Worcester Standard Edition 19.01.12.pdf

Page 14

14

PROMOSIE

STANDARD 19 JANUARIE 2012

Skou vanjaar selfs nóg beter NÁ die reuse­sukses van verlede jaar se Worcester Landbouskou en Huis­ genoot­Musiekplaas, het organiseer­ ders dit goedgedink om dit die jaar nóg beter te maak. Vanjaar se skouhoogtepunte, bene­ wens die immergewilde Huisgenoot­ Musiekplaas met gewilde Suid­Afri­ kaanse musiekkunstenaars, skop af met die kroning van vanjaar se Mej. Worce­ ster Skou en die elegante skoudans. Dit vind Vrydag 20 Januarie plaas. Ander geleenthede wat voor die amptelike afskop van die skou plaas­ vind, sluit potjiekos­ en potspelkompe­

tisies die komende Saterdag in. Daar sal ook die dag ”stock cars”­wedrenne op die ovaalbaan gehou word. Die amptelike openingsfunksie (vir genooide gaste alleenlik) vind Dinsdag 24 Januarie plaas. Dit word gevolg deur die Damesaand die Woensdag met Dowwe Dolla as gaskunstenaar vir die aand. Ná die skou­optog Donderdag 26 Ja­ nuarie, word Mej. Mini­skou gekroon en vind die Senior Burger Spele plaas. Die Jeugskou maak ook om 14:00 oop vir kinders om te geniet. Die Donderdag en Vrydag (26 en 27 Januarie) word die beeste en perde op

skou in hul verskeie rasse en klasse ten toon gestel. Die perdeskou duur die Sa­ terdag vanaf 08:20 voort. Toegang vir die Vryburgers se Wyn­ tuin, Veepos, perde­, beeste­ en pluim­ veeskou en Jeugskou is R20 per dag. Toegang vir die hele terrein, inslui­ tend die Huisgenoot­Musiekplaas, be­ loop tussen R50 en R95. Dié kaartjies is by Computicket be­ skikbaar. Vermaak vir jonk en oud wag op besoekers aan die Worcester Skou Foto: Hilderine Schröder

Optog lei skou in MET ’n gejil en gejuig word die Worcester Landbouskou weer vanjaar afgeskop. Die jaarlikse fees is ’n hoogtepunt op die Vallei se kalender en oudergewoonte word al­ mal daaraan herinner met die geluid van die marsorkes en die geslypte talent van die trom­ poppies. Die skou­optog vind Donderdag 26 Januarie om 15:00 plaas. Die prosessie begin by HTS Drostdy en beweeg Hoogstraat op om soveel mense moontlik opgewonde te maak vir die geleentheid.

26-28 JANUARIE

KLEINPLASIE WORCESTER

et en spaar 25%! jou kaartjie by Computick *Koop voor 21 Januarie Kinders onder 6 is gratis.

Saterdag

Vrydag

Emo Adams

Prime Circle

Monique

Ricky Faber Valiant Swart

Andries Vermeulen

Nadia Louw

Annique

Tiro

Ray Dylan

André & Tiaan

Big Sky

Die Kaapse Affodille

Snotkop

Jomari

Adam Tas

Andriёtte Greyling

Gerhard Steyn

Gert Loubser

Rooies

Suzanne Rentzke

Larry Joe & band

Luna Paige

Vir nog inligting bel Christa by 082-904-8140

T UU E

N DI P O

Produkte van 10 wynkelders en drie olyfplase beskikbaar by die Parsen-proetent. Net die beste vir die wynliefhebber en fynproewer.

S!

FEE

Wyne, olywe, kaas, vars brode, soesji, salami’s en nog meer!

*Pendeldiens beskikbaar. Kontak Personal Tours by 072-014-1909

Vanjaar kan verbygangers selfs ietsie ver­ niet kry. Vanuit die Huisgenoot­bussie, wat ook deel van die stoet uitmaak, deel organiseer­ ders promosionele produkte uit soos hy deur die strate beweeg. Volgens me. Michelle Alexander van die Worcester Toerisme Assosiasie wil hulle die hele dorp bewus en opgewonde maak vir die geleentheid en nie net dié met toegang tot die internet en ander media nie. Die skou vind van 26 tot 29 Januarie by die Kleinplasie­skouterrein plaas.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.