Ditjies en Datjies Augustus Tydskrif 2012

Page 1











Appelfiguur Dieët · Weens jou bloedsuikervlakke wat bons, is jy gedurig honger en dit is dus belangrik om meer gereeld te eet. Omdat jou lyf se balans tussen honger en versadig versteur is, kry jy dit nie , , , altyd reg om net n beitjie op n slag te eet nie. Eet dus n bord vol kos sodat jy versadig kan voel, maar kies kosse wat onverwerk is en waaraan jy langer kan , kou. Eet , byvoorbeeld n bord gekookte hawermout pleks van n energiestafie of kolwyntjie vir ontbyt. Maak bredie met baie groente en tamatie-en-uie sous. · Eet genoeg onverfynde koolhidrate met maaltye (hoëveselkosse soos bone, bruinrys, vrugte en groente). Peusel aan kos met baie voedingstowwe maar minder koolhidrate per gram, soos rou neute, biltong, ongegeurde joghurt, vars vrugte, melk en rou groente. Studies wys amandels tussen etes help om jou aptyt te beheer. · Vloeistof saam met of ná peuselhappies help jou om meer versadig te voel. Drink genoeg water, rooibos-, kruie- en groentee (of gewone tee) · Eet genoeg proteïne (vleis, vis, joghurt, rou , neute). Kies dierlike proteïne met baie min vet en jy kan n lekker groot porsie eet. Proteïne versnel jou metabolisme en kan help om bloedsuikervlakke te stabiliseer. · Moenie te min vet eet nie, maar fokus op die regte soort. Navorsing wys mense wat insulien-weerstandig is, se dieët moet soveel as 35% vet bevat. Dis heelwat meer as die tipiese laevet-dieët. Maar die meeste daarvan moet onverwerk en mono-onversadig wees. Los dus alle verwerkte en verfynde bronne (soos margarien) uit, en konsentreer aanvanklik , minstens n maand lank op rou neute, olyf- of kanola-olie en sade. · Eet genoeg omega 3-vette (olieryke vis, vlassaadolie, pampoensade en okkerneutolie). ,Jy kan ook aanvullings gebruik., Neem die eerste maand n taamlik hoë dosis en daarná n instandhoudingsdosis.

Peerfiguur Dieët · Jy eet maklik heeldag niks en is dan saans doodhonger. Daarom kry jy dalk nie genoeg voedingstowwe in nie. Maak , n punt daarvan om ten minste drie keer per dag iets te eet. , · Vir ontbyt: Vrugte, neute en n bietje ongegeurde joghurt. · Middagete: Moet verkieslik afgewissel word. Eet klein porsies koolhidrate (soos basmati- of bruinrys of pasta). Kombineer dit met verskillende soorte rou of gaar groentes, , of groente-, lensie- of bonesop in die winter. Of met n stukkie kaas. · Aandete: Hoef nie groot te wees nie, maar sorg vir verskeidenheid. , , · Al het jy nie n vreeslike behoefte aan peusel nie, is dit n , gesonde gewoonte om byvoorbeeld n vrug of droëvrugte , byderhand te hou. Of n hand vol neute, rosyne, sonneblomsade of pampoenpitte. , Dit kan selfs n noodmaaltyd wees eerder as wat jy een oorslaan. · Moenie kos met koffie vervang nie. Hoewel koffie van goeie , gehalte is en nie ongesond is nie, is dit nie n plaasvervanger vir broodnodige voedingstowwe nie. , · Jy het nie noodwendig n knaende behoefte aan eet nie en is dikwels nie elke dag lus vir vleis of ander diereprodukte nie. Maar dis steeds belangrik om genoeg proteïne in te kry. Jy kan byvoorbeeld vleis met suiwel soos kaas, eier of vis vervang. Konsentreer ook op peule, neute en sade. Onthou , om dit af te wissel. Melk en joghurt is ook n uistekende bron van kalsium en eier en vis van vitamien D. Albei is noodsaaklik vir sterk bene. · Gesonde vette is noodsaaklik, maar jou totale vet-inname moet minder wees as jou tipiese appel -suster s n. , Pere se vet-inname is gewoonlik meer in lyn met n laevet dieët se voorskrifte (25% - 30%) ook omdat jou metabolisme , n bietjie stadiger is.















Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.