Ons Kontrei - 2012-09-06

Page 2

2 * ONS KONTREI -7 SEPTEMBER 2012

Administrasie klerk ontvang matrieksertifikaat Foto: Mnr Cloete

Vriendelike padblokkade deur Kaptein Carin Coetzee

Clanwilliam SAPD suksesse deur Mariaan Smuts

berig: Kaptein Bishop

Skof van die maand

LUTZVILLE: Mnr Cloete, ‘n administrasie klerk by Lutzville SAPD, het gedurende Junie/Julie sy matriekeksamen afgelê waarna hy sy matrieksertifikaat verwerf het. Cloete het al die vakke wat hy aangepak het die eerste keer geslaag. Kaptein Bishop wil graag van die geleentheid gebruik maak of vir Cloete geluk te wens en voorspoed toe te wens met enige verdere studies wat hy moontlik mag aanpak. Lede van die verskillende departemente wat by dié padblokkade betrokke was.

Verkragting en moord deur Kaptein Carin Coetzee VREDENDAL: ‘n Negentien-jarige dame het by vriende op die plaas Nabank gaan kuier op die 1ste September. Toe sy by haar woning kom, het sy aan haar man genoem dat sy na bewering verkrag is. Sy het in die bed geklim en gaan slaap. Die volgende oggend het haar man ontdek dat sy oorlede is. ‘n Twee en dertig-jarige man is gearresteer. Die oorledene is vermoedelik herhaaldelik met ‘n onbekende voorwerp geslaan.

VREDENDAL: Die plaaslike SAPD en verskillende rolspelers het op 29 Augustus motoriste gegroet met ‘n vriendelike padblokkade net voordat jy by die dorp inry. Lede van SAPD Vredendal, Departement Gesondheid, Korrektiewe Dienste, GPF, Namakwa K9 Honde Eenheid en Ambulans Dienste

Beskadiging van eiendom deur Kaptein Carin Coetzee VREDENDAL: Voertuie wat parkeer gestaan het op die perseel van Protea Produkte is beskadig gedurende die nag van 1 September. ‘n Toyota bakkie se venster is gebreek en drie gloeilampies is gesteel. ‘n Trok se deur is oopforseer en daar is met die bedrading gepeuter in ‘n poging om die voertuig te steel.

het vroegoggend die gazebo opgeslaan en pamflette reggekry om die motoriste te verwelkom. Die rolspelers het ook die motoriste bewus gemaak van elke individuele departement se rol in die gemeenskap. Baie dankie vir die vriendelikheid van die motoriste en dat hul die departemente ondersteun.

Kinderpornografie VREDENDAL: ‘n Bekende van Vredendal het op 3 September in die plaaslike Landdroshof verskyn op aanklag van “besit van kinderpornografie”. Die saak is uitgestel tot 25 September, sodat die beskuldigde regsverteenwoordiging kan kry.

Vredendal-Wes NG Kerk Bied aan

SNOTKOP MET Gaskunstenaar: Bianca Lombaard

Op: 15 September 2012 By: Vredendal Sportsaal om: 19:00 Kaartjies beskikbaar by Medkem Apteek Vredendal Tel: 027 213 4318 Verversings sal te koop aangebied word.

VREDENDAL Woonhuis. Baie sentraal geleë. 3 Ruim slk. met i.g.k., volle badk., sitk. / eetk., kombuis met i.g.o. en plate, wask., enkelmotorhuis en afdak. Goeie diefwering. R1 050 000-00 Woonhuis. 3 Ekstra ruim slk. met i.g.k., 2 volle badk., sudeerk., aparte sitk., eetk., woonk., braaikamer, ruim kombuis met volop i.g.k., wask., dubbelmotorhuis. R1 200 000-00 Sakeperseel. R1 300 000-00 KLAWER Woonhuis by stasie. 3 Slk., 1 badk., eetk., sitk., kombuis, buitekamer en motorafdak vir twee voertuie. R380 000-00 o.h.b. ENB gebou. R500 000-00

Vir meer besonderhede skakel Ena Wiese by (027) 213 1155 of 083 234 8009.

Skof C se lede: Studente Koopman en Ntlabeni en sersant André Boer. Die skofbevelvoerder, A/O Moor is tans met vakansie.

Beslagleggings Dagga stoppe ~ 64 Los dagga ~ 2.696 kg Pakke dagga ~ 1 Tik ~ 15 strooitjies Mandrax ~ 80 heel tablette

Arrestasies: Besit van dagga ~ 25 Besit van tik ~ 2 Besit van Mandrax ~ 1 Dronkbestuur ~ 5 Handel in Drank ~ 3 Moord ~ 4 Inbraak ~ 3 Kwaadwillige saakbeskadiging ~ 1 Aanranding ernstig ~ 5 Aanranding gewoon ~ 1 Besit van gesteelde eiendom ~ 3 Winkeldiefstal ~ 2 Poging tot moord ~ 1 Roof ~ 2 Diefstal van motorvoertuig ~ 1

Geweldsmisdaad weer aan die styg VREDENDAL: Alhoewel geweldsmisdaad ‘n daling getoon het gedurende Augustus, is ‘n styging in die eerste week van September aangedui deur die plaaslike SAPD. Verskeie voorvalle van verkragting, moord en aanranding is aangemeld. Verskeie moorde het op die nag van 1 September plaasgevind. In een voorval is die lyk van ‘n man by ‘n motorhuis in Panoramasingel gevind met steekwonde aan sy lyf en nek, ‘n 32-jarige man is gearresteer. Aanrandings het ook ‘n styging getoon. In ‘n voorval waartydens ‘n man en sy eksmeisie gestry het, het hy haar met ‘n mes in die rug, nek en bo-been gesteek, die 32-jarige man is gearresteer. ‘n Sewentien-jarige is gearresteer nadat hy ‘n vrou gegryp en haar in die bosse probeer intrek het. ‘n Klaer het tussenbeide getree, die 17-jarige gemaan om die vrou te los, waarna die verdagte toe die klaer met sy vuiste en ‘n lyfband in sy gesig geslaan het. ‘n Saak van verkragting is ook aangemeld nadat ‘n vrou by haar suster oorgeslaap het omdat sy volgens haarself te veel gedrink het. Sy het in die oggendure wakker geword terwyl die verdagte besig was om haar te verkrag.’n Ses en twintig jarige man is gearresteeer.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.