Platinum Gazette 1 April 2011

Page 4

4

NEWS

Vroue kuier by pasiënte in Dilokong Hospitaal Die Dames van die AGS Steelpoort Gemeente, het onlangs besoek afgelê by Dilokong Hospitaal. Elke pasient van die Pediater - en Kraam Afdeling, is bedien met gebed en ‘n klein persentjie. Die vroue beplan om gereeld die Hospitaal te besoek. Almal is welkom om volgende keer saam te kom! Kontak Sunlie Sales by 076 525 9819

1 APRIL 2011

AGS Steelpoort reik uit na Riba Cross AGS Steelpoort Gemeente, het Sondag 27 Maart, ‘n uitreikingna Pastoor Chris Phoko se Gemeente, in Riba Cross gehou. Na ‘n Geesvervulde Boodskap is die gemeente bedien met gebed, en ook bederf met lekkernye (worsbroodjies en lekkergoed vir die kinders). Die gemeente het ook klere saamgeneem wat onder Pastoor Phoku se gemeentelede versprei sal word. Daar is lekker saam gekuier in ‘n Christelike atmosfeer. Vir die kerk is die uitreik na ander Christene net so belangrik as die bereiking van ongelowiges. Die vroue het ook gedurende die afgelope maand by Dilokong Hospitaal gaan kuier om so ‘n hand van hulp en gebed uit te reik na die wat siek is.

Alle foto’s op hierdie bladsy is deur die AGS Kerk verskaf.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.