Bomani Meerkat - Die twee jaloerse meerkatte en ander avonture

Page 1

erse meerkatte en

ande r avonture

Sluit aan by Bomani Meerkat en sy vriende vir nog avonture in die Kalahari Hoe gaan Bomani die stelery van die Mikstert-byevanger hanteer… Soos gewoonlik het hy ‘n slim plan. Wat gebeur met Bomani se vriend Makhaya die Dassie? Wanneer die twee jaloerse meerkatte moeilikheid onder die meerkat-familie maak, wat doen doen Bomani? Van Bomani en sy vriende leer ons van goedheid, omgee, blydskap, vriendskap, liefde en familie.

BOMANI MEERKAT    DIE TWEE JALOERSE MEERKATTE EN ANDER AVONTURE    EWALD VAN RENSBURG

Die

jalo twee

Die

erse meerkatte en a o l a j nder twee

Ewald van Rensburg Illustrasies deur Tanja Joubert

avonture


twee Die

meerkatt e en jaloerse

ande r avonture

Ewald van Rensburg Illustrasies deur Tanja Joubert


Bomani en die skelm Mikstert-byevanger WAARDES: goedhartigheid en vriendlikheid

D

ie son kom stadig oor die Kalahari op, omtrent net so stadig soos die Meerkat-familie soggens wakker word. Natuurlik is Bomani al op en aan die gang. Hy het reeds vir Thandi (“die liefdevolle een”) die nodige goggatjies en ander klein insekte bymekaar gekry om vir die klein meerkatjies vir ontbyt te gee.

2


Skielik klink die gevaarsein op. Thandi en Bomani draai om om te kyk watter gevaar dit is wat hulle bedreig. Bomani roep ook vir Vakie die Meerkat, wat die wag hou. “Wat is dit, Vakie? Hoekom waarsku jy ons?” Vakie skree terug: “Dit was nie ek nie! Ek het weer gedink dis jy, Bomani!” Bomani kan maar net sy kop skud. Hy wonder wat aangaan.

3


Bomani staan nog so en wonder, toe hy Thandi hoor gil: “Jou skelm! Daar steel hy al ons kos!” Toe Bomani omdraai, sien hy hoe vlieg die skelm mikstert-byevanger met die klein meerkatjies se ontbyt weg. Thandi draai net om en skud haar kop. “Ek kan nie glo dat iemand so skelm kan wees nie. Hy kan mos sy eie kos soek. Hoekom ons s’n steel?”

4


Bomani is sommer baie kwaad vir die mikstert-byevanger. Hy stap heen en weer en skop die rooi grond van woede. Toe hy minder kwaad is en weer die rustige, dapper Bomani Meerkat is, is hy reg om met almal te praat. Hy roep die hele meerkat-familie bymekaar.

5


Hulle kom om Bomani staan. Bomani haal diep asem en sê: “Ek was nou so woedend vir daardie mikstert-byevanger. Maar as ’n mens kwaad is, moet jy eers afkoel, anders doen jy dom dinge wat jou en jou familie net in die moelikheid kan bring. Ek is nou weer rustig. Luister mooi na wat ek julle gaan vertel.”

6


Bomani bly ’n oomblik stil. Al die meerkatte luister aandagtig na hulle held, Bomani, toe hy verder praat. “Ons moet ekstra versigtig wees. Die mikstertbyevanger hou ons meerkatte fyn dop. Hy is ’n rakker! Hy boots ons meerkatte se gevaarsein so goed na dat ek en Vakie nie eens die verskil kon agterkom nie. Sodra ons meerkatte dan begin rondkyk, vlieg hy blitsvinnig nader en steel ons kos onder ons uit! Maar moenie bekommerd wees nie. Ek sal aan ’n plan dink om hom ’n les te leer!”

7


Die res van die dag word hulle nie weer deur die mikstertbyevanger gepla nie. Bomani hou hom fyn dop waar hy in een van die bome daar naby sit. Intussen is hy besig om planne te maak sodat hy daardie skelm mikstert-byevanger ’n goeie les kan leer. Daardie aand vertel hy vir Thandi van sy plan. Sy lag tog te lekker en sê: “Bomani, daar is nie n slimmer en dapperder Meerkat in die hele wêreld as jy nie!”

8


Die volgende oggend vroeg loop Bomani fluit-fluit daar rond, en Thandi kan nie anders as om trots te voel op haar maatjie nie. Alles is presies dieselfde as gister – die kleintjies speel daar rond, Vakie hou wag, Thandi maak kos. Toe kom die gevaarsein. Almal staan verskrik en rondkyk, maar Bomani hou die kos dop! Toe die skelm mikstert-byevanger invlieg om die kos te gaps, gooi Bomani blitsvinnig ’n tou om sy een poot! Hy ruk aan die tou, en die mikstert-byevanger val tussen die meerkatte op die grond! Hy staar verskrik na Bomani!

9


Dapper Bomani kyk na die byevanger en sê dan vriendelik: “Jong, jy hoef nie ons kos te kom steel nie. Dis jou kos wat daar lê. Ons het dit spesiaal vir jou gekry. Ons kos lê daar!” en Bomani wys met sy poot. As die mikstert-byevanger kon bloos, sou hy bloedrooi geword het. Dit is hoe Bomani almal leer dat jy die slegte oorwin deur goed te doen.

10


Die beste manier om mense wat lelike dinge aan jou doen, terug te betaal, is om goeie dinge aan hulle te doen. “As jou vyand honger is, gee hom iets om te eet; as hy dors is, gee hom iets om te drink; want deur dit te doen, maak jy hom vuurrooi van skaamte.” Moet jou nie deur die kwaad laat oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie. ROMEIN E 12:20-21

gebed

Jesus, help my om die slegte en die lelike altyd met die goeie te oorwin. Amen

PRENTJIE-AKTIWITEIT Hoe voel Bomani op bl 5? Tel hoeveel meerkatte daar op bl 6 en 7 is. Wat leer jy uit die storie oor hoe ons moet maak met mense wat ons moeilikheid gee?

11


Bomani hou begrafnis vir Makhaya die Ratel WAARDES: vreugde en vriendskap

B

omani die Meerkat het baie vriende in die Kalahari: Thandi die Meerkat, Arrie Arend, Koning Leeu en natuurlik die Ratel Makhaya, die Vreeslose. Makhaya se naam beteken “om mense bymekaar te bring”, maar Makhaya jaag dinge uitmekaar! Almal weet hy is vir niks en niemand bang nie, daarom bly hulle maar uit sy pad.

12


Tog is Dapper Bomani en Vreeslose Makhaya groot vriende. Hulle het saam al groot avonture beleef. Die slange is vir hulle bang. As hulle hoor Bomani en Makhaya is op pad, bewe hulle van vrees en maak dat hulle wegkom! Bomani se beroemde skoppe laat slange sterretjies sien. Maar Makhaya het nie tyd vir sulke goed nie. Hy storm sommer op hulle af, gryp soms selfs die kos uit hulle mond, en as hy nog honger is, eet hy sommer die slange ook op!

13


Op dag stap Dapper Bomani en Vreeslose Makhaya oor die rooi sandveld van die Kalahari, toe hulle skielik op ’n pofadder afkom. Dis duidelik dat die pofadder nog nooit van Bomani en sy vriend, Makhaya, gehoor het nie. Hy is kwaai en wil hulle pik.

Bomani begin dadelik om die slang dans sodat hy hom met sy gevreesde skoppe kan bykom, maar Makhaya sug: “Ag nee, Bomani, vir jou dansies het ek nie vandag tyd nie!”

14


Makhaya storm nader, maar die pofadder pik hom. Die pik bring Makhaya egter nie van stryk nie, en hy maak die slang dood. Hy roep: “Bomani, kom eet ’n bietjie slang-sushi…”

Maar voordat hy sy sin kan voltooi, slaan hy om en bly doodstil lê! Bomani is seker dis die slang se gif wat met Makhaya klaargespeel het!

15


Bomani skud aan Makhaya, maar niks gebeur nie. “Makhaya, Makhaya, word wakker! Makhaya, kan jy my hoor!” Makhaya roer nie. Hy bly net doodstil op die rooi grond lê. Die trane loop oor Bomani se wange. Een van sy beste vriende is dood!

16


Bomani weet hy sal sy maat nou moet begrawe. Hy versprei die nuus van Makhaya se dood vinnig deur die Kalahari. Hy vra vir Thandi die Meerkat om eetgoedjies te maak vir die mense wat na Makhaya se begrafnis toe kom. Sommer gou is al wat leef en beef by Bomani en vorm ’n kring om Makhaya. Almal is baie hartseer oor hulle dapper maat.

17


Bomani begin praat: “Vriende van die Kalahari, ons is hier bymekaar om totsiens te sê aan ons vriend, Makhaya…” Maar skielik begin Makhaya beweeg. Hy maak sy oë oop en vra verbaas: “Bomani, wat soek julle almal hier? Waarvoor staan julle so rondom my? Sjoe, kyk hoe lekker lyk hand se eetgoedjies!”

18


Almal begin van vreugde hande klap, en Bomani sê met ’n breë glimlag: “My liewe vriend, ons het gedink die pofadder se gif het jou doodgemaak. Ons wou jou nou net begrawe!” Makhaya bars uit van die lag: “’n Slang my doodmaak? Ek het ’n bietjie van ’n kopseer, maar verder voel ek piekfyn… en weer lus vir eet!”

19


Later die aand toe die sterre skyn en die maan al hoog in die lug hang, sê Bomani vir Thandi: “Ek is darem baie bly dat Makhaya toe nie dood is nie. My hart sou baie seer gewees het. Nou kan ek en hy sommer nog baie avonture saam beleef.” Thandi sê: “Ja, ons sou hom almal gemis het, want hy leer ons hoe lekker dit is om te leef!”

20


Onthou om die lewe te geniet – speel lekker, leer nuwe dinge en wees lief vir alle mense! Ek het tot die insig gekom dat daar vir ’n mens niks beter is nie as om vrolik te wees en die goeie van die lewe te geniet. PR EDIKER 3:12 gebed

Jesus, dankie vir vriende en vir die lewe. Help my om elke dag te geniet. Amen. PRENTJIE-AKTIWITEIT Hoe voel al die diere op bl 17 en hoekom voel hulle so? Kan jy dink aan iets wat jou ook al so laat voel het? Noem al die dinge wat mense hartseer maak. Wat leer die storie jou?

21


Bomani en die twee jaloerse meerkatte WAARDES: liefde en familie

O

p ’n dag gebeur daar ’n lelike ding in die Kalahari. Bomani die Meerkat moet mooi dink hoe om dinge weer reg te maak. Maar laat ons voor begin… Vakie Meerkat en Mpu Meerkat was groot vriende totdat hulle begin stry kry het oor wie van hulle die vinnigste kon hardloop én wie die meeste goggas kon vang. As die een iets beter gedoen het, het die ander een dadelik jaloers geraak!

22


Vakie en Mpu het mekaar begin slegsê, mekaar met goed gegooi, en van die ander Meerkatte het begin kant kies. Van hulle was aan Vakie se kant, en die ander aan Mpu se kant. Kort voor lank was die meerkatte nie meer een groot, gelukkige familie nie. Almal was lelik met mekaar. Toe besef dapper Bomani dat hy nou moet ingryp.

23


Bomani roep toe die hele meerkat-familie bymekaar en sê: “Hier het nou ’n lelike ding tussen ons gebeur. Daar is heeldag ’n bakleiery. Dit kan nie meer so aangaan nie. Nou vra ek julle: Was die sterk punt van hierdie meerkat-familie nie van altyd af juis dat ons bymekaar staan én mekaar liefhet nie?”

24


Almal kyk skaam af grond toe en bly doodstil. Bomani vra weer: “Ek is reg, nie waar nie?” Almal knik “ja”. Toe praat Bomani ernstig met hulle: “As ons nie in liefde saamstaan nie, is ons nie meer sterk nie en sal ons maklik oop wees vir gevare en kan dit ons einde beteken. Liefde is wat ons meerkat-familie een maak.”

25


“Meerkatte se liefde vir mekaar is warm soos die Kalahari-son bedags. En so helder soos die volmaan se lig in die donker snags.

26


Meerkatte se liefde vir mekaar ken geen einde nie. Dit strek wyer as die horison van die Kalahari.

27


Meerkatte se liefde vir mekaar is dieper as die diepste tonnel wat ons kan grawe, en baie hoër as die hoogste duin in die Kalahari wat ons kan klim.

28


Meerkatte se liefde vir mekaar is so mooi soos die blomme in die veld. Ja, sonder liefde is meerkatte niks. Daarom is ons so dankbaar soos die veld na ’n lekker bui reën omdat God, ons Skepper, ons met sulke liefde vir mekaar gemaak het.”

Toe Bomani klaar gepraat het, maak die meerkatfamilie weer vrede met mekaar.

29


Toe die son met sy pragtige rooi kleure begin ondergaan en alles ook weer mooi in Meerkatland is, sê Bomani saggies vir Thandi, sy meerkatmaatjie: “Daar is niks so lekker soos om ’n meerkat te wees nie. God, ons Skepper, is so goed vir ons. Laat ons vir mekaar ook goed wees…” “…deur vir mekaar lief te wees,” voeg Thandi met ’n glimlag by.

30


Dis lelik om jaloers te wees. God wil eerder hê ons moet vir mekaar liefde gee. “As julle lief is vir mekaar, dan sal al die mense weet julle is my dissipels.” J OHANNES 13:35 gebed

Jesus, ek wil nes U vir ander mense lief wees. Amen PRENTJIE-AKTIWITEIT Wat gebeur alles op bl 23 en 23, en wat was die oorsaak daarvan? Kyk mooi na bl 24 en 25, en sê hoe dink jy voel die meerkatte? Noem al die kleure op bl 28 en 29? Wat leer jy uit die storie?

31


CMP Kids – ’n druknaam van Christelike Media Publikasies, Posbus 4502, Durbanville, 7551 www.christianmediapublishing.com Alle regte voorbehou. Geen gedeelte van hierdie boek mag sonder die skriftelike toestemming van die uitgewer gereproduseer of in enige vorm of lands enige elektroniese of meganiese weg weergegee word nie, hetsy deur fotokopiëring, bandopname, of enige ander stelsel van inligtingbewaring. Reg no 2010/008573/07

Teks: Ewald van Rensburg © 2015 Illustrasies: Tanja Joubert © 2015 Ontwerp: Trinity Loubser Fry Uitleg: Pieter Traut Publikasie-projekbestuur: Noeline N Neumann Gedruk en gebind in China Eerste uitgawe, eerste druk 2015 ISBN 9781920593155


erse meerkatte en

ande r avonture

Sluit aan by Bomani Meerkat en sy vriende vir nog avonture in die Kalahari Hoe gaan Bomani die stelery van die Mikstert-byevanger hanteer… Soos gewoonlik het hy ‘n slim plan. Wat gebeur met Bomani se vriend Makhaya die Dassie? Wanneer die twee jaloerse meerkatte moeilikheid onder die meerkat-familie maak, wat doen doen Bomani? Van Bomani en sy vriende leer ons van goedheid, omgee, blydskap, vriendskap, liefde en familie.

BOMANI MEERKAT    DIE TWEE JALOERSE MEERKATTE EN ANDER AVONTURE    EWALD VAN RENSBURG

Die

jalo twee

Die

erse meerkatte en a o l a j nder twee

Ewald van Rensburg Illustrasies deur Tanja Joubert

avonture


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.