Wapad - 15 September 2016

Page 1

0

LEES JOU KAMPUS

15 September 2016 Trotse wenner van die 2016 ATKV Mediaveertjie vir die beste studentekoerant WAPAD® IS DIE STUDENTEKOERANT VAN DIE NWU-POTCHEFSTROOMKAMPUS

JAARGANG 70

SMS-LYN 31750 MET WOORD ‘WAPAD' VOOR

WAPAD@NWU.AC.ZA

#WillFeesFall? Different plans in place Should we be expecting #FeesMustFall 2.0?

PHOTO: HARDUS LUDICK

The #FeesMustFall protest of 2015/10/23. LINZETTA CALITZ

@LinzettaC All eyes are on dr Blade Nzimande, minister of higher education and training, as students and university management teams alike await the previously postponed announcement on a possible fee increase – the announcement is expected within the week. Taking into account the reaction to the 2016 proposed fee increase, another uprising cannot be ruled out completely. Different stakeholders, naturally, had varying responses to the possibility of fees increasing for the 2017 academic year. “No, the NWU (North-West University) cannot” afford a 0% fee increase, said Louis Jacobs, director of corporate communication and stakeholder relations at the NWU. According to Jacobs, this year’s 0% fee increase caused a R179m deficit on the university’s side. The de-

Iets om te sê?

partment of higher education and training only provided 75% of this amount, leaving the NWU to make up the rest out of its own pocket. Masha Mogorosi, from SASCO (South African Students Congress), told Wapad some form of action will “definitely” be taken if fees were to increase. The Potchefstroom branch of SASCO, however, will not act on its own – “it is a national call.” The exact form of action is therefore still unclear. Although SASCO is currently aligned with the ANC, they describe themselves as “autonomous”. A meeting was planned for Wednesday to discuss #FeesMustFall in general – “not just the fee increment; the increment is just the surface,” Mogorosi said. According to SASCO, “raising the fees will not solve the problem that is already there”: It will only exclude more students. Their main argument is that the NWU is spending money on luxuries in certain places

SMS 31750

instead of on the necessities. Before looking to government for funds, SASCO said they would like the university to disclose where the money already received from government is being spent. According to Hasan Varachia from Reform Puk, they (Reform Puk) support the idea of “tax the rich in a higher tax bracket” so as to provide free education for all. Reform Puk describe themselves as “a black student organization that challenges all forms of oppression and concerns of the students”. “Till (sic) the so called ‘free education commissions’ (the commission of inquiry into higher education and training) report (is) announced, we reject any fee increase whatsoever,” Varachia said. According to The New Age Online, the commission has been extended to next year and is expected to submit a full report to President Jacob Zuma in June next year. “We abstain from taking sides,

met die woord ‘wapad’ vooraan

but rather openly invite any organisation or political party to join us to ensure free quality education for all.” Reform Puk concluded by stating that they “will ensure a 0% fee increase for 2017 at whatever cost.” DASO (Democratic Alliance Student Organisation) had a more neutral response to the possible fee increase: “We cannot predict the outcome of the situation at this stage and therefore cannot comment on what options we will take should the fees increase,” Trevor Geoghegan from DASO said. The organisation believes the poorest students need the most financial help, the missing middle should receive help proportional to their financial standing, whilst better-off students should not receive aid as they can afford to pay for themselves. DASO’s fight is alongside the DA – aimed at president Zuma’s government.

Volg Wapad® op sosiale media

They call on “Jacob Zuma’s government to step up and make the money available,” pointing out unnecessary expenditures. “It’s time for the ANC to get their priorities right and put the interests of students first, once and for all. This is a fight the DA is ready to have.” Jacobs said should fees increase, plans for different scenarios are in place. “Interdicts obtained earlier in the year are still valid and will be enforced should the need arise.” Jacobs emphasised the fact that the university empathises with students. Should there, however, be a case of underfunding and tuition fees are not able to cover the deficit, there will be consequences for everyone. Paul Maritz, chairman of the Student Representative Council (SRC), said their aim is to engage in more conversations this year. “Last year, I think we tried to suppress emotions in a way. We tried so hard to prevent uprisings, we didn’t necessarily allow people to talk.”


2

Nuus 15 September 2016

Beplan stede, beplan streke – die klein begin LINZETTA CALITZ

die universiteitsgroepe bied, help werklik. Molutsi stem saam met Gaabue dat dit belangrik is om kinders van die strate weg te lei. Die parkie het ook volgens Molutsi ’n opleidingsfunksie: Dit is die kinders se verantwoordelikheid om die area skoon te hou, omdat hulle die reg het om daar te speel.

@LinzettaC

K

indergesigte tussen glasskerwe. Dit is slegs één van die prentjies in Ikageng wat die tweedejaars in BSc stadsen streeksbeplanning aan die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroomkampus tesame met hul Beplanners Studentevereniging (BSV) en SJGD (Studente JOOL Gemeenskapsdiens) probeer verander. Kinders vanuit die gemeenskap en studente het saamgewerk om van die Ikageng-parkie ’n skoner, veiliger omgewing te maak. Die NWU-Puk se botaniese tuine het ook vir die bome en kompos vir die sentrale “tuin” gesorg. Weereens het student en kind sy aan sy gewerk om ’n mate van natuur in die parkie te bewerkstellig. Volgens Karen Puren, seniorlektor in stads- en streeksbeplanning, het dit in 2012 begin as ’n tipe loodsstudie genaamd die Local Space Global Place (LSGP)-projek. “Dit gaan eintlik daaroor om gemeenskappe te help om areas in hul omgewing self te identifiseer en bietjie op te knap. Ons as dosente werk altyd nóú saam met die BSV en hul SJGD-portefeulje.” Die projek dien as ’n praktiese projek vir die tweedejaars in stads-

Studente en gemeenskapskinders werk sy aan sy om parkie op te knap. en streeksbeplanning, maar is “sommer ’n gesamentlike poging” tussen dié studente en die SJGD, het Puren gesê. Die studente is in verskillende groepe verdeel om die verskeidenheid behoeftes te identifiseer. Lesedi Gaabue was deel van die span wat onder meer van die see van glasstukke moes ontslae raak. “Dit is deel van ons projek, maar ons bemagtig ook die gemeenskap en

skep ’n veilige plek vir die kinders om te speel sodat hulle nie in die strate is nie,” het Gaabue gesê. Frank Redelinghuys, ’n student, het gesê hulle “is hier om die gemeenskap se insette te kry”. Twee gazebos het ruimte vir skryf en tekeninge gebied, wat die gemeenskapslede in staat gestel het om te sê hoe hulle die parkie of gemeenskap graag sou wou sien – die tekengazebo natuurlik ’n reuse

FOTO’S: MARIANNE STEYN trekpeister vir die jonges. Twee gemeenskapslede het byvoorbeeld gevra vir skaakgeriewe. “Ons gaan dit (die voorstelle) evalueer om te kyk of dit geïmplementeer kan word,” het Gaabue gesê. Volgens Bianca Zurcher, nog ’n student, het hulle die gemeenskap benader vir mondelinge bydraes. Aletta Molutsi, ’n vrou wat naby die parkie woon, voel die hulp wat

Kinders vanuit die gemeenskap en studente het saamgewerk om van die Ikageng-parkie ’n skoner, veiliger omgewing te maak. Veiligheid is egter steeds ’n probleem. Molutsi het gesê volwassenes hou dikwels partytjies in die parkie, “maar wat kan ons doen?” Volgens Zurcher is daar baie sjebeens in die omgewing. Puren het gesê hulle het kontakbesonderhede van die SAPD aan gemeenskapslede verskaf sodat hulle sélf die onwettighede in hul omgewing kan aanmeld.

PotchVegas: net ’n week weg van die grootste musiekskouspel ooit CHRIZELLE JOUBERT

@chrizelle46 PotchVegas, die eerste SuidAfrikaanse studentemusiekfees, vind plaas by Senwes Park in Potchefstroom vanaf 22-25 September. Met drie verhoë en ’n ongelooflike lineup insluitende Matthew Mole, Jack Parow, Chunda Munki

en Brendan Peyper is daar iets vir elke musiekliefhebber se unieke smaak. “Ons gaan julle gooi met R20 000! Dit is ’n big deal. As ek ’n student was, sou ek uitfreak,” het Lian Fourie, organiseerder van PotchVegas, gesê. Volgens Fourie gaan daar ’n paar hoogtepunte wees. Eerstens is daar ’n R20 000 money shower vanaf die hoofverhoog die Saterdagaand.

En tweedens tree een van die mees prominente elektroniese musiekprodusente in Afrika, Black Coffee Vrydagaand, op. Bonus: Op Nasionale Braaidag bied PotchVegas aan studente ’n heeltemal nuwe ervaring om die dag te geniet. “PotchVegas se doel is om nasionaal studente bymekaar te bring en dit is wat gaan gebeur,” het Fourie gesê.

“Dit is soos ’n studentparadys. Dit is absoluut geskep en gemaak vir julle.” Daar is twee opsies van kaartjies beskikbaar nl. ’n naweekpas wat tans teen R600 (wat 4 dae se vermaak en alle aktiwiteite insluit) en ’n dagpas wat vir tussen R150 en R250 (vir dié wat te laat wakker skrik) beskikbaar is. Kaartjies is op PotchVegas se webtuiste beskikbaar – www.potchvegas.com.

“Mense moet besef dit is oor ’n week,” het Fourie gesê. “Koop jou kaartjies betyds. Ek kan nou al vir jou sê dat as jy in jou kos-huiskamer gaan sit en jy sien ons op Instagram, Twitter en op Facebook, jy daar gaan wil wees. Ek belowe jou. Die FOMO gaan vir jou vang.”

FOTO: CARINA BRIERS

‘Geraas’ op kampus: Wan maak plan MARNUS KOK

@MarnusKok Studente akkommodeer nie hul medestudente met die wisseling van klasse nie, omdat hulle so hard praat. Dít volgens prof De la Rey van der Waldt, direkteur van die Skool vir Kommunikasiestudies. “’n Universiteit is ’n akademiese instelling waar mense dink en redeneer,” het Van der Waldt gesê. Volgens hom is dit ’n “opvoedingsproses” om mense daarvan bewus te maak dat hulle nie moet lawaai nie. “As jy jouself nie kan hoor redeneer nie, moet jy weet jy moet stiller wees.”

Prof Wannie Carstens, direkteur van die Skool vir Tale wat in die Frans du Toit-gebou (E9) gehuisves word, het aan Wapad gesê hy is bewus van klagtes oor die geraas by die FdT-gebou. “Een van die dosente het aan my gesê dat sy liewers in die middag by haar huis gaan werk waar dit stil is.” Prof Carstens het gesê hy wil die bankies waar studente sit, (wat naby die dosente se kantore is), laat verwyder. Dié bankies is dan ook intussen verwyder. Dr Mariette Hitge, seniorlektor in wiskunde, se kantoor is in G3. Sy het gesê soms weergalm die stemme van die studente buite die gebou tot in haar kantoor. “Ek het egter nie ’n probleem met studente

se geraasvlakke nie, veral as dit ’n groep is wat heerlik opgewonde gesels oor watter saak ook al! Ek beleef dit as positief.” Johan van Zyl, woordvoerder van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroomkampus, het gesê dit is normaal dat daar ’n element van geraas is op ’n kampus met meer as 21 000 kontakstudente. “Die universiteit moedig spontaniteit en sosialisering aan.” “Daar bestaan wel ’n reël dat geleenthede wat geraas veroorsaak, byvoorbeeld orkeste en massavergaderings, slegs daagliks tussen 13:00 en 14:00 en slegs met die nodige toestemming mag plaasvind,” het Van Zyl gesê.


l

15 September 2016

Nuus

SR-Voorsitter deel sy planne & plesiere

3

Profielonderhoud met Paul Maritz INGE-AMÉ SCHOEMAN

@ingeame12

1. Wat wil jy as voorsitter van die Studenteraad (SR) vir die studente op die Potchefstroomkampus van die NoordwesUniversiteit vir die volgende termyn bied? “Studentelewe is nie iets wat apart staan nie; dit is deel van die universiteit. Net soos ander fakulteite is daar ’n departement vir studentelewe. Die SR is die hart daarvan. Ons hele veldtog is: studente eerste. Ek wil eenheid tussen studente direk bewerk. Ons primêre fokus op verandering gaan die jaar intern wees. Ons moet nou begin bewys dat ons intern saam kan staan.” Maritz sê hulle wil die studente eerste te stel in terme finansies, dienslewering en prestasies. Volgens hom het die SR bewys hulle kan hulself ekstern handhaaf – die netbal, manshokkie, rugby, atletiek, debat, sêr en koorfeeste het verlede termyn oorwinnings behaal. 2. Wat is jou grootste uitdagings vir dié termyn? “Ek dink die grootste uitdaging vir enige SR-voorsitter is klasgelde. Aan die een kant gaan universiteite begin vou as klasgelde nie verhoog nie en ons kry nie meer geld van die regering af nie. Die ander probleem is as ons as SR openlik sê klasgelde moet verhoog, skiet ons ’n klomp van ons eie studente

Paul Maritz – nie jou tradisionele dominee nie. – studente wat vir ons gestem het – in die voet, want hulle kan al klaar nie hulle rekenings betaal nie. Nou moet hulle nog 10% meer betaal.” Maritz wil sy pleidooi direk aan die Minister van Finansies van Suid-Afrika rig. “Uiteindelik is klasgelde nie eintlik die probleem nie. Dit is die vrug – die wortel is dat die regering te min geld in tersiêre onderrig

instoot.” 3. Verwag die SR weer protesaksies oor klasgelde en watter voorsorgmaatreëls het julle in plek? “Hierdie jaar wéét ons wat om te verwag en ons is gereed daarvoor. Ons grootste fout verlede jaar was dat ons die groep betogers onwettig toegelaat het om op kampus te vergader. As mense op kampus wil

FOTO: CARINA BRIERS vergader, moet hulle ’n geregistreerde vereniging van die SR wees en dan het ons hulle studentenommers – ons kan rekenskap van hulle eis.” “Ons gaan ook meer gesprekke voer. Ek dink verlede jaar het ons probeer om emosies te onderdruk – ons het so hard probeer om opstande te keer dat ons die mense nie noodwendig toegelaat het om te

praat nie.” 4. Waar sien jy jouself oor vyf jaar? “Ek studeer teologie en ek wil graag Sondae preek, maar ek nie ek gaan deur die week ’n tradisionele dominee wees nie. Ek vermoed ek gaan werk. In hierdie stadium kyk ek na die privaatsektor – spesifiek eiendomsmaatskappye en bankwese.” Volgens Maritz sal hy deur te preek sy passie kan uitleef. Hy beoog ook om oor drie jaar sy MBA oorsee te doen en kyk na universiteite soos Cambridge en Oxford in Engeland. Hy sê as dié duur droom realiseer, sal hy ná sy studies na Suid-Afrika terugkeer en hier werk. 5. Wat is jou grootste droom? Om as mens internasionaal te wees. Ek glo nie in voltydse emigrasie na een of ander Europese land waar alles net veilig, mooi en skoon is nie. Die Here plaas jou waar Hy jou wil plaas. Jy is hier om ’n verskil te maak, maar ek wil graag ’n internasionale mens wees. Ek wil groot lewe. Ek wil nie beperk wees tot ’n dorpie of tot ’n stad nie. Ek wil betrokke wees in dít wat die wêreld vorentoe vat. Sy droom vir Suid-Afrika is dat almal kan lees en skryf. Maritz beweer dat Suid-Afrika se grootste probleem nie korrupsie of hoë petrolpryse is nie, maar ’n tekort aan onderrig in die laerskoolsektor. “Die oomblik wat mense lees en skryf, kan hulle hulself oplei.”

Roosterwysiging: Dosente sing ’n ander deuntjie as studente JEANELLE GREYLING

@JeanelleGrey Dit blyk die meerderheid dosente is positief oor die gewysigde rooster. Wapad het in verlede semester berig dat die rooster gaan verander om parallelmedium te akkommodeer. Die studente se misnoeë oor die verandering is in ’n opvolgberig gereflekteer. Wapad het dit dus goedgedink om verslag te lewer oor die dosente se reaksie op die wysigings. Verteenwoordigers van die Fakulteite Teologie, Regte, Ekonomiese en Bestuurswese en Gesondheidswetenskappe se terugvoer het getuig dat – hoewel nie ideaal nie – die roosterwysigings wel die beste middeweg is. Lokale kan studente akkommodeer Prof Jan van Romburgh, waarnemende dekaan van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, sê die implementering het hulle in staat gestel om ’n Engelse

klasgroep vir alle eerstejaarsmodules in dié Fakulteit te voorsien. Van Romburgh sê: “Die nuwe klasrooster het ’n beter verspreiding op lokaalbesetting teweeggebring.” Die lokale is dus groot genoeg om die studente te akkommodeer. Hoewel Karen Tredoux, skakelbeampte van die Fakulteit Gesondheidswetenskappe, dit beaam, sê sy die lokaalkrisis is nie heeltemal opgelos nie. “Ten opsigte van praktika-groepe is die lokale nie noodwendig altyd groot genoeg nie,” het Tredoux gesê. “Die lokale is steeds nie groot genoeg om aan die assesseringsbehoeftes te voldoen nie.” Volgens Flip Schutte, direkteur onderrig in die Fakulteit Regte, sê die lokale word nou beter benut. “In bepaalde gevalle is daar klas op Vrydagmiddae.” Prof. Francois Viljoen, dekaan van die Fakulteit Teologie, sê die wysiging het geen noemenswaardige invloed op hul modules gehad nie. Hulle het nie probleme met die

vorige roosterindeling ervaar nie: “Die Fakulteit is nie op kampus geleë nie – parkeerprobleme en drukverkeer is of was nie ’n faktor nie,” het Viljoen gesê.

Dosente sal ook met meer kreatiewe metodes na vore moet kom om studente se aandag tydens lesings gefokus te hou. Volgens Van Romburgh maak die modules in verskillende roostergroepe dit moontlik om een klastoets op ’n Vrydagmiddag af te lê. Tredoux meld ook die “vyf minute ekstra vir wisseling tussen modules” is beslis vir die akademici ’n bonus.

Nadele “Die feit dat die klasse laat klaarmaak, kan in die winter ’n veiligheidsrisiko inhou vir studente wat huis toe moet loop,” het Tredoux gesê. Voldoende tolktoerusting in lokale met groot groepe bly ook ’n uitdaging. “Die veranderde roosters het langer kontaksessies tot gevolg en kan ’n nadelige invloed op die onderrig-leer metodes hê. Studentgesentreerde aktiewe leer is uiters noodsaaklik,” het sy gesê. “Dosente sal ook met meer kreatiewe metodes na vore moet kom om studente se aandag tydens lesings gefokus te hou.” Tredoux sê die verkeersvloei rondom die kampus veroorsaak boonop sommige dae ’n probleem. ’n Dosent in die Fakulteit Teologie het aan Viljoen gesê sy het nou minder ontmoetingsgeleent-hede met die studente, “wat nie ideaal vir die onderrig van haar spesifieke module is nie”. “Sy verkies eerder korter en meer ontmoetingsgeleenthede,” het Viljoen gesê.

Dosentekommentaar Van Romburgh meld enkele opmerkings van dosente in die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe: “Met die langer periodes kan meer gedoen word in terme van praktiese oefeninge en besprekings. Die periodes is ook lank genoeg vir klastoetse.” “Dit help baie met my interaktiewe manier van klasgee en ek kan my leeruitkomstes daarvolgens aanpas.” “Dit gee my meer tyd vir navorsing en ander werksverpligtinge.” “Ek ervaar dat studente nie die laat klasse (17:45) bywoon nie.” “Die 15 minute tussen periodes is ’n groot verbetering. Studente daag betyds vir my klas op.” “Klas tydens etenstyd is vir my ongerieflik. Ek het kinders op skool na wie omgesien moet word.”

Memorial lecture held for the iconic Herman Charles Bosman JEANELLE GREYLING

@JeanelleGrey Many South African readers are devoted to Herman Charles Bosman because of the so-called camouflaged Afrikaans in his English literature. Yet it was recently established that his work features linguistic stereotyping. Prof Bertus van Rooy, a lecturer in English Language Studies on the Vaal Triangle Campus of the NorthWest University (NWU), performed a quantitive analysis of Bosman’s literature, which served as the topic

for the third biannual Herman Charles Bosman memorial lecture. Equally adept in both Afrikaans and English, Bosman actively sought to mix the two languages in his literature. Van Rooy wanted to find out if Bosman’s literature is a version of Afrikaans, only written in English – in other words: To what extent does his literature correlate with the syntactic and semantic norms of Afrikaans? He analyzed 181 short stories written by Bosman and compared it to historical corpora of English and Afrikaans literature and news writings in South Africa. “I marked the multi-word

English expressions that reminded me of something Afrikaans,” Van Rooy said at the event, held by the subject group English. When Van Rooy compared 40 of these expressions with their usage in English and Afrikaans fiction over the last century, it became clear that these expressions are virtually nonexistent in English fiction. Moreover, expressions like “thought out” – intended to remind you of Afrikaans – greatly exaggerates the Afrikaans use of “uitgedink”. The same goes for Afrikaans naming practices. This proved Van Rooy’s statement that Bosman’s work is semantically simi-

lar to Afrikaans. Yet the syntax is typically that of English. Afrikaans’ sentence structure is characterized by the verbsubject order, whereas any order is acceptable in English. “Bosman never uses the verb-subject order in his sentence structuring. “It’s as if he deliberately strays from a structuring that would be acceptable in both languages to distance himself from Afrikaans.” Van Rooy attributed his findings to the known fact that authors are more conservative when writing in their second language. “They want to avoid coming off as stupid.” One is also more intuitive when

using your first language, but tend to follow the second language’s norms when your first contact with the language was in school.

PHOTO: MARIANNE STEYN


4

Nuus

15 September 2016

Frankryk verban Burkini’s - wat nou? MIEKE HOFMEYR

@MIWatchers Ná Frankryk se twee verwoestende terreuraanvalle in onderskeidelik Parys en Nice vanjaar, het die plaaslike Franse owerhede besluit om tot aksie oor te gaan deur burkini’s te verban. ’n Burkini is ’n baaikostuum vir Moslemvroue wat die hele lyf behalwe die gesig, hande en voete bedek. Dit maak dit moontlik vir Moslemvroue om te swem onder die dekmantel van religieuse voorskrifte aangaande kleredrag. Die kontroversiële onderwerp aangaande burkini’s het begin toe 30 Franse dorpe, meestal geleë in die Suid-Oostelike dele van Frankryk, besluit het om burkini’s op hul strande te verban. Nice was een van die eerste dorpe om burkini’s te verban en het geredeneer dié swemdrag is ’n risiko vir openbare orde. Manuel Valls, Frankryk se eerste minister en lid van die Sosialistiese

Party, glo burkini’s is ook ’n instrument van onderdrukking teenoor vrouens. Die gesondheidsrisiko’s wat burkini’s inhou is ook as ’n argument vir die verbanning van dié swemdrag aangevoer. Dit is bekend dat Frankryk geloof en religie uit die publieke oog wil hou: die land het die dra van religieuse embleme na skole en universiteite reeds in 2004 verban en in 2010 is die dra van ’n burka (’n sluier wat die hele gesig bedek) in Frankryk verban. Die Franse Hooggeregshof het egter nie met die burkiniverbanning saamgestem nie en het sowat drie weke gelede daarteen beslis. Die hof meen daar is geen bewyse van gesondheids- of openbare gevaar aangaande die burkini nie en dat die verbanning daarvan onwettig en ’n skending van menseregte en fundamentele vryhede is. Talle Franse burgemeesters het hulle egter nie aan die hof se beslissing gesteur nie. Dit het oproer tussen menseregte-aktiviste en anti-Islamophobia-groepe en

FOTO: PRIMICIADIARIO

Verbanne burkini: Geregverdig? die Franse owerhede wat die verbod in plek gestel het, veroorsaak. Die vraag is: het die betrokke Franse burgemeesters die reg om sekere Moslem-kledingstukke te verban ná

die onlangse terreuraanvalle of is dit teen universele menseregte om dié kledingstukke as ’n politieke agenda teen die Moslemgeloof en ekstremiste te gebruik?

Twiet jou opinie aan Wapad by @nwuwapad. Bronne: The Economist, The Guardian.

Acquiring a foreign language? Here’s why you should consider it RONÉ VAN WYK

@RonePink "The globalization of knowledge and research is only possible if one acquires a new language." This according to Philine Wittke, executive director of the South African branch of the German Academic Exchange Service (DAAD). DAAD, an institution that has been providing South Africans with bursaries to study in Germany for the past 35 years, visited

the Potchefstroom Campus of the North-West University last week. According to Wittke, they have awarded 4 000 scholarships to African students in 2016 alone. “It is essential for students from South Africa to go to Germany and return to their own country with new knowledge to share,” Wittke said. The NWU also hosts exchange students for the same reason. Katarina Wiese, a fourth year education student at the German University of Rostock, is one of

many international students at the NWU. Wiese said she greatly enjoys South Africa: “South Africans are very warm and welcoming.” Wiese is currently taking English and history at third year level and taking a beginner’s Afrikaans course. “I have learnt quite a lot so far, but it’s difficult to process it all at once.” Wiese says that learning a new language teaches the brain to think at new levels and that the most important resource for learning a language is definitely to speak the

language in its natural context. “Even when you are embarrassed, it is important to remember that everyone makes mistakes and an accent can be very cute.” Dr Philip van der Merwe, senior lecturer in German at the NWUPuk, said: “Acquiring languages can often open very interesting doors for you with regards to occupation fields.” He said language offers the speaker a series of new information, abilities and experience when texts are made accessible through a language like German or Setswana.

The NWU boasts with night classes in classical languages, including Egyptian and Aramaic, as well as seven modern languages, like sign language and (recently added) Mandarin. Van der Merwe said it is important to put resources in place when one acquires a new language. “Visiting the countries that speak the language is one of the most important resources, but there are also films, radio stations and books that can guide you in the development of your language capabilities.”


15 September 2016

5

Nuus

BOUDINE KRUGER

@BoudineKruger

W

hen a rainbow comes crashing down on you, you’d better prepare

All for fun and fun for all

yourself. The Color Run paid Potchefstroom a visit on 3 September at the Potchefstroom Campus of the North-West University’s RAG Farm. With contestants of all ages running, walking or crawling for charity, this recurring event was the world’s first paint race.

They were digging rainbows out of their ears. Founded in 2012, the powder paint-powered race promotes health. The event isn’t solely based on fitness but also on fun, making it a run for all. Starting at the RAG Farm, the race consisted of four colour zones. At these zones, staff members of the race took it upon themselves to splatter contestants with different coloured powders from all angles. Each colour zone had its own unique colour and by the time the

The rainbow nation in action. contestants reached the finish line, they were digging rainbows out of their ears. After all the contestants finished the race, they gathered in front of the main stage to take part in a colour extravaganza. At the start of

PHOTO: MARIANNE STEYN the race they each received a packet of powder to play their part in the grand finale. When the countdown reached one, the different powders burst into the air, a colourful mess the only thing to be seen. Petri Smit, a final year BEng

mechanical engineering student at the NWU-Puk, said: “The Color Run was kick-ass. I’m not sure if it was really 5K’s, but it was lots of fun, good times and good people.” Michelle Bezuidenhout’s experience was similar.

“The Color Run was great fun, and I will definitely come again,” Bezuidenhout said. The Color Run 2016 still has five more South African cities to visit: Randfontein, Johannesburg, Pietermaritzburg, Durban and Cape

Leer en kom deur – wenke vir ’n effektiewe studiegroep CHRIZELLE JOUBERT

@chrizelle46

Baie studente het al sleg gevaar in ’n toets omdat dit toe nie so ’n goeie idee was om saam te leer nie. Jy dink dit gaan vir jou werk – en ’n paar minute later sit jy en jou vriende en koek geniet by Ferdi’s (ironies: die raserige koffiewinkel in die biblioteek).

Die grootte van jou groep is belangrik – te groot en dit is ’n partytjie, te klein en dit word ’n skindersessie. Leer en kom deur of Sweet sonder om te Weet – jou keuse. Die redes vir jou mislukte pogings is heel eenvoudig en kan vinnig reggestel word: Die grootte van jou groep is belangrik – te groot en dit is ’n partytjie, te klein en dit word ’n skindersessie. Vier tot ses mense is

die mees effektiewe getal. Só kan jy almal se stem hoor en werk jy die beste saam. Dit is nie ’n goeie idee om die slegste presteerder in jou klas te vra

om aan te sluit net omdat jy hulle jammer kry nie. Jou studies is belangrik en hier word nie speletjies gespeel nie. Kry mense wat dieselfde mikpunte as jy nastreef

FOTO: MARIANNE STEYN en wat jou kan motiveer (Wenk: Daardie persoon wat altyd notas in die klas neem is dalk iemand om te oorweeg). Kry ’n plek om bymekaar te kom

waar jou aandag nie afgetrek kan word nie – die Studentesentrum (SS) en Ferdi’s is nie ’n opsie nie. Bespreek eerder ’n kamer in die biblioteek. Dit verseker toeganklikheid vir almal en skep ’n professionele, ernstige atmosfeer. Voorbereiding is van kardinale belang. Besluit vooraf watter leermateriaal julle gaan behandel. Verdeel die werk in afdelings en gee vir elke persoon ’n afdeling om aan te bied op grond van sy gemaklikheid met – en kennis van – die onderwerp. Om iets vir iemand anders te leer is een van die beste leermetodes. Só kan jy seker maak elkeen neem deel en vind baat by die studiegroep. Gee vir die mees pligsgetroue persoon die verantwoordelikheid om almal gefokus te hou en te sorg dat al die nodige werk behandel word – hulle sien dit dikwels nie as ’n schlep nie, inteendeel voel hulle spesiaal. Twee tot drie ure is die ideale tyd wat elke bymekaarkoms moet duur. Dit gee net genoeg tyd om nie te gejaagd te voel nie, maar ook nie aan die slaap te raak nie. Neem natuurlik ’n breek tussenin, maar besluit op ’n tyd. Hou die horlosie dop en hou by die tydsbeperking. Verder is selfdissipline die sleutel tot sukses. Wees die leier. Wees die pligsgetroue individu. Wees op’it.

(On)gepaste troeteldiere – ’n katterige spul in Goudstraat COLETTE COMBRINK

@CombrinkColette Dit mag dalk na ’n groot avontuur klink om ’n leeuwelpie in jou woonstel aan te hou, maar dink twee keer voor jy ’n nuwe cuddle buddy aanskaf. Drie leeuwelpies is sowat drie weke gelede in ’n student se woonstel in Goudstraat gevind. Dié student aan die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroomkampus het die leeuwelpies glo vir ’n plaas

in die omliggende omgewing grootgemaak. Wapad het dit op hulself geneem om ’n paar nadele van dié spesifieke troeteldierkeuse (in ’n studentewoonstel) uit te wys. Eerstens is dit nie wettig om leeus in jou woonstel groot te maak nie. Leeus benodig ’n groot ruimte om te ontwikkel. Dus is die kans op kampusparkering amper groter as die kans om ’n permit te kry om leeus in jou studentewoonstel groot te maak. Potchefstroom Herald berig dat Andries Venter, bestuurder van PAWS (Potchefstroom Animal Welfare Society), gesê het: “Dit is

As jy verby die wetlike aspekte kan kyk, moet jy steeds besef dit is ontsaglik duur om ’n leeu groot te maak.

onwettig om wilde diere en boonop ’n bedreigde spesie, sonder permit aan te hou, ook om die diere sonder permit te vervoer” (sic). As jy verby die wetlike aspekte kan kyk, moet jy steeds besef dit is ontsaglik duur om ’n leeu groot te maak. Volgens eksotiese troeteldierkenner, Lianne McLeod, se blog sal dit jou jaarliks sowat R104 000 ’n jaar uit die sak jaag om dié grootkat groot te kry. Dit sluit nie die beskadiging van meubels en ekstra mediese onkostes in nie. Derdens sal jy ’n bereidwillige veearts moet kry om na jou harige

vriend om te sien. Volgens McLeod gaan sowat 98% van eksotiese troeteldiere in die eerste twee jaar van hul lewens dood – meestal weens swak mediese sorg, ’n onvanpaste dieët en ’n tekort aan spasie om ’n wilde dier te wees. Ons beveel jou dus aan om jou eerder by spesies soos goudvisse, vetplante of selfs ’n baba brakkie te bepaal – as jy braaf genoeg is natuurlik. *Volgens die Potchefstroom Herald is Noordwes Natuurbewaring tans besig met ’n volledige ondersoek van die insident.


6

15 September 2016

Die NWU Besigheidskool bied aan

NAGRAADSE

DIPLOMA IN BESTUUR • • • • • •

Voltydse 1 jaar diploma in Bestuur Ten volle geakkrediteer NKR vlak 8 Gerieflike klastye op die Potchefstroomkampus Goeie voorbereiding vir ‘n MBA Mededingende voordeel in die arbeidsmark Oopboek- en toegepaste eksamens

Kontak ons vandag om te registreer en bestuur jou toekoms!

NAVRAE

Phillip Boonzaaier Ekonomiese- en Bestuurswetenskappegebou (E3) Kantoor 305, 3de vloer 018 299 1409 E-pos: phillip.boonzaaier@nwu.ac.za

Skool vir Besigheid & Korporatiewe Bestuur


15 September 2016

Kuns & Vermaak

Caput-vegvlieëniers wen universiteitesêr COLETTE COMBRINK & MARISELLE STOFBERG

belangrikste is die man daar bo wat ons as koshuis ongelooflik seën,” het Terblanche verder gesê. Vergeet-My-Nie-vrouekoshuis bereik in 2016 ’n trotse derde plek onder die vroue in hierdie stryd. Hoewel hulle nie oorwinning behaal het nie, meen hulle Kunste HK-lid, Crystle-Dee Venter, dat die opregte vriendskapsbande wat hulle gebou het dalk meer beteken as die beker. In 2010 het Vergeet-My-Nie die NWU-Puk tot oorwinning gedra. Dit was die laaste keer, tot nou, wat die trofee sy tuiste in die Akkerstad gevind het. Met die wen van ook die Varsitybeker, ATKV-Nasionale Debatkampioenskap en selfs ATKVmediaveertjies, blyk 2016 om die jaar van die NWU-Puk te wees.

@CombrinkColette @stoof09

C

aput-manskoshuis tree as die beste serenadegroep in Suid-Afrika uit die stemmestryd op 3 September in Pretoria, met hul oorwinning as algehele wenners van die 2016 ATKV Nasionale Universiteitesêr . Die Universiteit van Pretoria se Hatflieldkampus was gevul met spikkels Vergeet-My-Nie’s en Caput-manne. “Kyk net hoe baie Pukke is ons hier” het deurgaans weergalm. Die toeskouers is deur The Parlotones vermaak, terwyl die punte bereken is. Kahn Morbee, Chris Chameleon en Nadia Beukes was onder andere deel van die gesogte beoordelaars. Volgens Caput se Kunste HK-lid, Morné Weyers, is hulle al vir jare die underdogs. “Ons het besluit om elke jaar as ’n nuwe begin aan te pak en nie aan die vorige jare te dink nie.” Weyers meen “gebed, harde werk en die geloof dat jy goed genoeg is” was die sleutel tot hulle sukses. Die nuutgekose primarius van dié manskoshuis, TJ Terblanche het gesê: “Ek glo dit is net weer vir

7

Uitslae: FOTO: CARINA BRIERS ons as Caputters ’n bewys dat jy nie noodwendig die grootste koshuis hoef te wees om groot dinge te doen nie.” As vegvlieëniers het Caput die gehoor na nuwe hoogtes geneem.

“Someone has to keep my ovaries away from me,” lui ’nʼn komieklike twiet vanuit die gehoor tydens die Caputters se optrede. Caput vind die perfekte balans tussen snaaks en ernstig, en ná grappies oor KFC

eindig hulle met die aanhaling “for most people the sky is the limit, but for us the sky is home”. “Hierdie manne het verseker hard gewerk en deursettingsvermoë en trots getoon, maar die heel

Mans: 1ste – Caput (Puk) 2de – Huis Olympus (UP) 3de – Eendrag (US) Vroue: 1ste – House Horizon (UJ) 2de – Huis Erika (UP) 3de – Vergeet-My-Nie (Puk)

Blackbyrd: Songbirds in flight A night of swing and symphony BONOLO MANONE

@Grumplezz

PHOTO: MARIANNE STEYN BONOLO MANONE

@Grumplezz Tarryn Lamb, Axene ChaberskiLoubser and Tamsyn Maker, collectively known as pop-country trio Blackbyrd, sat down with Wapad before their performance for an eager audience at the Habitat Potch Lentefees on 7 August. The members, originally from and based in Cape Town, said they spend most of their time on the road and have a hard time keeping track of where they are. “The funny thing is when we get to airports, we always think we’re going to find our favourite restaurants or coffee shops – then we realise that was the other airport,” Tarryn, vocalist and songwriter said. The constant travelling inspired their second album Home, a tribute to their loved ones with whom they can’t always share special occasions with. But, according to Axene, lead guitarist, the fans make it rewarding: “We got a few messages on our Facebook page and our social media – people said that some of our music helped them through some very difficult times.” While on the road the group keep it light by doing funny accents, and comforting each other like sisters. “I think from my side

I bring the cool factor,” Tamsyn, backing vocalist and guitarist joked. She is also very protective of her bandmates. The musicality and sound of Blackbyrd has a distinct country sound, but this was not a deliberate decision. Tamsyn said the band was formed organically: “Everything just kind of happened as it happened and as it was meant to be. We didn’t know we were going to do pop -country music but from Tarryn’s writing the music came out with that sound.” Musical inspiration for the trio ranges from Rod Stewart and John Mayer, to Demi Lovato. The lyrics on their first album, Strong, are full of heartbreak and deep feelings, and Tarryn’s writing influenced that. She explained she experienced things on an emotional level, and this, coupled with her love for older music, is a major influence on her performances. “I have a need to understand before I am understood.” The trio is clearly a bright star in the constellation of South Africa’s artists and musicians, and they express ambitions to take their music overseas. They still relish in the comforts of home, though. “We love doing festivals, those are just lekker – it’s got a nice vibe, the people are friendly and just bring such a positive spirit,” Axene said.

As the students of the North-West University School of Music took their places on stage in the Conservatory Hall, the shiny brass of their instruments and the focused tension on their faces let you know that you’re about to have an experience. The Symphonic Winds & Big Band Jazz concert, presented by the Rupert Music Foundation, were conducted by André Oosthuizen (symphony) and Justin Sasman (jazz). You couldn’t help but feel spiritually uplifted as those talented individuals harnessed their passion and presented it to the audience as

harmonic pleasure. The concert opened with the iconic 20th Century Fox theme (“March to the Movies”), a fitting introduction. The musicians have a mastery of alternating between intense volume and gentle notes. A particularly memorable piece was “Greek Folk Dances” – you could almost see Zorba the Greek dancing in the dessert. Both audience and performers tapped their feet gently to “Santana, a Portrait”, but watching the musicians actually create music was heart-warming. These people clearly understand music on another level. They nod every time they recognise the correct note has

been struck. After the intermission, the jazz band marched in, playing “When the Saints”, which was just spectacular. Sasman explained the birth and development of jazz from slavery to swing and uptown funk to disco pop in-between the numbers. The finale was “Anthem for a New Nation”, a deeply soulful number with much swagger, enhanced by a brilliantly skillful trumpet solo. Upcoming performances by the NWU School of Music include a Spring Ensemble Concert on 20 September and a show for the bursary winners on 18 October. These are sure to be just as memorable.

Bending Light buig persepsie van lig

FOTO’S: ALTA GRUNDLINGH MARISELLE STOFBERG

@stoof09 “Lig is dit wat die begin en die einde van ons tyd met mekaar verbind.” Gordon Froud, wat vir meer as 30 jaar as onder meer kurator en kunstenaar by Suid-Afrikaanse en internasionale kuns betrokke is, het die Bending Light-uitstalling op 1 September só geopen. Dié uitstalling, wat tot 23 September in die Botaniese Tuin Galery te sien is, vertoon die werk van Kleoniki Vanos en Lothar Böttcher. Beide kunstenaars ondersoek die term “lig” – hoe jy dit kan “buig” en manipuleer om die persepsies van mense rakende lig, maar ook

die lewe opsigself, uit te daag en te verander. Vanos gebruik lig as ’n metaforiese verfkwas, en verf letterlik met lig in haar foto’s. Sy beskou lig nie net as ’n middel om ’n voorwerp te verlig nie, maar sien dit as ’n voorwerp op sy eie. ’n Donker kamer in die hoek van die galery word gebruik om die impak van lig op ons persepsies ten toon te stel. Een van Vanos se kunswerke word vertoon met LEDligte van verskillende kleure wat op bepaalde tussenpouses verander. Dit beeld uit hoe verskillende kleure verskillende aspekte van die kunswerk verlig, en gevolglik ons persepsies van die kunswerk verander.

Böttcher is ’n beeldhouer wat glas manipuleer, sodat dit eindelik die lig “buig”. Koudbewerkte glas word met die hand gemaal, gepoleer en gebind om optiese illusies te vorm. Die glas word tot so ’n mate gemanipuleer dat dit nie meer wat jy sien weergee nie, maar wat jy sien en hoe jy dit sien, verander. Böttcher poog om in ’n era waar tegnologie en die media alles domineer, ’n oomblik van visuele onmiddellikheid te bied. “Ek wil hê mense moet deur my werk weer die voëltjies in die oggend hoor sing en die klein goedjies in die lewe waardeer,” het Böttcher gesê.


15 September 2016

Leefstyl

8

PHOTO: SCREENRANT FOTO’S: CHRIZELLE JOUBERT

Gourmet-ontbyt vir studente met eetlus CHRIZELLE JOUBERT

@chrizelle46

J

a, soos jou ma jou geleer het, ís ontbyt régtig die belangrikste maaltyd van die dag. Maar sonder jou getroue ma wat gou vir jou ’n bak pap of roosterbrood in die hand stop, is ontbyt vir ’n besige student iets van die verlede. Volgens Healthy Eating verbeter ontbyt ’n student se kognitiewe prestasies en konsentrasie. Studente wat ontbyt eet, het positiewer reaksies op moeilike take – hangry (om meer tasbaar vir irritasie te wees, omdat jy honger is) is ’n emosie wat baie op ’n daaglikse basis ervaar. Ontbyt dra ook by tot die handhawing van ’n goeie gewig. Met die volgende resepte sal jy jou ontbytroetine aan die gang kry en ook minder hangry voel.

Eier-poffertjies Lekker proteïene, manne! Hierdie resep is eenvoudig en bevat nie vreemde saadjies of speserye waarvan jy nog nooit gehoor het nie. Benodigdhede • Muffinpan met 12 koppies •8 eiers • 1 koppie gekapte ham, vienna’s, hoender of enige vleis van jou keuse (ja, gisteraand se braaivleis sal ook werk) • 1 koppie gekapte spinasie • 1 gerasperde ui • ½ koppie gerasperde kaas • 1 koppie sampioene • ½ teelepel bakpoeier • Sout en peper Metode: 1. Verhit oond tot 180°C. 2. Spuit muffinpan met “Spray and Cook”. 3. Klits eiers in ’n bak. 4. Voeg al die bestanddele saam. 5. Vul muffinpan tot half.

6. Bak 10-15 min. (Druk mes in poffertjie. As mes skoon uitkom is dit gaar.) Ontbyt-pops Dít is die enigste geleentheid waar jy met trots kan sê jy het “roomys” vir ontbyt geëet. En soos ons somers in Potch ken, is die afkoel so vroeg in die oggend ’n bonus! Maak dit die aand voor die tyd en gryp een voor klas. Benodigdhede • Gietvormhouertjie vir roomys • 1 koppie jogurt • ½ koppie melk • 2 eetlepels heuning • ½ koppie muesli • 1 koppie gekerfde vrugte Metode: 1. Meng melk, jogurt en 1 eetlepel heuning saam. 2. Vul roomyshouertjies met mengsel. 3. Strooi vrugte bo-op. 4. Meng oorblywende eetlepel heu-

ning met muesli. 5. Sit bo-op mengsel. 6. Maak roomyshouertjie toe met stokkiedeksels. 7. Plaas in vrieskas vir vier ure. 8. Hou houertjies onder lopende water om los te kom. Oornag-oats Hierdie resep is gesond, vullend en kan die aand voor die tyd gemaak word om ’n gejaag in die oggend te voorkom. Benodigdhede • 1 koppie oats • 1 koppie melk • ½ teelepel vanielje-ekstrak • 1 teelepel kaneel • ½ koppie gesnyde piesang • ¼ koppie grondboontjiebotter • Heuning – opsioneel Metode: 1. Meng oats, melk, vanielje en kaneel saam. 2. Pak een laag mengsel, een laag grondboontjiebotter en ’n laag

piesang. 3. Los oornag in yskas. Cheerios-happies Hierdie resep maak jou ontbyt interessant en gee jou iets om na uit te sien in die oggend. Benodigdhede • 5-6 koppies Cheerios ontbytpap • 1 koppie grondboontjiebotter • ½ koppie heuning • 1 teelepel vanielje-ekstrak Metode: 1. Plaas grondboontjiebotter in mikrogolfoond vir 40 sekondes – haal uit en roer. 2. Voeg heuning by en roer deeglik. 3. Plaas weer in mikrogolfoond vir ’n verdere 30 sekondes. 4. Meng vanielje-ekstrak by. 5. Gooi grondboontjiebotter mengsel oor Cheerios en meng tot al die Cheerios bedek is. 6. Skep ’n happiegrootte mengsel in ’n gesmeerde pan. 7. Laat staan vir 3 ure.

Pet-plante, die troeteldier van die 21ste eeu @CHRIZELLE46

Chrizelle Joubert ’n Potplant dien nie net as binnehuisversiering vir beperkte ruimtes nie, dit doen ook jou gesondheid wondere. Volgens wetenskaplikes is ’n huisplant nuttig om koolsuurgas en ander onsuiwerhede soos chemikalieë op te neem en in suurstof om te sit – terwyl jy slaap is daar darem iets wat ’n bydrae tot die skoonmaak van jou tuiste maak. In ruil daarvoor kan jy gerus vir jou “kamermaat” rustige klassieke

musiek aanskaf, sodat hy en jy uit jul nate kan floreer. Volgens eNuus van September 2014 het De Morgenzon Wynplaas in Stellenbosch se oes daardie jaar ’n verrassende uitkoms gelewer vandat hulle begin het om klassieke musiek vir hul wingerde te speel. ’n Ou boereraat deur geslagte oorgedra, is dat jy ná die gebruik van jou teesakkie dit kan oopskeur en in jou potplant vir kompos kan strooi, aangesien dit voordelige voedingstowwe bevat. Jy wonder seker watter tipe potplant vir jou woonplek geskik gaan wees – jy moet besef dat potplante

dramaties kan verskil, net soos jou vriende. Volgens Carien Swart van Potch Garden Pavilion is aglaonema ’n fantastiese binnehuisplant, omdat hulle medium tot min lig kan hanteer. “Hulle groeitempo is ook laag, dus kan hulle lekker op ’n lessenaar pas en lank plesier verskaf,” het Swart gesê. ’n Binnehuise plant wat lae lig benodig, het ook nie baie water nodig nie. Swart stel ook die zamioculcas voor, ook bekend as die zeezeeplant. Dié potplant is perfek vir ’n kamermaat wat nie eers na ’n

goudvis kon kyk nie en ’n kamer met min sonlig. Dit het lae watervereistes en kan verwaarlosing goed hanteer. “Wenners in ’n woonstel of huis met hoë lig is die bamboo palm.” Hierdie plant moet in indirekte sonlig geplaas en klam gehou word. Indien jy trouplanne in die mou het, kan jy solank “skoonma se tong” aanskaf, wat bietjie makliker is om na om te sien as die “real deal”. Min water en lae tot medium sonlig sal dié potplant gesond en gelukkig hou. FOTO: HEINZ SCHOEMAN-STRUWIG

Spring crowning glories – bring your hair into blossom BONOLO MANONE

@Grumplezz Crispy fresh mornings and sweet warm afternoons – you’d rather enjoy this weather by doing something fun or productive than fussing about your hair. It should be easy to do and securely made up. Most of all, it should celebrate the vibrancy and whimsy of the season.

PHOTO’S: CARINA BRIERS

Plaits and a Ponytail This keeps any stray hairs from getting stuck to your face in the heat and it is versatile for most hair types. Section off some hair in the front of your head from the temple to the ear on the other side. Braid into a French plait from narrow to thick, i.e. from temple to ear. Use your fingers to put the rest of your hair into a high ponytail and secure with a thin elastic band.

Cornrows If you don’t want to fidget with your hair every morning, this style is perfect for natural hair or it can be created with extensions. Decide how many rows you want and if you would like a middle or side part, or they can just go straight back. Plait the hair inward or outward – you can start thin and go thicker by adding more hairpiece or you can keep the same thickness throughout.

Headscarves Embrace your inner pin-up and accessorise with a bright or patterned scarf. Tie up your hair loosely and twist the ponytail into a messy bun, then pin down some of the loose ends. You can also leave your hair down. Starting from the back of your head, wrap the scarf and tie it into a bow – it can be as loose or as tight as you want. Help the scarf stay in place with bobby pins.

[Your hair] should celebrate the vibrancy and whimsy of the season.

Fun Colours If you feel like being adventurous and avant-garde, go for a hair colour picked from the rainbow. If you want to dye your hair it’s best to get it done by a professional, especially if you want to blend more than one colour. There is a wide variety of hair extensions and clip-ons ranging from pastels to neon, and darker shades in gloss and matte.


15 September 2016

Redaksioneel

Is ons nie almal Afrikaans nie? Ons is almal net Suid-Afrikaners BONOLO MANONE

@Grumplezz Suid Afrikaans, moAfrika Borwa of South African, wie weet wat die verskil is? Party mense dink dit is ’n groot, belangrike onderskeid – dat ’n mens se etniese tradisies die bepalende faktor van jou identiteit is. Dié soort denke dra nie gewig nie, want ʼnSuid-Afrikaner is ʼn SuidAfrikaner. Wie kan sê wat werklik die oorsprong van die woord “eish” is? Of jy nou ’n Afrikavrou of ’n middeljarige kleurlingman is, sê ons almal byvoorbeeld “ag” as ons ons vererg. Behalwe in uitsonderlike omstandighede gebruik die meeste mense “ja” om saam te stem of om iets te bevestig. Daar is meer as twaalf kulture in die land en dit is mooi, maar ons word nie daardeur gedefinieer nie. Dit word al hoe moeiliker om te sê waar die grense van ons tale en selfs ons tradisies lê. Braai word geassosieer met die Voortrekkers en potjiekos met die Afrikaanse kultuur, maar die kook van vleis bo ʼn’n oop vuur word wel vir millennia reeds in Afrika gedoen en alle swart kulture gebruik die driepoot vir tradisionele seremonies ter ere van hul voorouers. Dit is belangrik om jou kulturele tradisies in familieverband te beoefen, maar dit is teenstrydig met die doelwitte wat in 1994 gestel is as jy jou kulturele gelowe in die publiek beklemtoon. In teenstelling met die fokus op die

As ek oor kon kies, dink ek nie ek sou op Potch kom swot het nie. Nie omdat ek spyt is oor die opleiding wat ek hier gekry het, maar oor die bekrompe omgewing. By nabaat was ek bitter naïef toe ek op die Puk besluit het. As 19-jarige het ek gedink mense wat universiteit toe gaan is oopkopdenkers, wat graag debatteer en kwessies verken. Nie hier nie, in my ervaring.

FOTO: VERSKAF redes vir waarom ons ons afstand van mekaar moet hou, moet ons liewer op ons ooreenkomste as Suid-Afrikaners fokus. Ons probeer tevergeefs om onsself van mekaar te onderskei. Dit is ’n stap in die verkeerde rigting. Wat help dit die res van die wêreld om te dink aan ʼn’n verenigde SuidAfrika as ons mekaar nie so sien nie? Kultuur is bedoel om gedeel en ontwikkel te word, nie om atomies of privaat te bly nie. Daar is ’n behoefte vir die Suid-Afrikaner om na vore te kom; vir kulturele en etniese eksklusiwiteit om in die agtergrond te verdwyn. Daar is ʼn’n groter wêreld buite die grense van wie Zoeloe of Engels of Sepedi is, en jy kan dit met ʼn’n eenvoudige “hallo” ontdek.

Kindness can be used against you LOUISE MAGANGA

@LhTitiloo I was robbed in town about a month ago in Retief street while trying to help out some unknown people. I just came from the doctor with my cousin. After crossing the road, a man approached us and said he was looking for three people who could help him unpack some boxes containing T-shirts they were sending to orphans. The third person – a pretty lady – came to his aide a few seconds later. I thought I could trust the other woman, and we agreed to help. The man said we couldn’t enter the property with our bags, because they had been robbed by people they also asked for help a few days ago. When we wouldn’t give him our stuff, he took the bags to check if we were carrying anything dangerous. Next thing, he ran away with my bag. He and the pretty lady who aided in unpacking the boxes disappeared in a red car. Firstly, I asked myself: “What about my identity document?” Then: “What about my laptop?” “My place’s keys?” Despite for the guilt for failing

Wapad

‘’n Lewe om ander kulture te leer ken’

9

PHOTO: SUPPLIED to protect my younger cousin, I felt naked – like I had been stripped! I was too kind and careless in trying to help strangers. It was truly difficult to go back to class a few days later. I still feel shaky when I think about it sometimes. A month after the shock incident, some advice: If you don’t have a car, it is better to carry your stuff in backpacks instead of laptop bags. Do not help or trust strangers – especially if you’re not in a safe area. Don’t trust them even if they are pretty. Moreover, install an app that can help you track your laptop.

Hoofredaksie

WAPAD-KANTOOR: 018 299 2875 HOOFREDAKTEUR: Jeanelle Greyling ADJUNKREDAKTEUR: Marnus Kok NUUSREDAKTEUR: Linzetta Calitz KUNS & VERMAAK-REDAKTEUR: Marita Herselman TEKSREDAKTEUR: Hardus Ludick WEB, UITLEG-, & FOTOREDAKTEUR: Heinz Schoeman-Struwig ADVERTENSIE- & BEMARKINGSHOOF: Isabel Moises Teksversorging: Colette Combrink, Jo-Riëtte Jacobs, Bonolo Manone, Madelein van Straaten.

Die ander rede vir my spyt is dat Potch werklik ’n eiland in ons land is. Toegegee, Afrikaanse skole lê nie die fondasie vir kritiese denke nie. Maar daarom is dit des te meer belangrik dat universiteite studente vinnig help inhaal. Ek onthou egter hoe ons in filosofie – filosofie! – ’n uitgewerkte antwoord gekry het oor waarom daar boosheid en lyding in die wêreld is. Al wat ons moes doen was om dit uit ons kop te leer vir die eksamen. Geen dinkwerk benodig nie. Die ander rede vir my spyt is dat Potch werklik ’n eiland in ons land is. Tog het ek vir ’n ruk gewonder: is dit nie maar vergeefbaar om vir drie of vier of vyf jaar van die ware SuidAfrika te ontsnap om in ’n gemaksone te leef waar jy presies weet hoe die kultuur aanmekaar gesit is nie? Jy het mos ’n hele lewe voor jou om ander kulture te leer ken. Vandag besef ek wat ’n onreg ek myself aangedoen het. En hoe interessant en verrykend dit is om vriende met mense van ander kulture en rasse te maak. Hierin het die joernalistiek my ’n enorme hupstoot gegee. As verslaggewer stap ’n mens die sitkamers van mense regoor Suid-Afrika se spektrum kulture en klasse binne. In Hillbrow moes ek ’n hartverskeurende onderhoud voer met die vrou wat twee kleuters deur die venster van ’n brandende agterkamer gered het terwyl hul ouers agtergebly het. ’n Maand of wat later is ek genooi om Dom Pérignon-sjampanje (destyds R1

Anim van Wyk, redakteur van Africa Check. 800 ’n bottel) in die kelder van die Saxon-hotel in Sandton te proe. Maar dis veral in die afgelope twee jaar wat ek by Africa Check werk dat ek besef hoe gevaarlik dit is om slegs jou eie trop se stories te hoor. Africa Check het my ook uiteindelik geleer hoe om krities te dink. Sien, ons werk is om seker te maak stellings wat openbare figure maak, op feite gegrond is. As die hoof van Eskom sê kernkrag is die goedkoopste vorm van elektrisiteit, gaan vind ons uit wat betroubare navorsing sê. (En nee, dit is nie.) As deel van my werk weet ek nou dat wit mense die laagste werkloosheidskoers van alle rasse het. (Dit was geraam op 6.6% in

FOTO: VERSKAF

die tweede kwartaal van die jaar, vergeleke met 30.1% vir swart mense.) En dat wit mense die kleinste kans van al die rasgroepe het om vermoor te word, al lyk dit nie so uit mediaberigte nie. Navorsing toon ook dat tieners nie aspris swanger raak om ’n grant te kry nie – en dat tienerswangerskappe nie besig is om toe te neem nie. Eendag gaan meeste van julle seker die eiland van Potchefstroom verlaat. Maar maak asseblief seker dat jy ook die eiland in jou kop verlaat. - Anim van Wyk is die redakteur van Africa Check. @animvw @africacheck

Was I raped? An open letter to my rapist

A letter from Anonymous

I was. This is the most important part of this letter. You raped me. Society seems to deem ‘rape’ as this heinous act of sexual violence where women are balking, innocent lambs and men are devious, starving lions. This is true, but it is also an injustice to other definitions of rape. I knew what I had gotten myself into. I bought condoms. It was well-planned. Clinical. A one-night stand, no big deal. I shaved my legs for you. I was nervous. I had expectations and none of them were that you would be drunk. I grit my teeth against the pain. I wanted this, remember? “Do you like it?” he groans in my ear. I shake my head; I can’t speak because his weight is suffocating and the feeling of shame and regret

is crushing. But I wanted this, remember? We watch cartoons afterward. I have never felt as old, as broken. The bloodstains on the sheet are a testament to a ritual as old as time, but they are also a testament to the pain, shame and self-blame that I had gone through by having a man rape me for fun.

I was raped. Even if it was consensual in the beginning... Your fingers scrape my thighs once more and once more I say nothing. I had to buy a single white

pill the very next morning and as I drank it, I knew you would never have to stand at a counter, eyes downcast and admit to unprotected “sex” on a Sunday. I was raped. Even if it was consensual in the beginning, even if I enjoyed your kisses for a moment. It was in the shake of my head that sex became rape. This letter is to you, my rapist, but it is for me and many women and men who shook their heads and changed their minds. It was her eyes – they were thickly-rimmed with makeup, but sad. Haunted. They saw the man who was blind to her unwillingness to sacrifice her body. Most of all, her eyes were familiar. They would look back at me in every mirror I would ever look into. I would have known them anywhere and the dialogue in the dark irises would always be louder than my voice: I didn’t want this.


10

10

Afskeid van ’n ou vriend Jeanelle Greyling Wapad, jou doring! Wie sou kon dink jy sou my só laat lag, laat huil, laat vloek en laat skel? Vandag, wanneer ek in die truspieël kyk van my hele universiteitsloopbaan se toewyding aan jou, onthou ek goed én sleg. Jy was jaloers, daarom het die akademie altyd tweede viool gespeel. Voor ek my kon keer, het ek deur jou lens na die lewe gekyk – die studentelewe wat elke generasie se studente uniek gevind het, eintlik ’n produksielyn van jaarlikse kampusgebeure. Want in die 70 jaar het jy tydsverloop weerstaan en aanskou hoe generasies se kinders tot volwassenes ontwikkel. Hoewel jy in jou leeftyd deurlopend opgeknap is, het jy nog altyd in wese dieselfde gebly: ’n mondstuk vir die studente. In die veertigerjare was jy ’n mondstuk vir die Afrikanernasionaliste. Selfs in die negentigs het jy

tred gehou met die splinternuwe sosiaal bewuste Afrikaanssprekende student. En in die laaste halwe dekade het jy my die geleentheid gegun om ander op te lei terwyl ek die meeste van die tyd self probeer uitpluis het wat my eie pos behels. ’n Soortgelyke ervaring sal ek seker nooit weer teëkom nie. Ek was al baie kwaad vir jou! Maar ek moet binnensmonds erken dat die lewenswerklike implikasies van my besluite vrugte gepluk het. Al my trane en jou dokumentasie van die studentelewe het vir my bewys dié beroep behels gedurige konflik. Nie tevergeefs nie: die politieke leiers, joernaliste en skrywers wat jy met die hand grootgemaak het, getuig daarvan dat jy nie bloot ’n komitee is nie, maar ’n leerskool vir mense wat nog ver gaan kom. Al is ek nou dapper genoeg om aan te beweeg soos jy my geleer het, sal ek jou nie vergeet nie. Jy was nie net my huis en my familie nie, Wapad. Jy was my trots.

Redaksioneel 15 September 2016

26 Mei 2016

Redaksie voor op die wa oor toekenning Dié nederige studentekoerant is twee weke gelede vir 70 jaar se bloedsweet beloon met ’n ATKVMediaveertjie. Die joernaliste wat hulself aan Wapad toewy, het bewys ons kan op studentevlak reeds ’n bekroonde produk lewer. Maar dié toekenning is juis meer noemenswaardig omdat Wapad een van die twee studentekoerante landswyd is wat dit kon regkry om ’n tweetalige koerant te lewer. Afrikaans bevind hom in gedrang te midde van die landswye aandrang om Engels as die enigste voertaal op universiteite te maak. Gevolglik het tradisioneel Afrikaanse studentekoerante begin om Engels as voertaal te gebruik. Dit is dus ’n bevredigende ervaring dat Afrikaans nie net behoue15/16. kon bly in dié tweetalige Jeanelle Greyling, uitgaande redakteur van Wapad FOTO: KIKI’S VINTAGE PHOTO STUDIO koerant nie, maar boonop beloon kon word. Hoogtyd!

’n Laaste woord van Marnus Kok, die Pa in WapaHoofredaksie d Wapad

om vroeër die jaar gedurende die paasnaweek Varsitybekerrugby in die Kaapstad-stadion te kyk. HOOFREDAKTEUR: Ek onthou daardie dagJeanelle in Janu- Greyling Dit het wêrelde vir my oopgeADJUNKREDAKTEUR: Marnus arie 2015. Die redakteur wat my Kok maak. Goed laat sien en beleef wat NUUSREDAKTEUR: Linzetta gebel het en gevra het “of jy nieCalitz ek nooit gedink het vir my beskore KUNS & VERMAAK-REDAKTEUR: Marita is nie. Herselman ’n joernalis wil wees nie?” Ek het FOTOREDAKTEUR: FutcherWat sal ek altyd van Wapad lank daar met my foonJaco-Mari in my hand UITLEGREDAKTEUR: Bianca Visagieonthou? Dat dit my ’n beter mens gestaan. Dit het onwerklik gevoel. TEKSREDAKTEUR: Hardus Ludick gemaak het. Dat ek saam met Dalk omdat ek nog altyd ’n joernalis WEBREDAKTEUR: Heinz Schoeman-Struwig joernaliste kon werk, wie se eerste wou wees. BEMARKINGENwas ADVERTENSIEHOOF: name Isabel passie Moises is. Mense met deursetMy eerste storie oor ’n klub tingsvermoë en doelgerigtheid. Al op die Bult gewees. Vroeg in 2015 die glimlagte. Soms die trane. het ek ’n onderhoud met prof Dan Ek voel half onseker oor die nuwe Kgwadi, Uitleg: die visekanselier, gevoer. in my lewe. Hartseer om Ek het gebewe van kop tot tone. Heinz Schoeman-Struwig, Inge Jansehoofstuk van Rensburg, Cheyenne Pienaar, dít agter te laat wat my soveel geleer Maar dit gedoen. Stefanie Esterhuyse. het. My soveel vreugde verskaf het. In die afgelope twee jaar het ek Soveel vriende laat maak het. enigiets van harde nuus tot sport Teksversorgers: Dankie, van Wapad. O nthusitse gedoen. was daar baie Madelein Colette Hoogtepunte Combrink, Jo-Riëtte Jacobs, Straaten. gewees. Om Vrydagaande koshuis- sentle. – Jy het my mooi gehelp. rugby te kyk en daaroor te skryf,

WAPAD-KANTOOR: 018 299 2875 Marnus Kok

FOTO: KIKI’S VINTAGE PHOTO STUDIO

Geagte sosiale mediagebruiker MIEKE HOFMEYR

@MIWatchers Ongeveer ’n maand gelede het ’n bom op Suid-Afrikaanse sosiale media ontplof – die bom se naam was Margaret van Wyk.

Sosiale media is ’n platform waarop jy, geagte gebruiker, jou stem kan dik maak. Sy het die fout gemaak om per abuis ’n riskante foto, wat vir haar man bedoel was, op ’n hokkieWhatsApp-groep te deel. In plaas daarvan om die foto te ignoreer en verby te scroll, het jy daarop in-

FOTO: VERSKAF gegaan, waarskynlik daarvoor gelag en dit aangestuur na jou volgelinge. Was jy nie een van dié wat die foto gedeel het nie, het jy waarskynlik jou eiertjie gaan lê in die kommentaarafdeling. Daar kan geargumenteer word dat die hele fiasko by een mens begin het, die persoon wat die foto

geneem het, maar dit is slegs iets wat ander betrokkenes vir hulself sê om hul gewete te sus. Dit neem net een suur druif om ’n hele bak sleg te maak. Indien die lede van die WhatsApp-groep volwasse genoeg was om die situasie te beheer en die foto bloot uit te vee en daarvan vergeet het, het die Van Wyk-gesin nie nou ’n brandmerk op hul naam gehad nie. Die slegte druif was die persoon wat besluit het om hul sosiale mediamag nie vir goed te gebruik nie, maar vir sleg. Sosiale media is ’n platform waarop jy, geagte gebruiker, jou stem kan dik maak. Jy kan jou opinie lig oor kwessies waarmee jy nie saamstem nie en sodoende ’n daadwerklike verskil maak. Die vraag wat jy, sosiale media gebruiker, elke keer vir jouself moet vra as jou magtige vinger bo daardie stuurknoppie huiwer, is: Wil jy Lex Luthor, die slegte druif in jou sosiale mediakring wees, of is jy Superman/woman wat jou sosiale mediamagte vir goed gebruik?

FOTO: VERSKAF


15 September 2016

Sport

11

Rustyd met Oelof Stander – SR: Sport Inge Janse van Rensburg gesels met Oelof Stander, die nuwe voorsitter van SR:Sport. Dit is ʼn’n nuwe seisoen op die NWU-Puk. Nie net is dit lente nie, maar die nuwe studenteraad is ook onlangs aangekondig. Oelof Stander is verkies as sport en rekreasie se voorsitter en Wapad het gaan hoor wat hy in die pyplyn vir sy termyn het. Die NWU-Puk het ’n trotste sporttradisie: Varsitybekerrugbykampioen in 2016, Varsitynetbalkampioen in 2015, letterlik honderde studente wat aan sport in koshuisverband deelneem en ’n rits sogenaamde “kleinsporte” wat presteer. Dit sê iets oor wat die nuwe man met die nuwe besem te wagte kan wees. Dié boorling van Riversdal in die Wes-Kaap deins nie terug vir die uitdagings wat hom in sy nuwe stoel inwag nie. Hy beskik immers oor die regte “stamboom”: kaptein van Veritas se eersterugbyspan, altyd besig om sy spanmaats moed in te praat en die afgelope jaar ook sy koshuis se primarius. “Ek wil graag in my termyn toesien dat daar meer gefokus word op die rekreasie en bemarkingskant van my portefeulje sodat dit betrokkenheid by sport sowel as ondersteuning kan verbeter.” Saam met sy komitee beoog hy om op eFundi gereeld die bepalings en algemene inligting oor sportgebeure te plaas sodat almal te alle tye ingelig kan wees. Vir hom gaan dit nie oor hoeveel hy kan verander nie, maar oor hoe-

veel hy kan verbeter en bou op dit wat vorige voorsitters reeds vermag het. “Ek wil verbetering implementeer, nie verandering nie, en dit vir koshuise vergemaklik om aan sport deel te neem,” vertel Oelof. Kleinsporte gaan ook hul plek in die son kry tydens sy termyn. “Ons beplan om sportnaweke te hou waar ʼn’n kleinsportliga op ʼn’n Saterdag heeltemal afgehandel kan word. Dit skep ʼn’n geleentheid waar koshuise moontlik ook gemengde pretliga’s teen mekaar kan speel om blootstelling aan die sporte te verbeter.” “Dit is van kardinale belang om goeie samewerking tussen kampusmedia en sportliggame te bou en te bevorder,” sê Oelof. “Goeie verhoudings sal verder aan sport en rekreasie se sukses help bou.”

Oelof 101 Hy is gebore in Riversdal in die Wes-Kaap maar het grootgeword op Bethlehem. Hy sien homself oor 5 jaar met ’n graad, ’n suksesvolle SR-termyn agter die rug en ’n goeie standvastige werk (sodat hy goed vir sy familie kan sorg). Hy maak vanjaar klaar met sy graad in BCom Regte en gaan volgende jaar LLB doen. Vir hom gaan goeie tydsbestuur oor prioritisering en druk om by alles uit te kom: ‘begin by die belangrikste en werk van daar af verder’.

Krieket: Is alle hoop verlore? COLETTE COMBRINK

Oelof Stander, SR: Sport vir die termyn 16/17.

@CombrinkColette “As jy goed genoeg is, sal jy vir die Proteas speel, maak nie saak watter kleur jou vel is nie,” het ’n wit Suid-Afrikaanse speler aan ESPNcricinfo, gesê. “Wat egter die probleem is, is dat Krieket SuidAfrika nie oop en duidelik is oor wat hulle bedoeling met transformasie is nie en dat die politiek groter begin raak as die spel.” Terselfdertyd, sê hy, moet ons ophou om te sê dat iemand net ’n posisie in die span kry as gevolg van sy velkleur. Ons spelers verdien om te wees waar hulle is, en 2016 krieketspeler van die jaar, Kagiso Rabada, is ’n duidelike voorbeeld hiervan. Na afloop van die laaste toets tussen Suid-Afrika en NieuSeeland is ’n sprankel van hoop in krieketentoesiaste gelos. Daar is egter nog ’n donker wolk oor die toekoms van Suid-Afrikaanse krieket en kritici meen dat daar nog baie werk gedoen moet word om die oorsprong van die Proteas se probleme opgespoor te kry. Die slegte vertoning van die Proteas kan aan ’n paar verskillende dinge toegeskryf word. Die swak rand, te klein plaaslike struktuur en speelveld vir ontwikkeling van talent en Krieket Suid-Afrika se druk op transformasie speel alles ’n rol. Dít sien mens veral op die laer vlakke van die spel en klein “skares” by provinsiale wedstryde spreek daarvan. Afrigters, bestuurders en administratiewe personeel soek ook groener velde om beter salarisse te verdien en groter geleenthede te ontvang. Oud-Protea, Gary Kirsten, wat vir 4 jaar Indië se nasionale afrigter was, is vele male as “die beste ding wat met Indië se krieket kon gebeur het” beskryf.

Vir hom gaan dit nie oor hoeveel hy kan verander nie, maar oor hoeveel hy kan verbeter. FOTO: MARIANNE STEYN

All Blacks nie jou speelmaatjie nie JANI MARAIS

@marais_jani

Colette Combrink is ’n eerstejaar in geografie, tale en politiek. Verder is daar baie druk op spelers oor herverkiesing tot die nasionale span weens die groot klem op transformasie in sport. Die bouler Morné Morkel het sy aftrede uit die eendag- en T20-formaat van die spel verklaar toe hy nie gekies is vir die Proteaspan wat aan die 2016 Wêreld T20-toernooi deelgeneem het nie. Hy was op die punt om ’n kontrak met Engeland se Glamorgan klub te teken maar is toe oorreed om te bly vir die Karibiese driehoekreeks, waar hy egter net twee van die ses wedstryde gespeel het. Dus sien ons dat die fokus weer op Suid-Afrika se transformasiebeleid val. Spelers sê dis egter nie soseer oor die beleid as oor die tekort aan duidelikheid, deursigtigheid en werksekerheid wat daarmee gepaard gaan nie. Die verandering van die politieke klimaat, versterking van die ekonomie en ’n nuutgevonde patriotiese trots kan wel gesien word as die goue rand om die silwer wolk. Daar ís ’n blink toekoms en baie talent waarna Suid-Afrika kan uitsien.

Die Springbokke het verlede naweek hulle sesde toets, onder die leiding van Allister Coetzee (hoofafrigter), in Suncorp Stadium in Brisbane teen Australië gespeel en 17–23 verloor. Met ses wedstryde agter die blad, lê die Bokke se moeilikste taak nog voor teen die All Blacks, wat komende Saterdag (die 17de) gaan plaasvind. Suid-Afrika het nie sleg gevaar in die drie toetswedstryde teen Ierland, waar hulle die reeks 2–1 gewen het, nie. Die Bokke is wel verslaan deur 14 Iere in die eerste toets, wat die Bokke se ondersteuners stert tussen die bene laat huis toe loop het. Met die tweede en derde toets het die Bokspan mekaar beter begin ken en kon hulle die wa deur die drif getrek kry. Wat die eerste toets teen Argentinië betref, het die Springbokke verdien om te wen. Hulle was uitstekend by die afbreekpunte en het nie onnodige besit afgestaan nie. Dieselfde kon immers nie oor die tweede toets gesê word nie en die Bokke het ongelukkig verloor. Faf de Klerk van Suid-Afrika het bewys dat hy die sogenaamde X-faktor het wat ’n wedstryd op sy eie kan wen toe hy tydens die laaste toets teen Ierland sy lyf op die spel geplaas het en die wedstryd vir Suid-Afrika gewen het. Johan Goosen se spel blyk belowend: hy is aangewys as die beste speler van die Franse top-14 -

FOTO: JAPANTODAY All Blacks se Julian Savea voorspel gevaar vir die Springbokke. toernooi. Sy lang skoppe wen baie veld en hy is ook akkuraat pale toe. Hy is ’n baie veelsydige agterspeler. Ná verlede Saterdag se teleurstelling teen die span van Australië, lyk dinge nie te goed vir Suid-Afrika nie. Die All Blacks het uitstekend gevaar teen Wallis en het die toetsreeks 3–0 gewen. Hulle het ook twee toetse teen Australië gespeel en het met die goeie resultate duidelik bewys dat hulle onstuitbaar is. Die Bokke kan beslis vir Beauden Barrett van die All Blacks, opvolger van Dan Carter, uitkyk. Met sy goue skopskoen teken hy graag punte aan. Daar gaan met hope energie en uithouvermoë op die veld gedraf moet word komende Saterdag teen die All Blacks. Die All Blacks se kanse om bo aan die punteleer te bly, lyk amper soos

’n uitgemaakte saak. Die wedstryd tussen Suid-Afrika en Nieu-Seeland word op Saterdag 17 September om 9:35 (Suid-Afrikaanse tyd) gespeel.

Jani Marais is ’n tweedejaar in BA kommunikasiekunde.


Sport 15 September 2016

FOTO: CHRISTIAAN KOTZE/SASPA

Nou vir Tuks.

NWU-Pukke steeds onoorwonne EMETIA ENGELBRECHT

@emetia_brecht Die NWU-Pukke het Maandagaand hulle onoorwonne status in die Varsitynetbaltoernooi behou deur die Universiteit van die Vrystaat in hulle kragmeting in Johannesburg met 58–36 te verslaan. In ’n spanningsvolle wedstryd tussen die twee aartsvyande het die Potchefstromers van die eerste minuut af voorgeloop. Maar maklik was dit beslis nie gewees nie. Die Vrystaters het nie bes gegee nie, en die NWU-Pukke laat sweet vir ’n sege. Met ’n telling 19–7 in die NWUPukke se guns ná die eerste kwart het Kovsies moedig teruggeveg en teen rustyd ’n paar doele aangeteken om steeds met 29–17 in die wedloop te wees. In die derde kwart het die vroue van Potchefstroom egter vinnig weggespring om die telling na 45–24 te vergroot. In die laaste kwart het albei spanne alles ingesit om met ’n oorwinning weg te stap, maar die NWU-Pukke se veggees was genoeg om hulle ’n wen te verseker. Zandré Kruger, een van die sterre

in die NWU-Pukspan, het aan Renera Louwrens gesê Maandagaand se wedstryd was ’n goeie spanpoging en ’n bousteen om op voort te bou. “Ons omskakeling van die aanval na verdediging was goed gewees.” Romé Dreyer is vir haar skitterspel beloon met die toekenning as Speler van die Wedstryd.

NWU-Puk se volgende wedstryd Die NWU-Pukke kom Sondag teen die Universiteit van Pretoria (Tuks) in Stellenbosch te staan. Die Pretorianers is ook dusvêr in vanjaar se kompetisie onoorwonne.

Varsitynetbal-punteleer Speel

Wen

Gelyk Verloor Punteverskil Bonuspunte Ligapunte

1

UP Tuks

3

3

0

0

58

3

15

2

NWU-Puk

3

3

0

0

71

2

14

3

Madibaz

3

2

0

1

13

2

10

4

UJ

3

1

0

2

-26

2

6

5

Kovsies

3

1

0

2

10

1

5

6

Maties

3

1

0

2

0

1

5

7

UK Ikeys

3

1

0

2

-37

1

5

8

VUT

3

0

0

3

-89

0

0

FOTO: CHRISTIAAN KOTZE/SASPA Romé Dreyer met haar toekenning as Speler van die Wedstryd.

Skaak: NWU-Pukstudent verteenwoordig Suid-Afrika ALTA GRUNDLINGH

@altaG100 Rachelle-Mari Voges, ʼn’n derdejaar in BCom regte, het Suid-Afrika as deel van die studenteskaakspan by die CUCSA-toernooi verteenwoordig. Die span het tussen 30 Julie en 5 Augustus aan die toernooi in Zimbabwe by Hillside Kollege deelgeneem. Volgens Johann Sauer, bestuurder van die NWU-Puk se sportsen-

trum, het lande soos Zimbabwe, Zambië, Botswana, Angola, Malawi en Mosambiek aan die toernooi deelgeneem. “Rachelle-Mari was deel van die vrouespan wat eerste geëindig het en weggestap het met die goue medalje,” het Sauer gesê. Volgens Voges was sy baie trots op hulle prestasie, maar sy vertel dat dit nie maklik was nie: Die ander lande se spelers beoefen voltyds skaak, terwyl almal in Suid-Afrika se skaakspan studente is wat net deeltyds speel. “Dit is natuurlik lekker om goud te wen, want ons

staan nou bekend as die beste span in Suid-Afrika,” het Voges gesê. Sauer vertel Rachelle-Mari het nog ʼn’n goue medalje verower omdat sy al haar spelle gewen het en as bordpryswenner weggestap het. Rachelle-Mari het verduidelik om bordpryswenner te wees, moet jy al jou spelle op daardie bord wen. Sy beskryf dit egter steeds as ʼn’n spankompetisie. “Die SA studenteskaakspan het ook algeheel, mans en dames tesame, goud gewen,” het Sauer gesê.

FOTO: VERSKAF

Kontak: Marnus Kok 076 520 4296


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.