Ja! Kleuter Bybelstories oor Gebed - Afrikaans

Page 1

Hierdie kleurvolle geïllustreerde Bybelstorie-reeks is spesiaal geskep vir Ja! Kleuters. Elke storie word vergesel deur ’n gebed om kinders te help om met God te praat, en ’n Christelike waarde wat daarby pas. Hierdie boek help kinders om Ja! Kleuters te wees. ’n Ja! Kleuter sê ’n groot Ja! om Jesus te volg én om ’n goeie en gelukkige lewe te leef.

Gids vir ouers: Ja! Kleuter is ontwikkel met die inagneming van jou kind se ontwikkelingsfases en unieke temperament. Dit help met geloofsvorming, woordeskat sowel as leesvaardighede én emosionele ontwikkeling. Vir ’n volledige gids vir ouers blaai na bladsy 24.

OntwikkelingsUnieke fases temperament

Geloofsvorming

Woordeskat

Spraakvorming

Leesvaardigheid

Luistervaardigheid

Voorstelle om hierdie boek saam met jou kind te geniet: • Lees die Bybelstorie en • gesels dan oor die storie en Christelike waardes met jou kind. • Sê die gebed saam met jou kind op.

Hoe nader jy en jou kind aan God groei, hoe nader groei julle aan mekaar.

ISBN: 978-1-92059-331-5

Kleuters sê JA! vir Gebed www.christianmediapublishing.com

9781920593315_JKBS OOR GEBED COVER_2021.indd 1

Geskryf deur Ewald van Rensburg Illustrasies deur Lilani Brits

2022/05/03 10:13:39



Aan my Ja! Kleuter:

______________ Met liefde van:

__________________


Inhoudsopgawe 1. God luister na jou gebed 2. Praat, Here, ek luister 3. Slim Salomo 4. Daniël 5. Jesus word nou groot

4 8 12 16 20

© Alle regte voorbehou. Christian Media Publishing, Posbus 3228, Matieland Poskantoor, Stellenbosch, 7602 www.christianmediapublishing.com Geen gedeelte van hierdie boek mag sonder die skriftelike toestemming van die uitgewer gereproduseer of in enige vorm of langs enige elektroniese of meganiese weg weergegee word nie, hetsy deur fotokopiëring, bandopname, of enige ander stelsel van inligtingbewaring. Reg no 2010/008573/07 Teks: Ewald van Rensburg Illustrasies, ontwerp en uitleg: Lilani Brits Publikasie-projekbestuur: Noeline N Neumann 10

9

Eerste uitgawe 2018 8 7 6 5 4 3

ISBN 978-1-92843-650--8


Geskryf deur Ewald van Rensburg Illustrasies deur Lilani Brits

’N DRUKNAAM VAN

CHRISTIAN MEDIA PUBLISHING


1. God luister na jou gebed (1 Samuel 1)

Elkana het in ‘n dorpie saam met sy

vrou, Hanna, gebly. Hulle kon nie kinders hê nie. Die mense in die dorpie het vir Hanna daaroor gespot. Dit het haar baie ongelukkig gemaak.

4


Hanna bid toe in die tempel dat God vir haar ‘n kindjie moet gee. Sy het gehuil terwyl sy bid. Eli, die priester, het met haar geraas, want hy het gedink sy is dronk. Toe vertel sy haar storie vir hom en dadelik besef hy sy is nie dronk nie, net baie hartseer.

5


Hy sê toe vir haar: “God sal vir jou ‘n kindjie gee.” Dit gebeur toe soos Eli gesê het. Die seuntjie se naam was Samuel. God was goed vir Hanna, want sy het daarna nog vyf kinders gehad. Niemand het ooit weer met Hanna gespot nie.

Kom ons bid saam: Jesus, dankie dat U altyd na my luister. Amen.

66


Jesus wil nie hê dat ‘n mens iemand anders spot nie.

7


2. Praat, Here, ek luister (1 Samuel 3)

Samuel het by Eli in die tempel gebly. Een oggend vroeg het daar iets spesiaal met Samuel gebeur. Eli het nog geslaap. ‘n Stem het geroep: “Samuel!” Samuel het geantwoord: “Ek kom!” en dadelik na Eli toe gehardloop. Hy het vir ‘n deur-die-slaap Eli gesê: “Hier is ek, want u het my geroep.” Eli het sy kop geskud: “Dit was nie ek nie.” Na die derde keer, besef Eli dit is die Here wat vir Samuel roep. Eli sê dadelik vir hom: “As iemand jou weer roep, sê jy: ‘Praat, Here, ek luister.’”

8


9


Dit is presies wat Samuel gedoen het en die Here het toe met hom gepraat. Almal het van toe af oral in die hele land gepraat oor Samuel wat altyd presies gedoen het wat die Here van hom gevra het.

Kom ons bid saam: Jesus, help my om altyd te luister na wat U in die Bybel vir my sê. Amen.

110 10 0


Die Here praat vandag deur sy Bybel met ons.

11


3. Slim Salomo (1 Konings 3)

Een aand het koning Salomo gedroom dat God vir hom vra: “Wat wil jy die graagste van My hê?” “Maak dat ek altyd gehoorsaam aan U sal wees.” God het toe vir Salomo die slimste in die hele wêreld gemaak.

12


Op ‘n dag kom twee vroue met een baba na koning Salomo toe. Albei sê die baba is hulle s’n. Die een vrou se baba is in die nag dood. Toe steel sy die ander se baba. Maar watter vrou is die regte mamma?

13


Salomo het ‘n slim plan gehad: “Sny die baba in die helfte en gee vir elke vrou ‘n halwe baba ... ” Dadelik sê die een vrou: “Sny hom deur.” Maar die ander een sê: “Nee, gee dan liewer die baba vir haar. Moenie hom doodmaak nie.” Dadelik het Salomo geweet wie die regte mamma is. Net die regte mamma sal so baie omgee vir haar kind se lewe. Hy gee toe die baba vir haar. Almal het gepraat oor hoe slim God vir Salomo gemaak het.

Kom ons bid saam: Jesus, help my om U bly te maak deur elke dag na U te luister. Amen. 114 4


Onthou om elke dag te bid.

15


4. Daniël (Daniël 6)

Daniël was ‘n belangrike man wat in Persië gebly het. Almal het geweet dat hy baie lief vir God was. Hy het elke dag in die oggend, middag en aand gebid. Mense was jaloers op hom. Hulle laat koning Darius toe ‘n wet maak dat mense net die koning mag aanbid. Mense wat dit nie doen nie, sal in ‘n leeuhok gegooi word. Daniël het hom nie hieraan gesteur nie en steeds tot God gebid. Dié mense het vir die koning daarvan vertel.

16


17


Daniël is toe in ‘n hok vol leeus gegooi. Maar God het die leeus se bekke toegemaak en Daniël was veilig. Toe weet die koning Daniël se God is die ware God.

Kom ons bid saam: Jesus, by U is my lewe veilig. Amen.

118 8


Net soos God vir Daniël in die leeuhok gehelp het, kan Hy vir jou ook help.

19


5. Jesus word nou groot (Lukas 2)

Jesus word nou mooi groot. Hy luister na sy ouers. Eendag gaan hy saam met Maria en Josef na Jerusalem om saam met die ander Jode fees te vier – hulle wil vier dat God so groot is. Toe Maria en Josef ná die fees saam met almal terugloop huis toe, kom hulle ‘n vreeslike ding agter. Jesus is weg!

20


Hulle kon Jesus nie tussen die ander kinders kry nie. Maria en Josef was baie bekommerd. Hulle loop toe dadelik terug na Jerusalem om vir Jesus te soek. Hulle soek en soek en soek oral in die groot stad ...

21


Hulle kry toe vir Jesus in die kerk en was baie bly. Daar was Jesus besig om met ‘n paar slim mans oor God te praat. Die slim mans was verbaas oor hoe slim Jesus is. Terug in Nasaret het die mense geweet God is baie lief vir Jesus en die mense het sommer baie van Jesus gehou.

Kom ons bid saam: Jesus, ek wil graag soos U wees. Amen.

222 2


Net soos Jesus se ouers vir Hom omgegee het, gee jou ouers vir jou om.

23


Gids vir ouers en versorgers Geloofsvorming

Die vorming van kinders se geloof is deels uniek vir elke kind. Daar is egter ook algemene kenmerke van geloofsvorming wat vir die meeste kinders geld. Hoe word geloof by kinders gevorm? Daar is drie algemene maniere: 1. Ouers doen gereeld basiese dinge saam met hulle kinders - Bybellees, vertel van Bybel- en ander stories, bid en die aktiwiteite in hierdie boek. 2. Kinders vra self geloofsvrae. Neem hierdie vrae ernstig op en antwoord dit eerlik op kinders se verstaansvlak. 3. Kinders volg hulle versorgers se voorbeelde.

Emosionele intelligensie

Ons ervaar emosies reeds lank voordat ons die taal aanleer om dit in woorde uit te druk. Daarom behoort kinders daarin gelei te word om dit wat hulle voel, in woorde uit te druk. Kyk na die prentjies wat by elke storie is en vra dan vir jou kind hoe voel die mense en diere in die prentjie. Op hierdie manier raak hulle bewus van hul eie emosie, maar ook die emosies van ander en skep ons ’n leergeleentheid waar hulle taal kan aanleer om hulself emosioneel uit te druk.

Leesvaardigheid

Wanneer jou kind begin lees, gaan ’n wonderlike wêreld oop. Geniet elke oomblik op hierdie reis saam met jou kind. Neem jou kind op jou skoot waar hy of sy gemaklik en veilig voel, blaai die boek van voor af oop, hou dan die boek voor julle albei oop, lees duidelik en met gevoel en laat jou kind met jou saam “kamma-lees”. Jy kan maar dieselfde stories oor en oor lees. Wys met jou vinger waar jy lees – so kan jou kind die verband begin maak tussen letters, woorde, klanke en betekenis. Moedig jou kind se eerste leespogings aan, al klink dit soos brabbeltaal.

Luistervaardigheid

Luister is ’n belangrike leer- en ontwikkelingsvaardigheid. Help jou kind om met aandag te luister en te verstaan wat hy of sy hoor, om sy of haar verbeelding te gebruik, om die storie of dele daarvan te onthou en om dit self weer te gee. Vra jou kind om die stories oor te vertel na aanleiding van die prentjies. Vra vrae oor en rondom die storie. Laat woorde weg uit ’n verhaal wat die kind ken en vra hom of haar om die woorde in te vul.

Woordeskat

Gebruik alle kanse om jou kind se woordeskat uit te brei. Dis ’n lewenslange geskenk. Begin met alledaagse voorwerpe en persone in die illustrasies. Wys na die illustrasie, sê die woord, maak ’n sinnetjie daarmee en sê die woord weer. Laat jou kind die woord herhaal. Kyk of jy dieselfde woord op ’n ander plek ook kan gebruik, byvoorbeeld “tent” in hierdie boek en weer by ’n kampeerplek.

Syfervaardigheid

Dis uiters belangrik dat jou kind syfervaardig word en getalbegrip ontwikkel. Speel met eenvoudige somme, soos: “Hoeveel eendjies is daar in die prentjie? Twee eendjies kom by – hoeveel is daar nou? Drie vlieg weg ... ” (Wys op jou vingers.) Jou kind kan ook die vorm van syfers leer – knip groot syfers uit karton en laat hom of haar daarmee speel. Bou ’n getallelyn daarmee.

24



Hierdie kleurvolle geïllustreerde Bybelstorie-reeks is spesiaal geskep vir Ja! Kleuters. Elke storie word vergesel deur ’n gebed om kinders te help om met God te praat, en ’n Christelike waarde wat daarby pas. Hierdie boek help kinders om Ja! Kleuters te wees. ’n Ja! Kleuter sê ’n groot Ja! om Jesus te volg én om ’n goeie en gelukkige lewe te leef.

Gids vir ouers: Ja! Kleuter is ontwikkel met die inagneming van jou kind se ontwikkelingsfases en unieke temperament. Dit help met geloofsvorming, woordeskat sowel as leesvaardighede én emosionele ontwikkeling. Vir ’n volledige gids vir ouers blaai na bladsy 24.

OntwikkelingsUnieke fases temperament

Geloofsvorming

Woordeskat

Spraakvorming

Leesvaardigheid

Luistervaardigheid

Voorstelle om hierdie boek saam met jou kind te geniet: • Lees die Bybelstorie en • gesels dan oor die storie en Christelike waardes met jou kind. • Sê die gebed saam met jou kind op.

Hoe nader jy en jou kind aan God groei, hoe nader groei julle aan mekaar.

ISBN: 978-1-92059-331-5

Kleuters sê JA! vir Gebed www.christianmediapublishing.com

9781920593315_JKBS OOR GEBED COVER_2021.indd 1

Geskryf deur Ewald van Rensburg Illustrasies deur Lilani Brits

2022/05/03 10:13:39


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.