Worcester Standard Edition 19.01.12.pdf

Page 8

8

GEMEENSKAPSNUUS

STANDARD 19 JANUARIE 2012

Help haar droom verwesenlik CHRISTINE SMIT VIR ’n gr. 11­leerder van Esselen­ park Hoërskool lê nie net ’n nuwe skooljaar voor nie, maar ’n besoek later vanjaar aan Duitsland is los­ hande die opwindendste geleentheid van die jaar wat op haar wag. Quinreen Quinn (16) gaan as uitruil­ student op uitnodiging van FSA Youth Exchange na die Lessing Gymnasium in Köln waar sy vir sowat ’n maand lank by ’n gasheergesin sal tuisgaan. Maar voordat sy op die vliegtuig kan klim, moet Quinreen eers sowat R15 000 insamel om haar onkoste te dek. Quinreen is een van sowat 24 leerders wat uit verlede jaar se gr. 10­leerders in Duits vir die besoek gekeur is. Sy sal by ’n Duitse student, Lisa­Ma­ rie (17), tuisgaan wat verlede jaar by die Quinns as uitruilstudent tuisgegaan het. Die twee meisies het groot maats ge­ word en Quinreen se ma, Mary, sê Lisa­ Marie was soos ’n eie dogter en suster vir hulle.

In Duitsland sal hulle saam met hul gassusters of ­broers die skool besoek en in die middae opvoedkundige uit­ stappies onderneem. Die doel van die program is om die uitruilstudente se kennis van Duits te verbreed en hulle ook geleentheid te gee om meer van dié land se kultuur en ag­ tergrond te leer. Vir Quinreen, wat baie goed in Duits presteer en lief is vir musiek, lees en tale, en vir Mary, lê daar nou harde werk voor. Hulle het reeds begin om hamburgers te verkoop as deel van hul geldinsame­ ling, maar sê Mary, ’n enkelouer wat tans nie ’n werk het nie, dit lê soos ’n berg vir hulle voor. Die geld moet teen 15 Augustus in­ betaal wees. Gevolglik doen die Quinns ’n beroep op die gemeenskap se steun om hulle geldelik by te staan en Quinreen te help om haar droom te verwesenlik. Mense wat bereid is om ’n helpende hand uit te reik, kan Mary by 0 023 347 1809, of haar suster, me. Maureen Coetzee, by 023 342 6106, bel.

Me. Mary Quinn en haar dogter, Quinreen, bestudeer die dokumente met inligting oor Duitsland wat Quinreen in September as uitruilstudent gaan besoek mits sy betyds R15 000 kan insamel om haar onkoste te dek. Foto: Christine Smit

Wingerdblokkompetisie:

Alle belangstellendes word genooi na Worcester se wingerdblokkompetisie­boeredag op Donderdag 26 Januarie om 10:00 by die Pinotage­wen­ blok van Philip du Toit (Deetlefs Wines). Die gassprekers is mnre. Beyers Truter (Pinotage Assosiasie) en Rico Basson (VinPro). Toegang is gratis. Gaste moet asseblief voor 20 Januarie bevestig of hulle die geleentheid wil bywoon. Vir navrae of bespreking, bel me. Soria Muir (VinPro) by 0 023 347 1566 of me. Chantelle Potgieter (Deetlefs Wines) by 023 349 1260.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.