EikestadNuus 09-11-12

Page 1

Eikestad VRYDAG, 9 November 2012 | Prys: R5.00 | Tel 021 887 2840 | Faks 021 883 9538 | www.eikestadsnuus.co.za

NUUS NET VIR JOU

Nog fietsryers aangeval op R44 5

Geskorste onnie terug by skool

Nuwe munisipale bestuurder gesels 3

7

Laaste Let’s Play sportsterre 20

STRANDPAD: TWEE STERF

Die ongelukstoneel Saterdagaand waar ’n jong ma en haar baba gesterf het.

FOTO: VERSKAF

Die voertuig wat Saterdagaand teen ’n boom op die Strandpad gebots het.

Botsing, toe jaagtog

ELBE VAN HEERDEN ’n Jaagtog deur die dorp, geweerskote, en dreigemente was aan die orde van die dag Saterdag toe ’n man verkeersbeamptes verontagsaam het op ’n ongelukstoneel en toe probeer vlug het. Dié ongeluk Saterdagaand het die lewe van ’n 21-jarige vrou en haar vier maande oue baba geëis. Volgens supt. Lizelle Stroebel van die Stellenbosch-verkeersdepartement se botsingsburo het ’n voertuig op die Strandpad in die rigting van Somerset-Wes, net verby Van

Rheedestraat, teen ’n boom vasgery. “Die bestuurder, wat in die regter baan gery het, het vermoedelik beheer verloor en probeer herstel, maar toe links oor die pad geswenk en teen die boom vasgery. “Die jong vrou en haar baba is noodlottig beseer. ’n Tweede volwassene is ernstig beseer, terwyl drie ander insittendes en ’n eenjarige kind met slegs geringe beserings daarvan afgekom het,” het Stroebel gesê. Verkeersbeamptes het die pad by Van Rheedestraat toe voorlopig vir verkeer gesluit. “’n Corsa-bakkie het by ’n beampte gestop, maar het verby gejaag toe hy omdraai. Die be-

ampte het ons in kennis gestel van die voertuig wat op pad is. Sy ligte was nie eers aan nie.” Asst. supt. Hermien Swanepoel het in haar voertuig gespring en die bakkie agternagesit tot in Paradyskloof, waar sy hom afgetrek het. “Die man het haar egter gedreig en toe weer in sy motor gespring en probeer wegkom, maar sy het net betyds sy sleutels uit die voertuig gegryp,” het Stroebel vertel. Die jong man het egter steeds nie opgegee nie en te voet die hasepad gekies, met Swanepoel steeds op sy spoor. “Hy het na sy huis gehardloop waar hy homself toegesluit het.”

Die polisie is ontbied na die toneel, maar voor hulle daar aangekom het, het ’n skoot in die huis geklap – vermoedelik ’n geweerskoot. Die polisie het daarna toegang tot die huis probeer kry. Na bewering is daar toe ’n tweede skoot in die huis afgevuur. Die man het egter in sy huis bly skuil en homself eers die volgende dag aan die Stellenbosch-polisie oorgegee. Verskeie aanklagte, insluitend dié van roekeloos en nalatige bestuur, die verset teen inhegtenisneming en die afvuur van ’n wapen in ’n munisipale gebied word na bewering ondersoek.

BESOEK ONS VIR AL DIE TOP HANDELSNAME TEEN DIE BESTE PRYSE ! Geldig by alle takke tot Sondag 18 November 2012

SLEGS

SLEGS

R3999

SLEGS

R2199

R3999

SLEGS

R4999

Dubbel of Koningin Wellstar Bedstel-‘Firm’ of ‘Gentle Firm’

WATTER HANDELSNAAM IN BEDDENS HET DIE OORSPRONKLIKE ‘POCKET COIL’ BEKENDGESTEL? SMS die woord ‘TAFELBERG’ gevolg deur ‘n spasie en jou antwoord na

41911

Misty Slaapbank - Materiaal 32” Volle HD LED TV 32LS4600 - VOLLE HD 1080p - 3 x HDMI Insette - 1 x USB 2.0 - 2 JAAR WAARBORG

OOP 7 DAE ‘N WEEK

AFLIEWERINGSDIENS BESKIKBAAR

VOLDOENDE GRATIS PARKERING

6kg Voorlaai-wasmasjien - 800opm - Warm & Koud water inlate (Kan eie water verwarm) - Wit - 2 JAAR WAARBORG SOMERSET-WES - 021 840 1440 PAARL - 021 871 1552

BELLVILLE • CAPEGATE • DIEPRIVIER • GROENPUNT N1-NORTHGATE ESTATE • PARKLANDS • TOKAI

GEEN HEFFINGS

KAAPSE VERBRUIKERS - CAPE CONSUMERS

eBucks

Bestee u eBucks by Tafelberg met ‘n koopbewys of aanlyn in enige van ons winkels

Sluit aan by:

www.tafelberg.co.za Navrae & Komplimente info@tafelberg.co.za

EN NOG VELE MEER

SPESIALE

AANBIEDINGE ! Beskikbaar by alle takke TV Lisensie & ID benodig met aankoop van ‘n TV, Plasma, LCD of LED

en staan ‘n kans om 2 x SIMMONS ‘POCKET COIL’ KUSSINGS te WEN ter waarde van R1 000 ! Kompetisie sluit Vrydag 30 November 2012 Die wenner sal op Dinsdag 4 Desember 2012 op ons FACEBOOK–blad word OF sms ‘TAFELBERG’ na 41911 om uit te vind as jy die Gelukkige Wenner is ! (sms koste – R1.50) *Terme & voorwaardes beskikbaar op www.tafelberg.co.za

Afbetaling beskikbaar (Voorwaardes & bepalings geld) Ons aanvaar al die vernaamste kredietkaarte, RCS, Kaapse verbruikers/ b-Smart-kaarte (geen heffings) - BF & W - Alle pryse sluit BTW in.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.