Wapad - 14 Februarie 2017

Page 1

0

LEES JOU KAMPUS

14 FEBRUARIE 2017

Wenner van die 2016 ATKV Mediaveertjie vir die beste studentekoerant WAPAD® IS DIE STUDENTEKOERANT VAN DIE NWU-POTCHEFSTROOMKAMPUS

JAARGANG 71

SMS-LYN 31750 MET WOORD ‘WAPAD' VOOR

Registrasie – kry jou (regte) ry Marné Coetzee @marnhey_

V

an registrasievorms tot studiegidse, dit blyk dat registrasie talle studente elke jaar onderkry. Hierdie jaar was geen uitsondering vir studente wat skarrel om hul registrasie af te handel voor klasse begin nie. Alhoewel dit voorkom asof talle studente probleme ervaar het, lê die probleem klaarblyklik nie by die Voorgraadse Administrasiekantore nie. Met ’n rekordhoeveelheid van meer as 19 000 aansoeke wat ontvang is vir 2017 het die administrasiekantore omtrent hul hande vol gehad om slegs 4 500 van hierdie aansoeke goed te keur. Die aansoekkantore gaan reeds te werk met aansoeke vir 2018 en daar word verwag dat die aantal aansoeke selfs meer oorweldigend kan word vir die jare wat volg. Volgens mnr Tom Cato, bestuurder van die Departement vir Akademiese Administrasie, is die registrasieproses geweldig omvattend en word dit reeds vanaf Oktober voorberei. Hierdie proses behels dat daar vooraf reëlings getref word met vele sektore onder meer fakulteite, administratiewebestuur, beskermingsdienste en finansiële administrasie. Dit blyk dat verwarde studente ’n probleem inhou vir die administrasiekantore omdat studente somtyds in verkeerde rye staan, nie eers by hul fakulteite registrasievorms gekry het nie of bloot nie inligting wat aan hulle uitgereik is gelees het nie. Sodoende word registrasie ’n tydsame proses waar dit eintlik vinnig afgehandel kan word. Me Alta van Zyl, hoof van Voorgraadse en Honneursrekords, het gesê: “As studente se kurrikulumkontrole reg was, hulle nie uitsonderings was nie en hulle kon web-registreer, het registrasie baie

FOTO: HEINZ SCHOEMAN-STRUWIG

vinniger verloop.” Elke jaar word daar gereageer op registrasieprobleme en studenteterugvoer sodat die proses vir die volgende jaar vergemaklik word. Van Zyl het gesê dit is ’n deurlopende proses om registrasie vir die studente te vergemaklik. Alhoewel web-registrasie aangeraai word, is daar ’n handjievol studente, van fakulteite soos Natuurwetenskappe, Gesondheidswetenskappe en Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, wat nie aanlyn kon registreer nie. Die Noordwes-Universiteit is tans besig met die HOKR belyning, wat beteken dat alle kwalifikasies en programme belyn word met die hoër onderwys kwalifikasie sub-raamwerk. Hierdie is die sleutelprojek wat al drie

JOOL 2017: Onderhoude en meer!

kampusse se akademiese programme met mekaar belyn. Hierdie belyning kan veroorsaak dat die samestelling van grade heel moontlik gaan verander wat dus nuwe kodes tot gevolg het. Sommige kwalifikasies is reeds belyn en dit kan veroorsaak dat ’n student se graad in die middel van sy/haar studies ’n nuwe kode kry. Omdat die stelsel sukkel om die ou kode en nuwe kode bymekaar te bring, kan hierdie student wat onder ’n nuwe kode registreer nie gebruik maak van webregistrasie nie. Teen 3 Februarie was daar reeds 16 860 voorgraadse- en honneursstudente geregistreer. Hierdie registrasies sluit voltydse en deeltydse studente in asook voorwaardelike registrasies. 9 678 van hierdie registrasies was web-registrasies.

Teen 9 Februarie het hierdie syfer verhoog tot 17 894, waarvan 9 780 web-registrasies was. Al hierdie registrasies het in ’n kwessie van twee weke geskied. Alhoewel registrasie amptelik in die verlede is, vind vakwysigings steeds plaas tot 17 Februarie en enige probleme kan steeds reggestel word tot dan. Indien studente nie teen 17 Februarie geregistreer is nie kan hul studentekaarte onaktief gemaak word. Die Voorgraadse Administrasiekantore raai studente aan om in die vervolg eerder aanlyn te registreer indien dit moontlik is omdat dit die hele proses vergemaklik. “Wat ons voorgraadse administrasie betref dink ek het dit redelik positief afgeloop,” het mnr Cato gesê.

Prof Fika se liefdesverhaal van 44 jaar.

5

6

WAPAD@NWU.AC.ZA


Nuus 14 Februarie 2017

2 Wapad

It’s a love story baby just say, “NO!” Linzetta Calitz @LinzettaC

V

alentynsdag: Liefde. Vreugde. Blomme. Sjokolade. Teleurstelling. Trane. Wie

weet? Party mense beplan hulle maand rondom hierdie dag – om te vermy of te vier – en vir ander is die enigste ding wat hulle daarvan herinner die oormaat van rooi, oral. Hiermee dan ’n paar dinge wat Wapad eerder nié sal wil sien nie: Kersies in papiersakkies. Vriendin/vriend, of dit nou jou hare/baard, die sakkies, of die grasveld waarop jy jou piekniekkombersie oopgooi sal wees, jy gáán iets afbrand. Hou eerder die vlam in jou hart. Piekniek op die Bib se gras. Met singles wat vir klas wag, gaan ’n koeltekolletjie op die gras maar skaars wees. Wil jy regtig hê jou niealkoholiese sjampanje moet nog warm ook wees? Die sjokolade gaan boonop

1

YASS van jou aarbeie afsmelt. Sjokolade. Ja, clichés is seker daar vir ’n rede, maar jou denkkrag ook. Oorspronklikheid is iets wat meeste mense waardeer. Indien nie, is daar baie ander babers op die Bult. As hy/ sy nie die nodige waardering toon nie is hulle baie welkom om hulself in ’n selfgekoopte pakkie Quality Street of dosie Whispers te verloor (of te vind). ’n Geheime bewonderaar wat nooit sy/haar geheim uitlap nie. Die misterie is miskien oulik

nAH

aan die begin, maar basies sinneloos as dit so bly. Die ergste wat kan gebeur? Hulle eet jou onoorspronklike sjokolade, maar is dan vir jou versadig. Dis ook orraait. Dis nie jy nie, dis hulle. Jy ís die regte een, net nie die regte een vir hulle nie. Net één Valentyn? “Monogamy is not realistic.” Wel, nie op hiérdie kampus nie. Met ongeveer 70 % vroue teenoor die skamele 30 % mans, het almal eenvoudig nie ’n gelyke kans nie. Tyd om jou man op meer as een plek te staan. Dan weer, wie is ons om

te sê opposites attract? Wie het ’n man nodig as jy ’n vrou kan kry? En voor iemand op ’n perdjie spring, vice versa ook. Liefdesliedjies oor bokkies in sokkies sonder hulle rokkies. Alhoewel ‘Call me maybe’ ’n tipe indruk sal laat, kan jy eerder buite haar kamervenster staan met Leona Lewis se ‘Bleeding love’ wat bo jou kop blêr. As sý nie reageer nie is daar verseker iemand wat sal – dit mag wel net wees omdat hulle ore saam met jou hart bloei. Mense met ’n love-hate gevoel teenoor V-dag. Kies om liefdesnaam ’n kant. Lovebirds is nie ’n spesie wat vir drade gemaak is nie. Alleenlopers word nie veel van ’n keuse gegee nie. Jy kan so lief wees vir liefde as wat liefde jou toelaat, maar die vieringe in die tradisionele sin van die dag sal maar hartskeur gaan. Wie wil egter tradisioneel wees? Bederf jouself met ’n bottel of bak met inhoud wat jou gelukkig maak. “I love myself, I want you to love me” – maar ek sal ook oukei wees met net my liefde. Verliefdes wat hulle vriende afskeep. Jy kan elke ander dag saam met liefie spandeer, hoekom nou ingee tot die amptelike dag van vriende verwerp? Wees vir een keer in jou lewe ’n rebel, vat jou

vriende uit vir ’n romantiese ete. Een liefie wat die ander liefie se onverdeelde aandag op hierdie dag vereis. As jy dit reg doen, kry liefie genoeg aandag op al 364 van die ander dae om hierdie dag soos enige ander te hanteer.

Dis nie jy nie, dis hulle. Jy ís die regte een, net nie die regte een vir hulle nie. Niemand het egter gesê hy/sy kan nie die vriende se romantiese ete gatecrash nie. Mi amigos es su amigos. As die amigos en liefie koppe stamp, lê die keuse tussen die twee gelukkig nét op jou skouers. Mense wat neutraal oor Valentynsdag voel. Nee, skuus, ons hou mos nie van leuens nie. Aan die einde van die dag is dit presies wat dit is, tog net nog ’n dag. Gaan ’n blom vandag en ’n blom more nie maar op dieselfde neerkom nie? Wel, kaktusse uitgesluit, nie as dit dieselfde blom is nie. Maar “a rose on any other day would smell as sweet”.

Effens gekneus, maar ons gaan aan: #SONA2017 Colette Combrink @CombrinkColette

Die 2017 State of the Nation Address (SONA) het gewys die nasie is nog steeds in ’n toestand. Pepersproei, die geskree van lede van parlement (LPs) en die president wat laggend sit en toekyk, was aan die orde van die dag.

Van die mees kenmerkende woorde van dié jaar was die van Baleka Mbete, speaker van die parlement: “We see honourable members using their hats to harm others.” Dit na EFF-lede (Economic Freedom Fighters) hul hardehoedens gebruik het om ander mee by te dam. Suid-Afrikaners het dit verwag, maar steeds het dit as ’n

skok gekom. Die EFF moes deur die parlementêre veiligheidsdiens (met ’n geskop en ’n geskree) met mening uit die parlement verwyder word. Na die EFF-verwydering het Mmusi Maimane, leier van die DA (Demokratiese Alliansie), opgestaan en gesê hulle sal nie sit en toekyk na so ’n sirkus nie, waarna die DA plegtig uitgeloop het. Dus is pres Zuma se toespraak met ’n uur vertraag en kon hy na die DA se verlating eers al laggend die nasie begin toespreek. Pres Zuma het onder meer vier hoofpunte bespreek: • Ekonomiese transformasie • Hoër onderwys • Gesondheid • Energie en water

In die energie en water kategorie het pres Zuma met trots aangekondig dat ongeveer sewe miljoen huishoudings nou aan die elektrisiteitsnetwerk gekoppel is. Hy het verder gegaan en gesê die staat wil al hoe meer in (bekostigbare) hernubare hulpbronne belê. Hy het ook gesê die staat is aktief betrokke in die behuisingsektor en dat hulle meer as vier miljoen huise sedert 1994 aan landsburgers verskaf het. Volgens BusinessTech is hierdie uitspraak egter foutief. Data van die departement van menslike nedersettings wys dat daar ’n totaal van 3 030 824 huise gebou is, ongeveer ’n miljoen minder as wat pres Zuma verklaar het. Aangaande ekonomiese transformasie is daar meer as twee miljoen werksgeleenthede geskep

met die oog op die doelwit van ses miljoen werksgeleenthede aan die einde van Maart 2019. Hy het ook verder gesê dat, van die meer as twee miljoen werksgeleenthede wat geskep is, meer as een miljoen daarvan aan die jeug gegaan het. Nog ’n positiewe vir die ekonomie is die aantal toeriste wat Suid-Afrika in 2016 besoek het – hulle was ongeveer 13 % meer as in 2015. President Zuma het gesê die staat is besig om na maniere te kyk om die stygende universiteitsfooie aan te spreek. Fondse is reeds beskikbaar gestel om te verseker dat geen student met ’n totale huishoudelike inkomste minder as R600 000 per jaar geaffekteer sal word deur fooiverhogings nie. Na aanleiding van die 94

geestesversteurde pasiënte wat oorlede is na die Gautengse gesondheidsdepartement hulle na verskeie nieregeringsorganisasies toe verskuif het, het die president gesê ondersteuning sal aan die families verskaf word. Soos die vorige tien SONA’s is die welstand van die land in die kollig geplaas (soms met oordrewe ‘feite’), chaos is deur die LPs in rooi veroorsaak en Vrydag het almal opgestaan en (effens gekneus) aangegaan met hul dagtake, tot volgende jaar.


Wapad

14 Februarie 2017 Nuus

Prof Fika se wortels is diep gegrond by Puk Marietjie Leonard @MarietjieLeona3

P

rof Fika Janse van Rensburg is aangewys as die rektor van die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus (NWU-Puk) vir 2017. Prof Janse van Rensburg het gesê dat “die NWU-Puk nié gemotiveer word deur politieke korrektheid nie, geen onreg sal duld nie, onverskrokke sal praat en sal doen wat reg is”. Prof Fika is welbekend op die Puk met heelwat verantwoordelikhede wat hy al in die verlede by die instansie vertolk het. Hy was oudhuiskomiteevoorsitter, oudstudenteraadsvoorsitter, later ’n dosent, die Fakulteit van Teologie se dekaan, vise-rektor, raadslid van die NWU en het in 2016 die rol van waarnemende kampusrektor by die NWU-Puk vertolk. Volgens prof Fika is die grootste take vir 2017 dekolonisering, #FeesMustFall en om die NWU se nuwe unitêre bestuurstruktuur te vestig. Daar word egter nie interne probleme met #FeesMustFall verwag nie. “Ons het die stand van sake oor tyd aan ons bestaande en nuwe studente gekommunikeer.

3

Daar is wye begrip dat die universiteit nie doeltreffend kan funksioneer en gehalte kan volhou as daar nie voldoende geld is nie.” ’n Verdere fokus waaraan prof Fika en mede-bestuurslede aandag wil gee is die praktiese toepassing van die meertalige beleid. “Ons kampusbestuur bly op ons knieë vir wysheid om elke situasie reg te hanteer,” het hy aan Susan Cilliers van Netwerk24 gesê. ’n Tweedejaar BA kommunikasie student, Line Cronjé, het gesê dat prof Fika studente verstaan, “hy stel studente eerste en hy is die tipe persoon wat mense kan kalm hou in die middel van ’n storm”. Jana-Marie, ’n vierdejaar BCur verpleegkunde student het gesê: “Ek dink dit is baie goed, sy vinger is altyd op die pols van sake, hy is altyd teenwoordig by studente aktiwiteite en hy weet wat hy doen. Ek was baie baie bly toe ek hoor hy is weer aangestel.” Met die wysheid van ’n jonge 65 jaar, wat in prof Fika se guns tel, staan ons in afwagting om te sien wat hy dié jaar gaan verrig in hierdie verantwoordelike rol wat hom te beurt geval het. Bron: Netwerk24 Die kampusrektor spreek die eerstejaars tydens R&O aan.

FOTO: MARNÉ COETZEE

Duck Around pendeldiens: jou nuwe veilige vervoer opsie Marianne Steyn @marianne_steyn

Studente wat toevallig by JOOL of by Varsity Cup in die pad gekyk het, het moontlik ’n vreemde gesig gesien. ’n Trop pienk eende. Nee, nie die geveerde soort nie, maar ’n groep pienk karre wat wag om studente by hul gekose kuierplekke af te laai. Duck Around is ’n niewinsgewende organisasie wat onder die maatskappy IDUG

funksioneer. Dié pendeldiens is die breinkind van Santie Britz. Sy wou glo die diens begin om die veiligheid van veral jong meisies te verseker. Die diens laai studente af by kuierplekke en gaan haal hulle ook weer na afloop van die aand se kuier. Op dié manier hoef studente nie in ’n kar te klim met ’n dronk bestuurder nie en hulle hoef ook nie in die aande laat na hul blyplekke toe te stap nie. Hulle kan die diens se nommer bel en ’n pienk eendjie sal hulle so na as moontlik aan hulle koshuise aflaai.

Die pendeldiens is volgens Studenteraadsvoorsitter, Paul Maritz, veel goedkoper as soortgelyke dienste wat by ander universiteite aangebied word. Hy kon nog nie finale tariewe deurgee nie, maar het gesê dat studente moontlik met hulle studentekaarte kan betaal. Die diens was verniet aangebied tydens JOOL en gaan ook nog verniet aangebied word tydens al die Varsity Cup tuiswedstryde. Die karretjies is beskikbaar vanaf 20:00 in die aand tot 04:00 die volgende oggend.

FOTO: FACEBOOK

Library asks for co-responsibility for effective functioning and growth has a 24 hour study facility. The library did submit a request to management during 2016 to find a suitable 24 hour study space on the campus.

Heinz Schoeman-Struwig @inHeinzsight

The library has in efforts to find areas of improvement completed their fourth LibQUAL survey in the second semester of 2016 in which over 1 000 users participated. From these statistics there were 997 comments from respondents of which 500 were compliments. Areas of excellence that were noted include the staff that were said to be caring, professional, knowledgeable and friendly. Other areas include the library itself as a clean environment that offers excellent services. Although it has been noted that there may not always be enough computers during peak times, the library has found that there are students doing non-academic work that make use of the computers for long periods of time. Thus the library asks that academic work should be prioritized, especially during peak times. The library has also been looking into investing in

To find a suitable 24 hour study space on the campus. FOTO: HEINZ SCHOEMAN-STRUWIG

Time Management Software in the Information Commons where they can make use of a ‘time-out’ facility where a user only has access to a computer for a certain period of time. The library thus asks that one respects the rules and regulations shown on the login screen regarding the computers. It was further noted that when a student wants to enter just to

print something that it may take a while to get a computer during high demand times, thus some computers near the printers have been set aside exclusively for quick printing and students have responded well to this. Plans for a printer in the foyer open from 7 am are also underway. It has been asked by several students in the commentary left from the survey that the library

There was a proposal to get the Gallery back, and to do a conversion into a 24 hour study space, but alternative space for the Gallery needs to be found. As is with current staff and funds available, the library cannot be open for longer hours. Further, an improvement noted was noise. This is where the library asks most for co-responsibility. It should not be the library staff’s responsibility to ensure students remain quiet. The library should be

an academic environment. Although there are social areas such as Ferdi’s, when students leave that area and go down the stairwell they should realize that they are entering a main quiet area of the library and respect that. Due to the nature of the stairwell and the way the library was built, the stairs carry the sound through to areas that need to be quiet, and students need to be respectful of their co-students who wants to pursue their academic work in the learning environment of the library. The library has also been in contact with the Student Disciplinary Office to set up a Library Code of Conduct. Violation of this Code of Conduct can result in students being asked to leave the library and may be reported to the Student Disciplinary Office. What the library essentially seeks is co-responsibility. That students respect the Code of Conduct in order for the library to function as effectively and efficiently as possible.


4

Nuus 14 Februarie 2017

Wapad

Hoe beïnvloed die VSA Suid-Afrika? Inge-Amé Schoeman @ingeame12

D

ie politieke geveg tussen Amerika en Mexiko duur voort met pres Donald Trump voor in die koor. Sy idee om ’n grensmuur tussen Amerika en Mexiko op te rig, het tot dusver baie teenstrydigheid regoor die wêreld veroorsaak. Die grens tussen dié twee state strek oor ’n verstommende 3200 km se terrein. Hoewel daar baie kontroversie oor sy planne heers, is daar heelwat Amerikaners ten gunste van die saak. Verder belemmer dié kwessie reeds die politieke verhoudinge tussen die VSA en Mexiko, omdat Trump daarvan oortuig is dat die Mexikane daarvoor moet betaal. Trump beoog om dit te doen deur ’n verhoogde belasting koers om die Mexikane se nekke te hang. In ’n video deur die Daily Mail, spreek pres Trump die gehoor toe: “Aliens en skelms.” soos hy na hulle verwys, “moet uitgeroei word en terug na hul eie land gestuur word”. Volgens dié president is dit tyd dat onwettige immigrante terug na Mexiko gestuur word. Trump se prioriteit is om eerste vir die burgers van Amerika te sorg. Hy meen verder die VSA kan nie ’n staat wees as daar nie fisiese grense opgestel word nie. Volgens ’n verslag deur die Daily Mail, gaan dié muur op plekke “virtueel” wees en met “tegnologiese sensors” gemonitor word. Homeland Security Secretary, John Kelly, het dit bevestig. “Much of the 2000 mile border already has a mixture of physical and virtual walls.”

FOTO: TRBIMG.COM

Voormalige pres Obama beweer dit is nie ’n tegniese, analitiese of ingeligte besluit nie en dat dié muur selfs ander probleme kan laat ontstaan. In ’n persverklaring het Obama beaam dat as Mexiko se ekonomie daaronder ly, kan baie mense hulle werke verloor en dan juis na Amerika toe te vlug om werk te soek. Dr Wynand Greffrath, ’n navorser in die gebied van sosiale transformasie aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus, bespreek dele van die Trump saak. Die ‘muurkwessie’: Volgens dr Greffrath was die grensmuur tussen die VSA en Mexiko ’n sentrale deel van Trump se

verkiesingsveldtog. “Dit is duidelik dat die voorgestelde muur iets is wat by baie Amerikaners aanklank vind as ’n goeie oplossing om die gety van onwettige immigrante vanuit Mexiko te stuit,” het dr Greffrath verduidelik. In sy opinie is die “bou van ’n konvensionele muur egter nie realisties nie”. Dr Greffrath meen dat dié politieke spanning ’n uitwerking op die ekonomieë van beide state sal hê. “Sowat 80 % van Mexiko se totale uitvoerhandel word met die VSA bedryf, terwyl die VSA weer ’n verskeidenheid produkte vanaf Mexiko invoer vanweë die laer arbeidskoste in daardie land.”

Die lewensvatbaarheid van ’n 3200 km lange muur word bevraagteken. Is dit realisties en uitvoerbaar? “Trump is ’n politieke grootprater. Die grensmuur was vir hom ’n troefkaart met Amerikaanse kiesers, maar ek is bevrees dat die belofte hom nog baie bloedsweet in sy termyn gaan kos soos politieke en ekonomiese realiteite hom inhaal,” lewer dr Greffrath sy mening. Wêreldwye onrus: Onderliggend spekuleer kundiges of die besluite en optrede van die VSA se president tot wêreldwye politieke onrus kan lei en die antwoord is dat dit wél ’n beduidende uitwerking op die wêreldpolitiek en internasionale verhoudinge het. “Met ’n polariserende

persoonlikheid soos Trump in die Withuis is daar dus ’n moontlikheid dat sy konfronterende styl die VSA se verhoudinge met ander state kan versleg, veral ten opsigte van immigrasie, wat tot onrus kan lei.” Dr Greffrath glo dus nie dat Trump opsigself die oorsaak van ’n “Derde Wêreldoorlog” sal wees nie, soos wat hy al rondom ’n paar braaivleisvure gehoor het. “Ek dink die mees waarskynlike area van gewapende konflik waarby die Trump administrasie betrokke sal word, bly steeds die Midde-Ooste en die eskalering van stryd teen ISIS in die streek.” Invloed op Suid-Afrika: Dr Greffrath bevestig die VSA se grootste invloed op ons land is nie polities nie, maar hoofsaaklik ekonomies. “Die VSA is ’n belangrike handelsvennoot en in terme van die American Growth and Opportunities Act (AGOA) ontvang sommige SuidAfrikaanse uitvoerprodukte voorkeur in die Amerikaanse mark. “Verder, omdat ons ekonomie afhanklik is van die uitvoer van rouprodukte en kommoditeite, speel die Rand/Dollar wisselkoers ’n belangrike rol in die winsgewendheid van Suid-Afrika se mynbousektor en motorvervaardigingsbedryf,” het hy gesê. Volgens hom reageer internasionale markte sterk teenoor Trump en sy kontroversiële uitlatings, wat lei tot voor- en nadele vir Suid-Afrika se ekonomie. Wat ons gerus moet stel is dat sy administrasie se fokus dus nie primêr op die Afrika-kontinent of Suid-Afrika gerig gaan wees nie. Dr Greffrath reken ons land is in die globale prentjie relatief onbelangrik vir die VSA.


14 Februarie 2017

Kuns & Vermaak

Wapad

aKING vermaak die gehoor van landswye studente tydens die tweede aand van JOOL 2017.

5

FOTO: MARNÉ COETZEE

JOOL doen dit keer op keer en weer Colette Combrink & Annemarie Hoogenboezem @CombrinkColette @annihgbzm

D

ie akademiese jaar word nie suksesvol afgeskop sonder die toepaslike JOOL-vieringe nie. Groot name soos Karen Zoid, Fokofpolisiekar en Die Heuwels Fantasties was onder andere te siene op die verhoog. Desmond and the Tutus het hierdie jaar vir die eerste keer hul indie-rock klank na die JOOLplaas toe gebring met hul treffers soos ‘Pretoria Girls’ (moontlik ’n huldeblyk aan al die Pretorianers

wat hierdie jaar Potchefstroom besoek het vir JOOL). Band-lede Shane, Doug, Nic en Craig het gesê dat hulle hul eerste NWUPuk JOOL-ervaring besonders baie geniet het en definitief weer sal wil optree by dié geleentheid. “Groot inspirasie agter ons musiek is Patty Smith, The Strokes en Razorlight,” het hulle gesê. Verder kan daar uitgesien word na ’n nuwe album later hierdie jaar of vroeg in volgende jaar. Francois van Coke het die kollig gesteel by die eerste aand se vertoning. Die optrede het ’n dag na die vrystelling van sy splinternuwe tweede solo-album, Hierdie is die

Lewe, plaasgevind. Die gehoor was in ekstase met snitte van hierdie album soos ‘Hulle sê’ en ‘Paradys’. Die nuwe pa het gesê dat hy in die drie maande sedert sy eersteling, Alex, se geboorte nie baie getoer het nie en dat hy tyd saam met sy gesin koester. Op die tweede aand van JOOL is die gehoor vermaak deur die klanke van Pukki-talentfees wenner en voltydse BSc geologiestudent Majo Rademeyer. Joshua na die Reën, Spoegwolf, The Parlotones en aKING het ook die verhoog vol gestaan. “Dit is seker een van die grootste shows wat ons al gespeel het,” was

die woorde van Spoegwolf vars van die verhoog af. Kitaarspeler, Chris von Wielligh, het effens teleurgesteld met ’n bier in die hand gegrap en gesê dat hy gedink het hulle gaan Potchefstroom toe kom vir brandewyn en Coke. ‘Lenie Blou’ is laaste gespeel en die JOOL-gangers het uit volle bors saamgesing. Met ’n vol jaar van toer gaan dit nog ’n ruk wees voordat ons hulle weer in Potchefstroom gaan kan sien. Ewe opwindend as die feit dat drie van die bandlede nou enkellopend is, is dat aanhangers middel van hierdie jaar nog ’n album te wagte kan wees. Khan Morbee van The Parlotones

het gesê dat dit altyd wonderlik voor so ’n lewendige gehoor is. The Parlotones, wat vinnig internasionale sukses bereik het, was die eerste band waarvan Morbee ooit deel was (in 1998 al). Gevra oor sy rol in die tweede seisoen van The Voice South Africa het hy gesê as die afrigter van die 2016 wenner, Richard Stirton, is daar baie oë op hom om weer hierdie jaar sulke sukses te bereik. Hy het egter ook gesê dat dit ’n wonderlike voorreg is om deel van so ’n produk te wees. Met groot name, en nog groter skares, was JOOL 2017 ’n fantastiese manier om hierdie (akademiese) jaar te begin.

Francois bewys homself weer, maar dié keer in pienk Annemarie Hoogenboezem @annihgbzm

Hierdie nederige rock-legende het op 2 Februarie 2017 die SuidAfrikaanse musiekbedryf geseën met sy tweede solo-album Hierdie is die lewe. ‘Dit Raak Beter’, Francois se derde musiekvideo vanaf sy nuwe album, vergesel die album se vrystelling. Die video bevat aangrypende voorheenongepubliseerde beeldmateriaal van Van Coke se grootwordjare en sy liefdesverhouding met musiek. Dit bevat ook skote van hom wat optree by sy alma mater, Hoërskool Bellville. ‘Klein Prys’ is ’n huldeblyk aan Fokofpolisiekar en ‘Mensdom’ stel sy band, Die Gevaar, bekend. ‘My Hart’ is Van Coke se huidige

gunsteling snit van Dit Raak Beter. Die album as geheel het ’n tema van refleksie op die lewe en ’n loopbaan in die musiekbedryf. ’n Mens vind aanklank by die eerlikheid en rouheid van die lirieke.

In ’n onderhoud met Wapad het Francois ook gesê dat Van Coke Kartel waarskynlik hierdie jaar sal afsluit met ’n finale toer. Met lirieke soos, “hulle sê jy moet hard vir iemand anders werk,

want ’n werk is ’n werk / hulle sê jy moet spaar vir jou ou dag, jy moet jou testament in orde hê / hulle sê jy moet skuld maak om nog skuld te maak, om kinders wat jou haat in ’n sekuriteitskompleks groot te maak,” wat kommentaar lewer op die mentaliteit van die samelewing behou Van Coke sy oorspronklike klank en rebelse karakter. Van Coke het gesê dat garage rock en ou pop musiek soos die Beatles en Beach Boys vir hom ’n bron van inspirasie was vir hierdie album alhoewel dit steeds ’n rock-album is. Hy noem spesifiek Nirvana en Arctic Monkeys. In ’n onderhoud met Wapad het Francois ook gesê dat Van Coke Kartel waarskynlik hierdie jaar sal afsluit met ’n finale toer. “Met Fokofpolisiekar saam is daar net nie plek vir ’n derde band op hierdie stadium nie.”


14 Februarie 2017

Hardus Ludick & Annemarie Hoogenboezem

I

Wapad

Kuns & Vermaak

@Hardusludus @annihgbzm

t takes a masterful farmer to grow a variety of crops: you need to know that you can tend with sufficient care and with the required knowledge to each crop. The King’s Singers are six such masterful farmers, and the harvest from their concert on 10 February was rich and memorable, as they brought a wide variety of musical genres to the Sanlam Auditorium – of course all with just their six magnificent voices, simultaneously distinct and unified. The King’s Singers are doing their first South African tour in 20 years. This tour is presented by our very own North-West University’s NWU-Pukke Arts. The group has been performing since the 1960’s and have toured six continents in the past five years. What an honour to have this internationally acclaimed group perform here on our own campus. With the same technical prowess and captivating presence, the Singers reminded that good music, like all good art, can defy whatever limitations we’d like to ascribe to it. The programme was titled “Life through a lens” but in fact the experience was one of looking at life through the various lenses that music offers. Music can be (in Friday’s case, three) madrigals, praising Oriana in her European opulence – but it can also lament the destruction such a nation can and has wreaked through the elimination of the San people from Africa, as in Dutchborn South African composer Peter Louis van Dijk’s “Horizons”. Music can cross boundaries of culture and language without dissolving them, and can express

6

The royal treatment

Patrick Dunachie, Timothy Wayne-Wright, Julian Gregory, Christopher Bruerton, Christopher Gabbitas and Jonathan Howard.

love, regret, or even “Nonsense” (with the Singer’s performance of a Petrassi composition from Edward Lear’s nonsensical poems). And

who’s to say which function is more worthy? Certainly not Friday’s audience, who sat enraptured by one and the same, from start to

finish, to first encore, to second encore. Friday’s harvest was one that changed the lens through which the

FOTO: VERSKAF

attendees will live – hopefully until these Singers come again.

Prof Fika se liefdesverhaal: 44 jaar – van toeka tot nou Kampusrektor, prof Fika Janse van Rensburg vier hierdie jaar sy 44ste huweliksherdenking, en Inge-Amé Schoeman het vir hom ’n paar vrae oor sy huwelik gevra. 1.) In watter jaar het prof verlief geraak? Ek en Sunette het in ons eerstejaar, 1970, verlief geraak.

Ons het drie “Valentynsdae”: Sunette se verjaarsdag (26 Maart), ons troudag (31 Maart 1973) en my verjaarsdag. 2.) Vertel asseblief prof se liefdesverhaal in ’n neutedop. Sunette was in Klawerhof Dameskoshuis en ek in die destydse Drakenstein Manskoshuis (gehuisves in Thaba-Jäh – waar gebou E5 tans staan – en in De Klerkhuis, wat vandag darem nog bestaan). Klawerhof en Drakenstein het saam in die Lettie Dup-eetsaal (reg Noord van die huidige E5 en reg Suid van De Klerkhuis) geëet. Ek het Sunette die eerste keer gesien toe ek in die voorportaal

van De Klerkhuis op telefoondiens was (ewe kaal bolyf, synde ’n regte plaasjapie) toe Sunette en ’n klompie mede-Klawerhofdames namens ’n Klawerhofsenior ’n pakkie vir ’n senior in De Klerkhuis kom aflewer het. Dié dag het ’n halwe vonk tussen ons al gespring: lang donkerbruinhare, groen/bruin oë, en interessante Afrikaans met ’n swaar Engelse aksent. My hart het ek egter vroeg in April tydens Karnavalweek (só het ons JOOL destyds genoem) op haar verloor, toe sy soos ’n Indiaanse meisie aangetrek was, met haar lang donker bruin hare in twee vlegsels oor haar sonbruingebrande skouers ná die Aprilvakansie in haar tuisland, Zambië. Ek was egter nog in ’n verhouding met ’n graad 11-meisie, Trudie, by my ou hoërskool in Standerton. Dus het ek geen voelers na Sunette toe uitgesteek nie, maar die vonkie het aanhou sluimer. Tydens die wintervakansie van 1970 het ek en Trudie uitgemaak – op haar inisiatief, as ek reg onthou (en tot vandag toe is ons nog baie goeie vriende!). Maar ek het geen spesifieke planne gehad nie, en het moedeloos en léég teruggekom Puk toe ná die vakansie; ek het selfs oorweeg om op te skop, maar toe liewer myself in die akademie verdrink... ’n verdrinking waarvan ek deur Sunette gered is!

FOTO: VERSKAF

Een week voor die jaarlikse Augustus Intervarsity teen Kovsies het ek ná aandete in die Lettie Dupeetsaal met my arms vol eerstejaarsmoet-afdek-skottelgoed Sunette by haar tafel gaan vra om dié aand se “sleep-tyd” (destyds mag eerstejaars slegs 18:30-19:30 op ’n weeksaand uit die koshuis wees) saam met my deur te bring. Ek was baie bly om ’n ja-antwoord te kry, en met hierdie stap Bult toe, na die Paradise-Kafee,

was dit duidelik vir my dat dié verhouding gáán werk. Tydens daardie Intervarsity in Bloemfontein het ek net ná die oorwinningsdrie ons vreugdesomhelsing spontaan met ’n eerste liefdessoen afgesluit (en Sunette het dit beantwoord!). Minder as ’n week later het ons besluit om “vas te sleep”, soos ons “saamwees” destyds genoem het. Tot my vreugde het Sunette

haar geheim met my gedeel: sy het reeds in die wintervakansie vir haar ouers gesê dat sy juis mý vir die einde van die jaar koshuisdinee wil “skiet”. Teen die tyd van Klawerhof se dinee was ons toe al lankal ’n “item”. Ons plan was (en ek het nog die uitgewerkte tydlyn wat ons in November in die Bib sit en teken het) om sewe jaar later, ná my studie as predikant, te trou. Onnodig om te sê: dié tydlyn het snel verkort, en ons is in Oktober van ons tweede jaar (1971) verloof, en twee jaar later, in Maart 1973 (toe ek SR-voorsitter was) getroud. Vanjaar sal ons dus DV ons 44ste troudag vier! Die res van die beplande en biddende tydlyn het uitgekom soos beplan: vier kinders en al – selfs met die beplande tussenposes! 3.) Beplan prof iets spesiaals vir Valentynsdag? Ek kan maar net nie vat kry aan hierdie tipe “ingevoerde” dae nie. Elke dag is ’n vreugde liefdesdag vir my en my Sôn-bruid, soos ek Sunette noem. Daarom bly ons by ons ou gebruik: ons het drie “Valentynsdae”: Sunette se verjaarsdag (26 Maart), ons troudag (31 Maart 1973) en my verjaarsdag. 4.) Wat is die fondasie van prof se huwelik? Ons huweliks-leuse: “Ek is joune, jy is myne – omdat Christus ons syne


Wapad

14 Februarie 2017 Leefstyl

Leefstyl

7

Your brain works better in a coffee shop Marné Coetzee

I

@marnhey_

f there is one thing Potchefstroom has enough of it surely is coffee shops, and now there is one more reason for you to visit your favourite one more frequently. Scientists have discovered that studying or doing assignments in coffee shops may result in more productivity than in regular study environments. The ambient sounds generated by a coffee shop, such as the chattering of people and rattling of cutlery, could enhance your performance in tasks like problem solving and creative thinking. Researchers at the University of Illinois conducted an experiment by exposing participants to various background noises whilst the participants were brainstorming ideas for a new product. Researchers found that participants exposed to the background noise of a coffee shop performed better than those exposed to quieter and louder background noises. According to Dr Ravi Mehta, an assistant professor of business administration at the University of Illinois, extreme quiet spaces tend to sharpen your focus and therefore prevent you from thinking abstract

FOTO: ALTA GRUNDLINGH

A group of students studying in the Ferdinand Postma Library’s coffee shop – Ferdi’s.

and creatively. Dr Metha further said that “the ambient noise of a coffee shop only stimulates the creative and problem solving parts of your brain and that more focused

tasks should be conducted in quieter spaces”. Not only will the environment of a coffee shop enhance your productivity but the caffeine

itself has been proved to enhance alertness as well as identifying words and phrases quicker. Keep in mind that too much caffeine may lead to more harm than good.

So next time you have an assignment due, consider doing it in the comfort of a coffee shop, it might just improve your productivity.

Top kuierplekke: raad van die ouer garde se (voor)keure en geure Carien Wassermann @ankie111

W

anneer dit kom by kuier is daar maar min wat jy ’n student op die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus kan leer. Van Impala tot Bourbons is daar ’n groot verskeidenheid plekke waar die studente kan kuier. Aandag eerstejaars – advies vanaf die ouer garde: Jane Fourie, ’n tweedejaar in BCom kommunikasiebestuur en sielkunde, het gesê vir haar “is Bourbons die lekkerste kuierplek. Dit is op die Bult en jy kan lekker saam met jou vriende kuier.” Een van Cara Britz, ’n tweedejaar BA tale student, se top kuierplekke is ook Bourbons. Met ’n kuierplek gaan daar dikwels… interessante badkameromstandighede gepaard. Wat geriewe van dié spesifieke

FOTO: NERINE SWANEPOEL

kuierplek betref, het Fourie gesê: “Die hoofbadkamer in Bourbons se ligte werk soms nie so dis pikdonker, maar taamlik skoon.” Later in die aand stel sy egter voor dat jy liewer na een van die kleiner

badkamers toe gaan omdat die hoof een vuil gaan wees. Banini Sekori, ’n tweedejaar in B.Ing meganiese ingenieurswese, vermy oor die algemeen kuierplekke. Sy advies aan

eerstejaars: “Moet eerder nie gaan kuier nie, fokus op jou studies.” Vir die student wat, soos Sekori, nie juis kuier nie, bied plekke soos Die Mystic Boer en Music Café ’n verskeidenheid van pizza’s met die

opsie van pool saam met vriende. Vir Antonise Dewet, ’n tweedejaar in BA kommunikasie, is MVG die veiligste en lekkerste omdat dit beide ’n klub en ’n gesellige plek om saam met vriende te sit en kuier is. Dit voel vir haar “veilig omdat dit op die Bult en naby aan kampus en studenteverblyf is”. Dewan de Villiers, ’n tweedejaar B.Ed onderwysstudent, “verkies MVG” want dit val in by sy musiek smaak. Hy “hou ook van vasdans” wat Impala vir hom ’n gunsteling maak. Nog ’n sit-en-kuier plek is Texas Saloon. Vir die wat nie hou van dans nie, is hierdie ’n opsie om te oorweeg. Vir diegene wat ’n speletjie soos beerpong verkies, is Gecko’s ook natuurlik daar. Onthou om die maatjie saam te vat wat more ’n rowwe dag het – hy/sy kan aangewys word as die nugter bestuurder.

Die Bult se nuwe lipleklekker toevoeging – Fat Cake City Nerine Swanepoel @hahablessmysoul

Die tradisionele, SuidAfrikaanse lipleklekker vetkoeke is nou permanent op die Bult. Die verskeidenheid wissel van vis en russians tot vetkoek. Watter student sal nou nie so ’n

winskopie wil hê waar jy vir onder R50 ’n koeldrank, ’n vetkoekburger en skyfies kan koop nie? Met ’n groot variasie russians en Weense worsies is dit onmoontlik om daar verby te loop sonder dat jou mond water. Talle vullende kombinasies is beskikbaar wat nie jou spaarblikkie sal aantas nie. Eienaar, Alex Cardo,

het gesê dat een van die beste verkopers ’n chip-roll is, “dit is basies ’n vetkoek met slaptjips en sous daarop”. Hy het ook gesê dat die vetkoekburger sy gunsteling is. Strydom Terblanche, Honneursstudent in BCom bestuursrekeningkunde, het gesê “die chip-roll is verskriklik lekker, vullend en boonop goedkoop”.

Janri Bosman, ’n tweedejaar BA rekreasiekunde en toerismebestuur student het gesê Fat Cake City se “slaptjips is die beste op die Bult!” Vergeet van olierige vetkoeke want Cardo dring aan dat die vetkoeke wat hy verkoop glad nie olierig is nie en dat jy altyd met ’n glimlag gehelp sal word deur sy personeel.

Spaar gerus jou kuier kleingeld en maak jou spaarblikkie vol vir die tradisionele smaak van ’n vetkoek bederf. Hierdie nuwe toevoeging kan tussen iFix en Wimpy op die Bult gevind word – jy kan dit nie misloop nie.


Wapad

14 Februarie 2017 Leefstyl

8

LAN-toernooie 2017 – groot verwagtinge Marné Coetzee @marnhey_

D

ie afgelope paar jaar het kompeterende e-sporte al hoe gewilder begin word, nie net oor die wêreld nie maar ook op ons eie kampus. Talle koshuisstudente het onlangs in die gemak van hul koshuiskamers teen mekaar gekompeteer om as beste LAN-span op kampus bekend te staan.

Dit blyk dat e-sporte ’n belowende toekoms op die kampus inhou. Hierdie LAN-toernooi het plaasgevind vanaf 6 tot 9 Februarie. Van Maandag tot Woensdag het verskeie spanne deelgeneem aan ’n Counter-Strike: Global Offense league. Daarna het slegs ’n hand vol spelers Woensdag en Donderdag aan Dota 2, deelgeneem. Veritas het uitgetree in die eersteplek in beide die Counter-Strike en Dota toernooie. Alhoewel hierdie toernooi na die groter LAN-toernooi lei, wat 18 Mei in die Alumni saal plaasvind, was daar steeds groot pryse op die spel. Die pryse het kaartjies na Rage Expo ingesluit, wat Oktobermaand in Johannesburg plaasvind, asook talle voordele by die groot kampus LAN-byeenkoms. Die organiseerders van hierdie toernooi, die Media en

FOTO: MARNÉ COETZEE

Heike Oberholzer oefen hard vir al die LAN-toernooie wat voorlê.

Kommunikasie Uitvoerende Komitee (MEK: UK), beoog om professionele spelers te werf wat uiteindelik nasionaal gaan kompeteer. ’n NWU-Puk-span is reeds ingeskryf om in ’n CounterStrike: Global Offense toernooi te kompeteer. Die span bestaan uit studente van verskillende koshuise

waaronder Excelsior en Veritas ook is. Alhoewel hierdie span nog nie amptelik die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus verteenwoordig nie beplan hulle om teen ander universiteite te kompeteer in die toekoms. Daar vind binnekort ’n toernooi tussen hierdie span en ’n span van die

Universiteit van Pretoria (UP) plaas. Een van die organiseerders, Heike Oberholzer, is baie opgewonde oor wat die toekoms van e-sporte inhou. “Ek wil graag hê dat die NWU-Puk gaming as ’n sport moet herken omdat spanne saam oefen vir ure aanmekaar en dan kompeteer teen ander spanne,” het Oberholzer gesê.

Dit blyk dat e-sporte ’n belowende toekoms op die kampus inhou as ’n kompeterende sport en hopelik kan studente eendag uitsien na ’n span wat die NWU-Puk verteenwoordig.

Eerstejaarsindroom affekteer meer en meer studente NJ Gelderman @GeldermanNJ

Januarie staan wêreldwyd bekend as die maand van verandering en vernuwing. Hierdie stelling word bevestig deur die gesegdes, of altans, clichés soos die volgende: “new year, new me” of “ek voel goed oor hierdie jaar” en die mees bekende openbaring, “ek gaan sommer dadelik my gym-lidmaatskap hernu”. Aan diegene wat só ver gekom om wéér aan te sluit by die gym, ek haal my hoed af en hoop van harte dat julle alle fiksheid verwante drome verwesenlik. Vir die res van die luiaards en leeglêers (myself ingesluit) moet daar dringend aan alternatiewe maniere gedink word om ’n gesonde leefstyl te handhaaf. Sean-Douglas Knipe, ’n derdejaar BCom bestuursrekeningkunde student, is van mening dat ’n swak dieet en ’n tekort aan oefening nié die bepalende faktor in studente se gewigprobleme is nie. “Dis danksy die spanning van studies

en onbillike volumes leerwerk dat studente se imuunstelsel gëaffekteer word,” het Knipe gesê. Daarteenoor het Dr Tim Noakes, die wêreldberoemde dieetkundige, in ’n onlangse onderhoud met Dr Susann Kraeftner, beraam dat die oorgrote meerderheid van moderne siektes hul ontstaan het te danke aan ’n ongesonde dieet wat lei tot gewigsprobleme: “80% of all illnesses are caused by diet.” Wapad het in ’n onlangse onderhoud met die eienares van The Connoisseur, ’n bekende spysenieringbesigheid in die Suide van Johannesburg, gesels om meer uit te vind oor gesonde, bekostigbare dieetplanne vir studente. “Daar is talle resepte waarvan studente gebruik kan maak wat vinning en maklik voorberei kan word, sonder om die bankbalans té seer te maak,” het sy gesê. Hiermee dan – twee eenvoudige, gesonde resepte wat selfs in jou koshuiskamer gemaak kan word. Hoender- en pynappelslaai • Gaar hoenderborsies

Your Gig Guide for fun filled procrastination: 14 Feb Liefde Wen Valentynsdag Show: Snowflake Potchefstroom 15 Feb Dewald Wasserfall: Snowflake Potchefstroom 16 Feb Birthday Bash with TiMO ODV: Club MVG 25 Feb Twin Oaks Kuns en Kos Mark: Twin Oaks Organiese plaas en restaurant 4 Mrt CANSA Relay for Life: Fanie du Toit Sportsterrein 4 Mrt Blomtrein: The Beer Factori Klerksdorp

• Opgekapte pynappel • Cocktail tamaties • Mayonnaise (Griekse jogurt vir die gesonder alternatief) • Vars suurlemoensap Die voordeel van hierdie resep is dat dit in grootmaat voor die tyd gemaak kan word sodat dit genoeg vir die hele week kan wees. Alle bestanddele is teen bekostigbare pryse beskikbaar in Potchefstroom, óf as die kuns van kosmaak jou ontwyk kan jy vir iemand anders vra om die hoender vooraf vir jou gaar te maak en dit net vries. Tamatie- en basiliekruid slaai • Basiliekruid – (Basil) is uiters bekostigbare kruie en gee ’n peperrige smaak aan enige dis • Cocktail tamaties • Sout • Peper • Vars suurlemoen Ander moontlike bestandele: • Fetakaas • Appels/druiwe • Balsamiese asyn • Neute van jou keuse Hierdie is ’n vinnige en gerieflike slaai vir die warm Potchefstroomse somers. Dit is boonop gesond en dien as goeie bron van ’n wye verskeidenheid voedingswaardes.

Daar is talle resepte waarvan studente gebruik kan maak wat vinning en maklik voorberei kan word, sonder om die bankbalans té seer te maak.


9

Wapad

Wapad

Redaksioneel

Hoofredaksie

HOOFREDAKTEUR: Heinz Schoeman-Struwig NUUSREDAKTEUR: Linzetta Calitz KUNS-, VERMAAK- EN LEEFSTYLREDAKTEUR: Annemarie Hoogenboezem FOTOREDAKTEUR: Marianne Steyn TEKSREDAKTEUR: Colette Combrink SOSIALEMEDIA-BESTUURDER: Marné Coetzee

Valentynsdag, Trump, en Fika-Teddie Welkom by ons Wapad Valentynsdag-uitgawe. Ons hoop jy vind dit soos jou eksmeisie doen: oulikies. Ons het probeer om ’n balans te vind tussen liefde vir ’n ‘Sônbruid’ (soos prof Fika sy vrou noem op bladsy 6) en mense wat ‘anders’ oor Valentynsdag voel (10 dinge, bladsy 2). Ons vind dat mense wat nie “in liefde glo nie”, net liefde nooit ervaar het nie – dalk kies jy om ’n koue hart te hê, dalk het jy

ADVERTEER BY ONS: E-pos wapad@nwu.ac.za of bel 083 284 1100 WAPAD-KANTOOR: 018 299 2875 FACEBOOK: www.facebook.com/Wapad TWITTER EN INSTRAGRAM: @NWUWapad Het jy iets om te sê? Skryf vir ons en stuur dit aan wapad@nwu.ac.za. Dalk verskyn jy in die volgende Wapad. Die volgende uitgawe verskyn eers in Maart aangesien Wapad nuwe lede gaan oplei en aan die span se struktuur verander. Tot dan, besoek ons Facebook-blad vir die varste nuus en lekker leesgoed.

Maanskyn en rose, of sonskyn en blose

VS.

daddy-issues, hey miskien is jy in ’n verhouding wat nie op daardie tipe liefde gebaseer is nie. Ons oordeel nie. Gepraat van liefde, ons het baie terugvoer op die Trump opiniestuk in ons vorige uitgawe gekry, hoewel die bladsy “20 Oktober 2016” sê. Jammer daaroor. Ons hou daarvan dat diskoers geskep word, veral rondom politieke sake. Verwag nog ‘n brief oor dié saak in die volgende

@ingeame12

S

onneblom-tipe-liefde: as jy in die sonlig van ’n opregte persoon se teenwoordigheid kom, dan sal jy innerlik blom – nie verlep nie. Ja – ek is wel vír ’n verhouding – maar slegs as dit in waarheid en waardevolle beginsels geanker is. Ek raak ook gelukkig as ek aan ’n piekniek onder die sterre dink en om my hart se geheime met ’n sekere “iemand” te deel, maar die liefde het vir my ’n dieper betekenis as net die bollemakiesies wat ek soms in my maag voel.

Linzetta Calitz @LinzettaC

O

Ander mense se liefdesuksesstories is seker ’n rede vir optimisme. Soos voorheen genoemde sonneblomme draai hulle altyd na die lig. Om ’n sonneblom te wees kom egter nie natuurlik vir almal nie. Sonder ’n filter kan die son maar bítter skerp wees. Wat natuurlik nie ander van hulle sonskyn moet ontneem nie. As jy ’n sterk, sonliefhebbende vel het, kry gerus vir jou – die ligsku-nasie hoop werklik nie jy brand nie. Niemand hou van of wens brand vir ander nie. Werklike optimisme kan ook wees as gevolg van ’n gebrek aan ’n liefdesteleurstelling of twee of drie. Dis mos maklik om te sê “ek sal nie só wees of só reageer nie”. Tot hulle vir jou daardie situasie se skoene gee – jou voete én jy sal dan eers verstaan. Nietemin is dit op ’n manier makliker om aan die hele “ware liefde” ding te glo as iemand jou nog nie persoonlik die teendeel bewys het nie. Dit is ook dan weer waar die sinisme kan inskop. Party verhouding-mense het só baie issues. Dis wanneer mens dink, maar, lós net die mens? En: “Sal dit nie maar net beter wees om alleen te bly nie?

Bloot omdat ek in ’n onselfsugtige tipe liefde glo. Vir my gaan die liefde oor iemand wat ’n besluit maak om ’n ander persoon in liefde te respekteer en by te staan.

Inge-Amé Schoeman.

mekaar nie (’n ander persoon kan dus nie die rede vir jou persoonlike geluk wees nie, maar hy/sy kan bydra tot jou geluk). Iewers langs die pad het ons onsself met ander paartjies begin vergelyk. Ons het flieks gekyk en gedink: “Dis die tipe ou/meisie wat ek wil hê en al kry ek hoe seer, ek sal sterk genoeg wees om dit te hanteer.” Die teendeel is egter die waarheid: die liefde maak nie seer nie; dit herstel en bring lewe. “Die liefde is geduldig en vriendelik, die liefde is nie jaloers nie, die liefde blaas nie sy eie beuel nie, is nie vol van homself nie. Dit tree nie onwaardig op nie, stel nie sy eie belange voorop nie, is nie kort van draad nie, hou nie boek van die kwaad wat hom aangedoen word nie” – (1 Korintiërs 13:4-5). Nog ’n wonderlike eienskap van ware liefde is dat dit nooit te laat

is om dit te ervaar nie. Jou hart se grond kan weer omgespit word en jy kan met die nodige sorg, ’n landery vol sonneblomme laat opkom – so baie dat jy genoeg sal hê om vir jou medemens ook lief te wees en om hul te aanvaar vir wié hulle is. Ek weet goed ons is immers nie volmaak nie, maar ek glo as ons ons oë op die Een plaas wat Liefde is, dan sal Hy ons leer hoe om ons kêrel/nooi met ’n outentieke liefde, lief te hê. Ten slotte, my filosofie in die lewe bestaan uit die volgende: ek kan geen ander persoon met oorgawe en totale opregtheid lief hê nie, tensy die God van liefde in my woon. Deur Sy krag het ons die vermoë om in ’n volwasse en gesonde verhouding met iemand anders te wees; in ons eie krag vaar ons dalk nie te goed nie.

uitgawe. In nog ’n episode van liefde, is daar heelwat prof teddieFika in dié uitgawe. Die ding is, hy is net so cute. As ek vir iemand ’n teddie sou koop op Valentynsdag sou dit ’n Fikareplika wees.

Tot volgende keer. xoxo LaventelHeinz en span

Liefde uit liefdelose oë ptimisme, sinisme, realisme. Vir iemand wat nog nooit juis ’n rol gespeel het van die hele “langtermynverhouding storie” nie, is dit redelik eenvoudig om enigeen van daardie benaderings te hê wanneer dit by liefde kom.

Inge-Amé Schoeman

Ek dink mens kan maklik in ’n impulsiewe reistog van die liefde beland, terwyl ons dalk so bietjie terug moet staan en ’n belangrike vraag vra: is dit goed vir my hart? As dit die geval is, sal jy in goeie “grond” geplant wees en die verhouding sal sonneblomme produseer – nie onkruid nie. Verkeerde verhoudings veroorsaak dat baie mense hul harte prysgee. ’n Prys wat te duur is om weg te gee, daarom moet ons soek vir die regte sonneblomsaadjie. Bloot omdat ek in ’n onselfsugtige tipe liefde glo. Vir my gaan die liefde oor iemand wat ’n besluit maak om ’n ander persoon in liefde te respekteer en by te staan (maar om ook eerste seker te maak dié persoon behandel jou met die nodige respek wat jy verdien). ’n Verhouding moet nie oor verkeerde intensies en verskuilde motiewe gaan nie – ook nie oor vervulling nie. Ek glo in ’n gesonde verhouding vul twee mense mekaar aan, maar hul vervul nie

Redaksioneel 14 Februarie 2017

Linzetta Calitz.

Soveel minder moeite.” Weereens die hele loop-’n-myl-in-ander-se-skoene storie, maar soos Kings of Leon gesê het, na die myl in jou skoene, is ek ’n myl weg en jy sonder skoene. ’n Realis benader die liefde moontlik meer kop eerste as hart. Jy weeg die goeie en slegte eienskappe van ’n persoon op en besluit daarvolgens of jy daarvoor kans sien. Indien nie, los dit net daar en spaar die arme siel potensiële seerkry. As jy dit nie êrens heen sien gaan nie, why bother? Dis nie eers noodwendig ’n geval van “kry jou hande van iemand anders se toekoms af” nie, dink aan joune. Wil jy regtig iemand net vir ’n rukkie van jou toekoms daar hê? As die antwoord ja is, wel, maak dan ten minste net seker albei partye is op dieselfde bladsy van die ooreenkoms. Dis seker verstaanbaar – net soos die verhouding issues het van die enkellopendes maar soms ’n paar commitment issues. Dit beteken egter nie hulle wil totaal alleen wees nie. Sorg dan net vir twee partye met ’n gelyke hoeveelheid “probleme” en onafhanklikheid. Hou in gedagte, uiterstes is selde ’n goeie ding. ’n Mengsel van realisme, sinisme en optimisme sal (moontlik) sorg vir ’n gesonde hoeveelheid versigtigheid, maar ook nie die opsie van ’n kans waag heeltemal weggooi nie. Dit kan ook natuurlik in ’n stukkie mens ontaard wat pro alleenloperonafhanklikheid en anti-romantiese liefde is, maar dis ook oukei.


14 Februarie 2017 Redaksioneel

President Trump: a recipe for disaster Shaun Frazao, is an alumni of the NWU School of Communication Studies and currently works as Research and Insights Executive at SPACEgrow Media, an integrated communications agency in Johannesburg.

W

ith the first month of the Trump presidency almost behind us, it is time for Trump optimists to wake up to the actual facts (not the ‘alternative’ ones). Within month one of the Trump nation, he already has a favourable rating of 32 %, the lowest of any incoming president in two decades. There are however still people out there who would come to the defence of this abhorrent man. Trying to normalise Trump is not only disingenuous but also very dangerous. Here are some reasons as to why that is: Donald Trump, along with his Press Secretary, Sean Spicer, and Counsellor, Kellyanne Conway, has a total disregard for the truth. It is alarming that the president of the

United States can blatantly lie to the public, whether it is about the crowd size of his inauguration, the effect of climate change, or making up fake stories about voter fraud. In addition to this, President Trump antagonises the media who calls him out on his inaccuracies, and the worst part is, his gullible supporters believe him.

Trump and Trump supporters hide behind the excuse of intolerance from liberals who refuse to respect their conservative opinions.

The main stream media is constantly being blasted as liberally biased even despite findings of websites like Politifact.com indicating accurate

reporting. Facts to tend to have a liberal bias. If the media can be blamed for anything, it is for creating false equivalencies that made it possible

Love, care and big natural hair Tyrah Jacobs @JacobsTyrah

G

rowing up with thick and big natural hair that stood out was kind of tough, but looking back I do not regret loving, caring and wearing my natural hair proudly. Natural hair, also known as an afro, is usually worn by people with a kinky hair texture. It is created by combing the hair away from the scalp with what is locally known as an afro comb, because African hair is very fragile. The hair then appears to be round like a cloud or ball, or something similar. Gels, creams or liquids can help to enhance the afro and even solidify it. It mostly depends on one’s hair texture. My hair texture is very soft, stretchy and stringy as well. At a young age products were used to straighten my hair. Later in life I realised that is was done for me to fit into society – it was almost used as a camouflage to fit in. My hair is often

My natural hair is a manifestation of my cultural and (very blended) family background. described as messy, huge, outrageous, unprofessional, and all over the place, but the truth is my hair just wants to breathe a little. Natural hair has a long history that is still paving a way for my natural hair today. My natural hair is a manifestation of my cultural and (very blended) family background. Instead of being ashamed of it, we need to teach and empower young girls to be proud of their African hair, although

natural hair can become a nuisance sometimes – and not only to me, but to the people around me as well and is much harder to maintain than braided hair. Whatever your hair looks like – it is time we stop trying to fit in and wear our lovely hair, big or small, proudly.

to compare an email scandal from Clinton with disgusting behaviour from Trump. Trump and Trump supporters hide behind the excuse of intolerance from liberals who refuse to respect their conservative opinions. The irony is that Trump has total disdain for rights of minorities, Muslims, the LGBTQI+ community and women. Trump is praised by Evangelicals to be principled. The hypocrisy however, lies within him proclaiming that no one knows the Bible better than he does whilst also bragging about being able to grab women by their genitals. Trump and Republicans believe that government should be very limited especially when it comes to economic regulations, fire weapons and religion, but apparently they don’t apply the same principle to women’s rights, marijuana, or LGBTQI+ marriages. During his campaign he made a bunch of horrible promises ranging from building the “Mexican Wall: to implementing a “Muslim Ban”. However, one of his more popular

Wapad 10

promises was “draining the swamp” by removing the influence of Wall Street from Washington DC, in fact, it was his biggest argument against electing Hillary Clinton. This promise of his didn’t last long when he nominated several Wall Street CEO’s and lawyers to serve on his cabinet. Furthermore, he nominated a woman with no education experience to be Education Secretary, resident rich idiot, Betsy Devos. His cabinet and executive team is laced with civil right deniers who have ties to various racist organisations. The average middle class white Midwestern voter was supposedly the base Trump would empower by bringing back manufacturing jobs to America. But he already signed an executive order that would deregulate Wall Street, making it easy for corporations to take advantage of the very base he stated he would empower and protect. He defunded planned parenthood, which means for example teenage girls who get raped won’t have access to any abortion options and other birth-related assistance. He doesn’t believe that women should earn the same amount of money as men, and his “Muslim Ban” is sending Syrian children back to the very country that killed their parents. And on top of everything, he appoints a Vice-President that believes gay people can be “made straight” by means of shock therapy. His famous racist remarks against Mexicans is only aggravated by him refusing to distance himself from support by Klux Klax Klan leader, David Duke. He uses fear to foster hate against people who practice Islamic faith, despite the fact that research has shown that refugees don’t contribute to crime and terrorism, but rather advances the economy. Include factors like antiglobalisation, idiotic tweets, shady business deals and the emotional intelligence of a 5-year-old and the Trump presidency is a recipe for extreme disaster and repercussion. Hold on tight, because the world is in for a bumpy four years.

Wapad se Gekkedag-grap Walter Doubell, is alumni van die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus.

Ek glo die artikel op bladsy 10 van die 2 Februarie 2017 uitgawe van Wapad is puik. Dit is die beste Gekkedag-grap in baie jare. Juffrou Hoogenboezem moet gekomplimenteer word vir die kreatiewe gebruik van hiperbool en die satiriese manier wat sy te werk gaan met die Trump post-waarhede.

Dit is die beste afranseling wat ek al van Trump gesien het. Die artikel is genuanseerd en meer subtiel as om bloot te sê dat Trump niks meer is as die Zuma van die VSA, behalwe vir sy mismaakte kapsel. Net ’n wenk vir die Wapad redaksie. As julle die grap volledig wil laat slaag, sorg dat daar nie leidrade gelaat word wat die leser ’n aanduiding sal gee dat dit wel ’n grap is nie. Soos om die datum op bladsy 10 van die 2 Februarie 2017 uitgawe as 20 Oktober 2016 aan te dui. Dankie en geluk met ’n puik berig.

Antwoord op brief: Wapad se Gekkedag-grap: Dankie vir u terugvoer, mnr Doubell. Dit voel dikwels vir ons joernaliste of ons net oor ’n afgrond ons pleidooie uit basuin vir geen oor om te hoor nie. Dit spyt my om u in te lig dat gekkedag wel nog voorlê. En dit grief my verder om te verneem dat my poging om balans te herstel in die mediawêreld nie geslaagd was in u interpretasie nie. Elkeen is geregtig op sy opinie. Hiermee vra ek dan ook mildelik om verskoning vir die blaps begaan in terme van die datum aangebring op die gegewe bladsy. Dit is so dat

ons publikasie gedurende die vroeë oggendure van naweke uitgelê word deur ’n klein spannetjie bogemiddeld intelligente studente wat graag ag slaan op ons inhoud, só bly fyner detail soms in die slag. Ons skuif graag ons akademie opsy en baar hierdie publikasie teen geen ekstra vergoeding behalwe die verslawende geur van drukkersink op koerantpapier. Maar helaas, die drukkersduiwel laat geen publikasie ongeskonde. Groete Annemarie Hoogenboezem, skrywer van die bogenoemde berig.


14 Februarie 2017 Sport

Wapad

Die NWU-Puk se Jimmy Mpailane in aksie.

11

FOTO: SASPA

Rudolph lei sy span na oorwinning Kaptein Jeandré Rudolph druk twee drieë vir sy span en verseker hulle van ’n bonuspunt Kristien Kruger

O

@kris10.kruger

p Maandag, 6 Februarie, het meer as 5 000 ondersteuners na die Fanie du Toit sportgronde gestroom om te kyk hoe die NWU-Pukke in hulle wedstryd teen die NMMU Madibaz vaar. Die NWU-Puk het reeds in die

eerste drie minute van die wedstryd hulle voorsprong verseker nadat ʼn strafskop aan hulle toegeken is as gevolg van die opponente wat onkant gevang was. Die haker, Wilmar Arnoldi, het sy vierde drie in die Varsity Cup toernooi gedruk en met nog ’n oorskop deur die losskakel Schalk Hugo het die Pukke met 10 punte voorgeloop.

Elden Schoeman van Veritasmanskoshuis was die volgende om oor die lyn te duik en die voorsprong verder te vergroot om ’n halftyd telling van 17 – 0 te verseker. Na halftyd het die NWU-Pukke weer ’n strafskop ontvang om nóg drie punte by die totaal te voeg. Die Pukke het egter fokus verloor en Jimmy Mpailane was afgestuur

met ’n geelkaart as gevolg van ’n hoogvat. Die NMMU Madibaz het kans gekry om deur die verdediging te breek en die telling na 20 – 7 te neem. Uitstekende skopwerk van Schalk Hugo het in die laaste 10 minute weer 3 punte op die telbord gesit. Hierna het die kaptein en agtste man, Jeandré Rudolph, twee drieë

gedruk. Die laaste drie is deur Justin Newman, die nommer 23, opgestel nadat hy in die 74ste minuut teen die kantlyn afgehardloop het. Met ’n kort aangee is die bal in Rudolph se hande besorg wat die drie voltooi het en ook met hierdie drie ’n bonuspunt verseker het. Na nog ’n suksesvolle oorskop was die eindtelling 37 – 7 in die Pukke se guns.

FOTO’S: SASPA

Atletiek begin voorbereiding: Puk-atlete wys talent vroeg in seisoen Kristien Kruger @kris10.kruger

Op 7 Februarie, het Athletics Central North West (ACNW) hulle vierde weeklikse liga-byeenkoms aangebied. Hierdie byeenkomste gee aan internasionale en plaaslike atlete die geleentheid om volledig voor te berei vir die seisoen wat voorlê. Dit het gedrupreën deur die loop van die byeenkoms, maar ’n NWU-Puk atleet wat haar seisoen

goed afgeskop het, was Ariane Nel, ’n derdejaar BPharm student. Sy het die 200 meter en die 100 meter wedlope gewen. Sy het die 100 meter wedloop in ’n tyd van 11.98 sekondes gehardloop, wat ook nou haar nuwe persoonlike beste is. Nel het gesê dat die reën dit “baie moeilik maak om vinnig te hardloop, want [haar] spiere is nie warm nie,” en vrees daarom veral vir beserings. Sy lyk egter goed en daar word uitgesien na haar deelname in die 400 meter later

Hierdie byeenkomste gee aan internasionale en plaaslike atlete die geleentheid om volledig voor te berei vir die seisoen wat voorlê.

vanjaar. Jo-Ané van Dyk, ’n tweedejaar BSc dieetkunde student groot onder die NWU-Puk atlete, het ook aan die byeenkoms deelgeneem en slegs sewe meter onder haar persoonlike beste gegooi tydens die spiesgooi. Van Dyk het gesê sy geniet die byeenkomste baie maar dat dit “meer bemark” moet word. Met meer studente teenwoordig, sal daar ’n lekkerder atmosfeer wees. Die 100 meter manswedloop wat om agtuur die aand plaasgevind

het, is deur LeRoux van Tonder met ’n tyd van 10.63 sekondes gewen met Chederick kort op sy hakke in die tweede plek met ’n tyd van 10.73 sekondes. Ander atlete wat ook goed presteer het in die weersomstandighede is die 400 meter hekkies atleet van Namibië, Hardus Maritz, en Cynthia Tsetsewa. Maritz met ’n tyd van 51.42 sekondes en Tsetsewa wat die vroue wedloop met ’n tyd van 1:01:87 gewen het.


Sport 14 Februarie 2017

FOTO: SASPA

Die NWU-Pukke se krieketmanne kry ’n kans om die Varsity Krieket trofee op te lig.

Finale oorwinning vir NWU-Pukke Die NWU-Puk ontvang hul derde Varsity Sports trofee Colette Combrink @CombrinkColette

M

et ’n skare vol hoop en afwagting en krieketmanne wat hul harte uitspeel was dit hierdie jaar die NWU-Pukke se beurt om die Varsity Krieket trofee trots te kan lig. Hierdie oorwinning het op 4 Februarie teen UP-Tuks met vier paaltjies plaasgevind. Kaptein Wihan Lubbe het gesê dit was ’n groot eer om saam met sy span die beker op Senwes Park te ontvang. UP-Tuks het die loting gewen en gekies om eerste te kolf, moontlik om druk op die Pukke te plaas.

Die NWU-Pukke het egter vroeg deurbraak gemaak toe kaptein Lubbe in die derde boulbeurt met ’n uitmuntende vang die paaltjie van Donovan Ferreira (5) gevat het om UP-Tuks op 11-1 na 2.1 boulbeurte te los. Deur die PowerPlay het die NWUPukke se boulwerk UP-Tuks goed onder beheer gehou, met ’n tweede paaltjie, Tony de Zorzi, as beloning. Janneman Malan se uitstekende boulwerk het De Zorzi laat stap vir net een lopie. Kort daarna is Pillay (24) geboul en uitgevang deur Ruan Haasbroek wat die manne van UP-Tuks op 43-3 in die agtste boulbeurt gelos het. Nie lank nie en Haasbroek was

weer in aksie deur Migael Pretorius (12) uit te vang. Kort daarna het Lubbe die paaltjie van Kaber (12) geneem en was die besoekers op 68-5 na 12.1 boulbeurte. Die NWU-Puk manne het nie op hulle laat wag nie en die paaltjies begin inryg. Na ’n been voor paaltjie (BVP) wat Blake Schraader laat loop het nog voordat hy lopies kon aanteken, het UP-Tuks op 74-7 gestaan, aan die moeilike kant van die geveg. Dylan Matthews se paaltjie is laaste deur die paaltjiewagter, Edrich Lubbe, verseker. Dit het UP-Tuks met ’n eindtelling van 116-8 gelos. ’n Haalbare eindtelling om na te jaag, 117, het die NWU-Pukke vol

verwagting gelaat. Janneman Malan se paaltjie het egter vroeg in die wedstryd vir ’n skamele vier lopies gekantel. In die sesde boulbeurt het Schraader die groot paaltjie van Wihan Lubbe (19) gevat. Dit het die NWU-Pukke met ’n effens minder as verwagte 35-2 gelos. Na Shane Dadswell (8) en Marques Ackerman (29) van die veld af is, het die druk op die NWUPukke toegeneem. Hulle het die druk sleg hanteer en twee vinnige paaltjies, Ruan Haasbroek (10) en Lesego Senokwane (0), het geval. Die laaste ses boulbeurte het die skare op hulle voete gehad terwyl Edrich Lubbe en Jovaun van Wyngaardt sterk gestaan het vir die

Pukke. Met slegs 7 balle oor, het die NWU-Puk-manne die naelskraapse oorwinning deurgetrek. Die Pukke is amptelik die eerste span wat UP-Tuks kon oorwin om die Varsity Krieket trofee (uiteindelik) op te lig. Naas die kontantprys het die spelers die geleentheid om later dié jaar Suid-Afrika te verteenwoordig by die Red Bull Campus Cricket World Championships in Sri Lanka.

’n Paar uitblinkers: Steers kolwer van die wedstryd: Marques Ackerman (NWU-Pukke) FNB Bouler van die wedstryd: Wihan Lubbe (NWU-Pukke) Samsung Speler van die wedstryd: Wihan Lubbe (NWU-Pukke) Speler van die toernooi: Wihan Lubbe (NWU-Pukke)

Patria-manskoshuis – dié huis (en Roadshow) op kampus Kristien Kruger @kris10.kruger

“Die Patria trui van 2017 het nog nie ’n storie nie, maar hier is 25 ouens wat die penne het om daardie storie te gaan skryf. So boys, gaan skryf daardie storie.” Hierdie was die woorde van Jeandré Rudolph, kaptein van die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus (NWU-Puk) se Varsity Cup rugbyspan, en gas Donderdagaand, 9 Februarie, by Patria se Roadshow – een van dié funksies op die Puk. Hierdie geleentheid is geskep om

Patria se span, wat vir die vierde jaar in ’n ry aan die Steinhoff Koshuiskampioenskap deelneem, bekend te stel en ook die spelers voorspoed toe te wens. ’n Ander spreker by die geleentheid, Ajee Valentine, van Steinhoff International en ook oudinwoner van Patria Manskoshuis, het gesê dit is lekker om ’n draai te maak en “te kan sien hoe sterk is [hulle] geanker in [hulle] geloof, broederskap en tradisies”. Dit is vanjaar Armando van Wyk se eerste jaar in hierdie span en positiwiteit oorheers sy houding: “Ek dink ons gel nogal lekker saam.

Het jy sportnuus? Stuur ’n epos aan wapad@nwu.ac.za

Wapad

Dit gaan van [hulle] moeilikste games wees. Dis ’n baie jong span, baie nuwe span, so ek dink dit gaan interessant wees.

@NWUWapad

Ek sien net goeie goed kom,” het Van Wyk gesê. Oud-Patria primarius, Elric Pistorius, het gesê hy “dink dit gaan van [hulle] moeilikste games wees. Dis ’n baie jong span, baie nuwe span, so ek dink dit gaan interessant wees.” Ten spyte van die nuwe elemente, hoop hulle steeds om te wen. Volgens Hendrik du Plessis, kaptein van Steinhoff Patria, is daar wedersydse respek tussen hom en sy spanmaats – iets wat belangrik is in enige span. Oor die jonges het hy gesê: “Die jonges is daar vir ’n rede, hulle verdien om daar te wees. Dit

@NWUWapad

gaan verseker ’n invloed hê, maar ek dink op die ou einde baie beter as sleg.” Patria se eerste wedstryd het Maandag, 13 Februarie, afgeskop teen Steinhoff Helderberg (Maties) by die Danie Craven Stadium in Stellenbosch. Rondte twee is 20 Februarie op ons tuisveld. Patria kom dan teen die Steinhoff Rhinos (CUT) te staan. In prof Fika Janse van Rensburg se woorde: “Die hele NWU is agter Patria.”


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.