Police Gazette 1-19

Page 15

sers. Bothma met Nelson beide die hoogspring en die Skoukampioenskap. Die Blou Lint, die vernaamste perdespringitems op die grootste Skou in Suidelike Afrika. Ongelukkig is 'n volledige rekord van Nelson se prestasies nie tot my beskikking nie, maar ek kan sonder enige vrees vir weerspreking, beaam dat Nelson een van die polisieperde was wat die grootste roem vir die Mag verwerf het en menige kenner van springperde sal sug wanneer verneem word dat die son vir Nelson onder gegaan het - een van die bekendste springperde op SuidAfrika se grootste skougronde.

A/O SF “Sarel” Marais Oom Sarel Marais was ‘n adjudant-offisier van die “ou” soort adjudant-offisiere wat alles pynlik netjies en korrek gedoen het. In sy fleur was hy ’n hoofkonstabel in die Polisiekollege. Hy was nie net polisieman nie, maar ook ’n hoefsmid in die kollege. Die ou manne vertel my die Oom Sarel was vreeslik sterk. Hy kon glo sy handtekening normaal, op ’n swartbord met kryt teken, terwyl ’n yslike gewig aan sy pinkie hang! Na sy aftrede het hy homself as ’n tydelikeadjudant-offisier by Veiligheidshoofkantoor bevind. Hy was op “Seksie A” en dis waar ek hom ontmoet het. Wel Oom Sarel was nie net sterk nie maar ook baie intelligent en nougeset. Een van sy take was meeluistering van ‘n spesiale aard en dag in en dag uit het Oom Sarel geluister en partykeer “geluister”. Omdat ons op dieselde seksie was het ek soms met hom oor die ou dae gesels. Hy was ‘n ware heer. Nou, so dan en wan het die duiwel kom kuier en op my skouer kom sit. (Die

duiwel het op my skouer gesit, nie ’n mannetjie nie!)

Wel as ek toilet toe stap en ek sien Oom Sarel “luister aandagtig” dan skakel ek die bandmasjien by die kragprop af en gaan doen my ding. Wanneer ek terugkom dan bekruip het hom so met my DKW-skoene en sit my hand op sy skouer! Hy spring dan verward op en sê: “Kaptein die manne praat weer vandag so in kode - ek verstaan geen woord!” Dan sê ek ewe onskuldig: ”Maar ek hoor niks!” Dan staan hy daar verleë – want hy het ‘n oormaat respek vir offisiere gehad!

15


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.