ProAgri

Page 25

Hulpbronbestuur lke plaas het ’n woonhuis of dalk twee en ’n hele klompie buitegeboue wat doelmatig en kragslim opgerig en ingerig kan word. Dis lonend vir ’n boer wat nuwe geboue oprig om kennis te hê oor kragslim-ontwerp, of om te weet by wie om aan te klop. Dit gaan nie net oor kostedoeltreffende boumetodes nie, maar ook doelmatige ontwerp, sodat dit werklik funksioneel is en hopelik ook esteties aanvaarbaar. Iets wat regtig mooi is, werk ook die meeste van die tyd goed, en omgekeerd. Boere kan ook maar gerus kennis neem van die nuwe bouwet SANS 10 400 wat geld tot op die mees afgeleë plaas, met die goeie oogmerk om die koolstof-voetspoor op ons planeet te help bekamp. Suid-Afrika het die Kyoto-protokol onderteken, en elke beskaafde, ingeligte mens sal ook poog om hierdie etiese oogmerke te help behaal. Iets oor doelmatigheid: Verby is die dae dat ’n boer ’n nuwe gebou, sonder ’n goeie plan, sommer net so aftree en vir ingeval, ’n tree of wat bylas. En om ’n plan sommer op die kombuistafel op te trek met pen en liniaal, is ook taboe; dit gaan jou kos! Nes jy nie jou mangels of blindederm deur die slagter laat uithaal nie, maar ’n goeie snydokter verkies, is dit raadsaam om ’n goeie argitek se dienste te bekom om vir jou projek planne voor te berei. Dit moet prakties goed werk en veral as daar na uitvoerregulasies gekyk word, moet dit aan al die nodige standaarde voldoen. Onlangs vra ’n boer ons hulp want hy sukkel om sy skape te doseer en te sorteer met die min arbeid tot sy beskikking. Na bietjie kopkrap en navorsing, het ons krale ontwerp waar hy saam met ’n werker of twee, sowat duisend skaap gemaklik kan hanteer. Ekonomies, sinvol en esteties aanvaarbaar, met herwonne materiaal. Net so vendusiekrale vir afslaers. Of die beplan-

E

Foto’s: John Strydom, Orania www.proagri.co.za

Geskryf deur Frans Joubert

Beplan en bou kragslim Op Orania word daar al meer van energie- en omgewingsvriendelike boumetodes gebruik gemaak, soos strooibaalhuise en selfs ’n aardskip waarvan die agtermuur van buitebande en afvalmateriaal gebou word. ning van ’n vrugtepakskuur met sorteertafels en vervoerbande. Die toerustingverskaffers se aanvanklike voorstelle sou aansienlik duurder wees. Argitekte is opgelei om in verskeie dimensies en dissiplines te dink en te ontwerp en hulle spesialisveld is fisiese beplanning. Lengte, breedte en hoogte is net die een dimensie van ruimte, en is daar nog vele soos ekonomie, ergonomie, klimaat, omgewingsfaktore soos toegang, topografie, heersende winde, oriëntasie en uitsig. Daar is ekologie saam met volhoubaarheid; konstruksie, struktuur, materiale, arbeid, estetika, behaaglikheid, dienste met betrekking tot water, riool, krag en verkoeling of verhitting, veiligheid, lewensduur en koolstofvoetspoor. Die nuwe bouwet vereis dat meer as die helfte van warmwater met ander metodes as elektriese elemente verwarm word, soos met hittepompe of sonwaterverhitters. Isolasie van geboue, behalwe van gewone skure, word streng voorgeskryf. Dis sinvol en nodig vir kragbesparing en behaaglikheid. Elektrisiteitsverbruik is voorgeskryf per oppervlakte van geboue volgens hulle klassifikasie in 19 kategorieë. Oorskrydings sal boetes en hoër tariewe tot gevolg hê. Eersdaags sal waterverbruik en hergebruik op die wetboeke wees; daarna herbenutting van boumateriaal of vol-

houbaarheid met benutting van wat plaaslik beskikbaar is, om werklik “groen” te kan bou. Deel daarvan is die gebruikmaking van son, wind, water en ander hulpbronne, ook om krag op te wek en te bespaar. Dit kos slim bou. Konvensionele boumetodes is nie noodwendig die antwoord nie. Stokou boumetodes kan saam met nuwe tegnologie, sinvolle en kostedoeltreffende oplossings bied. Op baie afgeleë plase kos dit meer om bakstene en ander materiaal aan te ry as wat die materiaal self kos. Sinkplaatdakke en staalraamwerk is algemeen vir plaasstrukture, maar daar is nuwe tegnologie en beter ontwerpe wat arbeid, vervoerkoste en materiaal kan bespaar. Mure kan selfs gebou word met strooibale, of gekompakteerde grond, of sandsakkies met bietjie sement of ander stabilisering; klip of klipkoffers, insitubeton, grond of modder; alles met moderne middels netjies afgewerk. Daar is vele alternatiewe boumetodes wat boukoste, tyd en geskoolde arbeid kan bespaar, en skadelike vrystellings beperk. Laat ’n kundige professionele argitek jou help om te bepaal watter materiaal in jou onmiddellike omgewing beskikbaar is, en jou help beplan. Dit sal jou meestal geld bespaar of waarde toevoeg. Goeie argitektuur en beplanning is ’n belegging! Frans Joubert is ’n professionele argitek en bekende gasspreker op Radio Pretoria. Hy het by die Kragdag wat op 23 Junie by Diamantvallei gehou is, ’n praatjie gelewer oor metodes om kragslim te ontwerp en te bou. Kontak Frans Joubert by 012-802-1401, 073-482-3295 of per e-pos: fransgj@gmail.com. ProAgri 150 – Augustus / August 2012

23


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.