Midrand Estates News - Aug 2013

Page 17

Midstream College Pre-Primêr

ons help bou ‘n nasie!

B

yna ‘n dekade gelede het die bouplanne van Midstream Pre-Primêr uitgesprei op die tafel gelê. Mariaan Bester en Lenie Botha, welbekende direkteure van die plaaslike pri-primêre skole, het met ons gesels oor hul ondervindings sedert die ontstaan van die skole. Hulle vertel met trots dat die skool in 2005 met 95 kleuters begin het. In 2006 was daar 260 jongelinge wat op die speelgronde rondgehardloop het; en in 2007 moes hulle die werkerskwartiere omskep in nog ‘n klas. Die kleuterskool was stampvol, met 340 kleuters wat soggens vol lag en opgewondenheid skool toe gekom het.

MCPP 2005

Eerste kleuters by die skool in 2005

MCPP 2012

Die eerste Oupa en Ouma Dag bring ‘n glimlag op die mond. “Ons kon daardie jaar nog ‘n klein konsert hou vir die Oupa sen Oumas. Baie het verander in die afgelope jaar: die getal kleuters-, onderwysers- en die uitdagings. En ons bou steeds daagliks aan die ontwikkellingsboustene van ons toekomstige skrywers, wetenskaplikes, dokters en ingenieurs.” Midstream Pre-Primêr is ook baie trots daarop dat UNISA foto’s van die skool kom neem het om by die universiteit se leermateriaal vir toekomstige onderwysers in te sluit. Net nog ‘n bevestiging dat die kleuterskole op die landgoed van top gehalte is.

The Midrand Estates Newsletter - August 2013

Totale bestuu rspan saam m et onderwyser admin dame. esse en Begin 2005

17


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.