Gazette Whalecoast Edition 07-02-2012

Page 1

0712 L 1BAEH1F1F

Hase-herrie kry geurtjie

? e w i u r d e i s s o ’n Tr

JANINE VAN DER RIET

By Wildekrans Wynlandgoed buite Botrivier doen hulle alles in die oortreffende trap. Die tafeldruiwe wat hul in 2009 geplant het, getuig hiervan. Braam Gericke, wynplaas-bestuurder, het besluit om die druiwe te produseer en dit hoofsaaklik plaaslik te versprei. Gaste wat vir ’n naweek in die kothuise kom uitspan, kan ook kom pluk en geniet. Hy het egter nooit besef die Redglobe-druif sal sulke groot trosse oplewer nie. | Foto: Janine van der Riet

R5 000 - House - 3 Bedrooms, 2 Bathroom + Guest Loo, Braai, Nice Kitchen, Garden, Garage + Carport 4th Ave Available 1st April 2012

’n Bettysbaai-inwoner glo rassisme is die rede vir die verwydering van hase wat deur hom geteel is. Die man, Dominic Jackson, se sowat 400 hase is onlangs deur die Overstrand-munisipaliteit en Hermanus Dierebeskermingsvereniging (HAWS) gekonfiskeer. Dit volg ná hy glo mondelings en skriftelik deur die munisipaliteit gewaarsku is. Die munisipaliteit het glo die afgelope tyd verskeie klagtes van bure ontvang aangaande die beweerde stank en vlieë by ’n residensiële huis in Heronstraat en ná menige besoeke aan die perseel, het munisipale amptenare HAWS se hulp ingeroep. HAWS se eerste besoek was Donderdag 19 Januarie en volgens Ilze Smith (bestuurder van die dierehokke en ondervoorsitter), was die reuk reeds van die oprit af ondraaglik. “Die hase is in die dubbelmotorhuis aangehou, en toe die deur oopgaan, het ons dit moeilik gevind om asem te haal. Daar was ongeveer 400 hase van verskillende grootte in die motorhuis, wat duidelik nie gereeld skoongemaak word nie.” Jackson kap egter terug en sê daar was slegs sowat 80 hase in die motorhuis met die res buite in hokke. Hy teel met hase as ’n onderneming, maar slag ook van tyd tot tyd ’n paar hase vir eie gebruik. Smith het gesê daar was slegs twee klein venstertjies vir ventilasie en dat daar meer as 20 hase in ’n hok geskik vir tien hase was. “As gevolg van die ammoniak in die hase se urine, moet daar genoeg ventilasie wees anders kry hulle ’n longsiekte bekend as sniffles wat kan lei tot hul dood. Daar was geen

water en kos in die hokke nie en daar was siek en dooie hase tussen die gesondes,” het Smith voorts gesê. Jackson het heftig hierop gereageer. Hy het gesê hy teel al lank met hase en wéét dat as hase nie voldoende water en kos kry nie, hulle dood kan gaan. “Dit is ’n besigheid – hoekom sal ek my hase aspris laat doodgaan? Dit is wins wat verlore gaan,” was sy reaksie. Hy sê geen prosedure is gevolg nie. Die munisipale wetstoepassingseenheid het met hom kom praat oor die situasie, maar hy het volgens hom geen formele kennisgewing ontvang nie. Hy erken wel die hase kon dalk moontlik lei tot die vlieë-plaag, maar die hase is goed versorg. Nou en dan sal daar ’n hasie doodgaan; dit is deel van die natuur, het Jackson verduidelik. HAWS het Vrydag 20 Januarie ’n lasbrief vir die verwydering van die hase onder die dieremishandelingswet gekry. Wetstoepassers en die polisie het HAWS ondersteun met die proses om die hase van die perseel te verwyder. Die hase is na die Camphill-plaas in die Hemel-en-Aarde-vallei geneem, waar die inwoners onderneem het om die hase te huisves tot verdere kennisgewing. Jackson sê hy het reeds die hase gaan haal, vanwaar dit na sy sakevennoot se plaas in Albertinia vervoer gaan word. Hy is baie ongelukkig dat die bure hom nie ’n ekstra inkomste gun nie. Hy beweer inwoners het hom ook al van perlemoenvervoer aangekla, maar met nadere ondersoek niks gekry nie. Jackson het ’n waarskuwing deur wetstoepassing ontvang. HAWS het 16 hasies by hul hokke wat mak gemaak is en reg is vir aanneming teen R50 ’n hasie. Bel 028 312-1281.

ng a North Gate Auctioneers

UNRESERVED AUCTION @

R4 500 -House - 3 Bedrooms, BOTRIVIER, 2ND AVENUE 2 Bathrooms, Carport, Parking off the road for more All The Furniture and The Property Must Go!! cars. 3 Bedroom House with 1 full Bathroom, Lounge and Dining Available 1st April 2012 R4 000 -House - 3 Bedrooms, 2 Bathrooms, Large study/ T.V. room, Swimming Pool, Parking off the road, Secure. Available 1st April 2012

David Roberts - 082 9534 867

André du Toit - 082 7861 089

area, Single Garage, Braai area, Covered Patio If you cann’t make it @ 10H00 on Saturday 18/02/2012 make an offer @ our offices, 28 Main Road, Kleinmond.

Pierre du Toit - 082 4444 329

Think Real Estate ... Think ...

R10 000-00 Deposit


Hart van ekoverkenning

Church service times

HEDDA MITTNER

Seventh Day Adventist Church: Corner of 13th Avenue and Sixth Street, Kleinmond. Saturday service at 09:30. 0 028 271 4173. Pringle Bay United Church: Corner of Crescent and Park Streets. Sunday service at 09:00. 0 028 273 8172. Aanbiddingsentrum: Corner of Seventh Avenue and Seventh Street. Sunday service at 09:45. 0 028 271 5359. Lakeside Chapel: Lakeside Drive, Betty’s Bay. Sunday service at 09:30. 0 028 272 9214. St Nicholas Anglican Church: Heide Street, Proteadorp. Morning prayer on first and third Sunday morning of every month at 10:00. Communion on second and fourth Sunday of every month. 0 028 271 3546. Kleinmond Fellowship Church: 72 Sixth Street, Kleinmond. Sunday service at 09:30; Sunday school for children in Grades R to 3. Catholic Church: Twist Street, Betty’s Bay. Saturday mass at 17:30. 0 021 859 5397. St Francis Anglican Church: Services in the Roman Catholic Church, Twist Street, Betty’s Bay. Sunday Eucharist at 09:00. Email your church service times to Janine van der Riet at janine@hermanustimes.co.za

AIRCONDITIONING

SUMMER PROMOTION 9000Btu - R 4960.00 (17sq/m) 12000Btu - R 5250.00 (20sq/m) 18000Btu - R 6600.00 (33sq/m) incl. ground floor back to back installation.

COASTAL AIR Cell: 079 019 3850

HOT or COLD We've got you covered 0712 LW 1BADLHV1F

15 Main Road, Kleinmond 7195

0712 LW 1BA7GWF1F

Tel: 028 271 4906 Cell: 072 617 2241 Fax: 086 512 9913 e-mail: info@shadealley.co.za

Die Kogelberg Natuurreservaat het die voortou geneem in die ontwikkeling van ekotoerisme in die omgewing met die opening van hul nuwe volhoubare openbare ekotoerismefasiliteit by Oudebosch. Hierdie vlagskipontwikkeling van CapeNature gaan die bloudruk vorm van soortgelyke ontwikkelings by ander reservate in die Wes-Kaap. Lede van die plaaslike regering en die media is Vrydag 3 Februarie deur CapeNature uitgenooi om die bekendstelling van hierdie toonaangewende ontwikkeling in die reservaat by te woon. Die projek is oor ’n tydperk van meer as drie jaar ontwikkel en uitgevoer, en die nuwe fasiliteit vervang die ou bosbouhutte wat in die sewentigerjare opgerig is. Die nuwe fasiliteite by Oudebosch – wat ’n onthaallokaal, vyf selfsorg-wooneenhede en ’n ekoswembad insluit – stel ’n nuwe standaard in volgehoue ontwikkeling wat nie net plaaslik nie, maar ook internasionaal, met lof begroet is. Die Kogelberg Natuurreservaat het onlangs die gesogte internasionale Holcim-toekenning vir volhoubare konstruksie met argitektoniese uitnemendheid verwerf vir die Oudebosch-ekotoerismesentrum. “Die Wes-Kaap is geseënd met van die wêreld se mees besondere natuurlike skoonheid, en in Oudebosch het ons nou die ideale fasiliteit waarvandaan ons die hartjie van hierdie natuurskoon, die Kogelberg Natuurreservaat, kan verken,” het Anton Bredell, LUR van plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, by die bekendstelling gesê. Oudebosch kan nou gebruik word as ’n basis van waar besoekers die reservaat en omtrekke kan verken. Die onthaallokaal en die wooneenhede, in die vorm van houtraamchalets wat op pale staan, is in alle opsigte ontwerp om die kleinste moontlike impak op hierdie beskermde gebied te hê. Die gebruik van glas, hout en klip (wat van plaaslike bronne verkry is) sowel as daktuine, is met oorleg beplan sodat die chalets met die omgewing kan saamsmelt. Sommige van die volhoubare nuwighede in die ontwikkeling wat gaste by die bekendstelling baie geïnteresseer het, was die sonkragwarmwatersilinders, die eksoswembad en die komposvormende toilette. Hierdie toilette is nog nie alombekend in Suid-Afrika nie, maar word internasionaal erken as ’n moderne alternatief wat waterverbruik aansienlik verminder. Dit is ook higiënies en reukvry. Die ekoswembad gebruik geen toksiese chemikalieë nie en vleilandplante sorg vir die filtrasie en skoonmaak van die water. Plankpaadjies wat deur die inheemse tuinuitleg vleg, verbind die afsonderlike geboue en die swembad met mekaar. Kogelberg was die eerste biosfeerreservaat wat in Suid-Afrika verklaar is. Dit vorm deel van Unesco (Die Verenigde Nasies se Opvoedkundige, Wetenskaplike en Kulturele Organisasie) se wêreldwye netwerk van biosfeerreservate. Hierdie reservate verenig die plaaslike gemeenskappe, bewaringsagentskappe en plaaslike regering, wat poog om deur natuurbewaring, en die ontwikkeling en volhoubare gebruik van natuurlike hulpbronne, ’n verhouding van balans en harmonie tussen mens en natuur te bewerkstellig. Die Kogelberg Natuurreservaat huisves ’n unieke hoeveelheid plante wat slegs onder hierdie fynbostipe gevind word. Gemeet aan sy grootte is die reservaat die tuiste van die mees komplekse biodiversiteitsisteem op aarde. Omdat dit reeds vir soveel jare ’n beskermde gebied is, het die reservaat oor die jare merkwaardig ongerep gebly. Besoekersgetalle word beperk en slegs lae-impak ontspanning, soos witwaterry met kajakke op die Palmietrivier, bergfietsroetes en dagstaproetes word aangebied. Die verskeie staproetes wissel van ’n matige moeilikheidsgraad oor ses kilometer tot die meer uitdagende vlagskiproete van 24 km. Bel CapeNature op 0861 227 362 8873 inligting, of 021 483 0190 vir besprekings.

CapeNature se Oudebosch-ekotoerismefasiliteit word geopen deur die burgemeester van die Overstrand-munisipaliteit, Nicolette Botha-Guthrie, met die minister van omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, Anton Bredell aan haar sy. Van links is die argitek, Justin Cooke en lede van GVK Siya Zama Boukontrakteurs se span wat verantwoordelik was vir die konstruksie. Foto’s: Hedda Mittner

Die wooneenhede smelt saam met die natuur en elkeen bied twee slaapkamers, twee badkamers en ’n oopplankombuis met leef/eetvertrek en pragtige uitsigte. Die natuurlike ekoswembad is self-onderhoudend en herinner aan ’n bergpoel.

Die strukturele ingenieurs Barto van der Merwe, Karel Biesot en Wynand Schutte van Ribicon saam met die argitek, Justin Cooke (tweede van links), in een van die vyf selfsorgwooneenhede by Oudebosch.


Pikkewyntjies ervaar hul sintuie: Die Pikkewyn-

Manne met ’n missie AO W LE ROUX Die Gansbaai-polisie het op 21 Januarie gasheer gespeel vir die Hermanus-seksie om die Men For Changeprojek bekend te stel. Polisiebeamptes van Kleinmond, Hermanus, Stanford, Napier en Struisbaai het die geleentheid in Gansbaai bygewoon. Die dag het begin met ’n optog vanaf die plaaslike munisipaliteit tot by die Pretorius-saal. Die gasspreker, brig. A Lincoln, het die beamptes toegespreek en gesê mans moet ’n verskil maak deur by hul gesinne te begin. Mans moet na hulself ook kyk. Die doel van Men For Change is dat manlike polisiebeamptes na die

Strauss at its best: Overstrand music lovers will have a unique opportunity to experience one of the finest Viennese ensembles in concert on Saturday 11 February at 19:00, when the Johann Strauss Ensemble performs in Hermanus. Virtuoso violinist and leader Alfred Pfleger, along with Anmarie van der Westhuizen (cello) and Ilse Schumann (piano), will delight with Viennese waltzes, polkas and marches in an authentic display of typical Viennese charm. In addition, soprano Janelle Visagie will enchant with operetta arias and Viennese songs. The concert takes place in the Civic Auditorium. Tickets cost R100, and R50 for students. Book through Bellini on 0 028 312 4988. For more information call René du Plooy on 082 940 4238.

Lip balm

Die SAPD van Kleinmond het ook deelgeneem aan die bekendstelling van Men for Change in Gansbaai.

gemeenskap moet uitreik deur verskillende projekte binne die gemeenskap te aan te pak wat deur die beamptes self gefinansier word. Kol. Vincent Cetyana, seksiehoof van Hermanus, het aan 35 beamptes sertifikate oorhandig vir uitstaande werk. Daar was ook ’n ligter sy, met André Malan en sy gesin wat die gehoor vermaak het met hul sang. Kerse is deur verskeie stasiebevelvoerders aangesteek, waarop die voorsitter van die plaaslike gemeenskapsforum sy seën op alle stasies se Men For Change uitgespreek het. Die dag is met ligte verversings afgesluit. Die plaaslike SAPD wil almal bedank vir hul bydrae om ’n groot sukses van die dag te maak. -

0711 LW 1BA8YH51F

tjies het die afgelope week ’n nuwe groot woord geleer: “sintuie”. Hulle het blindemol gespeel om te voel hoe dit voel om blind te wees, lekker en baie slegte dinge geruik, en hul neuse toegedruk om te kyk hoe lank hulle kan gaan sonder om asem te haal. Die lekkerste van alles was Vrydag, toe die kinders meer geleer het van hul mond en tong. Hul onderwyseres het eers vir hulle suurlemoene gegee om te proe, toe sout, toe Engelse sout en laaste jellie. Hier trek Keanan sy kiewe op ’n plooi ná hy ’n suurlemoen geproe het.

Alpha Lipoic Activator

on this fantastic offer !! Cleansing gel refill Conditioner refill

Gift vouchers available

Exfoliating Enzyme

Contact us: 028 271 5560, or e-mail beautyelements@vodamail.co.za 67 Main Road, Kleinmond


Wie is dit dié wat hom so lekker kom tuismaak het? ’n Dassie het Woensdag hom mooi tuisgemaak op ’n inwoner se grasperk naby Kleinmond-strand. Die gediertetjie het nie eens geskrik of die “hase”-pad gekies wanneer voertuie verbygery het nie. Dit blyk dat hy sy nuwe tuiste hier baie gemaklik vind. Hy lê heerlik uitgestrek en bak in die warm sonnetjie.

Bederf ’n geliefde Met Valentynsdag om die draai, voel ons die liefde in die lug. Of jy dit nou wil sien of nie, by elke winkel wat jy verby stap spring daar net rooi hartjies en soentjies en teddiebere en parfuum uit. As jy nie iemand spesiaal in jou lewe het nie, gryp die geleentheid steeds aan om vir iemand soos jou ma, ouma of beste vriend ’n blommetjie te koop, ’n kaartjie te maak of ’n aandete by ’n gunsteling restaurant. Dit sal jou dag ophelder en die ander persoon se khart bly maak. Tot volgende week.

Foto: Janine van der Riet

An eye on the tide Good news! My seaside cottage is going to be a beach cottage, which is not to say I will personally enjoy this hike in status (even my grandchildren won’t), but if I got to be as old as Methuselah I would surely go skin-diving among the ruins of a lot of former beachfront houses around here. Many people pooh-pooh the prophecies of the climatologists, bit I see signs suggesting the gurus may be right. Take the Dutch – hard-working, frugal people who hate spending money on fripperies. They live perilously close to the water, even underwater in places, and they are taking the matter very seriously. Just a few metres more sea, and Holland becomes an archipelago of tiny islands. The Hans Brinkers of today are preparing themselves for this – they have increased their planning to allow for a

SMS-lyn Baie geluk aan my moeder Sophia Esau wat 65 jaar oud geword het – hoop jy het jou dag geniet. Van jou seun, Melvin Esau; Shirley Esau en D-Lee Esau. God se rykste seëninge vir jou.

1:100 000 year flood and are devoting almost 1% of their GDP to this end. For those who don’t know it, the Dutch make more money from their tulips than we do from our gold, so that is a hell of a lot of guilders. I see the effects of global warming every day in my little patch of fynbos. Many of these shrinking lovelies are starting to die in numbers – never to return, I fear. The changes we now see are happening too quickly for them to adapt to. Remember, the reason for their astonishing diversity in the first place is one million years or more of high climatic consistency in this ecosystem. Ironically, the maligned alien acacias are thriving, relishing the heat and abundant CO2 in their diet. They are masters at conjuring up their daily bread from thin (er, thinnish…) air and are rapidly invading new territory, showing growth rates you normally only see in horror movies. Perhaps the time has come for us to swallow our xenophobia and regard these aliens as allies in the struggle. After all, if the choice should one day lie between suffocating in our own effusions and living in a planet-wide forest of CO2-guzzling rooikrans, I know what I would choose. I have also decided to do my own bit for the cause – I have changed my will

from being disposed of by incineration to being buried on the hillside behind my cottage with a tree on top of me. A friend who knows a bit about combustion tells me that a wood fire is a surprisingly “green” way of producing heat, as most of the carbon in it survives burning as cinders and charcoal. Thanks, Shirley from Kleinmond, for your “medical” remarks; I am reminded (Heaven knows why) of this anecdote: a friend was recently treated with surprising patience, care, courtesy and sympathy by a GP. When she remarked on and asked him why, he looked puzzled, then replied, “I dunno; my parents loved each other…” PS: If you have any thoughts or experiences to share, feel free to send an email to me at 2 fouriejh@mweb.co.za.

RUBRIEK

Ek het ’n rob met ’n Prada-sonbril in die see sien smile Voor die afgelope naweek het ek sommer geweet waaroor ek dié week gaan skryf. Een van twee avonture is beplan vir die naweek, want my boetie verjaar, so daar sal wel nuus hieruit spruit. Maar wat ek nie geweet het nie, is dat alhoewel ek slegs twee avonture beplan het, daar baie meer avonture sommer vanself gebeur het. Ons het die naweek begin met ’n vierwielmotorfietstoer deur die Hemel-en-Aardevallei tot bo-op die berg waar mens ’n 360° prag-uitsig oor die see het. Dit het alles relatief goed verloop, sonder ernstige nagevolge... (behalwe dat my bene, arms, nek, vingers, rug en ’n elke ander deel van my liggaam baie styf en seer is vandag). Dit was ’n lekker uitstappie en ons het heerlik stof en grond geëet, maar die utisig bo op die koppie het dit uit-en-uit die moeite (en stywe spiere) werd gemaak. Ons volgende beplande uitstappie was om 08:00 Sondagoggend met ’n paar kajakke uit te gaan op die see, met ’n begeleide toer leier wat alles van die see af weet. Twee-twee het ons in die kajakke gevaar, en alhoewel dit baie vroeg opstaan geverg het om hieraan te kon deelneem voor die wind opkom,

was dit ongelooflik mooi. Ons het verskeie robbe en voëls gesien. Die toergids het gehoop om ’n walvis of drie ook langs die pad te sien, maar na mooie denke, met wat gebeur het, is my boetie Kobus en maatjie Jaco dankbaar dat geen Jona Walvis in sig was nie. Ons roei nog so lekker en bekyk die mooie natuur, toe ek omkyk om te kyk waar my boetie-hulle trek... net om te sien hul spartel soos visse in die koue 10°C water, en probeer vir lewe of dood vasklou aan die kajak, wat omgeslaan het. Ek en die toergids het soos wafferse wenspan-roeiers terug geroei. En was dit ’n gesukkel en ’n half om dié twee verkluimde manne weer terug op die kajak, in die middel van die koue oseaan, te kry. Gelukkig was aanstaande skoonsus Marcelle nie saam nie, anders sou die amperverdrinking omtrent ’n tranedal veroorsaak het. Gelukkig het mnr.Toergids dit al ’n paar keer gedoen en boetie en Jaco is gered. Maar ons weet steeds nie of dit ’n traan in Jaco se oë was, van koue, skrik, skok of die feit dat sy duursame Prada-sonbril onder die water verdwyn het toe hul omgeval het nie. Hy was baie stil die res van die dag, skrefies oë na als en almal gekyk, sonder

sy geliefde Prada ... Terence, ons ander vriend, is oortuig hy het later die dag ’n rob met ’n sonbril gesien smile, selfvoldaan en gelukkig... Die ander avonture/aksie wat ons per ongeluk beleef het, was Vrydagaand reeds. Ons vriend Heinrich wou sy vroutjie see toe neem dat sy bietjie met haar voetjies in die water kon afkoel. Maar hy het vergeet hy het nie die keer sy 4x4 nie, maar wel ’n gewone klein Corsa bakkie. Hy het te ver op die sand gery, en so vasgespin dat die olie by sy wiele uitgeloop het. Na vele probeerslae om die bakkie uit te trek, moes ons noodgedwonge die plaaslike insleepdiens op die dorp bel, om handjie by te sit.

Reg om die vallei te gaan verken op vierwielmotorfietse. Gelukkig het daar niks met hierdie avontuur skeef geloop nie, maar wel met die ander... Foto: Janine van der Riet


‘Dit is paradys’ Die Bosch-familie van Pretoria is verlede week by Europa Restaurant in Haweweg, Kleinmond gekiek terwyl hulle in die nuwe, uitgebreide deel van die restaurant gesit het. “Kleinmond is ’n paradys, dit is wonderlik lekker hierso,” het die Gautengse familie gesê. Foto: Janine van der Riet Nuwe CD is vir ma: Wildene Abrahams stel op 3 Maart haar tweede gospel-CD by die Parogie-saal in Bergsig, Caledon bekend. Hierdie keer het sy dit opgedra aan haar oorlede moeder, Ella. Haar eerste CD was aan haar pa opgedra. Die CD is getiteld, Mommy I miss you. Sy wil graag vir almal wat haar eerste CD so goed ondersteun het, hartlik bedank en sy is veral dankbaar vir die impak wat die CD op haar aanhangers se lewens gemaak het. Kaartjies is beskikbaar teen R100 per persoon wat ’n vingerete en die CD insluit. Kontak gerus vir Wildene by 073 376 0012 vir verdere besonderhede. Foto: Annette Theron

Wildekrans ’n welkome wegbreek-venue

span@wildekrans.com. ** Die prys sluit in drie nagte (Vrydag tot Sondag) in selfsorgverblyf vir vier mense, asook ’n piekniekmandjie met heerlike eetgoedjies en Wildekrans se bekroonde wyn. Om die gesogte prys te wen, antwoord net dié maklike vragie: Is daar ’n swembad by Wildekrans? SMS jou antwoord, ja of nee, na 35988 voor 13 Februarie 2012. Koste per SMS beloop R1,50. Die gelukkige wenner sal in die Gazette se uitgawe van 14 Februarie 2012 aangekondig word.

Een van die talle karaktervolle kothuise op Wildekrans.

Ent skape betyds in teen slenkdalkoors Cape Wools het ’n dringende beroep op wolboere gedoen om hul skape betyds teen slenkdalkoors in te ent, veral omdat die siekte geneig is om tydens hoëreënvalseisoene in laat somer tot herfs (Februarie tot Maart) voor te kom. Die departement van landbou, bosbou en visserye het in Desember verlede jaar reeds gewaarsku dat ’n nuwe uitbraak moontlik is omdat La Niña-toestande oor Suid-Afrika van Desember tot Februarie moontlik hoër as normale reënval kan veroorsaak, wat ’n toename in muskiete tot gevolg kan hê. Die slenkdalvirus word deur besmette muskiete na diere versprei. Louis de Beer, bestuurder van Cape Wools, sê boere word aanbeveel om die Kloon 13-entstof te gebruik. Voorlopige resultate van proewe wat in samewerking met Onderstepoort, die Universiteit van Pretoria, die Nasionale Wolkwekersvereni-

ging en ’n private veearts gedoen is om die doeltreffendheid van entstowwe te toets, toon dat Kloon 13 baie doeltreffend is om die produksie van teenliggaampies in die diere te stimuleer. Kloon 13 word ook deur dr. Bob Swanepoel, ’n wêreldkenner op die gebied van hemorragiese virusse, onderskryf. Diere moet verkieslik reeds vroeg in die somer geënt word om die siekte te voorkom. Jong diere kan met veiligheid vanaf die ouderdom van twee maande geënt word, mits hul moeders nie geënt was nie, in welke geval inenting op ses maande moet plaasvind. Kloon 13 is ook veilig vir dragtige diere. Jaarlikse inenting word aanbeveel. Produsente moet weet dat enige entstof om verskeie redes kan faal, waaronder die verkeerde gebruik daarvan. Die koueketting moet nie verbreek word nie en die instruksies moet noukeurig gevolg word.

FOTO: JANINE VAN DER RIET

Valentyns aanbieding by markie Die immergewilde Village Market, wat sedert September verlede jaar op Saterdae by Miems Restaurant in Pringlebaai gehou word, het ’n spesiale Valentyns-aanbieding op Saterdag 11 Februarie. ’n Geskenkbewys ter waarde van R250 vir ’n ete by Miems Restaurant kan gewen word met aankope by die markie. Alle aankope wat by

die markie op die Saterdag gedoen word, sal in ’n gelukkige trekking in aanmerking kom vir die geskenkbewys. Die markie word gehou van 10:00 tot 14:00, en daar is ’n wye verskeidenheid van ware te koop. Handwerk, klere, kuns, juwele, vars produkte, kruie, gesondheidsprodukte en allerlei lekkernye word te koop aangebied.

0712 1BAAIUA1F

Die liefde is in die lug.... Een gelukkige paartjie kan ’n naweekwegbreek ter waarde van R3 200 wen, te danke aan Wildekrans-wynlandgoed buite Botrivier. Behalwe vir Wildekrans se bekroonde wêreldklas wyn, het hulle die afgelope jaar uitgebrei en onder meer die ou geboue op die plaas in pragtige selfsorg-kothuise omskep. Elke kothuis is vernoem na inwoners wat jare gelede daar gebly het. Elke kothuis is ook ten volle toegerus met alles wat jy vir ’n heerlike naweek benodig. Die restaurant en konferensiegeriewe, met ’n groot kaggel en kroeg, wat dit selfs meer aanloklik maak. Die swembad het ’n asemrowende uitsig oor die landskap en wingerde. Daar is braai

geriewe vir dié gaste wat daarvan hou om ’n vuurtjie aan te steek. Etes soos ’n ontbyt-mandjie wat soggens by jou deur afgelewer word met vars jogurt, vrugte en ontbythappies, kan egter ook vooraf bestel word Die ideale wegbreek, die perfekte spanboufasiliteit, konferensiegeriewe met ’n regte egte plaasatmosfeer en outydse karakter, met ’n titsel nuut – en baie bekostigbaar. ) Spesiale aanbiedinge vir Valentynsdag, geldig van 11 tot 19 Februarie: sjokoladeen-wynproe teen R45. Voorafbesprekings is nie nodig nie. Piekniekmandjies vir twee, teen R185 per mandjie moet voor 8 Februarie bestel word. Vir meer besonderhede oor Wildekrans en fasiliteite, kontak Janine Gericke by 084 228 2824 of stuur ’n e-pos aan uit-

0712 DH 1BA9AMV1F

JANINE VAN DER RIET


Eco warriors Pringle House Eco School celebrated World Wetlands Day on 2 February by cleaning up its adopted wetland, next door to the school in Pringle Bay. The school has been looking after the wetland for some time now by monitoring water quality, alien infestation, plant and animal life, and pollution. “So it was with great gusto that school children, teachers, friends and even some

tourists got stuck into the Pringle House Wetlands,” the school says. “The children were amazed at what was hidden away beneath the alien vegetation; the list varied from pollutants to exciting insect life. Luckily no poisonous snakes were found, though we did have a snake expert in our midst!” The youngsters are looking forward to tackling other eco issues for the year ahead.

The kids of Pringle House.

The children had a blast taking care of nature.

The pupils thinned the ranks of alien vegetation as part of their clean-up.

Wenners wil hul wees: Joshua du Preez van Laerskool Kleinmond het die gewigstootitem vir seuns o.13 gewen by die Walkerbaai-atletiekbyeenkoms wat Vrydag by Laerskool Hermanus aangebied is. Skole van reg oor die Overstrand het aan die byeenkoms deelgeneem. Joshua se wenafstand was 9,96m. JP Duncan en Franco Swarts van Laerskool Hermanus was onderskeidelik tweede en derde. Foto’s: Pia Nanny Regs: Dian Miggel van Kleinmond Primêr het tweede gekom in die hoogspringitem vir seuns o.11. Hy het saam met die wenner, Tanner Matodes van Laerskool Hermanus, ’n aanslag gemaak op die rekord van 1,33 m. Nie een kon dit breek nie en het albei ’n hoogte van 1,31 m gespring. Dian self is maar net ± 1,33 m lank…

BUILT-IN cupboards/ingeboude kaste. Best prices in town. Beste pryse. 20 jaar ondervinding. Skakel Christo Oelofse vir gratis kwotasie 082 574 6991 of 028316 2574. S O L A R H E AT I N G : Huge savings on your electricity bill. ESKOM approved supplier and a member of SESSA. Call André at Sonpower Hermanus 082 452 8083/ ajoubert73@gmail.com. WENDY HOUSES. Contact JC-Wendy houses for a free quote. Tel. 021-905 8843. Fax 021-905 7917.

MR. LAWN & COMPOST. Phone Michiel 082 937 7878. DANGEROUS TREE to fell. Removal, pruning, plot clearing. Hedges trimming. Alien plant extermination. Fire wood. Call T.J. Boshoff 082 954 7970. MAZDA ASTINA, 1999 Manual, 180SE. ABS power steering, central locking, aircon, radio/CD player. 116 600km. In excellent condition. R50 000. Call 076 424 0355/028-316 4352. ERF 595m² te koop Botrivier. H/v 8ste Laan & Kiaat Straat. R75 000. Skakel 073 853 7912.


Kiekieklub skop hul vol 2012-program af Die Biblioteeksaal het behoorlik uit sy nate gebars toe die Kiekieklub sy eerste byeenkoms van die jaar gehou het. Ná Deon Joubert se verwelkoming het Michael Flemming die maand se inskrywings “Bote” bespreek en die wenners aangewys. Persone wie se foto’s eervolle vermelding verdien het: Eckhard Kalwa, Kotie Beukes, Hennie Beukes, Hettie Rust en Hantie Schoeman. Die maandwenner is Julie Grové met in die tweede plek Lorraine Beneke en derde Anita du Toit. Die wenfoto’s word by Kleinmond Apteek, Spar Supermark en later in die biblioteek- en kerksaal uitgestal. Michael Flemming het sy kennis van fotografie met ons gedeel en tydens sy bespreking van elke foto menige nuttige wenke voorgestel. Hierna het Deon Joubert ’n aanbieding gedoen oor die Donkiestap wat ’n groep van Kleinmond gedurende Augustus verlede jaar aangepak het. Ons het op Garries byeengekom en in twee Kombi’s en twee ander voertuie vertrek na die kusgebied tussen die Spoeg- en Groenrivier. Enkele kilometers van die see moes ons met dapper en stapper verder aangesien die digte sand onbegaanbaar was vir die voertuie met die swaar vragte. By die kampplek Strandfontein-punt aangekom, moes ons tent opslaan en inrig vir die volgende twee nagte. Die kamp was in ’n ou uitgrawing waar eens gedelf is vir diamante. Wouter, sy ouers, Oom Wollie en Tannie Bessie en Awie en Elize Coetzee, het te alle tye reggestaan en ons bederf met etes, water, toiletgeriewe en natuurlik geesbou om die vuur. Almal moes deelneem aan die bamboesblaas-kompetisie en die klippie-in-die-blikkie- kompetisie het almal laat skaterlag. Water moes aangery word en almal word beperk tot 5 F per dag vir drink en was. Na ’n heerlike ontbyt is ons met die Kombi’s na Spoegriviermond en ná ’n besoek aan die grotte het ons die 15 km terug na die kamp aangepak. Die aand is ons deur Wouter bederf met sjerrie wat voor ete bedien is. Die volgende oggend het ons kamp afgeslaan en eers oggendgodsdiens gehou voor ons in die pad geval het met twee donkiekarre. Ons eindpunt

was Koringkorrelbaai. Die Namakwalanders is werklik sout-van-die-aarde mense. Die volgende oggend is ons met die Kombi’s tot by Jaar-se-Baai en het vandaar teruggestap tot by ons kamp. So het die laaste dag aangebreek en nadat ons opgepak het en die groep in twee verdeel het, is die groep wat besluit het om tot by die Groenriviermond te stap, met die Kombi tot by Jaar-se-baai. Van hier het ons gestap tot by die eindpunt. Dankie aan ons borge wat ons help om van die Kiekieklub ’n sukses te maak en by name Kleinmond Superspar, Kleinmond Apteek en ASK Security. Ons volgende byeenkoms is 28 Februarie 2012 om 19:00 . Die kompetisie se tema is “Begraafplaas” en moenie later as 12:00 op 24 Februarie 2012 ingehandig word nie. Reëls vir inskrywing bly dieselfde, met ’n maksimum van twee foto’s per persoon en ’n Jumbo (15 x 10 mm)-grootte op ’n B4 vel ligte wit karton met wondergom gemonteer. Ons program vir volgende jaar: Tema’s: Februarie – Begraafplaas. Maart – Waterdruppels. April – Ope kategorie. Mei – Gras. Junie – Horlosies. Julie - Lyne. Augustus – Kinders. September – Emosies. Oktober – Ope kategorie en November – Selfone. Daar sal ook drie slypskole aangebied word met “Palmietrivier” in Maart, “kamera tegnieke” in Augustus en “naby foto’s” in Oktober. Sien julle daar, maar onthou om julle kamera’s te laat werk, werk, werk, werk. Kontak Deon Joubert (028) 271 3069 \ 082 412 5976 of Yvonne Olivier (028) 271 5180 vir enige verdere inligting. Dagboek: 24 Februarie 2012: Foto’s vir die kompetisie met die tema “Begraafplaas” moet nie later as 12:00 op 24 Februarie 2012 ingehandig word nie. 28 Februarie 2012: Die Kiekieklub byeenkoms om 19:00 in die Biblioteeksaal. Die inskrywings vir die kompetisie met die tema “Begraafplaas” sal beoordeel word. Maryna Loubser sal ’n aanbieding doen oor die Eden na Addo Megastap.

Tweede: Lorraine Beneke

Derde: Anita du Toit

Eervolle vermelding: Kotie Beukes

Eervolle vermelding: Hennie Beukes

Eervolle vermelding: Hantie Schoeman 0712 LD 1BAH9X51F

Eervolle vermelding: Eckhard Kalwa

Eerste plek: Julie Grove 0712 CK 1BADPCV1F

Rame/Frames

Sel: 084 5699 338 Tel: 028 271 5980 8ste Laan 8 Kleinmond Johan Barnard jocor@vodamal.co.za

Ek koop ou en ongebruikte goud, witgoud, platinum, silwer, juwele, munte asook edelstene op vir

KONTANT. 076 598 8881 076 411 0695

0712 LW 1BADL0Q1F

PAPillon

0612 LW 1BA8VVQ1F

GOUDHANDELAAR

EK IS IN PRINGLE BAAI, MAAR DOEN DIE HELE AREA VAN ROOI ELS TOT KLEINMOND

KLEINVLEI BOTRIVIERWEG


Big sharks seen breaching off Strand beach During the second day of the shore nationals that took place along the Helderberg shores I was alarmed to hear that two big great white sharks had been breaching off Strand beach on Wednesday two w weeks back at about 17:00. The incident was reported during the second day of the shore-angling nationals. Justin van Wyk and Du Toit Beukes reported they had seen both sharks breach halfway out of the water. Justin mentioned that this had taken place about 90 m from the beach between Blake’s Island and Blake’s Beach. He added that one of the sharks had a large black bird in its open mouth. They were massive fish, he claimed, with huge dorsal fins sticking out of the water. After witnessing the event they immediately told a young angler to run down the beach and warn all the bathers to get out of the water. I personally have never known of great whites being seen or caught in the inside of the reefs in the Strand, although very large bronze whaler sharks have often been observed hunting and breaching off Blake’s Beach, the Poort and Melk Bay areas. The day after this there was a large contingent of shore anglers scattered along the beaches from Melk Bay all along the reefs and beaches up to Harmony rocks. They were all warned about the previous sightings, but no further shark activity was reported. There were quite a few youngsters from the u.21 national team fishing in the competition. The only casualty was one of the officials, who walked out to the reefs to weigh a fish and was jabbed right through his boot

and into his foot by a stingray. He was immediately taken to the doctor for treatment. Fishing reported during the competition was good, with 40 fish caught, including 28 geelbek from the Poort rocks. Most of the fish were returned because they were undersized and because the legal limit per angler is two geelbek per day. On Thursday evening anglers fishing from small boats and kayaks had full quotas of geelbek and kob. On Saturday larger boats in the WP inshore league had to wait for the weather to clear, and many boats did not go out. Gordon’s Bay Boat Angling Club member Steve Carlo and his crew caught seven snoek each, and one crew member brought in a yellowtail that was the best catch of the day. Even the professional boats had very few yellowtail and only a few snoek. The much-awaited geelbek catches at Hangklip have been very sporadic, with only a few fish per boat. A few good-class kob were

also caught from the Hangklip area on Monday night. Sydney Strydom of the Gordon’s Bay Boat Club (GBBAC) was part of the six-man team who fished in the 2012 Bottomfish Interprovincial competition in East London. The Western Province teams who competed in the competition were: Cape Boat and Skiboat: Piet van Rensburg (captain), Gus Rautman and Jaques Coetzer. The members from the GBBAC who competed were: Daniel Hughes (captain), Sydney Strydom and Colin Joubert. Sydney said fishing was mostly at 80 m depths with 24-ounce sinkers used in areas with strong current and 16-ounce sinkers in less current. He said they fished hard for the two days. Daniel caught a daggaraad of 3,9 kg, and although the coppers were plentiful (just over 600 mm) they were not big enough to boat. Their biggest copper was around 12 kg on day one. Other teams had coppers of 20 kg and 30 kg on the first day. He said that on day two they caught the same class of fish again, plus some seventyfours in the 6 kg class. Daniel landed a copper of about 10 kg, while Colin caught a moustache fish of 3 kg and Steve a Miss Lucy of 5,65 kg in the dying moments of the game. Steve said that while the fishing was good, they were unable to catch the bigger fish that the other teams landed. The 15 kg-class line proved to be a good choice as they had very little tackle failure. Eastern Province won the competition with Border second, Free State third and the two WP teams fourth and fifth.

Gus Rautman from Cape Boat Skiboat Club’s WP team landed this 25 kg copper steenbras during the recent Bottomfish Interprovincial competition in East London.

Erna van Loggernberg, Niel Cronjé, Helen Hamilton en Tina Brits.

Bettysbaai-jukskeiklub aan die woel Die Jukskeispanne van Bettysbaai het weer eens bewys dat hulle ’n klub is om mee rekening te hou, toe hulle Saterdag 28 Januarie aan die Agulhas OK Opedagtoernooi deelgeneem het. Na ’n taai stryd tussen 18 spanne het Bettysbaai C2 hulle slag gewys en met die tweede plek weg gestap, terwyl C1 vyfde geëindig het. Verlede jaar het Bettysbaai se C1 ook tweede geëindig en C2 vierde.

Die klub se ledetal het gedaal tot 13 lede en ons is altyd opsoek na nuwe lede in die omgewing om by die klub aan te sluit. Belangstellendes kan in verbinding tree met die voorsitter Niel Cronjé by 0 082 532 4222 of Johan de Lange by 084 608 3118, of navraag per e-pos by jukskei@jandel.co.za. Vir inligting asook klub foto’s, kan daar ook op Facebook na “Bettysbaai Jukskei” gekyk word.

Ons verskuif na Spar Sentrum 17/02/2012 en open weer 20/02/2012. Jammer vir ongerief

0712 LW 1BA7HM51F

ALBERTYN APTEEK

We are moving to the Spar Centrum 17/02/2012 en open on 20/02/2012. Sorry for inconvenience. Hoofstraat 55, Kogelberg Arkade No. 2 Kleinmond 7195

E-mail albertyn@netactive.co.za

FRYHOFF ALBERTYN / KARLIEN VENTER 028 271 4666


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.