Tygerburger Brackenfell 8 Mei 2013

Page 5

NUUS NEWS

TYGERBURGER | BRACKENFELL Woensdag, 8 Mei 2013

Sakesektor praat oor begroting DESIREÉ RORKE Die munisipale begroting sal vandeesmaand die brandpunt van bespreking onder lede van die Okavango-sakekamer wees. Volgens raadslid Marian Nieuwoudt is die doel van die bespreking om ’n forum te skep waar die sakesektor en beleggers in gesprek tree met deskundiges oor die invloed en gevolge van die begroting op hulle ondernemings. Op 29 Mei sal daar ’n dinee plaasvind by die Kuilsrivier-gholfklub, waar Johan Steyl van die Stad Kaapstad ’n oorsig sal gee oor die begroting. Daarna sal ’n paneel van deskundiges, bestaande uit dr. Musa Shezi, prof. Erwin Schwella, Gerald Smit en Piet Badenhorst, die begroting uit verskillende hoeke ont-

leed en vrae beantwoord. Hardus Zevenster van Radio Tygerberg is die programleier. “Die geleentheid sal deel vorm van die proses om die gemeenskap in wyk 8 te bemagtig om hul demokratiese reg tot deelname en insette uit te oefen, sê Nieuwoudt. Volgens haar hoef inwoners nie ’n “slagoffer-ingesteldheid” te beleef as hul hulself organiseer en toerus nie. “Ek hoop regtig die sakesektor en elke inwoner gebruik die geleentheid om hul stem te laat hoor. Veral met die oog daarop dat voorbereidings reeds getref word vir die volgende ronde van deelname in die opstel van die GOP (Stad Kaapstad se geïntegreerde ontwikkelingsplan),”sê sy. Die geleentheid neem die vorm van ’n formele aandete aan en koste is R200 per persoon. V Skakel 084 224 0023 of 082 904 5997 om te bespreek.

Help police solve cases The Kraaifontein police station is looking for help from the community to help solve two cases. On 4 March at approximately 00:50 the Kraaifontein police responded to an accident on the off-ramp to the N1. On the scene the police officers found the body of a man with multiple injuries. His death was caused by a collision with a vehicle. The deceased is approximately in his mid-twenties. Police are struggling to identify the victim. A culpable homicide case is open. The police are urging witnesses to come forward with information. They can contact Detective Sergeant El-

ton Luyt at Kraaifontein police station on 021 980 5500 or on 071 676 8510. On 25 March 2013 at approximately 04:10 the Kraaifontein police were called to another accident where a woman was rammed by a bus at the down-ramp to Cape Town on the Brighton Road Bridge. When the Kraaifontein police officers arrived, the woman had already died due to multiple injuries sustained. A culpable homicide case is open. Police are struggling to identify the woman and are urging any to come forwad with pertinent information. Witnesses can contact Detective Sergeant Elton Luyt at Kraaifontein police on 021 980 5500 or on 071 676 8510. Call Crime Stop on 10111.

Tuinstyle bespreek Daar sal ’n vergadering van die Tygerbergse tuin- en blommeklub op Woensdag 15 Mei wees. Brenda Eksteen sal die gasspreker wees. By dieselfde geleentheid sal jy meer

hoor oor potte en tuinstyle van Petro Jacobs. Die verrigtinge begin om 10:00 in die NG kerk-saal in Meathstraat in Bellville-Noord. Alle belangstellendes is welkom. V Vir meer inligting, skakel Frances van der Merwe by 021 558 8309.

5


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.