Wapad - 18 Januarie 2016

Page 1

18 Januarie 2016/ Eerstejaarsuitgawe LEES JOU KAMPUS

Duisende eerstejaars arriveer

FOTO: HARDUS LUDICK

Verward en onseker, maar 'O, die vryheid! JESSICA OOSTHUIZEN & LISA IMMELMAN @Jess_Oh & @lisa_immelman12

V

ryheid, vreeslike vryheid” is waarna Bronwyn Oosthuizen, ’n eerstejaar in BA regte, die meeste uitsien. Die eerstejaars se verwagtinge verskil baie met die ervaring van hul huiskomiteelede. Tog stem almal ooreen dat jy jou horisonne op universiteit verbreed, diverse kulture leer ken en – soos die NWU-Puk se leuse lui – “graadkry met lekkerkry klaarkry”.

Eerstejaars se verwagtinge Hannes Beukes, ’n eerstejaar in BSc inligtingstegnologie, het die NWU-Puk gekies omdat dit ’n “verskriklike goeie kampus met baie goeie fasiliteite” is. Die NWU-Puk se omgewing het Tumelo Nkosi, ’n eerstejaar in BA sielkunde, hierheen gelok. Sy verwag om nuwe dinge te leer en nuwe mense te ontmoet. Volgens Nelene Van der

Westhuizen, primaria van Bellatrix-vrouekoshuis, is dit lekker om te sien hoe eerstejaars op sosiale vlak floreer. Die grootste les wat sy in haar eerstejaar geleer het, is om “vir geen geleentheid nee te sê nie”. “Dit is werklik al manier hoe jy lewenslange vriende en herinneringe maak. Ek het geleer om groot uitdagings aan te pak om te groei en myself in die proses te leer ken.” Ben Pretorius, ’n eerstejaar in BEd onderwys, het trompop gesê die universiteit is anders as skool, omdat dit nie soos ’n tronk voel nie. Hy het gesê hy sal graag by ’n uitreikkomitee soos SJGD betrokke wil raak. Philna Coetzee, ’n eerstejaar in BMus musiek, is ’n bietjie skrikkerig vir die vreemdheid, “want jy’s op jou eie”. Sy sal graag by die NWU-Pukkoor wil aansluit.

Wat sê hul seniors? Marike Engelbrecht, primaria van Huis Republiek, het gesê eerstejaars groei in hul menswees. “Hulle stap onseker hier in, omdat dit ’n nuwe omgewing is. Deur die loop van die jaar neem hulle meer deel en kom

sterker aan die ander kant uit,” het Engelbrecht gesê. Sy het gesê baie eerstejaars kom met die verwagting dat universiteit ’n lekker jol is, sonder om te besef dat jy ewe hard moet leer én speel. Engelbrecht het in haar eerste jaar geleer jy moet ’n bok vir sports wees en alles met ’n goeie gees doen. “Jou eerstejaar is die lekkerste tyd van jou lewe en dit gaan verskriklik gou verby.” Elric Pretorius, die pri-

Dit is werklik al manier hoe jy lewenslange vriende en herinneringe maak. Ek het geleer om groot uitdagings aan te pak om te groei en myself in die proses te leer ken. marius van Patria, het gesê die eerstejaars ontwikkel ’n trots vir mekaar, asook vir die diversiteit op kampus. Hy hou daarvan dat hy “die

geleentheid kry om een-toteen met hulle te werk en werklik te sien hoe jy ’n verskil in 90 ouens se lewens kan maak”.

Seniors pas aan by oorgang tot R&O Benewens opinies van eerstejaars soos Kazumi Sakimoto, ʼn eerstejaar in Bellatrixvrouekoshuis, wat meen dat die huiskomitee “soos vriende” is, het Wapad ook geluister na seniorstudente se menings rondom die oorgang van O&B na R&O. Hoewel baie seniorstudente die ou Ontvangs en Bekendstelling (O&B) verkies, is ander seniors positief en optimisties oor die huidige Registrasie en Oriëntering (R&O). Jozua Jacobs, die primarius van Thaba-Jäh-manskoshuis, was sewe jaar gelede ’n eerstejaar. “Ontgroening was nog aanvaar en die HK-lede het die mag gehad om te forseer,” het hy gesê. Jacobs het egter “saam met die verandering gegroei” toe hy verlede jaar op die HK gedien het en die transformasie geïmplementeer het. “Die ou tradisies moes geskrap word om plek te maak

vir nuwe tradisies om meer trots in ons eerstejaars te kweek – nie te forseer nie,” het hy gesê. Jana van der Merwe, ’n derdejaar in Wanda-vrouekoshuis, stem egter nie hiermee saam nie. Hoewel nie 70% van die ou O&B-program uit akademiese aktiwiteite bestaan het nie (soos destyds beweer is), is “koshuisbande en groepsdinamika” bevorder, het Van der Merwe gesê. “Ons was nader aan mekaar toe jy almal se name moes ken. Daar was ’n samesyn omdat almal dieselfde dinge deurgemaak het,” het sy gesê. Waar daar vorheen “blommetjies gevou, liedjies geskryf en baie rondgestap” is, het Van der Merwe gesê dat die HK deesdae die eerstejaars moet smeek om blommetjies te vou. Boonop is die seniorontmoeting “sleg” vandat die eerstejaars menseregte het. Volgens Welmari Pretch, ’n oud-huiskomiteelid van Wanda, is die enigste verandering van O&B tot R&O dat die eerstejaars hul seniors nie meer met titels aanspreek nie. “Ek dink dis wat mense die meeste ontstel het, maar ons lewe nie meer in die jare vyftig nie.”


2

Nuus 18 Januarie 2016

Noordwes-Universiteit se hoë bome ADJUNKVISEKANSELIER Navorsing, innovasie en tegnologie

ADJUNK- VISEKANSELIER Onderrig-leer Prof Martin Oosthuizen

VISEKANSELIER Prof Dan Kgwadi

KAMPUSREKTORE

Mafikengkampus Prof Mashudu Davhana-Maselesel

Vaal Driehoekkampus Prof Linda du Plessis

Potchefstroomkampus Prof Fika Janse van Rensburg

VISEREKTORE Prof Susan Visser Navorsing, innovasie en tegnologie

Prof Rantoa Letsosa Onderrig-leer

POTCHEFSTROOMKAMPUS

VAAL DRIEHOEK- MAFIKENGKAMPUS Prof Eno Ebenso Prof Luvuyo LumKAMPUS

Prof Tinie Theron Navorsing, innovasie en tegnologie & Onderrig-leer

Navorsing, innovasie en tegnologie

kile Lalendle Onderrig-leer

FOTO'S: HARDUS LUDICK, NWU SAAMGESTEL DEUR JEANELLE GREYLING

OPINIE: Universiteit beteken armoede en selfstandigheid INGE JANSE VAN RENSBURG

Die sprong van skool na universiteit behels ’n harde trefslag aarde toe, armoede en min slaap. Die onderwysers op skool is darem nog méns: hulle herinner jou aan toetse, baken jou werk vir jou af en probeer om punte bymekaar te skraap sodat jy kan deurkom. Dosente, daarenteen, gaan jou nie aan elke toets herinner of jou handjie neem om woord vir woord deur die

handboek woord gaan nie. As jy nie ook jouself kan help nie, gaan jy nêrens kom nie. Jy pak ook nuwe verantwoordelikhede op universiteit. Jy leer vinnig om die etiket op jou kledingstukke te lees voor jy dit was of in die tuimeldroër gooi. Jy vind ook gou uit dat StaSoft nie direk op klere gegooi kan word nie. Lang storie kort: dis nie lekker om die eerste paar weke met gekrimpte of gevlekte klere rond te loop nie! Nog iets waarvoor jy self

Dosente gaan jou nie aan elke toets herinner of jou handjie neem om woord vir woord deur die handboek woord gaan nie. verantwoordelikheid moet neem is jou yskas. Indien die yskas wel kos bevat, moet jy dit wat jy nie eet nie, betyds

weggooi voordat jy ’n nuwe tipe fungi begin kweek. Op skool het jy geweet wat in klasse aangaan en wat die werk behels. Op Universiteit kry jy gereeld ’n oomblik waar jy in die klas sit terwyl die dosent praat en jy het nie ’n idee wat gesê word, waaroor dit gaan of hoekom jy dit enigsins moet weet nie. Jy ervaar soms daardie eksistensiële krisis waar jy jouself afvra: “Wat maak ek hier?” Ten spyte van die

universiteitstres, is dit soveel beter as skool. Hier het jy ongekende vryheid, die mensebronne om jou raak nie op nie, so te sê alles is aanvaarbaar en alhoewel jy arm is, is jy as mens op universiteit eintlik soveel ryker.


18 Januarie 2016

Nuus

Lagnes beeld jou menseregte uit BOUDINE KRUGER @BoudineKruger

V

ermaaklike sprekers soos G.P. van Rheede van Oudtshoorn en die Lagnes Monsters het die eerstejaars verlede Saterdagaand oor hul regte ingelig. Dié improvisasiegroep het op die deelname en emosies van die gehoor staatgemaak

om veral gelykheid, vryheid en menswaardigheid uit te beeld. Van Rheede van Oudtshoorn, ’n kommunikasiedosent met ’n agtergrond in kulturele kommunikasie, het hierdie waardes ook kortliks bespreek. Gelykheid beteken dat alle mense ongeag hul ras, ouderdom, kultuur, agtergrond, seksualiteit of geloof gelyk is aan mekaar, het Van Rheede van

Lag al die pad bank toe: wenke vir dikker beursie MICHÉLLE VAN WYK @Michellevanwyk10

Sommige eerstejaars is reeds touwys: PG Krüger, ’n eerstejaar, het gesê hy het reeds ’n diploma in fotografie. Dus gaan hy sy kennis inspan en professionele foto’s vir sakgeld neem. Die mees algemene werk is egter dié van ’n kelner. Restaurante soos Café Fiori neem die skedule van ’n voltydse student in ag en bied die geleentheid om vir werktye te skiet wat jou pas. Fiori vereis dat jy jou opleiding van drie skofte slaag. Tydens die eerste skof dek jy die tafels af en maak dit skoon. Jy werk die tweede keer saam met ’n kelner om die sisteem en die betalingsaspekte te leer ken. Jy werk die derde keer op jou eie.

As “gekwalifiseerde” kelner moet jy ten minste drie skofte ’n week werk. Elke tafel gee vir jou ’n fooitjie (tip) en Fiori gee ook vir jou ’n persentasie kommissie op die verkope wat jy vir die restaurant verdien. Eugenie Cronje, ’n derdejaar, het gesê sy gaan maar kelnerwerk doen – “wat anders is daar?” As jy egter nie so handig daarmee is om doppe aan te dra nie, kan jy jou kunsvlyt op die Facebook-blad, Maak Iets, Maak meer geld, adverteer. Nog ’n manier om geld in die sak te bring, is om ekstra klasse by PiTutor, ’n private onderriginstansie, aan te bied. Jy kan in jou eie tyd vir leerlinge van Graad 1 tot 12 in enige vakgebied waarmee jy vertroud is, klasgee. Jy word minstens R100 ’n uur betaal.

Nuwelinge SJ-Géé-D TYRAH JACOBS @jacobstyrah

Opgewonde eerstejaars het verlede Woensdag saam met die kleuterskoolkinders op Ikageng bal en eenbeentjie gespeel, hul gesigte geverf, help koekies versier en vir hulle lekkers uitgedeel. Sowat 5 000 eerstejaars het 13 Januarie verskeie projekte bygewoon en só teruggeploeg in die gemeenskap. Wapad het een groep op ’n SJGD-bustoer na Angel Preschool vergesel. Carlé Geldenhuys, ’n projekleier, het gesê die bustoere was aanvanklik om bewusmaking onder die eerstejaars te kweek. Eerstejaars soos Lika Pretorius en Thanette Maritz was aangenaam verras. “Ek kan sien dat hulle doen regtig moeite vir die kindertjies,” het Pretorius gesê. Anna Nambane, die stigter van Angel Pre-school, het gesê hulle is dankbaar vir die kosskenkings wat hulle ont-

vang het. Die skoolfooie wat sommige leerlinge se ouers betaal, “is maar min, want salarisse moet betaal word”. Die meeste van die personeel is vrywilligers. Dié projek is slegs een van die 87 projekte wat SJGD (Studente Jool gemeenskapsdiens) behartig. Die kategorieë is vroeë kinderontwikkeling, kwesbare volwassenes en –jeug, kinderen jeugontwikkeling, uitreiking en fondswerwing. Elke koshuis kan een van drie voorgestelde projekte kies. Die kriteria fokus op die gemeenskap se fisiese-, finansiële-, akademiese- en emosionele behoeftes. As die drie bene van SJGD – volhoubaarheid, bewusmaking en bemagtiging – bereik is, onttrek die koshuis. Volgens Janine Möller, SR-SJGD, is sowat 3 000 studente regoor kampus betrokke by gemeenskapswerk. “As ons realisties is, help ons so 4 000 mense.” Projekleier-aansoeke open 2 Februarie. (Navrae: F14 K121)

Dit wat ons almal hier is, is gelyk Oudtshoorn verduidelik. Dit is dus verkeerd om van sekere groepe mense te verwag om titels te gebruik of persoonlike takies vir ander te verrig. “Dit wat ons almal hier is, is

gelyk,” het hy gesê. Vryheid spreek selektiewe perking aan. Dit beteken niemand mag toegang tot sekere plekke, soos kuierplekke of badkamers, geweier word nie. Jy kan ook nie van niemand verwag om aktiwiteite by te woon wat op hul studietyd indring nie. O, en goeie nuus vir die vrouens: niemand mag jou verbied om juwele en grimer-

3

ing te dra nie. Menswaardigheid, nóg ’n belangrike reg, beteken geen persoon mag iemand anders in enige manier aantas nie. Om neerhalend teenoor iemand te praat of hulle te teister, tas dus hulle menswaardigheid aan. Hierdie drie regte vorm ’n basis vir die regverdige behandeling van alle studente op kampus.

Debat: vorm ’n ingeligte opinie RAYNIQUE MEYER @RayniqueM

Die NWU-Potchefstroomkampus bied ’n verskeidenheid platforms wat jy kan benut om jou stem te laat hoor. Dié muntstuk het egter twee kante: omdat ’n stem aan jou gegee word, moet jy jouself verantwoordelik uitdruk, anders kan jy vinnig in die sop beland. Die 24/7 klagte-en gedagtelyn (31750) word dikwels benadruk, so eintlik mors ons ons asem om te noem dat jy en Pukki oor enigiets kan gesels. Jy kan vir Pukki sê dat jy motivering vir ’n toets benodig en by hom kla as die luidsprekers tydens die sessies in die Amfiteater effens te hard vir jou sensitiewe ore is.

Omdat ’n stem aan jou gegee word, moet jy jouself verantwoordelik uitdruk

O, en kla asseblief oor die Studentesentrum (SS) se koffie in die tweede semester (jy sál ná jou eerste eksamen, as jy verstaan wat ek bedoel). As jy nou regtig mal oor jou eie handskrif is, kan dié kommunikasie ook skriftelik plaasvind: gooi ’n oog by die geel houers naby de Jonge Akker. Mense wat nie hier studeer nie, het verlede jaar hul monde vol gehad oor die

Studenteraad (SR), die NWUstrukture, koshuise, die kampuskultuur en die studente. Die SR het met ’n oplossing vorendag gekom deur die hutsmerk #BreekDieStilte op hul Facebook-blad in te stel. Hier kan die NWU-Pukstudente (ja, eerstejaars ook) hul opinies deur middel van foto’s, stories of videogrepe lug. Sê nou: #DankieSR 2, 3. Die NWU-Puk Debate Society, sowel as ’n jaarlikse koshuisdebattoernooi, voorsien vir dié met die seepgladmonde. Laaste, maar beslis nie die minste nie, kan jy nie bekostig om jou gunsteling kampuskoerant te vergeet nie. Trek jou stoute skoene aan en maak Wapad jou “boude” vir die jaar 2016. Ons is jou mondstuk op kampus. Check ons elke tweede Donderdag uit.


4

Nuus

18 Januarie 2016

How to survive residence life BIANCA VISAGIE

@BlinksVisagie

C

haos. Fear. Gaining weight. These are just a few words associated with one’s first year of university. As you are reading this you’ve already survived your first week, which means you know just how exhausting Registration and Orientation (R&O) can be – especially if you’re in a residence. R&O is a stressful, yet exciting time. You get to know new people, get introduced to campus and residence life and you start to make the NWU-Puk your home. But surviving the residence life can be hard. The nights are long, you don’t get enough sleep and the seniors are always going off at you for not remembering their names. Don’t worry, there is light at the end of the tunnel: your second year. Yet, your second year is too far ahead in the future. You have to focus on surviving your first year. You can do that by following these 10 tips and tricks.

1. Get used to the scowls and frowns. Let’s face the facts, you are not going to remember all the seniors’ names and faces in your residence. Some of them are not even going to glance at you when you walk by. That’s fine. The most important thing to remember is to make an effort – don’t just give up. Ask them what their name is, even if you have to do it repeatedly. Don’t let the dirty looks get you down.

2. Comfy shoes. As you might have realized, you’re going to walk a lot. According to the NWU’s website, the Potchefstroom Campus is the largest campus of the NWU. Wear comfort-

A residence entails many traditions, yet it is surviving all these quirks that ensures one's pride.

able shoes. Your feet are going to hurt. Wear flats or running shoes.

3. Figure out which energy drink works for you. You will pull a few all-nighters, and ‘sleep’ won’t be in your R&O dictionary. It’s best to figure out which energy drink keeps you awake – and stock up.

4. Get to know your roommate and the other first years. The people in your residence know what you’re going through physically and emotionally. They can support you through the madness.

5. Get involved First years’ concert, Rag, debate, SJGD, AKSA, residence netball, rugby…

The list of things to do and how you can stay involved is a long one. That’s because being involved is the best way to find your feet. Do as much as you can without wearing yourself out. Plus, if you get involved in your residence, the seniors know you really want to be there.

6. Learn to cope with homesickness.

You’re in a new place with a lot of strange people, so you’re bound to miss home. Find a way to deal with those feelings, like calling your mom or sending emails home.

7. Go out. We’re all adults here (or at least we’re trying to be) and

PHOTO: HARDUS LUDICK

we all know about Potch’s vibrant student life. Sooner or later you’ll find yourself in Impala or Bourbons. Just remember: everything in moderation. Going out is a good way to get rid of the first-year stress, but take it easy. It’s not cool to pass out on Bourbons’ bathroom floor.

9. Buy enough underwear.

8. Declutter your residence room.

10. Be prepared to be completely unprepared.

Take the iron and all those clothes you don’t wear home. You’re not going to iron anything for the next four years and you’re going to wear the same five outfits every week. No one likes a messy residence room – especially your roommate. Decide what can go home and make things a little easier for yourself when you have to move out.

No one has time for laundry, especially during R&O. Don’t be anti-underwear, it keeps it all together. You can get away with wearing the same pair of jeans for five days straight, but not the same pair of underwear. Buy enough to last you a month.

Your first year is going to be overwhelming and you’re going to feel unprepared – especially after R&O when you don’t know what to do with your time. Just remember that you're not alone. Even third and fourth year students feel unprepared, so do the best you can with what you have and enjoy it.


18 Januarie 2016

5

Nuus

Kry rigting! ...op kampus

DEUR BOUD

INE KRUGER

@BOUDINEK

RUGER

FOTO'S: HEINZ SCHOEMAN -STRUWIG

DU I KWE G

(moenie met die Ingenieursduikweg verwar nie)

Is jy lus om by ’n meisie se koshuis te kuier? Sê jou eksamenrooster jy skryf in die Weet en Sweet? Dan moet jy beslis weet dat dié tonnel, versier As jy na die Hoofgebou kyk, stap jy links. Jy kom by ’n brug uit en met die muurskilderye van oudstudente, loop onderdeur. As jy met jou rug na die brug staan, loop jy reguit agter die Hoofgebou geleë is. tot jy onderwysstudente sien (hulle staan uit).

Onderwyskampus

Hoofgebou (Regtegebou) Daardie gebou op jou Puk-dagboek? Nou ja, dis die oudste gebou op kampus.

Wasgoedpennetjielaan Die studente het dié laan so gedoop weens die monument (regs) wat jou aan wasgoedpennetjies herinner. Die voetpad loop parallel met Lovers’ Lane en verbind die SS en die Draak.

Totiussaal Tussen die Hoofgebou en Wasgoedpennetjielaan.

F1

Die eerste gebou wat jy regs in Lovers’ Lane aantref. By die eerste ingang is die kantore van al die hoë bome van die bestuur. Die tweede ingang is waar studente registreer.

G1

(Spinnekopgebou)

Ingenieursduikweg Loop onderdeur die Spinnekop, tussendeur die twee parkeerterreine. Die pad neem jou effens links, ‘but follow this yellow brick road’. Jy loop tussendeur groot geboue wat soos skure met rooi dakke lyk. Uiteindelik kom jy by ’n stopstraat tot stilstand met ’n groot parkeerterrein voor jou. Loop links in die parkeerterrein af, langs die muur, tot jy die duikweg sien.

As jy verby die Amfi en SS stap, sal dié gebou voor jou staan. G1 het dié naam gekry weens sy verskeie pilare wat van onder soos die spinnekop in Wild, Wild West se bene lyk.

Lovers' Lane Loop vanaf die Hoofgebou verby die biblioteek, en draai links. Jy bereik naderhand die Studentesentrum (SS) as jy Lovers’ Lane volg.


6

Advertensie

18 Januarie 2016


18 Januarie 2016

Kuns & Vermaak

7

FOTO: FACEBOOK

Valkenburg ander deuntjie as Flatlander TYRAH JACOBS @JacobsTyra

V

alkenburg is nie Flatlander wat net ’n naamverandering ondergaan het nie. Hoewel Richann Brüssow (hoofsanger en kitaarspeler) en twee van die ander Valkenburg-lede ook van Flatlander deel was, is dit “’n hele nuwe projek op sy eie.” “Flatlander was hoofsaaklik Engelse musiek gewees en Valkenburg gaan nou hoofsaaklik Afrikaanse musiek wees,” het Brüssow gesê. “As dit ’n mens se emosie van ’n plek na ’n ander plek

toe kan vat, dan is dit cool,” het Brüssow oor hul musiek gesê. Brüssow vertel dat dié musiekgroep nie jou normale twee electrics, bass en dromme is nie. Valkenburg gebruik talle instrumente om musiek mee te maak. Valkenburg bestaan uit Brüssow, Jan-Louis van den Berg (tromme), Deklerk Naudé (you name it, oor die algemeen trekklavier en ukulele) en André Huyser (elektriese kitaar). Dié Potch-band skop vanjaar se JOOL-program af. Jan-Louis van den Berg verlaat egter die groep ná JOOL om die werkslewe te betree.

As jy ’n banjo, ukulele of trekklavier daar uittrek, het jy al klaar hulle aandag “Ons het dit saam met hom (Constant van Graan) met Afri-visie begin. Daar was ’n liedjieskryfkompetisie, toe het hy dit saam met ons gedoen en toe het ek net daarna by hom as die hoofsanger oorge-

neem,” het Brüssow vertel. Van Graan gaan tydens JOOL hul Afri-visie inskrywingsliedjie, “Slot en Grendel”, saam met hulle sing. Die oorsprong van die groep se titel is Ingrid Jonker se gedig “Ontvlugting”, wat later deur Chris Chameleon getoonset is. Brüssow het baie van dié toonsetting gehou. Valkenburg is aanvanklik deur ’n radiostasie gevra om ’n liedjie te skryf wat oor Kerstyd uitgesaai kan word. Die liedjie moes nie so erg met Kersfees self te doen hê nie, maar moes eerder “soos ’n vakansie-song” wees. Só het “Goud en Mirre” ontstaan. Volgens Brüssow mik Valken-

burg om vanjaar ’n EP te maak en om soveel moontlik op te tree. Valkenburg wil in 2016 baie meer reis om hul naam te bemark en mense se reaksie op hul genre te sien. ’n Paar nuwe musiekvideo’s is moontlik óók op die horison. Valkenburg word onder andere deur NEEDTOBREATHE, Coldplay, Chris Chameleon, Die Heuwels Fantasties, Imagine Dragons en Mumford and Sons geïnspireer. Brüssow meen dat studente oor die algemeen baie van indie musiek hou – “as jy ’n banjo, ukulele of trekklavier daar uittrek, het jy al klaar hulle aandag”.

ekhouvanjou,okay! hedendaagse boksombende RENERA LOUWRENS @JuanitaRenera

ekhouvanjou,okay! is vier volwasse jong mans, waarvan drie getroud is en twee reeds kinders het, wat nou ná 'n twee jaar lange vakansie weer besluit het om die mikrofone op te tel. Só beskryf Louis Janse van Rensburg die musiekgroep waarvan hy, Roux Cloete, Arno de Beer en Ruan Kruger deel is. Dié groep het in Mei verlede jaar met hul nuutste enkelsnit "Moeilikheid" na die musiekwêreld teruggekeer. Hulle tree al sedert 2010 saam op. Cloete het die groep in 2011 verlaat en hulle het Junie 2013 ophou musiek maak. Volgens Janse van Rensburg het hulle reeds aan die begin van 2015 die opname van ’n nuwe liedjie, sowel as hul vyf jaar reünie tydens CloverAardklop (2015), bespreek. “Roux, nou werksaam by Universal Musiek, het die proses aan die gang gekry en hier sit ons nou,” het Janse van Rensburg gesê.

Vrydag & Saterdag, 22 & 23 Januarie Eerstejaarskonsert Sanlam-Ouditorium (R50) 17:00-24:00 Eerstejaarsdinee Madiba Banketsaal (R170) 17:30-24:00

Donderdag, 28 Januarie

ekhouvanjou,okay! tydens die skiet van "Moeilikheid"

"Moeilikheid" is deur Vaughan Gardiner in Johannesburg opgeneem, maar die musiekvideo is eers November in Potchefstroom en op ’n plaas buite Fochville geskiet. Die musiekvideo is deur die gewilde reeks Trompie en die boksombende geïnspireer. In dié video vang ekhouvanjou,okay! katte-

kwaad as die boksombende aan en neem onder meer die strate te fiets oor. “Ons almal was groot aanhangers van die boksombende toe ons laaities was. Roux is nogal 'n genius met sulke goed. Die Trompie-idee was syne en die res het die band net bygevoeg,” het Janse van Rens-

FOTO: VERSKAF

burg vertel. ekhouvanjou,okay! se Ghoema nominasie in 2012 is een van die hoogtepunte in hul loopbaan. “Elke band in die wêreld sal vir jou sê dat hulle nie musiek maak vir toekennings nie, maar om erkenning te kry vir die harde werk wat jy insit, is regtig altyd 'n bonus.”

JOOL Dorsland Joolplaas (R110) 19:00 –Valkenburg 20:00 – Bok van Blerk 21:00 – DJ Fresh 22:00 – Karen Zoid 23:00 – Francois van Coke

Vrydag, 29 Januarie JOOL 19:00 – Joshua na die Reën 20:00 – Zebra & Giraffe 21:00 – P.H. Fat 22:00 – Die Heuwels Fantasties 23:00 – The Parlotones


8

Leefstyl 18 Januarie 2016

Potch nightlife for every walk of life

PHOTO: HARDUS LUDICK

P

otchefstroom has a buzzing nightlife, but how do you choose where to go? Here is a list of the most popular bars. Texas Saloon: With “wanted” posters on the wall, beautiful wooden longhorns at the bars and flat screens tuned in on Westerns, you feel like you’re part of a modernday cowboy movie. You can expect cowboy-hatted, bottle-

juggling bartenders at Texas Saloon – and if you’re lucky, maybe counter-dancing waitresses reminding of scenes in “Coyote Ugly”. This is an alternative and rock scene where you are able to enjoy the music and have a conversation without screaming. Texas specializes in craft beer – you can’t live in Potch without having a taste. Oh, and they serve food too.

Beatnik Café: Local bands and anyone with a little Dutch courage get a chance to perform at this karaoke bar. At Beatnik Café it feels like it’s happy hour all the time. Their drinks are affordable beyond belief. Beatnik’s bar area isn’t very big but they have an upstairs lounge as well. P.S. If you try to do a song over three times, take the hint – it might be a little too much of those alcoholic slushies (except if drunk singing at a karaoke bar like in the movies is on your bucket list).

music on a Friday night for those who prefer to be heard when speaking and shy away from the pulsating throb of Bourbon Street. Die Mystic Boer: Mystics is currently the heart of the music scene in Potchefstroom. If you love live music (who doesn’t?), you’ll love Mystics. They regularly get live

Music Café is the quintessential bar with its wood-panelled, cosy interior and karaoke evenings

acts throughout the year. This previous mayoral residence is now considered “home” by many. They have various rooms with comfortable couches and a big outside area where people can have conversation by candlelight. They are especially known for their glorious nachos pizza. If you are broke, a glass of R12-wine at Mystics can always comfort you. They are also one of the few places serving alcohol on Sundays. Impala: Located in a historic hotel and eatery, Impala is the sanctuary of the majority of students on the NWU-Puk. The bar boasts the legendary (and lethal) concoction known as “Satan’s Whisper”

Music café: Oh, Musics. Potchefstroom’s hidden gem, Music Café is the quintessential bar with its woodpanelled, cosy interior and karaoke evenings where shaky, tone-deaf ballads of “I will always love you” are just as common as talented duos performing on the mini-stage to a crowd of enthusiastic bar hoppers. Music Café is the right blend of sit-and-stare drinking and swaying to live

If you are broke, a glass of R12-wine at Mystics can always comfort you.

– a blend of numerous, potent shots served in a vial (a very questionable crimson-colour). The décor in Impala is rustic, the staff is friendly and undeniably good-looking and the music varies from Kurt Darren and Calvin Harris to nostalgic croons of “Summer of ‘69”. The quirky originality of Impala lies in the unspoken promise that if you can’t dance, someone is always looking for a partner. Boerebar: For those in search of a happy hour where no tent-pitching for entrance or elbowing at the bar is needed, this adequately-named watering hole is situated on the outskirts of Potchefstroom. Boerebar boasts the infamous ‘Pampoenboer’ population with their Khaki-shirts who can be seen twirling numerous willing girls around the dance-floor to the strains of "Hokaai, stop die lorrie". This being said, the thumping of commercial dance-and-trance can also be heard throughout the night and with four pool tables, eager, shot-buying staff and questionable décor, this is probably the most underrated bar in Potch. BY MARITA HERSELMAN & LISA IMMELMAN @MaritaHerselman & @lisa_immelman12

PHOTO: HARDUS LUDICK

Club MVG: Club MVG is perfect for the day-drinker. On a nice day you can sit outside and observe life on the Bult. At night MVG is like a neon explosion and the restrooms are bursts of colour. They have a huge dancing area and typi-

cally play club/mainstream music. The coolest thing about MVG is their Jukebox: you can pick a song to play from the playlist (from R1) or you can search for a specific song (from R4).

FOTO: HEINZ SCHOEMAN-STRUWIG

Bubble tea loop soos stroop TYRAH JACOBS @JacobsTyrah

PHOTO: HEINZ SCHOEMAN-STRUWIG

Bourbon Street: Bourbons is synonymous with Potchefstroom and has become an answer to “Bra, you failed two subjects?”. This Mardi Gras-themed dive is an ingenious blend of sweat-drenched clubbing and an Afrikaner ‘sokkie’ or

‘skoffel’ and has been in action for 21 blissful, alcoholsoaked years. The famous root beer-and-brandy mix, ‘The Gummy(berry)’, has also become a crowd favourite in the two-storey establishment. Bourbons is the Mecca of Potchefstroom’s nightlife.

Agter reënbooghortjies in die gewildste studentestraat in Potchefstroom is ’n wêreld van stroopgevulde borrels en tee versteek. Dié kleurvolle drankie, ’n mengsel van twee soorte tees en borrels, lyk na ’n skemerkelkie. Die tee word volgens kliënte se voorkeure gemeng. Die borrels is deursigtig, maar die kleur van die stroop

bínne die borrels maak dit gekleurd. Boba Bubble Tea op die Bult het tot 90 geure om van te

Boba Bubble Tea op die Bult het tot 90 geure om van te kies kies, wat onder meer oolong, jasmyn, Earl Grey, honey melon en ceylon insluit. Dié teekamer se spesialiteit

van die dag was oolong tee. Die borrels van die spesifieke mengsel was groen en net bietjie groter as rosyne. Wanneer die borrels stukkend gebyt word, prikkel die stroop die smaakknoppies in jou mond. Diegene met ’n onderontwikkelde soettand sal nie só mal oor die tee wees nie. Vir ons ander sal dit egter moeilik wees om vir dié tee moeg te raak: jy kan elke keer nuwe mengsels maak. Dit les jou dors en is beslis R25 werd.


18 Januarie 2016

Redaksioneel

Redaksioneel

9

Kommentaar 18 Januarie 2016

Oor ons

FOTO: VERSKAF

Monsters, slaapplek en slaggate - DEON MEYRING

Beste eerstejaars, In die woorde van Adele: “Hello”. Ek weet in Afrikaans is dit eintlik “Hallo”, maar julle weet wat ek bedoel. Ek dink ek is uitgenooi om hierdie te skryf omdat ek ook eens op ’n tyd min of meer in julle skoene was. Hierdie jaar was ek weer vir ’n rukkie saam met julle in die Amfi vir ons Glaskasoptrede. Wanneer mens terugkeer na ’n bekende plek is dit soms soos om ’n gunsteling reeks weer van voor af te kyk. Jy lag steeds vir die grappies, al weet jy wat gaan gebeur, en jy sien ook goed raak wat jy nie voorheen het nie. My eerste paar weke op die Puk was moeilik. Dit was ’n kultuurskok, ek was meer as ’n duisend kilometer van die huis af en selfs die kraanwater het vreemd geproe. Om dit alles te kroon het ek ontdek dat ek ingetrek het in ’n plek (koshuis) waar al die mense wat ek nog nooit ontmoet het nie kwaad is vir my omdat ek nie hulle name ken nie. Of so het ek gedink. Het julle ooit Rugrats gekyk? In een episode sukkel Chucky om deur te slaap, want daar is ’n monster onder sy bed. Dan ontdek hy dat die monster al die tyd net een van sy truie was wat onherkenbaar anders gelyk het in die donker.

Dit is dikwels wat monsters en vrese is: iets wat ons nie herken nie en iets wat anders is. Ek is nie meer bang as ek terugdink nie, want ek ken nou al die sogenaamde monsters se name. Die meerderheid vreesaanjaende goed wat julle aanvanklik gaan teëkom sal waarskynlik ook so wees. Tog weet ek ook daar sal ander onbekende dinge wees wat ek nie vir julle kan besweer nie. In my eerstejaar was # nog vir die meeste mense net ’n simbool vir “nommer.” Nou is daar selfs #MyNWU en #FeesMustFall. Wat nogal oulik is van eersgenoemde is dat mens dit in Engels en Afrikaans kan lees. Ek dink ook dit sal goed werk as mens dit in Engels uitspreek as “N-Triple-U”. #FeesMustFall en soortgelyke bewegings fas-sineer my ook, want dit wys hoe invloedryk studente kan wees. Dinge lyk nou merkwaardig anders as voorheen. Ons noem dit die toekoms. ’n Toekoms is iets wat ons almal nodig het, anders word ons dalk geskiedenis. Dit is hoekom daar gedurig nuwe klasse en slaapplek (soms is dit dieselfde ding) gebou word op die Puk, want daar is ’n toekoms. Die uitdaging is dat die toekoms terselfdertyd bedreigend en hoopvol is.

Ek het grootgeword naby Jeffreysbaai in die Oos-Kaap. Die laaste paar Desembers was daar heelwat klagtes oor kragvoorsiening, slaggate en riool. Vir sommige vakansiegangers bederf dit hulle hele vakansie. Ander besluit om steeds die mooi dinge te geniet. Nog beter: die afgelope Desember het ek gehoor van mense wat besluit het om die slaggate wat hulle elke dag trotseer self reg te maak. Dis nie hulle werk nie. Het dit hulle vakansie egter beter gemaak? Ek vermoed so. Daar is slaggate in die toekoms ook. Julle kan die voorreg hê om sommige van daardie slaggate reg te maak. Dit sal selfs beter wees as julle nuwe paaie en brûe kan bou na plekke en mense wat voorheen onbereikbaar was. My werk as liedjieskrywer en musikant vereis dat ek gedurig nuwe dinge maak. Ek begin altyd met die eenvoudige vraag: "Wat kan ek anders doen?” Ek hoop julle kan ook ontdek wat julle anders kan doen. So, toekomstige ruimtevaarders, rekenmeesters, onderwysers, ontwerpers, ontwrigters en ontdekkers: in die woorde van ’n dorp in die Vrystaat: Welkom. Ek hoop julle gaan karring aan die probleme wat julle pla. Nie uit vrees nie, maar met waagmoed en verwondering.

Die Voortrekkers het altyd gesê: "Voor in die Wapad brand 'n lig." Ons lewe in 'n tyd waar iets soos 'n Wapad al sy betekenis verloor het. As redaksie glo ons egter dat die metaforiese betekenis in die koerantwese tel. As student moet jy weereens die realiteit in die oë staar dat die samelewing baie meer skynheilig is as wat jy gedink het toe jy agt jaar oud was. Jy sukkel om iemand se ware kleure te sien en mense maak herhaaldelik misbruik van jou naïwiteit. In die soeke na jouself verloor jy baie mense om jou. Tesame met dié eksistensiële krisis is die soeke na eerlikheid. Jy is te groot om langer in leuens te glo. Wapad het nog nooit leë beloftes gemaak nie. Wat ons wél - sonder twyfel - kan belowe, is dat ons altyd sal poog om eerlik met jou te wees. Al beteken dit jy gaan nie noodwendig gelukkig wees nie. As publikasie het ons drie verantwoordelikhede: om jou in te lig, te vermaak en op te lei. As studéntekoerant is ons verantwoordelikheid veral om jou studentelewe te reflekteer. Dit sluit die onsmaaklikhede in. Dis nie altyd 'n dankbare werk in die oë van die publiek nie, maar dit is bevredigend om te weet ons is nie bang om die werk te doen waarvoor min kans sien nie. Deur hierdie werk op onsself te neem, word ons saam sterk en marsjeer deur hierdie eksistensiële krisis. En dit bring vir ons geluk. Ons belowe nie dat jy genot daaruit sal vind nie, maar ons belowe dat jy iets van die lewe gaan leer. Kom sluit gerus by ons aan. Voor in dié studentekoerant brand 'n lig. Wapad-groete

Wapad

Hoofredaksie

WAPAD-KANTOOR: 018 299 2875 HOOFREDAKTEUR: Jeanelle Greyling ADJUNKREDAKTEUR: Marnus Kok KUNS & VERMAAK-REDAKTEUR: Marita Herselman FOTOREDAKTEUR: Ida Steenkamp UITLEGREDAKTEUR: Bianca Visagie TEKSREDAKTEUR: Hardus Ludick WEBREDAKTEUR: Heinz Schoeman-Struwig SPORTREDAKTEUR: Raynique Meyer Uitleg: Heinz Schoeman-Struwig, Inge Janse van Rensburg.


10

Advertensie

18 Januarie 2016

STUDENT DISCOUNTS Every Wednesday

10% discount

Students receive a 10% discount every Wednesday upon the presentation of a valid student card. This offer can not be used in conjuction with other promotions.


18 Januarie 2016 Sport

11

Varsitybeker : mooi lees vir nuwe reëls

RAYNIQUE MEYER @RayniqueM

D

ie spelkenners sal weer na hul reëlboekies moet terugkeer, want in vanjaar se Varsitybeker-rugbyreeks kan ’n verdoelde drie nou tot 12 punte op die telbord bring. Dít is egter nie al reël wat verandering gaan meebring nie. Volgens die Suid-Afrikaanse rugbyunie (Saru) is, afhangende van die aantal punte, die fokus egter waar op die veld die beweging van die drie ontstaan het. ’n Drie bring steeds vyf punte op die telbord, maar ’n span se meters op die veld word nou beloon. Indien die oorsprong van die span se beweging in hul eie helfte geloods is en hul heeltyd balbesit kon handhaaf, sal hul met ’n ekstra vier punte beloon word. ’n Span wat oor die doellyn gaan gly wanneer die oorsprong van ’n beweging tussen die middellyn en die mededinger se kwartgebied is, sal twee bonuspunte ekstra op die telbord toegeken word. As ’n drie op enige ander wyse plaasvind, sal dit as ’n normale vyf-punt drie gesien word. Met die fokus op die oorsprong van beweging sal díe reëls steeds gedurende ’n

Tydens vanjaar se varistybeker-rugbyreeks gaan ander reëls geld.

lugskop en bal-herwinpoging geld. Spelers sal op ’n meer strategiese wyse dwars- en steekskoppe moet benader. In die geval van ’n lynstaan of skrum, hang die oorsprong van beweging af van waar die

skeidsregter dit aandui. Dieselfde beginsel is van toepassing wanneer ’n onderskepdrie plaasvind – dit is glo hier waar daardie meters beloon word. ’n Doelskop is steeds drie punte in die reeks teenoor ’n

FOTO: SASPA

straf- en skepdoel wat twee punte tel. Spelers word slegs ’n witkaart tydens die half- en eindstryd vanjaar verleen om die skeidsregter se beslissing te bevraagteken. Met die toetslopie van twee

skeidsregters verlede seisoen, word daar weer na een teruggekeer. Jeandre Rudolph, verlede seisoen se NWU-Pukkaptein, meen dat beide die witkaart en skeidsregter as ’n nadeel vir spelers gesien kan word. “Ek dink om die witkaart net by die half- en eindstryd te gebruik is ’n nadeel. Dit het goed in die vorige Varsitybeker gewerk. Alhoewel dit dalk nie die spel gaan beïnvloed nie, gaan die skeidsregter net goeie besluite moet maak,” het Rudolph gesê. ’n Strenger raskwota sal met die verloop van die Varsitybeker geïmplementeer word. In 2015 moes daar, vanuit ’n 23-tal span, minstens ses gekleurde spelers wees, waarvan drie van die spelers in die beginspan moet wees. Vanweë ’n nuwe toelatingsreël in spanne word daar vir vier eerstejaarstudente, 22 jaar of jonger, ’n plek in die span gemaak. Een van hul mag ’n wit speler insluit. Bogenoemde reël maak vir nog drie eerstejaarspelers voorsiening. Alhoewel daar geen kwota betrokke is nie, moes hul graad 12 op sekondêre vlak slaag. Die NWU-Pukke se Varsitybeker skop op 8 Februarie teen die Universiteit van Pretoria by die Tuks Rugbystadion 16:45 af.

Die kwotas van Varsitybeker gaan stadig maar seker tot 2019 toeneem: 2016: sewe gekleurde spelers – drie in beginspan 2017: sewe gekleurde spelers – vier in beginspan 2018: agt gekleurde spelers – steeds vier in beginspan 2019: agt gekleurde spelers – vyf in beginspan Monday 25/01/2016 18:00

Tuesday 26/01/2016 18:00

NWU PUK vs Tuks

NWU PUK vs Maties

Senwes Park

Senwes Park

Wednesday 27/01/2016 10:00

Wednesday 27/01/2016 18:00

NWU PUK vs UCT

NWU PUK vs UWC

IBBIES Oval

Senwes Park

Thursday 28/01/2016 10:00

Friday 29/01/2016 14:00

NWU PUK vs UJ

NWU PUK vs NMMU

NWU-PUK Oval

Senwes Park

Saturday 30/01/2016 09:00

Saturday 30/01/2016 12:30

Semi Final 1

Semi Final 2

Senwes Park

Senwes Park

Saturday 30/01/2016 18:00

Final

Lindanie Dudula, also known as King Dee.

PHOTO: SUPPLIED

Dudula on every team’s to-do list RAYNIQUE MEYER @RayniqueM

Everyone is on the lookout for Lindanie Dudula. This 24-year-old, who scored 30 goals for the North-West University (NWU) last season, is said to be considered as a player by the Mamelodi Sundowns, as well as for

Everyone is on the lookout for Dudula the National First Division (NFD) and the Premier Soccer League (NFD). According to Soccer Laduma,

the Siya crew revealed that Dudula has been training with the Highlands Park in the NFD. The source also confirmed that many overseas clubs have expressed an interest in the player – especially the Brazilians. Additionally, Dudula has been watched in the NWU games with an eagle eye by AmaZulu and African Warriors’s scouts.

Senwes Park


Sport 18 Januarie 2016

FOTO: HARDUS LUDICK

Die NWU-Pukke krieketspan is slaggereed om hul derdeplek van verlede jaar te verbeter.

Pukke slaggereed vir Varsity Krieket RAYNIQUE MEYER @RayniqueM

D

ie tweede seisoen van die Varsity Kriekettoernooi skop eerskomende Maandag in Potchefstroom af. Ons tuisspan het die afgelope week teen verskeie spanne in opwarmingswedstryde meegeding om hul boul- en kolfwedstrydplan af

te rond. Die toernooiwenners sal Suid-Afrika vanjaar by die Red Bull-kampuskrieket se wêreldeindstryd verteenwoordig. Agt universiteitspanne sal by die Puk-Oval, Ibbies-Oval en Senwes Park speel. Die NWU-Pukke se draaiboul- en veldafrigter, Jimmy Kgmadi, glo hulle moet net op die “basics of the game” fokus om ’n suksesvolle span te wees. Niel Bredenkamp, kolf-

afrigter, het gesê dié span het tydens die voorbereiding daarop gefokus om “vinnig by

Name beteken niks vir ons nie – ons speel vir één ding en dít is die wapen. ’n wedstryd-situasie, asook die tipe krieketblad waarop

ons speel, aan te pas”. “Al is die drie velde naby aan mekaar, is al drie steeds verskillend,” het Bredenkamp gesê. Daar was weens die droogte enkele dae om die krieketvelde en -blaaie vir díe toernooi voor te berei. Conrad de Swardt, die NWU-Puk se hoofafrigter, het gesê die blaaie lyk goed, “alhoewel die buitevelde nog aandag kort”. “As dit nou begin reën, sal ek nie kla nie. Dit gee vir ons da-

rem nog tyd om voor te berei,” het hy gesê. Toe daar na die wedywer tussen die agt universiteite uitgevra word, het De Swardt gesê hulle gaan nie eers name noem waarvoor hulle moet uitkyk nie. “Dit is die wapen op ons bors: ons speel vir die universiteit – dit is baie belangrik. Name beteken niks vir ons nie – ons speel vir één ding en dít is die wapen,” het hy benadruk.

Wihan Lubbe Puk-kaptein

Andre Malan

Armand (Rassie) Erasmus

Dyllan Matthews

Edrich Lubbe

Henning du Plooy

Janneman Malan

Veelsydige speler

Veelsydige speler

Veelsydige speler

Draaibalbouler

Kolwer / Paaltjiewagter

Draaibalbouler / Kolwer

Kolwer / Deeltydse draaibalbouler

Jovaun van Wyngaardt

JP (Jean-Pierre) le Roux

Julian Soutter

Katleho Leokaoke

Marques Ackerman

Richardt Frenz

Ruan Haasbroek

Naatbalbouler

Naatbalbouler

Draaibalbouler

Kolwer / Draaibalbouler

Kolwer / Paaltjiewagter

Veelsydige speler

Snelbouler

Kontak: Raynique Meyer 083 875 3801

FOTO'S: VERSKAF


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.