1 minute read

Larries jag vir nog netbalkrone

■ Roelof de Jonge

Die Mopani Distrik se netbalkampioenskappe vir laerskole het op die Dinsdag die 23ste Mei op Tzaneen plaasgevind.

Advertisement

‘n Aantal Laerskool Tzaneen netbalspanne het as distrikswenners van die bane afgestap.

Die O/10A-span het teen die spanne van Laerskole Phalaborwa (Groenskool) en Dr Annecke te staan gekom. Hulle wen die Groenskool-span met 5-3. Daarna het hulle met 4-2 teen Dr Annecke geseëvier om as distrikkampioene gekroon te word.

Tzaneen se O/10B-span het met Drakensig kragte gemeet en het in die enkele wedstryd die Drakies met 7-2 geklop om die distrikligakroon te dra.

Die O/11A-spelers van die Larries het die ligawenne voortgesit toe hulle die Groenskool met 5-3 en die span van Laerskool Gravelotte met selfs ‘n groter voorsprong van 8-3 ge-wen het. En het sodoende vanjaar se O/11A-distriktitel opge raap.

Tzaneen se O/11B-meisies het ook in ‘n enkele wedstryd die span van Gravelotte met ‘n wentelling van 12-4 ‘n les in netbal gegee om die distrikkampioenskapbeker Larrieland toe te neem.

Die Larries se O/12A-span het met twee weghol-oorwinnings hierdie afdeling se distrikkampioenskap oortuigend gewen. Hulle klop Gravelotte met ‘n allemintige telling van 18-0 en Phalaborwa se Groenskoolspan moes met 2-16 die knie buig teen ‘n venynige Larries-aanslag.

Tzaneen se O/12B-span het in hul enkele wedstryd vir die distrik se ligakroon die span van die Groenskool met 10-1 gewen om as distrikwenners uit die stryd te tree.

Die Larries se senior netbalmeisies het beide hul wedstryde oorheers en het gemaklik na die opkomende Limpopo-kampioenskappe deurgedring. Tzaneen het die span van Phalaborwa-Noord met 18-2 geklop waarna hulle met ‘n wentelling van 11-5 met die span van Gravelotte afgereken het.

Tzaneen se O/13B-netbalspelers het in hul een kragmeting teen Phalaborwa-Noord nog sege vir die Larries verseker toe hulle met 5-3 geseëvier het om as vanjaar se distriksligakampioene gekroon te word.

Die Larries se O/12A- en O/13A-spanne gaan op die 10de Junie in Polokwane aan die Limpopo Kampioenskappe deelneem.

Sensei takes Dragon Gold

■ Joe Dreyer

Members of the Yin-Yang Karate and self-defence studio in Polokwane took part in this year’s Clash of the Dragons competition hosted by their Head Coach and owner of the studio, Sensei Annatjie de Jager, 6th Dan Black Belt. One of Tzaneen’s most promising young karatekas, Sensei Leoni Jordaan, also participated in and performed extremely well during the competition. Jordaan who is a 1st Dan Black Belt, took gold in the Kata, gold in the Kumite, gold in the Weapons Kata and a silver medal in Bo Kata. The competition was held on the 3rd of June and more than 100 competitors from across the province participated. Bulletin has learnt that Sensei Jordaan just recently moved to Tzaneen with her family. Considering that Tzaneen itself does not have a karate dojo, Jordaan travels to Polokwane to train and compete.