Gazette Theeswaterkloof Edition 31-01-2012

Page 1

Die Victoria-saal op Caledon sal na verwagting binnekort in ’n inkopiesentrum omskep word.

Caledon se hartklop ANNETTE THERON

0612 CK PRICE

Die Victoria-saal op Caledon, wat voorheen gebruik is vir die jaarlikse Caledon Veldblommeskou, Kersmark en munisipale funksies, is verlede jaar op ’n veiling vir meer as R4 miljoen verkoop en sal na verwagting binnekort in ’n inkopiesentrum omskep word. Stiffie Cronjé, mediawoordvoerder van die Theewaterskloof-munisipaliteit, het gesê die oordrag van die eiendom vind tans plaas. Die koper is in die proses om bouplanne vir die ontwikkeling van die inkopiesentrum, wat ’n supermark sal insluit, op te stel. Danie Viljoen, besturende direkteur van Harry Viljoen Eiendomme, het die koop van

die gebou en planne om dit te herontwikkel, bevestig. “Ons wil ’n sentrum bou, soortgelyk aan die een in Bredasdorp, en dit sal 8 000 m² beslaan. Pick n Pay sal die ankerhuurder wees.” Die nuwe eienaars beplan om teen 1 Mei met konstruksiewerk te begin en dit sal na verwagting nagenoeg ’n jaar duur. “Ons beplan om op die laatste die Paasnaweek van 2013 te open.” Viljoen sê hulle sien die oprigting van dié sentrum as ’n geleentheid om waarde aan die dorp toe te voeg, veral ten opsigte van werkskepping. “Ons het reeds vir Jet aan boord en daar sal ook eetplekke soos ’n Spur of ’n Wimpy wees. Daar is heelwat van die nasio-

nale kleregroepe met wie ons tans onderhandel, maar ek kan dit nog nie in dié stadium bekend maak nie.” Volgens Cronjé is die munisipaliteit ook van mening dat die ontwikkeling van die inkopiesentrum Caledon se ekonomie, sakesektor en handel sal bevorder en ook ’n bydrae tot werkskepping en welvaartbevordering sal lewer. Cronjé sê die saal is verkoop nadat alle wetlik-vereiste prosesse – wat kennisgewings, die kry van openbare insette en besware, asook hersonering insluit – afgehandel is. Een van die voorwaardes wat die verkoopkontrak vereis is dat die ontwikkelaar ’n nuwe saal moet bou. “Dié nuwe gemeenskapsaal

sal op die hoek van Ian Toerienweg en Sportlaan, op ’n gedeelte van Erf 1, Caledon, gebou word. Dit sal die saal vir die breër gemeenskap toeganklik maak.” Viljoen het ter afsluiting gesê dat die argitektuur van die nuwe sentrum by die landelike omgewing sal inskakel, soortgelyk aan die styl van die Bredasdorp-inkopiesentrum wat silo’s uitbeeld.

Hawstraat 11, Caledon, Tel. 028-212 3090 URE: Weeksdae 08:00 - 18:00; Sat 08:00 - 15:00 Son 08:00 - 13:00

Prices valid 1 - 4 February 2012 • While stocks last.


The gift of giving: The Shuntin’ Shed recently held a belated Christmas party – organised and paid for by Chris and Julie Jelfe of Arabella – for Bot River children who collect recyclable material in exchange for redeemable “points” at Lucky Point, a novel charity (see www.luckypoint.ch). The children got to feast on pizza and ribs, and for pudding they got sumptuous chocolate pizzas with bananas and marshmallows. Illegal, a band from Paradise Park, entertained the youngsters, and the cherry on top came when the children each got a present. ”To see the smiling and happy faces of all the kids made one proud to have a business in Bot River,” said Lyndsay Henderson, owner of the Shed.

Dís jou kans om kanker te beveg Die Cansa Relay For Life 2012, wat op 25 en 26 Februarie in Caledon gaan plaasvind, is alreeds in die finale fase van beplanning. Dié Relay For Life is ’n prettige, deurnag spanbyeenkoms wat die bewusmaking van kanker uitlig en noodsaaklike fondse genereer om kanker te bestry. Spanne van 10 tot 15 – vriende, bure, families of medewerkers – moet dwarsdeur die nag ten minste een lid hê wat rondom die baan loop, want kanker slaap nooit nie. Spanne wat wil deelneem betaal ’n registrasiefooi (R500), plus R100 vir 10 sakkies vir Kerse van Hoop. Elke span kry ’n plek

waar hul spantent opgeslaan kan word. Tydens die amptelike openingseremonie voltooi kankeroorwinnaars ’n ererondte om die baan. Na sononder word die kerse seremonie gehou om hulde te bring aan diegene wat die stryd teen kanker verloor het, asook om hulle wat teen kanker stry, te ondersteun. Skryf ’n span in vir Cansa Relay For Life Caledon, sluit aan by die beplanningskomitee of wees ’n aflos-borg. Kontak gerus vir Retha Skein by 0 028 212 1432 of Elsie Peka-Arendse by 072 133 6392 om spanne in te skryf. Vir meer inligting bel Felicity Philander (076 074 3064).

, The Caledon Sector Crime Forum meeting for sector 2 will be held at Caledon Police Station on Tuesday 7 February at 19:00. For further information, contact Constable FS Johannes on 0 071 152 3826 or 028 214 3900. , The Shuntin’ Shed in Bot River now offers gluten-free pizzas, as well as a wide range of goats’ cheeses. , The Villiersdorp Tourism Bureau has started up an art and wine evening, and is currently working on a historical route through town. For more information visit www.villiersdorpevents.wordpress.com. , SA het van die 38ste posisie verlede jaar tot die 42ste posisie gedaal op die persvryheidsindeks. In 2003 het SA die 21ste en mees persvryheidsposisie in Afrika beklee, maar teen 2006, met planne vir soortgelyke wetgewing as wat nou in die parlement dien, tot die 44ste plek teruggesak. In 2009 het dit na die 33ste plek verbeter na beplande wetgewing onttrek is. Botswana deel nou die 42ste plek met SA, terwyl die Kaap Verde (9), Namibië (20), Mali (25), Niger (29) en Ghana (41) beter as SA op die indeks vaar. , Caledon Tourism will hold the annual Caledon Art Exhibition in the town hall from 22 to 29 March. Painters,artists, sculptors, photographers, and ceramicists from Bot Rivier, Caledon, Tesselaarsdal and Riviersonderend are invited to call Yvette Steyn-Churchman on 028 214 1267 during office hours for more information. As the exhibition coincides with the Absa Cape Epic, artists are encouraged to submit one piece related to this theme in addition to their usual work. , Caledon Dieresorg soek ’n vrywilliger om een of twee dae per week vir ’n paar uur in die winkel te help. Dit is die ideale geleentheid vir ’n pensionaris wat so bietjie wil uitkom. Kontak gerus vir Vanya Schöfmann by 078 109 8372 as u bereid is om te help.

, Caledon Tourism has been receiving many telephone calls from people wanting to book accommodation for 28 and 29 March – the period during which the Cape Epic will be in town. Do you have a spare room in your house you would be willing to offer for accommodation? If so, contact Weronica Loftie-Eaton at the tourism bureau on 0 028 212 3282. The bureau wants to put Caledon in the limelight and show off how friendly and hospitable locals are. , Die jaarlikse Rolbal-maatskappyetoernooi sal oor vier weke gespeel word, van 25 Januarie tot 16 Februarie. Inskrywingsfooi beloop R550 per span van vier lede. Daar is lekker pryse op die spel en ook ’n prys vir die bes-geklede span. Om teleurstelling te voorkom, kan jy dadelik jou span inskryf by Wynand Pool 0 082 825 5860 of Yvonne Pretorius by 082 851 1866 of 028 212 1259. , Gedurende die naweek van 11 tot 12 Februarie bied Helderstroom Varswaterhengelklub tesame met Donlo Auto ‘n visvang bonanza aan by die Theewaterskloofdam in Villiersdorp. Groot pryse van tot R3 000 kontant kan gewen word. Daar sal ook baie gelukkige trekkings plaasvind. Inskrywingsfooie beloop slegs R170 per volwasse hengelaar en R100 per kind onder die ouderdom van 14 jaar. Hengelaars se hekgelde is by voorgenoemde inskrywingsfooi ingesluit. Die dag beloof om ‘n lekker samekoms te wees vir vriende sowel as families. Inskrywingsvorms kan gekry word by Banda Burger (0 084 422 2220) en Donlo Auto Villiersdorp (028 840 0002) asook enige navrae. Inskrywingsvorms en bewys van betaling kan gefaks word aan 028 840 0034. Die sluitingsdatum is 11 Februarie. Slegs ’n beperkte aantal inskrywingsvorms sal aanvaar word. ) Kontak die Theewaterskloof Gazette se nuusredakteur, Annette Theron by 0 028 214 1294 met nuusgebeure of e-pos haar by 2 kontreinuus@com2000.co.za. ) Kontak vir Darryl Plaatjies, Theewaterskloof Gazette se korrespondent in Caledon met verdere nuusgebeure by 0 073 815 9648 of stuur ’n e-pos aan 2 ddigitalab@yahoo.com.


Dis brandseisoen! ANNETTE THERON

Great news: Greyton Animal Welfare Society chairperson Ann Andrews (left), seen here with Theewaterskloof Mayor Chris Punt, was delighted when, at a recent council meeting, the society was given the rights to use the old municipal workshop in Greyton for the purpose of providing an animal shelter – the first such facility in the Theewaterskloof municipal area. Now the society’s task is to raise R300 000 for the renovation of this building. Photo: Annette Theron

) Op 21 Januarie omstreeks 05:30 het ’n man ’n ander man met ’n mes gesteek in die slagoffer se kamer op Rustfontein Plaas in die Villiersdorp-omgewing. Die slagoffer, Thobani Matiwane (33), en ’n ander man van ongeveer dieselfde ouderdom het gesit en gesels. Daar het glo ’n woordewisseling tussen hulle ontstaan oor die slagoffer se vriendin. ’n Buurman het probeer om die argument te stop. Die verdagte het toe ’n mes geneem en die slagoffer een keer in die nek gesteek. Die slagoffer het na buite gehardloop en geval. Hy is op die toneel oorlede. Die verdagte, bekend as Tebogo, het gevlug vanaf die toneel en is steeds soek. ’n Saak van Moord word ondersoek deur Villiersdorp se speurdiens. Enige persoon met inligting kan die ondersoekbeampte, ao. Jaco van Dyk, kontak by 028 840 8000. )’n Villiersdorp-inwoner het op 23 Januarie op aanklagte van moord op sy 33jargie vrou in die Caledon-landdroshof

verskyn. Ntskelelo Bambata (32) het glo op 22 Januarie om 10:00 vanaf die OosKaap by die paartjie se huis op die Vyebosch- plaas in Villiersdorp toe haar man by die huis aangekom. Charmaine Bongo het na bewering vir Bambata gesê sy wil van hom skei, wat daartoe gelei het dat hy haar met ’n mes in die rug gesteek het. ’n Buurman het glo by die huis aangekom en die situasie ontlont. Die slagoffer was in dié stadium nie ernstig gewond nie, maar die argument het weer om 15:15 tussen die slagoffer en die verdagte begin. Die verdagte het glo dieselfde mes geneem en sy vrou na buite gejaag, waarna hy haar toe in die nek gesteek. Bongo het na die boord gehardloop waar sy geval en gesterf het.

David Joseph, stasiebevelvoerder van Caledon se brand en redding, wil graag die publiek bewus maak van brandgevaar en hoe om brande te voorkom, veral vanaf November tot April wanneer brandgevaar in die omgewing gewoonlik toeneem. “As gevolg van behuisingsprobleme, word daar al hoe meer wendyhuise en plaatstrukture opgerig en die munisipale regulasies word nie toegepas nie. Hy sê die brandweer het al telkemale by ’n informele nedersetting opgedaag waar strukture te na aan ’n huis opgerig was, “en as die wendyhuis of plaatstruktuur eers aan die brand geslaan het, is dit onvermydelik dat die huis ook aan die brand slaan.” Volgens Joseph is dit ’n groot probleem. “Dan is daar natuurlik die kwessie van krag wat van die hoof wooneenheid na aan ander strukture op ’n perseel gelei word.” Vandat koopkrag in werking gestel is, het brande ook toegeneem in informele nedersettings. Joseph verduidelik ’n huurder sal byvoorbeeld besig wees om te kook wanneer die koopkrag afgaan. Die huurder sal gaan kuier en die perseel verlaat sonder om die stoof af te sit. Intussen koop die huiseienaar krag en sit dit weer aan, en so ontstaan talle brande. “’n Verdere oorsaak is die oorlading van elektrisiteit – ’n elektrisiën moet dié tipe installasie doen maar mense kies die goedkoop-

op Caledon, is onder nuwe bestuur. Nuwe eienaar Jacques van Wyk – wat 20 jaar se restaurant ondervinding het – beplan ’n middagete-spyskaart van Februarie af. ’n Paar nuwe disse sal hul verskyning maak, maar die goeie ou gunstelinge sal nie verander nie. Hou die pers dop vir weeklikse spesiale aanbiedinge. Jacques kan bereik word by 0 028 214 1845 of 084 251 5112 vir besprekings of wegneemetebestellings.

T&N

nstallations

Accredited DSTV & Top TV installer 0512 CK 1B92TQQ11

• Extra View • HD PVR • Extra Point • Single Point • Call-outs Also: • TV Repairs • DVD Repairs • Car Audio Repairs • Amplifier Repairs • Microwaves • AND CCTV & Alarm installations

WE COLLECT AND DROP OFF REPAIRS FREE OF CHARGE

Contact Lester 028 212 2056/079 454 9180 CONSTITUTION STREET, PARKLAND HOTEL

HECTIC H@IR Rina 028-212 3787

Tuisversorgers word tans opgelei

Sel: 072 197 7894 Konstitusiestraat 9, Caledon 7230 NEW @ Hectic Hair

Die eerste tuisversorgerskursus wat deur die Carpe Diem-opleidingsentrum aangebied word, is tans in volle swang by die Vleiview-saal. Die studente het verlede Vrydag middagete genuttig wat hulle self voorgesit het. “Daar was veral aan tafel-etiket en basiese goeie tafelmaniere aandag gegee en die stu-

dente het hulle uitstekend van hul taak gekwyt,” het Iréne gesê. Hulle is tans besig met hulle tuisversorgingskursus waarna hulle uitgeplaas word om verswaktes tuis te versorg. Die volgende kursus sal in April aangebied word. Skakel gerus vir Iréne by 028 212 1138 ná 17:00 vir verdere inligting.

ste opsie wat ’n groot bydraende faktor tot brandstatistieke is.” Die ideaal sou wees dat alle wooneenhede van meters voorsien word ten einde brandgevaar hok te slaan. Hy het voorts versoek dat die publiek hul eiendom onderhou. “Sny gereeld jou gras en moenie vullis op die terrein stort nie.”

Kom loer in: The Barn, bekende eetplek

) Op 21 Januarie om ongeveer 10:15 is ’n misdaadvoorkomingsoperasie gehou onder die bevel van ao. Sylvester de Long. Drank (342,92 F) is gekonfiskeer deur konst. Engelbrecht en ’n reservis konst. Visagie. Op dieselfde dag het konst. Fortuin beslag gelê op tik. Beide beskuldigdes het reeds in die Caledon-landdroshof verskyn en beide die sake is uitgestel.

Agter van links is Toinette du Toit, Iréne de Waal en Candice Romaine. In die middel staan Liezel Zakade, Dominiekal Seeikoei en Roslune Pekeur. Voor sit ds. Awie Brand, Venesia Thomas en Steffie Okkers. Martin Huddlestone en Donel Pickersgill was afwesig toe die foto geneem is. Foto: Annette Theron

David Joseph het verlede week by ’n huis in Uitsig gaan besoek aflê om vir Dolfina Plaatjie en haar seun Ricardo Jacobs, wat by haar op die perseel woon, te waarsku oor die gevare van brand omdat hulle ’n ekstra wooneenheid op hulle erf het. Hy het ook voorgestel dat hulle ’n rookverklikker installeer, want dit sal hulle vroegtydig waarsku as ’n brand ontstaan en sodoende lewens red. Foto: Annette Theron

Salon Bronwyn (QUALIFIED BY DERMATECH)

For all you beauty needs – facials, manicures, pedicures, eyebrow and lash tinting, gel nails.

For appointment, phone Bronwyn on 084 794 9097 0612 L 1B9M5SV18


Brande snoer ons saam Geen spookdorp Gerugte dat Caledon in ’n spookdorp ontaard is vir eers op ys geplaas, want die Victoriasaal gaan binnekort in ’n inkopiesentrum omskep word. Daar is glo ook ’n behuisings-, gholfbaanen vulstasie-ontwikkeling in die pyplyn en daar word deurlopend gesprek gevoer met die provinsiale regering om ontwikkeling in die Theewaterskloof-gebied toe te laat. Die plaaslike munisipaliteit het ten doel om ontwikkeling en vooruitgang te bevorder ten einde werkskepping in die omgewing te bewerkstellig. ’n Sake-eienaar het juis onlangs die hoop uitgespreek dat Caledon se jeug hulself hier moet vestig en nie elders gaan werksgeleenthede soek nie. Dié beoogde ontwikkelings mag moontlik sy wens bewaarheid.

Die laste paar weke is Caledon geteister deur verskeie brande. Die omvang van die meeste van die vure was van so ’n aard dat die onmiddellike bure en die grondeienaars nie self die brande onder beheer sou kon bring nie. Dit het ’n reusepoging deur die gemeenskap as geheel geverg om grootskaalse verliese en skade te keer. Alhoewel weiding, drade, pypleidings en self plantasies en waardevolle fynbos in die slag gebly het, sal tyd die meeste van die skade regstel. Die gemeenskap het egter as oorwinnaar uit die stryd getree en bewys dat daar wel saamgewerk kan word en jy jou medemense in sulke omstandighede kan bystaan, en dat so ’n insident die gemeenskap nader aan mekaar kan bring. Die omgee, boodskappe en hulp wat aangebied en verleen is kan seker net as ongelooflik beskryf word. Mense het rondgery en koeldrank, water, kos en lekkers aan almal wat betrokke was by die brande, uitgedeel. Daar was baie helde by elkeen van die brande. By die brand van die Klein Swartberg

was daar egter een persoon en sy span wat spesiale vermelding nodig het. Dit is JD Kriel van Uitkyk Diggers. Al is JD nie ’n grondeienaar nie en hoef hy eintlik nie by die brande te gewees het nie, was hy en sy span van die uitbraak van die vuur tot die einde betrokke. JD het ’n reusebydrae gelewer in die bekamping van die brande en om die verliese tot ’n minimum te beperk. ’n Spesiale woord van dank dus aan JD. Van vroeg oggend tot laat aand het almal die vure bestry. Die bekende advertensie oor die brandweermanne wat ’n 25-uur dag beleef, het definitief betrekking op JD en die ander mense by die brande. Dit was vir almal betrokke ’n riem onder die hart om te sien hoe die gemeenskap saamgestaan en saamgewerk het. Aan elke persoon, maak nie saak hoe klein sy bydrae, kan ons net dankie sê. PIETER BEUKES Caledon Jongensklip Landbouvereniging

‘Wynvlieë’ krap ou wonde oop Ek stem heelhartig saam met GW Hermanus dat Gert Koegelenberg God-geskape mense “wynvlieë” noem, ontstellend is. Ek het alreeds vrede gemaak met die verlede maar wanneer ek sulke opmerkings lees of hoor dan kan ek nie anders as om maar weer na die verlede te gryp nie. Was dit nie vir die apartheidsjare nie sal die mense hulle nie in sulke omstandighede bevind nie. Hulle sal beslis baie beter daaraan toe gewees het. Ja, van hulle kan ook bed-en-ontbyt-eienaars, munisipale amptenare en besigheidseienaars gewees het. Ons as inwoners van Caledon en burgers van Suid-Afrika moet ophou om mekaar in die openbaar af te kraak, maar eerder help met opbouende kritiek en beriggewing. BRIAN OLIVER Taxi-eienaar

To give or not to give I used to give small change to indigent, homeless people, but nowadays I am loath to do so. I use the term “indigent, homeless people” instead of “bergies” because I do not want to be accused of hate speech. These days I prefer to buy them a loaf of bread and polony myself, instead of handing out loose change. It saddens me to see certain of these people having alcohol-induced fits on the pavements adjoining Absa Bank and opposite Caltex filling station. They ask for money for bread, but then one sees them lying on the pavements having fits. It’s altogether a sad situation. GRAHAM HENDRICKS

Ovies Bo!

TV-debutant: Nathan Magerman, jongste seun van Erna Magerman, sal op 4 Februarie sy debuut op televisie maak in die SOS Challenge op SABC 3 om 20:20. Nathan was verlede jaar as spanleier gekies om sy skool te verteenwoordig in die “sink of swem”-kompetisie. Hy was verlede jaar onder die top drie leerlinge by Kathleen Murray Primêr in Grabouw en het vanjaar by Groenberg Sekondêr sy hoërskoolloopbaan begin. Sy stokperdjies is skaak en basketbal.

Die skole se sport is aan die gang. Maar die Ovies is nie daarvoor bang. Hulle is goed geoefen en reg daarvoor. En hulle gaan mos nie verloor. Hulle wys ons jaar na jaar. Ons stel julle nooit teleur dis waar. Talle toeskouers woon dit by. En is baie tevrede ook daarby. Mooi so Ovies dit moet julle weet. Ons sal julle nooit vergeet. GERHARD DE BRUYN

COLUMN

Twee koppe van dieselfde draak LEI DE GRIFFIER Graham Hendricks antwoord my in die Gazette (24/01/2012) dat ek nie die NP (lees wit)-regering van die apartheidsera moet vergeet nie. Ek sal nie, omdat ANC-gesindes nie die verlede sal laat en op die hede fokus nie en omdat my gewete my noop om die verlede te onthou. Die NP en ANC was en is twee koppe van dieselfde draak. Die verskil is: die NP-kop is verbrysel, maar die ander kop lewe; ongelukkig so ja, maar genadiglik nie meer met ’n sprong nie. En natuurlik onthou ek die omstandighede van swartes in die apartheidsjare. Dit grief my dat die NP dit gedoen het en ek verafsku dit dat die ANC dit voortsit. Terwyl ek egter die verlede vergeet, weet ek dat die NP nie meer is en nie meer kan kwaad doen nie. Ten spyte van die verlede is die NP ver-

lede tyd en skadeloos. Daarenteen is die ANC nog daar en ken die kwaad wat húlle pleeg geen grense nie. Die NP was ’n vrotsleg party, maar om enkele redes is die ANC hul voor wat slegtigheid betref. Immers het ons die NP verwyder en met die ANC vervang, net om uit te vind dat hulle voëls van dieselfde vere is. Ons het geweet van apartheid se boosheid, maar het geglo; nee veel meer, ons het die ANC vertrou om dit reg te maak. Ons het die ANC vertrou om vryheid, gelykheid en broederskap te bring. Ons het in die ANC geglo, omdat hulle op morele hoë gronde gestaan en verkondig het dat almal in die land gelyk sal wees; dat alles wat die ANC sou doen die people ter wille sou wees. Bitter min wat die ANC doen, is in belang van die mense; dit bevoordeel net die nuwe generasie elite – die wat meer gelyk as ander is. Die ANC het ons ge-

faal, nie omdat hulle vrot was nie, maar omdat hulle so geword het. Lees gerus die aanhef en inleiding tot die Grondwet om te verstaan waarvoor die ANC gestaan het. Ons het die ANC vertrou toe Madiba in ’n emosiebelaaide toespraak beloof het dat “never, never and never again shall it be that this beautiful land will again experience the oppression of one by another”. Dit is woorde wat in sy keel gesterf het, want die teenoorgestelde het gebeur. Ons is nogeens presies waar Madiba was toe hy die volgende gesê het: “There is no easy walk to freedom anywhere, and many of us will have to pass through the valley of the shadow of death again and again before we reach the mountain top of our desires.” En soos Madiba sê, stap ons nogeens daardeur, en moet ons nogeens oor ’n beginsellose leier klouter om by bergpieke van ons

wense en hoop uit te kom. Ons klouter nogeens na die bergpieke sodat Madiba dié keer met sekerheid kan vra: “let there be work, bread, water and salt for all”. Madiba het ook gesê: “I detest racialism, because I regard it as a barbaric thing, whether it comes from a black man or a white man.” Ons klouter teen die berg uit om rassisme weg te neem en een nasie te bou. In die nuwe struggle veg ons vir leiers, en ons weet hulle is daar, wat Madiba as volg beskryf: “It is better to lead from behind and to put others in front, especially when you celebrate victory when nice things occur. You take the front line when there is danger. Then people will appreciate your leadership.” Dis tragies, maar waar, dat ons nog nooit sulke leiers gehad het nie; nie in die apartheidstyd of era na demokratisering nie.


Deur: S.J. du Toit

‘Fine dine’ by tant Mara As ek van die skool af kom en my twee jonger boeties sit in die moerbeiboom op die oop erf langs ons huis, dan weet ek… Ma kook alweer afval. En ons drie seunskinders deel nie Pa se entoesiasme vir hierdie onwelriekende dis nie, nee o liewe hemel, my maag ruk sommer weer op by die blote gedagte! Maar Ma sê, ’n mens trek nie jou neus op vir kos nie, en dan tokkel sy weer die Biafra-snaar, dink aan al die Biafraanse kindertjies wat almal aan hongersnood doodgaan. Sy steur haar min aan ons wat sienderoë voor haar rooier en rooier in ons gesigte word soos ons ons asems probeer ophou, ons wil nie die stink reuk inasem nie. Ek vermoed hoeka dat die honger Biafraanse kindertjies ook hulle neuse met hul dun, uitgeteerde vingertjies sal toedruk. Pa wil opsluit een keer ’n kwartaal afval hê, en ons drie seuns kruip dus een maal ’n kwartaal in die moerbeiboom weg, met maagte wat opruk. Miskien is Biafra nie so ’n sleg plek om te wees nie, sê Kleinboeta mismoedig. Ek het ook al daaraan gedink. Toe ons weer een dag honger dog naar in die moerbeiboom sit, toe sê Ma hier van onder af, “Ouboeta, vat jou boeties en gaan eet by die losieshuis, sê tannie Mara moet sommer die rekening saam met julle stuur!” En so het my romanse met kos en allerhande kosdinge begin, daar in tannie Mara se losieshuis se eetkamer, met die gepolishde hout tafels en stoele en die lui waaiers teen die hoë plafonne, die portret van C.R Swart, ons president wat sit en kyk of ons toemond kou, en die swaaideur wat heen en weer swing elke keer as tannie Mara of ou Kowie, haar enigste kelner wat mank loop van die polio, die kombuis in- of uitgaan. Ma het ons losieshuis toe gestuur om te gaan eet elke keer as sy vir Pa moet afval kook. Dis tannie Mara wat vir ons geleer het van al die messe en vurke, eet van die buitekant af binne toe. Eerste gereg, die waterige groentesop met die ronde lepel, die ander lepel is vir die poeding, en tannie Mara wys vir ons om die balletjies botter in die bakkie yswater pikant met die bottermessie op ons kleinbordjie neer te sit. Dan die vierkantige bleek stukkie vis met die ewe bleek sousie. “Tannie Mara ontvries die vis, dis nie vars nie,” sê Ma ewe snipperig-jaloers as ons vir die so-

veelste keer vertel hoe lekker tannie Mara se kos is. Dan bring ou Kowie mankmank die hoofgereg, en haal die stainless steel deksel met groot vertoon van die bord af. Dis óf frikkadel óf tjops met rys, of, as ons gelukkig is,’n mixed grill. Ou Kowie balanseer die groentebak in sy een hand, en ons kan kies – daar is braai aartappels, pampoen en groenboontjies, wat ou Kowie dan behendig met ’n lepel en ’n vurk wat hy teen mekaar knyp, in ons borde skep. Pa is nie by nie, so ons kies net die aartappel, netnou laat die pampoen ons hare krul! Poeding is sago, of jellie met vla, of party kere bederf tannie Mara ons met rumand-raisin roomys. En dan sit ou Kowie die kleinste koppietjie en pierinkie met koffie, te ougat, voor ons neer. “Dis fine dining, liewe seuns,” sê tannie Mara terwyl sy die slierte hare onder haar kopdoek probeer insteek. Ma het dikwels by haar vriendinne gekla oor haar man en spruite se kommin eetgewoontes. Sy was nie net ’n bobaas sjef wat die Kook en Geniet soos haar Bybel geken het nie; sy kom uit ’n grênd Engelse familie wat gewoond is aan eksotiese disse. Ons kommingeid kom definitief van Pa se familie. Maar Pa sê net, “Vrou, pasta is nie kos nie, wanneer eet ons dan weer ’n slag lekker tamatiekos of kerriekos?” en “as die Liewe Vader wou gehad het ons moet slaaiblare eet, dan het hy ons laat blêr, nou’s ek darem lus vir skaapboud!” Bykosse was vir ons ’n keuse tussen baked beans en slangetjies, en ons kon ’n bottel tamatiesous binne ’n paar dae deurwerk. Pa was nie een vir fieterjasies nie, dis net ekstra skottelgoed om meer as een mes en vurk, selfs ’n kleinbordjie op die tafel te hê. Watwou serviette, “Vrou, waar’s die jammerlappie?” Ons was al uitgegroeide seunskinders toe eet ons nog gereeld by tannie Mara se losieshuis, behalwe Middelboeta wat toe op ’n dag besluit het, miskien moet hy Ma se afval ’n kans gee, en toe sluit hy by Pa se span aan. En ek lag lekker in my mou as ek vandag by dinees en ander geleenthede sien hoe mense verbouereerd en rondkykrondkyk wonder watter mes en watter vurk om te gebruik, hulle sop met die poedinglepel eet en nie weet wat om met die bottermessie te maak nie. Dis dinge wat ek la-a-a-a-a-nkal weet ... tannie Mara het ons mooi geleer.

Overberg se besondere passe Daar is ’n hele aantal bergpasse in die Overberg en oor die volgende paar Spore sal ons na hulle kyk en lesers lus maak om daar ’n draai te gaan maak. Die bekendste een is voorwaar Sir Lowryspas wat in die ou dae as die Gantouw bekend was. Maar dis nie die een waaroor ons vandag meer gaan leer nie. Net ietsie egter om lesers lus te maak: Een van die belangrikste vroeë ontwikkelings van ons land se infrastruktuur was inderdaad die bou van ’n pas oor die Hottentots-Hollandkloof. Alle reisigers wat voor 1830 oor die berg wou gaan, moes die moeisame en skrikwekkende tog oor die Gantouw aandurf. Meer daaroor later. Die bergpas wat seker die minste deur ons lesers gebruik word en minder bekend is by hulle, is die Van der Stell-pas tussen Botrivier en Villiersdorp. ’n Mens moenie haastig wees wanneer jy hierdie mooi ou boomryke pad aandurf nie. Dis ’n grondpad wat deur die berg kronkel en is na Willem Adriaan van der Stell (seun van goe-

werneur Simon van der Stell) vernoem. Aan die bokant van die pad is die oorblyfsels van sy jagtershut en ’n mens kan aanneem dat hy dikwels in die omgewing gejag het. In die Spore oor die grondbaronne in die Overberg, het ons reeds sy storie vertel en hoe hy met skelmstreke homself verryk het. Onder andere het hy 20 voormanne, wat in diens van die regering was, op sy plase gebruik. Hy het ook troppe beeste en skape besit waarvan hy baie in die binneland gesteel het. Hy is egter ontslaan en gerepatrieer. Van der Stell-pas is bekend daarvoor dat daar jaarliks ’n fietstoer van 60 km georganiseer word deur die Botrivier Education Foundation (BEF). Besonderhede oor die toer (The Van der Stell Challenge) kan op Faceboek gelees word. In die volgende paar uitgawes sal ons buiten die Gantouw en Sir Lowryspas, ook na Shawspas, Tradouw-, Houhoek-, Ezeljacht-pas en nog ander kyk. Hou dus die Gazette dop.

WEEKLY DRAWS 23 DEC - 23 MAR 2012

FRIDAYS 8 - 10PM

Just play and you could be lucky!

LICENSED BY THE WESTERN CAPE GAMBLING “Winners selected by random draws. Winners will be announced at draws or by telephone (if applicable). Earn tickets by playing Slot or Table games. Prizes can be claimed from the casino. Competition rules available at www.thecaledon.co.za or at the Clubdesk. LICENSED BY THE WESTERN CAPE GAMBLING AND RACING BOARD. NO PERSON UNDER 18 YEARS ALLOWED IN THE CASINO. WINNERS KNOW WHEN TO STOP. NATIONAL RESPONSIBLE GAMBLING PROGRAMME PHONE 0800 006 008 TOLL-FREE.


Terug na sy wortels: Swartberg Primêr het vanjaar een nuwe onderwyser aangestel. Fagan Ess (links), gebore en getoë in Caledon, het sy drie-jaar BA Sportwetenskap en een jaar nagraadse onderwysdiploma, aan die Universiteit Stellenbosch verwerf. Quwin Marthinus, wat ook by Swartberg Primêr skoolgegaan het, is ’n vierde-jaar student by die Cape Peninsula University of Technology en doen tans sy waarneming by die skool. In die middel is Georgina Simons, die adjunkhoof. Foto: Darryl Plaatjies

Veelsydiger gaan jy moeilik kry: Charl Janson (o.12) van Laerskool Bredasdorp is die eerste Let’s Play-sportster van die maand. In 2011 was hy die beste 0.11 krieketkolwer en kaptein van die Boland o.11 span; beste tennis- en hokkie- speler en ook hokkiekaptein; beste rugby-agterspeler, asook kaptein vir Suid-Boland rugby o.12 (hy was nog 0/11). Hy is gekies vir Boland rugby o.12-eliteoefengroep vir 2011–’12, waaruit die Cravenweekspan gekies gaan word later in 2012. Vanjaar was hy die senior victor ludorum in atletiek – onder die top10 volgens ASA-punte. Hy het 101 punte behaal waaronder drie rekords op die kleurebyeenkoms asook die victor ludorum-toekenning tel. ’n Rekord vir Laerskool Bredasdorp vir ’n leerling met die meeste ASA-punte ooit. Rekords wat hy verbeter het is diskus, verspring en die 150 m.

M&J SCRAPMETAL. Aankoop van alle tipe skrootmetale. Gelee langs Ploebak, Riviersonderend. Skakel Johan 079 439 6312.

DOVES. Begrafnisdienste/Funeral Services. Giving comfort. Taking care. Caledon: 18 Plein St, 028-212 3054. Her-manus: 64 Dirkie Uys St, Sandbaai, 028-316 4205. Kleinmond: 27 Main Rd, 028-271 4971. Gansbaai: 61 Main Rd, 028-384 3344.

12 10 CASH LOANS Lenings tot R200 000. Swartlys welkom. Goedkeuring in 5 min. Skakel 021-762 7079. FOREVER MEMORIES. Kontak Sharon Burger vir alle foto-albums en scrapbooking toebehore. Tel. 028-212 2631/083 293 5301. PA D S TA L / R E S TA U R A N T, D A S S I E S F O N T E I N : Vi r e t e s , funksies en vele meer! Tel. 028-214 1475.

ROMANO FISHER 31/01/2012. Baie geluk met jou mondigwording en word net goeie seëninge jou toegewens. Onthou ons is baie lief vir jou. Mammie, Darra, Ouma & broers.

GATE MOTOR with remote control. BFT. R1200 ono. Call 082 951 0432. YA M A H A M O T O R FIETS XTZ 125 veldfiets. Goeie kondisie. Skakel 083 321 3421 / 021859 2900.

D I E N S VA N N A A I MASJIENE by Caledon Stoffeerders, Laingstraat 14 op Vrydag 3 Februarie 2012. Navrae 028-212 2088/083 306 6280.

AUTO ELECTRICALDIETLOF'S. Gespesialiseerde auto elektriese diens. 23 Jaar ondervinding. Agentskap vir Virizest daytime running headlight control systems. Ook verskaffers van professionele weerstasies en solar panele. New Cross straat, reg langs Overberg Supafit. Dietlof (Wên) van der Merwe. Tel. 028-214 1614 of 082 788 5276. B&L VERF KONTRAKTEUR: Vir gehalte verfwerk en flinke diens. Herstel van dakke en geute, teëls, algemene verfwerk, houtwerk, deure, vensters vernuwe. Skakel Bronson Europa by 073 839 9107/028-212 1958.

K R A G G E R E E D S K A P. Vir die huur van hoëdrukspuite en kraggereedskap, skakel Gabriël van der Merwe by Overberg Dienssentrum by 083 551 5406 alle ure.

BOTRIVIER: 3 Slaapkamers, 2 badkamers, toe-sluit motorhuis. Baie veilig. R4000 p.m. Skakel 083 360 9592. FLATLETS 2 RENT. R1900. W&E incl. Own bathrooms. Avail. Imd. Non smokers. Secure parking. Call 082 951 0432.

4 SLAAPKAMERHUIS TE KOOP. Proteastraat 38, Caledon. Klein erf, geen garage. R490 000. Skakel Mariaan 082 330 7085.


Overberg Agri help Swartberg Sekondêr

Wes-Kaap Sportman van 2011: ’n

ANDRÉ DE BRUYN Swartberg Sekondêr in Caledon was aan die einde van 2011 deur Overberg Agri genader om te bepaal watter behoeftes die skool het wat dalk deur Agri aangespreek kon word. In daardie stadium het die skool op eie onkoste twee lokale in ’n media lokaal omskep. Hierdie lokaal word aangewend vir ekstra lesse, vergade- Overberg Agri het dié media lokaal geborg. rings, slypskole en rekenaar-aanbiedinge. derde rekenaars (25) in die Khanya Die lokaal het egter baie werk no- lokaal vervang met splinternuwes. dig gehad en Overberg Agri, onder Ná die voltooiing van die media leiding van Victor Treu, takbe- lokaal en rekenaarsentrum, sal dit stuurder van Handel, Caledon en amptelik geopen word en bekend Annmarie Steyn, die maatskappy staan as die Overberg Agri Mediasekretaresse, en Louw Coetzer, be- lokaal en die Overberg Agri Rekesturende direkteur van Boltfast, naarsentrum. het die projek hul eie gemaak. Swartberg Sekondêr, die beheerAgri is tans besig om die media liggaam en die skoolgemeenskap, lokaal toe te rus, vloere te teël, aan- wil graag die rolspelers bedank wat steek borde aan te bring, te verf, nu- die opgradering moontlik gemaak we gordyne en ’n splinternuwe het, en die lewens van die leerders werkstasie te installeer. vir die hede en die toekoms ten goeOverberg Agri sal ook die verou- de verander het.

Graad 8-vlakhase: Die graad 8-Bredasdorpers het verlede week uitgehaal en genael tydens die jaarlikse kleuresport-byeenkoms op die skool se atletiekveld. Van links is Leon Erasmus, Inus Brooks en Wikus Smit.

Top-matrieks: Die topdrie-kandidate vir die finale matriek eksamen van Emil Weder is van links Candice Cupido (derde plek), Crystal Hendriks (tweede plek) en Kelly van Wyk (eerste plek).

Ovies blink uit in toerisme: Elna de Wet was tweede op die Wes-Kaapse merietelys in toerisme met 94% en Jolene Saayman tiende met 91%. Gerda de Wet, wat die sewende plek beklee het, is reeds in Nederland waar sy vanjaar begin au pair-werk doen het. Hier is Jolene Saayman en Elna de Wet saam met hulle trotse onderwyseres, Sonica Louw (middel).

Boland tennisspelers: Laerskool Bredasdorp is baie trots op André Seegmuller en Jan-Daniël Neethling wat in die o.13A Boland-tennisspan opgeneem is. Hulle gaan in Maart en Oktober Boland by toernooie in die Paarl verteenwoordig. Van links is Elna Seegmuller, afrigter, André Seegmuller en Jan-Daniël Neethling.

Besondere eer het Willem van Schalkwyk, hoofseun en gr. 12-leerling van Hoërskool Bredasdorp, te beurt geval. Nadat hy in November verlede jaar as Boland se atleet en sportman vir die jaar 2011 aangewys is, is hy vroeg in Desember ook as Wes-Kaap (Boland, WP, SWD) se hoërskool sportman en as Wes-Kaap se algehele sportman (junior en senior) van die jaar aangewys.


Prestasies

Voorslag-kolwer: Rikus Brand van

Die pyle sing: Die Caledon premierliga vuurpyltjie-toernooi sal vanaf 25 Januarie tot einde Mei in Caledon by Andy’s Pub in Vleiview plaasvind. Volgens André Mckenzie ,agter derde van links, beter bekend as die Pous, is dit ’n groot kompetisie met prysgeld van R5 000. Die prysgeld is geskenk deur Mandy’s Drankwinkel, Venster Restaurant, Daredevils en die Pous Inn. Almal is welkom om elke Woensdag vanaf 20:00 hul gunsteling span te ondersteun. Daar sal ’n verrassing of twee vir besoekers wees. Die eerste kragmeting verlede Woensdag was as volg. Die Dare Devils het 6 punte behaal, Kontrei Printing 6, Venster Restaurant en die Pous Inn 5 en Mandi’s Drankwinkel 0 (’n loslootjie).

Laerskool Overberg is in die Boland o.13-krieketspan ingesluit. Hy gaan vanaf 9 tot 20 Maart die span in die Verenigde Arabiese Emirate in Dubai verteenwoordig.

Naelbytstryd op openingsdag Twintig spanne het Saterdag 14 Januarie ingeskryf vir die amptelike opening van Caledon-gholfklub se 2012 gholfkalender. Die dag word op ’n stableford-samespel-formaat beslis tussen spanne waarin die klubkaptein en onderkaptein verteenwoordig is. Hennie en Jeandré van Deventer het vroeg ’n punt vir die klubkaptein gewen toe hul op verrassend maklik met Vasie Smal en Wynand Myburgh afgereken het. Daarna het Edwin Marthinus en Piet le Riche vir die klubkaptein geskitter met 47 punte en moes Ivan Benjamin en Brian Fewell die knie buig. Van hier af egter het die spelers van die onderkaptein hul staal begin wys het. Die gedugte kombinasie van Johan Koekemoer en Anton Booyens was te goed vir Lynton January en PJ Benjamin, waarna Braham Harris en Dana Steenkamp gewen het teen Paul du Toit en Hennie Johannes. Randall Newman en Efrahim Franse was te sterk vir Frank Abrahams en Wilfred Ascott en oorwinnings deur Arthur Benjamin en Danie Tobias asook Johan Theron en Poen van der Westhuizen het die telling 5 – 2 gelaat in die guns van die onderkaptein. Met slegs drie wedstryde oor het die saak gewonne gelyk, maar ’n indrukwekkende vertoning deur die klub se president, Henry Metcalf, het verseker dat hy en Morné Rossouw ’n punt wen teen JD Otto en Johan Langenhoven. Die jong span van Ian van der Westhuizen en Keenan Delport het uitgeblink deur met Floris de Kock en Chris Delport af te reken. Die uitslag van die kompetisie het op die laaste wedstryd gerus. Die span van Louwrens Laubscher en Olof de Kock wat sake op die laaste setperk gelyk gemaak het met hul oorwinning oor Richard Krige en Peter Delport. Die individuele spanprys is deur Ian van der Westhuizen en Keenan Delport verower. Raka Wyne het die geleentheid geborg.

’n Klein Rafa? Francois Theron van Laerskool Overberg is vir die Boland o.11-tennisspan gekies.

Die spanne van die klubkaptein, Morné Rossouw (regs) en die onder-kaptein, JD Otto (links) het die beker gedeel tydens die openingsdag op 14 Januarie. Die individuele spanprys is gewen deur Ian van der Westhuizen en Keenan Delport (middel) met 47 punte.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.