Police Gazette 1-19

Page 40

In dieselfde trant hoor ek dat daar ongeveer 70 000 Afrikaners in plakkerkampe in en om Pretoria woon. God is goed vir ons! Deur sy genade leef ons vandag! Kom ons reik na ons naaste – na daardie oudkollega en ander Afrikaners in die verknorsing. [Sien: http://www.rapport.co.za/Suid-Afrika/Nuus/Gebroke-ma-eis-R10-m-nadatman-kind-vermoor-20101016-2 ]

Humor in Uniform: SAP-Eksamens Die ou-polisiemagte het ‘n reël gehad: “Begin heel onder en bewys jouself!” Geen outomatiese kommissie nie. Om nepotisme uit te skakel is eksamens ingestel. Eksamens bly maar die regverdigste manier om polisiemense te bevorder – jy moet mos die “wet” ken! Hier is ‘n interessante stukkie oor polisie-eksamens – met die deurlees kan u sien hierdie ouens word nie maklik vasgetrek nie, veg onverbete en onverskrokke voort in ‘n poging om die ‘strepe’ op te sit!

EKSAMINVLATERS DEUR BARRY15 Kom ek noem vir u 'n paar voorbeelde geneem uit die jongste eksamen (konstabel tot sersant) en dan oordeel u self. VAK: DIE ONDERSOEK VAN MISDAAD. VRAAG: Skryf aantekening oor die versending van hare vir ontleding. ANTWOORD: (a) Die pakkie moet gaan na 'n skeikundige deskundige van hare by die WNNR. (b) Elke haar moet 'n etiket met 'n garingdraadjie aan he genommer vanaf A. (c) Indien geen hare op lyk gevind word nie, meld die feit om onnodige vertragings deur aanvrae daarvoor te verhoed. (d) Ingeval van gifmoord sny die hare kort af, want deskundiges weet hoelank gif neem om in die hare te trek en kan dus letterlik op 'n "haarbreedte" bepaal hoeveel gif toegedien was. (e) As die hare in 'n bloedplas lê moet beide verpak en weggestuur word. (f) . .. en die ontleding van die hare sal dus toon of die man dood is aan gif of ouderdom. VAK: WETTEREG. VRAAG: Noem die verskillen de buite- en binneverbruiklisensies. ANTWOORD: Binneverbruik: (a) Kaas- en wynlisensies. (b) Droë wynsoortlisensies.

15

Nongqai Augustus 1960:

40


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.