Wapad - 18 Augustus 2016

Page 1

LEES JOU KAMPUS

18 Augustus 2016

Trotse wenner van die 2016 ATKV Mediaveertjie vir die beste studentekoerant WAPAD® IS DIE STUDENTEKOERANT VAN DIE NWU-POTCHEFSTROOMKAMPUS

JAARGANG 70

SMS-LYN 31750 MET WOORD ‘WAPAD' VOOR

WAPAD@NWU.AC.ZA

SR-verkiesing: Verhoogde stempersentasie INGE-AMÉ SCHOEMAN

@ingeame12 5 495 studente het vanjaar aan die studenteraadsverkiesing deelgeneem. Dit staan in skrille kontras met die 2 790 studente van verlede jaar. Volgens Ruan Meyer, wie se termyn as adjunkvoorsitter Maandag geëindig het, is die verhoogde

Iets om te sê?

stempersentasie te danke aan die harde werk van die verkiesingskomitee. “Ons het daarop gefokus om studente bewus te maak van die verkiesing en dat die studenteraad (SR) relevant vir studente is,” het Meyer gesê. Simoné Snyman, ’n tweedejaar BCom bedryfsielkunde en arbeidsverhoudingestudent, het gesê sy het nie hierdie jaar gestem nie,

SMS 31750

maar wel in 2015. “Ek weet die SR maak ’n verskil – hulle het veral gedurende die tydperk toe daar stakings plaasgevind het,” het Snyman gesê. Paul Maritz, wat vir sy tweede termyn die posisie van voorsitter beklee, het gesê hy “dink die onrus wat in die land aan die gang is, het studente daarvan bewus gemaak dat dit belangrik is om vir die SR te

met die woord ‘wapad’ vooraan

stem.” Burger Steyn, ’n tweedejaar BCom entrepreneurskap en ondernemingsbestuurstudent, het gesê hy het gestem om te keer dat kampus polities word, maar dat dit apolities moet bly. “Dit is belangrik sodat ons as studente en die strukture nog op ons eie kan aangaan en beheer kan neem,” het Steyn gesê. Brumilda Oliphant, ’n derde-

Volg Wapad® op sosiale media

jaarsonderwysstudent, het gesê: “Nee, ek het nog nie gestem nie, maar ek wil dit regtig my plig maak om te gaan stem”. (Sy was onbewus van die feit dat die stembusse reeds gesluit het). Oliphant het gesê dit was moeilik om te stem omdat sy nie internettoegang gehad het nie. “Ek het die e-pos gekry, maar ek besef nou dis te laat om my stem te laat geld.”


Nuus 18 Augustus 2016

2

Women’s Month kicks off at NWU BONOLO MANONE

@Grumplezz

S

tudents Advocating Leadership and Transformation (SALT) presented a Women’s Month celebration at the NorthWest University Gallery on 1 August to discuss women’s empowerment and sexual health. Women in Action, an organisation offering training and life coaching to young women, was also involved. Keynote speaker and social anthropology lecturer Pia Bombardella began the evening’s proceedings by leading a debate on blessers and blessees, following a short viewing of e.tv’s Checkpoint episode on the topic. Opinions were varied and strong, but the message was clear: what women choose to do is not up to anybody but them. A cappella group, Gospella, performed for guests and a random selection of attendees were treated to gift bags containing sanitary pads among other things. In recent years, Women’s Month has tended to be polarised, focusing only on highly successful women and on those who have become victims in one way or an-

Gontse Moutlaotse addressing a gathering of women at the NWU Gallery. other. What is needed is a shift towards issues that affect all women in all spheres. Nondyebo Zingitwa, founder of the Womb Project, gave a motivational speech about the role of women in society and expectations placed on women. “I’m starting to feel like Women’s Day is a day when women who feel that they are on

a moral high ground, feel they can come together to judge women that they feel are lesser,” she said. She believes women should not be judged by their choices pertaining to sex and their bodies because that has nothing to do with their value as people. Zinhle Sibanyoni, SALT member and second-year BSc sociology

PHOTO: REABETSWE MOLIBELI student, believes academics should come together more often to discuss issues on women in order to empower community members. She said: “We must talk about factors that we can’t discuss with our parents. This is not just talking this is also giving advice.” A major theme running through the event was that women should

make smart choices and take responsibility for them without having to defend them to the world. Nané van Wyngaardt, BSc physiology and psychology student, said, “it was an eye opening discussion about blessers and blessees with diverse opinions from both sides giving a deeper insight towards the social effects we didn’t even think of.” A male student who wished to remain anonymous said men could also be held responsible for some difficulties women face because of the examples they set for their daughters. The event was a success because it focused on making guests see women as independent, instead of subject to society’s demands on them. “Empowering women should be a holistic approach – about giving women access to resources and choices to expand their abilities,” Zingitwa said. Women in South Africa have many legal rights that make us symbolically equal to men, but a socioeconomic system and cultural structures still handicap how far we can get. Women’s Month, then, should be about breaking these cycles and challenging outdated norms.

PotchVegas DJ Wars JANI MARAIS

@marais_jani PotchVegas se Potency DJ-kompetisie is tans aan die gang, met die top 10 DJ’s wat alreeds aangekondig is. Die huidige top 10 is uit honderde DJ’s gekies wat behoorlik moes uithaal en wys om vir hulself ’n plek in die top 10 te verseker. Die top 10 word later na ’n top vyf en daarna na ’n top drie uitgedun. Dié top drie word op 31 Augustus aangekondig. Die wenner van die kompetisie kry ’n kans om op Braaidag (24

September) saam met Partyfest X op die hoofverhoog plate te draai. Hou PotchVegas se Instagramprofiel dop vir die DJ Instagram Wars-kompetisie, waar jy as aanhanger jou gunsteling DJ kan help deur sy foto te gaan like. Hierdie likes word dan agter die spesifieke DJ’s se name op die puntebord gevoeg. Gaan kyk na die top 10 DJ’s by www.potchvegas.com. Moenie vergeet om jou PotchVegas kaartjies te koop nie – Vegas is binnekort op jou voorstoep! www.facebook.com/potchvegas ICEBear-app - Mooirivier Beskerming se manier om jou veilig te hou.

FOTO: CARINA BRIERS

’n Mes in vir jou veiligheid ANNA-MARIE RICHTER

@7AnnaMarie7 ’n Dwelmtransaksie, aanranding, diefstal en inbrake – gevalle wat in die afgelope twee weke deur studente by Mooirivier Beskerming aangemeld is. Alles op die Bult en in omliggende areas. Om 11:14 op 9 Augustus 2016 is ’n vrouestudent van die NoordwesUniversiteit se Potchefstroomkampus (NWU-Puk) in Joostestraat met ’n mes gedreig en van haar selfoon beroof. Volgens Mooirivier Beskerming het die rower gevlug toe sy begin skree. Sedert 27 Julie 2016 tot op hede (10 Augustus 2016) is daar 9 gevalle rakende studente gerapporteer aan en hanteer deur Mooirivier Beskerming. Dié gevalle was onder meer ’n bankkaartroof op die Bult, ’n gewapende rooftog sowel as ’n inbraak by studentebehuising in Goudstraat, twee gevalle van aanrandings in Albert Luthuli en Peter Mokabastraat, ’n dwelmtransaksie in Dwarsstraat, diefstal uit ’n studentehuis in Mareestraat en diefstal uit ’n voertuig in Molenstraat. Johan Haefele, bestuurder van Mooirivier Beskerming, het gesê: “Dis ook belangrik om te besef dat die meeste gevalle nie by ons of

die SAPD aangemeld word nie.” Die NWU-Pukkampus kan as veilig gesien word met al die sekuriteit en draaihekke, maar ’n student se veiligheid buite kampus kan nie verseker word nie. Dit kan algemeen aanvaar word dat privaatstudente baie meer kwesbaar vir onder meer huisrooftogte is. Tiaan Engelbrecht, tweedejaar BMus, ’n privaatstudent, het die volgende gesê: “Ek glo ek voel veilig, omdat ek naby aan kampus bly. Die area direk rondom kampus word goed beskerm, daarom word die woonstelle rondom kampus ook goed beskerm. As ek verder weg gebly het sou ek nie so veilig gevoel het nie.” Mooirivier Beskerming het gesê: “Dis ’n veilige aanname dat studente by 90% of meer van die voorvalle betrokke is. Woonplekke van studente word as ’n aantreklike teiken beskou waar daar in verhouding meer gesogte items soos selfone en skootrekenaars op die persele is as byvoorbeeld in woonhuise. Die persepsie bestaan dat studente oor die algemeen nie gesteld is op sekuriteit nie, en dat dit dus ’n maklike teiken is.” “Persone wat ná donker alleen of in paartjies te voet op die Bult beweeg is sonder twyfel ’n teiken. Gevalle wissel van grypdiefstal, aanrandings tot verkragting. Kuierplekke word dopgehou en

enige sagte teikens soos persone onder die invloed van drank wat die perseel verlaat, word geteiken,” meen hulle. Wat kan jy doen om jou veiligheid te verseker? Mooirivier Beskerming het gesê: “Deur ’n veiliger leefwyse te kweek kan die risiko’s drasties verminder word. Wees bedag op jou omgewing, en let op vir verdagte tekens. Daar is maatreëls beskikbaar wat individue kan gebruik om sy of haar veiligheid te verbeter.” Uiters bekostigbare alarmstelsels wat ook oor draagbare panieke beskik, is beskikbaar vir beveiliging van ’n enkele kamer tot klein woonstelle. “Mooirivier Beskerming het ’n app ontwikkel waardeur die selfoon as paniekknop gebruik word. Sodra die knop gedruk word, word die ligging van die selfoon, wat bepaal word deur die GPS-funksie van die foon, aan die beheerkamer gestuur, wat dan toegewyde reaksiespanne na die toneel stuur.” Dit kan algemeen afgelei word dat skurke nie net meer die algemene wapens gebruik nie, maar wapens van toeval ook benut. Alhoewel jy as student verantwoordelik is vir jou eie veiligheid is daar ’n noodnommer wat jy kan kontak indien nodig. Mooirivier Beskerming: 018 297 0796.


18 Augustus 2016

Nuus

3

Blitsnuus – Facebook oorsig Student dood gevind ’n Eerstejaarstudent aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus is dood in sy Uniloftskamer aangetref. Sy kamermaat, Johnathan Steyn, het op 12 Augustus só op hom afgekom. Ettienne de Villiers (19), ’n BAstudent, was volgens sy tannie, Carin du Plessis, aan die pak en voorberei vir ’n naweeekkamp, berig Netwerk24. Volgens die NWU-Pukke se Facebookblad was nie-aansteeklike breinvliesontsteking (virale enkefalitis) die oorsaak van De Villiers se dood. Hulle het beklemtoon dat dit nié die aansteeklike weergawe van die siekte is nie. De Villiers het volgens Du Plessis swaar griep gehad en medikasie gebruik wat ’n dokter twee weke gelede vir hom voorgeskryf het. ’n Vriend van hom het onraad vermoed toe hy hom omstreeks 17:00 probeer bel het, maar De Villiers nie sy selfoon geantwoord het nie. Hulle sou saam met ander studente die middag na ’n Joolkamp in Parys vertrek – hulle is almal op die universiteit se Joolkomitee. Hy is glo na De Villiers se woonstel toe hy hom nie in die hande kon kry nie. Hy was reeds blou in die gesig en sy vriend het hulp ontbied. Hoewel sy ma, Liz, dadelik van Pretoria deurgery het, het sy op pad na Potchefstroom die tyding gekry dat De Villiers reeds oorlede is. - Renera Louwrens

Dosent in opvoedkunde verskyn in hof op dwelmklag

Student ontbloot homself tydens lesing

www.facebook.com/wapad

Beweerde bomdreigement tref kampus

Verlowing op die NWUPukkampus – hul liefde blom steeds

FOTO: NWU.AC.ZA

FOTO: HEINZ SCHOEMAN-STRUWIG

Christo Els, dosent in opvoedkunde aan die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroomkampus, het op 3 Augustus in die plaaslike landdroshof verskyn omdat hy na bewering in besit van tik en dagga betrap is. Die Potchefstroom Herald het berig Els, wat saam met Sebastian Snyman en Herman van Wyk aangekla word, is op borgtog van R500 vrygelaat. Theo Cloete, direkteur van bemarking en kommunikasie op die Potchefstroomkampus, het aan Netwerk24 gesê die universiteit het kennis geneem van die klagte teen Els. “Ons kan egter geen kommentaar lewer terwyl die saak nog ondersoek word en die hof nog ’n bevinding moet maak nie.” Els moet weer op 31 Augustus 2016 in die hof verskyn.

’n Mansstudent het glo 12 Augustus in ’n lesing op die onderwyskampus van die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus van sy klere ontslae geraak. Volgens Marnus Bobbert, ’n tweedejaar BEd onderwysstudent, “het hy (die student) blykbaar mal gegaan en sy klere uitgetrek”. Ooggetuies het aan Wapad gesê Beskermingsdienste, die SAPD, asook ’n ambulans was op die toneel. ’n Ooggetuie het gesê die student is op ’n draagbaar in die ambulans gelaai. Theo Cloete, direkteur van bemarking en kommunikasie op die Potchefstroomkampus, het aan Wapad bevestig ’n “mansstudent het abnormaal in die C6-gebou opgetree”.

Prof. Fika Janse van Rensburg, waarnemende kampusrektor van die kampus, het op die NWUPuk se Facebook-blad gesê “die polisie se plofstofeenheid het die gebou (Drakenstein-restaurant, oftewel die Draak) gevee en daar is geen bom gevind nie”. Dít nadat daar in die middag van 25 Julie ’n beweerde bomdreigement was en die Draak ontruim moes word. Theo Cloete, direkteur van Bemarking en Kommunikasie van die NWU-Puk, het net nadat die dreigement rugbaar geword het, dit aan Wapad bevestig. Volgens Moynenne Mortimer het sy en ’n paar vriende in die middag gesit en bier drink. “Een van die bestuurders van die Draak het gesê daar was ’n bomdreigement en ons moet so vinnig as moontlik die restaurant ontruim.”

Gert Kemp (24) en Paula Ackermann (24) het mekaar in 2012 gedurende hulle eerste jaar op die NWU-Pukke ontmoet. Dit was die begin van ’n sprokie vir dié twee. Gert het Paula onlangs op die kampus gevra om te trou. Paula het glad nie vermoed dat Gert haar vir haar hand gaan vra nie. Sy het immers haar skripsieleier gaan sien omdat daar klaarblyklik “fout” met haar skripsie was. Wat Paula voor die hoofgebou gekry het, was nie ’n oplossing vir haar klaarblyklike “skripsie-probleem” nie, maar Gert. Gert wat haar hand gevra het. Maroela Media berig dat Gert sy voorbereide toespraak vergeet het. “Ek het vir haar gesê ons ken mekaar al lank, en toe vra ek of sy bereid sal wees om my van as haar eie te vat. Sy het ‘ja’ gesê, en toe was daar ’n gejuig!” Volgens Gert trek hulle twee die einde van die jaar na Namibië toe, waar hulle in April 2017 voor die kansel sal verskyn. “Juis omdat Paula ’n LLB-student is, het ek besluit om haar voor die regsgebou vir haar hand te vra.” Gert is van Bethlehem, terwyl Paula ’n nooi uit Namibië is.

- Renera Louwrens

- Linzetta Calitz

- Marnus Kok en Linzetta

- Marnus Kok

FOTO: HEINZ SCHOEMAN-STRUWIG

FOTO: LINZETTA CALITZ

Refentse

1 Sept Karen Zoid

WOODSHED FARAWAY GEORGE 2 Sept

Steffie le Roux

AKOESTIESE BANDS: FINALISTE Jakkals en Leo 1 Sept

1 Sept

o o o o o o o o o o o o

The Color Run Lentemark Weermaguitstalling Mampoertent Potjiekos-kompetisie Sterkman-kompetisie Staalbeer Barbarian Resies Decadent kof fieproe Mnr, Mej & Mev Lentefees Slushpuppy cocktails Qualito Spritzers Krugerbrau Craft Bier www.facebook.com/lentefees

Blackbyrd 3 Sept


10 4

26 Mei 201 Redaksioneel Nuus 18 Augustus 2016

Die Moontlike en die Binnegoed van Beskermingsdienste 26 Mei 2016

V

erlede Dinsdag was ’n baie stil aand op kampus. Studente het ná die langnaweek van oral oor teruggekeer. Dié nederige studentekoerant is Hoewel die meeste mense nog hul twee weke gelede vir 70 jaar se naweekgewoontes probeer afskud bloedsweet beloon met ’n ATKVhet, was die BeskermingsdiensteMediaveertjie. personeel almal op hul pos – Die joernaliste wat hulself aan ge-reed om te verseker die kampus Wapad toewy, het bewys ons is so veilig moontlik. kan op studentevlak reeds ’n Mieke Hofmeyr vertel van haar bekroonde produk lewer. ervaring asof sy dit tans beleef. Maar dié toekenning is juis meer noemenswaardig omdat Beskermingsdienste se ‘hart': Wapad een van die twee stuGeorge Ramatsebe, die kontroledentekoerante landswyd is wat kameroperateur, en Leandro de dit ’n kon regkry om ’n tweetalige Beer, beheerbeampte, lig uit dat te lewer.in F17, Beskerdiekoerant kontrolekamer Afrikaans se bevind hom in gemingsdienste hoofkwartier, die drang te midde van die landhart van Beskermingsdienste se swye aandrang Engels die werksaamhede is. om Onder meerasdie enigste voertaal op universiteite alarmstelsels en CCTV-kameras te maak. het tradisioword in dié Gevolglik vertrek beheer. neel Afrikaanse studentekoerante begin om Engels as voertaal te gebruik. Dit is dus ’n bevredigende ervaring dat Afrikaans nie net behoue kon bly in dié tweetalige koerant nie, maar boonop beloon kon word. Hoogtyd!

Redaksie voor op die wa oor toekenning

Onmoontlike…

Anton van Niekerk Uitgelese Professor in Filosofie aan die Universiteit Stellenbosch

D

ie bekende Franse filosoof Maurice Merleau-Ponty was ten tyde van sy ontydige dood in 1961 hard aan die werk aan ’n boek oor die rehabilitasie van die idee van metafisika. Dié boeiende, dog onvoltooide teks se titel, is (vry in Afrikaans vertaal) Die sigbare en die onsigbare. Ek wil vir die doeleindes van hierdie kort artikel by hom leen, en my titel aanpas tot die moontlike en die onmoontWAPAD-KANTOOR: 018 299 2875 like… Ek wil hierdie frase veral Beskermingsdienste gebruik twee van toepassing maak op die groter programme wat hulle toelaat om HOOFREDAKTEUR: Jeanelle Greyling transformasiedebat wat tans (2016) Een van die NWU Potchefstroomkampus se kernfunksies – Beskermingsdienste. kampusgebeure – soos inbrake, ADJUNKREDAKTEUR: Marnus Kok in Suid-Afrika woed, met name wat diefstalle en rooftogte –Linzetta dop te hou NUUSREDAKTEUR: Calitz betref die toekoms van die univeren rekord hou. Hulle besit Marita gebruik nie. ste patrolleer, sluit die kampus, die KUNS & daarvan VERMAAK-REDAKTEUR: Herselman siteitswese in Suid-Afrika. ook ’n databasis met inligting vanFutcher Fanie du Toit-sportgronde, Eco ReFOTOREDAKTEUR: Jaco-Mari Kom ons begin eers by die onelke student en personeellid op Die NWU-Pukpatrollie: hab (Eko-Analitiese Laboratorium UITLEGREDAKTEUR: Bianca Visagie moontlike. Daar is te veel mense kampus. vir grond-, plant-, en wateranalise), TEKSREDAKTEUR: Hardus Ludick Ramatsebe en De Beer ontvang om in hierdie land – sommige van “Dit is baie belangrik dat die insowat 19:15 ’n wenk van ’n alarm die visekanselierswoning en ’n WEBREDAKTEUR: Heinz Schoeman-Struwig hulle studente – wat dinge eis ligting op die (databasis) op datum by dieIsabel Fakulteit Teologie. Ek en De reeks eiendomme in die universiteit BEMARKINGEN ADVERTENSIEHOOF: Moises wat eenvoudig onhaalbaar is. Dis is, want toegang tot hierdie inligBeer spring in die motor en kies se besit in. byvoorbeeld onhaalbaar om “vrye ting kan ’n student wat in gevaar is koers na die Fakulteit Teologie. Die Een van die grootste probleme op universiteitsopleiding” seUitleg: lewe red,” sê De Beer. rit soontoe is baie opwindend, omkampus is fietsdiefstal, sêaan De stuBeer. dente tekry verskaf. “Vrye onderwys” Beskermingsdienste is verbonde dat die avontuur op ons wag. Diewe dikwels toegang tot dieis Heinz Schoeman-Struwig, Inge Janse van Rensburg, Cheyenne Pienaar, ’n mite van dieselfde orde as “vrye aan die Wet op die Beskerming van Dit is egter ’n vals alarm wat deur kampus deur oor die treinspoormure Stefanie Esterhuyse. of “vrye Persoonlike Inligting, algemeen ’n dosent geaktiveer is. So ek kon tegesondheidsorg” klim. Hy wys ’n paar plekkebehuisuit waar ing”.skuldiges Onderwys, gesondheidsorg bekend as die Popi-wet, daarom ongelukkig nie ’n Rookie Bluehulle in die verlede op heterTeksversorgers: en behuising kos mag hulle dié inligting nie sonder ervaring beleef nie. daad betrap het. geld – deksels Colette Combrink, Jo-Riëtte Jacobs, Madelein van Straaten. baie Dit kan as “voordele” die toestemming van die beampte Die aand lê wel nog voor. Al isgeld. Beskermingsdienste nouaan mense veral baie arm mense in beheer of die betrokke student Die gebied wat Beskermingsdien- keurig, is dit –onmoontlik om 24/7 – beskikbaar gestel word. Maar iemand moet daarvoor betaal. Daardie “iemand” is gewoonlik die belastingbetaler. Ons weet almal dat die belastingbasis van die SuidAfrikaanse ekonomie besonder RENERAis:LOUWRENS kwesbaar ’n buitengewoon klein deel van die bevolking (minder @JuanitaRenera as 20%) dra die oorgrote las van hefbare belastings in hierdie land. Twee ruimtenavorsers aan die Dit help eenvoudig nie om daardie Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroomkampus is onlangs 50 miljoen ure se verwerkingsure op ’n superrekenaar by die Gausssuperrekenaarsentrum in Duitsland toegestaan vir hul navorsing van skokkeCALITZ in Aktiewe Galaksieë. LINZETTA Prof. Felix Spanier en dr. Patrick @LinzettaC Kilian aan die Sentrum vir Ruimtenavorsing aan die NWU-Puk, en hul vennote, Reinhard Homoseksueel ofprof. heteroseksueel. Schlickeiser en dr. Anne Stockem Moslem of Christen. Verhoudings van die Ruhr-Universität Bochum, tussen swart en wit of verhoudings kan nou die spuitstrale in Aktiewe tussen swart en swart/wit en wit. Galaktiese Nukleï (AGN) bestuDie uiterstes in meeste gevalle, tusdeer. senin is daar sóveel meer. AGN’e is die kerne van verre In jou kop het jy moontlik gedink sterrestelsels. ja/nee by elkeen van die opsies. Jou Ten spyte van hul enorme reaksie was dalk bietjie skerper as grootte, kan AGN’e se intensiteit net ’n blote ja of nee. Van die opsies binne ’n paar sekondes verander. is vir jou normaal, ander minder so. Een van die redes vir dié gedrag Dalk, net dalk, is jy een van die min is die struktuur van die spuitstrale wat elke liberalis tot in hulle siele wat uit die aktiewe sterrestelsels gelukkig maak. kom: Dit vorm skokke en knope Ons skrik vir “anders”. Ons speel wat dan ’n interaksie tot gevolg dit veilig. kan hê. Leef tussen die lyne wat vir ons geverf is. Want die hulle hel sal Volgens Spanier fokus vir jou haal as jy durf buite die lyne in hul navorsing op die gevolge probeer as tweeleef. skokke teen ’n baie hoë Alles goed spoed bots. en wel, want op ’n stadium kry jý diehet emmer verfkwas. “Niemand al ooiten voorheen My probleem? As mense metgrootander navorsing gedoen oor sulke mense se lyne probeer inmeng.

90% van die mense wat op kampus diefstal pleeg word deur studente ingelaat.Wapad

Hoofredaksie

groep leër te probeer tap nie. Ek is eksklusiewe onderrigmedium aan nie al persoon wat dit beweer nie; universiteite te hê nie. Ek sou wou dit word inderwaarheid erken deur byvoeg: dis ook nie meer moontlik die huidige minister van finansies. om eentalige universiteite te hê ni Dis die rede waarom persoonlike of Taal en diversiteit is ’n te komplek maatskappyebelasting nie met die probleem in Suid-Afrika. Tans ske onlangse kritiese nasionale begrotalmal van links en van regs op ing verhoog is nie. Stellenbosch, Pretoria, Vrystaat en Om daarom eenvoudig op jou Noordwes Universiteite oor hul agterpote te staan en emosioneel worstelinge om twee skynbaar “vrye onderwys” te skree, is nie onversoenbares – sommige sal sê alleen onverstandig en onrealisties onmoontlikes – gelyktydig uit te nie. Dit vra inderwaarheid die onvoer: 1. Om geen student op grond moontlike. Beteken dit daarom dat van taal uit te sluit nie, en 2. Om arm mense nooit toegang kan kry Suid-Afrika se diversiteit van tale i tot hoër onderwys nie? Allermins. universiteite se studentesamestelNiemand is meer ten gunste van die ling en onderrigsisteme te probee kwytskelding van klas- en losiesgeld akkommodeer. Dit is deksels moe vir werklike arm, dog verdienstelike lik; of dit uiteindelik moontlik gaa studente as ek nie. Maar dan gaan wees, sal ons nog eers moet sien. E dit alleen om diegene wat werkverwonder my egter aan tradisiolik geen eie bydrae kan lewer nie. neel Engelstalige universiteit in hi Vir hulle kan op verbeeldingryke erdie land wat skynbaar dink hulle wyse staatslenings- of beursfondse het nie dieselfde probleem nie. Ek geskep word. Groot maatskappye, het nuus vir hulle: die probleem of ander lede van die publiek wat gaan en sal hulle ook tref as hulle sou wou, kan insgelyks hiertoe byerns daarmee maak om nasionale dra. Maar vry onderwys vir almal? bates te wees. Dis nie alleen onrealisties nie. Dis Een voorbeeld: hoe kry die ook ongemotiveerd. Waarom moet Universiteite van Kaapstad, Wits e kinders van ryk mense (mense in Kwazulu-Natal dit reg om mediese huishoudings wat meer as R400 000 fakulteite te bedryf waarin gesond per jaar verdien) geen bydrae tot heidswerkers opgelei word wat nie hul eie opvoeding – die belangrikook effektief met hul Afrikaanse, ste investering in enigiemand se Zoeloe,SCHOEMAN-STRUWIG Sotho en ander pasiënte, FOTO: HEINZ toekoms – lewer nie? wat kwalik Engels kan praat, kan Om op “vry onderwys” deur die kommunikeer nie? Dit mag nie uit elke moontlike toegangspunt dop Ná omtrent drie ure van patrolbank aan te dring, is daarby net so eindelik moontlik wees om toegan te hou. Daarom moet studente hul lering, is ons weer terug by hoofonverantwoordelik as vir regeringen diversiteit naatloos aan Suidfietse in ’n veilige stoor bêre en dit kwartier. Dit was ’n stil aand. sleiers om ’n sodanige belofte op Afrikaanse universiteite te versoen altyd gesluit hou. De Beer sê studente het dikwels die ingewing van die oomblik te nie. Maar dit is wel moontlik om “Twee brokkies raad vir stu’n negatiewe persepsie van Beskermaak – die oomblik wanneer die onderrig-pakkette te ontwikkel dente is: Wanneer jy ’n probleem mingsdienste en beskou hulle as druk van betogings en protes of die waarvan méér effektiewe kommuby Beskermingsdienste rapporteer, “pretbederwers”. druk van ’n naderende verkiesing nikasie in hierdie verskeurde land is dit baie belangrik om soveel as “Ek sien die NWU-Puk egter as gevoel word. Naas die wapenskandeel moontlik inligting te verskaf.” Dit is ’n ’n dorp opuitmaak. sy eie en elke dorp het daal Nkandla en Guptagate vind iemand Suid-Afrika – soos denou dieen‘wie, wat, waar en wanneer’. nodig om orde enige te handhaaf. ek pres. Zuma se opportunistiese mokrasie wat reg laat probeer “Die tweede is dat byna 90% van “Ons doel is nie om studente se reaksies beloftes van geskied aan ’n liberaal-demokradie menseen watskielike op kampus diefstal pret te verminder nie. Dit is om te “vrye onderwys” verlede jaar een tiese grondwet is moeilik. pleeg, deur studente ingelaat word. verseker dat hulle–kan pret hê, maar van die onstellendste demonstrasSommige dinge is skynbaar selfs “Dit is daarom uiters belangrik terselfdertyd veilig is.” iesnooit van onverantwoordelike regeronmoontlik. Dit beteken alleen da om vir ’n vreemde persoon ing. ’n Mens keer nie ’n finansierons baie meer gefokusde aandag toegang tot die kampus te gee nie.” ingsisteeem vir sulke belangrike moet skenk aan dié dinge wat instellings soos universiteite in ons wel kan doen en regkry. Ons ’n oomblik van meegevoerde soek baie meer suksesstories wat populisme om nie. Myns insiens is ons moed en hoop kan gee vir die daardie optrede alleen genoegsame suksesvolle behartiging van dít wa gronde om hom van sy amp te skynbaar onmoontlik lyk. Die best onthef. manier om jou studiejare te benut Daar is ander moontlikes en is om jouself so goed moontlik voo onmoontlikes wat betref die te berei en toe te rus om laasgeno toekoms van universiteite. Dis nie emde uitdaging met selfvertroue e meer moontlik om Afrikaans as nederigheid aan te pak.

Groot eer vir NWU-wetenskaplikes

Hoekom pla “anders” jou...?

Prof. Felix Spanier.

FOTO: VERSKAF skaalse simulasies nie,” het Spanier gesê. Volgens Spanier wordVERSKAF daar al FOTO: vir 10 jaar aan dié projek gewerk. “Ons het die heeltyd saam met ’n Dink net hoe beknop sou jou baan span van LRZ gewerk en hulle was wees as almal tussen jou lyne moes bewus van ons navorsing. leef – middagete-verkeer se dinges. “Dus was dit moontlik om hulle te Niemand sê jy moet reguit lyne oortuig dat die tegniese aspekte van verf nie. Gaan vir zigzag, vir ons navorsingsvoorstel baiegaan solied stippels. En as ek nou besluit om was.” Hulle gaan die meeste van die eerder ’nin muur by teen kom met my navorsing Bochum Potchefverf, is dit my saak – tensy dit jou stroom doen, maar die rekenaarvermuur is... werking moet in Munich gedoen word. My punt net datdie almal geregtig Spanier hetisvolgens NWU se is op hulle eiehierdie keusesaansienlike en voorkeure. nuusblad gesê Solank die keuses ander respekteer. hoeveelheid rekentyd kan met ’n Nee, respek beteken nie hulle trip-

pel versigtig rondom die grense va jou gemaksone nie. Wat maak dit nou werklik aan jou as iemand leef en optree soos húlle wil? Maak dit jou ongemakli Liewe vriend of vriendin – ongem is deel van die lewe. Om te verwag almal se optrede moet jou op jou Prof. Patrick Kilian. gemak stel, is om te verwag almal FOTO: VERSKAF moet een taal praat. Dis om te ver wag almal moet een kultuur deel. 1 426 jaar se werk op ’n tipiese moDis om te verwag... sokkiemusiek derne persoonlike kantoorrekenaar moet almal se siele voed! In watte vergelyk word. Die Gauss-superrewêreld leef jy? kenaarsentrum, waarvan die wêreld Gay beteken ook “vrolik”, “uitge se vinnigste superrekensentrums late”, “plesierig”, “opgewek”, “jolig” kragte saamgesnoer het, is ’n “lig”. Kan ons nie net almal gay Europese inisiatief. Hy is 23ste op wees oor gay-wees nie? Dit is nie die lys van die wêreld se vinnigste jou verantwoordelikheid om men superrekenaars. op jou sogenaamde regte pad te k Spanier sê die navorsing moet in of te hou nie. As jy dan nou dink jo een jaar gedoen word, omdat hulle die leefwyse is so volkome en volmaa bronne slegs vir een jaar gegun is. leef dat anderverwerkingsure soos jy wíl leef. “Diesó beskikbare So, wees ’n hippie, wees ’nnie hipis baie beperk. Ons kompeteer ster, wees gay of net gay, wees NET net teen ander astrofisici nie, maar WAT JYbaie WIL.wetenskaplike Net ’n enkele takke.” versoek ook teen gun ander dieselfde vryheid.


18 Augustus 2016

5

Nuus

A platform for change

Blessers – get sugar in exhange for sugar BONOLO MANONE

@Grumplezz

Louis Philip Shahim and Bianca Saayman, winners of Mr & Miss Campus. CHARMAINE JACOBS

@Charmaine95J

T

his year’s Mr & Miss Campus provided a platform for charismatic and powerful individuals to truly make a difference on campus and in the community. Louis Philip Shahim and Bianca Saayman were crowned Mr & Miss Campus 2016 at a glittering ceremony held in the Sanlam Auditorium at the North-West University’s Potchefstroom Campus. The runners-up were Ruco van Niekerk (1st Prince) and Ryan de Toit (2nd Prince), Danielle Goosen (1st Princess) and Michaela Zietsman (2nd Princess). An excited and overwhelmed Saayman said she is determined to make a difference during her reign. “I want to inspire students, especially girls, to follow their dreams and to live fully each day. Girls tend to think they are not good enough or that they are too young to pursue a dream,” said Saayman. According to Celetia Reinders, chairperson of SRC-Liaison, the judges were looking for individuals who do not only have outer beauty, but who are dedicated to making a

positive impact in the community and on campus. Shahim and Saayman each received R20 000 to donate to the charity of their choice. Additionally they each also received prize money of R2500.

I want to inspire students, especially girls, to follow their dreams and to live fully each day. Shahim strives for change and, with his title, he believes he will be able to represent the North-West University’s Potchefstroom Campus in various ways. “The main focus for me will definitely be to open people’s eyes to the diversity of our campus and to find the beauty in working together, rather than against one another”, said Shahim. Shahim is currently looking into using the prize money for a Computer Literacy Drive which aims to

PHOTO: CARINA BRIERS give underprivileged children exposure and training to enable them to use computers and other smart devices. The judge panel was diverse and the judges based their decisions not only on outer beauty but on those who have the capacity to impact the community. The judges included chairperson of SRC Arts, Sean Smith, former chairperson of SRCLiaison, Schané Venter, Miss Earth South Africa, Carla Victor, designer, Werner Dey and Miss Varsity Cup, Demi-Leigh NelPeters. Marize Viljoen, a finalist and Miss Photogenic, described the atmosphere between contestants as tight-knit. According to Viljoen she made friends for life. Saayman said: “Inner beauty is always the most important. For me there is nothing more beautiful as someone who’s beauty shines from the inside. The exterior may catch the eye, but inner beauty captures the heart." Both winners strive toward change and believe if you put your mind to it you can achieve anything. Shahim said: “Make your parents proud, your enemies jealous and yourself happy.”

A recent piece by e.tv’s Checkpoint documented how young women in South Africa are being kept as mistresses by rich, distinguished men. Only, they don’t call them lovers or beaus – they call them “blessers”. Dudu Ndaba*, a third-year BA law student, says she doesn’t think of herself as a mistress. “He told me he’ll always take care of me no matter what because I’m a lovely person,” she said. An older man, usually married and in a high-powered position, contributes so much towards the financial care of a young woman, that he is said to be “blessing” her with expensive clothes, luxury holidays and just about everything money can buy. In most cases, as with Dudu, the girl has a boyfriend who is in the same age group and financial status as she is. “I really don’t want to cheat on my boyfriend,” Dudu explains, “but then I really want a car.” A brief glance at the Facebook page “blessers” reveals that there are seven levels of blessers determined by what the woman is being blessed with. Those who gift airtime and takeaways are level one. The ones who bless with shopping sprees in Dubai or Paris are higher up on the scale. Dudu is careful to keep the identity of her blesser a secret, even from her closest friend – he is well-known in Potchefstroom and married. She explains that, contrary to what people believe, their relationship is not based on exchanges of sex and gifts – she insists that he cares for her on a deeper level. Pia Bombardella, social anthropology lecturer at the North-West University Potchefstroom campus, believes that the blesser culture developed out of the migrant labour system and that there is more to it than meets the eye. “You can get gifts without giving sex. Some men are in it for the comforts of home and some of these women enjoy doing it,” she said. According to Ndaba, a blesser will typically require that his mistress be available to him at all hours of the day, on call, and ready to meet him whenever he demands. Nthabiseng Monaisa, a first year BA sports science student,

said: “I think it’s because of where they come from. Not having what other privileged girls have makes them want to have blessers to improve their homes or lifestyles.” According to the Facebook page, there is a “blessee starter pack” – a long, good quality weave (hair extensions), an expensive handbag and an iPhone.

“I really don’t want to cheat on my boyfriend,” Dudu explains, “but then I really want a car.” The fulfilment of sexual requirements is most disconcerting given the World Health Organisation’s rates of 12% HIV infection in South Africa. Multi-partner sexual relationships do nothing to stop those numbers from rising, and accepting gifts on a continuous basis leads blessers to believe that they are entitled to sex because they paid for it. Bombardella acknowledges the media attention being paid to intergenerational transactional sex, but says she is more concerned by how women are being sensationalised. “Most of the research is on women’s bodies, and not on the men who rape, impregnate and bless,” she explains. Thomas Sese, a BA industrial psychology graduate, said: “This whole thing is pure prostitution – it’s just sugarcoated. It’s also a shame to the whole institution of marriage because spouses as well as their children are suffering.” Tshepiso Matseke, a BA geography and environmental studies student, said: “The way I see it, if an individual wants to become part of it they can do it and shouldn’t let other people’s opinions affect their life.” Since the Checkpoint episode on Blessers it seems the consensus has been that young women have the freedom of choice in this situation, but there are clearly questions about the long-term consequences of these types of relationships. *name changed to protect identity

Pasop SWAT – hier kom PRET! BEKOSTIGBARE VERBLYF VIR

2017 5 KAMERS IN NETJIESE STUDENTEHUIS, 600m, HEK 5

VANAF R1950 + VERBRUIK. BACHELORS EN 1 SLK WOONSTELLE

VANAF R2375 + VERBRUIK. Bediende daagliks, was en braai geriewe, swembad, onderdak parkeering, Wi-Fi toring elektriese heinings en elektroniese hek.

KONTAK 0827788640 / 0829576899

CHRIZELLE JOUBERT

@chrizelle46 Potchefstroom Recreation Entertainment and Teambuilding (PRET) Arena beskryf een van hul aktiwiteite, Bubbly Fun, as ’n mengsel van stampkarretjies, sumo wrestling en verspotheid. PRET Arena, het begin Julie sy deure vir Potchefstromers oopgemaak. Wapad het verlede Donderdag ’n gratis sessie ontvang – dit was die mees aktiewe dag wat ons in ’n lang tyd gehad het! Die span het vir die eerste aktiwiteit in groot plastiekballe met bene verander. In die beskermde uitrusting kon ons val, sokker

speel, teen mekaar bons en bollemakiesies maak sonder om ons oor bloukolle of gebreekte neuse te bekommer. Die nuusredakteur, Linzetta Calitz, het ná die tyd erken: “Die bollemakiesies in die balle was my innerlike kind se gunsteling.” Ons het daarna takties boog geskiet (dit word ook tactical archery games, oftewel TAG, genoem). Die aktiwiteit is soortgelyk aan verfbal, behalwe met ’n pyl (met ’n sagte rubberpunt) en boog. Dié spanbou-aktiwiteit maak gelukkig nie seer nie! Wapad se bemarking- en advertensiehoof, Isabel Moises, moes erken: “Dit het my fiksheid

getoets, maar was baie lekker.” Die besoek was te vinnig verby. PRET Arena is vir mense “wat van spanbou-aktiwiteite hou, die perfekte plek om heen te gaan,” het Jani Marais, ’n Wapad-joernalis, gesê. Marnus Kok, adjunkredakteur van Wapad, het gesê: “Om saam met mense, sommiges wat jy net in die koerantopset ken, te ‘speel’, was vet pret.” PRET Arena bied verseker ’n totaal nuwe ervaring en is anders as enige plek in die Potchefstroom area. Indien mens lus is vir iets meer as die gewone Texas, of Mystic Boer is dit ideaal – veral vir die wat maar effens sku is vir sportvelde of die gym.


6

Kuns & Vermaak 18 Augustus 2016

Albert Frost - 22 jaar se OppiKoppi JEANELLE GREYLING

@JeanelleGrey

A

lbert Frost, wat op die verhoog soos ’n heer lyk, is in persoon verbasend ontspanne. Hy is boonop gemoedelik teenoor dié bloedjies wat duidelik onervare in geakkrediteerde onderhoude soos dié is. Die onderhoud geskied dus op die rusbanke in die donker mediatent, tussen die lawaai – ideaal vir foto’s en klankopnames. Dit is noemenswaardig dat Frost die enigste kunstenaar is wat sedert die musiekfees se ontstaan by elke OppiKoppi opgetree het. “Dis my kerk hierdie. Elke drie tree loop ek iemand raak wat ek verlede jaar laas gesien het. So dis amazing om te reconnect. Die bedryf se siel, die hele rock ’n roll-siel, is bef*k.” Een van die mees onvergeetlike ervarings in sy lang musiekloopbaan is toe hy in 1998 saam met Louis Mhlanga, die kitaarspeler, by OppiKoppi opgetree het. “Ons het mekaar letterlik net voor ons op die stage gestap het, ontmoet. Daar is nogsteeds mense wat na my toe kom en sê hulle hoogtepunt van alle musiek wat hulle al ooit ge-check het, was daai scene by daai boonste bar.” Dít van ’n kunstenaar wat vir onder andere The Rolling Stones geopen het en saam met R.E.M. en Simple Minds getoer het. By vanjaar se OppiKoppi het hy Saterdag- en Sondagaand by die “Top Bar” opgetree – saam met die Schalk Joubert Band en toe saam met sy band. Hoewel hy lanklaas tydens OppiKoppi in Mordor (die gewone

Albert Frost tydens sy onderhoud met Wapad by OppiKoppi 22. kampplek) uitgekamp het, maak hy laataande ’n draai daar “en check wat die mense aanjaag”. Hy praat oor sy nuutste solo -album, The Wake Up. “Ek het so bietjie van alles ingesit en ’n unieke klank uitgedink wat myself in die

An opinion from a first-timer

OppiKoppi 22 HEINZ SCHOEMAN-STRUWIG

@inHeinzsight

a good time with. You don’t need Total Drama Island at OppiKoppi UNSEA. Oppi has a vibe to it that consumes you. Day one and you’ll still look around and try to reserve your judgements – day two you’ll be doing the things you’d usually judge others for doing. It frees your spirit and liberates you. You become a different person after Oppi, and not in the cliché sense. It is a transformation you go through over the weekend that affect your mindset in the most beautiful way, which makes it so worth it. Would I go again? I’d get shipwrecked on the shore of the UNSEA any day. Sea you at Oppi 23.

OppiKoppi grabbed me and dragged me into the bushes, taking my shirt off as we fell into the dust and lost ourselves in the UNSEA. Having expectations is dangerous, but I don’t think I knew what to expect. No photos or stories will ever explain it – it has to be experienced. Music festivals are essentially what you make of it – particularly OppiKoppi, which may have been dubbed the UNSEA for the year, is in fact a dry wasteland with more dust than you thought possible. You’ll find it in places you didn’t think possible whilst searching for your dignity. As much as people want to stereotype Oppi as a grouping of drugged-up alcoholic hipsters, it really isn’t. The amount of diversity I was surrounded with, astounded me. If you want to experience liberty, Oppi is the place to be because absolutely everything goes. In terms of preparation, no survival tips will suffice. The best advice I can give you is to go with someone who’s been to Oppi before, and go with people you PHOTO: JTP - J.TIMBALOPEZ PHOTOGRAPHY know you’ll have

FOTO: HEINZ SCHOEMAN-STRUWIG

beste lig stel, you know. So it’s not blues and it’s not rock, it’s a bit of everything. It’s like the beginning of the way to move forward, hence ‘The Wake Up’.” Dié versameling is die gevolg van 20 jaar se “tunes wat ek ge-gather

het, wat ek nie in my ander projekkies kon uitsit nie”. “Ek is nou in ’n stadium van my lewe waar ek besluit het my stem is sterk genoeg om dit te hanteer. Ek is confident genoeg om dit te dra.” Frost het sowat ’n jaar en ’n half

geneem om die album op te neem, “want jy moet daarmee lewe, jy weet”. Volgens Frost is twee dekades in die musiekbedryf uitmergelend, weens die eensaamheid en talle slegte ervarings met aanhangers. “Ek is al vyf en ’n half jaar sober wat ek nie meer drink nie – wat nogals hectic is – maar ek kan nou daarmee cope en dit bestuur." “My sobering mechanism is dagga. Ek rook elke aand ’n spliffetjie om myself ’n bietjie te laat woer-woer. As jy ’n artist is, pas jy nie regtig in die samelewing in nie. Jy moet vir jouself vrae vra, jy moet dit self beantwoord, jy moet self daarmee deal en jou existence plaas.” Frost sê hy het al baie kunstenaars gesien kom en gaan. “Dis nie almal wat dit kan doen nie. You have to have the right psychology.” Waaraan skryf hy sy blywende sukses toe? “My incredibly terrible memory en ’n groot swart kamer hier agter (in sy kop) waarin alles onmiddellik gaan.” Wat bly oor vir iemand wat enige aspirantmusikant se drome bewaarheid het? “Ek wil baie meer op crossover stuff fokus. Daar is nogsteeds hierdie moerse divide tussen die twee tipes scenes in die land, you know, and that’s gotta start meshing in.” “Dit begin al, maar ek begin nou op dit ook fokus, om meer van ’n world music-ding in te bring om met proper African artists te werk, dit te begin incorporate in ons South African rock kind of sound.” * Die teksredakteur keur dit nie goed dat Frost se kodewisseling nie in skuinsdruk aangedui word nie.

Klyntji.com doen beroep op liberale Afrikaners JEANELLE GREYLING

@JeanelleGrey ’n Vierdejaar LLB-student aan die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroomkampus het deur sy webtuiste die aandag van vernaamde Afrikaanse kunstenaars getrek. Onder andere die musikante Valiant Swart, Koos Kombuis en Andries Bezuidenhout het by vanjaar se OppiKoppi notisie geneem van Francois Lion-Cachet, die stigter van Klyntji.com. Lion-Cachet sê dié nichewebtuiste publiseer die kreatiewe bydraes van mense regoor die wêreld. Klyntji.com gaan egter nooit hoofstroom wees nie: “Dit gaan maar altyd ’n underground thing wees – it’s a labour of love,” het Lion-Cachet gesê. Dié webtuiste is ’n aanvulling tot die tydskrif Ons Klyntji, wat deesdae jaarliks by OppiKoppi uitgedeel word. Klyntji.com het vanjaar voorafonderhoude met die bands wat by OppiKoppi opgetree het, gepubliseer. Lion -Cachet het ook vanjaar ’n hand in die poetry sessions by die “Top Bar” gehad, waar sprekers gedigte uit die gedrukte weergawe gelees het. Die webtuiste word deur die tong-in-die-kies benadering tot Afrikanergeskiedenis gekenmerk: Plakkers van bekende figure, soos die standbeeld van Dawid wat ’n 3D-bril dra, word byvoorbeeld uitgedeel om die nuwe aanslag op ou idees oor te dra. Hoewel dit deesdae uniek aan OppiKoppi is, kan Ons Klyntji na 1896 teruggetrek word, toe Afrikaans nog as Kitchen Dutch

bekendgestaan het. “Dit was die eerste Afrikaanse tydskrif,” het Lion-Cachet gesê. “Dit was basies met die Eerste Afrikaanse Taalbeweging om die Afrikaanse gedagte te kweek.” Die kampvegters vir Afrikaans het destyds by die eerste Afrikaanse taalkongres in die Paarl bymekaargekom en gesê: “Oukei ouens, ons moet nou ’n taal begin. Ons het ’n tydskrif, ’n koerant en ’n Bybel nodig,” het Lion-Cachet gesê. Lion-Cachet se voorvader, Jan Lion-Cachet, het die naam, Ons Klyntji, voorgestel en het as mede -redakteur en uitgewer gedien. “Dis pretty cool, hy was baie betrokke en ook een van die eerste bydraers wat vir hulle goed geskryf het.” Hoewel hy nog altyd geweet het hy het ’n belangrike van, het hy tot onlangs toe nie geweet van oom Jan se bydraes nie. “Ek het Ons Klyntji drie jaar gelede vir die eerste keer by OppiKoppi ontdek, toe iemand vir my ’n boekie in die hand gee. “Obviously het dit iets in my ge-tickle, toe het ek daaroor gaan oplees.” Hy het van ’n aanlynweergawe gedroom. Lion-Cachet sien dit dus as sy lot dat hy uiteindelik met die huidige redakteurs van Ons Klyntji, Ernst Grundlingh en Toast Coetzer – reisjoernaliste by Weg! – vergader het. Lion-Cachet het reeds in webtuistes belanggestel en was byvoorbeeld in 2014 die nuus- en webredakteur van Wapad. “Ek het aan ’n voorstel gewerk en toe vir Toast en Ernst genader en gesê ek dink Ons Klyntji sal goed doen met ’n online site.” Hulle het ingestem “toe hulle agterkom ek wil dit nie ’n AfriForumbemarkingsblad maak nie”.

Klyntji.com is toe in 2014 gebore. Hoewel Coetzer en Grudlingh in die Kaap sit, lewer hulle steeds soms bydraes. Lion -Cachet het vrye teuels en dié tuiste is sy verantwoordelikheid. Lion-Cachet het alleen daarmee begin, maar het intussen ’n netwerk bestaande uit grafiese kunstenaars, skrywers, fotograwe en illustreerders opgebou. Hy beskryf die webtuiste as ’n “erratic, organic publication”. “Die goue lyntjie wat deur die site gaan is die identiteit van liberale jong Afrikaners,” het Lion-Cachet gesê. Andersom “’n sosiaalbewuste Afrikaanse jeug”. “Daar is so bietjie van ’n agenda – ’n liberale agenda." Klyntji.com se gewaagde inhoud het al talle negatiewe reaksies ontlok. Een van die spotprente beeld byvoorbeeld twee mans wat soen uit. Die boodskap moedig gay seks ter wille van die voorkoming van aborsie aan en sê op ’n vulgêre manier dat jy gay vir Jesus Christus moet wees. “Dis baie eksplisiet, veral vir iemand wat gelowig is,” het Lion -Cachet erken. “So ’n paar omies het gesê: ‘Hoe kan julle hierdie doen?’” Maar hulle maak staat op dié kommentaar. “’n Mens doen maar hierdie goed om mense se hokke te skud. Dis amper soos ’n badge of honour as ’n omie vir ons kwaad raak. ” In Ons Klyntji se nuutste onderhoud met Koos Kombuis, voormalige redakteur van dié tydskrif, blyk dit duidelik hy is beïndruk met die webtuiste. “Hy sê hy hou daarvan dat die site sy voete in die verlede, hede én toekoms het.”


18 Augustus

7

Kuns & Vermaak

OppiKoppi - modebewuste ‘nomads’

FOTO: SIMON SONNEKUS / KLYNTJI.COM JEANELLE GREYLING & MARITA HERSELMAN

@JeanelleGrey @MaritaHerselman Ter voorbereiding van jou eerste OppiKoppi-ekspedisie sal jou vriende vir jou sê jy moet ou klere saamneem: “Niemand gee om oor hoe hulle by OppiKoppi lyk nie.” Dit is loutere snert. Soos ons webredakteur, Heinz Schoeman -Struwig, tereg opgemerk het: “Almal by OppiKoppi het so ’n eksentrieke modebewustheid, dat jy skoon voel jy gaan jouself herontwerp sodrá jy by die huis kom.” Die week voor OppiKoppi is wanneer almal besef hulle is “eintlik” cool – wanneer hulle buitensporige brille gaan koop wat by hul uitrustings pas, uitspattige 80’s-modes uit hul ma’s se kaste ontgin en hulself só inrig dat hulle so laid back moontlik kan voorkom. Tevergeefs, want die Northamstof het oudergewoonte al die modebewuste jongmense soos nomads ingekleur. Dit is werklik die spreekwoordelike UNSEA by Oppi. Ander atmosfeer Oppikoppi 22: For The Lovely Young Taken to the Unsea was vir Wapad

om verskeie redes anders as ander jare. Enersyds was die atmosfeer gebrekkig. Dalk word ons veels te vinnig te verveeld om die stof te stomach, maar waarom het soveel feesgangers dan reeds die Sondag – die heilige dag by Oppi, wat deur die beste kunsenaars gekenmerk word – gevlug? Andersyds was dié musiekfees meer divers as vorige jare. Soos ene Albert Frost gesê het: OppiKoppi brei elke jaar uit. Veranderinge Hoewel die nuwe toevoeging, die Wine Bar, die Comedy Stage se plek (op pad na die Top Bar) oorgeneem het, het dié verhoog nie verdwyn nie en dié wat op soek na humor was, sou op die verhoog langs die Bruilof Stage vermaak word. Die Travelling Wasgoed Stage was sowel lukraak as vermaaklik – selfs die aanhangers wat in die bewegende verhoog ge-chill het, het die verbygangers vermaak. The Dandies En die bands: Ons het die eer gehad om oud-Potchefstromers op die verhoog te sien. The Dandies, voorheen bekend as The Jack Rolling Dandy’s, het Vrydag ’n vol gehoor gelok. Hetsy dit hul passie vir die

verhoog of hul aggressie-gelaaide musiek was, het die gehoor vir hul hele optrede gebly. Was dit nie vir die liedjies wat meestal dieselfde geklink het nie, sou The Dandies ’n onmisbare toevoeging tot OppiKoppi se line-up wees. Thomas Krane Thomas Krane, wat by die “Top Bar” opgetree het, het interessante invloede weerspieël – enersyds het hulle ’n liedjie van Leonard Cohen gesing, andersyds het hulle soos Passenger-navolgers geklink. Hul emotiewe weergawe van Jolene spook by jou nog ná Oppi. Wonderboom Wonderboom het vir ons bewys wat dit beteken om oud, maar nog lank nie koud, te wees. Hulle was ook een van die bands wat sowat 20 jaar gelede by hul eerste OppiKoppi opgetree het. Hoewel hul humorsin en gemaklikheid op die verhoog byna tasbaar was, kon jy die band se dankbaarheid vir die groot gehoor in hul kragtige, dog dringende, optrede aanvoel. Vanjaar was hulle gelukkig om die hoofsanger se seun in die gehoor trots te maak. Oppi... Koppi Jou voete het skaars die grond van dié beloofde land geraak wanneer

jy jou mede-feesgangers, vyf strate van jou af, hoor “Oppi” skree en “Koppi” jou mond uit bulder. Die tradisie is ’n ongeskrewe reël wat die eerste giller goed laat voel wanneer daarop reageer word - teen die laaste dag is dit egter al afgesaag. The Motherland Die eerste om hul musiek deur die Main Stage se luidsprekers oor die vlaktes te laat eggo. Dié indie-folk klanke het feesgangers sielsaangrypend vir die naweek se verrigtinge opgewarm. Die aandag was op Geraint Bojé, baskitaarspeler, aangesien dit sy verjaarsdag op die dag van hul vertoning was. “Don’t go waste my tears” is lirieke wat ons saamneem. Chambers Jacques Moolman van Shadowclub -faam se solo-projek het soos die lirieke van “Heaven’s Got No Place” gelui – “I think I’m running in circles” – dit het musikaal in sirkels met ons geloop. Moolman het sy vertoning met dié snit begin en afgesluit. Chambers se klank en passie is meesleurend. The Narrow “Lonely lonely lonely” van dié rockband weergalm steeds en in ons geestesoog sien ons talle aanhang-

ers aggressief headbang. Ook, hoe mense in die moshpit val en arms in die lug, meegevoer en lêend, saamsing. Yelawolf Yelawolf (van Nashville, Tennessee) se vertoning het met baie vloeistof in die groepslede se kele begin en tot binne die gehoor gespat. Die treffer “Till It’s Gone” was die hoogtepunt van die vertoning. Yelawolf se verhoogpersoonlikheid was egter teleurstellend – met hom wat feitlik deurentyd sy shades tydens die vertoning opgehou het. Yelawolf ís “Whisky In A Bottle”. Kongos “Hey I don’t know, why don’t you tell me?” het die afwagting op die hoofvertoning van OppiKoppi 22 gebreek. Kongos het onder meer bekende snitte soos “Come with Me Now” en “Escape” gespeel, maar sommige feesgangers het gevoel as jy die vertoning verlaat sonder om “I’m Only Joking” te hoor, dit sal wees soos om ’n Billy Joel-vertoning te verlaat sonder om “Piano Man” te aanskou. Kongos het hul vertoning egter triomfantlik met dié song beïndig, terwyl rooksirkels deur die lug gespoeg is.

Shortstraw keeping it old school MARITA HERSELMAN

@MaritaHerselman During Shortstraw’s performance at OppiKoppi 22 on the Bruilof stage, not only the area in front of this stage was packed with festival -goers, they were still chuffed to see the backs of this energetic explosion from the side of the stage. According to frontman, Alastair Thomas, they are currently working on Those Meddling Kids - “not necessarily an album as opposed to kind of a collection of songs, that sounds really conceded and it’s not”. They don’t have a full album worth of songs yet and plan to release them as they go – releasing a single the first Friday of every month, starting September 2nd with “Ignorance is bliss”. “The name ‘Those Meddling

Kids’ was the idea for a TV show, like a few years ago, about this punky kind of garage band that used to fight off demons with their instruments. And obviously it’s from Scooby Doo as well. So just keeping it old school,” Thomas said. The band in the show had the particular sound Shortstraw wanted to create – “we just kind of got into the practice room and started writing these songs in the kind of personas of this band.” With this project and the pop -punk revival, due to the release of Blink-182’s latest album (all being big Blink fans), they are moving into a “slightly different direction”. Thomas explained the evolution of their sound, having started out as “kind of folky, crash-folk is what we always called it” with an indie influence. Now they’re trying out a “pop-rocky, kind of pop-punky sound as well”, maintaining some

resemblance of indie. They have fun and quirky album titles and lyrics for instance You’re Underfed I’m Wonderful, We slept through it all, “you’re such a b*tch in the morning” and “you don’t scare me, no, you just turn me on”. Where do they get their ideas? “We now write all our songs in the practice room together. We actually just write everything on the fly. So if someone’s got a cool idea, we’ll kind of like flesh that out.” Lyrically it’s what ever is in Thomas’ head at the time, which doesn’t always make sense to him either. To avoid songs becoming monotonous – playing the same songs every night at shows – they “mess around for a couple of hours” before practice, having short attention spans and hyperactivity. Regarding OppiKoppi, Thomas suggests always taking an open mind and… wet wipes.

Alastair Thomas.

PHOTO: HEINZ SCHOEMAN-STRUWIG

Things Unseen – Jesse Clegg leaping to the bright side of pop MARITA HERSELMAN

@MaritaHerselman Early last year we spotted Jesse Clegg in Potchefstroom, who was in the process of recording his latest full-length album. Clegg has leaped over to the bright side of pop with Things Unseen, (released early June) under the arm. Quite the change, seeing as previous albums were both rock. On the fifth track of this album, “Take You There”, the lyrics read “seasons

change, but I never do” – contradicting the huge shift, musically, to something with more of a beat. Clegg stated in a press release that he “wanted to move away from guitar as primary writing instrument and incorporate new elements”. “Technology played a big part in the making of the productions, using the studio as tool to arrange the music around the emotional quality of the songs,” Clegg said. In the opening track “Use Me”, also one of the singles off the al-

bum, the use of the piano becomes prominent, while the strong electro grip on the album becomes clearly audible in the chorus of this song. “I want to tell you that you use me darling, use me darling, you” resounds from the first track. “Souvenir”, the first released single of Things Unseen, is a stand-out. It starts with minimal sounds in the background, allowing the listener to focus on the lyrics until the build -up to the chorus, blowing your mind with “All of those words, all of those places. All of those times, you

can’t erase it.” The end of this song reminds of Coldplay’s “Princess of China” (Feat. Rihanna). “Take you there” is the song that makes you want to dance and could most likely have featured on a Now album. “Wake Me Up” draws attention because it’s the first track where the guitar becomes the foundation. The guitar is also prominent on “Waiting for the Rain” and “Grace”. “Alibi’s” is the type of song where you can close your eyes and drift away on its dreamy sound.

Clegg ends this 10-track album with “Endless Distance”, a serene tune, rounding Things Unseen off beautifully. Clegg explained the title in the press release – “Things unseen are hidden messages behind what is observable; those moments in life when a truth is revealed to us.” This album is a daring, drastic change, but refreshing – showing how versatile Clegg as an artist can be.

Rating: 6,5/10


18 Augustus

8

Kuns & Vermaak

Doesn’t walk the talk MARISELLE STOFBERG

@stoof09 Without arch enemies, the lives of superheroes would be a bore. Even though we are in favour of the heroes, we secretly enjoy the villains just as much. In Suicide Squad the bad guys are the heroes – perfect. With a stellar cast with amongst others Will Smith, Jared Leto, Margot Robbie, Joel Kinnaman, Viola Davis, Scott Eastwood and Cara Delevingne, audiences were anxious to watch this highly anticipated superhero film.

Suicide Squad hit the big screens on 5 August, and reviews of critics and audiences have never been this contradictory. In short, the film is about a team of dangerous criminals recruited by Amanda Waller, who is placed under command of Colonel Rick Flag to complete high risk missions for the US Government. In completing these dangerous missions, they have the opportunity to lessen their sentences. Rotten Tomatoes scored this movie a mere 4.8 out of 10, with the Wall Street Journal even going as far as to describe the movie “in one

The superb performances by Viola Davis as Amanda Waller, and Margot Robbie as Harley Quinn, are the best things about Suicide Squad.

Potter-heads crazy-excited over release of ♠ ‘Harry Potter and the Cursed Child’ MIEKE HOFMEYR

@MIWatchers The release of Harry Potter and the Cursed Child, nine years after the last installment, Harry Potter and the Deathly Hallows in 2007, had fans going crazy with excitement. A midnight event was held on the eve of the release at Exclusive Books branches across the country. More than 2 500 people attended the Canal Walk event in Cape Town and Harry Potter enthusiasts even dressed up in Harry Potter inspired costumes. July 31 marks the release date of the latest book and is symbolic since it’s the birthday of The Boy Who Lived (Harry Potter) as well as author J.K. Rowling. Harry Potter and the Cursed Child tells the story of Harry Potter’s middle son, Albus, and his friend Scorpius, and takes the form of a play. The world’s journey with Harry

Potter, in his extraordinary world of witches, wizards and Hogwarts, started in 1997 when author J.K. Rowling published Harry Potter and the Philosopher’s Stone. In 1999 this book was number one on the New York Times list for best-selling fiction and it had already sold over 300 000 copies in the UK. Since then the world for Potter

-heads got a whole lot better – Rowling released six more books following the adventures of Harry and his friends. In 2001 the first movie adaptation of the Harry Potter books was released and was a huge success, earning more than $970 million at the worldwide Box Office. Film adaptations of all the books were made and the last book, Harry Potter and the Deathly Hallows, was adapted to two separate films. The next film in the Harry Potter franchise, Fantastic Beasts and Where to Find Them, for which J.K. Rowling wrote the screenplay, is set to be released in November 2016. It swifts the focus a few decades back to 1926 and away from British Wizarding world, to America where a magizoologist, Newt Scamander, tracks down magical creatures. It also introduces a new school for wizards called “Illvermorny”, which is the American equivalent of Hogwarts. This movie makes for a fantastic ending to a year filled with Harry Potter excitement.

PHOTO: SCREENRANT word as trash, in two words as ugly trash.” Audiences had a different experience, some scoring the movie a 3/5. What they did right: The superb performances by Viola Davis as Amanda Waller, and Margot Robbie as Harley Quinn, are the best things about Suicide Squad. Visually this movie is exciting to watch. DC’s new approach regarding superhero movies is refreshing, not being doom and gloom the entire time, but having a perfect balance between action and humor. What they did wrong: As entertaining as the movie was,

the characters were both the best and worst aspects of the movie. It was disappointing to see very little of the Joker, portrayed as an important character in the trailers, but featuring very little in the actual movie. There are simply too many characters that are not developed nearly enough to satisfy audiences. Overall, the movie had the potential to be amazing, but it just missed the mark. It isn’t trash, but it’s not unforgettable either.

Harry Potter lingo Muggles: Non magical folk. Mudblood: A witch or wizard from an all-muggle family. Potter-heads: Harry Potter fans. Pottermore: The official Harry Potter website.

Avis: A spell that launches birds from your wand. Avada Kedavra: A curse that murders an opponent, is unforgivable. Aparecium: A spell that reveals invisible ink.

Fakulteit Opvoedingswetenskappe Faculty of Education Sciences Studente assistent gesoek! Student assistant wanted! Inligtingstegnologie-ondersteuning aan studente in die EduLab Information technology support to students in the EduLab Die Fakulteit Opvoedingswetenskappe is opsoek na‘n nagraadse student (Honneurs of M-graad) verkieslik met ‘n IT agtergrond, vir ondersteuning aan EduLab-gebruikers met die gebruik van sagteware om plakkate en modelle te genereer vir 2016. . Van die studente-assistent sal ook verwag word om navorsing op onderrigleer apps te doen vir ondersteuning aan akademici. Die student sal per uur vergoed word. The Faculty of Education Sciences is looking for a postgraduate student (Honours or M-degree) preferably with an IT-background to provide support to EduLab users who make use of the specialised software to generate posters and models for 2016. Furthermore, it will be expected of the student assistant to conduct research regarding teaching and learning apps for support to academics. The student will be paid per hour.

Sagteware Software • SOLIDWORX • CoralDRAW Graphics Suite X7 • Adobe Photoshop CC • TurboCAD Delux • Delphi XE6 Professional Academic

Sluitingsdatum / Closing date: 31 Augustus/August 2016 Vir meer informasie kontak Mnr Corné De Wee by 018 299 1711 gedurende kantoorure For more information contact Mr Corné De Wee by 018 299 1711 during work hours

GRAPHICS: HEINZ SCHOEMAN-STRUWIG


18 Augustus 2016

9

Redaksioneel Prof. Johannes Froneman, woordvoerder van die visekanselier, prof. Dan Kgwadi, skryf:

W Briewe Repliek aan prof. Froneman en mnr. Blaauw: Dankie vir jul skrywes. Prof. Froneman, hoe deeglik u kommentaar oor die gebruik van Afrikaans en Engels op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) mag wees, het dit niks anders vir ons gesê as wat ons die heeltyd hoor nie. Dit is juis weens die gereelde mediablootstelling wat dié onderwerp geniet, wat ons opvolgvrae gehad het. Ná ons ’n persoonlike onderhoud versoek het, het u gevra ons moet agtergrondinligting verskaf. Ons was onder die indruk dat die vrae wat ons in die e-pos gestaaf het, bloot as agtergrondinligting gedien het om ’n persoonlike onderhoud met die visekanselier, prof. Dan Kgwadi, te waarborg. U het gesê hy sou die Vrydag beskikbaar wees. Ons sou dié kwessies dus in detail met prof. Kgwadi wou bespreek en die geleentheid gegun wou word om opvolgvrae te vra op sy antwoorde – iets waarop ons as die verteenwoordiger van die universiteit se grootste belangegroep graag op aanspraak maak. U terugvoer het ons dus van die begin af gedwarsboom om ’n persoonlike onderhoud met prof. Kgwadi te voer – daarom het ons gevoel dit tas ons geloofwaardigheid aan. Ons het dit goedgedink om, in plaas van die voorafbereide kommentaar op dié soort vrae, eerder die vrae wat ons aan Kgwadi sou stel, hardop te vra. U sien, die vraag in die lig van vele universiteite wat as ’t ware hulle rug op Afrikaans gedraai het, was of die NWU anders as die res gaan wees? Of gaan die NWU ook oor ’n paar jaar ’n bollemakiesie oor Afrikaans maak? U kan seker begryp dat vele mense hul vertroue in universiteitsowerhede se praatjies verloor het ná wat die afgelope maande gebeur het? Mnr Blaauw, u verwys na die “lippediens” van ander universiteite. Die ander universiteite het almal ook gedurig oortuig dat Afrikaans veilig is. Die jaar 2016 het die teendeel bewys. In ’n berig van Netwerk24 noem u dat die NWU nie die kapasiteit het om parallelmedium verder uit te brei nie. Beteken dit dus dat

Wapad

Afrikaans verskans is? Na wat verneem word, het die skuif na Engels by die ander universiteite nooit oor kapasiteit gegaan nie; eerder oor rade wat agteroorgebuig het om die geweld op hul kampusse kwansuis stop te sit. Afrikaans het só op die brandstapel beland. Die NWU het teikens met betrekking tot die aantal Engelssprekende studente wat op kampusse moet wees. Die sogenaamde “kantelpunt” (30% en meer Engelse studente in hulle geval) het by die Universiteit van die Vrystaat (UV) beteken dat daar ’n aandrang op Engels was. Nie net in lesingslokale nie, maar ook in die algemene omgang. Indien ’n studentekoerant soos Wapad “opsommings” van belangrike berigte in die ander taal plaas, gaan dié wat nie Afrikaans magtig is nie, nie toegang tot die volle berigte hê nie. Die redaksie besluit dus selektief wat so iemand mag lees. U kan seker insien dat so iets ’n woede onder diegene gaan ontketen? Prof. Froneman, ons reageer laastens op u versoek dat ons onomwonde sê of ons ’n eentalige kampus steun. Dit is volgens ons nie die vraag wat gevra behoort te word nie. Ons as Afrikaanssprekendes kan immers nie objektief wees oor die toekoms van ons moedertaal op die laaste Afrikaanse kampus in Suid-Afrika nie. Natuurlik wíl ons hê Afrikaans moet op tersiêre vlak oorleef en ons weet dit is nie ’n realistiese ideaal sonder dat die taal in ’n multitalige konteks voortbestaan nie. Ons glo die bestuur sien dit ook in – dit is moontlik juis die Afrikaanssprekendes met ’n laaste greintjie hoop wat vir funksionele meertaligheid veg. Dit is juis weens die belang van Afrikaans se voortbestaan in ’n meertalige konteks dat ons vra wat gaan die NWU anders maak as ander universiteite wat na dieselfde ideale gestreef het. Ons bevraagteken nie die NWU se integriteit deur ’n skrywe oor die veiligheid van Afrikaans aan die universiteit te rig nie. Ons glo eerder ons tree proaktief in die belang van huidige- en toekomstige studente op. Ons is dit aan hulle verskuldig. - Redaksiegroete

Hoofredaksie

WAPAD-KANTOOR: 018 299 2875 HOOFREDAKTEUR: Jeanelle Greyling ADJUNKREDAKTEUR: Marnus Kok NUUSREDAKTEUR: Linzetta Calitz KUNS & VERMAAK-REDAKTEUR: Marita Herselman UITLEGREDAKTEUR: Bianca Visagie TEKSREDAKTEUR: Hardus Ludick WEB- & FOTOREDAKTEUR: Heinz Schoeman-Struwig Teksversorging: Colette Combrink, Jo-Riëtte Jacobs, Bonolo Manone, Madelein van Straaten. Uitleg: Inge Janse van Rensburg, Cheyenne Pienaar, Heinz Schoeman-Struwig, Roné van Wyk. Grafiese ontwerp: Rhico Potgieter

apad het gekies om nie my kommentaar oor die gebruik van Afrikaans en Engels op die Potchkampus te plaas nie omdat dit Wapad se “geloofwaardigheid” sou aantas. Ek verduidelik graag en gee dan die betrokke kommentaar aan lesers deur sodat hulle self kan besluit. Ek het namens die visekanselier (en met medewerking van die direkteur van die Taaldirektoraat, mnr. Johan Blaauw) gereageer op die kwessies wat Wapad per e-pos aangeroer het. Daar word gereeld in die media foute oor ons taalbeleid en praktyk gemaak, soos onlangs weer op Netwerk24 en in die Afrikaanse koerante en selfs in die artikel wat die redakteur en adjunkredakteur in die vorige Wapad geskryf het onder die opskrif “Is Afrikaans aan die NWU veilig?” (Kyk ook aparte brief van mnr. Johan Blaauw.) Daar is dus ’n goeie rede waarom ek Wapad versoek het om die finale berig (wat toe nie gepubliseer is nie) aan my te wys sodat ek enige feitefoute kon uitwys. Daar was nie en ek het die berig net so teruggestuur. Let wel: nie goedgekeur nie, maar wel bevestig dat daar geen feitefoute in verskyn het nie. Op grond hiervan het Wapad by nabaat besluit hulle joernalistieke integriteit is gekompromitteer. Ek respekteer die redakteur en adjunkredakteur se sensitiwiteit om hulself nie aan enige voorafsensuur te onderwerp nie. Ek het immers in die verlede sterk standpunt ingeneem dat Wapad as onafhanklike studentekoerant erken moet word. Ek hou by daardie standpunt. Maar binne die konteks van ’n universiteitsgemeenskap wat meer dikwels onder die vergrootglas geplaas word, kan ons nie bekostig om die geringste feitefoute oor taalbeleid en -praktyk te publiseer nie. Dit geld veral as die visekanselier se naam betrek word, iets waarvoor ek persoonlik verantwoordelik is. Oor Wapad se kommer en klap na “hiërargiese kommunikasie” kan lesers maar self oordeel wanneer hulle die onderstaande oorspronklike kommentaar lees: “Ons het kennis geneem van die gebeure by ander universiteite. Maar dit beteken nie dat Afrikaans (ook) hier by die NWU in die slag gaan bly nie. Ek kan my nie uitspreek oor daardie universiteite se verandering in beleid nie; ek weet ook nie presies wat hulle belowe het al dan nie. “Maar wat die NWU betref, is die saak eenvoudig: ons het nie die taalbeleid verander toe ons verlede jaar ’n nuwe strategie aanvaar het nie. Die taalbeleid is presies dieselfde, naamlik een van funksionele meertaligheid. Dit beteken, aldus die beleid, dat “keuse vir die gebruik van ’n betrokke taal

Prof. Johannes Froneman. bepaal word deur die situasie/ konteks waarin dit gebruik word. Veranderlikes soos die doel van die kommunikasie en vlakke van taalvaardigheid van die gespreksgenote speel ’n bepalende rol in die keuse van ’n bepaalde taalkode of taalkodes. ““Hierdie beginsel lei die besluit oor watter Suid-Afrikaanse tale deur die NWU as amptelike en werkstale gebruik word: sensitiwiteit word getoon vir die hoofstreekstale wat in die provinsies gebruik word waar kampusse van die instelling geleë is. “In die lig hiervan en ons strategiese doel om maatskaplike geregtigheid na te streef, het ons besluit om parallelle klasse (dus Afrikaans en Engels) uit te brei ten einde alle programme toeganklik te maak vir diegene wat nie Afrikaans magtig is nie. Dit is beslis nie gedoen met die oog op die latere uitfasering van Afrikaans nie. “Hoewel mens simpatie het met die praktiese probleme wat die voller rooster meebring, moet dit gewoon gehanteer word. Sodoende word Afrikaans se plek op die kampus ook verseker. “Feit is dat daar ’n sterk vraag na Afrikaans is en dat ons graag daarin voldoen. Die Potchkampus is egter nie ’n eentalige Afrikaanse kampus nie en ons moet die meertaligheid omarm en as ’n bate beskou.” Oor geleenthede soos amfisessies tydens die R&O, toneelweek en die Varsitybekerfeesviering het ek as volg gereageer: “Hoewel die meerderheid studente op die Potchefstroomkampus Afrikaanssprekend is, is daar studente wat nie Afrikaans goed magtig is nie. Of dalk glad nie. “Ter wille van inklusiwiteit sal dit goed wees as geleenthede soos hierbo genoem toenemend ook in Engels aangebied word. Dus

FOTO: VERSKAF tweetalig. “Wat sal Afrikaans daardeur verloor? Niks. Wel sal Afrikaans wen deurdat dit nie as uitsluitend ervaar word nie. “Mens wil nie hierdeur op enige wyse voorskriftelik wees oor die gebruik van Afrikaans en Engels by elke vergaderinkie in elke koshuis of vereniging nie. Maar ons sal meer sensitief moet wees en dienooreenkomstig optree.” Oor Wapad en PukFM se taalaanbod het ek geskryf: “Dit is ’n moeilike kwessie. Maar die antwoord is nie totale verengelsing van Wapad nie. ’n Balans tussen Afrikaans en Engels moet gesoek word en daar moet innoverend gekyk word na kort opsommings by belangrike Afrikaanse berigte en artikels. Sodoende word Afrikaans nie uitgerangeer nie, maar word die behoeftes van die Engelssprekende studente ook in ag geneem. “Dis jammer indien dit so is dat PukFM oorwegend in Engels uitsaai. Daar moet ruim plek vir Afrikaans ook wees, in ag genome, natuurlik, die behoefte van die luisteraars.” U sien, die NWU se standpunt is duidelik: ons is ’n meertalige universiteit. En dit geld ook vir die Potchefstroomkampus. Wanneer Marnus Kok en Jeanelle Greyling dan skryf “dié ideaal is nie haalbaar nie,” spreek hulle ’n pertinente mening oor die saak uit. Dit is hul goeie reg. En as Afrikaans benadeel word, moet dit aan die kaak gestel word. Dit is Wapad se werk. Dit sal wel ook goed wees as Wapad se hoofredakteur en adjunkredakteur onomwonde sê of hulle ’n eentalige (Afrikaanse? of Engelse?) kampus steun. Spel ook uit wat die gevolge van so ’n benadering sal wees. Kom, laat ons reguit praat.

Ombudsman – Jan-Jan kan LINZETTA CALITZ

@LinzettaC Die proses werk so: ’n Klagte word aan die ombudsman gerig; hy kry Wapad se kant van die storie; hy gee terugvoer. As ’n persoon egter besluit om die ombudsman met ’n klag teen die koerant te nader, is die moontlikheid van ’n hofsaak van die tafel af. Parlementêre buro-hoof van die Sunday Times en voormalige politieke redakteur van Die Burger,

Beeld and Rapport, Jan-Jan Joubert, is onlangs as ombudsman van Wapad aangestel. Hy is verantwoordelik vir onderhandelings tussen Wapad-lesers en die publikasie self en sy doel is om regverdigheid in die klagteproses te verseker. Joubert het onlangs, tydens ’n besoek aan die NoorwesUniversiteit se Potchefstroomkampus, die fyner besonderhede van sy pligte aan die personeel van Wapad verduidelik. Klagtes word dikwels ingedien

wanneer mense voel hulle kant van ’n saak is glad nie of nie akkuraat weerspieël nie. In so ’n geval het hulle dan die besluit om óf ’n hof óf die ombudsman te nader. Die ombudsman se beslissing is finaal en bindend. Hy kan die spesifieke publikasie opdrag gee om ’n regstelling te plaas, maar kan ook ’n klag van die hand wys. Joubert kwyt homself goed van sy taak en beide die koerant en sy lesers moet hulle stories goed agtermekaar hê wanneer hy betrek word.


10

18 Augustus 2016 Redaksioneel

Briewe Ek reageer hiermee op foutiewe stellings in die artikel onder die opskrif “Is Afrikaans aan die NWU veilig?” in die Wapad van 21 Julie 2016. 1. Wat die bewering oor die meertaligheid van die NWU betref: Die universiteite wat sogenaamd in meertaligheid “gefaal” (misluk) het, het eintlik eentaligheid nagestreef, nie meertaligheid nie – daar was min tasbaars en baie lippediens. Dis nie by die NWU die geval nie. Ons belê reeds sedert die vestiging van die NWU in 2004 jaarliks wesenlik in meertaligheid. Die ideaal van meertaligheid is absoluut haalbaar, byvoorbeeld by UKZN, waar uitstekende werk gedoen word om die status van isiZulu as akademiese taal te verhoog. Alle studente en personeel neem die afgelope paar jaar reeds verpligte kursusse in isiZulu en alle studente en personeel is ’n mate van isiZulu magtig. 2. Wat die taal van studiegidse betref: Die NWU se beleid vir die Potchefstroomkampus is dat alle studiegidse (ongeag taal van opstelling) in beide Afrikaans en Engels beskikbaar gestel moet word – dis nie opsioneel nie, dis

FOTO: TRANSLATORS.ORG beleid. Die NWU begroot jaarliks ’n ruim bedrag vir die redigering en vertaling van studiegidse. Waar daar ’n vraag na gidse in Setswana bestaan (soos in BEd Grondslagfase in die module oor gesyferdheid),

word gidse in Setswana vertaal. Vraestelle (toetse en eksamens) word ook drietalig in Afrikaans, Engels en Setswana beskikbaar gestel. Indien gidse nie in beide tale beskikbaar is nie, moet dit

aangemeld word, sodat vertalings gereël kan word. 3. Wat betref die bewering dat Setswanasprekende akademici wat hulle taal wil bevorder onderdrukking vrees: Enige bevordering van Setswana deur akademici wat hul taal wil bevorder, sal verwelkom word, beslis nie onderdruk word nie. Dis in pas met dít waarvoor die Departement van Hoër Onderwys en die NWU hulle tans beywer, naamlik om Setswana (op Potchefstroom en Mafikeng) en Sesotho (op Vaaldriehoek) se gebruik en status as akademiese tale te verhoog. Dit is dus gewoon nie waar dat diesulke dosente onderdruk sal word nie. Ons sou baie graag met die betrokkenes wat hierdie persepsie huldig in gesprek wou tree om te kyk hoe daar met hulle in hierdie strewe saamgewerk kan word. ’n Veel groter rede waarom bevordering van Setswana as akademiese taal nie plaasvind nie, is eerder dat Setswanasprekende akademici nie die nut daarvan insien nie, of glo dat wetenskap nie in Afrikatale gepraktiseer kan word nie, of gewoon

meer waarde aan Engels heg. Dis ’n tendens in die Afrikatale landswyd en nie slegs by die NWU nie. 4. Daar word reeds jare lank parallelmediumklasse op Potchkampus aangebied. Verlede jaar is besluit om parallelmedium te benut waar daar baie herhalings van sekere klasse is en waar klasse so groot is dat tolking nie prakties is nie. Daar is dus in sulke geval ’n bykomende klas in Engels ingestel. Dit vind sedert die begin van die eerste semester van 2016 onder streng kontrole reeds slegs in sekere eerstejaarsmodules plaas, nie bloot vanaf die tweede semester nie. Die rooster is sedert die tweede semester egter aangepas om ’n verskeidenheid redes, onder andere met die oog op die huidige parallelle eerstejaarsklasse wat volgende jaar na die tweede jaar moet uitrol, en daarna na die derde jaar. Daar is egter nie personeelkapasiteit, lokale of plek op die rooster om grootskeepse uitbreiding van parallelle klasse moontlik te maak nie. - Johan Blaauw is die direkteur van die NWU se Taaldirektoraat.

‘Toe ek nie so piekfyn was soos wat ek gedink het nie’ MARIANNE STEYN

@marianne_steyn Ek weet almal van ons dink gesondheidbewusmakingsveldtogte is onnodige tydmors... of net vir ander mense... mense wat dalk iets makeer, want ék is mos piekfyn en gesond. Of altans, dis wat ek gedink het tot ek ook my bloeddruk laat neem het by gesondheidbewusmaking wat op kampus aangebied was. Toe nié so piekfyn soos ek gedink het nie. Die eetsale op kampus bied ten minste twee keer per jaar “gesondheidsdae” wat vir studente die kans gee om meer uit te vind oor hulle gesondheid. Ester Botha, die hoof van voedseldienste op die Potchefstroom kampus sê die personeel van die eetsale, gesondheidsdienste en dieetkunde studente werk saam om hierdie

dae suksesvol te maak. Sy sê hulle professionele persone toets studente se BMI (Body Mass Index), bloeddruk, en bloedsuiker, alles in die gerief van die eetsale. Studente se gesondheidsvrae kan ook dan word geantwoord word. Ek weet dat ek nooit my bloeddruk sou laat neem as dit nie was vir bewusmaking op kampus nie. Ek het dit eintlik maar net gedoen omdat al mense om my dit ook gedoen het. Die probleme wat deur die gesondheidsdae en ander bewusmaking raakgesien word, is baie dikwels nie voelbaar of sigbaar nie. Dit kan egter steeds gevaarlik vir jou gesondheid wees. “Ons wil studente aanmoedig om ’n gesonde leefstyl te volg en bewus maak hoe belangrik dit is om gesonde keuses uit te oefen in hulle daaglikse bestaan.” Is volgens Botha die rede hoekom hulle gesondheidsdae aanbied.

FOTO: VERSKAF

Moenie jou “vriende” se voetmatjie wees nie EMETIA ENGELBRECHT

emetia_brecht Vriendskap is een van die beste aspekte van die lewe. Dit is wel moeilik om tussen ’n ware vriend en ’n valse vriend te onderskei, maar hulle is definitief anders! As jy wel probleme het om te besluit of jou vriend ’n ware vriend is, is julle verhouding alreeds op die rotse. Dit is beter om een ware vriend te hê as al die kennisse ter wêreld. Ware vriende is skaars, maar gelukkig maklik om raak te sien. Ware vriende het altyd tyd vir jou, maak nie saak hoe besig hulle skedule is nie. Hulle lag saam met jou, maar huil ook saam met jou. Ware vriende maak jou beter en nie bitter nie. Ware vriende aanvaar jou nes jy is. Ware vriende eer hulle woord deur dade. Ware vriende herinner jou aan wie jy werklik is onder die maskers. Jy kan ’n klomp mense groet in die verbygang, jy kan baie vriende op Facebook hê. Die vraag wat jy jouself moet vrae: Voel ek regtig

verbind tot hierdie “vriende”? Om vir seker te weet, kan jy jou vriendskappe toets. Maak oop teenoor ’n vriend oor iets persoonliks. Die manier waarop jou vriend reageer sal jou bewus maak van hoeveel die vriend werklik vir jou omgee. Ware vriende sal daar wees en jou bystaan deur dik en dun, ongeag die situasie. Verander planne met jou vriend. Ware vriende gee nie om hoe julle tyd saam spandeer nie, solank julle net tyd saam spandeer. Nooi jou vriende uit om tyd saam met jou en jou gesin te spandeer. Wanneer jou vriend met jou naaste mense oor die weg kom, is dit ’n goeie teken dat jou vriend gemaklik is om jou. Kyk uit na tekens dat vriende jou net gebruik. Wanneer vriende gereeld met jou praat en in kontak bly is dit ’n goeie teken. Wanneer vriende net weet dat jy bestaan wanneer hulle iets wil hê of benodig, moet daar rooi ligte flikker. Hierdie is maar net die basiese feite waarop jy aandag moet gee wanneer dit by vriende kom. Volg altyd jou instink en kies vriende wat vir jou sal opstaan en altyd daar vir jou sal wees.

FOTO: VERSKAF


18 Augustus 2016

Redaksioneel

Leer mense in Soweto Afrikaans Suzie en Afrikaans My naam is Suzie Matlhola. Ek woon in Doornkop, Soweto. Ek werk by die ATKV vanaf Junie 1988 as ’n assistent (hulporganiseerder) by die projekte-afdeling. Na tien jaar, in 1998, skuif ek na die tikkantoor en toe moes ek my Afrikaans verbeter. Die ATKV het vir ons taalklasse gereël by die Universiteit van Pretoria. Die kursus was te kort vir my, maar toe besluit ek: ek gaan self my Afrikaans verbeter.

Ek het besef dat daar groot nood in Soweto is en ek besluit toe om ’n damestak in 2002 in Soweto te begin. Saterdagskool In die tyd wat ek my eie Afrikaans verbeter het, het ek ook my seun en sy vriende met hulle Afrikaans begin help. Elke dag as ek van die werk af kom, dan het my seun en sy vriende kom vra of ek nie hulle met Afrikaanse huiswerk kan help nie. Ek het dit ’n rukkie gedoen, maar toe later besef dit is ’n geleentheid om ’n taal te bevorder. Ek het daarom ’n Saterdagskool begin. Ek het met die dame by ’n kleuterskool in die buurt gaan praat en gevra of ek die skool Saterdae kan gebruik. Die klas het begin, maar na ’n rukkie was daar baie kinders en toe moet ek nog iemand kry om

FOTO: FACEBOOK UJ DEPARTEMENT AFRIKAANS te help. Ek het mev Mosito gaan vra, en mnr Willem Louw het ook iemand gekry – Marietjie Snyman. Dit het baie goed gegaan. Stigting van 'n ATKV-damestak in Soweto Ek het besef dat daar groot nood in Soweto is en ek besluit toe om

’n damestak in 2002 in Soweto te begin. Ek het dames gekry wat kan naaldwerk doen, omdat die ATKV besluit het hulle gaan kombersies vir al die vigssentrums skenk. Mnr Ben Ferreira, wat saam met ons by hoofkantoor gewerk het, het die

projek baie ondersteun, en vir ons tak naaimasjiene gegee. Dit het baie goed met die projek gegaan. Uitbreiding In 2005 het Biblionef ’n artikel oor ons skool in die Taalgenoot gelees, toe skenk hulle vir ons boeke. Ek het ’n brief geskryf om dankie

11

te sê en verduidelik toe dat ons nie ’n plek het waar ons die boeke kan bêre nie. Breadline Africa het toe in 2006 ’n vervoerhouer (“container”) aan ons geskenk om te gebruik. Ons verhuis na ’n ander kleuterskool waar die vervoerhouer geplaas word. Daar was al teen die tyd by die 40 kinders wat die Saterdagskool bygewoon het. Van damestak na ATKV-tak Vorentoe In 2006 het my man en my seuntjie in ’n motorongeluk gesterf. Ek moes hulle dood verwerk en kon nie my tyd aan die tak wy nie. Na ’n tyd het ek begin besef hoe belangrik die tak is en ons het die tak herstig met ’n nuwe naam – Vorentoe. In 2007 besluit ons om die damestak te laat voortleef as die ATKV-tak Vorentoe. Die Saterdagskool word toe die projek van dié ATKV-tak. In 2009 het mnr Abraham Telela by ons tak aangesluit en hy was bereid om ons met klasse te help wat so gegroei het. Klasse by die Universiteit van Johannesburg Ek het in 2013 na die taalafdeling van die ATKV verskuif. My Saterdagskool het ’n projek van die taalafdeling geword. Ek, mnr Abraham Telela en mnr Victor Khambule (wat deur die Vriende van Afrikaans ondersteun is) het klasse van Julie 2013 by prof Marné Pienaar begin bywoon. Ons leer nou hoe om Afrikaans vir die kinders aan te bied en sal uiteindelik ’n sertifikaat verwerf wat ons kwalifiseer om Gebruiksafrikaans aan te bied. – Suzan Matlhola is 'n projekorganiseerder: Taal by die ATKV.

‘Sien ander se weergawes van verlede raak’ - Alida Kok Engelbrecht As Pretorianer en oud-Tukkie weet ek bittermin van Potchefstroom en die Noordwes-Universiteit. Ek het jare gelede as ’n jong, verliefde student ’n Desember-seevakansie in die Kaap kortgeknip en met ’n Intercape-bus verby Potchefstroom gery op pad Pretoria toe om nuwejaar met ’n kêrel te kon spandeer. Die ander skakel wat ek met “Potch” het, is ’n t-hemp wat ek geërf het by my pa. Dié t-hemp dateer uit die 1970’s en is oorspronklik bedoel om as ’n atletiek-help-my-sterk-lykhempie deur ’n man gedra te word. Die t-hemp was wit in 1977, en ’n ligte vuilgeel toe dit deel van my klerekas geword het. Dit het ’n hele paar wasse met Vanish gekos om die item min of meer tot sy vorige glorie te herstel. Op die voorste paneel van die themp is die volgende in bottelgroen gedruk: “VLEISSENTRAAL S.A. JNR. KAMPIOENSKAPPE POTCH 1977”. My pa het die hemp gedra toe hy as jongman aan spiesgooikampioenskappe op Potchefstroom deelgeneem het en sy liefde vir spiesgooi het daartoe gelei dat spiese en spiesgooiers ’n erestatus in ons huis gehad het terwyl ek grootgeword het. Deel van my werk vandag is om die “politiek van herinnering” in Suid-Afrika te bestudeer. Die politiek van herinnering, of politics of memory, verwys na die wyses waarop ’n samelewing gebeurtenisse van die verlede onthou en opteken, of hoe gebeurtenisse van die verlede vergeet of aangepas word. In die studie van die politiek van herinnering, as ’n mens die beginsels van politieke-diskoersanalise toepas, sal jy opmerk hoe

Wapad

daar sekere rolspelers is wat in posisies van mag is wie se diskoers, of stem, meer gewig dra wanneer daar bepaal word watter weergawe van die verlede “meer korrek” is. Terselfdertyd is daar groepe en individue, wat nie in magsposisies is nie, wat alternatiewe diskoerse of stemme verteenwoordig rakende gebeurtenisse van die verlede. Alternatiewe diskoerse of stemme tree spreekwoordelik “in gesprek” met die dominante diskoers, en met mekaar, rakende die inhoud van ons samelewing se geskiedenis. Die ANC – wat in ’n posisie van mag is – dring byvoorbeeld aan op die party se hoofrol in die bevryding van Suid-Afrikaners en verkondig ’n diskoers en weergawe van die verlede wat die party in ’n positiewe lig en op ’n morele hoëgrond plaas. Die EFF en die party se ondersteuners – wat tans invloed eerder as mag het – verkondig ’n alternatiewe diskoers of stem rakende die geskiedenis van Suid-Afrika. In hierdie EFF-weergawe van ons samelewing se onlangse geskiedenis het die ANC sy morele legitimiteit verloor as gevolg van korrupsie en die party se onvermoë om die landkwessie op te los en die herverspreiding van welvaart te laat plaasvind. Die EFF, in sy weergawe van die verlede en die hede, bied ’n rewolusionêre antwoord om die ongeregtigheid van die verlede en hede reg te stel. Een wyse waarop die EFF en sy ondersteuners hul alternatiewe diskoers en weergawe van die politiek van herinnering uitdruk is deur hul kleredrag. Julius Malema en sy kamerade is bekend vir hul rooi oorpakke wat die swart werkersklas simboliseer. In hierdie simboliek

FOTO: VERSKAF word die geskiedenis van die uitbuiting van die swart werker deur die kapitalistiese apartheidstaat verder vasgevang. Die rooi oorpakke simboliseer ook die groep se determinasie om geregtigheid te laat geskied en om die swart werker in ere te herstel. Ek het ook, byvoorbeeld, met die munisipale verkiesings gesien hoe jong vroue wat EFF-ondersteuners is lief is daarvoor om lang, swart, noupassende rokke en berets te dra wat ’n mens herinner aan die Black Panthers en die 1970’s se Amerikaanse swart, vroue-feministe. Die bogenoemde is maar net

Briewe kan ge-e-pos word na wapad@nwu.ac.za of skakel ons by (018) 299 2875

twee van die vele stemme wat daar in Suid-Afrika bestaan oor die politiek van ons herinnering. ’n Derde alternatiewe stem wat ek wel hier wil uitlig, het, anders as die diskoerse wat afkomstig is van groepe soos die ANC en EFF, nie mag of invloed nie. Hierdie derde stem is die stem van die wit apartheidoortreder se kind. In Suid-Afrika het ons nogsteeds twee ongesproke, gestereotipeerde kategorieë wat die politiek van ons herinnering domineer: die kategorie van die swart apartheid-slagoffer, en die kategorie van die wit apartheid-oortreder. Die kategorie

www.facebook.com/wapad

van die wit apartheid-oortreder sluit die generasies van witmense wat volwasse was tydens apartheid en hul kinders wat gebore is tydens en na apartheid in. Mense en hul weergawes van die verlede wat in hierdie kategorie val, het, volgens die diskoerse wat mag en invloed het, nie morele legitimiteit nie. Dit lei daartoe dat die stem van die sogenaamde wit apartheid-oortreder stilgemaak word. As ek dan byvoorbeeld my pa se Vleissentraal-Potch-atletiekhemp uit die 1970’s aantrek en in die publiek rondloop, is ek nie polities korrek nie en plaas ek myself in die middel van die kategorie van die wit apartheid-oortreder, en talle mense om my staar na my en my hemp. As ’n mens wel die storie agter die hemp in ag neem, en die menslikheid daarvan raaksien, mag jy dalk twee keer oor my vreemde, “vintage” mode-keuse nadink. As ons nie begin om mekaar en “die ander” se lewensstories en weergawes van die verlede raak te sien en te erken nie, gaan ons dit nie regkry om bo die oorvereenvoudigde kategorieë van swart apartheid-slagoffer en wit apartheid-oortreder uit te styg nie. Onthou dat mense se weergawes van die verlede diep gewortel is en gewoonlik die stories van families en geliefdes insluit. In stede daarvan dat ons koppe met mekaar hieroor stamp, moet ons ons eie lewensverhale as verwysingspunt gebruik en die politiek van herinnering gebruik om mekaar se stories te erken en te respekteer. - Kok Engelbrecht is 'n lektor in politieke wetenskap aan Unisa.

www.twitter.com/nwuwapad


Sport 18 Augustus 2016

FOTO: CARINA BRIERS

Koshuisrugby: Overs en Patria in eindstryd Overs stuur Villagers kous oor kop huis toe EMETIA ENGELBRECHT

@emetia_brecht Villagers- en Over de Voor-manskoshuise het Dinsdagaand in die een halfeindstryd nie net vir die grootste kragmeting van die aand gesorg nie, maar beslis ook vir die mees fisieke een van die seisoen. Beide spanne het hard baklei om die eindstryd te haal, maar op die ou einde is die geveg met 20–17 deur Overs gewen. Die wedstryd het teen ’n verwoede pas begin en Villagers het aanvanklik die pas aangegee. Veral in die kontak het Villagers met hulle voorspelers die botoon gevoer. Dit was egter van die begin af te betwyfel of hulle die verskriklike pas kon volhou. Villagers het na ’n span gelyk wat in die eindstryd hoort wanneer die bal naby gehou is en hulle fases opgebou het, maar swak afronding het hulle egter ingehaal. Met die telling 8–3 in Villagers se guns teen halftyd was dit duidelik dat dié ’n epiese en harde wedstyd sou wees. Hulle het die woord “naelbytwedstryd” fisies gedefinieer. Beide Overs en Villagers se skoppers se skopwerk het egter teleurgestel. Beide spanne het aanvanklik met hulle radar gesukkel, maar dit

Over de Voor

20

Villagers

17

was Villagers se losskakel, Quinton van Schalkwyk, wat syne die vinnigste reggekry het. Villagers het die grootste deel van die tweede helfte oorheers, maar dit was Overs wat dadelik bloed geruik het. Overs het dit reggekry om gate in Villagers se verdediging bloot te lê in die laaste minute van die wedstryd. Die wendrie is deur Andries Enslin gedruk ná uitstekende samespel tussen die Overs manne. Puntemakers: Over de Voor 20 (3): Drieë: Jandré van Wyk, Willy Topley, Andries Enslin. Strafskop: Damien Burnes. Doelskop: Burnes. Villagers 17 (8): Drieë: Ryno Rademan. Strafskoppe: Quinton van Schalkwyk (4).

Patria vermink De Wilgers MARNUS KOK

@MarnusKok

Patria- het De Wilgers-manskoshuis Dinsdagaand uit hulle pad gevee en sodoende hulle plek in die eindstryd volgende week verseker. Patria het vyf drieë in die proses ingeryg en in die eerste helfte het die gelyk asof ’n wegholoorwinning op pad is, toe eers die losskakel Matthys Seyffert en daarna die heelagter Denver Murorua gaan druk het om die telling eensklaps na 12–0 te vat. Die Bloues het in De Wilgers se kwartgebied geboer en hulle tot foute gedwing. Die haker Deon Stols en het saam met die lostrio van Awie Engelbrecht, Elric Pre-

Patria

29

De Wilgers

0

torius en Berto Kleynhans nie net omgekeerde besit bewerkstellig nie, maar De Wilgers frustreer deur die stryd om die losbal gerieflik te wen. Teen rustyd was Patria reeds gerieflik met 22–0 voor. In die tweede helfte het De Wilgers met hernieude ywer ingeklim en in Patria se gesigte geboer. Maar helaas, soos die lirieke van die liedjie gaan, was “die herlewing net van korte duur”. Die binnesenter van Patria, Brendan du Plessis, het toeskouers waarde vir hulle uitstappie na die rugby gegee, deur telkens dartello-

pies van stapel te stuur. Vir De Wilgers het die slot Ruan Viljoen, die skrumskakel Marius Esterhuizen en die kaptein Ohann Fourie hulle harte uitgespeel, maar dit was net nie genoeg om die gang van die wedstryd te verander nie. In die laaste tien minute het Patria hulle plaasvervangersbank opgestuur, want die slag was reeds gelewer. Puntemakers: Patria 29 (22): Drieë: Matthys Seyffert, Denver Murorua, Adriaan Labuschagne, Riaan Brummer, Berto Kleynhans. Doelskoppe: Maghiel le Roux, Denver Murorua. De Wilgers 0 (0).

FOTO: CARINA BRIERS

FOTO: CARINA BRIERS

Varsitynetbal: NWU-Pukke skud hul vere reg ALTA GRUNDLINGH

@altaG100 Die spanning loop hoog in Potchefstroom met Varsitynetbal om die draai – dít nadat die NWU-Pukke verlede jaar as kampioen gekroon is. Dorette Badenhorst, afrigter van die NWU-Pukke, het aan Wapad erken daar is hoë verwagtinge van haar span vir die kompetisie wat op 5 September begin. “Om bo te bly

gaan moeiliker wees as om bo te kom, so ons sal moet fokus op ons doelwitte,” het Badenhorst gesê. Badenhorst se mikpunt vir haar span is om weereens vanjaar met die titel weg te stap. Volgens haar probeer sy haar span voorberei vir elke moontlike situasie en dis ook vir haar ontsettend belangrik dat haar spelers die ervaring moet geniet. “Elke speler het ʼn’n sterk interne dryf om te presteer.” Badenhorst en haar span verwag

hierdie jaar sterk mededinging van verskeie universiteite. “Vir seker die meeste van die Universiteit van Pretoria, wat verskeie Protea-spelers in hul geledere het,” het sy gesê. Verder verwag sy ook sterk teenstand van die Universiteit Stellenbosch en Universiteit van die Vrystaat, veral omdat die Potchefstromers hulle eerste wedstryd teen Maties sonder Sigrid Burger en Renske Stoltz sal moet aanpak, omdat dié twee dan nog saam met die nasionale span is.

Varsitynetbalbepalings: NWU-Pukke vs. Universiteit Stellenbosch, 5 September 2016, Stellenbosch NWU-Pukke vs. Universiteit van Johannesburg, 11 September 2016, Johannesburg NWU-Pukke vs. Universiteit van die Vrystaat, 12 September 2016, Johannesburg NWU-Pukke vs. Universiteit van Pretoria, 18 September 2016, Stellenbosch NWU-Pukke vs. Vaal Universiteit van Tegnologie, 19 September 2016, Stellenbosch NWU-Pukke vs. Universiteit van Kaapstad, 26 September 2016, Kaapstad NWU-Pukke vs. Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit, 29 September 2016, Stellenbosch NWU-Pukke vs. Madibaz, 3 Oktober 2016, Port Elizabeth

Kontak: Marnus Kok 076 520 4296


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.