Police Gazette 1-19

Page 17

enige aard moet wees nie. Hulle moes self besluit en die gevolge van hulle besluit dra. Op grond van die talle aanvalle op lede van die Mag en raadslede in die verlede, kon die bedreiging tog nie ligtelik opgeneem gewees het nie. Dit was immers heeltemal onprakties om elke lid van die Mag en raadslid sowel as hulle families permanent te probeer beskerm. Dit is insiggewend dat, terwyl professor Craucamp blykbaar ‘n sekere siening oor hierdie gebeure het, die Amnestiekomitee wat die amnestie-aansoeke aangehoor het, tevrede was met die feite wat voor hulle geplaas was. Wat Sharpeville-voorval betref: Daar kan geen twyfel bestaan dat die lede van die Polisie wat by Sharpeville op die skare gevuur het, 'n wrede dood sou sterf as die skare die oorhand gekry het nie. Indien die optrede van die polisie in hierdie geval as moord beskou word, moet dieselfde maatstaf op polisie wĂŞreldwyd toegepas word, waar hulle ter beskerming van hulself en die publiek, aanvallers dood. Die professor verwys op sy tipies eensydige manier na sterfgevalle in aanhouding gedurende die tersaaklike tydperk, en hy onthou skynbaar van 'n geval waar 'n aangehoudene op 'n koekie seep gegly het. Die professor kan gerus die aantal gevalle waar persone in aanhouding van die SA Polisiemag tot en met 1990 gesterf het, vergelyk met die getal wat sedert 1994 in polisie-aanhouding gesterf het. Volgens statistiek wat deur die Onafhanklike Klagte Direktoraat van die Polisie verstrek, het 652 persone gedurende 2004/2005 op onnatuurlike wyse - vermoedelik as gevolg van polisie-optrede - in polisieaanhouding gesterf en gedurende 2005/2006 was die getal 621.

Is al hierdie persone volgens die professor deur die polisie

vermoor? Die stelling wat die professor maak dat Eugene de Kock op die slagveld agtergelaat is, is louter snert.

Eugene de Kock sou ten opsigte van al die moorde waarby hy

betrokke was amnestie gekry het, met die uitsondering van die Nelspruitvoorval waar lede van sy eenheid onder sy aanvoering gedurende Maart 1992 vyf persone koelbloedig vermoor het. Volgens getuienis wat deur lede van sy eie eenheid tydens die strafregtelike verhoor gelewer is, is die persone bloot vir geldelike gewin vermoor. Let wel, dit was nie generaals wat teen Eugene de Kock getuig het nie, maar lede van sy eie eenheid. Tydens die amnestieverhoor is daar ook bevind dat daar geen politieke motief van enige aard was nie. Eugene de Kock is tot 80 jaar gevangenisstraf weens hierdie moorde gevonnis.

Ek het na afloop van die amnestieverhoor waar amnestie aan 17


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.