1 minute read

Tzaneen se ysters

Wiehann Wagenaar en ‘n vriendin, Jeandri van Wyk, het aan hierdie jaar se Ironman wedloop in die Kaap gaan deelnaam. Nelson Mandela Baai het weereens hierdie jaar se Isuzu Ironman aangebied en daar was ‘n totaal van 956 atlete wat hierdie wêreld-bekende resies aangedurf het.

Advertisement

Daar is twee verskillende afstande vir die Ironman kompitisie naamlik die volle Ironman wat bestaan uit ‘n 3.8 kilometer swem, 180 kilometer fietswedren en ‘n 42 kilometer maraton, en die Ironman 70.3 wat bestaan uit ‘n 1.8 kilometer swem, 90 kilometer fietswedren en ‘n 21.1 kilometer half-maraton.

Wagenaar en Van Wyk het aan die laasgenoemde, ook bekend as die Half-Ironman, deelgeneem.

‘n Ironman 70.3, is een van ‘n reeks langaf stand-driekamp-wedlope wat deur die Wêreld Driekamp Beheerligaam gereël word. Die “70.3” ver wys na die totale afstand in myl (113.0 km) wat in die wedren afgelê is. Elke afstand van die swem-, fietsen hardloopsegmente is die helfte van die afstand van daardie segment in ‘n Ysterman-driekamp.

Die Ironman 70.3-reeks kulmineer elke jaar met ‘n Wêreldkampioenskap-kompetisie, waarvoor deel nemers gedurende die 70.3-reeks in die 12 maande voor die kampioenskapswedren kwalifiseer. Benewens die Wêreldkampioenskap-wedren, word Ironman 70.3-kampioenskapkompetisies ook vir die Europese, Asië-Stille Oseaan en Latyns-Amerika-streke gehou.

Die tyd wat ‘n atleet benodig om ‘n 70.3 afstand-byeenkoms te voltooi, verskil van wedloop tot wedloop en kan deur eksterne faktore beïnvloed word. Hierdie faktore sluit in die terrein en die totale hoogte wat op die baan verkry en verloor is, weerstoestande en baantoestande.

Eindtye wissel van sub-vier-uur voltooiingstye deur elitevlak-atlete tot die opgelegde wedloop wat afgesny is, wat gewoonlik 8 uur en 30 minute na die wegspringtyd is.

Wagenaar het sy wedloop in ‘n tyd van 6:35:29 voltooi om 66ste in sy ouderdomsklas uit ‘n totaal van 93 deelnemers te eindig. Hy was 435ste uit 672 mansatlete en het ‘n algehele 580ste plek uit 956 atlete ingeneem.

Op haar beurt het Van Wyk die wenstreep in ‘n tyd van 6:46:10 oorgesteek om 31ste in die vroue kategorie te eindig en 162ste in haar klas. Uit ‘n totaal van 956 atlete in die veld het sy ‘n 652de plek beklee.

Van Wyk het ook namens die Ironman4kids organisasie haar wedloop aangepak. Hierdie organisasie samel geld in om te verseker dat die Ironman Trust kan aanhou om minder bevoorregte kinders regoor die wêreld te help.

Ons het teen druktyd ook verneem van nog ‘n Tzaneense atleet, Kobie van Deventer, wie ook aan hierdie jaar se wedloop deelgeneem het, maar ons kon nie voor spertyd met hom ‘n gesprek hieroor voer nie.