n sitkamer of langs ‘n vuurtjie êrens in die Kouga – vol mildadige wysheid en humor. All Things Bright and Beautiful geskryf deur James Herriot was einde April voorgehou.

Die boek is ‘n versameling van sketse uit twee boeke wat verskyn het: Let Sleeping Dogs Lie en Vet in Harnes.

Hierdie boek is ‘n versameling van sketse oor gevalle wat hy teegekom het in sy praktyk as veearts deur die jare. Hy kon hartseer gevalle, interessante gevalle maar ook komiese gevalle, dikwels ten koste van homself, beskryf op so ’n manier dat jy gou die volgende skets wil lees voor jy die boek neersit en as jy jou kom kry, het jy toe nie die boek neergesit nie.

James Herriot praktiseer in Yorkshire Engeland as veearts vanaf 1939 vir bykans 50 jaar.

Welkom in Wag ‘n Bietjie!

- Annetjie Coetzee

Ons verwelkom weer ‘n paar nuwe gesigte in ons geledere! Johnny en Maria De Carvalho Hulle kom van Centurion waar hy sy eie besigheid (slaghuis) gehad het. As gevolg van Covid het dinge nie goed gegaan nie en hulle besluit om te trek en kry die huisie in Wag ‘n Bietjie nr 15. Hulle is baie stil mense, maar ons hoop hulle gaan dit geniet hier in Wag ‘n Bietjie. Welkom julle!

Margie Roux is ook n nuwe intrekker by Nr 11

Sy het baie rondgeswerf na haar man se dood. As gevolg van haar gesondheid het haar kinders besluit om haar eers na die Kleinfontein Sorgsentrum te skuif, waar sy vir 6 maande gebly het. Toe sy haar voete behoorlik gevind het, het daar ‘n huisie beskikbaar geword by Wag ‘n Bietjie en sy was gereed om weer op haar eie nes te skop. Welkom Margie!


8

Welkom in Wag ‘n Bietjie!

- Annetjie Coetzee

Sarel en Malie Hertzog Hy het vroeër jare op Standerton geboer. Later verhuis hulle so 80km buite Warmbad, waar hy hom besig gehou het. Die kinders het besluit dis tyd dat hulle rustig raak en gevolglik neem hulle hul intrek by Wag ‘n Bietjie nr 39. Malie het onlangs geval en haar been gebreek waarop ‘n operasie gevolg het en nou sterk sy aan by die huis.

Vertrou jy is gou weer op die been Malie!

Die Solidariteit Helpende Hand Kleinfontein-tak

- Rita Bornman

……… het ‘n heerlike ontmoeting met die gemeenskap gehad. Dit het op Saterdag 5 Februarie plaasgevind by die gemeenskapsaal in Kleinfontein en was ‘n reuse sukses. Hier het hoofkantoor personeel, streekspersoneel sowel as taklede meer vertel van die werksaamhede van Helpende Hand. Ons was ook bevoorreg om Rene Roux, die hoof uitvoerende beampte van Kommunikasie, asook Yolandi Theron, Administratiewe Hoof: Studiefondssentrum en so ook Lizelle van der Klashorst, Hoof van die Studiefondssentrum by ons te kon verwelkom op die dag. Annemarie van Heerden, Mpumalanga en KZN Noordstreek se Streeksorganiseerder en so ook die Assistant Streeksorganiseerder, Melissa Nel was teenwoordig op die dag. Helpende Hand se Melissa Nel links en Annemarie van Heerden, (regs) saam met die Kleinfontein sorgsentrum bewoners, Dominee Lood, sy vrou tannie Silja en hulle dogter Petra.

Annemarie van Heerden, Lizelle van der Klashorst, Melissa Nel en Santie Prinsloo, voorsitter van die Kleinfontein tak.

Die gemeenskapslede was elkeen uitgenooi om hier meer te kom uitvind oor dit wat Helpende Hand daagliks doen, projekte wat hanteer word en hoe Helpende Hand poog om voorspoed te verseker en armoede te verlig, verbreek en te voorkom. Die takbestuur by die Kleinfontein-tak nooi elkeen in die gemeenskap uit om deel te vorm, of navraag te doen oor dit wat Helpende Hand doen en om in te skakel by die tak om sodoende ‘n verskil te maak in die gemeenskap! Kontak vir Santie Prinsloo by 082 443 2073, Melissa Nel by 072 660 7345 of Annemarie van Heerden by annemarie@helpendehand.co.za.


9

Moet nie vergeet nie ……… Ons is nou honderd en twintig jaar later. Honderd en twintig jaar terug in tyd Het Emily haar landgenote verwyt, Oor die swak kos, niks seep en siekte wat in die kampe heers. Nou honderd en twintig jaar later Wie kan die swaar begryp om 'n kind Wat van honger huil te troos met net die wind. Om 'n koue lyfie met jou koue een te probeer koester. . . Wie kan na honderd en twintig jaar, nog Empatie hê met 'n gesin in 'n nat tent, oorvol Waar siek kindjies versorg word op 'n geringe droeë kol. Waar 'n kort kersie net kan brand in tye van nood. Na honderd en twintig jaar Wie sal nog die magteloosheid kan voel as jou jong seun Jou enigste, in 'n hospitaalbed, slegs beskut teen die reën Gelaat word sodat hy die doodsdal kan betree bang en alleen. Sal iemand na honderd en twintig jaar nog Die smart kan voel as jou uitgeteerde baba se asempie begin fluit As jy maar net nog kan bid dat Dit gou sal wees, die laaste flikker van die kers; dan . . . is dit. . . uit. Jou trane is toegesluit, net die Gelatenheid bly oor. . . Die vasberadenheid en Geloof oorwin egter, om weer op te staan Weer te plant en op te bou Uit die stof en as en rou. . . en Te hoop dat die pyn sal vervaag, maar dat die kinds kinders nog die Lizzy van Zyls sal onthou. Mag hul ook die Emily Hobhouses nie vergeet nie. . . Jeanine Steyn


10


11

Uitbreiding by die Uit en Tuis Winkelsentrum! Die pizza restaurant se speelruimte is nou omhein en die speelraam en swaai is vrolik geverf vir die kleingoed om te geniet!

Sorgsentrum kapperjolle Blombakke is geverf terwyl daar heerlik in die sonnetjie gekuier is.

Pakkies saad is toe in eier houers geplant wat later in die blombakke oorgeplant kan word.


12


13

Sorgsentrum kapperjolle Hier is van die Inwoners hard aan die werk met grond en saadjies …….en ons vriendelike ontvangsdametjie sit ook hand by!

Terwyl die inwoners met dit besig was, het ‘n paar van die personeel ingespring en bome beplant wat later koelte kan gee op ‘n warm somersdag.

Baie dankie aan Chris Els en Lourens du Plessis wat die bome geskenk het. “Vir die hart wat vreugde vind in klein dinge – in alle dinge – is elke dag ‘n wonderlike geskenk.” - Anoniem

DAPPER STAPPER

- Betsie Steyn

Tydens die aanhoudende beurtkrag probleme het ek net gevoel ek moet iets positief en konstruktiefs doen en het by die Sorgsentrum gaan vra of daar iets is waarmee ek in dié “donker” tyd kan doen om te help, want as ek so moet stil sit, gaan ek kwaad doen! Suster Ina Prinsloo was dadelik gereed met ‘n voorstel wat ek gretig aangeneem het: ek moet, asseblief, die inwoners neem vir ‘n lekker, rustige stappie om hulle uit hul kamers en waarskynlike morbiditeit te kry.....sonskyn en vars lug sal net die regte medisyne wees, het sy gesê. So gesê, so gereël en toe het ek, Chalien Kruger – as versorger – en ‘n klompie gewilliges (én dapperes!) die kouerige oggendluggie aangedurf en ‘n hele entjie gaan stap. Dit is intussen ge-


14


- Marius Bosch

REËNVALVERSLAG

15

2015

2016

2017

2018

2019

2020

2021

2022

Jan.

105

150

130

93

196

181

175

127

Feb.

25

34

112

96

163

73

91

199

Mrt.

89

142

15

249

22

117

32

76

Apr.

58

18

107

50

82

145

55

182

Mei

0

70

29

24

4

0

8

Jun.

0

20

0

0

0

20

1

Jul.

6

4

0

0

0

0

0

Aug.

0

2

0

0

0

0

0

Sep.

78

2

16

20

2

0

14

Okt.

16

100

59

80

20

58

88

Nov.

87

293

80

86

187

197

213

Des.

94

107

115

110

375

58

286

TOT.

565

942

663

808

1 051

849

963

DAPPER STAPPER

- Betsie Steyn

reël dat dit gereeld daagliks – net voor die middagkoffie drinktyd – gedoen sal word, want die oggende is nou effens te koel daarvoor.

Hester van der Zandt (‘n versorger wat nagskof werk) het ons langs die pad teëgekom en die foto geneem...so met die flouerige oggendsonnetjie in ons oë. Nee, let wel, dis nie die Kappiekommando nie, dis die Trolliekommando! V.l.n.r. – lekker toegewoel in warm baadjies en jasse – is Joey, Kotie, ek self, Tina, Kreta, en voor sit Charlien en Heleen.


16

OU VRIENDE LOOP MEKAAR Ná JARE HIER RAAK

- Betsie Steyn

Een van die nuwe inwoners by die Sorgsentrum, Oom Hannes Opperman (vroeër van Cullinan se wêreld), het op ‘n dag gemeld dat hy verneem dat Erdie Baumbach hier op Kleinfontein woon en dat hy hom graag weer sal wil sien, want hy ken hom. Ek het Oom Hannes uitgevra en hier is sy storie: Die Oppermans en Erdie-hulle se ouers was bure op Swartruggens in die ou Wes-Transvaal en hulle het mekaar goed geken. Erdie en sy pa het elke middag gaan stap, verby waar Hannes-hulle in die tuin gewerk het die erwe daardie tyd was baie groot, die huise ‘n entjie van mekaar af, maar hulle het mekaar gereeld gesien. “My Ma het altyd, as ons geslag het, my met ‘n karmenaadjie na ‘Tannie Baumbach’ gestuur. Ek onthou hulle as baie gelowige mense wat ‘n groot indruk op my gemaak het,” vertel Oom Hannes. Erdie was ‘n jaar ouer, maar hulle was saam op Rodeon Hoërskool waar Erdie se pa Hannes se Geskiedenis onderwyser was. Hulle paaie het ná skool geskei en nou – ná 64 jaar! – het hulle mekaar weer raakgeloop. Ek het – nadat ek gehoor het van die verbintenis met die Baumbachs – gereël dat hulle (as hulle by die Sorgsentrum kom) Oom Hannes moet opsoek....en dit het toe ook so op ‘n dag gebeur. Die Baumbachs het vir ds. Lood en Tan Silja

Oom Hannes Opperman, Frena Baumbach, Tannie Silja, ds. Lood en Prof. Erdie het sommer lekker op die stoep in die sonnetjie gesit en kuier....en gesels! (Foto: Ina Prinsloo)

van der Merwe kom besoek en net daar het ek die ou skoolmaats en kennisse bymekaar gekry en – glo my – hulle hét gesels en gekuier oor die ou dae.


17


18

Die Salon Langs die kitsbank, Uit & Tuis Sentrum Sny, kleur, blaas en meer! Mans: R 100 Dames: R 160 Kinders: R 100 Pensioenarisse: Mans R 70 per sny en Dames R 120 per sny

Zelda: 082 564 1866


19

O soete heuning…… (deel 2)

- Hendrik van Niekerk

Die ongelooflike gevoel om heuning te sien vloei in die botteltjies na al die drama om die rame tot in die verwerkingskamer te kry, is ongelooflik! Die bye veg vir die vale om kos wat hulle versamel het, te beskerm en is vir ons ‘n voorbeeld hoe om jou gemeenskap te beskerm teen die aanslae. Vraag wat ek dilwels gevra word, is dit regte rou heuning en die antwoord is, ja …… en teenvraag van my kant is, vra jy ook dieselfde vraag aan die supermarkte wat heuning verkoop of vertrou jy hulle etikette? ‘n Kombuis is eintlik nie geskik vir die verwerking nie, want huisvroue raak taamlik taai oor die taai spulletjie. Die heuningverwerkingskamer moet mooi dig wees vir bye, want die reuk van rou heuning lok bye eskaders na die land van heuning! Nadat die heuningrame uit die heuningrak gehaal is, word die heuningsel doppies afgekrap met ‘n vurkie. Die heuningsel word afgeseël deur die bye nadat die oortollige water verdamp word deurdat die bye hul vlerke klap voor elke sel opening. Indien rame uitgeswaai word wat nie geseël is nie, is die heuning loperig. Die was word net geproduseer deur jong bye (12-18 dae) en daarna verloor hulle die vermoë om was te produseer en word vir ander take gebruik tot hulle lewenssiklus verby is na 6 weke. Al die werkers is ook net vroulik en die dames het almal angels, met weerhakkies, om die kos wat hulle versamel het te verdedig. Die wasdoppies word weer herwin om produkte te maak of verkoop aan besighede wat basis wasvelle maak vir die heuningrame. Die selpatroon word uitgedruk op die wasvelle waarop die bye die selle bou. Die heuning uit die uitswaaier word deur drie dubbel siwwe geloop om meeste van die was uit die heuning te sif. Heuning wat afkomstig is van aalwyne kan baie vining sandsuiker en dan sit ek hulle gewoonlik sommer in ‘n noord front vensterbank om deur die son gesmelt te word of jy kan die bottel in ’n pot warm water verhit wat nie meer as 60 grade Celcius is. Heuning word uitgetap in houers.

Elke teelepel heuning is die produk van 10 bye se lewenswerk en net soos water moet daar nie met heuning gemors word nie, maar moet heerlik aan gesmul word.

Die uitswaaier


20


21

HERDENKING VAN REPUBLIEKDAG OP 31 MEI 2022 - ‘Alet Erasmus Op hierdie dag is nog ‘n mylpaal bereik in Kleinfontein! ‘n Program ter herdenking van Republiekwording op 31 Mei 1961, is in die Afrikaner Kultuur Museum gehou wat ook ‘n eerste byeenkoms in die museum is. Die verrigtinge is geopen met skriflesing en gebed deur Ds Nico Steenberg. ‘n Program is aangebied waartydens ‘n pragtige groot Vierkleur (gemaak deur Marietjie Breytenbach), onthul is. Daarna het die teenwoordiges terug beweeg in die museum vir ‘n boodskap deur Andries Breytenbach. Daar is ook ‘n kort video vertoon van gebeure van 1902 tot waar ons vandag is.

TLU-SA, die HNP en die Calvinistiese Alliansie het bome geplant as deel van die verrigtinge. Die byeenkoms is afgesluit met die sing van die vierde strofe van Die Stem en daarna het die gaste gesellig verkeer.

Boere gasvryheid vir die teenwoordiges ….. heerlike sop en broodjies.

Materiaalwinkel Hannetjie 071 533 6267 Winkel 8 Rayton Park Plaza


22

Heerlike Mayo-sous! Soet mosterd, gerookte paprika, kruie 250 mℓ (R25) Gebruik as slaai– of doopsous

Beskikbaar by Pienk Koei Gertie Stofberg 083 660 6598


23

Ons gevleuelde tuinvriende (3) GEELVLEK-MOSSIE / Petroniasuperciliaris

- Carel Breytenbach saad en wanneer beskikbaar die nektar van aalwyne. Roep: Die roep is ’n skerp tji-tji-tji, tri-tri-tri en is ’n heeltemal aanvaarbare geluid.

Identifikasie: Die geel vlek onder die bek op die keel is nie baie opvallend of ooglopend nie, en kom slegs by geslagsryp voëltjies voor maar, dit is die enigste mossie met ‘n opvallende breë roomwit wenkbrou. Lengte 15-16 cm en weeg sowat 27 gram, oog iris en beentjies is bruin. Die geel vlek raak meer opvallend tydens paartyd. Verspreiding: Die voëls kom voor vanaf die suidelike punt van die Oos-Kaap noordwaarts tot in Tanzania en ook aan die westekant vanaf die

Oranje en Vaal riviere noordwaarts tot by die grens van Zaïre. Habitat: Is ’n redelike stil en teruggetrokke voëltjie wat gewoonlik die Acacia savannas en groot bome langs riviere en spruite verkies. Verwyl die meeste van hulle tyd deur rond te klouter en te speel, veral in die reeds dooie takke van die boom. Op die grond beweeg hulle gewoonlik vinnig en sprei/ skud die stert elke nou en dan en ook as hulle gepla word of geïrriteerd raak.

Dieet: Normaalweg insekte en

Broeityd: Broei graag in die ou neste van die egte houtkapper, (Woodpecker), en die vals houtkapper, (Barbet), of selfs agter droë bas wat van die boomstam weggetrek het. Die nes word skoongemaak en dan uitgevoer met vesel, vere en gras. Broeityd normaalweg vanaf Oktober tot Januarie. Drie tot vier dowwe donkerbruin grondkleurige eiers word gelê. Broeityd is 18 tot 19 dae. Beide ouers neem aan die broeiproses deel.

Opmerking: Ek voer die voëltjies soggens in my tuin met ’n halwe bekertjie kuikengruis mengsel. Dit gee vir my die grootste plesier om hulle manewales deur die verkyker dop te hou. Hier teen einde Maart het ek dié vreemdeling onder die klomp opgemerk en kon ek danksy die verkyker en die boeke, dié vreemdeling identifiseer as die Geelvlek-mossie.


24


25

Die herdenking van die Slag van Donkerhoek – 11 Junie 2022 - ‘Alet Erasmus Op ‘n amper windstil middag, het belangstellendes hul sitplek ingeneem vir die geleentheid langs die slagveld begraafplaas lapa.

Terwyl die perde en ruiters hul plek voor die gehoor ingeneem het, het Ds Olof van Rooyen voortgegaan met skriflesing en gebed. Daarna het Andries Breytenbach ‘n geskiedkundige vertelling gelewer van die aanloop tot die gebeure hier ter plaatse. Die perde en ruiters het na afloop van die vertelling, die voortou geneem na die gedenknaald waar kranse deur verskillende instansies gelê is en waar die verrigtinge heel gepas afgesluit is met die sing van die vierde strofe van Die Stem.

(foto: Vriende van Kleinfontein)

Die wat by die begraafplaas agter gebly het, het die sing van die Stem net so besonders ervaar.


26


27

Uit Álet se Kleinfontein Kombuis Waarvoor gebruik jy jou prutpot? Meestal vir die maak van bredie of sop? ‘n Paar jaar gelede het ek my prutpot broodresep met u gedeel …… ja, ons kan brood bak in ons prutpot! Nog ‘n ontdekking vir die prutpot, is ‘n heerlike sjokolade nagereg wat met drie produkte gemaak word, ‘n pakkie kits sjokolade muffin mengsel, ‘n pakkie kits sjokolade nagereg en ‘n 150g sjokolade blokkies effens fyngemaak. In dieselfde volgorde word dit in ‘n gesmeerde prutpot geskep ………..laat dit prut, kry die heerlike sjokoladegeur wat in die kombuis hang terwyl jy die vla maak ………….. en na ete, is jou nagereg gereed.

Bestanddele: 1 pakkie kits sjokolade muffin mengsel / vanielje 1 pakkie kits sjokolade nagereg aangemaak met 250ml melk / butterscotch 150 - 200g melksjokolade opgebreek in kleiner stukkies

Prutpot sjokolade nagereg Metode: 1. Bespuit die prutpotbak met kleefwerende middel 2. Maak die muffinmengsel aan soos aangedui op die pakkie en skep die beslag in die prutpotbak. 3. Maak die kits sjokolade nagereg aan met een koppie volroom melk en klits soos aangedui op die verpakking. Skep die nagereg ook versigtig oor die deegmengsel wat reeds in die prutpot is.

4.

5.

Breek nou die sjokolade eweredig oor die oppervlak van die nagereg mengsel in die prutpot. (kan hier topdeck sjokolade ook gebruik)....ek het ‘n paar blokkies heel gelos ......dit smelt net genoeg om ‘n heerlike ekstra ryk sjokolade happie te kry! Plaas die deksel op, stel die prutpot op hoog en bak vir 1 uur 30 minute.

6.

7.

Die nagereg is heerlik bros, met die sjokolade en sjokolade kitsnagereg wat sorg vir ‘n heerlike sjokolade sous om elke skeppie mee af te rond! Bedien die heerlike nagereg met tuisgemaakte vla of selfs net ‘n bietjie room.

Min moeite…..groot lekkerte! Geniet dit!


28


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.