Kouga Express 31.05.2012

Page 3

NEWS/NUUS

Kouga Express: Thursday, May 31, 2012

Stakende werkers terug op hul pos MONIQUE BASSON NA ’n week-lange staking is werkers van die Gamtoos-besproeiïngsraad op Patensie weer terug op hul poste sedert Maandag. Dié werkers het verlede Maandag met ’n staking begin nadat ’n geskil oor salarisverhogings op ’n dooie punt geëindig het. Werkers het ’n 15%-salarisverhoging geëis, terwyl die Gamtoos-besproeiïngsraad 6.5% aangebeid het. “Die staking is verby sedert ons die hofbevel gekry het om hulle te belet om voort te gaan met hulle onaanvaarbare optredes,” het Pierre Joubert, uitvoerende hoof van die Gamtoos-besproeiïngsraad, gesê. Volgens Joubert, het die 60 stakende werkers self gevra om te skik.

“Ek gaan nie syfers gee nie, maar ek kan meld dat hulle swakker af is as voor die staking,” aldus Joubert. Een van die werkers, Petrus Steenkamp, het gesê dat een van die redes waarom hulle begin staak het, is omdat hulle slote tot so diep soos 13 meter met die hand moet grawe terwyl daar masjiene beskikbaar is wat die werk kan doen. Joubert het dié stelling as onwaar afgemaak. “Ons mense werk selde in slote dieper as 1.8m, wat die wettige maksimum is wat jy ’n sloot regaf mag grawe. Inteendeel, in die meeste gevalle is die pype maar 1m diep. Vir 13m sal ons swaar konstruksietoerusting gebruik, want jy sal dit minstens 25m wyd bo moet begin en dan skuins af grawe. As jy dit nie so doen nie, sal dit toeval,” het Joubert gesê.

MIV/Vigs aan die toeneem in Jeffreysbaai MONIQUE BASSON SKOKKENDE inligting oor een van die redes vir die ongelooflik vinnige verspreiding van MIV/vigs in Jeffreysbaai is in die Pellsrus Kliniek aan een van die susters bekend gemaak. Volgens suster Hester Scheepers van die Pellsrus Kliniek, benewens onkunde, het dit ’n tipe status geword om MIV-positief te wees. “Daar is ’n oorheersende siening onder die mense hier dat ’n besmette persoon vir ’n maatskaplike toelaag sal kwalifiseer en daarom wíl hulle positief wees. “Verder glo hulle dat sodra hulle MIV-positief is, dit die lede van die Pellsrus Kliniek se verantwoordelikheid is om na hulle en hul familie om te sien. “Watter kans het die mediese wetenskap en die duurste projekte om die stryd teen vigs te wen as jy met so ’n houding in die samelewing te kampe het?” Volgens Scheepers is daar 1 012 MIV/Vigs pasiënte op register by die kliniek, waarvan

360 ARV-behandeling ontvang. “Die Mercy Kliniek, ook in Pellsrus, het 1 500 MIV/Vigs pasiënte op hul register. Dié pasiënte gaan binnekort na die Pellsrus Kliniek moet oorskuif wanneer dié kliniek sy deure gaan sluit. Dit is nog onbekend presies wanneer die kliniek, wat ARV-behandeling en konsultasie aan HIV-pasiënte bied, sy deure gaan toemaak, maar hulle neem reeds sedert 1 Mei geen nuwe pasiënte in nie,” aldus Scheepers. “Dié is slegs die getalle wat ons op register het. Daar is nog veel meer gevalle daar buite wat óf nog nooit by die kliniek was nie, óf wat net opgehou het om te kom en met tyd van ons sisteem verdwyn het.” Sy het gesê die tempo waarteen die vigsvirus toeneem is skokkend. “Daar is nagenoeg 30 nuwe gevalle per maand en die getal neem by die dag toe. Daar was net verlede Dinsdag weer twee nuwe gevalle by die kliniek. “In April-maand alleen, was 38 van die 123 swanger tieners wat by die Humansdorp Hospitaal gekraam het, MIV-positief.”

Woman (55) arrested for possession of dagga AT approximately 9pm on Saturday, May 26 a 55-year-old woman from Louterwater was arrested by members of the Joubertina Police for the illegal possession of dagga. According to w.o. Gerda Swart, members of the Joubertina Police received information

that dagga are being stored at a house in Plakkerskamp in Louterwater. “Police members found five big bags full of dagga. The dagga weighs approximately 45.5kg and the value is estimated at R45 000,” said Swart.

Second hand dealers to re­register THE National launch of the Second-Hand Goods Act, 2009 (act No6 of 2009), which came into effect on May 1, 2012 stipulates that all second hand dealers have to apply for re-registration within three month from the date of effect.

Second hand dealers must visit their local police station for application forms. According to w.o. Petra Els of the Jeffreys Bay Police, second hand dealers from Jeffreys Bay can speak to w.o. Hennie van Rooyen at Jeffreys Bay.

CHRISTMAS CAME EARLY FOR PELLSRUS LEARNERS Toys for Africa recently visit Pellsrus Primary School in Jeffreys Bay where they handed out over 1 500 pink beach balls ­ one for each learner. This charity organisation helps underprivi­ leged schools, nursery schools, orphanages and street children shelters. With the learners are Toys for Africa ambassador Marcel Caroto (left) who entertained the children at Pellsrus Primary School with a song he wrote especially for this year’s charity drive and Toys for Africa organiser Danie van Loggeren­ berg (right) with the glass trophy he received from the school as a token of appreci­ ation. Photo: MONIQUE BASSON

1BIFSKQ4P-310512-KG-hs-KENNYS

3

Egpaar leef in vrees na aanval MONIQUE BASSON

’N

EGPAAR hier leef in vrees nadat hulle in die vroeë oggendure in hul huis in Wavecrest oorval en met ’n skroewedraaier gedreig is. Die Vermeulen-egpaar, oorspronklik van Bloemfontein, wat nog net twee weke in hul nuwe tuiste in Jeffreysbaai woon, is in die kort tydperk al twee keer beroof. Hulle doen nou ’n beroep op die gemeenskap om hande te vat en die vlaag misdaad saam met die plaaslike polisie die nekslag toe te dien. Volgens Adele Vermeulen, het haar man, Jacques, omstreeks 2.45vm. op Vrydag 18 Mei met ’n vreeslike slag uit die bed gespring en vir haar geskreeu om die polisie te bel. “Ek het uit die bed gespring en eers ons kamer se lig aangeskakel, waarna ek tevergeefs rondgeskarrel het om ’n selfoon in die hande te kry,” het Adele gesê. “Jacques het met een van die mans in ’n stoeiery betrokke geraak en probeer om hom op die kamervloer vas te pen. Dit terwyl ons kon hoor hoe nog mense onder in die huis rond beweeg. Ek het nog steeds gesukkel om my selfoon te vind, maar kry toe darem ’n skok apparaat op my bedkassie in die hande. Ek het my na my man gehaas, waarop die inbreker ’n skroewedraaier uitgepluk en Jacques se skouer met enkele millimeters gemis het. “Jacques het toe besluit om die man te los. Die inbreker het die kamerdeur oopgeruk

en by die trappe afgevlug.” Volgens Adele het die inbrekers toegang tot die huis verkry deur die agterdeur sorgvuldig oor die slot gedeelte met ’n skerp voorwerp uit te beitel en toe oopgevorseer het. Die houtskuifdeur aan die ander kant van die huis is ook oopgebreek. Verskeie besittings is na buite gedra en sorgvuldig deursoek, onder andere klere, handsakke en lêers. “My bankkaarte en identiteitsdokument is uitgegooi, maar my paspoort, internationale bestuurslisensie en sertifikate is gesteel. ’n Duur kamera en my werk se selfoon is ook gesteel. Die man was besig om die skootrekenaars in ons kamer te ontkoppel toe Jacques wakker geword het,” aldus Adele. “Die gebeure spoel oor en oor in my kop af. Sodra dit donker word, word ek angstig. Ek wil nie meer op die strand wees nie, ek wil nie eens buitekant my huis wees nie, want niemand gaan hoor as ek weer oorval word nie.” Sy pleit nou by die gemeenskap om met die owerhede saam te werk. “Ek voel dat die gemeenskap daadwerklik sal moet begin saamwerk met die owerhede om hierdie misdadigers aan die pen te laat ry. Besittings kan altyd vervang word, maar ’n lewe nooit nie. Dit kan jou buurman, vriend, familielid of selfs jy wees,” het Adele gesê. “My beroep op die gemeenskap is om paraat te wees en nie onkant gevang te word nie. Kyk uit vir vreemde persone wat in jou buurt ronddwaal, luister as honde blaf en kyk uit vir jou buurman langs jou en oorkant die straat - raak asseblief betrokke.”

Visit us at www.kougaexpress.co.za


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.