Solidariteit Tydskrif | Solidarity Magazine - #1 2010

Page 1

NR. 1 VAN 2010 R16,95 (BTW ING.) GRATIS AAN LEDE

I SSN 1683562 -X

2010-WENSPAN SOLIDARITEIT SE SKITTERSKOPPE(RS) VIR SY LEDE

9 771683 562000 www.solidariteit.co.za


Telemed-




>>>

14

INhoud

INhoud N O M M E R

1

V A N

2 0 1 0

gereeld

58 60 61 64 65

>>>

21

6 7 8 9 40 48 49 49 50

INTRAPSLAG: Raak vanjaar ontslae van materialisme SEEPKIS: Lesers sê hul sê SPREEKBUYS: Welslae bied hoop vir die toekoms SPREEKBUYS: Nuwe adjunk droom groot VAKBONDWÊRELD: Nuus van vakbonde regoor die wêreld MY GELD: Loop lig vir piramideskemas MY WORK: Smart resolutions and goals for 2010 MY GESIN: Gee jonges breinkos BEROEPSGESONDHEID EN -VEILIGHEID: Longsiektes: Só werk vergoeding YOU & THE LAW: Retrenchment procedure for individual workers HISTORIES GESPROKE: Vegkop: Bloedrivier van die Vrystaat HISTORIES GESPROKE: Danie Theron ’n held met boodskap DIE LEES WERD: Wenke, wilde bure, vakansie op wiele STILWO(O)RD: Mopkop, kaalkop... uitgeskop?

nuuswaardig

40

60

10 14 16 16 16 16 18 18 20 20 21 41 42 43 44 45 46 47 56 56 57 57

Solidariteit: Vegter én versorger Beste beskerming teen die beste prys Solidarity offers more than you think Leeftyd van beskerming teen slegs R2,30 per dag Ledegeld: Só word jou geld bestee Value for money Voetsoolvlak-veldbrande: Lesse van FNB-veldtog AfriForum bly op wenpad Solidariteit woel behoorlik in kuberruim Onderneem wêreldreis met Solidariteit Radio Metal, engineering companies suffer in 2009 Vakbond wen eerste fase van Polmed-stryd Stuur jou verwysings en wen ’n CD Help ons soek na Solidariteit se lid van die jaar Húlle is wenners en wurms van 2009 BlyNetters wen Solidariteit sê by Nersa-verhore Piet du Plooy ’n legende in murg en been Eerste Sol-Tech-studente ontvang sertifikate Gholfdag ten bate van studente ’n reuse-sukses Vaardigheidskorps versterk Nuwe bloed by Sol-Tech

vakbondfokus 22 38 62

Bedryfsnuus: Alles en nog wat oor die bedrywe waarin Solidariteit funksioneer Lidmaatskap: ’n Wen-wen vennootskap Solidariteit-dienskantore tot u diens

BONUSBYLAE Loer gerus na ons twee bonusbylae in hierdie uitgawe – een oor MIBFA op bladsy 31, en ’n spesiale uithaalbylae oor Solidariteit Helpende Hand.

Ons voorblad spog met meer as 100 van die bykans 300 Solidariteit-personeellede wat meer as die ekstra myl loop om ons lede werklik met raad én daad by te staan!



redakteursbrief

Raak vanjaar ontslae van MATERIALISME

e

SOLIDARITEIT-HOOFKANTOOR SOLIDARITY HEADOFFICE H.v. D.F. Malan- & Eendrachtstraat, Kloofsig Tel: 012 644 4300 www.solidariteit.co.za

k het ’n broertjie dood aan materialisme. Dit is vir my onverstaanbaar dat soveel mense net vir die materiële kan leef. Soveel mense wat ek ken, leef net vir meer geld en die groter huis, luukser motor, mooier meubels, langer vakansie, duurder klere en al die ander materiële dinge wat prioriteite geraak het. My vraag aan hulle is dikwels: Wat bied jou die meeste plesier? Hulle kan my gewoonlik nie antwoord nie. Die rede hiervoor is eenvoudig dat wanneer die materiële jou afgod raak, jy nooit genoeg kan kry nie en jaco kleynhans niks wat jy het dan ook goed genoeg is nie. Ek weet nie van een persoon wat hom sy hele lewe morsdood vir bevorderings en groter salarisse gewerk het net om eendag ’n verdere bevordering van die hand te wys sodat hy meer tyd saam met sy gesin kan deurbring nie. Nee. As die geldgogga jou gebyt het, raak dit soos alkoholisme: Jy raak nooit regtig van dit ontslae nie. Martin Luther het die volgende insig hieroor gelewer: “Rykdom is die kleingeestigste en waardeloosste geskenk wat God aan die mens kan gee. Hoe vergelyk dit met God se Woord, met liggaamlike gawes soos skoonheid en gesondheid; of met geskenke van die gees, soos begrip, vaardigheid en wysheid! Tog swoeg die mens om rykdom dag en nag, en neem nooit rus nie. Daarom gee God gewoonlik rykdom aan dwase mense vir wie hy niks anders gee nie.” (Vertaling met dank aan Die Groot Aanhalingsboek.) Mense wat net op die materiële ingestel is, is dikwels diep ongelukkige mense. Hul strewe na meer geld veroorsaak dat hulle toenemend hul bande verbreek met familie, vriende, God en die dinge wat ’n mens se lewe verryk, soos kultuuraktiwiteite, tradisies, literatuur, sosiale interaksie, fisieke aktiwiteit, ontdekking en goeie verhoudings. Ware rykdom kom nie in die vorm van ’n salaris elke maand nie. Ware rykdom kom in die vorm van gesonde huwelike, gelukkige gesinne, ’n taal en kultuur en tradisies wat jou lewe verryk, die vermoë om in ander mense se lewens ’n verskil te maak, en bowenal in ’n sterk verhouding met God. Ja, ons moet almal hard werk vir wat ons verdien, maar ons moet hard werk om vir onsself en ons gesinne te sorg en nie omdat ons grootste doel in die lewe ’n bevordering of ’n groter salaris is nie. Kom ons maak onsself in 2010 van materialisme los. Lees weer ten minste een goeie boek elke maand. Besoek ons monumente en museums. Ry deur die platteland en waardeer die skoonheid van ons land. Woon kultuurfeeste by; kuier meer saam met vriende. Gaan Sondae kerk toe en ontvang die wonderlike seën van God. Mag 2010 vir elke leser ’n pragjaar wees! • Ken jy iemand wat ’n besondere bydrae in sy of haar gemeenskap gelewer het? Benoem dié persoon dan vir ’n Solidariteit Sterre in die Gemeenskap-toekenning. Stuur jou benoemings na daleen@solidariteit.co.za. Die oorhandiging vind op 15 April tydens ons kongres plaas.

FOTO: YOLANDÉ TERBLANCHE

INTRAPSLAG

0861 25 24 23 REDAKTEUR ■ EDITOR Jaco Kleynhans NUUSREDAKTEUR ■ NEWS EDITOR Ilze Nieuwoudt FOTOREDAKTEUR ■ PHOTO EDITOR Reint Dykema WEBREDAKTEUR ■ WEB EDITOR Daleen de Jager ADVERTENSIES ■ ADVERTISEMENTS Denise Viljoen, tel: 082 352 7147 Adrie van Dyk, tel: 082 850 6784 ADVERTENSIE-ONTWERP ■ ADVERTISEMENT DESIGN Martie Maree TAALVERSORGING, VERTALINGS ■ LANGUAGE EDITING, TRANSLATIONS Chalize Moran, Anesta van Eeden INTEKENARE ■ SUBSCRIPTIONS Heleen Robbertse REKENINGE ■ ACCOUNTS Elna Botes MEDEWERKERS ■ CONTRIBUTORS Marietha Malan, Paul Joubert, Magdaleen Kleynhans, Reint Dykema, Daleen de Jager, Ilze Nieuwoudt, Moira-Marie Kloppers, Francois Calldo, Marisa Engelbrecht, Charl Oberholzer, Danie Langner UITLEG, ONTWERP, REPRODUKSIE ■ LAYOUT, DESIGN, REPRODUCTION

tel: 082 445 4513 aksentmedia@vodamail.co.za DRUKWERK ■ PRINTING Paarl Web Gauteng VERSPREIDING ■ DISTRIBUTION Prestige Bulk Mailers, Pretoria

Solidariteit Tydskrif is lid van die Ouditburo vir Sirkulasie en word uitgegee deur Solidariteit, Posbus 11760, Centurion 0046. Geen deel van die inhoud mag sonder die toestemming van die redakteur elders gebruik word nie. Solidariteit of die tydskrif aanvaar geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir enige aansprake wat deur adverteerders gemaak word nie.

JACO KLEYNHANS REDAKTEUR nommer 1 van 2010

6

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


lesersbriewe

(LEES)STOF TOT NADENKE S EEPKIS lesers sê hul sê

BETROUBARE ÉN BOBAASBYSTAND

FOTO’S: iSTOCKPHOTO

AM Walters skryf: Ek stem met JH Kloppers saam oor Auto & General se flink diens. Ek en my man was in Oktober verlede jaar tussen Pietermaritzburg en Lephalale op reis toe ons voertuig tussen Harrismith en Warden onklaar geraak het. Ons het die bystandnommer geskakel en ’n insleepdiens was binne 30 minute daar om ons terug te sleep na Harrismith. Terwyl ek met Lizette gesels het, het ’n patrollieman van Tolcon stilgehou en met my man gepraat. Haar onmiddellike reaksie was: “Is jy veilig?” Kort nadat ons in Harrismith aangekom het, het ek weer ’n oproep van Auto & General gekry om te verneem of die insleepdiens al by ons was. Teen daardie tyd het die werktuigkundige al aan die voertuig gewerk. Ons was so spoedig moontlik daarna weer op die pad. Baie dankie dat daar iemand is wat die woorde “betroubare kliëntediens” verstaan. Ek is voorwaar nie spyt ons het van versekeringsmaatskappy verander nie.

Annemarie Oosthuizen van Stilbaai skryf: Elke keer as ek die tydskrif uit my posbus haal, val die voorblad my op.Van die vorige uitgawes se voorblaaie was heel gewoon en ek het met moeite die tydskrifte oopgemaak. Maar toe haal ek uitgawe nommer 6 van 2009 uit my posbus. Skielik was ek lus vir die Kersseisoen wat soos ’n berg voor my gelê het. Ek was weer lus om die tydskrif oop te maak en te lees en ek kon nie wag om te sien watter interessante berigte binne-in wag nie. Die tydskrif het my stoutste verwagtings

oortref. Op bladsy 60 is ’n artikel “Die lewe begin op 80”. Ek kon nie glo dat daar mense is, veral op daardie ouderdom, wat die lewe met albei hande aangryp en lewe nie. Terwyl ék nog nie eens 48 is nie en elke dag met moeite aanpak, steun en been kla en wens ek kan aftree. Dankie aan Solidariteit Tydskrif wat my laat dink oor my lewe en my laat besef dat ek die lewe kan aangryp en baie het om voor dankbaar te wees. Aan die jeug: hou op om lewensmoeg te wees en laat dinge vir julle gebeur.

VAKBOND ONTSIEN GEEN MOEITE NIE Jan Gibson skryf: Gedurende 2006 was Carl Zeiss besig om Denel Optronics oor te koop en deel van die onderhandelings was om eers van “oortollige” personeel ontslae te raak voor die oorname. Groot was my verrassing toe ek my afleggingsbrief ontvang. In daardie stadium was ek die persoon in die afdeling met die meeste ondervinding en ek het ook ’n groot kliëntebasis gehad wat ek moes steun. My bestelboek was ook finansieel gesond. Jack Loggenberg het meriete in my saak gesien en betrokke geraak. My appèlvergadering het nie eers 10 minute geduur voordat Solidariteit verskoon is nie. Ons is ná ’n lang gewag ingeroep met die boodskap dat die bestuur eers weer wil besin oor my posisie. Nodeloos om te sê – ek was die volgende dag weer op kantoor. In 2008 het hulle seker gemaak dat my pos wel afgeskaf word met die volgende rondte afleggings. Weereens was Jack bereid om hulle aan te vat. Gelukkig het ek ’n ander pos gekry en ons kon ons rug draai en wegstap van Carl Zeiss. Tans is die brûe gebrand. Ek wil vir Jack bedank dat hy absoluut Solidariteit-lede se belange ernstig op die hart dra.

Aduan van Eeden skryf: Ek wil Solidariteit bedank vir die hulp en ondersteuning in my ontslagsaak. Ek behoort slegs drie jaar aan Solidariteit en het nie eers ’n vername pos beklee nie. Solidariteit het alles in sy vermoë gedoen om my te help. Mense soos Chris Roodt, Philip Kruger, Etienne Pio en Eugene van Niekerk het almal ’n gewillige oor gehad en my bygestaan. My spesiale dank aan my verteenwoordiger, Eugene van Niekerk, wat geen moeite ontsien het om my saak te hanteer nie. U professionaliteit is indrukwekkend. As jong man besef ek nou eers regtig die waarde van ’n vakbond soos Solidariteit. Ek sal al my vriende aanbeveel om by Solidariteit aan te sluit. Met Solidariteit aan my sy sien ek kans vir die toekoms in Suid-Afrika. Daniel Stanvliet skryf: Ek is baie dankbaar oor die feit dat ek my werk teruggekry het. Raymond Holland Chapman het bewys Solidariteit veg vir sy lede. Solidariteit is nie net ’n vakbond nie, maar ook ’n pa, ma, broer en suster in tye van nood. Baie van my kollegas het aangedui dat hul deel gaan word van Solidariteit, want hier kry jy voordele en goeie diens.

Skryf aan Solidariteit Tydskrif: Seepkis, Posbus 11760, Centurion 0046; stuur e-pos na jaco@solidariteit.co.za; of stuur ’n faks na 012 664 1102. Die redakteur behou hom die reg voor om enige bydrae te verkort, te redigeer of glad nie te publiseer nie. Briewe word ook nie persoonlik beantwoord nie. Solidariteit aanvaar voorts geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir enige aansprake wat deur adverteerders gemaak word nie.

number 1 of 2010

7

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


spreekbuys

Welslae bied hoop vir die

toekoms

d

ie welslae wat ons die afgelope jaar by Solidariteit, Helpende Hand, by ons tegniese kollege Sol-Tech, die Groeifonds en by AfriForum gehad het, is vir my ’n bewys dat daar hoop vir die toekoms is as elkeen sy deel doen. ’n Mens hoor nog te veel van mense wat sê: “Ag, wat help dit tog ons probeer iets doen, die regering gaan in elk geval doen wat hulle wil.” Hierdie soort apatiese verloorderhouding wat by sommige mense heers, was inderwaarheid ’n selfvervullende profesie. Hoe meer mense onttrek het, hoe meer hét die regering gedoen wat hulle wil. Maar dinge is vinnig besig om te verander – al meer mense is besig om hulle stemme te laat hoor en om hul deel te doen. ’n Paar jaar gelede wou mense nie eers luister as ons waarsku oor die gevolge van sekere van die regering of sakereuse se beleidsrigtings nie. “Julle jaag net spoke

op,” moes ons gereeld hoor. Namate die werklikheid egter begin insink en mense die gevolge begin sien het, het hulle stiller geword, maar steeds niks gedoen nie. Nog later was hulle te moedeloos en ontnugter om iets te probeer doen. Pleks daarvan dat hulle met oplossings help, moes ons net klagtes aanhoor.

SP R E E K B U Y S

E

L

FOTO’S: REINT DYKEMA; iSTOCKPHOTO

W

flip buys

DRAAIPUNT Maar daar het êrens verlede jaar ’n draaipunt gekom. Dit was nie een drastiese gebeurtenis wat soos ’n donderstorm dit veroorsaak het nie. Dit was eerder soos sagte reën wat die grond gaandeweg natgemaak het. Waar ons voorheen gesukkel het om mense betrokke te kry, bied al meer nou hulle hulp aan. Waar Helpende Hand tot ’n jaar gelede nog ’n alleenstryd gevoer het om mense te help, stel die duisende van ons lede wat vir hulle medemens bydraes maak ons nou in staat om ’n groot

nommer 1 van 2010

8

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a

S


spreekbuys

Nuwe adjunk droom groot verskil te maak. Waar ons begin het om veertig vakleerlinge op te lei, kan ons nou met die Groeifonds se hulp byna vierhonderd oplei. Waar ons vyf jaar terug net so tien van ons jongmense met studiebeurse kon help, trek ons nou by die 700 studente. Dit gaan so op bykans alle gebiede waar ons bedrywig is. Ons vakbondverteenwoordigers was landwyd bereid om ons lede met talle sake by te staan. Hierdie mense het almal voltydse beroepe, maar offer baie op om hulle medemens by te staan. Die personeel in ons landwye kantoornetwerk het ’n geweldige besige jaar gehad, maar staan weer gereed om ons lede met raad en daad te help. Ons regsafdeling gaan van krag tot krag, en ons onderhandelaars het verlede jaar gewys wat met sterk maar billike metodes reggekry kan word. Op die gebied van beroepsgesondheid en -veiligheid is daar berge versit. Ons sakebeen het te midde van die resessie ’n goeie jaar gehad. Solidariteit sukkel nie om nuwe lede te kry nie, en die vakbond werk soos ’n “diensfabriek” om bystand aan duisende lede te lewer. Ons nasionale dienssentrum alleen hanteer sowat 30 000 oproepe per maand!

A

E

L

WELSLAE BRING WELSLAE Natuurlik weet ons alles verloop nie volmaak nie, en dat daar nog hoë berge voorlê wat geklim moet word. Maar die welslae wat reeds behaal is, gee ons petrol om die volgende bulte te oorkom. Daarom is die Hoofraad, bedryfsrade en die personeel van die vakbond propvol planne om hierdie jaar die hele Solidariteitbeweging tot nuwe hoogtes te lei. Natuurlik weet ons van die baie negatiewe dinge in ons land, maar ons laat ons nie verlam deur slegte nuus nie. Pleks van net raas en kla, probeer ons hard aan oplossings werk – dit is baie lekkerder en help baie meer. Dit is tog elke geslag se plig om vir ons kinders ’n beter en veiliger toekoms te los as wat ons van ons ouers gekry het. Ons kan tog nie net maar laat gaan nie. Daarom is ons bly oor die welslae wat verlede jaar behaal is, en gee dit vir ons die moed en die dryfkrag om die nuwe jaar met mag en mening aan te pak in belang van elke lid en sy/haar gesin. Kom laat ons sterk en vol moed wees! Die toekoms wag! • Solidariteit spog met sy eerste vroulike adjunkpresident, Hannetjie Topham. Lees gerus die artikel hiernaas. S

number 1 of 2010

9

Deur Ilze Nieuwoudt Hannetjie Topham is nie net enige vrou nie. Sy is nie net moeder, eggenoot, ouma en gesoute vakbondvrou nie, maar is nou ook die eerste vroulike adjunkpresident van Solidariteit. Dit is die eerste keer in die 107 jaar lange bestaan van die vakbond dat ’n vrou hierdie posisie beklee en vir Hannetjie is dit nie sommer ’n nietige saak nie. Haar pad met Solidariteit strek oor meer as ’n dekade toe sy by Xstrata deur die lede genader is om na die belange van vroue in die werkplek te kyk. Ná haar verkiesing tot die takbestuur het sy as sekretaris gedien. In 2006 is sy as sekretaris van die distriksraad verkies en is kort daarna ook tot die nasionale raad verkies. In November 2006 is sy tot die Hoofraad verkies. Hannetjie se grootste droom vir Solidariteit in 2010 is om soveel meer vir die vakbond se mense te doen. “Dit is my hartsbegeerte dat Solidariteit ook meer vir die vrou sal beteken. Baie keer glo sommige mans dat die vrou net kaalvoet in die kombuis hoort, maar ons moet toesien dat die vrou meer blootstelling ontvang en ook na haar unieke behoeftes omsien by die vakbond,” verduidelik sy. Oor haar taak as adjunkpresident van Solidariteit en juis dan as vrou in dié posisie is sy baie opgewonde. “Daar is baie uitdagings wat voorlê, maar ek glo dat ons op die drumpel staan van ’n tyd waarin daar anders na vroue in die werkplek gekyk sal word. Ons moet besef dat die sakewêreld voorheen deur mans oorheers is en dat die vrou, met haar verskillende rolle, nou ook deel hiervan vorm.” Sy glo dat Solidariteit vanjaar uitdagings in die gesig staar wat met die nodige werk oorkom sal word. “Solidariteit sal vanjaar moet bewys dat hy ’n organisasie is waarmee rekening gehou moet word. Ons het reeds bewys dat ons kan standpunt inneem en ’n verskil maak, maar daar lê nog baie werk voor.” Hannetjie woon in Lydenburg en is getroud met Lupton. Hulle het ’n dogter en twee seuns, asook drie kleindogters. Sy is lief vir lees en die buitelewe.

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


nuuswaardig

Solidariteit het die afgelope paar jaar ontwikkel tot ’n beweging wat sy lede op talle terreine beskerm – of dit in die werkplek, op maatskaplike gebied, vir burgerregte of selfs vir jou kind se toekoms is. Solidariteit is egter ’n netwerk wat uit talle skakels bestaan. En elke skakel maak ’n reuse-verskil in die doeltreffendheid van die diens, hulp en bystand wat gebied word. ILZE NIEUWOUDT het met vier van dié skakels gaan gesels.

FOTO’S: REINT DYKEMA; iSTOCKPHOTO

Solidariteit: Vegter én versorger DEBBIE BEKKER Afdeling vir beserings aan diens Debbie werk reeds die afgelope vier jaar by Solidariteit en is een van die spesialiste wat lede bystaan met die hantering van eise vir beserings aan diens. Sy hanteer tans nagenoeg 195 aktiewe lêers vir eise namens lede en hou vol dat haar werk bedoel is om mense by te staan. “As ek welslae behaal, is dit baie lekker, maar dit is geweldige harde werk,” verduidelik sy. Debbie en die ander werknemers in haar afdeling werk telkens met baie emosionele sake. “Soms werk jy met die weduwees en gesinne van die persoon wat oorlede is en dié sake is veral hartseer.” Die weduwees en gesinne wat agterbly, kry meestal baie swaar, verduidelik Debbie, maar dit is juis sake soos dié wat haar aanmoedig.

MARIUS VERMAAK Solidariteit Dienssentrum Marius Vermaak werk reeds meer as vyf jaar by Solidariteit. Hy is onder meer verantwoordelik om leiding te gee ten opsigte van ledevoordele en om die produkte en dienste wat Solidariteit bied, aan lede te verduidelik. Hy bied, soos hy dit beskryf, ’n eenstopdiens aan lede. “Baie keer is ek die eerste stem wat mense hoor as hulle Solidariteit skakel en dikwels hang die persoon se besluit om aan te sluit grootliks van my insette af. Dit is vir my baie lekker om mense aan te moedig om by Solidariteit aan te sluit, want ons beskerm ons lede en ons is geloofwaardig,” sê hy. Vir hom is die doel van sy werk eenvoudig om ’n goeie diens te lewer en dit vinnig, doeltreffend en volledig te doen.

nommer 1 van 2010

10

NICOLEEN RALL Solidariteit Ledeadministrasie Gepraat van harde werk agter die skerms – dit is presies wat Nicoleen Rall en haar span by Solidariteit Ledeadministrasie doen. Hierdie enjin werk nie net hard nie, maar verrig ’n geweldige groot taak – dikwels sonder die medewete van lede. Nicoleen en twee van haar kollegas is alleen verantwoordelik vir die invordering van aftrekorders by meer as 1 000 verskillende maatskappye waarby Solidariteit verteenwoordig is. Hoewel dit tegnies klink, sê Nicoleen dat haar werk uiteindelik bedoel is om te verseker dat lede by dié maatskappye se rekords op datum bly en hulle dus regmatig vir hul voordele kwalifiseer. Sy moet onder meer toesien dat die inbetalings van maatskappye ontvang word.

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


nuuswaardig ANTON VAN DER BIJL Solidariteit Regsdienste Anton van der Bijl vorm deel van die grootste vakbondgegronde regsfirma in die land. Hier by Solidariteit Regsdienste, waar hy as litigant in die algemene litigasie-afdeling werk, word van vroeg tot laat na die belange van lede omgesien deur die honderde arbeidsake wat namens lede hanteer word, die duisende regsnavrae wat beantwoord moet word en daaglikse regsadvies wat gegee word. “Ons spesialiseer op die gebied van arbeidsreg en is daarom gerat vir die spesifieke bystand wat Solidariteit se lede benodig. Ons staan op vir ons mense en as jy mooi gaan kyk, is dit nie iets wat elke dag meer gebeur nie,” verduidelik hy. Hy voeg by dat elke saak wat hier aangepak word uiteindelik ’n verskil in die lewe van Solidariteit se lede maak.

SÓ BESKERM ONS ONS LEDE IN 2010 • Solidariteit het 16 dienskantore regoor die land asook ’n hoofkantoor in Centurion waarvandaan diens en beskerming aan al ons lede gebied word. • Die Solidariteit Dienssentrum is elke weekdag gedurende kantoorure oop en is die eenstop-antwoord op enige ledenavrae. • Solidariteit het meer as 60 voltydse organiseerders regoor die land wat na lede se belange omsien. • Met nagenoeg 2 000 vakbondverteenwoordigers wat in elke moontlike bedryf werk, is Solidariteit se beskerming gerieflik en omvangryk. • Solidariteit Regsdienste is die grootste regsfirma van sy soort in die land en bied aan lede spesialisdiens en -beskerming. • Solidariteit Helpende Hand het in die afgelope tyd ook sy beskerming aan die gemeenskap na die hele land uitgebrei en bied nou doeltreffende maatskaplike beskerming in elke provinsie. • AfriForum beskerm jou burgerregte en sien toe dat jou belange ook op kulturele vlak beskerm word. • Die Solidariteit Groeifonds is die grondslag waaruit beskerming uitgebrei word na onder meer die opleiding van jongmense deur Sol-Tech, Solidariteit se eie tegniese opleidingskollege. Só beskerm Solidariteit die toekoms van die jeug. • Solidariteit-kommunikasie aan lede, deur onder meer Solidariteit Tydskrif, die Solidarteit-webblad (www.solidariteit.co.za), Solidariteit Radio en die weeklikse elektroniese nuusbrief Soldeer, verseker dat lede deur middel van kennis bemagtig en beskerm word. • Solidariteit bied uitstekende ledevoordele en beskerming aan sy lede. Vir meer inligting oor al die Solidariteit-ledevoordele, sien bladsy 38 en 39 van hierdie uitgawe.


promosie-artikel

Wat behels Solidariteit-begrafnisvoordeel? Die afsterwe van ’n geliefde is altyd ’n traumatiese ervaring. Solidariteit-lede kan egter gerus wees en in dié moeilike tye weet dat die beskerming van Solidariteit tesame met die sorg van Doves beteken dat jy jou nie oor die begrafnisreëlings ook hoef te bekommer nie.

s

olidariteit het pas weer sy kontrak met die begrafnisdiens Doves as diensverskaffer vir die Solidariteit-begrafnisvoordeel hernieu vir 2010. Daarom kan Solidariteit-lede steeds gemoedsrus hê en weet dat die begrafnis van ’n familielid wat deur jou Solidariteit-lidmaatskap gedek word, in bekwame hande sal wees. Maak egter seker dat jy nie onkant betrap word nie en wees ingelig oor presies wat jou Solidariteit-begrafnisvoordeel dek en watter bykomende koste moontlik deur die familie en/of naasbestaandes self gedra moet word.

Die begrafnisdienste wat deur die Solidariteitbegrafnisvoordeel gedek word, verseker ’n waardige begrafnis vir jou geliefde, maar bykomende uitgawes (soos blomme, die huur van motors of dokterskoste) sal egter self deur familielede of naasbestaandes gedek word. Maak ook seker dat jou man of vrou of afhanklikes deeglik bewus is van jou lidmaatskap by Solidariteit en ook bewus is van die voordele van jou Solidariteit-begrafnisplan. As jou gesin ingelig is oor die voordele sal hulle, wanneer hulle die diens die nodigste het, voorbereid wees op presies wat om te verwag.

Vir enige navrae rakende Solidariteit se begrafnisvoordeel, kontak Solidariteit by 0861 25 24 23 of kontak jou naaste Solidariteitkantoor of die Doves Careline by 0860 02 55 00.

FOTO: iSTOCKPHOTO

WATTER KOSTE WORD NIE GEDEK NIE? • As die oorledene deur ’n ander begrafnisondernemer afgehaal word en Doves dan die liggaam gaan haal, is die familie of naasbestaandes vir die rekening van die ander ondernemer verantwoordelik. • As ’n ander kis (buiten dié wat deur die Solidariteit-begrafnisplan beskikbaar gestel word) verkies word, moet die verskil inbetaal word. • As die familie of naasbestaandes ’n houtaskissie vir die as van die oorledene verkies, moet die koste self gedra word. • Krematoriumkoste. • Munisipale koste, waaronder die koop en grawe van die graf. • Plasing van as in gedenkmuur. • As die familie verkies om ’n fotoblad as begrafnisprogram te gebruik, sal die koste van die verskaffer minus R1,71 per program (tot 100 programme) deur die familie betaalbaar wees. • Huur van kapel as daar geen Doveskapel beskikbaar is nie en die familie die huur van ’n ander kapel verkies. • Koste vir die huur van ’n tent by die

• •

huis of toilette of busse of familiemotors vir die begrafnis. Die koste van dokters, ’n mediese skeidsregter vir ’n verassing en die uitreiking van ’n doodsertifikaat (waar van toepassing) moet deur die familie of naasbestaandes betaal word. Die afstand wat gereis word ná die eerste gratis 80 km is betaalbaar teen R5,13/km. ’n Bykomende fooi van R570 word gehef vir begrafnisse of verassings wat op Sondae of vakansiedae gehou word. Die familie en naasbestaandes bly verantwoordelik vir die aankoop van enige vars blomme vir die kis en/of kerkruiker. Die Solidariteit-begrafnisvoordeel dek nie die koste rakende nadoodse operasies soos die verwydering van organe nie. Die koste vir die huur van ’n kerk, predikant en orrelis asook die kosterfooie moet deur die familie of naasbestaandes gedek word. Die koste vir die plasing van doodskennisgewings in koerante word nie deur die begrafnisplan gedek nie.

nommer 1 van 2010

12

WAT WORD ALLES DEUR DIE VOORDEEL GEDEK? (As die begrafnis deur Doves uitgevoer word. Bepalings en voorwaardes geld)

• Verwydering van die oorledene van plek van afsterwe, alle tye en dae. • Berging en versorging van die oorledene. • Verskaffing van ’n kis volgens kontrak. • Bekisting van die oorledene. • Verskaffing van naamplaat vir die kis. • Begrafnisreëlings met ’n Doves-reëlingsbeampte. • Bespreking van die graf of krematorium met die toepaslike munisipaliteit of eienaars. • Verskaffing van 100 gewone begrafnisbiljette (fotoprogramme word hierby uitgesluit). • Gebruik van ’n Doves-kapel, indien beskikbaar. • Gebruik van begrafnisondernemer en lykswa. • Gebruik van graftent, stoele, grastapyt en neerlaatmasjien by die graf. • Registrasie van dood by Binnelandse Sake, waar moontlik. • Voltooiing en indiening van begrafniseisdokumente, asook enige ander toepaslike administrasie. • Gratis vervoerkoste vir die eerste 80 km vanaf die naaste Doves-kantoor. • 10%-afslag op grafstene tydens bestelling. • Alle plaaslike telefoonoproepe. • Gebruik van besigtigingskamer. • BTW van 14% op bogenoemde koste.

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


advertorial

What does Solidarity funeral benefit entail? The death of a loved one is always a traumatic experience, but Solidarity members can rest assured in the knowledge that in such difficult times Solidarity’s protection as well as Doves’ care mean that you don’t have to worry about funeral arrangements as well.

WHAT IS COVERED BY YOUR FUNERAL BENEFIT? (If the funeral is handled by Doves. Please note that terms and conditions apply)

PHOTO: iSTOCKPHOTO

• Removal of the deceased from the place of death, any time and day. • Storage of and tending to the deceased. • Supplying a coffin in terms of the contract. • Placing of the deceased in the coffin. • Providing a nameplate for the coffin. • Funeral arrangements with a Doves official. • Reservation of the grave or crematorium with the relevant municipality or owner. • Providing 100 ordinary funeral leaflets (photo leaflets excluded). • Use of a Doves chapel, if available. • Use of funeral undertaker and hearse. • Use of tent, chairs, grass carpet and lowering device at the grave. • Registration of death at Home Affairs, where possible. • Completion and submission of funeral claim documents as well as any other relevant administration. • Free transport for the first 80 km from the nearest Doves office. • 10% discount on headstones. • All local telephone calls. • Use of viewing room. • VAT of 14% on the above costs.

s

olidarity has just renewed its contract with the funeral service Doves as service provider for the Solidarity funeral benefit for 2010. Therefore, Solidarity members can still have peace of mind and know that the funeral of a family member covered by your Solidarity membership is in capable hands. Make sure, however, that you are not caught off guard by being informed about exactly what your Solidarity membership benefit covers and what additional costs will possibly have to be covered by the relatives or next of

kin. The funeral services covered by your Solidarity funeral benefit will ensure a dignified funeral for your loved one, but additional expenses (such as flowers, car hire or doctors’ fees) will have to be covered by family members or next of kin. Also ensure that your spouse or dependants are fully aware of your Solidarity membership and that they are also aware of the benefits of your Solidarity funeral plan. If your family knows about the benefits, they can be prepared for what to expect, when they need it the most.

For any enquiries regarding Solidarity’s funeral benefit, please contact Solidarity at 0861 25 24 23 or contact your nearest Solidarity office or the Doves Careline at 0860 02 55 00. WHAT COSTS ARE NOT COVERED BY FUNERAL BENEFIT? • If the deceased is collected by another undertaker and Doves then fetches the body, the family or next of kin are responsible for the cost of the other undertaker. • If another coffin (other than one of those covered by the Solidarity funeral plan) is chosen, the difference has to be paid in. • If the family or next of kin prefer a wooden box for the ashes of the deceased, they have to carry the cost. • Crematorium costs. • Municipal costs, including the purchase of the gravesite and digging of the grave. • Placing of ashes in the wall of remembrance. • If the family prefers a photo leaflet as a funeral programme, the family will have to pay the cost of the supplier minus R1,71 per programme (up to 100 programmes). • Cost of hiring a chapel if no Doves chapel is available and the family

number 1 of 2010

13

prefers to hire another chapel. • Cost of hiring a tent at home as well as toilets or busses or family cars for the funeral. • Costs of doctors, a medical referee for a cremation and the issuing of a death certificate (where applicable) must be paid by the family or next of kin. • The distance travelled after first free 80 km is charged at R5,13/km. An additional fee of R570 is charged for funerals or cremations held on Sundays or public holidays. • The family and next of kin are responsible for the purchase of any fresh flowers for the coffin and/or church. • The Solidarity funeral benefit does not cover the cost of post-mortem operations, such as removing organs. • The cost of hiring a church, minister and organist as well as the sexton must be covered by the family or next of kin. The cost of placing death notices in newspapers is not covered by the Solidarity funeral plan.

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


nuuswaardig

Beste beskerming teen die beste prys Solidariteit-lede ontvang die beste beskerming teen die beste prys. Solidariteit se ledegeld verhoog van 1 Maart af met R6 – dus sal kollektiewe lede voortaan R70 per maand, individuele lede R72 per maand en voortsettingslede R46 vir lidmaatskap betaal. Kyk gerus wat jy elders vir dieselfde voordele sal opdok! REGSHULP Solidariteit-lede: Solidariteit bied aan lede ’n telefoniese regshulpdiens, gratis regsverteenwoordiging vir werkverwante arbeidsake wat na die arbeidshof of Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) verwys word asook bystand met ondersoeke deur die Mediese Buro vir Bedryfsiektes en -voordele. Nie-lede: Konsultasies by ’n prokureur kan tot R800 per uur beloop, terwyl sake wat by die arbeidshof aangepak word, ongeveer R70 000 kan kos. Eise vir beroepsbeserings en -siektes wat deur prokureurs of konsultante hanteer word, kan ook duisende rande kos en jare neem om afgehandel te word. BEGRAFNISVOORDEEL Solidariteit-lede: ’n Lid van Solidariteit asook sy of haar huweliksmaat en afhanklike kinders tot en met die ouderdom van 21 jaar ontvang die Solidariteit-begrafnisvoordeel. Nie-lede: ’n Basiese begrafnis kan tussen R15 000 en R20 000 kos.

gratis testament op en die testament word ook gratis gestoor. Nie-lede: Nie-lede kan enigiets vanaf R1 000 vir die opstel van ’n testament opdok.

SIVIELREGTELIKE ADVIES Solidariteit-lede: Lede ontvang gratis telefoniese sivielregtelike advies. Nie-lede: Nie-lede sal teen betaling steeds by ’n regskenner moet gaan aanklop om dieselfde diens te ontvang.

SOLIDARITEIT TYDSKRIF Solidariteit-lede: Lede ontvang ses keer per jaar ’n interessante arbeidsgerigte tydskrif met al die nuutste nuus vir lede. Nie-lede: Nie-lede wat ingelig wil bly oor die wêreld van werk kan inteken by ’n verskeidenheid tydskrifte oor dié kwessie. Intekening kan tot R400 per jaar beloop.

SIEKTE- EN ONGELUKSVOORDEEL Solidariteit-lede: Siektevoordele van R12 per dag is betaalbaar aan lede vanaf die datum waarop die werkgewer sy betaling staak. Nie-lede: Werknemers wat nie hierdie voordeel geniet nie, is self verantwoordelik vir alternatiewe inkomste. PERMANENTE MEDIESE ONGESKIKTHEIDSVOORDEEL Solidariteit-lede: ’n Eenmalige bedrag van R1 500 word aan lede betaal wat medies ongeskik verklaar word. Nie-lede: Nie-lede is self vir enige bykomende inkomste verantwoordelik. TESTAMENT Solidariteit-lede: Solidariteit stel vir lede ’n

WEEKLIKSE NUUSBRIEF Solidariteit-lede: Lede ontvang weekliks die elektroniese nuusbrief Soldeer. Die nuusbrief is in Afrikaans of Engels beskikbaar. Nie-lede: Intekening op ’n soortgelyke nuusbrief kan teen ’n fooi gebied word, maar is net in Afrikaans of Engels beskikbaar. LEDEDIENS Solidariteit-lede: Ons dienssentrum bied ’n eenstopdiens. Hier word lede tydens kantoorure deur opgeleide personeel bygestaan met alle navrae, klagtes en voorstelle. Nie-lede: Nie-lede moet telkens self raad inwin en kan in baie gevalle verkeerdelik ingelig word. S

FOTO’S: iSTOCKPHOTO

BEVALLINGSVOORDEEL Solidariteit-lede: Vroulike lede ontvang ’n uitbetaling van R1 250 vir elke bevalling (ná 12 maande se ononderbroke lidmaatskap). Hierdie uitbetaling kan vir enige persoonlike

doeleindes benut word. Nie-lede: Nie-lede is self verantwoordelik vir geld tydens ’n bevalling en sal self moet voorsiening maak broodnodige uitgawes.

nommer 1 van 2010

14

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


advertorial

Making retrenchment work The slowdown in the local economy has unfortunately resulted in staff retrenchment becoming a very real possibility at many South African companies. Over the last few months, thousands of workers have already lost their jobs, with 300 000 more employees across a range of industries expected to be retrenched.

w

hile retrenched employees face the prospect of losing their income for an indefinite period of time, the company doing the retrenching could face significant reputational and productivity risks, and uncertainty amongst the remaining employees. In order to address these risks, Old Mutual developed its Retrenchment Assistance Programme, in conjunction with the Building Resilience Group. Its aim is to help employers prepare their retrenched employees for the challenges they face. It achieves this via a set of interlinked and overlapping learning modules that focus on providing employees with coping strategies aimed at equipping them to develop personal resilience, deal with their changing financial situation and the psychological impact thereof, reassess their career direction and develop replacement income streams.

PHOTOS: iSTOCKPHOTO

RETRENCHMENT ASSISTANCE PROGRAMME MODULES BUILDING RESILIENCE This module helps participants to proactively deal with and process their issues regarding their retrenchment and to formulate strategies for their future survival and success. DEALING WITH YOUR FINANCES This module equips participants to make wise decisions about their altered financial situation.

ate a new set of career and income goals, and explore the differences between formal and self employment.

CAREER GOALS AND INCOME STRATEGIES Participants learn to apply their unique strengths and skills to their current reality, explore new income creation strategies, cre-

RE-ENTERING FORMAL EMPLOYMENT This module covers CV preparation, the use of employment agencies and networks, interview preparation and marketing oneself.

STARTING YOUR OWN BUSINESS This module covers all aspects of setting up a business, including drawing up business plans, developing marketing strategies, legal and tax issues, business basics and franchising. • In addition, the programme also offers one-on-one coaching sessions with trained personal coaches.

For more information on the Retrenchment Assistance Programme, please contact Desiray Victor from Old Mutual on 011 217 1563 or send e-mail to dvictor@oldmutual.com

number 1 of 2010

15

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


newsworthy

w

Solidarity offers more than you think

hat else can you really buy with your monthly Solidarity membership fee? Maybe a bottle of red wine or two watermelons? Or even a few loaves of bread? But alcohol can easily become a bad habit and watermelon season is almost over. So you might as well be assured of your job and your salary, 24 hours a day and 365 days a year. With a mere R6 increase in membership fees, your monthly salary is still safeguarded for only R70 per month for collective members and R72 for individual members. IT’S THE PLACE FOR

Peace of mind Future for your children Job security Happy retirement Good working conditions

LEEFTYD VAN BESKERMING TEEN SLEGS R2,30 PER DAG! Watter waarde heg jy aan lewenslange beskerming? Solidariteit bied jou jaarliks net meer en meer voordele. Tog gaan Solidariteit se lidmaatskapgeld van 1 Maart 2010 af met slegs R6 verhoog na R70 per maand vir kollektiewe lede en R72 vir individuele lede. Dit beteken jy betaal slegs R2,30 per dag vir ’n leeftyd se beskerming! Solidariteit-lidmaatskap bly steeds

spotgoedkoop en die vakbond probeer soveel moontlik waarde teruggee aan sy lede. Teen slegs R2,30 per dag ontvang jy onder meer regshulp, ’n begrafnisvoordeel, bevallingsvoordeel, sivielregtelike advies, voordeel vir permanente mediese ongeskiktheid, opstel van testament, Solidariteit Tydskrif, weeklikse nuusbrief, uitstekende ledediens, en nog vele meer!

LEDEGELD – SÓ WORD JOU GELD BESTEE Solidariteit bied meer en meer voordele elke jaar. Jy moet presies weet waarvoor jou ledegeld aangewend word om waarde tot jou lewe toe te voeg. Die Groeifonds wat verlede jaar begin is, is ’n goeie voorbeeld van hoe Solidariteit ledegeld tot die voordeel van elke lid gebruik. Die uitbou van Sol-Tech se opleidingsgeriewe en die toename in beurse wat aan lede en hul kinders toegeken word, is nog ’n voorbeeld van hoe jou ledegeld vir jou werk. Die werksekerheid, ’n begrafnisvoordeel en toegang tot Solidariteit-ondernemings maak jou lidmaatskap reeds die moeite

werd. Solidariteit-ondernemings sluit in Express Employment Professionals, ’n personeelagentskap wat lede toegang gee tot ’n omvattende databasis van beskikbare poste. Verder is daar ook Sol-Tech, wat jongmense oplei in skaars vaardighede, en Solidariteit Finansiële Dienste, wat aan lede die opsie gee om bekostigbare motoren huisversekering te geniet. Lede het ook die gemoedsrus van ’n prokureur of advokaat 24 uur per dag, ’n opsie vir ’n nuwe bykomende begrafnisdekkingsproduk en lede kan ook deur Solidariteit korttermynlenings aangaan.

FOTO’S: iSTOCKPHOTO

WAARVOOR GAAN JOU R70 PER MAAND PRESIES? • Arbeidsverhoudinge en bedrywe • Ander • Groeifonds (opleidingsinstellings) • Regsdienste • Byvoordele (begrafnis, bevallings, en so meer) • Tydskrif • Ledekommunikasie TOTAAL

nommer 1 van 2010

R19,06 R12,42 R10,77 R11,43 R6,77 R3,97 R5,57 R70,00

16

VALUE FOR MONEY Suppose employee A earns R15 000 per month. Employee A belongs to trade union X and his trade union membership fee is probably 1% of his monthly salary – in other words R150 per month. Solidarity, however, does not work on this principle, but rather decides each year whether or not membership fees need to be increased to keep up with rising operational costs. The last time Solidarity increased its fees was in 2007, in other words three years ago. The trade union’s Head Committee decided this year to implement a membership fee increase of only R6. Not only do Solidarity members still pay very little for protection in the workplace, but they also receive several attractive membership benefits. For more information about your Solidarity membership benefits, call 0861 25 24 23 or visit the Solidarity website at www.solidarity.co.za and click on the “Benefits” link at the top of the page.

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a



nuuswaardig

AfriForum bly op wenpad

Dirk Hermann, adjunk-uitvoerende hoof van Solidariteit.

Voetsoolvlak-veldbrande: Lesse van die FNB-veldtog

FOTO: REINT DYKEMA

d

Deur Dirk Hermann

ie pas afgelope FNB-veldtog was ’n reuse-sukses. Die veldtog is in die stilste tyd van die jaar afgeskop, maar die reaksie was ongelooflik. Die veldtog was ’n voetsoolvlakveldbrand. Gewone mense het deelgeneem en welslae behaal. Die mense het gevoel dit is hulle welslae. Die profiel van die mense was perfek. ’n Voetsoolvlak-veldbrand beteken dat gewone mense mekaar mobiliseer om by ’n saak betrokke te raak. Al wat nodig is vir ’n veldbrand, is ’n vonk. Solidariteit het daardie vonk met FNB gegee. Ons moet die vuur onder gewone mense aan die brand steek. ’n Vonk is ’n eenvoudige kreatiewe idee. Net een eenvoudige idee kan die wêreld verander. Die idee om ’n rekenaar op elke lessenaar te hê, het die wêreld verander. ’n Netwerk is die krag agter ’n idee. Jy moet ’n netwerk van mense kan mobiliseer. As jy dit kan regkry, is dit nie meer Solidariteit wat die FNB-veldtog gewen het nie, maar die mense self. Ons was bloot hulle voertuig. Die veldtog het van verskeie internetplatforms gebruik gemaak. Dit het Facebook-groepe, blogs, Twitter, ’n webbladsy en

direkte e-posse aan FNB ingesluit. Sowat 1 000 mense het klagtes by FNB gelê oor die beursskema en tientalle mense het hulle rekenings by FNB gesluit of gedreig om dit te sluit indien daar nie ’n oplossing kom nie. Die veldtog het getoon wat die krag van gemeenskapsaktivisme is. Dit is ’n nuwe soort politiek waarvan die volle krag nog nie ontdek is nie. Nuwe tegnologie maak hierdie soort aktivisme net meer doeltreffend. Ons mense dink dat partypolitiek en om te stem die hoogste vorm van demokrasie is. Dit is eenvoudig nie meer so nie. Dit is nie partypolitiek wat FNB laat swig het nie, maar gemeenskapspolitiek. Solidariteit wil in 2010 hierdie idee van gemeenskapsaktivisme na ’n nuwe vlak neem. Ons is oortuig dat beide werwing en behoud met gemeenskapsaktivisme nog ’n reuse-rol sal speel. • Daar is vyftien lesse vir voetsoolvlak-veldbrande. Lees meer hieroor op die Solidariteit-blog by www.solidariteitblog.co.za. Kyk ook na die FNB-video by www.s-tube.co.za en luister na die onderhoud oor voetsoolvlak-veldbrande op Solidariteit Radio by www.solidariteitradio.co.za. S

nommer 1 van 2010

18

AfriForum, die burgerregte-inisiatief wat deur Solidariteit gestig is, is ’n voorbeeld van wat bereik kan word as ons mense begin om te organiseer. Die welslae wat AfriForum die afgelope tyd behaal het, wys daar is hoop. Drie hiervan is: • Die SABC mag nie meer op TV-nuus na Pretoria as Tshwane verwys nie, nadat die Uitsaaiklagtekommissie in AfriForum se guns beslis het dat die hoofstad se naam Pretoria is. Die Gesagsowerheid vir Reklamestandaarde het ook in AfriForum se guns beslis dat geen media-instelling advertensies mag plaas wat voorgee dat Pretoria se naam Tshwane is nie. Pretoria se naam bly ook op padaanwysingsborde. AfriForum se druk het daartoe bygedra dat die Metroraad in Pretoria die afgelope sowat vyf jaar nie daarin kon slaag om die stad se naam te verander nie. • As maatskappye soos Nestlé toegelaat word om melk of ander produkte by grondgrypers soos Grace Mugabe in Zimbabwe aan te koop, is daar niks wat maatskappye sal verhinder om dieselfde in Suid-Afrika te doen nie. AfriForum het daarom besluit om ’n internasionale veldtog teen Nestlé te begin. Mense is aangemoedig om Nestlé te boikot, sou die maatskappy nie binne sewe dae melkaankope by Mugabe staak nie. Meer as 75 000 mense het binne 24 uur hul steun aan die veldtog getoon en Nestlé het binne twee dae onderneem om melkaankope by Mugabe te staak. • Nadat die skooldogter Bernadine Kruger deur die taxibestuurder Percival Matji doodgery is, het AfriForum protesaksies buite die hof gehou om te eis dat Matji swaar gestraf word. Matji is skuldig bevind aan moord en tronk toe gestuur. AfriForum se veldtog teen roekelose taxi’s word voortgesit en ’n verslag met voorstelle oor hoe taxi’s vasgevat kan word, is onlangs aan die minister van vervoer oorhandig.

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a



nuuswaardig

Solidariteit woel behoorlik in kuberruim

d

Deur Daleen de Jager

aar word gesê dat die gebruik van die sosiale media tot sosiale verval of tot sosiale groei kan lei. Sosiale verval omdat mense hulle dan nie meer steur aan die normale etiese gedrag nie; sosiale groei omdat mense baie meer betrokke is by en kontak hou met hulle direkte en ander omgewing. In Solidariteit se geval? Definitief sosiale groei! Solidariteit wil sy mense en lede bemagtig, ophef en hulle omgewing verbeter deur die gebruik van sosiale media. Elke Solidariteitveldtog word nou meer as ooit gedryf. Veldtogte word gemobiliseer deur al ons normale mediakanale, maar nou ook deur Facebook, Twittter, Flickr en YouTube. Moenie vergeet van Soldeer, S-Tube, Solidariteit Blog en Solidariteit Tydskrif nie. ’n Onlangse voorbeeld was Solidariteit se veldtog teen FNB se beleid oor beurse. Danksy die gebruik van sosiale media het ons FNB oortuig om hulle beleid te hersien en ook wit kinders by hulle beursskemas in te sluit.

FACEBOOK Sluit aan by Solidariteit se Facebook-groep en word deel van ons Facebook-veldtogte. Hou ons op Facebook dop vir al die aksie!

SOLIDARITEIT BLOG & S-TUBE Solidariteit Blog (www.solidariteit-blog.co.za) en ons eie aanlyn-videotuiste, S-Tube, het binne ’n paar maande hul kinderskoene ontgroei en is vinnig op pad om van Solidariteit se gewildste webblaaie ooit te word. Solidariteit se bloggers skram nie weg van witwarm kwessies in Suid-Afrika en oorsee nie, terwyl videogrepe van alles en nog wat by STube gesien kan word.

WEN! WEN! WEN! TWITTER Volg Solidariteit op Twitter sodat jy op die hoogte kan bly van al die aksie, elke minuut van die dag! FLICKR Wil jy graag sien hoe lyk jou vakbond? Gaan kyk by www.flickr.com, waar ons gereeld die jongste vakbondfoto’s oplaai.

Twee persone wat Solidariteit voor 26 Maart op Twitter begin volg, staan die kans om ’n CNA-geskenkbewys ter waarde van R100 te wen. Besoek www.twitter.com/solidariteit. Twee persone wat voor 26 Maart ons vriend word op Solidariteit se profiel op www.facebook.com staan ook die kans om ’n CNA-geskenkbewys ter waarde van R100 te wen. S

Onderneem wêreldreis saam met Solidariteit Radio Deur Moira-Marie Kloppers Carina Roos is die aanbieder van die splinternuwe program WWW, oftewel Wêreldwyd op Woensdag, op Solidariteit Radio. Die eerste Wêreldwyd op Woensdag is op 6 Januarie 2010 uitgesaai en het sedertdien die stasie se gewildste program geword. Die program reis elke week na verskillende wêrelddele en is propvol wenke en doendinge om jou week op te kikker.

FOTO: REINT DYKEMA

Suid-Afrikaner in die buiteland Carina gesels elke week met interessante Suid-Afrikaners wat in die buiteland woon en werk. Sy het dié jaar reeds telefonies met Suid-Afrikaners in Australië, Chicago, Ierland en Afrika gekuier. Feite en gebruike In een land is dit goeie maniere om vroeg te wees, in ’n ander moet jy laat vir ’n afspraak opdaag. Moet jy al jou kos opeet, of ’n bietjie oorlos? Watter land het die vetste en die maerste mense en watter

handgebare moet liefs vermy word? Daleen de Jager snuffel elke week ’n ander land se unieke gebruike en gewoontes uit. Op reis Audrey Painter, Solidariteit Radio se korrespondent in Vancouver, Kanada, is ook ’n weeklikse deelnemer aan die program. Sy is ’n reisiger, onderwyseres en storieverteller wat elke week ’n unieke, opwindende storie vertel. Deur haar oë het Solidariteit Radio al ’n draai in China, Mexiko, die VSA en selfs die Noordpool gemaak. Vurig en plesierig Ilze Nieuwoudt gaan kuier elke week in ’n ander Suid-Afrikaanse dorpie terwyl Martie Maree en haar dogtertjie, Jana, die wêreld van kinders verken. En as jy ooit gewonder het watter kampus die beste is en of mens met ateïste moet praat of nie, Charl Oberholzer hou elke week ’n vuurwarm debat oor vurige (en plesierige) onderwerpe.

nommer 1 van 2010

20

Carina Roos

Onthou om elke week om 12:00 in te skakel vir Wêreldwyd op Woensdag by www.solidariteitradio.co.za.

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


industry news

Metal, engineering companies suffer in 2009

PHOTO: iSTOCKPHOTO

l

ast year was extremely difficult for most companies throughout the world and also in South Africa. The pressure caused by the recession not only led to the retrenchment of thousands of workers but also forced companies to search for alternative ways in which to save money. The influence of the economy on the metal and engineering industry can clearly be seen in the large number of companies that applied for exemption at the Metal and Engineering Industries Bargaining Council (MEIBC). According to Judith Annakie-Eriksen, the communications manager for the MEIBC, the council received 1 647 applications for exemptions during 2009. Of these, 1 351 applications were granted and 168 matters were referred to the MEIBC’s Independent Exemptions Appeal Board. Annakie-Eriksen says that although relatively speaking more applications for wage exemptions were received in December, the

By Ilze Nieuwoudt

vast majority of exemptions granted in 2009 were for overtime and package rates. “In December a total of 54 exemptions were granted by the MEIBC, 12 were declined and one was carried over,” says Annakie-Eriksen.

HOW DOES EXEMPTION PROCESS WORK? • Exemption applications are made in writing by firms and submitted to their MEIBC regional office for processing. • The regional council (i.e. the regional stakeholder committee) considers the application and makes a decision to grant or decline the exemption. • In scrutinising the application, the regional council will consider the views expressed by the employer and the workforce, together with any other representations received in relation to that application. • The employer or employee may appeal the outcome of the exemption application. In such cases, the appeal is submitted to the Independent Exemptions Appeal Board for consideration and finalisation. • The firms are notified by the MEIBC of the outcome of an exemption application and the reasons for the decision. S


bedryfsnuus

Naspers lê skêr in by koerante Deur Charl Oberholzer

Consmurch-afleggings laat vakbond rooi sien

FOTO: ERIC SCHOEMAN

m

Deur Charl Oberholzer

etorex se antimoon- en goudvervaardiger, Consilidated Murchison Mine (Consmurch), het ’n moeilike jaar agter die rug. Die myn is buite Phalaborwa geleë en spog met die grootste konsentrasie antimoon ter wêreld. Maar dit wil lyk of hierdie jaar ook moeilik gaan wees vir Consmurch, veral as dit van Solidariteit afhang. Die Metorex-groep sluit in Chibuluma Mines; Ruashi Mining; Copper Resources Corporation; Sable Zinc Kabwe; Vergenoeg Mining Company; en Consolidated Murchison Division. Met 350 afleggings op sy kerfstok vir 2009 het Consmurch probeer om ’n verdere 235 werknemers af te lê. Dit wil voorkom of afleggings ’n soort kompetisie geword het in die mynbedryf en ongelukkig loop die kompetisiegees hoog. In 2009 het meer as 46 000 werknemers hul werk net in die mynbedryf verloor. Dit is 8,6% van die totale werkmag in die bedryf en meer as in enige ander bedryf. Maar nie net bring Consmurch sy kant met afleggings nie, hy doen ook sy bes om nie met vakbonde soos Solidariteit oor die afleggings te konsulteer nie.

VINNIGE FEITE • Consmurch produseer 8% van die wêreld se antimoon. • Goud word ook by Consmurch ontgin. • Antimoon is verantwoordelik vir 6% van Metorex se inkomste. • Consmurch het die grootste konsentrasie van antimoon ter wêreld. Ná volgehoue druk van Solidariteit het Consmurch geen keuse gehad nie as om Solidariteit te nader en ’n nuwe konsultasieproses te begin. Solidariteit het hard geveg vir sy lede en ooreenkomste bereik waarvolgens werknemers hul werk kon behou of in laer posvlakke aangestel word. Slegs vyf Solidariteit-lede is afgelê, maar hulle is gevolglik in armoede gedompel. Solidariteit het dadelik kos en benodigdhede vir hierdie gesinne voorsien. Ingevolge die Artikel 189-kennisgewing oor die beplande afleggings word daar ook beplan om die myn te verkoop. Dit wil ook voorkom asof Solidariteit nie die enigste vakbond is wat sukkel met Consmurch nie. S

nommer 1 van 2010

22

Die resessie het die skuld gekry vir elke aflegging die afgelope 18 tot 24 maande. Dit is nou Naspers se beurt, waar woorde soos herstrukturering, doeltreffendheid, sakestrukture en kostedruk in die gange weergalm. Die snelveranderende mediabedryf en ’n swaar resessie was die dryfkrag agter ’n nuwe strategie wat personeelbesnoeiing behels. Dit is bykans ’n jaarlikse instelling – ongeveer ’n jaar gelede het dieselfde onsekerheid in Naspers geheers, veral onder Afrikaanse koerante. Werknemers het eers goeie wense vir die nuwe jaar ontvang en toe is al die redakteurs, adjunk-redakteurs, assistent-redakteurs en spesialiste van alle Afrikaanse media (Rapport, Beeld, Volksblad en Die Burger) die opsie gegee om vrywillige skeidingspakkette te neem. Die ander opsie vir diegene bo 50 was om ’n vroeë aftreepakket te neem. Benewens al die Afrikaanse media is werknemers by City Press, Fin24 en McGregor BFA ook genooi om vrywillige skeidingspakkette te neem. Die afleggings was ’n skok vir talle werknemers aangesien Media24 reeds verlede jaar ’n beduidende aantal werknemers afgelê het. Solidariteit was toe ook deel van drie verskillende afleggingsprosesse by Media24. Deur die loop van hierdie prosesse het geen Solidariteit-lede hul werk verloor nie, behalwe diegene wat vrywillig ’n pakket wou neem. Daar is wel lede van ander vakbonde afgelê en dit verduidelik ook hoekom daar ongelukkigheid heers oor die feit dat daar weereens afleggings moet wees. Daar is ook berig dat Naspers ’n beter finansiële jaar agter die rug het as sy mededingers. Volgens Ton Vosloo, voorsitter van Naspers, is die besluit nie as gevolg van ’n gebrek aan vertroue in die langtermynvooruitsigte van hierdie afdelings nie, maar eerder ’n manier om bedryfsdoeltreffendheid te verbeter en die mededingende posisie van Naspers te versterk.

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


bedryfnuus

briefly • kortliks Onderhandelingsnuus • Highveld Steel and Vanadium: Lede aanvaar dat die huidige driejaarooreenkoms met ’n verdere drie jaar verleng word. • Mogale Alloys: Solidariteit het op ’n salarisverhoging van 8% ooreengekom. Voorts word die uitroeptoelae van R250 tot R350 per week verhoog. • OBP: Daar is hier ooreengekom op ’n 9%verhoging, met ingang 1 Desember 2009. • ATNS: Lede aanvaar deur ’n stemming ’n aanbod vir ’n 9,5%-salarisverhoging vir 2010/2011, plus ’n verhoogde indiensopleidingstoelae. • Karbochem: Konsultasie het op aanlegvlak plaasgevind. Die lede aanvaar ’n 5%-algehele verhoging vir implementering op 1 September 2009 asook 12 maande gewaarborgde werksekuriteit. • Lonmin: Daar is ooreengekom op ’n 9,5%salarisverhoging en een bonusstelsel. • Exxaro: Terugbetaling vanaf Julie tot einde Oktober en ’n salarisverhoging van 11% vir bande 7 en 8,10% vir 5 en 6, en 9% vir 3 en 4.

Aanbod, afleggings • Sasol het ’n aanbod vir die Zambiese raffinadery Indeni Petroleum Refinery (IPR) gemaak wat tans aan die Zambiese staat behoort. Daar word in Maart vanjaar ’n besluit geneem oor die transaksie. • Afgri se werknemers staar steeds afleggings in die gesig. Die moontlike aantal afleggings het gestyg van 32 na 110 werknemers in onder meer die kapitaal-, logistieke, handels- en makelaarsafdelings. • Die mynbedryf het 2009 oorleef, maar teen ’n koste. Meer as 46 000 werkgeleenthede is die afgelope jaar in die bedryf verloor. Dit is 8,6% van die totale werkers in die bedryf. Die konstruksiebedryf is tweede, met altesame 37 000 werkgeleenthede wat in 2009 verlore gegaan het.

Everest maak weer deure oop Dit was die eerste groot aflegging toe die kredietkrisis einde 2008 begin het. Die mynmaatskappy Aquarius Platinum het 1 950 werknemers by sy Everest-platinummyn by Lydenburg afgelê nadat die skag ná ’n wolkbreuk inmekaargeval het. Met die aflegging is bepaal dat voormalige Everest-werknemers voorkeur sal kry met die heropening van die myn. Intussen lyk dit of die kontrakteur Murray & Roberts Cementation die mynbou by Everest gaan oorneem. Die maatskappy hanteer reeds Aquarius Platinum se Kroondal-operasies by Marikana. Voormalige Everest-werknemers moet dus, as hulle weer by Everest wil gaan werk, so gou as moontlik met die nuwe werkgewer in verbinding tree. Solidariteit het reeds ’n kollektiewe ooreenkoms met Murray & Roberts Cementation bereik. Die vakbond het twee voltydse verteenwoordigers by Murray & Roberts Cementation, naamlik Carel Laufs en Frank Marais. – Reint Dykema


bedryfsnuus

Skrif aan muur vir dié Telkom-werknemers

FOTO: iSTOCKPHOTO

k

Deur Ilze Nieuwoudt

ontrakteurs en tydelike werknemers in Telkom het einde November verlede jaar die skoknuus ontvang – hulle dienste sou teen Desember beëindig word. Die nuus het soos ’n storm in Telkom losgebars en Solidariteit het ingegryp om die lot van dié werknemers te verbeter. Volgens Keith Rossouw, voltydse verteenwoordiger vir Solidariteit in die telekommunikasiebedryf, het die gerugte in November die rondte begin doen dat duisende tydelike en kontrakwerknemers by die groep diensbeëindiging in die gesig staar. “Telkom was deurentyd stil oor die besluit en juis daarom was Solidariteit en die ander vakbonde in die maatskappy in die duister oor die maatskappy se eintlike planne,” verduidelik Keith. Hoewel ’n maatskappy moet konsulteer met alle vakbonde wat werknemers verteenwoordig wat deur beplande afleggings geraak kan word, is die situasie met die

diensbeëindiging van tydelike werknemers in Telkom anders, verduidelik Keith. “Dié werknemers is nie regstreeks in diens van Telkom nie, maar in diens van arbeidsmakelaars. Dit beteken uiteindelik dat Solidariteit nie regstreeks teen Telkom se besluit om die arbeidsmakelaars se diens te beëindig, kon optree nie,” sê Keith. Keith hou vol dat daar nou indringend na

Telkom se gebruik van arbeidsmakelaars gekyk moet word. Solidariteit asook die ander vakbonde in Telkom sal binnekort met die maatskappy hieroor vergader. Wat die proses rakende die kontrakwerknemers in Telkom betref, is ’n ander proses van toepassing, meen Keith. “Werknemers wat ’n regstreekse kontrak met die werkgewer het en dan voor die verstryking van die kontrak ingelig word dat die kontrak voortydig beëindig sal word, het die hef in die hand. Hierdie aflegging van werknemers is onbillik, juis omdat Telkom nie die korrekte proses gevolg het nie. Die vereistes van die proses sluit onder meer in dat ’n konsultasieproses tussen die vakbonde en die werkgewer moet plaasvind sodat alternatiewe tot afleggings ondersoek kan word en dat daar op ’n skeidingspakket ooreengekom moet word. Dit is egter nie gedoen nie.” Solidariteit is steeds in gesprek met Telkom om die billikheid van die aflegging van die kontrakwerknemers te bespreek. S

promosie-artikel

Medipost: Geen toustaan met dié blitsige diens afhandeling van jou eis afgelewer word.

Medipost is die grootste koerier-apteek in Suid-Afrika en bestaan al vir 19 jaar. Dié apteek, met 500 toegewyde personeellede en aptekers, spesialiseer in die verspreiding van chroniese medikasie regoor die land teen mededingende pryse. Medipost fasiliteer die magtigingsproses van chroniese medikasie gratis en herinner pasiënte wanneer hul voorskrifte hernieu moet word. Vergeet van toustaan! Medipost pos jou chroniese medikasie gratis na enige bestemming in Suid-Afrika en laat weet jou wanneer jy jou pakkie kan gaan afhaal. Daarbenewens verskaf Medipost ook gratis glukosemeters aan alle geregistreerde insuliengebruikers.

Waar word my medikasie afgelewer? Medipost kan jou medikasie by jou naaste poskantoor se Spoeddiens- (Speed Services) toonbank, jou huisadres, werkadres of selfs jou plaaslike vakansiebestemming aflewer. Medipost lewer enige plek binne die grense van Suid-Afrika af.

Watter medikasie kan ek by Medipost kry? Medipost spesialiseer in chroniese medikasie wat maandeliks herhaal moet word.

Hoe lank neem dit om my medikasie af te lewer? Jou medikasie sal binne 24 tot 48 uur ná die

Hoeveel kos dit om my medikasie af te lewer? Aflewering is gratis! Moet ek aan ’n mediese fonds behoort om van Medipost se diens gebruik te maak? Nee, Medipost bedien die meeste geregistreerde mediese fondse in Suid-Afrika asook privaatpasiënte. Hoe maak ek van Medipost se diens gebruik? Medipost benodig net jou voorskrif en jou mediesefonds- en kontakbesonderhede. Die apteek het sowat 80 aptekers wat pasiënte kontak en voorskrifte verwerk. Jou medisyne word dan maandeliks na die adres van jou keuse gepos of gekoerier.

Kontak ’n Medipost-apteker: 012 426 4000 • Faks voorskrifte, mediese besonderhede en kontakbesonderhede na: 012 426 4556 of 012 341 8043

nommer 1 van 2010

24

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a



bedryfsnuus

Roché Grebe

Frank Dempsey

Keith Rossouw

Telekommunikasiebedryf gerat vir 2010 Deur Ilze Nieuwoudt

2010 gaan ’n jaar van vele uitdagings wees, maar Solidariteit se telekommunikasiebedryf is gerat om dié jaar aan te pak. Die drie voltydse verteenwoordigers in die bedryf gesels oor hulself, vakbondlidmaatskap en die grootste uitdagings vir 2010. die beskerming gaan nodig kry nie. Solidariteit bied uitgebreide en doeltreffende beskerming aan sy lede asook ’n toegewyde regspan wat lede in sake bystaan.”

KEITH ROSSOUW Agtergrond: Keith het 12 jaar ervaring in Telkom en het oorspronklik sy loopbaan hier in die datatoetssentrum begin. Hy is reeds die afgelope ses jaar by Solidariteit betrokke as verteenwoordiger, streeksvoorsitter en voltydse verteenwoordiger. Hy word as die aktivis in dié Solidariteit-bedryf beskou, veral vanweë die feit dat hy graag kwessies namens sy lede aanpak.

Uitdagings vir 2010: Die kwessie van drempels, diskriminasie en rassisme bied groot uitdagings.”

ROCHÉ GREBE Agtergrond: Roché het in 1992 by Telkom aangesluit en by die telefoonoudit-afdeling gewerk. In 1994 het hy na die afdeling vir menslike hulpbronne geskuif. Dit is juis in hierdie tyd dat Roché by Solidariteit betrokke geraak het as ’n verteenwoordiger. In 2001 is hy tot sekretaris van Telkom se Noord-oostelike streek verkies en in 2003 is hy tot voltydse verteenwoordiger vir Solidariteit verkies. Roché spesialiseer veral in die EPDMS-stelsel (Enhance Performance and Development Management System) in Telkom, asook sake van onbevoegdheid. Hy dien onder meer in die Telkom Vigskomitee en die Telkom Forum vir Gevreesde Siektes.

Hoekom ’n vakbond?: “Vakbondlidmaatskap is soos jou versekering in die werkplek. Vakbonde het kenners op die gebied van arbeidsverhoudinge, en die verteenwoordigers en organiseerders is spesialiste op dié gebied en bied daarom spesialisbeskerming aan lede.” Uitdagings vir 2010: “Werksekuriteit vir werknemers in die bedryf sal vanjaar ’n kwessie wees, terwyl die probleem rakende toenemende rassisme ook ’n uitdaging is.”

FRANK DEMPSEY Agtergrond: Frank het reeds meer as 25 jaar ondervinding in Telkom en het in 1992 vir die eerste keer werklik by vakbondwese betrokke geraak. In 1995 is hy as ’n voltydse vakbondverteenwoordiger by die South African Communications Union (Sacu) aangestel. Hy het uiteindelik in Februarie 2009 by Solidariteit aangesluit as ’n voltydse verteenwoordiger. Frank het onder meer ’n kommissariskursus voltooi wat hom kwalifiseer om as deeltydse kommissaris vir die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) op te tree.

Hoekom ’n vakbond?: “Solidariteit het ontstaan as ’n vakbond, maar het hom in die afgelope paar jaar gevestig as ’n beweging wat staan vir die regte van die minderheidsgroepe.” Uitdagings vir 2010: “Vanjaar se Sokkerwêreldbeker hou groot uitdagings vir Telkom in, waar die doeltreffendheid van Telkom, sy stelsels en sy mense aan die wêreld bekendgestel sal word. Probleme rakende diskriminasie, rassisme en die verdere veranderings in die struktuur van Telkom op plaaslike en nasionale vlak sal verdere dringende kwessies in Telkom wees.” S

FOTO’S: REINT DYKEMA

Hoekom ’n vakbond?: “Werknemers moet die beskerming van ’n vakbond hê, want jy weet nooit wanneer jy

As jy ’n lid van die telekommunikasiebedryf is en enige navrae het, skakel vir Keith (084 401 0477), Frank (082 447 0875) of Roché (082 928 5501). Telkom-lede in Solidariteit het toegang tot ’n eksklusiewe Telkom-Solidariteit-webblad. Besoek die webblad by www.solidariteittelkom.co.za.

nommer 1 van 2010

26

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


industry news

Kick-start for medical sector in 2010

PHOTO: REINT DYKEMA

i

By Samantha van Tonder

n 2009 Solidarity launched the medical sector. The first task we set ourselves was to make sure we could provide a professional indemnity cover for all members within the nursing categories. This goal was achieved when we could provide the best cover at the lowest cost to these members. We were later able to extend the cover to all phlebotomists as well as care workers. During our recruitment campaign in 2009 to extend the sector, we were made aware that a similar cover was required for other categories of members such as emergency medical response services (EMRS) employees, pharmacists, pharmacy assistants and laboratory technicians. After negotiating with various suppliers, we are glad to inform our members that we have been able to finalise a cover for pharmacists and pharmacy assistants as of 1 January 2010. We were aware that pharmacists were required to pay between R1 100 and R1 500 for R1million cover. The package that we put together for the members is at a cost of R580 per annum. This once-off payment will provide a member cover to the value of R5 million. We will be continuing our discussions with the suppliers in an effort to finalise a similar cover for EMRS. Any member who requires more information can contact any of the organisers in the medical sector or the call centre on 0861 25 24 23. As a result of the growth of the sector, we are proud to inform members that we will be entering into negotiations with various employers on substantive issues. These include Netcare, Matlosana Medical Health Services, Zuid-Afrikaans Hospital and, later this year, MediClinic. S


bedryfsnuus

Beste jaar nog vir groepe in Graanbedingingsraad

FOTO: REINT DYKEMA

d

Deur Reint Dykema wat uitstekende resultate behaal het. My gelukwense aan die bestuur en al die personeel van OVK met dié besondere prestasie. Dit illustreer die toewyding en geesdrif waarmee OVK sake doen,” volgens Manie Botha, voorsitter van OVK. Die voorsitter van Senwes, Japie Grobler, noem in dié groep se jaarverslag dat Senwes se honderdjarige bestaan op sigself merkwaardig is. Net so merkwaardig is die organisasie se rekordomset van R11,2 miljard en stewige wins van R368 miljoen. “In die 2008/2009-finansiële jaar het Suidwes weereens verbeter op sy vorige puik finansiële resultate. Die netto wins voor belasting van R106,972 miljoen verteenwoordig ’n verbetering van 20,2% op die vorige jaar se rekordsyfers,” volgens SF van Zyl, die voorsitter. “Die afgelope finansiële jaar was die mees suksesvolle jaar in die groep se geskiedenis. Die resultate is moontlik gemaak deur ’n kombinasie van proaktiewe optrede deur die personeel en die omgewing wat gunstige omstandighede geskep het om finansieel te presteer,” volgens die VKB-voorsitter in hulle jaarverslag. Die enigste landbou-onderneming wat nie aangehaal is nie, is NTK wat deur VKB oorgeneem is. Die volledige ontledings van die finansiële state is op die Solidariteit-blog beskikbaar. Onderhandelings tussen Solidariteit en die landbouondernemings in die Graanbedingingsraad is tans aan die gang. Solidariteit verteenwoordig nagenoeg 1 800 lede in die Graanbedingingsraad. S

ie agt groot landbou-ondernemings wat onderhandel by die Graanbedingingsraad het hulle beste landboujaar nog agter die blad. ’n Mens hoef net na hulle jaarverslae te kyk om te besef iets groots het in die landbousektor gebeur en dat hulle al die pad bank toe lag. Die ondernemings is GWK, Obaro, Senwes, OVK, NWK, Suidwes en VKB-NTK. Die volgende aanhalings kom uit hulle jaarverslae: Klasie Jacobs, voorsitter van GWK, beskryf dit as “weereens ’n puik jaar vir GWK”. Johan van Dyk, besturende direkteur van GWK, noem dat 2008/2009 gesien kan word as die belangrikste jaar in GWK se geskiedenis. Nie net is puik finansiële resultate bereik nie, maar die Curions-groep van maatskappye is ook oorgeneem. MGK (Obaro) se besturende direkteur, BC Lombard, beskryf sy groep se prestasie soos volg: “Die prestasie oor die afgelope finansiële jaar onder moeilike omstandighede is te danke aan die hele groep se personeel”. Danie Marais, die besturende direkteur van NWK, beskryf die groep se resultate soos volg: “As daar teruggekyk word op die jaar se uitstekende resultate is NWK en al die belanghebbende partye inderdaad geseën met voortreflike resultate. Dit kan toegeskryf word aan ’n merkwaardige oes en die gepaardgaande groter gebruik van stoorgeriewe, asook die benutting van sakegeleenthede wat gelei het tot die beste winste ooit”. “Die oorsigjaar is in finansiële terme nog die beste jaar in OVK se geskiedenis, veral die handelsafdeling nommer 1 van 2010

28

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


bedryfsnuus

Vakbond stewig in ArcelorMittal

d

ie vakbond Solidariteit staan sterk en by die staalreus ArcelorMittal is die krag van die grootste vakbond in die maatskappy weer bevestig met die onlangse sluiting van ’n erkenningsooreenkoms hier. Volgens Solidariteit se hoofonderhandelaar by die maatskappy, Johan Venter, is die erkenningsooreenkoms wat hier gesluit is ’n eerste by die maatskappy. Ingevolge die ooreenkoms is Solidariteit se organiseringsmagte en bedingingsregte herbevestig. “Albei hierdie aspekte is van kritieke belang in die optimale beskerming van lede hier,” verduidelik Venter. Vir ’n vakbond om organiseringsregte binne ArcelorMittal te bekom, moet die vakbond se verteenwoordiging op minstens 15% gereken word, terwyl bedingingsreg voortaan verteenwoordiging van minstens 25% vereis. Solidariteit voldoen aan albei dié vereistes wat tydens die

Deur Ilze Nieuwoudt onderhandeling van die erkenningsooreenkoms bepaal is. Die National Union of Metalworkers of South Africa (Numsa) is die enigste ander vakbond in die maatskappy wat ook aan die voorgeskrewe vereistes van die erkenningsooreenkoms voldoen. Die ander vakbond in Mittal, Uasa, is egter nie so gelukkig nie. Uasa voldoen nie aan die vereistes van die erkenningsooreenkoms nie, wat beteken dat dié vakbond met sy nagenoeg 11%-verteenwoordiging in die maatskappy teen Februarie vanjaar sy verteenwoordiging hier sal verloor. Deon Reyneke, Solidariteit se bedryfshoof vir die metaal- en ingenieursbedryf, beklemtoon dat die erkenningsooreenkoms wat by Mittal gesluit is ’n bevestiging van Solidariteit se beskerming vir lede hier is. “Om bedingingsregte in ’n maatskappy te behou of te verkry, is enige vakbond se grootste doel juis aangesien dit aan die vakbond die reg verleen om onder meer vir

salarisse en diensvoorwaardes te onderhandel en om verteenwoordiging op die maatskappyforum te hê. Hierdie regte is die grondslag van waardevolle vakbondlidmaatskap en daarsonder is vakbonde se hande eintlik afgekap,” sê Reyneke. Venter hou vol dat Solidariteit ’n ongeëwenaarde voorsprong bo ander vakbonde in die maatskappy het en juis daarom is Solidariteit die voorkeurkeuse van werknemers hier. “Solidariteit bied soveel aan sy lede. Ons het baie goeie voordele en daarbenewens is die sekuriteit van werksekerheid wat deur Solidariteit se beskerming aan lede gebied word ’n noodsaaklike komponent vir werknemers,” verduidelik hy. Baie werk lê voor in 2010, meen Venter. Loononderhandelings moet weer vanjaar aangepak word en, soos in die verlede, beloof Venter sal daar weer hard onderhandel word in Solidariteit-lede se beste belang. S


bedryfsnuus

SA Airlink-vlerke klap weer

FOTO: REINT DYKEMA

s

Deur Charl Oberholzer

staak. Laasgenoemde roete het teenstand vanuit verA Airlink vlieg na meer nasionale bestemskeie oorde gelok. Die Port Elizabeth Sakekamer is van mings as enige ander lugdiens, hanteer mening dat daar geen manier is dat die roete nie winsongeveer 3 500 vlugte per maand en is in gewend vir SA Airlink kan wees nie. diens van meer as 25 verskillende bestemSA Airlink het egter elke vakansiedag opgeoffer, nie net mings in Suid-Afrika. Sowat 65 000 mense om die BLO te oortuig dat hulle tegniese onderhoudsmaak elke maand van SA Airlink gebruik. Indrukwekpraktyke wel voldoen aan veiligheidstandaarde nie, maar kende statistiek, maar hoe lyk sy toekoms? ook om nasionaal met alle rolspelers en internasionaal SA Airlink is in die moeilikheid gedompel ná ’n met vervaardigers te skakel. Die gevolg was dat al 14 Jetreeks voorvalle waarby van sy vliegtuie betrokke was stream-vliegtuie weer diensen het gesukkel om kop bo baar verklaar is en die bewater te hou. Die laaste SÓ VERLOOP SAKE plande afleggings afgelas is. voorval was toe ’n SA Solidariteit plaas die veiAirlink-vliegtuig die aan• 24 September 2009 – Kaptein ligheid van passasiers en loopbaan in George met Allister Freeman (40) sterf ná ’n werknemers eerste op sy prisowat 200 meter oorskiet SA Airlink-noodlanding. oriteitslys, maar terselfdertyd het. Dit het gevolg tot die in• 7 Desember 2009 – SA Airlinkmoet daar verseker word dat gryping van die Burgerlugvliegtuig oorskiet aanloopbaan in George. werknemers van SA Airlink vaartowerheid (BLO), wat • 11 Desember 2009 – Minister ontvang ouditnie hulle poste verloor nie. die lugwaardigheidsertifikaverslag van die BLO oor SA Airlink. Die vlieëniers en ander te van 14 SA Airlink-vlieg• 24 Desember 2009 – 14 Vliegtuie teruggeroep. personeel by SA Airlink is tuie opgeskort het. • 8 Januarie 2010 – Eerste Jetstream J41ontsettend lojaal en profesSA Airlink is die derde vliegtuig is terug in die lug ná inspeksie. sioneel, en met Solidariteit grootste gebruiker van Jetse arbeidsoplossings, BLO stream J41-vliegtuie wêreldse tegniese vernuf en Scully Levin, oud-SAA-kaptein wyd en die opskorting van die sertifikate het SA Airlink wat die bestuur van SA Airlink geadviseer het, is SA in ’n groot finansiële verknorsing geplaas. Die lugdiens Airlink nou op pad om ’n nuwe begin te maak. het aan Solidariteit gesê dat hy beoog om 50 vlieëniers Volgens Zirk Gous, organiseerder in die lugvaartbedryf van die Jetstream J41-vloot af te lê – dit is meer as 60% by Solidariteit se kantoor in Boksburg, het “SA Airlink van die poel vlieëniers in hierdie vloot. alles in sy vermoë gedoen om die situasie te beredder en Die inspeksies het reeds vroeg in Januarie begin en in die proses is SA Airlink nie net deur goeie bestuur van sou bepaal of vlieëniers afgelê moes word. finansiële ondergang gered nie, maar ook die werkseGedurende die inspeksies het SA Airlink sy Embraer 135-vloot uitgebrei met die hoop om so gou as moontkerheid van werknemers verseker.” lik terug te keer na sy normale skedule. Korter vlugte Verder sê hy dat Solidariteit in noue samewerking soos Bloemfontein-George, Johannesburg-Mala Mala met die betrokke vlieëniers en SA Airlink gewerk het en Port Elizabeth-Oos Londen was vir tyd en wyl geom ’n positiewe uitkoms te verseker. S nommer 1 van 2010

30

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


fokus op ’n kommervrye oudag

MIBFA bied ongeĂŤwenaarde beskerming What is the latest on distribution of funds Bou nou aan neseier vir jou oudag Begin vroeg spaar en pluk die vrugte Thing$ look up for economy in 2010

0861 50 44 55

www.mibfa.co.za


fokus op MIBFA

MIBFA bied ongeëwenaarde beskerming Met meer as 50 jaar se ervaring in die beskerming van die pensioen- en voorsorgfondse van werknemers in die metaal- en ingenieursbedryf is MIBFA die ongeëwenaarde kenner in dié bedryf. WIE EN WAT IS MIBFA?

MIBFA is ’n nie-winsgewende organisasie wat in 1994 tot stand gekom met die uitsluitlike doel om die voordeelfondse van die metaal- en ingenieursbedryf te administreer. MIBFA beskik oor ’n raad van direkteure wat uit ewe veel werkgewerverteenwoordigers as vakbondverteenwoordigers bestaan. Daar word op dié manier toegesien dat die finansiële belange van werknemers in die bedryf prioriteit geniet. MIBFA is ’n geregistreerde voordeelfonds- en beleggingsadministrateur by die Raad op Finansiële Dienste. Altesame 47% van MIBFA se beleggings is by eksterne beleggingsbestuurders geplaas, terwyl die ander 53% deur MIBFA se eie beleggingspan bestuur word. MIBFA het in 1994 tot stand gekom, maar die fondse is voorheen deur die Staal- en Ingenieurswesefederasie van Suid-Afrika bestuur. Die administratiewe funksie wat deur die federasie gebied is, het reeds in 1955 begin.

WATTER FONDSE WORD DEUR MIBFA BESTUUR?

MIBFA bestuur tans vier afsonderlike fondse: • Die Ingenieursindustrieë Pensioenfonds (EIPF) (Engels: Engineering Industries Pension Fund). • Die Metaalindustrieë Voorsorgfonds (MIPF) (Engels: Metal Industries Provident Fund). • Die Permanente Ongeskiktheidskama vir die Metaal- en Ingenieursbedrywe (Engels: Engineering Industries Permanent Disability Scheme). • Die Siekte-uitbetalingsfonds van die Bedingingsraad van die Metaal- en Ingenieursbedryf (Engels: Metal and Engineering Industries Bargaining Council Sick Pay Fund).

1

DIE INGENIEURSINDUSTRIEË PENSIOENFONDS Die fonds het oorspronklik in 1957 tot stand gekom as die Metal Industries Group Life and Provident Fund. Later is die Metal Industries Group Pension Fund vir werknemers in die bedryf gestig. Die twee fondse het in 1995 saamgesmelt en staan tans as die Ingenieursindustrieë Pensioenfonds bekend. Die fonds het tans 32 000 aktiewe lede en nagenoeg 40 000 pensioenarisse.

2

DIE METAALINDUSTRIEË VOORSORGFONDS Die Metaalindustrieë Voorsorgfonds het in 1991 ontstaan nadat lede van die twee pensioenfondse ook die opsie gegee is om hul pensioenfonds in ’n voorsorgfonds te omskep. Dit het gelei tot die ontstaan van die Metaalindustrieë Voorsorgfonds. Vandag het die fonds meer as 360 000 aktiewe lede.

3 FOTO: iSTOCKPHOTO

DIE PERMANENTE ONGESKIKTHEIDSKEMA VIR DIE METAAL- EN INGENIEURSBEDRYWE Die skema is in 1994 op die been gebring om aan lede wat permanent gestremd gelaat is na aanleiding van ’n beroepsbesering ’n maandelikse inkomste te bied. Hierdie voordeel geld outomaties vir lede wat aansluit by die Metaalindustrieë Voorsorgfonds en die Ingenieursindustrieë Pensioenfonds.

4

DIE SIEKTE-UITBETALINGS VAN DIE BEDINGINGSRAAD VAN DIE METAAL- EN INGENIEURSBEDRYF Die fonds is in 1978 gestig om lede wat hul siekteverlof uitgeput het finansieel by te staan. Daarbenewens bied die fonds ook begrafnis- en swangerskapvoordele. Alle lede in die bedryf vorm deel van die fonds. nommer 1 van 2010

32

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


focus on MIBFA

Distribution of funds

What’s latest on surplus apportionment exercise?

t

he Metal Industries Provident Fund (MIPF), a defined contribution provident fund, and the Engineering Industries Pension Fund (EIPF), a defined benefit pension fund, must both perform a surplus apportionment exercise in terms of the Pension Funds Act. The surplus apportionment date for both funds is 1 April 2008. The Act lays down all the requirements of such an exercise.

PHOTO: iSTOCKPHOTO

SURPLUS COMMITTEE The board of trustees appointed a special surplus committee to manage the surplus apportionment process. The surplus committee is chaired by the principal officer. Both the members and the employers are represented on the subcommittee. All decisions with respect to the surplus exercise are, however, made by the full board of trustees. FORMER MEMBER REPRESENTATIVES The board of trustees appointed Bangizwe Mathenjwa and David Levy to represent the interests of former members in the development of the surplus apportionment schemes for the MIPF and EIPF respectively. MINIMUM BENEFITS The Act states that former members (that is,

members who left the two funds between 1 January 1980 – the date specified in the Act – and 31 March 2008 – the day before the surplus apportionment date) and pensioners have first right to the distributable surplus, but only to the extent that benefits paid to them previously are less than the prescribed minimum benefits. The minimum benefit calculations for the former members of the MIPF have been finalised. The calculations for the EIPF are underway. REMAINING SURPLUS The Act stipulates that the remaining surplus available for distribution (that is, after the amount required to top up the benefits received by former members and pensioners to the prescribed minimum levels) be allocated fairly and equitably between all stakeholders. At least 75% of the trustees must agree on the proposed apportionment before it is communicated to the stakeholders. Ultimately, the scheme must be approved by the Registrar of Pension Funds. COMMUNICATION TO STAKEHOLDERS Qualifying stakeholders will receive a printed information booklet regarding the proposed surplus apportionment schemes,

number 1 of 2010

33

as well as an individual surplus statement. They will be given a period of at least 12 weeks to comment on the proposed scheme. SUBMISSION OF SCHEME AND IMPLEMENTATION The surplus apportionment scheme can only be finalised and lodged with the Registrar of Pension Funds once all questions and issues raised by the stakeholders have been resolved satisfactorily. The timeframe for this will depend on the types of issues and the volumes. The current deadline for the submission of the formal schemes to the registrar is 30 September 2010. An extension may be requested depending on the circumstances. The surplus apportionment schemes can only be implemented once the Registrar of Pension Funds has approved the schemes. The trustees expect that the schemes will only be approved during 2011. REGISTRATION It is important that all qualifying stakeholders register for the surplus apportionment scheme. You can contact the special Surplus Call Centre at MIBFA on 0861 50 44 55 regarding the registration process.

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


fokus op MIBFA

Begin nou geld wegsit vir jou oudag Die syfers bewys dit: Suid-Afrikaners is allermins voorbereid op ’n oudag sonder finansiële kommer. Daarom, meen HENK SCHALEKAMP, adjunkuitvoerende hoof van Solidariteit, het die tyd aangebreek om die moue op te rol en te begin spaar vir daardie broodnodige neseier.

FOTO: iSTOCKPHOTO

l

uidens ’n opname wat ’n bekende SuidAfrikaanse finansiële instelling in 2008 oor sowat 600 mense se gereedheid vir aftrede gedoen het, is die prentjie vir Suid-Afrikaners nie baie rooskleurig nie. Die studie is onder mense gedoen wat verskillende vorme van pensioen en voorsieningsfondse het, met ander woorde respondente wat darem die een of ander vorm van voorsiening vir hul oudag probeer tref. Die opname het onder meer getoon dat nagenoeg 40% van die respondente glo dat hulle wel gereed is vir aftrede, terwyl net soveel glad nie glo dat hulle daarvoor gerat is nie. ’n Verdere 20% het aangetoon dat hulle onseker is oor of hulle genoeg voorsiening getref het vir aftrede. Op die vraag wat hulle sal doen as dit sou blyk dat hul nie genoeg het vir ’n rustige, sorgvrye aftrede nie, het meer as 31% aangetoon dat hulle hul lewenstandaard sal verlaag. Bykans die helfte van die respondente meen egter dat hulle sal probeer om ’n kontrak by hul vorige werkgewer te beding of ’n ander werk sal soek. Nog ’n studie het getoon dat slegs 6% van alle Suid-Afrikaners finansieel onafhanklik sal wees teen die tyd wat hulle aftree. Dit word hoofsaaklik aan ’n gebrek aan voldoende aftreebeplanning toegeskryf. Hoewel jy en die res van die werkende gemeenskap lugkastele bou oor ’n sorgvrye aftrede waarin jy rustig kan ontspan, skets die werklikheid ’n ander prentjie. Daar is ’n goue reël as dit kom by spaar vir jou oudag: Begin so gou moontlik. Hoe gouer jy begin om te belê, hoe groter is die risiko wat jy kan neem en hoe groter is die moontlike opbrengs wat jy oor tyd sal kan kry.

Henk Schalekamp

Volgens ’n groot Suid-Afrikaanse bankgroep is dit wenslik om vir jou oudag te begin spaar sodra jy met jou eerste voltydse werk begin. Dit sal verseker dat jy genoeg tyd het om vir jou aftrede te spaar. Nog ’n bekende finansiële instelling meen dat 25 die ideale ouderdom is om vir aftrede te begin spaar. Volgens dié instelling is dit ideaal om teen die tyd wat jy 40 jaar oud is reeds vier keer jou jaarlikse salaris weggebêre te hê vir jou aftrede en teen die tyd wat jy 50 is ’n bedrag van ses keer jou jaarlikse salaris beskikbaar te hê. Hiervolgens is die ideaal ook om teen aftreeouderdom reeds ’n bedrag van tien keer of meer van jou jaarlikse salaris in jou aftree-neseier gebêre te hê. ’n Goeie beginpunt is om ’n goeie finansiële plan saam te stel. Klop by ’n instelling aan met ’n reputasie van ware belangebeskerming. Moet ook nie jou pensioen voor aftrede onttrek nie. Geld wat vir jou aftrede bestem is, moet vir jou aftrede gebêre word. Geld wat jy nou onttrek, is dalk nie nou ’n noemenswaardige bedrag nie, maar is baie meer waardevol in ’n pensioenplan waar dit vir jou oudag kan groei.

nommer 1 van 2010

34

Vraag: Ek is 25 jaar oud. Is dit nie te vroeg om aan aftrede te dink nie? Antwoord: Nee, hoe jonger jy begin om vir jou aftrede te beplan, hoe beter. Gestel die volgende: Jy is nou 25 jaar oud en dra maandeliks R400 tot ’n aftreefonds by en jy het nog 35 jaar oor voordat jy moontlik op 60-jarige ouderdom aftree. As jy dieselfde grootte neseier uiteindelik vir jouself wil opbou teen dieselfde aftree-ouderdom, maar jy begin eers op 35-jarige ouderdom tot ’n pensioenfonds bydra, sal jy waarskynlik sowat vier keer meer per maand, oftewel sowat R1 400 per maand, moet wegsit. As jy eers op 40jarige ouderdom begin aftreevoorsiening tref en jy wil steeds dieselfde grootte neseier hê, het jy slegs 20 jaar oor voor jou beplande aftrede op 60. Teen hierdie tyd sal jy tot soveel as tien keer meer per maand, oftewel R4 000 per maand, moet wegsit. (Die bogenoemde scenario’s is almal teen dieselfde groeikoers bereken.)

VINNIGE FEITE

• Sowat 89% van SuidAfrikaners bo 65 maak op ’n staatspensioen van R960 per maand staat. • Die staat bestee jaarliks R1,9 miljard aan ouderdomspensioen. • In 2007 het slegs 11% van Suid-Afrikaners bo 65 genoegsame voorsiening vir hulle aftrede gemaak.

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


focus on MIBFA

Solidariteit Afteeplan

Begin vroeg spaar en pluk die vrugte Kenners op die gebied van aftreebeplanning is dit eens: Begin vroeg en jy sal later die vrugte van jou geduld pluk. Volgens FRANCOIS SMIT, besturende direkteur van Solidariteit Finansiële Dienste, geld hierdie beginsel ook werknemers wat hulle neseier by die Solidariteit Aftreeplan bewaar. WAT IS DIE SOLIDARITEIT AFTREEPLAN? Solidariteit het ’n tyd gelede besluit om sy beskerming uit te brei en ook een van die kwetsbaarste groepe in die samelewing, naamlik pensioenarisse, te beskerm. Die Solidariteit Aftreeplan word deur die finansiëledienstemaatskappy Coris Capital geadministreer en Sanlam tree as batebestuurder op. Solidariteit geniet verteenwoordiging op die aftreeplan se raad van trustees, insluitend deur uitvoerende hoof Flip Buys en adjunk-uitvoerende hoofde Henk Schalekamp en Piet du Plooy.

ook meer aandelegegegrond en bied beter groeigeleenthede oor ’n langer tydperk. WAT IS DIE MINIMUM BYDRAE? Jou bydrae kan so klein as R150 per maand in enige van die portefeuljes wees. Skakel die Solidariteit Aftreeplan regstreeks vir raad oor die verwagte groei van jou maandelikse bydrae vir die tydperk tot en met jou aftrede. Dit sal ook help bepaal wat die ideale bedrag is wat jy per maand moet bydra om aan jou unieke behoeftes te voldoen.

Francois Smit

WIE KAN HIERAAN BEHOORT? Die Solidariteit Aftreeplan is oop vir Solidariteit-lede en nie-vakbondlede. HOEKOM IS DIE PLAN IDEAAL VIR MY? As gemoedsrus, beskerming van jou pensioengeld, gehaltediens, ’n goeie opbrengs en waardevolle finansiële raad vir jou belangrik is, is die Solidariteit Aftreeplan die plek om by aan te klop. Die Solidariteit Aftreeplan is ideaal vir werknemers wat nie ’n pensioenfondsvoordeel by hulle werkgewer ontvang nie, maar steeds die erns van pensioenvoorsiening besef. WATTER OPSIES IS VIR MY BESKIKBAAR? Die Solidariteit Aftreeplan bied die opsie van slegs twee afsonderlike portefeuljes wat aan kliënte ’n eenvoudiger keuse vir aftreevoorsiening bied. Kliënte se beleggings word hoofsaaklik deur hul lewensfase bepaal. Dus word ’n kliënt se huidige ouderdom en beplande aftree-ouderdom in berekening gebring in die keuse van ’n geskikte portefeulje.

FOTO: iSTOCKPHOTO

Opsie 1: Konserwatiewe portefeulje Hierdie portefeulje se doel is om beskerming te bied vir kapitaal wat reeds opgebou is. Uit die aard van die portefeulje se samestelling en doel is dié opsie ideaal vir persone wat naby aan hulle aftree-ouderdom is. Opsie 2: Aggressiewe portefeulje Hierdie portefeulje is ideaal vir persone wat nog ver van hulle aftree-ouderdom is en daarom meer tyd tot hulle beskikking het om hul geld te laat groei. Die portefeulje is derhalwe number 1 of 2010

Sluit vandag nog by die Solidariteit Aftreeplan aan! Skakel 0861 101 005 en verseker dat jou aftreegeld die beskerming kry wat jy verdien.

35

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


fokus op MIBFA

Thing$ look up for economy in 2010 Compared to 2009, it is expected that 2010 will be better. The global economy is slowly recovering from the worst economic crisis since the Great Depression in 1929 and the financial crisis that erupted in Asia in mid-1997. Whilst the global downturn was deep, the duration was probably shorter than initially feared at the height of the financial crisis, writes FRANCOIS CALLDO.

a

ccording to the November 2009 Monetary Policy Review of the South African Reserve Bank (SARB), the IMF projected that world growth would reaccelerate to 3,1% in 2010, after contracting by about 1,1% in 2009. This is comfortably above recent growth rates, but still well below the rates achieved before the crisis.

PHOTOS: iSTOCKPHOTO

FEELING THE PAIN Due to the global economic crisis, 2009 was also a very difficult year for South Africans. The South African economy started contracting for the first time in almost a decade in the last quarter of 2008. South Africans were very optimistic that we would escape a recession, but in the first quarter of 2009 South Africans were hit hard by reality when the economy shrank by 7,4%, which meant that South Africa was technically in a recession. The recession continued in the second quarter, but with the economy shrinking at a slower rate of 2,8%. SIGN OF RECOVERY Following three consecutive quarters of contraction, Statistic South Africa provided South Africa with an early Christmas gift in November 2009, when South Africa’s real gross domestic product (GDP) resumed positive growth of 0,9% in the third quarter of 2009. This was more than the expected 0,5%. The largest contribution to the third-quarter recovery was made by the manufacturing sector, which grew by 7,6%, after contractions of 25,5% and 11,1% in the first and second quarters of 2009. The upswing in the manufacturing sector was led by strong growth in petroleum, basic metals, steel and food manufacturing. The recovery of the manufacturing sector was also good news, for this is the second largest contributor to the South African economy. The Kagiso Purchasing Managers’ Index (PMI), which is seen as the health gauge of this industry, also rose through the neutral index point mark of 50 in November nommer 1 van 2010

36

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


focus on MIBFA 2009 to reach 50,3 index points, and rose by a further 2,2 index points to reach 52,2 in December 2009. The year 2010 also started on a positive note, when the index climbed 1,1 points in January 2010 to reach 53,6 index points – the highest since April 2008. The encouraging trend of the PMI was also reflected in the employment index, which stood on 46,6 in November, and 48,2 in December 2009. In January 2010, a particular highlight was when the PMI employment component rose above 50 to 51,9 index points after 20 months of job shedding. If the level of the index is sustained in coming months, it may provide the first indication that factory job losses have stopped. This is welcome news from an economywide employment perspective as official statistics showed that the manufacturing sector was the hardest hit by job losses during the third quarter of 2009. However, continued signs of improved demand for manufactured goods are key to ensuring that manufacturers start hiring once again. The construction industry also did very well during the recession, mainly due the improvement of infrastructure by government, and the construction of Eskom’s power stations and the 2010 soccer stadiums. Its contribution to the GDP in the third quarter was 6,1%. The somewhat slower growth performance of the civil construction sector in the third quarter reflected the completion of some activities related to infrastructural development. According to the SARB, the South African economy appears to be lagging behind the global economy, and there are convincing signs that the low point of the current growth cycle has been reached and that positive growth will resume in the fourth quarter. The global recovery has already been reflected in an improved export performance. The strong upward trend in the SARB’s leading indicator also shows that the business cycle

will recover significantly this year. Data that was released at the end of January 2010 showed that the leading indicator rose for eight consecutive months – from 116,5 in October 2009 to 119,8 in November 2009. The Organisation for Economic Co-operation and Development (OECD) also said in November that the South African economy would expand by 2,7% in 2010, whilst the local official prediction was 2,5%.

of 2010, according to economists. The Manpower Employment Outlook Survey, which is a forward-looking survey of 750 employers in South Africa, reported in December 2009 that 22% of employers predict an increase in their total employment in the first quarter of 2010, 9% are forecasting a decrease in their workforce, and 68% anticipate no net change. This indicates that the majority of companies are still playing it safe.

STUMBLING BLOCK TO RECOVERY However, Eskom’s proposed tariff hikes over the next three years may dampen the recovery of the South African economy. The increases would put upward pressure on inflation and lead to further job losses. It is even feared that the growth in the economy could be reduced by as much as 1,5 percentage points over the next three years if Eskom is to get the go-ahead for its revised tariff hikes.

SALARY NEGOTIATIONS AND INFLATION Salary negotiations were also very difficult in 2009 due to the economic climate. On the one hand trade unions had to negotiate for better salaries, and on the other hand retrenchments had to be fought. The average salary increase for 2009, according to the Andrew Levy wage survey, was 9,3%, whilst the average salary increase in the MEIBC was 8,8%, which was more than the average inflation of 7,1% for 2009. In October 2009 the targeted rate of consumer price inflation slowed to 5,9% – the first time it fell within the target range of 3% to 6% after a period of 30 months in which it had continuously exceeded the target. However, in January 2010 the December figures were published and came in at 6,3%. According to the SARB, it is expected inflation will increase marginally above the upper inflation target band of 6% in the first quarter of 2010 before moving below the upper level of the inflation target range in the second quarter of 2010. It is then expected to remain within the inflation target range, fluctuating between 5,3% and 5,9%. Movements in oil prices, commodity prices, electricity prices and the exchange rate of the rand will, however, put upward pressure on inflation. Therefore, with the South African economy slowly recovering, inflation slightly under control and the 2010 Soccer World Cup around the corner, South Africans can expect a better year in 2010.

CASUALTIES The fact that the South African economy is expanding again is very good news, but the bad news is that there were many casualties during the recession. The weakness in economic activity was reflected in employment levels, which contracted significantly until the third quarter of 2009. According to official data, 770 000 jobs were lost in the period from the third quarter of 2009 to the third quarter of 2008, i.e. an annual decrease of 5,6%. However, between Q2:2009 and Q3:2009, 484 000 jobs were lost across all industries except transport. Most of the job losses were in manufacturing, which accounted for 150 000 of the job losses, followed by retail (110 000), construction (60 000) and agriculture (57 000). FUTURE EMPLOYMENT PROSPECTS Although the economy is recovering, jobs will mainly be created by the second quarter

number 1 of 2010

37

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


lidmaatskap

’n wen-wen

VENNOOTSKAP

Hierdie is ’n opsomming van die voordele wat aan lidmaatskap van Solidariteit verbonde is. Dit is onderhewig aan die grondwet en beleid van die vakbond, asook aan die reëls soos vervat in die Reëlboek, en kan sonder vooraf kennisgewing deur die Hoofraad van Solidariteit gewysig word. Nuwe lede, wat bewys kan lewer dat hulle lid was van ’n ander vakbond in ’n kollektiewe maatskappy direk voor aansluiting by Solidariteit, is dadelik op voordele geregtig, met dien verstande dat waar so ’n lid by aanvaarding reeds in litigasie of geskil betrokke is, die voordele van lidmaatskap deur die Hoofraad na goeddunke beperk kan word.

TOT U DIENS MOTOR- EN HUISINHOUDVERSEKERING Hierdie groepskema verskaf uitstekende premies by Auto & General aan lede. Skakel 0860 34 62 53 vir ’n gratis, verpligtingvrye kwotasie.

SOLIDARITEIT REGSHULPPAKKET Vir ’n bykomende premie van slegs R65 per maand kan lede en hulle afhanklikes omvattende regsdekking geniet, dit wil sê buite arbeidsverband. Die voordele behels dekking vir siviele en familiegedinge, borgonderhandeling, borgbetaling tot R5 000, strafregsake (krimineel) en hulp met verkryging van vuurwapenlisensies. • Skakel 0861 SOL REG (0861 765 734).

SOLIDARITEIT AFTREEPLAN Solidariteit Finansiële Dienste hanteer die bemarking van die Solidariteit Aftreeplan. Dié produk is ontwikkel as ’n uitvloeisel van die feit dat so min SuidAfrikaners onafhanklik kan aftree. • Skakel 0861 000 777 of stuur e-pos na solidariteit.aftreeplan@coriscapital.com

FOTO’S: STOCKXPERT

TESTAMENTE EN BOEDELBEREDDERING Elke lid het toegang tot die gratis opstel van sy of haar testament. Boedelbereddering kan ook teen ’n markverwante heffing gedoen word. • Skakel 012 644 4300.

HOEVEEL KOS LIDMAATSKAP?

’N HELPENDE HAND WERKVERSKAFFING: EXPRESS EMPLOYMENT PROFESSIONALS

• Individuele lede – R72 per maand • Kollektiewe lede – R70 per maand

Elke lid geniet toegang tot Solidariteit se eie arbeidsmakelary en personeelagentskap wat werkloses help om werk te kry. • Skakel Express by 012 664 8923 as u van enige vakatures weet of self werk soek.

SOLIDARITEIT HELPENDE HAND Solidariteit Helpende Hand ondersteun maatskaplike projekte en elke aansoek word op meriete oorweeg. Aansoeke kan gerig word aan: Solidariteit Helpende Hand, Posbus 11760, Centurion 0046. • Skakel 0861 25 24 23.

BEURSE Die vakbond stel jaarliks studiebeurse vir lede se kinders beskikbaar. Voorkeur word gegee aan afhanklikes van behoeftige weduwees en pensioenarisse. By beurstoekennings word die aansoeker se inkomste en duur van lidmaatskap in ag geneem. Rig aansoeke aan: Solidariteit Beurse, Posbus 11760, Centurion 0046. • Skakel 012 644 4300.

nommer 1 van 2010

38

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


lidmaatskap

LIDMAATSKAPKATEGORIEË Met vier kategorieë van lidmaatskap bied Solidariteit ’n tuiste vir almal!

1

KOLLEKTIEWE LEDE

Kollektiewe lede is lede in diens van ’n werkgewer met wie Solidariteit ’n erkenningsooreenkoms het, of van ’n werkplek wat deur Solidariteit by die kollektiewe afdeling ingedeel word. Die meeste lede val in hierdie kategorie. Kollektiewe lede, ongeag ouderdom, kwalifiseer vir alle voordele.

2

VOORTSETTINGSLEDE (AFGETREDE LEDE)

Bestaande Solidariteit-lede kan binne 3 maande ná aftrede aansoek doen om voortsettingslidmaatskap. Hierdie lede kwalifiseer vir alle toepaslike voordele. Die afhanklike kan ná afsterwe van die lid aansoek doen vir voortsetting van lidmaatskap. Voortsettingslede wat ’n verminderde premie betaal se kontantuitbetalingsvoordeel is slegs op hooflid van toepassing.

4

ARBEIDSAKE Gratis regshulp en hulp in arbeidsake Lede kry advies van deskundiges ten opsigte van alle arbeidsake soos dissiplinêre ondersoeke, werkongelukke en werksprobleme. Gratis regsverteenwoordiging word verskaf vir werkverwante arbeidsake wat na die KVBA of die arbeidshof verwys word. • Besoek www.regsdienste.co.za Hulp met ondersoeke Hulp in verband met ondersoeke deur die Mediese Buro vir Bedryfsiektes en voordele van die Vergoedingskommissaris en Rand Mutual word verleen, asook hulp in verband met werkverwante ongeskiktheidseise.

INDIVIDUELE LEDE

Individuele lede is lede wat by aansluiting jonger as 50 jaar is en by ’n werkgewer werk waar daar nie ’n erkenningsooreenkoms bestaan nie en wat nie deur Solidariteit as kollektief beskou word nie. ’n Individuele lid wat ná aansluiting 50 jaar oud word, bly ’n individuele lid. Individuele lede kwalifiseer vir alle voordele.

3

ONS WERK VIR JOU

ONDERSTEUNINGSLEDE

Hierdie kategorie van lidmaatskap is ingestel op versoek van mense wat die visie van Solidariteit steun, maar nie kwalifiseer vir een van die ander kategorieë nie, dit wil sê individuele lede wat by aansluiting ouer as 50 jaar is. Ondersteuningslede kan sekere voordele benut, met die uitsondering van voordele soos kollektiewe bedinging, siekte- en ongelukskema, permanente ongeskiktheid, bevallingsvoordele en sterftevoordeel.

Kollektiewe bedinging Bekwame en ervare Solidariteit-personeel beding kollektief vir beter diensvoorwaardes en salarisse vir lede.

STERFTEVOORDELE (DOVES-KONTRAK) Begrafnisplan • ’n Gehaltebegrafnis word aan elke lid en sy of haar huweliksmaat verskaf. Dit sluit ’n kis van hoë gehalte asook die begrafnisdiens in. • In die geval van ’n verassing word ’n kis en ondernemersdiens voorsien. • ’n Begrafnis vir die lid se afhanklike kinders tot ouderdom 21 jaar word voorsien en is van dieselfde gehalte as dié vir volwassenes. Die ondernemersdiens word slegs deur Doves-begrafnisdienste behartig. • Die afhanklike gade kan aansoek doen om aan te bly as lid ná afsterwe van die hooflid. Kontantuitbetalings bykomend tot begrafnisplan • ’n Kontantbedrag van R3 000 word by afsterwe van ’n opbetaalde lid aan die huweliksmaat of afhanklike kinders

beskikbaar gestel. • ’n Bedrag van R2 000 word aan ’n lid wat volle ledegeld betaal, beskikbaar gestel as ’n huweliksmaat te sterwe kom. • Kontantuitbetalings aan ’n volle lid by die afsterwe van kinders behels die volgende: * Kinders tussen 14 en 21 jaar: R1 500 * Kinders jonger as 14 jaar: R1 000 • Kontantuitbetaling wissel as beide man en vrou lid van Solidariteit is. Begrafnisreëlings Die las van begrafnisreëlings word baie verlig deurdat Solidariteit en Doves die reëlings tref. Korting op grafstene ’n Korting van 10% op grafstene is met Doves beding.

PERMANENTE MEDIESE ONGESKIKTHEID Lede met 12 maande ononderbroke lidmaatskap van Solidariteit en wat spesialisverslae en bewyse van hulle werkgewers voorlê dat hulle permanent ongeskik vir enige werk in die ope arbeidsmark is, ontvang ’n eenmalige bedrag van R1 500.

SIEKTEVOORDELE Siektevoordele van R12 per dag is betaalbaar aan lede vanaf die datum waarop die werkgewer betaling staak.

BEVALLINGSVOORDEEL ’n Bevallingsvoordeel van R1 250 word vir elke bevalling aan vroulike lede met 12 maande ononderbroke lidmaatskap by Solidariteit betaal. Aansoeke moet binne 60 dae ná die bevalling ingedien word.

SOLIDARITEIT TYDSKRIF Lede ontvang ’n eksemplaar van die Solidariteit Tydskrif waarin aktuele kwessies in die wêreld van werk asook Solidariteit se werksaamhede gedek word.

MOENIE WAG NIE, SLUIT VANDAG AAN! • Skakel 0861 25 24 23; besoek www.solidariteit.co.za; SMS die woord SOL en jou naam na 35960; of besoek een van ons dienskantore. * BEPALINGS EN VOORWAARDES GELD

number 1 of 2010

39

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


vakbondwêreld

a FOTO’S: iSTOCKPHOTO

Vakbonde van oral maak harte oop vir Haïti

s jy aan die naam Haïti dink, dink ’n mens aan wit strande, ’n eiland in die Karibiese see en heerlike weer. Hierdie naam sal egter voortaan heeltemal ander beelde by jou oproep. Op 12 Januarie 2010, toe al Haïti se inwoners met hulle gewone dagtake besig was, het ’n aardbewing van 7,0 op die Richterskaal dié land getref. Die aardbewing het tydens tektoniese verskuiwings naby die interseksie van die Karibiese en NoordAmerikaanse korsplate plaasgevind. Die hoofstad, Port-au-Prince, is die ergste getref en is byna heeltemal platgevee. Volgens die plaaslike regering word die dodetal op 200 000 geskat, met sowat 80 000 mense wat in die massagrafte begrawe is. Na bewering is sowat 2 miljoen mense haweloos gelaat en sowat 250 000 mense het dringend hulp en bystand benodig. Vakbonde van regoor die wêreld het ingespring en gaan help om behoeftiges by te staan. Die Dominikaanse onderwysersvakbond het kos, water en medisyne tot by die grens gevat vir al die vlugtelinge uit Port-auPrince. Die vakbond het ook Haïtiese onderwysers probeer opspoor sodat hulle na hospitale in die Dominikaanse Republiek kon gaan. In die Dominikaanse Republiek is skole vir eers gesluit aangesien daar nog naskokke van die aardbewing was en daar vir die kinders se veiligheid gevrees is. Die Dominikaanse Republiek het nog drie ander vakbonde wat nou betrokke is by die redding en versorging van die Haïtiane. Die Nasionale

VAKBONDWÊRELD magdaleen kleynhans Vervoerfederasie het van hulle vragmotors beskikbaar gestel om kos, water en mediese voorraad na behoeftiges te vervoer. Nog ’n onderwysersvakbond, die Amerikaanse Federasie vir Onderwysers (AFT), het hulp aangebied. ’n Klomp verpleegsters, paramedici en dokters wat by die AFT geaffilieer is, het op 20 Januarie na Haïti vertrek om hulp te verleen aan ’n hospitaal in Hinche. Altesame 75 vrywilligers het aangebied om oor die volgende paar maande in Haïti te gaan help. Die Vervoerwerkersunie in Kanada het op sy beurt $50 000 geskenk om die nood in Haïti te help verlig. Robert Bouvier, president van die vakbond, het lede aangemoedig om skenkings te maak. Die skenking is aan die Kanadese Rooikruis oorhandig wat

nommer 1 van 2010

40

dit sal aanwend soos hulle goeddink. Die Vervoerwerkersunie het 125 000 lede in al die bedrywe in Kanada en is geaffilieer by die Brotherhood of Teamsters met ’n ledetal van 1,4 miljoen in Noord-Amerika. Die ITUC (International Trade Union Confederation) het ’n beroep op al sy vakbonde gedoen om geld in te samel vir bystand aan die Haïtiane wat in die aardbewing haweloos gelaat is. Uitvoerende hoof Guy Ryder het gesê dat hulle nou in die noodstadium is waar lewens gered moet word, maar daar lê nog baie werk voor met die heropbou van Haïti. Daar word reeds hulp verleen aan ondernemings wat nie in die aardbewing verwoes is nie. Die Solidarity Centre het ’n aardbewinghulpverleningsfonds gestig waar al sy lede geld kan skenk. Die Solidariteit-sentrum is ’n organisasie wat vakbonde van regoor die wêreld help om georganiseerde en aktivistiese vakbonde vir die regte van werkers te wees. Lede van die United Auto Workers wat by Ford Motors Twin Cities werk, het saamgestaan om vir die honger kinders van Haïti kospakkies te pak. Hulle het die organisasie Feed my starving children gaan help om 1 miljoen kospakkies te pak. Vrywilligers het vir skofte van twee ure aangemeld en in spanne gewerk. Volgens hierdie vakbondlede het hulle groep die vinnigste gewerk omdat hulle gewoond is om in ’n produksielyn te werk. Dit is wonderlik om te sien hoe vakbonde van regoor die wêreld hande vat om ’n land wat deur ’n tragedie getref is op so ’n wyse by te staan. S

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


nuuswaardig

Vakbond wen eerste fase van Polmed-stryd

d

it is reeds meer as ’n jaar sedert oud-polisielede wat aan die Polmed-mediese fonds behoort, van die fonds afgeskop is, maar te danke aan volgehoue druk wat Solidariteit deur regstappe op die fonds toegepas het, was daar intussen welkome verwikkelings in dié stryd. Polmed het teen die einde van 2008 ’n aantal oud-polisielede kennis gegee dat hulle vanaf Maart 2009 self vir die subsidiegedeelte van hul maandelikse mediese premie verantwoordelik sal wees. Dit volg nadat dié gedeelte van werknemers en oudwerknemers se maandelikse premie reeds jare lank, ingevolge die werknemers se diensvoorwaardes, deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) betaal is. Die oud-polisielede is in kennis gestel dat hulle óf self die subsidiebedrag vir die mediese fonds moet betaal, óf dat hulle mediese fonds-lidmaatskap opgeskort sal word. Talle oud-polisielede se lidmaatskap is opgeskort

Deur Ilze Nieuwoudt

Johan Kruger

en gesinne sonder mediese dekking gelaat. Solidariteit het in April verlede jaar ’n dringende aansoek namens 88 lede van die skema by die Hooggeregshof ingedien. Die vakbond het in dié aansoek vir tussentydse regshulp gevra en geëis dat die betrokke lede se lidmaatskap ten volle herstel word. Die uitspraak is in November gelewer en het bepaal dat lede se lidmaatskap herstel moes word en

dat alle mediese uitgawes wat intussen deur die lede self gedek is, terugbetaal moes word. Die oorwinning wat Solidariteit in November behaal het, het nie seepglad verloop nie en kort ná die uitspraak het dit duidelik geword dat Polmed nie dié uitspraak gaan nakom nie. Polmed het ’n aansoek om verlof tot appèl by die Hooggeregshof ingedien om die uitspraak teen te staan, maar die aansoek is van die hand gewys. Derhalwe moes Polmed die uitspraak wat gelewer is, eer. Solidariteit het reeds daarin geslaag om vir die lede tussentydse regshulp te verseker, wat beteken dat die lede se lidmaatskap ten volle herstel is. Tog is die stryd nog nie finaal gewonne nie, verduidelik Johan Kruger van Solidariteit Regsdienste, wat die saak uit die staanspoor hanteer het. “Die hofsaak teen Polmed kan nog sowat twee jaar neem. Ek glo ons sal wel kan bewys dat daar ’n kontrak bestaan wat die lede geregtig maak op lidmaatskap en gesubsidieerde premies by Polmed.” S


nuuswaardig

Stuur jou verwysings en wen ’n CD Dit is baie maklik: Maak gou jou selfoon se kontaklys oop. Begin nou by A en skryf die naam van elke persoon op jou selfoon wat nie lid van Solidariteit is nie op die meegaande vorm. Vir elke drie van jou verwysings wat by die vakbond aansluit, kan jy uit een van vyf CD’s kies – gratis en pasella!

NAAM

VAN

SELNOMMER

WERKGEWER

1. 2. 3. 4. 5. 6. 7. 8. 9. 10. Jou naam en van:____________________________________________________________________________________________________ Selnommer:_________________________________________________________________________________________________________ E-posadres:__________________________________________________________________________________________________________ Keuse 1 vir CD:______________________________________________________________________________________________________ Keuse 2 vir CD:______________________________________________________________________________________________________ Keuse 3 vir CD:______________________________________________________________________________________________________ Vir elke 3 persone wat aansluit, kan jy een van die vyf CD’s kies.

Faks die vorm na 012 664 1102. Of jy kan dieselfde vorm aanlyn by www.solidariteit.co.za invul. REËLS: • Jy kan soveel keer inskryf as wat jy wil. Slegs volledige inskrywings word aanvaar! Jy moet dus die persoon se naam, van, selnommer en werkgewer (die persoon moet werk) se naam invul. • Die persoon mag nie reeds ’n lid van Solidariteit wees nie. • ’n Minimum van 3 verwysings moet lede word vir jou om ’n CD te kan wen. Jou CD sal ’n maand nadat jou verwysings aangesluit het aan jou gestuur word. Hierdie kompetisie is geldig tot einde April 2010. nommer 1 van 2010

42

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


nuuswaardig

Help ons soek na Solidariteit se lid van die jaar

j

y weet dalk van iemand of is self ’n lid wat ’n ambassadeur vir Solidariteit in die werkplek is. Help ons om ’n lid van die jaar vir 2010 aan te wys – daar is groot pryse op die spel! In die volgende uitgawe van Solidariteit Tydskrif gaan ons tien nominasies plaas waaruit finalis nommer een gekies gaan word. In elk van die twee daaropvolgende uitgawes sal ’n finalis op soortgelyke wyse gekies word. ’n Algehele wenner uit die drie finaliste sal in die laaste uitgawe vanjaar aangekondig word.

NOMINASIEVORM

WEN, WEN, WEN! 1. Elkeen van die tien genomineerde lede in die drie uitgawes wen twee fliekkaartjies. 2. Die drie finaliste wen elk ’n vakansie. 3. Die algehele wenner wen ’n platskerm TV te waarde van R10 000. HOE OM ’N LID TE NOMINEER Die lid wat jy graag wil nomineer, moet aan die volgende kriteria voldoen: • Die persoon moet ’n Solidariteit-lid wees. • Die persoon se prestasie of die verskil

• •

• •

wat hy/sy in die gemeenskap en werkplek maak, moet uitsonderlik van aard wees en nie bloot alledaags nie. Die persoon moet ’n positiewe verskil in die werkplek maak. Die persoon is ’n leier en rolmodel wat ander beïnvloed en motiveer om dieselfde as hy/sy te doen. Die persoon streef sukses na en kan struikelblokke oorkom. Die persoon is pligsgetrou, verantwoordelik, eerbaar en onbaatsugtig.

Faks die vorm na 012 664 1102. Of jy kan dieselfde vorm aanlyn by www.solidariteit.co.za invul.

Nomineerder: Naam en van:__________________________________________ Selfoonnommer:_________________________________________________ E-posadres:___________________________________________ Werkgewer:____________________________________________________ Persoon wie jy nomineer: Naam en van:__________________________________________ Selfoonnommer:________________________________________________ E-posadres:____________________________________________ Werkgewer:____________________________________________________ Hoe ken jy bogenoemde persoon?________________________________________________________________________________________ Waarom wil jy graag die bogenoemde persoon as Solidariteit-lid van die Jaar 2010 nomineer? ______________________________________________________________________________________________________________________


nuuswaardig

Húlle is wenners en wurms van 2009 Daar is geen twyfel nie. Daar is ’n wurm in die mielie by Afgri. Die melk is suur by Clover en daar is beslis ’n kinkel in die kabel by Telkom. Só meen Solidariteit in sy 2009-toekennings vir die jaar se beste werknemers en ook die beste en swakste werkgewers, skryf ILZE NIEUWOUDT. SPESIALE WERKGEWERSPRYS In dié kategorie het Afgri met die Wurm in die Mielie-toekenning weggestap vir sy hantering van die afleggings by die maatskappy. Die Suurmelk-toekenning is aan Clover gedoen vir die afleggingsproses wat hier beplan word. Die maatskappy beplan, ten spyte van finansiële welslae die afgelope jaar, om onnodige afleggings deur te voer. Telkom het in dieselfde afdeling die Kinkel in die Kabel-toekenning ontvang vir sy planne om van duisende kontrak- en tydelike werknemers ontslae te raak.

FOTO’S: iSTOCKPHOTO

WERGEWERAANSPORINGSPRYS VIR GOEIE PRESTASIE Dié kategorie is vir werkgewers wat gedurende 2009 die ekstra myl gestap het om in die belang van sy werknemers op te tree. Die platinummaatskappy Lonmin het uiteindelik met die louere in die afdeling weggestap vir die feit dat hy alternatiewe vir die aflegging van duisende van sy werknemers gevind het. Die werkgewers in die Graanbedingingsraad, AngloGold Ashanti en Sasol is ook in die afdeling benoem. Die werkgewers in die Graanbedingingsraad is benoem vir die winsdelingskema wat hier geïmplementeer is, AngloGold Ashanti vir die feit dat hier

gedurende 2009 geen gedwonge afleggings plaasgevind het nie en Sasol vir die feit dat dit een van die min groot werkgewers is wat nie werknemers in 2009 afgelê het nie. SLEGSTE WERKGEWER Die kompetisie in hierdie afdeling was taai en verskeie werkgewers het na Solidariteit se mening in 2009 baie negatief teenoor werknemers opgetree. Uiteindelik is besluit om die toekenning as 2009 se slegste werkgewer vir die goudmaatskappy Pamodzi te gee. Die maatskappy het in 2009 uiteindelik toegesien dat die groep se myne in die Vrystaat, aan die Oos-Rand en in Orkney gelikwideer is, wat beteken het dat duisende werknemers vir maande sonder enige inkomste gelaat is. Die maatskappy het ’n skandelike koue benadering tot die werknemers se swaarkry gehandhaaf. Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), Eskom en Anglo Platinum is ook vir die toekenning genomineer. Die SAPD is genomineer vir sy obsessie met ras wanneer dit kom by bevorderings en aanstellings. Juis as gevolg hiervan het Solidariteit intussen met nege hofsake teen die SAPD begin. Eskom is genomineer vir die swak bestuursbesluite wat geneem is en die feit dat hierdie besluite nou daartoe lei dat die werknemers onder

geweldige druk moet werk. Anglo Platinum is op sy beurt genomineer vir die grootskaalse afleggings wat hier gevolg is. Die maatskappy het in 2009 sowat 12 000 werknemers afgedank – meer as ’n kwart van die totale afleggings in die mynbedryf. WERKNEMERS VAN DIE JAAR Hierdie kategorie vereer die harde werk wat deur werknemers, in veral moeilike omstandighede, gedoen is. Eskom se werknemers verdien volgens Solidariteit hierdie toekenning juis aangesien werknemers hier onder grootskaalse druk vanuit alle oorde moet werk. Negatiwiteit teenoor Eskom plaas ook geweldige druk op die werknemers persoonlik, maar ten spyte hiervan voorsien werknemers hier steeds die land van krag. Suid-Afrikaanse verpleegkundiges en die reddingspanne in die mynbedryf was ook waardige nominasies in die afdeling. Solidariteit meen Suid-Afrikaanse verpleegkundiges lewer steeds voortreflike diens te midde van kritieke tekorte, groot druk in veral die staatsektor, tekorte aan die nodige hulpmiddels en met soms swak salarisse. Die reddingspanne in die mynbedryf moet ook vereer word vir die nooddiens en reddingswerk wat hulle in uiters moeilike omstandighede lewer. S

Die uitsending van die volledige prysuitdeling is beskikbaar by www.solidariteitradio.co.za. Kliek op Programme, Dirk op Donderdag en Argief. Die uitsending is op 17 Desember 2009 gedoen.

nommer 1 van 2010

44

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


nuuswaardig

BlyNetters wen

t

Deur Daleen de Jager

oe Solidariteit twee jaar gelede met die BlyNet-inisiatief begin het, was ons bekommerd oor mense se gebrek aan hoop en die groot aantal Afrikaners wat dit oorweeg om te emigreer. Met BlyNet wou ons vir mense ’n plek gee waar hulle kan sê: “Ek is ’n BlyNetter, al verskil ons idees en verwagtings, ek verbind myself deur ’n BlyNetter te word.” Ons het ’n webtuiste begin, www.blynet.co.za, waar mense saam met ons ’n verklaring kan aflê. Die verklaring is tweeledig. In die eerste plek verklaar ons aan mekaar ons voorneme om hier te bly en tweedens onderneem ons dat ons dinge hier gaan doen. Ons gaan dus bly en stry. BlyNet het die afgelope paar maande twee opwindende kompetisies aangebied. Die eerste was ’n fotokompetisie waar BlyNetters enige Suid-Afrikaanse foto kon instuur. Met die tweede kompetisie moes BlyNetters foto’s van Suid-Afrikaanse landskappe instuur. Hier is die wenners van die twee kompetisies: KOMPETISIE 1 1. Tanya de Vente vir haar foto Sonsondergang oor Afrika. 2. Marietha Meiring vir Landskap vol kontraste. 3. Johan Greyling vir Eendag wanneer ek groot is. Vier vierde pryse: • Philip Bruwer vir Glas wyn. • Tania Henning vir Geen groter liefde. • Luisa van der Linde vir Afrikasonsondergang. • Cobus van Wyk vir Roete 62. KOMPETISIE 2 1. Awie Badenhorst vir Bloubergstrand se branders. 2. Marina Vorster vir haar foto Kamieskroon in Namakwaland. 3. Chris Smal vir In Augrabies Nasionale Park. Vier vierde pryse: • Salomien Reyneke vir die foto Tietiesbaai. • Hermanus Prinsloo vir Mogalakwena se mooi. • De Wet van Rooyen vir sy foto En Sy lig sal skyn Swellendam. • Cobus Meiring vir Kaapse Hoop. Besoek www.blynet.co.za om na al die wenfoto’s te kyk.

HELP ONS GROEI As jy nog nie ’n BlyNetter is nie, maak seker jy word vandag een. Twee persone wat voor 31 Mei 2010 by BlyNet aansluit, staan die kans om ’n Solidariteit-drupmatjiestel van glas te wen. Moedig jou vriende en familie aan om ook as BlyNetters te registreer en deel te word van ’n groep wat gaan bly en stry vir ’n beter toekoms. NUWE KOMPETISIE Nog ’n eerste – ’n BlyNet-videokompetisie. Al wat jy hoef te doen, is om jou beste tuisgemaakte video by www.stube.co.za op te laai. Dit kan ’n snaakse, interessante, dokumentêre of net oulike video wees. Besoek www.stube.co.za, registreer as ’n gebruiker van die webtuiste (dit is maklik en gratis) en laai dan jou video op. Begin die beskrywing van jou video met die woord BlyNet. Die wenner van die videokompetisie sal ’n Solidariteit-geskenkpak ter waarde van R1 000 ontvang. Jy moet as ’n BlyNetter geregistreer wees om aan die kompetisie deel te neem. S number 1 of 2010

45

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


nuuswaardig

Solidariteit sê by Nersa-verhore

i

Deur Paul Joubert

FOTO: REINT DYKEMA

n middel-Januarie het die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) openbare verhore oor Eskom se beoogde elektrisiteittariefverhogings vir die volgende drie jaar in al die provinsies van Suid-Afrika gehou. Tydens hierdie verhore kon die publiek, maatskappye en ander organisasies voorleggings aan Nersa doen rakende hierdie taai kwessie. Verskeie organisasies het van die geleentheid gebruik gemaak om hul stemme te laat hoor. Die Suid-Afrikaanse Instituut van Elektriese Ingenieurs, Besigheidseenheid-SA, die Suid-Afrikaanse Sakekamer, verskeie omgewingsbewaringsorganisasies asook landbouverenigings was onder diegene uit die privaatsektor wat gedetailleerde voorleggings aan Nersa gedoen het. Die meerderheid van die voorleggings het aangetoon hoe die persone of industrieë wat verteenwoordig word nie in staat sal wees om die verhogings van 35% per jaar te absorbeer sonder negatiewe gevolge soos werkverliese, opskorting van bedrywighede of skerp prysverhogings nie. Die tyd wat aan die publiek gegun is vir voorbereiding vir hierdie voorleggings was egter uiters beperk, aangesien Eskom se finale tariefaansoek eers op 30 November ingedien is. Die tyd wat Nersa opsy gesit

het vir oorweging van hierdie insette is ook beperk. Nersa se geskeduleerde datum vir ’n finale besluit oor Eskom se tariewe vir die volgende drie jaar is 24 Februarie, slegs sowat ’n maand nadat die openbare verhore ten einde geloop het. Verskeie deelnemers aan die openbare verhore het gevolglik aangedui dat hulle voel asof Nersa die openbare verhore slegs as ’n rookskerm gebruik, aangesien een maand nie genoeg tyd is om die nodige oorweging aan al die voorleggings te gee nie. In die vakbond se voorlegging het Solidariteit ook aangetoon dat Eskom eintlik teruggestuur moet word na die beplanningsfase toe. Hulle moet ’n nuwe tariefaansoek indien wat die mees pertinente kritiek op die huidige aansoek in ag neem. Een van die groot probleme met Eskom se aansoek wat tydens die verhore aan die lig gekom het, is die tydperk waaroor Eskom die nuwe kragstasies wil finansier. Dit blyk dat Eskom beplan om die totale koste van uitbreiding binne slegs vyf of ses jaar te finansier. Vir ’n maatskappy met ’n lae risiko soos Eskom het dit eerder sin om sulke finansiering oor ’n baie langer tydperk te doen, wat sou beteken dat die volgende drie jaar se tariefverhogings nie so drasties hoef te wees nie. Van Solidariteit af, asook heelwat

ander belanghebbendes, was daar was ook baie vrae oor waarom Eskom se begrote koste vir die nuwe kragstasies so erg die hoogte ingeskiet het – van sowat R97 miljard in 2006 tot meer as R500 miljard in 2009. Baie van die inligting wat egter nodig is om werklik ’n behoorlike ontleding van Eskom se aansoek te doen, is nie beskikbaar nie. Eskom wil dit nie openbaar maak nie. Deelnemers aan die openbare verhore het dus ’n agterstand in vergelyking met Eskom, wat net volhou dat die koste in die tariefaansoek reeds tot op die been gesny is. Weens hierdie en ander leemtes in Eskom se huidige tariefaansoek en die probleme met die tydskedule vir openbare deelname sou dit teleurstellend wees as Nersa Eskom se huidige tariefaansoek goedkeur. Eskom se tariefaansoek behoort hersien te word om veral meer inligting oor die boukoste van die nuwe kragstasies, asook oor bedryfskoste soos steenkoolkoste en personeelkoste, openbaar te maak. Eers dan sal die proses van openbare deelname werklik op gelyke voet kan plaasvind, pleks daarvan dat Eskom se waarnemende uitvoerende hoof net aanhou sê: “I have addressed hearings in eight provinces now and I still say the right decision for Nersa’s panel is simple – 35%, 35%, 35%”. S

Dirk Hermann, adjunk-uitvoerende hoof van Solidariteit, by Nersa se openbare verhoor in Rustenburg saam met ’n tipiese Eskom-verbruiker wat reeds drooggesuig is deur hoë elektrisiteitspryse.

nommer 1 van 2010

46

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


nuuswaardig

Piet du Plooy ’n legende in murg en been

FOTO: REINT DYKEMA

i

n die gange van Solidariteit is Piet du Plooy net so ’n groot legende soos Solidariteit self. Met elke druppel sweet, elke ekstra myl en elke stap in die regte rigting was Piet du Plooy daar. Piet het in 1985 begin as ’n deeltydse verteenwoordiger vir die ou Mynwerkersunie (MWU) by Yskor en het mettertyd deeltydse taksekretaris geword. In 1990 het hy ’n voltydse organiseerder in die staalbedryf geword. Vandag is hy uittredende adjunkuitvoerende hoof van Solidariteit. In sy dae as organiseerder het Piet in die ou Nywerheidsraad van die Metaal- en Ingenieursbedryf gedien. Die Nywerheidsraad het later met die inwerkingtreding van die Wet op Arbeidsverhoudinge van 1995 verander na die Bedingingsraad van die Metaalen Ingenieursbedryf. As verteenwoordiger was hy, onder meer, ook voorsitter van die distriksbestuur in Vaaldriehoek, uitvoerende raadslid en deel van die bestuurskomitee van die raad. In 1996/1997 is Piet as organiserende

Deur Charl Oberholzer

Piet du Plooy

sekretaris by Solidariteit se hoofkantoor in Braamfontein aangestel. Flip Buys het in 1999 oorgeneem as uitvoerende hoof van Solidariteit en Piet is in 2002/2003 as sy regterhand aangestel. Volgens Piet het Solidariteit in 2005/2006 dit nodig geag om deel te word van die sosiale dialoog in Suid-Afrika en die vakbond het besluit om deel te word van ’n federasie. ’n Besluit is geneem om deel te word van

Consawu en Piet is verkies tot die nasionale uitvoerende komitee van hierdie federasie as tweede visepresident en is herkies in 2009 as adjunkpresident. Sol-Tech, die enigste Afrikaanse tegniese opleidingsinstelling in Suid-Afrika, is ook gebore uit Piet se betrokkenheid by die vakbond. Piet het as organiseerder in die Vakleerlingopleidingsraad gedien wat vakmanopleiding beheer het. Met die inwerkingtreding van die Wet op Vaardigheidsontwikkeling in 1998, is weggedoen met die Vakleerlingopleidingsraad en die Wet op Mannekragopleiding. “Vakmanopleiding in Suid-Afrika het stilgestaan omdat daar nie meer ’n liggaam was wat dit beheer het nie,” sê Piet. Sol-Tech is gevolglik op die been gebring in ’n poging om daardie leemte te vul. Piet gee die volgende raad: “Moet nooit die aktivisme van die vakbond verloor of ondermyn nie, nooit toelaat dat die empatie vir die gewone werker vervaag nie en jy moet altyd opstaan vir die onderdruktes.” S


my geld

Loop lig vir piramideskemas

d

Deur Paul Joubert

it is 2010 – ’n jaar wat op ’n baie beter noot begin as die een wat agter die rug is. Daar is egter steeds baie mense wat met hulle finansies sukkel. Sulke mense sal enige oënskynlike reddingsboei maklik met albei hande aangryp, sonder om te kyk of dit werklik uitkoms kan bring. Een so ’n valse reddingsboei is piramideskemas. Piramideskemas kom in baie vorms en vermommings voor. Een wat baie bekend is, is die Kubus-vrotmelkskema. Mense moes ’n bedrag geld betaal vir ’n “aktiveerder” wat gewone melk omskep in ’n “velsorgproduk”. Die gedroogde vrot melk is dan aan die Kubus-maatskappy teruggestuur in ruil vir betaling. Volgens die reëls kon jy binne weke begin wins toon het. Die koevertjies vol gedroogde “produkte” is egter eenvoudig fyngemaak en as nuwe “aktiveerder” verkoop aan nuwe “produsente” van die “velsorgproduk”. Soos die eerste mense begin geld maak het, het hulle vriende hul “sukses” gesien en ook aangesluit. Die storie is uiteindelik deur die regering gestop en derduisende mense wat nie aan die begin betrokke geraak het nie, het baie geld verloor. Geen waarde is in die siklus geskep nie. Die uitbetalings aan die eerste “produsente” is gefinansier uit aansluitingsgeld van nuwe “produsente”. Indien die skema nie gestop is nie, sou dit uiteindelik self platgeval het wanneer die aantal mense wat wou aansluit finaal uitgeput was en nog ’n groter aantal mense sou hul geld verloor het. Die meegaande grafiek toon hoe vinnig ’n tipiese piramideskema onder sy eie gewig kan knak. Dit toon ’n skema waar elke deelnemer R1 000 moet betaal en dan vyf ander mense moet oortuig om ook deel te neem voordat hy of sy ’n uitbetaling van R5 000 ontvang. Wanneer die skema maar slegs in sy tiende rondte is, is die aantal mense wat moet deelneem om dit aan die gang te hou reeds meer as die totale bevolking van Pretoria. Reeds in die vyftiende rondte is die aantal mense wat benodig word meer as die bevolking van die planeet! In hierdie voorbeeld sal dié wat in die onderste vlak is (80% van die deelnemers) wanneer die skema doodloop ook altyd al hulle geld verloor.

MY GELD

HOW TO RECOGNISE A PYRAMID SCHEME • A very high return on investment is guaranteed. • No value is created in the whole process. • New recruits are required before money is paid out. ’n Skema soos dié is heeltemal onwettig omdat geen produk of diens verkoop word nie. Baie swendelaars ontwyk hierdie struikelblok deur wel ’n produk aan hul “kliënte” of “agente” te verskaf, maar dit is altyd iets wat so te sê waardeloos is. Dit maak dit baie moeiliker vir die owerhede om so ’n skema summier as ’n bedrogspul te verklaar, hoewel die einde daarvan ook sal wees dat die eerste deelnemers met sakke vol geld sal wegloop terwyl die meeste wat later aangesluit het met leë bankrekenings en motorhuise vol waardelose “voorraad” sal sit. Watter spesifieke vorm ’n piramideskema ookal aanneem, een kenmerk is altyd dieselfde: ’n Gewaarborgde opbrengs van heelwat meer as enige normale belegging by ’n finansiële instelling word belowe. Die sleutel is dat ’n baie hoë opbrengs gewaarborg word. Dit is nie moontlik nie. ’n Bank

nommer 1 van 2010

48

kan ’n opbrengs van 8% op ’n belegging waarborg omdat dit naby aan die gewaarborgde rentekoers van die Reserwebank is. ’n Bank kan ook ’n opbrengs van 50% aan ’n kliënt gee, maar so ’n hoë opbrengs kan nie gewaarborg word nie, aangesien sulke hoë opbrengste altyd met hoë risiko gepaard gaan. ’n Mens kan óf kies tussen ’n gewaarborgde lae opbrengs óf ’n ongewaarborgde hoë opbrengs – nie albei nie. Indien ’n advertensie ’n hoë opbrengs waarborg, kan ’n mens maar weet dat daar iewers ’n slang in die gras is. Piramideskemas is eintlik maar net ’n belasting op gierigheid, maar juis in tye soos vandag kan piramideskemas selfs mense wat nie gierig is nie om die bos lei. Wees dus baie versigtig met jou geld, en onthou: As iets te goed lyk om waar te wees, is dit tien teen een wel die geval. S

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


my gesin • my work

MY WOR K SMART resolutions and goals for 2010 By Moira-Marie Kloppers

MY GESIN

Gee jonges breinkos Deur Moira-Marie Kloppers Daar’s ’n apie op ’n stokkie voor my ma se agterdeur, daar’s ’n gaatjie in sy broekie en sy stertjie loer daardeur. Storietyd! ’n Besoek aan die wonderwêreld van ’n kind se verbeelding. ’n Plek waar die skelms altyd gevang word en die prins en prinses vir altyd gelukkig saamwoon. Tog vervul hierdie paar minute van elke dag ’n ongelooflike groot rol in die taalkundige en emosionele ontwikkeling van jou kind. ’n Kind tussen die ouderdom van twee en vier jaar kan nie altyd tussen sy verbeelding en die werklikheid onderskei nie. Daarom dat hulle so dikwels deur “monsters onder die bed” gepla word. Hulle het geduring aanmoediging en gerusstelling nodig. In hierdie fase van hul ontwikkeling hou hulle dus baie van sprokies en rympies met herhalende elemente en ’n duidelike begin, middel en einde. Van ses tot sewe jaar begin kinders al sterk met die karakters in stories identifiseer. Rolspel is in hierdie fase ’n baie gewilde speletjie. Die gebeure in sprokies word op ’n emosionele en dramatiese manier uitgeleef. Reg en geregtigheid moet altyd seëvier. Maak storietyd deel van jou gesin se daaglikse roetine. Dit is waardevolle breinkos in jou kind se ontwikkeling. S

DOEN-DINGE

FOTO: iSTOCKPHOTO

• Storietyd versterk die band tussen ouer en kind. Moet dus nie ophou om vir jou kind stories te lees wanneer hy of sy self kan lees nie. • Storietyd skep die geleentheid om jou kind se waardes te vestig. Baie kinderstories bevat belangrike lewenslesse. Storietyd skep die geleentheid om oor hierdie dinge te gesels. • Maak biblioteekbesoeke deel van jou gesin se weeklikse roetine. Laat jou kind self sy of haar boekies uitkies.

Moenie Martie Maree se gereelde insetsel op Solidariteit Radio, genaamd Kinderwêreld, misloop nie. Besoek www.solidariteitradio.co.za.

number 1 of 2010

49

A resolution is a decision, a promise, a pledge, a decree or a ruling. It is much more than a mere intention, a hopeful statement or wish for the future. Unfortunately, many people’s list of resolutions consist of exactly (and only) that. It is merely a list of vague things that you would like to achieve and more often than not the list looks exactly the same year after year. A resolution is a well thought-out plan that demands determination to succeed, steadfastness, tenacity and perseverance. Your resolutions for 2010 should be nothing less than a personal development plan. To be successful, you need to understand yourself, define your objectives and create an achievable plan to achieve them. WHO AM I? Understanding who you are, where you are heading and being honest about your ability to do so is the first step towards reaching any goal. Also, realise and accept that you only have control over yourself and that there will be things in your environment that can slow you down. SET SMART OBJECTIVES An objective is SMART if it is specific, measurable, achievable, relevant and time bound. • Specific – Where exactly do you want to be? • Measurable – What will signal the accomplishment of your objective? • Achievable – Unrealistic goals will only frustrate you and damage your self-esteem. • Relevant – Is the objective taking me towards my vision? • Time bound – Set a date, otherwise your objective will stay unaccomplished indefinitely. THE PLAN Keep the following in mind when your devise your plan: • Find the stepping stones: Identify the short-term goals that will lead to the accomplishment of your objectives. • Prioritise. • Identify the skills you need to accomplish each goal. • How, where and when will you get these skills? • Get support – someone who can help you, but also hold you accountable. • Identify the possible obstacles that could slow you down. • How will I overcome these obstacles?

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


beroepsgesondheid en -veiligheid

Longsiektes: Só werk vergoeding

FOTO: iSTOCKPHOTO

h

Deur Ilze Nieuwoudt

oewel ’n studie reeds in 1994 bevind het dat stofvlakke by Suid-Afrikaanse myne die afgelope 50 jaar nie veel verbeter het nie, kom longsiektes as gevolg hiervan en verskeie ander redes steeds algemeen onder werknemers in hierdie en verwante bedrywe voor. Intussen is werknemers in dié bedryf steeds onseker oor presies hoe die proses van sertifisering van longsiektes en die vergoeding daarvoor werk. Volgens Hanlie van Vuuren, litigant van Solidariteit se afdeling vir Beroepsgesondheid en -veiligheid (BGV), moet werknemers in die mynbedryf voor indiensneming by ’n nuwe werkgewer asook gedurende die dienstydperk by die maatskappy getoets word vir longfunksie. “Hierdie toets sal bepaal of ’n werknemer nog geskik is om te werk en sal ook toon of ’n werknemer reeds moontlik aan ’n stofverwante siekte ly,” verduidelik sy. Die geskiktheidstoetse vir mynwerkers word normaalweg by die myn se eie kliniek gedoen of reëlings word getref sodat die toetse elders gedoen kan word. Oudmynwerkers mag elke twee jaar die toetse by ’n staatskliniek of hospitaal laat doen. Sodra die toets gedoen is, word alle gevalle na die Mediese Buro vir Beroepsiektes verwys. “Die Mediese Buro is die enigste instelling wat deur die Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes (Wet 130 van 1993) gemagtig is om die toetsmateriaal te ontleed en besluite rakende die persoon se geskiktheid te neem. Die buro moet bepaal of ’n persoon aan een of meer van die spesifiekte siektes ly waarvoor die Wet voorsiening maak en as daar bevind word dat die persoon wel hieraan ly, moet die graad daarvan bepaal word. Die buro klassifiseer slegs of ’n werknemer aan ’n vergoedbare siekte ly of nie. Die graad van die siekte word ook bepaal, maar die graad van longfunksieverlies word nie geopenbaar nie,” sê Hanlie. “As die buro bevind dat ’n werknemer nie aan ’n vergoedbare siekte ly nie, maar die werknemer tog voel dat hy die siekte in ’n vergoedbare graad het, het die werknemer wel die geleentheid om te appelleer.” Sy maan werknemers egter dat hierdie appèl binne drie maande by die buro se Hersieningskomitee ingedien moet word.

VERSKILLENDE LONGSIEKTES • Asbestose: Longfibrose wat deur asbesvesels veroorsaak word. • Steenkoolwerkers se pneumokoniose: Longfibrose wat deur blootstelling aan steenkool veroorsaak word. • Emfiseem: Longsiekte veroorsaak deur die vernietiging van die longblasies se wande. • Massiewe fibrose: Longfibrose veroorsaak deur blootstelling aan stof en wat meer as 1 cm in deursnee is. • Mesothelioom: ’n Kwaadaardige gewas wat in die longvliesholte van die longe voorkom. • Gemengdestof-pneumokoniose: Longfibrose wat deur die tegelyke blootstelling aan verskeie soorte stof veroorsaak word. • Silikose: Longfibrose veroorsaak deur die inaseming van silikastof. “Solidariteit hanteer ook hierdie appèlle namens lede en lede wat die proses wil volg, kan Solidariteit kontak,” sê Hanlie. Daar moet onderskei word tussen persone wat voorheen in myne of beheerde bedrywe gewerk het en mense wat nog deel van die arbeidsmag vorm. As ’n persoon aansoek doen om werk by ’n myn of beheerde bedryf, moet sy gesondheid goed genoeg wees om die geskiktheidsertifikaat te slaag. As hy by ’n spesifieke myn of beheerde bedryf werk en nie die jaarlikse ondersoek by die werkgewer slaag nie, mag hy

nommer 1 van 2010

50

appelleer by die Inspekteur van Myne en sy dienste mag nie beëindig word voordat die appèl nie afgehandel is nie. As ’n werknemer wel gesertifiseer word met ’n vergoedbare longsiekte, sal hy normaalweg nie die geskiktheidsertifikaat bekom nie en behoort hy dus nie met sy huidige werk voort te gaan nie. “Hy behoort wel ’n ander beroep te volg waarin die gevare van verergering van die siekte minder is, maar die werk by die huidige myn of beheerde bedryf moet dan gestaak word,” sê Hanlie. >>>

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a



FOTO’S: iSTOCKPHOTO

beroepsgesondheid en -veiligheid

<<< As die buro ’n persoon met ’n vergoedbare siekte sertifiseer, stuur die buro die oorspronklike sertifikaat aan die Vergoedingskommissaris vir Beroepsiektes (ook bekend as die CCOD). “Dié kommissaris funksioneer onder die vaandel van die departement van gesondheid en moet nie met die Vergoedingskommissaris onder die departement van arbeid verwar word nie.” Hanlie waarsku dat die proses van hier af baie tydsaam kan wees en maande kan neem om gefinaliseer te word. Sodra die lêer by die kommissaris geopen is, sal daar van die persoon vereis word om sekere dokumente in te dien vir die verdere hantering van die saak. Die dokumente wat vereis word, sluit ’n volledige stel vingerafdrukke asook die oorspronklike dienssertifikate in. Hanlie stel voor dat persone wat nie die oorspronklike dienssertifikate kan bekom nie by Teba Bank moet aanklop, waar alle dienssertifikate bygehou word. Sodra die inligting ontvang is, sal die afdelings wat met die berekening van die toekennings werk die eiser se vergoeding bereken volgens die formule wat die Wet voorskryf en dit dan aan die kommissaris en finansiële afdeling voorlê vir goedkeuring. “Die eiser se vingerafdrukke word ook ontleed om duplikaateise te voorkom en ondersoek word ingestel na die aantal risikoskofte wat die persoon gewerk het. In die proses word die persoon se verdienste tydens sertifisering ook in berekening gebring om sodoende uiteindelik die persoon se vergoeding te bereken. “As die persoon nie meer werk nie, word die bedrag wat hy sou verdien het as hy steeds gewerk het vir die berekening gebruik. Hierna word die bevindings na die kommissaris verwys wat die uitbetaling magtig. Hierdie proses kan selfs ’n jaar of langer neem en lede moet bewus wees van die oponthoud wat met proses gepaard gaan,” verduidelik Hanlie. S

HOE WORD DIE ERNS VAN ’N LONGSIEKTE GEMEET? Wanneer dit kom by longsiektes word twee grade onderskei, naamlik graad 1 en graad 2 asook ’n nie-vergoedbare siekte: • As ’n werknemer ’n longverlies van minder as 10% het, word dit as ’n nievergoedbare siekte bestempel en die werknemer ontvang geen vergoeding nie. Die werknemer kan wel sy longfunksie tot en met afsterwe steeds nagaan om te bepaal of die longfunksie verder afgeneem het. • As ’n werknemer gesertifiseer word met ’n graad 1-longsiekte beteken dit dat die werknemer ’n longfunksieverlies van tussen 10% en 40% het. Die persoon ontvang vergoeding en kan steeds tot en met afsterwe monitor of sy longfunksie verder verswak. • ’n Werknemer sal as graad 2 geklassifiseer word as sy longsiekte reeds verder gevorderd is tot ’n longfunksieverlies van 40% en meer. Die persoon ontvang ook vergoeding en daar is geen verdere behoefte om die situasie vir eisdoeleindes te monitor nie, aangesien vergoeding net tot op hierdie vlak gedoen word.

WAT AS DIE PERSOON TOT STERWE KOM? As ’n oudmynwerker of iemand wat steeds by ’n myn werk sterf en die familie vermoed dat die persoon aan ’n sertifiseerbare longsiekte gely het of dat die siekte intussen van ’n graad 1- na ’n graad 2-siekte vererger het, is daar stappe wat gevolg kan word. ’n Dokter kan die persoon se longe verwyder met die toestemming van die familie. Daarna sal die longe na die Nasionale Instituut vir Beroepsgesondheid gestuur word waar patoloë die longe sal ontleed en ’n patologiese verslag saamstel. Slegs afhanklikes – dit wil sê ’n weduwee of kinders wat steeds finansieel afhanklik is van die oorledene – is egter geregtig op ’n uitbetaling as die oorledene wel gesertifiseer word met ’n vergoedbare longsiekte.

WATTER UITBETALING KAN EK VERWAG? Die uitbetaling vir persone wat met ’n graad 1- en 2-longsiekte gesertifiseer word, geskied deur middel van ’n eenmalige uitbetaling. Die berekening van die uitbetaling hang af van die persoon se individuele omstandighede en die persoon se aantal risikoskofte. Die vlak van risikowerk wat verrig is en die persoon se vlak van vergoeding sal alles ’n rol speel in die bepaling van die bedrag wat uitbetaal word. ’n Wetswysiging wat op 29 Augustus 2009 van krag geword het, bring ’n tikkie verligting vir persone wat met ’n longsiekte gesertifiseer word. Die bedrae wat uiteindelik aan eisers uitbetaal word, is nou hoër as vantevore.

nommer 1 van 2010

52

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a



promosie-artikel

Gehalte en tevredenheid onder een dak In ’n bedryf wat veral die afgelope jaar baie swaar getrek het, het Midrand Multifranchise, wat spesialiseer in die verkope van Kia, Tata, Daihatsu, SsangYong en gebruikte motors by Imperial Select, sterk groei getoon. Die geheim? Die voordeel van verskeie bekende en betroubare motorfabrikate onder een dak bied aan die voornemende koper ongeëwenaarde gerief en mededingende pryse.

b

y Midrand Multifranchise is die kliënt en sy behoeftes belangrik en juis daarom verseker dié groep handelaars dat die kliënt nie net die beste raad ontvang nie, maar ook gemoedsrus met die wete dat kenners in beheer is. Die vyf jong en dinamiese bestuurders aan die stuur van die groep beskik saam oor meer as 50 jaar se ervaring in die motorbedryf en beskik oor spesialiskennis van die onderskeie motorfabrikate wat te koop is asook ledediens. Hier word egter nie net waarde geheg aan die verkope van motors nie. Naverkoopdiens is ’n topprioriteit vir elkeen van die werknemers, wat toesien dat kliënte tevrede is. Die groot werkwinkel op dieselfde terrein as die vertoonlokaal beskik oor kundige tegnici wat in elke fabrikaat spesialiseer. Midrand Multifranchise is trots op die motors wat onder sy dak verkoop word en die diens wat gelewer word. Dit is nie sonder rede nie...

TATA Hierdie Indiese motorfabrikaat is bekend vir sy uiters bekostigbare motors en eerbiedig daardeur die fabrikaat se leuse van betroubare en bekostigbare motors. Daarbenewens spog Tata nou met bykomende gehaltebeheer deur ’n Suid-Afrikaanse kwaliteitkontroleerder in Indië. Die jongste toevoeging tot die Tata-familie is die Xenon-bakkie – ’n taai werksesel en ontspanningsdubbel- en enkelkajuitbakkie, wat pas bekendgestel is en tot R150 000 goedkoper as mededingers in dieselfde klas is.

DIAHATSU Daihatsu vier vanjaar 103 jaar in die motorbedryf en het daarom ongekende ervaring gerugsteun deur 100% Japannese innovasie, kennis en betroubare motors. SSANGYONG Hoewel SsangYong uit die Koreaanse stal kom, is dié motorfabrikaat nie werklik volksvreemd aan Suid-Afrikaners nie. SsangYong het homself nie net goed in die land gevestig nie, maar maak ook gebruik van dieselfde tegnologie wat in ’n ander vooraanstaande Duitse motorfabrikaat gevind word. KIA Kia het in die afgelope paar jaar merkwaardige groei getoon en is nou die vierde grootste motorvervaardiger in die wêreld. Daarbe-

newens het Kia se markaandeel in die afgelope ses maande ook aansienlik gegroei. Kia word deur gehalte gekenmerk en juis vanweë die vertroue in dié gehalte bied Kia op sekere van sy voertuie steeds ’n 150 000 km/10 jaarwaarborg. Die jongste toevoegings tot die Kiagroep is die Sorento, ’n aanskoulike sportnutsvoertuig (SUV), en die luukse en stylvolle Cerato. IMPERIAL SELECT Imperial Select is sinoniem met gehaltegebruikte motors. Alle motors wat op die Imperial Select-vertoonvloer uitry, dra die gehaltestempel van die AA wat aan kliënte gemoedsrus gee. Imperial Select spog ook met ’n aanlynvertoonlokaal waar alle beskikbare motors besigtig kan word. Klik gerus op www.imperialselect.co.za/midrand.

FOTO’S: REINT DYKEMA

WAAR IS MIDRAND MULTIFRANCHISE? Midrand Multifranchise is sentraal geleë op die hoek van Ou Pretoria- en Olifantsfonteinweg in Midrand. Kontak Midrand Multifranchise vandag nog om jou volgende motor te toetsbestuur. Skakel die kantore by 011 314 2353 of stuur ’n e-pos na een van die volgende bestuurders: • Kia/Tata – christor@multifranchise.co.za • Daihatsu/SsangYong – louisr@multifranchise.co.za • Imperial Select – danieg@multifranchise.co.za • Diensafdeling – cobusf@multifranchise.co.za • Onderdeleafdeling – andriesvdm@multifranchise.co.za • Handelaarshoof – lohano@multifranchise.co.za

nommer 1 van 2010

54

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a



nuuswaardig

s

Eerste Sol-Tech-studente ontvang sertifikate Deur Charl Oberholzer

ol-Tech se eerste groep van 64 studente het op 19 November hul NQF3-sertifikate van die Energie-SETA (ESETA) ontvang. Ná byna drie jaar se harde werk is die leerders nou in hul finale jaar en reeds gekwalifiseerde elektrisiëns in enkelfasekrag. Die leerders het vanaf 2007 elke jaar ses maande lank teoretiese en ses maande lank praktiese opleiding ondergaan en is tans besig met die finale praktiese been om sodoende hul NQF4-kwalifikasie te verwerf. Die meerderheid van die groep het ook besluit dat hulle die vaktoets wil aflê ten einde te voldoen aan die nuwe wetgewing. Die ESETA sal later vanjaar al die rëelings in hierdie verband vir hulle tref. Die kursus weerspieël die behoeftes van werkgewers in die huidige elektrisiteitsbedryf. Ander ambagte wat by Sol-Tech aangebied word, sluit montering en masjinering, dieselwerktuigkunde en meulmakery in. • Besoek gerus www.sol-tech.co.za vir meer inligting. S

Thys die Bosveldklong tydens die gholfdag.

Studente tydens verlede jaar se kamp by Glenmore.

FOTO’S: REINT DYKEMA; VERSKAF

Gholfdag ten bate van studente ’n reuse-sukses Sol-Tech het sy eerste jaarlikse gholfdag in November 2009 gehou om geld in te samel om eerstejaarleerders op ’n lewensoriëntering- en persoonlikheidontwikkelingskamp te neem. Volgens Elbie Liebenberg, hoof van Sol-Tech, loop persoonlike verryking hand aan hand met na-

skoolse opleiding en dit is belangrik dat Sol-Tech jongmense nie net hul akademiese potensiaal laat bereik nie, maar ook hul persoonlike potensiaal. Die kamp word jaarliks by Glenmore aangebied. Thys die Bosveldklong, bekende Afrikaanse sanger en komediant, het ook sy

nommer 1 van 2010

56

gewig agter die gholfdag gesit en die deelnemers vermaak. Die gholfdag was ’n reuse-sukses, met baie grappies, Thys se lekkerluister musiek en ’n veiling waar Springboklosskakel Morné Steyn se rugbytrui onder meer opgeveil is.

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


nuuswaardig

Henri Lategaan

Deon Grobler Studente aan die werk in die spogwerkwinkel in Booysens.

Nuwe bloed by Sol-Tech

Albert Olckers

Suretha Cronje

FOTO’S: REINT DYKEMA; DALEEN DE JAGER

Vaardigheidskorps versterk Sol-Tech het sy personeel uitgebrei met Henri Lategaan as lektor in motorwerktuigkunde, Deon Grobler in meganika, Albert Olckers in meulmakery en Suretha Cronje in wetenskap. Hierdie bykomende vaardighede beteken meer waarde vir die leerders. Volgens Elbie Liebenberg, hoof van Sol-Tech, is die kollege se personeel gereed vir 2010 met al sy uitdagings. Al die personeellede by Sol-Tech sien uit daarna om ’n positiewe verskil in elke student se lewe te maak. Sol-Tech se administratiewe funksie en fundamentele opleiding verskuif in 2010 na Booysens, waar die nuwe en groter werkwinkels reeds sedert Julie 2009 gebruik word.

number 1 of 2010

57

Sol-Tech het op 12 September 2009 weer ’n opedag gehou. Dit is bygewoon deur ongeveer 700 mense, insluitend studente, ouers en ander belangstellendes. Flip Buys, uitvoerende hoof van Solidariteit, het die skare toegespreek en gesê dat daar drie belangrike keuses in ’n jongmens se lewe is: Wat hy moet glo, wat hy moet studeer en wie sy lewensmaat moet wees. Sowat 145 uit die 300 leerders wat die toelatingstoets afgelê het, is vir Februarie ingeskryf en ’n verdere 115 leerders is vir Julie ingeskryf. Daar is ook reeds ’n waglys vir 2011 en die opedag was ’n reuse-sukses. Sol-Tech se toekoms lyk blink, met ’n leerdertal wat elke jaar groei. Die splinternuwe eerstejaars staan op die drumpel van vaardigheid en persoonlike ontwikkeling terwyl die ervare finalejaarleerders sterk oppad is na ’n beter toekoms.

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a

Tel: 012 664 8923 www.sol-tech.co.za


legal matters

PHOTOS: DALEEN DE JAGER; iSTOCKPHOTO

Retrenchment procedure for individual workers WHAT IS A RECESSION? CAN THEY LET ME GO JUST LIKE THAT? In economics, a recession is a general decrease in the economic activity in a country or market over a period of at least six consecutive months. A recession therefore leads to a general decrease in trade and industrial activity, which in turn leads to an increase in job losses and retrenchments. A sustained decline in a country’s economy is called an economic depression during which job opportunities are generally very scarce. An employer cannot just let an employee go. The process in which employee numbers are reduced because companies have to cut back on their production or service delivery is known as dismissal for operational reasons, or retrenchment. An employer must notify employees in writing of planned retrenchments by means of a section 189 notice, which refers to section 189 (3) of the Labour Relations Act (LRA). The employees can therefore be informed of planned retrenchments by e-mail. The LRA determines that, in the event of a retrenchment process, an employer is obliged to consult with any person the employer has to consult with in terms of a collective agreement. If there is no collective agreement, the employer must consult with any represented workplace forum and/or any registered trade union whose members will possibly be affected by the retrenchments, whether or not it is a represented trade union. In the absence of the above, the employer must consult with the employees themselves or their nominees for this specific purpose.

A Solidarity member who works for a large hardware chain store recently heard from colleagues that the employees in their division are going to be retrenched. His boss says they are not making money and blames the recession. PHIL DAVEL, labour law advisor at the Solidarity Service Centre, answered his questions.

YOU & T H E L AW phil davel Send your questions to Solidarity Magazine: You & The Law, P.O. Box 11760, Centurion 0046; send email to diens@solidariteit.co.za; or a fax to 012 664 1102.

nommer 1 van 2010

58

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a

Phil Davel


legal matters Any other party must request permission from the employer to be allowed to get involved in the negotiation process. The aim of the consultation process is to enable trade unions and employees to question the reasons for the retrenchments, as well as to propose ways in which the retrenchments could be avoided or reduced. Alternatives to the retrenchments must also be considered in an effort to avoid, reduce or postpone the retrenchments. Alternatives could include the following: • Letting employees work short-time. • Reducing salaries or paying employees on a commission basis. • Moving employees to other divisions. • Suspending all new appointments. • Putting an end to overtime and work on Sundays. • Training personnel in alternative skills. • Suspending contracts with temporary and contract workers. • Placing employees on temporary unpaid leave. TO WHAT SEVERANCE PACKAGE AM I ENTITLED AND IS THERE A WAY IN WHICH I CAN LOSE MY SEVERANCE PACKAGE? Section 41(2) of the Basic Conditions of Em-

ployment Act stipulates that when an employee is retrenched owing to operational reasons, the employee will be entitled to one week’s salary for every completed year of service. Therefore, in this case the member is entitled to three weeks’ salary. Remember that this is only a minimum requirement. In other words, a much bigger settlement can be negotiated, such as two weeks’ salary for every completed year. In addition, the employee should note that the severance package is calculated on the cost to company and therefore includes, among other things, the employer’s medical aid and pension fund contributions. As far as the second part of the question is concerned, an employee could lose his/her severance package if the employer offered alternative employment at the same or even another employer, and the employee unreasonably refused the offer.The regulation on “unreasonable refusal” is set out in section 41(4) of the same Act and is normally used by employers to dodge their obligation of paying a severance package. This scenario often happens when an employee has built up many years of service, because there is no limit on the number of years an employee can accumulate. Note that the offer of alternative work could entail a demotion as well as a lower salary. The courts will deter-

mine what constitutes an “unreasonable refusal” according to the merits of each case. WHAT INFORMATION SHOULD BE INCLUDED IN A SECTION 189 NOTICE? • The reasons for the proposed retrenchments; • all the alternatives considered by the employer before deciding to possibly retrench some of the employees, as well as the reasons why the employer decided against these alternatives; • the number of employees who would possibly be affected, as well as the categories in which they work; • the proposed criteria according to which employees will be retrenched; • the time frame in which the retrenchments will be carried out; • the proposed severance packages and how they were calculated; • any assistance that the employer undertakes to provide during the retrenchment process; • the possibility of future reemployment; and • the number of employees at the employer, the number of employees retrenched at the same employer in the past. S


histories gesproke

Vegkop: Bloedrivier van die Vrystaat

FOTO: HENNIE DU PLESSIS

o

Deur Magdaleen Kleynhans

p 16 Desember 2008 het ek en my man saam met ons seuntjie, wat toe ses maande oud was, Heilbron se Geloftefees by Vegkop bygewoon. Soos dit maar gaan met babatjies wat lank in ’n karstoeltjie moes sit, wou hy nie ’n minuut langer stilsit in die saal waar die verrigtinge gehou is nie. Ons moes maar die omgewing gaan verken sodat die feesgangers in vrede na die diens en die Gelofte kon luister. Nadat ons oor die krakende plankvloere deur die klein museum gestap het, het ek deur die besoekersboek begin blaai en gesien dat mense van regoor die land én die wêreld al oor dieselfde plankvloere gestap het. Ek het meteens besef hoe min van ons land se eie monumente en museums ons ken. In Europa het ek moeite gedoen om by elke moontlike kasteel of besienswaardigheid in te loer, maar in my eie land ry ons maar verby. Met Ernst op my heup het ek na die gestapelde hoop klippe met die bronsbeeld gestap om te sien hoe dit daar lyk. Voor die hoop klippe het ek eers stilgestaan en om my heen gekyk. Op ’n plaat het die volgende geskryf gestaan: “Simboliek van die monument: Die opgestapelde klippe simboliseer die omsingelde bedreiging van destyds en vandag. Die totale aanslag teen die Christe-

like beskawing. Uit hierdie vyandelikhede verrys triomferend die forse gestalte van ’n leier. Hoewel een been nog binne die vyandelike omsingeling is, hou hy met erkentlike geloof aan die oorwinning die Bybel met sy linkerarm vas en met sy regterhand ’n geweer wat in nederige onderworpenheid teenoor God afwaarts wys en waarteen vyandige assegaaie breek en knak. Die beeldhouer het hiermee Efesiërs 6:16 vir ons tyd vergestalt: ‘Behalwe dit alles neem die skild van geloof op waarmee julle al die vurige pyle van die bose sal kan uitblus.’ Met hierdie besielende woord van God in die hart en verantwoordelike weerbaarheid is die oorwinning vir ons gewaarborg.” Dit was doodstil en die koel windjie wat opgesteek het, het my koue rillings gegee. Ek het my voorgestel hoe dit moes gewees het om die gebeure van 20 Oktober 1836 te beleef: Om my is die mans besig om 50 ossewaens in ’n laer van twee kringe te trek. Ek en Ernst, saam met die res van die vroue, is in die middel van die binneste kring. Vier dae gelede het die geselskap die nuus ontvang dat ’n weermag Matabeles onder Kalipi op pad is. Gewere word nagegaan en troostende ma’s probeer hulle kinders rustig kry. (Hoe doen ’n mens dit?) Tussen jou en 4 000 tot 6 000 Matabeles is daar 50 ossewaens, én jou man en seun. Elke oggend en aand word daar gebid: “Heer, beskerm ons

nommer 1 van 2010

60

teen die vyand”, want al wat jou kan red, is die Heer se genade. En dan is hulle daar. Duisende assegaaie trek oor ons koppe terwyl 37 mans se geweerskote herhalend in ons ore knal. Ek hou Ernst stywer vas. Gelukkig duur die geveg net ’n uur. Om my hardloop vrouens met skottels water en die nodige noodhulptoerusting om 14 swaar gewonde mans te help. Twee mans is gedood en lakens is vir eers oor hulle getrek. Al het die Matabeles die meeste van die perde, beeste en skape vir hulle gevat, is hulle verslaan. AH Potgieter en SA Cilliers dank eers God dat Hy Sy hand van bewaring oor die laer gehou het. 439 Matabeles het gesneuwel en meer as ’n duisend assegaaie word om die laer opgetel. Tydens die oprigting van die monument in 1938 het ds. VJB Naude die volgende gesê: “Vegkop is die Bloedrivier van die Vrystaat en hier het die eerste daeraad van die Christendom vir die Vrystaat aangebreek.” Toe ons later kar toe stap, het ek besef wat ek daardie dag geleer het: My God is ook die God wat hierdie mense, my voorouers, teen ’n mag van ongeveer 5 000 beskerm het. Ek is dankbaar dat ’n monument opgerig is om ons te herinner dat ons ’n lewende God het wat oor ons waak. As jy weer in die omgewing van Heilbron is, doen die moeite om te gaan beleef wat ek beleef het en dra dit oor aan jou kinders. S

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


histories gesproke

Danie Theron ’n held met boodskap

FOTO: ILZE NIEUWOUDT

n

et buite Fochville, op die pad tussen Johannesburg en Potchefstroom, staan ’n monument wat een van die dapperste Boerevegters van die Anglo-Boereoorlog gedenk. Die Danie Theron-monument lê hoog teen ’n randjie naby die N12, maar as jy die moeite doen om die paar honderd meter na bo te stap (of te klouter) om die hoë gedenknaald van naderby te aanskou, sal jy besef dat dit die moeite werd was. Danie Theron sal vir die nageslagte onthou word as die stigter van die Theron Verkenningskorps (TVK) – ’n eenheid wat beskou word as die voorloper van die SA Weermag se verkennersafdeling. Danie het in die AngloBoereoorlog saam met sy nagenoeg 100 verkenners geveg, verken en inligting ingesamel oor die Britse magte.

Deur Ilze Nieuwoudt Danie is op 9 Mei 1872 in Tulbagh gebore en kwalifiseer ná skool as ’n onderwyser en gee skool in Kroonstad. Kort daarna kwalifiseer hy as ’n prokureur en open sy eie praktyk in Krugersdorp. Dit is ook hier waar hy sy hart verloor op Hannie Neethling. Hulle raak verloof, maar in Augustus 1898 sterf Hannie aan longontsteking en word begrawe op hul familieplaas Eikenhof. Gedurende die oorlog het Danie en sy span verkenners telkens heldhaftig deelgeneem aan die gevegte en volgens die geskiedkundige Fransjohan Pretorius het generaal Louis Botha later oor Danie opgemerk: “Hy was as soldaat gehoorsaam en trou, as offisier onverskrokke en bekwaam, as krygsman ’n held. Nooit het ek iemand ontmoet wat meer deurtastend te werk gegaan het, wat opgewekter ’n moeilike taak

volbring het nie, hetsy as leier, as spioen, of as aanvoerder by ’n aanval. Die woord ‘nee’ het Theron nooit geken nie. Wat aan hom opgedra is, het hy gedoen. Transvaal het geen dapperder man opgelewer nie.” Danie se dapperheid het egter op 5 September 1900 tot sy dood gelei. In Gatsrand, die omgewing waar die Danie Theron-monument vandag uitrys, het Danie op dié dag ’n Engelse konvooi bespied en besluit om ’n lokval vir die konvooi te stel. Hy word egter deur vier Britse verkenners verras. Die koppie waar Danie opgemerk word, word met kanonvuur bestook en Danie word noodlottig getref. Vandag is die Danie Theron-monument ’n herinnering aan dié dappere vegter. En volgens die gedenkplaat aan die voet van die monument simboliseer die vlam aan die punt van die naald “die vlam van Vryheid wat gebrand het in die harte van Danie Theron en die Boere wat hul vryheid, onafhanklikheid en Vierkleur verdedig het.” S


tot u diens

Kantore – legendaries, lojaal en landwyd! BELLVILLE

KATHU

Ettienne Pio, Raymond Holland-Chapman, Anton Gerretsen, Bennie Harmse, Mike Goussard Administratiewe beampte: Nicole Harmse Tel: 021 946 4440/4478 Faks: 021 949 4259 E-pos: bellville@solidariteit.co.za Straatadres: Du Toitstraat 18, Bellville

RUSTENBURG

Gert van Wyk Administratiewe beampte: Jaatjé Hanekom Tel: 053 723 1604 Faks: 053 723 1407 E-pos: kathu@solidariteit.co.za Straatadres: Rietbokstraat, Kathu

BOKSBURG

Theunis van Staden, Johan Nell Administratiewe beampte: Christelle Grobler Tel: 014 592 4336 Faks: 014 592 4371 E-pos: rustenburg@solidariteit.co.za Straatadres: H.v. Heystek- en Thabo Mbekistr. Heystek Ontwikkelaars, Kantoor 4, Total Garage, Rustenburg

NEWCASTLE

Francois van Heerden, Zirk Gous, Amanda Hattingh, Fanie Vosloo, Derek Mans Administratiewe beamptes: Marlindie Booyens, Natasha van Heerden Tel: 011 913 0783/1101 Faks: 011 913 3850 E-pos: boksburg@solidariteit.co.za Straatadres: Rondebultweg 232, Libradene

Johan Botha Administratiewe beampte: Elize Bronkhorst Tel: 034 312 9711/9917 Faks: 034 312 5170 E-pos: newcastle@solidariteit.co.za Straatadres: Hardingstraat 79, Sanlampark, Blok B, Newcastle

CARLETONVILLE

SECUNDA Kobie de Villiers Administratiewe beampte: Sandra Scheepers Tel: 017 634 5296 Faks: 017 634 5297 E-pos: secunda@solidariteit.co.za Straatadres: Eerste Vloer, h.v. John Vorsteren Moorestraat, Uitbreiding 22, Secunda

SOLIDARITEIT-HOOFKANTOOR

Willie van Rensburg Administratiewe beampte: Petro Watson Tel: 018 788 4861/018 786 2785 Faks: 011 788 5102/011 388 9854 E-pos: carlton@solidariteit.co.za Straatadres: Van Zyl Smitstraat 74, Oberholzer, Carletonville

Tel: 012 644 4300 Tel: 0861 25 24 23 E-pos: diens@solidariteit.co.za Webwerf: www.solidariteit.co.za Straatadres: H.v. D.F. Malanrylaan en Eendrachtstraat, Kloofsig Posadres: Posbus 11760, Centurion, 0046

DESPATCH

PIETERSBURG

Piet Veldtman Administratiewe beampte: Marlene Veldtman Tel: 041 933 5144/5145 Faks: 041 933 5539 E-pos: despatch@solidariteit.co.za Straatadres: Hoofstraat 91, Despatch

ELLISRAS

Erick Schoeman Administratiewe beampte: Arlene Lourens Tel: 015 297 0287 Faks: 015 297 1589 E-pos: polokwane@solidariteit.co.za Straatadres: Biccardstraat 79 (3A), Pietersburg

VAALDRIEHOEK Jaco van den Berg, Johan Venter, Gerhard Cloete, JJ Fernandes, Lee Coetzee Administratiewe beamptes: Nadia Coetzee, Rika Cronje Tel: 016 931 3160/2/4 Faks: 016 931 3171/011 252 7271 E-pos: vaaldriehoek@solidariteit.co.za Straatadres: Rossini-boulevard 130

PRETORIA

Jan Pretorius Tel: 014 763 9511 Faks: 014 763 9511 E-pos: ellisras@solidariteit.co.za

Jack Loggenberg, Jahni Cowley, Keith Rossouw, Chris Roodt, Schalk de Bruin, Willie Venter, Connie Badenhorst Administratiewe beamptes: Christa Louw, Anke Cloete Tel: 012 335 9051/2 • Faks: 012 335 9002 E-pos: pretoria@solidariteit.co.za Straatadres: H.v. Lambert Lee- & Van Rensburgstraat, Mayville

KLERKSDORP

WELKOM Lea Hardy, Coen Schoonraad Administratiewe beamptes: Reinette Hardy, Dalmese Kommer (tydelik) Tel: 057 352 6839 Faks: 057 357 2072 E-pos: welkom@solidariteit.co.za Straatadres: Grondvloer, Haddad-gebou, h.v. Buiten- en Elizabethstraat, Sakesentrum

RICHARDSBAAI

Manie Lourens, Willie Marais Administratiewe beampte: Nicoline Crafford Tel: 018 468 8533 Faks: 018 468 8563 E-pos: klerksdorp@solidariteit.co.za Straatadres: Buffeldoringweg 48, Eenheid 2, Buffelparksentrum, Klerksdorp

Hennie Vosloo Administratiewe beampte: Chantelle van der Merwe Tel: 035 789 0968/9 Faks: 035 789 0967 E-pos: richardsbaai@solidariteit.co.za Straatadres: Liralinkstraat, Eenheid 7, Montego Park, Richardsbaai

nommer 1 van 2010

62

WITBANK Cornelius van Leeuwen, Jan du Plessis Administratiewe beamptes: Irma Oberholzer, Sonja Bekker Tel: 013 656 3871 Faks: 013 656 6846 E-pos: witbank@solidariteit.co.za Straatadres: Bureau de Paul 2B, Corridorsingel, Route N4 Business Park, Ben Fleur X11

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a



die lees werd

Wenke, wilde bure, vakansie op wiele PLATSAKWENKE

REDAKTEURSKEUSE

Carla van der Spuy Al gaan dit broekskeur, kan jy nog lekker leef. Volg hierdie boek se platsakwenke en span dit saam met jou verbeelding, ’n bietjie toneelspel, ’n paar kamoefleerkunsies, hope logika en ’n blakend gesonde humorsin in. Platsakvakansies, sakpastroues en laer munisipale rekenings is binne jou bereik. Vind uit hoe jy met ’n beperkte begroting uithalermaaltye vir jou gesin en gaste kan opdis en teen ’n appel en ei mooi, jonk, fiks en gesond kan bly. Lees ook hoe jy met kleingeld jou huis silwerskoon en jou tuin lowergroen kan hou, jou bakhandkinders kan inspireer om self hul sakgeld op kreatiewe wyse te verdien en te voorkom dat jy, helaas, eendag in hul agterplase moet plak. Al leef jy onder die spreekwoordelike broodlyn, hoef jy glad nie daarvoor te mik om onder die wynlyn te spook nie… Om hierdie boek te bestel, kan jy ’n versoek rig aan zoet@absamail.co.za.

OOR DIE SKRYWER Carla van der Spuy is ’n gevestigde en bekroonde vryskutjoernalis wie se werk al jare lank in talle prominente koerante en tydskrifte verskyn, ook in Solidariteit Tydskrif. Sy werk as korrespondent vir twee radiostasies in Noordwes en bied ook aanlynkursusse aan Afrikaanse joernaliste. Carla woon in Hartbeespoort saam met haar man Romano, en het ’n dogter Tanya en seun Louwtjie.

WEN! WEN! WEN! Stuur jou naam en kontakbesonderhede na magdaleen@solidariteit.co.za met die woord ‘Platsak’ in die onderwerplyn en staan die kans om een van twee eksemplare van Platsakwenke te wen met die komplimente van Lapa Uitgewers.

SONDE MET DIE BURE & HERRIE OP DIE OU TREMSPOOR CJ Langenhoven CJ Langenhoven. Uit sy pen het die eerste drie strofes van Die Stem gevloei saam met menige ander kortverhale, poësie en bekende spreekwoorde soos: “Om dood te gaan is geen kuns nie; die slegte kry dit reg. Om te lewe is ’n kuns; die beste kry dit nie goed reg nie.” En CJ Langenhoven of Sagmoedige Neelsie, soos hy ook bekend staan, het dit reggekry. Een van sy geliefde werke is Sonde met die bure met Herrie op die ou tremspoor wat daarop volg. In Sonde met die bure ly Sagmoedige Neelsie onder die bure – en Vroutjie se alewige behoefte om die bure uit te stof. Hierdie keer gaan dit om ’n vakansiehuis en ’n motorkar. Maar o, die onkoste... Op die ingewing van die oomblik skaf hy ’n voormalige sirkusolifant aan – ook bekend as Herrie – en ’n trem wat al beter dae gesien het, en siedaar: ’n vakansiehuis op wiele! Met Vroutjie en Engela en haar menigte koffers aan sy sy, neem Neelsie die

geweste op horings. So ’n trem kan nogal verwoesting saai as dit aan ’n eiesinnige olifant vasgeketting word... Sagmoedige Neelsie se lewe word in Herrie op die ou tremspoor weereens versuur – hierdie keer nie deur bure nie, maar deur Vroutjie, wat nou maar net nie kan verstaan hoekom hy nie ’n vaste werkie wil kry nie. Toe, benewens Vroutjie se knaende klagtes, kom daar nog slegte nuus: Die Universiteit van Stellenbosch het besluit dat ’n man van Neelsie se geleerdheid sekerlik te vinde sou wees vir ’n reeks lesings oor allerlei hogere onderwerpe. Neelsie se enigste hoop is Meiringspoort, en so word Herrie weer voor die trem ingespan, met diverse gevolge... Hierdie twee boeke, wat die eerste keer in 1921 en 1925 verskyn het, is nou weer beskikbaar in sagteband by Protea Boekhuis teen R100 en R110 onderskeidelik. Jy sal hierdie boeke net so baie geniet soos die lesers van ’n driekwarteeu gelede!

nommer 1 van 2010

64

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


stilwo(o)rd

Mopkop, kaalkop... uitgeskop?

FOTO’S: YOLANDÉ TERBLANCHE; iSTOCKPHOTO

m

oenie links kyk nie, Ma! Dit is my tweedejaarseun se opdrag terwyl ons deur ’n winkelsentrum stap. Natuurlik kyk ek links. Die plek wat hy nie wil hê ek moet sien nie, is... ’n manshaarkapper. Toe my kind ná die eksamen by die huis arriveer, dog ek ek groet die grotman. Nie net ’n dik, mopperige boskaas nie, maar ook – aggenee wat – ’n baard! Die hele vakansie het ek hom taktvol probeer oortuig om homself net ’n klein bietjie meer beskaafd te laat lyk. Natuurlik tevergeefs. My pleidooie was net vir hom ’n bevestiging dat hy nou regtig behoorlik koel lyk. Enige voorkoms wat ’n middeljarige ma se goedkeuring wegdra, moet immers ’n flop wees. So vertrek my grotman toe op ’n kerkkamp met sy takhaarvoorkoms en al. En kom hoog in sy skik terug. “Ek was geplant, Ma,” kom vertel hy smaaklik. Geplant? (Seker oor hy half na ’n boom lyk, dog ek.) Maar “geplant” beteken toe dat hy moes voorgee dat hy ’n eerstejaar is. ’n Eerstejaar met ’n baard? Ja, hy was dan nou kamstig ’n boerseun met die naam van Pietjan wat verlede jaar in ’n tuisskool was. Hy moes ’n hoogopgetrekte kakiebroek dra en het op die bus uit ’n gehawende gereedskapkissie tamaties geëet. Hy moes selfs brandewyn en Coke drink en vir almal slukkies aanbied. Daardie aand was al die “drinkers” kamma in diep

moeilikheid, totdat die eienaardige “boerseun” se ware identiteit bekend gemaak is. Alles lekker snaaks en gawe studentepret – maar, vertel Grotman, hy het iets geleer. In een dag as Pietjan die boerseun het hy beleef hoe mense jou uitstoot as jy anders is. Gesprekke wat skielik stil word; ’n onderlangse gegiggel; mense wat jou ignoreer, verneder of kortaf met jou praat. Tog leer die liefdesgebod wat die Here Jesus ons gegee het iets heeltemal anders. Daar is soveel anderste mense: Gestremdes, straatmense, ernstige siekes, versleurdes... En die Here wil hê ons moet hulle met Sy liefde bedien. Hy het self die voorbeeld gestel: Hy het blinde bedelaars en ernstige siekes genees. Hy was nie bang om naby melaatses te kom nie. Hy het in die tollenaar Saggeus se huis gaan eet. Hy het duiwelbesetenes weer normaal gemaak. Hy het, terwyl Hy self aan die kruis gehang het, ’n moordenaar saam met Hom paradys toe genooi. Ja, die Here Jesus was Self anders. Hy het nie in die aanvaarde, gebaande weë geloop nie. Hy het die Fariseërs se wette geïgnoreer en mense op die Sabbat genees. Hy, wat waarlik God is, was nie te vernaam om kindertjies te omhels nie. Hy het deernis en begrip vir elke mens gehad – ook vir die uitgeworpenes van die samelewing. As ons Hom wil volg, moet ons anders wees, net soos Hy. Ons moet die uitgeskoptes met deernis en liefde behandel, net soos Hy.

number 1 of 2010

65

S T I LWO ( O ) R D marietha malan “Ek het besluit om my hare te skeer, Ma,” deel Boetie my ’n week of wat later mee. “Wanneer?” vra ek verheug. “Op nasionale kankerdag”, antwoord hy. “Dink Ma nie ’n kaalkop sal koel lyk nie?” My mammahart vermurwe. Mopkop, kaalkop, wat maak dit saak? Solank jy die liefde van Christus in jou hart dra. Maar ek hoop darem die ellendige baard waai ook... S

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a




helpende hand

bylae tot solidariteit tydskrif • nommer 1 van 2010

Die storie van Ben Schoeman

II

ATKV-tak skenk R5 000

Afrikaans hier onder die loep

>>>>>>>>>>>

>>>>>>>>>>> Duisende kry skooltassies

IV

IV

Instituut help met beroepe

VII

>>>>>>>>>>> VI

Beurse maak drome waar

VIII


solidariteit helpende hand

Die storie van Ben Schoeman

FOTO’S: NASIONALE ARGIEF VAN SUID-AFRIKA; iSTOCKPHOTO

b

en Schoeman was op sy dag minister van vervoer, leier van die Volksraad, kanselier van die Universiteit van Port Elizabeth, Doctor Honoris Causa, voorsitter van Perskor. Dit klink alles baie indrukwekkend, maar die volle betekenis van die prestasies tref ’n mens wanneer jy besef Ben Schoeman se hoogste kwalifikasie was slegs standerd sewe! Soos baie arm Afrikaners kinders in die jare twintig en dertig moes Ben Schoeman grootword te midde van die harde realiteite van die werkerswoonbuurt Braamfontein. Geleenthede vir opleiding in Afrikaans was in die Engelstalige Johannesburg bykans onbekombaar en selfs al sou daar wees, was daar in elke val nie ’n ekstra pennie vir verdere skool- of universiteitsopleiding nie. As veertienjarige seun moes die jonge Ben uitspring en begin werk om sy gesin se pot aan die kook te hou. Hy het aanvanklik as bode in die Spoorweë begin werk, maar omdat hy fris gebou en nie bang was om sy moue op te rol nie, is hy as lokomotiefskoonmaker aangestel. Kort voor lank het hy op die voetplaat van die stoomlokomotiewe sy plek as stoker begin volstaan. Die verplasing van tonne en tonne steenkool van die kolewa na die brandende oond was twaalf ure per dag se uitmergelende werk. Die jong Ben het egter geglo dat ’n mens se verstand net so hard soos jou spiere moet werk en hy het ingeskryf vir die masjiniseksamen. Sy handboeke het dag en nag sy vrye tyd in beslag geneem en hom gedurende die lang nagte in die vuil stokerskajuit geselskap gehou. Met vasbyt het hy die kursus geslaag en sy eerste tree boontoe gegee. Die verhaal van Ben Schoeman is verder goed bekend. Omdat hy geglo het jy leef nie vir jouself nie, het hy te midde van sy lang skofte as sekretaris van Braamfontein se Nasionale Party ’n reuse-bydrae gelewer om die Afrikanersaak in die Engelstalige Witwatersrand te bevorder. In 1948 het hy die minister van arbeid geword en in die jare vyftig minister van vervoer. Die jong seun wat lokomotiewe gewas en vir twaalf ure per dag kole gestook het, het die argitek geword van Suid-Afrika se reuse- en hoogs suksesvolle pad-, spoor-, lug- en seevervoer. Schoeman was persoonlik betrokke by die uitleg en beplanning van

HANDE WAT HELP dr. danie langner

Mnr. en mev. Ben Schoeman

die Richardsbaai-hawe, asook die uitbou van die destydse SAL tot die suksesvolste lugdiens in Afrika. Wat was die geheim van Ben Schoeman se suksesverhaal? Die antwoord is eenvoudig: Ben Schoeman het vanuit ’n interne lokus van kontrole geleef.

nommer 1 van 2010

II

’n Mens se lokus van kontrole het te doen met waaraan jy die verantwoordelikheid toeskryf, of die skuld voor gee. Dit sou maklik vir die jong Ben wees om die skuld van sy swaarkry te pak op die Engelse, of op die mynbase, of op die regering. Hy sou in die geselskap van baie armes aan die Witwatersrand gewees het as hy dit sou doen. Mense wat met ’n eksterne lokus van kontrole leef, glo wat met jou gebeur word bepaal deur omstandighede, magsfigure of toeval. Die feit is, mense wat met ’n eksterne lokus van kontrole leef, is nie so maklik in staat om bo hulle omstandighede uit te styg nie. Hulle word maklik slagoffers van hul omstandighede omdat hulle nie verantwoordelikheid daarvoor wil neem om op te staan en hulle omgewing te beheer nie. Anders as baie van sy arm tydgenote het Ben besef as hy nie vasbyt en self verantwoordelikheid neem vir sy omstandighede nie, sal hy altyd kole moet stook. Mense soos Ben, wat leef vanuit ’n interne lokus van kontrole, het meer uithouvermoë, is meer selfstandig, neem groter verantwoordelikheid en styg bo hulle omstandighede uit – selfs met net standerd sewe. Ons leef in ’n tyd waar die land se hoogs suksesvolle infrastruktuur waaraan Ben Schoeman en sy tydgenote so hard gebou het byna daagliks verval. Ons sien hoe Engels stadig maar seker Afrikaanse opleiding verdring – in so ’n mate dat die Johannesburg van 2010 in hierdie konteks nie veel verskil van die Johannesburg in 1930 nie. Gaan ons as Afrikaners vanuit ’n eksterne lokus van kontrole leef? Gaan ons die skuld op alles en nog wat pak en gevolglik slagoffers van ons omstandighede word? Of gaan ons ten spyte van ons omstandighede verantwoordelikheid vir ons toekoms aanvaar? As laasgenoemde Afrikaners se dryfkrag is, het die toekoms onbeperkte moontlikhede. Wie sou in die jare dertig kon dink ’n stoker gaan minister van vervoer word wat hawestede bou? Wie sou vandag kon sê dit is onmoontlik dat ’n Sol-Tech-student van 2010 oor ’n dekade of drie sal opstaan en weer infrastruktuur vir ’n suksesvolle staat opbou? Dit vra dat ons vandag sal moue oprol, hard sal werk en vasbyt, selfs al is die nagte eensaam en die masjienkamer vuil. • Dr. Danie Langner is uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende Hand. S

w w w. h e l p e n d e h a n d . c o . z a



solidariteit helpende hand

Duisende ontvang weer skooltassies

w

Deur Marisa Engelbrecht

at het R1,8 miljoen en 9 000 kinders in gemeen? Skooltassies! Solidariteit Helpende Hand bou jaarliks speel-speel die blokkies van opvoeding, opheffing en opleiding. Die Helpende Hand Skooltassieprojek is egter nie kinderspeletjies nie. Die projek, wat vanjaar drie jaar oud is, het reeds ’n daadwerklike bydrae tot die opheffing van bykans 10 000 behoeftige graad 1’s gemaak. 2010 se graad 1’s is die derde groep wat by die Skooltassieprojek baat gevind het en hulle gaan beslis nie die laastes wees nie. Die afgelope drie jaar het die Skooltassieprojek ongeveer R1,8 miljoen se skryfbehoeftes en tassies aan behoeftige Afrikaanse kinders geskenk. Ten spyte van die resessie waarin SuidAfrikaners hulself in 2009 bevind het, kon Helpende Hand met die goedhartigheid van sy ondersteuners en skenkers, kinders by ongeveer 70 behoeftige Afrikaanse skole landwyd bystaan. “Die behoefte is egter nog baie groter,” verduidelik Mariana Kriel, Helpende Handstreekorganiseerder vir Gauteng-Noord. “Ons sien dat baie van die skoolhoofde in Afrikaanse skole nie vir skooltassies aansoek doen nie, omdat hulle nie die skole se name aan armoede gekoppel wil hê nie. Die probleem is dat die behoeftige leerders hulle skoolloopbane dan met ’n agterstand begin en minderwaardig voel teenoor hulle maatjies, omdat die skoolhoofde te trots is om te erken dat daar ’n behoefte in hulle skole is.” “Wie word in werklikheid verontreg? Nie die skoolhoof nie, maar die kind,” voeg dr. Danie Langner, uitvoerende direkteur van

Carike Keuzenkamp was een van die tientalle bekendes wat die Skooltassieprojek ondersteun het.

Helpende Hand, by. “’n Kind uit ’n behoeftige agtergrond het daagliks genoeg struikelblokke om te oorkom. Hy of sy het nie nodig om verder benadeel te word omdat sy of haar ouers nie ’n skooltassie of die basiese skryfbehoeftes kan bekostig nie. “Die Verenigde Nasies se Kinderfonds het gesê dat daar ’n geweldige behoefte aan die basiese toerusting vir skoolkinders bestaan.

Die eerste drie jaar van ’n kind se skoolopleiding maak ’n noemenswaardige verskil aan gesinsbeplanning, gesondheidsorg en ’n gesin se inkomste,” sê Langner. Elke tassie bevat ’n witbordjie, witbordmerker, witborduitveër, HB-potlode, inkleurpotlode, skerpmaker, skêr, telraam, pennesakkie, springtou, boontjiesak, liniaal, uitveër, inkleurboek, uitdraaikryte of vetkryte en gom. S

ATKV-tak in Witbank skenk R5 000

FOTO’S: MARISA ENGELBRECHT; VERSKAF

Die Witbank-tak van die ATKV het onlangs ’n totale bedrag van R25 000 aan verskeie verdienstelike organisasies geskenk. Hiervan is R5 000 tydens die tak se jaarvergadering op 28 Januarie aan Solidariteit Helpende Hand geskenk. Volgens Leon Viviers, takvoorsitter, is dit reeds die tweede skenking wat aan Solidariteit Helpende Hand gedoen word. Hiermee daag die ATKV-tak in Witbank ander ATKV-takke en instellings uit en moedig hulle aan om ook ’n bydrae tot Solidariteit Helpende Hand te maak. Naas du Preez, ondervoorsitter van die ATKV-tak in Witbank, het die R5 000-skenking vir Solidariteit Helpende Hand aan Leon Viviers, takvoorsitter, oorhandig.

nommer 1 van 2010

IV

w w w. h e l p e n d e h a n d . c o . z a



solidariteit helpende hand

Beroepsleidinginstituut help jonges

h

Deur Surika van Schalkwyk

FOTO’S: iSTOCKPHOTO

elpende Hand skop vanjaar af met ’n splinternuwe inisiatief: ’n Beroepsleidinginstituut wat duisende Afrikaanse jongmense se toekoms ingrypend gaan verander. Die instituut help jongmense hoofsaaklik om die regte beroepskeuses te maak en hul tot onafhanklikheid te bemagtig. Die toekoms van kinders lê Solidariteit Helpende Hand na aan die hart en daarom fokus die organisasie om armoede met die leuse “opheffing deur opleiding” aan te pak. Die instituut word gefinansier deur die JD Kestellgedenkfonds wat verlede jaar by die Helpende Hand Reddingsdaadkongres gestig is. Volgens Karin Venter, bestuurder van die Beroepsleidinginstituut, word die arbeidsmark oorlaai met gekwalifiseerde jongmense in sekere beroepe, terwyl daar op ander gebiede groot leemtes is. “Die Beroepsleidinginstituut sal verseker dat jongmense in rigtings studeer waarvoor hulle aangelê is, asook die skaars en kritieke vaardighede verwerf waarvoor daar ’n aanvraag in die mark is. Sodoende word die toekoms van duisende mense in Suid-Afrika se arbeidsmark verseker,” sê sy. Luidens ’n verslag wat verlede jaar deur Solidariteit se Navorsingsinstituut vrygestel is, gaan 84% van skoolverlaters nie universiteit toe nie. “Baie van hierdie jongmense gaan nie universiteit toe nie, omdat hulle nie die regte vakkeuses op skool gemaak het nie, nie weet wat om te studeer nie of moedeloos voel omdat hulle nie weet of hulle gaan werk kry nie,” verduidelik Venter.

WIE WAS VADER JD KESTELL? JD Kestell het die eretitel as vader verwerf danksy sy toewyding tot die opheffing van die verarmde Afrikaner. Vader Kestell het tydens die eeufeesviering van die Groot Trek in 1938 ’n ernstige pleidooi gelewer, nie net vir ’n regverdiger samelewing nie, maar dat daar ook ’n hartgrondige verandering in mense se opvatting oor die minder bevoorregte Afrikaners moet plaasvind. Dr. Kestell het nie net bekendgestaan as die vader van die Reddingsdaadbeweging nie, maar ook as vader van die Afrikaanse Bybel van 1933, vader van weeshuise en ’n arbeidskolonie in die Vrystaat ná die Anglo-Boereoorlog, asook vader van die destyds Grey Universiteitskollege. Bowenal het Kestell sy

Die skuld van liefde is in die hart van ’n gelowige teenoor sy medemens se sorge en probleme asook ’n ontferming oor sy lot. Dié liefdeskuld gee aan die beoefenaar daarvan voldoening in die gemoed en vrede in die diepte van sy siel. – JD Kestell

lewe daaraan gewy om verarmde Afrikaners geestelik, kultureel en maatskaplik op te hef. Hy het geglo dat afhanklikheid van ander se genade armes ontneem van die innerlike wil om bo hulle vervalle omstandighede uit te styg. Om hierdie rede het hy gepleit dat die armes eerder met liefde, deernis en begrip opgehelp en bygestaan moet word om bo hulle omstandige uit te styg, as om hulle deur liefdadigheid aan ’n toestand van afhanklikheid te verslaaf. Hy het geglo dat opvoeding die sleutel tot die verbreking van die armoedesirkel is. DIE JD KESTELL-GEDENKFONDS Met die herdenking van die 1939-Reddingsdaadkongres in 2009 is die JD Kestell-gedenkfonds in die lewe geroep. Die fonds finansier die Solidariteit Helpende Hand Beroepsleidinginstituut wat daarop gemik is om kinders ’n hoopvolle toekoms te gee deur middel van verskeie beroepsleidingsprogramme, projekte, blootstelling aan die werkomgewing en bewusmaking oor beroepe wat skaars en kritieke vaardighede behels. Verder bied die Beroepsleidinginstituut dienste vir professionele beroepsleiding en

gee jongmense die geleentheid om hulle belangstellings en vermoë te ontdek.

INSTITUUT SE ANDER PROJEKTE • ’n Loopbaangids: Die gids fokus op skaars en kritieke vaardighede en loopbane. Die gids word saamgestel vir hoërskoolleerders sodat hulle bewus kan wees van die skaars en kritieke vaardighede in aanvraag en watter vakkeuses vir ’n spesifieke loopbaan nodig is. • Kinderstrandprojek: Die projek fokus op lewensvaardighede en persoonlike ontwikkeling. Indien jou kerk, jeuggroep of skool belangstel in ’n heerlike, bekostigbare vakansie by die see, skakel Venter vir meer inligting. Die Kinderstrandterrein in Glenmore is op die volgende datums beskikbaar: 27 Maart tot 2 April; 3 April tot 10 April; 11 tot 18 Junie; 19 tot 25 Junie; 26 Junie tot 3 Julie; 4 tot 10 Julie; 24 September tot 3 Oktober; 10 tot 20 Desember; en 21 tot 31 Desember. • Jongerenprojek: ’n Nederlandse uitruilskema vir studente met potensiaal. • ’n Konferensie en projekte vir Afrikaanse entrepreneurs. S

Bydraes tot die JD Kestell-gedenkfonds kan in die Solidariteit Helpende Hand Absa-rekening inbetaal word: rekeningnommer: 4072250017; takkode: 632005; verwysing: JD Kestell. Vir meer inligting oor die Beroepsleidinginstituut, bel Karin Venter by 012 644 4390 of stuur e-pos na karin@helpendehand.co.za.

nommer 1 van 2010

VI

w w w. h e l p e n d e h a n d . c o . z a


solidariteit helpende hand

Afrikaans as onderrigtaal nie vanselfsprekend

s

Deur Marisa Engelbrecht

FOTO’S: iSTOCKPHOTO

olidariteit Helpende Hand het op die vooraand van die taalberaad wat in Januarie deur die FW de Klerk-stigting aangebied is, gewaarsku dat die langtermyn-volhoubaarheid van Afrikaans as tersiêre onderrigtaal nie as vanselfsprekend aanvaar kan word nie. “Navorsing toon dat slegs 16% van matrikulante in Afrikaanse skole toegang tot universiteitsopleiding het,” verduidelik dr. Danie Langner, uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende Hand. “Dit beteken dat 84% van Afrikaanse jongmense nie ná skool gaan studeer nie. Hierdie persentasie word daaraan toegeskryf dat 70% van die groep wat nie gaan studeer nie, nie die finansies het nie, en 67% van hulle is nie seker watter beroepe hulle in Afrikaans kan volg nie. “Hierdie 16% is eenvoudig te min om die langtermyn-volhoubaarheid van Afrikaans as wetenskaptaal aan enige universiteit te verseker en moet ten minste verdubbel na 32%. Ten spyte hiervan is Afrikaanse studente steeds ’n beduidende groep. Die behoefte bestaan, maar die ondersteuning en finansies skep struikelblokke. Volgens Langner het 97% van die voornemende studente wat verlede jaar by dié organisasie se Afrikaanse Beursinstituut om beurse aansoek gedoen het, aangedui dat hulle graag by ’n Afrikaanse instelling wil studeer. Die Helpende Hand-verslag neem ook die invloed van die armoedevraagstuk in die Afrikaanse gemeenskappe en die uitwerking daarvan op die ontwikkeling van Afrikaans onder die loep. “Die uitdaging vir Afrikaanse organisasies is om die voortbestaan van Afrikaans nie net op tersiêre vlak aan te pak nie, maar om beter saam te werk aan ’n omvattende Afrikaanse oplossing wat die behoeftes op alle vlakke aanpak, hetsy dit voorskools of op primêre, sekondêre of tersiêre vlak is.” S

Om die volledige verslag te lees, besoek Solidariteit Helpende Hand se webtuiste by www.helpendehand.co.za/wp-content/uploads/opleidingsverslag.pdf.

number 1 of 2010

VII

w w w. h e l p e n d e h a n d . c o . z a


solidariteit helpende hand

Gee beurs en bewaarheid ’n droom

h

y het nog altyd geweet hy wil ’n veearts word. Nie ’n polisieman, ’n brandweerman, of selfs ’n superheld soos die meeste ander seuntjies nie. Hy wou met diere werk. Die realiteit dat sy droom waarskynlik nooit gaan waar word nie, het hy baie gou besef. Bennie* se ouers is albei pensioenarisse en hulle gesamentlike huishoudelike inkomste is minder as R40 000 per jaar. Bennie was bevoorreg genoeg om verlede jaar by Helpende Hand te kon aanklop vir ’n studiebeurs en vanjaar is sy droom bewaarheid. Bennie is net een van meer as 1 000 voornemende studente wat by Helpende Hand se Afrikaanse Beursinstituut om studiebeurse aansoek gedoen het. Die Afrikaanse Beursinstituut het vanjaar honderde jongmense se drome laat waar word toe R3,7 miljoen se beurse aan voornemende studente toegeken is. Tot op hede het nege Helpende Hand-

Deur Surika van Schalkwyk ondersteuners hulle harte oopgemaak en onafhanklike beursfondse gestig. Die res van die beurse val onder die vaandel van Helpende Hand en Solidariteit se Groeifonds wat, onder meer, die Sol-Tech-studiebeurs en Sol-Tech-verblyfbeurs insluit. “Die doel van hierdie beursplatform is om elke jongmens wat wil studeer, maar dit nie kan bekostig nie, die geleentheid te gee om vir hom- of haarself ’n toekoms te skep,” sê Dinah Theron, beursfondsbestuurder van die Afrikaanse Beursinstituut. “’n Tekort aan geld mag nooit die rede wees waarom ’n kind nie verder studeer nie,” voeg sy by. Die onafhanklike beursfondse sluit in ’n beurs vir siviele ingenieurs, maatskaplike werkers en mediese beroepe, asook ’n beurs in die fynere kunste. ’n Sheldean Humangedenkbeurs is in 2008 beskikbaar gestel vir enige doktorale Suid-Afrikaanse student wie se navorsing oor maatskaplike kwessies of die kind in Suid-Afrika handel. Die beurs betaal

R10 000 per suksesvolle aansoeker per jaar uit en is terugbetaalbaar sodra die student afgestudeer is. Die beurslening is rentevry. Verlede jaar het Helpende Hand 1 200 aansoeke om beurse ontvang, waarvan 463 studente vir beurse gekwalifiseer het. “Dit breek my hart dat ons 736 jongmense nie kon help nie, omdat daar eenvoudig nie genoeg geld beskikbaar was nie.” Sedert 2003 het Helpende Hand sowat 2 000 studente se drome laat waar word. Hiervan is 400 studente reeds afgestudeer. Die Rapport Onderwysfonds (ROF) is ook in 2003 geskep en is ’n gesamentlike inisiatief van Rapport, die Afrikanerbond en Solidariteit. In Maart 2007 het die Dagbreek Trust ook by die fonds aangesluit. Verlede jaar is 134 leningbeurse uit die ROF aan studente beskikbaar gestel. * Skuilnaam. • Vir navrae, bel Dinah by 012 644 4428 of stuur e-pos na dinah@helpendehand.co.za. S


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.