08 June 2013

Page 10

10 08 Junie / June / Seêtêbosigo 2013 • KATHU GAZETTE

Volg ons !

@KathuGazetteZA

Follow us !

FAMSA Celebrates International Family Day in Groenwater

E

very year 15 May is recognised as International Family Day day. This year FAMSA Postmasburg organised a community event in Groenwater on Thursday 16 May 2013 to celebrate the day with the families of that community. The aim of the event was to encourage family life, empower the Groenwater community with information around family issues. The event also created a platform for various government depart-

TENDER NUMBER: 009 / 2013 The following services in Ulco (Northern Cape) are hereby put out on tender:

Air Conditioning maintenance services Interested parties need to send an e-mail with your company name clearly stipulated to tfmc.ulco@za.afrisam.com (Chaemeez Wilson Tel: 053 562 9230) before 18 June 2013 to obtain more information.

TENDER NUMBER: 008 / 2013 The following services in Ulco (Northern Cape) are hereby put out on tender:

Electrical maintenance services Interested parties need to send an e-mail with your company name clearly stipulated to tfmc.ulco@za.afrisam.com (Chaemeez Wilson Tel: 053 562 9230) before 18 June 2013 to obtain more information.

ments and other NGOs to give information of family services they have available. The following organisations participated in the event: Department of Social Development, SAPS, Refentse Primary School, SANCA, the Tsantsabane Municipality and Kolomela Mine. After the event FAMSA and SANCA together with the community development workers and councillor of the area visited six identified needy families of the community

and gave them gifts for the celebration of Family Day. The event also aimed at making the community aware of the availability of the FAMSA Tsantsabane Trauma Centre's services, where people can get any form of help they need and to report abuse, rape or need for counselling 24/7. Social work, psychological and trauma services as well as referral services can be accessed through the Trauma Centre. The Psychologist at the

Trauma Centre, Mrs Thelia Pedro said in her presentation at the event that “we ought to take care of our inner self by using counselling services to help each other with emotional issues affecting us”. The Trauma Centre is located at 14 Blinkklip Street in Postmasburg and can also be contacted at the free call telephone number 053 313 7980 or toll-free number 0800 222 638. “Please call me's” can also be sent to 081 814 3294.

Die Tuindwergies Besoek Kuruman D

ie gewilde Afrikaanse groep Die Tuindwergies tree Vrydagaand 7 Junie 2013 by Die Boom in Kuruman op. Die vertoning begin om 19:00 en kaartjies beloop R50. Die vier jong manne van die groep is heel besonders, want dis twee stelle broers wat kragte saamgesnoer het om musiek te maak. Jean en Emile Swiegers het met musiek in die huis grootgeword want hul pa, André Swiegers, is een van ons talentvolste liedjieskrywers. Hulle het van kleins af dikwels saam met hom opgetree. Dawie en Pieter de Jager, die ander twee dwerge, is weer sterk beïnvloed deur Klopjag, die groep waarvan Dawie 'n lid is en waarin hul ouer broer Sallas ook speel. In Augustus 2010 het Die Tuindwergies na 'n jaar se werk hul eerste CD, Die Tuindwergies, uitgereik. Oor die naam “Tuindwergies” lag hulle lekker. Toe hulle besluit om 'n groep te stig, het hulle dit vir John Henry Opperman van die groep Klopjag genoem. “Wat gaan julle julself noem? Die Tuindwergies?” het hy gespot en net daar het die naam vastrapplek gekry. “Ons maak dwergmusiek,” se Dawie die baskitaarspeler

Die Tuindwergies tree Vrydagaand 7 Junie 2013 in Kuruman op. met 'n glimlag. “Ons is liefdevolle dwerge wat met ons musiek mense gelukkig wil maak.” Die manne is baie positief oor die toekoms van Die Tuindwergies. “Elkeen van ons liedjies het 'n positiewe boodskap. Dit het 'n jaar en 'n half se harde werk geverg voor ons uiteindelik 'n CD op die rakke gehad het. Ons moes baie gunste vra, dikwels vir ander

groepe open. Natuurlik is daar baie kortpaaie, maar ons het die lang pad gevat. Dit verg harde werk en toewyding, maar ons is bereid om dit te doen en stadig maar seker is ons besig om die vrugte te pluk. Ons is nou op die beste plek waar ons al was,” vertel die vier so saam-saam. (Bron:Rooi Rose)

Fotograwe kry Skoling op Postmasburg Edward Smit

Die aspirantmodelle wat hulself beskikbaar gestel het vir die onderskeie sessies wat deur Emma Booysen aangebied was is van bo tot onder: Loudine, Rozanne, Nicolene en Maralize. Foto deur Edward Smit (2ster fotograaf en lid van die Kalahari Fotografieklub).

O

m mense en die wêreld rondom jou deur die lens van jou kamera vas te vang is beslis 'n kuns wat met tyd

ontwikkel en moet ook so af en toe opgevryf word. Dit het die fotograwe in die Kalahari Fotografieklub onlangs besef met 'n intensiewe werkswinkel wat aangebied is deur een van die land se topfotograwe, Emma Booysen van Bloemfontein. Die werkswinkel het die naweek van 24 en 25 Mei 2013 in die skoolsaal van Laerskool Postmasburg plaasgevind. Selfs gesoute fotograwe kon hulle bestaande kennis opskerp tydens die praktiese sessies. Die Saterdagsessie is begin met verskillende tegnieke met betrekking tot beligting in die studio. Fotografie in natuurlike lig was ook op die program en prakties toegepas. Die aanwesiges het ook nuttige wenke oor fotomanipulering gekry. Die klub bestaan tans uit tien lede wat een keer per maand bymekaar kom in die rekenaarlokaal van Laerskool Postmasburg. Die lede kry 12 temas vir die jaar en moet dan hul temafoto's aanbied asook 'n foto in die ope kategorie. Die foto's word dan aan die Fotografievereniging van Suid-Afrika (PSSA) voorgelê, waar dit deur van die land se topfotograwe beoordeel word. Die klub se Voorsitter, Corrie Fick, verwelkom graag enige persoon met enige tipe kamera wat wil aansluit om deel van die Fotografieklub te word. Die klub is by die PSSA geaffilieer en probeer om een keer per jaar weg te gaan vir 'n fotosessie van frie dae of langer, gewoonlik na Kgalagadi, Namakwaland of Witsand. Die werkswinkel was beslis 'n moet vir enige fotograaf wat ernstig is oor fotografie en is deur al die lede van die Kalahari Fotografieklub verwelkom.

Fotograwe in aksie is (vlnr) Frikkie Fick, George Hutton, Corrie Fick (voorsitter: Kalahari Fotografieklub), Belinda Nel en die kursusleier Emma Booysen. (Foto: Edward Smit).


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.