Wapad - 18 Februarie 2016

Page 1

18 Februarie 2016

LEES JOU KAMPUS

Value your environment week

Hoewel die studente aan die NWU-Puk nie graag oor seks praat nie, is die mansbadkamermuur van dié kuierplek steeds ’n prikkel vir beide geslagte.

FOTO: HEINZ SCHOEMAN-STRUWIG

Seks: NWU konserwatiewer as ander

... maar baljaar steeds tussen die lakens

JEANELLE GREYLING & MICHELLE VAN WYK @JeanelleGrey @MichelleVanWyk10

D

it blyk dat seksuele teistering ’n speletjie onder studente landwyd is. Dit het onlangs aan die lig gekom dat senior mansstudente aan die Universiteit Stellenbosch (US) met mekaar kompeteer deur eerstejaarsvroue te teiken, met hulle te slaap en dan naamlyste te vergelyk. Prof Amanda Gouws, voorsitter van die seksuele teisteringkomitee aan die universiteit, het dié kompetisie verlede Maandag bevestig, berig Times LIVE. Volgens Gouws word naïewe eerstejaars juis geteiken omdat die

Iets om te sê?

universiteitsomgewing ’n vreemde ervaring is en hulle nog onseker van hulself is. Dié gedrag grens aan verkragting. Verkragting het ook by die Universiteit van Kaapstad (UK) in ʼn’n probleem ontaard. Die bevindinge op die NoordwesUniversiteit (NWU) se Potchefstroomkampus is egter omgekeerd. Hoewel ’n groep vrouestudente in BCur verpleegkunde erken het hulle stel naamlyste van hul seksmaats op om dit met hul vriende s’n te vergelyk, het die studente wat op kampus genader is, ongemaklik gevoel om oor dié saak te praat. Boonop dui die reaksies op Wapad se peiling oor seksuele aktiwiteit dat die studente grotendeels nie bewus van seksuele teistering is nie.

SMS 31750

Seksuele teistering is ’n speletjie onder studente landwyd. Slegs sowat 18% van die respondente het gesê hulle het al van seksuele teistering op kampus gehoor. Boonop het slegs 15% van die respondente gesê hulle het al gehoor van ander mense wat naamlyste van hul seksmaats opstel en vergelyk. Sowat 36% van die respondente het gesê hul name sal nie op so ’n lys verskyn nie, omdat hulle nie seksueel aktief is nie.

met die woord ‘wapad’ vooraan

Kan dié naamlyste as seksuele teistering beskou word? Volgens dr Annamagriet de Wet, lektor in onderwysreg, is seksuele teistering “die seksistiese grap, die fluit, die opmerkings oor iemand se lyf of seksuele lewe, die onwelkome aanraking, die manipulering vir seks en die uitoefening van mag oor iemand om die persoon as ’n objek vir jou eie seksuele plesier te gebruik”. Dit hoef egter nie fisiek of gewelddadig te wees om ’n negatiewe effek op die slagoffer te hê nie, het sy gesê. “Dit maak inbreuk op mense se waardigheid omdat dit hulle beledig of minderwaardig laat voel.” De Wet het gesê seksuele teistering veroorsaak dat die slagoffers

Teken in vir Wapad® se nuusbrief http://bit.ly/wapadnuusbrief

onveilig by plekke soos die werk, skool of universiteit voel – plekke wat nie bloot vermy kan word nie. Hul gevoel van gelykheid word ook beïnvloed, omdat die seksuele teistering op geslag, geslagtelikheid of seksualiteit gegrond is. Die kombinasie van “patriargie, seksisme, heteronormatiwiteit en kulturele persepsies oor manlikheid” word algemeen in ons samelewing aanvaar of genormaliseer, het De Wet gesê. Volgens haar moet dié idees hokgeslaan word en met nuwe idees vervang word om uiteindelik saam te leef. Sy het gesê ons moet diskriminerende optrede soos seksuele teistering “konfronteer en dit abnormaal maak, want solank dit normaal is, sal dit voortbestaan”.


2

Nuus 18 Februarie 2016

Interkampus COMPILED BY TYRAH JACOBS

MULTILINGUALISM AT YOUR FINGERTIPS JEANELLE GREYLING

University of Pretoria The Possibility of English only for Tuks The University of Pretoria (Tukkies) is revising their language policy. There are calls that English be the only language of tuition. The current policy states that English together with Afrikaans are the languages of tuition. Some are seeing it as a sign of UP’s willingness for moving

towards what they consider transformation, while others regard this as a threat. UP announced on 1 February that the findings of the task team that was appointed to review UP’s language policy, was submitted 26 January to the university’s Executive and the University Council.

University of the Free State Free ice-cream for students at Kovsies On Tuesday, 2 February, University of the Free State (Kovsies) students had a delicious surprise waiting for them. They were served with yummy ice-cream (strawberry, vanilla and mint-chocolate) and watermelon by Professor Jonathan Jansen, the rector and vice-

chancellor. The gesture was an unexpected, but delicious, surprise for the students. Annari Burger, a student at Kovsies, commented that she had been in a bad mood, “but then I saw the watermelon and thought that it was sweet of Prof.”

NWU (Mafikeng Campus)

Mafikeng student reaches final of reality show Natasha Sesing, a 4th year social work student, has been selected as an SABC 1 Top Six One Day Leader. She originates from

the Shaleng village in Taung. Sesing is the first contestant from the North-West province to make it to the finals.

NWU (Vaal Campus) Vaal student reaches final of reality show Sydney Madibo, Chairperson of the SRC of the Vaal Triangle Campus, has also been selected as a SABC Top Six One Day

Leader. Madibo, originating from Sebokeng, is studying towards his Bachelors in education.

@JeanelleGrey

A

s a student of the NorthWest University (NWU), you can now translate indigenous languages in an instant. The Centre for Text Technology (CTexT), a research and development centre at the NWU (Potchefstroom Campus), is dedicated to improve multilingualism through technology. CTexT is now launching machine translation and terminology systems, enabling anyone on the NWU network to do translations in the available language pairs. CTexT’s Autshumato project now provides two services to the NWU: the NWU Termbank and the NWU Machine Translation (MT) web service. The Autshumato project is sponsored by the Department of Arts and Culture, who initiated the project in 2007 with the aim of developing South African languages. Autshumato is being used by the National Language Service, the parliament, the NWU Institutional Language Services, the University of Johannesburg and the University of the Free State. It has also been downloaded internationally. Wildrich Fourie, applications manager at CTexT, said the NWU Termbank is used for the translation of single words and subject terminology. The MT web service allows you to receive the translations for a sentence, a document or a web page. Both services are userfriendly and can easily be accessed via any computer or mobile device on the NWU network.

TMS

NWU MT web service

Fourie describes the Termbank as “a terminology search engine”. The official subject terminology is provided in English and Afrikaans and CTexT is continuously adding Setswana data to expand the subject terminology. The terminology is verified and approved by terminologists. “We also have a general glossary for all the languages in South Africa,” Fourie said. It is now possible for any NWU student to search for translations in their subject area, while sitting in class.

The web service “brings all the machine translation systems together on one web page,” Fourie said. All the MT systems work from English to other languages. “We have translation systems from English to Afrikaans, Setswana, Sepedi and Xitsonga,” Fourie said. It is important to note that MT is not perfect and cannot understand the context of the text translated. Yet, it is still accurate: “Our Afrikaans is better than Google’s Afrikaans system and we are the only institution in the world that offers translations in the other indigenous languages,” Fourie said. CTexT hopes to cover all the indigenous languages, as well as implementing reverse MT systems, for example translations from Afrikaans to English. The system relies on the users of a specific language to improve the translations, as well as adding terminology. After the service translates a text, a link to improve the translation appears at the bottom of the page. A reviewer goes through the improvements and decides if the input was accurate. If the reviewer accepts it, your translation becomes part of the system. This means that the MT web service’s translation of similar text will improve the next time.

How it works Although the Termbank shows the translations alphabetically, you can adjust the language settings in order to prevent scrolling down to see the translation in your language of preference. You can search in any language, and the Termbank will provide translations in all the other available languages. You can also set a quick filter, allowing you to search in a specific term database, for example if you only want to search for terms in the Faculty of Engineering. The service is available at: http:// tms.nwu.ac.za

Follow the link to access the NWU MT web service: http://mt.nwu.ac.za

NoordwesUniversiteit maak verskil Jeanne-Mari Viviers, ’n tweedejaar LLB-student en inwoner van Eikenhofvrouekoshuis, ontvang ’n tjek van die Studentejoolgemeenskapsdiens. FOTO: ALDUS SMITH

MACHINE TRANSLATION WEB SERVICE

mt.nwu.ac.za

TRANSLATION

AT YOUR FINGERTIPS

WAPAD ADVERTENSIES.indd 1

This service is available to anyone with an internet connection! It can provide sentence, document and web page translation in any of the available language pairs. Automatic translation from English into Afrikaans, Sesotho sa Leboa, Setswana and Xitsonga. Machine Translation (MT): Computer attempts to automatically translate a provided text from one language into another Expectations: MT is not perfect and cannot replace skilled human translators. It can however aid in the translation process to ensure more consistency and to speed up the process by providing possible translations. This project is proudly sponsored by the Department of Arts and Culture.

04/02/2016 15:07


18 Februarie 2016

Nuus

3

Tweegesig

Dubbelstandaarde onder rassiste

FOTO: JACO-MARI FUTCHER

INGE-AMÉ SCHOEMAN @ingeame12

T

en spyte van die demokrasiewording in 1994, heers rasgebaseerde diskriminasie steeds in Suid-Afrika. Rassisme is steeds ’n daaglikse onderwerp op sosiale medianetwerke, in politieke gesprekke en onder die studente landwyd. Rassisme het sowat twee weke gelede by die Universiteit van Witwatersrand (Wits) vlamgevat toe ’n student ’n eksplisiete hemp met die woorde “Kill all white people” gedra het. Konflik het in dieselfde week in Pretoria ontstaan toe AfriForum slegs koek aan Afrikaanssprekende studente verkoop het. Dié politieke organisasie wou glo die onregverdigheid van universiteite se taalbeleide uitbeeld. Boonop het die Anti-Racism Action Forum (ARAF) in dieselfde tyd 22 klagtes teen FW de Klerk, voormalige apartheid-president, en Adriaan Vlok, voormalige minister van wet en orde, gemaak. Die klagte hou verband met beweerde misdade teen swart mense in die apartheidstyd waarvoor die Waarheid-en-versoeningskommissie (WVK) destyds nie amnestie aan De Klerk en Vlok toegestaan het nie. Dit is egter 22 jaar ná die demokratiese verkiesing. Suid-Afrika se bevolking het in 1994 uit sowat 38 miljoen mense bestaan. Dié getal het sedertdien na 54 miljoen mense gestyg. Hoewel amper die helfte van die huidige bevolking nooit onder apartheid gelewe het nie, word die samelewing steeds deur rasdefinisies gekenmerk. Die ANC is volgens prof André Duvenhage, programleier vir politieke studies aan die NWU, besig om die rassekaart te speel omdat hulle bekommerd is oor die 2016

plaaslike verkiesing. Hy het na ARAF se klagtes teen De Klerk en Vlok verwys “as ’n strategie om politieke legitimiteit te bekom”. “Dit is politiese misbruik,” het Duvenhage gesê. Volgens Duvenhage kyk ons steeds volgens ras na almal. Beide die huidige- en die apartheidsbedeling het raskriteria geïnstitusionaliseer. Die rassisme wat “deel

Die huidige- en die apartheidsbedeling het raskriteria geïnstitusionaliseer. van ons lewe” is, reflekteer in die implementering van die regeringsbeleid. “Die regering sê hy is ten gunste van ’n verenigde, nierassig, nieseksisties, demokratiese samelewing, maar ’n reusegetal wette – amper meer as tydens apartheid – hou die konsep van ras in Suid-Afrika in stand,” het Duvenhage gesê. Duvenhage meen ook dat die NWU se transformasiebeleid rasgebaseerd is.

ReformPUK Wapad het die opinies van belangegroepe op die NWU se Potchefstroomkampus ingewin. Ignatius Mokhatle, woordvoerder van Reform PUK, het gesê hy is bekommerd oor die rassisme teenoor swart studente op kampus. Volgens Mokhatle kan ’n mens slegs rassisties optree as jy ’n magsposisie beklee. Swart mense het

volgens hom nie die mag of hulpbronne om rassisties op te tree nie. “Wit studente kom van ’n voorheen bevoordeelde sisteem wat hulle vandag nog laat seëvier,” het Mokhatle gesê. “Omtrent 99% van die wit studente op kampus het motors, want al is sommige studente eers ná 1996 gebore, trek hulle steeds voordeel uit die verlede.” Volgens Mokhatle is rassisme op kampus geïnternaliseer. “As die studenteraad (SR) oor die beskerming van Afrikaans praat, dan is dit ’n wit gesig wat die saak verteenwoordig.” Selfs die feit dat swart studente aan die NWU steeds grotendeels tolkdienste moet gebruik is ’n simbool van rassisme, het hy gesê.

AfriForum Ian Cameron, woordvoerder van AfriForum Jeug, het ’n beroep op studente gedoen om Afrikaans te verdedig indien hulle deur antiAfrikaanse pogings aangeval word. AfriForum het ook ’n dokumentêre film, Tainted Horses, vrygestel, wat volgens AfriForum handel “oor die manier waarop die ANC geweld en terreur gebruik het om vrees aan te jaag en politieke teenstanders te neutraliseer,” het Cameron gesê. Hans Gildenhuys, voorsitter van AfriForum Jeug op die NWUPotchefstroomkampus, kon ná verskeie probeerslae nie vir kommentaar bereik word nie.

Deursneestudente Studente op kampus het verskillende menings oor dié kontroversiële tema.

Carla Pieters het gesê sy is “baie antirassisties”. “Ek dink dit is onregverdig om iemand sleg te behandel net omdat hulle ’n ander velkleur as jy het.” Sy het ook gesê studente is oud genoeg om hul eie keuses te maak: “Dit maak nie saak hoe jy grootgemaak is nie.” Sanam Roopa het gesê sy het nog nie rassisme op kampus beleef nie. “Ek kom goed oor die weg met almal. Ek het geen klagtes nie.” Ammaarah Shaik het egter gesê “daar is definitief ’n atmosfeer van rassisme op kampus”. Sy het wel gesê sy het nie ’n probleem met iemand nie. Lauren le Grange kan ook nie van rassisme op kampus getuig nie. “Ek glo die tolkdienste en parallelmediumklasse maak ons universiteit meer divers. Ek dink rassisme is dalk erger op ander kampusse in die land.” Twee anonieme mansstudente en koshuislede het gesê rassisme kom in koshuise voor. Dié rassisme kom egter van beide kante. Rebecca Thobela en Wilhemina Ngwenya het albei gesê dit is soms vir swart en kleurlingstudente sleg om in die koshuis te wees, omdat hulle nie altyd betrek word nie. Studente wat nie in die koshuis is nie, ervaar rassisme dalk anders, het hulle gesê. Thato Thinane, ’n eerstejaar, het egter sover ’n positiewe ervaring op dié kampus, omdat sy al haar klasse in Engels bywoon. Sy het gesê sy het “snaaks genoeg” baie ander swart vriende. Rassisme is nie ooglopend op kampus nie, het sy bygevoeg. Ryan Murdoch het ’n truspieël as voorbeeld gebruik: “As ’n mens aanhou fokus op dit wat agter jou is, kan jy nie fokus op dit wat voor jou aangaan nie.” Bronne: Times LIVE, Netwerk24

Double standards of racism After 22 years of democracy, racism in South Africa is still a daily subject. Yet, according to prof André Duvenhage, program leader of political sciences, almost half of today's population never experienced apartheid. He said the ANC is definitely playing the race card, because they are worried about the local elections in 2016. Duvenhage said the 22 charges that Anti-Racism Action Forum (ARAF) laid against FW de Klerk, former apartheid president, and Adriaan Vlok, former minister of law and order, is “a strategy to obtain political legitimacy”. He said we look at everyone according to race and that it is part of our life. It reflects in the implementation of the government policies. The government has always institutionalized the race criteria. Duvenhage has also confirmed that the university's transformation policy is based on race. NWU:

• AfriForum Youth sold cakes

exclusively to Afrikaans speaking students, claiming to showcase the injustice of universities' language policies.

• Ignatius Mokhatle, Reform

PUK spokesperson, said racism prevails against black students on campus. According to him, one cannot be racist if one does not have the resources. Therefore, black people cannot be racist.

• The average student at the

NWU’s Potchefstroom Campus, regardless of their race, does not experience racism on campus.


4

Nuus 18 Februarie 2016

Ongeluk eis student se lewe

SONA –

RENERA LOUWRENS

HEINZ SCHOEMAN-STRUWIG

@JuanitaRenera

O

p 4 Februarie sterf Johan Du Plooij, ’n derdejaar teologiestudent en ook lid van Heimat manskoshuis, van infeksie as gevolg van ’n ongeluk. Op 9 Januarie was Johan in ’n ernstige motoringeluk naby Magaliespark, betrokke. Hy is in ’n kritieke toestand deur paramedici na Netcare Gardern City hospitaal in Johannesburg geneem. Volgens Johan se ma, Marthie Du Plooy, is hy op 18 Januarie geopereer om die frakture aan sy gesig te herstel en op 22 Januarie het hy geleidelik bygekom. Marthie het ook gesê dat Johan ’n dag daarna sy linkerarm en linkerbeen beweeg het. Op 25 Januarie was Johan weer vir breinskanderings. Die skanderings het geen skade op die brein gewys nie en twee dae daarna het hy onafhanklik, sonder die respirator, begin asemhaal. Op 2 Februarie was daar beplan om hom om 09:00 oor te skuif Midstream Rehabilitasie Sentrum toe in Midrand. “Johan is toe nie oorgeskuif Midstream toe nie. Hy het infeksie gekry,” het sy ma gesê. Johan se toestand het daarna versleg en sy familie is terug geroep hospitaal toe. Johan is op 4 Februarie oorlede in die hospitaal. Hy is Vrydag 12 Februarie deur sy vriende en familie in Daspoort begrawe.

@HeinzStruwig At this year’s SONA it was business as usual with Zuma not discussing much he hasn’t discussed in previous SONA’s. The main change was the interruptions during the speech, which, though providing for some social media comedy, was nonetheless disruptive.

J

ohan du Plooij, ’n derdejaar teologiestudent en inwoner van Heimat-manskoshuis, is oorlede. Hy was op 9 Januarie in ’n ernstige motorongeluk naby

It was business as usual with Zuma not discussing much he hasn’t discussed.

FOTO: VERSKAF

NWU accounting students excel in national exams RENERA LOUWRENS @JuanitaRenera Chartered accountancy (CA) graduates of the North-West University do their alma mater proud. Prospective CAs write two sets of national qualifying examinations set by the South African Institute of Chartered Accountants (SAICA) after graduating from university. These tests are a necessity for all CA students serious about their

careers. The first set of these exams is called the “Initial Test of Competence” (or ITC) – known for being one of the most challenging exams out there. Prof van der Merwe told Wapad that CA graduates have two opportunities to write the ITC per year (January and June) and the NWU class of 2014 achieved a 100% pass rate in the 2015 ITC. According to statistics released by SAICA, the NWU had the best

pass rate in the country, sharing the 100% pass rate with three other universities, but with a significantly higher number of passes compared to these universities. With 96 passes, this was also the highest number of CAs the NWU has ever delivered in one year. Moreover, one of the NWU’s graduates passed with honours (one of only 18 candidates countrywide). On the transformation front the NWU also performed very well in that 21 African and coloured stu-

dents passed in 2015. Prof van der Merwe beamed about his fellow lecturers: “The university’s graduates perform so well in the national exams because of the dedicated team of passionate lecturers that not only impart knowledge, but also equip students with critical thinking and life-long learning skills.” The January 2016 ITC was recently written and the NWU is eagerly anticipating the release of these results on 18 March 2016.

Befondsing vir kernkragnavorsing Die Skool vir Meganiese- en Kerningenieurswese van die Noordwes-Universiteit (NWU) het pas ’n derde siklus befondsing ontvang van die Nasionale Navorsingstigting (NNS). Die fondse sal onder andere aangewend word om beurse aan doktorale- en meestersgraadstudente beskikbaar te stel. Dit sal ook vir lopende navorsingskostes, toerusting, salarisse van werknemers, kongres- en werkswinkelfooie en reiskostes gebruik word. Die Suid-Afrikaanse Navorsingsleerstoel-inisiatief is in 2006 deur die Departement van Wetenskap en Tegnologie en die Nasionale Navorsingstigting gestig. Dit is ontwerp om uitnemendheid en innovasie in navorsing by openbare universiteite te bevorder deur die vestiging van navorsingsleerstoele met ’n langtermynbelegging trajek. Prof Jat du Toit, wat dié leerstoel beklee, sê die R16-miljoentoekenning wat oor vyf jaar gebruik sal word, is te danke aan sy voorgangers se harde werk, vordering en leiding in die veld van kerningenieurswese. “Die eerste leerstoel is in 2006 toegeken. Dié derde siklus wat aan ons toegeken is, is ’n bewys dat die NNS die waarde wat ons navorsing

Zuma’s usual

’n Internasionale paneel van kundiges het bevestig dat die afgelope twee siklusse se navorsing van hoogstaande standaard was, en het dus besluit op die verdere befondsing

tot ’n gespesialiseerde vakgebied toevoeg, raaksien. ’n Internasionale paneel van kundiges het bevestig dat die afgelope twee siklusse se navorsing van hoogstaande standaard was, en het dus besluit op die verdere befondsing,” het Du Toit gesê. Hoewel daar baie kontroversie

rondom kernkrag in Suid-Afrika heers, meen Du Toit dit is omdat baie mense dit nie goed verstaan nie. “Ons is nie besig met navorsing om atoombomme te bou nie; ons is besig om ’n alternatiewe, maar broodnodige, manier van energieverskaffing te ondersoek en tegnologie daarrondom te verbeter. Die hoofdoelstellings van die leerstoel sal wees om wêreldklasnavorsing te doen en om waarde tot die opleiding van hoogsgespesialiseerde ingenieurs toe te voeg sodat daar in die behoeftes van die gemeenskap voldoen kan word. Die klem val op nuwegenerasie ligtewater en hoëtemperatuurgasverkoelde kernreaktore met verbeterde veiligheids- en effektiwiteitseienskappe,” het Du Toit gesê. Du Toit en sy span navorsers en studente fokus nie noodwendig op die ontwerp van reaktore nie, maar eerder op die rekenaarmodellering van hulle neutronika en termohidroulika. Dit sal ingespan word om rekenaargebaseerde simulasieoefeninge te doen om te sien hoe ’n betrokke reaktor in verskillende omstandighede sal reageer. “Dit kan ons help om probleme by die reaktore te identifiseer en oplossings daarvoor te vind,” het hy gesê.

Kernkragreaktore is weens hulle aard baie duur om op te rig, maar is oor die lang termyn meer volhoubaar as steenkoolstasies. Kernkragreaktore se lopende koste is minder as dié van tradisionele steenkoolstasies, die reaktore is skoner, en die koolstofvoetspoor en afvalstowwe is minimaal tot geen. Volgens Du Toit wil hulle deur navorsing beter insig kry oor die prosesse wat by kernreaktore plaasvind. “Ons moet verbeterde simulasiegereedskap ontwikkel sodat ons tot die verbetering van kerntegnologie kan bydra. Ons is ook getaak om ondersoek in te stel na die posisie wat kernkrag in die mengsel van energiebronne kan inneem. Dit kan nét tot voordeel van industrieë en elke verbruiker wees,” het Du Toit gesê. Die Nasionale Navorsingstigting is van mening dat die NWU goed geposisioneer is om bestaande tegnologie verder te ontwikkel en te verbeter en is selfs daartoe in staat om ’n belangrike internasionale bydrae te maak. Suid-Afrika het tans drie kernreaktore: twee by Koeberg en Safari 1 by Necsa. Laasgenoemde word meestal vir navorsingsdoeleindes gebruik. – NWU-Puk

The general consensus is that what was said in the SONA is unlikely to result in the restoration of international confidence in South Africa or to further convince ratings agencies not to downgrade the country’s credit rating further. The Democratic Alliance stated that they wanted government to declare the drought as a national disaster. Once the budget speech takes place the country will really know whether there will be much change in policy direction, but this seems unlikely.

Engels neem jou oorsee RENERA LOUWRENS @JuanitaRenera Droom jy daarvan om die wêreld te sien? Indien wel, is ’n kortkursus soos die een wat TEFL (Teach English as a Foreign Language) op die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroomkampus aanbied, ideaal. Dié kursus stel jou in staat om Engels as vreemde taal aan te bied. Met jou TEFL-sertifikaat – wat spesifiek op oorsese onderwys gemik is – kan jy in lande soos Thailand, Taiwan, Korea en selfs Egipte gaan skoolhou. Sara Crator, ’n tweedejaar in BA taal en literatuurstudie, het die TEFL-kursus voltooi. Volgens haar is Suid-Afrikaners meer geneig om Engels in Asiatiese lande te gee omdat dit daar meer nodig is. Bertus Coetzer het gesê die lewenskoste in Asiatiese lande is baie goedkoper as in SuidAfrika. Coetzer gee al vir ses jaar in Hat Yai, Thailand, klas. “Jy kan ’n TEFL-kursus in Suid-Afrika doen, maar daar is ook verskeie ander instansies soos TESOL SA of skole in Asiatiese lande waardeur jy jou TEFL-kwalifikasie kan kry,” het Coetzer gesê. Party mense doen TEFL om te reis en mense soos Coetzer maak ’n loopbaan daarvan. Die TEFL-kursus op die NWU-Puk bied teoretiese en praktiese klasse aan. Al voorvereistes is dat jy minstens 20 jaar oud is, Engels magtig is en ’n goeie skryfvermoë in Engels het. “Die kursus sluit baie praktiese ure in en daar is drie klasse elke week,” het Crator gesê. “Die kursus word elke semester aangebied. ’n Graad is nie ’n voorvereiste nie, maar dit is voordelig.”


18 Februarie 2016

5

Nuus

Student rises above circumstances MARNUS KOK

R165+ Billion Raised For Syria

@MarnusKok HEINZ SCHOEMAN-STRUWIG

H

is biggest dream was to study at a university. Little could Nelson Khene (23) have known that the life from which he wanted to escape would catch up with him. Nelson, a second year in BMus music at the North-West University’s (NWU) Potchefstroom Campus, speaks calmly as he tells of never knowing his father and the death of his mother when he was 12 years old. “I always had to take care of myself,” he says. As a child, he lived with family, but Nelson has bad memories of that time. “I always lived in fear as a child. My biggest goal was to get as far away as possible from Klerksdorp (where he grew up),” he says without once breaking eye contact. It looks as if he considers something before he says: “I was in those circumstances for a reason – to step away a stronger person.” During the end of last year, Khene found himself in a situation where his study fees account at the university was overdue, he didn’t have food to eat and didn’t have a roof over his head. “Pieter Moller (involved at the NWU Potchefstroom Campus’

@HeinzStruwig

Nelson Khene relaxing with a book.

Marketing and Communications department) gave me hope. He gave me food and somewhere to live.” Nelson tells that Pieter is the first person he trusted in his life. “Many people in my past disappointed me. But he was there for me.” When younger, Nelson dreamed of making a life out of music.

PHOTO: BOUDINE KRUGER

“In Potchefstroom, not only am I surrounded by people who care, but also by people who share my love of music,” he says. Where does Nelson see himself? “I dream of giving back to my community. I want to make a difference in people’s lives through music.”

Our time is up. Khene has a class to attend. “It’s only by God’s grace that I am here. The life that I have here is much better than the life I came from.” Nelson Khene walks out the student centre proudly and upright. I suddenly think of what he said earlier: “I worked hard to get here”.

On Thursday 4 February, the largest amount of money ever raised in response to a humanitarian crisis, was raised to help Syrian children – over R165 billion was raised. At the Syrian donor conference, the prime minister of the United Kingdom, David Cameron, said the conference has raised more than 10 billion US dollars. He said this means “millions of people will now receive lifesaving food, medical care and shelter in Syria and beyond”. One million children, currently not in schools, will be given access to education by the end of the next school year and countries in the region stated they would open up their economies to create new jobs. Cameron further said “today has been and is a day of hope, a day about saving lives, a day about building futures, a day about giving people the chance at a future, the chance at a life.”

Blackface, ‘purple face’ and blackface again JESSICA OOSTHUIZEN @Jess_Oh Two female students from the Stellenbosch University (US) were accused of donning blackface after a photo of them, covered in what was perceived as black paint, circulated in the media on Friday 5 February. It was later discovered that the women actually wore purple paint to look like aliens for a dress-up party, and that the photo uploaded on Instagram had a filter applied.

Kortliks

Open Stellenbosch (OS), a student movement at the US, called on the university to “expel the two students with immediate effect”. The movement later retracted their statement, said that the images were misleading and admitted that “this was not, in fact, a case of students dressing up in blackface”. They apologized to the students involved. On 9 February, OS deleted their apology on Facebook and issued a new statement yet again. They admitted that the colour of the paint was indeed purple,

but maintained that “it would be naive for a white student to upload such a picture without reasonably foreseeing the possibility of it being perceived as blackface”. OS stressed the fact that the “incident took place in the context of the current racial tensions in the country”. The women involved have been suspended while the situation is under investigation. Flip Buys, chairperson of the Solidarity Movement, says that “if students paint themselves black out of racist considerations, then they

Wêreldnuus

have to bear the consequences. In this situation however, it is clearly not the case.” He comments that in a democratic society there is no place for heartless racism, but there is also certainly no place for a totalitarian enforcement of political correctness. He describes the suspension of the girls as a “form of political blackmailing and social thievery against two defenceless girls”. According to Buys, the action taken against the girls is not about what they did, but about who they are and what the university is

amounting to. Blackface is makeup used by performers to represent a black person. It demeans black people and caused for negative stereotypes to develop and live on. Prof David J. Leonard from the department of culture, gender and race studies at Washington State University says that blackface is part of a history of dehumanisation. According to Leonard, blackface is never a neutral form of entertainment, but a way of creating harmful stereotypes.

SAAMGESTEL DEUR INGE JANSE VAN RENSBURG

Brittanje

Nuwe aanbieders vir Top Gear Die twee nuwe kommentators vir Top Gear is bekendgemaak. Die Formule 1 kommentator Eddie Jordan en die Duitse renjaer Sabine Schmitz is die twee nuwe gesigte wat by die nuwe seisoen van Top Gear gesien gaan word. Sabine Schmitz sal die program se eerste vroulike aanbieder in 15 jaar wees (die laaste vroulike aanbieder was Vicki Butler Hendorson in 2001). “Die kans om te kan verfilm, gemeng met motor bestuur, was net ’n ʼnte groot kans om verby te laat gaan,” het Schmitz oor haar aanstelling gesê.

Verenigde Arabies Emirate

Nuwe departemente vir VAE

Die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) het departemente van geluk en verdraagsaamheid in hul kabinet aangekondig. Ohood Al Roumi en Sheikha Lubna (albei vroue) is hierdie week in hul poste verwelkom. Hulle werksomskrywing behels om sosiale goedheid en welwillendheid onder die landsburgers te bevorder. Die besluit om hierdie poste as kabinet poste in te stel is geneem nadat bevind is dat die VAE 20ste op die ranglys vir die land met die meeste geluk en goedheid lê. Hiermee word beoog om die land nog hoër op dié ranglys te laat styg.

Perth

Skilpad terugbesorg aan dieretuin

ʼn’n Gesteelde skilpad, wat boonop ʼn’n bedreigde spesie is, is terugbesorg aan die dieretuin waaruit hy gesteel is. Die polisie het in ’n verklaring gesê dié skilpad is op die swartmark verkoop, en ná die koper besef het hoe skaars en bedreig die skilpad is, het hy die skilpad teruggevat dieretuin toe. Oorspronklik vanaf Madagaskar is die straalskilpad ’n bedreigde spesie as gevolg van habitatverlies en stropery. Die polisie het die man beskryf as “’n Samaritaan omdat hy die skilpad terugbesorg het en geld verloor het deur hierdie transaksie”.


6

Advertensie

18 Februarie 2016

Green Week + Value Week 22 – 25 February Green Week + Value Week Day Activity Shirt Colour 22 – 25 February Green Week + Value Week Day 22 – 25Activity February Shirt Colour

Monday

Tree Decorating & ASV Stalls

Green

Tuesday

Serve-a-server, Tree Planting & Water Day

Blue

Wednesday Clean the Bult

Red

White Green

Tuesday

Praise & Worship, SJGD canned food day & Tree Decorating & ASV Stalls Green Innovation Bursary winner. Serve-a-server, Tree Planting & Water Day

Wednesday Monday Thursday Tuesday

Clean the Bult Tree Decorating & SJGD ASV Stalls Praise & Worship, canned food day & Green Innovation Bursary winner. Serve-a-server, Tree Planting & Water Day

Red Green White Blue

Humility Praise & Worship, SJGD canned food day & Thursday Green Innovation Bursary winner. Integrity Respect We Promote:

White

Thursday Monday

Blue

ReadDay the ‘Groenweek’ article on Activity page 7 for times, dates and further details. Shirt Colour

We Promote:

Wednesday Clean the Bult Read the ‘Groenweek’ article on page 7 for times, dates and Red further details. Loyalty

Read the ‘Groenweek’ article on page 7 for times, dates and further details.

Servitude Loyalty

SRC: Current Affairs: We Promote: Integrity Office: F14 Room 122

Call:Loyalty (018) 299 2872 Servitude Email: PSR-Aktueel@nwu.ac.za SRC: Current Affairs: Integrity Office: F14 Room 122 Call: (018) 299 2872 Servitude Email: PSR-Aktueel@nwu.ac.za SRC: Current Affairs: Office: F14 Room 122 Call: (018) 299 2872 Email: PSR-Aktueel@nwu.ac.za

Accessibility Humility Respect

Humility Accessibility Respect Accessibility


7

18 Februarie 2016

PHOTO: HTTP://WWW.PRIMEWIRE.AG/PROFILE/JASONJAYINDY

Ghostbusters and urban legends MARISELLE STOFBERG

@stoof09

S

y lê gewoonlik verskuil tussen die bome, maar is tans ontwortel en na ’n tydelike tuiste geneem terwyl haar huis opgegradeer word. Waar sy is, is ’n geheim wat eers in die volgende uitgawe bekendgemaak word. Die legende Mites en legendes is nie net ’n hedendaagse verskynsel nie. Ons word groot met stories om die kampvuur van spoke en legendes wat van generasie na generasie oorgedra word. Die eerste spookstorie wat gedokumenteer is, is deur die Romeinse skrywer Pliny the Younger in een van sy briewe weergegee in die eerste eeu n.C. Hy skryf oor die spook van ’n ou vrou met ’n lang baard en die klanke van kettings

wat haar vergesel. Dit was wel die eerste gedokumenteerde storie, maar beslis nie die laaste nie. Een van die mees bekende spoke van die Withuis in Amerika is die ene Abraham Lincoln, wat gereeld te sien is in die gange waar sy teenwoordigheid duidelik voelbaar is. Ons eie kampus het ook sy deel spookstories. Gerugte doen die ronde dat ’n vrou genaamd Annika in die kamer op die punt van ’n vrouekoshuisgang selfmoord gepleeg het. Alles in dié kamer is die teenoorgestelde as die res van die kamers – glo om die bloedvlekke te bedek. Verskeie koshuislede het al vertel dat hulle snags ’n vrou met lang, blonde hare in die waskamers en badkamers opgemerk het. Een inwoner van dié koshuis, wat vir eers anoniem sal bly om die koshuis se naam geheim te hou, het vir Annika een aand in die boonste vloer se badkamer opgemerk waar

sy besig was om haar lang hare uit te kam. “Ek het haar net die een keer gesien, maar eendag het die krag in net dié een blok van die koshuis afgegaan terwyl ek gestort het. Die oomblik toe ek vreesbevange uithardloop en op my sitvlak te lande gekom het, gaan die krag sommer weer aan. Of dit Eskom of dalk Annika was wat met my gespeel het, sal ons nie weet nie.” Nóg ’n inwoner het ook ons spookvriendin in die waskamer raakgeloop. “Sy het voor die wasmasjien gestaan, maar nie na die deur gekyk nie. Ek het gedink dit is my een vriendin en het haar gegroet, maar sy het my nie geantwoord nie, so ek is maar terug kamer toe. In die kamer gekom, sien ek die vriendin wat ek gedink het in die waskamer staan, op my bed sit. Wie ek gegroet het, weet ek regtig nie.” Hoewel ’n mens ander se opinies in ag neem, is dit mos so dat jy eers

glo as jy sien. Ek het beslis gesien, maar ek besluit nog of ek glo. Ons het die ongewone fluisterstemme van ’n medekoshuislid gehoor. Vir die donker was ek nog nooit bang nie, maar niemand hou daarvan om eenuur die oggend in die donker gang af te trippel omdat jy hopeloos te veel water gedrink het en jou blaas ontydig is nie. Hoe weet ek presies hoe laat dit was? Wel, jy sien kans om te knyp as dit vyfuur is en jy moet seweuur opstaan, maar om van eenuur af te knyp was nie vir my in die kaarte nie. Dapper, maar effens deur die slaap, is ek toe in die gang af. Tot my verligting het ek gehoor iemand bad. Eenuur is wel ’n baie snaakse tyd om te bad, maar wie was ek om te oordeel? Dit het kompleet geklink asof ’n kind sy hande op die water slaan.

HEINZ SCHOEMAN-STRUWIG @HeinzStruwig AKSA is merging Green Week with Value Week this year, taking place 22 to 25 February with great activities each day. The idea behind this week is to promote a Green lifestyle as a campus and to give back to the community (both within and outside campus), as well as to live out our values. Monday you can see each sleep decorating a tree in Lovers’ Lane and you can view the ‘Green’ ASV stalls in Wasgoedpennetjielaan from 07:00 to 14:00 as well. Go sign the Go Green banner between 13:00 and 14:00 and get a free Go Green Badge. Be sure to wear a green shirt! Tuesday you can serve-a-server by giving back to the people on campus that serve you. Whether you’re buying a chocolate for the SS cashier or helping the garden care-takers to clean the gardens on the Bib’s grass, you can make a difference to their lives. You can also join AKSA 15:00 at Ikageng High School to assist in tree planting. In Lovers’ Lane between 08:00

and 14:00 you can fill up your bottle with Perfect Water for free and there will be water talks later at the Totius Hall from 18:00 to 19:00. Be sure to be around the Amphitheatre between 13:00 and 14:00 to get free chocolates representing different values. The colour to wear on Tuesday is blue. Wednesday AKSA will be cleaning up the Bult. Join anytime between 09:00 and 14:00. Cleaning supplies and equipment will be available. There will also be exhibitions by Green Organisations like Green Peace in Lovers’ Lane from 09:00 to 14:00 and energy talks from 18:00 to 19:00 at the Totius Hall. Be sure to wear red! Thursday, the final day of Value Your Environment Week, SJGD will hold a Canned Food Day with a Go Green theme. Between 13:00 and 14:00 the Green Innovation Bursary winner will be announced at BEK’s Clubhouse and the launch for the Power Saving competition will also take place. Later there will be Praise and Worship as well as a Mini Bazaar on the Bib’s Grass from 18:00 to 20:00. Wear white. Be sure to take selfies everyday showing how you Value your Environment and use the hashtag #VYEW on Instagram as well as #MyNWU to win daily vouchers to the Draak!

Bron: http://www.history.com/ topics/halloween/historical-ghoststories Dié beleide, waaroor Bouwman namens Suid-Afrika onderhandel het, word tans as internasionale beleide beskou. Die natuurwetenskappe bied ook baie geleenthede om oorsee te reis. Bouwman het die wêreld al platgetrap vir sy werk.

Groenweek breek aan Heinz is a second year BA development and management student, a member of the AKSA executive committee and Wapad’s web editor.

Ek wou nog luister om die water te hoor uittap (want ou pype raas mos baie) sodat ek uit die badkamer kon wees voor my mede-inwoner die ligte afskakel, maar voor ek my kon kry, het ek die nat voetstappe op die teëls gehoor. Woeps! Die lig was af. Donker. Pikswart donker. Ek het myself bykans bewusteloos in die badkamerdeur vasgehardloop, maar die grootste skok was die besef dat daar nie water in die bad was nie. Niemand het gaan bad nie. Niemand was saam met my in die badkamer nie. Ek het aan elke moontlike deur gaan klop in die hoop dat iemand my gerusstel, maar ek en Annika was daardie aand alleen in die badkamer.

Feiteboksie 1. Die studente wat plantkunde neem, stoor hul plante op die JS van der Merwe-gebou (E6) se dak.

FOTO: VERSKAF

Kennershoekie: BOUDINE KRUGER @BoudineKruger In dié aflewering van Kennershoekie gesels ons met prof Henk Bouwman, ’n dosent by die Fakulteit Natuurwetenskappe op die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroomkampus. Bouwman spesialiseer in voëls en omgewingsbesoedeling. Sy honneursskripsie het oor erdwurms gegaan en sy verhandeling vir sy meestersgraad oor die invloed van omgewingsbesoedeling op borsmelk en bababloed. Hy het ook al die geleentheid gehad om met krokodille in die wildtuin te werk.

Bouwman het al in twee sarsies by die NWU-Puk gewerk: eers vanaf 1990 tot 1995 en toe weer van 2000 tot op hede. “Ek dink soms dis ’n voorreg om met studente te werk,” het hy gesê. Bouwman het in sy loopbaan al ewolusieteorie gegee. Tans bied hy egter dieregedrag aan. Sy studente se projekte handel oor “enigiets van miere tot walvisse,” het hy gesê. Een van sy oudstudente het onlangs ’n artikel oor sy werk in sy derdejaar gepubliseer. Dié dosent het in sy loopbaan al van sy kennis omgeskakel in beleide – waarvan sommiges al as internasionale konvensies opgeneem is.

2. Die AP Goossens Herbarium, die Mildred van der Merwe-Radloffmuseum en die Andries Bisschoff Geologiemuseum kan in die kelder van dié gebou gevind word. AP Goossens (1896 – 1970) het die eerste diagramme oor die genera van Suid-Afrikaanse blomplante, getiteld Suid-Afrikaanse Blomplante, gepubliseer. Hy het ook saamgewerk aan ’n leerboek, Die leerboek vir Plantkunde, en daardeur ’n reuse bydra tot Afrikaanse Plantkundige terminologie gelewer. Mildred van der Merwe-Radloff (1902 gebore – oorlede) het in 1924 haar MSc-graad in plantkunde verwerf en daarna begin klas gee by die PU vir CHO. Ná haar dood het sy fondse beskikbaar gestel vir dié museum, die Botaniese Tuin, sowel as prysgelde vir studente. Andries Bisschoff (1799-1875) was ’n geoloog. Van sy werkstukke is steeds op die NWU se rekords beskikbaar.


8

Kuns en Vermaak 18 Februarie 2016

Local bands looking to make it big Valentine’s Day in Potchefstroom was not a day for sweaty palms, thrumming heartbeats or love in the traditional sense. The grass was wet with spilled wine and dew and the pulsating throb of

local music filled Die Mystic Boer to the brim of the Glass Half Full event. Ritmies Liries once again erected a platform for local musicians to musically express their passion.

MARITA HERSELMAN @MaritaHerselman

PHOTO: SUPPLIED

Courage, Dear Heart:

PHOTO: SUPPLIED

August Oak Tree:

Stefan Vivier and Arnold Groenewald from August Oak Tree come from very different musical upbringings. Groenewald, a classically-trained opera singer, and Vivier, a self-taught guitarist and percussionist, have just finished recording their first album, Rough Burn, which will be released in March. The duo from Rustenburg describe their sound as an acoustic

sound with influences of Kings Of Leon, Bob Marley, Matthew Mole, Pink Floyd, Dire Straits, aKing and more. “We write about how we and society view life in general – anything from racial differences to personal opinion of the banality of the rat-race and conflicting world views,” Vivier said. (August Oak Tree, however, did not play at the Glass Half Full event.)

Nadia Terblanche and Ansumi de Bruin personify “raw acoustic”. Terblanche’s husky alto-range is impressive for such a petite figure and De Bruin as guitarist is the perfect accompaniment for the duo’s cabaret-feel. “She’s like Bourbon with a splash

of chamomile,” an onlooker remarked at the Glass Half Full event. Their sound is pure and enigmatic and echoes of Nina Simone can be heard throughout their set. Their plans for the year ahead are to record a demo within the next month and touring Jeffrey’s Bay, Plettenberg Bay and St. Francis Bay.

PHOTO: SUPPLIED

RatKing:

PHOTO: SUPPLIED

The Jack Rolling Dandy’s (TJRD):

Kaihl Thomas Meades and Tinus Lottering have been touring South Africa since December 2014 – they played 110 shows in 2015 alone – with the entire project starting in 2010 when they were co-workers at a local bar. Their inspiration is specifically accredited to Jack White, Chevelle

and Turbowolf, producing a “hard two-piece rock and roll, with groovy guitar riffs and thunderdrums”. A general “kick in the face” vibe for any live concert-goers. They go by the name The Sell Outs when they decide to apply a different sound to their shows, but TJRD is their main project. With their Gangs of New York look, they cater for anyone in touch with their rock and roll side.

Daughter: Intense emotion

“When rats are born, their tails tangle and somehow these rats live their entire lives connected. These ‘rat kings’ work together despite being tied to one another,” Edward ‘Eddie’ Hyde explains his band’s name. Ratking (photo above) is a punkrock band. “Its aggressive; it’s fast. I sweat like a paedophile on a school bus.” Hyde’s stage presence is mesmerizing and charmingly arrogant, his ability as a guitarist is impressive and his lyrics are honest – somewhat vulgar and true to his persona. The band consists of Jean Vorster on bass guitar, Hyde on vocals and lead guitar and Jaco Venter on drums. Their sound is chaotic, fun, energetic and a feast for fans of The Ramones; a bit like a young Steven Tyler and Def Leppard.

Outlaw Empire:

Simeon Kriel, denim-clad lead singer of Outlaw Empire, describes their sound as echoing their stage presence: “Sexy rock and roll. Have you seen us live?” This Klerksdorp-band has big aspirations: to tour Europe in two years (“our manager’s office is in Berlin”). Outlaw Empire’s sound could be described as Fokofpolisiekar with a ‘European twist’, coupled with an overwhelmingly charming stage presence. The other band members are Landu Viviers on drums, Steffen Kade on lead-guitar and Dean Henning on bass. Kriel said their inspiration stems from “Mötley Crüe, the old Led Zeppelin, but anything, really".

LISA IMMELMAN @lisa_immelman12

Sometimes with a new album release you get the “I don’t know who you are anymore” feeling – when the sound of an album is so alienated from the band’s previous records, that you feel betrayed and it takes at least a third listen to twist your arm for approval. This is not the case with Daughter’s second full-length album, Not To Disappear, their mid-January release. If you put all Daughter’s songs on a playlist (on shuffle), the lyrical content and general atmosphere blend as if they were tracks on the same album – with the same intense sadness and emotional adventure. Not To Disappear does have more electronic elements, though, which is a quite noticeable and beautiful difference. The change in sound creates a sense of nostalgia with a dreamy feel. Not To Disappear has a great sense of movement, creating a feeling of running free – running from vulnerability, human flaws, self-doubt, loneliness, broken relationships and lost love. The album’s title is derived from lyrics in the opening track, “New ways”. “To Belong” is a haunting and liberating song, with the repetitive resonating of “I don’t want to belong, to you, to anyone. I don’t want to belong, I don’t want to belong”. “To Belong” also stands out because of its piano piece and can definitely be considered a favourite. “No Care” has a much faster tempo than the rest of the songs, creating a sense of spinning out of control, and “How” is more positive-sounding than the rest. If you need to identify with someone and rip open some emotional wounds, this indie/folk (their music has been categorized by some as “moody folk”) band is your go-to. Warning: Daughter is not a band you listen to when you need some cheering up. Yet, though their music can be extremely saddening, there is something undeniably exquisite about it.

Other songs by Daughter: • Youth • Landfill • Candles • Medicine • Amsterdam

Deadpool: Dood van die lag Fliektomaan: Die rolprent wat bioskoopsitplekke op Valentynsnaweek volgepak het BOUDINE KRUGER @BoudineKruger

Deadpool is nie jou tipiese superheld nie.

FOTO: FOX MOVIES

Maak gereed vir ’n Marvel-fliek soos nooit tevore, propvol geweld, liefde en humor op ’n skreeusnaakse vlak. In Deadpool beleef ons ’n volle twee jaar in die lewe van Wade Wilson, oftewel Deadpool, en sy missie om basies niks goed vir die gemeenskap te doen nie en mense dood te maak. Deadpool, wat eers ’n huursoldaat was en weens oneerbaarheid ontslaan is, het liefde, siekte, pyn, haat en wraak beleef om dié punt in sy lewe te bereik. Nadat hy die liefde van sy lewe gevind het, ’n vrou wat amper so versteurd soos hy is, moes hy haar

tragies verlaat. Daarna het hy sy vyand, Ajax, ontmoet, wat sy ondergang bewerkstellig het en hom in Deadpool verander het. Daarop uit om hom op sy vyand te wreek en sy geliefde terug te wen, verrig Deadpool net skade in die lewens van die gemeenskap en dié om hom. Marvel beeld Deadpool as ’n selfsugtige en dalk bietjie onstabiele karakter uit, met ’n verwronge sin vir humor – impulsief en eksplisiet. In teenstelling met ander Marvelkarakters, maak Deadpool direk met die gehoor kontak deur die vierde muur te breek en te erken dat hy bewus is hy speel in ’n rolprent. Hy verwys ook gereeld na ander Marvel en DC-karakters en spot die vervaardigers van sy eie film. Dié rolprent is dus ’n vars en verfrissende Marvel-film omdat dit

’n ander soort superheld uitbeeld. Deadpool is nie juis die held waaraan ons gewoond is nie, maar eerder ’n karakter wat dalk nog in ’n held sal ontaard. In Deadpool maak selfs die X-men karakters hul verskyning en hy besoek Professor Xavier se School for Gifted Youngsters. Die rolprent is snaaks en vermaaklik en laat mens wonder wat Deadpool volgende gaan aanjaag. Die fliek het wel naaktheid en taal wat mense aanstootlik mag vind, maar wat anders kan jy van ’n rolprent oor ’n mal man in rooi spandex verwag? – veral as die openingserkennings aandui dat die regisseur ’n “overpaid tool” is.


18 Februarie 2016

1

6

Leefstyl

DRESS FOR

Less

5

3

9

2

Fashion 4

1. Tops from R120, quilted half boots from R120. 2. Men’s sweaters from R80, chinos R180, FILA sneakers R80. 3. Hipster dress R50, casual shoes R120. Men’s longsleeve R80, shorts R140, Lee Cooper lace-up shoes R250. Ladies floral chiffon dress R100, sandals R100. 4. School-girl skirt R70, Lee Cooper high takkie canvas R220. 5. Ladies jump-suit R100, t-bar strap sandals R60.00. 6. Ladies dress top R120, cut-out jeans R200, high-top Lee Cooper sneakers R220. Hipster crossover shirt R60, ripped jeans R200, Lee Cooper high takkie canvas R220. 7. Ladies maxi dress R80, platform shoes from R80. Men’s blazer R250, white collared shirt R80, formal pants R120, boot-cut lace-up shoes R200.

Models: Photographer: Compiled by:

7

Tyrah Jacobs, Lizanne van Wyk & Heinz Schoeman-Struwig Jaco-Mari Futcher Marita Herselman & Heinz Schoeman-Struwig

Clothing by:


10

Redaksioneel

18 Februarie 2016

Redaksioneel

18 Februarie 2016

Puk-beker loop oor Ons as studentegemeenskap is geneig om te konsentreer op alles wat verkeerd loop. Studente aan weerskante van die kleurgrense ervaar steeds rassisme, die studiegidse is nou duurder weens die verlede jaar se #FeesMustFallbetogings wat op ’n 0%-verhoging in studiegelde uitgeloop het, National Student Financial Aid Scheme (NSFAS) se beurse dek nie die helfte van hul beurshouers se lewenskostes nie en boonop het die NWU-Pukke Maandagaand se Varsity Beker-rugbytoernooi verloor – op ons tuisveld! Hoewel die Varsity Beker tans nie in sig is nie, loop die NWU-Puk se beker oor van seën. Die registrasieproses op die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom- en Vaaldriehoekkampusse het vlot verloop. Die NWU-Puk het R2,8 miljoen aan liefdadigheid geskenk. Honderde studente gaan bydra tot liefdadigheid deur aan die Color Run deel te neem. Anders as op ander kampusse, het die voldoende sekuriteit verseker dat ons die Varsity Bekerreeks kan bywoon. Boonop luister die universiteit na sy studente – ál sy studente. Die transformasiebeleid is ’n teer saak vir baie Afrikaanse studente op kampus. As ’n tradisioneel Afrikaanse redaksie het dit selfs ’n reuse-impak op Wapad gehad. As Afrikaners moet ons egter afstand doen van die opstandigheid teenoor ’n potensiële bedreiging. Ons sal moet besef dat die Universiteit nie teen ons taal gekant is nie: Die transformasie is op inklusiwiteit geskoei. Twee-en-twintig jaar ná demokrasiewording fokus ons steeds op sosiale geregtigheid. Boonop is ons wat met sosiale media grootgeword het, gerat om te veg vir dít waarin ons glo. As ’n mens al dié seëninge egter in ag neem, wonder jy of jy soms hare kloof oor dit wat nie heeltemal na jou sin verloop nie? N.S. As medepligtige in ’n diverse samelewing is dit enigeen se plig om die bevordering van tale te ondersteun sodat mense natuurlik met mekaar kan omgaan. Afrikaans is 91 jaar gelede as landstaal erken. Ons het dié taal tot op onderrigvlak uitgebrei. Vandag staan ons as demokratiese samelewing in die posisie om ’n ander taal tot dieselfde status op te hef.

Wapad

Hoofredaksie

WAPAD-KANTOOR: 018 299 2875 HOOFREDAKTEUR: Jeanelle Greyling ADJUNKREDAKTEUR: Marnus Kok KUNS & VERMAAK-REDAKTEUR: Marita Herselman FOTOREDAKTEUR: Jaco-Mari Futcher UITLEGREDAKTEUR: Bianca Visagie TEKSREDAKTEUR: Hardus Ludick WEBREDAKTEUR: Heinz Schoeman-Struwig SPORTREDAKTEUR: Raynique Meyer Uitleg: Inge Janse van Rensburg, Heinz Schoeman-Struwig Teksversorger: Inge Janse van Rensburg, Madelein van Straaten

www.twitter.com/nwuwapad

www.facebook.com/wapad

Briewe kan ge-e-pos word na wapad@nwu.ac.za of skakel ons by (018) 299 2875

Oor paalklim of paaldans Blouwillem is ’n rubriekskrywer.

O

m as stoere oud-Kovsie gevra te word om ’n storietjie vir die Pukke se koerant op te tower, is amper soos Julius Malenema wat opgekommandeer word om vir Landvou-weenblad te skryf. Bygesê: ’n hengse eer. So as jy kans sien vir ’n ou-ou Kovsie se “trip down memory lane” en klaar lees, sal ek dit op my CV kan sit. Ek het juis nie baie daarop nie. Ek kan mos niks van dit wat ek destyds in die klas geleer het meer onthou nie (“Prof, watter kant is die vraag- en waar die aanbodkurwe nou weer?”) en is uit Bloem weg nadat ek net pêlle gemaak het en geleer het om ’n bierbottel met my tande oop te maak. Nou skroef die bottels sommer oop en het ek dus net pêlle gemaak. Wat my gedagtes lekker ver teruggevat het na my studentedae (so ’n jaar of wat ná Van Riebeeck se landing) was eintlik ’n belaglikheid op my koerant se voorblad. Gewoonlik wissel die voorbladnuus tussen slegte, vrot en skokkende nuus en maak ek hom maar so versigtig oop. Maar dit was met totale ongeloof dat ek so ’n week of wat gelede die rekkie aftrek, die koerant ooprol en sien dat ’n paar jong ouens wat net bietjie laf was by die krieket, in die hof in Bloemfontein in die beskuldigdebank en op my koerant se voorblad sit. Asof hulle vir ’n driedubbele bylmoord aangekla is. Al wat hulle gedoen het, was om so bietjie “slip and slide” op die kolfblad se seile te speel ná die wedstryd as gevolg van swaar reën afgelas is. Belaglik, man! Het hulle enige idéé hoe baldadig ’n jong boertjie kan word as dit in die Vrystaat begin reën? En in elk geval verdien ’n kolfblad waarop die Ingelse 400 lopies kan aanteken seker om bietjie verniel te word. Ter versagting van dié manne moet mens ook bysê dat hulle baldadig was met al hulle klere aan. My eerste openbare optrede (en ongelukkig ook laaste) was in 1971, toe ons met ou Schallies se rooi Volla Potch toe is vir Intervarsity en ek so hoog teen Oliënpark se noordelike pale opgeklim het, dat die brandweer my moes kom afhaal. Nee, darem nie rêrig nie. Net die polisie. Ek was daai jare so maer dat ek gedog het ek kan vir

ILLUSTRASIE: VERSKAF

hulle agter die regoppaal wegkruip, maar helaas! Ek weet ná 45 jaar nog steeds nie of die hond of my landing op die dwarslat die seerste was nie. O ja, en die rooi Volla: ou Schallies, wat van sy kinderdae af met krukke oor die weg moes kom as gevolg van polio, was die enigste eerstejaar in Reitz wat ’n motor op kampus kon aanhou (ja, dit was daai jare die reël, so ons ander klomp drommels moes te voet vry). Schallies se Volla was omgebou sodat hy hom met allerhande ratjies en goeters net met sy hande kon bestuur. So het ek my altyd sit en verwonder oor hoe rats en vaardig hy dit doen, min wetende dat ek daai vaardigheid binnekort self gaan nodig kry. Met daai ’71 interver (Intervarsity) in Potch ry ons (hoekom, weet ek nie) oor Brandfort en Henneman en beland langs die rivier by Kroonstad. Onthou, dis jare voor GPS en internet (hulle

het daai jare nog nie eers skadunet ontdek nie). Ons het natuurlik bietjie vertoef met ’n vleisie en koeldrankie en dis toe dat ons sien ou Schallies is in ’n semi-koma van die koeldrankies. Dis toe net daar wat ek die rooi Volla se ingewikkelde stuurmeganismes (en natuurlik die brieke) moet oorvat. Ek oefen vir ’n uur op en af langs die rivier en toe klim die manne in met Schallies, uit soos ’n kers, agterin. Anderkant Viljoenskroon spring die spietkop voor ons in: “Ek wag al heeldag vir julle!”, grom hy. “Jammer Oom, ons het gekom so vinnig as wat ons kan,” antwoord ou Barry van agter. Nou ja, op skrikkel-Maandag die 29ste Februarie speel Shimlas teen die Pukke in Tlokwestroom. Ek sal van so vieruur die middag af beskikbaar wees vir ouens wat lesse wil neem in paalklim of dametjies wat wil leer paaldans. Kovsiegroete!

Keelvol student skryf: jy maakies my naarkies Rayinque is ’n derdejaar BA kommunikasiekundestudent en die sportredakteur van Wapad. RAYNIQUE MEYER @RayniqueM Ek kan mos gril tot in my kleinste “toontjie” as mense verkleiningsvorme as hulle omgangstaal beskou – of sal ek eerder sê: wanneer mense dit buite konteks gebruik. Ek verstaan dat daar woorde is wat beter in dié vorm klink en meer

toepaslik is, soos “Kan ek ’n happie van jou sjokolade kry?” of “Kan jy asseblief vir my ’n stukkie papier afskeur?” Maar om elke tweede of derde woord met ’n verkleinwoord te láái, is nou nie vir my ore gemaak nie. Dis amper asof dit ’n aansteeklike siekte hier op die NWU-Puk geraak het. “Mensies, kontak my gerus indien jy ’n afsprakie vir jou naeltjies wil maak.” Nee wag, beter: “Ek vra R100 petrolgeldjies om jou by John Vorster af te laai.” Moenie een van die groep wees

wat van die bogenoemde vorme gebruik maak nie. Breek weg van die norme. Dit verswak jou taalgebruik indien jy dit heen-en-weer sonder enige begrip gebruik of dit sommer deel van jou alledaagse taalgebruik maak. Om die onnodige gebruik van verkleinings te vermy, kan (soos wat my ma sal sê) sommer as ’n belegging in jou toekoms gesien word. Kyk, verkleining het soms ’n figuurlike, simpatieke, eufemistiese, en ook ’n sarkastiese betekenis. In mý geval ’n sarkastiese een, indien jy gewonder het.

Deur, -ie, -jie, -tjie, -djie, -kie en -pie aan klomp woorde te las, gaan jou nie slimmer laat klink nie – ook nie of jy tien jaar aan jou woordeskat gewerk het nie. Soos een van my slim vriendinne sê: “Gebruik verkleining, en jy verklein die helfte van jou IK.” Deur in jou kerkstemmetjie in Checkers vir my “skiesie” te fluister, gaan niks daaraan verander dat jy aan my met jou mandjie gestamp het nie. Dit gaan die probleem vererger en ek mag dalk net ’n skewe kyk of twee na jou kant toe gee.

O, net voor ek vergeet! Ek het nog ’n “broertjie” dood aan “liefdeswoordjies”, soos “my lammetjie” of “my skatjie, vanaand moet jy lekker slapies”. My raad aan jou is: As jy nie vir die res van jou lewe alleen op die voorstoep van die klub vir enkellopendes wil sit, of vir Kyknet se nuwe werklikheidsreeks, Vlerksleep, wil inskryf nie, moet jy tog jou omgangstaal evalueer of ten minste net ander “troetelnaampies” uitdink. Elke verkleinwoordjie het sy plek, so gebruik dit op die korrekte wyse, asseblief. Oor en uit.


18 Februarie 2016

11

Sport

Colour me crazy: running for fun RAYNIQUE MEYER @RayniqueM

P

otchefstromers can expect a rainbow-like atmosphere 20 February at the Dorsland Rag farm. It promises to be one of the most fun and most colourful five kilometre races the town has ever seen. The Color Run is presenting a Varsity tour series this year, which already kicked off in Stellenbosch. Potchefstroom is next, after which Bloemfontein will follow. The fun run is for absolutely anyone. The joggers don’t all have to pull away in fifth gear: those who have long been looking to dust off their running shoes can even walk the race.

It promises to be one of the most fun and most colourful five kilometre races the town has ever seen. If it’s too much or too difficult for the slow-pokes, OFM will be spurring the joggers on towards the finish line with some favourite hits. Community service and raising money for school funds go hand in hand with the Color Run organisation. In co-operation with Capitec Bank, Color Run ploughs back R10

Potchefstroom Color Run will be held on the 20th of February at the RAG farm. into the community and schools for each ticket sold. “Capitec Bank, like The Color Run believes in health, happiness, individuality, giving back, living life in technicolour and having fun, while caring about the community,”

Charl Nel, head of communications at Capitec Bank, said. In co-operation with the Color Run organisation, Wapad launched a Facebook competition last weekend, where each of five contestants won double tickets.

PHOTO: COLOR RUN SA

The winners of five double tickets for the Color Run • Jandre Vermaak • Paul Mxolisi Nopashe

• Wihan Snyman • Tee El Lekabe

• Lieze van Wyk

Patria se puntepartytjie RAYNIQUE MEYER @RayniqueM

FOTO: WIKUS JOOSTE

Excelsior verslaan Veritas in eindstryd INGE JANSE VAN RENSBURG @IngenaJvR96 Excelsior-manskoshuis het die mansnetballiga verower toe hy Veritas-manskoshuis in die eindstryd met 12 – 4 geklop het. Volgens Hendri Vorster, kaptein van die wenspan, was hulle span en koshuis baie trots met hulle oorwinning. “Die eindstryd teen Veritas was ’n lekker en goeie wedstryd. Ons moes ons a-game bring om die wen te verseker,” het hy gesê. Rean Meyer, kaptein van Veritas, het gesê dat alhoewel daar min tyd vir voorbereiding was, die liga baie pret was. “Die standaard van die toernooi verbeter elke jaar,” het Meyer gesê. Rohan Lombaard, ’n Veritas-

Dit was ’n lekker wedstryd waar beide spanne se sportmangees van boonste gehalte was speler, het gesê Excelsior was die beter span op die baan. “Dit was ’n lekker wedstryd waar beide spanne se sportmangees van boonste gehalte was,” het Lombaard gesê. De Wilgers-manskoshuis en Caput-manskoshuis het uitgespeel vir die derde plek. Dié kragmeting het egter met ’n

kinkel in die kabel geëindig toe die spanne gelykop gespeel het met 4 punte elk. De Wilgers se deurlopende goeie vertoning in die toernooi het egter in hulle guns getel toe hulle weens ’n groter aantal doele in die toernooi die derde plek voor Caput se neuse weggeraap het. “Alhoewel dit die eerste keer was wat baie van die manne netbal gespeel het, het dit glad nie so gelyk nie,” het Brendon Kahts, kaptein van De Wilgers gesê. Excelsior se spelers het ook verskeie pryse ingepalm. Roann Bekker is as Verdediger van die Toernooi bekroon, Hendri Vorster het die prys gekry vir Doel van die Toernooi, terwyl Kevin Nkhobo weggestap het as Speler van die Toernooi.

Maandagaand is Oppierif, van die Universiteit van Johannesburg, deur Patria-manskoshuis les op laat sê in ’n wedstryd wat eenrigtingverkeer was. Die manne het met ’n oorwinning van 50 – 18 weggestap. Dit was omtrent ’n drieë-partytjie toe die Blues met ’n halftydtelling van 34 – 0 kante geruil het. Berto Kleynhans, kaptein van Patria, meen hulle het goed by hulle strukture gehou en kon sodoende vinnig punte op die bord aanteken. “Ons verdediging was goed en só kon Oppierif geen punte in die eerste helfte teken nie,” het Kleynhans gesê. Na halftyd het Patria vir nog ’n drie gesorg om die telbord na 42 – 0

te laat rol. Oppierif het wel later in die kragmeting ook op die telbord verskyn toe hulle oor die tuisspan se doellyn gegly het. Hulle het die agterstand na 42 – 5 laat krimp. Die Patria-masjien het nie momentum verloor nie, en kon met ’n oorwinning van 50 – 18 van die Fanie du Toit-sportgronde wegloop. “Ons span het na die einde van die wedstryd se kant moeg begin raak, en hulle kon toe ook vir die eerste keer punte aanteken,” het Kleynhans gesê. Volgens Kleynhans gaan hulle dié toernooi wedstryd-vir-wedstryd benader. “Ons is baie positief vir die res van die toernooi wat voorlê, maar ons werk wedstryd-vir-wedstryd. Ons wil net verbeter ten einde daardie beker op te tel,” het Kleynhans gesê.

Rooi Rissie Rooi Rissie is terug! Die Wapad-redaksie het besluit om dié ou tradisie te laat herleef. Dit is belangrik om in ag te neem dat die Rooi Rissie, al is dit ’n skinderrubriek, ’n groter doel het. Dit is weer op die been gebring om as ’n platvorm vir klagtes op ’n anonieme wyse aan persone, instansies en toernooie te dien. Rooi Rissie het onlangs talle klagtes gehoor van die seremoniemeester wat tydens die Varistybeker-toernooie die skare probeer

aanmoedig. Dié meester het glo al wat ’n woord is in slegs vyf frases gerek en trek. Boonop bly dié man nie vir ’n oomblik stil nie en sy bitsige, afbrekende opmerkings het talle kykers en die spelers se aandag afgetrek. Rissie verstaan dit is ’n seremoniemeester se werk om die skare op te sweep, maar soms is stilte ’n bietjie welkom. Gevolgtrekking: Die mense hou nie van jou nie, oukei!


Sport 18 Februarie 2016

Jeandre Rudolph, kaptein van die NWU-Pukrugbyspan kruip oor die doellyn teen UJ.

FOTO: MARIO VAN DE WALL (SASPA)

Oranjemasjien oorrompel NWU-Puk RAYNIQUE MEYER @RayniqueM

D

ie NWU-Pukke moes die Fanie du Toit-sportgronde Maandagaand met ’n bitter smaak in hulle monde verlaat. Dít na die buiteperd, die Universiteit van Johannesburg (UJ), hulle met ’n telling van 31 – 36 geklop het voor die tuisspan se skare. Die tuisspan kon voordeel trek toe hulle vyf meter voor UJ se doellyn ’n goeie dryfpoging aan die gang gesit het. Met vinnige en wye spel kon die NWU-Pukke se bossiekop, Lucian Cupido, eerste oor die doellyn gly om die telling 7 – 0 in hulle voorsprong te maak. Rhyno Smith se skopskoen het suksesvol die vyfpunt-drie verdoel. UJ se Divan Nel kon eers ná die tweede poging pale toe die regte naat vind om hulle agterstand na 7 – 3 te vernou. Dié agterstand is deur die UJkombinasie van Bradley Moolman en Aphiwe Dyantyi gebreek toe Dyantyi vir ’n negepunt-drie by die Noordwesters se doellyn gaan kuier het. Nel se skopskoen kon dit verbreed deur nog twee punte by te sit en 7 – 14 op die telbord te laat verskyn. ’n UJ-speler is na dié skittervertoning koelkas toe gestuur om te rus. Smith het ’n geleentheid vir die NWU-Pukke geskep toe sy skopskoen die bal tot vyf meter voor die besoekers se doellyn gedryf het. Ongelukkig het die televisieskeidsregter dié poging nie goedgekeur nie. UJ en die NWU-Pukke het die aggressie op die veld gehou toe Ronald Brown ’n vuishou geswaai

het. Hy is afgestuur en het gesorg vir UJ se tweede geelkaart. Die tuisspan se kaptein, Jeandre Rudolph, kon kruip-kruip oor die doellyn beweeg om die bal vir vyf punte neer te sit. Smith kon nie die skop verdoel nie en die NWU-Pukke moes met ’n tweepunt-agterstand van 12 – 14 tevrede wees. Die besoekers het wéér by die NWU-Pukke se vyfmeter-doellyn gaan kuier, maar goeie verdediging en Rhyno Smith se verligtingskop kon die tuisspan uit hul gebied help. Die NWU-Pukke is kort daarna

UJ was goed gewees en het hulle kanse beter gebruik en hulle verdien krediet daarvoor gestraf en Nel kon nog ’n poging na die pale suksesvol deurtrek om die telling 12 – 17 te maak. Dit het ná halftyd geblyk dat die tuisspan ’n sterk lafenis en spanpraatjie gehad het: Sylvian Mahuza het vir die eerste keer in die geskiedenis ’n negepunt-drie in Potchefstroom gedruk. Hy het ook die voortou geneem deur 17 – 23 op die telbord te laat flikker. Rudolph is kort daarna afgestuur om die wedstryd vir 10 minute vanaf die kantlyn te bekyk. UJ kon het die 14-talgeleentheid tot hul voordeel gebruik: Die NWUPukke is nog ’n keer gestraf toe vyf punte aan die besoekers gegee is.

UJ hou ’n oog oor NWU-Pukke. UJ het die voortou met dié ekstra punte geneem toe hulle ’n telling van 23 – 24 behaal het. Dyantyi het vir oulaas agter die tuisspan se doellyn gaan kuier voor hulle die pad terug na Johannesburg aangedurf het. Boonop kon Nel se skopskoen die naat weer suksesvol tref om die voorsprong na 23 – 33 te verbreed. Dit was ná halftyd omtrent ’n wipplank-speletjie, maar gelukkig kon die NWU-Pukke se Wilmar Arnoldi vir nog ’n kliniese drie sorg en

FOTO: MARIO VAN DE WALL (SASPA) die telbord na 28 – 33 laat oorslaan. Smith se skopskoen het die tuisspan aangehelp om ’n telling van 31 – 33 op die bord te verseker. Die besoekers kon in die laaste nege minute vir oulaas nog drie punte by hulle oorwinning byvoeg om met ’n eindtelling van 31 – 36 die pad terug aan te durf. Rudolph het na afloop van die kragmeting gesê: “Verloor is nooit lekker nie en veral nie voor jou tuisskare nie. “UJ was goed gewees en het hulle

kanse beter gebruik en hulle verdien krediet daarvoor,” het hy gesê. Jonathan Mokuena, NWU-Pukke se afrigter, het gesê dié span “het te veel goed afgeforseer toe UJ hulle onder druk geplaas het. “Ons sal definitief meer geduldig moet bly wanneer spanne ons onder druk plaas,” het Mokuena gesê. Die NWU-Pukke het komende Maandag die kans om terug te veg wanneer hulle in die Moederstad teen UK-Ikeys te staan kom.

Kontak: Raynique Meyer 083 875 3801


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.