Breede Rivier Gazette Edition 12 Junie 2012

Page 1

Breederivier

Year 16 • 12 Junie 2012 | Tel. 023 626 5212

Lees binne

Wacky Wine Weekend! Visitors to the Robertson Wine Valley during the Wacky Wine Weekend, which took place from June 7 to 10, show off their gumboots. These were certainly much needed after the rain on Friday and Saturday. See more on pp. 8 and 9. Pho­ to: Laresa Perlman

Beplande vullis­ terrein het B’valers omgekrap. BLADSY 2

Familie verloor al hul besittings in brand.

Nog sakekamers beplan maar sommer weer die Droom vir Bonnievale-aksie as voorbeeld.” Die voorgestelde sakekamer het reeds vele belangstellendes wat ’n grondwet en doelstellings opgestel het. ’n Algemene vergadering word vir 18 Julie beplan, waartydens die grondwet bespreek sal word vir goedkeuring. Die sakekamer sal dan ook by die Afrikaanse Handelsinstituut (AHI) geregistreer word. “Deur die AHI het ons nog baie meer bedingingsmag en toegang tot van professionele raad en advies tot opleiding.” Wolfaardt sê die beoogde sakekamer sal tot voordeel wees vir besighede in Bonnie-

DALEEN FOUCHÉ

E

BLADSY 3

Vrolijkheid opens new Braille trail for blind visitors. PAGE 7

ienaars van sakeondernemings op Bonnievale is besig om ’n sakekamer vir die dorp te stig om sodoende die belange van besighede op Bonnievale te bevorder. Verder is daar sprake vir ’n Robertson Sakekamer. Die bal is op Bonnievale aan die rol gesit deur Hansie Wolfaardt, fabriekbestuurder by Parmalat op Bonnievale en Ladismith. Hy meen dat wanneer sakeondernemings of individue saamwerk om iets te bereik, dit baie makliker gedoen word as wanneer elkeen op sy eie probeer om iets te doen. “Neem nou

vale om meer ingestel te wees vir die “verbetering van die dorp en vir die algemene publiek”. Wolfaardt en ander personeel van Parmalat sal tydens die vergadering van 18 Julie ’n opleidingsessie aanbied oor hoe om elektrisiteit in besighede en algemene huishoudings te bespaar”. Die idee vir ’n Bonnievale-sakekamer het vir die eerste keer in 2010 na vore gekom, maar Wolfaardt sê daar was nie genoeg belangstelling nie. Belangstelling het weer in Januarie opgevlam toe 16 mense opgedaag het en nog vyf belangstelling getoon het. Wolfaardt, ’n lid van die Langeberg Sakekamer op Montagu, sê dié sakeka-

mer het as inspirasie vir die Bonnievale Sakekamer gedien. Hoewel die Langeberg Sakekamer doeltreffend is, het Bonnievale sy eie sakekamer nodig, sê hy. “Ek is vol vertroue dat die stig van die Bonnievale Sakekamer ’n nuwe era vir die gemeenskap sal inlui om die belange van die besighede en die algemene publiek aan te spreek en dat dit ’n nog beter lewenstandaard teweeg sal bring.” Dr. Deon Joubert, voorsitter van die Robertson-toerismekomitee, sê ’n vergadering vir sake-eienaars en belangstellendes word op 21 Junie gehou. Daar sal dan besluit word of ’n sakekamer vir Robertson gestig sal word.

Low prices. Smart savings. Serving Suggestions

1999

1599

999

2 Chicken Burgers & Chips

2 Beef Burgers & Chips

2 Russians & Chips

Per meal

Per meal

Per meal

PROUD PARTNER

Follow.

Like. Share.

www.picknpay.co.za www.picknpay.mobi CUSTOMER CARE : TOLL FREE 0800 11 22 88

THE SOUTH AFRICAN PARALYMPIC TEAM LONDON 2012

Save. Recycle.

PRICES APPLY TO PICK N PAY ROBERTSON STORE ONLY PRICES VALID: 14 - 17 JUNE 2012

Pick n Pay endeavours to meet the demand for these promotional items, but stocks are limited. Please check availability: 0800 11 22 88 (toll free). We strive to ensure all printed information is correct, but will not be liable for any print errors that may occur. Advertised prices are inclusive of VAT where applicable. We reserve the right to limit quantities. smart shopper terms and conditions apply. Certain products are excluded from the smart shopper programme, please see in store or go online for more details.

9249M/E

Always there for you.


2

Breederivier Gazette

Nuus/News

Dinsdag 12 Junie 2012

Enjoy the best of jazz and pop )) Gaste kan elke laaste Vrydag van die maand ’n koppie koffie of tee en ’n sny melktert by die Jouberthuis op Montagu geniet teen net R20. )) The Montagu Village Market is held every Saturday morning from early until 12:30 at the Euvrard Park, Bath Street, opposite the Tourism Bureau. For more information, phone Mareletta van Zyl-Wohlfarter on 0 023 614 1895 or send an email to mareletta@loudadvertising.co.za. )) The McGregor Market takes place every Saturday from 08:45 on the corner of Voortrekker and Church Street. )) The National Youth Arts Festival will take place on July 18 at the Dutch Reformed Church in Montagu.

Mini Mense help met ontwikkeling MINI MENSE bied nou aan ouers in Robertson die geleentheid om werkwinkels saam met hul babas, kleuters en peuters by te woon en hul kinders se ontwikkeling met speletjies en pret te bevorder. Die Mini Mense-program is oor 15 jaar ontwikkel met die insette van onderwysers, ouers en arbeidsterapeute. Kinders se tas- en spraaksintuie word ontwikkel, terwyl die kind ook motoriese ontwikkeling, konsentrasie, kreatiwiteit en probleemoplossing aanleer. Mini Mense is in 2000 op Worcester deur Elsabe Mienie begin, maar Nadia Naudé is die onderwyser by die Robertson-tak. Naudé is gekwalifiseer in B.Ed. Grondslagfase. Sy het vir twee jaar in Londen onderwys gegee en was daarna vir sewe jaar ’n gr. R-onderwyseres by die Laerskool Worcester-Oos. – Promosie-artikel

THE Golden Valley Casino in Worcester will play host to two marquee shows in June, showcasing hot local talents in one weekend of music. What’s more, is that two Gazette readers can win double tickets to one of the events. On Friday, June 29 guests can enjoy a triple bill of entertainment starring the popular singer, actor, entertainer and producer Emo Adams with Donovan Dyers’ exciting live band Public Opinion and the jazz music and songs of the talented foursome The N2 Jazz Band. Adams, a multitalented crooner and comedian, known for his roles in District 6: The Musical, promises to have the audience in stitches, while the experienced Public Opinion entertains with a vast range of musical styles such as funk, reggae, pop and jazz. The following night’s entertainment will see indie pop rockers the Graeme Watkins Project

playing hits such as “London Bridge” and “Music Affair”, as well as the operatic vocals, huge guitars and rolling drums of 3rd World Spectator, a Cape Townbased rock band, Jesse Jordan and top alternative rock band aKING. Tickets cost R120 and are available at computicket. Music enthusiasts can book their seats on 0 083 915 8000 or at www.computicket.com.

)) The Breede River Gazette is giving away two sets of double tickets. To stand a chance to win one of these double tickets, SMS your name and the answer to the following question to 35405 by Friday, June 18. Each SMS costs R1,50. Question: In what wellknown munical did Emo Adams perform?

Celebrate Youth Day with local talent THE Rural Arts Development (RAD) Foundation will be hosting a Youth Day celebration at the Montagu Primary School on Saturday, June 16. The event will begin with the semi-finals of the IT Factor talent search competition, which was held across all the Langeberg towns (the finalists will perform at the Canola Festival in Swellendam on August 10). Emile Minnie, accomplished musician, writer, performer, recording artist and Montagu Youth Arts Festival music adjudicator, has also offered Montagu schools the opportunity to sing in a mass choir event. He provided the lyrics, music and backtracks to two of his own songs, “Vang My” and “Sandkasteel”, and will perform with the schools on the day. The choir will sing at 16:00. For more information on the Youth Day celebration, email Helen Gooderson on ruralartsdev@gmail.com or phone her on 0 082 886 8023. Also visit the RAD Foundation page on Facebook.

Emo Adams

Só neem graad sewes afskeid DIE graad sewe-klas van die Laerskool Koo het op Donderdag 12 April ’n avontuur aangepak as afskeid van die skool en ter voorbereiding vir die hoërskool. Die groep van tien leerlinge is deur ouers en onderwysers vergesel na die Cederberge, waar hulle ’n verskeidenheid dagstaproetes oor die naweek aangepak het. Die leerslinge het ook die kans gehad om te kamp, in ’n poel onder ’n waterval te swem, ’n gewaagde staproete te voltooi en Khoisan-tekeninge in die Stadsaalgrotte van nader te bekyk. Die leerlinge, ouers en skool sê dankie aan Faan en Liesa Nieuwenhuis wat die staptoer gereël het.

Van links is Christopher Butler, Anro van Eeden, Johan Zurnamer, Euwen Botha, Wika Jordaan, Alexander Heyns, Bianca Nortjé, Cindy Anger, Ja­ na Groenewald en Willie Kriel.

Kaapse kinders gee vrygewig TWEE skole van Kaapstad het ’n skenking aan die Willem Buchholz Primêre Skool buite Robertson oorhandig. Die oorhandiging is ’n jaarlikse instelling. Die kinders en personeel van Willem Buchholz Primêr het hul dankbaarheid teenoor die Valmary Park Preprimêre Skool en Dur- Op die foto is die graad 2­leerlinge van banville Voorbereidingskool ge- Margie Conradie en Lindie Lourens se toon wat, soos voorheen, vir hulle klasse wat almal iets van die Kaapse skole tweedehandse en nuwe skoene, ontvang het. warm klere, sokkies, serpe en musse bymekaargemaak het. wat nog hul harte oopmaak vir ons “Dit maak ons harte bly om te weet plattelandse kinders,” sê die onderdat daar Kaapse kinders en skole is wysers van die skool.


Dinsdag 12 Junie 2012

Nuus/News

Breederivier Gazette

Waarheen met al die vullis? DALEEN FOUCHÉ

I

NWONERS van Bonnievale wil ’n stokkie voor die munisipaliteit se planne steek om die munisipale stortingsterrein na die Stockwell-terrein buite die dorp te verskuif. Met die Zolani-stortingsterrein buite Ashton wat amper volkapasiteit bereik het, is die Langeberg Munisipaliteit besig om provinsiale goedkeuring te verkry om die Stockwell-terrein vir vullisstorting te gebruik. Die Gazette het na aanleiding hiervan ’n brief van Chris van Zyl, Vernon Roberts en Pierre Albertyn, drie sakemanne van Bonnievale, ontvang waarin hulle waarsku dat die Stockwell-terrein die munisipaliteit miljoene rande uit die sak sal jaag. Dít is gebaseer op die bevindings van ’n aktuaris wat deur inwoners aangestel is om die berekening te doen en die

ekstra koste op grond van die munisipale begroting uitgewerk het. Volgens die aktuaris se verslag sou daar in 2012 alleen meer as R1,5 miljoen aan vullisverwydering spandeer word, sou die stortingsterrein by Stockwell wees – die bedrag wat die munisipaliteit dus sal bespaar as hulle nié die terrein verskuif nie. Maar mnr. Soyisile Mokweni, munisipale bestuurder, bevraagteken die bedrag en die dokument as geheel. Hy sê met die opstel van dié tipe verslag moet daar ’n aantal aannames gemaak word, wat nie noodwendig korrek is nie. Mokweni sê dit is onmoontlik om R1,5 miljoen te bespaar, aangesien die begroting vir vullisverwydering in 2012 slegs R500 000 is. Mokweni sê verder dat die Stockwell-terrein slegs 10 km van die huidige terrein af is en

dat dit nie ’n verskil van R1,5 miljoen kan maak nie. Volgens die Bonnievale-inwoners is Stockwell uit ’n lys van 15 ander moontlike terreine gekies, waarvan een die Bullida-terrein buite Robertson is. Dit is op die R60, aangrensend tot Nkqubela. Bonnievalers glo dat dié grond meer geskik is vir ’n stortingsterrein omdat dit sentraal is. Hulle redeneer dat 75% van alle huishoudelike vullis in die Langeberg uit Robertson en Ashton kom en slegs 9% uit Bonnievale. “Op verskeie openbare vergaderings is hierdie terrein (Stockwell) as onlogies en nie-kostedoeltreffend uitgewys, maar die Bonnievale-perseel is steeds die aangewese perseel,” lui die brief. Mokweni meen egter dat Bullida nie geskik is nie, omdat die omgewing plat is en ’n stortingsterrein ’n negatiewe visuele impak sal hê. Hy sê Bullida

Die huidige stortingsterrein in Zolani is bykans vol. Foto: Daleen Fouché is op die uitsigroete (scenic route) en naby van die area se topwynkelders. Daarteenoor is Stockwell nie sigbaar van enige hoofpad af nie en is dit 1,7 km van Bonnievale af, terwyl Bullida net 500 m

Familie verloor alles in brand DALEEN FOUCHÉ ’n FAMILIE van 14 het die afgelope naweek al hulle aardse besittings en huis in ’n brand verloor. Die brand het Sondag rondom 04:00 by die huis by Papawerlaan 11 in Môreson uitgebreek. Neville en Doris Brown, eienaars van die huis, was Maandag nog in skok ná die brand, maar verlig dat niemand tydens die brand be-

Die afgebrande huis in Môre­ son. Foto’s: Shaun Jones

Jeugdag op R’son gevier JEUGDAGVIERINGE word op 16 Junie deur die La Colline-gemeenskap aangebied. Dit sal ’n konsert deur die groep Soul Savers in die Langeberg Sekondêre Skool se saal insluit. Werkwinkels oor dans en musiek sal van 09:00 af aangebied word. Die jeuggroep sal om 19:00 hul funksie aanbied. Die koste beloop R15 per persoon.

seer is nie. Doris het aan die Gazette vertel dat hul oupa, Johannes September (102), wat by hulle woon, Sondag vlugtig in die hospitaal was nadat sy baadjie vlam gevat het. Hy is egter dieselfde dag nog ontslaan. Volgens Doris het haar tweejarige kleinkind eerste die brand opgelet het en die familie wakker gemaak het. Sy vertel dat die huis daarna ontruim is. Die gemeenskap het dadelik ingespring en begin help om die brand te blus. “Teen die tyd wat die brandweer aangekom het, was die vuur klaar uitgebrand.” Doris sê dat die familie alles in die brand verloor het. Raadslede Dannie September en Eva Turner van Wyk 3 sê die gemeenskap het Sondag en Maandag kos vir die familie aangedra en on-

Die meeste van die Brown­gesin se besittings is in die brand verwoes, maar meubels wat gered kon word, staan nou buite. dersteuning aan hulle gebied. Maar, sê Turner, die familie gaan nog baie hulp nodig hê. Sy sê die Langeberg Munisipaliteit gee aan die familie twee wendyhuise as tydelike verblyf todat die familie weer hul huis herbou het. Doris sê haar man is ’n bouer en kan self die huis herbou, maar hulle het hulp

nodig met materiaal. Hulle kort houtbalke, bakstene, sement en dakplate. Doris sê die gesin sal ook enige ander lewensmiddele soos klere, sanitêre benodigdhede, skoene en beddegoed waardeer. )) Donasies kan by die Breederivier Gazette se kantoor in Kerkstraat afgelewer word.

van Nkqubela af is. Mokweni sê dat die ontwikkeling van ’n nuwe stortingsterrein baie duur is en dat daar altyd vervoerkoste gepaard sal gaan met die verwydering van vullis, ongeag waar dit geleë is.

3


4

Breederivier Gazette

Nuus/News

Donasie:

Dinsdag 12 Junie 2012

20 Jaar diens: Re­

Donderdag 7 Junie was Internasionale Baljudag. Die balju se kantoor op Robertson het die dag gevier met ’n besoek en ’n donasie van R1 000 aan die Joseph Matwa­tehuis vir ouer persone. Ag­ ter (van links) is Edward Terblanche (adjunkbalju op Robertson), Benja­ min Koen (balju op Robertson), Gra­ ce Grobler (administrasieklerk by Joseph Matwa­tehuis), Nondobeko Stevens (algemene werker by die te­ huis) en Sophie de Vos (versorger by die tehuis). Voor is Charlene Henry (adjunkbalju van Mitchells Plain, Chantall Blaauw (administratiewe klerk by die balju se kantoor op Ro­ bertson), Lulama Nentsa (bestuur­ der van Joseph Matwa) en Elizabeth Pieterse (versorger by die tehuis). Foto: Daleen Fouché

becca Ge­ duld is op Donderdag 7 Junie deur haar kolle­ gas vereer vir haar 20 jaar diens by die ACVV­ dienssen­ trum. Sy is met koffie en koek by Af­ fieplaas be­ derf en is be­ skryf as ’n mens wat elke dag die senior burgers met deernis han­ teer. Van links is Paula Adendorf (voorsitter van die ACVV), Geduld en Julene Frazenburg. Foto: Daleen Fouché

Uniek op sy eie manier! By Strictly Coffee rooster personeel self die koffie en verkoop hulle dit vars, alles volgens die kliënt se behoefte en smaak. Neem ’n blaaskans en geniet ’n vars koppie koffie tussen die heerlike aromas van geroosterde koffiebone. Die baristas is Gregory (links) en Tony.

Peckers is alomgewild vir sy rustige, luilekker atmosfeer. Heerlike pannekoeke kan geniet word saam met ’n koppie koffie. Hier kan jy ook snuffel vir pragtige geskenke of ’n reeks skryfbehoeftes.

Met ’n nuwe bestuur bly Café Rosa steeds een van die gewildste koffiewinkels op Robertson. Geniet tuisgemaakte disse voor die kaggel of heerlike ligte etes in die tuin. Café Rosa is gelisensieerd en het ook ’n speelarea vir kinders.

Die Brazilian Café is trots op hul vinnige diens en kom tot die redding van al die naguile op die dorp – en dié wat deurry – omdat hulle 24 uur ’n dag oop is.

Met die intrap by de Bakkerij word jou reuk­ sintuie geprikkel met die aroma van vars brood en tuisgemaakte disse. Lekker gebak, ligte etes, koffie en vele meer is hier te koop.


Dinsdag 12 Junie 2012

On Wednesday evening, May 30 the Robertson police held an Imbi­ zo at the Danie de Wet Hall. About 50 residents of the rural communi­ ty attended the meeting. Col. John Alexander, station commander, explained the crime statistics and attended to residents’ complaints. The Imbizo was also attended by members of the Robertson station management section.

The Robertson police are looking for Mpotane Phofu, who could as­ sist them in the investigation of a murder case. Phone Warrant Offi­ cer Rachell Burger with informati­ on on 0 023 626 8353/082 457 8441. )) The Robertson police will host an Imbizo on Wednesday (June 13) at 18:00 at the Nkqubela Community Hall. All members of the community are invited to attend the meeting. )) Lt. Cynthia Mngcele and the Robertson police wish to thank the owner of Club Stables in Robertson for the use of the club by their fundraiser committee on June 1 for a fundraiser. According to Mngcele Club Stable offers a safe environment for people in which to socialise. She warns residents not to socialise at shebeens. )) The Robertson police are looking for the owner of a grey Sahara laptop. Proof of ownership is required before the laptop can be handed over.

Nuus/News

Breederivier Gazette

5


6

Breederivier Gazette

Laat jou eerder toets SIEKTE, veral chroniese siekte en ernstige toestande soos kanker, is iets waaroor die meeste mense nie maklik wil praat nie. Hulle verkies om soos die spreekwoordelike volstruis hul kop in die sand te steek. Die gesindheid wat baie mense het, is dat as daar gemaak word asof dit nie bestaan nie, dit nie met húlle sal gebeur nie. Volgens mediese verslae is daar ’n toename in mense wat aan hartsiektes sterf, mense wat diabetes ontwikkel en mense met hoë cholesterolvlakke. En volgens hierdie verslae is die toename in hierdie siektes te wyte aan ons eetgewoontes en ongesonde leefstyl. Die departement van gesondheid maak dit makliker vir mense om van hul gesondheidstoestand bewus te wees deur gratis of gesubsidieerde toetse beskikbaar te stel. Daar is ook gratis of afslag-toetse vir kankers waarna verwys word as die silent killers, soos prostaatkanker en servikale kanker, waarvoor, in die stadium dat die lyer vermoed daar fout is, behandeling dalk te laat kan wees. Dit is belangrik dat mense hulself laat toets (soos mans wat Junie en Julie kan aangryp om die PSA-toets te laat doen), want hoewel dit moeilik is om te aanvaar dat ons dalk nie honderd persent gesond mag wees nie, toetse kan help om ’n siekte of kanker vroegtydig te identifiseer sodat die korrekte behandeling gekry kan word en die pasiënt se lewe verleng kan word. Om nie van die legio vinnige en pynlose toetse wat beskikbaar is gebruik te maak nie, dobbel ons met ons lewens. Dit is beter om te wéét dat daar niks fout is nie as om te wonder of alles reg is.

Briewe/Letters

Dinsdag 12 Junie 2012

My heel eerste Wacky Wine Weekend D

IE langverwagte Wacky Wine Weekend is nou verby en slegs ’n paar gebreekte bottels, moddermerke en foto-herinneringe is oor van die feestelike geleentheid. Die naweek het ek my eerste Wacky Wine Weekend beleef en ek was verstom oor die verskeidenheid aktiwiteite, kossoorte, wynprodukte, musiek, mense en kleure wat dié fees by mekaar uitbring. My naweek het vroeg Saterdagoggend begin, want die huisflooi hou nie van die reën en koue nie. Ek het Vrydagaand vroeg in die bed gespring met ’n opgewondenheid in my hart wat vergelykbaar is met kinders se afwagting op Kersfees. Saterdagoggend is ek en Manlief na Robertson waar ek verbaas toegekyk het hoe die rustige dorpie in ’n miernes verander het. Mense het in die rustige strate gestap met hul paspoorte (’n wynglas) in die hand of wat om die nek hang. Die feestelike atmosfeer was aan-

Gee oor die kleurgrense heen om MARLON VILJOEN van Robertson skryf: As wykskomiteelid van Wyk 2, blok 7 van die Langeberg Munisipaliteit, wil ek graag vandag iets deel met die groter gemeenskap. Woorde wat nou al vir amper 18 jaar deel van ons samelewing geword het en my irriteer, is die woorde “agtergeblewene” en “minderbevoorregte”. En in die meeste gevalle word daar net na swart gemeenskappe verwys in hierdie konteks. Baie jare gelede, in ’n baie ou politieke bestel, was daar nie skole, gesondheidsorg, behuising of lopende water vir die Kleurlinggemeenskappe nie. Maar die dinge het verbeter met die verloop van tyd. Soos ons weet, was hierdie tekorte en ontneming van voorregte vir baie jare die swart gemeenskappe se lot. Maar na die ANC in 1994 aan bewind gekom het, het hierdie toedrag van sake totaal en al verander in die nuwe demokrasie van ons land. So ook vir baie Blankes, wat ook maar agtergeblewenes en minderbevoorreg was deur baie jare as gevolg van die ou politieke partye van destyds. Dit is seker een van die mees mistastende sienings dat alle blankes gescore het in die vorige bedeling. Gelukkig is daar die mense in die nuwe bestel wat dit besef en bereid is om dit te deel en uit te leef, mense so na aan my hart, met wie ek tans werk in die Langeberg Munisipaliteit. Name wil ek nie noem nie, want hulle ken hulself. Hulle maak van ons samelewing ’n beter plek oor die kleurgrens heen. Laat ons dinge nou na 18 jaar van demokrasie uitleef soos my held en mentor dit sou wou gehad het. Ek haal aan uit sy toespraak aan die regter tydens die Rivonia-verhoor van 1964. “During my lifetime I have dedicated myself to this struggle of the African people. I have fought against white domination and I have fought against black domination. I have cherished the ideal of a democratic and free society in which all per-

steeklik en die wyn het gevloei. Die duisende stalletjies met handgemaakte produkte was ’n bewys van ons inwoners se kreatiwiteit en oorspronklikheid! Na al die opgewondenheid van die vol strate het ek en Manlief ’n vars koppie koffie geniet en weer tweede asem gekry vir die res van die dag. In die namiddag is ons na Rusticus waar ons rustig voor die kaggel gesit en aan ’n glasie wyn geteug het. Ek het my verkyk aan die mense. ’n Fees gee ons as mense die moed en die lus om kleurvol aan te trek en ons hare los te laat. Dit gee ons ’n geleentheid om te vergeet van ons derduisende bekommernisse en saam met vriende en familie die fyner dinge (soos wyn en

sons live together in harmony and with equal opportunities. It is an ideal which I hope to live for and to achieve. But if need be, it is an ideal for which I am prepared to die.” Laat ons saam oudpresident Mandela se droom uitleef. Amandla!

Skoolhoof sê dankie vir fotoblad SANETTE PRINS, skoolhoof van Robertson Voorbereidingskool, skryf: Namens die beheerliggaam, personeel en leerders van Robertson Voorbereiding wil ons graag die volgende instansies bedank vir hul bydrae om die promosieblad van ons sportdag moontlik te maak: Breërivier Besproeiing, Boland Motors, Boland Aanrol Gras en CCD Konstruksies. Baie dankie vir julle ondersteuning om ons leerders en skool in die gemeenskap uit te dra. Hierdie blad sou ook nie moontlik gewees het sonder die wonderlike insette en inisiatief van Zelda Kloppers van die Gazette nie. Julle verdien hierdie week die Gazette se spreekwoordelike kis soetwyn!

Great service from municipality MURRAY MACDONALD from Robertson writes: I want to thank Ms Lesia from the Lan-

musiek) van die lewe te geniet. Die hoogtepunt van my naweek was ’n vertoning van Jo Martin by Wolfkloof. Dié besondere musikant het ’n huldeblyk aan Pink Floyd gelewer en van hulle klassieke treffers gespeel. En dit nogal met gemak en passie wat die gehoor verstom het. Na die lekker kos, goeie musiek en smaaklike wyn is die gehoor met ’n vuurwerkvertoning bederf en na elke asemrowende ontploffing van kleure is daar ge-oe en ge-aaah! Sondag was egter ’n perd van ’n ander kleur en besoekers het stadig maar seker begin inpak en regmaak vir die pad huis toe. Die gumboots (tradisionele Wackyskoene) was vol modder en die kinders is vir ’n laaste keer toegelaat om op die ponies te ry en op die springkasteel te spring. Mense het nog rustig gesit en wynproe. Maar drupsgewys het die feestelike besoekers die pad huis toe aangedurf en met ’n glimlag op hul gesigte weggery.

geberg Municipality (Department Community Projects) for her quick response to my complaint about dumping in public spaces along the Drooge River in Robertson. It is noteable that under Mr Mokweni’s management we have experienced rapid response and informative feedback to all our niggles. I think we live in one of the very best managed local municipalities in South Africa. Keep up the good work.

Onderteken jou brief, asseblief HOEWEL lesersbriewe aan die redakteur verwelkom word, word briefskrywers herinner dat alle inhoud wat in die Gazette gepubliseer word, aan die SuidAfrikaanse Perskode en die beginsels van billike en regverdige kommentaar moet voldoen. Plasing bly dus onderhewig aan die oordeel van die redakteur, wat dit op grond van dié kode en beginsels evalueer. Briewe kan ook slegs gepubliseer word as die skrywer se volledige naam en kontakbesonderhede verskaf word. Skrywers wat ’n skuilnaam wil gebruik, moet asseblief meld waarom hulle die skuilnaam verkies, maar moet steeds vir ons aandag hul volle naam en kontakbesonderhede verskaf. Ons bedank graag al ons lesers vir hul belangstelling en deurlopende ondersteuning. – Red.

Readers are invited to send their comments about any issue in the newspaper, or in their community, to the Gazette. SMSes that contain the name of the sender will have a better chance of being published. Publication remains at the discretion of the editor.


Dinsdag 12 Junie 2012

Nuus/News

Breederivier Gazette

Raad vir matrieks

Piet van Zyl, manager of the Vrolijkheid Nature Reserve, welcomes guests to the opening of the Braille trail. Photos: Daleen Fouché

A learner from the Pionier School in Worcester reads the first Braille infor­ mation sign on the Braille trail.

Learners from the Pionier School in Worcester set off on the new Braille trail in the Vrolijkheid Nature Reserve.

Vrolijkheid opens new Braille trail DALEEN FOUCHÉ

T

HE Vrolijkheid Nature Reserve, situated outside McGregor, introduced its new Braille trail last Tuesday (June 5). The trail, known as the Herron Trail, was redesigned with the visually impaired in mind, in order to make the reserve accessible for persons with disabilities. CapeNature, which manages the reserve, introduced a policy in 2007 aiming to transform their reserves in order to serve all communities, including persons with disabilities. The first fruition of this policy was the redesign of the Palmiet Trail in the Hottentots Holland Nature Reserve, which also caters for the visually impaired. This policy paved the way for Vrolijkheid manager, Piet van Zyl, to approach Eco Access, an independent company, to consult the reserve on the way forward.

The Friends of Vrolijkheid, a group of community-minded people and nature lovers who look after the interests of the reserve, took on the challenge and started raising funds for the trail. Van Zyl then approached the Pionier School for the Blind in Worcester to gain insight into how best to serve the blind community. Previously, the Herron Trail, which leads to the bird hide, was made wheelchair friendly when the Friends of Vrolijkheid raised funds for the reserve to build a boardwalk leading up to the bird hide and paved paths to the picnic area. These improvements were officially opened in 2010 by Anton Bredell, Minister of Local Government, Environmental Affairs and Development Planning. The new improvements to the trail include 15 information boards along the path, which give insight into the fauna, flora and history of the reserve. The information boards have written informa-

tion in Afrikaans, English and Braille on the back. Yellow ropes were also added to the starting point and the board walk areas of the trail to guide the blind and visually impaired. The effectiveness of these additions was put to the test at the official opening of the trail, when learners from the Pionier School walked the trail for the first time. CapeNature officials watched in awe as the learners found their way along the trail and discovered the natural gems of the reserve through the sounds, textures and information provided on the information boards. The highlight of the day was when a student from the school first read out loud from the Braille information board. Van Zyl said he is very happy about the initiative and appreciates the help of the Friends of Vrolijkheid. “This type of partnership help CapeNature to fulfil its vision to give access to all,” he concluded.

Bake your own breads! BY DANIQUE FULLARD

W

HEN is the last time you have baked a fresh loaf of bread? Well, if our mostly tightlyscheduled, extremely busy lives are anything to go by, probably not very recently. . . and in our defence, we are very spoiled with a wide range of fresh, divine breads and rolls our local supermarkets supply. However, making and indulging in home-baked breads is possibly one of the most therapeutic and satisfying culinary phenomena. My love affair with breads sparked on the streets of Italian villages, where street carts packed with an assortment of fresh meat-filled, herbaceous or sweet bread temptations were just too scrumptious to resist. Like many people, my inspiration to create these delectable delights and have my house filled with that rich bread aroma, was bombarded by a fear of me having to knead for hours and perhaps flop the lot! However, as an excellent accompaniment to soups and stews, I considered baking this winter again. Paging through old oil and flour-stained family recipes, I was amazed at how bread is so part of our country’s cultures. From savoury ‘vetkoeke’, braai breads, ‘potbrode’, farm style loaves, seed breads, buttermilk, beer, sweet corn and potato breads to sweet varieties like banana breads and jam rolls, there are so many divine kinds that are really not that difficult to bake on your own at home. Before you simply buy a loaf or a dozen rolls, consider baking your own. If you’re totally out of time, try this easy to make, flop-proof recipe that will

impress your guests. Spring onion and garlic rolls )) 4 cups flour )) 10 ml salt )) 10 g instant dry yeast )) 4 sprigs of spring onions, chopped finely )) 4 cloves garlic, peeled and crushed )) 375 ml tepid water )) 30 ml butter, melted Preheat the oven to 180 degrees. Sift the flour and salt and then add the yeast, spring onions and crushed garlic. Slowly add the water while you stir continuously, eventually forming a soft dough consistency. Knead the dough on a floured surface

until smooth and glossy and leave in a warm place for five minutes to rise. Knead again and divide the dough into 12 pieces – roll each into a bun. Brush the rolls with the melted butter and leave for another 15 min to rise. Bake for about 25 minutes. Serve hot with real butter. Part of our braai tradition often included making ‘roosterbrode’ or braai rolls on the grid. This recipe is an easy loaf option which is a lovely accompaniment with salads and meat. Real ‘potbrood op die kole’ Makes 1 loaf )) 750 ml self-raising flour )) 5 ml salt )) 1 x 340 ml can beer )) 60 ml sunflower seeds )) 1 x 410 g can sweetcorn kernels )) 15 ml chopped fresh parsley. Simply mix all ingredients, except the parsley, in a large mixing bowl and knead well. Place dough in a greased cast-iron pot, cover and leave for about one hour. Just before baking, sprinkle with chopped parsley and bake over hot coals for about 45 minutes.

’n MATRIEKAFSKEID is ’n wonderlike geleentheid vir jong meisies om op hul mooiste te lyk en jongmanne om soos here op te tree. Maar baie jongmense raak vasgevang in die bekommernisse wat so ’n groot geleentheid bring. Hier is raad vir matrieks om hulle matriekafskeid ten volle te geniet: )) Neem ’n lang, warm borrelbad voor die matriekafskeid om jou te help ontspan. )) Onthou om te glimlag! As jy jouself te veel bekommer, vergeet jy soms om te glimlag. Onthou dus om hoflik en vriendelik teenoor jou maat te wees en vir die kameras te glimlag. )) Probeer om die tyd saam met jou vriende te geniet. Die matriekafskeid is juis daar sodat vriende ’n gesellige aand saam kan geniet voordat hul paaie skei na skool. )) Geniet die kos! By formele funksies word van die beste kos voorgesit, maar vele kere is die gaste so besig met ander aktiwiteite dat hulle vergeet om die kos te geniet. )) Dans, selfs al dink jy jy kan nie. Die waarheid is dat die ander dalk ook skaam en te besig is om te kyk hoe ander dans!

7


8

Breederivier Gazette

Nuus/News

Dinsdag 12 Junie 2012

Wacky Wine Die Gazette het die naweek spandeer om ’n paar hoogtepunte by vanjaar se Wacky Wine Weekend op kamera vas te lê. Hier geniet ’n groep besoekers die rustige atmosfeer by Rusticus. Die besoekers is van Kaapstad, Durban en selfs Engeland. Foto’s: Daleen Fouché

Willem Stemmet van Robertson wys belang­ stellendes hoe om mampoer te stook.

Muller Bruwer (9) het vars lemoensap by die Robertson Farmers’ Market ver­ koop om sakgeld bymekaar te maak vir ’n vakansie in Botswana.

Hennie Jordaan (links) en Thomas Jamneck van Beans about Coffee het vele besoekers met hul vars koffiebone gelok.

Ronald West, ’n kunstenaar van Bredasdorp, het tydens die Wacky Wine Weekend in die Robertson Kunsgalery gesit en skilder. Besoekers het by Roodezandt in rye gestaan vir nog ’n glasie wyn.

Jo Martin speel kitaar tydens sy Pink Floyd Tribute Saterdagaand by Wolfkloof.


Dinsdag 12 Junie 2012

Nuus/News

9

Breederivier Gazette

Weekend fun Lynn Thirion en Ronnie Mouton van Kaapstad het vir hulle elkeen ’n paar nartjies uit ’n groot krat vrugte by Excelsior Kelder gesoek. Foto’s: Daleen Fouché

Donkiekarritte het gesorg vir groot opwinding by Excelsior Kelder.

Die span van Ex­ celsior Kelder het Son­ dag hul wyn met besoekers gedeel. Eienaar Freddie de Wet is hier saam met sy seuns Jacques en Peter.

Die Wacky Wine Week­ end was nie net vir groot­ mense nie. Dié klomp kinders het onder die waaksame oog van hul ouers heerlik baljaar op die spring­ kasteel wat by Excelsior Kelder opge­ rig was.

Die Arabella­span het Sondagoggend gereed gestaan om wyn vir besoekers te skink. Van links is Nicola Malherbe, Claire Lacroix, Estelle le Roux en Luzan Pieterse.

Dominik Marszalek en Kerry Hillier van Kaapstad het ’n groot verskeidenheid handge­ maakte hoede verkoop by Arabella.

ROBERTSON OPENING SPECIALS!

Pork Shoulder Ribs (Plain or Spiced)

22.99

p/kg

Chicken Braai Packs

19.99 p/kg

Albertinia Braaiwors

Brito’s Robertson: 27 Hoop Street. Robertson

22.99 p/kg

Prices valid at Brito’s Robertson from Friday 15 June until Saturday 23 June 2012. While Stocks Last. E&OE

A Grade Stewing Beef

42.99 p/kg

500g Smoked Viennas

Tel: 023 626 2655

9.99

each

750g Ham & Tongue

12.99

each


10

Breederivier Gazette

Geklassifiseerd

Dinsdag 12 Junie 2012

Dinsdag 12 Junie 2012

Loopbane

Geklassifiseerd

Breederivier Gazette

Kennisgewings DISTRIKSMUNISIPALITEIT

CAPE WINELANDS DISTRICT MUNICIPALITY

AANSOEK VIR ELEKTRIFISERING VAN LANDELIKE BEHUISING IN KAAPSE WYNLAND DISTRIKSMUNISIPALITEIT SE JURISDIKSIE GEBIED

APPLICATION FOR ELECTRIFICATION OF RURAL FARMWORKERS HOUSING IN CAPE WINELANDS DISTRICT MUNICIPALITY’S JURISDICTION AREA

Aansoeke vir subsidiëring van die elektrifisering van landelike plaaswerkerbehuising volgens die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit se Elektrifisering beleid (sonkrag) word tans ingewag. Aansoeke moet hierdie Raad se kantoor te Trappesstraat 51 of Posbus 91, Worcester, 6849 voor 14 Julie 2012 bereik om in aanmerking te kom vir moontlike subsidiëring. Aansoekvorms is by die volgende kantore beskikbaar:

Applications for subsidy for the electrification of rural farm workers housing according to the Cape Winelands District Municipality’s Electrification policy (solar), can now be submitted. Applications must reach this Council’s office at 51Trappes Street or PO Box 91, Worcester, 6849 before 14 July 2012 to qualify for possible subsidies. Application forms are available at the following offices:

Munnikstraat 27: Badstraat: Hoofstraat 194: Van Reenenstraat: Du Toitstraat 29: Trappesstraat 51:

27 Munnik Street: Bad Street: 194 Main Street: Van Reenen Street: 29 Du Toit Street: 51 Trappes Street:

KAAPSE WYNLAND

HOUSEHOLD for sale, lounge furnishers, bedroom suites, waching machine, solid wooden baby cot and a lot of other stuff. Contact 023 626 2136/082 926 6772

Baie geluk: Dié leerlinge van die Hoërskool Montagu is onlangs in die Boland­rug­ byoefengroep ingesluit. Van links is Auldrich Williams, Dustin Andrews, Herman le Roux, Casper van der Merwe en Kirk Esau.

JACK JAFTA. Geb.3/11/1947Gest.8/06/2011. Jou eerste jaar weg van ons en ons mis jou baie. Van jou vrou, kinders Jandré en Elmene, kleinkinders en familie.

Leerderleiers: Die Verenigde Raad van Leerders (VRL) van die Hoërskool Robert­ son het aan die “Children who can 4 children who can’t”­fondsinsamelingsveldtog deelgeneem. R1 380 is ingesamel en aan die Tygerberg­hospitaal se kinderafdeling geskenk. So leer RHS se leerders om uit te reik en mense in nood se las te verlig.

KRIEL HEIN. Geb.13/06/1994Gest.08/11/1998 Met liefde en verlange herdenk ons die 13de jou 18de verjaarsdag. Ure, dae, maande en jare het soos skaduwees verby gegaan. Die wond het genees, maar die letsel sal vir ewig in ons harte bly. Met liefde van Pappa Hein en Mamma Amanda.

HIERMEE wil ek net vir almal dankie sê vir die gebede, oproepe, en bystand met Johan se siekte. Spesiale dank aan Kirby, Miemie, Andries, Cinette en Faf vir dit wat julle vir my gedoen het, ek waardeer dit baie. Dis regtig ’n voorreg om ‘n Robertsonner te wees.

NEED cash??? R1 000 R100 000. Blacklisted and garnishee welcome. Contact Wendy at 076 6822 723. PERSONAL LOANS. Loans from R1 000 R120 000, permanent and contract workers.Bring Id, payslip and bankstatement and also proof of adress. Contact serene Readien 023 626 7035/ 084 344 5127. ROBERTSON RYSKOOL: Kom geniet die avontuur en ontspanning van perdry by die Robertson Ryskool.* Ons bied verskeidenheid van rylesse vir kinders en grootmense vir beginners en ervare ruiters *Outrides tussen die wingerde en langs die Breërivier * Wynproë op ‘n perd se rug of met die waentjie by Majors Hill en Springfield. * Perdrykampe vir kinders gedurende skoolvakansies * Mini kommando’s op Saterdae* Kinderpartytjies. Skakel ons gerus by 072 291 7631 of 082 402 7088. SOEK jy geld? Ek kan jou help. Lenings tussen R1 000-R100 000 en word goedgekeur binne 5 minute asook dieselfde dag uitbetaal. Skakel Fiona 082 422 2271.

ALMAL welkom mans en dames, verdien baie geld. Gratis opleiding. Werk vanaf jou huis met of sonder °n rekenaar. SMS jou naam, van en adres na 072 645 4047 vir brosjure. eDATA Group. Data entry jobs & training, own hours, steady income. SMS your name and postal adress for a full brochure to 072 959 8902.

11

Ceres Montagu Paarl Robertson Stellenbosch Worcester

Ceres Montagu Paarl Robertson Stellenbosch Worcester

Vir verdere navrae skakel mnr C Swart by 023 348-2300.

For further enquiries contact Mr C Swart at 023 348-2300.

M MGAJO MUNISIPALE BESTUURDER

M MGAJO MUNICIPAL MANAGER

Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit Alexanderstraat 46 Stellenbosch 7600

Human Communications C94770

Cape Winelands District Municipality 46 Alexander Street Stellenbosch 7600 Human Communications C94770


Breederivier

Year 16 • 12 Junie 2012 | Tel. 023 626 5212

Montagu-atleet voltooi sewende Comrades DALEEN FOUCHÉ

S

ELFS nadat Patti van Dyk van Montagu haar sewende Comrades-marathon voltooi het, is sy nog nie bereid om haar hardloopskoene op te hang nie. Van Dyk het die afgelope Comrades se 89 km in 11 ure en 28 minute voltooi. Sy sê dit was wel ’n swakker tyd as wat sy verlede jaar behaal het, maar meen die feit dat sy klaar gemaak het ,is vir haar ’n groot prestasie. “Die Comrades is die hoogtepunt van my hardlooploopbaan.” Van Dyk het aanvanklik beplan dat haar sewende Comrades ook haar laaste een is, maar het van plan verander ná die wedloop. Sy sê as ’n atleet tien Comrades-wedlope voltooi het, dan kry die atleet ’n permanente hardloopnommer en spesiale status. Dit is nou ook Van Dyk se nuwe doelwit. “Ek is so naby.”

Van Dyk sê sy het vanjaar pyn in haar knieë ervaar en haar enkel was teen die einde geswel, maar sy vermoed dat haar nuwe tekkies dalk ’n rol gespeel het. Van Dyk vertel dat daar ’n kameraderie tussen atlete ontstaan tydens die Comrades. Sy meen dat dit belangriker is om mekaar te help en by te staan as om jou tyd te verbeter. Sy verduidelik dat die dankbaarheid van mede-atlete saam met wie jy hardloop, opmaak vir verlore tyd. Van Dyk meen dat die Montagu-atletiekklub haar baie ondersteun met haar oefening. Sy sê sy is dankbaar vir mense wat saam met haar oor langafstande oefen sodat sy nie alleen en onveilig hoef te oefen nie. “Ek voel altyd beter as ek van die pad af kom,” sê van Dyk. Sy verduidelik dat wanneer sy hardloop, sy tyd het vir haarself en tyd om met God te praat. “Daar is ’n spirituele aspek betrokke.”

Patti van Dyk by die 2012­Comrades Marathon.

Rugby: Dié twee leerders van die Hoërskool Robertson is in die o.18­Bolandakademiespan opgeneem. Links is Brand Taljaard en by hom is André Hansen.

Bolandrugby:

Geluk:

Mooi so!

Jaco Louw, Dillon la Grange (o.18) en Taylyne Barkley (o.16) van die Hoërskool Bonnievale is in die Boland­rugbyoefengroepe opgeneem wat aan die finale Bolandproewe gaan deelneem.

Karate: Ashton se Goju Ryu­karatekas het uitgeblink by die karatekompetisie wat op 19 Mei in die Paarl gehou is en is in die WP­span opgeneem. Voor (van links) is Henri­ cho Swartbooi, Kischa Briesies en Sugene Galant met T. Mobo agter hulle. In die middel is Shanique Swanepoel, sensei Cynthia Coetzee en Lora Salie. Agter is Wilma Brie­ sies, Aniel Feyt en Mareka Conradie.

Hokkie: Kyle McMahon, o.14­hok­ kiespeler van die Ho­ ërskool Ro­ bertson, is vir die Bo­ landse o.14­Shiraz­ span ge­ kies.

André Bruwer, Roelou Bruwer en Theo Lou­ wrens van die Laerskool Robertson is vir die o.12­Lange­ bergrugbyspan gekies.

Nika Brink (o.18, links), Chameron Hansen (o.17, middel) en Nereen Goodman (o.12) van die Hoër­ skool Bonnievale is vir Bolandnetbalspanne gekies.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.